14
1970 - 2020 15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die prediker. Hy lees uit Psalm 63: 4-5. Tema Liefde wat alles verander. Gemeentesentrum, Disaweg Bettysbaai om 09:00: Ds. Steven Sass is die prediker. Hy lees uit Romeine 3. Tema Waaraan hou jy vas? DEURKOLLEKTE SONDAG: Gemeente-hulpfonds Volgende week: Instituut vir Blindes Kerksaal, Eerstelaan 38 om 08:30. Dr. Chris Malan is die liturg. Hy lees uit Lukas 9: 51-62 Tema Daardie EEN Ding.

van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

1970 - 2020

15 Maart 2020

van die

KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels

Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30.

Ds. Theuns Henn is die prediker. Hy lees uit

Psalm 63: 4-5.

Tema Liefde wat alles verander.

Gemeentesentrum, Disaweg Bettysbaai om 09:00:

Ds. Steven Sass is die prediker.

Hy lees uit Romeine 3.

Tema Waaraan hou jy vas?

DEURKOLLEKTE SONDAG: Gemeente-hulpfonds

Volgende week: Instituut vir Blindes

Kerksaal, Eerstelaan 38 om 08:30.

Dr. Chris Malan is die liturg. Hy lees uit Lukas 9: 51-62

Tema Daardie EEN Ding.

Dief: Die agste gebod.

Page 2: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

DIE WEEK SE PROGRAM Sondag 18:00 Bybelskool

Dinsdag 16:30 Gebedsbediening in konsistorie

Donderdag 16:00 Kooroefening

Vrydag Skole sluit

ONS GEE OM WAAR DAAR HARTSEER EN KOMMER IS...

Ons dink aan almal wat ons gebede baie nodig het. Ons dink veral aan Douglas Veldtmann van KB3 (082 824 0765), Aletta Gildenhuys van Ba3 (0725769909), Nols Neethling: Bb4 (0845807942), Francois Kloppers: Bb4 (0832615968), Suretta en Jannie Luttig: Ba1 (0726068525), Nancy du Plessis: PM1 (0724536768), Isabel Wagener: KP (0842067292) Japie en Dinie Truter: KB1 wie se broer oorlede is.

Ons het met hartseer van die volgende families se verlies verneem:

• Die familie van Martie da Veiga van Pringlebaai: haar skoonsuster, Bettie Richter en haar kinders van Johannesburg

• Celia van Zyl van HK3 em haar familie na Fanuie se dood.

• Lettie Ferreira van PM1 en haar familie na Robbie se dood.

Page 3: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

Baie geluk aan almal wat hierdie week verjaar. Mag die jaar wat voorlê ’n jaar van vreugde en vrede in die Kleinmond-gesin van ons Hemelse Vader wees.

15 Maart HENNIE DE BRUIN (0828013049 - Bb4) NEELS ENGELBRECHT (082592239 - HK3) KAYLA HYMAN (0723332804 - KB5) LOUISE ODENDAAL (0823933224 - Ba2) MARISA OELOFSE (0835517824 - Sb4) WILLEM VAN DER MERWE ( 0827830204 - PM3)

18 Maart DALEEN LANDMAN (0823191010 - Sb2) DJ NIEMAND (Sb1)

16 Maart FIFTY CARSTENS (0829071510 - Sa4) HANNETJIE DU PREEZ (0282714694 - Sc3) RINIE ERASMUS (0722512934 - KB1) LOUIS FOURIE (0834555110 - Sb1) PIETER JANSEN VAN RENSBURG (0823404485 - PM5) BRENDA NEETHLING (0828324790 - Sc3) JOHAN NEL (0822563444 - Bb4) ESTÉ PEPLER (0822130390 - PM1) HENNIE RALL (0282715364 - Bb1) GRAYSON TERLER Ba2)

17 Maart JACO BOSMAN (Sa3) MARI GROENEWALD (Sa3) RONELLE HANEKOM (0731360337 - BB3) CHARMAINE KOTZÉ (0824300432 - Sa3) GUS MITCHELL (0836336113 - PM4) CATHY MÖLLER (0825438901 - BB6) HETTIE RUST (0282714949 - Sa1) MARIETHA SCHWARTZ (0282729434 - BB5) ESMIA STEENKAMP (0741161664 - BB3) FANIE VAN ZYL (0836536574 - HK3)

