2
D D D NWU GALLERY Die Visuele Kunste-program by Aardklop 2016 bestaan uit gekurateerde groep- en solo-uitstallings, met deelnemende kunstenaars uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Botswana, Frankryk en Griekeland. Dit breek ook weg van die vorige programformaat en probeer om ’n balans te vind tussen aktuele temas soos in die kunsbedryf gesien word. Dit is belangrik dat al die kuns vir ’n wyer gehoor toeganklik moet wees. Die meeste van die werke op die program is te koop, met die res wat deel van die MTN- en NWU-kunsversamelings uitmaak. Dit sal aan ons gehoor die geleentheid bied om kuns te sien van kunstenaars soos Diane Victor, William Kentridge, Bettie Cilliers-Barnard en Cecil Skotnes (om maar ’n paar te noem). Met ons gehoor en hulle ervaring in die kunste in gedagte, bevat die program ’n paar “nuwe” mediums en interdissiplinêre samewerkings. bied aan KURATOR: CHRISTINA NAURATTEL VISUELE KUNSTEPROGRAM

VISUELE KUNSTEPROGRAM - nwu.ac.za Galery/ArtKlop... · kuns sonder baie wyn wees? Sluit gerus by ons aan vir hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Aardklop-program. ... DIEK GROBLER

  • Upload
    vongoc

  • View
    235

  • Download
    5

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VISUELE KUNSTEPROGRAM - nwu.ac.za Galery/ArtKlop... · kuns sonder baie wyn wees? Sluit gerus by ons aan vir hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Aardklop-program. ... DIEK GROBLER

DDD

NWUGALLERY

Die Visuele Kunste-program by Aardklop 2016 bestaan uit gekurateerde groep- en solo-uitstallings, met deelnemende kunstenaars uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Botswana, Frankryk en Griekeland. Dit breek ook weg van die vorige programformaat en probeer om ’n balans te vind tussen aktuele temas soos in die kunsbedryf gesien word. Dit is belangrik dat al die kuns vir ’n wyer gehoor toeganklik moet wees. Die meeste van die werke op die program is te koop, met die res wat deel van die MTN- en NWU-kunsversamelings uitmaak. Dit sal aan ons gehoor die geleentheid bied om kuns te sien van kunstenaars soos Diane Victor, William Kentridge, Bettie Cilliers-Barnard en Cecil Skotnes (om maar ’n paar te noem). Met ons gehoor en hulle ervaring in die kunste in gedagte, bevat die program ’n paar “nuwe” mediums en interdissiplinêre samewerkings.

bied aan

KURATOR: CHRISTINA NAURATTEL

VISUELE KUNSTEPROGRAM

Page 2: VISUELE KUNSTEPROGRAM - nwu.ac.za Galery/ArtKlop... · kuns sonder baie wyn wees? Sluit gerus by ons aan vir hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Aardklop-program. ... DIEK GROBLER

Maandag 3 Oktober, 16:00Begin in die NWU Botaniese Tuin (geen onder 18’s nie)Kaartjies: R150 pp (beperk)

Die uiters gewilde Kunssafari is jou kans om die hele Visuele Kunste-program eerste te sien. Dit dien ook as die amptelike opening van die fees. Die kaartjieprys sluit verversings en versnaperinge langs die pad in. Wat sal kuns sonder baie wyn wees? Sluit gerus by ons aan vir hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Aardklop-program.

Gratis begeleide toere van die Visuele Kunste-program be-gin daagliks om 09:30 by die Sanlam Ouditorium en eindig om 11:00 by die NWU Galery.

Beginpunt: NWU Botaniese Tuin Galery09:30, 4–7 OktoberVir kinders van 6 tot 10 jaar (maks 20) Die toer eindig om 12:30 by die NWU Galery

Beginpunt: NWU Botaniese Tuin Galery10:30, 4–7 OktoberVir tieners van 11 tot 15 jaar (maks 20) Die toer eindig om 13:30 by die NWU Galery

Die Aardklop Kunstefees 2016 is ’n geleentheid om kinders en tieners aan die kunste in die algemeen bloot te stel, en om liefde en waardering vir veral die visuele kunste te kweek. Die nuwe koers en bestuur van Aardklop het dit vir ons moontlik gemaak om op ’n jonger gehoor te fokus, op hulle behoeftes en wat vir hulle saak maak. Die kinders gaan op ’n begeleide Safari deur 10 kunsuitstallings op die NWU se Potchefstroomkampus. By elke uitstalling word hulle deur NWU Galery-interns op ’n begeleide toer geneem.

Koste:• R75 per kind. ’n Gesinspakket is beskikbaar, mits die kinders in een sessie op die Safari gaan: 2de kind R50; 3de kind R40; 4de kind R30; daarna gratis.

* Prys sluit ’n aktiwiteitspakket met ’n ligte versnapering en water, asook ’n spesiaal-ontwerpte opvoedkundige aktiwite-itsboek met pretaktiwiteite vir elke uitstalling in.

