33
Studie Studie Studie Studie- - -eenheid 1 eenheid 1 eenheid 1 eenheid 1: : : WÊRELDBESKOUING WÊRELDBESKOUING WÊRELDBESKOUING WÊRELDBESKOUING EN RELIGIE EN RELIGIE EN RELIGIE EN RELIGIE Let Wel! Voordat u aangaan na die volgende studie-eenheid, is dit belangrik dat u eers ‘vooraf besin’. Wat beteken dit? Dit beteken om regtig oor die breë tema/onderwerp van die eenheid na te dink. Vul bo- aan die tabel die onderwerp van die eenheid in, en skryf in die linkerkantste kolom aantekeninge oor wat u glo dat u omtrent die tema/onderwerp weet. Dink terselfdertyd na oor wat u graag sal wil weet omtrent die onderwerp van die eenheid. Skryf in die middelste kolom duidelike, verstaanbare aantekeninge wat verduidelik wat u hoop om van hierdie eenheid te leer. Die derde kolom van hierdie KWL-strategie moet na voltooiing van die eenheid se uitkomste ingevul word. EENHEID Tema/Onderwerp: Wat ek weet (K) Wat ek wil weet (W) Wat ek geleer het (L)

StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

  • Upload
    lamdang

  • View
    224

  • Download
    4

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

StudieStudieStudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1eenheid 1:::: WÊRELDBESKOUINGWÊRELDBESKOUINGWÊRELDBESKOUINGWÊRELDBESKOUING EN RELIGIEEN RELIGIEEN RELIGIEEN RELIGIE

Let Wel!

Voordat u aangaan na die volgende studie-eenheid, is dit belangrik dat u eers ‘vooraf besin’. Wat beteken dit? Dit beteken om regtig oor die breë tema/onderwerp van die eenheid na te dink. Vul bo-aan die tabel die onderwerp van die eenheid in, en skryf in die linkerkantste kolom aantekeninge oor wat u glo dat u omtrent die tema/onderwerp weet. Dink terselfdertyd na oor wat u graag sal wil weet omtrent die onderwerp van die eenheid. Skryf in die middelste kolom duidelike, verstaanbare aantekeninge wat verduidelik wat u hoop om van hierdie eenheid te leer. Die derde kolom van hierdie KWL-strategie moet na voltooiing van die eenheid se uitkomste ingevul word.

EENHEID Tema/Onderwerp:

Wat ek weet (K) Wat ek wil weet (W) Wat ek

geleer het (L)

Page 2: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Studie –eenheid 1: Wêreldbeskouing & Religie

Die algemene uitkomste van hierdie module is dat leerders (met inagneming van die interkulturele verskeidenheid in die aard van inhoud, veranderde inhoud en prosesse) in staat sal wees om die ’n begrip van religie en kulturele simboliek te demonstreer sodat die geïntegreerde betekenis daarvan vir kulturele gebruike, gewoontes en gedrag verduidelik kan word (in diskoerse oor praktiese en normatiewe aangeleenthede), gegewe die verskeidenheid van menings wat kulturele draers oor die lewe het.

Module uitkomste Studie -eenheid uitkomstes

Moontlike assesseringsvrae Hulpbronne:

Met verwysing na die module uitkomstes sal leerders die vermoë vertoon om:

♦ Wêreldbeskouing en religie antropologies te tipeer;

♦ Te reflekteer oor die eienskappe van religie;

♦ Die funksies van wêreldbeskouing en religie te verduidelik;

♦ Variasies in religieuse sienings te beskryf;

♦ Variasies in religieuse praktyke te skets;

♦ Die betekenis van religie ten opsigte van maatskaplike verandering en aanpassing te verduidelik; &

♦ Die verhouding tussen wêreldbeskouing en waardes toe te lig.

1.1 Antropologiese ontdekking van die idee van wêreldbeskouing.

a) Verduidelik ‘wêreldbeskouing’ deur te verwys na eienskappe en funksies. (±15)

b) Verduidelik die wêreldbeskouing van die Pedi (Mönnig 1983 en Kriel 1997). (±10)

c) Deur die Suidoostelike Bantoe as etnografiese voorbeeld te gebruik, beskryf die verhouding tussen wêreldbeskouing en moraliteit. (±10)

Hulpmiddele

� Lesings � PowerPoint

aanbiedings en klasnotas

� Groepwerk � Video’s � BlackBoard

Literatuur:

Ferraro & Andreatta (2010:348-352)

Hambrock (1987:111–114, 122, 132–136)

Hiebert (2008:28–30)

Kriel (1997:16–21)

Kriel (1997:2-4) [Pedi]

Krige (1965:280–286, 320–327) [Zulu]

Lavenda & Schultz (2003: 68-71, 75-79) & (2008:295, 300-301, 327-329)

Lee (1984:104–116) [Dobe !Kung San

Macnamara (1980:29–32)

Mönnig (1983:43–62, 71–97) [Pedi]

Pauw (1994:117–122, 128 136–137) [Xhosa]

Spradley & McCurdy (2006:295–298)

1.2 Ontbloot die denkbeeld van religieuse interkulturaliteit.

d) Verduidelik die ‘lewenskrag’ filosofie soos uit die Bantoe-sprekende mense van Suid-Afrika vermoed word. (±10)

e) Verduidelik die belangrikste eienskappe (ontwerpeienskappe) van religie as ’n universele verskynsel. (±15)

f) Bespreek die funksies van religie. (±15)

1.3 Identifiseer verskillende bomenslike wesens en kragte wat deur antropoloë geïdentifiseer is.

g) Kontrasteer en vergelyk die verskillende soorte bomenslike wesens wat deur antropoloë onderskei word. (±10)

h) Met verwysing na die Bantoe-sprekende mense van Suid-Afrika, verduidelik die aard van ’n Opperwese, voorvadergeeste en ander geeste. (±15)

i) As deel van die Bantoe-sprekende mense van Suid-Afrika se ‘geloofstelsels’ (vereenselwig met wêreldbeskouing) verduidelik hul a) geloof in ’n Opperwese, en b) geloof in voorvaders. (±20)

1.4 Kontrasteer verskillend religieuse spesialiste.

j) Vergelyk en kontrasteer die rolle en eienskappe van religieuse spesialiste (priesters en priesteresse, en sjamaans). (±10)

k) Verduidelik hoe die Dobe !Kung San van die Kalahariwoestyn genesers geword het (Lee 1984:109-116). (±10)

1.5 Vergelyk towerkuns, toordery en duiwelskunste.

l) Verklaar die verskille en ooreenkomste tussen religie en toordery soos deur Ferraro (2001) geïdentifiseer word. (±10)

m) Bespreek die aard en funksie van toordery. (±10)

n) Verklaar toordery en toorkuns soos dit tussen die Suid-Bantoe aangetref word. (±10)

o) Bespreek die Bantoe-sprekende mense van Suid-Afrika se opvattings oor toordery en toorkuns. (±10)

Page 3: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Spradley & MacCurdy (2006:295-298)

1111.1.1.1.1 WêreldbeskouingWêreldbeskouingWêreldbeskouingWêreldbeskouing

Lavenda & Schultz (2003:68) & (2008:295, 300-301, 327)

Die wêreldbeskouing van mense is die manier waarop hulle die werklikheid en gebeure vertolk, met

inbegrip van die beeld wat hulle van hulself vorm en die manier waarop hulle in verband staan met die

wêreld om hulle. Wêreldbeskouings word beïnvloed deur die manier waarop mense die sosiale en

natuurlike wêreld klassifiseer. Wêreldbeskouings behels egter meer as net die manier waarop die

maatskappy en die natuur deur kultuur opgedeel word. Mense het menings oor die aard van die

kosmos en die manier waarop hulle daarby inpas. Alle kulture onderskei fisiese liggame van

geestelike siele en het bepaalde beskouinge oor wat met laasgenoemde gebeur nadat

eersgenoemde gesterf het. Mense het idees oor die betekenis van die menslike bestaan: hoe is ons

op die aarde geplaas, wie of wat het ons hier geplaas, en waarom? Hulle het bepaalde idees oor wat

boos is, waar dit vandaan kom, waarom iets soms met goeie mense gebeur, en hoe dit bestry kan

word. Hulle het gelowe oor die aard van die bonatuurlike magte en wesens, wat hulle vir of aan

mense kan doen, en hoe mense hulle kan dien of beheer. Oraloor vind ons mites en legendes oor

die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike.

Hierdie voorbeelde van verskeie aspekte van wêreldbeskouing spruit almal uit die religie. Dit is egter

belangrik om nie wêreldbeskouing met religie te verwar nie, en veral nie te dink dat religie en

wêreldbeskouing sinoniem met mekaar is nie. Alhoewel religieuse geloof wel ’n invloed het op die

wêreldbeskouing van mense, wissel kulturele tradisies ten opsigte van aspekte van wêreldbeskouing

wat ons nie gewoonweg as religieus van aard beskou nie.

So byvoorbeeld is die manier waarop mense hul plek in die natuur sien, deel van hul

wêreldbeskouing. Sien hulle hulself as heersers en veroweraars van die natuur, of leef hulle in

harmonie met natuurkragte? Die manier waarop mense hulself en ander mense sien, is deel van hul

wêreldbeskouing. Sien hulle hulself – soos by baie groepe mense die geval is – as die enigste ware

mense, en al die ander as wesenlik minderwaardig? Of sien hulle hul leefwyse as een van die baie

gelykwaardig menslike maar verskillende leefwyses?

Mense gebruik kultuur dus om ryk ervarings van hul alledaagse wêrelde te konstrueer:

kultuuraktiwiteit word aangewend om sin te maak uit die wyer wêreld. Kultuur is nie bloot ’n hutspot

Page 4: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

van nie-verwante elemente nie. Kultuur is uiteindelik ’n stelsel wat ’n geïntegreerde eenheid vorm

met die doel om stabiliteit te handhaaf. Die rigting waarin kultuurkreatiwiteit beweeg, verskil grootliks

van een groep na die ander. Maar in enige bepaalde gemeenskap is kultuur geneig om

samehangend te wees en patrone te vertoon. Dit beteken dat mense se alledaagse pogings om

rekenskap te gee van hul ervarings nie geïsoleerde pogings is nie, maar gebruik maak van ’n

gedeelde raamwerk van aannames oor die manier waarop die wêreld werk. Namate alledaagse

ervarings in hierdie raamwerk ingepas word, begin hulle vir mense sin maak. Schultz en Lavenda

(1990: 189) omskryf wêreldbeskouing dus as “die omvattende prentjie van die werklikheid geskep

deur lede van kulture”. Seymour-Smith (1990:291) ervaar wêreldbeskouing as “die stelsel van

waardes, houdings en gelowe wat deur ’n spesifieke groep gehandhaaf word”. Vir Coertze en

Coertze (1996: 339) is wêreldbeskouing “(k)ultuurbepaalde voorstelling van die totale leefwerklikheid

as samehangende verband; vindbaar in ’n etnos se kennis-sisteem en … herleibaar uit sy

kosmologiese beskouinge, geloofsopvattinge, mites, volksverhale (folklore) en kultuurbepaalde

houdinge en gedrag, asook in die benaderinge (taal) van hierdie begrippe … en kan herlei word na

oordele oor die Self, die Ander (waaronder die natuur, die bonatuurlike asook die medemens) en oor

Kategorisering, Kousaliteit, en die besef van Tyd en Ruimte”.

Die idee van ruimte en tyd waarna Coertze en Coertze (1996: 339) verwys, vind ook weerklank by

Peoples en Bailey (2002:23), wat daarop wys dat ’n mens se begrip van tyd en ruimte ook deel is van

sy wêreldbeskouing. Westerlinge is so gewoond daaraan om aan tyd in arbitrêre eenhede te dink –

want ons sekondes, minute en ure is nie natuurlike segmente van tyd nie – dat ons vergeet dat ander

mense nie altyd ons idees deel van hoe belangrik hierdie eenhede is nie. Soortgelyke oorwegings is

van toepassing op fisiese ruimte.

Voorts weerspieël sekere aspekte van taal die kultuur van die mense wat dit praat. Is die teendeel

ook waar? Is dit moontlik dat kennis van ’n bepaalde taal die sprekers daarvan geneig maak om op ’n

sekere manier na die wêreld te kyk? Kan dit wees dat die kategorieë en reëls van hul taal mense se

persepsies van die werklikheid en miskien selfs hul wêreldbeskouing kondisioneer?

Taal kan persepsies en wêreldbeskouinge vorm deur sowel sy woordeskat (leksikon) as die maniere

waarop dit mense lei om oor onderwerpe soos tyd en ruimte te kommunikeer soos hierbo genoem.

