16
11 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] SMS 31750 Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan NUUS.INTERAKTIEF JACO-MARI FUTCHER H eimat-manskoshuis se nuwe prim het na slegs ’n paar dae vandat hy aan- gestel is, ná ’n voorval met ’n mede-koshuislid tydens ’n aksie, bedank. Oud-primarius Niki Henning het ná ’n beweerde voorval met ’n mede-koshuislid tydens ’n kos- huisaksie bedank. Volgens 'n anonieme ooggetuie het Henning tydens 'n zoepaksie een van sy HK-lede deur die gesig geklap. Die ooggetuie het verder bevestig dat koshuislede hom moes vasbind omdat hy na bewe- ring te dronk en aggressief was en nie wou huis toe gaan nie. “Daar was ’n onderonsie by ’n aksie wat, volgens my insien, gelei het tot 'n vertrouensbreuk in die koshuis,” het Henning gesê. Volgens Pieter van der Berg, Heimat se huisvader, het Niki binne die week van aanstelling besef hy het ’n fout begaan. “Hy het bedank en ons het weer ’n verkiesing gehou,” het Van der Berg gesê. Wian Lubbe is verlede week in Henning se plek aangestel. "Niki het vanself bedank oor persoonlike redes waaroor ek nie gaan uitbrei nie,” het Lubbe gesê. “Hy is nog deel van die koshuis en ’n trotse senior.” Marno du Plessis, ’n HK-lid van Heimat, het geweier om kommen- taar te lewer. “Ek mag ongelukkig nie daar- oor praat nie,” het Du Plessis gesê. Ander koshuislede was ook stil- swyend oor die bedanking. Volgens ’n anonieme bron het Henning op meer as een geleent- heid koppe gestamp met ander koshuislede én lede van die huis- Heimat kry twéé prims in een week komitee (HK). “Alhoewel ek voel die situasie is uit verband geruk, wens ek die nuwe primarius en HK alle voor- spoed vir die termyn toe. Deur my betrokkenheid by die koshuis sal ek hulle ondersteun,” het Henning gesê. Volgens Lubbe respekteer die koshuis Henning se besluit onder- steun hom ten volle. Daar was ’n onderonsie by ’n aksie wat, volgens my insien, gelei het tot 'n vertrouens- breuk in die koshuis. Heimat se nuwe HK-lid. Wian Lubbe, die nuwe prim wat vir Henning vervang het, is vierde van regs. Niki Henning, die prim wat na 'n week bedank het. FOTO'S: Facebook Heimat prim 'bedank' glo ná voorval tydens koshuisaksie 3 NUUS SAPD deursoek 'verdagtes' K&V Jan Blohm speel vir ou tannies ook 10 KOS! Doen- dit-self- streeptert 11 Wat die rektor éíntlik in Taiwan gedoen het 7 Opinie: Adriaan Basson oor sy verbintenis met Potch vanjaar 25 September 2014 / VOL 10 LEES JOU KAMPUS YouTube sensasie leer mans hoe werk dit 12 Pukke blink uit by Varsity Netbal 16

Wapad - 26 September 2014

  • Upload
    wapad

  • View
    355

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Wapad - 26 September 2014

11

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

SMS 31750 Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad

Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan

NUUS.INTERAKTIEF

JACO-MARI FUTCHER

Heimat-manskoshuis se nuwe prim het na slegs ’n paar dae vandat hy aan-

gestel is, ná ’n voorval met ’n mede-koshuislid tydens ’n aksie, bedank.

Oud-primarius Niki Henning het ná ’n beweerde voorval met ’n mede-koshuislid tydens ’n kos- huisaksie bedank.

Volgens 'n anonieme ooggetuie het Henning tydens 'n zoepaksie een van sy HK-lede deur die gesig geklap. Die ooggetuie het verder bevestig dat koshuislede hom moes vasbind omdat hy na bewe-ring te dronk en aggressief was en nie wou huis toe gaan nie.

“Daar was ’n onderonsie by ’n aksie wat, volgens my insien, gelei het tot 'n vertrouensbreuk in die koshuis,” het Henning gesê.

Volgens Pieter van der Berg, Heimat se huisvader, het Niki binne die week van aanstelling besef hy het ’n fout begaan. “Hy het bedank en ons het weer ’n verkiesing gehou,” het Van der Berg gesê.

Wian Lubbe is verlede week in Henning se plek aangestel.

"Niki het vanself bedank oor persoonlike redes waaroor ek nie gaan uitbrei nie,” het Lubbe gesê.

“Hy is nog deel van die koshuis en ’n trotse senior.”

Marno du Plessis, ’n HK-lid van Heimat, het geweier om kommen-taar te lewer.

“Ek mag ongelukkig nie daar-oor praat nie,” het Du Plessis gesê. Ander koshuislede was ook stil- swyend oor die bedanking.

Volgens ’n anonieme bron het Henning op meer as een geleent-heid koppe gestamp met ander koshuislede én lede van die huis-

Heimat kry twéé prims in een week

komitee (HK). “Alhoewel ek voel die situasie

is uit verband geruk, wens ek die nuwe primarius en HK alle voor-spoed vir die termyn toe. Deur my betrokkenheid by die koshuis sal ek hulle ondersteun,” het Henning gesê.

Volgens Lubbe respekteer die koshuis Henning se besluit onder-steun hom ten volle.

Daar was ’n onderonsie by ’n aksie wat, volgens my insien, gelei het tot 'n vertrouens-breuk in die koshuis.

Heimat se nuwe HK-lid. Wian Lubbe, die nuwe prim wat vir Henning vervang het, is vierde van regs. Niki Henning, die prim wat na 'n week bedank het.

FOTO'S: Facebook

Heimat prim 'bedank' glo ná voorval tydens koshuisaksie

3

NUUSSAPD deursoek 'verdagtes'

K&VJan Blohm speel vir ou tannies ook 10

KOS!Doen-dit-self-streeptert 11

Wat die rektor éíntlik in Taiwan gedoen het 7

Opinie: Adriaan Basson oor sy verbintenis met Potch vanjaar

25 September 2014 / VOL 10LEES JOU KAMPUS

YouTube sensasie leer mans hoe werk dit

12

Pukke blink uit by Varsity Netbal 16

Page 2: Wapad - 26 September 2014

Nuus 2 25 September 2014

InterkampusInterkampus

Sleepkoshuise 2015

Rassisme in al sy vorms by Tuks

SAAMGESTEL DEUR ANNEMARIE HOOGENBOEZEM

Studente van Kollege Tehuis het sowat drie weke gelede rassistiese uitlatings en dreigemente teenoor wit studente gemaak.

Dié woordwisselinge het by die Taai-bos-hekke plaasgevind.

AfriForum Jeug het 'n dringende beroep op die UP-bestuur gedoen om die saak te ondersoek.

Volgens Monique du Randt, woord-voerder van AfriForum Jeug, bewys dié aanval weereens dat alle rasse deur rassisme geraak word.

“AfriForum Jeug eis dat die univer-siteit dissiplinêre stappe in alle ras-sisme-verwante insidente eenvormig toepas. “Dit moet dringend deur die UP aangespreek word,” het Du Randt gesê.

“Die een student het wit studente gevloek en geskree dat hy witmense haat en dat hy al die witmense wil dood- maak.

“Dié verbale aanval het Taai-bos-studente diep ontstel,” het Emuel Venter, ’n Taaibos-inwoner, gesê.

Die Universiteit van Pretoria se sekuriteitsdepartement het glo vir die getuies gesê die sekuriteitskameras se video-opnames by dié hek is te donker en die ander kameras was buite wer-king. Volgens Du Randt is die aanval moontlik aangespoor deur die uitslae van die studente-raadsverkiesing waar- in AfriForum Jeug 50 % van die setels gewen het.

Kovsie-student spring na sy dood'n Kovsie-student het verlede Maandag selfmoord gepleeg ná sy meisie brein-dood verklaar is.

Morné van der Westhuizen (19) se vriendin, Chrisna Botha (20), is in Bloemfontein se Mediclinic opgeneem nadat sy van haar perd afgeval het. Sy het ernstige kopbeserings opgedoen.

Van der Westhuizen en Botha was al-bei tweedejaar-onderwysstudente aan die Universiteit van die Vrystaat en was sowat 'n jaar lank in 'n verhouding.

Volgens Amanda Appelgryn, die hospitaal se woordvoerder, het Van der Westhuizen omstreeks 11:30 van

die sewende verdieping na sy dood in die voorportaal gespring, berig Maroela Media.

Van der Westhuizen was die tweede persoon binne ’n jaar en ’n half wat van die sewende verdieping na hul dood gespring het. Sannie Botha (46) van Bloemfontein het ook in April verlede jaar ook só na haar dood gespring. Botha het saam met haar man in ’n dokter se spreekkamer ge-wag toe sy uitstap en na die sewende verdieping gaan. Haar man het haar later gaan soek en was by ontvangs toe sy gespring het.

TUT se klasse steeds nie hervatDie Tshwane Universiteit vir Tegnolo-gie (TUT) se Pretoriakampus moes Woensdagoggend weer weens geweld-dadige betogings gesluit word.

Klasse was veronderstel om verlede Woensdag hervat te word voor dié be-togings op die Pretoria-, Soshanguve- en Arcadiakampusse uitgebreek het.

Die geskorste lede van die Verteen-woordigende Studenteraad (VSR) het verlede Dinsdag gesê die klasse sou nie hervat word soos die bestuur geskedu-leer het nie.

“Dit is 'n leuen uit die diepte van die

hel dat studente na hul klasse sal terug- keer. Wie ook al kampus toe kom, is daar om te staak. Studente sal eers na hul klasse terugkeer sodra die bestuur die studente se kommernisse aange-spreek het en weer die geskorste VSR-lede aanstel,” het Signified Tivana, sek-retaris-generaal van die VSR het gesê.

Die universiteit moes sedert verlede week klasse opskort omdat studente op die kampusse in Pretoria en Ga-Ranku-wa weens 'n tekort aan fondse in die nasionale studentehulpskema NSFAS gestaak het. Wie sleep wie? Zoep in die lug

MARITA HERSELMAN

Ná twee weke se pamperlang, pronk en gunswen het kos-huise hul slepe vir die nuwe termyn ontvang.

SR:JOOL en die SR:Voor-sitter, Monica van Schalk-wyk, behartig jaarliks die samestelling van die sleep-koshuise.

Volgens Marion Fouché, SR:JOOL, handig die kos-huise ’n brief met hul sewe voorkeure ná die zoep-tyd-perk by SR:JOOL in.

“Dit werk volgens algehele skietpunte van die vorige termyn wat uit JOOL, SJGD, AKSA, Sport, Kunste, Aka-demie, Studentebelange, werwingspunte en Big Prims bestaan,” het Fouché gesê.

Volgens Stephen Nel, primarius van De Wilgers-manskoshuis, was hul sleep-koshuis, Vergeet-My-Nie, hul eerste keuse.

“Ons het van die begin af beplan om tydens zoepweek

moeite met hulle te doen en hulle nie af te skeep nie,” het Nel gesê.

Dié twee koshuise het ver-skeie zoep-aksies gehad.

Elizma Stander, primaria van Vergeet-My-Nie, ver-tel meer oor dié koshuis se zoep-aksies met de Wilgers manskoshuis: “Ons het die eerste dag wat zoep-tydperk begin het, saam met hulle op fietse gery tot waar hulle ons bederf het met ’n heerlike piekniek in die Botaniese Tuine.”

Nel is entoesiasties oor hul nuwe sleepkoshuis se gees en hy sien uit na Binglesêr.

Volgens Stander is De Wilgers ’n sterk, kom-peterende koshuis met gesonde waardes en balans.

Ratau Lebone-mans-koshuis het een van hul ge-sogte tradisies met hul nuwe sleep, Minjonet-vrouekos-huis, gedeel.

“Ratau het die standaarde

hoog gestel vir enige ander koshuis ná hulle ons met ’n kersligete in die geheimsin-nige leeukuil verras het,” het Angelique Hoy, Minjonet se primaria, gesê.

Ruan Chapman, primarius van Ratau vertel dat ander zoep-aksies ’n Wimpy-ontbyt en roomys by Munchies be-hels het.

“Ons HK’s het lekker met mekaar geclick en daarom was dit lekker om by mekaar te zoep,” het Hoy gesê.

Chapman is ook positief dat hulle goed oor die weg sal kom en hulle is “lekker naby aan mekaar”, aan- gesien hulle broer-en suster-koshuise is.

Fouché het verduidelik dat koshuise met die meeste skietpunte se eerste keuses voorkeur kry en dit werk tot op nommer 28 só.

“Wanneer twee koshuise klaar gesleep het mag hulle eers weer oor sewe jaar saam sleep.”

1) Heide & Excelsior2) Wag-'n-Bietjie & Patria3) Vergeet-My-Nie & De Wilgers4) Karlien & Villagers5) Wanda & Hombré6) Kasteel & Caput7) Eikenhof & Thaba-Jäh

8) Dinki & Veritas9) Klawerhof & Heimat10) Huis Republiek & PUK-Dorp11) LaVaria & Soetdorings12) Oosterhof & Over de Voor13) Minjonet & Ratau Lebone14) Bellatrix & Laureus

Ingenieurs hou resies

Skoliere hou resies tydens 'n kaskardag wat studente van die ingenieursfakultiet as deel van 'n FIAP-projek gehou het. Verskillende skole van Potchefstroom het aan die pret deelgeneem.

EUGENIE GREGAN

Binglesêr gaan vanjaar anders as die vorige jare verloop.

Veranderinge aan die kompetisie is vroeër die maand deur die voorsitter van SR:Kunste, Juanmari Schoonraad, aan kos-huise se kunste HK-lede voorgelê en later deur die SR goedgekeur.

Vanjaar se tema vir die kompetisie is “Die GROOT Vraag?” en die 50:50-model, wat al in vroeër termyne gebruik is, gaan gevolg word. Volgens dié model gaan musikaliteit 50 punte tel, terwyl die vertoning self die ander 50 punte sal uitmaak.

Die tyd wat die sêrgroepe op die verhoog toegelaat word is vanaf vyftien minute na ’n maksimum van twaalf minute verkort.

Die koshuise, wat tydens binglesêr in sleepverband deelneem, se repertoriums mag ook nou slegs drie medleys bevat.

Die repertorium moet een Afrikaanse med-ley bevat, wat dan ook hulle eie komposisie moet wees.

’n Prys word toegeken aan die beste eie

komposisie met betrekking tot die tema. Die liedjie se lirieke en melodie moet oor-spronklik geskryf word.

Verder moet die koshuise se reperto- riums ook een Engelse medley en een multi-kulturele medley bevat. Die multikulturele medley word as ’n medley in enige van Suid-Afrika se elf amptelike tale behalwe Afri-kaans en Engels omskryf.

Dié medley moet ook oorspronklik geskryf word en geen vertalings mag van-uit Afrikaans of Engels gedoen word nie.

Volgens Schoonraad is die aanpassings gemaak omdat daar jaarliks daarop geha-mer word dat die studenteprogram te besig is en dat daar afgeskaal moet word.

"Daar is te min tyd vir slepe om te oefen vandat hulle aangekondig word totdat hulle moet show.

In plaas daarvan dat bingle verdwyn, pas ons dit nou net aan. HK-lede se werkslading word verlig, asook die tyd wat aan oefening spandeer word," het Schoonraad gesê.

Binglesêr verander

Foto deur: Simon Sonnekus

Page 3: Wapad - 26 September 2014

3 Nuus25 September 2014

“Gee vir ons ’n paar biere en ons begin te vou!”

JOHANÉ VAN DEN BERG

Die NWU se JOOL-projek berus nie meer op die eerstejaars nie maar is nou die die hele koshuis se verantwoordelikheid.

Volgens van Marion Fouché, SR: JOOL was JOOL 12 jaar gelede nog ‘n koshuis-gerigte aksie waaraan die hele koshuis deelgeneem het.

“Êrens het dit gebeur dat die eerstejaars blommetjies vou, in-druk en afhaal, maar daardie per-sepsie moet reggemaak word. Dit gaan nou van elke koshuis as ge-heel afhang hoe hulle die koshuis by JOOL betrokke gaan kry,” het Fouché gesê.

“Dit gaan ’n situasie van sur-vival of the fittest wees.” Volgens prof. Ricus Fick, studentedekaan, kan eerstejaars nie gedwing word om aan JOOL deel te neem nie. “Die implikasies daarvan kan elke koshuis self bestuur sonder dat die seniors beangs hoef te

wees dat hulle blommetjies gaan vou en die eerstejaars vir hulle gaan sit en kyk.”

Janco Jordaan, voormalige SR: Voorsitter, meen hulle wil “ten alle tye vir SJGD die maksimum befondsing gee sodat dit ’n verskil in die gemeenskap maak”.

“JOOL is ’n spanpoging en daar sal volgende jaar meer klem daar-op gelê word,” het Jordaan gesê.

Bianca Enslin, SR: Ondervoor-sitter, meen die O&B-program bly baie dieselfde as die vorige jare.

“Maar die struktuur en funk-sionering moet verander. Die riglyne is om positiewe en op-bouende goed met die eerstejaars te doen sodat hulle welkom voel in die koshuis.”

Volgens Jordaan sal die eerste-jaars tydens O&B deurlopend hanteer word soos tydens Opedag.

Koshuistrots en respek sal dus van nou af deur sogenaamde spanbouaktiwiteite gevorm word.

Studente is oor die algemeen

postitief oor die veranderinge. “Ek sien verseker nie uit daar-

na (om blommetjies te vou) nie. Maar ’n mens sal maar die beste daarvan moet maak, veral in ’n klein koshuis soos ons s’n,” het Dirk du Toit, ’n eerstejaar in Hom-bré-manskoshuis, gesê.

“Respek tussen mekaar is waa-roor dit op die ou einde gaan en ons sal maniere moet kry om dis-sipline te implementeer en sterk verhoudings te bou.”

Volgens Marie Woerheim, ’n eerstejaar JOOL-komiteelid en ’n inwoner van Kasteel-vroueko-shuis, vou eerstejaars net omdat hulle moet en weet nie hoekom hulle dit doen nie.

“Die mense wat nou die blom-metjies gaan vou is bereid om hul vingers stompies te werk sonder om te kla want hulle sien die grot-er prentjie.

“Gee vir ons ’n paar biere en ons begin te vou!”

Lekker blommetjies vou, seniors

Veritas en VMN besig om aan die JOOL-vlot te werk tydens JOOL 2014. x

WêreldnuusKortliksSAAMGESTEL DEUR IAN VENTER

Dood kon hierdie twee geliefdes nie van mekaar skei nie. Na 700 jaar is twee geraamtes in ‘n verlore kapel van ‘n Engelse land genaamd Hallaton gevind. Die twee geraam-tes se vingers is verweef. ‘n Span argeoloë van die Uni-versity of Leicester Archaeological Services (ULAS) werk saam met vrywilligers aan ’n 4 jaar uitgrawe projek wat oor die klein dorpie Hallaton strek. Vicki Score, (ULAS) projek bestuurder sê “die geraamtes is geplaas in hierdie posisie alhoewel daar genoeg plek in die graf was om hulle apart te begrawe.”

HallatonTwee geraamtes hou hande vas vir 700 jaar

’n Gastehuis by ’n kerk wat bestuur word deur televisie evangelis T.B. Joshua in Nigerië het op 12 Septeber ineengestort. Die dodetal is al 70 waarvan 67 Suid-Afrikaanse burgers is. Reddingswerkers het al 131 ander mense uit die rommel gehelp, en gaan voort om nog mense uit die rommel te red. “Hierdie is ’n moelike tyd vir Suid-Afrika. Nie in die onlangste geskiedenis van ons land het ons so ’n groot getal mense gehad wat dood is in een ongeluk buite die land nie,” het president Jacob Zuma op 16 September vertel.

NigeriëIneenstorting van Nigeriese kerk gebou eis 67 Suid-Afrikaners

Smokelaars van mense word beskuldig vir die dood van 500 migrante nadat hulle moetswillig ’n boot verongelik en gesink het in die Mediterreense see. V.N. Hoë Kommissaris vir Menseregte Zeid Ra'ad Al Hussein het aan Egipte, Noord Afrika en Europese state gevra om te help sodat die beskuldigdes gevang en gestraf kan word. 300 mense was in die laer dek van die boot ingedruk waarvan meeste kinders was. Die ander 200 mense was op die boonste dek.

Malta500 migrante dood na bootongeluk

Owerhede in die stad Linyi van China glo dat die jong vroue student haar geboorte wou wegsteek, waar sy in die toilet ge-boorte gegee het en haar kind by die druin afgespoel het. Die baba meisie was vas gedruk in ‘n nou pyp. Haar gehuilery het anders studente bewus gemaak van die tragedie en het onmidelik die polisie geska-kel. Brandweer het die pyplyn oop gebreek om die baba meisie te red wat vasgevang was tussen die derde en vierde vloer. Die baba meisie het oorleef en is tans saam haar ma in die hospitaal nadat polisie haar opgespoor het.

AsiëBaba gevind in druin

Volgens Jordaan sal die eerstejaars tydens O&B deurlopend hanteer word soos tydens Opedag. - Janco Jordaan

Polisie deursoek

NICOLE KEMP

JR Heath, tatoeëerkunstenaar en eienaar van Scary Arts tatoeërwinkel op die Bult, het baie maal sy vuurdoop met die SAPD in Potch gehad. Polisiebeamptes deursoek Heath telkens sonder rede vir dwelms bloot omdat hy anders as die gewone Jan Rap en sy Maat lyk. Sy lang hare, oorbelle en tatoeëermerke laat polisiebe-amptes glo twee keer kyk.

Die eerste geval is op kamera vasgelê. Heath en ’n vriend het middagete by Emslie’s-vulstasie gaan koop.

’n Inspekteur het Heath by ’n polisiewa deursoek en het glo gesê hy moet sy voorkoms ve-rander as hy soortgelyke prob-leme wil vermy.

“Toe ek vir hom sê hy is net besig om my te deursoek oor hoe ek lyk het hy gesê ek moet eerder stilbly of hy sal my agter in die polisiewa laai en selle toe vat,” het Heath gesê.

Die inspekteur het glo ook gesê: “Moet my nie tempt nie, ek is ’n alkoholis.”

Heath en sy vriendin, Marcé Bester, het sowat tweede gelede dieselfde oorgekom voor sy se huis in die nuwe Baillie Park- uitbreiding.

“Ons het huis toe gegaan ná ons my bediende by die huis af-gelaai het. Marcé het in die kar bly wag terwyl ek die honde kos gegee het.

“Ek sien toe ’n polisiebakkie verby die huis ry, stop en terug ry. Twee polisiemanne klim toe uit en begin toe net aan my vat.”

Die polisiebeamptes het beide Heath en Bester deursoek en hulle daarvan beskuldig dat hulle harde dwelms gebruik.

hulle albei harde dwelms gebruik. Heath meen hy is al twee keer weens sy voorkoms deursoek.

“Ek was nie vreeslik gelukkig daaroor nie, want ’n ou het dit al met my gedoen. Dit is hoekom ek weet dit is purely net oor hoe ek lyk dat hulle dit doen.” het Heath gesê.

Heath en Bester het ’n saak by die gemeenskapspolisiëringforum ingedien.

“Hulle het ons ingelig dat hulle die saak gaan opneem en dit ondersoek,” het Bester gesê.

Heath gaan regstappe neem in-dien dit weer gebeur.

“Ek gaan hulle aankla vir naam-skending. Ek ken die wetgewing. Ek weet dat as ek nie na dagga ruik of gate in my arms het nie, mag hulle my nie deursoek nie. Hulle mag my nie deursoek net omdat ek funny hare en ’n lang-broek aanhet nie.”

“Dit vat my nou al drie en ’n half jaar om die stigma in Potch te probeer wegkry dat mense wat tatoes doen outomaties dwelms doen gebruik,” vertel Heath.

Volgens kapt. Shaka het polisie-beamptes “die mandaat om enig-iemand te deursoek indien hulle daarvan verdink word dat hulle dwelms of vuurwapens in hulle besit het.”

Individue soos Heath en Bester het wel die reg om ’n saak oop te maak en “indien die geval ernstig is, sal dit ondersoek word.”

’n Potchefstroomse man (24) het homself as ’n vroulike generaal-ma-joor vermom. Hy het die SAPD om sy pinkie gedraai en hulle enige tyd laat spring. Die waarheid het die lig gesien: mevrou was ‘n meneer.

Op ‘n ligter noot

weens voorkoms

Page 4: Wapad - 26 September 2014

Nuus4 25 September 2014

Studente verkies glo ongesonde kos

BENETTE RAUTENBACH

Eerstejaarsindroom,twee-dejaarsindroom of hoe jy dit ook al wil noem, stu-

dente wat oorgewig of ongesond leef, is ’n realiteit op die NWU se Potchefstroomkampus. Daar is twee moontlike redes hiervoor naamlik dat daar nie regtig gesonde kos in die SS beskikbaar is nie en die al-gemene student stel nie daarin belang om die gesonder opsie te kies nie.

Marlie Cronje, ’n tweede-jaarstudent in Bsc Dieëtkunde, sê hulle is besig met ’n studie oor die kalorie-inname van ver-skillende kossoorte met die oog op Nasionale Voedingsweek, wat op 21 Oktober begin.

“Die doel is om studente meer bewus van gesond eet en ’n ge-sonde leefwyse te maak,” het Cronje gesê.

Volgens hul waarnemings is die topvyf voedselverkope in die SS oor middagete sky-fies, hoender nuggets, pasteie, hoender wraps en geroosterde broodjies in.

Hulle het ook die topvyf drinkgoed-verkope ondersoek, naamlik 500 ml Coke, ’n blikkie Coke, water, vrugtesap en ystee.

Die groep tweedejaars Dieët-kundestudente het ook vanaf Patria se hek tot by Potch-dam en terug gestap.

“Ons het bevind dat mens 30 minute te stap slegs die kalo-rieë van twee klein tjoppies ver-brand,” het Cronje gesê.

Volgens Reonette Jansen, bestuurder van Klipoog Kafete-ria, is daar ’n paar opsies wat ondersoek word.

“Ek het ’n nuwe verskaffer ge-naamd Butler Foods.

“Gesondheidsprodukte is maar duurder, maar sy produkte

SS eetgewoontes glo ongesond

KalorieeSky�esNuggets en ’n sousPasteiHoender wrapGeroosterde broodjie500 ml CokeBlikkie Coke (330 ml)Water (Pump)Vrugtesap (350 ml)Ystee

242624453894242410428755950739670

Voedselitem Kalorieë

Ons het bevind dat mens deur vir 30 minute te stap, slegs die kaloriee van twee klein tjoppies verbrand.

nie regtig duur is nie. As sy brood-jies vergelyk word met dié wat ons self maak, kos dit maar dieselfde of is selfs goedkoper.”

Jansen dink studente is nog nie op ’n plek waar hulle noodwendig die gesonder opsie sal kies nie.

“Ek dink ons het nog baie op-voeding om te doen. Daar is wél studente wat die gesonder opsie verkies, dus probeer ek byvoor-beeld om witter kase, byvoorbeeld mozzerella, in te bring eerder as geelkaas.

“Butler Foods verskaf ook slaaiborde. Ons kan dit op die proef stel, maar gaan studente dit koop?”

Hoekom kan hierdie gesonde produkte nie plaaslik vervaardig nie?

“Ons probleem is dat plaaslike

verskaffers van varsprodukte nie aan die kwaliteit en vraag kan vol-doen nie en varsprodukte moet in elk geval van Gauteng af kom.

“Om gesondheidsprodukte self te vervaardig, gaan nie noodwen-dig goedkoper wees nie.”

Studente moet hul lewenstyl en hul eetgewoontes verander, deur hul meer bewus te maak van die gevare wat ’n ongesonde leefwyse vir ’n mens inhou.

Kyk uit vir die Dieëtkundestu-dente se stalletjie tydens Voedings- week op 21 Oktober om jouself meer in te lig oor ’n gesonder leef-wyse.

Daar is wél studente wat die gesonder opsie verkies, dus probeer ek byvoorbeeld om wit-ter kase, byvoorbeeld mozzerella, eerder as geelkaas in te bring.- Reonette Jansen

BENETTE RAUTENBACH

Dis nooit te vroeg om daardie eerste telefoonoproep te maak of daardie eerste werk te kry nie. Jy klim die trappe tot jou droomberoep met elke tree wat jy gee. Peet Roos, loopbaankonsultant van die NWU se Potchefstroom-kampus, sê jy kan jouself beter voorberei vir jou toekoms.

Eerstens moet jy meer doen as om net te studeer.

“Jou passie vir dit wat jy stu-deer moet afgelei kan word uit die aktiwiteite waarmee jy jouself be-sig hou. Soms offer mens jou tyd op en jy kry nie ’n sent daarvoor terug nie, maar dis werksonder-vinding. Vergoeding is ’n bonus.”

Volgens Roos kan jou verant-woordelikhede tussen jou eerst jaar en jou vierde jaar groei, byvoorbeeld waar jy eers net kinders opgepas het help jy nou ook met huiswerk.

“Dan het jy van ’n saadjie na ’n stewige plant ontwikkel. Die plant kan nog nie geoes word nie, maar dis darem al meer as ’n saadjie.”

Tweedens is dosente ook ’n baie waardevolle bron van inligting.

“Probeer ten minste met een of twee dosente ’n ander soort ver-houding ontwikkel.”

Vra vrae soos waar hul vorige studente nou werk en watter vak-tydskrifte daar beskikbaar is vir meer inligting.

“Jou huidige vriendenetwerk word ook jou professionele netwerk.”

Vriende is volgens Roos die vierde katogorie om jou te help in jou beroepswêreld. Dit is veral

nuttig as julle dieselfde studeer, maar selfs as julle verskillende rigtings studeer. So kan jy ken-nis tussen verskillende beroepe uitruil.

Die laaste, amper die belangrik-ste is om netwerke op te bou.

“Begin met mense wie jy ken. Vra hulle wie hulle in jou tipe beroep ken. Daar is onmiddellik daardie persoon meer geneë om met jou te gesels, want julle is mos nie meer vreemdelinge nie, julle het iemand in gemeen.”

In die NWU Loopbaangids is daar 20 vrae wat as riglyne kan dien om ’n baie gestruktureerde onderhoud met ’n moontlike werkgewer te voer.

“As jy jouself voorberei is dit nie so erg om te begin werk nie. Studente is dikwels bang om te gaan werk, omdat hul gewoond is aan hierdie kokonnetjie en nie die wêreld daar buite ken nie.”

Moenie eers aan die einde van jou studies wakkerskrik en jou-self probeer regkry om werk te kry nie. Begin vandag om jouself op alle terreine voor te berei vir die beroepswêreld wat op jou wag.

Studente is dikwels bang om te gaan werk, omdat hul gewoont is aan hier-die kokonnetjie en nie die wêreld daar buite ken nie.

Beplan jou toekoms vandag

Page 5: Wapad - 26 September 2014

5 Nuus25 September 2014

Erfenisdag is om die cool stuff wat Suid-Afrikaners bereik het om die land ’n demokratiese reënboog-nasie te maak, te vier.

Carina du Plessis

Eerstejaar

Ba Kommunikasie

La Varia

De�nisie van erfenis:

“Dis waarvandaan jy kom. Jou familiegeskiedenis. Die geskiedenis van jou

land. Dit gaan oor dankbaarheid en ’n beter uitkoms.”

Hoe vier jy Erfenisdag?

“Ek gaan saam met my tweede familie by die Potch-dam kuier. Van sewe-

uur die oggend tot sewe-uur die aand.”

Nthabiseng Dimako

Eerstejaar

Sportkunde

Privaatstudent

De�nisie van erfenis:

“Heritage is to embrace our cultures and appreciate one another.”

Hoe vier jy Erfenisdag?

“I’ll be spending the day dressed in cultural clothes. I’m Zulu.”

Ewald Jooste

Honneurs

BCom Risiko Bestuur

Privaatstudent

De�nisie van erfenis:

“Erfenis is om op te staan vir dit waarin jy glo. Wat die verlede vir jou

beteken en om in jou kultuur vas te staan.

Hoe vier jy Erfenisdag?

“Ek gaan op Erfenisdag aan take werk en leer. Ons mag dalk braai, ja. Dit

sal verkeerd wees om nie op Erfenisdag te braai nie.”

Curtis Holland

Derdejaar

BA Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge

Villagers

De�nisie van erfenis:

“Vir my is erfenis waarvandaan jy kom en wat jy met dit maak.”

Hoe vier jy Erfenisdag?

Ek gaan saam met ’n klomp vriende braai, Draak toe gaan en heeldag

kaalvoet loop.”

Talent Mlilo

Vierdejaar

Regte

Privaatstudent

De�nisie van erfenis:

“To celebrate the different cultures in our country and embrace it.

Hoe vier jy Erfenisdag?

“I don’t have my traditional wear here but I’m going to drink traditional beer.”

Anke Slabber & Suzaan Steyn

Vierdejaar

BEd Opvoedkunde

Privaatstudente

De�nisie van erfenis:

Steyn: “Dis ’n dag van vryheid en aanvaarding.”

Hoe vier jy Erfenisdag?

Slabber: “Drinkdag. Ons gaan braai.”

Dié dag se doel is om erfenis te bevorderWat betekenerfenis vir jou?SAAMGESTEL DEUR MARITA HERSELMAN

MARITA HERSELMAN

Kultuurdag. Braaidag. Drinkdag. Afdag. Werk-inhaal-dag. Dis maar net ’n paar van die mensdom se Erfenisdag-sieninge.

Dié dag was voorheen Shakadag in KwaZulu-Natal, ter herdenking van die Zoeloekoning, Shaka Zulu, en het later Erfenis-dag geword. ’n Dag waaraan alle Suid-Afrikaners kan deelneem en hul diverse kulture vier.

Erfenisdag is later Nasionale Braaidag gedoop.

Jan Scannell (Jan Braai) het in 2005 met hierdié konsep voren-dag gekom, met die doel om Suid-Afrikaners om braaivleisvure te verenig.

Teen 2007 het dié konsep so gewild geword dat Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu die woordvoerder vir “Braaidag” was.

Nasionale Braaidag is selfs in 2008 deur die Nasionale Erfenis-raad goedgekeur, maar hoe voel mense oor Braaidag en hul erfe-nis?

Volgens prof. Rikus Fick, stu-dentedekaan, is “erfenis” ’n kul-tuurterm wat spesifiek op kultuur- erfgoed dui.

“Vir ’n sekere kultuurgroep is om te braai deel van ’n kultuur-erfenis, maar dit kan tog nie al wees nie,” het Fick gesê.

“Die viering van elke kul- tuurgroep se erfenis kan vir ’n besonderse verskeidenheid sorg. Dit is ’n gulde geleentheid waar elke kultuurgroep met trots sy eie kultuur-erfenis kan vier.

“Hierdie dag leen hom ook daar-toe om weer familiebande te ver-stewig, want dis waar ’n mens se kultuur begin.”

Volgens Johrné van Huyssteen, OFM-aanbieder en ddisselblom-sanger, is erfenis “om my ge-

dwonge kultuur (kultuur waarin jy gebore is) só uit te leef om ’n brugbouende of progressiewe Suid-Afrikaner te wees.”

Vernon Emslie, ’n BCom-stu-dent aan die NWU-Puk, meen er-

fenis is dit wat ons voorouers vir ons nagelaat het waarop ons trots Suid-Afrikaans kan wees. Dit is volgens ’n weerspieëling van ons nasie.

Vir Rolene Strauss, vanjaar se Mej. Suid-Afrika, is erfenis die kennis van ons verlede, maar die waardering en koestering van slegs die goeie.

“Erfenisdag is om die cool stuff wat Suid-Afrikaners bereik het om die land ’n demokratiese reën-boognasie te maak, te vier,” het die komediant Anne Hirsch gesê.

Of jy dié vakansiedag om ’n braaivleisvuur saam met familie en vriende vergader het, take ge-doen of net rustig was, ons hoop dit was ’n goeie een.

Braaidag weerspieël 'n reënboognasie

Page 6: Wapad - 26 September 2014

6 25 September 2014

Page 7: Wapad - 26 September 2014

7Nuus25 September 2014

Tiaan Dor�ing tydens die onderhoud.

Potch Patat

Rektor gee braaiklas in TaiwanTaiwannese studente en per-

soneel van die Nasionale Taipei Universiteit van

Tegnologie is onlangs geruk deur die besoek van die rektor van die NWU-Puk, Herman van Schalk-wyk.

Volgens amptelike redes het dié twee universiteite in Taiwan ont-moet om vooruitgang in die teg-nologiese gebied te verseker.

Dit het egter aan die lig gekom die eintlike redes vir die Potchef-stromers se besoek aan die Ooste was om die “minder ingeligtes” oor die kuns van die Suid-Afri-kaanse braai te leer.

Betroubare bronne het bevestig Van Schalkwyk is die leier van die Annibrand-braai Illuminati, ’n or-ganisasie wat hulself aan die op-sysitting van universiteitsake en die bevordering van ontspanning by die braai-area toewy.

Dié organisasie het Taiwan besoek om ’n susterstak daar te

vestig.Volgens Taiwannese bronne het

Van Schalkwyk ’n vyf-uur lange sessie gefasiliteer waarin hy slegs braaitangetiket behandel het.

Ander drie-uur sessies het die volgende ingesluit: houtrang-skikking, draaitegnieke en braaibroodjievoorbereiding.

Van Schalkwyk en sy sekreta-resse, Vincent Eastes, het ’n be-langrike voorlegging van Brannas skink via Skype aangebied.

Van Schalkwyk het glo her-haaldelik daarop aangedring dat sy Oosterse gashere hom Sensei Vleis noem. “Dit is vreemd omdat ons nie regtig verstaan wat ‘vleis’ beteken nie,” het prof. Leehter Yao, president van Nasionale Tai-pei Universiteit van Tegnologie, gesê.

Daar word verneem dat die rek-tor tydens die joligheid beseer is. ’n Toeklaprooster vol wors het skynbaar op sy voet geval. Gerug-

te doen die rondte dat bestuur hom “Hopalong cassidy” noem.

Die volgende besoek om “teg-nologiese redes” gaan by die Teg-niese Universiteit van Gabrovo in Bulgarye plaasvind.

Volgens ’n institusionele bron sal prof. Dan Kgwadi die kontin-gent vergesel om tradisionele bier-broumetodes te demonstreer.

Dit is vreemd omdat ons nie regtig verstaan wat ‘vleis’ beteken nie

Hier wys Herman van Schalkwyk die simbool vir die Annibrand-braai Il-luminati in Taiwan. Dit simboliseer die gebruik van die braaitang.

Page 8: Wapad - 26 September 2014

Profiel8 28 Augustus 2014

Al wat sy elke dag ervaar, is pyn. Niks anders. Sy voel hoe haar heupbeen teen haar pelvis skuur met elke tree wat sy gee. Met elke vuurwarm pynlike tree

wat sy gee, tree sy al hoe nader aan haar roem as bekende joernalis wie se passie vir dié beroep al as kind vlamgevat het.

Jeanelle Greyling (21), Wapad se nuutverkose redakteur en eerste houer van die Andriette Stofberg-beurs by Beeld, het bekend geword toe sy die voorblaaie van al die Afri-kaanse dagblaaie in die land gehaal het ná sy 130 m van ’n berg afgeval het en amper brutaal gesterf het.

Sy begin met sprankelende oë – soos ’n hawelose kindjie wat pas ’n broodjie gekry het – vertel oor wat sy alles met Wapad beplan. Sy loop met ’n kruk en loop baie stadig. Dit is duidelik dat dié agterstand glad nie in haar pad gaan staan om elke twee weke ’n grensverskuiwende koerant op die planke te bring nie.

“Ek dink almal wonder daaroor en dink seker ek is in-competent omdat ek nie normaal kan loop nie. Maar dit maak my juis sterker.

“Ek sal altyd my passie bo die pyn sit en as jy besig is, dink jy nie altyd daaraan nie,” vertel sy inspirerend.

Hoewel sy baie planne vir haar termyn as redakteur het, laat sy nie te veel daaroor uit nie en sê net dat dit in haar eerste uitgawe as redakteur onthul sal word.

Die een ding wat almal egter oor wonder is hoekom sy so simpel en onverantwoordelik was om in die aand te gaan bergklim.

“Ek het nie daaroor gedink nie. Ek het dit net gedoen. Ek dink ek wou ’n bonatuurlike ervaring gehad het. Ek wou meer oor myself te ontdek. Dit was heeltemal teen my natuur. Ek het nooit daarvan gehou om aktief te wees nie. Ek glo in predestination. Ek glo dinge gebeur met jou omdat dit moet”

Vra haar om die verloop van gebeure te beskryf dan heers daar stilte. Dis asof ’n mens nie kan agterkom of sy gatvol is om die storie die heeltyd te vertel nie of dalk maak dit haar hartseer?

Dit was pikdonker toe sy die berg in die Drakensberge aangedurf het. Sy het impulsief aanhou klim en later het sy besef haar hande bloei terwyl sy bibber van die koue. Sy spandeer toe eers ’n hele ruk bo in die berg om die ster-reruim te bewonder.

“Ek besef toe dit raak te laat en dat my vriende gaan wonder waar ek is. Ek begin toe stelselmatig teruggaan. Dit was baie steil en die heining wat daar was om aan vas te hou was los.

“Elke keer dan gly ek so bietjie. Dan hou ek maar aan ’n boom vas. Ek het ook met tye gesit en myself afgetrek. Ek was toe verskriklik bang. Ek het begin sing en ek het gebewe,” vertel sy terwyl sy in die verte in staar.

Sy lyk baie verleë terwyl sy daaroor praat en dink diep daaroor. Sy begin toe vertel oor die oomblik

Wapad se nuwe redakteur is verlede week aangestel ná sy terug is in Potchefstroom na 'n lang herstelproses toe sy van 'n berg afgeval het. Hannes Kruger het met haar gaan gesels by Mystic Boer. Sy lug ook onder meer haar opinie oor die beriggewing van die Nazi-saluut en die gepaardgaande beweerde ontgroeningspraktyke.

Wapad se nuwe redakteur vertel toe sy gewens het sy was eerder dood

toe sy geval het.“Ek het aan ’n klein boompie vasgehou om my verder

by die berg afgetrek. Ek het nie gevoel dis onstabiel nie. Toe breek hy en toe gly ek en toe val ek van die krans af. Dit het gevoel soos in die movies. Daai free fall effek. Vir 80 meter.”

“Ná my free fall het ek op ’n boom geval. Dit was my soft landing. Toe tref ek boomtoppe en klippe wat verder saam met my rol vir 50 meter.

“Dit voel nie of jy die tonnel na jou dood toe sien nie. Baie mense sê dit mos. Ek het gedink aan almal in my lewe. Ek het gedink aan my ma. Ek het so hard geskree en geveg vir my lewe. Alles het so inmekaar geweef. Soos ’n smoothie. Klip val op my kop en dan land ek later weer op dieselfde klip.”

Sy het vir langer as 21 ure daar onder gelê en wag tot nooddienste haar hospitaal toe gevat het.

“Op een punt het ek net moed verloor. Ek kon nie meer die pyn hanteer nie. Ek het almal gevra om my asseblief te laat gaan. Ek wou net verlos word van die pyn,” vertel sy stilswyend.

Sy ken al die tricks in die boek van profielskryf en on-derhoudvoering en hou ewe skielik op praat en hak af: “Jy het my nou seker laat probeer huil, né? En jy het dit amper reg gekry. Toe hou ek dit terug net omdat ek weet dat dit jou doel is.”

Sy vat ’n sluk van haar rooiwyn en begin entoesiasities raak toe sy begin praat oor die pad vorentoe.

“Ek wil ’n bef*kte joernalis word. “Ek wil altyd my persoonlike struikelblokke uitdaag. Ek

wil dinge ontbloot wat mense nie normaalweg ontbloot nie. Ek wil my naam daar buite hê. Ek hou van storievertell-ing. Ek wil boeke skryf oor my ervaringe. Romanne. Net om nie net die heeltyd met die harde en negatiewe nuus gekonfronteer te word nie.”

Sy kom oor as ’n sterk en dinamiese vrou wat ’n sterk opinie oor nuusgebeure het as sy so praat van haar toekomsplanne.

Vra haar wat sy dink oor die afgelope jaar se beriggewing oor die NWU-Pukkampus en sy vertel jou dadelik wat sy dink.

“Ek stem heeltemal saam met die wanpraktyke wat ont-bloot is.

Die koshuis het my selfvertroue afgebreek. Ek was bang om op te staan teen dinge en my sê te sê. Dit het my self-beeld afgebreek. Hoekom moet jy geblinddoek word om en gedwing word om vrot kos te eet. Dis siek, man,” sê sy prominent met ’n frons van afsku op haar gesig.

“Baie mense is kwaad oor die beriggewing en dit het wyd reaksie ontlok. Maar die meeste se reaksies is baie subjektief omdat hulle so intens emosioneel betrokke is by die situasie.

“Ek het aan die begin nie daarvan gehou nie. Ek het

gevoel dit is onnodig. Maar toe het ek tot ’n ander besef gekom. Niemand wil ooit die spotlight hê op hoe dinge is nie. Mense is bang vir verandering. Dis hoekom hulle so teen dit skop.

“In my opinie is die kultuur op kampus een wat onder die dekmantel nie baie toeganklik vir ander rasse en kulture is nie. Kyk na die mense om jou. Kyk na die demografie. Dit strook nie met wat in die res van Suid-Afrika aangaan nie.”

Die wyn raak op en dit is tyd vir haar om haar subredi-geerwerk in die kantoor te gaan klaarmaak. Die gesprek raak ongemaklik.

“Ek wil eintlik ’n boek skryf oor al die ervaringe wat ek pas gedeel het. Ek het net nog nie daardie goeie einde gekry nie. Dit is ’n lang reis en dis uitmergelend. Maar ek dink nie daaraan nie.Ek dink nie dit definieer my nie. Dit maak jou sterker.”

Vrou val amper dood, lei nou koerant

Page 9: Wapad - 26 September 2014

9K&V25 September 2014

Taxi Violence nog op spoed ná 10 jaar

Sweetbelaaide aand saam FokofFokofpolisiekar besoek Potchefstroom tydens Bose Kringloop toer

MIZAN VAN DER MERWE

Die klompie Afrikaanse Rock ’n Roll-liefhebbers in Potchefstroom was so ’n

ruk terug buite hulself van opge-wondenheid toe The Tap aankon-dig Fokofpolisiekar gaan tydens hulle Bose Kringloop-toer op die Bult ’n draai gaan kom maak.

Die lang wag was uiteindelik deur en deur die moeite werd en The Tap het byna uit sy nate ge-bars toe Fokofpolisiekar verlede Donderdagaand hulle verskyning op die verhoog gemaak het.

Ná 11 jaar rock die vyf bende lede, soos hulle na hulself ver-wys, nog harder as ooit tevore.

“Ons is eintlik baie under-played, as ek dit so kan stel,” het Wynand Myburgh, baskitaarspe-ler van Fokofpolisiekar gesê en verduidelik dat hulle eintlik baie min toer omdat hulle so besig is met hul ander bands. Hulle het vroeër vanjaar Paranoia be-kendgestel met die idee dat dit die eerste single van ’n nuwe album sou wees.

“Ons praat al vir jare hieroor, maar om tyd te kry om aan ’n nuwe album te werk is moeilik,” het Wynand gesê.

As band het hulle al ver gekom sedert hulle in 2003 begin het

om ’n opskudding te veroorsaak. Hoewel hulle al vir lank besig is om mense regoor die land en selfs die wêreld te entertain het hulle volgens Wynand al gevoel dat hulle wil ophou speel.

“Ons het in 2007 ’n breek gevat en ons was nie seker of ons weer bymekaar gaan uitkom nie,” het Wynand gesê waarop Jaco

“Snake” Venter, die trommer, by-gevoeg het hulle “dit moes stop voor dit te erg raak”.

Dit het hulle egter net ses maande gevat om te besef dit is al wat hulle wil doen.

“Die energie was hectic, die suk-ses het te vinnig gekom en alles het te vinnig begin. Daar was baie faktore wat ’n rol gespeel het,

maar toe ons weer begin speel, toe was dit heeltemal ’n ander ball-game,” het Wynand verduidelik.

Volgens Francois van Coke, die hoofsanger, gaan hulle solank as wat hulle dink dis cool aanhou.

Ter viering van hulle eerste album Lugsteuring wat 10 jaar gelede die lig gesien het, het hulle ’n paar van die ou gunstelinge in die set probeer inwerk. Sedert dié album het hulle klank ook heel-wat verander.

“Dit is meestal Francois se vo-cals wat verander het, daai tyd het ons niks gehad om na te re- ference nie en ons het gesukkel om uit te figure hoe om dit te doen, maar ons het oor die jare baie ontwikkel en gegroei as band,” het Wynand gesê.

Hoewel sommige van Suid-Af-rika se sogenaamde volwassenes aanvanklik hewig ontsteld was toe Fokofpolisiekar amok begin maak het, het die band volgens Wynand nooit gevoel dat hulle ’n slegte invloed is nie.

“Ons het niemand geforseer om na ons te luister nie,” het Snake beaam.

“Enigiets wat vreemd is, is mense bang voor. Ons het iets gedoen wat baie local was, ge-woonlik was die tipe goed net in

Europa of Amerika, maar toe ewe skielik is dit in hulle (die Suid-Afrikaners) se eie huise en op hul voorstoepe,” het Wynand breedvo-erig verduidelik en bygevoeg dat hulle vinnig besef het dat hulle iets oopgevlek het.

“Mense kon na vore kom en sê ‘ons voel ook so’, mense wat com-pressed was kon deurbreek en hulle kon by ons musiek aanklank vind.”

In die middernagtelike ure het die papnatgeswete Afrikaanse Rock ’n Roll liefhebbers juis dit gedoen...

Dronk en vol bloukolle en ander moshpit-verwante beserings het almal vir ’n oomblik heeltemal vergeet van alles wat buite in die wêreld aangaan.

“Potchefstroom is een van die lekkerste plekke om te speel, nie net oor die infrastruktuur, die set-up en die ligging so goed is nie, maar almal is amped. Studente is die beste crowd, hulle is easy en glad nie stuck up nie,” het Wyn-and verduidelik en bygevoeg dat hulle egter nie seker was wat om van die show te verwag nie.

“Die show was befok, dit was fokken baie beter as wat ons gedink het dit gaan wees.”

Mense kon na vore kom en sê ‘ons voel ook so’, mense wat compressed was kon deur-breek en hulle kon by ons musiek aanklank vind.

Francois van Coke (hoofsanger) tydens Fokofpolisiekar se show in The Tap besig om die papnat geswete crowd op te sweep. FOTO’S: Gert Coetzer

Wynand Myburgh, baskitaarspeler van Fokofpolisiekar tydens die show.

FRANCOIS LION-CACHET

Taxi Violence het 10 jaar ná hul ontstaan in 2004 besluit om die mylpaal met hulle vyfde ateljee-album, Tenfold, te vier.

Die album se eerste snitte “Pay Dirt” en “Hit Me Up” gryp jou onmiddellik aan en ruk jou aandag om onmiddellik te luis-ter.

Die groep het bewys hulle is een dekade later nog een van die sterkste rock-groepe in Suid- Afrika is. Eerder as om ’n tien jaar kompilasiealbum uit te gee, volg Tenfold – met 12 splinter-nuwe snitte – hul vorige album, Soul Shaker, wat maar net verlede jaar verskyn het.

Taxi Violence se flambojante gees word met die album vas-

gevang en volgens hulle is dit hul beste een tot op datum.

Dis ’n indrukwekkende stel-ling as daar gekyk word na hulle vorige albums wat hul konstant-heid bewys het.

Hulle “unplugged” album Long Way From Home (2011), wat nog-steeds meer rock as baie ander groepe, sowel as hul debuut Untie Yourself (2006), bewys die groep handhaaf oor ’n lang tyd al ’n hoë standaard.

Daar kan in die musiek ge-hoor word dat die groep al baie ondervinding in die studio het en gemaklik is om in dié spasie hul kreatiwiteit uit te leef.

Die album vat die groep se klank en tegniek oor die afgelope vier albums saam en voeg nog ’n ekstra vlak van eksperimentasie

en volwassenheid by.Hulle kenmerkende blues-rock

trek deur Tenfold alhoewel die snitte van hoogs energiek aan die begin tot rustiger aan die einde van die album beweeg.

“Lazy Day” gee nie toe aan hulle rock-klank nie, maar is heel gepas vir ’n buitelugse dagdronk-sessie in die somer.

“Into The Desert” delf baie dieper as die res van hulle mus-iek – ’n psychedelic instrumentele stuk vir ’n buitewêreldse reis vir twee minute en nege sekondes.

Ander snitte soos “Beaten By The Gun” en “Lead Us To The Slaughter” sal jou beïndruk met hul kitaarriwwe en aansporende tempovolle melodieë.

George van der Spuy verseker ook dat die musiek goed op die oor

val met sy bluesy-rock vocals.“Toe ons begin skryf het, het

ons gedink fuck it, ons gaan net doen en skryf wat ons wil,” het die band tydens hul onderhoud aan Wapad gesê.

Volgens die band is die album

ook ‘n goeie kombinasie van alles wat hulle in die afgelope 10 jaar gedoen het.

“Jy besef waarmee jy goed is en met wat nie, jy leer oor die jare om goeie songs te skryf,” het hulle verduidelik.

Taxi Violence tydens hulle CD launch by The Tap. FOTO: Gert Coetzer

Page 10: Wapad - 26 September 2014

DONDERDAG 25 SEPTEMBER ATKV SokkieImpala

DONDERDAG 25 SEPTEMBER Skoppensboer boekbekendstellingGratis ingangSnow�ake

VRYDAG 26 SEPTEMBER - 19:00The #JailBreakTour featuring State Society, Facing The Gallows and All Will Fall. Entrance is R30 be-fore 20:00 and R40 after that. The Tap Potchefstroom

SATERDAG 27 SEPTEMBERDJ Nicole da Silva from 5fmBourbons

DINSDAG 30 SEPTEMBER Stukkie van jou hart - Jooldebu-tante aksie vir liefdadigheidImpala

DONDERDAG 9 OKTOBER - 22:00Van Coke Kartel en Cortina Whiplash - R50The Tap Potchefstroom

VRYDAG 10 OKTOBER - 22:00Shadow Club The Tap Potchefstroom

VRYDAG 24 OKTOBER - 22:00Zebra & GiraffeThe Tap Potchefstroom

25 Sept - Oktober

K&V 10 25 September 2014

Ou én jong bokke geniet saam Mystic se vermaakJEANELLE GREYLING

Selfs die ou bokke het twee weke gelede die jong atmos-feer by Mystic Boer tydens

vanjaar se Acoustic Sessions ge-niet.

“Iets wat die aand regtig u-niek gemaak het, was die diverse crowd,” het Martin de Lange van Ritmies Liries gesê. “Daar was ’n nice atmosfeer.”

Volgens De Lange het die ou-mense nooit ongemaklik gevoel nie en die studente het selfs hul stoele vir dié ou bokke opgeoffer.

Dié open mic-aand wat deur Mystic en Ritmies Liries gereël is, het sowat 300 mense gewerf.

“Ek het glad nie sulke sukses verwag nie. Ek was verbaas toe soveel mense opgedaag het,” het De Lange gesê.

De Lange meen hulle het ’n baie groter gehoor as Taxi Violence, wat dieselfde aand by The Tap gespeel het, gewerf.

Musikante soos Jan Blohm en die Pretoriase Old Oak Tree en selfs die digter, Tom Gouws, het by die akoestieke geleentheid by Mystic opgetree.

Die nege lede van die Ritmies Liries-span benader elke keer persoonlikhede in die digkuns en musiek om by dié geleenthede op te tree. Die publiek word ook aangemoedig om voor die gehoor op te tree.

Hoewel Gouws baie lede van die ouer garde met sy kleurvolle dig-kuns getrek het, het hy tydens sy

voorlesing oud én jonk laat ska-terlag. Behalwe vir sy digkuns, was Gouws ook die waarnemede visekanselier en rektor van die NWU.

Baie van dié mense het ná Gouws se voorlesing gebly om Old Oak Tree en toe Jan Blohm se vertonings te kyk.

Die organiseerders van Ritmies Liries het ook die gulde geleent-heid gehad om Blohm te ontmoet.

“Hy is rou en eerlik en sing van-uit die hart,” het De Lange gesê.

“Hy het die mense geniet en hulle het hom soveel meer geniet. Die interaksie tussen hom en die crowd was regtig positief.”

Die Potchefstromers was veral opgewonde toe hulle gehoor het Jan Blohm gaan na ’n lang afwe-sigheid wéér hier kom optree.

“Dis awesome om terug te wees in Potchefstroom. Dit maak my nogal emotional, ek is nog altyd lief vir die plek, almal het lekker saamgesing, dit was rêrig baie baie cool,” het Blohm na sy ver-toning gesê.

Ritmies Liries en Mystic be-plan om volgende jaar weer dié open mic-aande te reël. Volgens De Lange het The Tap hulle ook genader om soortgelyke geleent-hede te reël, “maar die atmosfeer is nie heeltemal reg nie”.

“Jaco van der Merwe van Bit-tereinder is ook baie opgewonde om iets saam met ons te doen,” het De Lange gesê. “Ons is volstoom besig om planne vir volgende jaar te maak.”

Studente Varieté re�eksie van PUK-KunsteMARITA HERSELMAN

Vanjaar se studente Varieté was soos ’n boksie sjokolade truffles – ’n verskeidenheid bederfies wat jou nog een oomblik terg en as jy weer kyk is dit klaar.

Dié uurlange konsert wat op Saterdag 20 SePtember in die SANLAM-Ouditorium plaasge-vind het, het as ’n vinnige terug-flits oor die jaar se grootste kul-tuurgebeure gedien.

Dit het onder meer Talentfees-gunstelinge, die PUK-Koor, die NWU-Pukorkes, en die Sêrwenne-rs ingesluit.

Die Studente Varieté is deur die studentedekaan, prof. Rikus Fick, in samewerking met PUK-Kunste en die SR-Kunsteraad aangebied.

Die konsert vind sedert 2012 op ’n jaarlikse basis plaas.

“Die doel agter die konsert is om ’n geleentheid te bied om al die hoogtepunte op die kul-tu-urkalender van die jaar saam op die verhoog te plaas.

Met een konsert kry ’n mens dus ’n goeie beeld van wat op kultuurgebied op die kampus ge-

beur,” het Fick gesê.Volgens Alanka Craffert van

Puk-Kunste het die Varieté nou begin vlam vat.

“Die vorige jaar was daar 400 maksimum toeskouers by die Va-rieté, terwyl ons hierdie jaar on-geveer ’n goeie 700 was”.

Craffert meen dié Varieté was veral spesiaal, omdat dit aan Horst Bütow en Christa Cloete opgedra is.

Bütow, die direkteur van Puk-Kunste en Cloete, die administra-

tiewe beampte van Puk-Kunste tree uit aan die einde van die jaar.

Kobus Venter, die afrigter van PUK-Koor, het die aand só afge-sluit en na al die optredes op die verhoog verwys: “Dit wat julle hier sien, is ’n uitvloeisel van 35 jaar se harde werk.

“Dankie Horst Bütow en Chris-ta Cloete.”

Dit was vir Fick moeilik om een item uit te sonder, maar die PUK-Koor se optrede was van uitsonderlike gehalte en volgens Fick verstaan hy hoekom hulle so goed by die internasionale koor-olimpiade in Riga gevaar het.

“Ek het hierdie jaar Puk-Amici en die Serenaders gemis, hulle was die afgelope twee jaar van die hoogtepunte op die program,” het Fick gesê.

Die hoogtepunt van die aand was vir Craffert toe die konsert met seënbede vir Bütow en Cloete eindig.

“Dit was so ’n mooi oomblik, almal was uitgenooi om dit saam met die PUK-Koor te sing. Selfs dié wat nie kan sing nie, het saamgesing.”

Dit wat julle hier sien, is ’n uitvloeisel van 35 jaar se harde werk. Dankie Horst Bütow en Christa Cloete.

JEANELLE GREYLING

Vir die spongers wat staatmaak op gratis ingang, bied Snowflake vanaand (25 September) om 19:00 hul boekbekendstelling.

Selfs ’n Ballantine’s whisky-promosie word gebied om die bekendstelling van Skoppens-boer, deur Duane Aslett, gladder te laat verloop.

“Want swart en droef, die hoofste troef… oor ál wat roer, is Skoppensboer,” is die laaste woorde wat Skoppensboer aan sy slagoffers sê voor hy hulle doodmaak.

Niemand weet ooit wie dié enigmatiese Skoppensboer is nie, maar hy raak van mense ontslae op ’n manier wat verseker hulle het nooit eers bestaan nie.

Rex Reynecke word ingeroep om die onderwêreld te deurtrap en uit te vind wie Skoppensbo-er is, maar vind vinnig uit dat almal geraamtes in hul kas het.

Aslett en prof. Annette Combrink, voormalige burge-meester van Potchefstroom en oudrektor van die NWU-Potchef-stroomkampus, gaan in gesprek tree oor sy debuutroman.

Aslett is ’n seniordosent in forensiese rekenmeesterskap aan die NWU-Pukkampus.

Volgens ’n YouTube-video wat sy vrou, Tammy, opgelaai het, is sy misdaadroman op Eugéne Marais se gedig, Skoppensboer gebaseer.

Die video bevat die woorde van die gedig wat deur Tammy getoonset is.

Tammy doen ook die toonset van die roman se klankbaan.

“Hy wou ’n klankbaan hê met ’n James Bond-agtige tema,” het Tammy kommentaar gelewer op

die video.Aslett studeer tans vir sy

LLD aan die NWU oor “Combat-ing Orga-nised Crime in South Africa”.

Skoppensboer roer eers-daags oor die Stroom

Vir die spongers wat staatmaak op gratis ingang, bied Snow�ake vanaand (25 September) om 19:00 hul boek-bekendstelling van Skoppensboer deur Duane Aslett.

Boekbekendstelling

FOTO: Alicia Kotzee

FOTO: Gert Coetzer

Page 11: Wapad - 26 September 2014

Leefstyl 11 25 September 2014

Leefstyl Die winter is verby!

MIZAN VAN DER MERWE

Sommerso oornag het die winter en sy verskriklike koue die pad gevat en lente

het besluit om sy verskying in Potchefstroom te maak.

Dit is nou tyd om al jou winter-klere in ’n tas te pak en huis toe te vat.

Bêre gerus maar die jasse, oor-groot truie, stewels en serpe en maak plek in jou kas vir kort-broeke, somerrokkies en plakkies.

Net omdat dit nou warm is bete-ken nie dis ’n verskoning om die

heeltyd te lyk of jy pas van die strand af gekom het of op pad is om ’n volleyball game te gaan speel nie.

Daar is verskeie klere-opsies so-dat jy steeds koel en gemaklik lyk sonder om slordig te wees.

Van die modeneigings vir die seisoen sluit grafiese en kun-stige patrone in (sien die arthouse trend) en jy kan ook nooit met ’n vrolike blompatroon verkeerd gaan nie. Probeer egter om nie heeltemal oorboord te gaan nie.

Noudat dit ook aansienlik warmer is, ervaar al die langhaar-

mense dit is tyd om hul hare vas te maak, anders voel dit perma-nent of jy ’n serp om jou nek dra.

Gelukkig is daar heelwat ver-skillende maniere hoe jy jou hare kan vasmaak en sal jy nooit verveeld word met jou look nie.

Deurmekaar-bollas, vlegsels (die gewones sowel as visgraat-vlegsels) en poniesterte is maklik om te doen en hou jou hare uit jou nek sodat jy een ding minder het waaroor jy jou hoef te bekommer.

Lente is ook die tyd van die jaar waar jy gerus meer kleur in jou lewe kan inbring.

Nie net in jou kleredrag of bykomstighede nie, maar ook in jou leefarea. Kikker jou koshuis-kamer of woonstel op met bont kussings en -portrette of maak tenminste bietjie die vensters en gordyne oop om bietjie natuurlike lig in die vertrek in te laat.

Die weer is boonop ideaal vir ’n lekker braai saam met jou vriende en as een van julle so gelukkig is om ’n swembad in julle kompleks te hê – nog beter! Jou vrinne gaan ook nie meer so erg in jou ore neul omdat hulle koud kry nie.

Aan die einde beteken lente en

Skop jou skoene uit - Lente is hier!die belowende somer wat wag eintlik maar net dat jy nou vars oor kan begin.

So haal diep asem, geniet die buitelug, eet ’n roomys, sit ’n blommetjie in jou hare en waar-deer die son wat op jou vel skyn. Spring in die kar saam met jou vriende, draai die musiek harder en maak die vensters oop. Skop jou skoene uit, want die lente is hier en somer is om die draai!

Gaan besoek gerus Wapad se Pinterest-bord vir lekker kreatiewe lente-idees.

Suzelle se DIY – Because anybody canMIZAN VAN DER MERWE

Suzelle se DIY-video’s op YouTube het die afgelope ruk vinnig vlam gevat (letterlik ook) veral ná sy haar “How to Make a Braai Pie”-video opgelaai het.

Vir dié van julle wat dit nog nie gekyk het te danke aan een van jou vriende wat dit op Face-book geshare het nie, doen jouself ’n guns en gaan kyk dit sommer dadelik.

Nie nét is dit uiters vermaaklik nie, jy kan eint-lik een of twee handige truuks leer. Dié video is skaars drie weke gelede op haar kanaal opgelaai en is reeds meer as 155 000 keer gekyk.

Suzelle se kort en kragtige selfdoenvideo’s is trots Suid-Afrikaans en haar tipiese Suid-Afrika-ner-aksent kom sterk deur wanneer sy Engels praat. Haar kamerasku vriendin, Mariaan maak ook soms haar verskyning.

Buiten haar YouTube-kanaal het sy ook ’n Face-book-blad en ’n Twitterprofiel, waar sy haar aan-hangers op hoogte hou van die projekte waarmee

sy besig is en soms laai sy ook ’n “suzelfie” of twee op.

Suzelle, ’n fiktiewe karakter wat deur Julia Anastasopoulos gespeel word, het tydens haar on-derhoud op Expresso Morning Show aan die aan-bieder Katlego Maboe gesê: “I just love DIY and I love to be creative, and I love to make things… So it’s very exciting to have a space now where I can do that and help people.”

Die projekte wat Suzelle op haar kanaal demon-streer, is op beide geslagte gemik en soms glip daar ’n kleurvolle Afrikaanse kragwoord of twee uit as iets skeefloop.

Van haar video’s sluit in hoe om ’n tweepunt-kragprop in ’n driepunt-kragprop te verander, hoe om jou hare met ’n GHD te krul, hoe om 'n klomp appels in 'n japtrap te skil, asook hoe om ’n eier perfek te kook.

Gaan kyk gerus na die res van haar video’s op YouTube, jy kan dalk net ’n ding of twee leer.

Soos haar slagspreek lui: “DIY, because any-body can”.

Maklike streeptert wat jy in jou koshuiskamer kan optower

Bestanddele

Voorbereidingstyd: 10 minute as jy vinnig werk, soms selfs minder...

JOHANÉ VAN DEN BERG

So jy wil iets lekker en kreatief maak vir ’n braai of 'n kuier wat môreaand plaasvind, maar jy wil nie simpel lyk nie en jou tyd is min, jou spens is leeg en omdat jy 'n student is, is jou beursie ook leeg.

Moenie vrees nie, met drie basiese

Staantyd: Oornag, maar slegs een nag...

Jy kort (slegs):-'n pakkie Mariekoekies-2 blikkies karamel (net een werk ook as jy bietjie arm is die maand)-'n pakkie klapper

1. Smeer die karamel bo en onder elke koekie en wees deeglik. 2. Plak dan die hele pak se ge-smeerde koekies bymekaar tot-dat dit ’n langrol is, hoe langer hoe beter. 3. Rol dit in klapper sodat dit bietjie stewiger is. Indien dit nie styf is nie doen jy dit nie reg nie.4. Draai dit in foelie toe en laat dit oornag in die yskas staan. 5. Sny dit die volgende dag skuins van ’n kant af, sodat daar strepe in die sirkels is. 6. Siedaar, jou gaste gaan ver-stom staan!

Instruksies

FOTO: Danya van den Berg

bestanddele kan jy tjop-tjop ’n smul-lekker koek aanmekaar-slaan en dis so maklik, jou vyfjarige sussie sal dit kan maak.

Met die vinnige en slim metodes waarop dit gesny word, sal dit egter lyk soos iets uit Kokkedoor!

Page 12: Wapad - 26 September 2014

Briewe Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

12 25 September 2014

KommentaarRedaksioneel

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

25 September 2014

Hoofredaksie

SMS’e en twiets

Die volgende uitgawe vanWapad verskyn op 11 Sep.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Almarene Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan LEEFSTYL, KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIEBESTUURDER: Lorraine Jordaan KANTOORBESTUURDER: Robbie Boltman UITLEGREDAKTEUR: Gwendoline Jansen van Vuuren HOOFSUBREDAKTEUR: Jeanelle Greyling

Teksversorgers: Jeanelle Greyling, Francois Lion-Cachet, Hannes Kruger, Eugenie Gregan

Uitleg: Hannes Kruger, Mizan van der Merwe, Lerine Miller, Simon Sonnekus

Regstellings

Ek hou eintlik baie van Potchefstroom.

Dit is hier waar ek my trouvrou tydens Aardklop ont-moet het.

Dis ook hier waar ek gummy-berry-juice in Bourbon Street leer drink het op die maat van Ghapi se dromme (onthou julle hom?).

Ek het van my beste kunste-fees-ervarings in hierdie dorp se teaters en skoolsale gehad en bewonder die woordkunstenaars wat hier langs die Mooirivier hul pêrels blinkvryf: TT Cloete, Heil-na du Plooy, Hans du Plessis.

Tlokwe is lankal nie meer net ’n kleindorpie-bier nie, maar die dorp se naam het nasionale poli-tieke dimensies aangeneem toe die ware toets van demokrasie op die proef gestel is.

“Tlokwe” is nou die plek waar enigiets moontlik is.

Ek bewonder Annette Combrink se durf en hardegatgeit en veraf-sku die wyse waarop Maphetle Maphetle en die ANC die muni-sipaliteit in die grond in bestuur het.

Beeld het in Februarie vanjaar verslag gedoen oor ontgroening-spraktyke op die NWU-Pukkam-pus.

Dit het ’n reaksie ontlok wat ek in my wildste drome nie verwag het nie.

Terugskouend dink ek steeds ons het die regte ding gedoen.

Beeld kan nie, net omdat ons ’n Afrikaanse koerant is, die rug keer op verkeerde praktyke wat by Afrikaanse instellings gepleeg word nie.

Ons sal vir Julius Malema aan-vat as hy “Skiet die boer” in die openbaar sing. En ons sal studente van enige kampus aanvat wat die Nazi-saluut in die openbaar wys.

Dit is pleinweg onaanvaarbaar om in die jaar 2014 simbole wat die dood van duisende onskuldige mense en kinders gesimboliseer het te verheerlik.

Laat ek prontuit ’n paar wanop-vattings regstel: Beeld het niks teen die Puk-kampus of die Noord-wes-Universiteit nie.

Inteendeel, ons was nog altyd ’n groot ondersteuner van die kam-pus en sy aktiwiteite.

Potchefstroom is een van die min plattelandse dorpe in die land waar Beeld nog ’n voltydse verslaggewer het.

Met vanjaar se Universiteitsêr het Beeld se multimedia-span uit hul pad gegaan om die Afrikaanse universiteite in ons lesersgebied – die NWU en Tuks – te bemark en blootstelling te gee.

Beeld is ’n vriend en vennoot van die NWU en veral van die Puk-kampus.

Tydens vanjaar se Aardklop-

Adriaan Basson skryf: 'Ek hou eintlik baie van Potch'

kunstefees is ons weer hier om Spat uit te gee, die Aartvark-prys te borg en mediavennoot van die Diskoers-besprekingsreeks te wees.

Beeld se belangstelling in ont-groeningspraktyke op Potch is ge-prikkel deur die besluit van prof. Herman van Schalkwyk, die kam-pusrektor, om die HK’s van twee koshuise te skors ná beweerde wanpraktyke.

Die rol van joernalistiek is om dieper as die oppervlak te krap. Daarom het ons ’n span joernali-ste Potch toe gestuur om uit te vind wat by hierdie koshuise ge-beur het (die NWU het geweier om besonderhede oor die voorvalle uit te reik).

Nadat hulle ’n paar dae op kam-pus gespandeer het, het Beeld se verslaggewers teruggekeer met uiters ontstellende materiaal, wat talle foto’s ingesluit het waar stu-dente (waarskynlik onwetend) die Nazi-saluut wys.

Video’s het gewys hoe studente die saluut wys, gevolg deur ’n slag-spreek wat die woord “heil” bevat het soos in Adolf Hitler se Nazi-Duitsland.

Studente wat nie weet waarvoor Hitler en sy regime gestaan het nie, kan dit gerus gaan Wikipedia.

Beeld het nooit berig die Puk-kampus is ’n klomp Nazi’s nie. Wat ons berig het, is dat honderde studente die “Sieg Heil”-saluut wys, al is dit reeds deur kampus-bestuur verban.

Na publikasie het ’n paar in-teressante dinge gebeur: die vol-gende oggend, voor 06:00, het Van Schalkwyk en die studentedekaan Rikus Fick op Beeld.com onvoor-waardelik om verskoning gevra dat die Nazi-saluut om kampus gebruik is en benadruk dat hulle studente sal vra om dié gebruik te staak.

Implisiet in hul apologie was die erkenning dat dit vir jare op die Pukkampus gebruik is en dat hulle saamstem dit is onaanvaar-baar.

’n Paar dae later het dr. Theuns Eloff, die voormalige vise-kanseli-er van die NWU, op TV ontken dat die Nazi-saluut gewys is – teen-strydig met Van Schalkwyk en Fick se apologie.

Die latere ondersoek deur dr. Leon Wessels en sy paneel het bevestig dat die Nazi-saluut vir jare op die kampus gewys is; dat baie studente waarskynlik nie be-wus was van die beledigende aard daarvan nie en dat Van Schalk-wyk-hulle al ’n geruime tyd gelede deur akademici op die Pukkam-pus daarvan bewus gemaak is.

’n Paar dae ná die herrie het Beeld berig oor koshuise wat reeds die Nazi-saluut laat vaar

het en met ’n ander koshuisgroet vervang het.

Potch se studentetradisies is tog baie meer as ’n saluut wat aan-stoot gee vir miljoene mense wie geliefdes en kinders verloor het weens die beleid van ’n moordda-dige regime.

Die persombudsman het on-langs ’n klag van Afriforum-Jeug teen Beeld van die hand gewys oor ons beriggewing oor spesifiek die Wessels-verslag.

Dr. Johan Retief, die ombuds-man, het bevind: “An important part of the task team’s findings was that while Nazism was not a culture on campus, there were iso-lated incidents of such practices (For example, see Point 4 of the task team’s recommendations). The Wessels task team identi-fied the gesture by students (the alleged Nazi salute) as one such practice.

“Given this decision by the task team, I submit that the newspa-per was justified in publishing the picture again. Why should Beeld refrain from re-publishing the picture if the Wessels’ team identified it as a Nazi practice? Moreover, the publication of this picture merely provided neces-sary context to the stories that were published some four months prior to the report in dispute.

“I also note with appreciation that the newspaper devoted a full page to this matter, including a re-port on the NWU’s reaction to the report.”

Ek het onlangs ’n paar gesprekke met NWU-studente en belanghebbendes gehad wat vrae oor Beeld se dekking van die Puk-kampus gehad het.

Hierdie gesprekke het almal geëindig met ’n beter verstaan van mekaar se posisies en perspe-ktiewe.

Ongelukkig was daar in die proses ’n aantal organisasies en individue wat opsetlik Beeld se rol en boodskap probeer verdraai het.

Ons dekking is daar vir almal om te sien. Beeld sien uit om nog ’n lang pad saam met die NWU te loop. Daar gaan soms duwweltjies wees, maar kom ons sien dit nie aan vir rotse nie.

@NWUWapad

Stefan van Zyl@stefanvanzyl

Goddank die Wapad het 'n nuwe redakteur.

Lie�ik @ColleenFourie

@NWUWapad 'Bestuur ly honger' nee maar goed- wil nou nie hê 'n beampte moet hongerly van cheddar nie "let them eat cake." Pateteties man!!

Wapad het in die uitgawe van 11 September verkeerdelik berig dat Oosterhof se primaria, wat tydens Zoepweek, na 'n HK touchies wedstryd 'n nekstut

gedra het. Oosterhof het egter nie 'n touchies wedstryd gespeel nie en die primaria het ook nie 'n nekstut gedra nie.

Kennisgewingborde op die kam-pus is vol advertensies wat notas te koop aanbied. Die adverten-sies se trant skep die indruk dat dié notas die pad na ewige aka-demiese heil is. Een advertensie waarborg selfs ’n onderskeiding.

Ek kan aan geen rede dink waarom ek iemand anders se notas sou koop nie. Ek het mos studiegidse, handboeke en my eie notas van elke klas wat in die module aangebied is.

Waarom sou ek dan wil betaal vir die onsekere gehalte van ie-mand anders se notas? Die enig-ste moontlike rede is swak klasby-woning.

Vervolgens, kan daar enige waarde geheg word aan die notas van iemand wat nie basiese Af-rikaans reg kan gebruik nie, bv. note’s te koop?

Afgesien van die taalvermeng-ing, is dit pervers om in Engels ’n werkwoord na die genitiewe vorm van ’n naamwoord te plaas.

Die Afrikaanse meervoudsvorm van nota is notas, nie nota’s nie. As die taalgebruik in die adver-tensie so morsig is, wat is die no-tasmous se kennis van die module waarvan so lustig notas aangebied word?

Ek dink as jy ’n ander se note’s koop gaan net die heaven’s jou deur die module kry.

- Walter Doubell, student aan die NWU Potchefstroomkampus.

Note’s te koop

Adriaan Basson, Beeld-redakteur.

Adriaan Basson is Beeld se redakteur. Hy word steeds geprys vir sy waaghalsige ondersoekende joernalistiek en het al vele onthullings in sy loop- baan gemaak.

Page 13: Wapad - 26 September 2014

SMS 31750SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

1325 September 2014 Opinie

Lees hierdie omstrede opinie- stuk, raak deel van die debat en lug jou mening!

met die

BESTUURNAGRAADSE DIPLOMA IN

Gee jou graad momentum met ‘n

Leanie van Ronge - 018 299 1409, E-pos: [email protected] en Bestuurswetensakpgebou (E3), Kantoor 304, 3de vloer

BESTUURNAGRAADSE DIPLOMA IN

Gee jou graad momentum met ‘n

NWU POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL

KONTAK ONS VANDAG OM TE REGISTREER EN BESTUUR JOU TOEKOMS!

So, jy vat net wat jy kry? GmfDaar word vir ons almal op

’n relatiewe vroeë ouder-dom geleer dat niks in die

lewe verniet is nie, daarmee saam dat ons moet werk vir wat ons wil hê. Tog is dit so gerieflik om terug te sit en k*k en kerm dat jou ma-hulle nie meer sakgeld oorbetaal nie of dat jy nie saam met jou vriende met vakansie kan gaan nie. Op watter punt is dit dan dat jy besef hoe afhanklik die rigting van jou lewe is van die besluite wat jy neem en die werk wat jy insit?

As elkeen van ons moes huil oor alles wat met ons gebeur wat ons lewens so ongerieflik maak en omstandighede as versko-nings gebruik, was dit een groot f****p. Niemand sou dryfkrag of veerkragtigheid ontwikkel nie. Wie sou die aktiewe besluit neem

om vorentoe te gaan en veg vir wat hulle wil hê? JY is al wat jy het. JOU besluite bepaal hoe jou paadjie vorentoe sal loop, en JY is die enigste een wat in jou pad kan staan. Kyk, ek sê nie dat mens op jou eie moet wees nie, natuurlik is hulp altyd welkom, maar – geen-een van ons moet net tevrede wees met wat ‘fate’ vir ons opdis nie.

Met alle respek vir elkeen se in-dividuele situasie wil ek die vol-gende vra – is jy werklik tevrede met wat jy het? Waarom? Waarom sal mens nie wil aanhou groei en reis en leer nie? Waarom net stop by ‘dit is nou maar wat ek het en dis okei’? Nee. Dis te gerieflik vir ons om gewoond te raak aan mid-delmatigheid. Dis wat beskikbaar is, nes al die slette in Bourbons. Vir tyd en wyl dien dit ’n doel, maar langtermyn... daar is nie ’n

langtermyn nie. Met die laaste paar maande van

universiteitslewe voor my, dink ek graag aan watter impak ek maak. Mens het nie nodig om almal se gunstelingpersoon te wees nie, jy hoef nie sweet en oulik te wees om ’n verskil te maak nie. Al skok jy die k*k uit iemand en laat ’n liggie êrens brand wat voorheen maar dof of dood was, is dit ’n goeie be-gin. Sweep jou vriende op en begin ’n ‘cult’ of iets, maar moet nie net terug sit en sê ‘dankie’ vir wat op jou bord gesit word nie.

Met beg, borrow or steal kom mense by hul doelwitte uit. Elkeen van ons. As mense maar net besef hoeveel mag in hulle hande is, sou dit vir baie interessanter skinder-nuus maak. Die punt is, jy het nie nodig om vir enigiemand toestem-ming te vra vir wat jy wil hê nie.

- Alicia KotzeeGeen poephol wat jou op een of ander manier sleg behandel of benadeel het besit die mag om jou op so ’n manier te beïnvloed dat jy jannie-jammer-gat mag wees vir die res van jou lewe nie.

Om veerkragtig te wees is een van die wonderlikste vermoëns wat mens kan hê. Beste van als? Jy kan dit aanleer! Deur dit wat jy irrelevant tot jou geluk en vooruit-gang beskou uit te skakel.

Jellievisse hoort in die see. So groei ’n ruggraat. Staan op. Doen iets – enigiets wat jou laat voel jy bou jou lugkastele verder, en if push comes to shove moet jy maar vir Jan van sy boontjierank af-skop om by jou lugkasteel uit te kom.

Moet net nooit stagneer nie. Dink net hoe vernederend dit sal wees by jou tien jaar skool-

reünie, en die dropout wat jy en jou vriende eens gespot het is nou presies wat jy geword het. Onge-rieflike gedagte? Dis nou jammer.

Page 14: Wapad - 26 September 2014

14 25 September 2014SportWapad

BERTIE JACOBS

Dit sal haar eerste en enig-ste Varsity Netbal-toer-nooi wees.

Verlede jaar het geskeurde kruisligamente haar op die kant-lyn gehou en volgende jaar gaan sy volgens die kompetisie se regulasies te oud wees om deel te neem.

Daarom gaan Nadia Uys, kaptein van die NWU-Puk se Varsity Netbalspan, daarop uit-

gaan om ’n onvergeetlike toer-nooi te hê.

“Dit is great om weer terug in die span te wees. Verlede jaar het dit my nogal gevang om die wedstryde van die kantlyn af te dop te hou,” vertel die blonde MBW-student.

Die verantwoordelikheid van kaptein wees is een wat haar soos ’n handskoen pas. “Dit is ’n groot eer. Ek kan nou al almal waarborg dat ons nie ’n tree vir enige iemand gaan terugstaan

nie.” Hoewel die NWU-Puk ’n paar

ervare spelers vaarwel moes roep, beteken dit allermins dat haar span ’n stomper aanvals-wapen is. “Dit is altyd goed om jong bloed in die span in te bring en hulle so gou as moontlik aan hierdie vlak bloot te stel. Hulle het altyd hope durf, en dit is hulle wat by ons oues moet oorneem,” skerts sy. Hoewel menigte kenner Uys as

’n gunsteling bestempel om die Proteas aanstaande jaar in die Netbal Wêreldbeker te verteen-woordig, is daar net twee mik-punte in haar visier. “Ek wil beseringsvry en solank as moontlik op die baan bly!” lag sy en verwys na ’n operasie vroeër vanjaar toe ’n gedeelte van haar miniskus verwyder is. “My enigste fokus nou is op Puk-netbal. Ek voel geseënd om terug te wees, dit is ’n geleentheid wat ek met albei hande wil aangryp."

Like sands through the hourglass, so are the days of the Barclays Premier League. What would a weekend be without a good dose of drama? The past weekend was no exception. With the season being an embryo with only five games played fans can remain assured that this will be a season difficult to forget.Saturday’s first game brought forth tantalising displays of com-posure when QPR’s Niko Kranj-car’s brilliant free kick salvaged a point for the Londoners against a resilient Stoke City. The game ended 2-2 with amongst others, Peter Crouch slotting home for Stoke. Arsenal left the Aston Villa play-ers reeling after a five minute blitzkrieg wherein 3 goals were scored, one of the being from “seemingly” out of form Mesut Ozil who opened his account for the season. Newest acquisition, Danny Welbeck, scored his first goal for the club with fans ap-plauding, calling it a finish simi-lar to Club legend Thierry Henry. West-Ham’s Upton Park facili-tated one of the shocks of the

Nou of nooit vir Nadia

Piping hot Premier League

NWU-Puk se netbalkaptein praat oor haar eerste Varsity Netbal-toernooi

Nadia Uys, kaptein van die NWU-Puk se Varsity Netbalspan.

David de Gea had to pick the ball up from the back �ve times in Manchester United's game against Leicester.Lewis Hamilton loop voor in die Formule 1-kampioenskap nadat hy Sondag in Singapoer ’n eerste plek behaal het.

Sy spanmaat, Nico Rosberg, moes sy eerste plek aan Ham-ilton afstaan nadat Rosberg tou moes opgooi in die wedren weens probleme met sy motor se stuurstelsel.

Spanmaats Sebastian Vet-tel en Daniel Ricciardo het ná ’n uitstekende wedren vir die Red Bull-span onderskeidelik ’n tweede en derde plek behaal.

Die volgende wedren in die Kampioenskap vind op 5 Okto-ber in Japan plaas.

Hamilton wen Singapoer Grand Prix

Volgens die Springbokke se skrumafrigter, Pieter de Vil-liers, is die Bokke se skrum-probleme tydens die eerste twee wedstryde van die Castle Rugby-Kampioenskap iets van die verlede.

De Villiers is van mening dat die Bokke ná baie harde oefening en ’n paar verander-inge aan hul tegniek die prob-

leem uitgesorteer het.Ná pessimisme rakende

diepte in die voorste ry van die Bokskrum sê De Villiers hy glo dat hulle oor die nodige diepte beskik. “Jannie du Ples-sis presteer steeds baie goed op vasskop en het Marcel van der Merwe teen die All Blacks gewys waartoe hy in staat is.”

Bokskrum verbeter aansienlik

Die Spaanse tennisfederasie het aangekondig dat die voor-malige WTA-speler, Gala Leon, as hul kaptein vir die Davis-beker gekies is.

In ’n verklaring wat Sondag uitgestuur is het die federasie aangekondig dat Leon die vorige kaptein Carlos Moya gaan vervang, nadat Spanje

uit die Wêreldgroep geval het. Spanje het in die uitspeel-

wedstryde teen Brasilië ver-loor ná hulle vroeër in die jaar teen Duitsland ook verloor het.

Dit het veroorsaak dat hulle vir die eerste keer sedert 1996 nie in die Wêreldgroep was nie.

Gala Leon is Davis- beker kaptein

Curriebeker-puntestand1. Westelike Provinsie (14) 2. Haaie (13) 3. Goue Leeus (10) 4. Pumas (9)

5. Vrystaat Cheetahs (7) 6. Blou Bulle (5) 7. Griekwas (3) 8. Oostelike Provinsie Kings (1)

SAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

WêreldsportnuusWêreldsportnuus

season: a second loss in a row for Liverpool. The team from Mersey-side, that stocked up on players since the departure of Uruguayan striker Luis Suarez have not en-joyed the start of the season the wished for. A header from Reid and sheer brilliance from Sakho saw West Ham take the lead with-in the first seven minutes of play. Despite Raheem Sterling pulling one back, woeful Simon Mignolet had to pick the ball out of the net one more time after Amalfitano poked an easy shot home. The game between Leicester City and Manchester United just went to show that the show is never over until the proverbial fat lady sings. After relentless attack from the new signings Falcao and Di Maria, the Manucians were ahead 3-1 by the 57th minute when the dark clouds of bad luck broke. Louis van Gaal’s men rapidly con-ceded 4 goals, some fairly, while others could be blamed on the poor officiating of Mark Clatten-burg. In the end the rampant red devils had to return home bruised and batter from the King Power stadium in Leicester. United will

have to pull up their socks if they want to continue dreaming of a Champions League spot. So far they have lost to Leicester, Swan-sea and Sunderland, drawn to Burnley and only beat QPR. This in mind it’ll be tough times ahead when United face tougher opposi-tion, like neighbours Manchester City.The last game of the weekend set the stage for the return of the Prodigal Son, Frank Lampard to a Chelsea game, this time however he donned the shirt of champions Manchester City rather than his famed navy attire. To add insult to injury Lampard poked home a late equaliser to level matters with his old club, sharing the spoils. "I’d be unprofessional if I didn’t come on and do my job. I had 13 amazing years with Chelsea fans. So I’m mixed with it. Obviously, I’m really pleased the team I play for got a draw, so it a really hard one for me to answer,” Lampard said after the intriguing match. If the first five weeks are any-thing to go by, fans can expect a long season of absolutely thrilling matches.

Page 15: Wapad - 26 September 2014

Sport 1525 September 2014

Luiperds té sterk vir Grens se BulldogsNoordwesters verseker 'n tuis-halfeindstryd

WYNONA LOUW

Die Luiperds het Vrydagaand die Grens met 34-19 getroef in ’n wedstryd wat met menigte kopkrappe geëindig het, nadat die skeidsregter die wedstryd ná 18 minute in die tweede helfte tot halt gebring het toe die vloedligte by die Buffalo City-stadion in Oos-London gefaal het.

In dié kragmeting het die besoekers rustyd met 29-14 voor-geloop en ses drieë teenoor die Bulldogs se drie gedruk om ’n bonuspunt-oorwinning in die sak te steek.

Met ’n pragvertoning van hardlooprugby het die Noord-westers 14 punte in die eerste kwart van die wedstryd op die telbord gehad en hoewel die tuisspan twee drieë voor rustyd ingeryg het, beide deur die agsteman Raynardt van Wyk, was hulle heeltemal deur die Luiperds oorrompel.

Oud-Springbok losskakel, André Pretorius en skrumskakel Dillon Smit het die toutjies goed in dié verkorte ontmoeting getrek en met gevaarlike hardlooplyne en vloeiende agterlyn-bewegings het die besoekers deurentyd gedreig om oor die witkalk te duik. Pretorius kon egter net twee van die Lui-perds se ses drieë verdoel.

Nóg een onverdoelde drie deur die linkervleuel AJ Jacobs vir die Luiperds in die tweede helfte is met ’n pragdrie deur die Grens se vleuel Makazole Mapimpi beantwoord om die telling op 34-19 af te sluit.

Met dié oorwinning het die Luiperds 'n tuis-halfeindstryd in die Curriebeker-eersteliga verseker en sal hulle Saterdag om 14:15 die Valke op Olënpark in Potchefstroom aanpak.

André Pretorius, losskakel van die Luiperds in aksie.

Punte:Luiperds: Drieë: Rhyk Welgemoed, André Pretorius, Rhyno Smith, AJ Jacobs (2), Johan Deysel. Doelskoppe: André Pretorius (2)

Bulldogs: Drieë: Raynardt van Wyk (2), Makazole Mapimpi. Doelskoppe: Coyi Banda (2)

Top 5Pluimbaluitslae:

Wynona praat oor sportlui se reaksiesNee, my naam in die opskrif is nie ’n drukfout of per ongeluk daar geplaas nie.

Ek het net besluit om in dié laaste stukkie skryfwerk sekere mense uit hul lyding van spekulasie oor wie verant-woordelik vir Die Rissie is te verlos.

Op die oomblik is daar nie juis kwellen-de Puk- of Noordwes sportsake wat ek wil aanspreek nie.

Wat ek wel wil aanspreek is die ma-nier hoe sekere sportlui optree teenoor dit wat oor hulle gesê of geskryf word wanneer dit bloot net die waarheid is. Wat ek in dié rubriek skryf, of geskryf het, was nog altyd feitlik en nie net iets wat ek sommer net uitgedink het omdat ek verveeld was terwyl ek gekyk het hoe die Bulle ’n poging aanwend om rugby te speel nie.

As jy al vreeslik ontsteld was oor iets wat ek geskryf het en gevoel het dis onakkuraat, sou ek dink die regte ding om dan te doen sou wees om my aan te spreek en nie week in en week uit my net weereens reg te bewys nie.

Mens sou verwag dat mense op uni-versiteitsvlak van beter weet, maar nee, sommige van julle maak dit nogal duide-lik dat julle bloot net hier is om rugby te speel en nie eintlik om aan enige aka-demiese aktiwiteite tyd af te staan nie.

Dit is seker nie baie lekker om onvlei-ende beriggewing oor jou te lees nie, maar kom ek gee nou vir julle bietjie advies. Deal daarmee. Vir die res van jou lewe, veral in hierdie veld, gaan daar mense wees wat jou links en regs gaan kritiseer.

Dis maar die lewe en jy kan dit nie be-heer nie. Wat jy wel kan beheer is hoe jy reageer op sulke ongewenste stellings en berigte.

So, die volgende keer wat jy besluit om die spuitnaald nader te trek of in kuier-plekke amok te maak, weet net dat mense (soos ek) al te gretig gaan wees om daaroor te skryf.

Bulle vertrap junior Luiperds

Beide junior Luiperdspanne het Saterdag op Olënpark pakslae by die Blou Bulle gekry, met die o.19-span wat met 24-46 vertrap is en die o.21-span wat met 10-37 die knie moes buig.

Page 16: Wapad - 26 September 2014

Sport25 September 2014 ROOI RISSIE:Wynona praat oor sportlui se

reaksies op Die Rissie

15

Pukke skitter tydens netbalskouspelEUGENIE GREGAN

Die NWU-Pukke se netbal-span lê ná die naweek se netbalfees tweede op die

Varsity Netbal-punteleer. Die Pukke se vrouens het twee

oorwinnings opgeraap en gelykop teen die magtige Kovsies geëindig om dié gunstige posisie agter Tuk-kies te verseker.

Pukke vs UJ

In hul wedstryd teen die Univer-siteit van Johannesburg (UJ) het die Pukke van meet af spel oor-heers om tydens die eerste breuk al met 20-9 voor te loop.

In die tweede kwart het UJ egter onthou hoekom hulle op die baan is en kon hul druk op die Potchef-stromers plaas om die telling teen halftyd 33-21 te maak.

Ná halftyd kon die Pukke se reserwes wys wat in hulle steek en die wedstryd uiteindelik met ’n bonuspunt afsluit. Die eind-telling was 65-49 in die Pukke se guns en die Puk-senter Izanna Muller is as speler van die wed-stryd aangewys.

Pukke vs UCT

Pukke vs Kovsies

Puntestand1 – UP Tuks2 – NWU-Pukke3 – UFS Kovsies4 – NMMU5 – UJ6 – Maties7 – UCT8 - VUT

Vanaand se wedstryd teen Kovsies was ons grootste wedstryd die naweek, hulle is maar ons aarts-vyande

Die Universiteit van Kaapstad (UCT) het ’n trietsige vertoning teen die Puk-vroue gelewer in ’n wedstryd wat aan die Potchef-stromers hul tweede bonuspunt besorg het.

Met die telling 20-2 in die Pukke se guns ná die eerste kwart, het UCT moedig teruggeveg en teen halftyd ’n paar doele aangeteken om met 36-17 ’n bietjie respek te behou.

Die Potchefstromers was egter te sterk vir die Kaapenaars en Chanté Steyn, die Pukke se skerp-skutter-doel, het die opponente behoorlik gestraf om in die derde kwart al die bonuspunt op te raap.

Die eindtelling was ’n gemak-like 66-31 vir die Pukke. Steyn is ook as speler van die wedstryd aangewys.

Nadia Uys in aksie tydens die Pukke se eerste wedstryd teen die Universiteit van Stellenbosch (Maties). Die Pukke het dié wedstryd ook met 'n telling van 48-37 gewen. FOTO’S: Gert Coetzer

In ’n spanningsvolle wedstryd teen die verdedigende kampioene het die Pukke ’n reuse terugveg-poging van stapel gestuur om uit-

eindelik gelykop teen hul aartsvy-ande te eindig.

Ná die eerste kwart het die Kovsies 11-7 voorgeloop en ná die blaaskans het die Vrystaters net na ’n hoër rat oorgeskakel en voordeel uit die Pukke se foute getrek om halftyd met 22-13 voor te loop.

In die derde kwart het die vroue van Potchefstroom egter vinnig weggespring om die puntetelling na 35-29 te verklein.

In die laaste naelbyt-kwart het albei spanne ’n oorwinning ge-jaag, en die Pukke se veggees was genoeg om vir hulle ’n gelykop-telling te verseker.

Die Puk se verdedigende vleuel Lentsa Motau het die sterk wed-

loop vir speler van die wedstryd gewen.

“Vanaand se wedstryd teen Kov-sies was ons grootste wedstryd die naweek, hulle is maar ons aarts-vyande. Ons sou graag wou wen, maar ons sal die gelykop vat. Ek is baie trots op die span, ons het goeie karakter gewys op die ou einde en ons het ’n goeie naweek gehad,” het Nadia Uys, Puk-kaptein ná die stryd teen Maties gesê.

“Volgende week speel ons teen VUT en dan sal ons bietjie van ons reserwes inbring om hulle ook ’n geleentheid te gee.”