15
1 OOSTELIKE SINODE Die Sinode wat Hoor, Dien en Lei . . . DIE KERKVERBAND VIR ONS TYD 1. VOORTGAANDE GESPREK 1.1 Een van die fokusse van die Sinodale Diensraad is om aan die rol van die kerkverband aandag te gee. Die lede beliggaam die kerkverband en moet sake vanuit die hoek van die Sinode hanteer. Dit is ’n uitdaging om telkens ’n skuif te maak en nie vanuit die eie gemeente se verwysingsraamwerk te dink nie. 1.2 Die gesprek oor die kerkverband word nie doelbewus op baie plekke gevoer nie. Daarom is dit die Sinodale Diensraad se verantwoordelikheid om die gesprek lewend te hou. Daarmee saam moet ook krities na die funksionering van die Sinode gekyk word. 1.3 Hierdie gesprek word veral sedert 1995 met groter erns in ons Sinode gevoer. Dit het uitgeloop op 1999 se nuwe strukturering van Sinode-wees en die sinodale werksaamhede na aanleiding van die visie, waardes en uitgangspunte van die Sinode, soos dit uit die Bybel duidelik geword het. 1.4 Gedurende 2011 is die gesprek aangevul deur die Algemene Sinode wat na hulle eie spesifieke rol en werksaamhede ondersoek ingestel het. Op grond van die ondersoek is die Algemene Sinode se samestelling en werksaamhede geherstruktureer. 1.5 Die rol van die ringe as kerkverband is ook omskryf, naamlik gefokus op gesamentlike werk, die bou van verhoudinge en die omsien na ampsdraers en amptenare. 1.6 Die Sinodale Diensraad het in 2012 ’n duidelike beeld van die huidige taak van die Sinode gevorm. Dit is in Bepaling 31 beskryf, naamlik: Werksaamhede van die Sinode 31.1 Die Sinode fokus op werksaamhede wat slegs die Sinode kan doen met betrekking tot: 31.1.1 predikante en hulle bediening:

sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

1

OOSTELIKE SINODE

Die Sinode wat Hoor, Dien en Lei . . .

DIE KERKVERBAND VIR ONS TYD

1. VOORTGAANDE GESPREK

1.1 Een van die fokusse van die Sinodale Diensraad is om aan die rol van die kerkverband aandag te gee. Die lede beliggaam die kerkverband en moet sake vanuit die hoek van die Sinode hanteer. Dit is ’n uitdaging om telkens ’n skuif te maak en nie vanuit die eie gemeente se verwysingsraamwerk te dink nie.

1.2 Die gesprek oor die kerkverband word nie doelbewus op baie plekke gevoer nie. Daarom is dit die Sinodale Diensraad se verantwoordelikheid om die gesprek lewend te hou. Daarmee saam moet ook krities na die funksionering van die Sinode gekyk word.

1.3 Hierdie gesprek word veral sedert 1995 met groter erns in ons Sinode gevoer. Dit het uitgeloop op 1999 se nuwe strukturering van Sinode-wees en die sinodale werksaamhede na aanleiding van die visie, waardes en uitgangspunte van die Sinode, soos dit uit die Bybel duidelik geword het.

1.4 Gedurende 2011 is die gesprek aangevul deur die Algemene Sinode wat na hulle eie spesifieke rol en werksaamhede ondersoek ingestel het. Op grond van die ondersoek is die Algemene Sinode se samestelling en werksaamhede geherstruktureer.

1.5 Die rol van die ringe as kerkverband is ook omskryf, naamlik gefokus op gesamentlike werk, die bou van verhoudinge en die omsien na ampsdraers en amptenare.

1.6 Die Sinodale Diensraad het in 2012 ’n duidelike beeld van die huidige taak van die Sinode gevorm. Dit is in Bepaling 31 beskryf, naamlik:

Werksaamhede van die Sinode

31.1 Die Sinode fokus op werksaamhede wat slegs die Sinode kan doen met betrekking tot:

31.1.1 predikante en hulle bediening:

31.1.2 die Kerkverband (gemeentes, ringe, ander Sinodes, die Algemene Sinode) en ander Kerke;

31.1.3 die breër gemeenskap veral in ons sinodale gebied.