19 Maart WILLEM BASSON (0282729356 - BB6) COREEN BEUKES (0848800108 - KB5) MARIKA BLIGNAUT (0761098977 - Sc1) CHRISTOFF DUVENHAGE (Ba1) JURITA SAAYMAN (0828951983 - Sc1) KARIN STEINBACH (0824944981 - RE) MARINDA STEYN (0829278385 - BB6) JARETHA VAN DER MERWE (0832253230 - Ba1) MARGI WALDECK (0711564425 - HK1)

20 Maart KOBUS CONRADIE (0282714760 - Sc2 FRANCOIS CRUYWAGEN (0767791928 - KB1) SUZAAN GROENEWALD (0790927297 - HK3) THEA VAN STADEN (0798036278 - HK1)

21 Maart HELGARD BEZUIDENHOUT (0724561349 - Sa2) ELANA BRANDT (0721088415 - Sb4) ZIMÉ LE GRANGE (Bb1) CAS SINGLETON (0837610930 - Sc3) CASSIE SINGLETON (0282714610 - Sc3) JOHAN VAN ZYL (0849512751 - PM2)

Page 4: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

GEBEDFOKUS

Ons bid in die Lydenstyd dat ons ons opnuut aan die Here sal toewy.

Ons bid ook vir die basaar. Ons vra dat die onderlinge liefde tussen almal wat werk kenmerkend van die basaar

sal wees. Ons bid ook dat ons die hele tyd sal onthou dat dit ’n geleentheid is om ons dankbaarheid teenoor die

Here te wys. Ons bid vir ons twee leraars:

Vir ds. Steven en sy gesin vra ons dat die rustyd hom na gees en liggaam sal verkwik.

Vir dr. Chris en sy gesin vra ons vir geesteskrag en fisiese krag vir sy taak elke dag.

Kom ons sê vir die Here dankie dat Hy hierdie twee mense as geskenk aan ons gemeente gegee het.

BID OOK VIR DIE INTERNASIONALE

STUDENTE-BEDIENING Meer as 4,000 internasionale studente van omtrent

110 lande studeer by die Universiteit van Stellenbosch. Dis baie strategies om toekomstige

leiers te bereik met die evangelie van God se koninkryk.

Studente van geslote lande vir die evangelie kan bereik word deur gasvryheid en vriendskap.

Dis wonderlik om te sien hoe studente uit geslote lande nuwe lewe in Christus ontdek en met nuwe

geloofsenergie in ’n geloofsgemeenskap begin lewe.

’n Volledige verslag is by die deure beskikbaar.

Page 5: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

PINKSTER

Dis nog lank voor die tyd, maar ons almal beplan vooruit. Ons Pinksterreeks skuif hierdie jaar ’n week later. Ds. Johan Symington en dr. Chris Malan bied

die bidure aan en ds. Symington is reeds die amptelike Pinkstertyd by ’n gemeente betrokke.

Ons skuif dus Pinkster na 1-5 Junie.

POTJIEKOS-AAND Twee skeplepels het by die saal gebly. Dit is by die

kerkkantoor. En ’n lidmaat is op soek na ’n broodmes met ’n geel hef wat verlore geraak het. As dit per ondeluk ingepak is, kan dit

kerkkantoor toe gebring word.

FYNBOS 18 MAART – Kind2Hearing sal by Fynbos Dienssentrum

beskikbaar wees vir gehoortoetse. Daar sal ook gehoorstelletjies benodigdhede beskikbaar wees bv batterye. Om ʼn afspraak te

reël, bel 021 854 5209.

Page 6: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

Palmiet-woekerpoging:

18 April 2020 Op Saterdag 18 April is daar ’n Pretloop vir oud en jonk (maar nie vir troeteldiere nie!). Klem op genot – geen wenners nie.

