16
2 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] 13 Maart 2014 / VOL 3 LEES JOU KAMPUS KARLIEN, OVERS EN RATAU: 18 HK’s beken skuld, 4 van Karlien veg voort 3 JEANELLE GREYLING E erstejaars en seniors op die NWU-Puk sal van nou af ge- lyk behandel word. Dít volg ná prof. Herman van Schalkwyk en prof. Rikus Fick verlede week ’n brief aan alle kos- huisinwoners gestuur het wat die onmiddellike staking van alle ont- groenings- en inburgeringsprak- tyke vereis. Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die NWU-Puk wat dié universiteit se beleid van zero toleransie só streng optree teen die koshuistradisies en -gebruike wat eerstejaars betrek. “Welkom by die internasionale gemeenskap van uitstekende universiteite,” het Max du Preez, veteraanjoernalis en buitenge- wone professor aan die skool vir kommunikasie, oor dié nuwe zero toleransiebeleid gesê. “Die finale afskaffing van ont- groening is die beste ding wat nog met die NWU gebeur het. Die NWU is ’n hoogsgerekende aka- demiese instelling en moet daarop voortbou. Die PUK is nie ’n Afri- kaneruniversiteit nie, hoogstens ’n universiteit ‘met ’n Afrikaanse karakter’, en hier verwys ‘Afri- kaans’ na die taal, nie na Afri- kanertradisies en Afrikanerna- sionalisme nie.” Die prims van die onderskeie koshuise op die NWU-Puk het Maandag ’n vergadering met prof. Van Schalkwyk gehad waar hulle die praktiese implikasies van dié nuwe beleid bespreek het. Laureus-manskoshuis se prim, Reuben Louw, het onder meer die afskaffing van die eerstejaarsdrag bespreek. “Die eerstejaarsdrag verwys na iets wat vernederend is, wat glad nie die geval by ons is nie,” het Louw aan Wapad gesê. “Dit was wel elke eerstejaar se eie keuse om Maandag hul eerste- jaarsdrag te dra.” Leon Roets, prim van Patria- manskoshuis wat heg saam met eerstejaars werk, meen die be- trokke eerstejaars is die ongeluk- kigste oor dié beleid. “Hulle voel dat alles van hulle weggeneem word. Hulle wil die deurlopende uitdagings en span- bou-aktiwiteite ervaar.” Roets meen die zero toleransie- beleid se gevolge is tweeledig. “ ’n Universiteit behoort streng teen wanpraktyke op te tree, maar die nadeel is dat niemand in die kos- huise mekaar gaan ken nie. Die gees en samehorigheid gaan daar- mee verlore.” Volgens Du Preez is studente se vermoë om vriende te maak en bande te bou nie die universi- teit se verantwoordelikheid nie en moet hulle dit self in ’n aka- demiese omgewing ontwikkel. “Die klem moet na die individu terugskuif. ’n ‘Gemeenskapsge- voel’ wat deur vernedering en bisarre rituele ontstaan hoort nie by ’n tersiêre instelling van onder- wys nie,” het Du Preez gesê. Uit die brief: Voorbeelde van praktyke wat onmiddellik gestaak moet word Sielkundige sê só Doodskoot vir eerstejaarspraktyke ‘Welkom by die internasionale gemeenskap van uitstekende universiteite’ - Max du Preez Hulle voel dat alles van hulle weggeneem word. NUUS Kgwadi oor Afrikaans K&V Nag van die lang pette 9 REIS! Brullende breakaway 10 Beleid van Zero-toleransie: Die universiteitsraad het sy stand- punt herhaal dat GEEN mensereg- teskendings geduld sal word nie, en betreur die feit dat “alhoewel daar beleide en prosedures by die universiteit in plek is,” dit ge- blyk het dat aanstootlike praktyke en menseregteskendings wel voorgekom het. Alle praktyke wat ’n eerstejaar minderwaardig voorstel of min- derwaardig laat voel of wat die menseregte van ’n eerstejaarstu- dent op enige manier skend, moet ONMIDDELLIK gestaak word. Dit sluit aspekte in soos byvoorbeeld: Î Die gebruik van neerhalende woorde om na ’n eerstejaar te verwys, soos“door”. Î Groete wat alleen deur eerste jaars uitgevoer moet word. Î Skree, skel, vloek, of dreig van eerstejaars. Î Enige aksie wat daarop gemik is om vrees by ’n eerstejaar in te boesem. Î Die verpligte gebruik van titels vir seniors. Î Persoonlike take wat eerstejaars vir seniors moet doen. Î Weerhouding van geriewe in die koshuis. Î Verbod op toegang van enige eetplek op/af kampus. 16 Pukke steeds bo-aan punte- leer Oorsig van vurige debat 2014 Volgens ’n studie, ’n gemengde metode evaluering van die sub- jektiewe welstand van tersiêre eerstejaarstudente gedurende oriëntering, het oriëntering die volgende uitwerking op eerstejaars: Welstand voor oriëntering: Î Vryheid en selfbeheer Î Hoë selfwaarde Î Het sosiale ondersteuning Welstand tydens oriëntering: Î Ontnugtering met universi- teitslewe Î Verloor selfwaarde Î Onsekerheid en vrees Î Onvoldoende vrye tyd Î Fisiese inspanning Welstand tydens oriëntering: + Î Toename in sosiale onder steuning Î Besef noodsaaklikheid van swaarkry Î Herwonne vryheid Î Maak sin uit die doel van die oriënteringsprogram Die studie is uitgevoer deur JH de Kock vir sy meestersgraad in kli- niese sielkunde op die NWU-Puk. BINNE: Î Verpligte aktiwiteite wat inbraak maak op studietye wat in die koshuis geld. Î Enige aktiwiteit wat teen die wil van ’n eerstejaar gedoen moet word. Î Die dra van eerstejaarsuniforms en die loop in pelotonne. Î Verbod op dra van grimering en juwele. SPORT

Wapad - 13 Maart 2014

  • Upload
    wapad

  • View
    294

  • Download
    20

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Wapad - 13 Maart 2014

2

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

13 Maart 2014 / VOL 3

LEES JOU KAMPUS

KARLIEN, OVERS EN RATAU:18 HK’s beken skuld, 4 van Karlien veg voort 3

JEANELLE GREYLING

Eerstejaars en seniors op die NWU-Puk sal van nou af ge-lyk behandel word.

Dít volg ná prof. Herman van Schalkwyk en prof. Rikus Fick verlede week ’n brief aan alle kos-huisinwoners gestuur het wat die onmiddellike staking van alle ont-groenings- en inburgeringsprak-tyke vereis.

Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die NWU-Puk wat dié universiteit se beleid van zero toleransie só streng optree teen die koshuistradisies en -gebruike wat eerstejaars betrek.

“Welkom by die internasionale gemeenskap van uitstekende universiteite,” het Max du Preez, veteraanjoernalis en buitenge-wone professor aan die skool vir

kommunikasie, oor dié nuwe zero toleransiebeleid gesê.

“Die finale afskaffing van ont-groening is die beste ding wat nog met die NWU gebeur het. Die NWU is ’n hoogsgerekende aka- demiese instelling en moet daarop voortbou. Die PUK is nie ’n Afri-kaneruniversiteit nie, hoogstens ’n universiteit ‘met ’n Afrikaanse karakter’, en hier verwys ‘Afri-kaans’ na die taal, nie na Afri-kanertradisies en Afrikanerna-sionalisme nie.”

Die prims van die onderskeie koshuise op die NWU-Puk het Maandag ’n vergadering met prof. Van Schalkwyk gehad waar hulle die praktiese implikasies van dié nuwe beleid bespreek het.

Laureus-manskoshuis se prim, Reuben Louw, het onder meer die afskaffing van die eerstejaarsdrag

bespreek. “Die eerstejaarsdrag verwys na

iets wat vernederend is, wat glad nie die geval by ons is nie,” het Louw aan Wapad gesê.

“Dit was wel elke eerstejaar se eie keuse om Maandag hul eerste-jaarsdrag te dra.”

Leon Roets, prim van Patria-manskoshuis wat heg saam met eerstejaars werk, meen die be-trokke eerstejaars is die ongeluk-kigste oor dié beleid.

“Hulle voel dat alles van hulle weggeneem word. Hulle wil die deurlopende uitdagings en span-bou-aktiwiteite ervaar.”

Roets meen die zero toleransie-beleid se gevolge is tweeledig. “ ’n Universiteit behoort streng teen wanpraktyke op te tree, maar die nadeel is dat niemand in die kos-huise mekaar gaan ken nie. Die

gees en samehorigheid gaan daar-mee verlore.”

Volgens Du Preez is studente se vermoë om vriende te maak en bande te bou nie die universi-teit se verantwoordelikheid nie en moet hulle dit self in ’n aka-demiese omgewing ontwikkel.

“Die klem moet na die individu terugskuif. ’n ‘Gemeenskapsge-voel’ wat deur vernedering en bisarre rituele ontstaan hoort nie by ’n tersiêre instelling van onder-wys nie,” het Du Preez gesê.

Uit die brief: Voorbeelde van praktyke wat onmiddellik gestaak moet word

Sielkundige sê só

Doodskoot vir eerstejaarspraktyke‘Welkom by die internasionale gemeenskap van uitstekende universiteite’ - Max du Preez

Hulle voel dat alles van hulle weggeneem word.

NUUSKgwadi oor Afrikaans

K&VNag van die lang pette

9

REIS!Brullende breakaway

10

Beleid van Zero-toleransie:

Die universiteitsraad het sy stand-punt herhaal dat GEEN mensereg-teskendings geduld sal word nie, en betreur die feit dat “alhoewel daar beleide en prosedures by die universiteit in plek is,” dit ge-blyk het dat aanstootlike praktyke en menseregteskendings wel voorgekom het.

Alle praktyke wat ’n eerstejaar minderwaardig voorstel of min- derwaardig laat voel of wat die menseregte van ’n eerstejaarstu-dent op enige manier skend, moet ONMIDDELLIK gestaak word. Dit sluit aspekte in soos byvoorbeeld:

Die gebruik van neerhalende woorde om na ’n eerstejaar te verwys, soos“door”.

Groete wat alleen deur eerste jaars uitgevoer moet word.

Skree, skel, vloek, of dreig van eerstejaars.

Enige aksie wat daarop gemik is om vrees by ’n eerstejaar in te boesem.

Die verpligte gebruik van titels vir seniors.

Persoonlike take wat eerstejaars vir seniors moet doen.

Weerhouding van geriewe in die koshuis.

Verbod op toegang van enige eetplek op/af kampus.

16

Pukke steeds bo-aan punte- leer

Oorsig van vurige debat 2014

Volgens ’n studie, ’n gemengde metode evaluering van die sub-jektiewe welstand van tersiêre eerstejaarstudente gedurende oriëntering, het oriëntering die volgende uitwerking op eerstejaars:

Welstand voor oriëntering:

Vryheid en selfbeheer Hoë selfwaarde Het sosiale ondersteuning

Welstand tydens oriëntering: –

Ontnugtering met universi- teitslewe

Verloor selfwaarde Onsekerheid en vrees Onvoldoende vrye tyd Fisiese inspanning

Welstand tydens oriëntering: +

Toename in sosiale onder steuning

Besef noodsaaklikheid van swaarkry

Herwonne vryheid Maak sin uit die doel van die

oriënteringsprogram

Die studie is uitgevoer deur JH de Kock vir sy meestersgraad in kli-niese sielkunde op die NWU-Puk.

BINNE:

Verpligte aktiwiteite wat inbraak maak op studietye wat in die koshuis geld.

Enige aktiwiteit wat teen die wil van ’n eerstejaar gedoen moet word.

Die dra van eerstejaarsuniforms en die loop in pelotonne.

Verbod op dra van grimering en juwele.

SPORT

Page 2: Wapad - 13 Maart 2014

Nuus 2 13 Maart 2014

InterkampusInterkampusSAAMGESTEL DEUR IAN VENTER

Prof. Mohammed Karaan, dekaan aan die Universiteit van Stellenbosch (US) se fakul-teit Agriwetenskappe, is op 11 Februarie voor die hek van sy huis in Somerset-Wes gekaap.

Drie gewapende mans het Karaan na Khayelitsha ge-neem waar die bende hom met gewere geslaan en gedreig het. Hy het egter ’n wegkomkans gesien terwyl die groep met mekaar gestaan en praat het.

Karaan het tussen ses en agt

kilometer langs die N2 gehard-loop. Hy het uiteindelik ’n ver-keerspolisiekar voorgekeer wat hom veilig na sy bestemming kon neem.

’n Man (27) van Mfuleni is Maandag 24 Februarie in heg-tenis geneem in verband met dié kaping. Volgens Karaan kan misdaad bekamp word deur alle vorme van korrup-sie en onetiese optrede onder mense se aandag te bring.

der van T4 en Ty’s nagklub, het ’n veldtog begin naamlik “Re-sponsible Socialising” waar hy busse reël om studente vanaf hulle huise na die nagklub te neem en weer terug na hulle bestemming na afloop van die aand. Die polisie maan mense om hulle in kennis te stel van enige verdagtelikhede.