Enige taal se woordeskat ken etikette aan slegs sekere dinge, eienskappe en handelinge toe. Dis

maklik om te sien hoe dit mense mag aanspoor om die werklike wêreld selektief waar te neem.

Wanneer ons grootword, leer ons byvoorbeeld dat sommige plante ‘bome’ is. Ons begin dus aan

boom dink as ’n werklikheid, hoewel daar so baie ander soorte bome is dat daar geen klaarblyklike

rede is om hierdie hele verskeidenheid in ’n enkele etiket te vervat nie. Maar ons mag die plante wat

ons taal ‘bome’ noem, waarneem as meer soortgelyk as diegene wat ’n taal praat wat fyner onderskei

tussen hierdie plante.

Page 5: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Voorts mag taal mense dwing om oor tyd, ruimte, betrekkinge tussen individue en die natuur en so

aan op ’n bepaalde manier te kommunikeer. Potensieel kan hierdie beperking op die manier waarop

mense moet praat om deur ander verstaan te word, vorm gee aan hul beskouinge oor hoe die wêreld

daar uitsien.1

1.1.11.1.11.1.11.1.1 Funksies van wêreldbeskouingFunksies van wêreldbeskouingFunksies van wêreldbeskouingFunksies van wêreldbeskouing

Ons glo almal in iets en leef gevolglik ons lewens op grond van hierdie oortuigings. In hierdie stelling

is daar twee werkwoorde van belang, naamlik ‘glo’ en ‘leef’. Trouens dit het geen sin om ’n mens se

geloof in iets te erken as daardie geloof nie tot uiting kom in die manier waarop ’n mens leef nie. Wat

van wêreldbeskouing van belang is, is dat daar ’n analitiese onderskeiding gemaak kan word tussen

’n stelsel van gelowe en ’n stelsel van handelinge.

’n Stelsel van gelowe ondersteun ’n mens emosioneel in tyd van nood; bied oorredende

verduidelikings van fundamentele vrae waarmee ’n mens worstel; struktureer die samehang wat daar

bestaan tussen die lede van die sosiale groep, en bepaal ook die morele kodes waarvolgens ’n mens

’n mens se lewe lei en verleen goedkeuring daaraan.

Met betrekking tot ’n stelsel van handelinge kan gesê word dat die mens nie ’n passiewe ervaring

van die kosmos (wat die bonatuurlike wêreld insluit) het nie, aangesien hul beskouinge in die vorm

van handelinge uitgedruk word. In die geval van Suider-Afrika is hierdie handelinge ingesluit in die

sosiale struktuur; deelname aan aktiwiteite is gegrond op afkoms/verwantskap; die voorwerpe van

aanbidding (voorvadergeeste) word bepaal deur die struktuur, en die rituele en verwante seremonies

is grootliks gerig op die (huidige) aardse behoeftes, begeertes en probleme en nie op die hiernamaals

nie.

Soos hierbo genoem, is daar ’n noue verwantskap tussen religie en wêreldbeskouing, maar daar is ’n

verskeidenheid van ander aspekte verwant aan wêreldbeskouing wat nie binne die bestek van hierdie

module val nie. Om daardie rede sal hierdie module slegs wêreldbeskouingsverskynsels insluit vir

sover daar algemene raakpunte is met religieuse kwessies (soos in hierdie module bespreek).

Sake van belang in die geloofstelsel van die Bantusprekende mense van Suider-Afrika kan

beskouinge oor die kosmos; lewenskragfilosofie; geloof in die Opperwese; geloof in voorvaders;

geloof in geeste, en geloof met betrekking tot heksery en toorkuns insluit. Besprekingspunte wat met

die stelsel van handelinge verband hou wat betrekking het op Bantusprekende mense van Suider-

Afrika is onder andere wêreldbeskouinge en sosiale rolle; wêreldbeskouing en rituele;

wêreldbeskouing en die begrip van tyd, en wêreldbeskouing en sterflikheid. Waar van toepassing

1 Die idée dat taal die persepsies en denkpatrone van dié wat dit praat, beïnvloed en dus hul wêreldbeskouing kondisioneer, is bekend as die Whorf-Sapir-hipotese (Peoples en Bailey 2000:45).

Page 6: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

word gegewens wat betrekking het op wêreldbeskouing en die Bantusprekende mense van Suider-

Afrika as etnografiese voorbeeld in verligte raampies aangebied.

Mönnig (1983:48-54) en Kriel (1997:2-4) [Pedi]; Lee (1984:104-109)[Dobe

!Kung]

Religie en toorkuns Kyk video # 19 in die reeks “Faces of Culture”. Dit dien as oriëntering tot talle van die begrippe en perspektiewe wat in hierdie module behandel gaan word.

1111.2 .2 .2 .2 ReligieReligieReligieReligie

Lavenda & Schultz (2003:68-71); Hambrock (1987: 111-112); Krige (1965:280) [Zulu]; Mönnig (1983: 43-44) [Pedi]

Religie is ‘n stel rituele deur mite gerasionaliseer wat bonatuurlike kragte mobiliseer met die oog op

die verwesenliking of voorkoming van transformasie van toestande in mens en natuur (Haviland

1999:384). Volgens Clifford Geertz (1966, aangehaal in Schultz en Lavenda 1990:203) is religie (1)

‘n stel simbole wat optree om (2) kragtige, deurdringende en langdurige gemoedstemminge en

motivering by mense teweeg te bring deur (3) denkbeelde van ‘n algemene orde van bestaan en (4)

die inkleding van hierdie denkbeelde met so ‘n uitstraling van feitelikheid dat (5) die

gemoedstemminge en motiverings op unieke wyse realisties voorkom.

Een treffende kenmerk van die laasgenoemde definisie is dat Geertz geensins na die bonatuurlike

verwys nie. Die voorafgaande definisies aanvaar bloot dat religie met die bonatuurlike in verband

staan –‘n vlak van bestaan wat nie deur die sinne geregistreer kan word nie, maar wat bevolk word

deur wesens of kragte met vermoëns ver bo dié van menslike wesens.

As in ag geneem word dat religie moeilik definieerbaar is omdat religieuse ervaring so grootliks kan

wissel en ook omdat die soort gelowe en handelinge wat as religieus beskou word, geweldig wissel

Page 7: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

van gemeenskap tot gemeenskap, word religie vir die doel van hierdie module beskou as die gelowe

en gedragspatrone waardeur mense probeer om aspekte van die heelal te beheer wat andersins

buite hul beheer sou wees

1111.2.1.2.1.2.1.2.1 Ontwerpkenmerke van religieOntwerpkenmerke van religieOntwerpkenmerke van religieOntwerpkenmerke van religie

Lavenda & Schultz (2008:327-329)

Wallace (1966, aangehaal in Schultz en Lavenda 1990:203-206) het ‘n stel minimale kategorieë van

religieuse gedrag (ontwerpkenmerke van religie) voorgestel wat daarop neerkom dat religieuse

aktiwiteit een of meer van die volgende behels (vgl. Rosman en Rubel 1981:185-186; Selby en

Garretson 1981:133-135; Haviland 1999:381; Peoples en Bailey 2000:221):

1. Gebed

Hambrock (1987:125)

Elke religieuse stelsel in die wêreld het ‘n gebruiklike manier om die bonatuurlike aan te

spreek. Dit word dikwels gedoen deur praat of deur eentonige sing-praat, terwyl die liggaam

in ‘n konvensionele houding verkeer. Die aanspreek van die bonatuurlike vind dikwels plaas

in die openbaar, op ‘n heilige plek, en met behulp van spesiale toerusting soos

reukwerkvoorwerpe of wierook.

2. Musiek

Musiek in die een of ander vorm is baie dikwels deel van religieuse seremonies. Dit kan

geskied in die vorm van sang, dans, sing-praat, die speel van instrumente, of voordrag.

Hoewel dit moontlik is dat die aanroeping van die bonatuurlike beskou kan word as meer

effektief wanneer musiek gebruik word, word musikale media verkies vanweë die uitwerking

wat dit het op die mens wat dit uitvoer en die gehoor. Soms is die deelnemers terdeë

daarvan bewus dat ‘n musikale uitvoering dit makliker maak om die verlangde staat van

verhoogde vatbaarheid vir suggestie of geesvervoering te betree waarin besetenheid en

ander ekstatiese religieuse ervaringe verwag kan word om voor te kom.

3. Fisiologiese oefening

Die fisiese manipulasie van fisiologiese toestande kan ‘n ekstatiese geestelike toestand

teweegbring wat in elke religieuse stelsel aangetref word. Vier hoofsoorte manipulasie kan

Page 8: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

uitgelig word: dwelmmiddels; sensoriese ontneming; kastyding van die liggaam deur pyn,

slaaploosheid en uitputting; en ontneming van kos, water of lug. Dit wil voorkom asof die

ervaring van ekstase, euforie, distansiëring of hallusinasie ‘n doelwit is wat deur middel van ‘n

religieuse poging bereik moet word, en enige metode wat doeltreffend kan wees ter bereiking

daarvan mag in minstens sommige gemeenskappe toegepas word.

4. Vermaning

Die verskynsel dat een mens ‘n ander aanspreek namens die bonatuurlike word ook in alle

religieuse stelsels aangetref. Daar word aanvaar dat bepaalde persone ‘n nouer verhouding

met die bonatuurlike het as ander, en daar word verwag dat hulle sodanige verhouding moet

aanwend in die geestelike belang van ander. Hulle gee bevele, hulle genees, hulle dreig,

hulle vertroos en hulle vertolk.

5. Voordrag van die kode

Alle gemeenskappe het heilige mondelinge of geskrewe literatuur waarin opgeteken staan

wat as die waarheid beskou word. Die kode sluit alle inligting in oor die aard van die

bonatuurlike en die heelal as geheel, die religieuse mites en die morele kode van die

religieuse stelsel. Op geskikte tye word gedeeltes of die hele kode vertel, voorgedra, gelees,

bespreek of bestudeer.

Wêreldbeskouing en moraliteit

Mönnig (1983:70-71) [Pedi]

Daar is ‘n noue verbintenis tussen ‘n mens se lewensbeskouing en die wêreld aan die een kant, en moraliteit aan die ander kant, in die sin dat ‘n mens se wêreldbeskouing die morele kode ondersteun en gesag daaraan verleen. Moraliteit het betrekking op die optrede van mense onder mekaar; dit is van toepassing op persepsies, dit is ook van belang wat betref die protokol in die sosiale struktuur en dit wat as reg beskou word in die stelsel van idees, en dit weerspieël basiese waardes en noodsaaklike aspekte van die sosiale lewe.

Die basiese waardes wat die morele kode van die Bantoe onderlê, is die volgende:

(a) Omdat die Bantoe patrilineêr georiënteer is, word groot klem geplaas op die manlike geslag. Respek word gevolglik in die gemeenskap betoon aan senior manlike familiebetrekkinge. Hierdie beginsel word uitgebrei om alle senior persone in te sluit, wat weer aanleiding gee tot die beklemtoning van die verskille tussen die geslagte.

(b) Seksuele moraliteit weerspieël ook sekere basiese waardes. Blote liefkosing word moreel in ‘n neutrale lig beskou, en voorhuwelikse geslagsomgang affekteer nie in sigself die waarde van vrugbaarheid nie. Verleiding en owerspel word egter as verkeerd beskou en is daarom strafbaar.

Page 9: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

(c) Die belangrikheid wat geheg word aan die solidariteit van die linie is die rede vir die man se ongeneentheid om te veel van sy tyd te bestee aan sy vrou (of vroue), aangesien sy tot ‘n ander linie behoort. As ‘n man dus te veel tyd saam met sy vrou deurbring, sou dit vertolk kon word as dislojaliteit aan sy eie linie.

(d) Die beginsels van harmonieuse saambestaan geld nie slegs ten opsigte van familiebetrekkinge nie, maar ook ten opsigte van bure. Trouens, dit is van toepassing op alle lede van ‘n gemeenskap. Betrokkenheid en onderlinge ondersteuning smee bande van lojaliteit tussen nie-verwante lede van die gemeenskap. Dit is hierdie bande wat die gemeenskap laat funksioneer as ‘n hegte eenheid. Sodanige intimiteit verhoog ook die vlak van kontak tussen mense, en dit lei tot die moontlikheid van konflik en botsing van belange, sodat die waarskynlikheid van die voorkoms van toordery weer toeneem. Die belangrikheid wat geheg word aan goeie onderlinge verhoudings en buurskap word onder andere weerspieël deur die feit dat die regstelsel basies gemik is op die bereiking van ‘n kompromis en die bewerkstelliging van versoening.

