90
NUWE VRUGTE WAT LEWE GEE Bybelstudie vir stiltetyd en byeenkomste oor die roeping van Joubertina Gemeente André Oosthuizen November 2014

Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

  • Upload
    vannhan

  • View
    265

  • Download
    32

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

NUWE VRUGTE WAT LEWE GEE

Bybelstudie vir stiltetyd en byeenkomste

oor die roeping van Joubertina Gemeente

André Oosthuizen

November 2014

Page 2: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

InhoudsopgaweVoorwoord : ................................................................................................. 3

1. Die begin van die reis .......................................................................... 52. Ons leef voor ‘n hemelse troon............................................................ 63. Ons oë is op Jesus Christus gefokus.................................................... 84. Ons is in Christus nuwe mense ........................................................... 105. God het ons lankal raak gesien ........................................................... 126. Sewe kruiswoorde wat lewe gee .......................................................... 137. Ons is rolmodelle van die kruislewe ..................................................... 148. Jesus les ons dors om ander se dors te les ........................................ 159. Ons bedien versoening aan mekaar .................................................... 1710. Lydenstyd is tyd vir prioretisering ......................................................... 1911. Dit is volbring .................................................................................... ... 2012. Om vanuit die opstanding te leef ......................................................... 2213. Om nou reeds met ‘n nuwe identiteit te leef................................ .......... 2514. Om nou reeds met ‘n nuwe verwagting te leef .......................................2715. Ons roeping sluit brood en Brood in .................................................... 29

Die Heilige Gees vernuwe en vervul die geloofsgemeenskap -16. Deur te troos, krag te gee en te leer……………………..………………. 3017. Deur die wedergeboorte ...................................................................... 3118. Deur aan ons sekuriteit te gee …..………………………………………. 3319. Deur ons uit te kies om ons te seën ……………………………..…….... 3520. Deur ware geloof ……………………………………………………..…….. 3621. Deur ons weer te laat droom en bid ……..………….............................. 3822. Deur ons lewens te verander .....................................................…….... 3923. Deur aan ons gawes van die Gees te gee ...................................……...4024. Deur ons vanuit Sy toekoms te laat leef ............................................... 4225. Deur ons met vuur te doop om nuwe vrug te dra....... .......................... 44

Riglyne1. Begin op God se tyd ………………………………............................. 452. Vra na God se wil .....................................…..................................... 463. Hou vas aan God se beloftes……………………………………......... 474. Insig gee hoop.……………………………........................................... 485. Leef vanuit ons waarborg ......................................…….......……..... 496. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here .............…......... 507. Luister na die stem van die Here ..........................................……..... 518. Leer ons kinders om God se stem te hoor ....................................... 529. Luister binne ‘n intieme verhouding met God .................................. 53

10.`Gemeentebediening ......................................................................... 5511. Kleingroepbyeenkomste .................................................................. 5512. Ouderlinge en Diakens .................................................................... 56Ons roeping ........................................................................................... 59Ons visie ......................................................................................... 60

Page 3: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

VoorwoordIn hierdie Bybelstudiegids vind die leser verskeie Skrifgedeeltes waarna die lidmate en kerkraad gedurende 2014 geluister het. Die gemeente is saam op reis en wandel saam in die Woord om opnuut te hoor en te sien watter hoop daar in ons roeping is (Efes. 1:18) en streef daarna om gehoorsaam te wees.

Dit blyk duidelik uit die terugvoering wat vanaf die ouderlinge en wyke ontvang is, dat die gemeente daarna streef om getrou aan haar roeping te wees. Ons glo dat die Here in oorgangstye op ’n besondere wyse met mense praat en dat Hy in hierdie tyd ook aan Joubertina Gemeente opnuut haar roeping herbevestig. Die Here praat met ons deur Sy Woord en bevestig aan ons dat Hy besig is om hier op ’n unieke wyse Sy nuwe koninkryk op te rig. Die boodskap van Jeremia aan die ballinge spreek ook duidelik tot ons:

Jeremia 29: “4 So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5 Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6 trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. ... 11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. 13 Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. 14 Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.”Die gemeente hoor die volgende oor haar roeping:

Ons wil naby aan God en Sy Woord leef om ’n Kerk van Jesus Christus te wees. Hy is die bron van die lewe waaruit die gemeente gevoed en opgebou word deur die bediening van die Woord. Die gemeente moet geestelik opgebou en toegerus word om te groei in volwassenheid, toewyding, eensgesindheid en diensbaarheid. Ons wil voortdurend ’n geestelike tuiste vir mekaar en ander skep. Deur omgee vir mekaar en gasvry te wees teenoor alle mense, streef ons daarna om die liefde van Jesus Christus uit te leef. Ons glo dat daar liefde en vrede is waar God teenwoordig is en daarom streef ons daarna om naby aan Hom te leef en om na Sy Woord te luister.

Ons wil die kontemporêre behoeftes van die Jeug aanspreek en daarom streef ons daarna om vir almal ‘n hartlike tuiste te bied waar elkeen die Here en mekaar met vreugde kan dien en bedien.

Ons wil voortdurend uitreik na mekaar en ander mense wat in nood verkeer. Samewerking met ander kerke en organisasies wat dieselfde doel nastreef, is vir ons belangrik. Daar bestaan ‘n verwagting dat die uitkoms van die gemeenskap-ontwikkelingsplan, waaraan tans gewerk word, positiewe resultate tot gevolg sal hê.

Daar word alreeds tekens van hoop bespeur:

God is besig met voorbereidingswerk deur ’n opregte begeerte na aktiewe betrokkenheid by die gemeente en die koninkryk.

Daar bestaan ’n gesindheid van meelewing en ’n verwagting van vernuwing.

Page 4: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Lidmate dors na die Woord en smag na geestelike groei, samehorigheid en samewerking oor grense.

Waarop die gemeente NOU moet fokus:

Helende proses om eensgesindheid oor ’n gemeenskaplike visie te kry. Om op ’n ordelike manier opgebou en uitgebou te word. Om gehoorsaam aan God te wees deur liefde, omgee en samewerking. Gebed om geestelike verdieping, vernuwing, eenheid en diensbaarheid

Ons visie: “ Nuwe Vrugte wat lewe gee”: Ons is geroep om vrug te dra sodat God se koninkryk in die wêreld kan kom. Ons besef dat ons dit nie in eie krag kan doen nie, maar dat ons soos bome wat langs waterstrome geplant is, uit die Bron van die Lewe moet leef. Soos vrugtebome gesnoei, gevoed en versorg moet word, moet die gemeente ook met die Woord van God bedien en versorg word om vrug te dra. Ons verwag dat Jesus Christus deur Sy Woord en Gees besig is met geestelike vernuwing en bid daarvoor.

Die verwagting van die gemeente is om nou vanuit die toekoms te leef, met ander woorde om met hoop te leef. Die visie, soos hierbo genoem, moet nou in die handel en wandel van die gemeente en van elke lidmaat, lewend gemaak word sodat ons kan groei en vrugte dra ‘…in volwassenheid, toewyding, eensgesindheid en diensbaarheid in ons strewe ”…om die liefde van Christus uit te leef”. Die visie moet lewend gemaak word as ʼn rigtinggewende stel van waardes wat ons doen en late rig en bepaal.”

Hierdie visie word op die voorblad uitgebeeld as “Die kerk simbolies vanaf die kruis gesien”. Die kruis op die kerkterrein staan voor die Oostelike in/uitgang van die kerkgebou waar die son opkom. Die kruis is die simbool van ʼn spesifieke nuwe, hemelse lewe in ʼn gebroke samelewing. Die kruislewe is die simbool van nuwe lewe en gee hoop, want die doodsheid is oorwin. Die vroeë Christelike kerk, ons en die wêreld het rolmodelle van die nuwe kruislewe nodig, en daarom is ons roeping om “nuwe vrugte wat lewe gee” te dra.

Die doel van hierdie Bybelstudiegids is om bogenoemde inligting asook sommige Skrifgedeeltes waarna in hierdie tyd geluister is, vir lidmate beskikbaar te stel om saam daaroor te besin, en om saam daarvoor te bid sodat ons saam kan groei om hierdie nuwe vrugte wat lewe gee, te dra. Hierdie Bybelstudiegids kan deur indiwidue en gesinne tydens persoonlike stiltetyd en huisgodsdiens gebruik word, asook deur wyke en ander kleingroepe tydens byeenkomste. Mag ons saam geïnspireer word om vrugte te dra wat lewe gee.

Dankie aan die Kerkraad, Roepingskommissie, personeel en elke lidmaat vir toewyding aan hulle roeping. Dankie aan Braam Kritzinger wat die drukkoste van hierdie publikasie geborg het, Cynthia Zinn vir die skilder van die voorblad, Mias Strydom vir die foto’s en Hettie Malherbe vir die proeflees. Dankie aan my vrou, Elize, vir haar bystand en ondersteuning.

Soli Deo Gloria!

Die SkrywerNovember 2014

Page 5: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

1. DIE BEGIN VAN DIE REIS

KERKRAADSVERGADERING 20 FEBRUARIE 2014

Lees en oordink Psalm 107:1-9

107 “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” 2 So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het 3 en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide. 4 Party was verdwaal in die woestyn, in ’n barre wêreld, en kon die pad na ’n bewoonde stad nie kry nie. 5 Hulle was honger en dors, hulle was uitgeput, 6 maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle gered uit hulle ellende. 7 Hy het hulle op die regte pad gebring en by ’n bewoonde stad laat uitkom. 8 Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen. 9 Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het.”

Drie vrae aan die kerkraad

1) Wat hoor ons oor die gemeente?2) Watter emosies bespeur ons in die gemeente?3) Wat moet ons vir God in gebed vra?

2. ONS LEEF VOOR ’n HEMELSE TROON

Wat sou ’n gemeente se ervaring wees as hulle op hierdie stadium deur ’n woestyn moes reis?

Waarna honger en dors ons? Waarvoor is ons dankbaar? Waaroor is ons jammer? Wat hoop ons om te verkry? Hoe sou jy die stad (vers 7) beskryf? Wat is die harts-begeerte of droom van die gemeente?

Page 6: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Skriflesing: Open. 4 en 5Teks: Open. 4:2 en 5:5

4:2” Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan ’n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand.” 5:5 “Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.”

Ek was eendag baie verleë toe ek op ons motoroprit agteruitgery en ’n blinde man raakgery het. Op my verskoning aan die blinde man dat ek jammer is dat ek hom nie raakgesien het nie, het hy driftig geantwoord: “Meneer, dit is die rede waarom ek nie motor bestuur nie!”

“As ons tog maar net kon sien!”, sou die versugting van nie slegs elke blinde persoon wees nie, maar ook van elkeen wat die lewe beter wil verstaan. Hoeveel keer het jy nie al die volgende woorde gesê nie? “As ek maar toe kon gesien het wat ek vandag sien, dan sou ek anders opgetree het en anders besluit het. U sien, daar is twee soorte blindheid, naamlik fisiese blindheid van die oë en geestelike blindheid. Jesus sê in Joh. 9:39 dat Hy gekom het “sodat die wat nie kan sien nie, kan sien…” Mag die Here ons geestesoë aanraak sodat ons kan sien wat Hy aan ons wil openbaar.

Ons sien saam met Johannes op die eiland Patmos iets van wat besig is om vandag in die wêreld en met ons te gebeur, asook wat gaan gebeur. Kom ons kyk vanmôre van Bo af, van God se kant af na dit wat in die wêreld en in ons lewens besig is om te gebeur:

Johannes, die 95-jarige banneling op die eiland Patmos, Suid van Efese, ontvang hierdie openbaring deur die Gees van God oor dit wat besig is om te gebeur. Johannes sien ʼn groot oorlog op aarde tussen God en die draak (Satan); dit is ʼn oorlog wat toeneem in intensiteit tot op die dag van die Einde van hierdie stryd met die wederkoms van die Seun van God. Hy alleen bepaal wanneer daardie dag sal wees. Ons leef nou midde in hierdie oorlog in die eindtyd met hoop in ons harte as ons vir God in die geloof met ons geestesoë kan sien.

Ons sien saam met Johannes ʼn troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand met ʼn boekrol in Sy hand. In hierdie boekrol is God se plan met die wêreld beskryf, maar slegs die Lam wat geslag is kan hierdie boekrol oopmaak; die Lam is Jesus Christus. Hy is die oplossing, Hy is ons hoop, Hy het die Satan en die dood oorwin, en aan Hom kom al ons lof en eer toe.

Vader Simeon het ook dieselfde ervaring as Johannes gehad. Toe hy die Jesus Kind in die tempel sien en vashou, was hy absoluut tevrede en het gesê: ” 29 “Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, 30 omdat my oë u verlossing gesien het 31

wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 32 ’n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.” (Lukas 2:29-32)

Ons lees in Hebreërs 12: “Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te

Page 7: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3 Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.”

Ons lees ook Efesiërs 1:15-23, en veral verse 17 en 18 oor “geestesoë”. Wanneer die Here iemand se geestesoë open om in Hom te glo, dan ontvang daardie mens ʼn lewensroeping en dit gee hoop. Die aanvaarding van Jesus se verlossing laat ʼn mens met ander oë na die wêreld kyk – nou sien ons geleenthede vir die koninkryk in die gebrokenheid van die wêreld raak!

Die sakramente is juis heilige, sigbare tekens deur God ingestel met ʼn diepere geestelike betekenis om ons geloofsoë te verhelder. Hierdie sigbare tekens herinner ons aan alles wat God vir ons in Jesus Christus gedoen het, en dat ons saam met Hom gesterf en opgestaan het om nuut te leef.

Bespreking

1. Wie regeer hierdie wêreld?2. Wat is God se (reddings) plan met hierdie wêreld?3. Waartoe word ons geroep?4. Hoe kan ons ’n verskil in die samelewing maak?

3. ONS OË IS OP JESUS CHRISTUS GEFOKUSWAT WARE GELOOF IS

Page 8: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Skriflesing: Hebr. 11:1-3, 8-16; 12:1-3

Hebreërs wil vir gelowiges help en aanspoor om te volhard in geloof en om nie moedeloos te raak en handdoek in te gooi nie. Die boodskap van die Hebreërbrief is bedoel vir mense wat swaar kry, wat vervolg word, wat vra: Wat help dit om te glo as ons soveel opofferings moet maak en vervolg word ? Mense wat in hulle geloofslewe begin traag word, wat nie meer voel om enduit so aan te gaan nie.

Nou wie is die mense wat besig is om hulle passie vir Jesus te verloor? Geleerdes wys daarop dat hulle kinders is van ouers of grootouers wat nie dieselfde ekstase van bekering en ingryping in hulle lewe ervaar het as wat hulle ouers of grootouers ervaar het nie. Hulle het in die kerk grootgeword. Hulle kom uit gelowige huise. Hulle is in die Christelike lewe onderrig en het in die Christelike belydenis opgegroei. Hulle het gewoond geraak aan die Christelike goed, emosioneel meer neutraal daarteenoor begin staan. Reeds in 6:12 staan daar: “Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.”

Hoe help jy hierdie kinders uit gelowige huise, maar wat die gevoel kry dat die Christelike lewe en geloof nou vasgeval het soos ’n motor in modder? Die wiele draai, maar jy kom niks verder nie. Hulle beleef vervolging, op sommige se goed word beslag gelê en ander word openlik beledig en gespot (10:33-34). Hulle het geestelik begin uitsak (12:3). Is dit die moeite werd om aan jou Christelike lewe en geloof vas te hou? Dít is die vraag waarmee hierdie Christene geworstel het.

Hoe help jy dié Christene om enduit te bly glo dat dit die moeite werd is om te glo? Van die Christene het nie net traag geword in hulle geloof nie (6:12), maar ook afvallig (6:6) en kom nie meer kerk toe nie (10:25). Hoe tel jy hierdie mense weer op? Deur hulle te laat fokus op Jesus. Hou julle oog op Jesus. Hy is ons Broer wat weet hoe ons voel, omdat Hy net soos ons versoek is. Hy is ons Hoëpriester wat in God se skool van lyding Hom laat vorm het totdat God Hom volkome geskik gevind het om sy offer te kon bring. Hy het die offer gebring wat die sonde vir eens en vir altyd sou uitwis. Hy is die

Page 9: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Priesterkoning wat aan die regterhand van God gaan sit het (8:1). Die skrywer wil dus nie vir die mense sê hulle moet méér glo nie, of beter volhard nie. Hulle vind dit reeds moeilik. Dit is soos om vir iemand in die greep van depressie te sê: Ag, ruk jou reg man, glo jy nie wat in die Woord staan nie?