Veiligheid vir studente rondom die Hatfield-area skep groot bekommernis.

Studente is bekommerd oor hulle veiligheid op- en om die kampus. Na ’n verskeidenheid gebeure,blyk dit dat veiligheid rondom die Hatfield area steeds ’n probleem is.

Jannie Oosthuizen, bestuur-

die eerste voorval is nie en dat hy ook in 2010 aangerand is op kampus.

Dié voorval bring herinne-ringe terug soos die skandaal in 2008 waar studente op kos geürineer het en skoonmakers forseer het om dit te eet, asook die voorval in 2010 waar twee studente vir Pinky Mokemane langs hulle voertuig gesleep het toe sy vir haar suster gestaan en wag het.

Charl Blom en Cobus Muller (albei 22) is van die Universi- teit van die Vrystaat (UV) ge-skors nadat hulle ’n vyfdejaar-ekonomiestudent, Dumane Gwebu, raakgery en aangerand het op kampus.

Charl en Kobus het op 20 Februarie in die Landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die saak is egter uitgestel tot 9 April.

Gwebu beweer dat dit nie

Maties professor ontvoer en aangerand

Tuksstudente bekommerd oor hul veiligheid

Kovsies rasse-aanval: 2 geskors

WêreldnuusKortliksNOORD-KOREANoord-Koreane ‘stem’ in verkiesing

Die burgers van Noord-Korea is oppad stembusse toe om te stem vir ’n nuwe nasionale wetgewer. Hulle kan egter nie kies vir wie hulle stem nie omdat daar slegs een kandidaat per distrik is. Die verkiesing vir die Hoogste Raad van die Mense is die eerste van sy soort in vyf jaar. Dit is ook die eerste onder die leiding van die huidige leier Kim Jong-Oen. Vol-gens die Noord-Koreaanse grond-wet is dié vergadering die mees magtige in die land. Kritici is egter van mening dit het baie min poli-tieke mag.

John Basile, ’n man van Lockport in Illinois, staar ’n aanklagte in die gesig nadat hy met sy tier aan ’n leiband by ’n kroeg ingestap het. Basile is glo die eienaar van ’n vervalle sentrum wat diere probeer red. By die sentrum hou hy wolwe, ’n beer en ’n tier aan. Ooggetuies sê hulle het net skielik mense hoor skree-vra of “dit ’n tier is?”. Toe hulle omkyk na waar die geskree vandaan kom, het hulle Basile met die tier aan ’n leiband binne in die kroeg gesien. Terry Lemming, polisiehoof van Lockport, se grootste bekommer-nis was dat die tier mense in die dorpie gaan aanval nadat Basile die kroeg verlaat het. Volgens Lemming is dit nie die eerste geval van ’n tier wat in die dorp tussen mense gesien is nie nadat ’n tier glo in 2013 ’n vrou by dieselfde kroeg aangeval het.

ILLINOISMan neem sy tier vir ’n drankie

Toeriste in Australië het baie meer gesien as wat hul ver-wag het toe hulle gesien het hoe ’n luislang ’n krokodil verorber. Volgens ooggetuies was die luislang ongeveer drie meter lank en die krokodil ’n meter lank. Tiffany en Travis Corlis het op die toneel afgekom nadat hulle op ’n kanoe op die meer was. Die twee kanoevaarders het van ver af beweging in die water gesien en op die toneel afgekom toe hulle nadere ondersoek ingestel het. Die ge-stoeiery tussen die twee gediertes het ongeveer vier ure geduur waarna die luislang die dooie krokodil in die water gesleep het. Die slang het glo die krokodil in sowat 15 minute heeltemal verorber.

AUSTRALIËLuislang sluk krokodil heel in

SAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

HANNES KRUGER

Prof. Dan Kgwadi, intre-dende vise-kanselier van die NWU, gaan nie Afrikaans

as onderrigtaal op die NWU se Potchefstroomkampus afskaf nie.

“Afrikaans is deel van ons land se erfenis en word beskerm deur ons grondwet net soos die ander tale in ons land. Dit is die enig-ste inheemse taal wat ten volle ontwikkel is as ’n onderrigtaal op tersiêre vlak. Dit sal selfmoord wees om so ’n erfenis te ver- nietig,” het Kgwadi gesê.

Volgens hom behoort daar ge-fokus te word op hoe om al drie kampusse te diversifiseer en dit meer toeganklik te maak en in-noverend in dié verband op te tree.

Kgwadi wil ook daarop fokus om die transformasieproses van die NWU te versnel, interkampus

belyning aan die kaak te stel en so-siale integrasie te bevorder.

“Ons moet ’n nuwe missie en visie vir die universiteit vestig. Dr. Eloff tree juis vroeër uit sodat ek die leisels kan oorneem en die probleme wat Beeld uitgelig het, kan aanspreek in samewerking met die NWU raad.”

Oor Beeld se beriggewing oor die NWU-Puk het Kgwadi gesê hy respekteer die rol van die media as “oë en ore van die publiek”.

Kgwadi gee erkenning aan die rol van die waghond wat Beeld gespeel het om sulke praktyke aan te spreek en daaroor te berig.

“Ons kan nie gesien word as ’n universiteit wat sulke praktyke aanvaar nie. ’n Zero toleransie- beleid is in werking gestel om sulke praktyke hok te slaan en om sensitiewe en verantwoordelike landsburgers te wees.”

Prof. Dan Kgwadi wat op 1 April sy posisie as visekanselier van die NWU gaan inneem.

Kgwadi: Afrikaans sal voortleef op NWU‘Sosiale integrasie gaan bevorder word’

FRANCOIS LION-CACHET

Die onlangse “Pukke in die sper-vuur” debakel waar Beeld die NWU-Puk uitgebeeld het as ’n uni-versiteit waar nazisme voorkom, tesame met menseregtevergrype in koshuise op dié kampus, het ’n ry verwikkelinge aan die gang gesit.

Dr. Theuns Eloff, uittredende visekanselier, is van mening dat ’n mate van perspektief nodig is.

“Die glas is vir sommiges half-vol en vir ander halfleeg. Ek glo ons moet optimisties na die saak kyk.”

Eloff het op sy eie inisiatief aangebied om twee maande vroeër die leisels van sy pos oor te gee aan prof. Dan Kgwadi.

“In die groter prentjie is twee maande maar min,” het Eloff gesê. Eloff het verder gestel: “Kgwadi moet eerder vroeër die geleentheid gegee word om verant-woordelikheid en eienaarskap van die take aan die hand te neem.”

Hy verwys na die bevindings van die kommissie van ondersoek wat aangestel is om ’n deeglike ondersoek na kulturele, induksie-, oriënterings- en ontgroenings-praktyke te loods na aanleiding van die minister van hoër onder-wys en opleiding, dr. Blade Nzi-mande, se versoek aan die voorsit-ter van die NWU raad, mnr. Peet van der Walt.

Boonop is daar ander take soos die hersiening van die universiteit se missie.

“Hulle sê ’n nuwe besem vee skoon. Kgwadi gaan definitief ’n nuwe perspektief en benadering hê ten opsigte van die universi-teit.”

Eloff is positief oor Kgwadi wat by hom gaan oorneem, maar sê dat tyd die grootste toets is waar-aan voldoen moet word.

Rakende die toekoms vir tradi-sies op die NWU-Puk sê Eloff die universiteit moet wag vir die kom-missie van ondersoek se verslag.

“Ons hoop om die goeie doel-

witte van O&B, asook die goeie tradisies by koshuise te behou.”

“Die vraag wat die universiteit moet vra is of daar ’n ander ma-nier is om studentegees- en lewe te bou sonder om eerstejaars eers af te breek,” het Eloff gesê.

Eloff het verder gesê: “Daar moet koshuisgees op kampus wees. Kampuskoshuise moenie in woonstelblokke omskep word nie. Dit is belangrik dat ons die goeie behou.”

“Ons moet net versigtig wees. As ons alle tradisies wil behou staan ons die kans om almal te verloor. Ons kan wel sonder ’n paar klaarkom.”

“Ons moet net ’n pad vind om te bereik wat ons wil sonder dat enige menseregtevergrype plaas-vind.”

Eloff positief oor NWU se toekoms

Eloff is positief oor Kgwadi wat hom opvolg

Page 3: Wapad - 13 Maart 2014

3 Nuus13 Maart 2014

HANNES KRUGER

’n Aansoek vir die onregmatige uitsetting van vier HK-lede van Karlien-vrouekoshuis is Maan-dag by die Hooggeregshof van Suid-Afrika se Gauteng afdeling uitgereik.

Die oogmerk van die aansoek is om die vier HK-lede wie se verblyf-regte volgens die HK-lede onreg-matig beëindig is, te herstel.

Die vier HK-lede se regsver-teenwoordiger, Werner Human, het gesê die universiteit het nie die beginsels van natuurlike ge-regtigheid gevolg toe dié HK-lede tydelik uit die koshuis geskors is weens beweerde onbehoorlike praktyke nie.

Human het verder gesê dat die bevindings wat die universiteit gemaak het in die verband on-getoetse bewerings is omrede die HK-lede nie ’n billike kans gegun is om hulle saak te verdedig nie.

“Die proses wat die universi-teit gekies het om te volg is beslis drakonies van aard en dit is veral belangrik om te noem dat daar op geen punt ’n ontmoeting met die HK-lede was met feitlike bewe- rings nie, slegs vae en onduidelike punte wat die HK-lede tot die beste van hulle vermoë geantwoord het,” het Human gesê.

Human het verder gesê die uni-versiteit het op die dag van die ty-delike skorsing nie genoeg bewyse teen die vier HK-lede gehad om hulle verblyfregte te beëindig nie.

Human het Vrydagaand, 7 Maart, slegs die klagstaat van die universiteit namens die vier HK-lede ontvang.

Die vier HK-lede saam met hul regsverteenwoordiger bestudeer die aanklagtes en sal binnekort ’n pleit indien.

Volgens Danelle Kamffer, stu-dente-dissiplinêre beampte van die NWU se Potchefstroomkam-

pus, is enige tydelike skorsing standaard praktyk wanneer daar ’n klag of bewering van viktimi-sasie of intimidasie is.

Kamffer het gesê dat die HK-lede ’n regverdige kans gehad het om hulle saak te stel tydens die ondersoek.

Sy het verder verduidelik dat die HK-lede vyf dae ná hulle ty-delike skorsing gehad het om ver-toë te rig. Kamffer het bevestig dat nie een van die HK-lede vertoë gerig het nie.

Luidens ’n verklaring van die NWU het 18 van die 26 HK’s van die Over de Voor- en Ratau mans-koshuise, asook Karlien-vrouekos- huis wat aanvanklik as moontlike skuldiges uitgewys is, die afgelope week deur middel van pleitooreen-komste skuld beken aan ontgroe- ningspraktyke wat teen die Uni-versiteit se beleid is.

Volgens Kamffer het ses HK-lede van Karlien en twee HK-lede

van Overs nie skuld beken aan die ontgroeningspraktyke nie.

JD Conradie, prim van Overs, het glo intussen sy studies ge-staak.

Al agt HK-lede van Ratau het die skuld beken.

Al die HK-lede wat skuld beken het, behou hul HK-status en kon reeds na hul koshuise terugkeer, maar verbeur ’n deel van hul ho-norarium en is opgeskorte von-nisse opgelê.

Volgens Frans Erasmus, prim

van Ratau, is 50% van die hono-rariums van die HK-lede van dié koshuis verbeur en is ’n opge-skorte vonnis van ses maande opgelê.

Die klagtes teen die HK van Ratau was die gevloek en geskree op ’n eerstejaar, asook dat hulle nie die ooreenkoms nagekom het wat hulle aan die begin van die jaar by die menseregte-opleiding onderteken het nie.

Overs het teen druktyd geen kommentaar gelewer nie.

HK-skorsing dispuut duur voortVier HK-lede van Karlien reik aansoek uit by hof vir onregmatige uitsetting

Die onderskeie koshuise se HK-lede wat die pleitooreenkoms onderteken het:

Ratau: Al agt HK-ledeOver-de-Voor: Ses HK-ledeKarlien: Drie HK-lede

VERSLAGSPAN

Ondanks die drama rakende die wenners van dié jaar se kampus-debat het die top agt spanne in die A-liga-finaal steeds vir baie ver-maak en hittige debat gesorg.

Vergeet-My-Nie en Veritas het as die wenners van die onder-skeie vroue- en mansafdelings weggestap. Die mans het vanjaar wel algeheel koning gekraai met Veritas in die eerste plek, Patria tweede, Ratau Lebone derde en Heimat vierde.

By die B-liga het Excelsior en Vergeet-My-Nie gewen.

Ons fokus voortaan op die A-liga se hoogtepunte.

Op Woensdag 5 Maart was Veri-tas die regerende party in die eerste onderwerp: “Die insae tot staatsfondsbesteding behoort di-rek proporsioneel te wees tot die hoeveelheid belasting wat betaal word.”

