1
12 D aar is a paar redes hiervoor, soos bekostigbaarheid, regulasies en verbruikersvertroue. Vroeë opnemers van nuwe tegnologie is bereid om die premie te betaal wat gepaard gaan met die voorreg om die nuutste tegnologie eerste te besit. Hierdie tendens is duidelik te sien in die hoeveelheid Teslas wat reeds op die paaie in Amerika te sien is. Dit sal egter nog jare duur voordat ware bestuurderlose, geoutomatiseerde vervoer algemeen word, veral in ontluikende ekonomieë soos Suid-Afrika. Ander faktore, soos regeringsregulasies en wetgewing kan ook die beskikbaarheid en opname van iets so kompleks soos ’n bestuurder- lose omgewing kniehalter. Stadige pad voorentoe Die hoofrede vir die vertraging in opname van nuwe tegnologie is egter te wyte aan die menslike ingebore vrees vir verandering, wat veroorsaak dat baie verbruikers eers ’n ruk wag voordat hulle nuwe tegnologie in groot getalle opneem. Die waarheid is egter dat daar ’n geleidelike en progressiewe pad gevolg is om by hierdie punt uit te kom. Die eerste kar om begeleide roetebeheer te bied het reeds 25 jaar gelede die lig gesien, wat die eerste tree tot die bestuurderlose voertuig verteenwoordig het. Volgende is parkeerbeheer, radar- volgafstandbeheer en baanveranderingsbystand bekendgestel. Al hierdie elemente is bymekaargebring om bestuurderlose tegnologie moontlik te maak. Hierdie nuwe tegnologie kombineer dan weer op sy beurt met ander nuwe tegnologieë om aan mense se behoeftes te voorsien, soos die behoefte om eerder op en afgelaai te word as om self ’n kar te besit. Die verantwoordelike bestuurder Oor hoe hierdie reuseverskuiwing in ons benadering tot vervoer die versekeringsindustrie as ’n geheel, en die makelaar in besonder, gaan affekteer, is daar ’n paar dinge waarvan ons seker kan wees. Eerstens behoort alomteenwoordige bestuurderlose vervoer ’n afname in sowel korttermynversekeringseise as ongelukverwante lewensversekeringseise tot gevolg te hê, aangesien die meeste ongelukke die gevolg is van bestuurdersfoute. As minder mense karre besit as gevolg van die vermoë om eenvoudig ’n bestuurderlose voertuig te ontbied, sal daar ook ’n afname wees in die behoefte aan korttermynversekering. Een aspek van bestuurderlose vervoer wat ’n groot uitdaging vir die industrie inhou gaan wees hoe om aanspreeklikheid te bepaal as ’n bestuurderlose kar in ’n ongeluk betrokke is. Sal dit die ontwerper van die bestuurderlose tegnologie wees, die voertuigvervaardiger, die eienaar of die persoon in die kar? Nuwe risiko’s moet ook in ag geneem word. Terwyl die risiko van ongelukke sal afneem, bestaan daar die potensiaal vir krakers (hackers) om die kar oor te neem en doelbewus ’n ongeluk te veroorsaak. Die industrie sal dus ’n manier moet vind om ’n waarde te heg aan hierdie nuwe risiko. Die nuwe geslag-makelaar Wat die makelaar betref, sal dié wat kan aanpas en verander na gelang van hierdie tegnologie-gedrewe verskuiwings, oorleef. Solank verbruikers egter oor keuses beskik, sal daar altyd ’n behoefte wees aan advies om hulle te help om die verskillende produkte te verstaan, veral aangesien hierdie produkte vinnig sal verander in tegnologies gedrewe industrieë. Hierdie uitdaging is veral van toepassing op die nuwe geslag makelaars, aangesien die huidige geslag bes moontlik hulle kliënte sal behou en saam met hulle oud word. Daar is heelwat marknavorsing wat aandui dat jonger mense nie meer makelaars gebruik op dieselfde manier as hulle voorsate nie. Die nuwe geslag-makelaar sal dus ’n tegnoloog moet wees wat die rol wat tegnologie in mense se lewens verstaan, sowel as hoe veranderings in tegnologie hulle kliënte en die breër versekeringswêreld raak. TEGNOLOGIE VIR VERANDERING Tegnologiese vooruitgang vind rondom ons plaas teen ’n snelle pas, veral in sekere gebiede soos in die hoëvlak-innovering wat tans gesien word in die navorsing en ontwikkeling van bestuurderlose, geoutomatiseerde vervoer. Ten spyte hiervan, soos gereeld die geval is met nuwe vooruitgang, moet daar eers heelwat water onderdeur die brug vloei voor dit deur verbruikers aanvaar word. Grant Field Hoofbeampte FedGroup

VIR VERANDERING - Fedgroup...Nuwe risiko’s moet ook in ag geneem word. Terwyl die risiko van ongelukke sal afneem, bestaan daar die potensiaal vir krakers (hackers) om die kar oor

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VIR VERANDERING - Fedgroup...Nuwe risiko’s moet ook in ag geneem word. Terwyl die risiko van ongelukke sal afneem, bestaan daar die potensiaal vir krakers (hackers) om die kar oor

12

Daar is a paar redes hiervoor, soos bekostigbaarheid,

regulasies en verbruikersvertroue. Vroeë opnemers

van nuwe tegnologie is bereid om die premie te betaal

wat gepaard gaan met die voorreg om die nuutste

tegnologie eerste te besit. Hierdie tendens is duidelik

te sien in die hoeveelheid Teslas wat reeds op die paaie in Amerika

te sien is. Dit sal egter nog jare duur voordat ware bestuurderlose,

geoutomatiseerde vervoer algemeen word, veral in ontluikende

ekonomieë soos Suid-Afrika.

