24
Hoërskool Aliwal-Noord – Ons gee om Landsdienskamp te Karnmelkspruit Die Ons Gee Om Landsdieners het die afgelope naweek hul jaarlikse klubkamp gehad. 53 gr.9- 12 leerders het die kamp meegemaak. Karnmelkspruit kampterrein is ‘n gunsteling kampplek vir baie leerders. Die kampers kan heerlik baljaar in die stroom en van die rots afspring of lekker speel op die groot grasperke. Die program het afgeskop met ‘n stap na die “Aasvoël Restaurant”. Die leerders kon rustig sit en die asemrowende kranse aanskou en die Aasvoëls besigtig wat vlak voor hulle verby gesweef het. Die aandprogram van braai en kampvuur konsert hou is ‘n bietjie ingeperk deur die reën. Die nattigheid het nie die leerders te veel gepla nie – daar is heerlik gebraai en selfs konsert gehou. Saterdagoggend was die leerders vroeg uit die “nat” vere. Die reën het bedaar en die kampers kon ‘n lekker uitdagende stappie na die ou treinbrug neem. Daarna is die bewaringstaak aangepak. Hulle het kankerroos, oliebome, brandnekels en duwweltjies op die kampterrein verwyder. Na I N D A B A 1 FEB

landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Hoërskool Aliwal-Noord – Ons gee om

Landsdienskamp te Karnmelkspruit

Die Ons Gee Om Landsdieners het die afgelope naweek hul jaarlikse klubkamp gehad. 53 gr.9-12 leerders het die kamp meegemaak.Karnmelkspruit kampterrein is ‘n gunsteling kampplek vir baie leerders. Die kampers kan heerlik baljaar in die stroom en van die rots afspring of lekker speel op die groot grasperke.

Die program het afgeskop met ‘n stap na die “Aasvoël Restaurant”. Die leerders kon rustig sit en die asemrowende kranse aanskou en die Aasvoëls besigtig wat vlak voor hulle verby gesweef het.

Die aandprogram van braai en kampvuur konsert hou is ‘n bietjie ingeperk deur die reën. Die nattigheid het nie die leerders te veel gepla nie – daar is heerlik gebraai en selfs konsert gehou.

Saterdagoggend was die leerders vroeg uit die “nat” vere. Die reën het bedaar en die kampers kon ‘n lekker uitdagende stappie na die ou treinbrug neem. Daarna is die bewaringstaak aangepak. Hulle het kankerroos, oliebome, brandnekels en duwweltjies op die kampterrein verwyder. Na middagete kon die handwerkprojek gedoen word. Valentynsdag was die tema en elke leerder kon ‘n oulike spyker en wol hartjie vir ‘n geliefde maak. Baie dankie aan Juffrou Zizi Rens, Mnr J.F Bosch en Juffrou C. Lombard wat die kamp meegemaak het. Baie dankie aan Juffrou Lorinda van Jaarsveld wat gesorg het dat almal se magies Saterdag vol kom na die lang stap. Baie dankie aan Ian en Elize Cloete wat altyd soveel moeite doen om die kampterrein en geriewe gereed te kry en daar te stel vir die Landsdiens. Julle goedgesindheid word opreg waardeer!

I

N

D

A

B

A1

FEB2017

Page 2: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is op die LandsdiensbestuurJanco LabuscagnieBenathi BejeWalt VorsterImiell ChristensenGlendi VorsterAkho MakomfanaChris TheronRuche BosmanMegan du ToitDante StephensonZyan Pretorius

Strandloper 2018

Tydens die langnaweek het 19 Landsdiens Alies die Strandloper voetslaanpad aangepak. Die stappers moes sterk winde, sagte sand, ronde klippe en riviere trotseer terwyl hul al hul eie bagasie moes dra. Die Strandloper roete behels ‘n afstand van 62km. Die roete was as volg. Op dag een het hulle van Keimond na Double Mouth karavaanpark gestap (12km). Die tweede dag het hulle van Double Mouth na Haga Haga en weer terug gestap (18km). Dag 3 het hulle van Haga Haga na Cintsa-Oos gestap (18km). Op die laaste dag het die stappers baie vroeg opgestaan en opgepak en met ‘n stewige pas gestap van Cintsa-Oos tot Kwelêra mond (14km) en dadelik afgedroog, in die bussie geklim en teruggekeer na Alieland. Die stappers moet elke dag vir hulself op gasstofies kos maak. Dit was baie goeie ondervinding en almal sal definitief weer gaan kamp en stap.