Hul standpunt was dat ekono-miese groei voordele vir die hele bevolking inhou, soos werkskep-ping en opheffing van die laer klas. Heimat het hierdie sterk teengestaan met die mening dat ekonomiese groei veroorsaak dat rykes net nóg ryker word.

Die volgende mosie was dat ongeletterde mense se stemkrag minder behoort te tel as opgeleide mense s’n.

Eikenhof het gemeen dat mense met tersiêre opleiding ’n beter idee van die politiese klimaat het en daarom meer ingelig is, waar-op Vergeet-My-Nie gesê het dat die opleiding van ’n persoon geen invloed op sy vlak van opvoeding het nie.

Patria het teen Ratau Lebone geargumenteer dat ’n mediese fakulteit by die NWU-Puk wel ’n

positiewe inspuiting vir ons land se gesondheidskrisis sal wees aan-gesien daar ’n tekort aan dokters is. Die opposisie het gemeen dat daar eerder ’n tekort aan toerus-ting en infrastruktuur is, en dat kapitaal op die bestaande gesond-heidstelsel spandeer moet word.

Die aand het op ’n hoë noot af-gesluit met Klawerhof wat dag-gagebruik wou laat wettig deur te verduidelik watter mediese voordele dit vir gebruikers inhou. Heide het dit teengestaan deur die negatiewe uitwerkings van dagga op die menslike brein te noem en daarmee gemeen dat dagga-gebruik nié gewettig behoort te word nie.

Donderdag, 6 Maart, het die tweede deel van debat afgeskop met die vraag of Edward Snowden ’n Nobelprys verdien vir sy lek-kasie van vertroulike inligting aan WikiLeaks.

Klawerhof het vas geglo dat Snowden vir mensdom ’n guns gedoen het.

Op ’n punt van inligting wat Vergeet-My-Nie vra of Snowden nie die vrede in Amerika juis be-dreig het nie, kap die regering te-rug dat die vrede in Amerika altyd bedreig is want “hulle het te veel vyande om te tel”.

Volgende moes Veritas en Patria uitklaar of die universiteitsbe- stuur te veel verwag van studen-teleiers in terme van oriëntering.

Patria noem dat die onlangse skorsing van HK-lede nie regver-dig is teenoor die betrokke HK-lede nie.

Veritas is van mening dat HK-lede hulself verkiesbaar stel en dus hulself inlaat vir al die ve-rantwoordelikhede wat op hulle geplaas word.

Daarna het Eikenhof hul onder-werp sterk gebou teen Heide in die argument dat hidrobreking (frack-ing) in die Karoo meer gaan breek as bou.

Heide veg nog vir hul plase, dan sê Eikenhof dat dit net ’n klein oppervlakte sal opneem. Sodra Heide watergebruik ophaal, sê Eikenhof dat baie meer deur Es-kom vir alternatiewe kragopwek-king gebruik word.

Laaste, maar volgens sommige die meeste, was Heimat die rege-ring en Ratau Lebone die oppo-sisie in die onderwerp dat Suid-Afrika se politiese opportunisme gestaaf word deur die DA en AgangSA se ‘onderonsie’.

Elke spreker het sy das afgehaal aan die einde van sy spreekbeurt. Die laaste sweep het sy vuis op die tafel geslaan en die kreet begin: “Lank lewe debat!”

Die gehoor en beoordelaars was op hulle voete en in trane.Verslagspan: Christo Bester, Anine Peters en Benette Rautenbach

Debatoorsig 2014 – vurige debatvoering en drama

VMN en Veritas slaan taai vuishou

Elke spreker het sy das afgehaal aan die einde van sy spreekbeurt. Die laaste sweep het sy vuis op die tafel geslaan en die kreet begin: “Lank lewe debat!”

FRANCOIS LION-CACHET

Eikenhof-vrouekoshuis is ge-diskwalifiseer van vanjaar se kampusdebat weens ’n spanlid wat nie aan die nodige vereistes voldoen het nie.

Dié uitspraak het ’n dag ná al die debatte alreeds plaasgevind het, gekom. Volgens die punte-state van die finale rondes sou Eikenhof gewen het as dit nie vir dié diskwalifisering was nie.

Brezilda van Tonder, spanlid van die Eikenhof-span, het vol-gens die koshuisreglement van die NWU-Puk nie aan die ver-eistes voldoen om ’n ad-hoc lid van Eikenhof te wees nie.

Sy het net vir ses maande in die koshuis gebly, waar dit onder meer vereis word dat ’n student vir meer as ’n jaar in die be-trokke koshuis woon.

Volgens Anneke Ueckermann, SR:Kunste, is daar anoniem navraag gedoen oor dié lid waar-na ’n ondersoek begin is.

“As daar navraag gedoen word dan begin ons ’n ondersoek. Ná die ondersoek het ons bevind dat sy (Van Tonder) nie aan die vereistes van ’n ad-hoc lid vol-doen nie. Ons het die span toe onmiddellik in kennis gestel,” het Ueckermann gesê.

Dié kennisgewing het vyf ure voor die eerste rondes van debat sou plaasvind, gebeur.

Volgens Michelle Groenewald, lid van die Eikenhof debatspan, was hulle nie bewus van dié ver-eiste nie.

“Ons het daar vir die eerste keer gehoor dat die huisreëls van SR:Kunste verander het van

2010/2011 af. In die verlede was dit net nodig om vir ses maande in die koshuis te gebly het om te kan ad-hoc,” het Groenewald gesê.

Die debatspan van Eikenhof het geargumenteer dat die huis-reëls van die jaar toe Van Tonder ’n ad-hoc geword het, deurentyd vir haar moet geld en nie die nuwe vereistes nie.

Die huisreëls van 2012/2013 maak wel voorsiening dat ’n stu-dent as ad-hoc erken kan word in ’n uitsonderlike geval.

Die saak is verwys na prof. Rickus Fick, studentedekaan. Fick het dit aan die dissiplinêre kantoor oorhandig.

Prof. Ig Vorster van die dis-siplinêre kantoor het toe die bevinding gemaak dat Eikenhof wel gediskwalifiseer is. Die nuus is die oggend van die uitslae deur middel van ’n brief aan die be-trokke partye bekendgemaak.

Volgens Ueckermann kon hulle dalk Van Tonder as ad-hoc erken het as dit vroeër onder hul aandag gebring is.

SR:Kunste het vir Eikenhof die geleentheid gebied om Van Tonder te vervang met ’n ander spreker, maar dié aanbod is skyn- baar van die hand gewys.

Die span het genoem dat ver- anderings aan die huisreëls ook publiek bekendgemaak moet word, nie net aan die koshuis-ouers en HK-lede nie.

Hulle het wel aanduiding ge-gee dat hulle tevrede was met die beslissingsproses, asook die uitspraak.

Eikenhof debattitel kwytDie Eikenhof-vrouekoshuis se debatspan wat gediskwali�seer is.

Veritas se debatspan. Suzaan Rossouw. Heimat se debatspan.

Page 4: Wapad - 13 Maart 2014

Advertensie4 13 Maart 2014

Page 5: Wapad - 13 Maart 2014

5 Nuus13 Maart 2014

LIEZIL HUYSEREerstejaarBA KommunikasieBellatrix

“Die staat s’n. Barry Roux irriteer my net, hy maak simpel foute.”

KATLEGO MATLALAEerstejaar Psigologie en sosiologie Privaat

“The state’s case. I felt that the two witnesses who heard the screams and all the other stuff is making it very strong.”

DANRU MEIRINGEerstejaar Finansiële rekeningkundeVillagers

"Die staat s'n. Ek kyk Carte Blanche en daar was mos geweer-skote en toe bel die sekuriteit vir Oscar en toe sê hy alles is reg.

B.J. ENGELBRECHTEerstejaar Mikrobiologie en biochemie Heimat

“Dis ’n moeilike vraag, want Os-car is ’n held vir baie mense en niemand wil hulle held in so ’n posisie sien nie. Maar sy kanse teen die staat lyk sover baie sleg.”

ELRISAOPPERMANN Eerstejaar Maatskaplike werkLa Varia

“Dit lyk nie baie goed vir Oscar nie, maar ten spyte van al die dinge wat teen hom tel, wil ek nog steeds hê sy saak moet die sterkste wees.”

HEINRICH WEICHDerdejaar Psigologie en Tale Patria

“Die staat, net omdat ek van die begin af teen die Oscar ding was. Ek volg dit nie regtig nie, maar die staat.”

KOSHUISNUUS

Wanda se week van sportsbalkonversiering. Ander akti-witeite, insluitend tafeltennis, volleyball, trollieresies, nappy-run, sokker, en ’n hele klomp boeresportaktiwiteite het ook plaasgevind, asook ’n aksie met Excelsior-manskoshuis.

Die opwinding is afge- sluit met ’n informal op Sater-dagaand waar die wenners van die week aangekondig is. Van-jaar se algehele wenners was Eensklaps en Bianca het die geesbeker huis toe gevat.

Theunissen gaan aan om te sê: “In hierdie week word daar nuwe vriendskappe gevorm, gees word gebou en op die einde staan almal saam as trotse Wan-daliete met goeie gees en ’n be-sonderse susterskap.

Wanda se jaarlikse sportweek het verlede week plaasgevind en het weereens vir eerstejaars, seniors, en ad-hoc lede tesame baie pret verskaf.

Gedurende hierdie week kom-peteer Wanda se vier blokke (Bianca, Aitsa, Eensklaps, en Ditsem) teen mekaar in goeie gees en bou nuwe vriendskappe met hulle spanmaats.

“Almal in die blok bring hulle matrasse af en slaap vir die hele week onder in die blok om gees te bou en dit vergemaklik die hele doel waar eerstejaars en seniors mekaar leer ken, lek- ker saam kuier en bond,” het Dalene Theunissen, primaria van Wanda gesê.

Die week het afgeskop met ’n pot en pons kompetisie en ’n

Daar lê baie opwinding vir Minjonet-vrouekoshuis in die volgende paar weke voor.

Die koshuis se tweedejaars word ingehuldig gedurende hulle sambreelinhuldigings-funksie op 17 Maart. Hierdie sambreel sal die meisies uitein-

delik uitken as seniors in die koshuis.

Verder het Minjonet se “MIN-NIE-week” op 10 Maart begin waar die koshuis heel week by verskillende aksies betrokke sal wees en die week sal afsluit met ’n informal op Saterdagaand.

Sambrele vir al die reën

SAAMGESTEL DEUR ANINE PETERS

17 Maart is sambreel- inhuldigingsfunksie

Oscar Pistorius: is die staat of verdediging se saak die sterkste?

SIMON SONNEKUS

Wroem-wroem, biep-biep. Die aantal motors is aan die toeneem in hierdie

klein studentedorpie. Maar soos elke ander dorpie is daar ’n paar karakters met unieke rydinge en geite op die paaie. Hier is 10 is-sues oor hoe studente hul motors hanteer en bestuur.

Heito! Veels geluk, jy het ’n Golfie. Nou moet jy almal gaan laat weet deur hom 17

miljoen keer te rev soos jy ry. Moet ook nie bekommer oor die petrol-rekening nie, hier in Suid-Afrika is brandstof mos baie goedkoop.

Save the Rhino, koop ’n Land Rover. Plak hom dan vol stickers oor hoe jy die reno-

sters gaan beskerm. Sit ook ’n byl op jou dakrak en ’n gasbottel of twee. Jou ouma se rusbank kan op die dak gaan saam met ’n konsert-vleuelklavier. Jy kan in jou kar lewe. Alles is aan die bakwerk vasgeskroef.

Met nommerplate soos Dolla, Yster en ‘4 my princess’ kan mens net aflei dat jy werklik

daarvan hou om jou rykmans-hulpbronne in ons arme studente se gesigte te smeer. Verder is julle glad nie oorspronklik nie. Julle SMS-taal materialisme maak ons naar. Jou naam in die verklei-

ningsvorm is ook bitterlik kitsch en jou ouers het min styl as hulle dink dit is oulik.

Name vir motors is net so belaglik soos nommerplate. Hier loop oorspronklikheid

weer baie laag. Heroorweeg jou verhouding met jou kar. Mens sou nie sê jy is so lief vir Ou Paddatjie as jy sien hoe vuil hy is nie.

Bumper stickers, nee, eintlik alle plakkers moet onwettig wees. Vonnise sal uitgedeel

word vir die lameness van jou sticker. Dié met Monster-stickers van enige vorm of grootte gaan onmiddellik tereggestel word.

Die pad langs Bourbons is nie die Autobahn nie. Jy gaan nog ’n pragtige akkerboom

of iemand op ’n roomyskarretjie tref. Jou pa gaan nie baie beïndruk wees nie; jou selmaat, aan die an-der kant...

Ouens, niks op aarde lyk slegter as jou arm wat ver by die kar se ruit uitsteek nie.

Spaar liewer daai geldjies wat jy blaas op brannas, protein en flat-peak caps (wat jy in elke geval ver-keerd om dra) en koop dalk ’n kar met ’n lekker aircon. Moet tog net nie ’n scooter koop nie. Daar’s een gespierde tier wat rondry op ’n poegie in Potch en hy lyk plein-

weg potsierlik.