31.2 Die Sinode gee leiding, bepaal beleid en skep strukture om hieraan uitvoering te gee.

31.3 Elke saak op die Sinode se tafel word beoordeel volgens die punte hierbo. Indien dit daaraan voldoen, word dit in prioriteitsorde hanteer.

1.7 Hiermee word beskryf hoe die Oostelike Sinode die vraag beantwoord wat die Sinode moet doen. Dit bly egter voorlopig, omdat die gesprek steeds voortgaan.

Page 2: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

2

2. DIE SINODE AS KERKVERBAND

2.1 Uitgangspunte

2.1.1 Die Sinode is die sigbare uitdrukking van die wesenlike eenheid van die Kerk. Dit word bepaal deur: (a) die Gereformeerde Skrifverstaan en (b) die drie Gereformeerde belydenisskrifte

2.1.2 Die Sinode gebruik die familiemetafoor om ’n klimaat te skep waarbinne ons in ons tyd sinvol Kerk kan wees.

2.1.3 Elke kerkvergadering (gemeente, ring, Sinode en Algemene Sinode) het ’n eie funksie; en die Sinode doen slegs wat die Sinode behoort te doen.

2.1.4 Hoe verder ’n vergadering van ’n gemeente verwyder is, hoe minder permanensie en struktuur behoort dit te hê.

2.1.5 Die wesenlike van kerkwees is dat die Kerk in verhouding staan met God, haarself en die wêreld. Hierdie aspekte behoort in elke werksaamheid van die Sinode gestalte te kry.

2.1.6 Die Sinode fokus op gesonde gemeentes, veral in ons gebied, in diens van die koms van die koninkryk.

2.2 Waardes

Die volgende word as waardes van die Sinode gevestig:

2.2.1 Ons wil voor God leef soos Jesus ons geleer het.

2.2.2 Ons wil besluite neem wat berus op die Bybel en ons belydenis.

2.2.3 Ons wil soos ’n gesonde familie in goeie, liefdevolle verhoudings met mekaar leef.

2.2.4 Ons wil sensitief wees vir die veranderende manier waarop mense die wêreld verstaan en daarin leef.

2.2.5 Ons wil ruimte maak vir God se ryke verskeidenheid van mense en gemeentes.

2.2.6 Ons wil met God se liefde uitreik na die nood van die wêreld.

2.2.7 Ons wil groei in verhoudinge met gelowiges van ander Kerke.

2.3 Visie

2.3.1 Die Oostelike Sinode het as visie geformuleer dat dit die Kerk se wesenlike taak en roeping is om God drie-enig te aanbid, mekaar onderling te versorg en om getuienis in die wêreld te lewer. Ons-is-daar-vir-God; ons-is-daar-vir-mekaar en ons-is-daar-vir-die-wêreld.

2.3.2 Die eerste embleem wat die Sinode gebruik het, beeld hierdie drie elemente grafies uit.

Page 3: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

3

2.4 Proses van die Sinode

2.4.1 Met die Proses van die Sinode word bedoel: die wyse waarop sake op die tafel van die Sinode of Sinodale Diensraad kom en hoe daarmee gehandel word.

2.4.2 Sake kom in die Posbus (op die tafel van die Sinodale Diensraad), dit word gesorteer en prioriteite bepaal en daarna word aangedui watter uitkomste verwag word en uiteindelik word hierdie uitkomste geëvalueer.

2.4.3 Prioriteite word bepaal deur ’n saak aan ’n aantal kriteria (siwwe) te meet. Eerstens word Bepaling 31 gebruik om te bepaal of die Sinode hieraan aandag behoort te gee. Tweedens word die matriks belangrik - nie-belangrik en dringend - nie-dringend gebruik om die prioriteitsorde te bepaal.

