16

Wapad - 5 Februarie 2015

  • Upload
    wapad

  • View
    300

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Unilofts, GroupWise, The Tap, R & O, #EK15, Jool, Varsity Krieket

Citation preview

Nuus 2 5 Februarie 2015

InterkampusInterkampusSAAMGESTEL DEUR ARISA JANSE VAN RENSBURG

Maties maak reg vir MAD-venstersDie Universiteit Stellenbosch (Maties) het aangekondig dat hul Making a Difference aand, oftewel MADvensters-aand, steeds sal voortgaan nadat daar sprake van kansellasie weens beurtkrag was. MADvensters word elke jaar ten bate van liefda-digheid gehou waartydens elke koshuis in sleepver-band ’n kort produksie voor hul kos-huis opvoer.

TUKS-studente word weer op kampus toegelaatTwee damesstudente wat verlede jaar van die Universiteit van Pretoria (Tuks) geskors was, is nou toegelaat om hul studies te voltooi. Die studente het verlede jaar soos huiswerkers aangetrek en hulle gesigte swart geverf en was weens klagtes van ras-sisme geskors. Hulle het egter nou om verskoning gevra en gesê dat hulle nooit enige rassehaat wou aanwakker nie.

Bekende televisie program speel vanjaar op TUT af Die opvoedkundige program, Skeem Saam, wat op SABC 1 uitgesaai word, word vanjaar op die Tshwane University of Technology (TUT) geskiet. Dit volg na ’n ooreenkoms op produksie-inkomstes aan die TUT Bursary and Scholarship-fonds te skenk. Skeem Saam word Maandag tot Vrydag om 18:30 uitgesaai en gaan oor twee tieners wat hul plek in die lewe probeer vind.

MARITA HERSELMAN

Hoe lank moes jy al op jou tande kners om te keer dat

’n geheim uitglip? Paul Maritz, SR: Finansies, en Bianca Enslin, SR: Adjunkvoorsitter en Stu-dentebelange, se geheim haal beslis die kortlys as dit kom by groot geheime. Hoe verbloem mens ’n Che-sire-Cat-glimlag as jy weet jy het die ATKV/RSG Spel-intervarsity gewen?

Vo l g e n s E n s l i n was die ATKV/RSG Spel-intervarsity ge-durende die Junie/Julie vakansie opgeneem. “Die finaal was egter eers op 9 November 2014 op RSG uitgesaai, so ons moes dit ’n geheim hou tot dan,” het Enslin gesê.

Vir tien weke, elke Sondag net na 11:00 kon luisteraars inskakel op RSG om die noordelike (UP, UJ en NWU) en suide-like (UWK, US en UV) u n i v e r s i t e i t e s e spelvermoëns aan te hoor.

Elke universiteit het twee deelnemers in-geskryf. Enslin het uit-gebrei oor die wyse waarop sy en Maritz gekies is om die NWU te verteenwoordig: “Elke universiteit het sy eie manier gehad om verteenwoordigers te kies. PukFM het hier by ons uitdunrondtes gehad wat lewendig oor die lug uitgesaai was en so is die

finale twee verteenwoordi-gers gekies.”

By die Spel-intervarsity moes deelnemers onder meer kopkrapwoorde soos “Baccalaureus Musicae”, “Guerilla-oorlogvoering”, “Nkosi Sikelel’ iAfrika” en “Nasionale Vrouemonument-kommissie” uit die hoof spel.

Beide Enslin en Maritz het genoem dat om kop te hou waar hoofletters, spasies en dubbelkonsonante in woorde voorkom, die saak bemoeilik het.

“Woorde word soms anders gespel as wat jy dink, soos byvoorbeeld ‘Nkosi Sikelel’

NWU-Pukke span die kroon as spelkampioen

iAfrika’ ”, sê Maritz.“Gelukkig het ons toeval-

lig ‘Guerilla-oorlogvoering’ en ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ opgeswot”.

Enslin het vertel dat die organiseerders van die ATKV/RSG Spel-intervarsity vir die deelnemers ’n lys van 5 000 woorde gestuur het, waardeur hulle vooraf kon gaan.

“Ek het die moeilikstes geïdentifiseer en probeer onthou,” het Enslin gesê.

Elke dag op pad studio toe het sy en Maritz vir mekaar die moeilikste woorde gevra.

Maritz het vertel dat

die opneem van die programme veel langer geduur het as die programme wat later uitgesaai sou word: “Die opnames was baie keer ’n uur en ’n half, as gevolg van ooropnames, klank wat bygesit moet word, ensovoor ts, terwyl julle miskien tien minute gehoor het.”

Albei deelnemers het vertel hoe in hul skik hulle met die verblyf en kos tydens Spel-intervarsity was. Maritz noem ook dat dit vir hom ’n belewenis was om by RSG se ateljee te kon wees.

Enslin se wenk aan toekomstige deelnemers is om dit vir die pret daarvan te doen en meen dat om te wen bloot ’n bonus sal wees. Maritz raai deelnemers aan om soveel moontlik koeran-te te lees, omdat daar aktuele vrae ook is.

Die finaal was ’n tweestryd tussen UJ en NWU. Die wenspan het R10 000 gewen en ander deelnemers het geskenk-pakke ontvang.

Groupwise se dae is nou getelISABEL MOISES

Na amper twee dekades sluit die Noordwes-Universiteit sy interne e-posdiens vir studente. Sommige studente voel dit sal geriefliker wees om net een e-posadres dop te hou, maar ander is sterk daarteen.

“Die hoofrede hoekom die NWU besluit het om nie langer hierdie diens te verskaf nie is omdat dit ’n duur diens is wat nie volledig deur studente gebruik word nie,” het Boeta Pretorius, Direkteur van IT Akademiese Oplossings, gesê.

“Dit kos die universiteit miljoene rande om hierdie diens te handhaaf. Die geld kan eerder befonds word op dienste wat regtig nodig is vir studente.”

Studente gaan ’n “alias” -’n deurgang na jou persoonlike e-posadres hê. Boonop kan jy steeds ’n e-pos aan iemand stuur as jy hul studentenommer ken.

“Dit is ongelukkig nie opsioneel nie, maar wel verpligtend vir stu-dente om hul verkose e-posadresse te verskaf,” het Pretorius gesê.

Studente se e-posadresse gaan tot einde Februarie beskikbaar wees. Daarna gaan die NWU dit afskakel maar nie uitvee nie. Alle e-posse wat daar was gaan nog daar wees maar studente gaan geen nuwe e-posse kan ontvang nie.

Dié veranderinge is darem nie nét sleg nie. Die NWU wil onbeperkte skyfruimte deur Microsoft of Google vir elke stu-dent beskikbaar stel.

Die NWU besig om met Micro-soft te onderhandel om die Office 365 Pro-suite gratis aan studente te bied. Dit gaan hopelik in die eerste semester beskikbaar wees.

Die Wi-Fi-fasiliteite op die NWU-kampusse word die meeste van alle universiteite landwyd benut. Dis amper twee keer hoër as Universiteit van Kaapstad (UK) wat die tweede grootste Wi-Fi verbruiker is.

Sowat 43,038 e-posse word daagliks uitgestuur, waarvan slegs 4 910 studente is.

Dit kos die universiteit miljoene rande om hierdie diens te handhaaf. Die geld kan eerder befonds word op dienste wat regtig nodig is vir studente.

Nuwe studente aan die NWU-Puk kan nie meer Groupwise e-posadresse skep nie en huidige studente sal bin-nekort geen nuwe e-posse vanaf hul Groupwise pro�ele ontvang nie.

Stap 2: Volg die skakel wat die NWU na dié e-posadres toe stuur.

Stap 3: Veri�eer jou e-posadres.

Stap 1: Voorsien ’n alternatiewe e-posadres aan die universiteit.

ATKV/RSG Spel-intervasity wenners, Paul Maritz en Bianca Enslin, ontvang hul serti�kate van die uitvoerende direkteur van die ATKV-groep, Japie Gouws en Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG.

Elke universiteit het twee deelnemers in-geskryf

Die wenspan het R10 000 gewen en ander deelnemers het geskenkpakke ontvang

FOTO: FACEBOOK

Hoe om jou e-posadres te veri�eer:

Kitsfeite oor Groupwise

3 Nuus5 Februarie 2015

Vier dinge wat 2014 jou in die sak gebring hetNICOLE KEMP

Die Noordwes-Universiteit en sy duisende studente het die afgelope jaar deur verskeie kruisvure geloop.

Dit was soms moeilik en dit was soms snaaks, maar as ons terugkyk is daar tog vier waardevolle lesse wat in ons nawete agterbly terwyl ons die toekoms aanpak.

Die eerste les is natuurlik om nóóit weer op kampus na ’n mooi voël in mid-vlug te wys of enige ander soortgelyke bewegings te maak nie.

Dit was vir sommige seniors ’n aanpassing, maar teen die einde van verlede jaar kon jy ’n NWU-Pukstudent uitken aan die manier hoe hy na goed in die lug wys: ’n aandagtige gestaar na wat ook al dit is wat die student interesseer totdat iemand vra waarna hy kyk.

Met ’n eerste naam Door, moet jy ook eerder met jou noem- of middelnaam vriende maak. ’n Reeks identiteitskrisisse onder eerstejaars is só opgelos - ’n

gelukkige bonuspunt. Derdens weet ons nou ook

ons mag nie in georganiseerde, netjiese rye loop nie maar eerder in ’n slordige bondel. Die rede agter dié logika kan nog nie volkome verduidelik word nie, maar volgens gerugte op kampus is dit bloot omdat Sannie op die punt uitgevoel het.

Die laaste les is meer filosofies van aard, maar vind tog by studente van alle ouderdomme aanslag. Ons het geleer ons mag nie meer gedwing word om goed te doen nie en só het die nuutste gesegde, “as jy wil” op almal se lippe ontstaan.

Ja, die NWU-Puk het ’n nuwe blaadjie oorgeslaan en so het alle studente geleer dat ons vanjaar kan doen wat ons wil as ons wil.

Na talle Beeld-voorbladstories en ander kopstampe oor ons skandale kan Mamma en Pappa nou met geruste harte weet die Puk-studente in 2015 nie net voorregte het nie, maar hierdie keer ook regte … menseregte.