Jou ma sal nie baie gelukkig wees as jy met CD oorbelle huis toe kom nie. Ook nie

enige soort disco bal of furry dice nie. Met hierdie logika in gedagte is dit net nie cool om iets aan jou truspieël te hang nie. Jou ma sak haar skop in skaamte as sy hoor watse vreemde voorwerpe jy daar hang. Haal dit maar eerder af.

Dankie, dis 04:00 die oggend en ek sukkel om te slaap. Die konstante geblêr van Pitbull

uit jou tjor se speakers help my om te slaap. Jy is so bedagsaam ek high five jou sommer met ’n krieketkolf.

Ons almal weet dat ’n snollie soms pla, puisies raak lastig en

tandaanslag irriteer, maar moet geensins eers oorweeg om dit in erge verkeer reg te stel nie. Som-miges dink ’n mens kan hulle nie sien as hulle kneukeldiep in hul neuse grou nie. Hou op of tint jou vensters. Miskien moet jy eerder Wapad lees, dalk leer jy iets.

Studente se wille wiele

CHRISTO BESTER

Die blou-ape op kampus gaan moontlik verwyder word nadat dié amusante klompie tydens die Desember-vakansie heerlik nes geskop het terwyl dit stil en salig sonder die studente was.

Volgens Kiewiet Scheppel, me-diaskakelbeampte van die NWU-Potchefstroomkampus, word daar eers bepaal waar die ape vandaan gekom het, asook hoeveel daar is voordat hulle verwyder sal word.

Daar is alreeds bepaal dat daar twee troppe ape is wat uit on-geveer 20 apies per trop bestaan.

Die ape het verlede jaar tydens die Desember-vakansie by die NWU-Puk se gronde aangekom.

Die ape kom glo van die gebied agter Witrand ná die asblikke daar aangepas is sodat die ape nie meer kos daaruit kon kry nie.

Die ape het eers by die weer-magbasis aangeland, maar die asblikke is daar ook bestand teen die ape gemaak. Daarna het die apies na die kampus beweeg.

In samewerking met Darren Kruger van die DBV word daar tans ’n opname gemaak oor waar die ape hulself op kampus vestig, asook wat die impak van hulle teenwoordigheid is.

Primate SA, ’n organisasie van Mpumalanga, het aangedui dat hulle moontlik sal belangstel om die ape te vang en te hervestig in die natuur.

Dit is tans nog onbekend of die ape wel verwyder gaan word en waarheen hulle gevat gaan word.

Intussen word personeel en stu-dente versoek om nie die apies te voer nie en hulle ook nie skrik te maak nie.

Scheppel waarsku dat die apies aggresief raak en nie sal skroom om aan te val indien hulle bedreig word deur mense nie.

Apies dalk binnekort van kampus verwyder, in natuur hervestig

Blou-apies in verskillende bome op die kampus.

Daar’s twee troppe ape wat uit ongeveer 20 apies per trop bestaan.

FOTO'S: Gert Coetzer

Page 6: Wapad - 13 Maart 2014

6 13 Maart 2014Advertensie

FOR SPORTS NUTRITION

BUY 2+1 FREE

EvoxCreatine

HCL90 capsules

1 FORR239.95

3 FORR479.90

MuscleTech NeuroCore190g

R39995 SAVE R80

BiogenPre-Amped

Concentrate280g

R29995

SAVE R50

USN Hyperlean

220g

R28995

SAVE R50

BiogenAmino Power350g

R29995

SAVE R50

BPI 1.M.R.Vortex224g

R43995

SAVE R60

BPIWhey-HD

950g

R43995

SAVE R60

EvoxHydro Heat Hardcore 2120 capsules

R32995

SAVE R40

Biogen ThermoCut

120 capsules

R29995

SAVE R50

MusclePharm Assault460g

R29995

SAVE R70WEIGHT MANAGEMENT

Evox100% Whey Protein 2kg

R44995

SAVE R100

SHAREyour weightloss

journey & WIN

Visit our Tony Ferguson South Africa Facebook page and post your BEFORE and AFTER photographs with a short description of your Weightloss journey. Do this before 06 April 2014 and stand a chance to win a makeover and a professional photo shoot worth R5000.

Terms and conditions available from [email protected] closes on 06 April 2014.Consult your doctor or healthcare professional before embarking on any weight loss program.

080-SLIMMER | 080-7546637 www.tonyferguson.co.za

Tony Ferguson Weightloss South Africa

Muscle TechNitro-Tech / Cell Tech

5lbs ComboR885 SAVE R250

NEW

BiogenDiet Protein

1.8kg PLUS400g FREE

R46995

NEW NEW

SupaShape Diet Whey MRP1.8kg PLUS Flavour Infusions valued at R99.95

R43995

SAVE R129.95

NEW

Biogen TonalinCLA Drink210g

R19995

SAVE R10

NEW

USN CLA & Raspberry

Ketone Drink210g

R16995

SAVE R30USNDiet FuelUltralean1kg

R20995

SAVE R60

USN Garcinia Cambogia60

R14995

SAVE R30USN

Phedra-Cut Lipo XT 2014

80

R29995

SAVE R80NEW 2014 FORMULA

GO

Adv

ertis

ing 6

9726

Page 7: Wapad - 13 Maart 2014

7Nuus13 Maart 2014

Hoe veilig is Potchefstroom werklik?BENETTE RAUTENBACH

Soos voedsel en water nodig is vir ’n gesonde liggaam, so is die wete van veiligheid nodig vir ’n rustige siel. Met talle voorvalle van misdaad wat die afgelope jaar in die lewens van Potchefstroom-studente plaasgevind het, kom die vraag weer en weer na die tafel. Hoe veilig is die kampus en Potchefstroom-omgewing regtig vir studente?

“Ek is oortuig daarvan dat ons een van die veiligste kampusse in die land het,” het prof. Rikus Fick, studentedekaan van die Noordwes-Universiteit se Potchef-stroomkampus, gesê.

Fick het gesê dat veiligheid van studente ’n hoë prioriteit is. Dis ook ’n aspek wat vir bemarking van die kampus gebruik word om-dat dit beslis deur ouers in ag ge-neem word wanneer hul moet kies waarheen om hul kinders te stuur.

Daar is wél swakplekke wat die veiligheid van studente bedreig.

“Voorvalle van ongelukke as gevolg van dronkbestuur en goe-dere wat uit motors gesteel word, is die tipe gevalle van misdaad wat die meeste deur studente aange-meld word, ” het kaptein Chaka, mediawoordvoerder van die SAPD in Potchefstroom, gesê.

“Studente gaan kuier in die aande en besef nie hoe gevaarlik dit kan wees om te drink en dan te bestuur nie,” het Chaka gesê.

Volgens hom moet daar glad nie gedrink en bestuur word nie. Sy voorstel is dat wanneer studente

tors wat veral studente beïnvloed. “Dit is veral ’n probleem op die

Bult-area. Studente is haastig en maak nie altyd seker dat hul voer-tuie gesluit en veilig is nie.”

“Verkragting is nie regtig iets waarmee ons baie probleme het nie, alhoewel ’n student van die NWU-Puk vroeg in Februarie in haar woonstel deur drie mans verkrag is. Daar moet dus kennis geneem word en dames moet ver-antwoordelik optree.”

Alet Rudolph, oud-speurder wat

met seksuele misdrywe gewerk het, waarsku dat vroue nie alleen moet rondstap nie.

Vir iemand wat wél ’n slagoffer was, gee sy die volgende raad: “Dis baie moeilik om daaroor te praat, veral as dit iemand is wat jy ken. Soms word emosies onderdruk en kon eers op ’n latere stadium na vore. Daar moet so gou as moont-lik deur die trauma gewerk word.”

“Gaan meld die saak dadelik by die polisie aan sodat die persoon vasgetrek kan word en ander mei-

sies nie ook in die slag bly nie.”Verder sê Rudolph dat vroue nie

moet bad of stort nadat so iets met hul gebeur het nie. Dit verwyder bewyse teen beskuldigdes.

Wie is dan verantwoordelik vir die veiligheid van studente?

Beskermingsdienste maak ge-bruik van ’n magdom pro-aktiewe en reaktiewe veiligheidsmaatreëls om die kampus veilig te hou en ’n veilige studie- en werksomgewing te skep.

“Die individu se nalatigheid speel ’n groot rol in veral diefstal uit motorvoertuie. Dit is belang- rik om nie waardevolle items in motors te laat nie en om ook jou motor, huis en kamerdeur te sluit om booswigte nie verder uit te lok nie.”

Beskermingsdienste het slegs op kampus uitvoerende mag. Gebiede rondom kampus, waar dorpstudente beweeg, is die taak van die SAPD. Daar is egter goeie samewerking tussen die twee in-stansies en inligting word gereeld uitgeruil.

Beskermingsdienste kan vir enige tipe noodtoestand gekontak word en dit sluit motorongelukke en mediese ongevalle in. Daar is ook 24 uur personeel beskikbaar om klagtes op te volg.

Hoofstrukture doen hul bes om studente se veiligheid te verseker. Studente moet egter besef dat hul veiligheid ook van hulself afhang en daar moenie onverantwoorde-lik en roekeloos opgetree word nie.

uitgaan, moet daar altyd een wees wat nie drink nie om terug te kan bestuur.

“Dronkbestuur is ’n ernstige oortreding en behalwe vir die feit dat jy ’n kriminele rekord kan kry, is dit ander mense se lewe wat in gevaar gestel word.”

Die Alkoholiste Anoniem (AA) staaf Chaka se mening deur te sê dat slegs een eenheid alkohol mens se ryvermoë kan verswak.

Chaka het ook uitgevaar teen- oor diefstal van goedere uit mo-

Thalia weer op dreefMARLANDI KÜSSMAN

Ná die onlangse bestuurswete van die Thalia-bestuur blyk dit asof Thalia-toneelgeselskap nou reg is vir die jaar se verrigtinge na ’n nuwe bestuur aangestel is.

Dit kom nadat meer as die helfde van Thalia-toneelgesel- skap se bestuur in Januarie be-dank het en dié onderliggaam tydelik ontbind het.

Daar is op 18 Februarie 2014 nuwe swete gehou en ’n nuwe bestuur is verkies.

Volgens Rozeldi Trollip, die nuut verkose voorsitter van die bestuur, gaan die nuwe bestuur nie in die verlede vasstaar nie, maar eerder fokus op ’n nuwe en skoon begin.

“Die nuwe bestuur het ’n uit-stekende groep-dinamika en ons geniet dit baie om saam te werk,” het Trollip gesê.

Shaun van Eyssen, UK-lid vir kunste-onderliggame, het gesê die nuwe groep werk goed saam en dat die bestuur gekies is op grond van goeie leierseien- skappe en nie weens hulle vorige ervaring en ondervinding by

Thalia-toneelgeselskap nie.Trollip het gesê dat daar tot

dusver geen veranderinge aan die reglement van Thalia aange-bring is nie, maar dat daar wel ’n oop en doeltreffende kommu-nikasiekanaal is om enige mis-verstande of konflik vroegtydig op te los.

Alle oë is op die toekoms van Thalia-toneelgeselskap, veral omdat die eerstejaarproduksie nie meer gaan plaasvind nie.

Volgens Van Eyssen is die rede hiervoor beperkte tyd vir die nuwe bestuur om alles be-tyds gereël te kry aangesien die eerstejaarsproduksie oor twee weke sou plaasvind.

Volgens Van Eyssen sal die eerstejaarsproduksie weer vol-gende jaar plaasvind.

Volgens Trollip gaan die nuwe bestuur veranderinge in die jaarbeplanning aanbring.

“Dit is ’n goeie ding aangesien ons baie interessante en opwin-dende dinge beplan. Die nuwe bestuur is hard aan die werk om hierdie termyn uiters suksesvol te maak,” het Trollip gesê.

2009 2010 20122011

800

700

600

300

400

500

100

200

Dronkbestuur

Diefstal vanuit voertuie

Verkragtings

2013

Statistiek: veiligheid in Potchefstroom

Dronkbestuur, verkragting en diefstal uit voertuie

Die nuwe Thalia bestuur. Agter v.l.n.r: Janski Ceronio, JP Myburg, LeRoux Malan. Voor: Jan Hendrik Opperman, Arisa Jv Rensburg, Rozeldi Trollip, Ansoné Conradie, Ruan Cronje. FOTO: Alicia Kotzee

Page 8: Wapad - 13 Maart 2014

8 13 Maart 2014K&V

9 9

CD-resensie:Nag van die lang pette

Fliektomaan:Vrou soek Boer

Joshua na die Reën - Seën van boMIZAN VAN DER MERWE

Terwyl die soet klanke van Joshua na die Reën die Snowflake-teater vul en die

konsertgangers op ’n musikale avontuur neem, val die reën klip-hard buite.

“Dit reën al met elke konsert die jaar. Dit is vir my ’n teken van seën, want reën is nodig vir enig-iets om te groei en ek hoop my musiek laat iets groei in dié wat daarna luister,” het hy vertel.