Daarbenewens kan ook aangetoon word dat die Bantusprekende persoon (asof dit verkeerd sou wees om die daad aan die lig te bring) met heftige ontkenning sal reageer as hy daarvan beskuldig word dat hy byvoorbeeld diefstal gepleeg het of ‘n leuen vertel het. Dit lei tot die verkeerde afleiding dat sy vlak van moraliteit laag is en dat hy dit nie as verkeerd beskou om diefstal te pleeg of ‘n leuen te vertel nie, solank hy nie uitgevang word nie. Daar moet egter in gedagte gehou word dat aangesien ‘n mens nie net vir homself leef nie (hy leef saam met en tussen ander wat deur die voorvaders daar geplaas is), sy optrede en gedrag nie net hom alleen raak nie, maar ook die lede van sy groep raak en beïnvloed. Handelinge van ‘n individu wat die stabiliteit van die groep in gevaar stel, hou ‘n inherente bedreiging in vir sy posisie as persoon en gevolglik vir die gemeenskap indien hierdie dade oopgevlek word vir openbare afkeer, aangesien hy dan verban of uitgesit sal word uit die groep ten einde die kwaad af te weer wat hy oor die groep gebring het.

(e) Moraliteit verseker ook dat lojaliteit betoon behoort te word teenoor die hoofman of, in moderne tye, die leier van ‘n politieke party.

6. Simulasie

Rituele behels soms dat dinge nageboots word wat verband hou met die bonatuurlike. Dit

mag gebeur by waarsêery of heksery, maar het dikwels ook te doen met die gode self. Die

geverfde of gebeeldhoude voorwerpe wat in sommige religieuse stelsels vereer word, word

gewoonlik nie in sigself as goddelik beskou nie. Hulle boots eintlik maar goddelikheid na en

word behandel asof hulle goddelik is. In sekere soorte teatrale rituele verpersoonlik mense

soms die gode.

Page 10: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

7. Mana

Hambrock (1987:118-119)

Daar word soms geglo dat bonatuurlike krag oordraagbaar is van ‘n voorwerp wat krag bevat

na een waarby dit nie die geval is nie. Die oplê van hande waardeur die krag van ‘n geneser

die liggaam van die siek persoon binnedring om die siekte te verwyder of te vernietig, is ‘n

voorbeeld van die oordrag van krag. Die beginsel is hier dat kragtige voorwerpe aangeraak

moet word sodat krag oorgedra kan word.

Lewenskragfilosofie

Die Bantoe glo in ‘n lewenskrag wat besit word deur mense, diere, plante en voorwerpe. Die krag, wat in die kosmos bestaan, kan besit en verkry word en kan aangewend word vir goeie en kwade doeleindes ten einde lewe te beheer. Dié krag is, met ander woorde, oop vir manipulasie (deur middel van rituele en toorkuns). Om te kan lewe moet mense nie alleen lewenskrag hê nie, maar moet ook betekenisvol in verbinding wees met ander kosmiese kragte ten einde ’n harmoniese en ordelike kosmiese eenheid te vorm. In hierdie eenheid moet ‘n balans gehandhaaf word tussen al die kragte. Mense streef derhalwe nie alleen daarna om hul lewenskrag te vermeerder nie, maar ook om in verbinding te wees met ander kragte om hul doelgerigte plek in die kosmos in te neem en gevolglik hierdie plek te beheer en te stabiliseer.

Die kragte wat in die kosmos bestaan, word in ‘n bepaalde hiërargie gerangskik. Die Opperwese verteenwoordig die hoogste krag of mag wat alle ander kragte in die lewe geroep het en wat daardie kragte aan die gang hou en versterk. Volgende in die hiërargie is daar die gode wat laer in die rangorde staan, geeste, voorvaders, mense en die natuur (diere, plante en voorwerpe). Die voorvaders dien as skakel tussen die Opperwese en die lewendes en word as sodanig verhef tot die mate dat hulle nie bloot beskou word as gestorwe persone nie, maar inderdaad gesien word as goddelike wesens. Die voorvaders se plek in die rangorde word volgens geboorte bepaal. Hulle vorm deel van die linie waarvolgens die mag van die eersgeborenes hul nakomelinge beïnvloed wat nog lewe. Die lewendes se plek word ook volgens geboorte bepaal, wat daarop neerkom dat aan elke persoon bepaalde magte toegeken word ooreenkomstig sy of haar geboortetyd. Dit verklaar waarom daar in die tradisionele gemeenskap aan geen twee persone presies dieselfde status toegeken word nie. Elke mens het ‘n genealogies bepaalde en geërfde plek.

Let daarop dat die poging om kosmiese samehang te vind plaasvind in die hedendaagse tydsraamwerk. ‘n Mens se sosiale plek op aarde word in die hiernamaals gehandhaaf. Die persoon se plek in die hiernamaals is dus dieselfde as wat dit op aarde was. Anders gestel, ‘n persoon se dade op aarde bepaal nie sy plek in die hiernamaals nie.

8. Taboe

Hambrock (1987:126-127; 138-139)

Page 11: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Dit is die teenoorgestelde van mana; dit is naamlik om dinge nie aan te raak nie. Daar word

geglo dat die krag in sommige voorwerpe die aanraker kan beseer. Talle religieuse stelsels

het taboe-voorwerpe. Rooms-Katolieke mag nie die Hostie aanraak tydens kommunie nie;

Jode mag nie die Tora, die boekrolle met die Wet daarop, aanraak nie. Die aanraking van ‘n

hoofman se liggaam (selfs per ongeluk) deur ‘n nie-adellike is ‘n ander vorm van taboe en

mag selfs die dood tot gevolg hê. Kos mag ook taboe wees. Baie gemeenskappe het

uitvoerige reëls ten opsigte van kos wat op verskillende tye geëet mag word of nie, of deur

verskillende soorte mense. Die eet van varkvleis, beesvleis of eiers is tipiese voorbeelde.

9. Feeste

Eet en drink in religieuse konteks is baie algemeen. Die Rooms-Katolieke en Protestantse

Nagmaal is ‘n heilige maaltyd. Die Paasfeesliturgie van die Jode verteenwoordig ‘n ander

religieuse fees. Selfs alledaagse etes kan ‘n gewyde karakter aanneem as hulle geheilig

word deur ‘n toepaslike ritueel. Die vra van die seën voordat mense by ‘n gewone ete begin

eet, illustreer hierdie beginsel.

10. Offers

Hambrock (1987:125-126, 129-130, 138); Krige (1965:289-296) [Zulu]; Pauw (1994: 120-121) [Xhosa]

Die gee van iets waardevols deur ‘n skenker aan die bonatuurlike of sy agent is ‘n kenmerk

van baie religieuse stelsels. Dit kan bestaan uit ‘n offer van geld, voedsel of dienste. Dit kan

ook behels die offerande (doodmaak/offer) van diere of, in uiters seldsame gevalle, mense.

Offers kan gebring word om dank te betuig teenoor die bonatuurlike met die hoop dat dit

beïnvloed kan word om op ‘n bepaalde manier op te tree, of bloot om vir religieuse verdienste

in aanmerking te kom.

11. Gemeente

Hambrock (1987:127)

Religieuse gedrag is ook deels sosiaal. Die mense van ‘n bepaalde religieuse tradisie kom

soms as ‘n groep bymekaar. Dit kan die vorm aanneem van besetenheid, vergaderings of

konvokasies (byeenkomste, sinodes). Die gesamentlike uitvoering van sekere rituele

handelinge is deel van baie religieuse stelsels.

Page 12: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

12. Inspirasie

Nie enigeen in ‘n religieuse stelsel mag besete wees, ‘n dramatiese ervaring hê, in ‘n

beswyming raak of enige ander vorm van religieuse ervaring beleef nie. In die algemeen

word daar in religieuse stelsels aanvaar dat sulke toestande die resultaat is van goddelike

ingryping in ‘n mens se lewe. Religieë verskil in die mate waarin hulle sulke ervarings laat

gedy, maar almal vertolk dit in religieuse sin.

13. Simbolisme

Hambrock (1987:117-118, 129-130)

Sekere simbole in ‘n gemeenskap se repertoire word geassosieer met die bonatuurlike soos

wat dit in daardie gemeenskap verstaan word. Hulle mag die godheid of godhede direk

verteenwoordig, of mag religieuse beginsels en gelowe simboliseer. Die Kruis van Christus is

‘n voorbeeld van laasgenoemde.

1111.2.2.2.2.2.2.2.2 Funksies van religieFunksies van religieFunksies van religieFunksies van religie

Hambrock (1987:137)

Antropologiese studies van religie het afgesien van die vorige soeke na oorspronge (‘n hoogs

spekulatiewe onderwerp vanweë die beperkte geskrewe gegewens en argeologiese getuienis) en

fokus nou op die manier waarop religieuse stelsels funksioneer, hetsy vir die individu of vir die

gemeenskap as geheel.

Aangesien religieuse stelsels so universeel voorkom, is dit duidelik dat hulle ‘n aantal belangrike

behoeftes moet vervul op sowel persoonlike vlak as gemeenskapsvlak. Vir die doel van hierdie

module word twee breë kategorieë funksies belig: sosiaal en psigologies.

1111.2.2.1..2.2.1..2.2.1..2.2.1. Sosiale funksies van religieSosiale funksies van religieSosiale funksies van religieSosiale funksies van religie

Een van die mees populêre verduidelikings van die universaliteit van religie is dat dit ‘n aantal

belangrike funksies vervul vir die algemene welsyn van die gemeenskap waarvan dit deel is. Drie

Page 13: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

sulke sosiale funksies2 van religie sal in die volgende paragrawe bespreek word: sosiale beheer,

konflikoplossing en die versterking van groepsolidariteit.

Sosiale beheer

Een besonder belangrike funksie van religie is dat dit dien as ‘n sosialebeheermeganisme. Deur ‘n

reeks van sowel positiewe as negatiewe sanksies is religie geneig om sosiale orde te handhaaf deur

sosiaal aanvaarbare gedrag aan te moedig en sosiaal onvanpaste gedrag te ontmoedig (kyk ook

Rosman en Rubel 1981:199). Elke religie, ongeag die vorm wat dit aanneem, is ‘n etiese stelsel wat

behoorlike gedragswyses voorskryf. Wanneer sosiale sanksies (beloning en straf) gerugsteun word

deur bonatuurlike gesag, word die dwang om daaraan te voldoen al hoe sterker. Bybeltekste is

byvoorbeeld besonder eksplisiet oor die gevolge van oortreding van die Tien Gebooie (kyk ook

Peoples en Bailey 2000:225). Hindoes in Indië glo dat die oortreding van die voorgeskrewe

kasteverwagtinge hul plek in toekomstige reïnkarnasies in die gedrang sal bring, en dié wat glo in die

wraak van voorvadergeeste waak teen antisosiale gedrag.

Uit ‘n antropologiese perspektief is dit irrelevant of hierdie bonatuurlike kragte wel goeie gedrag

beloon en swak gedrag straf. Eerder as om daaroor begaan te wees of en tot watter mate

bonatuurlike kragte werk soos geglo word dat hulle werk, is antropoloë geïnteresseerd daarin of en tot

watter mate mense werklik ‘glo’ in die mag van bonatuurlike kragte. Trouens, dit is die ‘geloof’ in die

mag van bonatuurlike sanksies wat die vlak van konformering tot sosiaal voorgeskrewe gedrag

bepaal.

Konflikoplossing

‘n Ander sosiale funksie van religie is dat dit ‘n rol speel in stresvermindering en frustrasie wat dikwels

lei tot sosiale konflik. In sommige samelewings word natuurrampe byvoorbeeld toegeskryf aan die

bose dade van mense in ander dorpe of streke. Deur te konsentreer op sekere religieuse rituele wat

ontwerp is om hulself te beskerm teen verdere kwaadwilligheid van buite, verhoed mense die

potensiële ontwrigting van hul eie gemeenskap wat sou kon plaasvind indien hulle hul frustrasies op

die boosdoeners sou uithaal. Verder gebruik mense wie se burgerregte hulle ontneem is of

ontmagtigde mense in gestratifiseerde samelewings soms religie as ‘n manier om hul woede en

vyandigheid te versprei wat andersins teen die totale sosiale stelsel gerig sou wees. Sundkler (1961,

aangehaal in Ferraro 2001:308) het byvoorbeeld aangetoon dat klein groepies swart Suid-Afrikaners

die illusie van mag geskep het deur hul eie stel religieuse simbole te manipuleer en hul eie unieke

kerke (separatistiese Christelike kerke) te stig. Deur ‘n alternatiewe magstruktuur te voorsien het

hierdie wegbreek- Christelike kerke gedien om konflik in Suid-Afrika te verminder deur gegriefdheid

weg te keer van die breër magstruktuur (in ‘n tyd toe hulle deur apartheid sistematies uitgesluit is uit

die magstruktuur).