The Tap les nie meer studente se dors

MARIZEL SCHUTTE EN MARNUS KOK

Rockliefhebbers is hul kuier-plek op die Bult kwyt.

Waarheen het The Tap, neé Arcade Empire, verdwyn? Daar is gewis meer vrae as antwoorde.

Studente wonder hoekom die kuierplekke op dié perseel so vinnig in die hek duik?

Hoewel The Tap ’n platform vir groepe soos Die Heuwels Fantasties, Taxi Violence en Francois van Coke was, blyk dit die musieknote is gesnoer omdat The Tap “nie ’n dranklisensie (kon) kry nie”.

Só het Ami Botha gereageer op ’n vraag wat op Facebook gevra is.

Volgens Botha kon hulle “nie ’n permanente een (dranklisensie) kry nie”.

Sommige aanhangers voel The Tap wou vir te veel musieksmake voorsiening maak.

“The Tap speel nie regtig nuwe goed nie, hulle speel ou classics en

rock,” het Kimmy Pearce gesê.Harde rock-liefhebbers het meer

aanklank by Arcade Empire se rockstyl gevind, maar anonieme bronne meen dié plek is na The Tap vernoem weens struwelinge oor naamregte.

Jaco du Plessis meen Arcade Empire se atmosfeer moes verander sodat die plek “iets vir almal” sou wees. The Tap het dus op verskeie musiekgenres gefokus.

Tog het Francois van Coke gesê hy “het baie van die venue gehou”. Vandag tokkel al die rockers hul snare in Mystic Boer.

Volgens Chris Rautenbach, een van The Tap se eienaars, het “Potchefstroom, sy inwoners en studente glad nie die besluit beïnvloed nie”, maar “interne struwelinge” het aanleiding gegee tot die verbrokkeling van The Tap.

Rautenbach wou nie verder uitbrei oor dié inter ne struwelinge nie.

Tog meen J.R. Heath “daar was biekie (sic) geldsteel situa-sies gewees” toe hy op dieselfde Facebook-vraag gereageer het.

Studente kan gelukkig uitsien na ’n nuwe kuierplek op dié per-seel. Volgens nuwe eienaar, Louis Taljaard, gaan dié plek nie live bands akkommodeer nie. Dans-musiek, “soos by die destydse Mid Knights,” sal wel gespeel word.

Volgens Taljaard is die “mark vir rock-liefhebbers in Potchefstroom te klein,” om ’n eksklusiewe kuierplek te regver-dig.

Sal dié kuierplek die vloek wat oënskynlik die klubs se lewens-duur kortknip kan vryspring?

Francois van Coke het gesê hy “het baie van die venue gehou”

Rock fanatici moes glo weens die bestuur se nalatigheid The Tap groet. ’n Nuwe kuierplek sal egter binnekort op die perseel oopmaak, maar studente bly skepties oor die vloek wat skynbaar die perseel dreig.

Die vloek

’n “Drug bust” was die hoofoorsaak dat Yoof sy deure moes sluit.

Blykbaar het Yoof langer musiek bly speel as die toelaat- bare tye.

Yoof se mure was ook nie klankdig nie.

Yoof het 28 September 2012 laas op Facebook kommentaar gelewer.

Dié perseel het vir ’n jaar ná Yoof se sluiting leeggestaan voor Arcade Empire oopgemaak het.

Arcade Empire was tydens Aardklop 2013 en vlugtig verlede jaar oop.

Die gerugte van dwelms en kriminele rekords het ‘n invloed op die tydelike dranklisensie gehad.

FOTO: LIZE LOMBARD

BWI-sentrum en Kenia sluit vennootskap

Die Kenya School of Monetary Studies (KSMS) het verlede Dinsdag en Donderdag die universiteit besoek.

Volgens prof. Riaan de Jongh, direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informa-tika (BWI), het hulle onderhan-del oor ’n Memorandum van Verstandhouding (MvV) vir samewerking op die gebied van onderrig en navorsing.

“KSMS stel veral daarin

belang om ’n MSc BWI Be-sigheidsanalise en Datawetens-kap-spesialisering in Kenia aan te bied,” het De Jongh gesê.

Die NWU was glo eerste om dié graad plaaslik aan te bied.

“Ons het in 2011 ’n R2,5 miljoen-toekenning van SAS (’n leier in besigheids- analisesagteware en -dienste) ontvang vir die oprigting van ’n SAS Advanced Analytics Lab by die Sentrum vir BWI.

Volgens De Jongh is SAS en die plaaslike banke baie op-timisties oor dié verhouding, aangesien dit tot die kritiese vaardigheidstekort in Afrika kan verlig.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie verwikkeling, want dit kan tot ander geleenthede aan-leiding gee,” het De Jongh gesê.

“Dit is ’n groot stap in die rigting van die internasionali-sering van die BWI-kursus.”

Die vier gesigte wat deel was van dié vennootskap. Van links is Murray de Villiers, SAS se algemene bestuur-der van Korporatiewe Aangeleenthede, prof. Kinandu Muragu, uitvoerende direkteur van KSMS, prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, en prof. Riaan de Jongh, direkteur van die Sentrum vir Bedryfs-wiskunde en Informatika (BWI). FOTO: Verskaf

Nuus4 5 Februarie 2015

WêreldnuusKortliksSAAMGESTEL DEUR ARISA JANSE VAN RENSBURG

Wes-Afrika Mexiko

Drie mense het gesterf en 73 is beseer na ’n gasontplof�ng in ’n kraamhospitaal in Mexiko verlede Vrydag. Dit het gebeur nadat daar ’n gaslek in die hospitaal ontsta-an het. Ooggetuies sê die werkers het vir on-geveer 15 tot 20 minute tevergeefs probeer om die lekkasie te stop. Daar is gepoog om die hospitaal te ontruim, maar die gaswolk het enkele minute later die ontploffing veroorsaak.

Kraamsaal bars uit sy nate

Londen

’n Ysbeer het die strate van Londen onlangs in oproer gehad. Die “ysbeer” was eintlik ’n elektroniese replika wat in die �iek, Fortitude, gebruik was. Hy was van binne beheer deur twee marionet-spesialiste wat ook aan die produksie, War Horse, gewerk het. Volgens ’n woord-voerder vir die �iek wou hulle aan mense die geleentheid bied om met een van die wêreld se gevaarlikste diere in noue kontak te kom en sodoende die �lm meer realisties te maak.

Vals ysbeer maak �lm meer realisties

Ebola-einde uiteindelik in sig Daar is sprake dat die Ebola-virus minder sterftes veroorsaak. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is minder as 100 nuwe gevalle die afgelope week aange-meld en hulle hoop dan dat die sterftesyfer op sy beurt weer sal daal.

Pukke skree 'skaakmat!' en wen nasionale kompetisieMARITA HERSELMAN

Die NWU-Puk Skaak het vyf dames in Desember 2014 na USSA (University Sport

South Africa) in Kaapstad ge- stuur, waar hulle bewys het dat hulle nie pionne is nie, maar meer soos adelikes in dié spel.

Die NWU-Puk Skaak se damess-pan is as die algehele wenners van die nasionale kompetisie gekroon, waaraan 26 ander universiteite deelgeneem het.

Die individue in die span se punte word geakkumuleer om die groot totaal te vorm wat die wenspan bepaal. Drie van die vyf verteenwoordigers was indi-vidueel onder die top tien tydens die toernooi geplaas. Rachelle-Mari Voges het die damesafdeling gewen, Eljeanie Wilke was sesde en Marlene Roets, agtste.

NWU-Puk damesskaakspan behaal eersteplek tydens USSA toernooi in Kaapstad

Volgens die voorsitter van NWU-Puk Skaak, Eljeanie Wilke, is vele onder die wanindruk dat skaak ’n rustige, vervelige spel is.

“Skaak is soos ’n langafstand-wedloop, jou hart begin klop en jy kry ’n adrenalien rush,” het Wilke vertel.

Wilke geniet skaak omdat dit ’n kombinasie van logika en kreati-witeit verg.

“Jy moet ’n logiese skuif maak, maar op ’n kreatiewe manier,”

meen sy.Volgens spanlid Marlene

Roets verbeter skaak haar konsentrasievermoë.

“Die beste deel is die adre-nalien rush wat jy kry as die tyd min raak en jy sien jy gaan wen. Die spangees maak dit ook baie lekker,” het Roets gesê.

Die proewe word op 12 Feb-ruarie om 17:30 bo die SS gehou, indien jy deel van die NWU-Puk Skaakspan wil word.

Die NWU-Puk Skaak se damesspan is as algehele wenners gekroon van die nasionale kompetisie, waaraan 26 ander universiteite deelgeneem het

Dié dames het tydens die USSA Nasionale Skaakkompetisie bewys dat skaak nie net ’n spel vir mans is nie.Van links: Marlene Roets (agtste plek), Rachelle-Mari Voges (eerste plek), Elizma Grobler (NWU-Puk Skaakvoorsitter), Eljeanie Wilke (sesde plek).

FOTO: Vinzent Blaschczok

5 Nuus5 Februarie 2015

Ontgroening kodewoord: R & OJEANELLE GREYLINGBaie dinge op die NWU- Potchefstroomkampus het ná die omvattende mediadekking verlede jaar verander. Die eerstejaars se oriënterings- program is een voorbeeld.

Wapad het gaan ondersoek instel oor wat dié nuwe program behels.

Volgens Bianca Enslin, SR: Adjunkvoorsitter, is die ou Ontvangs- en Bekendstel- lingsprogram (O&B) vanjaar vernoem na die Registra- sie- en Oriënteringsprogram (R&O) omdat die drie NWU-kampusse se verwelkomings- programme moes belyn.

“Hulle wou dit nie na een van die huidige benamings op een van die kampusse nie vernoem nie, so toe skep hulle ’n heeltemal nuwe naam wat op al drie kam-pusse van toepassing is," het Enslin gesê.

Sy meen ook dat die NWU se R&O-program al voor einde September verlede jaar reg was toe die bestuur besluit het die verskillende kampusse se programme presies moet belyn.

“Omdat ons meer studente as die ander twee kampusse het, kan ons nie presies belyn volgens dag en datum en tyd nie.”