Participating artists: Azaria Mbatha, Bettie Cilliers-Barnard, Cecil Skotnes, Charles Lapicque, Christiaan Diedericks, Christine Dixie, Christo Coetzee, Christophe Miralles, Claudette Schreuders, Daniel Tsietsi (Stompie) Selibe, Deborah Bell, Diane Victor, Dumisani Mabaso, Durant Sihlali, Fabien Claude, George Boys, George Pemba, Giulio Tambellini, Gordon Froud, Gordon Mbatha, Hanneke Benadé, Irma Stern, Jackson Hlungwani, Jean Pons, Joachim Schönfeldt, Judith Mason, Justin Dingwall, Katala Fulai (Flai) Shipipa, Kay Hassan, Kwesi Owusu-Ankomah, Maggie Laubser, Marjorie Wallace, Maureen Quin, Minette Vari, Nomusa Makhubu, Noria Mabasa, Paul Boulitreau, Pippa Skotnes, Richardt Strydom, Robert Hodgins, Sam Nhlengethwa, Sandile Goje, Sue Williamson, Tsietsi Matubako, Vuminkosi Zulu, Vuyisani Mgijima, Willem Boshoff and William Kentridge

KUNS SAFARI

KUNSTOERE

UITSTALLINGS

KUNSSAFARI VIR KINDERS

FIGURATIVELY SPEAKING

THE MODERN CONDITION

#SITDITAF

URBAN IMPRESSIONS

SAADJIES

CROSSING BORDERS

DIVINE

FILMVERSE II

TIRO

BENDING LIGHT

BO

NA

SIE

NLO

OK

LOOK

Geselekteerde werke uit die NWU- en MTN-kunsversamelings

Solo-uitstalling

Groepsuitstalling

Groepsuitstalling

Groepsuitstalling

Groepsuitstalling

Solo-uitstalling

Digkuns-animasieprojek

Groupsuitstalling uit Botswana

Onder kuratorskap van die NWU Galery

KURATORS: CHRISTINA NAURATTEL & TIINA LIEBENBERG

POTCHEFSTROOM KUNSTENAAR JODY OLËN

KURATOR: HEIDI ERDMANN

KURATOR: ELANI WILLEMSE

SAMEROEPER: PIETER MATHEWS

KURATORS: RIKA NORTJÉ & DANIEL MOSAKO

FRANSE KUNSTENAAR PAUL BOULITREAU

ARTISTIEKE REGISSEUR: DIEK GROBLER | ATKV KURATOR: RIKA NORTJÉ

KURATOR: SANDI BAKER

KUNSTENAARS KLEONICKI VANOS & LOTHAR BÖTTCHER

Vivienne Art Gallerie - Parys

LOKAAL: NWU GALERY

LOKAAL: NWU BOTANICAL GARDEN GALLERY

LOKAAL: SANLAM OUDITORIUM

LOKAAL: ALUMNISAAL

LOKAAL: ALUMNISAAL

LOKAAL: ALUMNISAAL

LOKAAL: ALUMNISAAL

LOKAAL: ALUMNISAAL

LOKAAL: ALUMNISAAL

LOKAAL: DIE BLOU GALERY

DEELNEMENDE KUNSTENAARS

SE

E A

RT/

SIE

N K

UN

S/B

ON

A A

RT

4 tot 8 Oktober 09:00–17:00

Hierdie samewerkende uitstalling bring ’n seleks-ie van kunswerke uit die MTN-kunsversameling en die NWU-kunsversameling byeen, en verken die reeks kom-plekse betekenisse wat in die ontleding van visuele en ma-teriële vorms met figuur geassosieer word. Aan die een kant verwys figuurlik na die figuur, en aan die ander kant dien dit as sleutelmetafoor vir die menslike liggaam of die mens as onderwerp. In ’n metaforiese sin neem die menslike liggaam deur kuns die betekenis aan van ’n georganiseerde of geor-dende entiteit van die komposisie self. Die menslike liggaam kan hierdie betekenis in die liggaam van die beeldhouwerk, skildery of tekening aanneem en op ’n identifiseerbare vorm of element in die kunswerk dui, of indeksikaal aan die toe-skouer iets oor die figuur of die liggaam vertel. Kunswerke soos Durandt Sihlali se Looking in (Paddavlei) Kliptown (1974) [MTN-kunsversameling] en Progress Matubako se Thy dignity (1992) [NWU-kunsversameling] dui byvoorbeeld identifiseerbare vorms en elemente aan. Aan die ander kant, hoewel skaars enige figuur of liggaam illusionisties uitge-beeld word, stel abstrakte kunswerke soos Tony Nkotsi se The Shock (1997) [MTN-kunsversameling] en Coetzee se David (1986) [NWU-kunsversameling] indeksikaal figuur of die menslike liggaam/mens as onderwerp voor.

Soos hierdie kunswerke illustreer, ontlok die frase “figuurlik gesproke” (in ’n letterlike en/of metaforiese sin) veelvuldige betekenisse en motiveer nuwe gesprekke tussen die twee kunsversamelings en tussen spesifieke kunswerke in hierdie kunsversamelings. Die kompleksiteit en verskeidenheid van betekenisse wat met die frase geassosieer word, artikuleer ook inklusiwiteit en openheid vir gesonde diskoers oor die kwessies wat deur die kunswerke in hierdie twee kunsver-samelings uitgebeeld word (hetsy letterlik of metafories).