Sy warm persoonlikheid het ty-dens sy vertoning op Donderdag 6 Maart die gehoor gemaklik laat voel en jy het gou agtergekom, in-dien jy nie reeds sy CD stukkend geluister het nie, dat sy musiek propvol betekenis, opregte gevoel-ens en emosie is. Dit is verfris-send om na een van sy vertonings te gaan kyk en orals om jou sit die mense met tevrede glimlagte op hul gesigte terwyl hul voete rit-mies op die vloer saam tap.

Alhoewel hy al voorheen in Potchefstroom was, is dit egter sy eerste keer wat hy hier optree.

“Dit is lekker om van die ver-hoog af te kyk en te sien die mense sit en luister, jy kry dit min, veral by studente,” het hy gesê.

Tussendeur die liedjies wat hy sing, vertel hy stories wat ver-duidelik waaroor die liedjies gaan, hoekom hy dit geskryf het of wat-ter dieper betekenis dit vir hom inhou.

Van die liedjies wat hy gesing

Links: Armandt Janse van Rensburg, 'n NWU-student, het die vertoning geopen. Middel en regs: Joshua na die Reën en van die lede van sy band tydens die vertoning. FOTO'S: Gert Coetzer

het gaan oor mense wat hom na aan die hart lê soos sy vrou, Danelle, mense wat vir hom iets beteken het, die waarde van woorde en om te verlang na iets terwyl jy nie altyd weet wat dit is nie.

“Soos julle kan hoor dink ek nogal baie oor goed,” het hy met lag in sy stem gesê.

Volgens hom is “Waar’s jy” sy gunsteling liedjie op sy album, om-dat dit die diepste met hom praat. Hy het bygevoeg dat hy in die be-gin gehuil het as hy dit vir mense gesing het. Hy het vertel dat dit gaan oor die jonger weergawe van homself wat aan die ouer een vra: “Waar is die kind in jou?”.

Joshua na die Reën het vinnig groot opslae in die musiekbe-dryf gemaak ná die verskyning van sy debuutalbum in 2013. Hy is boonop tans vir drie Ghoema- toekennings, wat op 13 April plaas-vind, genomineer en sluit beste kontemporêre album deur ’n man-like kunstenaar, nuweling van die jaar en beste manlike kunstenaar van die jaar in.

“Ek het geen verwagting vir die toekoms nie, ek sit in afwagting vir wat gaan gebeur,” het hy opge-wonde gesê.

Hy het reeds begin skryf aan sy volgende CD en op 31 Maart begin hy met ’n landswye toer al langs die kus af.

“Dié is my passie, ek wil dit

beslis voltyds doen,” het hy self-versekerd gesê.

Voor die vertoning het Armandt Janse van Rensburg,

’n student aan die NWU Potchef-stroomkampus en aanhanger van Joshua na die Reën, die aand met twee liedjies geopen.

"Dit is vir my ’n reuse voorreg om vanaand hier te wees," het Janse van Rensburg opgewonde gesê.

Ná die afgelope week is dit duidelik; waar ’n kampus kunste-aksie plaasvind, gaan dit hand aan hand met emmers vol drama. Ons het ’n goeie uitsig hier uit die eerste ry en ons sit gereed met springmielies in die hand.

Debat het vanjaar weereens nie teleurgestel nie en ná die kompe-tisie reeds verby is, het dié wat daaraan deelgeneem het (en selfs nie deelgeneem het nie) besluit hulle is nie klaar gestry nie en het hul vermoë sowel as hul onvermoë na die kuberruim verskuif.

Facebook en Twitter het be- hoorlik gegons met verduideli-kings, hope sarkasme, grappies, geïmpliseerde beledigings en som-mer direkte beledigings, verdedi-

gings en natuurlik emosionele oorreagering.

Iemand het ewe skerp op Twit-ter gebrul: “Tydens debat is daar ’n mosie, na debat is daar emosie!”

Soos dit vanuit die eerste ry wil voorkom, is die goeie gees van de-bat maar lekker versuur...

Dit help veel jy het goeie gees tydens die laaste debat, haal jou das, wat veronderstel is om iets te simboliseer, mooi af, jy maak ’n toespraak wat almal soos babas laat tjank en na hul sakdoekies gryp, net om dit alles die volgende dag by die ven-ster uit te gooi deur ’n sosiale media oorlog te begin.

En die storm het behoorlik ge-woed oor Eikenhof se sogenaamde

onregverdige behandeling. Feit bly staan daar het iemand lelik aangejaag. Waar die klag wat teen hul gelê is vandaan gekom het, kan ons almal egter aflei...

Net so op ’n punt van inligting.Soos die debatmense mekaar

op sosiale media bedank het, sou ’n mens kon sweer hul het elk ’n Oscar gewen.

Maar genoeg van debat (dankie tog). Kampuskunste is vinnig besig om baie bedrywig te word. Koshuise hou al oudisies vir toneel, canvas is oor ’n week en die sêrgroepe (oftewel die meeste) is al hard aan die oefen.

Dit gaan interessant wees om te sien of Ratau wat so hard veg om vir hulself naam te maak op die

kunstefront, vanjaar bietjie beter met sêr gaan vaar en of Heimat weer skoonskip gaan maak.

Die groot vraag bly egter steeds of dit vanjaar weer by die vroue in ’n A-span, B-span bloedbad gaan ontaard.

Ons sit angstig in die eerste ry en wag vir die drama om te begin. Ons kan dit sommer, soos ’n yskoue winterbriesie aanvoel; die kunstemense is vanjaar lus om bohaai op te skop oor ALLES!

O, en geluk aan Thalia wat uiteindelik weer al hul varkies op hok het. Hopelik gaan julle nuwe komitee wat eersdaags aangestel word, nie die vorige bestuur se voorbeeld volg en hul pie vat en waai nie...

Uit die eerste ry - Net so op ’n punt van inligting ’N ANONIEME KUNSTE- SKINDERRUBRIEK

Joshua na die Reën tydens sy onderhoud. Hy is tans besig om groot opslae in die musiekbedryf te maak.

Page 9: Wapad - 13 Maart 2014

9K&V13 Maart 2014

tomaanFLIEKVrou soek Boer - Resep vir ‘n gemors

Next next level vir Jack Parow

DONDERDAG 13 MAART - 23:00DJ Fresh - R20 ingang.Impala

VRYDAG 14 MAART - 18:00Mystic’s Third Birthday BashDie Mystic Boer Potchefstroom

SONDAG 16 MAART - 15:30Solo-klavieruitvoering: Tinus Botha.Konservatoriumsaal

WOENSDAG 19 MAART - 20:00PASV Service-aksie.Impala

DONDERDAG 20 MAART Francois van Coke - R40 ingang.Die Mystic Boer Potchefstroom

SONDAG 23 MAART - 14:00Fondsinsameling vertoning met Antipode - R100 ingang.Snow�ake

DINSDAG 25 MAART - 19:30Musikale reis met Human Coetzee (tjello) & Jetty de Vries (orrel)NG Kerk Miederpark

WOENSDAG 26 MAART Disfunctional Beat Shadow Dancing Show Bourbons

SATERDAG 29 MAART “Earth Hour” (Go Green Party) Bourbons

13 Maart - 29 Maart

TARINA MULDER

Nag Van Die Lang Pette is Jack Parow se derde vollengte studio-album en hierdie keer het hy nie teruggehou nie. Die album is ’n dubbel weergawe wat uit ’n elf snit akoestiese-album en ’n vyftien snit elektriese-album be- staan. Die album word verryk met verskriklik baie ondersteunende kunstenaars en Radio Raps maak ses keer sy verskyning om seker te maak dat die luisteraar by bly. Die twee genres is ’n speling tus-sen twee pole, die romantiese en die rowwe.

Die akoestiese-album sluit ’n hele nuwe musikale wêreld vir Jack Parow oop. Loki Rothman, sy kitaarspeler, is een van die land se kitaarmeesters en is uit-stekend op die akoestiese-album. Hy is wel ’n hulpbron wat Jack Parow lankal meer kon benut het.

Die akoestiese-album bevat splinternuwe liedjies asook ou gunstelinge van die vorige al-bums. Aanhangers het gestel dat hulle egter meer van die akoes-tiese weergawes van liedjies soos Katerien en Last Laugh hou. Kunstenaars wat saam op hier-die akoestiese-album gewerk het sluit Francois van Coke, Valiant Swart, Mr Cat & The Jackal en Pierre Greeff in.

Die elektriese-album word beskryf as die deel waar die tan-nies hulle koppe skud. Die liedjies is harder, beter en meer intens as voorheen. Die album is definitief beter deurdink as die voriges.

Jack Parow se DJ, DJ Naaldekoker, is duideliker en tighter as wat hy was en is heel waarskynlik die rede vir die suksesvolle albumklank. Dié kant van die album ontstaan uit samewerkings van onder andere

PHFat, Francois Van Coke en glo dit of nie, Die Klipwerf Boere-orkes.

Bloubek is die eerste enkelsnit vanaf Nag Van Die Lang Pette en glo my, hy stel nie teleur nie. Die album is ’n moet en Jack Parow se groei kan gehoor word deur die feit dat hy sy band meer gebruik. Nag Van Die Lang Pette is next next level en sal beslis jou brein blaas.

Nag Van Die Lang Pette

Jack Parow tydens sy CD-launch by Die Mystic Boer. FOTO: Marius Bester

MIZAN VAN DER MERWE

Daar is min kere wat ek in ’n fliek sit en voel dat ek wil opstaan en loop en selfs vir

’n hopeless romantic soos ek, moes daar maar hard op die tande ge-byt word om in my stoel te bly sit.

Dit gaan klink of ek net fout met alles soek, maar die film steek bitter sleg af teen Pad na jou hart. Net toe Afrikaanse films die weg begin oopbeur, neem dié film twee treë terug.

Die romantiese komedie is ge-baseer op holruggeryde clichés en gaan oor Mareike (Lika Berning), ’n patetiese, lomp stadsmeisie en boonop nog ’n oujongnooi, wat uit die bloute ’n plaas erf by ’n tannie wat sy nie eens kan onthou nie.

Natuurlik vir die film om so voorspelbaar moontlik te wees, loop sy amper onmiddellik die aantreklike, maar hardkoppige, amper perfekte boerseun, Neil, gespeel deur Nico Panagio, raak. Sy besef dit net nie dadelik nie, want soos van haar verwag word, moet sy hom haat en ook ter-selfdertyd liefhê.

Die romantiese komedie-resep behels natuurlik dat daar nog ’n liefdesdriehoek of twee bygevoeg moet word, sowel as wankommu-nikasie en oorhaastige afleidings.

Spoiler alert? Nee, jy weet dit dadelik, want dis ’n resep vir ’n voorspelbare gemors.

Die dramatiese oomblikke val ook heeltemal plat weens die feit dat daar opgewekte musiek speel in hartseer of ernstige oomblikke. Die fliek voel ge-jaagd, maar terselfde tyd voel dit soos ’n ewigheid, ’n toneel het skaars begin dan is hy al verby.

Buiten dit is die spel gefor-seerd, die karakters lyk ooglo-pend ongemaklik met mekaar en is glad nie geloofwaardig of

oortuigend nie. Boonop word die arme stadsmense en boere erg gestereotipeer.

Of dit nou die teater of die film se skuld was weet ek nie, maar as dit nie vir die Engelse onder-skrifte was nie, sou die helfte van die fliek by die fliekgangers ver-bygegaan het. Soms is die musiek of die agtergrond gedruis so oor-verdowend hard dat die vervelige dialoog feitlik onhoorbaar is.

Daar was wel hier en daar ’n oomblik wat jou laat lag het en as jy werklik in die bui is vir ’n Afrikaanse komedie wat nie veel breinkrag gaan verg nie, gaan kyk dit gerus, solank jy net nie te veel verwag nie.

Miskien as die finale produk bietjie meer afgerond was, sou die kykers se irritasievlakke en teleurstelling dalk nie so hoog ge-wees het nie.

CDResensie

Page 10: Wapad - 13 Maart 2014

10 13 Maart 2014Leefstyl

Leefstyl 1111Mode:All about leather

Smulpaap: nom nom nom

LUZANNE KEYTER

As die NWU Potchefstroom-kampus nie vir jou genoeg soos ’n wildsplaas of diere-

tuin voel nie en jy graag uit die kloue van die dorp wil ontsnap, is Kohra leeuplaas die perfekte opsie.

Ongeveer 40 kilometer buite Potchefstroom is ’n plaas wat met leeus teel en dit is hier waar ek met ’n modderige, tien weke oue leeuwelpie kennis gemaak het.

Kohra leeuplaas is in 2000 geopen ná twee leeuwelpies, Nala en Kyara, vanaf ’n plaas in die Vrystaat ontvang is. Die twee is met die bottel groot gemaak in die eienaars se huis. Later is Addo, ’n teelmannetjie bygekry en so is die 150 hektaar teelplaas begin.

Op die plaas is daar tans 32 leeus tussen die ouderdom van twee weke en agt jaar.

Slegs leeus, soos die agt maande oue Survivor, wat met die hand groot gemaak is, word name ge-gee.