Volgens Enslin is die programme wat hulle voorgelê het elke keer afgekeur.

“Dit was maar ’n redelike scary ervaring want ons was só bang vir wat ons verloor.”

Die program wat uiteindelik goedgekeur is, was basies die-selfde as voorheen.

Naamverandering

Verskil in getalleVolgens Enslin het die NWU-Potchefstroomkampus die afgelope drie jaar elke keer aansienlik meer inskrywings gekry.

“Die inskrywings- en aan-vaardingsgetal was hoër as verlede jaar s'n,” het Enslin gesê.

Tog het Wapad verlede jaar berig dat daar meer as 5 000 eerste-jaars by verlede jaar se opening en verwelkoming was. Vanjaar was daar slegs 4 500 eerstejaars by dié geleentheid, het die NWU-nuusblad berig.

“Publisiteit is nie noodwendig altyd sleg nie,” het Enslin gesê. Hoewel dié kampus verlede jaar baie mediadekking gekry het, het dit bewustheid oor die NWU-Puk-studente se standpunte gekweek.

“Mense wat nie geweet het ons onderrig is net in Afrikaans nie, besef ons baklei daarvoor.”

Volgens Enslin skrik dit party mense af, maar lok ander weer aan “as hulle sien Puk bied nog Afrikaans aan en is bereid om na ander tale toe te tolk”.

Enslin het ook mense teëgekom wat gehoor het die koshuislewe is nie meer so erg soos in die verlede nie en daarom hul kinders hiernatoe sal stuur. “Hulle is nie meer bang nie. Dit (medi-adekking) gaan altwee kante toe.”

Mediadekking

In die verlede kon die O&B-komi-tee die eerstejaars in die amfitea- ter pak. “Hulle het daar aangekom, aangetree en ry vir ry ingestap, en ons het vir hulle gesê: ‘loop vinnig!’ en pak, pak, pak.

“Nou kan ons hulle nie meer so beheer nie. Hulle kom in, hulle mag nie aantree nie want 'n squad is uit,” het Enslin gesê.

Niemand mag foto’s neem van waar hulle in 'n squad staan nie.

“Hulle loop in bondels en wag tot daar plek is.”

Die “twee-drie, staan!” of “Hoedjies, twee-drie!” is ook iets van die verlede.

“Dit moet nou baie gemakliker wees, soos as ek en jy iets in die amfi gaan kyk.”

Die leiers kan volgens Enslin nie meer so organiserend wees nie, “omdat dit militaristies voorkom en dit lyk of jy robotte grootmaak en nie mense nie”.

Tradisies is uit die voete gemaak

Interaktiewe sessies

Enslin en die bestuur het vanuit die menseregte-beginsels gewerk en vanjaar se reëls op drie fak-tore gebaseer. Eerstens moet jou aksies 'n doel hê. “Dit moet geregverdig kan word.”

Tweedens moet jy kyk na hoekom jy só optree: “Doen jy dit vir intimidasie of word die eerstejaars se menswaardigheid enigsins aangetas?”

Die derde belangrike faktor is natuurlik menseregte.

Transformasie

“Ons het R140 000 se borge ver-loor,” het Enslin gesê. “Dit is die grootste borge van die afgelope paar jaar wat nie wou borg nie.”

Volgens Enslin het dié borge nie genoeg tyd gehad om die adverten-sieveldtog wat saam met die borg gaan, te ontwerp en te loods nie.

“Ons het nou maar baie gesny en gekyk wat is werklik nodig en die kampusbestuur het ons met fondse uitgehelp.”

JOOL

Liefdadigheid en stuff“Sowat R25 000 word gebruik om care packs te koop,” het Enslin gesê. “Dis basies 'n welkom tuis-pakkie. Net sulke goedjies wat 'n ‘mamma-pakkie’ vir 'n gewone student sou wees.”

Dié pakkies word ondergronds by die koshuise vir minder be-voorregte studente uitgedeel.

“Hulle kyk maar waar’s daar nood en sit dit op die studente se beddens neer.”

Die NWU-Puk se eerstejaars- program. FOTO: Facebook

Die eerstejaars mag dít nie meer doen nie. Dit kom glo militaristies voor en laat dit lyk of die NWU-Puk robotte in plaas van mense groot-maak. FOTO: Netwerk24.com

Die NWU-Pukke het verlede jaar vir hul reg op Afrikaanse onderrig betoog. FOTO: praag.co.za

Wag-'n-Bietjie en Patria se JOOL-vlot. FOTO: Lize Lombard

Dié Klawerhof-eerstejaars is moeg vir liefdadigheid. FOTO: Twitter

Bok van Blerk betower die gehoor. FOTO: Lize Lombard

Dit lyk of die eerstejaars dié koue stort geniet. FOTO: Facebook

Eerstejaars stort in die son

Karlien se HK voer die Wangesang vir die eerstejaars en hul ouers op. FOTO: Facebook

“Waar ons voorheen 'n celebrity emcee gehad het, het ons nou 'n be-kende gesig op kampus gekry om te emcee.”

Volgens Enslin is dit “sleg as jy nie kan reël wat jy gedink het jy kan reël nie, maar die eerstejaars sal dit nie sommer agterkom nie”.

Die seniorstudente sou dalk agtergekom het, meen Enslin. “Maar ons sal nogsteeds 'n goed-genoeg R&O-program op die been kan bring”.

Sunelle van der Wateren berig die gewilde vrugtefees was dié jaar net ná 11:00 verby.

Ná 'n eerstejaar van Ratau Lebone drie jaar gelede verdrink het tydens dié fees, mag die eerste-jaars die afgelope twee jaar nie in die Fanie du Toit-sportgronde se swembad swem nie. Hulle kon mekaar wél soos in die ou dae met waatlemoene en tamaties vuil-maak.

Party huiskomitees is “bang hulle kom voor asof hulle skree”.

“Ons het nêrens gesê: ‘Moe-nie te hard praat nie,’ maar dit is maar vrees dat hulle weer in 'n geval opeindig soos laas jaar. Situasies kan so maklik misinterpreteer word of omgeswaai word.

Volgens Enslin is die mense wat dié jaar gekies is om leiers te wees, “regtig spesiaal gekies”.

“Dit was sover lekker om met hulle te werk, hulle het hul insette gelewer en dis goeie mense om almal se mindsets reg te kry.”

Bang Jan HK

HK-lede van Wanda-vrouekos-huis spreek 'n eerstejaar aan.

Al die eerstejaars het die interaktiewe sessies bygewoon. Dit bewys die studente kom hier-natoe vir die studentelewe, meen Enslin. Die getalle en belangstelling het “nie drasties” afgeneem nie. Isabel Moises berig hoe jy vanaf 'n afstand die eerstejaars vanuit die amfiteater kon hoor.

Nóg die reën nóg die donder-weer kon die sterk en jolige gees breek.

Elke portefeulje het hulself op kreatiewe maniere aan die eerstejaars voorgestel.

DeelnameMinjonet. Foto: Facebook

Leiers word nie gegroetDie rektorsgroet, die SR-groet en die Prim-groet “het nou alles verander,” het Enslin gesê.

Die rektorsgroet het van-jaar behels dat die eerste-jaars en die rektor die universiteitslied saam sing.

“Dan is dit meer ’n kampustrots en ’n universiteits-trots wat ge-kweek word as iemand wat op ’n troontjie geplaas word en daar word nou spesiaal groete vir hom uitgewerk.”

Enslin meen die Wessels-verslag en die ondersoeke op kampus het uitgewys dat dit lyk asof leierskap verhef word en op ’n troontjie gep-laas word.

Die eerstejaars het ook by die SR-groet “ingestap, uitge-stap en niks gedoen nie”.

By die prim-bekendstel-ling het die eerstejaars die kos-huislied vir die prim gesing. “So dit is meer ’n koshuis-trots.”

Die leiers op kampus mag nie meer "op troontjies" geplaas word nie.

KlagtesEnslin het nie direk klagtes ontvang nie, maar sy hoor van HK-lede wat ongelukkig is oor goed wat wegval.

“Daai mindset het in die afgelope jaar verander en hulle verstaan nou.

“Maar ek hoor van senior- studente wat maar negatief is. Daar’s baie klagtes daar.” Enslin meen ’n mens kan re-spek kry sonder om ongeskik te wees of om intimiderend te wees.

“'n Groot fout in die verlede was dat jy 'n front voorgesit het om met eerstejaars te werk,” het Enslin gesê. “Wees net jouself dan gaan jy nogsteeds daardie dissipline kan hand-haaf.”

Groet en OntmoetDié geleentheid is in die plek van die destydse Senioront- moeting ingestel. Soos die naam impliseer, was dit baie meer ge-maklik as die vorige jare.

Eugenie Gregan berig byvoorbeeld dat Heide-vroue- koshuis se huiskomitee tydens dié geleentheid die tweedejaars gevra het om op die vloer te sit sodat die eerstejaars 'n idee kry van wat hul plek in die koshuis is.

Een koshuis het ’n tradisie gehad dat hulle die laastes was wat in die amfiteater gesit het.

Ander koshuise het die heeltyd tydens die amfisessies gestaan.Enslin meen dis sleg dat hulle nie meer orde tydens dié sessies kan handhaaf nie, “want die tradisies gaan weg.”

“Wat goed is, is dat die noodhulpmense sê dis die minste ongevalle nog ooit.

“Dis warmer as verlede jaar, so hulle verwag die mense moet meer flou val en sleg voel, maar die ingesteldheid is beter.”

Seniors in die koshuise mag die eerstejaars nie meer bangmaak of intimideer nie, “Die houding by die koshuise is baie anders,” wat vir ’n meer ontspanne atmosfeer in die amfi sorg.

6 5 Februarie 2015

Slapelose nage oor benul-lighede? Ons los dit opARISA JANSE VAN RENSBURG

Het jy al ooit gewonder waar die strepie in tandepasta vandaan kom? Het jy al nagte wakker gelê met eindelose vrae soos: “Kan ’n mens huil sonder oë?” of “As jy onder water is, is jy werklik nat?” Indien ja, hoef jy nie langer slapelose nagte hieroor te ervaar nie.