Hoofstuk 10:32-12:13 vorm die hoofdeel van die skrywe. In hierdie deel loop volharding soos ’n goue draad. In 10:36 kom die woord volharding voor en in 12 :1 kry ons weer die woord. Dit vorm die basis van die hele hoofstuk 11. In hierdie deel is Jesus die groot rolmodel wat nagevolg moet word. Hy is die Begin en die Voleinder van die geloof (12:2). Die lewe is soos ’n maratonwedloop (10:32; 12:1-3; 12-13) en ’n pelgrimstog (11:1-40). Om suksesvol te eindig, moet jy in die wedloop en pelgrimstog jou oë op Jesus hou, wat jou van die begin tot die einde van die reis sal lei. Daar is drie dinge wat jy vir die suksesvolle afhandeling van die reis nodig het, te wete geloof, hoop en volharding. Hoofstuk 11 is nie ’n loflied oor geloofshelde nie, maar voorbeelde van ware geloofsvolharding as gevolg van ’n aktiewe geloofslewe.

Geloof is om te weet dat daar agter die sienlike ook die Onsienlike is, naamlik God. Geloof is om God raak te sien agter al die gebeure. Die skrywer wys dan op konkrete voorbeelde waar gelowige mense God raaksien agter die gebeure.

Abraham (11:10) het uitgesien na die stad met vaste fondamente. Deur die geloof sien hy dat God daardie stad tot stand sal bring. Deur die geloof het Abraham sy geboorteland verlaat, weggetrek sonder om te weet waarheen God hom sou lei, tussen vreemdelinge gaan woon en gehoop op 'n beter, hemelse vaderland en 'n ontelbare nageslag. Aan Abraham het God wonderlike beloftes gemaak, maar die verwerkliking van daardie beloftes het groot opoffering gevra.

As die aartsvaders, soos Abraham, "... gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is..." (vers 13).

Wat sê hierdie teks vir ons oor die verhouding tussen God se beloftes, die mens se geloof en opoffering? Daar is ʼn direkte verband tussen ware geloof, God se beloftes, hoop, opofferings en ons verantwoordelikheid. Wie vanuit God se beloftes leef, sal opofferings moet maak en het die verantwoordelikheid om nou reeds hier op aarde vanuit God se Woord te leef. Die enigste manier hoe hierdie geslag en die volgende geslagte gaan sien dat dit die moeite werd is om te glo, is wanneer hulle ons geloofsdade gaan sien.

Om in die geloof te lewe, sal ons opnuut moet toelaat dat God ons “geloofsoë” aanraak sodat ons ons roeping kan sien (Efes. 1:18). Dan sal ons in die chaos en ellende van hierdie tyd, die geleenthede moet raaksien om nou reeds iets van die nuwe Jerusalem (die hemel) tot stand te bring. Wanneer ons die geleenthede tot diens in die armoede, werkloosheid, siekte, ens. sien en begin diens lewer, dan gaan geloof oor in geloofsdade wat hoop bring; dan word geloof in die praktyk beleef; dit spoor aan om in die geloof te volhard.

Bespreking

1. Wat sien ons as ons na die wêreld, ons land en sy mense kyk?

Page 10: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

2. Watter nuwe perspektiewe bied geloof vir ons?3. Waartoe spoor die Hebreërbrief ons aan?4. Wat is die kerk se roeping hier op aarde?

4. ONS IS IN CHRISTUS NUWE MENSE

Skriflesing: Kol. 1:3-8; 3:1-17Teks: Kol. 1:3-4; 3:1-3,9b-10

Ons lees in Kolossense 1 meer oor wie ons as gelowige kinders van die Here werklik is. ʼn Ander woord vir “die persoon wie ons werklik is”, is “karakter”. ʼn Persoon se karakter is wie hy of sy werklik is.

In Kolossense 1 beskryf Paulus eintlik wat ons karakter is : Ons is nuwe mense IN CHRISTUS. Alhoewel ons nog onvolmaak is en nog sonde doen, is ons nogtans IN CHRISTUS nuwe mense. Ons kan hierdie waarheid met ʼn beeldhouer en die rots waaruit hy sy kunswerk skep, demonstreer.

Wanneer ʼn beeldhouer na ʼn rots kyk, dan sien hy meer daarin as wat ons gewoonlik sien; hy sien in die rots die nuwe beeld raak wat hy daaruit gaan kap met sy hamer en beitel. Die beeldhouer kap eintlik nie die nuwe beeld uit nie, hy kap al die oortollige rots van die beeld af sodat die rots minder word en die nuwe beeld meer. Gelowige kinders van die Here is IN…

IN Christus is hulle nuwe mense IN Christus het hulle gesterf en het hulle saam met Hom uit die dood

opgestaan om nou nuut te leef. Hy het Sy Gees IN hulle uitgestort en daarom leef Hy nou IN Sy kinders

Hulle is IN Sy liggaam, die kerk Hulle is IN Sy gesin Hulle is IN die wêreld

Page 11: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Hulle deel IN die nuwe hemelse lewe Hulle is IN God geborge Hulle hou Hom IN die oog

Daarom moet kinders van die Here meer word wat hulle reeds IN Christus IN die hemel is.

“2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3 want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” (Kol. 3:2,3)

Bespreking

1. Fokus meer op die nuwe mens wat ons en ons kinders reeds in Christus is, as op ons foute en tekortkominge. Hoe beïnvloed hierdie waarheid ons benadering ten opsigte van kinderopvoeding? Watter verskil gaan dit in ons verhouding met mekaar maak?

2. Hoe kan ons die negatiewe, sondige gedagtes verruil vir nuwe gedagtes?3. Watter rol speel Bybellees en gebed in die vorming van ons nuwe gedagtes?4. Watter verantwoordelikheid het kinders van die Here om mekaar positief op

te bou en nie af te breek nie?5. Watter rol behoort kinders van die Here te vervul om hulle gemeenskap heel

te maak en geestelik op te bou?

5. GOD HET ONS LANKAL RAAK GESIENSkriflesing: Joh.1:43-51; Ps. 139:1-8’16-18

Page 12: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Teks: Joh. 1:48-49

’n Sonar is ’n wonderlike ding. ’n Ouer kan deesdae vir sy/haar kind sê: Ek het jou al gesien voordat jy gebore is. ’n Sonar het egter beperkings, want dit kan nie die persoon se karakter bepaal en toon wie die mensie is wat gebore gaan word en wat van hom of haar gaan word nie.

God ons Skepper sien egter meer as wat ʼn sonar kan wys; Hy sien dwarsdeur ons en Hy ken ons.

Lees nou Psalm 139 en dink na oor die volgende vrae :

1. Hoe ken God vir my? Wat beteken dit vir my dat God alles van my weet. 2. Watter versekering bied hierdie waarheid vir ons wanneer ons bid?

Lees nou ook die verhaal van Jesus en Nataniël soos wat Johannes dit in Joh. 1:43-51 beskryf en bespreek die volgende vrae:

1. Van wanneer af het Jesus al vir Nataniël geken?2. Hoe het dié wete, naamlik dat Jesus vir hom ken, vir Nataniël gehelp om tot

geloof te kom? (vers 49)

Elke mens wil graag geken wees. Jou Skepper ken jou, want Hy het jou geskape en weet waartoe jy geskape is en waartoe jy in staat is. Ons moet ons denke voortdurend met God se Woord voed sodat ons nuut oor onsself en oor ander mense kan dink. Onthou, ons is IN Christus nuwe mense!

Bespreking

Ons moet soos Jesus die nuwe moontlikhede in mekaar en in ander mense se lewens raaksien, ten spyte van al die oënskynlike foute en tekortkominge.

6. SEWE KRUISWOORDE WAT LEWE GEELydenstyd

Page 13: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Ons volg Jesus op Sy lydensweg (Via Dolorosa), terwyl ons besef dat ons saam met Hom gesterf het, maar ook daagliks aan onsself moet sterf om meer te word wat ons reeds in Hom is, naamlik ‘n nuwe mens.

Die totaal van sewe kruiswoorde, saamgestel uit die uitsprake wat by al vier Evangelies voorkom, gee ons ‘n beeld van die laaste oomblikke van Jesus se lewe en van die ontsettende lyding wat Hy ter wille van ons versoening met God aan die kruis moes deurmaak.

1. “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Lukas 23:34)2. “Voorwaar Ek sê vir julle, vandag sal jy saam met my in die Paradys wees”

(Lukas 23:43)3. “Vrou, daar is U Seun! Daar is jou moeder.” (Johannes 19:26-27)4. “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Mattheus 27:46)5. ”Ek het dors.” (Johannes 19:28)6. “Dit is volbring.” (Johannes 19:30)7. “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” (Lukas 23:46)

Bespreking

1. Waarom het Jesus hierdie bitter lyding ter wille van ons verduur?Lees Jesaja 53 : “4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. ... 5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.”

2. Deur Jesus se wonde het daar vir ons genesing gekom. Waarvan is ons genees?

3. Wat verwag ‘n boer van ‘n gesonde, versorgde vrugteboord?4. Wat verwag ons hemelse Vader van ons noudat ons IN Christus genees is?

7. ONS IS ROLMODELLE VAN DIE KRUISLEWE

Skriflesing: Fil.3:7-4:1

Page 14: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Teks: Fil. 3:8-10, 16-17a

Rolmodelle vervul ‘n waardevolle funksie in elke mens se lewe. In die Ou Testamentiese tyd het die mense opgesien na die rabbi’s as hulle leermeester en elke rabbi was ook die mentor van ‘n spesifieke leerling wat aan hom toegewys was. In die Nuwe Testamentiese tyd is Jesus die gelowiges se voorbeeld van die ware lewe. Hy leer sy dissipels nie net die wet nie, maar Hy is ook persoonlik die vervulling van die wet en die profete. Hy leer hulle nie net hoe om te lewe nie, maar Hy is die weg, die waarheid en die lewe (Joh. 14:6). Na Jesus se hemelvaart is Sy Gees op sy kerk uitgestort en Hy is nou hulle Leermeester Wie alles oor Jesus se lewe vir hulle leer en in hulle lewens bevestig. Hy bly altyd by hulle om hulle te leer, te troos, te lei en krag te gee. Die Heilige Gees is dus nou die kerk se “Leermeester” Wie vir ons leer om soos Jesus te lewe. Jesus is ons Rolmodel, sodat ons rolmodelle van die kruislewe kan wees.

Christenskap is nie net ʼn godsdiens, ʼn dooie ding soos ʼn jas wat jy kan aantrek of ʼn simbool soos ʼn kruis wat jy kan ophang, vasplak, of ‘n teken om om jou nek te hang nie; dit is ʼn leefstyl. Die kruis is die simbool van ʼn spesifieke nuwe, hemelse lewe in ʼn gebroke samelewing. Die kruislewe is die simbool van nuwe lewe en gee hoop, want die doodsheid is oorwin. Die vroeë Christelike kerk, ons en die wêreld het rolmodelle van die nuwe kruislewe nodig.

Paulus skryf aan die Filippense oor Jesus Christus se kruis- en opstandingslewe. Hy sê dat hy alles in sy lewe, prysgee ter wille van Jesus Christus en die nuwe lewe in Hom.

Hy het alles daarvoor prysgegee Hy beskou homself as ‘n rolmodel met tekortkominge Hy vestig die aandag op die ander rolmodelle

Die lewenswyse van die vroeë Christelike kerk in die eerste vier eeue nC was die rede vir die fenomenale groei van die Christendom in daardie tyd. Hulle toewyding, diens en eiesoortige lewenstyl was die rede waarom die Christelike kerk teen ongeveer 15% per dekade gegroei het.

Ons het die geleentheid, die uitdaging en die roeping om as rolmodelle van die kruislewe te leef. Ons kan ‘n verskil in mense se lewens maak deur die wyse waarop ons leef; dit is die doel waarom ons lewe; ons dra nuwe vrugte.

Bespreking1. Wat moet jy, soos Paulus, prysgee of afsterwe ter wille van Jesus Christus?2. Watter persone leef naby aan jou vir wie jy ‘n rolmodel van die kruislewe kan

wees?

8. JESUS LES ONS DORS OM ANDER SE DORS TE LES

Skriflesing: Psalm 63:1-9; Joh.19:28

Page 15: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Teks: Psalm 63:4; Joh.19:28

Water is lewe … die Hebreeuse woord vir water is “majim” wat lewe beteken. Toe Jesus Sy lewe, Sy alles tot die dood gegee het, was Hy dors. Hy wat vir die Samaritaanse vrou by die put van Sigar gesê het : “Ek is die Fontein van die lewe, wie van hierdie water drink sal nooit weer dors kry nie ….. strome lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh. 4, 7), was tot die dood toe dors. Die laaste paar druppels water het saam met sy bloed uit Sy sy gevloei; Hy het Sy lewe gegee om die Fontein van die lewe vir my en jou oop te maak sodat ons nie van dors sal sterf nie, maar nuut kan leef.

By gebrek aan water dehidreer ʼn mens en as jy nie betyds water inneem nie, sterf jy.

Was jy al werklik dors? Ekself was as kind een dag só dors toe ek saam met Oom Jors Rautenbach, die eertydse stasiemeester van Nuweplaas, na Waterval gestap het om heuning te gaan uithaal. Daardie dag het ek water wat deur ʼn heuningdoek gegooi is, uit ʼn beeskrip gedrink om my lewe te red. Niks anders as water les jou dors nie.

Daar is egter ook ander vorme van dors wat die mens beleef: Mense dors na mag, aansien, status, rykdom, plesier en les hierdie dors uit mensgemaakte fonteine. Wie uit hierdie fonteine drink, se dors word nie geles nie, maar juis gestimuleer. Jy word meer dors as jy uit hierdie wêreldse fonteine drink en hierdie dors kan tot die dood ly.

Die Here wil met ons praat oor die dieper dors wat na die lewe lei. Hierdie dieper dors is meer as ʼn dors na H2O of die dors na persoonlike bevrediging. Die dieper dors kom van God en Hy wek dit deur Sy Heilige Gees in jou lewe. Hierdie dieper dors ervaar ek en jy in die spreekwoordelike lewens-woestyn.

Was jy al in die woestyn? Die woestyn is nie noodwendig die Judawoestyn waar Dawid Psalm 63 geskryf het nie; ook nie die Sahara, die Namib of Brulsand in die Kalahari nie. Ons praat nou van die woestynlewe van ons aardse bestaan. Woestyntye is daardie tye wanneer jy voel jy gaan dit nie maak nie. Dan les die water uit ons mensgemaakte fonteine nie ons dors nie. Dit is tye wanneer ons voel ons sterf as God ons nie red nie. Onder daardie omstandighede word die lewe as sinloos ervaar, maar dan is die sin van die lewe in die feit dat ons dors is, geleë. Die dieper dors gaan die les van die dors vooraf.

Is jou dieper dors al deur God geles, of drink jy nog uit aardse fonteine?

Jesus sê : “Ek het dors” Ek smag daarna dat jy na My toe moet kom sodat Ek jou dors kan les en jy die ewige lewe kan kry. Dan sal daar strome lewende water uit jou binneste vloei. Soos die Waboomsrivier uit die Joubertinadam in die Kougarivier en Kougadam vloei en lewe aan mens en dier gee, so sal ons lewens lewe gee aan almal met wie ons in aanraking kom.

Wil jy nie nou vir Jesus Christus toelaat om jou dieper dors te les nie? Kom, laat ons dan saam met Dawid in die Judawoestyn van ons lewe bid : “Ek soek U, O God, my God, ek dors na U; ek smag nie U soos in ʼn dor en droë land, ʼn land sonder water.”

Hy wil jou seën met strome lewende water, sodat jy tot seën van ander mense rondom jou kan wees.

Page 16: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Bespreking

1. Uit watter mensgemaakte fonteine is mense geneig om hulle dieper dors te probeer les?

2. Waarna dors jy?3. Hoe word ons dieper dors geles?4. Bespeur ons ‘n dieper, geestelike dors in ons gemeente, en hoe word dit

geles?5. Watter vorme van dieper dors bespeur ons in ons samelewing, en watter rol

kan ons speel om dit te les?