Baie dankie aan Media Market vir die borg en drukwerk van die kamp hempies.

Karli van der Walt

Page 3: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Graad 8 Landsdienskamp

Die graad 8 Landsdieners het die naweek van 26-28 Oktober gaan kamp op Steepside, naby Rhodes. Hulle was baie gelukkig met die weer, want die vorige naweek was dit minus 8 grade daar.

Die Vrydag na die kamp opggeslaan is, het hulle die area verken op ‘n kort staptog en oor die hangbruggie geloop. Na heerlike worsbroodjies vir aandete is daar weer ‘n ent gestap sodat die sterre bestudeer kon word en die pragtige maan opkoms ook mooi gesien kon word. Die aand is daar gesellig saam verkeer en die kampers moes gewoond raak dat daar nie elektrisiteit is nie.Saterdagogend was almal vroeg uit die vere en na godsdiens en ‘n integriteit-aktiwiteit het hulle na die San-tekeninge toe gestap. Met die terugkeer was almal warm gestap en kon daar heerlik in die rivier baljaar en afgekoel word. Na ‘n piekniekmiddagete het hulle handwerk gedoen en die res van die middag die natuur geniet, geswem en speletjies gespeel. Die kampers moes self hout bymekaarmaak en hulle potjiekos vir die aand maak. Na ete kon hulle lekker “marshmallows” braai.

Sondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad huis toe aangedurf is. Die kampers het hul eerste Hoërskoolkamp terdee geniet!Baie dankie aan Juffrou Zizi Rens, Mnr Bennie Rens en Juffrou Meyra Venter wat die kamp gereel en meegemaak het.

Page 4: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Speel van kaartOns speel bietjie kaart met die juniors. Hulle het al vergeet hoe lekker dit is of dalk nog nooit gespeel nie

Vetplante

Die junior leer hierdie kwartaal bietjie meer oor vetplante. Dit is baie droog in Aliwal maar daar is altyd iets wat blom in n vetplanttuin al is dit hoe droog. Hulle leer om hulle te identifeer, te plant en wat hulle gebruike is. Ons plant ook vetplante in ons landsdiens skooltuin. 2 0 Februarie het ons potjies met chalk paint geverf en daarna steggies van vetplante daarin geplan.

Page 5: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Hoërskool Burgersdorp

“Movie”-aand

Hoërskool Burgersdorp se Landsdiens vier die liefdesweek met 'n fliekaand. Terwyl elkeen aan popcorn en ander lekkernye gesmul het, het die rolprent "Endless Love" gespeel.

Entrepeneursdag

Hoërskool Burgersdorp se Landsdiens het 'n Yum-Burger stalletjie gehad by hulle skool se jaarlikse Entrepeneursdag. Dit was 'n lang dag gewees. Ongeveer 200 burgers was verkoop gewees. Dankie vir elke Landsdiensbestuurs lid se bydrae en hulp.

Gr8 kamp

Page 6: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Tydens die eerste naweek van die 2019 skooljaar het Hoërskool Burgersdorp se Landsdiensbestuur en die nuwe Gr8 klas te Oviston gekamp. Hulle het by die Siloam Village gebly.

Die kamp is afgeskop met verskeie ysbrekers. Daarna was dit ‘n nagmars en godsdiens gewees. Die klomp is toe net voor 12 in die bed en reg vir slaap. Hulle is weer vroeg op gewees en reg vir die dag se aktiwiteite wat boeresport, swem, modderbaan en stap ingesluit het. Die aand het hulle hulle konserte opgevoer terwyl elke span sy eie potjiekospot gemaak het. Ons wen span was span 6 en daar het nie eers ‘n drupel van hulle pot oorgebly nie. Die aand is afgesluit met sang en godsdiens.

Sondagoggend was dit oppak en opruim tyd gewees. Na ontbyt het ons weer terug vertek na Burgersdorp. Dankie aan elkeen vir hulle positiewe bydrae en hulle tyd wat hulle opgeoffer het.