2.4.4 Daar word uitvoering aan hierdie prioriteite gegee deur van die projekbenadering gebruik te maak, wat die volgende insluit:

’n Projek het ’n begin en ’n einde’n Spesifieke begroting word toegekenBepaalde uitsette word beplanDit word telkens geëvalueer.

2.5 Slagspreuk gekoppel aan die visie

Hierdie slagspreuk sê kortliks vir die gemeentes, wat die Sinode doen of wil doen. Die Sinode se fokus is om die gemeentes te help en te ondersteun om gesonde gemeentes te wees wat ’n verskil in die wêreld maak, in diens van die koninkryk van Jesus Christus. Die slagspreuk is soos volg saamgevat:

Die Sinode wat Hoor, Dien en Lei.

Page 4: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

4

3. HOE DIE STRUKTUUR LYK WAT DIE TAAK UITVOER

3.1 Sinodale Diensraad

3.1.1 Die Sinodale Diensraad voer ’n leierskapfunksie uit ten opsigte van al die sake wat op die tafel kom. Hulle moet letterlik sif of ’n saak ’n Sinode-saak is of nie. Daarvoor word Bepaling 31 gebruik.

3.1.2 Indien dit wel ’n Sinode-saak is, moet die prioriteit van die saak bepaal word. Daarvolgens word personeel, tyd en fondse aan die saak toegeken. Die Sinode beskik slegs oor ’n beperkte hoeveelheid personeel, tyd en fondse. Prioriteite skuif bo in, wat veroorsaak dat ander sake onder uitval.

3.1.3 Werksaamhede word op ’n projekmatige wyse gedoen, vergelyk punt 2.4.4 hierbo.

3.1.4 Die Sinodale Diensraad is hiervolgens saamgestel. Dit bestaan uit: Die Voorsitter, Ondervoorsitter, sewe Sinodale Leiers (twee nie-gelegitimeerdes) plus die Uitvoerende Amptenaar. Die Kerkregkundige, die Bedryfsbestuurder en die Voorsitter van die Fondse diensgroep word as volwaardige lede gekoöpteer.

3.1.5 Van die projekleiers kan by geleentheid in die Sinodale Diensraad gekoöpteer word, indien nodig.

3.1.6 Die huidige Voorsitter is Dirkie van der Spuy van Moreletapark en die Ondervoorsitter is Lourens Bosman van Lux Mundi.

3.1.7 Vorige Moderators van die Sinode was: Oom Doom Mostert van Middelburg-Kanonkop (1979), ds Freek Swanepoel van Skuilkrans (1987) en prof Piet Meiring van Lynnwoodrif (1995). Vorige Voorsitters (na die herstrukturering) was ds Gerrie Doyer van Witrivier (1999), dr Johann Ernst van Doornkloof (2003), dr Johan van Schalkwyk van Lynnwoodrif (2007) en dr Ferdie Clasen van Tygerpoort (2012).

3.2 Projekspanne

3.2.1 Die Sinodale Diensraad het ’n bepaalde leierskapfunksie, soos in punt 3.1 hierbo beskryf. Die werksaamhede wat gedoen word, word deur die projekspanne uitgevoer.

3.2.2 Hierdie projekte word uitgevoer in die lig van die benadering soos in punt 2.4.4 hierbo genoem.

Page 5: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

5

3.2.3 ’n Projekspan word gelei deur ’n projekleier. Die Projekspanne word so saamgestel dat een persoon slegs as leier van een projek optree. Hy / of sy kan wel ook ’n lid van ’n ander projekspan ook wees.

3.2.4 Terugvoer word aan die Sinodale Diensraad gegee, sowel as die evaluering van die uitkomste van die projek.

3.3 Ondersteuning

3.3.1 Die ondersteuning aan die werk van die Sinode moet daar wees, ongeag op watter wyse die werk gedoen word. Die werksaamhede van die personeel in die Sinode huis word volgens die strategie van die Sinode gereël.