9. ONS BEDIEN VERSOENING AAN MEKAARSkriflesing: 2 Kor. 5:11-21;Efes. 2:13-18; 1 Tim. 2:1-4Teks: 2 Kor. 5:14,17,18,20b

“… ons het tot die insig gekom dat Een vir almal gesterwe het … aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het … aan ons is die bediening van die versoening toevertrou … ““13 Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ’n muur skeiding gemaak het.” (Efes. 2:13-14)

Christus is ons vrede met God

Christus Jesus se kruisdood is naas die skepping die grootste gebeurtenis in die kosmiese geskiedenis. Soos die skepping deur die Woord van God (wat Jesus Christus is – Joh. 1:1-3) , tot stand gekom het, is die gevalle mens met God versoen deur dieselfde Woord aan die kruis : “Dit is volbring”, daar is nou vrede op aarde vir elkeen wat in Hom glo. Christus is ons vrede en daarom moet ons die versoening wat Hy aan die kruis bewerk het, aanvaar en in vrede lewe.

Aanvaar die versoening met God

God die Heilige Gees maak dit wat Jesus Christus Jesus vir die wêreld gedoen het, ons eie. Hy bewerk en skenk aan ons die wedergeboorte, geloof, bekering, regverdigmaking, heiligmaking, volharding en die verheerliking. Hy skenk aan ons die Versoening met ʼn hoofletter, op vertikale vlak, tussen God en mens. Aanvaar dit, neem dit aan, glo dit … Jy is met God versoen.

Aanvaar ook dat jy met die mense wat deur God versoen is, in versoening leef.

Dit is die versoening met ʼn kleinletter, met mekaar, met jou gesin en die mense in die gemeente.

2 Kor. 5:17-20: “17 Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met

Page 17: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!”

Aanvaar dat ons nou afstand van die die ou lewenswyse gedoen het en dat ons nou nuut leef. Onthou, ons is met God en met mekaar versoen, ons leef nie meer met haat en in vyandskap soos vroeër nie. Die dinge van vroeër is nou vir altyd verby. In hoofstuk vier van ons Bybelstudiegids het ons gehoor dat ons IN Christus nuwe mense is, en daarom moet ons dit glo en uut leef.

““3 Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en sinsgenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat.” (Titus 3:3)

In die kerk is daar vrede, want ons is met God en met mekaar versoen! Die eenheid van die kerk word nie in die eerste plek deur aanvaarding van die kerk se belydenisskrifte gewaarborg nie, maar deur Christus Jesus se versoening aan die kruis. Almal wat die versoening van Jesus Christus aanvaar het, is nou ook met mekaar versoen.

Aanvaar jou roeping om hierdie versoening te bedien (2 Kor. 5:18)

Ons kan nou met nuwe oë na mekaar en na die wêreld kyk. Soos ‘n beeldhouer wat ‘n nuwe beeld in die marmerblok raaksien, kan ons nou ook die nuwe moontlikhede in mekaar en in ander raaksien. Terwyl ons op hierdie nuwe manier teenoor mekaar optree, en hierdie versoening aan mekaar bedien, sien die wêreld Jesus Christus se beeld in ons lewens raak. Ons is anders as die wêreld en tree anders (wêreld-vreemd) op, omdat ons met God en met mekaar versoen is.

Vertel ook vir die wêreld dat hulle in Christus met God en mekaar versoen is, en dat hulle die versoening moet aanvaar; vertel vir hulle dat hulle in Christus Jesus nuwe mense is, en dat ons almal meer soos Hy moet word en lewe!

Die heel belangrikste bewys dat ons die waarheid praat, is die vrug van die vrede. As ons in vrede leef, sal die wêreld die beeld van Jesus Christus in ons sien. Ons sal nuwe vrugte dra wat lewe gee.

Bespreking

1. In die Onse Vader gebed leer Jesus ons om te bid: “en vergeef ons ook ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Mat. 6:12). Omdat ons deur God vergewe is, kan ons nou ook ander mense hulle oortredings vergewe. Ons is bedienaars van die versoening met God. Wat beteken dit in die praktyk?

2. Hoe gaan ons op prakties wyse hierdie versoening aan mekaar en aan ander bedien?

3. Weet jy van iemand aan wie jy nou die versoening van Jesus Christus moet gaan bedien? Lees ook verder in Mat. 5:21-26 oor versoening.

10. LYDENSTYD IS TYD VIR PRIORETISERING

Page 18: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

OM MET ANDER MAATSTAWWE TE MEET

Skriflesing: Jes. 43:14-21; Fil. 3:4b-14

Jes. 43 “19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”

Gedurende Lydenstyd luister ons opnuut na die boodskap van Jesus Christus se lyding en die betekenis daarvan vir ons lewens. In Joubertina Gemeente is ons ook almal saam besig om na te dink oor wie God is, wie ons is en wat sy plan of roeping vir ons in hierdie tyd is. Dit is ons gebed dat die Here die hele gemeente sal verenig rondom ‘n gemeenskaplike visie of doel; ons is nou hier om met die Here saam te werk aan dit waarmee Hy besig is. Die vraag is : Waarmee is God tans in die Langkloof besig? Is ons ingeskakel by Sy plan en werk ons met Hom saam?

Jesaja 43: 14-21 ... Ek gaan iets nuuts in die woestyn doen ... om my volk se dors te les.

Jesus se menswording, kruisiging, opstanding, hemelvaart en die uitstorting van Sy Gees het die Fontein in die woestyn oopgemaak sodat daar nuwe lewe kan kom. Jesus se sterwe bring nuwe lewe en hoop vir ‘n gebroke, verloregaande, dorstige wêreld.

Paulus getuig in Fil. 3:4-14 oor die lewensverandering wat hy ondergaan het toe hy die nuwe lewe wat Jesus Christus deur Sy dood en opstanding bring, aangeneem het. Hy beskou nou alles wat vroeër vir hom belangrik was as verwerplik om Christus te verkry en om in Sy lyding te deel.

Om in Sy lyding te deel beteken om voortdurend in myself te sterwe, om die ou mens af te sterwe en om saam met Hom tot ‘n nuwe lewe uit die dood op te staan. Hoor ons hierin Jesaja se profesie van die nuwe ding wat die Here in die woestyn gaan doen? Dit is waarmee Hy ook in die Langkloof besig is, naamlik om deur die bloed van Jesus Christus die Fontein van die lewende water deur ons lewens te laat vloei. Hy roep ons om saam te werk aan die koms van Sy nuwe koninkryk op hierdie plek.

Jesus Christus is die Fontein van die lewe en ons is IN Christus, daarom is ons IN die Fontein; ons dors is geles en ons is Fonteinmense uit wie se lewens strome lewende water vloei (Joh. 7:38). Waar hierdie water vloei kom daar genesing en nuwe lewe. Ons dra nuwe vrugte wat lewe gee.

Bespreking

1. Soos vrugtebome in die Winter gesnoei moet word om in die Somer vrug te dra, so moet ons lewens ook “gesnoei” word om nuwe vrug te dra. Waarvan moet ons ontslae raak sodat ons nuwe vrug kan dra?

2. Watter uitdagings of geleenthede is daar in die Langkloof vir die koninkryk van Jesus Christus?

11. DIT IS VOLBRINGDIE OUE IS VERBY, NOU KAN ALLES NUUT WORD!

Page 19: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Goeie Vrydag is die dieptepunt van Jesus Christus se lyding. Hierdie dag word liturgies somber ingerig. Die kleur is swart of bloedrooi. Die liturgiese ruimte is “gestroop”, met slegs die kruis en die gedekte tafel. Die gemeente oordink in stilte Johannes 19:28-37:

“28 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” 29 Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hissop takkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.”

Lees en oordink die woorde van die volgende gedig.

Golgota uit Die Passie van ons Heer – WEG Louw

Met rooi, gewonde voete en die pynvan dorings wat sy hoof in spot omsluit,het Hy - gelaaf met mirre en bitter wyn-teen Golgota sy droewe gang gestuit.

Soldate het sy klere uitgetreken luid getwis oor kleed en lendedoek:sy naakte liggaam het hul oopgevlek

oor stam en balk en dit met smaad vervloek.

Die wrede spykers word deur vlees en beenmet felle slae ingejaag: sy hande,

verstrak in laaste, goddelike seën,het Hy wyd uitgebrei oor alle lande….

Die vroue roep in duisternis en treur…Die aarde beef… Die tempelvoorhangsel skeur.

Lees Joh. 19:28-37Ons het Jesus op sy lydensweg (Via Dolorosa) gevolg en hier staan ons vanmôre voor sy kruis. Die oorweldigende meerderheid is die uitjouende skare wat geskree het om hom te kruisig en ʼn aantal volgelinge, waaronder Sy moeder Maria en een van sy dissipels, Johannes.

Wie is hierdie Man? Pilatus het die vorige aand tydens Sy verhoor gevra: “Waar kom jy vandaan?” (Joh. 19:8)

Hy is die Christus, gebore uit die stam van Dawid, uit die maagd Maria. Hy was die eerste van sewe kinders van Maria en Josef: Jesus, Jakobus, Joses, Simon, twee susters en Judas. Jakobus het eers later tot geloof in Hom gekom en daarna die hoof van die kerk in Jerusalem geword en ʼn brief geskryf wat in die Bybel opgeneem is; ook sy jongboet Judas se brief is in die Bybel opgeneem.Wat word bedoel met die woorde aan die kruis : “Dit is volbring?”Dit moet seker iets te doen hê met Sy lewenstaak; met die voltooiing van Sy werk as Middelaar. Uit Sy geskrewe Woord word dit duidelik dat die woorde “dit is volbring” vol-opbetaal beteken. Voldoende betaling vir die skuld.

Page 20: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die Ou-Testamentiese bedeling onder die Wet kan vergelyk word met ʼn huurkoop transaksie waar die koper die eiendom wel voorlopig in ontvangs neem, maar wettig verplig is om die volle koopsom maandeliks af te betaal.

Christus Jesus het vir jou en my die volle prys betaal; al ons sonde is vergewe, ons is nou met God en met mekaar versoen, ons is nou in Christus 'n nuwe skepsel van God; die oue is verby, nou kan alles nuut word. Ons is nou geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is, ons het nou die ewige lewe en sal nie meer sterwe nie. Die dood is oorwin, en nou dra ons nuwe vrugte wat lewe gee. “Dit is volbring”.

Bespreking

1. Hoe sal jy reageer as jy ontdek dat iemand al jou skuld vereffen het?2. Hoe sal ‘n ter dood veroordeelde reageer as hy uit die dodesel uitstap as

vrygespreekte om nuut te begin leef?3. Hoe leef ‘n kind van die Here wat vrygespreek is en aan wie die ewige lewe

geskenk is? Lees en oordink Rom. 8:1-17

12. OM VANUIT DIE OPSTANDING TE LEEFMET NUWE HOOP, ‘N ROEPING EN ‘N TOEKOMS!

Page 21: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Paasfees is die viering van die opstanding van Jesus Christus; dit is die viering van die oorwinning wat Jesus Christus oor die Bose behaal het, die viering van ons nuwe lewe, ons hoop, ons roeping en ons toekoms. Dit is die belangrikste fees wat die eerste Christene gevier het, en daarom vier ons dit weekliks op Sondae. Ons vier elke Sondag Jesus Christus se oorwinning oor die sonde, oor die bose, oor ons eie swakheid en onbeholpenheid, en oor alle vorme van hooploosheid. Elke Sondag gryp ons opnuut na die toekoms, na Maandag tot Saterdag, en na dié dag wanneer Jesus weer op die wolke sal verskyn en die toekoms sigbaar sal wees. Ons gryp na die Lig en aanvaar ons roeping om nou reeds iets van die toekoms sigbaar te maak, al is dit soms só donker – ons wil nuwe vrugte dra wat (nou reeds) lewe gee!

“Opstanding” uit Die Passie van ons Heer (WEG Louw)

Drie dae was daar duisternis … Alleen,in diep gelatenheid, soos in die sand

ʼn suiwer saad wat wag op son en reën,het al sy sterflikheid stil weggebrand:

Die swaar en trae slakke van die vrees,sy onrus, vrees, verwarring en waan,

dat Hy, één met die Vader en die Gees,verheerlik in die lig weer op kan staan.

Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.Die steen is afgewentel deur ʼn wind

wat uit vier hemelstreke op die aarde strykdat dit vergruisel is tot stof en grint,en soos uit diepe duisternis ʼn vlam,

staan hoog en rank en smetteloos die Lam!

Hoe skokkend en verrassend was die ontdekking nie! Jesus Christus se ware identiteit is geopenbaar! Die hartseer Maria Magdalena by die graf en die verslae dissipels se geloofsoë het oopgegaan en sy kon bely Hy : “Hy is die Here”, en Tomas bely “My Here en my God” (Joh. 20:28).

Die volk en selfs sy dissipels en vriende het hulle verwagtinge in Hom gestel as ʼn aardse koning of Messias, as ʼn tipiese “Seun van God”, ʼn Wonderwerker wat lewenskrisisse kan verander en verligting in nood kan bring. Pilatus het Hom ook na Sy identiteit uitgevra: “Is jy die koning van die Jode?” Nadat Hy gesterf het, wou hulle nog vir oulaas in die doodsnikke van hulle hoop sy liggaam met reukolie balsem om ʼn laaste eer aan hierdie Goeie Man te betoon. Maar dan breek die waarheid met ʼn ligglans deur as Hy aan die een na die ander Homself as die opgestane Here openbaar. Christus Jesus se identiteit is: DIE LEWE!

Paulus skryf in sy brief aan die Kolossense dat ons wat saam met Jesus Christus gesterf en opgestaan het, nou die dinge daarbo moet bedink waar Hy is. Daarmee word nie bedoel dat ons, noudat ons tot geloof in Hom gekom het, ons oë vir hierdie werklikheid moet sluit en heeldag aan die hemelse dinge moet dink nie. Ons word opgeroep om ons gedagtes met die Opstandings-Evangelie van Jesus Christus te vul sodat ons nuut kan dink op hierdie stukkende ou aarde. Ons moet vanuit Christus, Sy

Page 22: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

opstanding en oorwinning, nuut oor die aardse lewe dink. Ons moet altyd onthou, en mekaar voortdurend daaraan herinner, dat alles nou reeds, al is dit voorlopig, nuut geword het, ook jy en ek! Ons leef en werk nou reeds met ‘n verwagting dat alles eendag volkome nuut sal wees!

Het jy die behoefte om nou te weet of jy eendag in die nuwe hemel en nuwe aarde sal wees? Glo jy dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het? As jy in Hom glo as die opgestane Here, as “my Here en my God”, dan het jy nou reeds saam met Hom uit die dood opgestaan en is jy IN Jesus Christus IN die hemel, waar Hy is – ons moet dit bedink voordat ons iets op aarde sê of doen. Bedink dit nou. Ons moet leef asof ons in die hemel, by Hom, leef.

Bedink Gal. 2:19-20 : “ ... ek is saam met Christus gekruisig, 20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.”

Bespreking

1. Hoe behoort ons mekaar reg te help – deur vir mekaar te sê hoe sleg ons is, of waartoe ons in staat is?

2. Hoe kan ons mekaar help om negatiewe gedagtes te verander in positiewe (geloofs-) gedagtes?

3. Hoe kan ons ontslae raak van sondige gedagtes?4. Hoe motiveer jy ‘n kind om te leer?5. Hoe motiveer jy iemand om sy/haar beste te lewer?6. Waar begin ons om ‘n gemeenskap te verander?

Page 23: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Daar was eendag ‘n arendkuiken wat saam met hoenderkuikens in ‘n hoenderhok grootgeword het. Elke dag het hy saam met hulle sy kos van die grond af geëet en saans het hy saam met hulle op hulle stellasie geslaap. Hy het nooit uit die hoenderhok gevlieg nie, want hy het nie geweet dat hy ‘n arend is nie.

Ons het saam met Christus uit die dood opgestaan en nou kan ons hoër vlieg – Jy kan!“13Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het. 14 Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke (geloof en gebed)gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.” (Open. 12)

Page 24: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

13. OM NOU REEDS MET ‘N NUWE IDENTITEIT TE LEEF

DIE LEWENSBELANGRIKE GEDAGTESPRONG

Kan ‘n mens nou reeds met ‘n nuwe identiteit leef, of begin die ewige lewe eers die dag af jy die tydelike met die ewige verwissel? Deel ‘n gelowige nou reeds in die nuwe opstandingslewe en in die hemelse seëninge wat vir ons in bewaring gehou word, of moet ons wag totdat ons in die hemel is om dit in ontvangs te neem? Kan ʼn mens nou reeds verander en nuut word? Kan dit nou reeds hemel op aarde wees?