Page 7: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Hoër VolkskoolHVS LANDSDIENERS KAMP IN TSITSIKAMMA

Op Vrydag, 15 Februarie, is die sleepwa volgelaai en het die opgewonde groep van 36 leerders in die pad geval na Tsitsikamma Sunrise Karavaanpark vir die jaarlikse Landsdienstakkamp.

Met die aankoms by die karavaanpark is tente opgeslaan – vir ‘n hele paar kampeerders was dit ‘n baie uitdagende aktiwiteit om sonder instruksies geleende tente staan te maak. Terwyl die kos-ouers die aandete voorberei het, het die groep saam met twee gidse op ‘n twee uur-lange nag staptog deur die woud vertrek. Die reuk van dennenaalde was oorheersend en die sterreprag iets besonders om te aanskou.

Saterdag oggend is die 9 km Soutrivier staproete aangedurf. Hierdie sirkelroete begin op die strand by Nature”s Valley en kronkel dan in die woud al teen die berg uit tot op die kruin waarna daar weer teen die steiltes afbeweeg word tot by die Soutrivier. Hierna loop die roete al langs die rivier in die rigting van die mond en is die laaste gedeelte van die roete op die rotslyste langs die kus tot op die strand naby die winkel. ‘n Uitdagende roete vir dié wat aan hoogtevrees ly.

Die pragtige strand by Beacon Isle is besoek en die Karookinders kon heerlik in die see baljaar. Na middagete is die groentetuin by die kampterrein behoorlik skoongeskoffel. Tydens die aandaktiwiteit is daar ‘n potjiekoskompetisie gehou.

Die kamp word afgesluit met ‘n boomplant aktiwiteit. Gate is gegrawe en geelhoutbome is op die aangewese plekke al langs die grensdraad geplant in voorbereiding van ‘n toekomsvisie vir bekostigbare huisvesting van bejaardes.

Oppad terug is die Stormsrivier dorpie besoek waar die unieke Marilyn’s 60’s Diner baie aandag getrek het. Sondag, teen 16:30 was almal weer veilig uit en tuis.

Laerskool Burgersdorp

Oorslaap

Die 20ste Februarie het 82 lede van Laerskool Burgersdorp se Landsdiens ñ kamp by die skool gehad. Almal het hulle tentjies opgeslaan en daarna het die fees begin. In 4 groepe

Page 8: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

moes hulle ñ ‘amazing race’ doen. Eerstens moes hulle papiere optel- Liefde vir Natuur, 2de het hulle bikkieskos insamel van deur tot deur in die dorp - Liefde vir Medemens en 3de moes hulle vir mense bid of liedjies sing- Liefde vir God. Daarna is stokbrood gemaak en vleisgebraai. Die lantern bekruip was bietjie moeilik met die volmaan. Die nagmars is elke jaar ñ hoogtepunt, party was maar lekker bang. Die aand is afgelsluit met ñ lekker koppie koffie en praise en worship. Dankie vir almal se bydrae tot die lekker oornag.

Landsdiensbestuur

Maandag 4 Februarie het Laerskool Burgersdorp hulle Landsdiensbestuur vir 2019 gekies en ook daarna lekker speletjies gespeel. Baie geluk aan die volgende lede: Milla de Klerk , Xian Smit, Alexander Bodenstein, Azi Stafa, Eldene Potgieter en Elri van Heerden.

Afskop

Laerskool Burgersdorp se Landsdiens het 2019 afgeskop met ñ lekker waartlemoen fees met lekker eet en smeer. Die kinders het hulle gate uit geniet en was behoorlik taai. Na die waartlemoen kon die kinders lekker slipperly slide. Ons hoop vir ñ jaar waar ons nog meer lede as 2018 sal wees. Die leerders is baie opgewonde vir al die jaar se aktiwiteite en kampe wat voorlê.

Page 9: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad
Page 10: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Afsluiting 2018

Laerskool Burgersdorp het ñ mini rainbow run met hulle afsluiting gehad. Almal het dit baie geniet, veral die wat eintlik nie wou vuil word nie...

Ons sê ook baai vir Juffrou Sam wat gaan verhuis. Ons gaan jou verseker baie mis en ons harte is baie seer. Baie dankie vir jou toegewydheid teenoor die Landsdiens en altyd nuwe idees vir aktiwiteite. Ons bid seën en voorspoed vir jou nuwe hoofstuk van julle lewe.