Strepie-strepie:Wanneer jy jou buisie tandepasta deursny is die tandepasta aan die binnekant net wit, maar waar kom die strepie dan vandaan? Die geheim lê eintlik in die mondstuk van die buisie. Naby aan die snuit is daar gaatjies met stowwe van verskillende digthede. Wanneer jy die buisie druk, forseer dit die wit tandepasta aan die binnekant, asook die ander kleurige stowwe by die opening uit om dus die strepie-effek voort te bring.

Pik ’n traan:Volgens studies in menslike anatomie is dit wel moontlik om te huil sonder oë. Die vermoë om te kan sien is die hooffunksie van die oog en verskil hemelsbreed van die vermoë om te kan huil. As die liggaam ’n lakrimale klier en lakrimale buis het, is dit moontlik om te huil sonder ’n oog.

Kurkdroog of papsopnat?

Water, oftewel H2O, bestaan uit waterstof- en suurstofmolekules. Wanneer jy in die swembad klim en jou lyf heeltemal onder water is, is hierdie molekules verbind met mekaar. Terwyl die molekules verbind is, is jy tegnies gesproke nie nat nie. Dit is eers wanneer jy uit die swembad klim, en die verbinding begin breek wat jy nat word.

Pikkewyn-knieg:’n Vraag wat groot oproer onder slapeloses veroorsaak, is: “Het pikkewyne werklik knieë?” Dit is bewys dat ’n pikkewyn se been inderdaad uit ’n femur, knieskyf, tibia en fibula bestaan. Dit is as gevolg van hul oormaat vere en kort postuur, dat mens net nooit hierdie struktuur raaksien nie.

Beskermingsdienste: jou beskermengel op kampusISABEL MOISES

Studente word aangerand en besteel, en soms is hulle net te bang om dit aan te meld.

Beskermingsdienste is nie net ’n plek waar jy jou students gaan soek nie, maar hulle is wel ook daar om te beskerm en te dien.

Met drie skofte per dag, maak Beskermingsdienste seker dat daar altyd genoeg beamptes is om die kampus en sy studente veilig te hou.

Beskermingsdienste is daar om te beskerm en te dien deur doeltreffende patrollerings-dienste, misdaadbekamping, ondersoek van misdaad en ’n ondersteunende rol tot ambu-lans- en brandbestrydingsdienste te lewer. Nog funksies wat hul aanbied is arrestasies, alarms en monitorstelsels.

“Vanaf vroeg Januarie is ons al hard besig met nuwe studente en ouers op kampus. Dit is die besigste tyd van die jaar vir ons,” meen ’n sekuriteitsbeampte.

Giel Senekal, Hoof van Verkeer- en Toegangsbeheer sê dat die diefstal van selfone, skootrek-enaars en kontant uit beursies vanuit koshuiskamers die mees algemene voorvalle van misdaad op kampus is.

Volgens Kiewiet Scheppel van Bemarking en Kommuni-kasie (BEK), was “drie studente van Eikenhof verlede jaar ty-dens Aardklop beroof. Hulle het

telefoondiens verrig en aan die slaap geraak. Toe hulle wakker word, het hulle gevind dat hul selfone en skootrekenaars vermis was. Daar was twee verdagtes gearresteer en aan die SAPD oorhandig. Die verdag-tes het na berig toegang verkry deur die skuifhek by Bennie Pienaar-saal wat nie behoorlik gesluit was deur Aardklop se sekuriteit nie en toe toegang verkry tot Eikenhof deur ’n agterdeur wat nie gesluit was nie.”

Studente word aangemoedig om altyd ’n draai te maak by Beskermingsdienste wanneer hul iets verloor het of ’n slagof-fer van misdaad was. Talle studentekaarte en sleutels word daagliks ingehandig by die Beskermingsdienste-kantore en die opgeleide personeel is toegerus om enige noodsituasie te hanteer.

Beskermingsdienste is daar om te beskerm en te dien deur doeltreffende patrollerings-dienste, misdaadbekamping, ondersoek van misdaad en ’n ondersteunende rol tot ambulans- en brandbestryd-ingsdienste te lewer

Hulle is glo jou helpende hand wanneer jy moeilikheid in enige vorm kry

Nood- en ander belangrike nommers DEPARTEMENT BESKERMINGSDIENSTE: 018 299 1110 / 2211 / 2215 PUK HULP (GESONDHEIDSENTRUM): 018 299 1777 SAP: 10111 PUK BRANDWEER: 018 299 1110 / 2211 / 2215 AMBULANS: SKAKEL BESKERMINGSDIENSTE NOODNOMMER TOEGANGSKAARTE: 018 299 2209 SLEUTELS: 018 299 1929 ONDERSOEKE / HOOF BEVEILIGING: 018 299 2210 / 2212 VERKEER- EN TOEGANGSBEHEER: 018 299 2219 / 4402 / 2218

Beskermingsdienste is geleë in die draai by die Sanlam Ouditorium en skuins oorkant Voeding- en Gesinsekologie in gebou F17.

Lees jou kampus nou

Advertensie8 5 Februarie 2015

6$·s Largest

Online Classifieds.

9K&V5 Februarie 2015

JOHANE VAN DEN BERG

Klawerhof en Heimat het by vanjaar se aankondiging van die wenners van die

eerstejaarskonsert byna soos Tay-lor Swift by laasjaar se Grammys gelyk: arms vol pryse.

Kleuterskoolliedjies soos Han-sie Slim en Vader Jakob het lewend geword op die verhoog as karakters in die toneelstuk.

Landshelde soos ’n wraak-sugtige Wolraad Woltemade en ’n ondeunde Rageltjie de Beer

THE NWU GALLERY OPENS ITS

DOORS FOR THE YEAR

Potchefstroom maak sy debuut in lang verwagte �lm

het gesorg dat die teks vars en humoristies bly.

Afgesien van die feit dat hulle as die algehele wenners aangekondig was, het hulle ook eersteplek gewen in die afdelings: toneel, begeleiding en prop-gebruik.

Hulle het daarby tweede plek gewen vir teks en sang, sowel as derde plek vir choreografie.

Karlien en Villagers was eg-ter kort op hulle hakke met ’n algehele tweede plek vir hul vertolking van ’n Romeo en

Juliet drama wat tussen die inwon-ers van ’n kombuis en sitkamer onstaan het.

Die sleep se indrukwekkende kostumering, sterk karakters en goeie dekor het vir ’n eersteplek in sang en teks gesorg sowel as ’n tweede plek in begeleiding, toneel, choreografie en prop- gebruik.

Hulle het ook eersteplek gedeel met LAT dit REUn (Bellatrix en Laureus) vir eie komposisie.

In algehele derde plek was Vergeet-My-Nie en De Wilgers

waar hulle ook derde plek gewen het met toneel en prop-gebruik sowel as om derde plek te deel met Oosterhof en Over de Voor vir eie komposisie.

Charl Olivier van Heimat was gekies as beste manlike akteur en Marianka Cronje van Heide as beste aktrise.

Die Wapad-aktualiteitsprys is oorhandig aan Dinki en Veri-tas vir hul goeie uitbeelding van aktuele sake soos wêreldleiers wat tans en voorheen aan bewind was as karakters.

Geen HEIWERing by #EK15

Oor die algemeen het die kwaliteit van #EK15 nie teleurgestel nie, afgesien van die feit dat twee slepe se dekor en temas in verskeie opsigte oorvleuel het.

Die klank het ook amok by van die slepe veroorsaak en soms was die sangers plek-plek uit sync met die koor en die band. Die konsert was egter oor die algemeen steeds vermaaklik en die gehoor het hulself tydens albei vertonings gate uit geniet.

NICOLE KEMP

Both galleries of the North-West University welcome 2015 with two remarkable art exhibitions making their debut today.

Rowland Daniel’s exhibition, The Beginning, is a represen-tation of the past 21 years of his life and showcases differ-ent variants of sculptures. It is exhibited at the NWU Botanical Garden Gallery.

According to Daniel “there exists a great variety in the sculptures because each of them were completed over long peri-ods of time”.

Personal experiences are reflected in Daniel’s work, resulting in a deep emotional connection between sculptor and sculptures.

Daniel explains: “Things that make or break you, hope and love, they all have distinct effects on my state of mind, which again lays its weight on my creative process”.

The topic of recycling also attributes to Daniel’s exhibition as can be seen in the types of materials used in his sculptures.

“Because I live my life close to nature, recycling has also become a more important issue, which influences my choice of material. Scrap metal and stone are utilized more frequently while I also keep my eyes peeled for any manner of unused or found material which continues to affect texture and rounding off,” Daniel says

At the North-West University Gallery Prof. Attie Gerber docu-ments the traditional lifestyles of the people of the communal areas of the north-western Cape and the Kalahari in a photographic and video presentation.

“The main focus is remnants of cultural life that is threat-ened by modernization and the evolution from farming to a wage- economy,” Gerber explains.

The exhibition strives to answer questions such as: “How and where these people live?”, “What is it like to live in a stock post shelter?” and “What is unique and traditional about the way stock post herders prepare their food?”

Both exhibitions are open for public viewing from 5 – 27 Feb. at their distinctive galleries.

Examples of the art pieces on display at the respective galleries

SUNELLE VAN DER WATTEREN

Die film Mooirivier, wat vanaf 26 Maart 2014 in Potchefstroom en op die Puk-kampus geskiet is, kom 6 Februarie op die grootskerm uit.

Die film met sy alombekende filmspan bring ’n hele nuwe konsep na SA se filmwêreld.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid Afrikaanse rolprente produseer Kaapland Films ’n film met meervoudige storielyne soortgelyk aan die films Valentines Day en Love Actually.

Mooirivier speel regoor Potchefstroom af, onder andere op die Puk-kampus, Cachet Park, op die Bult en by Laerskool ML Fick. Akteurs wat die rolle van die paartjies in die film vul is onder andere Gys de Villiers, Anel Alexander, Diaan Lawrenson, Zetske van Pletzen, Heinz Winckler, Nadia Beukes, Leandie du Randt, Bouwer Bosch en Hykie Berg.