Ek wil aannames oor die aard van realiteit uitdaag. ’n Dromerige realiteit illustreer en skep, waar positief in negatief verander in ’n eteriese wêreld wat verskillende realiteite toelaat om saam te bestaan en ook te bots. Kultuur se teenstrydige waardes van ma-teriële sukses en die oortreffing van die self hanteer, en vasvang hoe mense wesens van oneindige teenstrydigheid is. En ek hoop ek verskaf ’n venster en gee die kyker ’n vlietende kans om met die verborge heelal te kommunikeer. My werk toon hoe ons begeerte vir toenemende toeëiening ’n verarmde gees geskep het, en op ’n grondige vlak ons innerlike verhoudings met tyd en menslikheid weggevreet het. My reeks getiteld The Modern Condition is ’n introspektiewe reis wat deur poësie, aanhalings, musiek en lirieke geïnspireer is. Ek word diep geraak deur omgewingskwessies en illustreer dit in miniatuurformaat, in die vergete en die byeenbring van vertoning en verplasing. Daar is ’n element van nostalgie, misterie en fanta-sie in my uitbeelding van onderwerpe wat my bybly – in dieselfde mate as wat dit my inspireer. Daar is altyd ’n dieper en donkerder betekenis wat uit die werke afgelei kan word, en wat vereis dat die kyker verby die onderwerp na die onderliggende wêreld moet kyk. My kuns verg baie van die kyker: diep denke, brose verbindings, en ek hoop dit laat ’n talmende fluistering van ongemak na om ’n persoonlike reaksie te ontlok en in werking te stel.

Jody is in 1969 in Johannesburg gebore en het Grafiese Ontwerp en Fotografie aan die Vaaldriehoek Technikon bestudeer voordat sy ’n voltydse kunstenaar geword het. Jody, ’n ma van drie, word diep en emosioneel deur omgewings- en maatskaplike kwessies geraak. Sy word deur musiek, poësie en kinderboekillustrasies geïnspireer, en hoop om eendag kinderboeke te illustreer. Sy werk in verskeie media, insluitende olie op doek, pen en ink, houtskool en gemengde media, en het saam met talle bekende kunstenaars, insluitende Diane Victor, Helena Hugo en Angus Taylor, uitgestal. Jody woon nou in Potchefstroom.

Toe ek die uitnodiging ontvang het om as kurator op te tree vir die kunstefees in Potchefstroom, het my gedagtes dadelik om protes begin draai. Dit is ’n universiteitsdorp, en in 2015 het universiteitskampusse landswyd massabetogings beleef, gevolg deur vernietiging. In sommige gevalle is lesings en eksamens gekanselleer of uitgestel. Suid-Afrika se troebel geskiedenis en dié van protes is goed gedokumenteer in ’n geweldige klomp weerstandskuns. Ontluikende kunstenaars van vandag sal ongetwyfeld mettertyd kunswerke produseer wat oor hierdie onlangse universiteitsbetogings kommentaar lewer. Vir die doeleindes van hierdie uitstalling het ek ’n ver-skeidenheid werke gekies wat hierdie tema verken – al is dit histories.

Die titel van hierdie uitstalling is die titel van die liedjie, Sit Dit Af, wat deur Johannes Kerkorrel vir sy sanggroep, Die Ge-reformeerde Blues Band, geskryf is. In hierdie konteks word dit met die Voëlvry-beweging van 1989 verbind. Hierdie protes, aangebied in die vorm van landswye musiekkonserte, is deur alternatiewe Afrikaanse musikante teen die destydse apartheidsregering gelei. Dit titel verwys ook na die onlangse sensorskap wat in 2016 deur die Suid-Afrikaanse nasionale uitsaaier, die SABC, ingestel is.

Protes, landskap en identiteit is die drie hoofankers van hierdie uitstalling. Tim Hopwood se foto’s, geneem by ’n Voëlvry-konsert in Port Elizabeth in 1989, staan sentraal tot die protesaksie. Twee ander stemme word bygevoeg: dié van die bekende anti-apartheidskunstenaar Manfred Zylla, en van die jonger Dathini Mzayiya – bekend vir sy sterk werke oor die Marikana-slagting.

In die kategorie vir selfverteenwoordiging en identiteit het ek ’n videowerk deur die internasionaal-erkende straatfotograaf, Lindeka Gloria Qampi, getiteld Inside My Heart, gekies. Die video, Colour Man, deur Rory Emmett, wat onlangs sy graad in die skone kunste behaal het, en skonekunste-student Aar-on Samuel Mulenga se foto’s voeg nog ’n laag kommentaar by hierdie afdeling. Met ’n beeldhouwerk getitel Deadlock verskaf Bert Pauw, wat ook onlangs sy graad in die skone kunste behaal het, die verband tussen identiteit en protes. Niklas Zimmer se reeks foto’s, All Fall Down, besin oor hoe ons as individue binne ons omgewing/landskap betrokke is. Die werk van twee skilders, Debbie Loots en Agnes Heinz, en die fotograaf Carla Erasmus bied blikke op landskap, en in hierdie konteks tree dit op as die oppervlak waarop ons ons lewens deurbring.