Skattejag en speletjies

Laerskool Burgersdorp se Landsdiens het 20 Augustus, ñ baie lekker skattejag gehad. Leerders moes in groepe leidrade op die skoolgrond volg om op die ou einde ñ legkaart te kan voltooi. Hulle het baie mooi in hulle groepe saamgewerk en op die einde het die groenspan gewen. Nadat almal klaar gebou en gesoek het, het hulle ñ lekker speletjie gespeel wat die leerders baie geniet het.

Page 11: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Skoonmaak

Laerskool Burgersdorp se landsdiens het besluit om die lente af te skop met ñ ‘dorp skoonmaak’. Somiges het net vir die lekker saamgeloop, maar daar was leerders wat hulself as ware Landsdieners bewys het. Die graad 6 leerders het altesaam 8 swartsakke rommel slegs in die middeldorp opgetel. Dit maak ons trots om te sien dat BLS so mooi kan saamwerk om Liefde vir die natuur en medemens te kan uitleef. Ons dorp lyk na vandag netjieser en skooner.

Laerskool Aliwal-Noord

LSAN het Landsdiens prysuitdeling gehad! Daar is toekennings uitgedeel en die nuwe bestuur is aangekondig. Hierdie Gr 7's kry hul goue % toekennings.Graad 6'se wat vir silwer % gekwalifiseer het.Graad 6'se wat steenbokkies gekry het. Tweede jaar lid!Graad 6-lede wat sertifikate gekry het.Graad 7's wat vir hul silwer % gekwalifiseer het.N groot groep graad 5's kry hul steenbokkies!3 van ons bestuurslede ontvang leierskaptoekenningsStudent onderwysers wat hul leierskap toekenning ontvang.Studentonderwysers wat hul silwer % toekennings ontvang.Die nuwe bestuur vir 2019 word volgens Alie-tradisie gelukgesê!Nuwe bestuur 2019: Jana Schoeman, Nienie Tauber, Jané van der Walt, Pat Cloete en Cody Joubert.Op egte Landsdienswyse vier ons ook sommer vandag n verjaarsdag!

Page 12: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Handwerk

Laerskool Aliwal-Noord se graad 4- en 5 Landsdieners het vanmiddag ietsie moois gemaak om dalkies in 'n mamma of ouma of tannie se kerskous te sit! Almal het hul kreatiwiteit en vingervaardigheid ingespan en die eindprodukte was pragtig!

Page 13: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Landsdiens by ANLS

Uit ons geledere het daar vanjaar nog weinig op sosiale media verskyn en ons Landsdiensvriende dink sekerlik al dat Laerskool Aliwal_Noord se “Ons Gee Om-Klub” glad nie vanjaar uit die blokke gaan kom nie! Maar ons kan tog vandag vir almal die versekering gee dat ons wel deeglik afgeskop het en dat ons al ‘n hele paar oulike projekte aangepak het.

Die registrasieproses is amper afgehandel en ons klub spog reeds met ‘n ledetal van 174 vir 2019! Met ons heel eerste Landsdiensbyeenkoms het Juf. Elna vir almal die agtergrond van Landsdiens vertel en daarna het die studentonderwysers heerlike pret-aktiwiteite in spanverband aangebied. With those team building activities the Land Service year kicked off and everyone took all four pillars of Land Service home as their everyday motto to live by.

Net so kort voor Valentynsdag was ons volgende Landsdiensmiddag. Die graad 6- en 7-lede het nie minder nie as drie verskillende aktiwiteite aangepak! We had lots of fun decorating (and eating!) little heart-shaped biscuits which our teachers baked. Every member also received one extra cookie to put in a special box for a loved one, in the spirit of Valentine’s day. Hierdie houertjies lyk soos vierkantige piramides en is self deur elke lid gevou en gemaak. Met ‘n mooi strikkie as afronding, was hierdie sommer ‘n pragtige ietsie om huis toe te neem. The third activity was to make a heart-shaped beaver to hang in your window or outside your door, just reminding our Land Service members that Land Service revolves around Love for our Creator, Love for the Environment, Love for Labour and Love for our Fellowmen.

The grade 4 and 5-members learned how to make their own snow globes. They had a lot of fun and everything (and everyone) was full of glitter! Die eindprodukte het almal se stoutste verwagtinge oortref en ons kinders het weer, so eie aan Landsdiens, ‘n nuwe vaardigheid aangeleer om huis toe te neem.

Page 14: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Minder as ‘n week later was dit die Graad 7-lede se jaarlikse klubkamp. Ons het vanjaar op die natuur gefokus en ‘n heerlike tentekamp by Breakaway Trials in die Rouxville-distrik gehou. ‘n Allemintige reënbui met swaar donderweer het ons genoop om Vrydagaand liefs die veilige opsie te kies en ons kamp in die skoolsaal af te skop. Ysbrekers, groepkompetisies, handvaardigheid en ál die gewone Landsdiens kampaktiwiteite is nog steeds onder Juff. Marisa en Erisca se leiding aangepak. Seuns het met Mnr. Herman se hulp oulike potstanders gemaak en Juff. Elna en Sumara het die dogters gewys hoe om iets moois uit afvallappies te maak. Ná middernag het daar eers ‘n salige stilte oor ons “reuse kampbed” uitgesak.

Saturday morning was a beautiful, sunny day and after breakfast the buses left for our real outdoor campsite. On arrival, all the luggage and equipment had to be carried uphill from the parking area and shortly after that, the campers started their 10km hike along the Breakaway Trial. Ons het ‘n pragtige staproete gevolg en Mnr. Ignus het langs die pad kort-kort interessante natuurfeite, so reg uit die wetenskapklas, met die kampers gedeel. Terug by die kamp, is tente opgeslaan en behoorlik nes geskop.

Page 15: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

For supper the different teams had to cook their own “potjies”! Mrs Sumara explained the recipe and with all hands on deck, each group started their fires and prepared their vegetables. Verbasend lekker potjies was die eindresultate! Ten spyte van ‘n aanbrandsel hier, en te veel smaakmiddels daar, kon almal genoeg eet! Laataand, nadat ons Landsdiensliedjies van toeka se tyd gesing het, het Juf Elna almal met warm roosterkoek en stroop bederf.

Sondagoggend, na ‘n kort boodskap, was dit oppak, opruim en terug skool toe. ‘n Klomp moeë, maar gelukkige Landsdieners, wat deur die loop van die naweek al vier Landsdiensliefdes uitgeleef het!

Nog is het einde niet … Die graad sesse se klubkamp was net die volgende naweek! Dié keer het ons op Steepside Guest Farm, tussen Barkly-Oos en Rhodes gaan tent opslaan en so wrintiewaar, daar moet ons Vrydagaand weer ander heenkome soek omdat dit katte en honde gereën het en die weerlig baie gevaarlik was. Oom Johan Jordaan, ons gasheer, het vinnig sy skuur ontruim en siedaar, ons het ‘n saal vir aandaktiwiteite en wéér ‘n krismisbed!! Different group challenges set the scene for a fun-filled evening which ended with a proper camp-concert with the theme: We love Nature.

Saterdagoggend was ‘n prentjiemooi sonskyndag en die kampers het met baie durf en daad die pragtige staproete in die berge aangepak. Tannie Petri was ons gids en het allerhande interessante feite oor die omgewing vertel. Ons het almal handeviervoet onderdeur ‘n reuse rots deurgekruip en ook pragtige Boesmantekeninge onder ‘n groot oorhangrots gesien. Then the fun started, because we had the opportunity to slip and slide in the mountain stream! Everyone had so much fun and was sorry to leave for the campsite, where we still had to pitch our tents for the night.

Laatmiddag was dit tyd om ‘n nuwe handvaardigheid aan te leer en Juf. Elna het almal touwys gemaak hoe om met rottang te vleg. Pragtige kranse is gemaak. Juff. Amore en Justine het hierna ‘n paar uitdagings gestel; onder andere moes almal oor ‘n hangbrug loop wat oor die rivier strek. En soos Landsdieners nou maar eenmaal is, het die laaste kamper hierdie uitdaging aanvaar en alle hoogte- of watervrese oorwin! Na aandete was daar geleentheid vir ‘n nagmars en sterrekyk en toe het almal ‘n heerlike dag met stokbrood en stroop afgesluit.

Sunday morning we had to rise very early because everything had to be packed and ready to leave for Aliwal by 9 o’clock. Terug by die skool, was almal dit eens dat elke kamper die geleentheid gehad het om iets lekkers te doen, om iets nuuts te leer, om iets buite jou

Page 16: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

gemaksone aan te durf en om nuwe maats te maak. Waar anders as by Landsdiens is al hierdie dinge, en nog vele meer ,moontlik?