3.3.2 Hierdie ondersteuning sluit die volgende in: Finansies, Kerkreg, Personeel, Argief, Administrasie, Kommunikasie en Eiendom.

3.4 Skematiese voorstelling

3.4.1 Skematies lyk die struktuur soos volg:

4. VERSKILLENDE KERKVERGADERINGE

4.1 Elk van die verskillende kerkvergaderinge het ’n eie fokus. Hulle het ook ’n spesifieke funksie wat nie deur die ander vergaderinge verrig kan word nie. Die Algemene Sinode bepaal beleid; die Sinodes ondersteun; die ringe bou verhoudinge en die gemeentes doen die werk op plaaslike vlak. Die skets dui elk van die vergaderinge se fokusse aan.

Page 6: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

6

5. PLEK VAN DIE GEMEENTE

5.1 Kerkwees vind in gemeentes plaas. Daarom is 'n uitgangspunt van die Sinode dat ons fokus op gesonde gemeentes in diens van die koms van die Koninkryk. Dit is gemeentes wat ’n verskil in hulle omgewing maak.

5.2 Gemeentes moet soos blomme in 'n kelk wees. Die Sinode het doelbewus gekies teen 'n hiërargiese struktuur waar elk vergadering dieselfde sake hanteer. Die tradisionele siening van ’n hiërargiese struktuur is omgekeer, waar elke funksie van “bo” tot “onder” herhaal en voorgeskryf word. Nie meer ’n piramide nie, maar ’n kelk, waarin die blomme (gemeentes) geplaas kan word.

5.3 Die gemeentes bestaan nie ter wille van die ander kerkvergaderinge nie. Elke vergadering het ’n eie fokus en funksie. (Die ring, Sinode en Algemene Sinode moet juis voedingstowwe vir die blomme voorsien.)

6. SINODESITTINGS

6.1 ’n Sinodesitting is ’n familiefees!! Volgens die Bybel is gelowiges mos ’n nuwe familie. Tydens ’n sitting kom die familie sigbaar bymekaar. Hierdie familiefees word gekenmerk deur te deel in mekaar se lewens, stories te vertel, foto's te wys, lekker saam te eet en in ’n mooi omgewing bymekaar te kom.

6.2 Die Sinode is ’n vergadering van gemeentes-in-sitting. Elke gemeente moet minstens een leraar en een ander kerkraadslid (ouderling of diaken) na die sinodesitting afvaardig. Vir elke leraar wat afgevaardig word, moet ook ’n kerkraadslid afgevaardig word. Dit beteken dat elke predikant nie noodwendig na die sinodesittings afgevaardig word nie. Dit het uitkoms gebring vir gemeentes met talle tentmakers. (Min predikante verkies egter om weg te bly!)

6.3 Fokus op deelname

6.3.1 Die sinodesitting word so gereël, dat maksimale deelname van al die afgevaardigdes verseker word. Daarom word rondom ronde-tafels gesit en genoeg tyd vir tafel gesprekke as ononderhandelbaar beskou. Enige persoon kan dus deelneem. Ons gebruik ook Indekskaarte, waarop enigeen, ter enige tyd enige iets kan skryf oor sake, wat ter tafel of nie ter tafel is nie.

6.3.2 Die verloop word dus doelbewus beplan dat sekere persone nie die hele tyd praat nie. Nog aan tafel, nog tydens die terugvoer en algemene gesprekke, moet dit dieselfde persone wees.

6.3.3 Persone wat die verslae hanteer, is dus nie inleiers, wat jou van hulle standpunt moet probeer oortuig nie. Hulle dui slegs aan hoe die proses met die saak gevorder het. Dit is soos die bakens op ’n padkaart, wat aangedui word.

6.3.4 Die sitting word doelbewus volgens verskillende “formate” ingedeel, wat elk volgens eie reëls geskied. Tydens die Inligtingsformaat word slegs van alles kennis geneem. Gewoonlik is dit die verslae in die Sakelys en aanbiedinge deur die gebruik van die multi-media.