“Hierdie leeu, en ander wat met die hand grootgemaak is, is wel nie mak nie en word vroeg terug saam ander leeus van dieselfde ouderdom in kampe gesit. Dit help dat hulle vinnig weer aan-pas,” het Jaco Kleynhans, eienaar van Kohra leeuplaas, gesê.

Al die leeus op die plaas word vir teeldoeleindes aangehou en leeus word meestal aan wildsplase met permitte verkoop.

Volgens Kleynhans word ’n vol-groeide leeu vir tussen R20 000 en R200 000 verkoop, maar dit hang van die leeu se teelkwaliteit af.

Leeuwyfies is 110 dae dragtig met ’n werpsel van een tot vyf welpies. Wanneer die welpies ge-bore word, word die mannetjie uit die kamp gehaal om die veiligheid

van die jonges te verseker. Die plaas spog ook met twee

luiperds, Spikkel en Spottie asook twee rooikatte.

Volgens Kleynhans was daar nog nooit ’n geval waar iemand deur ’n leeu aangeval of beseer is nie, maar sy het laggend vertel dat ’n vrou eenkeer sommer reg agteroor geslaan het, so groot het sy vir die leeu geskrik.

“Die meeste besoekers is maar toeriste van regoor die wêreld, ’n groot klomp kom van Potchef-stroom af en ons het selfs al in-ternasionale tennisspelers hier gehad,”

Op die plaas kan jy saam met ’n gids rondloop tussen die verskil-lende kampe. Hoenders word ge-bruik om die leeus en luiperds te lok sodat hulle van naby af bekyk kan word. Wanneer daar welpies is, kan hulle ook onder toesig op-getel en mee gespeel word.

Besoektye is Saterdae en Son-dae vanaf 11h00 tot 16h00 sonder ’n bespreking en ingang beloop R50 per persoon. Deur die week kan groepe van meer as vyf per bespreking die plaas besoek. Daar is ook ’n kontantkroeg vir ’n koel-drank ná die uitstappie.

Hoe om daar te kom:Neem die N12 na Klerksdorp. Na ongeveer 31km draai voor die mynhoop links op die Buffeldoornpad. Na 9km sit die plaas aan die linkerkant.

Brullende buitelug avontuurLinks: Die leeus kom naby genoeg aan die draad sodat jy aan hulle kan raak. Middel: Jy kan hier selfs die welpies vashou. Regs: Spikkel hou daarvan as jy sy kop vryf. FOTO'S: Luzanne Keyter

LUZANNE KEYTER

Ron Finley once said that grow-ing your own food is like printing your own money.

In a day and age where food prices keep on climbing, growing vegetables and fruit in an urban environment is a sure way to save money and green up the neigh-bourhood.

Urban gardening is basically growing food in a town or city that is heavily populated. Not a large piece of land is necessary and gar-dening projects can be run by an individual, a group of friends or a neighbourhood.

The goal of urban gardening is to encourage the establishment of gardens on unused land and spaces while increasing diversity, raising awareness for health and environmental issues, and inspir-ing and educating people of all ages on all things green.

Rooftops and balconies are the ideal spots for starting your own urban garden, but for those liv-ing in small apartments and resi-dencies, a sunny windowsill will work just as well.

Mushrooms can be grown in a dark cupboard like under your kitchen sink.

Tomatoes, peppers and eggplant are favourites for window boxes or hanging baskets in a sunny

east facing windowsill. Carrots and radishes root deep-

ly and will need boxes of pots to grow in.

Potatoes are hardy vegetables and will grow in anything, from

large pots, buckets or even plastic bags.

Beans and peas should be sown in pots and kept in a sunny space indoors.

Herbs such as basil, chives, oregano, parsley, rosemary, sage, tarragon and thyme also grow inside when placed in the right places and properly taken care of.

Herbs are known for their mul-tiple uses and make a good addi-tion to any meal. They can even be used for medicinal reasons.

In the future, instead of buy-ing that boring old succulent, buy a small rosemary bush for your desk or plant thyme in an old tin food can.

Start an urban garden with your friends or plant a tomato plant in your local park.

Become a part of the food revo-lution.

You can get some plants for your garden from your local nursery. PHOTOS: Mizan van der Merwe

Become a part of the food revolutionURBAN GARDENING

Page 11: Wapad - 13 Maart 2014

Leefstyl 11 13 Maart 2014

CDResensies

Leather Love Affair COMPILED BY MIZAN VAN DER MERWEPHOTOGRAPHER: LUZANNE KEYTERMODELS: LENEY VERCELLOTTI AND EUGENE LE ROUXLENEY’S CLOTHES PROVIDED BY MR PRICE, MOOIRIVIER MALL.

We can’t say that leather making a comeback was totally unex-pected, because leather is such a timeless fabric. Leather is every-where and you can’t deny it, it is highly fashionable. Some people may think they aren’t edgy enough to wear leather or that if you wear leather it means you have to have some level of street cred. Rest assured it is not the case! With leather you have a lot of different options. This week we show you how to add a little leather to your outfit without going overboard.

Guys, when wearing a leather jacket it is important not to look like a grease mon-key. Not only is leather timeless it is also practical. You can easily combine a leather jacket with jeans and leather shoes or converse sneakers. For a more sporty look wear a hoody underneath the jacket.

Girls, you can invest in one classic piece like a black leather jacket that will go with virtually any outfit. Brown or even burgundy leather jackets are also great items to add to your wardrobe. The more daring can try a leather skirt or a sleeveless leather jacket. You can finish the outfit with a pair of boots or sneakers.

SIMON SONNEKUS

Somer is al amper oor en verby en ’n ysige winter kruip al hoe vinniger nader. Daarom is dit nodig om daai sak charcoal uit te ruk en vir oulaas ’n woeste somerpaartie te hou langs die vuur.

Ons weet egter hoe dit gaan, jy is moeg vir pap en sous, braaibrood-jies verg baie moeite en dit staan jou nie veel aan nie. Jy sal veel eerder nog ’n brannas gooi en tjol praat met jou vriende as wat jy moet staan en brode kerf.

So hier is Wapad se oplossing, ’n lekker, souserige kaaskluitjie wat jy kan chow saam met jou tjops of verslind as ’n snack terwyl jou vleisie tan.

Nou ja, hier is iets wat dalk lyk soos begrafniskossies, maar ou maat, hierdie sal tant Sannie se knieë lam maak en voor jy jou oë uitvee verskyn jy in haar testament.

Lip a�ek-lekker kaaskluitjies

Dit neem ongeveer so 20 minute vir die hele shebang.

Bereidingstyd

Metode:

Addisionele opsies:

Benodigdhede

1. nie regtig te sif nie. Gooi alles net in enige soort houer, jou buurvrou se blompot sal seker ook werk.)

4. Bak vir 10 minute teen 220 grade tot hulle mooi goudbruin is.

miekie.

So maklik soos dit!

Wees gewaarsku!

student wat in

stopstrate stop. So as

skep dan maar klein hoeveelhede in

SMULPAAP

wonderbolletjies maak, want hulle is geneig om vinnig te

kluitjies saam met jou tjomme te verorber.

hou nie, moet hulle maar êrens anders gaan braai.

Page 12: Wapad - 13 Maart 2014

Briewe Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

12 13 Maart 2014

KommentaarRedaksioneel

13 Maart 2014

Hoofredaksie

@NWUWapad

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Teksversorgers: Bianca Enslin, Ruan Fourie, Jeanelle Greyling en Hannes Kruger

Uitleg: Hannes Kruger, Simon Sonnekus, Mizan van der Merwe, Lerine Miller en Marianke Saayman

SMS’e en twiets

JeanelleGreyling

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan LEEFSTYL, KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIE BESTUURDER: Lorraine Jordaan

Dit is nou verby

@NWUWapad ontgroening is oers en sinneloos. Dit het geen waarde in vandag se lewe nie. Word wakker PUK. Kom uit die oer tye uit! @lourenssteytler

Lees jou koerant reg en deeglik

Jy kan ’n joernalis aan die lewe hou deur jou koerant te lees. Die probleem tree egter in wanneer jy nie weet hóé nie. Koerante eerbiedig hul verantwoorde-likhede om lesers op te voed en in te lig. Hier volg nuttige wenke vir wanneer jy weer daardie grysb-laaie oopslaan.

Die joernalis wat die berig geskryf het se naam vertoon bo die storie. In die joernalistieke wêreld noem ons dit ’n byline. ’n Joernalis is nooit in ’n berig teen-woordig nie. Die aanhalings is dus nié die joernalis se eie menings nie, maar die bron se kommentaar. Dié naam word langs die aanhal-ing aangedui.

Die hoofartikel is nie op die voorblad nie. Dis die hoofberig. Daar is ’n groot verskil tussen 'n artikel en ’n berig. ’n Artikel open-baar die koerant se sienswyse of beleid oor aktuele sake en is meer geskoei op opinie. Berigte vertoon nie opinies nie, maar rapporteer huidige gebeure. ’n Berig stel alle kante van ’n aktuele saak bekend op die mees regverdige manier moontlik.

Facebook en Twitter is publieke domein. Dit beteken Facebook-fo-to's, statuses en twiets is publieke eiendom. Wees dus versigtig met die foto's en kommentaar wat jy op die kuberruim vrystel as jy nie wil hê dit moet in ’n koerant verskyn nie, want ons mag dit gebruik sonder om toestemming te vra.

Enige soort koerant is nie 'n

PR-blad nie. Die enigste verant-woordelikhede is om die publiek in te lig, op te voed en te vermaak. Hoewel ons advertensies plaas, maak dit nie inbreuk op ons ver-slaggewing nie.

Lees aandagtig en slim. Baie van die mispersepsies is weens on-ingeligte lesers wat die verkeerde afleidings maak. Kry die geheel-beeld en wees krities oor wat jy gelees het.

Staar die waarheid in die oë. Baie mense is kwaad as koerante nuus publiseer waarvan hulle nie hou nie. Baie nuus is onsmaak-lik, maar om dit van die mense te weerhou, grens teen die koerant se beginsels en verantwoorde-likheid.

Studentekoerante is ’n joer-nalistieke leerskool wat ons aan-moedig om dieper te delf. Die Amerikaanse media het destyds tydens die Irak-oorlog nie die hoër gesag uitgedaag nie. Die gevolg was talle mispersepsies onder die publiek. Sowat 58% van die Amerikaners het die Irakoor-log gesteun omdat hulle geglo het dit hou verband met die al-Qaida-aanvalle op die 11de September 2001. Slegs 37% het dit gesteun toe hulle uitvind dit hou nie daarmee verband nie.

Dit is ’n mispersepsie dat ver-slaggewers nie die hele storie dek nie. Dit is soms moeilik om die volledige storie dadelik te kry en deurlopende verwikkelinge oor ’n belangrike saak is ’n nadeel van

onmiddellike nuus. Ooggetuies en bronne kan ook foutief wees. Dit moet ons egter nie verhoed om die onmiddellike feite wat wel beskik-baar is te publiseer nie.

Verslaggewers verskaf nie sensasionele nuus as hulle die emosies gekoppel aan die gebeur-tenisse akkuraat vertolk nie. Ko-erante verskil dus, Wapad is ’n studentekoerant: studentenuus verskil van ernstige koerante soos Mail & Guardian.

Wees interaktief ! oerante hou van jul kommentaar op verskeie platforms soos hul Facebook- en Twitterprofiele en hulle moedig jul briewe aan. Hou die briewe egter onder 600 woorde om her-haling te voorkom en die lesers se belangstelling te behou.

Lees aandagtig en slim. Kry die ge-heelbeeld en wees krities oor wat jy gelees het.

Dié rubriek weerspieël die opinie van die skrywer en nie die koerant nie.

’n Mens kan die skokgesigte van seniors in koshuisvergaderings sien toe daar aangekondig word dat eerstejaars en seniors nou so te sê gelyk behandel gaan word. ’n Mens kan sien studente is bekommerd oor die studen-telewe wat jare nou al in gebruik is, moontlik in gevaar is.

Dit gons op sosiale media oor studente en oud-studente wat hulle kwel oor die toekoms van die NWU Potchefstroomkam-pus. Ras- en taalkwessies duik gereeld op.

Dit is goed dat studente hulle opinie lug, maar doen dit met verantwoordelikheid. Jy skiet jou-self in die voet as jy oorhaastig en ooremosioneel inspring by ’n bekgeveg. Jy doen niks anders as om jouself te verneder nie. Lewer ingeligte opinies.

Maar raak vir nou eers rustig en vat dit dag vir dag. Moenie

allerlei veldtogte begin wat teen alles uitvaar nie. Raak deel van die sisteem en kyk of jy nie ’n verskil binne die sisteem kan maak nie.

Die kruks van die saak is: Daar sal altyd een of ander kwessie wees waarmee jy nie saamstem nie, maak nie saak in watter deel van die wêreld jy bly nie. Wees net oopkop en hou op om die hele dag te sit en kerm en kla. Doen iets met verantwoorde-likheid binne die riglyne van die sisteem waarin jy funksioneer.

Jy gaan nie die huidige situ-asie kan weg baklei nie. Jý moet verander. Jy gaan nie die mense sommer om jou verander nie. Dit is nou maar net so dat die mees aanpasbare en innoverende mens oorleef en ’n aangename lewe voer.