Kom ons lees, oordink en memoriseer die volgende Skrifgedeeltes wat handel oor ons nuwe identiteit of karakter in Jesus Christus.“5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. 6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.” (Rom.6:5-7)“23 Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24 lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.” (Efes.4:23,24)

“3 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3 want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” (Kol.3:1-3)“11 Dit is ’n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe;” (2 Tim.2:11)

Gedurende Paastyd oordink ons die betekenis van Jesus Christus se opstanding uit die dood. Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood het ons identiteit, wese of karakter radikaal verander. Gelowiges het saam met Christus gesterwe en het saam met Hom uit die dood opgestaan. Ons lees dit onder andere ook in die volgende tekste: Tim.2:11:

“ ... ek is saam met Christus gekruisig, 20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.” (Gal. 2:19b,20)

“As ons (nou) saam met Hom gesterf het, sal ons ook (nou) saam met Hom lewe;” (2 Tim. 2:11)

Die nuwe lewe begin nou reeds hier op aarde terwyl ons nog asem haal en met ʼn natuurlike liggaam leef, swak en onvolmaak is, want God is nou reeds hier en nou by ons teenwoordig.

Die volgende lewensbelangrike vraag is : Maar hoe verkry ek die nuwe opstandingslewe? Ons verkry dit uit genade deur geloof alleen en ons lees dit in Joh.3:16:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê”.

Page 25: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Elkeen wat glo ontvang hierdie nuwe, ewige lewe voordat hy of sy die laaste asem op aarde uitblaas; niemand kan hierna in die doderyk tot geloof kom en dan eers die ewige lewe ontvang nie. Dit is nou die geleentheid om oor te gaan vanuit die dood na die Lewe.

Waarom leef ons nou?

Ons is geroep om te lewe. Ons is die amateur akteurs op God se verhoog, dit is die aarde, om nou reeds iets van die hemel deur ons lewe te demonstreer. Ons is geroep om nou hier in die Langkloof tekens van die nuwe hemel en die nuwe aarde op te rig. Hierdie nuwe lewe moet voortdurend groei soos ʼn plantjie totdat ons vanaf die aarde na die hemel oorgaan. Die sin van ons lewe is daarin geleë om nou reeds hier op aarde nuut te leef. Ons moet nou reeds nuwe vrugte dra wat lewe gee.

Bespreking

1. Is jy seker dat Jesus Christus vir jou ____________ (naam) gesterf het en dat jy die ewige lewe het?

2. Glo jy dat jy sam met Jesus Christus gesterf en opgestaan het uit die dood?3. Glo jy dat jy nou ‘n nuwe mens is?4. Streef jy daarna om geestelik te groei?5. Glo jy dat die Heilige Gees uitgestort is en in jou woon?

Gebed: “Herskep o Gees, laat ons herleef,Maak wakker elkeen in U kerk.Laat ons uit God se liefde leef,En dankbaar waak en bid en werk” (Liedboek 436:3)

Page 26: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

“11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!” (Jer. 29:11)

14. OM NOU MET ‘N NUWE VERWAGTING TE LEEF

Skriflesing: Jer. 29:1-32

Die Here het dit op my hart gelê om vir u te kom sê dat Hy ʼn goeie plan vir u lewe het en dat Hy ʼn nuwe verwagting in u hart wil kom lê.

Die ergste wat ʼn mens kan tref is nie ongunstige omstandighede nie, maar ʼn gevoel van hooploosheid onder ongunstige omstandighede. Hoeveel mense leef nie vandag sonder hoop en sonder ʼn verwagting nie. Die dag as jou planne opraak, dan het jy werklik óf groot probleme óf dan is jy baie naby aan die Groot Oplossing. Wanneer jou laaste plan nie werk nie, dan kan dit jou eerste nuwe tree saam met God wees.

Het jy al gehoor as die Here vir jou sê : “Ek weet wat Ek vir julle beplan”? Dit was ʼn nuwe boodskap aan die ballinge in Babilonië. Hulle wat in sak en as in die vreemde land gesit het, het onder die geklank van die oordeelsaankondigings alle moed verloor. Daar was vir hulle geen uitdaging meer oor nie; hulle het niks meer gehad om voor te leef nie. Wie belê nou sy tyd en energie in ʼn vreemde land? Dan hoor hulle hierdie ver-

Page 27: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

verrassende woorde as die brief van Jeremia voorgelees word ……. Bou en werk, plan, verwagting, voorspoed, seëninge was woorde uit die goeie ou dae van lank gelede; dié dae toe daar nog gedroom, beplan, gebou, geplant, gesing, gelag en fees gevier is.Alhoewel Jeremia aangekondig het dat hulle eers oor 70 jaar sou terugkeer, kon hulle omstandighede onmiddellik verander het : Die verwagting wat God gee verander alles, want sodra jy weer ‘n verwagting het, het jy hoop.

Dis eintlik God self wat in jou omstandighede kom intree en beheer oorneem; dit is soos Lig wat in die duisternis kom skyn. Al sou jou omstandighede op daardie stadium nie verander nie, kry jy nuwe krag om binne daardie omstandighede nuut te leef. Die hoop en verwagting wat God gee, verander alles. Met ons geestesoë sien ons op hemelvaartdag hoe dat die engel aan die verslae gelowiges ʼn nuwe verwagting gee toe aangekondig word dat Jesus Christus weer kom. ‘n Verwagting gee nuwe hoop.

Ons verwagting het begin kwyn! Laat ons opnuut in hierdie Pinkstertyd bid om ʼn nuwe verwagting. Pinkstertyd is die tyd van afwagting; verwag gebedsverhoring, lewensverandering, herlewing in die kerk, inbring van mense wat ver van die Here af leef, groot dinge wat die Here in hierdie gemeente gaan doen. Laat ons dit verwag en laat ons reeds vandag aan hierdie verwagting begin werk.

Verwag dit en begin daaraan werk!

Bespreek :

1. Wat verwag die arend van haar kleintjies in die nes?2. Wat verwag God van Sy kinders?3. Hoe kan die koninkryk van God in die Langkloof kom?

15.ONS ROEPING SLUIT brood EN BROOD INVERVULLING VAN BASIESE BEHOEFTES

Skriflesing: Joh. 6:22-40Teks: Joh. 6:31-35

Moeders besef nie altyd watter geweldige invloed hulle in die wêreld uitoefen nie. Helena, die moeder van Keiser Konstantyn die Grote was byvoorbeeld ’n Christen en haar seun was die eerste Christen keiser. Die Christelike geloof het gedurende die eerste drie eeue n.C. teen 40% per dekade gegroei hoofsaaklik as gevolg van Christen vroue en hulle kinders.

Ek is oortuig daarvan dat vroue die geskiedenis van ons land kan omswaai met toebroodjies. Mammas maak gemiddeld 3360 (Marmite) toebroodjies per kind gedurende sy/haar skoolloopbaan. Brood gee lewe en daarom het Jesus vir ons leer bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Die sielkundige Maslow plaas brood op die onderste vlak van basiese behoeftes, daarna veiligheid, groepsgeborgenheid, gevoel van waarde en heel bo selfaktualisering of selfontplooiing. Jesus het gekom om in al hierdie menslike behoeftes te voldoen omdat Hy die Brood van die Lewe is. “ 33 Die

Page 28: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee.” ... “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.”

Dink net wat sal gebeur as elke moeder soos moeder Helena van Keiser Konstantyn, elke oggend vir haar kind(ers) die Brood van die lewe saam met sy / haar toebroodjie gee! Moeders wat toebroodjies en die Brood van die Lewe vir kinders gee, kan die wêreld omswaai, in ons geval die hele Langkloof. Kinders, sê dankie vir Mamma se toebroodjies, maar veral ook dat sy aan julle die Brood van die Lewe gee.

Maslow se behoefte hiërargie

Elke mens het al bogenoemde behoeftes en daarom het ons die roeping om ons gesinne, families, gemeentelede en die gemeenskap te versorg en te bedien sodat elkeen sy / haar nuwe identiteit IN Christus kan ontdek. Hy is die Brood van die lewe en wie in Hom glo, se lewe ontplooi as nuwe, wedergebore, geesvervulde kind van die Here.

Die Handelinge gemeente is vir ons ‘n voorbeeld van ‘n goed versorgde, Geesvervulde geloofsgemeenskap wie se teenwoordigheid die samelewing verander het. “Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.” (Hand. 243-47)

Page 29: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die gemeente se roeping is om in die in die eerste plek mekaar te versorg en dan sal die Here mense wat gered word, by die gemeente voeg. ‘n Goed versorgde, Geesvervulde geloofsgemeenskap verander die samelewing waarbinne hulle woon. Ons eerste uitdaging is om die vrugteboord goed te versorg, sodat dit goeie vrugte kan dra wat lewe gee.

Bespreking: ‘n Kerngesonde geloofsgemeenskap

1. Bespreek elkeen van die behoeftes in Maslow se behoefte hiërargie.2. Hoe behoort huweliksmaats in mekaar se behoeftes te voorsien?3. Hoe behoort ouers in hulle kinders se behoeftes te voorsien?4. Hoe behoort kleingroepe (ook wyke) in mekaar se behoeftes te voorsien?5. Hoe behoort hierdie behoeftes in ons eredienste vervul te word?

16. DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVULDIE GELOOFSGEMEENSKAP

HY TROOS, BIED SEKURITEIT, GEE KRAG, EN LEER

Die Heilige Gees, wat op Pinksterdag uitgestort is, is voortdurend besig om lewens te vernuwe en te vervul. Hy vervul ons lewens met die volheid van God sodat Jesus Christus se beeld in ons lewens kan ontplooi. Dit doen Hy deur ons te troos, aan ons sekuriteit en krag te gee en ons in die volle waarheid te leer. Mag elkeen van ons geseën word om tot seën vir mekaar en ander mense te wees en laat die Gees ons voortdurend vervul (Efes. 5:18).

Julle het die Heilige Gees ontvang. Lees Joh. 14:15-31

Aan wie word die Heilige Gees gegee? (Verse 15-20 en lees ook Rom. 8:14-17) Wie is die “Ons” wat by die gelowiges bly en waarna Jesus in Joh. 14:23 verwys? Watter mense hoor as die Vader deur die Gees met hulle praat? (Joh. 14:24) Wat leer die Heilige Gees vir die kinders van die Here? (Verse 25-26) Wat laat Jesus vir sy volgelinge na? (Vers 27) Watter verwagting gee Jesus vir sy kerk? (Vers 28 en Hand. 1:9-11)

Julle leef in verbondenheid met Jesus Christus. Lees : Kol. 2:6-15

Waardeur is gelowiges aan Jesus Christus vasgebind? (Verse 6-7) Waarin deel die gelowiges? (Verse 8-11) Wie was ons en wie is ons nou IN Christus? (Verse 12013) Wat het Christus met ons skuldbewys gemaak? (Vers 14) Wat het Christus met die bose magte (duiwel) gedoen? (Vers 15) Waartoe word gelowiges in staat gestel? (Fil. 4:13

Page 30: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

17.DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR DIE WEDERGEBOORTE

Skriflesing: Joh.2:23-3:21Teks: “Jesus het geantwoord: ‘Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.’” (Joh.3:5)

George Barna, Amerikaanse teoloog en skrywer van vele mees resente boeke, het 'n studie onderneem oor lewens-transformasie onder die 100,000,000 Amerikaanse Christene. Barna het bevind dat 94% van alle Christene geloofsekerheid beleef as 'n baken op hulle pad toe hulle by God gearriveer het en dat hulle mettertyd in 'n sogenaamde “spiritual coma” inbeweeg en die behoefte ontwikkel om deur die kerk bedien te word.

Ons moet voortdurend daarteen waak dat die sekerheid oor God se heilswerke van wedergeboorte, geloof en bekering in my lewe vir my nie in 'n geestelike koma laat beland nie. Ons as kerk is nie die vertreksaal van die vlug hemel toe nie, ons is daagliks die volgelinge (pelgrims) van Jesus Christus na die wêreld toe. Ons wedergeboorte, geloof en bekering is nie die hoogtepunt van ons geloofsreis nie, maar wel die vertrekpunt daarvan. Die volgende dag en die volgende tree is die hoogtepunt!

Nikodemus se verhaalLees gerus Nikodemus se lewensverhaal in Joh.2 en 3. Jesus het egter vir Nikodemus en sy vriende beter geken, want Johannes skryf in Joh. 2:24 “Hy het geweet hoe hulle almal is”. Hulle was ernstig godsdienstig, nuuskierig opgewonde, maar nog steeds sonder die nuwe lewe van Jesus Christus en sonder die Heilige Gees.

Die vraag is nie of ek godsdienstig is en of ek met kerkwerk besig is nie, maar of ek God persoonlik ken en of Hy beheer van my lewe oorgeneem het. “Baie sal daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam duiwels uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie? Dan sal Ek openlik vir hulle sê : Gaan weg van My af, julle wat die Wet van God oortree” (Mat. 7:22-23).

Nikodemus, die man wat streng volgens die Wet geleef het (hy het aan die party van die Fariseërs behoort) en wie ‘n gesiene leiersposisie beklee het (hy was ‘n Owerste en lid van die Sanhedrin), gaan met sy onrus na Jesus. Hy antwoord hom op ‘n “vreemde” manier, naamlik dat as iemand nie opnuut gebore word nie, hy nie in die koninkryk van God sal sien nie. (Joh. 3:3) Waarom antwoord Hy hom so? Omdat Hy hom ken. Lees Joh. 2:25.

Waarom het Nikodemus in die nag na Jesus gegaan? Op hierdie vraag kan daar drie moontlike antwoorde aangebied word, naamlik (a) hy was bang vir die Jode? of (b) Jesus was toe beskikbaar of (c) hy kon nie langer uitstel nie.

Die groot vraag en die enigste antwoord vir sy probleem bied Jesus vir hom in Joh. 3: 3, naamlik om opnuut gebore te word. Dis ‘n wonderwerk om van Bo gebore te word. Het ons dan geen verantwoordelikheid om gered te word nie? Ons verantwoordelikheid is

Page 31: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

om na Jesus toe te gaan in die geloof. “Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie” (Joh. 6:37)

Is Nikodemus gered en weer gebore? Ons lees hoe dat hy later standpunt vir Jesus in die Sanhedrin (Joodse Raad) inneem. Joh. 7:50-51 : “Nikodemus, wat voorheen na Jesus toe gekom het en wat een van hulle was, sê toe vir hulle : Volgens ons wet kan ons mos nie sommer iemand veroordeel sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.”

Nikodemus het by Jesus se begrafnis die reukolie vir sy liggaam gegee : “Nikodemus, wat ‘n keer in die nag na Jesus toe gekom het, en ‘n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring. Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê.” (Joh. 19:39-40)

Nikodemus het saam met Jesus op reis gegaan. “Ek het Hom aangeneem” word nou “ek het sy roepstem gehoor”. Glo dat jy 'n wedergebore kind van God is en dat jy geroep is om daagliks na volkome geestelike heelwording te groei. Om jou op hierdie lewensreis te help het God aan jou 'n rolmodel (Jesus) gegee, 'n 24/7 Raadgewer (Heilige Gees), 'n praktiese Handleiding (Bybel) en 'n gemeenskap van gelowiges (kerk) waarbinne jy kan groei en dien. Jy kan glo dat jy opnuut gebore is en deur die geloofsgemeenskap versorg word om nuwe vrugte te dra wat lewe gee.

Gebed“Here Jesus, ek kom nou na U toe net soos ek is, met al my sonde en met my onrus. Ek bid dat U my sal vergewe en nuut maak. Dankie dat U vir my sonde gesterf het, en met U bloed my skuld betaal het. Ek neem u as my persoonlike Verlosser aan en dank U dat ek U kind kan wees. Ek bid dat U, o Heilige Gees, my lewe sal vervul en voortdurend sal vernuwe om nuwe vrugte te dra.” Amen

18.DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR AAN ONS SEKURITEIT TE GEE

Skriflesing: Joh. 16:5-15

Voel jy soms bang, onseker en is jy verward? Twyfel jy soms of jy ‘n kind van God is en voel jy ongelukkig oor jou verlede? Sukkel jy om nuut en sinvol te leef en verlang jy na die vrymoedigheid om te bid en te getuig? Wonder jy ook of jy al met die Heilige Gees vervul is? Is jy bang om te sterf en wonder jy hoe dit in die hemel sal wees?

In ‘n tyd van verwarring, onsekerheid en vertwyfeling wil die Heilige Gees van die waarheid jou met sekerheid vervul. Hier is die antwoord : Jesus het voor sy hemelvaart sy dissipels getroos dat Hy hulle nie as weeskinders sal agterlaat nie, maar dat Hy deur

Page 32: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

sy Gees in hulle sal woon. Sy Gees is die Gees van die waarheid; Hy troos, lei, leer en herinner hulle aan alles wat Jesus gesê het (Joh. 14:26). Hy is en het die antwoord.