Vanaf die lokprent wat op You-Tube beskikbaar is lyk dit asof Kaapland Films en Rene van Rooien (die skrywer van die

film se draaiboek en die regis-seur) nog ’n goeie, romantiese humoristiese fliek vervaardig het, ten spyte daarvan dat hulle “probeer wegkom van die roman-tiese komedie,” soos Tim Theron gesê het.

Die film volg die verhale van verskeie paartjies soos hulle elk op hul eie manier bewys dat “liefde wen”, en so lees die film se leuse ook. Dit beeld ’n meer realistiese kant van liefde uit en wys dat daar hoogtepunte sowel as laagtepunte in liefde is, maar dit kom daarop neer dat liefde op die ou einde tog uitwerk. Soos die lokprent verduidelik: “Partykeer voel dit asof alles net in plek val, asof die liefde net werk.”

Die �lm volg die verhale van verskeie paartjies soos hulle elk op hul eie manier bewys dat “liefde wen”, en so lees die �lm se leuse ook

1.Wie was volgens jou die snaaksste medespeler op die stel?

Bouwer Bosch en Bennie Fourie.

2.Wat was die ‘weirdste’ ding wat iemand op stel gedoen het?

Bouwer het as deel van die movie in sy onderbroek in die koshuis gange so scene gedoen waar hy heeltyd gly as hy wil loop... Dis deel van die movie oor sy medespeler Bennie vir hom ’n poets gebak het.

3.Wat sal jy graag volgende wil aanpak?

Baie dinge. Ek kan nie my geheime weggee nie, maar �ieks-gewys ’n challenging, disturbing rol. Soos Girl Interrupted.

4.Wat dink jy is die belangrik-ste waarde wat meisies vandag behoort te hê?

Self-love en respek, dan sal al die ander waardes vansself kom.

5.Wat is een ding wat jy wens jy vroeër in jou lewe geweet het?

Dat ek perfek is nes ek is. Dat niemand soos ek is nie, dus hoef ek nie myself met enige iemand te vergelyk nie. Ek is die enigste en beste ek.

Leandie praat oor Mooirivier

FOTO: LIZE LOMBARDDie diverse tonele wat ons vanjaar gesien het. Ons het darem maar ‘n klomp verspotte eerstejaars!

PHOTO’S: Provided

Leandie du Randt vertolk die hoofrol

K&V 10 5 Februarie 2015

DONDERDAG 5 FEBRUARIE - 20:00Shortstraw Album LaunchMystic Boer R50 toegang

DONDERDAG 5 FEBRUARIE - 17:30Kunsuitstalling se Opening: "The Beginning" - Rowland DanielNWU Botaniese Tuine

DONDERDAG 5 FEBRUARIE - 19:00Kunsuitstalling se Opening: "Voices of the Drylands" - Prof Attie GerberNWU Hoofgallery

VRYDAG 6 FEBRUARIEMooirivier Movie begin wysSterkinekor

SATERDAG 7 FEBRUARIE - 09:00The Life MarketSnow�ake

DINSDAG 10 FEBRUARIE - 12:15Eerstejaars Musiek KonsertKonservatorium

VRYDAG 13 FEBRUARIE EL-Phonix tree opMystic Boer

DINSDAG 17 FEBRUARIE - 12:15Eerstejaars Musiek KonsertKonservatorium

5 Feb- 19 Feb

JOOL 2015

MARITA HERSELMAN

Na bykans ’n week bly ’n JOOL-erige atmosfeer steeds om Potch talm

en ons dink met aangename herinneringe terug na daardie twee aande.

Met só ’n diverse line up, het JOOL verseker met al wat ’n musiekliefhebber is, geflikflooi.

Al die vertonings het van passie en energie getuig. Energievlakke het natuurlik met vertonings gewissel. Dit sal byvoorbeeld eienaardig wees as Joshua Na Die Reën se energie met Fokof-polisiekar s’n omgeruil word.

Die JOOL-vertonings was Don-derdag 29 Januarie deur Joshua Na Die Reën geopen. Hy en sy orkes het met treffer Hardloop in die veld in begin.

Joshua Na Die Reën, Jacques de Villiers, se sag-op-die-oor-stem het die gehoor laat wieg met sy bemoedigende, opregte lirieke.

De Villiers en sangmaat, Lizandra von Hagen het die gehoor uit hul longe laat gil tydens ’n tentoonstelling van hul sangvernuf.

Joshua Na Die Reën het ge-durende die verrigtinge onder meer ’n cover van Coldplay en Rihanna se Princess of China op-gevoer.

Ná die vertoning het die band op Facebook gesê: “Nooit kon droom dat so baie mense my liedjies se woorde saam sou sing nie...”

Die skare het al van liedjie nommer een af saam met Matthew Mole gesing en geneurie.

Wie het gesê mans kan nie multitask nie? Mole behartig gelyktydig die kitaar, kick-drum,synth en meer, moeiteloos.

Met Mole se debuutalbum, The Home We Built, het hy, in Julie 2013, die eerste Suid-Afrikaner ge-word om nommer een op iTunes se ranglys te wees. Sy musiek kan as folk, met elektroniese invloede, geklassifiseer word.

Soos Joshua Na Die Reën se musiek, is daar in Mole s’n ook onderliggende Christelike el-emente. Mole se lirieke is vol hoop, entoesiasme en hartsake. Om te sê sy musiek is mooi, sal onderbeklemtoning wees.Die reaksie wat Mole van die gehoor af gekry het, het sy ge-

laat met glimlagte bedek. Hy het afgesluit met sy treffer Take Your’s, I’ll Take Mine wat aan-hangers gaande gehad het.

Bok van Blerk het ’n trots Suid-Afrikaanse gevoel onder die toeskouers geskep deur onder meer liedjies soos De la Rey en Ons Vir Jou Suid-Afrika te sing.

Hy het die mense in ’n partytjie-bui, met lekker kuierliedjies soos Lenteblomme en Vodka & OJ, gesit.

Van Blerk het in ’n onderhoud oor sy JOOL-ervaring gepraat: “Dit was ’n lekker vibe gewees en ’n mal crowd. Ek kon nie glo dat die studente elke liedjie woord vir woord saamsing nie. Dis crazy om te dink dat toe die De la Rey-CD uitgekom het, van hierdie mense tien jaar oud was.”

Hy noem dat hy graag hierdie jaar ook iets anders wil aanpak, soos fotografie en ’n huis vir hom wil bou.

Van Blerk is tans besig om aan sy nuwe album te werk, wat moontlik in Mei vrygestel word.

P.H.Fat het die skare, vir ’n uur lank, ernstig laat kuier. Mike Zietsman, P.H.Fat rapper het

tydens ’n onderhoud gepraat oor JOOL: “It was cool. Just a sur-prise to see so many people there and to see so many people get into it.”

MiCasa-sanger, J-Something het die gehoor geboei met sy in-die-kol-danspassies.

Die trompet en saxofoon in die groep bring sielvolle klanke mee. Jy wil jou oë toemaak om als met jou ore te waardeer, maar dan moet jy dit oopmaak om te beleef hoe dié mense dans.

Potch-geliefdes, Flatlander, het die verantwoordelikheid gehad om die stemming vir Vrydagaand 30 Januarie te bepaal.

Met hul opgewekte, prettige klanke het hulle veroorsaak dat die gehoor onwillekeurige bewe-gings maak. Fokofpolisiekar het ook opgetree.

aKing het die gehoor van derde rat na vyfde deur laat sit.

Jack Parrow was net so waaghalsig soos sy voorganger en het besluit om die crowd te surf.

Euphonik het die belewenis, wat JOOL 2015 was, afgesluit. Dit gaan iets enorm neem om dié ervaring te klop.

JOOL 2015...het jou wind uitgeskop, jou weggeblaas, jou stembande gesteel en jou laat wegraak in die musiek

FOTO'S: Lize Lombard

Leefstyl 11 5 Februarie 2015

Maak 2015 só onvergeetlik

DIY-Nutella koek-in-'n-koppie

Metode

Oraait ou bul, kom ons wees maar eerlik: as jy in vandag se dae ’n girl op Valentynsdag wil beïndruk gaan jy so bietjie meer Chuckles of een van daai bos rose wat die smouse hier langs Hoofhek aan elke Jan Raap en sy

tjom probeer verkoop.

enige hierjy nie. Dié DIY (because anybody can)-resep is geskik vir arm studente wat ook maar net die nodigste in hul koshuiskamers besit, maar Valentynsdag tog spesiaal wil maak.

girlembrace girls-night

en bak hierdie bad boy

1. Voeg al die bestanddele in 'n bakkie en meng totdat dit glad is. 2. Gooi die mengsel in 'n groterige koffiebeker en bak in 'n

mikrogolfoond vir 1 ½ tot 2 ½ minute (Die baktyd hang van jou mikrogolfoond se krag af).

3. Laat dit vir sowat 10 minute afkoel voordat jy bedien. 4. Versiering (opsioneel):Sit die kersie op die koek met ’n bietjie room

of roomys.

JOHANÉ VAN DEN BERG

Die vakansie is verby, klasse het begin en dit mag voel asof hierdie jaar skielik met 'n spoed begin wegtrek. Dis egter nie nodig om te voel asof jy gaan agterbly nie. ’n Nuwe jaar beteken 'n nuwe jy, so skud die lekkerlui vakansie ‘vibes’ af en neem beheer oor jou lewe! Jou lewensarea het ’n belang-rike effek op jou studies en jou ge-moed, so doen iets nuuts met jou

koshuiskamer of jou woonstel. Ouens, dis alombekend dat

nie almal van julle mal is oor binneshuisversiering nie, maar jy hoef ook nie jou ma te laat skaam kry wanneer sy kom kyk of haar ou bloedjie nog leef nie. So sluk maar jou trots en vra jou meisie of ’n goeie vriendin om bietjie 'n hand te gee wanneer dit by hier-die sakie kom; girls is mal daaroor om te ‘redecorate’!

As jy van 'n vintage tema hou, laat

staan 'n paar ou bladsye vir tussen tien en twintig minute in rooibo-stee, laat dit droog word en sny dan voëltjies, wolke of selfs letters vir cool sê-goed uit om in ’n patroon op jou vensters te plak. Organiseer jou werksarea ordentlik en jou swot-tings sal sommer baie makliker gaan!