Heidi Erdmann is ’n kurator en stigter van Erdmann Con-temporary & The Photographers Gallery ZA in Kaapstad, Suid-Afrika. Sy is ook die uitstallingsprogrammeerder by die Chavonnes Battery Museum by die V & Waterfront in Kaaps-tad.

Die FOUND Collective bestaan uit ’n beweging van jong, ontluikende en gevestigde kunstenaars wat uitstallings- en samewerkingsgeleenthede skep deur tydelike uitstall-ings in onkonvensionele stadsruimtes aan te bied. Hierdie gemeenskap van skeppendes is in Pretoria gebaseer en probeer om persepsies van kuns en die rol daarvan in die hoofstad te verhef en uit te daag. FOUND word bedryf deur kunstenaars met ’n persoonlike belang by die groei van die kreatiewe gemeenskap in Pretoria. Dit word as ’n nie-winsgewende organisasie bedryf, met die gedeelde doelwit om die stad se kunslandskap nuwe lewe te gee en sy kunsgemeenskap saam te snoer, en die skeppers tot nuwe hoogtes en tot die perke van hulle potensiaal aan te voer. FOUND is toegewy aan die fasilitering van uitmuntende kuns deur samewerking, die deel van vaardighede en bedryf-skundigheid, en die ontwikkeling van geleenthede vir kunste-naars, veral in Pretoria.

Kunstenaars wat by die FOUND Collective-beweging geaf-filieer is, sluit in: Allen Laing, Banele Khoza, Celeste Theron, Dylan Graham, Elbie Erasmus, Franli Meintjies, Hickley Ham-man, Heidi Fourie, Jotam Schoeman, Maaike Bakker, Mari-ka Pretorius, Michelle le Grange, Mashudu Nevhutalu, Nina Torr, Oliver Mayhew, Thabo Pitso, en ander.

Stedelik (Urban): Van of met betrekking tot ’n stad of dorp. Indruk (Impression): ’n sterk effek op die intellek, gevoelens, gewete, ens.; die eerste en onmiddellike effek van ’n ervar-ing of persepsie of die denke; sensasie; die effek wat deur ’n agens of invloed geproduseer word; ’n opvatting, herin-nering, oortuiging, ens.; dikwels vaag of onduidelik; ’n merk, duik wat deur drukking veroorsaak word; ’n beeld in die ged-agtes wat deur iets ekstern veroorsaak word; die daad van indruk; die toestand om beïndruk te wees.

Urban Impressions is ’n multidissiplinêre samewerking deur kreatiewe persone uit verskillende genres in die kunste. Vi-suele kuns word teen kontemporêre klassieke musiek en videografie afgespeel.Die konsep is geïnisieer deur komponiste Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout, wat deur verskillende klankstimuli ge-konfronteer is terwyl hulle in Sunnyside gewoon het. ’n Buur-man wat orrel speel, ’n koor wat in ’n kerk oorkant die pad sing, ’n nagklub langsaan. Dit het die agtergrond geword van wat later die Sunnyside suites sou word – ’n jukstaposisie van klank en sensoriese ervarings in die Pretoriase middes-tad.

Urban Impressions ondersoek die verskillende aspekte van die lewe in die stad: die afbreek van monumente, die oprig van nuwe monumente, stedelike aftakeling en hernuwing, stadsbewoners en die alledaagse lewe oor die algemeen. Die kunstenaars blaas lewe in hulle persoonlike ervarings van die stadslewe, spesifiek binne die konteks van Pretoria. Deur die lae van verskillende kunsvorms, interpretasies en ervarings illustreer die uitstalling ’n sensoriese interaktiewe uitdrukking van kontraste in die landskap, stadsbeeld, straat-lewe, stadslewe, klank, geraas, geskiedenis en kultuur. Met elke individuele interpretasie word ’n nuwe laag betekenis bygevoeg wat gedagtes van nostalgie en melancholie by die kyker ontlok.

Elani Willemse (1986) is ’n kunsadministrateur en aspirant-kurator wat tans as maatskappyskakelbeampte in diens is van Dionysus Sculpture Works, waar sy ook as persoonlike assistent van die bekende Suid-Afrikaanse beeldhouer An-gus Taylor werk. Sy het haar meestersgraad in Kunsgeskie-denis aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Uni-versiteit in 2013 voltooi. Hier het sy as assistentkurator van die NWU Galery gewerk, en sy was ook die bestuurder van die NWU-kunsversameling.

Sy was nog altyd aktief by die kunste betrokke – as lo-gistiekbestuurder vir die Clover Aardklop Visuele Kun-ste-program van 2011 tot 2012, koördineerder van ’n jeu-gkunskompetisie wat deur die ATKV geborg is, en ook as koördineerder van die NWU-kunsversameling se publikasie, Looking back while moving forward. Sy het verskeie kunsuit-stallings gekurateer, waarvan die jongste ’n groepuitstalling van Dionysus Sculpture Works getiteld TACIT was, wat 20 jaar gevier het sedert die ateljee deur Angus Taylor gestig is.Die kunste is haar passie en sy glo vas dat dit die antwoord op al die wêreld se probleme is. Sy geniet dit om met ge-meenskapsgebaseerde projekte te werk, en was onlangs betrokke by die Cool Capital DIY Guerrilla Biennale, die koördinering van Foundry Day en die administrasie van die PPC Public Benches-projek, wat die BASBA-innoverings-toekenning verwerf het. Sy is ook ’n lid van die Horizons Project Choir, ’n koor wat in Pretoria gebaseer is en in musiek deur jong, plaaslike komponiste spesialiseer, en sy komponeer koormusiek in haar vrye tyd.