Vier kilometer se gemaklike stap (of 1 kilometer vir die minder waagmoediges)

Benodig: hoed, water, baadjie en gemaklike, stewige skoene.

Verversings by die eindpunt. Kaartjies is R40 en is beskikbaar by Palmiet se dienswerkers

en die kerkkantoor. Vertrek 08:00 vanaf die kerk met minimum voertuie en kry Hangklip-lidmate by Bass Lake in Bettysbaai. Ons begin

08:30 stap. Kom loop weg met ’n medalje.

DS. STEVEN BENUT BLAASKANS Ds. Steven is van Maandag 16 Maart tot Sondag 5 April met verlof. Ons hoop hy rus heerlik. As u in hierdie tyd ’n leraar

benodig, kan dr. Chris of die kerkkantoor gebel word.

Page 7: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

DEMENSIE ONDERSTEUNINGSGROEP 19 MAART – Demensie Ondersteuningsgroep kom by

Fynbos Park Aftree-Oord om 10:00 bymekaar. (Ingang aan die einde van Geelhoutlaan) Vir meer inligting bel Corrie

Hugo (0848775356) of Wilma Meyer (0845813818)

Baie geluk aan Zak Loots wat vandag tydens die

erediens in die kerksaal belydenis van geloof aflê.

Page 8: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

KLEINMOND HOU BASAAR

Oor minder as twee weke hou ons heerlik basaar.

Hierdie jaar, in ons feesjaar, hou ons weer soos van ouds basaar by die kerksaal met kazebo’s en ’n regte kermis-atmosfeer. Dis

so in die gees van die Jubeljaar.

Basaarlyste wat nog in lidmate se besit

is, kan direk by die kerkkantoor ingegee word.

Skryf 28 Maart êrens neer, nooi familie en

vriende vir die naweek en begin solank inlê en kook en bottel!

Boeke en wit olifante kan nou reeds

kerkkantoor toe kom. Daar is ’n hele kwekery by die basaar. Enige

plante is baie welkom.

Daar kort nog poedings. Bel Soekie

Goosen (082 461 0020) as jy bereid is om ’n poeding te maak.

Page 9: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

BASAAR-SAMEROEPERS

Indien jou basaarlys nog nie ingegee is nie, kan jy die sameroeper sommer direk skakel om hulp of produkte aan te bied.

Grootkoeke Hendriena Davie 0719322659 Poeding Soekie Goosen 0824640020 Pannekoek Suzanne Engelbrecht 0721334855 Kleinkoekies/ Sylvia Coetzee 0832704588 Beskuit/brood Kindertafel Mariaan Coetzee 0822966806 Boeke Gerhard Booysen 0824610250 Wit Olifante Hannah Louw 0828507139 Handwerk Marita Grobler 0796842751 Speletjies Gesinsbediening Teetuin Marita Barry 0842084168 Ligte Etes Constantia Cilliers 0828259115 Manstafel Koos de Wet 0721480823 Toeka tot Nou Ninnie du Toit 0824192938 Potjiekos Piet Roos 0282714283 Braai Johan Jacobs 0832254346 Terreinbeheer At Bouwer 0828538315

Page 10: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

EKO-BEDIENING

Skoonmaakdag: Saterdag 14 Maart van 08:30-10:00.

Ons gaan konsentreer op die Palmiet-area en begin by die hawe. Sakke en handskoene word verskaf. Almal welkom. Ter wille van ʼn skoner en mooier Kleinmond.

Die Eko-Bediening reël ʼn besoek aan die Palmiet-

pompstasie op Dinsdag, 17 Maart. Ons vergader

om 08:00 by die kerkgebou vir agtergrond-inligting en vertrek dan ± 09:00 om teen 10:00 by die Pompstasie te

wees. Elkeen/elke groepie sorg vir eie vervoer. Ons behoort teen 12:00 klaar te wees. Daar is ook die

moontlikheid om die Oak Valley blommeplaas daarna te besoek. Om jou naam op die lyste te sit, bel Willie

Groenewald 083 629 1662.

AGAPE GROEP

(skakeling met VG Kerk se dames): Alle dames word uitgenooi na ‘n byeenkoms

Saterdag 21 Maart 2020 om 3uur die middag by die VG Kerk.