Laer Volkskool

Graaff Reinet en Berlin kamp saam in Port Elizabeth by Bushpig Adventures. En waar begin 'n mens. Die kamp was so propvol geprop dat ons skaars tyd gehad het om asem te haal. Ons moes rou aartappels eet en malvalekkers met stokkies aanstuur. Ons moes deur, om, oor en verby gate, bande, toue en stellasie klim en klouter. Ons het ons eie stokkie - brood en ons eie potjies gemaak. Baie deftige tafels gedek en ons het 'n vreemde besoeker gehad wat homself "Koning" genoem het en met 'n paar snaakse wyshede en toertjies uitgekom het. Die hoogtepunt was defnitief die eier- uitdaging. Die kinders het 8 minute gekry om vuur te maak en eiers te kook, en toe word die "gaar" eiers op kinders se koppe uitgetoets. Dit was nou 'n grillerige storie en het baie pret veroorsaak. Die kinders het so baie geleer en die kamp verskriklik geniet. Die kos was heerlik en die istrukteurs baie behulpsaam en vriendelik. Dankie vir 'n heerlike kamp

Opleiding

Laer Volkskool se Landsdiens het 2019 afgeskop met n opleidingsessie. Die Landsdieners moes by elke Liefde van Landsdiens n aktiwiteit skryf oor hoe ons daardie spesifieke Liefde prakties kan uitleef hierdie jaar. Daarna het ons heerlik waatlemoen ge-eet. Die naweek wat kom gaan ons ons eerste kamp van die jaar hou - saam met Berlin se kinders.

Page 17: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

DBV en Skoonmaak

Laer Volkskool se Landsdieners het vandag bietjie by die DBV gaan kuier en n bietjie gaan uitvind oor hulle werksaamhede. Hulle het ook vir die diere blikkieskos en ander kos saamgeneem. Daarna het hulle die terrein rondom die DBV opgeruim en skoongemaak.

Colour Fight

Laer Volkskool se Landsdiensklub het op Donderdag 27 September die kwartaal op n vuil noot afgesluit met n Kleur-oorlog. Almal het baie entoesiasties deel geneem en behoorlik "wraak" geneem op almal wat hulle kwaad gemaak het.

Page 18: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Kamp

Laer Volkskool se Landsdieners het die naweek op Skietfontein by oom Jannie Geyer gaan kamp. Almal het dit terdee geniet en baie geleer en gedoen. Lekker handwerk en hande werk gedoen toe ons die Gebedsroete gepak het. Paintball en die modderbaan was soos altyd n hoogtepunt van die naweek. 'n Groep baie moeë Landsdieners was Sondag weer veilig by die huis.

Strelitzia High School

Camp

On 22-24 February 2019 Land Service Strelitzia High School had a club camp at African Imprint Kirkwood. The camp gave our learners the opportunity to explore an outdoor

Page 19: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

curriculum where they could challenge themselves. They were involved in a variety of activities and the learners enjoyed it.

Visit

What an eye opener for the young enthusiastic Land service scholars of Strelitzia High School. On 26 January 2019, the Land service club of Strelitzia High went to visit the Daniell Cheetah farm and Addo Elephant National Park and we broaden our environmental educational horizons. On the excursion our Land Service members were educated on the importance of conservation and they saw cheetahs, leopards and lions at the Daniell cheetah farm. On the same day we went to Addo Elephant National Park and we drove through the park to do animal-seeing. We concluded the day with a braai at the picnic area after a fun day of animal exploration.

Hoërskool Framesby

Indringerplant

Black Wattle is 'n indringerplant. Ons kap dit af,droog dit en gebruik dit as vuurmaakhout in ons skool.

Page 20: landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../uploads/2019/09/Oos-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewSondagoggend moes die kamp afgeslaan word en die terrein skoongemaak word, voor die lang pad

Afskop

Hoërskool Framesby het ken mekaar speletjies gespeel by hulle eerste Landsdiens aktiwiteit van die jaar

Kaartjies

Framesby Landsdieners maak kaartjies vir die belangrike vrouens in hulle lewe. Hulle het gebruik gemaak van haardroërs en vetkryte

Berlin Primary School

Spring cards

Gr 3, 4, 5 and 7's of Berlin are making Spring cards.