Saadjies, die 2016 Cool Capital-beeldhouprojek, is ’n ongekurateerde versameling miniatuurbeeldhouwerke wat die algemene persepsie van openbare beeldhouwerk as groot en permanente werke uitdaag. In ooreenstemming met hierdie jaar se Cool Capital-tema van “klein is groot”, bewys Saadjies dat klein beeldhouwerke met ’n sterk boodskap net so sterk kan wees. Die titel, Saadjies, beklemtoon dat ’n klein kunswerk groot uitkomste kan bereik en ’n diepgaan-de impak kan hê, net soos ’n klein peul in ’n reuseboom kan ontwikkel. As ’n reisende uitstalling voer Saadjies Suid-Af-rikaanse kreatiwiteit op ’n innoverende manier buite die tradisionele galerykonteks uit, en laat die idees wat in die kunswerke uitgedruk word, toe om te sirkuleer en ’n wydver-spreide gehoor te bereik.

Die beeldhouprojek was oop vir enige kunstenaar wat wou deelneem, en alle kunswerke wat aan die groottebeperking van 18 cm x 18 cm x 18 cm voldoen het, is as deel van die versameling aanvaar. Ons glo dat die aard van die uitstalling die projek toelaat om werklik ekspressief te wees oor die kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstoneel, en kreatiwiteit demokratiseer deur gelyke geleenthede aan almal te verskaf.

Die beeldhouprojek, wat vinnig talle kunstenaars van oraloor gelok het, spog met 70+ kunswerke en druk ’n verskeiden-heid temas uit. Die Saadjies is in talle stedelike omgewings afgeneem, insluitende in Pretoria, Venisië, Amsterdam, Leiden, Parys, Berlyn en Beijing, as deel van ’n uitgebreide sosialemedia-veldtog genaamd #saadjies. Die foto’s wat deur professionele sowel as amateurfotograwe geneem is, is nie bloot ’n vertoonstuk van die kunswerke nie, maar hernu ook belangstelling in die stedelike landskap. Die versameling sal op verskeie plekke – plaaslik sowel as oorsee – uitgestal word. Die uitstalling by die NWU Galery, wat deel van die Aardklopfees uitmaak, volg op die opening-suitstalling op 22 September by die Anton van Wouw-huis in Pretoria.

Pieter Mathews is die hoofassosiaat van Mathews and Asso-ciates Architects, ’n firma in Pretoria, Suid-Afrika, wat reeds talle toekennings gewen het. Hy is ’n alumnus van die Uni-versiteit van Pretoria en het praktiese opleiding in Londen ontvang, waarna hy regoor die wêreld gereis het. Hy was van 2013 tot 2014 voorsitter van die Pretoriase Instituut vir Ar-gitektuur. In 2013 het die Andrew W Mellon-stigting Pieter as deel van ’n studiegroep van die Universiteit van Pretoria genooi om verskillende galerye en museums in New York en die omgewing te besoek. In 2014 het Pieter die wêreld se eerste ongekurateerde guerilla-biënnale, Cool Capital, byeengebring. Dit word tans by die 15de internasionale argitektuuruitstalling by die Venesiese biënnale uitgestal. Hy tree gereeld as eksterne eksaminator by verskillende Suid-Afrikaanse Argitektuur-skole op, en het twee sukses-volle boeke oor die teorie van argitektuur gepubliseer: Archi-texture en Detail Housed. Hy het ook unieke maatmeubels vir Southern Guild – een van Suid-Afrika se bekendste beeld-houwerkgildes – ontwerp.

Pieter het die Saadjies-projek met die hulp van Carla Tal-jaard en Jana Kruger van Mathews and Associates Archi-tects gekurateer en georganiseer.

Die Crossing Borders-uitstalling is aanvanklik vir die 2016 Sanaa Africa-fees ontwerp en deur die MTN-stigting geb-org. Ooreenkomstig Sanaa Africa se strategiese doelwitte het ons kunstenaars gekies wat hulle unieke Afrika-aard ver-toon deur hulle eie inheemse tradisies, kennis en talente te skep en te deel. Die kunstenaars kom uit ’n wye spektrum tale en kulture, en verken dikwels nie net hulle eie kulture en tradisies nie, maar ook dié van ander. Kunstenaars uit ander Suid-Afrikaanse lande is ook uitgenooi om deel te neem. Hulle gebruik almal ’n verskeidenheid kunsmedia om hulle sienings en menings uit te druk oor, en hulle Afrikaan-skap te vier – ongeag ras, ouderdom of geslag.