Ek twyfel of ons al ontmoet het, of altans, ek is nie regtig seker nie, maar ek was jare terug K&V en later inhoudsredakteur van Wapad gewees.

Ek stuur basies net gou 'n e-pos om te se (skies vir die kap-pie wat nie daar is nie – het 'n nuwe Mac en ons kom nog nie lekker oor die weg nie) dat die nuwe uitgawe baie lekker was om te lees.

Die stuk oor die drastiese

prysverhogings was vir my veral goed gewees. In my dae – klink ek nou soos iets uit die oude doos uit – het ons R8 vir 'n bier in die draak betaal. As ek reg onthou, was 'n budget burger R6.50.

Die stuk oor uit jou gemaksone kom was ook fantasties gewees. Ek doen juis nou sulke tipe goed vir 'n lewe. Het juis verlede week nierskade opegedoen toe ek bietjie te ver van die pad af gewandel het in 'n nuwe Prado.

Anyway, dit was great om die nuwe uitgawe van Wapad te lees.

Verskoon maar enige spelfoute – ek het tydens my Wapad jare laas in Afrikaans geskryf.Groete.

- Gerhard Horn

Glo dit of nie, maar ek wou na die laaste uitgawe, nog vóór die hele Heil-debakel, eintlik vir julle 'n boodskap stuur en sê dankie vir die uitstekende uitgawe!

Ek is self een om baie gou kritiek te lewer, en het al in die verlede my opinie aan ander duidelik gemaak wanneer ek glad nie saamstem met die Wapad se aanslag nie!

In daardie lig voel ek dus dat dit nodig is om wel ook te sê wanneer

ek beïndruk is en trots is op my kampus se koerant!

Ek sien uit na wat nog voorlê vir die Wapad hierdie jaar!Vriendelike groete.w

- DeWet Swart

Page 13: Wapad - 13 Maart 2014

SMS 31750SMS jou opinie oor jou voorspelling wat met vanjaar se verkiesing gaan gebeur.

1313 Maart 2014

Teen my kantoormuur hang 'n stembrief van 1994. Daarop is die name, simbole en ge-

sigte van 18 partye vir wie Suid-Afrikaners daardie jaar kon stem. Die NP se geel sonnetjie met oud-pres. FW de Klerk se gesig daarby is heel onder. 'n Glimlaggende oudpres. Nelson Mandela 'n paar gesigte boontoe. Genl. Constand Viljoen van die destydse VF-FF en Kenneth Meshoe, vandag nog leier van die ACDP, kyk my reguit in die oë.

Verder is daar min gesigte of partye wat ek herken. Selfs die DA was toe nog die DP met 'n simbool wat vandag vir my vreemd lyk.

Ek het nie in die 1994-verkiesing gestem nie - ek was nog heeltemal te jonk. Maar soms wens ek ek kon en ek wonder vir wie sou ek dan my kruisie getrek het - natuurlik sonder om toe te weet wat in die 20 jaar ná 1994 alles sou gebeur.

Of nog belangriker wonder ek wat my politieke oortuigings sou wees as ek in die 1970's of 1980's 'n student of jong werkende was. Sou ek die insig en moed gehad het om teen apartheid te baklei? Of sou ek die apartheidsvoorregte geniet het sonder om twee keer te dink of dit reg is.

Sou ek 'n Beyers Naude gewees het wat opstaan teen ongereg-tigheid of dalk 'n André P. Brink of 'n Max du Preez wat die mag van woorde gebruik het om die

waarheid oor apartheid oop te vlek?

Wie weet? Ek sal beslis nooit weet nie. Natuurlik hoop ek ek sou die moed gehad het om op te staan vir geregtigheid.

Wat ek wel weet is dat ek sou gaan stem het as ek op 27 April 1994 oud genoeg was. Al was dit net omdat ek nie sou wou uitmis op só 'n geskiedkundige gebeur-tenis nie. Ook omdat ek weet verkiesingsdag is die een dag in vyf jaar wat ek my stem kan laat hoor en vir 'n party stem wat ek glo die beste een is om die land te regeer.

Natuurlik gaan my enkele stem nie die politieke land-skap ver-ander nie, maar as ek gestem het beteken dit ek is deel van die kollek- tief wat gesê het dit is hoeveel mag Suid-Afrika aan dié party en daai een toeken. Dit is hoeveel sê die ANC, die DA, die EFF en wie nog in die volgende vyf jaar oor my land sal hê.

Ek dink dis wonderlik om te kan sê jy het in Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing gestem. Dit was 'n geskiedkundige gebeur-tenis. Maar net só is elke nasio-nale verkiesing 'n geskiedkundige gebeurtenis want stukkie vir stuk-kie verander ons politieke land- skap elke dag.

Twintig jaar van nou af kyk ek dalk na die stembriefie teen die

muur en dan is nie ’n enkele van dié partye meer oor nie. Wie weet, oor tien jaar is Zwelinzima Vavi dalk die land se president as leier van Numsa se werkersparty, die United Front.

Dit sal redelik geskiedkundig wees as die ANC op ’n dag die verkiesing verloor. Dié dag gaan kom. Dalk nie oor vyf jaar nie, dalk eers oor vyftig, maar die gesigte van Suid-Afrika se poli-tieke landskap verander gedurig. Geskiedenis word elke dag rond-om ons gemaak. Dit is opwindend en ’n voorreg om op een of ander manier deel te wees daarvan - al is dit net om jou kruisie te gaan trek.

Dit is opwindend en 'n voorreg om op een of ander manier deel te wees daarvan - al is dit net om jou kruisie te gaan trek.

Maryna Lamprecht is tans ’n senior politieke verslaggewer in die parlement vir Beeld. Sy was voorheen die aanbieder van die program, Monitor, op Radio Sonder Grense.

Maryna Lamprecht:Trek jou kruisie by vanjaar se verkiesing

Opinie

Page 14: Wapad - 13 Maart 2014

14 13 Maart 2014SportWapad

WêreldsportnuusREINETTE VENTER

Super Rugby gekom-bineerde punteleer1. Sharks2. Waratahs3. Chiefs4. Bulls5. Brumbies

Suid-Afrika – Die kaptein van die Proteas, Graeme Smith, het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. Hy het dié aankondiging tydens die onlangse toets op Nuwe-land gemaak. Volgens hom dink hy al vanaf sy enkeloperasie laasjaar daaraan en voel hy nou is die regte tyd. Hy wil ook meer tyd saam sy gesin spandeer. Smith (33) het in 2002 sy debuut vir die Proteas teen Australië gemaak en hou verskeie wêreldrekords, onder an-dere vir die kaptien met die meeste oorwinnings in toetskrieket. Smith sal voortaan vir Surrey speel, danksy sy Ierse burger-skap.

Amerika – Die wêreld se voorste tennisspeler, Ra-fael Nadal, moes byna-byna sy tassies in die In-dian Wells Ope pak, ná hy in sy eerste wedstryd teen Radek Stepanek lelik kleigetrap het. Die toer-nooi het op 3 Maart in Ka-lifornië afgeskop. Nadal moes amper twee en ’n halwe ure swoeg om die oorhand oor die onvoor-spelbare Tsjeggiese speler te kry. Die Spanjaard kon uiteindelik met 2-6, 6-4, 7-5 wen.

Australië – Vanjaar se For-mule 1-seisoen sal op 16 Maart begin en beloof om ’n uitdagende seisoen vir Sebastian Vettel te wees. Vettel, wat vir die Red Bull-span ry, sê dat dié seisoen nie maklik gaan wees nie, maar dat hulle bereid is om hard te werk. Die uitdaging wat spanne vanjaar in die gesig staar is die gebruik van die nuwe hibriede 1.6 liter turbo-enjins wat vir die eerste keer in Mel-bourne gaan jaag. Vettel sê ook dat hy poog om, buiten Michael Schumacher, die enigste renjaer te word wat vyf agtereenvolgende wêreldtitels kon verower.

Engeland - Die Volvo Wêreldkampioenskap sal vanjaar weer na Enge-land skuif, met die 50ste herdenking wat by die Londen Golfklub gehou sal word. Daar sal vier groepe van vier spelers elk in die openingsrondte wees. Die top twee spelers sal deur-dring na die uitkloprondte. Graeme McDowell van Noord-Ierland, wat ook die huidige kampioen is, het reeds sy deelname aan die toernooi bevestig, asook Henrik Stenson van Swede. Die vyfdag-toer-nooi sal vanaf 15-19 Okto-ber plaasvind.

Die Rissie praat oor rugby en korfbal

Karlien en Villagers konings op korfbalbaanREINETTE VENTER

Vanjaar se uitspeelrondtes in die korfbal-liga het vir groot opwinding gesorg en veral

die liga vir vroue het opskudding veroorsaak, maar dit was nié oor die uitslae nie.

Kasteel het aanvanklik deel uit-gemaak van die top vier vrouekos-huise wat in die halfeindrondtes moes uitspeel, maar as gevolg van berekeningsfoute is hulle op die laaste oomblik die trekpas gewys en kon hulle nie meer deelneem nie. Heide het toe die posisie gevul.

Chantell Kruger, sport HK-lid van Kasteel, was ontevrede met hoe die saak hanteer is, maar het geen verdere kommentaar gele-wer nie.

Karlien, Bellatrix, Heide en Minjonet het sake in die halfeind-rondtes teen mekaar uitgespook en uiteindelik moes Karlien en

Bellatrix vir die tweede keer dié jaar in ’n eindstryd teen mekaar veg. Karlien het hulself weer as die top-sportkoshuis vir vroue be-

Kasteel het aanvanklik deel uitgemaak van die top-vier vrouekoshuise wat in die halfeind-rondtes moes uitspeel, maar as gevolg van berekeningsfoute is hulle op die laaste oomblik die trekpas gewys

wys toe hulle vir die tweede agter-eenvolgende jaar as wenners van die korfbaltoernooi gekroon is. Die eindtelling was 30-20.

In die mansliga is daar geen verandering aangebring in die toekenning van punte nie.

Veritas, Excelsior, Villagers en Heimat het deurgedring na die halfeindrondtes in die mansliga. Veritas het hulself bewys as ’n span waarmee gereken moet word, toe hulle vir die tweede keer dié jaar in ‘n soortgelyke sport se eindstryd speel, maar uiteindelik het Villagers dié een met 38-30 gewen.

Die Rissie het vandag 'n paar dinge waaroor sy wil korrespon-deer.

Die Rissie is seker dié is uitein-delik die Potchefstromers se jaar. Sy moet sê sy het meer van die NWU-Pukke verwag teen Wits en Maandagaand moes die log top-pers bietjie harder werk om die besoekers te klop, maar nietemin is Die Rissie regtig verskriklik op-gewonde oor die Pukke se veldtog vanjaar, omtrent so opgewonde soos wat Kasteel was toe hulle verkeerdelik ingelig is dat hulle deurgaan na die korfbal semi’s.

Ongelukkig vir bogenoemde vrouekoshuis het dít egter nie ge-beur nie en Heide het toe in hulle plek meegeding in die halfeind-stryd. Ai, dis nou regtig jammer vir die prinsessies, maar sulke punteberekeningsfoutjies en op-die-nippertjie-veranderinge aan die toekenning van punte (én wie kwalifiseer) gebeur maar. Dis mos seker te veel gevra om mense be-tyds in te lig oor sulke dinge.

Die Rissie het skoon vergeet om die manne van Over-de-Voor geluk te wens met hul eerste-jaarsrugbytriomf, hoe nalatig van haar, nou is sy niks beter as die mensies waarna sy in die vorige paragraaf verwys nie. Maar in elk geval – Die Rissie wil graag haar opregte gelukwense aan die voormalige HK-lose Overs gee, ten minste het iets vir hulle reg geloop in onlangse tye.

Gepraat van suksesvolle rugby-wedstryde, Die Rissie was nogal baie beïndruk met die Bulls se vertoning teen die Blues. Nadat elke rugbykenner en almal met 'n opinie dié span afgeskryf het (behalwe Die Rissie natuurlik, sy sien altyd die beste in sportmense,

al is dit somtyds moeilik om te vind, soos by die Bulle), het hulle 'n oortuigende 38-22 oorwinning oor die Auckland-span verseker. Die Stormers, on the other hand, is 'n ander storie.

So, Graeme Smith se interna-sionale loopbaan is iets van die verlede, nes Oscar Pistorius se gloriedae. Die Rissie sê met blyd-skap vaarwel aan 'n legendariese toetskaptein en 'n speler wat am-per verby sy peak is. Ten minste weet sekere leiers in Suid-Afrika wanneer om afskeid te neem, maar laat Die Rissie maar nou politieke kwessies uitlos, dis im-mers nie haar veld nie.

Die Rissie wil dan laastens baie geluk sê aan Patria wat hul wedstryd Maandagaand teen Me-dies van Maties gewen het, julle maak Die Rissie trots. En aan al die mense wat ander sportsoorte beoefen soos krieket, (koshuis) rugby en sokker of wat ook al nog – Die Rissie wil net vir julle sê al die wedstryde wat so uitreën fru-streer haar ook, maar ongelukkig is daar nou niks wat ons daaraan kan doen nie. Hou die sportkant bo!