Laat die Gees van Christus, die Gees van die waarheid, jou vervul met die sekerheid wat sy Woord bied. Jy kan seker wees, selfs al twyfel jy soms.

Hoe is dit moontlik om vir drie jaar lank persoonlik deur Jesus Christus onderrig te word in die volle waarheid, en wanneer Hy gekruisig moet word, dit nie wil aanvaar nie, sy opstanding nie kan glo nie en dan bedroef en verslae staan wanneer Hy in die hemel opgeneem word? Ja, dit het met Jesus se dissipels gebeur. Hy het aan hulle verduidelik dat Hy weggaan om vir hulle plek gereed te maak (Joh. 14:2) en dat Hy weer kom (14:17), maar dit is asof die volle waarheid net nie by hulle kon deurdring nie. As Jesus se dissipels na drie jaar se onderrig nog nie alles kon verstaan en dit glo nie, wie sal dan aan iemand die weg tot saligheid kan verduidelik? Jesus het hulle geleer, maar die Heilige Gees sou daarna in hulle praat en hulle aan alles herinner wat Hy hulle geleer het (Joh. 14:26); eers dan sou hulle nie net glo nie, maar werklik vanuit Sy krag kon lewe!

Verslae dissipels sou onverskrokke apostels word; ‘n ontroue Petrus sou die Rotsman van die kerk word nadat hulle met die Heilige Gees vervul is. Kom ons laat die dissipels van ouds vir ‘n oomblik daar en ons fokus op onsself en die Christelike kerk van vandag:

Ken jy die Here Jesus? Verontwaardig : Natuurlik, ja, van my kindsdae af is ek onderrig in die Christelike waarhede…….

Maar is jy ‘n wedergebore kind van God? Maar natuurlik, hoe anders sou ek Hom dan kon ken!

Ken jy die Heilige Gees? Ja, want hoe anders sal ek vir God as Abba sou kon aanspreek!

Is jy met die Heilige Gees vervul? Lees Efes. 5:18 en Gal. 5:16.

Gal. 5: 16 Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. 17 Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. 18

Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.”

‘n Verlamde en verwarde ChristendomVerlam omdat mense begin vergeet het…… vergeet omdat hulle dikwels buite die kragveld van die Heilige Gees leef en sy stem nie meer kan hoor nie…..Verwarde, beangsde geslag mense, nie omdat hulle nog nooit van Jesus gehoor het nie, maar omdat die Gees van Jesus nie in hulle leef nie! (Lees in Joh. 15 oor die wingerdstok en die lote!) Verlam omdat die Eie-Ek van die mens in beheer probeer wees en dan die Heilige Gees bedroef Wie eintlik die beheer wil oorneem. Verder is dit ook waar dat onsekerheid en vervreemding van God die Liggaam van Christus, die Christelike kerk, verlam.

Die Gees van Jesus Christus is die Gees van die waarheid

Page 33: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Rom. 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30 Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

Laat ons bid dat die Gees van Jesus Christus, die Gees van die waarheid en krag, ons saam met al die ander kinders van Here opnuut vervul. “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (Joh.16:13). Hy het gekom en as jy glo, kan jy seker wees dat Hy in jou is. Wil jy nie nou bid dat Hy die beheer van jou lewe sal oorneem nie?

Gebed“O Heilige Gees, neem die beheer van my lewe oor, leer my, lei my en bly by my. Dit bid ek in die Naam van Jesus Christus, my Verlosser.” Amen

19.DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR ONS UIT TE KIES OM ONS TE SEËN

Skriflesing: Efes.1:3-14; Rom.8:28-30; Rom.11:17

Oordink Efes.1:3 “Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is”

Jesus Christus het die hemel vir die gelowiges oopgemaak, die Heilige Gees is op Sy kerk uitgestort om hulle te seën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. Jy kan onder die wolkbreuk van God se genade leef. Van Bo af, vanuit die hemel wil Hy jou seën, en seën en seën …….(Efes. 1:4). Met al die seëninge wat daar in die hemel is. Elkeen wat in Jesus Christus glo, het nou reeds die ewige lewe en is uitverkies om met al die hemelse seëninge geseën te word. Al die geestelike seëninge is tot die wêreld beskibaar, maar dan moet dit in die geloof opgeeïs word.

“Van God kan ons net soveel ontvang as ons verlang. Christus het die sleutel van sy skatkamer in ons hande gestel met die bevel om te neem soveel ons verlang. As iemand in ‘n skatkamer van ‘n handelsbank vrygelaat word met die bevel om soveel te neem as wat hy benodig, en hy kom daaruit met ‘n enkele muntstuk in sy hand, wie se skuld is dit dat hy arm is? Wie moet die skuld dra van die armoedige aandeel wat die Christen dikwels van die groot rykdomme van God besit?” (Mclaren)

Spurgeon het eendag in ‘n preek vir sy gemeente gesê: “Swak geloof sal wel julle siele hemel toe bring, maar sterk geloof bring die hemel na julle siele toe.”

Page 34: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Moenie nou vra hoe dit moontlik is nie, want die duiwel gaan in jou oor fluister en al die onmoontlikhede in jou gedagtes plant, soos byvoorbeeld: jy is te sondig; hoe kan God my vergewe? Nee, God kies jou nie uit omdat jy sonder sonde of volmaak is of dit verdien nie, Hy kies jou uit omdat Hy jou lief het en sy genade aan jou wil bewys. Hy wil ons seën met al die hemelse seëninge waarvan ons in Efes. 1:3-14 lees sodat ons tot seën vir mekaar en ander mense kan wees.

Lees Romeine 11:17-21. Die beeld van die olyfboom illustreer God se uitverkiesende genade en sy regverdige verwerping. Met hierdie beeld wil Paulus aan ons illustreer dat die gelowiges soos wilde olyfboomspruite op die wortel van die mak olyfboom (God se uitverkore volk) ingeënt is. Jy kan seker wees dat jy uitverkies is om met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is, geseën en vervul te word! (Efes. 1:4) Iemand wat hierdie seëninge verwerp, kan seker wees dat daar geen redding daarsonder is nie.

“16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17 Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” (Joh. 15:16)

Hierdie teks is soos volg in Die Boodskap vertaal : “Julle het My nie gekies nie. Dit was Ek wat julle gekies het. En Ek het julle met ’n doel gekies: julle moet ’n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja, julle moet ’n permanente verskil in hierdie wêreld gaan maak.” (Joh. 15:16-17)

Hier ontdek ons ‘n uiters belangrike skat oor die kerk en ons gemeente se roeping, naamlik dat ons uitgekies is om vrugte te dra. Ons is gekies om ‘n vrugbare lewe vir God te leef en om sodoende ‘n verskil in hierdie wêreld te maak.

GebedO Heilige Gees, vul ons gemeente, seën ons asseblief sodat ons nuwe vrugte kan dra wat lewe aan die wêreld gee. Amen

20.DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR WARE GELOOF

Skriflesing: Joh. 3:5,16; Rom.8:14-17; Efes.1:3-5

God wil vanaand deur sy Gees jou verseker dat jy sy kind is sodat jy kan groei en vrugte dra – Hy wil jou vul met sy Gees om vrug te dra en Hy wil aan jou gawes gee om Hom en sy gemeente mee te dien. Die nuwe lewe wat Hy deur sy Gees aan jou geskenk het, manifesteer in die menslike bewussyn, dit is in die geloof. Ons sou ook kon sê dat die geloof die vrug of gawe van die wedergeboorte is.

Page 35: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Kom ons dink weer eens aan die verhaal van Nikodemus : Die wedergeboorte as die misterieuse werk van God die Heilige Gees (Joh. 3:3) en die geloof as vrug van die wedergeboorte (Joh. 3:16). Die geloof is die plantjie wat uit die saadjie van die wedergeboorte groei. Hierdie geloofsplantjie moet gevoed, versorg en gesnoei word om te groei en vrugte dra. Die vrugte word die vrug van die Gees of geloofsdade genoem; dit groei vanuit die saadjie van die wedergeboorte en die geloofsplantjie. Sonder die wedergeboorte en geloof kan daar nie groei en vrugte wees nie.

Maar as jy bly twyfel of jy sy kind is, dan is jy soos ‘n plantjie wat elke week uitgeplant word en waarvan die wortels net nie kan sterk word nie. Daar is baie dinge wat ‘n mens laat twyfel : Sonde; dinge wat met jou in die verlede gebeur het; negatiewe persepsie oor jouself; die influistering van die duiwel as aanklaer; verkeerde of oppervlakkige geloof en nog vele meer.

God wil jou versekerGod skenk aan jou die saligmakende geloof; dit is die ware geloof wat voortkom uit die wedergeboorte wat die werk van God se Gees is, en wat Jesus Christus en die verlossing in Hom aanneem en persoonlik toeëien….Joh.3:16 …… “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word…”(Hand. 16:31). Hierdie geloof is ‘n gawe van God deur sy Heilige Gees; dit is kennis ja, maar dit is ook ‘n vaste vertroue, ‘n lewensoorgawe aan God; dit is om as kind in die arms van jou hemelse Vader te spring en Hom te vertrou dat Hy jou sal vang en in Sy Vaderarms met troue Vaderliefde sal vasdruk.

Die verhaal word vertel van ‘n man wat sy vriende uitgedaag het om hom te glo dat hy ‘n kruiwa op ‘n kabel oor die Nyagravalle sou stoot. Niemand wou hom glo nie. Hy daag hulle toe uit om te kom kyk hoe hy dit doen en hulle het gaan kyk. Tot hulle uiterste verbasing het hy oor die valle gestap en teruggekom. "Glo julle my nou?”, het hy aan sy vriende gevra. “Natuurlik, jy is wonderlik, ons glo dat jy met ‘n kruiwa oor ‘n kabel oor die Nyagravalle kan stap!”, het hulle geantwoord. “So, as julle glo dat ek dit kan doen, kom klim in dat ek vir julle een vir een in my kruiwa kan oorstoot”, het hy aan sy vriende gesê. Daar was egter nie een wat werklik bereid was om sy geloof op die proef te stel nie. Niemand het hom met hulle lewens vertrou nie.

Net so kan mense ook met die mond bely dat hulle in Jesus Christus glo, sonder dat hulle lewe daarvan getuig. Die Heilige Gees wil jou seën en vul om as kind van God te leef. Die Heilige Gees, wat die wedergeboorte in jou hart bewerk het, en die ware geloof aan jou geskenk het, wil jou seën en vul en laat groei en toerus om te kan vrug dra. Is jy seker dat jy op hierdie nuwe pad met God en sy Gees is? Jy kan nou seker wees! Glo dit!

“3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4 So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.” (Efes. 1:3-5)

“14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. 15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons

Page 36: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

kinders van God is. 17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.” (Rom.8:14-17)

Ons kan seker wees dat ons uitgekies is om vrugte te dra vir die mekaar en vir die wêreld. “16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17 Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” (Joh. 15:16)

GebedHere Jesus, vul ons met U Gees dat ons meer en meer vrugte kan dra sodat die wêreld kan nuut word. Amen

21.DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR ONS WEER TE LAAT DROOM EN BID

Skriflesing: Joël 2:12-17, 28-32; Rom. 8:14-17

’n Kindjie kan tog so opgewonde raak oor sy/haar drome! Drome tel jou op uit die alledaagse; dit laat jou vanuit die toekoms leef. Drome bring die toekoms nader.

Joël profeteer oor drome deur die Heilige Gees (Joël 2:28-29); hy droom van God se Groot Dag en van die koms van Sy Koninkryk. Kom, laat ons saam met Joël en saam met die kinders droom, want God is ons Vader, ons “Abba” Vader. (Rom. 8:15) Kom ons droom van ons Vader se koninkryk wat hier op aarde kom!

Onthou, ons is IN Christus nuwe mense, ons is die Koning se kinders, aan ons is die gawes (vlerke) van gebed en geloof gegee, en ons is uitverkies om nuwe vrugte wat lewe gee vir die wêreld te dra. Soos die arend glo dat haar kleintjies kan vlieg, so gee ons Vader aan ons deur Sy Gees die krag om ‘n verskil aan die gebroke wêreld te maak. Ons Vader sien kans om Sy Koninkryk deur ons te laat kom. Kom, laat ons begin droom en werk.

Ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee (Fil. 4:13). Ons kan glo en ons kan bid; geen saak is té klein om voor te bid nie, en geen saak is té groot vir God om te doen nie. Ons kán, omdat God só groot is en alles kan doen. Om deur die Heilige Gees se inspirasie te droom beteken om die groot dinge waarmee God besig is, te sien en om dan met die geloof wat Hy gee te begin werk.

Hoe kan ons droom oor God se werke? Ons kan begin droom oor God se werke as ons oë oopgaan vir die nood rondom ons, en as ons dan gehoorsaam is om iets daaraan te

Page 37: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

doen. In Efes. 1:18 hoor ons van “geestesoë”, dit is geloofsoë of die oë van die hart, waarmee gelowiges na die wêreld kyk. As ons met “geestesoë” na die wêreld kyk, kry ons hoop, want dan werk ons saam met God aan die oplossing en bou ons saam aan die nuwe koninkryk van die hemel. Alles begin by nuwe lewens, nuwe drome, en nuwe vrugte vir die wêreld – kom, laat ons droom, glo, bid en werk – ons kan, want ons God is só groot!

Kom ons droom saam met Tannie Grieta van Huis Formosa wat met haar “Trollie Winkel” mense bedien. Ons droom saam met elke onderwyser van kinders wat opstyg en nuwe hoogtes bereik. Kom ons maak dit vir kinders moontlik om weer te kan speel en droom van eendag – eendag as ek groot is! Kom ons help iemand wat vasgevang is in die bose afwaartse spiraal van die lewe en samelewing om daaruit te kom. Ons kan nie almal se behoeftes vervul nie, maar ons kan vir almal hoop gee.

Onthou : Ons kan seker wees dat ons uitgekies is om vrugte te dra vir mekaar en vir die wêreld. “16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17 Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” (Joh. 15:16)

Bespreking

Wat hoor ons oor ons roeping?

22. DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR ONS LEWENS TE VERANDER

Skriflesing: Eseg.18:25-32; 33:11; 36:26-27; Mark. 1:14,15; Hand. 2:37-39

Bid dat die Heilige Gees die Woord wat Hy geïnspireer het, aan julle sal verklaar sodat julle kan hoor wat Hy wil sê. Bid, lees en oordink die gelese gedeeltes

Die vraag waarop elkeen sal moet antwoord, is: Is jy met die Heilige Gees vervul? Ons het sover gehoor dat jy seker kan wees van jou uitverkiesing, roeping, wedergeboorte en van die feit dat jy ‘n kind van God is. Die Heilige Gees verseker jou dat Hy jou lewe wil nuut maak sodat jy nie verlore gaan en sterf nie. Die nuwe lewe wat God die Heilige Gees met die wedergeboorte bewerk, manifesteer in die menslike bewussyn as geloof en in die menslike wil as bekering. Mense wat glo dat hulle God se kinders is, wil anders leef en wil graag met die sonde in hulle lewens breek.

Soos die menslike liggaam ‘n siekte of virus kan huisves wat uiteindelik die hele liggaam tot stilstand kan bring en hom uiteindelik kan laat sterf, so kan gelowige kinders van die Here ook virusse in hulle gees saamdra wat hulle geestelik kan laat sterf. Die erns van die saak is egter dat hierdie virusse hoogs aansteeklik is en dat my virus my

Page 38: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

broers en susters saam met my kan laat sterf! Ek kan iemand se geestelike agteruitgang veroorsaak, of sy geestelike groei bevorder. Dit is eger nie ons hemelse Vader se wens dat een mens verlore gaan nie. Hy wil ons reinig, skoonmaak, nuutmaak en vul met ‘n nuwe Gees; Hy wil aan ons ‘n geestelike hartoorplanting en bloedoortapping gee; Hy wil ons was met die bloed van sy Seun en ons vul met sy Gees. Hy wil aan ons ‘n nuwe lewe gee.

Klip word vlees en Gees Eségiël gebruik die beeld van ‘n kliphart wat verander word in ‘n sagte hart om hierdie lewensverandering te demonstreer. Ons kan ook die beeld gebruik van twee glas flesse: Een is gevul met water en die ander een is met klippe en water gevul. Beide flesse is vol, maar die een is vol water en die ander een vol klippe en water. Hoe meer klippe uitgehaal word en die leemte elke keer met water gevul word, hoe meer word die water en hoe minder word die klippe. Dit is wat God met ons wil doen; Hy wil dat ons ou mens minder word en die beeld van Sy Seun Jesus Christus meer – dit doen Hy deur Sy Woord en Gees.