Rika Nortjé (gebore Stockenström) is in Kimberley in die Noord-Kaap gebore en het daar grootgeword. Sy het in 1998 ’n Nasionale Diploma in Keramiekontwerp aan die destydse Technikon Vrystaat verwerf. Sy het vir twee jaar aan die Kimberley-kunssentrum klasgegee voordat sy in 2003 by die William Humphreys-kunsgalery aangestel is. Sy het vir 12 jaar lank daar as kunsprojekleier gewerk, en in hierd-ie tyd het sy ’n BTech in Keramiekontwerp aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en ’n meestersgraad in Kunsgeskiedenis by die KwaZulu-Natal Universiteit verwerf. In 2015 is sy getroud, en ’n jaar later het sy haar saam met haar man in Johannesburg gevestig. Sy beoefen deesdae keramiekrestourasie, en doen vryskutwerk in versameling-bestuur en kuratering.

Daniel Rankadi Mosako is in 1970 in Soweto, Johannes-burg gebore. Hy het in die skone kunste studeer en ’n honneursgraad in Kunsgeskiedenis, ’n honneursgraad in Inligtingswetenskap, ’n nagraadse diploma in Museum- en Erfenisstudies, en ’n meestersgraad in Skone Kunste tydens sy akademiese loopbaan verwerf. Hy is tans vir ’n PhD in Kunsgeskiedenis by UNISA geregistreer.

Hy het kunsklasse aan tersiêre instellings gegee en as ’n grafiese ontwerper in ’n kommunikasie- en media-afdeling gefunksioneer voordat hy in 2008 ’n museumkurator geword het aan die Universiteit van Pretoria, waar hy steeds werk. Hy is ’n bekende praktiserende kunstenaar en navorser.

Mosako het sy kunswerke in talle internasionale kunsuitstall-ings ten toon gestel, verskeie kunskompetisies beoordeel, en ook verskeie kunsuitstallings gekurateer.

Marilyn, Alice, die Onbevlekte, Michael Jackson of Mickey Mouse... Die menslike geskiedenis was gebou deur transen-dentale figure wat die soeke na narratiewe simbole verteen-woordig.

Hierdie simboliese beelde het geboorte geskenk aan ’n merkwaardige semantiese veld wat vertaal kan word na die begeerte van die mensdom om perfeksie. Hierdie spesifieke grafiese en morele kodes, wat lei tot die moontlike positiewe evolusie van die menslike siel, dien ook as die Westerse so-siale sement.

Divine is ’n liggaam werk waarin die kyker ikoniese figure, wat verband hou met algemene geloofstelsels en georgan-iseerde godsdiens, met grafiese leidrade en ooglopende verwysings kan identifiseer.

Met ’n tweede oogopslag sal die kyker strukturele ontbinding van die herkenbare en gevestigde verwysings van algemene moraliteit en fantasie vind; die breek van die sosiale ooreen-koms rakende die populêre verteenwoordiging van kontem-porêre objekte van geloof.

Die doel is om die toestand van die bestaan van die godde-like, en die gevoel van moontlike verlossing wat dit bied aan die westerse mens, te identifiseer. Hoe reageer ons onder-bewussyn op die verdraaiing van die innerlike betekenis van die beeld wat ons van die Goddelike, die heilige het?

Die werk verken die verplasing van die semantiese veld in die lees van gewilde figurasie van die vermeende goddelike. Hoe ontstellend kan dit wees om ’n ander moontlike es-tetiese waarheid te konfronteer in ’n konsensuele prentjie? Hierdie uitstalling handel oor die bevraagtekening van die plek van godsdienstige beelde, die kriteria van aanbidding van beelde, die gevoel van skoonheid en die evolusie van toewyding, in ons hedendaagse samelewings, van Jesus Christus tot Leonardo DiCaprio.

Paul Boulitreau is in 1967 in Parys gebore. Hy het in Pa-rys aan L’Institut Supérieur des Arts Appliqués tekstiel- en modeontwerp studeer en het onlangs as dramastudent geregistreer. Hy woon en werk in Parys en Johannesburg. Hy het plaaslik en internasionaal uitgebreid uitgestal, inslu-itende in die gordart Gallery, die Michael Obert Gallery in Johannesburg en Galerie Brun Léglise in Parys. Sy werke is by talle versamelings ingesluit, byvoorbeeld dié van Rand Merchant Bank, Chemcify, Noordwes-Universiteit, Con-seil Général des Yvelines, Illas Villa-versameling, Elizabeth Pons-versameling, en ander. Hy is ’n permanente kunstenaar by die Vivienne Art Galerie in Parys, en het ook in New York uitgestal.

