21
WEES SEKER V AN GOD En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie…’n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie drie jare wees nie, behalwe op my woord! Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Gaan hiervandaan weg, en draai jou na die ooste toe, en steek jou weg by die spruit Kirt—Krit, (het ek bedoel om te sê) wat oos van die Jordaan is. En jy sal uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou… te onderhou. En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is. En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink. Maar na verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Maak jou klaar, en gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ’n weduwee bevel gegee om jou te onderhou. Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan, en toe hy by die ingang van die stad kom, was ’n weduwee juis besig om haar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my ’n bietjie water in die kan, dat ek kan drink. Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my ’n stukkie brood saam. Maar sy antwoord: Sowaar as die HERE U God leef, ek het nie ’n broodkoek nie, net maar ’n handvol meel in die pot, en ’n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou twee stokkies bymekaar; dan gaan en maak ek dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe. En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ’n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak.

WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VA N GOD

En Dit lees as volg.En Elía, die Tisbiet, wie…’n inwoner uit Gilead

was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie drie jare wees nie, behalwe op my woord!

Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:Gaan hiervandaan weg, en draai jou na die ooste

toe, en steek jou weg by die spruit Kirt—Krit, (het ek bedoel om te sê) wat oos van die Jordaan is.

En jy sal uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou… te onderhou.

En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.

En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.

Maar na verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.

Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:Maak jou klaar, en gaan na Sarfat wat by Sidon is,

en bly daar; kyk, daar het Ek aan ’n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.

Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan, en toe hy by die ingang van die stad kom, was ’n weduwee juis besig om haar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my ’n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.

Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my ’n stukkie brood saam.

Maar sy antwoord: Sowaar as die HERE U God leef, ek het nie ’n broodkoek nie, net maar ’n handvol meel in die pot, en ’n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou twee stokkies bymekaar; dan gaan en maak ek dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.

En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ’n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak.

Page 2: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

2 DIE GESPROKE WOORD

Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie verminder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.

En sy het ingegaan en gehandel volgens die woord van Elía; en sy het geëet — sy en hy en haar gesin dae lank:

die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.

Vir vanmôre se praatjie, net voor oorsee gaan, het ek ’n teks hieruit gekies: Wees Seker Van God.2 En nou, Here, seën U Woord soos Dit uitgaan, en mag die Heilige Gees ons verstand aangryp en ons gedagtes, en ons voorberei vir Sy besoek, soos ons Hom gevra het om te kom. Want ons kom nie na die huis van die Here om gesien te word, of om te sien nie, maar om van U te leer, en U natuur te ken, en U weg, en U redes, dat ons in staat mag wees om die probleme van die lewe, met ’n ware versekering, te trotseer, as seker van God. Skenk dit, Here. In Jesus se Naam vra ons dit. Amen.3 Dit moes ’n vreeslike oggend gewees het. Dit was so warm en stowwerig, en mense was in die straat, aan die verhonger, en die aarde was so warm dat dit gereed was om te brand. Dit alles was die weerspieëling van hulle sondes en hulle morele verval.4 Julle sien, Agab het regeer in—in Israel, teen die tyd, of oor Israel, en hy was die boosste van al die konings van Israel. Daar was geen koning so boos soos Agab nie, want hy, wat geleer is en beter geweet het, hy het nie nagelaat om aan te hou om God te mishaag in alles wat hy gedoen het nie. Hoewel hy ’n groot militêre stelsel gehad het, en die mense baie voorspoedig geword het onder sy heerskappy, maar, tog, jy kan nie God mishaag en verwag om baie lank weg te kom nie.5 En toe, in sy troue, in plaas van om onder sy eie mense te trou, het hy oorgegaan en met ’n sondaar getrou, ’n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie ’n gelowige nie.6 En geen gelowige moet ooit met ’n ongelowige trou nie, onder geen omstandighede nie. Moet altyd met gelowiges trou.7 Maar Agab het hierdie bose ding gedoen. En sonder twyfel dat Isébel ’n pragtige vrou was. En hy het geval vir hoe sy gelyk het, in plaas van wat sy was. Dis soveel mense, maak daardie selfde fout, tot vandag.8 En sy het afgodediens in die volk ingebring, onder die volk. En die volk, die priesters, hulle predikers, het die slagoffer geword van hierdie groot volksaanvraag.9 En dis die einste prentjie van ons land vandag. Ons het geval onder die volksaanvraag. Sonder twyfel het die priesters

Page 3: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 3

gedink dit sou in die haak wees, solank as wat hulle regering dit goedgekeur het. Maar ek gee nie om wat die regering goedkeur nie, dit moet wees wat God goedkeur. En die mense het gedink dat dit reg sou wees as hulle deelgeneem het in ’n paar van hulle wêreldse dinge.10 En een mag my vra om terug te gaan op wat ek pas gesê het, dat dit ’n baie waarskynlike prentjie van vandag is. Ons mag nie dink dat ons afgodedienaars is nie, maar ons is. En die regering ondersteun dit. Mense is vandag afgodedienaars, want hulle—hulle aanbid afgode. Party van hulle aanbid filmsterre, vir afgode. Party aanbid geld, vir afgode. En party aanbid televisiesterre, as afgode. Maar alles wat jy voor God plaas is ’n afgod, laat dit wees wat ook al dit mag wees.11 Selfs die Satan, ons groot vyand, is so ’n slimme, totdat hy selfs, somtyds, die kerk voor God plaas. Jy mag ’n groot kerk hê. Dit mag ’n groot gebou wees, of dit mag ’n groot denominasie wees. En, weer, dit mag ’n groot gemeente wees, maar laat niks voor God kom, in jou hart, nie. Enigiets, en voor God, is ’n afgod.12 En hierdie mense het geweet hulle was nie geestelik soos hulle was, onder die bewinde van ander konings nie. En hulle het gedink, net omdat hulle ’n godsdienstige volk was, dat alles reg sou wees. En dis hoe, ons ook by daardie plek gekom het.13 ’n Paar maande gelede, het ek met ’n baie gawe vriend van my gepraat. En hy het gesê: “Broer Branham, ek dink dat jy hierdie Verenigde State te veel vaspen.” Hy het gesê: “Jy skree gedurig teen die sonde uit en hoe God hierdie volk gaan straf.”14 Ek het gesê: “Hy moet dit doen om regverdig te wees.” Hy het gesê: “Maar Broer Branham, jy vergeet dat hierdie volk gevestig is op die Skrifte. En ons voorvaders het hiernatoe gekom, en God het vir ons hierdie erfenis gegee. En ons is ’n godsdienstige volk.”15 Ek het gesê: “Dit is waar, alles daarvan. En niemand weet hoe ek hierdie volk waardeer nie! Maar kyk, my broer, Israel was ook gekies deur God, en Hy het vir haar profete en groot manne gestuur. Maar God kan nie sonde uithou nie. Hy het vir Israel elke greintjie laat maai wat hulle gesaai het. En as Hy vir Israel laat maai het wat sy gesaai het, sal Hy vir ons laat maai wat ons saai. Hy is geen aannemer van die persoon nie.”16 En ons het by ’n punt gekom waar ons dink omdat ons rus op wat ons voorvaders gedoen het, of wat op ons groot stigters van ons kerke, wat hulle groot offerandes aan God was, wat in die haak is, en soveel waardeer word, maar ons kan nie saligheid verkry uit wat hulle gedoen het nie! Saligheid is ’n indiwiduele saak tussen elke persoon en God. Nie op volk, met ons kerk nie, maar met onsself voor God, antwoord ons.