Die Satan help natuurlik om die klippe in my lewe terug te pak, maar sodra dit daar is, dan veroodeel hy my en belas hy my met ‘n skuldlas en probeer my oortuig dat ek té vuil is om gered te word. Dit is natuurlik die blatante leuen van die satan. God wil ons reinig en vul met sy Gees! Kom, laat ons besin oor die klippe in ons lewens en vir God toelaat om dit een vir een uit te haal. Die nuwe lewe begin by berou en bekering. Kom, laat ons terugkeer en lewe, waarom wil ons verlore gaan en sterwe?

Onthou waarmee ons Vader in hierdie wêreld besig is: “Hy (Jesus Christus) moet meer word, en ons minder.” (Joh. 3:30).

Sondaarsgebed

Ons Vader wat in die hemel is, ek kom na U toe sommer so stukkend, vuil, verslete en vol sonde, gebroke en verslaaf aan alles wat vleeslik, vieslik en aards is. Ek het nou genoeg peule saam met die varke gevreet waar ek daar buite gelê en koud kry het. Ek kan en wil nie meer met hierdie gemors voortgaan nie, en daarom smeek ek U, kan ek nie maar asseblief terugkom huis toe nie? Ek bid dit in die Naam van U Seun wat my broer is, Jesus Christus, my Verlosser. Amen

23. DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

Page 39: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

DEUR AAN ONS DIE GAWES VAN DIE GEES TE GEE

Jy kan seker wees dat God jou lief het, uitverkies het, die wedergeboorte geskenk het, geroep het, van jou geloof en bekering, dat jy vrygemaak is, en dat jy daagliks vernuwe word of vorder op die weg van heiligmaking – jy kan seker wees dat jy ‘n gawe of gawes van die Gees ontvang sodat jy nuwe vrugte kan dra vir die wêreld. God die Heilige Gees wil jou daagliks vervul (Efes. 5:18) en toerus met gawes om Hom mee te dien.

Skriflesing: Lees 1 Kor.12:1-11

Glo ons werklik dat God die Heilige Gees vandag nog dieselfde gawes waarvan in die Woord gepraat word, aan sy kerk gee? Indien dit nie meer op ons van toepassing is nie, dan kan ons net sowel hierdie bladsye uit ons Bybels skeur! Nee, dit kan ons tog nie doen nie, want dan bedroef ons die Gees as Hy ons in die volle waarheid wil lei. Ons mag nie wegskram van die gawes van die Gees of dit nie nastreef nie. Nêrens in die Woord staan byvoorbeeld dat jy die gawes moet hê om gered te word nie, nee, jy word gered op grond van jou geloof alleen en dit is genade alleen, maar aan elkeen wat glo word die gawes van die Gees uitgedeel soos Hy wil.

Die gawes wat die Gees uitdeel soos Hy wil, aan wie Hy wil en wanneer Hy wil is instrumente om die kerk mee op te bou. Al die gawes word ook nie sistematies in een lysie genoem nie. Veral Paulus en in ‘n mindere mate Petrus noem in hulle briewe aan die gemeentes die verskillende gawes van die Gees :

Rom.12:6-8*die gawe om te dien,

*die gawe om onderrig te gee,* die gawe om mense te bemoedig,

*die gawe om te gee,*die gawe om leiding te gee, en

*die gawe om ander te help.

1 Pet. 4:11*die gawe om te preek en die gawe om te dien.

1 Kor. 12:8-10*die gawe van ‘n woord van wysheid,*die gawe van ‘n woord van kennis,

*die gawe van geloof,*die genadegawes van gesondmaking,

*die krag om wonders te doen,*die gawe om God se boodskap te verkondig (profesie),

*die gawe om tussen die geeste te onderskei,*die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik.

1 Kor. 12:28*die gawe om mense gesond te maak,

*die gawe om hulp te verleen,*die gawe om leiding te gee, en

*die gawe om ongewone tale te gebruik.

Page 40: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

1 Kor. 13:1-3*die gawe om die tale van mense en engele te praat,

*die gawe om God se boodskap te verkondig,*die gawe om geheimenisse te ken,

*die gawe van kennis,*die gawe van geloof om berge te versit,

*die gawe van uitdeling, en*die gawe van opoffering om selfs jou liggaam prys te gee.

1 Kor. 14:6*gawe van openbaring

*gawe van kennis*gawe van lering

Efes. 4:11*apostels, profete, evangeliste, herders en leraars (ook in 1 Kor. 12:28)

Dit sou goed wees om op ‘n later stadium ‘n studie oor die verskillende gawes van die Gees te maak. Die belangrike op hierdie stadium is om ontvanklik te wees sodat God die Heilige Gees elke lidmaat kan gebruik en toerus met die gawes wat benodig word om op hierdie stadium Sy dienswerk te doen.

Die ontvangs van die gawes hou verband met ons dankbaarheid en gehoorsaamheid. Ons ontvang nie eers die gawes en daarna die opdrag nie, maar eers die opdrag en daarna die gawes om die opdrag uit te voer. Die gawes van die Gees word geskenk as toerusting waarmee ons uit dankbaarheid kan dien.

Kom, laat ons onsself opnuut bereidwillig verklaar vir die diens waartoe God ons geroep het, en vertrou Hom dat hy ons sal toerus met die gawes wat nodig is vir die spesifieke dienswerk. Bid vir die geleenthede en sien dit raak (droom oor die oplossing), en Hy sal aan jou die gawes gee wat nodig is vir daardie werk.

Bespreking

1. Watter behoeftes bestaan in julle gesin?2. Watter behoeftes bestaan in ons gemeente?3. Watter behoeftes bestaan in ons gemeenskap?4. Waarom is hier ‘n kerk in Joubertina?5. Wie gaan die kerk mis as hier nie meer ‘n kerk is nie?6. Hoe kan ons ‘n verskil in die gemeenskap maak?

24.DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

Page 41: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

DEUR ONS VANUIT SY TOEKOMS TE LAAT LEEF

Handelinge 2 “Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2 Skielik was daar ’n geluid uit die hemel soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3 Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4 Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.”

Skriflesing: Hand.2:37-47

‘n Mens sou verwag dat die vroeë Christelike Kerk ná die uitstorting van die Heilige Gees met groot krag die samelewing sou verander. Jesus het self belowe dat hulle krag sou ontvang wanneer die Heilige Gees sou kom en dan sou hulle kragtige getuies wees (Hand. 1:8). Die wêreld het wel die Evangelie Boodskap gehoor en op Pinksterdag alleen het 3000 mense tot bekering gekom, ten spyte van die gelowiges se “swakheid”. Hulle was eenvoudige mense met min besittings wat nie in die eertydse kalklig van die samelewing beweeg het nie. Merkwaardig van hierdie vroeë Pinkstergemeente was hulle gebondenheid aan die Woord van God, hulle eensgesindheid en mededeelsaamheid (koinonia) en die feit dat hulle gereeld saam gebid het (Hand. 2:42-47). Die Pinkstergemeente het ‘n bepaalde identiteit gehad. Hierdie Geesgedrewe Gelowiges het in afhanklikheid van God gelewe, met verwagting en blydskap in hulle harte en hulle was tot seën van die gemeenskap.

Geesgedrewe Gelowiges, of Christene (medegesalfdes) soos hulle vir die eerste keer in Antiochië genoem is (Hand. 11:26), het ‘n unieke lewenstyl. Hulle is met die Heilige Gees gesalf tot koning, priester en profeet om die bediening van die versoening in die wêreld voort te sit (2 Kor. 5:17-6:1). As priesters en priesteresse bring hulle nie meer bloedoffers soos in die Ou Testamentiese tyd nie, maar bring hulle lewende offers (Hebr. 13:1-19). Hulle probeer nie meer in eie krag om die wet van God te gehoorsaam nie, maar as vrygespreektes (Rom. 8:1) leef hulle nou deur die krag van die Heilige Gees (Gal 5:13-26).

Geesgedrewe Gelowiges leef in die geloof – dit beteken “om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie”. (Hebr. 11:1) Hulle leef met ‘n verwagting, met hoop, want hulle glo in God se toekoms, Hulle glo onvoorwaardelik en kinderlik soos Abraham wat alles verlaat het om as vreemdeling en bywoner na ‘n vreemde land met slegs ‘n belofte van God te trek (Hebr. 11:8-13). Abraham en sy mense het nie hulle vreugde in aardse of materiële sekuriteit gevind nie, maar in God se belofte (Sy toekoms) wat hulle “uit die verte gesien” het (Hebr. 11:13).

Ons word opgeroep om in die geloof gehoor te gee aan God se roepstem en Sy toekoms met vertroue binne te gaan. Dit is die enigste toekoms waaraan ‘n Goddelike belofte verbind is. Dit vra van ons gehoorsaamheid:

Mat 28:18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Page 42: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die enigste toekoms waarvan ons seker kan wees, is God se toekoms. Hy het ons uitverkies om nou reeds hier gestalte aan sy Sy toekoms te gee. Kom, laat ons vanuit Sy toekoms leef deur met Hom saam te werk aan die koms daarvan.

Bespreking

Bespreek na aanleiding van Hand.2:37-47 hoe die lewenswyse van die vroeë Christelike kerk daartoe bygedra het dat die kerk uitgebrei het. Waartoe word ons aangemoedig?

25. DIE HEILIGE GEES VERNUWE EN VERVUL DIE GELOOFSGEMEENSKAP

DEUR ONS MET VUUR TE DOOP OM NUWE VRUG TE DRA

Ons het opnuut gehoor en beleef hoedat die Heilige Gees lewens vernuwe. Die Gees van God leer en lei ons in die waarheid, bly by ons en troos ons. Hy maak al Jesus Christus se verlossingsdade in ons lewens waar en skenk aan ons die krag om nuut te leef en om vrug te dra. Die Heilige Gees open ons geestesoë om te sien watter hoop daar in ons roeping is (Efes. 1:18) en gee aan ons die krag om nou reeds iets van Sy toekoms te laat realiseer.

Johannes die Doper het as voorloper getuig van Jesus Christus wat ná hom sou kom en mense met die Heilige Gees en met vuur sal doop (Mat.3:1-12 ). Elkeen wat uitverkies is en in Jesus as sy / haar persoonlike Verlosser glo, word met die Heilige Gees gedoop. Gelowige kinders van die Here is met die Gees gedoop (vervul), word voortdurend deur Hom geleer, kry krag om te bid, te getuig en om nuwe vrugte te dra. Elkeen wat nie in Jesus Christus as Verlosser glo nie en wat Sy verlossingsdade verwerp, sal op die oordeelsdag met die helse vuur gedoop word. Op daardie dag sal die koring en die kaf geskei word; hulle wat met die Heilige Gees gedoop is (gelowiges) sal die ewige lewe beërwe en die ongelowiges sal soos kaf in die helse vuur gedoop (verbrand) word.

Joubertina Gemeente streef daarna om nuut te leef en om soos ’n boom langs waterstrome te wees wat nuwe vrugte vir mekaar en vir die wêreld te gee. Kom, laat ons tot God bid om ons geloof te versterk, om ons lewens voortdurend deur Sy Gees te vervul, te reinig en te vernuwe om vrug te dra.

Page 43: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

“6 Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7 sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Pet. 1:6,7)

Gebed “ Herskep o Gees, laat leef, O Gees, laat kom die koninkryk met mag, laat mense tot bekering kom, oorreed deur U oortuigingskrag.” (Liedboek 436:1)

RIGLYN 1BEGIN OP GOD SE TYD

EENDAG AS EK..., DAN SAL EK..., OF : VANDAG WIL EK...?

Skriflesing: Lukas 11:1-13

Kinders van die Here kan die gedagte koester om eendag as hulle meer tyd het, of as hulle ouer is, of as hulle eers ’n paar swak punte in hulle lewens uitgesorteer het, dan voluit vir die Here te lewe en werk. In die tussentyd word ander kinders van die Here dan beny omdat hulle so toegewyd en Geesvervuld leef. Vandaar die opskrif hierbo: Eendag as ek ..., dan sal ek....,of moet ons eerder sê: Vandag wil ek! Kom ons kies nou om vandag te begin.

’n Mens hoef nie te wag totdat jy Geesvervuld is, voordat jy tot God bid om met die Heilige Gees vervul te word nie. Lees gerus Lukas 11:1-13 en let veral op vers 13. Dit gaan in hierdie gedeelte oor gebed en dan spesifiek oor die gebed om met die Heilige Gees vervul te word. Elkeen van ons moet nou reeds bid dat God ons daagliks met Sy Gees vervul om nuut te leef en om vir Hom vrug te dra. Ons kan dit bid selfs terwyl ons diep bewus is van ons persoonlike swakhede, want ons sal daagliks meer en meer groei in gehoorsaamheid en toewyding aan die Here. Begin net om nou reeds, vandag en elke dag, te bid om met die Heilige Gees vervul te word.

Moenie nou noodwendig ’n buitengewone ervaring verwag nie; glo dit wat in die Skrif staan, naamlik dat elkeen wat deur die Gees gelei word, ’n kind van God is (Rom.8:14), en dat die Gees ons juis in ons swakhede bystaan (Rom. 8:26). Laat ons nie uitstel en vir eendag wag nie, maar laat ons vandag en elke dag daarna bid om deur die Gees gelei te word.

GebedO Heilige Gees, vul my meer en meer. Amen

RIGLYN 2VRA NA GOD SE WIL

“LAAT U WIL GESKIED”, ... MAAR EK WIL OOK!

Page 44: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Mense gesels dikwels oor die wil van die Here. Jesus het ons leer bid: “... laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel (Mat. 6:10) en darom vra ons ook dat sy wil moet geskied met elke gebed wat ons bid. Hy wat selfs die mossies ken, gee aan ons die versekering dat selfs die hare op ons kop getel is (Luk. 12:7). Dan is daar vele beloftes in die Skrif oor God se troue Vadersorg, soos byvoorbeeld Jesaja 43:2vv “2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, 3 want Ek is die Here jou God, ...”

Die Heidelbergse Kategismus vraag 1 handel ook oor die wil van die Here en dan staan daar geskrywe: “... Hy bewaar my op so ‘n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie”. Dit is ons enigste troos in lewe en in sterwe dat ons aan Jesus Christus behoort. Daarom bid ons dat sy wil in alles moet geskied.

Waarmee ons egter altyd rekening moet hou, is dat die mens ook oor ‘n wil beskik en daarom lui die opskrif hierbo: “Laat u wil geskied, ... maar ek wil ook!” Dit is die wil van die Here dat ons ons bestemming veilig moet bereik, maar dan moet ek veilig bestuur. Dit is die wil van die Here dat ek my eksamen slaag, maar dan moet ek pligsgetrou my werk doen. Ek het dus die verantwoordelikheid om te doen wat ek bid.

Aan God se goedheid is daar geen einde nie en sy trou is so groot dat Hy selfs ten spyte van ons menslike swakheid en flaters wat ons begaan, selfs die tragiese gevolge van ons keuses ten goede kan omskakel. Ons lees dit in Rom. 8: “26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. 28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”

Ons God kan selfs uit ons flaters en foute goeie dinge laat voortkom – Hy is só groot!

GebedOns Vader, laat U wil geskied en lei ons deur U Gees daarin. Amen

RIGLYN 3HOU VAS AAN GOD SE BELOFTES

Page 45: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

DROME, PLANNE EN BELOFTES, MAAR DIE GROOTSTE HIERVAN IS DIE BELOFTES

Hoe weet ‘n mens watter drome en planne van God af kom, en dat dit Sy wil vir jou lewe is?

Lees gerus in 1 Kronieke 17 die verhaal van koning Dawid wat gedroom het van ‘n tempel wat hy vir God wou bou. Hy het die profeet Natan geraadpleeg oor hierdie idee en beide van hulle het saamgestem dat dit wel ‘n goeie plan is en Natan het selfs gesê: “Doen gerus alles wat u in gedagte het. God is by u.” (1 Kron. 17:2). Daardie nag het die Here aan Natan verskyn en vir hom gesê dat hulle nie op daardie stadium die tempel moes bou nie, maar dat die volgende geslag dit sou doen. Waarvan God hulle egter verseker het, is van Sy trou : “My trou sal ek nie aan hom onttrek nie…”(1 Kron. 17:13a).

Koning Dawid het God se Woord ter harte geneem en met lofprysing daarop geantwoord: “26 “En nou, Here, U is God. U het hierdie goeie beloftes aan u dienaar gemaak. 27 U dring daarop aan om die huis van u dienaar te seën, dat dit vir altyd in u diens sal wees. U, Here, het geseën; daarom is dit vir altyd geseën.”