Die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek, Filmverse, word voortgesit met die première van Filmverse 2 by die kykNET Silwerskermfees einde Augustus vanjaar. Die eind-produk is weer ’n DVD, maar die nuwe produksie is meer-talig en spog met vier alternatiewe klankbane om van te kies: Afrikaans, Engels, Zoeloe of Sotho. Filmverse het plaaslik drie nominasies ontvang vir Beste Visuele Kunste Aanbieding, en individuele films is gekeur om by van die invloedrykste internasionale animasiefeeste, onder andere KROK in Rusland; die Annecy-fees in Frankryk; Klik in Amsterdam en die Monstra Animasiefees in Lissabon te vertoon. Die Weimar Poetry Film-fees in Duitsland het ook pas aangekondig dat Charles Badenhorst se film, wat ge-grond is op Adam Small se gedig, What abou’ de lô, die groot jurieprys verower het. Naomi van Niekerk se film, ‘n Gewone blou Maandagaoggend, van Ronelda Kamfer se ge-lyknamige gedig, is ook pas bekroon as Beste Eerste Film by die Annecy Animasiefees in Frankryk. Dit is die eerste keer dat Afrikaanse animasiefilms by hierdie toonaangewende feeste ingesluit is. Diek Grobler is weer die artistieke regisseur van Filmverse 2, en ’n nuwe seleksie van 12 gedigte word vir hierdie opvolg-produksie aangepak. Gedigte van ons ouer digters word ingesluit (Elizabeth Eybers, DJ Opperman en Boerneef), asook die werk van jonger digters (Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout en Ronelda Kamfer). Gedigte van Joan Ham-bidge, Johann de Lange, Jeanne Goosen, Marlise Joubert en Heilna du Plooy is ook deel van Filmverse 2. Na afloop van die première by die kykNET Silwerskermfees op 26 Augustus, is Filmverse 2 te siene by die Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum in Wellington (16–18 September), die Aardklop Kunstefees, asook by al die nasio-nale kunstefeeste deur die loop van 2017.

Tiro, wat in Tswana “werk” beteken, is ’n uitstalling deur die vier kunstenaars, wat woon en werk in Botswana, die plek wat hulle as hulle tuiste beskou.

Die uitstalling van skilderye, afdrukke, rooktekeninge en fo-to’s uit Botswana by hierdie jaar se Aardklopfees is ’n blik op die land se kontemporêre kunstoneel.

Die vier kunstenaars in die uitstalling weerspieël die huidige demografie van mans en vroue in Botswana wat in die vi-suele kunste werk. Die uitstalling sluit die werk in van twee Botswana-kunstenaars, Sedireng Mothibatsela en Velias Ndaba; die werk van ’n Brits-Karibiese kunstenaar, Ann Gol-lifer, wat reeds 31 jaar lank in Botswana woon; en van Aldo Brincat, van Suid-Afrikaanse herkoms, wat bykans 10 jaar lank reeds in Botswana woon.

Die werk op die uitstalling wissel wat medium en konsep betref. Elke kunstenaar se benadering tot hulle ateljeepraktyk is individueel. Die verenigende faktor – die kunswerke self – is bewys van die tyd en sorg wat bestee word om korpusse werk te skep wat, wanneer dit saam in ’n uitstalling soos hierdie gehang word, ’n weerspieëling word van die kulturele sedes, individuele aspirasies en insigte wat ’n portret van ’n gemeenskap in Botswana uitmaak.

Kurator se verklaringMet my aankoms in Botswana na vyf jaar in Berlyn, uit ’n hoofsaaklik literêre agtergrond, is my vooropgestelde idees oor die samelewing in Botswana deur Aldo Brincat se werk oor die Ma Rock verpletter. Met postapokaliptiese selfver-troue het die death-metal rockers ’n onmiddellike begeerte by my laat ontstaan om meer uit te vind. En waar kon ek dit beter doen as deur middel van kontak met Aldo? Dit is deur hierdie kontak dat ek aan die skerp, duidelike werke van Ann Gollifer en haar insigryke ondersoek van mense in die samelewing, die subtiele, welsprekende en aangrypende werke deur Sedireng Mothibatsela, en Velias Ndaba se lewendige en boeiende werke bekend gestel is. Elke kun-stenaar weerspieël die skering en inslag van die Batswa-na-samelewing en dra tot die ontwikkelende narratief van Botswana na 50 jaar van onafhanklikheid by.

“It seems obvious that something connects between the eyes and the thing being viewed. That something must be light. But does the light come from the eyes, or from the object under scrutiny, or from someplace else?”The Story of Light, Ben Bova, 2001 - Light and Vision, p.125

Die buiging van lig of gebuigde lig kan op verskillende maniere versta-an word, en dit lei tot vrae oor ons persepsie van “lig”. Ons is nie almal ewe sensitief vir illusies van lig nie, hoewel konteks belangrik is en ons persepsie daarvan ons fisiese, psigiese, filosofiese, bewuste, onderbe-wuste en wetenskaplike bestaan beïnvloed. Ons verwerk die lewe soos ons dit waarneem en persepsies kan verander. Deur die buiging van lig nooi beide kunstenaars die waarnemer uit om variasies van persepsie te ondersoek en daardeur ‘n oomblik van onmiddellikheid op te roep.

Vanos gebruik lig as metaforiese verfkwas, en verf letterlik met lig in haar fotografiese beelde. Beau Lotto, professor in neurowetenskap aan die Londense Universiteitskollege, doen eksperimente om te demonstreer hoe mense optiese illusies waarneem. Hy sê: “Ek kan ‘n grys kol neem en jou enige kleur daarin laat sien”. Na aanleiding van prof Lotto se eksperi-ment, voer Vanos haar eie uit: LED-liggies wat volgens vasgestelde inter-valle van kleur verander, beklemtoon verskillende aspekte van die beeld wat die waarnemer dan verskeie perspektiewe op dieselfde stuk gee. Hierdie eksperiment demonstreer die effek wat lig op ons sintuie uitoefen, en lei tot ‘n dieper oorweging van realiteit versus fantasie. Vanos voer aan dat ons ons wêreldbeskouing van lig kan begin verbreed deur dit nie bloot as ‘n bron van illuminasie te beskou nie, maar as onafhanklike voor-werp; sonder lig word “om te sien” die tema van die kunswerk.