Page 7: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

7

Die tweede is die Konferensieformaat. Dit bied geleentheid vir die maksimum deelname van die belangstellendes by die saak. Hiertydens word genoeg tyd vir (tafel)-gesprekke toegelaat. Terugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar

word nie noodwendig besluite geneem nie.

Besluitnemingsformaat geskied volgens die reëls van vergaderinge om tot ’n besluit te kom. In dié verband word daar dan afgewyk van die meer informele karakter van 'n familiegesprek. Die formele vergadering prosedures (soos ook by 'n huisvergadering)

geld dan hier. Die prosedures word dan sorgvuldig toegepas ten einde die gesprek regverdig te lei en tot besluitneming te kom.

6.3.5 Daar word nie graag oor ’n saak gestem nie. Ons probeer eerder konsesus bereik. Indien wel gestem moet word, gebruik elke afgevaardigde drie kleurkaarte. Die kaarte van elkeen se keuse, word gelyktydig opgesteek, sodat die “kleur” van die vergadering met een oogopslag gesien kan word. Indien die kleur nie sondermeer duidelik is nie, word die saak eerder terugverwys. Groen is “ja,” rooi is “nee” en geel is “onseker.”

6.4 Siklus van sinodesittings

6.4.1 Die Sinode het op hierdie siklus besluit om die werksaamhede van ’n termyn te doen. ’n Termyn is dan die tydperk (ongeveer) vier jaar tussen die verkiesings van die Sinodale Diensraad.

6.4.2 Na die verkiesing van die nuwe Sinodale Diensraad word die prioriteitsake vir die termyn bepaal. Dit word projekmatig gedoen aan die hand van die eie taak van die Sinode.

6.4.3 Die eerste sitting van die termyn is om vordering te toon en ook persone te werf om saam te werk. Klem word op die verhale van die gemeentes gelê.

6.4.4 Tydens die tweede sitting van die termyn word ’n nuwe Sinodale Diensraad aangewys en die afgevaardigdes begin om sake vir die nuwe termyn op die tafel te plaas.

6.4.5 Die huidige termyn word beïnvloed deur die ritme van die Algemene Sinode se sittings; die proses in verband met Belhar; sowel as projekte wat reeds op die tafel is. Die sinodesittings tydens hierdie siklus vind gedurende 2012, 2014 en 2016 plaas.

7. PRIORITEITSAKE

7.1 Omdat die Sinode met prioriteite werk, is daar sake wat nie dadelik aandag kan geniet nie. Die sake kan egter die potensiaal hê om wel prioriteite te word. Ander sake kan uitval en op die parkeerterrein beland. Dit kan skematies soos volg voorgestel word:

Prioriteit - - - - - - - - ↓- - - - ↑- - - - - - - - - - - - - - - - -↑ - - - - - ↓- - - - - - - -

Uitval of op die parkeerterrein

Page 8: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

8

8. DIE PLEK VAN DIE RINGE

8.1 Die plek en funksie van die ring is soos volg beskryf (2002):

“Die primêre taak van die ring is om leraars, gemeentelike leiers en gemeentes geestelik op te bou en te ondersteun, met die oog op die uitlewing van die wesenlike roeping van die Kerk.” Die volgende aspekte is onderskei:

Een: Om die voorbeeld te stel en geleenthede te skep vir die uitlewing van die verhoudingsgerigte kenmerke van die Kerk.

Twee: Om te help met die organisatoriese taak, deur netwerke te skep.

Drie: Om te dien as skakel tussen gemeentes en ook met die Sinode, indien nodig.

9. VOETSOOL SINODESITTINGS

9.1 Gedurende 2004, 2008 en 2013 is Voetsool sinodesittings gehou, om te hoor wat in die hart van die lidmate leef. Tydens die eerste geleentheid is gevra hoe hulle die wêreld beleef en wat die sake is waarmee die Sinode kan help. Tydens die tweede geleentheid is gevra hoe lidmate die Bybel in ons dag hoor. Tydens die derde geleentheid is aandag gegee aan die proses in verband met die Belydenis van Belhar.