Ander faktore, soos regeringsregulasies en wetgewing kan ook die

beskikbaarheid en opname van iets so kompleks soos ’n bestuurder-

lose omgewing kniehalter.

Stadige pad voorentoeDie hoofrede vir die vertraging in opname van nuwe tegnologie is

egter te wyte aan die menslike ingebore vrees vir verandering, wat

veroorsaak dat baie verbruikers eers ’n ruk wag voordat hulle nuwe

tegnologie in groot getalle opneem. Die waarheid is egter dat daar ’n

geleidelike en progressiewe pad gevolg is om by hierdie punt uit te

kom.

Die eerste kar om begeleide roetebeheer te bied het reeds 25 jaar

gelede die lig gesien, wat die eerste tree tot die bestuurderlose

voertuig verteenwoordig het. Volgende is parkeerbeheer, radar-

volgafstandbeheer en baanveranderingsbystand bekendgestel. Al

hierdie elemente is bymekaargebring om bestuurderlose tegnologie

moontlik te maak.

Hierdie nuwe tegnologie kombineer dan weer op sy beurt met ander

nuwe tegnologieë om aan mense se behoeftes te voorsien, soos die

behoefte om eerder op en afgelaai te word as om self ’n kar te besit.

Die verantwoordelike bestuurder Oor hoe hierdie reuseverskuiwing in ons benadering tot vervoer die

versekeringsindustrie as ’n geheel, en die makelaar in besonder, gaan

affekteer, is daar ’n paar dinge waarvan ons seker kan wees.

Eerstens behoort alomteenwoordige bestuurderlose vervoer ’n

afname in sowel korttermynversekeringseise as ongelukverwante

lewensversekeringseise tot gevolg te hê, aangesien die meeste

ongelukke die gevolg is van bestuurdersfoute. As minder mense karre

besit as gevolg van die vermoë om eenvoudig ’n bestuurderlose

voertuig te ontbied, sal daar ook ’n afname wees in die behoefte aan

korttermynversekering.

Een aspek van bestuurderlose vervoer wat ’n groot uitdaging vir die

industrie inhou gaan wees hoe om aanspreeklikheid te bepaal as ’n

bestuurderlose kar in ’n ongeluk betrokke is. Sal dit die ontwerper

van die bestuurderlose tegnologie wees, die voertuigvervaardiger, die

eienaar of die persoon in die kar?

Nuwe risiko’s moet ook in ag geneem word. Terwyl die risiko van

ongelukke sal afneem, bestaan daar die potensiaal vir krakers (hackers)

om die kar oor te neem en doelbewus ’n ongeluk te veroorsaak. Die

industrie sal dus ’n manier moet vind om ’n waarde te heg aan hierdie

nuwe risiko.

Die nuwe geslag-makelaarWat die makelaar betref, sal dié wat kan aanpas en verander na

gelang van hierdie tegnologie-gedrewe verskuiwings, oorleef. Solank

verbruikers egter oor keuses beskik, sal daar altyd ’n behoefte wees

aan advies om hulle te help om die verskillende produkte te verstaan,

veral aangesien hierdie produkte vinnig sal verander in tegnologies

gedrewe industrieë.

Hierdie uitdaging is veral van toepassing op die nuwe geslag

makelaars, aangesien die huidige geslag bes moontlik hulle kliënte sal

behou en saam met hulle oud word. Daar is heelwat marknavorsing

wat aandui dat jonger mense nie meer makelaars gebruik op dieselfde

manier as hulle voorsate nie.

Die nuwe geslag-makelaar sal dus ’n tegnoloog moet wees wat die

rol wat tegnologie in mense se lewens

verstaan, sowel as hoe veranderings

in tegnologie hulle kliënte en die breër

versekeringswêreld raak.

TEGNOLOGIE

VIR VERANDERINGTegnologiese vooruitgang vind rondom ons plaas teen ’n snelle pas, veral in sekere gebiede soos in

die hoëvlak-innovering wat tans gesien word in die navorsing en ontwikkeling van bestuurderlose,

geoutomatiseerde vervoer. Ten spyte hiervan, soos gereeld die geval is met nuwe vooruitgang, moet

daar eers heelwat water onderdeur die brug vloei voor dit deur verbruikers aanvaar word.

Grant Field

Hoofbeampte

FedGroup