2 Antropoloog A.R. Radcliff-Brown was die mening toegedaan dat religie noodsaaklik is vir die bewaring van die gemeenskap

as geheel. Raadpleeg Selby en Garretson (1981:131-133) vir ‘n sinopsis in dié verband.

Page 14: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Groepsolidariteit

‘n Derde funksie van religie is dat dit op ‘n aantal belangrike maniere die groepsolidariteit versterk van

dié wat dit beoefen.3 Religie stel mense in staat om hul algemene identiteit uit te druk in ‘n emosioneel

gelaaide omgewing. Kragtige sosiale bande word dikwels gesmee tussen mense wat die ervarings

deel van religieuse gelowe, praktyke en rituele (kyk ook Rosman en Rubel 1981:199). Omdat elke

religie of bonatuurlike geloofstelsel sy eie unieke struktuurkenmerke bevat, sal dié wat dit beoefen,

deel in die misterie daarvan, terwyl dié wat dit nie doen nie, daarvan uitgesluit sal wees. Kortom,

religie versterk ‘n persoon se gevoel van groepsidentiteit en geborgenheid. En as mense

bymekaarkom vir algemene religieuse ervaring, raak hulle dikwels ook betrokke by ‘n aantal ander

nie-religieuse aktiwiteite wat die gevoel van sosiale solidariteit verder versterk.

1111.2.2.2..2.2.2..2.2.2..2.2.2. PsiPsiPsiPsigologiese funksies van religiegologiese funksies van religiegologiese funksies van religiegologiese funksies van religie

Benewens dit wat religie beteken vir die welsyn van dit samelewing, funksioneer die psigologies tot

voordeel van die individu. Antropoloë het twee fundamenteel verskillende tipes psigologiese funksies

van religie geïdentifiseer: ‘n kognitiewe funksie, waardeur religie ‘n intellektuele raamwerk bied vir die

verklaring van dele van ons wêreld wat ons nie verstaan nie, en ‘n emosionele funksie waardeur

religie help om angs te verminder deur sekere eenvoudige maniere voor te skryf waardeur stres

hanteer kan word.4

Kognitiewe funksie

Wat betref die kognitiewe of intellektuele funksie kan religie as psigologies vertroostend beskou word

omdat dit ons help om dit wat rasioneel nie verduidelik kan word nie, te verklaar (kyk ook Rosman en

Rubel 1981:199). Elke samelewing kom voor ‘n aantal onberekenbare vrae te staan wat geen

definitiewe logiese antwoorde oplewer nie:

- Wanneer het lewe ontstaan?

- Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense?

- Wat gebeur met ons wanneer ons doodgaan?

Selfs in samelewings soos ons eie – waar ons (so dink ons) baie wetenskaplike antwoorde het – bly

baie vrae onbeantwoord. ‘n Mediese patoloog kan byvoorbeeld vir die ouers van ‘n kind wat aan

malaria dood is, verduidelik dat die dood veroorsaak is deur die byt van ‘n besmette anofeles-muskiet.

Maar dieselfde patoloog kan nie verduidelik waarom daardie muskiet hul kind en nie die kind

langsaan gebyt het nie. Religie kan bevredigende antwoorde op sulke vrae verskaf omdat die

antwoorde gegrond word op bonatuurlike gesag.

3 Emile Durkheim, Franse sosioloog uit die vroeë twintigste eeu, het bygedra tot die formulering van hierdie perspektief.

Raadpleeg vir ‘n kort bespreking van Durkheim se bydrae tot die ontwikkeling van die idee dat religie sosiale solidariteit

bevorder, Peoples en Bailey (2000:225-226).

4

Outeurs soos Peoples en Bailey (2000:223-225) het die intellektuele en psigologiese funksies van religie afsonderlik

bespreek, en nie gesamentlik onder een opskrif soos hier die geval is nie.

Page 15: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Mense het ‘n hoog ontwikkelde drang om hulself en die wêreld om hulle te verstaan. Maar omdat die

menslike begrip van die heelal so onvolmaak is, bied religie ‘n raamwerk vir die gee van betekenis

aan die gebeure en ervarings wat nie op enige ander manier verstaan kan word nie (vgl. Peoples en

Bailey 2000:223). Religie verseker sy gelowiges dat die wêreld betekenisvol is, dat dinge met ‘n rede

gebeur, dat daar orde is in die heelal, en dat skynbare onreg uiteindelik reggestel sal word. Mense

vind dit problematies as onverklaarde verskynsels hul kulturele wêreldbeskouing weerspreek. Een

van die funksies van religie is dus om mense in staat te stel om hul wêreldbeskouing te handhaaf

selfs wanneer gebeure dit skynbaar weerspreek. Clifford Geertz glo dat religie gelowiges verseker

dat die wêreld ordelik is eerder as chaoties, maar dan binne die raamwerk van hul bestaande

kultuurkennis (Peoples en Bailey 2000:224).

Emosionele funksie

Die emosionele funksie van religie is om individue te help om die angs te verwerk wat dikwels

gepaard gaan met siekte, ongelukke, dood en ander teenspoed (kyk ook Rosman en Rubel

1981:200). Omdat mense nooit volkome beheer het oor hul lewensomstandighede nie, wend hulle

hul dikwels tot religieuse rituele in ‘n poging om beheer deur middel van bonatuurlike metodes te

maksimeer. Trouens, hoe meer mense voel dat hulle nie beheer oor hul eie lewens het nie, hoe meer

sal hulle geneig wees om religie te beoefen. Die vrees om ‘n skrikwekkende situasie in die gesig te

staar kan minstens gedeeltelik oorkom word deur te glo dat bonatuurlike wesens namens ‘n mens sal

ingryp; skaamte en skuld kan verminder word deur vroom op te tree teenoor die goddelike; en in tyd

van swaar verlies kan religie ‘n bron van emosionele krag wees.5

Peoples en Bailey (2000:224-225) stem saam dat religie psigologies nuttig is in die sin dat dit angs

verlig, vrees laat bedaar en ‘n mens help om die onsekerhede en swaar van die lewe emosioneel te

verwerk. Hulle wys egter daarop dat religie uit ‘n psigologiese perspektief “twee gesigte het” deur dit

te beklemtoon dat geloof in die bonatuurlike dikwels vrees en angs veroorsaak wat andersins nie sou

bestaan nie. Hulle vra die vraag: Watter soort psigologiese voordeel kan daar gehaal word uit die

dreigement van ewige verdoemenis (die hel) ? In dié lig gesien word die psigologiese en emosionele

welsyn van ‘n individu nie bevorder nie.

Mense neem deel aan religieuse rituele as ‘n poging om bonatuurlike wesens aan te roep om die

kragte in toom te hou waaroor hulle voel hulle geen beheer het nie. Dit neem regoor die wêreld

verskillende vorms aan. Magies-religieuse rituele word byvoorbeeld uitgevoer deur die Trobriand-

eilandbewoners met die oog op beskerming vir ‘n lang seereis wat voorlê. Keniaanse

beroepsokkerspanne huur ritueelkenners om hul opponente te toor. Beroepsbofbalspelers gebruik

5 Raadpleeg Selby en Garretson (1981:129-131) vir ‘n verdere bespreking van die verband tussen religie en die vermindering

van angs. Bronislaw Malinowski se argumente oor die vermindering van angs ten tye van dood by mense wat daarby

betrokke is, kan as sprekende voorbeeld geneem word (kyk ook Peoples en Bailey 2000:224).

Page 16: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

rituele om die onsekerheid van die spel te probeer beheer deur voor elke wedstryd hoender te eet of

deur nie hul onderklere te was na ‘n goeie wedstryd nie, en so aan.

1111.2.3.2.3.2.3.2.3 Verskillende soorte bonatuurlike wesens en kragteVerskillende soorte bonatuurlike wesens en kragteVerskillende soorte bonatuurlike wesens en kragteVerskillende soorte bonatuurlike wesens en kragte

Die feit dat mense hulle wend tot gebed, offerandes en rituele bedrywighede om dinge te probeer

beheer wat nie op ander maniere beheer kan word nie, is gegrond op die geloof dat bonatuurlike

wesens belangstel in die doen en late van die mens en dat hulle genader kan word om hulp. Maar

‘wesens’ is nie die enigste soorte geestelike magte waarin mense glo nie. Baie religieë postuleer die

bestaan van ander soorte magte wat meer soos ‘kragte’ is as soos ‘wesens’. Volgens Peoples en

Bailey (2000:219) het geestelike wesens gewoonlik eienskappe soos ‘n liggaamlike vorm, een of

ander manier van verskyning aan mense, ‘n persoonlikheid, en ‘n redelik voorspelbare manier van

reageer op menslike handelinge (kyk ook Rosman en Rubel 1981:181). Die karaktertrekke wat

mense toeskryf aan bonatuurlike wesens wissel geweldig: hulle kan wispelturig (onbestendig of

veranderlik) of konsekwent, hardkoppig of redelik, wraaksugtig of vergewensgesind, amoreel of

regverdig wees. Ander soorte wesens is nie-menslik van oorsprong, soos die geval is met baie gode

of demone. Bonatuurlike kragte het ook definitiewe eienskappe wat wissel van groep tot groep

mense. Omdat kragte gewoonlik nie ‘n wil van hul eie het nie – geen mag om mense te weier wat

weet hoe om hulle te beveel of op die regte manier te manipuleer nie – kan hulle dikwels vir goeie of

kwade doeleindes aangewend word. In die meeste gevalle glo mense dat bonatuurlike kragte

gemanipuleer kan word deur mense wat die regte rites en towerformules ken. Die manipulasie van

kragte deur middel van rites en towerformules staan bekend as toorkuns (Peoples en Bailey

2000:219) en sal later in die module bespreek word.

Volgens Haviland (1999:386) het die wêreld se kulture so ‘n groot verskeidenheid godhede en geeste

dat ons, om dit vir ons makliker verstaanbaar te maak, hierdie wesens in drie kategorieë kan verdeel:

groot godhede (gode en godinne), voorvadergeeste en nie-menslike wesens.

1111.2.3.1.2.3.1.2.3.1.2.3.1 Gode en godinneGode en godinneGode en godinneGode en godinne

Hambrock (1987:115-116); Krige (1965:280-283) [Zulu]; Mönnig (1983:45-48) [Pedi]; Guenther (1986:218-225) [Nharo-Boesmans]; Pauw (1994:117-118) [Xhosa]

Gode en godinne is groot en veraf wesens wat gewoonlik beskou word as beheerders van die heelal

of, as verskeie van hulle as sodanig erken word (‘n verskynsel bekend as politeïsme6 ), elkeen as

beheerder van ‘n bepaalde deel van die heelal (Haviland 1999:386). So byvoorbeeld word die

6 Politeïsme is ‘n geloof in verskeie gode en/of godinne (in teenstelling met monoteïsme – geloof in een god) (Haviland

1999:386). Voorbeelde van monoteïstiese religieë is Judaïsme, die Christendom en die Islam.

Page 17: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

versameling gode en godinne van die Antieke Griekeland ‘n panteon genoem (Rosman en Rubel

1981:181; Haviland 1999:386).

Die skeppers van die huidige wêreld mag of mag nie ingesluit wees in ‘n panteon nie. Waar die

skeppers uitgesluit word, word daar oor die algemeen gevoel dat hulle te veraf is en dat aandag

behoort geskenk te word aan dié wat meer direk betrokke is by mense en hul wel en wee.

U sou dalk wou weet waarom mense slegs gode of slegs godinne, of albei erken. Die antwoord hang

bloot af van die verhouding waarin mans en vrouens in die alledaagse lewe tot mekaar staan. Waar

vroue dus in die algemeen beskou word as ondergeskik aan mans, word die godheid in manlike

terme beskryf, soos in samelewings waar die man hoofsaaklik vee oppas of intensief landbou

beoefen, en waar mans, wat hul kinders betref, beherende en veraf figure is. In teenstelling hiermee

word godinne in die algemeen aangetref in samelewings waar vroue die grootste bydrae tot die

ekonomie maak, waar hulle betreklike gelykheid met mans geniet en waar mans meer betrokke is by

hul kinders se lewens. Sulke samelewings is in die algemeen van die landbou afhanklik.