9.2 Tydens 2004 is gemeentes volgens hulle grootte ingedeel. Dit het gemeentes met ’n soortgelyke funksionering bymekaar gebring. Dit was

’n Groep gemeentes met Drie en meer leraars.

’n Groep gemeentes met Twee leraars.

Drie groepe gemeentes met Een en minder leraars.

9.3 Tydens 2008 en 2013 is gemeentes geografies ingedeel. Hiermee kon gemeentes met ’n soortgelyke omgewing besin oor die taak van die Kerk.

9.4 Lidmate is afgevaardig, wat die profiel van die gemeentes uitgebeeld het. Lidmate het deelgeneem, wat nie sommerso by sinodesittings opdaag nie.

9.5 Die geleenthede is op plekke gehou, waar daar nie tradisioneel sinodesittings plaasvind nie. So ook is verskillende persone gebruik om die leiding te neem.

Page 9: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

9

10. FONDSE

10.1 Sinodale bydraes word gevorder as ’n persentasie van die vorige jaar se totale lopende inkomste.

10.2 Die Fondse diensgroep en die Sinodale Diensraad het spesifiek daaraan gewerk dat die persentasie watin die berekening gebruik word, moet daal. Die geldwaarde van die toekennings het van R4 889 687 in 1994/1995 tot R7 514 675 in 2014/2015 gestyg. Indien 1994/1995 se bedrag met die inflasie-koers aangepas is, sou die waarde daarvan R15 990 868 moes wees. Hierdie verminderde bedrag vir sinodale werksaamhede is in lyn met die Sinode se beleid dat soveel as moontlik fondse plaaslik vir die gemeentes beskikbaar moet wees.

10.3 Die Sinodale Diensraad het gedurende 2012 besluit dat 4,3% ’n billike persentasie vir die sinodale bydraes is. Dit is voldoende dat die Sinode hulle funksie kan uitvoer om ’n verskil te maak en dit laat voldoende fonds in die gemeentes om plaaslik te kan werk. Vir 2014/2015 was die persentasie egter slegs 3,8%.

11. Feesjaar 2009

Gedurende 2009 is ’n feesjaar gehou om die 30 jarige bestaan van die Sinode te herdenk. Daar is veral op die verhaal van die Sinode gekonsentreer, soos dit vertel is van een familie byeenkoms na ’n ander (sinodesittings). Daar is telkens dank uitgespreek oor die oorgange wat die Sinode gemaak het om doelbewus te fokus op verhoudings-gerigtheid, luister na die sake in die harte van lidmate en funksioneer met prioriteite volgens ’n projekbenadering.

11. Fokus van die Sinodale Diensraad

Die Sinodale Diensraad het besluit dat daar twee fokusse vir die termyn 2012 tot 2016 moet wees. Al die projekte word ook hiermee belyn. Die fokusse is:

Een: Om predikante te help om optimaal te funksioneer deur hulle toe te rus, te versorg en hulle spiritualiteit te verdiep.

Twee: Om versoening te bevorder deur gemeentes aan te moedig om in gemeenskappe betrokke te wees deur middel van netwerke.

Page 10: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/Kerkverband2015.doc · Web viewTerugvoer word op verskeie maniere gedoen, maar daar word nie noodwendig besluite geneem nie. Besluitnemingsformaat

10

13. Gemeentes

Die 85 gemeentes is soos volg versprei

13.1 In en om Pretoria is daardie volgende groepe gemeentes:

Een leraar gemeentes - 6Twee leraar gemeentes - 3Meer leraar gemeentes - 13

13.2 Buite Pretoria is daardie volgende groepe gemeentes:

Een leraar gemeentes - 41Twee leraar gemeentes - 15Meer leraar gemeentes – 7

Vergelyk die Sinodes se webwerf – www.sinoos.co.za vir meer besonderhede.