Indien jy tot dusver onder 'n klip gelewe het en nog nie by die Fanie gaan swem het nie, moenie die volgende warm dag onaangeraak laat verbygaan nie; kry 'n klomp

pelle en ’n paar balle en gaan bos! Onthou die sonblok en die feit dat studente maklik peuselrig raak; gaan koop ’n lekker groot yskoue waatlemoen by Spar om saam te vat. As sekuriteit nie lus lyk om saam te werk nie, draai dit in ’n strandhanddoek toe en smokkel dit deur die hek! Spaar bietjie jou sak, verras jouself en maak jou eie ystee vir ietsie lekkers as die koshuisbure kom kuier. Dis baie makliker as wat dit klink, selfs vir die wat nog nooit baie avontuurlustig was nie.

Ons weet almal swottings is belangrik, maar maak tyd vir jou vriende en wys dat jy omgee. Movie nights is die perfekte manier om dit te doen, en dis fun daarby!

As jy nie geld het vir uitgaan-fliek nie, download 'n lekker een op Glowgaze en reël 'n paar vriende om te join. Onthou baie kussings! Studente kan laf wees en dis lekker, maar onthou: dis net jou lewe en jy lewe slegs een keer. Maak dit die moeite werd!

Post-Rag �rst-aid kit on a budget

5 Mins

setting up world records for binge drinking, got a nasty wifey-tan or developed giant gumboot-induced callouses, this one's for you.

NICOLE KEMP

FOTO: JOHANE VAN DEN BERG

JOHANÉ VAN DEN BERG

Liver-cleanse (to help get back the �ve years of your life you accidentally drank away in the beer tent)

INGREDIENTS: 2 teaspoons finely grated turmeric1 teaspoon finely grated ginger½ - ¾ teaspoon cinnamonPinch black pepper½ teaspoon pure vanilla extract1 teaspoon pure raw honey or sweetener of choice¼ cup coconut milk (or milk of choice)Boiling water

Instant sunburn relief (we don’t want melanoma to join the party)

INGREDIENTS:Baking powderA bathHot water

Listerine foot soak (take the piggies to the parlour with this one)

INGREDIENTS:1 cup antiseptic mouth rinse (like Liste- rine)1 cup vinegar2 cups warm water

3 eetlepels koekmeel3 eetlepels suiker1 eier3 eetlepels kakaopoeier3 eetlepels Nutella2 ½ eetlepels melk1 eetlepel olie

Bestandele

Vir nog blitsvinnige kof�e-koppie resepte gaan loer gerus op Buzzfeed se blog by hierdie Q-R kode:

INSTRUCTIONS:1. Fill a mug halfway full with boiling water.2. Add in turmeric and ginger.3. Cover and let steep for 10-15 minutes.4. Stir in cinnamon, black pepper, vanilla and honey.5. Fill the rest of the mug with coconut milk and stir.6. Enjoy!7. Drink once a day until you run out of ingredients.

INSTRUCTIONS:1. Run a bath as you normally would and

add ½ - ¾ cup of baking powder to the running water.

2. Get in and experience the magical heal-ing powers of baking powder for about 20 – 30 min (depending on the amount of sunscreen you managed not to put on yourself).

3. Et voilá! No more lobster jokes for you.

INSTRUCTIONS:1. Mix all the ingredients together in a

bowl large enough to fit both of your feet in.

2. Soak the piggies for 10 – 20 min.3. After soaking lightly brush your feet

with a pumice stone if desired.

Briewe

12 5 Februarie 2015

KommentaarRedaksioneel

Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

5 Februarie 2015

Hoofredaksie

Gesien op Twitter

Die volgende uitgawe vanWapad verskyn op 19 Februarie.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw ADVERTENSIEBESTUURDER: Lynette Strydom

Teksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten.

Peter de Villiers@Coachdivvy

Exciting new @varsitycup rules. Players must maintain an average of 50% in all sub-jects. Good luck to UJ.

Carla Mouton@Carla_Mouton

Koshuisvergaderings is seker maar hoe die hel is. Dis warm en daar's klomp mense wat nie wil shut up nie.

TheMiddleChild@AnikevdM

Na jool klink dit soos Ebola in die klas @NWUPuk

Hannelie Otto@MensDom

Jeez, Potch pik ('n klein) bietjie by. Nog 'n nuwe coffee shop oopgemaak, Station Coffee Co., op die Bult by Qba Lounge.

Carla Mouton@Carla_Mouton

Registration is probably the reason why so many people just drop out of university.

Die meeste Pukke het ten volle ingekoop by die status quo op kampus. Wat anders is R&O dan as ’n bekendstel-ling aan die manier hoe dinge gedoen word op die Puk?

Die NWU-Puk beleef tans 'n droomtydperk waar alles besig is om te verander.

Wapad het verlede week met ons eie (kleinskaalse) herwinningsprojek begin. En as 'n mens só deur die ou Wapad-uitgawes kyk, is dit duidelik dat dinge altyd aan die verander is.

Daar was nog altyd iets kontroversieel in die studentenuus, mense was nog altyd liggeraak oor die eerstejaars se ontgroening en die NWU-Puk is nog altyd dopgehou.

Tog het dié kampus nog altyd stelselmatig getransformeer. Vanjaar is die transformasie vir party mense 'n bitter pil om te sluk.

Ons "verloor" al die tradisies. Maar so what?Dis positief om oor te begin. Transformasie is goed. Ek weet hoe bang

was die mense in die vroeë 1900's vir gloeilampe. En kyk nou.Die massamedia is altyd aan die groei en beïnvloed ongelukkig mense

se persepsies. Soms versnel dit transformasie. Transformasie beteken egter vooruitgang.

Die JOOL-inisiatief moes dalk ly weens die poging om te transformeer, maar andersins was die nuwe Registrasie- en Oriënteringsprogram baie suksesvol.

Daar is net nie plek in die hedendaagse samelewing vir mense se idee van die PU vir CHO nie.

Puk-kampus is in 'n trans - Francois Lion-Cachet

Registrasie en Oriënter-ing (R&O), die plaas-vervanger vir die

O&B-program, het tekens van vooruitgang getoon.

Jy moet aan jouself erken dat dit uiters vreemd aan ’n buitestander moet lyk as ’n klomp studente in dieselfde uitrustings in pelotonne rondmarsjeer terwyl hul geboue en vreemdelinge moet groet.

Die meeste koshuise het titels verruil vir net name en vanne, pelotonne was semi- gestruktureerde bondels en blommetjies-vou was tot ’n mate nie verpligtend nie. Komiteelede moes ook inspring en help. Die Dorelied se naam is verander na Wangesang en die troontjie- ontmoeting van SR-lede en ander leiersfigure op kampus het nie met groete gepaard gegaan nie. Iets nuuts, maar in essensie nogsteeds dieselfde.

Die meeste Pukke het ten volle ingekoop by die status quo op kampus. Wat anders is R&O dan as ’n bekendstelling aan die manier hoe dinge gedoen word op die Puk? My O&B was vir seker nie gefokus op akademiese oriëntasie nie.

Kyk, dit is ’n goeie ding dat die universiteit studentelewe as be-langrik ag en daadwerklik daatoe bydra om dit te laat floreer. Al is akademie die eerste prioriteit, is dit goed om te weet dat die uni-versiteit poog om sy studente te ontwikkel na volronde mense eerder as om net te swot.

Dit kan wel beter gedoen word.In een koshuis is daar blykbaar

aan die tweedejaars gevra om op die vloer te sit om te simboliseer wat die eerstejaars se plek in die koshuis is. Taktieke soos dié is waarop O&B gebou is om eerste-jaars af te breek en weer op te bou binne die gewoontes en gebruike van die Puk. Om ’n eerstejaar te oortuig dat hy of sy werklik minder werd is as sy mede- student. Dié wat nie by die sisteem inpas nie, word onwelkom laat voel.

Dit was net laasjaar toe daar nog in ’n menseregte-opleidingsessie aan koshuisseniors gesê is om ’n eerstejaar uit te werk wat nie sy volle samewerking wil gee nie. Seniors het boonop vanjaar gekla oor respek en dissipline wat saam titels by die drein afgaan en hul afkeur uitgespreek oor R&O se nuwe reëls en regulasies.

Dit het nog altyd vir my ’n raaisel gebly hoekom ’n student wat twee of drie jaar ouer as ’n eerstejaar is hom of haar deur verskeie maniere moet intimideer en beïnvloed om dissipline of respek af te dwing.

Die bubble wil-wil barsDit is altans nie die weermag

nie, en respek word verdien.Hoewel daar sekere “geïsoleerde

insidente” plaasgevind het, wil dit wel voorkom of R&O ’n groot stap vorentoe was. Eerstejaars het nie so verskrik gelyk nie en kon met redelike gemak die nuwe fase van hul lewe ingaan – met lang matriekvakansiehare en al.

Dit bly egter betreuren-swaardig om na foto’s van die verwelkoming van eerstejaars en hul ouers in die amfiteater te kyk. Jy kon Where's Wally speel deur om tussen al die wit gesigte ’n swart of bruin een te soek (Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!). Daar is tog heelwat swart en bruin eerstejaars wat bydra tot die diversiteit van die NWU-Puk wat nié in die amfi was nie, maar daar kan dus afgevra word hoe inklusief dit dan werklik is.

Afrikaans verdien sy plek in Suid-Afrika, die Afrikaner- kultuur ook – solank dit inklusief en bedagsaam teenoor ander kulture, gelowe en rasse benader word. ’n Kampusrek-tor wat homself uitspreek oor sy een stel waardes wat na terug-gekeer moet word, dié van die PU vir CHO, by ’n publieke instel-

ling wat moet voorsien vir al sy studente ongeag geloof, oortuig-ing en sieningswyses, is dus kommerwekkend.

Die kampusbestuur sowel as die studente blyk nie van die verandering te hou nie. Die alumni ook nie. Die universiteitsbestuur was vinnig om die ProPuk veldtog te stig in samewerking met AfriForum. Die linkers baklei met die regters en nie een gaan die ander van stand-punt laat verander nie. Opinie-blad-gevegte opsy, verandering gaan gebeur.

Ons is al gerus gestel deur Dan Kgwadi, visekanselier wat vanjaar die verandering gaan lei, dat Afrikaans ’n plek op die Puk sal hê. Binne die groter prentjie van inklusiwiteit en diversiteit.