Ons loof die Here deur sang en gebed, Essie Groenewald gaan ons meer bedrewe maak in

breiwerk en daarna geniet ons verversings saam. Versoek:

Daar is van die VG Kerk se dames wat graag die Passiespele in Hermanus op 10 April wil bywoon,

maar vervoer is ‘n probleem. As u bereid is om te help, bel asseblief Annetjie

Strever (082 212 3146 of 028 271 3453).

Page 11: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

VAKATURE

BEGELEIER VIR DIE GESINSBEDIENING IN DIE KERKSAAL VAN DIE NG KERK, KLEINMOND Aansoeke vanaf geskikte kandidate vir die pos word tans by die kerkkantoor, Kleinmond ingewag. Aansoeke moet minstens die volgende dokumentasie insluit:

• Aansoekbrief gerig aan: Die Voorsitter, Kerkraad, NG Kerk Kleinmond, 7195

• Kort CV van hoogstens 3 bladsye met spesiale vermelding van toepaslike ervaring

• Gesertifiseerde afskrifte van musiekkwalifikasies

• Afskrif van ID-dokument Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Maart 2020 om 12:00 Aansoeke kan per hand by die Kerkkantoor van die NG Kerk Kleinmond, 4de Laan, Kleinmond ingelewer word of kan per e-pos gestuur word aan [email protected] Diensvoordele sluit in:

• ʼn Basiese maandelikse salaris.

• Jaarlikse bonus (13de tjek).

• Verlofvoordele – soos ooreengekom.

Die pligte sal onder andere die volgende insluit:

• Die begeleier sal aan die Kommissie vir Gemeentebediening (Gesinsbediening) van die gemeente rapporteer.

• Begeleiding tydens eredienste (Gesinsbediening), asook begeleiding by ander geleenthede wat van tyd

Page 12: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

tot tyd in die loop van die gemeentelike bedrywighede nodig mag wees.

• Die begeleier is, in samehang met die leraar by die spesifieke diens, in beheer van die sang voor en tydens die diens en dit sluit die volgende in: o Die keuse van liedere. o Die reëlings met die sangleiers. o Reëlings rondom ʼn vooraf oefening indien nodig

• Organisasie en leiding van musiek- en sangaangeleenthede tydens eredienste en spesiale geleenthede van die Gesinsbediening.

• Die begeleier moet die vergadering van die erediens werkgroep vir sangleiers en begeleiers bywoon.

Die ideale kandidaat moet verkieslik oor die volgende bevoegdhede beskik:

• Musiekkwalifikasie in minstens klavierbegeleiding.

• Bewese ondervinding in sangbegeleiding.

• Vermoë om te organiseer.

• Vermoë om goeie menseverhoudinge te kan handhaaf.

• Vermoë om inisiatief aan die dag te lê.

• Voorkeur sal aan ‘n lidmaat van die NG Kerk Kleinmond gegee word.

Diensaanvaarding: 1 April 2020 of so gou as moontlik daarna. Die kerkraad behou hom die reg voor om die pos te heradverteer of nie permanent te vul nie indien daar nie geskikte aansoeke ontvang word nie.

Page 13: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

Bouwerk Die teëls is gelê.

Die nuwe kleedkamers kort nog skoonmaak,

maar is in gebruik. En so lyk dit met die spieël

Page 14: van die KERKKLOK€¦ · 1970 - 2020 -15 Maart 2020 van die KERKKLOK Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30. Ds. Theuns Henn is die

Leraars:

Ds. Steven Sass 072 352 8347

[email protected]

Dr. Chris Malan 072 198 7279

[email protected]

Kerkkantoor:

Nienie Burger: 0282713470 [email protected]

Elizna Hogan: 0282713268 [email protected]

Webwerf: www.ngkkleinmond.co.za

Facebook: NGK Kleinmond.

Om direk met die kerkraad te kommunikeer: [email protected] Gemeente se bankbesonderhede: ABSA Rekeningnaam: NG Kerk Kleinmond Takkode: 334-812 Rekeningnommer: 322-015-0320