Hoeveel keer besluit ons nie ook om dinge te doen op grond van ons eie planne, ideale of drome nie, en dan blyk dit later twyfelagtig te wees. Nie alle idees, drome of planne, kom noodwendig van Bo nie, al blyk dit oënskynlik in ooreenstemming met die wil van die Here te wees. Omdat ons nog vleeslike mense is, bestaan daar altyd die moontlikheid dat my eggo of my eie wil kan oorheers. In Dawid se geval was dit werklik God se plan om ‘n tempel te bou, maar die bouer sou nie Dawid wees nie. Dit gaan nie eerstens om Dawid nie, maar om die Een wat uit sy nageslag gebore sou word. Koning Dawid se roeping was om gedurende die laaste termyn van sy koningskap die voorbereidings te doen vir die bestendige en voorspoedige regeringstermyn van koning Salomo. God het dit aan hom belowe.

Drome, planne en beloftes……die grootste hiervan is die beloftes van God oor die koninkryk van Sy Seun Jesus Christus! Ons mag maar saam droom en planne maak en bid vir die vervulling van die beloftes van die Here. “33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (Mat. 6:33)

Bespreking

1. Wat behoort gesinne te doen voordat hulle besluite neem?2. Wat behoort ‘n gemeente te doen voordat besluite geneem word?3. Wat behoort ‘n regering te doen voordat besluite geneem word?4. Hoe behoort ‘n sakeonderneming bestuur te word?5. Wat leer Jesus vir ons oor besluitnemingsprosesse in Matteus 7:7-12 en

Matteus 18:19-20? Watter beloftes gee Hy vir ons? Wie moet eers geraadpleeg word voordat ons besluite neem?

Laat ons saam droom en planne beraam om God se beloftes oor Sy koninkryk in vervulling te laat gaan. Laat ons voortdurend bid dat Sy Naam geheilige word, dat Sy wil sal geskied en dat Sy koninkryk sal kom.

Page 46: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

RIGLYN 4INSIG GEE HOOP!

Vandag dink ons in besonder aan die matrikulante : Matrieks, ons bid vir julle insig toe. Insig beteken om in te sien, om te begryp, om te verstaan. Ons bid dat julle alles wat julle geleer het verstaan en dat julle die matriekvraestelle sal verstaan en dit met insig sal kan beantwoord. Ons wil vir julle ook lewens-insig toebid; dit is iets meer as blote hoë IK of goeie punte in die eksamen. Lewens-insig het alles te maak met my verstaan van die lewe en die omstandighede (konteks) waarbinne ek lewe. Ons kan ook sê dat iemand met insig met die lewe kan “cope”. Iemand met lewens-insig weet waarom hy of sy lewe te verstaan.

Die belangrikste vraag in ’n mens se lewe is nie wat jy eendag wil word nie, maar wie jy is en waarom jy lewe - dit word roeping genoem. Jou roeping is veel meer as jou beroep, dit is die verwesenliking van jou menswees; om te wees wie jy is. ’n Mens se waarde word nie bepaal deur die beroep wat hy of sy beoefen nie, maar deur die mens wie hy of sy is. Jy is deur jou Skepper uniek geskape om Hom te verheerlik daar waar jy lewe. Daarom moet jy jouself, jou Skepper en jou konteks beter leer ken. Jy moet ontdek watter uitdagings en geleenthede bestaan en hoe jy ’n verskil kan maak. Dit is insig. Die groot entrepreneurs is nie noodwendig mense met groot geleerdheid nie, maar wel mense met groot insig; mense wat kan in-sien.

Die Heilige Gees wil vir jou die insig gee waarvan die profeet Joël geprofeteer het. “28

Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien. 29 In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom selfs op dié wat nie in aansien is nie.” (Joël 2:28-29)

Mag die Heilige Gees wat in ons woon aan elkeen van julle en aan ons insig gee sodat ons kan verstaan waarmee ons besig is en nuwe hoop kan kry. “18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.” (Efes. 1:18)

RIGLYN 5LEEF VANUIT ONS WAARBORG

Page 47: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die verhaal word vertel van iemand wat sy lewe lank gespaar het om eendag ’n vaart op ’n luukse passasierskip mee te maak. Hy was oorstelp van blydskap toe hy na jare voet aan boord kon sit en daardie lewenslange droom verwesenlik kon word. Op die laaste dag van die vaart sien een van sy mede-passasiers hierdie man met ’n ongelukkige uitdrukking op sy gesig en staar na die oseaan, terwyl die ander passasiers weereens een van hulle vele smullekker maaltye geniet. Op ’n vraag aan hom waarom hy dan nie in die eetsaal is nie, antwoord hy: “Ek het al my geld op die reiskaartjie bestee, en nou het ek nie meer geld oor vir die etes nie.” Sy mede-reisgenoot se antwoord aan hom was: “Ai, het jy dan nie geweet dat jou reiskaartjie aan jou toegang tot alles op hierdie boot verleen nie. Jou reiskaartjie is die waarborg dat alles vir jou ingesluit is?”

Paulus skryf aan die Korintiërs oor ’n soortgelyke situasie wat in die gemeente ontstaan het (2 Kor. 1:12-24). Daar was groot onenigheid en ongelukkigheid in die gemeente oor vele sake en daarom skryf Paulus aan hulle : “21 God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, 22 ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.”

Ons kan soms tog so ‘n armsalige geestelike lewe lei en só min van die Here verwag, sonder om te besef dat ons God se uitverkore kinders en Sy genooide gaste na die feesmaaltyd is. Die kerk deur die eeue het ‘n geskiedenis van ongelukkigheid en onderlinge stryd met mekaar, en veral ook oor wie as genooide gaste aan boord toegelaat mag word, terwyl ons die waarborg van ‘n vreugdevolle Geesvervulde lewe het.

Kom, laat ons vanuit ons waarborg leef en nou reeds die nuwe lewe in Christus geniet, want Hy het die volle prys daarvoor betaal.

RIGLYN 6ONS ALMAL WEERSPIEËL DIE HEERLIKHEID VAN DIE HERE

Page 48: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Kinders van die Here vertoon deur hulle woorde en lewe die beeld van God; dit lees ons in 2 Korintiërs 3:18: “18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” Ons is dus soos ‘n spieël wat die Lig van God na die wêreld weerkaats. (Lees ook Gen. 2:26)

Ons lees in Eksodus 34 hoe dat Moses se gesig só geblink het toe God aan hom verskyn het, dat dit met ‘n sluier bedek moes word, omdat die volk bang geword het. Hierdie sluier is nou deur die Heilige Gees wat in ons woon, van ons gesig weggeneem sodat die heerlikheid van God uit ons lewens kan straal.

Jesus sê : 14 “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat.5:14-18)

‘n Spieël wat vuil is vertoon ‘n dowwe beeld, en daarom moet ons voortdurend gereinig word sodat die beeld van Christus deur ons gereflekteer kan word. Verder moet ons ook voortdurend deur gebed en luister na die Woord in die Lig bly, anders kan ons nie die Lig weerkaats nie. Die Woord is die lamp op ons pad (Ps. 119:105) en as ons in die Lig bly, dan sal ons die Lig weerkaats. Petrus sê: “19 En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.” (2 Petr. 1:19)

Bespreking

1. Wie is die Lig? (Joh. 1:1-18)2. Jesus is die Lig en ons is God se spieëls wat die Lig moet weerkaats. Wat

veroorsaak dat ’n spieël nie ’n helder beeld weerkaats nie?3. Waartoe word ons opnuut opgeroep en wat gaan ons nou doen?

RIGLYN 7LUISTER NA DIE STEM VAN DIE HERE

Page 49: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Hoe hoor ons vandag die stem van die Here? Lees Nehemia 4 rustig en aandagtig deur.

Kom ons probeer met ’n paar sinne Nehemia 4 opsom:

- Die teenstanders is woedend. In die skerpste taal word neerhalend en minagtend van Nehemia en sy mede-bouers gepraat. Planne word selfs beraam om Nehemia en sy kollegas te vermoor. (vgl. vs. 1-3, 11-12)

- Die bouers het baie hard van vroeg tot laat gewerk, die werk is halfpad klaar en hulle het net begin moeg word!. Die helfte van die werksmag het gewerk terwyl die ander helfte wag gestaan het. Die werksmag het selfs met hulle werksklere aan gaan slaap.

- Al bou Nehemia en sy kollegas volgens die wil en metodiek van die Here self, verkeer hulle in ’n lewensbedreigende krisis-situasie. Om die Here voluit en in gehoorsaamheid te dien, is geen waarborg tot arbeidsvrede nie. Nehemia 4:21-23 wys egter dat Nehemia en sy kollegas as wenners uit hul benarde situasie gestap het.

Wat het Nehemia en sy mede-bouers dan reg gedoen? Wat was hulle wenresep?

Nehemia maak homself nie aan dieselfde vuilspel skuldig nie.

Voordat hy met enige iemand oor die krisis praat, doen hy wat sy gewoonte is: hy bespreek die krisis heel eerste met God. (vgl. vs. 4 met Nehemia 1:4) Dis ’n groot fout om wanneer jy ’n probleem het dit heel eerste met mense te bespreek voordat jy met God daaroor gepraat het. Onthou Spreuke 3:5, 6! “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Bid asof alles van God afhang.

Nehemia beplan en werk daarna asof alles van hom en sy mede-bouers afhang. Christene moet weet wanneer om niks te doen nie (vgl. Eksodus 14:13 en 14) en wanneer om alles te doen wat nodig is.

Hoe weet jy wanneer om wat te doen? Luister weer na Spreuke 3:5,6. Jesus self het niks gesê of gedoen as Sy Vader Hom dit nie voorgesê en gewys het nie (Joh.5:19; 8:26, 29, 38;12:49, 50 e.a.) Dis belangrik om die stem van die Here te hoor en te herken! Dis ’n groeiproses binne ’n intieme verhouding tussen Jesus en ons; ’n heerlike realiteit.

Gebed“Here, ek sukkel die meeste om U heel eerste in alles te ken. Help my om dit daagliks reg te kry en toe te pas. In Jesus Naam. Amen.”

Belofte“Wanneer julle die pad byster raak, sal julle sy stem agter julle hoor sê: “Hier is die regte pad, loop hierlangs.” (Jes.30:21)

RIGLYN 8LEER ONS KINDERS OM GOD SE STEM TE HOOR

Page 50: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Lees 1 Samuel 3:1-10

“3 Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2 Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, 3 en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was, 4 en toe roep die Here na Samuel. Samuel het geantwoord: “Ek kom!” 5 Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” En Samuel het gaan lê. 6 Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” 7 Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. 8 Die Here het Samuel toe ’n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, 9 en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!” Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê. 10 Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!””

Bespreking

1. Hoekom het Samuel die Here nie geken nie, al het hy in die tempel grootgeword? (Vers 7)

2. Hoe het Eli vir Samuel na die Here gelei? (Verse 8,9)3. Watter verandering kom in mense se lewens as ons daagliks eers na God se

stem luister voordat ons reageer op wat mense sê en voordat ons besluite neem?

RIGLYN 9LUISTER BINNE ‘N INTIEME VERHOUDING MET GOD

Page 51: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

In Johannes 10 gebruik Jesus dieselfde beeld as Dawid van die Herder en sy skape om die intieme verhouding tussen Hom en sy dissipels te beskryf. Kinders van die Here ken Sy stem en volg Hom.

Skriflesing: Joh. 10:1-21

10 “Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van ’n ander kant af inklim, is ’n dief en ’n rower. 2 Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3 vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4 Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5

Hulle sal nooit ’n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”

Bespreking

1. Wie is die Goeie Herder? (Verse 2,11,14; Psalm 23:1)2. Hoe weet ’n mens of jy deel van die Herder se kudde is? (Vers 3; Jes. 43:1)3. Daar is verskillende stemme; waaraan word die Goeie Herder se stem

geken? (Vers 10)4. Jesus Christus is die Goeie Herder wat aan sy volgelinge die volheid van die

lewe gee. “11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie.” (Jes.58:11). “38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh.7:38)

5. Wanneer dwaal ’n skaap weg?6. Wat moet ons doen om die stem van die Here te hoor?

Hoeveel keer sê ’n mens in jou lewe nie “as ek maar net geluister het” nie! Hoeveel onnodige teleurstelling, hartseer, verliese en seerkry kon ons nie vermy het as ons maar net geluister het nie. Die troos is egter dat die Goeie Herder ons elke keer kom opsoek, roep en teruglei.

Gebed: Here Jesus, laat ons naby U bly, U stem hoor, daarna luister en wil U ons lei. Amen

RIGLYN 10GEMEENTELIKE BEDIENINGE

Page 52: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Alle lidmate word uitgenooi om by een of meer van die gemeentelike bedieninge in te skakel. Die vergaderings sal gehou word soos vooraf gereël deur onderskeie voorsitters van die bedieninge en die datums sal op die weeklikse afkondigingsblad verskyn.

Kerkraad (Dr. André Oosthuizen ...042- 2731055 / 0827730313)Die kerkraad word saamgestel uit die leraar, alle ouderlinge en diakens asook voorsitters van gemeentelike bedieninge. Die kerkraad streef daarna om sy roeping in die lig van 1 Kor. 4:1,2 uit te voer: “So moet julle ons dan sien: ons is dienaars van Christus en bestuurders aan wie die geheimenisse van God toevertrou is. 2 Van ’n bestuurder word veral vereis dat hy betroubaar moet wees.” Daarom beskou die kerkraad sy taak om die gemeente in biddende afhanlikheid van Jesus Christus te lei om gehoorsaam aan haar roeping te wees.

Roeping (Donald Strydom 0836102542)Roeping se doel in die gemeente is om God se wil te soek deur verootmoediging, stil word en luister en dan geestelike leiding aan die gemeente te gee. Roeping moet toesien dat alle bedieninge fokus op die visie van die gemeente. Op hierdie stadium ressorteer die gemeenskaps-ontwikkelingsprogram ook onder roeping.

Bestuur (Spekkies Strydom 0826808336)Bestuur ontvang verslag van die bedieninge, koördineer die werksaamhede en gee die sake vir besluitneming deur aan die kerkraad. Bestuur hanteer alle interimsake en lewer verslag aan die kerkraad.

Diensverhoudinge (Johan Olivier 042-2732014)Diensverhoudinge aanvaar verantwoordelikheid vir die dienskontrakte en sien om na ons personeel sodat alles daar glad verloop en verseker ‘n gelukkige werkerskorps.

Getuienis (Engela van Rooyen 0723405729)Getuienis sorg dat die Evangelie binne en buite die gemeente bevorder word. Hul is ook behulpsaam met die inkleur van herdenkingsdae asook eredienste, saam met die leraar.

Kategese (Karien vd Mescht 042-2731057)Koördineer die aanbieding van die LP3 reeks aan die dooplidmate. Alle kinders woon om 09:30 die erediens saam met hulle ouers by en ontvang ‘n kort boodskap tydens die kindermoment waarna die juniors verdaag na hulle groepe in die saal o.l.v. hulle kategeet. Die seniors vergader ná die erediens in die saal en die belydenisklas o.l.v. die leraar en ‘n ouderling by die pastorie.

Jeug (Nelis Ferreira... 0845690323)Die jeug word op die kerkraad verteenwoordig waar die kategetiese onderwys, aflegging van geloofsbelydenis, kampe, kleingroepbyeenkomste en ander jeugaktiwiteite bespreek word.

Naastediens (Tossie Kritzinger .042-2731507)Naastediens is ons gemeente se uitreikaksie en ondersteuningsnetwerk aan persone en instansies binne en buite ons gemeente en gemeenskap. Aktiwiteite waarby ons betrokke is, sluit in skakeling met plaaslike welsynorganisasies, betrokkenheid,

Page 53: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

uitstappies en vakansie-aktiwiteite vir kinders en volwassenes word op gereelde basis gereël asook ontwikkelingsprojekte en omgee aktiwiteite gedurende die Kerstyd en met lente.

Eiendom (Gert van Zyl 0826538883)Die doel van Eiendom is om die kerk se eiendom in stand te hou en te verbeter waar moontlik. Dit is vir hul belangrik dat die geboue altyd goed sal vertoon en dat alle toerusting in werkende toestand is.

Finansies (Jaco Engelbrecht 0825517704)Hierdie bediening is verantwoordelik vir die opstel van die jaarlikse begroting wat aan die kerkraad vir goedkeuring voorgelê word. Hul doelstelling is om te verseker dat die gemeente finansieël gesond is om daardeur die volhoubaarheid van ons gemeente se Goddelike roeping binne die gemeenskap van Joubertina te verseker. Die bediening sorg dat die gemeente al sy finansiële verpligtinge kan nakom en pas begrotingsbeheer toe.