So, Graeme Smith se internasionale loopbaan is iets van die verlede, nes Oscar Pistorius se gloriedae...

Veritas en Heide is ná twee opwin-dende ligas as vanjaar se basket-bal-kampioene gekroon.

Veritas het op 6 Maart ’n senutergende eindstryd teen De Wilgers met een punt gewen, ná hulle in die laaste minuut van die wedstryd ’n doel kon aanteken.

“Vanjaar se liga was baie lekker gewees en die reëlings het baie vlot verloop. Pieter (Vorster) en sy span het ’n goeie werk gedoen. Al wat sleg was, was die klein groepe. Dit het beteken dat jy slegs twee groepwedstryde gespeel het voor die uitspeelrondtes. Die kwaliteit van die basketbal was egter baie goed en almal het dit geniet,” het Ryno Louw, sport HK-lid van Veritas gesê.

“Die finaal teen De Wilgers was baie close gewees en niemand was seker op enige oomblik nie. So minuut voor die eindfluitjie was ons nog met ’n punt voor, maar toe raak een van ons spelers aan die net onder die ring. Dit het toe beteken dat De Wilgers twee punte kry en met ’n punt voor-loop. Vanaf tien sekondes voor die

einde begin die tydhouers aftel. Op sewe sekondes shoot een van ons ouens en mis. Een van die an-der spelers kry toe die bal en toe daar geskree word ‘een sekonde’ shoot hy. Die bal het drie keer op die ring gehop voordat hy in is. Dit het beteken dat ons met een punt wen in die laaste sekonde. Baie close en baie lekker!”

Heide het in ’n aggresiewe half-eindstryd met Karlien afgereken om op 27 Februarie teen Vergeet-My-Nie in die eindstryd te staan te kom. Albei koshuise se onder-steuners het in hulle massas op-gedaag, maar Heide kon uiteinde-lik met ’n telling van 13-6 seëvier.

“Dit was ’n rowwe game teen Karlien, maar die meisies kon uit-eindelik die knoop deurtrek om teen Vergeet-My-Nie in die finaal te staan te kom. Die eindstryd was amper soos ’n rugby-game, maar Heide en Caput se ondersteuners, asook ons afrigter Jurie (Wessels), het ’n groot aandeel in die mooi trofee gehad. Dankie aan elke speler wat haar hart uitgespeel het,” het Michaela Zietsman, sport HK-lid van Heide gesê.

Veritas en Heide bobaas in basketbal-liga

EUGENIE GREGAN

Heide se basketbalspan met die wentrofee.

Karlien het vanjaar se korfbal-liga gewen. FOTO: Gert Coetzer

FOTO: Tiaan Meyer

Page 15: Wapad - 13 Maart 2014

SPORT | 1513 MAART 2013

Naelskraap oorwinning maak dit drie uit drie vir Patria

Steinhoff Patria het Maan-dagaand 24-22 met Steinhoff Medies in Potchefstroom

afgereken en die vierde rondte van die koshuiskompetisie onoor-wonne afgesluit.

Die koshuis van Stellenbosch het met rustyd 17-9 voorgeloop, maar ’n sterk tweede helfte terug-vegpoging van die tuisspan het die manne in blou met die louere laat wegstap.

In toestande waarvoor selfs eende hul neuse sou optrek het beide spanne drie drieë gedruk

en een daarvan verdoel, maar dit was die verskil in die aantal straf-skoppe, Patria se drie teenoor Medies se twee, wat die Blues die oorwinning laat steel het.

“Gisteraand was ’n baie harde wedstryd gewees. Ons het teen ’n baie goeie span gespeel wat goed afgerig is en mens kan sien die span het baie talent. Die feit dat ons nou al drie van ons wedstryde in die groep gewen het beteken dat ons nou bo-aan die punteleer is, en dat ons nou ’n tuis semi-finaal gaan speel saam die Puk- seniorspan op 24 Maart hier in Potch. In al drie ons vorige wed-stryde het ons in die reën gespeel,

so ons sien uit om ’n slag op ’n droë veld te speel. Ons wil en kan nog baie verbeter van ons vorige drie wedstryde af, en ons besef dat dinge van die semi-finaal af net moeiliker gaan raak. Ons bly steeds baie trots, positief en gaan die volgende twee weke kliphard werk sodat ons reg is vir die semi-finaal,” het Niël van Vuuren, Steinhoff Patria-kaptein, gesê.

Patria se sege oor Medies was hul derde oorwinning in die kom-petisie in soveel wedstryde en verseker hulle die eerste posisie in die Incredible Connections-poel en ’n tuis-halfeindstryd op 24 Maart in Potchefstroom.

Patria aan die verdedig teen Medies van Stellenbosch.

WYNONA LOUW

Patria bid ná die kragmeting.

Die koshuistonnel vir Patria se Blues.

Steinhoff Patria:

15 Louis Vorster, 14 Denver Murorua, 13 Riaan Brummer, 12 Jaco de Klerk, 11 Christian Serfontein, 10 Duart Teessen, 9 Richard Webber, 8 Marnus Gerber, 7 Elandre Janse van Rensburg, 6 Berto Kleynhans, 5 Corman Scheepers, 4 Ru-El De Wet, 3 Francois Taljaard, 2 Deon Stols, 1 Niël van Vuuren.

Plaasvervangers:

l6 Emil Meyer, 17 Louis Wannenburg, 18 Siegfried Bosman, 19 Tienie van Wyk, 20 Bennie Genis, 21 Koos Du Plooy, 22 OJ Labuschagne, 23 Lourens Steytler.

FOTO's: Elric Pretorius

Eerstejaarsrugbytitel is Overs s’n

EUGENIE GREGAN

Over-de-Voor is tydens vanjaar se eerstejaarsrugbyliga as kam-pioene gekroon deur Villagers in die eindstryd op 25 Februarie met 24-10 te klop.

Vanjaar se toernooi was vol interessante verwikkelinge, met onder andere die verdedigende kampioene, Laureus, wat gedis-kwalifiseer is omdat hulle te veel seniorspelers in hul span inge-sluit het.

Villagers het Patria in die een halfeindstryd geklop en in die ander halfeindstryd het Over-de-Voor teen De Wilgers te staan

gekom. Overs se passievolle span het dié wedstryd grotendeels oor-heers en De Wilgers met 28-0 vers-laan om in die eindstryd teen Vil-lagers te staan te kom.

“Die manne het hard gewerk van O&B af en vroeg opgestaan in die oggende al was hulle moeg. Hulle het regtig bietjie guts gewys deur alles wat by die koshuis aangegaan het en hulle verdien dit uit en uit,” het Zeann Lazenby, een van Over-de-Voor se eerste-jaarsrugbyafrigters gesê.

“Ons het ’n groep spelers ge-had wat lekker saam gejel het en vanaf die eerste game teen Heimat baie goeie rugby gespeel

het. Om net dertien punte in drie games af te staan sê iets oor ons outjies se karakter. Die finaal teen Villagers was ’n baie goeie wedstryd. Hulle het ’n baie goeie span gehad, maar ons het geweet as ons doen wat ons nog die hele toernooi doen kan ons hulle klop en dis wat ons gedoen het.”

“Die wen beteken vir ons en die koshuis baie meer as wat almal dink. Die outjies het die aand van die finaal met pleister oor hulle gewrigte gespeel en daarop ‘HK’ geskryf, so die wen was defnitief vir ons HK,” het Lazenby verder gesê.

Die span van Over-de-Voor wat die eerstejaarsrugbytoernooi gewen het.

NWU-Puk netbal eindig tweede in Fast5 toernooi

Die Dr Kenneth Kaunda-netbal-span, verteenwoordigend van die Noordwes-provinsie en bestaande uit NWU-Puk-1 spelers, het op 2 Maart in die eindstryd van die in-leidende nasionale Fast5-netbal-toernooi met 23-21 teen die Fast5 Uitnodigingspan in die eindstryd vasgeval.

Die Fast5-netbaltoernooi is 'n nasionale reeks wat deur Netbal Suid-Afrika (NSA) aangebied word en is vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou. Die kompetisie het plaasgevind by die Suid-Afrikaanse Verdedigings-mag (SANDF) Kompanelo Saal in Potchefstroom en bevorder ’n korter, vinniger weergawe van die spel, gespeel met minder spelers op die baan.

Agt provinsiale spanne vanuit die sterkste streke in die land het deelgeneem aan die toernooi insluitende Dr Kenneth Kaun-da se eerste -en tweedespanne

SPORTREDAKSIE

FOTO: Janine Moller

(Noordwes), Sentraal Gauteng, Gauteng-Wes, Gauteng-Noord se eerste -en tweedespanne, Nkan-gala (Mpumalanga) en die Fast5 Uitnodigingspan, bestaande uit die beste spelers van ander streke.

Die Fast5-netbaltoernooi is 'n nasionale reeks wat deur Netbal Suid-Afrika (NSA) aangebied word en bevorder ’n korter, vinniger weergawe van die spel.

Noordwes se senter, Nadia Uys, in aksie.

Blues verseker tuis-halfeindstryd in Steinhoff-koshuisliga

Page 16: Wapad - 13 Maart 2014

Sport13 Maart 2014

Pukke druk deur teen taai Wits

ROOI RISSIE:Korfbal, Varsity Cup en

Superrugby

14

WYNONA LOUW

Die NWU-Pukke het die Universiteit van Witwa-tersrand (Wits) Maan-

dagaand in 'n taai stryd in on-gunstige toestande met 16-8 op die Fanie du Toit-sportgronde in Potchefstroom geklop.

Ná 'n slordige begin en wis-selende balbesit het die besoek-ers die eerste geleentheid gehad om punte aan te teken, maar kon hulle nie vanaf 'n aanvallende lynstaan kapitaliseer en deur die NWU se standvastige voorspelers dring nie.

Met die reën wat harder begin neerval het die tuisspan beter be-gin lyk en in die 17de minuut het die vleuel Luther Obi Pukke se hoop op 'n vroeë voorsprong am-per verwesenlik toe hy in die hoek oor die doellyn gegaan het, maar weens sy dubbele beweging is die drie nie toegeken nie.

Heelagter Sylvian Mahuza het verskeie kere met vlugvoetige aanvalle in spasie ingehardloop en is as die Player That Rocks

aangewys.Die spanne het die eerste stra-

tegiese breuk op 'n 0-0 dooiepunt ingegaan, maar die meerderheid gebiedsvoordeel en balbesit het egter aan die Potchefstromers be-hoort.

In die 24ste minuut het Puk-haker Jacques Vermaak die eerste vyf punte vir die manne in maroen aangeteken en Adriaan Engelbrecht het verdoel om die NWU met 8-0 te laat voorloop.

Wits se binnesenter Brent Crossley is kort daarna 'n geelkaart gewys vir 'n gevaarlike doodvat, maar ten spyte hiervan het die Witsies vir die volgende 10 minute in die NWU se kwart-gebied geboer. Hulle kon egter nie daarin slaag om die opposisie se doelgebied te betree nie.

Met die aanvang van die tweede helfte het die NWU met meer in-tensiteit gespeel en hul soliede verdediging het verseker dat Wits nie hul teenwoordigheid in die Pukke se kwartgebied in punte kon omskakel nie.

In die 52ste minuut het die oop-

kantflank Phillip de Wet ná goeie interspel met Rhyk Welgemoed die Pukke se tweede drie gedruk, wat deur Engelbrecht verdoel is, maar Wits het onmiddellik teruggekap met 'n drie van hul eie toe die heelagter Ruhan Nel deurgesny het om die telling na 16-8 te vernou.

Soos die einde van die kragme-ting nadergekruip het, het beide spanne uitmergelende vertonings ten toon gestel, maar die Pukke se verdediging in nat toestande het hulle met die louere laat wegstap.

“Dit was moeilike kondisies waarin ons gespeel het, ons het laas week ook in moeilike kondi-sies gespeel, maar gisteraand was ons baie swak. Ons het geweet dit gaan moeilik wees. Ons vaar die jaar baie goed, en die afrigters het ’n groot rol gespeel. Maandag sal ons meer akkuraat en klinies moet wees,” het Tiaan Dorfling, NWU-Puk kaptein gesê.

Met dié oorwinning behou die NWU-Pukke die boonste plek op die punteleer en verseker ’n tuis-halfeindstryd, terwyl Wits met

die nederlaag steeds die sewende week van die toernooi as bodem-skrapers ingaan.

Pukke se volgende wedstryd

NWU-Pukke en Wits ding hoog in die lug mee vir die bal. Sylvian Mahuza (links), heelagter, hunker na die bal. ONDER: Luther Obi, blitsige linkervleul snel doellyn toe.

is op 17 Maart teen die Univer-siteit van Johannesburg (UJ) by die Fanie du Toit-sportgronde om 19:00.

FOTO’s: Eugene le Roux

Tuks 9-19 NMMUMaties 24-8 UJIkeys 25-5 Shimlas

Ander uitslae: