25
Roodeparkskool Motors Termyn 3: Les 1: Datum:- _________________ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) 1. Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle gereedskapstuk indien dit reg gebruik word. Enigeiemand kan ‘n hammer optel en iets daarmee slaan, maar indien jy dit verkeerd gebruik sal jy beslis skade aanrig waarvoor jy verantwoordelik sal wees. Jy sal jouself net so maklik in die proses kan beseer. Die gehalte van ‘n motorwerktuigkundige kan gemeet word aan hoe hy ‘n hammer gebruik. Balpen Hammer Dit is die hammer wat meestal deur motorwerktuigkundiges gebruik word. Hulle kom in verskillende groottes en 1

€¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Roodeparkskool

Motors

Termyn 3:

Les 1: Datum:_________________

Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid)

1. Hammers:Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle gereedskapstuk indien dit

reg gebruik word. Enigeiemand kan ‘n hammer optel en iets daarmee slaan,

maar indien jy dit verkeerd gebruik sal jy beslis skade aanrig waarvoor jy

verantwoordelik sal wees. Jy sal jouself net so maklik in die proses kan

beseer. Die gehalte van ‘n motorwerktuigkundige kan gemeet word aan hoe

hy ‘n hammer gebruik.

Balpen HammerDit is die hammer wat meestal deur motorwerktuigkundiges gebruik word.

Hulle kom in verskillende groottes en gewigte. Beide die bal en die pen kan

gebruik word om mee te slaan.

1.1Gebruik ‘n ferm greep om die onderkant van die hammersteel vas te

hou, maar nie met wit kneukels nie.

1.2Moet nooit vashou om die nek, net onder die hammerkop nie.

1.3Moet nooit die hammerkop slaan met ‘n ander hammer nie.

1.4Moet nie speel met n hammer, of maak asof jy iemand gaan slaan

daarmee nie.

Later sal jy leer oor plastiek en koper hammers.

1

Page 2: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

2. Skroewedraaiers:Skroewedraaiers is vir die los- of vasmaak van skroewe volgens die kop van

die skroef.

Maak seker jy ken die verskillende tipes, aangesien die verkeerde een beide

die skroewedraaier en die skroef-kop sal beskadig.

2.1Moet nooit ‘n skroewedraaier gebruik as ‘n beitel saam met ‘n hammer

nie.

2.2 Indien jy drukking moet toepas, pasop dat jy nie die skroewedraaier

deur jou ander hand steek nie.

Sommige van die algemene skroewedraaier tipes:

*(Die name word in engels gelaat vir jou voordeel.)

2

Page 3: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

3. Tange:Tange het baie spesifieke gebruike in motor-herstelwerk. In ‘n motor

werkswinkel word hulle gebruik vir pypklampe, knip van drade en vashou van

werkstukke. Daar is baie tipes tange vir verskillende soorte gebruike.

3.1

3.2 Die kombinasie tang is die mees algemeen, aangesien dit twee knyp-

areas het, en snykant vir veeldoelige gebruik.

3.3 Die kantsnytang is vir fyner snywerk en knip van drade.

3

Page 4: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

3.4 Water-pomp tang het kake wat in grootte kan verstel.

3.5 Die klem-tang se kake kan ook verstel, en kan gesluit word as ‘n ferm

greep op die werkstuk gekry is.

3.6 Die Langbek-tang is vir klein werkstukkies of wanneer jy werk in klein

spasies.

4

Page 5: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

3.7 Die Borg-ring/Klemring-tang is vir die verwydering van klemringetjies, en

kan nie vir enige iets anders gebruik word nie.

5

Page 6: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Motors

Termyn 3:

Les 2: Datum:_________________

Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid)

1. Moersleutels:Moersleutels is die eerste gereedskapstuk in ‘n motorwerktuigkundige se

gereedskapskis. Hulle word gebruik vir die los- en vasmaak van boute en

moere. Daar is heelwat verskillende tipes, maar in die einde doen hulle almal

die selfde werk.

1.1.1 Gebruik altyd die regte grootte vir die bout/moer.

1.1.2 Daar sal nooit twee groottes wees wat sal werk op een

bout/moer nie.

1.1.3 Maak seker dat jy die moersleutel korrek oor die bout/moer

plaas om skade te voorkom.

1.2

6

Page 7: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

1.3Oopkant moersleutel.

1.4 Kombinasie moersleutel.

Hierdie moersleutel het ‘n oopkant en ‘n ringkant, en daarom word hy ‘n

kombinasie moersleutel genoem.

1.5Kombinasie swaai-ring moersleutel.

1.6Hier is ‘n voorbeeld van ‘n verstelbare moersleutel. Alhoewel hy die voordeel het

dat hy kan verstel volgens die grootte van die bout/moer, is dit baie moeilik om

hom reg te verstel en beskadig hy gewoonlik die bout of moer. As die bout of

7

Page 8: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

moer beskadig is kan mens dit nie meer verwyder nie. Vermy die gebruik van ‘n

verstelbare moersleutel in die motors-sentrum ten alle koste.

1.7 Bobbejaan-moersleutel

Word meestal deur loodgieters gebruik om pype met skroefdraad aan

mekaar vas te draai. Daar is egter ‘n klein hoeveelheid kere wat ‘n

motorwerktuigkundige van ‘n Bobbejaanmoersleutel se dienste moet gebruik

maak. Sy voordeel is dat hy ‘n greep kan uitoefen op ‘n ronde voorwerp. Sy

ontwerp laat toe dat hy al hoe sterker greep uitoefen, hoe harder mens druk.

Let egter daarop dat indien jy hom gebruik op ‘n bout of moer wat nie

beskadig is nie, jy hom dan definitief sal beskadig.

8

Page 9: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

2. Band-loopvlak diepte meter:Die band-loopvlak diepte meter word gebruik om die diepte van ‘n band se

loopvlak te meet. Die loopvlak diepte dui aan of ‘n band nog bruikbaar is, of

nodig het om vervang te word. Nuwe bande kan ‘n loopvlak diepte van tussen

6mm to 12mm he. In Suid Afrika is die minimum toelaatbare diepte 2mm.

Enige iets minder as dit beteken dat die band vervang moet word.

Daar is ‘n paar verskillende soorte meters beskikbaar:

2.1Plaas die plat deel van die meter op die loopvlak van die band.

2.2Skuif die naald na onder, tussen die patroon van die loopvlak.

2.3Lees die lesing op die gesig van die meter.

9

Page 10: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Motors

Termyn 3:

Les 3: Datum:_________________

Identifiseer Basiese Diens-Parte:

Buiteruim:

1. Windskerm Ruitwissers:

Windskerm ruitwissers vee die windskerm skoon as dit reen sodat die

bestuurder ‘n skoon en duidelikke prentjie van die pad kan he.

Die lem gedeelte word gemaak van ‘n silikoon en rubber mengsel. Die kante

van die lem werk af van sluitasie, soos dit oor die glas vee, en dan maak hulle

nie meer effektief skoon nie. Die son maak ook die rubber hard, wat

veroorsaak dat hulle kraak, en die effektiwiteit raak verlore. Die ruitwissers

moet nagegaan word met elke diens, en vervang word indien nodig.

10

Page 11: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

As jy na die simptome van die ruitwisser kyk hierbo, kan jy vasstel wat

verkeerd is. Maar aangesien dit gewoonlik nie herstel kan word nie, is dit

algemeen om hulle maar net te vervang.

Daar is verskillende maniere om die wissers aan die ruitwisser-arms vas te

heg. Eenvoudige maar effektiewe hakkies en gespes sal hul genoegsaam

heg. Deur die hakkies goed te bestudeer kan jy vasstel hoe om hulle te

verwyder en vas te maak.

In Suid Afrika met ons skerp son en somtyds swaar reenval, is dit algemeen dat

ruitwissers gemiddeld een jaar lank hou voor die effektiwiteit verlore is.

2. Doopstok, olie en opknap:

Olie is die BLOED van die enjin. Dit moet vervang word met elke diens aangesien dit

begin afbreek sodra dit begin werk in die enjin. Voorsorg moet geneem word om die

11

Page 12: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

olievlak altyd reg te hou. Te veel olie sal olieseels laat bars, tot die gevolg van olie-

verlies. Te min olie sal nie die enjin effektief kan smeer nie, tot die gevolg dat die

enjin onklaar sal word.

2.1

2.1.1 Soek die doopstok in die enjin kajuit.

2.1.2 Trek die doopstok uit die buis.

2.1.3 Vee hom skoon.

2.1.4 Sit hom terug in die buis en los vir 3 sekondes.

2.1.5 Haal die doopstok uit en hou hom horisontaal, sodat jy nie olie drup op die

enjin of bakwerk nie.

2.1.6 Gaan die olievlak na.

12

Page 13: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Belangrik:

Enjin moet afgeskakel wees, aangesien dit onmoontlik is om ‘n akkurate

lesing te neem terwyl die enjin loop.

Wag tussen 30 sekondes en 1 minuut nadat die enjin afgeskakel is, voordat

jy die olievlak nagaan. Die olie het nodig om in die oliebad te versamel, nadat

dit deur die enjin gepomp was.

3. Remvloeistof opknap:

Soek na die remvloeistof bottel bo op die rem-meester silinder. Die prop sal

gewoonlik woorde op hom he: “Brake Fluid”.

13

Page 14: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Maak seker dat jy skoon remvloeistof het van die korrekte gradering (DOT4)

Kyk waar die MIN en MAX lyne op die bottel is.

Vul die remvloeistof aan soos benodig totdat die vlak in lyn is met die MAX of

FULL lyn.

Belangrik:Indien die remvloeistof-vlak tussen die MIN en MAX lyn is, kan die voertuig

steeds gebruik word.

Indien die vlak laer is as die MIN lyn, moet die probleem onmiddelik herstel

word en nie verder met die voertuig bestuur nie.

Leerder aktiwiteit 1:Teken ‘n enjin olie doopstok hier onder, waar jy die olievlak aandui. Skryf ook

waar die vlak is en of dit nodig is om aanvulling te doen.

14

Page 15: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Motors

Termyn 3:

Les 4: Datum:_________________

Vonkproppe, Filters, Olies en Vloeistowwe in twee- en vierslag-enjins.

1. Vonkproppe:

Vonkproppe voorsien’n elektriese vonk om die brandstof mengsel aan te steek in die ontbrandings-kamer. In die algemeen is daar een vonkprop vir elke silinder, maar daar is wel gespesialiseerde enjins wat van twee vonkproppe per silinder gebruik maak.’n Enjin word ontwerp om op’n spesifieke vonkprop te werk, en daarom kan hulle nie geruil word met ’n ander soort, of op ander enjins gebruik word nie.

Faktore wat die keuse van vonkproppe beinvloed:

1.1.1 Ruimte beskikbaar, werkstemperatuur (in ontbrandingskamer), 1.1.2 Grootte van ontbrandingskamer, 1.1.3 Kompressie vlakke, 1.1.4 Betroubaarheid en kwaliteit.

1.2 Hoe om te verander:

Vonk proppe maak deel uit van die parte wat natuurlik verweer met daaglikse gebruik, en is nodig om vervang te word tydens ’n diens. Sedert die gebruik van lood vrye brandstof, is daar opgemerk dat die proppe oor die algemeen effens langer leeftyd het as vantevore. Nuwe tegnologie soos platinum bedekte vonkproppe geniet ook ’n langer leeftyd. Dit is nou nie meer so ongewoon vir vonkproppe om so lank te hou nie, dat sommige vervaardigers aanbeveel dat hul elke 90 000km’s vervang word. Dit is een vervanging vir elke 4de tot 5de diens! Verwys na die diensrekord of werkswinkel handleiding om te sien watter parte moet vervang word op die huidige kilometers.

15

Page 16: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Die vonkproppe skroef in die kopstuk in, sodat die punte blootgestel is aan die ontbrandingskamer. Voordat hulle uitgeskroef word, gebruik die lugpyp om vuilgoed rondom die proppe weg te blaas en voorkom dat dit binne in die silinder val. Skroef hulle versigtig uit met ‘n vonkprop-soksleutel. Neem kennis van die vonkprop draad wat jy verwyder het en plaas die regte een weer terug op die prop. Indien jy hulle omruil, sal die vuur-orde verkeerd wees en sal die voertuig heel moontlik nie eers aansit nie. Sit die nuwe vonkproppe in en draai hulle al die pad in per hand. Die boks waarin die vonkprop gekom het, het gewoonlik die spesifikasies op oor hoeveel om verder vas te maak. Dit is gewoonlik ‘n half tot ¾ draai verder. Sit die vonkprop draad terug op.

1.3 Veiligheids-wenke:

Wees baie versigtig om niks in die gat te laat val waar die vonkproppe uitkom nie. Indien jy dit doen, sal jy die kopstuk moet verwyder en ‘n nuwe pakstuk “gasket” moet gebruik. Op jou eie tyd, en teen jou eie koste. Moet nooit ‘n vonkprop te styf draai nie. Indien dit afbreek, sal die tyd, werk, en onkoste vir jou eie sak wees. Gaan die vonkproppunt gaping na voordat jy die nuwes insit. Dit kan gebeur dat hulle van die rak afgeval het by die parte winkel en toegemaak het.

2. Filters:

Filters moet oor die algemeen by elke diens vervang word. Dit maak nie saak hoe tegnologie ontwikkel het om hulle te help om ‘n beter werk te doen nie, as hulle vuil is, kan hul nie skoongemaak word nie en moet vervang word.

2.0.1 Olie Filter2.0.2 Lug Filter2.0.3 Brandstof Filter

2.1 Hoe om te vervang:

Olie filters skroef gewoonlik aan die enjinblok vas en lyk soos ‘n blikkie. Sommige vervaardigers hou daarvan om gebruik te maak van ‘n meer permanente hulsel waarby jy slegs die filter element vervang.

16

Page 17: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

2.2 Lug filters kom in alle vorms en groottes voor maar is maklik om op te spoor

en te vervang.

2.3 Brandstof filters moet opgespoor word op die brandstof pype tussen die tenk

en die enjin. Party word met pypklampe vasgeheg en sommige met plastiek

hakkies.

2.4Veiligheids-wenke:

2.4.1 Wanneer jy die olie filter verwyder, pasop vir die oorblywende olie wat gaan

uitval. Maak olie kolle op die vloer so gou as moontlik skoon, aangesien dit ‘n

vloeistof is wat ontwerp is om glibberig te wees.

2.4.2 Wanneer jy die lug filter verander, wees versigtig om nie enige boude,

moertjies of vuilgoed in die opening te laat val nie, aangesien dit direk in die

ontbrandingskamer ingesuig sal word die oomblik wat jy die voertuig aansluit.

17

Page 18: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

2.4.3 Oorblywende brandstof sal ook uit die filter uitval wanneer jy dit verwyder.

Onthou dat brandstof hoogs vlambaar is en benodig slegs ‘n vonk om aan die

brand te slaan. Selfs statiese elektrisiteit van jou klere sal werk.

3. Vloeistowwe:

Daar is nog ander vloeistowwe wat ‘n voertuig nodig het om mee te werk.

3.1 Anti vries

3.2 Water

3.3 Remvloeistof

3.4 Kragstuur-olie

3.5 Ratkas olie

3.6 Ewenaar-olie

Hierdie vloeistowwe hoef nie op elke diens vervang te word nie, maar die vlakke

moet gereeld nagegaan word. Die vervaardiger spesifiseer op watter dienste

hulle gedreineer en vervang moet word.

18

Page 19: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

Leerder Aktiwiteite:

1. Lys die take om uit te voer op ‘n geringe diens.

1.1Vervang _____________________

1.2Vervang _____________________filter.

1.3Gaan die ____________________na.

2. Lys die take om uit te voer op ‘n groot diens.

2.1 Vervang ___________________

2.2 Vervang ___________________filter.

2.3 Vervang ___________________filter.

2.4 Vervang ___________________filter.

2.5 Vervang ___________________proppe.

2.6 Gaan die ___________________na.

19

Page 20: €¦  · Web view2020. 8. 20. · Roodeparkskool. Motors. Termyn 3: Les 1: Datum: _____ Hand Gereedskap (Gebruike en Veiligheid) Hammers: Hammers het baie gebruike, en is ‘n waardevolle

3. Items gespesifiseer op geskeduleerde diensste:

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

20