Vrouediens (Riana Martinson 0726979982)Die Vrouediens bedien die gemeente deur die reël van jaarlikse Senior Burgerfunksies, asook hulp aan families met die reël van verversings en tee na begrafnisse Ons skenk donasies aan verdienstelike projekte binne en buite die gemeente. Gemeentefunksies word ook deur die Vrouediens hanteer. Elke gemeentelid is baie welkom om by die Vrouediens in te skakel.

RIGLYN 11KLEINGROEPBYEENKOMSTE

Page 54: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Gemeentelike Biduur (leraar)‘n Gemeentelike biduur word op die eerste Sondagaand van die maand in die kerkgebou gehou, waarna die ouderlinge vergader om o.a. toerusting vir die wyksbyeenkomste te ontvang.

Wyksbyeenkomste (Ouderlinge)Alle wyke vergader minstens maandeliks om saam te kuier, saam na die Woord van die Here te luister, saam te bid en projekte te bespreek.

Gemeentelike Bybelstudie (Leraar)Sondae se preke word in ‘n verkorte Bybelstudie op die afkondigingsblad geplaas en ook per epos versend sodat lidmate dit kan gebruik vir persoonlike Bybelstudie of in kleingroepe. Weeklikse Bybelstudiegeleenthede oor aktuele onderwerpe, wat deur die leraar aangebied word, sal op die afkondigingsblad bekendgemaak word.

Weeklikse Bidure by Huis Formosa (Engela van Rooyen, sel 0723405729)Sien weeklikse afkondigings. Persone buite Huis Formosa is ook welkom om dit by te woon.Bybelstudie vir Vroue (Erna van der Merwe, tel. 042 273 1619)Hierdie groep vergader gewoonlik Dinsdagaande en alle dames is hartlik welkom om in te skakel

Omgeegroep vir Jongmense (Anel Gerber, sel 0721016589)Hierdie groep vergader gewoonlik Donderdagaande en alle jongmense is baie welkom. Almal word ook uitgenooi na die maandelikse lofprysingsgeleenthede in die jeugkamer.

Voorbidding (Elsje Kritzinger sel 0845844482, Mervin Strydom 042-2731313)Dis ‘n gebedsaksie waarby almal wat wil kan inskakel. U gee u naam en ‘n tyd in die week waarop u wil bid deur aan die koördineerder of die kerkkantoor. U bid in die stilte van u huis vir die gemeente / gemeenskap maar vorm deel van ‘n groter geheel. Gebedsversoeke en antwoorde op gebede kan dan met u gekommunikeer word. As daar gemeentelede is wat met persoonlike sake worstel en ‘n gebedsvennoot soek sou hulle iemand op die gebedslys kan nader wat dan saam met hulle spesifiek daaroor kan bid.

Shalom (Vrede vir julle!) (Elsje Kritzinger sel 0845844482)Shalom is ‘n uitreikaksie na alle mense om net lekker te kan gesels en vir mekaar te kan sê “Ons gee vir mekaar om.” Ons vergader gewoonlik Dinsdagmiddae in die jeugkamer en besluit dan watter huise besoek gaan word. Almal is hartlik welkom om in te skakel.

Handevat Groep (Mias Strydom sel 0833782195)‘n Groep manne en vroue wat hul ervaring, krag en hoop met mekaar deel om sodoende hul gemeenskaplike probleem op te los en ander te help om van alkoholisme te herstel. Ons vergader Dinsdagaande om 19:00 in die Jeugkamer en almal is welkom.

Valk (Elsje Kritzinger sel 0845844482)Valk staan vir Voorkoming van Afhanklikheid in die Langkloof. Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods. Vakansieaktiwiteite

Page 55: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

onder andere kampe word gereël vir kinders en volwassenes. Individuele berading word gedoen en daar bestaan ‘n ondersteuningsgroep waarby persone kan inskakel.

RIGLYN 12OUDERLINGE EN DIAKENS

Page 56: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die amp of bediening van die ouderling is gerig op geestelike onderskeiding en leiding, versorging, bestuur en toesig, en omvat:

die toerusting van lidmate vir hulle dienswerk; die regering van die gemeente; die doen van huisbesoek; die uitoefening van opsig en tug; waaksaamheid oor die suiwerheid van die leer; medeverantwoordelikheid vir die kategetiese onderwys; die roeping om ander na Christus te lei; die lei van eredienste waar die kerkraad en die ring daartoe vergunning

gegee het en dissipelskap. Lees 1 Timoteus 3:1-7

Die amp of bediening van die diaken is gerig op praktiese dienswerk. Dit begin in die erediens, en gaan vandaar uit na die gemeente en die wêreld waarin die lidmate leef.

Die diakenamp omvat: die toerusting van lidmate vir hulle dienswerk; die opheffing, vertroosting en ondersteuning van almal wat in een of ander

opsig barmhartigheidsdiens benodig; die insameling en besteding van middele wat vir die diakonale werk nodig is; die organisering en leiding van die barmhartigheidsbediening van die

gemeente. Lees 1 Timoteus 3:8-13

Praktiese verantwoordelikhede van ouderlinge en diakens in Joubertina Gemeente Kerkraadsvergaderings: Woon kerkraadsvergaderings gereeld by en bly so

op hoogte van wat in die kerk en in die wyke aangaan om ingeligte feite aan wykslede te deurgee.

Bedieninge: Behoort aan 'n bediening en aanvaar medeverantwoordelikheid.

Ouderlinge

doen huis- en siekebesoeke in die wyk en stel leraar in kennis van siekte; reël huisbesoek in die wyk vir die leraar; gelukwensing met verjaarsdae van lidmate in wyk; bywoning van kerkraadsvergaderings; dien op die kerkraad se kommissies volgens persoonlike belangstelling; byhou en opdatering van wykslyste; besoek nuwe intrekkers en laat hulle welkom voel; lei wyksbyeenkomste; getroue bywoning van Raad van Ouderlinge vergaderings om inligting en

toerusting te ontvang vir die aanbieding van wyksbyeenkomste; doen beurtelings diens tydens oggenddienste by Huis Formosa; sit beurtelings saam met die leraar en ander ouderlinge aan die

nagmaaltafel; gaan by geleentheid voor met gebed in die konsistorie; bid gereeld vir die wykslede.

Page 57: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Leierouderling

Neem leiding by konsistoriebyeenkomste en ouderlinge-byeenkomste

Diakens

Wyksbesoeke : Met aanvang van die ampstermyn moet die wykslys gekry word en kyk wie is in jou wyk en wie se bydra word op watter manier gegee. So maak jy jou vertroud met jou wyk en sy mense sodat jy weet by wie jy elke maand moet omgaan en wie jaarliks gee. Kommunikeer met ouderling oor probleme en die welstand van die mense in jou wyk. Daar is vorms wat ingevul kan word vir die mense wat regtig in geldelike nood is.

Insameling van dankoffers : Elke wyk het 'n kwotansieboek sodat daar

kwotansies gegee kan word vir geld ontvang. As daar maandelikse bydrae is moet dit teen die eerste van elke maand saam met die boek kerkkantoor toe gaan. Voor elke basaar gaan die diakens deur hulle wyke sodat die mense wat jaarliks gee hul bydrae kan gee. Septembermaand word 10de maand koeverte uitgedeel en daar is 'n lys waar elke besoekpunt moet teken en dan gaan die getekende lys terug na die kerkkantoor.

Eredienste: Wees so getrou as moontlik maar dit is net hoflik om die leier of

onderleier te laat weet as jy nie daar kan wees nie dan kan hul die nodige reëlings tref. Diakens kom ‘n halfuur vroeër sodat hull die afkondigings by die deure kan uitdeel en die mense groet en laat tuisvoel.

Leierdiaken Skakel tussen diakens en bestuur. Dien op Bestuur en woon vergaderings by. Dien op Finansiële kommissie en woon vergaderings by. Eredienste : Meld 30 minute voor aanvang van erediens in konsistorie aan. Voltooi dokumentasie vir die tel van geld en reël met diakens vir die uitdeel

van die afkondigingsblaaie by die deure. Uitdeel van kollekteer kaartjies, sodat elkeen weet waar hy moet kollekteer. Sien toe dat alle diakens klaar kollekte opgeneem het in die kerk, voordat

teruggestap word na sitplekke. Vergesel kinders na kleuterkerk en sondagskool, sien toe dat hul veilig oor

die pad stap. Aantal kinders word ook dan getel. Nadat diakens geld getel het, sien toe dat dokumentasie korrek voltooi is. Voltooi konsistorieboek Deur kollektebordjies word in die gang gebêre Bank kollektebordjies word by ou diakensbanke gebêre Kollekte tesame met uiteensetting van geld word in kluis toegesluit. Sluit konsistorie.

Tydens Nagmaal Leierdiaken en onder leierdiaken bring nagmaaltafel in gereedheid, wanneer

ds. dit aankondig. Bepaal aantal lidmate wat nagmaal gebruik het, deur die aantal leë glasies te

tel.

Page 58: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die aantal lidmate wat nagmaal gebruik het, moet in konsistorieboek aangedui word.

Tydens doopgeleenthede Sodra ds. aangekondig het dat kindjie ingebring moet word, moet die

leierdiaken opstaan en die konsistoriedeur vir hul gaan oopmaak.

Reël vir aflos as jy nie 'n erediens kan bywoon nie. Gewoonlik onderleierdiaken.

ONS ROEPING

Ons is saam met die een algemene Christelike Kerk van Jesus Christus op reis en leef met hoop vanuit God se toekoms. Ons streef daarna om, soos ‘n Herder en sy kudde, naby aan God en mekaar te bly en daarom wil ons na Sy Woord luister en gehoorsaam

Page 59: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

daarvolgens leef. Ons wil mekaar onder alle omstandighede ondersteun en bid voortdurend dat Hy ons daagliks met Sy Gees sal vul en lei en krag gee om te volhard.Rondom ons sien ons die nood en gebrokenheid van die samelewing raak en voel ons die ellende aan ons eie lyf, maar ons skep moed en het hoop, want ons glo dat God ons geroep het om ‘n verskil te maak. Ons beskou op hierdie stadium ons primêre roeping om die Evangelie van Jesus Christus aan almal só te verkondig en uit te leef dat ons hoop sal bring aan mekaar en aan die gemeenskap.

“13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. 15 Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, 16 en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ’n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.” (Efes. 4)

Ons kan seker wees dat ons uitgekies is om vrugte te dra vir mekaar en vir die wêreld. “16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17 Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” (Joh. 15:16)

Mag Hy ons daartoe help.

ONS VISIE

NUWE VRUGTE WAT LEWE GEE

Page 60: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Soos vrugtebome gesnoei, gevoed en versorg moet word, so moet die gemeente met die Woord van God bedien word om vrug te dra sodat ons mekaar en die gemeenskap rondom ons kan voed en lewend maak in Christus.

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. (Jeremia 29:11-13)

Ons wil meewerk en God aanroep om sy wil aan ons te openbaar sodat ons dit kan ken en daagliks uitleef in ons handel en wandel. Ons wil nóú leef in dáárdie toekoms.

Aldus, wil ons...

Naby aan God en Sy Woord leef om ‘n lewende toonbeeld van die Kerk van Jesus Christus te wees

Die behoeftes van ons jongmense aanspreek; hulle is immers ons toekoms Ons wil uitreik na mekaar en mense rondom ons wat in nood verkeer; ons is

almal skepsels van God.

Daarom wil ons nou fokus op...

‘n Saamvoeging en eensgesindheid sodat almal kan deel in ’n gemeenskaplike Christelike visie

Die uitbouïng van ons kerk, ons gemeente en ons breër gemeenskap sodat almal in die vreugde van die Here se liefde en genade kan deel

Gehoorsaamheid aan God se oproep om soos Hy, ook ons liefde te gee, omgee en saamwerk tot Sy eer en verheerliking in die Langkloof

Gebed, geestelike verdieping, vernuwing, eensgesindheidheid en diensbaarheid in afwagting van God se seën..

Soli Deo Gloria!

DIE KERK SIMBOLIES GESIEN VANAF DIE KRUIS

Page 61: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Visie Nuwe vrugte wat lewe geeDr André en die gemeente se visie uitgebeeld op grond van die Woord vir die gemeente (kerk) wat deur die werking van die Heilige Gees vrug dra en die Lig uitdra na ‘n gebroke wêreld. “16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17 Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” (Joh.15:16,17)

Uitbeelding Alles in die Gees begin by die kruis wat lei na die geopende deur, waarvan die doeke die opstanding uitbeeld wat vrymoedige toegang en versoening met God beteken.

Die doeke (gordyn / sluier) simboliseer ook ‘n geopende deur na buite, volgens die sending-opdrag van Jesus Christus (Matt. 28: 19), asook die kerk as bruid van Christus.

Die Duif simboliseer die Heilige Gees se teenwoordigheid, invulling en werking, as seël en belofte vir ons heiligmaking, toerusting en volwassenheid vir die bediening en as ambassadeurs van Jesus Christus.

‘n Boom word aan sy vrugte geken. Deur die vrug van die Heilige Gees in ons, word ons herskep na die beeld van Jesus Christus.

Die vrug is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid (geduld, deursettingsvermoë), vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid (nederigheid) en selfbeheersing (Gal. 5: 22).

Die Kerk is dus nie ‘n gebou nie, maar die gemeente self, van wie Jesus Christus die Hoof is en ons Sy liggaam (ledemate). Die gemeente het ‘n opdrag wat deur genade, hoop en liefde in die geloof gelewe word, in dankbaarheid en gehoorsaamheid tot eer van God.

Gebed Mag Jesus Christus deur Sy Gees die geestelike oë van ons harte open (Efes. 1:18) om Sy geopenbaarde Woord lief te kry en as Sy Bruid te groei om vrug te dra en om gereed te wees met die wederkoms van die Bruidegom.

Mag die gemeente, die ware kerk en liggaam van Christus ‘n oorvloedige oes van siele inbring en voorberei vir ons Heer.

Mag alles geskied tot eer en lof van God wat deur Sy Seun en die Heilige Gees oorwinning en die ewige lewe deur genade, uit Sy liefde aan ons geskenk het.

Cynthia Zinn (Skilder)0822936001

Page 62: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

God het die mens na Sy beeld geskape om Hom te verheerlik, maar hierdie beeld is deur die sondeval verduister. In die proses het die mens begin vergeet wie hy of sy werklik is, aan ‘n identiteitskrisis begin lei en het Gods-verduistering begin intree sodat die mens al meer aards, soos die wêreld, begin leef het. Die mens het nie slegs begin vergeet wie hy of sy is nie, maar het begin vergeet wie God is en dit lei tot noodlottigge gevolge. Sonder God is die mens dood, al leef hy of sy nog. God alleen kan die mens weer lewend maak, maar op geen ander manier as om die mens eers te laat sterf en dan weer gebore te laat word nie. Almal sal moet sterwe, tensy Een bereid sou wees om dit namens almal te doen.

Page 63: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Die mens as nuwe beeld van God

Jesus Christus was bereid om namens die mens te sterf, en Hy is uit die dood opgewek. Elkeen wat in Hom glo moet nou ook nuut dink oor hom- of haarself, want ons het saam met Cristus gesterwe en ons is saam met hom uit die dood opgewek tot ‘n nuwe lewe (Kol. 2:12; 3:1-3). Ons is nou in Christus nuwe mense en moet daarna streef om meer te word wat ons reeds in Hom is. Die nuwe beeld moet meer word, en die oue minder, en dit gebeur soos ‘n beeldhouer wat die rots afkap om die nuwe beeld na vore te bring. Deur geloof is alles moontlik.

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”(Fil. 4:13)

Page 64: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Maslow se behoefte hiërargie

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie”

Psalm 23

Ons moet mekaar versorg sodat die beeld van Christus in ons meer kan word. Ons kan seker wees dat ons uitgekies is om vrugte te dra vir mekaar en vir die wêreld.

“16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17 Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” (Joh. 15:16)

Page 65: Web viewWie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, ... Deur die Valk projek word voorkomingsaksies by skole en in gemeenskap geloods

Daar’s hoop en ‘n toekoms!

“Maar een die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg.” (Open. 12:14)

Aan die vrou, simbolies van die kerk, is twee groot vlerke gegee waarmee sy hoër, na Bo, kan vlieg. Hierdie vlerke is geloof en gebed. Ons het ‘n roeping om vir mekaar en vir die wêreld hoop en ‘n toekoms te gee, en dit is alles moontlik deur GELOOF en GEBED.