Die geloof in ‘n soewereine wese was tradisioneel nie baie sterk ontwikkel onder die Suidelike Bantoe

nie (Hammond-Tooke 1993:149). Hoewel hy beskou is as die skepper van die heelal, was hy ‘n vae,

veraf wese wat nie veel te doen gehad het met die mensdom nie. Elke groep het sy eie naam gehad

vir dié skepper. Vir die Zulu was hy Nkulunkulu, vir die Xhosa Dali of Qamatha, en vir die Sotho

Modimo.

Dit wil voorkom of daar min of geen verbintenis was tussen die soewereine wese en die

voorvadergeeste (Hammond-Tooke 1993:150). Hoewel verwag is dat die soewereine wese ongeluk

of siekte kon bring, is dit net geglo as daar geen ander voor die hand liggende oorsaak daarvoor

gevind kon word nie, Hy is verder geassosieer met die funksionering van die natuur, en spesifiek met

die meer majestueuse, gevaarlike aspekte daarvan soos storms, droogtes en vloede. Die Sotho glo

byvoorbeeld dat Modimo manifesteer in donderweer en weerlig, terwyl Nkulunkulu storms bring en

straf deur middel van weerlig.

Geloof in ‘n Opperwese

Mönnig (1983:48)

Hierbo is melding gemaak van die Suidoostelike Bantoe wat een of meer mites koester oor ‘n Opperwese, en ‘n funksionele beskrywing van die geloof in die tradisionele Opperwese word gegee. Die aandag word onder andere gevestig op die feit dat die gedagte aan ‘n God vaag is en dat die Opperwese nie direk aangeroep kan word nie. Die feit dat die Opperwese so ver verwyderd is, kan daaraan

Page 18: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

toegeskryf word dat die hoogste plek in die magshiërargie deur die Opperwese ingeneem word. Die Opperwese werk deur die voorvadergeeste en ander geeste en gode.

Dit moet in gedagte gehou word dat die invloed van ander religieë (veral die Christelike godsdiens) tot gevolg gehad het ‘n verandering in (sekere aspekte van) die tradisionele begrip van God. Hoewel die tradisionele Opperwese gewoonlik geassosieer word met die Drie-enige God (drie in een) en beskou word as die Skepper wat steeds aan die werk is om Sy skepping te onderhou, word die gelyke status van ‘God die Vader’ en ‘God die Seun’ in die meeste gevalle bevraagteken: Hoe kan ‘n seun gelyk wees aan sy vader? In hierdie proses word Christus dikwels gereduseer tot ‘n skakel (soortgelyk aan dié van die voorvaders) tussen die mens en God.

Die grootste verwarring oor die begrip van die Drie-eenheid sentreer skynbaar om God en die Heilige Gees. Hoewel die rol en betekenis van die Heilige Gees soms verstaan word binne die konteks van die Drie-eenheid, is daar ook mense wat glo dat die Heilige Gees en die voorvadergeeste een en dieselfde is: Die Heilige Gees verskyn in drome aan mense net soos die geeste van die voorvaders, en wanneer ‘n mens te sterwe kom, leef sy gees voort, word ingehuldig as ‘n voorvadergees en bly vir die persoon se afstammelinge heilig.

1111.2.3.2.2.3.2.2.3.2.2.3.2 VoorvadergeesteVoorvadergeesteVoorvadergeesteVoorvadergeeste

Hambrock (1987:113-114, 121, 122, 132-136, 138); Krige (1965:283-286) [Zulu];

Mönnig (1983:54-62) [Pedi]; Pauw (1994:119-122, 136-137) [Xhosa]

Rosman en Rubel (1981:180) kom met die gedagte dat die soorte geeste wat die bonatuurlike bevolk,

in tipes verdeel kan word, maar almal dan onder die sambreelterm geeste van die dooies. In hierdie

kategorie val geeste van onlangs gestorwenes, geeste van lede van vorige geslagte wat al lank dood

is en wat as voorvadergeeste beskou word, en die voorvadergeeste van die verre verlede wat stigters

van die groep was in mitologiese tye (Rosman en Rubel 1981:180). Mense wat glo in

voorvadergeeste beskou die mens gewoonlik as ‘n geheel wat uit twee dele bestaan, naamlik ‘n

liggaam en die een of ander soort lewende gees (Haviland 1999:387).

Waar daar geloof in voorvadergeeste bestaan, word dikwels gemeen dat hierdie wesens ‘n aktiewe

rol in die samelewing speel of belang het daarby – en selfs lidmaatskap daarvan het. Net soos

lewende mense kan voorvadergeeste goedgesind of kwaadgesind (goed en welwillend, of boos)

wees, maar ‘n mens is nooit heeltemal seker watter van die twee dit sal wees nie.

Page 19: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Voorvadergeeste is geneig om die sosiale werklikheid7 te weerspieël en te versterk in die sin dat hulle

met lewende mense ooreenkom wat betref aptyt, gevoelens en gedrag. Hulle kan onderskei tussen

warmte en koue, kan pyn ervaar en kan uiteindelik ‘n tweede keer sterf deur te verbrand of te

verdrink. Hulle neem selfs deel aan familie- en linie-sake, en sitplekke kan vir hulle voorsien word,

selfs al is hulle onsigbaar. As hulle kwaad gemaak word of hulle vererg, kan hulle siekte stuur of selfs

dood. Uiteindelik word hulle weer gebore as lede van hul linie. In samelewings waar hierdie geloof

geld, word kleuters fyn dopgehou om te bepaal wie dit is wat weer gebore is.

Geloof in voorvadergeeste is veral toepaslik in ‘n samelewing van afstamminggebaseerde groepe8

met hul verwante voorvaderoriëntasie. Uiteindelik bied dit ‘n sterk sin van deurlopendheid waardeur

verlede, teenswoordige en toekoms aaneengeskakel word.

Voorvaderaanbidding vorm die grondslag van die religie van die Suidelike Bantoe (Hammond-Tooke

1993:150). Hoewel al die afgestorwe mense na die ‘wêreld van die dooies’ gaan (dis nie seker waar

dit is nie, maar daar word aanvaar dat dit onder die grond is, dat dit soortgelyk aan die aarde is en dat

dit ‘n plek van oorvloed is), is dit nie duidelik of hulle almal voorvadergeeste word nie. Die Sotho glo

byvoorbeeld dat jongmense (kinders) en ongetroude mense uitgesluit word uit hierdie kategorie, met

ander woorde dat slegs mense met lewende afstammelinge kwalifiseer as badimo.

Die Zulu het egter ‘n spesifieke seremonie waardeur die afgestorwene oorgaan na die status van

voorvader. Hierdie seremonie staan bekend as ukubuyisi idlozi en word gehou twee jaar nadat ‘n

persoon (slegs mans) begrawe is. Teen daardie tyd word ‘n os geoffer en die naam van die

oorledene word dan ingesluit in die prysliedere wat gerig word aan die voorvaders.

Voorvaders het ‘n intense en voortdurende belangstelling in hul afstammelinge, maar hul

geneigdhede en houdings is onvoorspelbaar en wispelturig: Hulle beskerm hul afstammelinge teen

towery en is begaan oor hul welsyn, maar terselfdertyd jaloers en mag straf uitdeel deur ongeluk oor

‘n persoon te bring (soos siekte). Die mag en invloed van die voorvader word bepaal deur

genealogiese senioriteit en ouderdom. Hoe groter die genealogiese senioriteit en hoe hoër die

ouderdom, hoe groter is hul mag.

Om die bogenoemde redes is die Suidelike Bantoe besonderlik ingestel op die voorvadergeeste en

probeer om hul goedgesindheid te wen en te behou deur offerandes te bring (van diere soos skape of

beeste, of nie-lewende offers soos graan of bier). By sowel die Sotho-Tswana as die Zulu word offers

nie by spesifieke altare gebring nie en die diere word in die beeskraal geslag. Die priester in beheer

van die seremonie is by sowel die Nguni as die Sotho-Tswana die mees senior manlike persoon wat

betrokke is. Die amp van priester word derhalwe bepaal deur die sosiale struktuur.

7 Aangesien die bonatuurlike wesens ‘n skepping is van mense, dien die wêreld volgens Rosman en Rubel (1981:180) as ‘n

model vir hul konseptualisering van die bonatuurlike.

8 Raadpleeg Ant 212: Die kruiskulturele studie van die huwelik en sosiale groeperinge, afdeling 4. Verwantskap en afstamming.

Page 20: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Drome en siektes is die mees algemene maniere waarop voorvaders hulleself wil openbaar, terwyl

die Zulu’s voorvaders ook assosieer met slange (kyk ook Hambrock 1987:122 en Krige 1965:286-

289).

Met betrekking tot die spesifieke toedrag van sake onder die onderskeie groepe moet ‘n mens net

eers noem dat daar ‘n spesifieke naam is waarmee verwys word na die voorvaders: By die Zulu’s is

dit amadlozi of amathongo, die Xhosas praat van amathongo of iminyana en die Sotho’s van badimo.

In die tweede plek is dit belangrik om aan te dui dat dit die afgestorwe lede van die sibbe is wat die

voorvaders word in die geval van die Zulu; in die geval van die Sotho-Tswana is dit lede van die

familiegroep en in die geval van die Sotho-Venda die bilaterale familielede. Afstammingsreëls bepaal

derhalwe in die verskillende groepe wie as voorvadergeeste vereer sal word.

Aangesien al die afgestorwe sibbe-lede van die Nguni voorts as voorvaders beskou word, is dit

natuurlik onmoontlik dat ‘n bepaalde individu almal van hulle sal ken (Hammond-Tooke 1993:151).

Gevolglik vind ons ‘n ongedifferensieerde kategorie sonder ‘n genealogiese struktuur; die term wat

gebruik word, is altyd in die meervoudsvorm; hulle word vereer as ‘n bepaalde geheel (kollektiwiteit)

en daar word geglo dat hulle by rituele is as ‘n kollektiewe groep teenwoordig is. Die feit dat elke

afsonderlike sibbe sy eie voorvaders vereer, bring mee dat daar nie iets soos ‘n stamreligie is nie.

Afgesien van hierdie algemene groep is daar ook diegene wat in die onlangs verlede oorlede is, wat

die lewens van hul afstammelinge direk beïnvloed en wat in drome aan hul afstammelinge verskyn

(Hammond-Tooke 1993:151). Hierdie kategorie sluit persone soos die grootouers van sowel die man

as sy vrou in en bestaan daarom uit bloedverwante. (Let daarop dat, in teenstelling met die andersins

oorweldigende klem op die patrilineêre bepaling van afstamming, daar ‘n bilaterale dimensie in die

voorouer-verering van die Nguni aanwesig is. Daar word egter nie offers gebring vir die matrilineêre

voorouers nie.) In hierdie geval vind voorouerverering plaas onder die leiding van die mees senior

manlike familielid en slegs die bloedverwante groep afstammelinge is daarby betrokke.

Die koninklike voorouers sien om na die welsyn van die koninklike afstammingslinie, en op grond

daarvan na dié van die stam as geheel. Hulle word egter nie deur die gewone stamlede vereer nie.

Die Sotho-Tswana onderskei tussen stam- en regstreekse voorvadergeeste. In laasgenoemde geval

word sterk klem gelê op die patrilineêre en die voorouers (sover dit moontlik was) wat aan hul

afstammelinge bekend was (Hammond-Tooke 1993:151). Die getal retroaktiewe geslagte is dus

beperk. Volgens Ashton (1952:115) bestaan die opvatting onder die Suid-Sotho dat oop seerplekke

aan ‘n mens se liggaam slegs deur sy matrilineêre voorouers genees kan word. Hulle moet

geraadpleeg word deur die malome (moeder se broer) van die pasiënt.

Page 21: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Stamvoorouers tree op in sake wat die groep as geheel raak en die lewende opperhoof dien as die

skakel tussen sy onderdane en hierdie voorouers.

Gelowe oor voorvaders Navorsing het getoon dat die huidige Bantusprekende mense van Suid-Afrika positief ingestel is ten opsigte van die kultus van voorouers. Trouens, daar kan selfs beweer word dat dit die hoogtepunt in hul geloofstelsel verteenwoordig. Talle aspekte van die tradisionele beskouinge word steeds gehuldig. Onder die redes hiervoor is dat daar steeds geglo word dat die voorvaders oor bepaalde kragte beskik – kragte wat hulle van die Opperwese ontvang het en wat hulle aan hul afstammelinge beskikbaar stel. Die voorvaders dien dus as skakel tussen die Opperwese en die mens. In dié verband kan aangetoon word dat die effektiwiteit van menslike krag nie noodwendig daarin lê dat dit sterker is as die krag van ‘n dier of natuurkragte nie. Die krag van die see of die krag van ‘n slang, ‘n giftige plant, ens. kan byvoorbeeld sterker wees as die krag van ‘n persoon se bloed en kan die dood van so ‘n persoon veroorsaak. Die mens kan egter sy krag of lewenskrag aanvul deur die tussenkoms van die voorvaders en so verhoogde krag bekom. Daar word geglo dat die jagter en sy wapens voor ‘n jagtog toegerus kan word deur die aanwending van kragtige medisyne om ‘n leeu dood te maak (wat ‘n bedreiging vir die jagter verteenwoordig).9

1111.2.3.3.2.3.3.2.3.3.2.3.3 NieNieNieNie----menslike geestemenslike geestemenslike geestemenslike geeste

Hambrock (1987:114-115)

Nie-menslike geeste of animisme: ‘n geloof in geestelike wesens wat, so word geglo, die natuur

verlewendig of animeer – een van die mees wydverspreide van die bonatuurlike gelowe (Haviland

1999:388).

So is daar ook gemeenskappe waarin die geeste hul oorsprong vind in die flora en fauna. Lewelose

kragte soos reën, donderweer, weerlig, wind en getye kan ook beskou word as aangedryf deur geeste

(Rosman en Rubel 1981:181), net soos die geval mag wees met fonteine, berge of ander

natuurverskynsels wat hul eie individuele geeste het (Haviland 1999:388). Hierdie geeste is ook meer

toeganklik as gode en godinne. Hulle kom gewoonlik in woude voor en kan bepaalde menslike

karaktertrekke openbaar, soos goedgesindheid of kwaadgesindheid, of hulle kan eenvoudig neutraal

wees (Haviland 1999:388). Verder kan hulle byvoorbeeld vreesaanjaend, vriendelik of vyandiggesind

wees. Aangesien hulle behaag of kwaad gemaak kan word deur menslike optrede, is mense verplig

om met hulle rekening te hou (Haviland 1999:388).

Hierdie vorm van godsdiensbeoefening word animisme genoem, en is tipies by mense wat hulself as

deel van die natuur beskou eerder as dat die natuur aan hulle ondergeskik is (Haviland 1999:388).

Onder hulle is daar kossoekers asook voedselproduserende mense wat min onderskeid maak tussen 9 Let weer op die eienskappe van religie, en in die besonder die bespreking van ‘mana’.

Page 22: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

‘n menselewe en enigiets wat groei. Hulle beskou gode en godinne, waar dié in die geloofstelsel

geïnkorporeer word, as die skeppers van die wêreld, maar meen dat die geeste dit in stand hou en

bewaar.

Hoewel dit nie ‘n algemene verskynsel is nie, glo sommige van die Suidelike Bantoe, afgesien van die

Opperwese en die voorvadergeeste, ook in geestelike wesens en natuurgeeste. Laasgenoemde hou

geen verband met die struktureel bepaalde voorvadergeeste wat geassosieer word met verwantskap

en afkoms nie. Sulke opvattings kan beskou word as ad hoc van aard, omdat dit eie is aan bepaalde

groepe en plaaslike spekulatiewe pogings verteenwoordig om natuurverskynsels te verduidelik.

Die Xhosas praat byvoorbeeld van die ‘riviermense’ (abantu bomlambo) wat in diep poele woon en

siekte, blindheid en geestesversteurings kan veroorsaak. Mielies, sorghum en tabak word van tyd tot

tyd aan die ‘riviermense’ geoffer. Die Xhosas van die ou Ciskei glo dat krokodille die boodskappers

is.

‘n Natuurgodin Nomkhubulwana (prinses van die hemel) wat die verpersoonliking van lente

verteenwoordig, word deur Zulu-vroue en -meisies vereer. ‘n Rituele seremonie ter ere van haar vind

plaas in die tyd dat die nuwe oes begin saad skiet. In hierdie tyd word die geslagsrolle omgeruil: die

vroue melk die koeie en dra mansklere; transvestisisme kom voor; die vroue loop soms naak rond, en

die mans word verbied om naby die verrigtinge te kom.

Halfgode (soos Lowe, Tintibane, Matsieng en Thobega) wat met grotte geassosieer word, kom voor

by die Tswana, terwyl die Pedi ook sulke ‘grotgeeste’ ken aan wie hulle offerandes bring.

Geloof in verband met geeste Die meeste Bantusprekende groepe huldig bepaalde menings oor die kwessie van geeste. Dit is belangrik om daarop te let dat sieninge omtrent geeste nie inpas in ‘n stelsel wat struktureel bepaal is nie (soos in die geval van die voorvadergeeste). Alhoewel die inhoud van beskouinge oor geeste dikwels wissel, kan breedweg verklaar word dat die onverklaarbare of onbegryplike natuurverskynsels gewoonlik op dié manier verduidelik word.

Bonatuurlike wesens en kragte Die voorafgaande deel van hierdie module oor die ‘tipes bonatuurlike wesens en kragte’ kan basies in drie afdelings verdeel word: daardie wesens en kragte wat oor die algemeen deur antropoloë onderskei word; die aard van bonatuurlike wesens en kragte wat in die denkwêreld van die Suidoostelike Bantu leef; en die Bantusprekende mense se opvattinge oor hierdie bonatuurlike wesens en kragte wat met hul wêreldbeskouing verband hou. Die opdrag in dié verband is om, in groepsverband, ʼn optel te skryf wat die spesifieke uitkomste beantwoord: Kontrasteer en vergelyk die verskillende soorte bonatuurlike wesens wat deur antropoloë onderskei word.

Page 23: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

2.2.4.1 2.2.4.1 2.2.4.1 2.2.4.1 Kundiges op die gebied van religieKundiges op die gebied van religieKundiges op die gebied van religieKundiges op die gebied van religie

In baie samelewings nader mense die bonatuurlike nie direk nie, maar deur ‘n tussenganger Hierdie

tussengangers het toegang tot die bonatuurlike omdat hulle oor die een of ander besondere gawe

beskik, omdat hulle ‘n vorm van opleiding ondergaan het, of omdat hulle kennis of vermoëns oorgeërf

het. Vir die doel van hierdie module sal twee breë kategorieë bespreek word: priesters en

priesteresse, en sjamane.

Priesters en priesteresse teenoor sjamane Skryf in tabelvorm die verskille en ooreenkomste tussen priesters en priesteresse en sjamane as twee belangrike kategorieë kundiges op die gebied van die religie.

1111.2.4.1.2.4.1.2.4.1.2.4.1 Priesters en priesteressePriesters en priesteressePriesters en priesteressePriesters en priesteresse

Onthou, toe ons oor die kenmerke van religie gepraat het, het ons gesê dat daar in alle samelewings

vaardige individue bestaan wie se taak dit is om die religieuse praktyke van ander mense te lei en

aan te vul. Hul vaardighede lê daarin dat hulle in staat is om met bonatuurlike wesens in verbinding

te tree en hulle te beïnvloed, asook in die manipulasie van bonatuurlike kragte.

Sulke kundiges op die gebied van die religie is gekwalifiseer vir hul taak in die sin dat hulle spesiale

opleiding ondergaan (kyk ook Selby en Garretson 1981:135) en hul lewens wy aan religieuse

aktiwiteit. Die meer bekende terme wat gebruik kan word om sulke kundiges te benoem is pastoor,

eerwaarde, priester, rabbi of dominee.

Anders as sjamane wat in wese gewone lede van die samelewing is, is priesters afgesonder in die sin

dat hulle voltydse religieuse praktisyns is, en ook daardeur dat hulle aan hul kleredrag uitgeken kan

word, asook aan die spesifieke pligte en regte wat geassosieer word met hul sosiale en religieuse

status (Selby en Garretson 1981:135).

In byvoorbeeld Islamitiese, Christelike en Joodse gemeenskappe waar God in manlike terme beskryf

word, is die meeste van die ampsdraers ook manlik. Maar in gemeenskappe waar vroue ‘n groot

bydrae maak tot die ekonomie en waarin godinne ook figureer, sal ons makliker vroulike religieuse

kundiges aantref (Haviland 1999:391).

Die take van religieuse kundiges sluit in religieuse organisasie, die neem van die leiding tydens

godsdiensoefeninge, en diens aan die mensdom, veral aan mense van hul eie geloof. In Westerse

Page 24: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

samelewings vind ons ook ‘n groep lekepredikers of -priesters wat toegelaat word om sekere take

onder toesig van ‘n opgeleide persoon uit te voer.

1111.2.4.2.2.4.2.2.4.2.2.4.2 SjamaneSjamaneSjamaneSjamane

Hambrock (1987:122)

In gemeenskappe of samelewings wat die dienste van voltydse priesters moet ontbeer, tref ons die

sjamaan aan – ‘n deeltydse religieuse spesialis wat beskik oor unieke mag verkry deur sy eie

inisiatief; daar word gemeen dat sulke individue buitengewone vermoëns het om met bonatuurlike

wesens en magte te handel (Haviland 1999:391). In werklikheid is hierdie ‘n veel ouer beroep as die

voltydse ampsgenoot of priester. Hierdie mense het egter geen formele opleiding ontvang nie, maar

word geroep deur ‘n Groot Gees, Mag of Misterie, gewoonlik terwyl hulle in afsondering verkeer (kyk

Rosman en Rubel 1981:191).

Die sjamaan het sekere gawes, soos die gawe van gesondmaking of waarsêery/voorspelling. In dié

lig gesien is die verskynsel beslis nie vreemd aan ons Westerse beskawing nie. Geloofsgenesers is

‘n hedendaagse voorbeeld hiervan. In talle swart gemeenskappe in Suid-Afrika kry ons byvoorbeeld

die toordokter; onder die Lovedu die beroemde reënkoningin, en onder talle inheemse Amerikaanse

gemeenskappe die bekende inboorlingdokter (‘medicine man’).

Die tipiese sjamaan vorder deur ‘n aantal stadiums, waaronder moontlik selfpyniging (byvoorbeeld

onder die Crow-Indiane) (Haviland 1999:391). Peoples en Bailey (2000:231-232) stem saam dat baie

sjamane vele ontberinge verduur (uitgerekte vastye, die eet van kos wat kultureel as walglik beskou

word, of jare van seksuele onthouding), maar voeg by dat hul kennis en kragte op twee ander

maniere verkry word: deur ‘n tydperk van spesiale opleiding as vakleerling by ‘n praktiserende

sjamaan (kyk ook Rosman en Rubel 1981:192 en Selby en Garretson 1981:134); of deur die

belewenis van ‘n ongewone gebeurtenis soos die herstel deur ‘n wonderwerk van ‘n ernstige siekte of

besering, of deur ‘n buitengewone droom of gesig waarin een of ander gees hulle geroep het om sy

mondstuk te wees (Rosman en Rubel 1981:191). Waar die priester namens die gemeente optree,

tree die sjamaan gewoonlik op namens ‘n “kliënt” (kyk Schultz en Lavenda 1990:207). Die sjamaan

tree dan in om bonatuurlike magte te beïnvloed of sy of haar wil op hulle af te dwing, terwyl die kliënte

van die priesters en priesteresse die opdragte gee. Laasgenoemde vertel dus dikwels vir die mense

wat om te doen, terwyl sjamane die bonatuurlike vertel wat om te doen. In ruil vir dienste gelewer kan

die sjamaan dan vergoed word – in die vorm van vars vleis, broodwortel of gunstelingbesittings.

Soms is die aansien, gesag en sosiale mag verbonde aan die sjamaan se status voldoende

vergoeding.

Page 25: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Lee (1984:109-116) [Dobe !Kung San van die Kalahari-woestyn van Noordwes-

Botswana

Wanneer ‘n sjamaan namens ‘n kliënt optree, sal hy of sy miskien ‘n soort vertoning daarvan maak en

dikwels in ‘n soort vervoering raak waarin hy of sy in staat sal wees om geestelike wesens te sien of

met hulle in verbinding te tree (Haviland 1991:391; kyk ook Peoples en Bailey 2000:231). Die

doeltreffendheid van ‘n sjamaan by genesing (of om skade te berokken) hou, so word geglo, verband

met die kragtigheid van sy of haar geeste-helpers – tot wie hulle toegang het as deel van hul gawes

of eienskappe – en van sy of haar vermoë om met hulle in verbinding te tree en hulle sover te kry om

aan die versoek te voldoen. Die vervoering of veranderde toestand word op verskillende maniere

bereik: deur die gebruik van verdowingsmiddels, deur rituele sing-praat, of deur deelname aan

ritmiese musiek (Peoples en Bailey 2000:231). In sulke toestande, word daar dikwels geglo, kom die

geeste-helpers in der waarheid fisies die sjamaan se liggaam binne (besetenheid) en praat met die

gehoor wat teenwoordig is. Wanneer die sjamaan in ‘n toestand van besetenheid verkeer, word die

persoon letterlik ‘n medium vir die geeste, ‘n mondstuk waardeur die gees kommunikeer. Sy of haar

handelinge kan toertjies insluit (so byvoorbeeld kan buiksprekery aangewend word om die stemme

van geeste na te boots), asook ander kulkunsies (Rosman en Rubel, 1981:192; Selby en Garretson

1981:134; en Haviland 1999:394). Vir sommige Westerlinge mag hierdie toorkunsies na bedrieëry en

eerder onnatuurlik as bonatuurlik klink, maar navorsing het getoon dat die sjamaan werklik glo dat hy

of sy oor bonatuurlike kragte beskik wat hom of haar in staat stel om met geeste kontak te maak

(Haviland 1999:394). Sy of haar vermoë om toertjies uit te haal word in werklikheid beskou as bewys

van hul doeltreffendheid.

Haviland (1999:394) beklemtoon dit dat sjamanisme nie onderskat moet word in die gemeenskappe

waarin dit voorkom nie. Daar is ‘n psigologiese waarde verbonde aan die genesing van ‘n siekte deur

die sjamaan. Al vind daar nie in mediese sin genesing plaas nie, strek die handelinge van die

sjamaan die pasiënt se geestestoestand tot voordeel, wat op sy beurt weer daadwerklik kan bydra tot

die pasiënt se welsyn.

Hierdie mense vervul ‘n spesifieke funksie in die betrokke gemeenskap, selfs al is hul werk potensieel

gevaarlik vir sowel die spesialis as die gemeenskap. Die rede hiervoor is dat hulle oor soveel krag en

vaardigheid beskik dat hulle die vermoë besit om goed en kwaad te bewerk. Die sjamaan kan ook

sosiale beheer help handhaaf deur die vermoë om kwaaddoeners op te spoor en te straf (Haviland

1999:394).

Page 26: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Vir die sjamaan lê die voordele van sjamanisme daarin:

• dat dit hom prestige en moontlik selfs finansiële welvaart bied;

• dat dit terapeuties werk in die sin dat dit ‘n aanvaarde uitlaatklep bied vir die uitbarstings van

‘n onstabiele persoonlikheid – hoe meer ‘n onstabiele individu (en nie alle sjamane is

onstabiel nie) betrokke is by die probleme van ander mense, hoe minder tyd het hulle om oor

hul eie probleme te tob – die proses kan dus beskou word as gelykstaande aan selfontleding;

en

• dat sjamanisme ‘n goeie uitlaatklep is vir die selfuitdrukking van diegene met ‘n

“kunstenaarstemperament”.

In Suid-Afrika kan ons ‘n sjamaan gelykstel aan ‘n “sangoma” of tradisionele geneser (isangoma –

Zulu; ngaka – Sotho).

1111.3.3.3.3 Religie, toorkuns en hekseryReligie, toorkuns en hekseryReligie, toorkuns en hekseryReligie, toorkuns en heksery

Lavenda & Schultz (2003:75-79)

1.3.1 Magie (Toorkuns)

Ferraro & Andreatta (2010:348-350); Hambrock (1987:120-121, 127, 136);

Mönnig(1983:51, 78-97) [Pedi]; Pauw (1994:122, 128) [Xhosa]

Tradisionele genesers onder die Noord-Sotho

Raadpleeg met die oog op ‘n groepsvoordrag, Kriel (1997:16-21) en doen die volgende:

(a) Onderskei tussen die verskillende kategorieë genesers wat by die Noord-Sotho

aangetref word.

(b) Noem die soorte ‘dienste’ wat hierdie tradisionele genesers lewer.

(c) Verduidelik die soorte terapeutiese tegnieke wat die Noord-Sotho-ngaka aanwend.

Page 27: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Antropoloë wat bonatuurlike gelowe kruiskultureel bestudeer, stel lank reeds belang in die verband

tussen religie en toorkuns. Sommige beklemtoon die verskille tussen hierdie twee verskynsels, terwyl

ander konsentreer op die ooreenkomste.

Religie en magie deel bepaalde kenmerke (Ferraro 2001:303):

• Albei is stelsels bonatuurlike gelowe wat nie vatbaar is vir wetenskaplike verifikasie nie. Dit

is, met ander woorde, nie moontlik om empiries te demonstreer of religieuse of

toorkunspraktyke regtig werk of nie. Sulke praktyke moet liewer as ‘n saak van geloof

aanvaar word.

• Sowel religie as magie word (minstens gedeeltelik) beoefen as ‘n manier om angs,

dubbelsinnighede en die frustrasies van die daaglikse lewe te hanteer.

Daarteenoor verskil magie en religie in sekere opsigte (Ferraro 2001:303):

Religie Magie Religie het te maak met die hoofsake van die menslike bestaan soos die sin van die lewe, dood, en ‘n mens se geestelike verwantskap met die goddelike.

Toorkuns is gerig op spesifieke, onmiddellike probleme soos die genesing van siekte, die bring van reën, of versekering van veiligheid op ‘n lang reis.

In die geval van religie word gebed en offerandes aangewend om die bonatuurlike magte te beweeg tot hulpverlening.

Toorkunspraktisyns glo dat hulle die natuur of ander mense kan beheer deur hul eie pogings.

In die algemeen word religie as ‘n groepaktiwiteit beoefen.

Magie word gewoonlik as ‘n individu-georiënteerde aktiwiteit beoefen.

Religie word gewoonlik op bepaalde tye beoefen.

Magie word ongereeld beoefen in reaksie op spesifieke en onmiddellike probleme.

By religie is daar gewoonlik amptelik erkende funksionarisse soos priesters betrokke.

Toorkuns kan deur ‘n groot verskeidenheid praktisyns beoefen word wat dalk of dalk nie in die gemeenskap erken word as mense wat oor bonatuurlike magte beskik.

Ongeag hierdie vyf verskille word elemente van religie en toorkuns dikwels saam aangetref. Die

vraag word miskien gevra wat dan die verskil kan wees tussen gebed om God se hulp en die

forsering of manipulering van ‘n situasie om ‘n bepaalde doel te bereik.

Toorkuns behels die manipulasie van bonatuurlike kragte met die oog op ingryping in ‘n groot

verskeidenheid van menslike bedrywighede en natuurverskynsels. Die rituele aanwending van

toorkuns word in sommige samelewings aangewend om die beskikbaarheid van wild te verseker, om

reën te bring, om siekte te genees of voorkom, of om ‘n mens te bewaar van teenspoed (Rosman en

Rubel 1981:197).

Page 28: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Magie deur kontak en nabootsende toorkuns

Raadpleeg Krige (1965:334-335; Hambrock (1987:128-129); Haviland (1999:399-400) en Peoples en Bailey (2000:227-228) om hierdie aktiwiteit te voltooi. Sir James George Frazer het twee fundamentele beginsels of aannames onderskei waarop magie (toorkuns) gegrond is: die nabootsende en die magie deur kontak (contagious magic) beginsels. Verduidelik hierdie aannames in ‘n kort opstel, dit wil sê onderskei tussen hierdie twee soorte toorkuns en gebruik

voorbeelde om die beginsels te illustreer.

1111.3.2.3.2.3.2.3.2 HekseryHekseryHekseryHeksery

Ferraro & Andreatta (2010:350-352); Krige (1965:320-327) [Zulu]; Mönnig (1983:71-78) [Pedi]; Pauw (1994):136 [Xhosa]

Heksery bied ‘n verduideliking van gebeure wat gegrond is op die geloof dat sekere mense oor ‘n

inherente, psigiese krag beskik wat in staat is om skade te berokken, met inbegrip van siekte en

dood; dit sluit ook in gelowe en praktyke wat met goedaardige toorkuns te make het (Haviland

1999:400). Ferraro (2001:304) omskryf heksery soos dit in talle samelewings in die wêreld beoefen

word, as ‘n ingebore, onwillekeurige en dikwels onbewuste vermoë om ander mense skade te

berokken.

Heksery was waarskynlik sedert die vroegste tye deel van die menslike kultuur. Hekse kan óf manlik

óf vroulik wees en kom in baie samelewings voor. In Engeland vind heksejagte vandag nog plaas –

net soos dit veral algemeen voorgekom het in die 17de eeu. Heksery is beskou as ‘n

verpersoonliking van die Satan en moes daarom uitgewis word. Die Britse antropoloog Lucy Mair

onderskei egter tussen goedaardige en kwaadaardige hekse deur te verwys na wat sy noem

nagmerriehekse en alledaagse hekse. Die Ibibio onderskei weer tussen “swart hekse” – die

kwaadaardige hekse – en “wit hekse” – die meer gematigde of goedaardige hekse.

Hekse was ‘n algemene verskynsel in nie-Westerse samelewings en hulle het ‘n spesifieke plek in die

religie en kultuur van hierdie mense. In die VSA was heksery in die sestigerjare van die vorige eeu

aan die orde van die dag. Dieselfde was waar van Nigerië. Haviland (1993) is van mening dat ‘n

groot mate van die heksery van daardie tyd te wyte was aan die toename in die blootstelling aan

Page 29: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

moderne opvoeding en dat die mense hulle gewend het tot heksery om teenspoed te verklaar. Dit

was veral in Nigerië die geval.

Onder die Ibibio van Nigerië word geglo dat hekse van vorm kan verander. So byvoorbeeld word

geglo dat die rot wat aan ‘n boer se gewasse vreet, nie werklik ‘n rot is nie, maar ‘n heks wat in een

verander het; as iemand ‘n eksamen of iets druip, is dit omdat die persoon getoor is; as iemand deur

die weerlig getref word of deur ‘n slang gepik word, word dit aan heksery toegeskryf. So word

omtrent alle teenspoed, siekte of selfs dood toegeskryf aan die kwaadwillige handelinge van ‘n heks,

ongeag wat moderne kennis te sê het. Trouens, die meeste stamme skryf boosheid toe aan hekse.

Hoe sou ‘n heks in die Ibibio-samelewing herken kon word? ‘n Mens moet oplet na enige persoon

wat buitengewone gedrag openbaar. Haviland (1993) wys daarop dat die een of ander kombinasie

van die volgende kan meebring dat ‘n persoon as ‘n heks bestempel word (vgl. Peoples en Bailey

2000:229; Ferraro 2001:304). Daar moet op gelet word dat elke kultuur uniek is en dat die

eienskappe wat ‘n persoon as ‘n heks onder verdenking bring, eweneens uniek sal wees, maar die

volgende lys mag na ander kulture toe ook veralgemeen word:

• ‘n Onwilligheid om ander mense te groet.

• ‘n Geneigdheid om eenkant te woon, weg van ander mense af.

• Die vra van te hoë pryse vir iets.

• Die put van genot uit owerspel of die pleeg van bloedskande.

• Rondlopery snags.

• Versuim om voldoende te treur oor die dood van ‘n familielid of lid van die gemeenskap.

• Swak versorging van ouers, kinders of vroue.

• Hardheid van hart.

• Gemene voorkoms en optrede.

• Sosiaal onaanvaarbare optrede.

Die sogenaamde alledaagse of “wit” hekse is daardie mense wat nie inpas in die samelewing nie, wat

alleen eet, wat arrogant en onvriendelik is, maar wat andersins min moeilikheid sal veroorsaak en nie

kwaad sal doen nie. Hulle mag egter gevaarlik raak indien hulle beledig word en mag siekte, dood,

mislukking van oeste, siekte onder beeste of verskillende minder ernstige probleme laat intree.

Die vraag ontstaan nou hoe daar met sulke hekse gemaak moet word. ‘n Mens moet baie versigtig

wees met ‘n heks en hom of haar beleef behandel – dit wil sê as hulle nie gejag en doodgemaak word

nie. Een van die mees onlangse voorvalle van heksery het in Venda voorgekom toe die gemeenskap

sekere mense as hekse uitgewys het en hulle verbrand het.

Page 30: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Watter doel dien heksery? Selfs in ons hoogs tegnologiese en verligte wêreld ontstaan krisisse wat

ons nie kan hanteer nie en wat mense daartoe dryf om in hekse te glo. Die eerste funksie van

heksery is om mense te help om die onverklaarbaarheid van siekte, teenspoed en dood te verstaan

en te hanteer (Selby en Garretson 1981:144; Haviland 1999:402; Peoples en Bailey 2000:228). Dit

kan beskou word as ‘n kognitiewe interpretasie of benadering tot heksery (Peoples en Bailey

2000:228). Die argument is dat mense die gedagte van toeval of ongeluk intellektueel onbevredigend

vind wanneer een of ander teenspoed hulle of hul geliefdes tref, en daarom soek hulle na ander

oorsake. Peoples en Bailey (2000:228) verduidelik die logika van hierdie opvatting as iets soos die

volgende: Ek het vyande wat my leed wil aandoen, en teenspoed het my so pas getref, derhalwe

moet my vyande daaragter sit. So gesien help heksery nie net om teenspoed te verklaar nie, maar

bied ook ‘n oplossing: Spoor die heks op en wis so die probleem uit. So word heksery vir

gemeenskappe ‘n metode van selfondersoek en ‘n manier om boosheid in hul midde uit te wis. Op

dié manier vervul heksery dus ‘n positiewe funksie, naamlik dié van sosiale beheer (Haviland

19991:402; kyk ook Rosman en Rubel 1981:194; Selby en Garretson 1981:144; Schultz en Lavenda

1990:196). Hierdie sosiologiese vertolking van heksery is gewortel in die feit dat heksery in der

waarheid kulturele norme en waardes versterk, wat individue help om in harmonie met mekaar saam

te lewe. Individue wat nie voldoen aan die riglyne oor hoe mense ideaal gesproke teenoor ander

mense behoort op te tree nie, word dus negatief gesanksioneer, waardeur weer eens beklemtoon

word wat aanvaarbaar is en wat nie. In dié verband kan genoem word dat vrees vir beskuldiging en

straf gehoorsaamheid aan norme en doelstellinge vir ideale gedrag vermoedelik bevorder (Peoples

en Bailey 2000:229), behalwe as besondere status en mag geassosieer word met die uitwys van

iemand as ‘n heks (Selby en Garretson 1981:144).

Haviland (1999:404) gebruik die Navajo (Amerikaanse Indiane) as ‘n etnografiese voorbeeld om nog

‘n ander funksie van heksery te illustreer. In dié geval dien heksery ook as ‘n kanaal of uitlaatklep vir

angs, stres en frustrasie wat met die alledaagse lewe saamhang. Die Navajo, wat besonder vaste

reëls het oor openbare gedrag, gebruik heksery as ‘n verskoning vir die maak van beskuldigings teen

iemand en die openbaring van vyandigheid, veral ten opsigte van mense teenoor wie ‘n mens

normaalweg nie toegelaat word om met vyandigheid of woede op te tree nie. Dit kan beskou word as

‘n psigologiese funksie van heksery (Haviland 1999:402-404), in die sin dat negatiewe houdings en

gevoelens openbaar kan word op ‘n manier wat aanvaarbaar is. Aangesien hekse ‘n uitlaatklep bied

vir opgekropte aggressie, verminder die geloof in hekse die algemene hoeveelheid konflik in ‘n

samelewing, wat weer ‘n sosiologiese vertolking van heksery is (Peoples en Bailey 2000:229).

Selby en Garretson (1981:144) waarsku egter, soos aangedui tydens die bespreking van die funksies

van religie, dat geloof in heksery ‘n tweesnydende swaard kan wees. Dit bied antwoorde op

onbeantwoordbare vrae, en bewerkstellig so vertroosting in die gemeenskap. Dit kan mense egter

ook opstook teen mekaar en skep die grondslag vir agterdog en selfs paranoia. Hierdie ontwrigting

van die gemeenskap kan ‘n hoë prys wees om te betaal.

Page 31: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Alhoewel heksery en towery/duiwelskunste geassosieer word met mindere samelewinkies in die nie-

Westerse wêreld, kom dit ook voor in hoogs geïndustrialiseerde wêrelddele. Dit neem wel

verskillende vorms aan, maar die basiese onderskeiding wat in die Westerse wêreld aangetref word,

is tussen vorms van toordery wat vir goedaardige doeleindes aangewend word en dié wat vir

kwaadaardige doeleindes aangewend word.

Hedendaagse Westerse hekse wat hul bonatuurlike kragte vir goeie doeleindes aanwend, noem hul

geloofstelsel wicca10. Heksery word hoofsaaklik in stedelike gebiede beoefen en net soos die meer

ortodokse religieë behels dit ‘n soort godsdiensoefening as ‘n sentrale deel van die aktiwiteite.

Plaaslike hekse-organisasies, wat covens genoem word, staan onder aanvoering van ‘n

hoëpriesteres. Wicca kan die toorkunspraktyk insluit, wat omskryf word as die teweegbring van

verandering deur te konsentreer op ‘n mens se natuurlike kragte. Dit is belangrik om daarop te let dat

wiccans nie hul kragte as bonatuurlik beskou nie. Hulle maak gebruik van verskillende instrumente

soos visualiserings, towerformules, sang-praat en meditasie om hul innerlike kragte te fokus ten einde

die verlangde verandering te bewerkstellig.

Ferraro (2001:305, 306-307) stel hierdie hedendaagse hekse teenoor Sataniste11 wat volgens hom

hul toorkuns vir bose doeleindes aanwend. Vir die antropoloog is dit nie belangrik om vas te stel of

bepaalde towerformules werklik die beoogde uitkoms gehad het nie. Wat belangrik is, is dat heksery

gebruik word om gebeure in mense se lewens te verklaar.

Toordery en heksery word deur die Nguni met die term ubuthakathi en deur die Sotho-Tswana met die

term baloi/baloyi benoem (Hammond-Tooke 1993:169). Die Nguni onderskei tussen ubuthakathi met

klein diere (heksery) en ubuthakathi met medisyne (toordery), terwyl die Sotho-Tswana praat van

‘nag-baloyi’ (heksery) en ‘dag-baloyi’ (toordery) (Hammond-Tooke 1993:169).

Toordery en/of heksery kan beskryf word as ‘n sosiaal onaanvaarbare praktyk of optrede: dit meng in

met die normale moraliteit en basiese waardes van ‘n gemeenskap; dit rig negatiewe gevoelens (wat

veral veroorsaak word deur botsende belange) sodat individue en/of die gemeenskap benadeel word;

en dit dien as antwoord op die verklarings van oorsaaklikheid by abnormale gebeure.

Heksery verteenwoordig nie ‘n algemene begrip onder die Suidelike Bantoe nie en kan beskryf word

as die vermoë om ander mense te benadeel. Hekse is gewoonlik vroue; hulle beskik oor die vermoë

(wat oorgeërf word) om hul voorkoms te verander en selfs onsigbaar te word, of om sekere dienaars

in te span soos die thokoloshe (Zulu) of tokolose (Sotho), of “zombies” (izithunzela) (Hammond-Tooke

1993:170).

10

Wicca is ‘n term wat ‘heks’ beteken en is afgelei uit Oud-Engels (Ferraro 2001:305).

11 Satan is te aanb id d ie Judees-Chr is te l i k e du iwe l , dus d ie ant i tese van d ie Chr is te l i ke .

Page 32: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

Toordery is gebaseer op die oortuiging dat sekere mense (gewoonlik mans) in staat is om hul

medemense te benadeel of selfs dood te maak deur middel van medisyne en ander magiese stowwe.

Hulle is gewone mense wat hul medisyne by kruiedokters kry.

Towenaars en/of hekse word deur heldersiende persone (igqira – Xhosa, isangoma – Zulu, ngaka –

Sotho) uitgewys, waarop die gemeenskap so ‘n persoon gewoonlik op een of ander wrede manier om

die lewe bring. Heldersiende persone het besondere vermoëns, is deur die voorvaders geroep en

speel ‘n deurslaggewende rol in die normalisering van die gemeenskap. In die geval van die Nguni

was die heldersiende persoon ‘n geestesmedium wat in ‘n toestand van geestesvervoering kon optree

as medium vir die voorvaders. In die geval van die Sotho het die heldersiende gebruik gemaak van

dolosse. Hier is die hulp van die voorvaders ook ingeroep.

Voorkomende medisyne bied die enigste werklike beskerming teen toordery en heksery. Bloed, vet,

hare en urine, maar ook verskillende soorte kruie is belangrike bestanddele van sulke middels. Die

kruiedokter – of miskien is dit meer korrek om na hom te verwys as die apteker (inyanga – Zulu,

ixhwele – Xhosa, ngaka – Sotho) – met sy grondige kennis van medisyne was die voor die hand

liggende persoon om in dié verband te raadpleeg.

Gelowe oor heksery en toorkuns

Heksery vorm deel van die krag wat deur die Opperwese in die lewe geroep is. Daar word geglo dat dié krag gemanipuleer en deur sekere persone gebruik kan word, hetsy deur bemiddeling van die voorvaders of deur hekse of towenaars. In eersgenoemde geval word die krag gewoonlik vir ‘n goeie doel aangewend, terwyl dit in laasgenoemde gevalle vir iets boos aangewend word. Wanneer heksery vir kwaadwillige doeleindes gebruik word, hou dit gewoonlik gevaar in vir die persoon teen wie dit gemik is.

Beskuldigings van toordery kan die stres en spanning wat daar in die sosiale struktuur voorkom, verklaar. Beskuldigings van hierdie aard word gewoonlik tussen familielede gemaak. Wanneer teenspoed ‘n persoon tref, word aanvaar dat dit veroorsaak is deur iemand wie se sosiale posisie hom in konflik met die klaer gestel het (byvoorbeeld konflik tussen die vroue van ‘n veelwywer) of wie se gedrag om een of ander rede onaanvaarbaar is. In dié verband moet daarop gelet word dat die Bantusprekende mense van Suider-Afrika nie verklarings soek oor hoe dinge met hulle gebeur nie, maar eerder waarom hierdie dinge gebeur. In hierdie proses kan logiese en empiriese kennis nie verklarings bied vir al die vraagstukke waarvoor ‘n persoon te staan kom nie. Skrywers soos Forde (1976:xi) en Van der Walt (1976:3-8) huldig byvoorbeeld die mening dat die Bantoe nie beskik oor ‘n samehangende korpus wetenskaplike teorieë en kennis nie, of oor ‘n tradisie van kritiese ondersoek en filosofiese vraagstelling nie. As gevolg hiervan word verskynsels dikwels geplaas buite die bereik van elementêre naturalistiese verduidelikings en in die sfeer van die magiese. ‘n Duidelike tweeledigheid word gehandhaaf in die gevolglike verduideliking en dit is gewoonlik ontoelaatbaar (onvoldoende/afkeurenswaardig) om te probeer om aannames van ‘n magiese aard te kontroleer (en terwyl dit nie toelaatbaar is nie, is sodanige kontrolering ook nie nodig nie).

Toorkuns bied nie alleen verklarings van gebeure nie, maar word ook gebruik om iets teen te werk, te genees of te beskerm teen skade veroorsaak deur kwaadwillige toordery. Die Bantusprekende mense het in die verlede ‘n groot verskeidenheid gelukbringers, amulette, talismanne en medisynes vir beskerming gebruik en doen dit steeds. Die toepassingsveld van hierdie voorwerpe het binne die Westerse opset

Page 33: StudieStudie----eenheid 1eenheid 1eenheid 1 ...learning.ufs.ac.za/ANT224_ON/Resources/2. RESOURCES/2. UNIT 1/1... · die oorsprong van lewende dinge, objekte en gebruike. Hierdie

beslis verander: Dink byvoorbeeld aan die rol van gelukbringers by sportgeleenthede, in die werksituasie of om die liefde van ‘n persoon te wen.

Geloof in die aanwending van heksery is vandag nog wydverspreid en oral bekend. Die onderskeiding tussen die gebruik daarvan vir goeie of kwade doeleindes geld steeds. Dieselfde kan gesê word van handlangers soos die tokkelossie.

Let Wel!

Voordat u aangaan na die volgende studie-eenheid, is dit belangrik dat u eers ‘besin’. Wat beteken dit? Dit beteken om regtig na te dink oor die breë tema/onderwerp van die eenheid. Som dit wat jy in hierdie eenheid geleer het in die regterhandse kolom op. Deur te besin oor wat u in hierdie module geleer het, voltooi u die leersiklus. As ’n medebouer aan ‘nuwe’ kennis, moet u dikwels u standpunt herformuleer, herdefinieer en herposisioneer oor sake waarvan u vantevore slegs ’n bietjie lekekennis gehad het, en nou ’n meer ingeligte, wetenskaplikbegronde begrip het van die kwessies wat in die module aangespreek word.

EENHEID Tema/Onderwerp:

Wat ek weet (K) Wat ek wil weet (W) Wat ek geleer het (L)