Die Puk gee om oor sy studente en doen baie om die "studentiteit" te bevorder. Tog bly hierdie studentelewe in 'n bub-ble. Baie studente kry nie genoeg kontak met 'n verskeidenheid van denke, kulture en sieningswyses apart van hul eie nie. Sodoende bly die kultuur op kampus groot-liks in ’n bubble. Hoe baat die land by die insulêre kultuur?

Die wiel van verandering is wel aan die rol en 2015 lyk hoopvol. Na alle verwagtinge sien ’n weeklange spoken word poet-ry-fees by die Puk vanjaar in Augustus die lig wat gesonde en kritiese bespreking gaan aanmoedig. Inisiatiewe soos dié, wat opbou in plaas van afbreek in die regte rigting, is net wat die kampus nodig het.

Wapad het dié jaar besluit ons wil terugkeer na die dae van comic strips waar mense lief was vir die karakters wat hulle in elke uitgawe beter leer ken het

Oor die afgelope eeu het strips soos Calvin & Hobbes, Peanuts en Krazy Kat in mense se harte en psige gedelf.

Hiermee loods ons die pi-lot strip wat slegs 'n inleiding van die Kernel-reeks is.

SMS 31750- Bouwer BoschSMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

135 Februarie 2015 Opinie

Lees hierdie opiniestuk, raak deel van die gesprek en lug jou mening!Eintlik wing ons almal

maar die lewe

Liewe PUK. My naam is Bouwer Bosch. My middelnaam is nogal Meksikaans so ek sal dit eerder nie met jou deel nie, net om myself te beskerm.

Ek het die voorreg gehad om van 2006 tot 2010 ’n Puk net soos jy te wees.

Ek het BA Kommunikasie studeer, want dit was die maklikste rigting, en kom ons wees nou maar eerlik met mekaar, mens kan nie aantreklik, snaaks én slim wees nie (om nie eens te praat van my nederigheid nie). Nietemin het ek vier jaar lank aan my BA-graad gestoei.

Dit was verseker van die beste vier jaar van my lewe, ingesluit al die vriende wat ek gemaak in die herlokale regoor kampus. Ek het so baie her-eksamens geskryf dat die Puk later vir my ’n lifetime membership kaart gegee het. Ek kan nou by enige herlokaal op kampus instap en enige vraestel her wat ek wil.

Ek moet eerlik met jou wees en sê ek dink nie ek gebruik my

graad regtig nie, maar dit beteken nie my vier jaar was verniet nie. Op universiteit leer jy hóé om te leer.

Ek het geleer van mense, verhoudings, geleenthede en tonne teleurstellings ook.

Jy sien, om te kan leer is die grootste voorreg wat jy het (Ek dink ons grootste issue in ons land is nie ons eie president nie, maar eerder onderrig, of die tekort daaraan). Ek is nou 30 jaar oud en ek moet uitkom met ’n geheim gou, ons almal wing net die lewe.

Jy kan jou graad kry, honneurs, meesters of doktoraal, maar op die einde van die dag weet niemand wat more gaan gebeur nie.

So wat ek besef het op universiteit is dat mens nie al-tyd alles so ernstig moet opvat of overthink nie. Jy is jonk, jy is dalk onseker of jy moet studeer wat jy tans doen - dit is alles menslik, ek belowe jou.

Net omdat ek nie my graad ge-bruik nie beteken nie ek het niks geleer toe ek ’n student was nie. Ek het van my waardevolste ver-houdings begin toe ek nog ’n Puk was. Meer as die helfte van my musiekgroep werk nou by talle publikasies, radiostasies en TV-netwerke regoor die land so my verhoudings met hulle dra meer gewig as my graad wat uitgeprint is en teen my muur hang.

Elke dag is ’n skooldag, of jy nou ’n studentenommer het of

nie. Jy gaan elke dag leer van jouself en mense en jy gaan ook ander kan leer van hulself en die lewe. Laastens gaan my hart ook uit aan die wat soos ek met ’n studentelening studeer het.

’n Baie maklike manier om jou studentelening van R120 000 terug te betaal is om ’n orkes te begin. Jy hoef nie goed te kan sing nie, autotune is jou beste vriend, maak net seker jou woorde rym elke nou en dan, en wees altyd eerlik met jou luisteraars, al beteken dit soms dat jy moet erken jy het foute en maak foute. Want soos ek reeds gesê het, ons almal wing net die lewe anyway.

Liefde Wen.Bouwer

So wat ek besef het op universiteit is dat mens nie altyd alles so ernstig moet opvat of overthink nie. Jy is jonk, jy is dalk onseker of jy moet studeer wat jy tans doen - dit is alles menslik, ek belowe jou

Bouwer Bosch is die baas-brein agter "Liefde Wen" en ’n bekende gesig in die Afrikaanse vermaakbedryf. Wanneer dié oud-Puk nie op die verhoog of grootskerm baljaar nie, hou hy sy lyf ook aspirant komediant.

1501_1120_VAN_SCHAIK_1ST_SEMESTER_UNIVERSITY_ADS_WAPAD_195mmX260mm_FA.indd 1 2015/01/30 10:44 AM

FOTO: Facebook

14 5 Februarie 2015SportWapad

Serena Williams het die naweek haar sesde Australiese Ope-titel ingepalm deur Rusland se Maria Sharapova in skoon stelle te klop.

Die Amerikaner moes in die tweede stel hard werk om die vyfmalige Grand Slam- kampioen se terugvegpoging af te weer, maar het uiteindelik die valbyl-pot gewen en haar 19de Grand Slam-titel beklink.

In die mans se eindstryd het Novak Djokovic van Serwië sy vyfde Australiese Ope-titel losgespeel toe hy Andy Murray in ’n taai wedstryd met 7-6 (5), 6-7 (4), 6-3, 6-0 geklop het.

Dit is Djokovic se agtste Grand Slam-titel.

Serena en Djokovic seëvier in Australië

Die All Blacks en Blues se staatmaker-speler Kevin Mealamu sal die eerste paar wedstryde van vanjaar se Su-perrugby-seisoen misloop.

Die 35-jarige Mealamu sal eers in die vierde rondte speelkans kry en sal in die wedstryd teen die Chiefs en die Suid-Afrikaanse toer nie in aksie wees nie.

Die All Blacks se afrigter Steve Hansen sal Mealamu fyn dophou met die oog op die Rugby Wêreldbeker later van-jaar.

Die haker het besluit om eer- der versigtig met sy speeltyd om te gaan vanjaar, aangesien dit sy laaste Wêreldbeker-toer-nooi sal wees.

Kevin Mealamu mis Superrugby-begin

Allister Coetzee verlaat StormersDie Stormers en Wstelike Provinsie se afrigter, Allister Coetzee, gaan sy loopbaan as breier van die unie afsluit.

Coetzee is nog tot Oktober by die unie in Kaapstad gekon-trakteer, waarna hy die Kobelco Steelers in Japan sal afrig.

NWU-Puk ystermanne presteer

DAWIE JANSE VAN RENSBURG

’n Aantal NWU-Pukke het die naweek van 25 Januarie 2015 aan die uitdagende halwe Ysterman-kompetisie (Ironman 70.3) in Oos-Londen deelgeneem.

Dié kompetisie word as een van die moeilikstes ter wêreld beskou en bestaan uit drie bene - 1.9km se swem, 90.1km se fietsry en 21.1km se hardloop.

Die weer op die dag het sake vir die bykans 3000 atlete bemoei-lik en die rowwe see met groot branders en ’n sterk wind het die organiseerders byna laat besluit om die swem af te stel. Die wedloop sou dan steeds uit drie sessies bestaan het – wat dan hardloop, fietsry en hardloop sou wees.

Daar is egter besluit om

voort te gaan en om 6:45 is die professionele atlete die water in, gevolg deur atlete in ouderdoms-kategorieë.

Ná die swem-afdeling het ’n uitdagende 90.1km se fietsry met wind van voor af op die atlete

gewag. Die 21.1km se hard-looproete daarna was hoofsaaklik plat, maar met ’n bunkers hill, ’n sterk wind en temperature van 28°C is die NWU-Pukke behoorlik getoets.

Van die NWU-Puk se veelkamp-atlete het nietemin goeie prestasies behaal, met Dawie Janse van Rensburg wat ’n tweede plek in sy kategorie behaal en Magda Niewoudt wat ’n derde plek in haar kategorie verwerf het. Francois Mienie, Ralph Schmidt, Ruan Pretorius en Henry Relling is die ander klublede wat die wed-loop voltooi het.

Janse Van Rensburg, wat ook die voorsitter van die klub is, nooi studente wat belangstel in twee kamp en driekamp uit om hom te kontak indien hulle by die klub wil aansluit.

Dié kompetisie word as een van die moeilikstes ter wêreld beskou en bestaan uit drie bene - 1.9km se swem, 90.1km se �etsry en 21.1km se hardloop

Eerstejaarssport sorg vir opwindingBELLATRIX NEEM NETBALWRAAK, VERITAS EN HEIDE TRIOMFEER IN TENNIS

ISABEL MOISES

Ná hul verlede jaar net-net teen Karlien die aftog moes blaas, het Bellatrix vanjaar

seker gemaak dat hul wel met die eerstejaarsnetbaltrofee wegstap.

Die dorpskoshuis het Eikenhof met 11-6 in die eindstryd geklop.

Die standaard van die netbal was van die begin af hoog en ná elke rondte het die wedstryde meer intens geword. Een van die groot verrassings van die aand was toe kampus se netbalkoninging, Karlien, in die uitspeelrondtes uitgeval het.

In die halfeindrondtes het Bellatrix teen Wag-’n-Bietjie te staan gekom, terwyl Vergeet-My-Nie en Eikenhof mekaar die stryd aangesê het. Hoewel Vergeet-My-Nie uiteindelik met ’n derde plek tevrede moes wees, het hul ondersteuners gesorg dat die toekenning vir beste koshuis-ondersteuners staanplek in hul trofeekas kry.