Böttcher omvorm glas skulptureel in voorwerpe en poorte, en wink só die waarnemer nader om die wêreld deur sy beeldhouwerke te besk-ou. “Glas is ‘n optiese medium. Dit weerkaats en breek ligstrale. Lig is tweeledig van aard. Dit kan as ‘n deeltjie of as ‘n golf optree. Hierdie wetenskaplike feite is my muse waardeur ek my beeldhoustrewes verken”. In die verfyning van sy tegniek in die koudbewerking van glas, manipuleer Böttcher doelbewus die lig en sodoende ook die beeld van aaneenlo-pende ruimtes binne en anderkant die skulpturele lense. Hierdie skulp-turele onreëlmatighede of visuele poorte is ‘n soeke na verhewenheid. Hulle doelbewuste distorsie en weerkaatsing van lig kontrasteer met ons oënskynlik banale persepsie van ons wanvertolkte vervelige lewens. “In hierdie era van massamedia en visuele oorstimulering word ek geïnspireer om vir die deelnemer ‘n oomblik van visuele onmiddellikheid te skep”.

Hierdie kunstenaars poog om deur hul onderlinge samewerking aan ‘n omvorming van die bekende fotonrangskikking in nuwe narratiewe, die deelnemer se lewensperspektief te verlig.

DEELNEMENDE KUNSTENAARS

Tim Hopwood, Manfred Zylla, Dathini Mzayiya, Lindeka Glo-ria Qampi, Rory Emmett, Aaron Samuel Mulenga, Bert Pauw, Niklas Zimmer, Debbie Loots, Agnes Heinz and Carla Erasmus

DEELNEMENDE KUNSTENAARSFranco Prinsloo and Pieter Bezuidenhout (komponiste), Christo Niemandt (videograaf) en die FOUND Collective.

DEELNEMENDE KUNSTENAARS

Adelheid von Maltitz, Allen Laing, Anneke Bosch, Annette Pretorius, Anton Smit, Banele Khoza, Bontle Tau, Caitlin Greenberg, Cari Niehaus, Carla Crafford, Carli Bassin, Car-lo Vignelli, Chris Soal, Danie Nell, Di Miller, Elbie Erasmus, Francois Visser, Franli Meintjies, Gordon Froud, Guy du Toit, Harrie Siertsema, Heidi Fourie, Ike Nkoana, Isa Steynberg, Izanne Wiid, Jaco Sieberhagen, Jan van der Merwe, Johan Nortjé, Johandi du Plessis, Juané Venter, Kay Potts, Keneil-we Makoena, Leanne Olivier, Liberty Battson, Liekie Fouché, Liesl Roos, Livhuwan Muthivithi, Loeritha Saayman, Lothar Botcher, Louis Kok, Luthando Phiri, Lwandiso Njara, Lynette ten Krooden, Magdel van Rooyen, Martyn Schickerling, Mbali Tshabalala, Micaela Balie, Mignon Mayhew, Mkhotu Teboho, Mpanza Ndukenhle, Nicci Olivier, Nyasha Ruvimbo Chiki-wa, Odette Graskie, Rachel Ferriman, Renier le Roux, Retief van Wyk, Rina Stutzer, Rowland Daniel, Sanna Swart, Sarel Petrus, Sharleene Olivier, Shenaz Mahomed, Strijdom van der Merwe, Sunet Ferreira, Sybrand Wiechers, Thabo Pitso, Tineke Meijer and Zanoxolo Sylvestre Mqeku

DEELNEMENDE KUNSTENAARSJohn Moore, Toni Pretorius, Poorvi Bhana, Helena Hugo, Gabisile Nkosi, Dumisani Mabaso, Karin Daymond, Pauline Gutter, Cobus van Bosch, Lehlohonolo Mkhasibe, Them-binkisi Sinalo Ntuli, Thuli Zondo, Enoch Ndlovu, Thabo Mola-po, Pauline Mazibuko, Mojaki Lebatla, Daniel Mosako, Petros Mwenga, Allen Kupeta, Benon Lutaaya, Joao Ladeira, Cindy Leah Awuor, Roy Ndinisa, Attie Gerber and Rowland Daniel

Sedireng Olehile Mothibatsela, Ann Gollifer, Velias Ndaba and Aldo Brincat

DEELNEMENDE KUNSTENAARS

ROWLANDDANIEL

BEELDHOUEROns is trots om die Potchefstrooomse beeldhouer Rowland Daniel se werk op die visuele kunsteprogram te sien vanjaar. Sy groot werke is te sien in die NWU Botaniese Tuin en van sy kleiner werke vorm deel van uitstallings in die Alum-nisaal by: Saadjies en Crossing Borders.