Volgens Lize Botes, Bellatrix se senter, het die span baie lekker saam gespeel en goed gekommu-nikeer met mekaar. Bellatrix se sport HK-lid, Krischka Cloete was ná die wedstryd vol lof vir haar span en het gesê dis ’n “amazing gevoel” om die trofee huis toe te kan vat

Jeanté Strydom van Eiken-hof is as algehele speler van die toernooi aangewys en het die toernooi beskryf as die beste een wat sy al ooit bygewoon het.

Volgens Heleen Botha, bestuur-

der van NWU-Puknetbal was van-jaar se toernooi ’n reuse sukses en “een van die bestes” wat die kampus al gehad het. Sy het SR:Sport bedank vir hul moeite met die reëlings.

In die eerstejaarstennis het Veritas en Heide onderskeidelik die meeste wenhoue geslaan om uiteindelik seëvierend uit die stryd te tree. Heide se tweedespan het ook algeheel derde onder die vroue geëindig.

"Die spelers het baie hard gewerk en dit was ’n tight game op die einde gewees, maar hulle het goed gespeel en Heide is baie trots op hulle," het Lezaan Groenewald, sport HK-lid van Heide gesê.

"Dit was ’n baie goeie wedstryd wat tot op die einde kompeterend was," het Oelof Stander, Veritas se sport HK-lid oor die eindstryd gesê. "Ek is baie trots dat die ouens hom kon deurtrek."

WêreldsportnuusWêreldsportnuus

Spelers omhels mekaar ná ’n wedstryd. Die spelers se sportmangees was opmerklik en ondersteuners het in hul massas opgedaag.

FOTO: Lize Lombard

Die rugbytoernooi vir eerstejaars begin op 6 Februarie met die eindstryd wat op 20 Februarie beslis sal word

Eerstejaarstennis

Eerstejaarsnetbal

1 - Bellatrix 2 - Eikenhof3 - Vergeet-My-Nie

1 - Veritas 2 - Heimat3 - De Wilgers4 - Over de Voor5 - Patria

1 - Heide 1 2 - Bellatrix3 - Heide 24 - Minjonet5 - Dinki

Mans Vroue

Dawie Janse van Rensburg was een van die handjievol NWU-Pukke wat in Januarie aan die halwe Ysterman-kom-petisie in Oos-Londen deelgeneem het. FOTO: Verskaf

Sport 155 Februarie 2015

Vanjaar se Varsity Cup-spelers. Die 22-tal wat Maandae gaan uitdraf sal die voorafgaande Vrydag bekendgemaak word.

Wian Fourie Armandt Liebenberg

Dean Stokes

Danie Jordaan

Dillon Smit Dries du Plooy Warren Gilbert Heinrich Smith Henko Marais Jaco Buys

Jacques Vermaak Jeandré Rudolph (k) Joe Smith Johan Deysel John-Roy Jenkinson Johnny Welthagen

Loftus Morrison

Marno Redelinghuys

Marnus Tack Mash Mafela Mogau Mabukela PJ Uys Rhyk Welgemoed Rhyno Smith Ruan Venter

NWU-Pukke kan wraak neemDie span van die NWU-Puk

is vanjaar op ’n "beter plek" as voor verlede jaar se toer-

nooi. Só meen hul breier, Robert du

Preez, wat weer hierdie jaar aan stuur van sake is.

Ná ’n teleurstellende eindstryd

Walt Steenkamp Chriswill September

Posisie:Stut

Lengte: 1.83m

Gewig: 112kg

Posisie:Stut

Lengte: 1.82m

Gewig: 110kg

Posisie:Flank

Lengte: 1.94m

Gewig: 107kg

Posisie:Agtsteman

Lengte: 1.89m

Gewig: 107kg

Posisie:Heelagter

Lengte: 1.73m

Gewig: 77kg

Posisie:Slot

Lengte: 1.99m

Gewig: 120kg

Posisie:Senter

Lengte: 1.94m

Gewig: 106kg

Posisie:Haker

Lengte: 1.79m

Gewig: 106kg

Posisie:Flank/agtsteman

Lengte: 1.86m

Gewig: 100.2kg

Posisie:Stut/haker

Lengte: 1.81m

Gewig: 108kg

Posisie:Senter

Lengte: 1.84m

Gewig: 90kg

Posisie:Stut

Lengte: 1.79m

Gewig: 116kg

Posisie:Losskakel

Lengte: 1.89m

Gewig: 95kg

Posisie:Agtsteman

Lengte: 1.95m

Gewig: 103kg

Posisie: Skrumskakel

Lengte: 1.75m

Gewig: 80kg

Posisie:Senter/vleuel

Lengte: 1.86m

Gewig: 97kg

Posisie:Losskakel

Lengte: 1.77m

Gewig: 87kg

Posisie:Senter/heelagter

Lengte: 1.75m

Gewig: 89kg

Posisie:Senter

Lengte: 1.86m

Gewig: 99.8kg

Posisie:Agtsteman

Lengte: 1.86m

Gewig: 95kg

Posisie:Vleuel

Lengte: 1.85m

Gewig: 87kg

Posisie:Haker

Lengte: 1.81m

Gewig: 107kg

Posisie:Slot

Lengte: 2.02m

Gewig: 120kg

Posisie:Flank

Lengte: 1.90m

Gewig: 100kg

Posisie:Skrumskakel

Lengte: 1.72m

Gewig: 75kg

Posisie:Slot

Lengte: 1.98m

Gewig: 115kg

Posisie:Vleuel

Lengte: 1.94m

Gewig: 115kg

Varsity Cup-aksie9 Februarie, 16:45NWU-Puk vs NMMUPotchefstroom

16 Februarie, 19:00NWU-Puk vs MatiesStellenbosch

23 Februarie, 18:30NWU-Puk vs UJJohannesburg

2 Maart, 18:30NWU-Puk vs UP-TuksPotchefstroom

*Hou Wapad dop vir verdere wedstrydbepalings.

verlede jaar op die Fanie du Toit-sportgronde, toe swak besluite en power verdediging die NWU-Pukke hul eerste Varsity Cup-trofee gekos het, hoop die manne van Potchefstroom om in 2015 op te maak vir daai katastrofe.

En op 9 Maart het die maroen-

truie ’n perfekte kans om wraak te neem, wanneer die Ikeys al die pad van die Kaap af vlieg om hulle die stryd aan te sê.

Gaan die NWU-Pukke die kans benut, of gaan dit ’n herhaling van daai hartverskeurende aand in April wees?

Die tyd sal leer.

15

Potchefstroom het die fantastiese vermoë om hulle studente te mobili-seer. Ons glo ons gaan baie toeskouers hê. Die reeks bied ook vir studente ’n ander sosiale aktiwiteit

EUGENIE GREGAN

Die eerste Varsity Krieket-toernooi wat Dinsdag in Potchefstroom afgeskop het,

is reeds besig om die tradisionele grense van blitskrieket te verskuif.

Ná die sukses van Varsity Sports se ander sportkodes, is daar besluit op ’n krieketreeks waarin agt uni-versiteite in ’n weeklange toernooi met mekaar kompeteer.

Dié toernooi volg ’n T20-formaat, maar onkonvensionele reëls maak hulle verskyning om die reeks opwindend te hou.

Van die innovasies is onder meer ’n Power Play Plus-boulbeurt wat enige tyd tydens ’n span se kolfbeurt geroep kan word. Tydens dié krag-boulbeurt tel elke lopie dubbeld en elke paaltjie wat val kos die span vyf lopies.

Volgens Corrie van Zyl, voormalige Protea-afrigter, het krieket lankal só ’n kompetisie nodig.

“Dis vir ons belangrik om hierdie tipe kompetisie op ter-siêre vlak te hê, dit dra by tot ons pyplyn.

Hierdie is ’n lekker anderste uitdaging vir universiteite en gee net vir hulle soveel meer om na uit te sien. Natuurlik kan dit ook spelers lok na die universiteit toe, dit bied vir die spelers soveel meer

tydens hul tersiêre studies.”Van Zyl het net lof gehad vir die

organiseerders se besluit om die toernooi in Potchefstroom te hou. “Potch is ’n uitstekende keuse, die fasiliteite is fantasties. Die feit dat daar drie velde op een grond is, maak dit vanuit ’n krieket- oogpunt ’n baie ideale location.”

Duitser Bosman, uitvoerende hoof van Varsity Sports, meen Potchefstroom is ideaal omdat die studente baie betrokke by die universiteit is.

“Potchefstroom het die fantas-tiese vermoë om hulle studente te mobiliseer. Ons glo ons gaan baie toeskouers hê. Die reeks bied ook vir studente ’n ander sosiale aktiwiteit.”

Volgens Conrad de Swardt, die

NWU-Puk se afrigter, het die span van Potchefstroom hard gewerk om goed voorbereid te wees en wil die span elke wedstryd net bietjie beter speel.

“Ons het geen groot ver-wagtinge vir die toernooi nie. Ons wil die ander spanne en toeskouers opwindende krieket wys.

Ons hoop mense sien dat ons ’n gesonde klub met talent is en dat ons hiermee nog spelers van kwaliteit na ons kan trek.”

Die toernooi duur nog tot Sondagmiddag wanneer die eindstryd 15:30 op Senwes Park plaasvind.

Hou húlle dop:

Bjorn Fortuin

Jovaun van Wyngaardt

Rassie Erasmus

Kitsfeite

Pienk krieketballe word in die Varsity Krieket- toernooi gebruik.

’n Span kan enige tyd tydens hul kolfbeurt die Power Plus Play- beurt roep. Elke lopie wat dan aangeteken word tel dubbeld en elke paaltjie wat val kos die span vyf lopies.

Indien ’n kolwer spe- si�eke teikens langs die veld raakslaan, word tien lopies aan sy span toegeken.

NWU-Puk wedstrydeWoensdag, 5 FebruarieNWU-Puk vs Maties12:20 - Puk Oval

Donderdag, 6 FebruarieNWU-Puk vs Tuks15:30 - Senwes Park

Vrydag, 7 FebruarieNWU-Puk vs UWK09:00 - Ibbies OvalNWU-Puk vs UJ19:00 - Senwes Park

Sport5 Februarie 2015

Spelers van UJ en Tuks in aksie tydens die eerste wedstryd van die Varsity Krieket-toernooi in Potchefstroom. FOTO: Lize Lombard