Page 4: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

4 DIE GESPROKE WOORD

17 Dit het ’n punt bereik in ons land, totdat te midde van die geestelikste mense wat ons het, jy gaan na geestelike mans en vroue, en jy vind in hulle hart dat daar iets is wat kortkom.18 Ons het, in die laaste paar weke, het ek oor ’n paar van hierdie dinge gegaan, en gevind dat in die manne, wat ek gedink het die kern was, ek tog gevind het dat hulle klem lê op tydelike dinge, gaan rond en sê: “God gee my die grootste so-en-so; God gee…” Julle bluf!19 Groot materiële dinge rus nie altyd in God se wil nie. God laat die reën val op die regverdige en die onregverdige. Maar wat die wêreld vandag nodig het is nie ’n bluf van geloof nie, om jouself in iets in te probeer bluf en dit geestelik te noem.20 Partymaal sal geloof groot wonderwerke doen, en steeds nie uit ’n geestelike hart kom nie. Het ons Here nie gesê nie? “Baie sal na My kom daardie dag en sê: ‘Het ek nie dit en dat in U Naam gedoen nie?’ En Ek sal aan hulle sê: ‘Gaan weg van My, julle werkers van ongeregtigheid.’” Wat is ongeregtigheid? Dis iets wat jy weet om reg te doen en dit nie doen nie. “Ek het julle nooit geken nie,” sal Hy sê. En ons lewe in daardie dag.21 Wat ons vandag nodig het is nie ’n klomp materiële dinge nie. Ons het dit. Ons het nie groter kerke nodig nie. Ons het nie groter gemeentes nodig nie. Ons het nie meer op radio en televisie nodig nie. Ons het nie soveel meer van hierdie dinge nodig nie. Maar wat ons vandag nodig het, om geestelik te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie ’n pennie het nie, en sal bid totdat daardie gees binne-in hulle bevredig is met die goedheid van God, en ’n herlewing vind plaas aan die binnekant van hulle hart, wat hulle gesindhede en atmosfeer verander waarin hulle lewe.22 Jy mag nie ’n paar skoene aan jou voete hê nie, jy mag geklee wees in vodde, maar iets in jou hart sing die melodieë van God. Ek sal dit eerder hê as al die geld in die wêreld.23 So jy kan nie sê dat natuurlike dinge altyd die teken van God se seëning is nie. Dawid het dit gesê vir die Here, dat hy die bose sien uitsprei het sy…soos ’n groot lourierboom. Maar God het vir hom gevra: “Het jy hom ooit oorweeg aan die einde?” Maak nie saak watter goeie klere ons dra, hoeveel ons het om te eet nie, dit is nie wat in die Teenwoordigheid van God ingaan nie. Hierdie liggaam waarin ons woon, vergaan, ongeag van hoe dit versorg word. Maar dis die siel wat in die mens is; dis ’n toestand van die gees wat in die Teenwoordigheid van die lewende God inbeweeg.24 Maar ons neem dinge vanselfsprekend aan. Ons dink net omdat ons ’n volk is…So het Agab en die res van Israel, in daardie dag, dinge vanselfsprekend aangeneem, dat alles in die haak was. Hulle priesters en predikers het hulle probeer sê: “Alles is wel. Alles is net reg.” Maar hulle het een gehad,

Page 5: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 5

hy het uitgeskree teen die verkeerde ding, want hierdie een het geweet dat ’n heilige God nie tevrede kon wees met moderne modes van ’n onheilige godsdiens nie.25 So bly die God van die Hemel dieselfde vandag. In al ons pogings en groot dinge wat ons probeer doen, sal God nooit behaag word buite ’n geheel geheiligde lewe voor Hom nie.26 Ons mag skole bou, en heiligdomme, en tabernakels. Ons mag organisasies hê. Ons mag groot dinge doen, maar tog sal God nie tevrede wees totdat die menslike siel ’n geheiligde word op die altaar van God, toegewy vir die werke van God. En jy vind dit glad nie meer nie.27 Jy vind ons bidure is so swak, net omtrent ’n minuut van gebed, spring in die bed. Ons vind uit dit gebeur omtrent een of twee maal ’n dag. Wanneer, almal van ons skuldig is. Ons volk, is moreel aan die verval. Ons het Billy Graham’s en Oral Robertse oral. Maar totdat daar ’n dors in die hart van Amerika kom, om dit weer terug te bring na ’n lewende God, na ’n lewende ondervinding, tot ’n onsterflike geloof in die lewende God. Ons kap net ons breins, soos dit sou sê, uit.28 Ons mag loop met ons bors uit, met ons krae omgedraai aan die agterkant, en in die straat afloop, en begeer om ’n “Doktor” of “Eerwaarde” genoem te word. Ons mag die grootste kerke wat daar in die land is se pastoor wees, en ons mag so vroom wees soos wat ons kan wees, dat geen mens ’n vinger op ons lewe kan lê nie. Maar totdat daardie siel wat binne-in ons is, aan die brand is vir God, totdat iets daarbinne wat hunker na Hom! “Soos die hert smag na die waterstrome, so dors my siel na U, O God.” Totdat ons by daardie soort ondervinding uitkom!29 Daarom, sal kommunisme ensovoorts, die veld wen soos hulle wen, en al die aansluiting wat ons kan maak, sal dit nooit stop nie. Dit is voorspel om te kom. Maar God roep na Sy Kerk.30 Hoedat hierdie vroutjie van die kaliber van Elía moes gewees het! Want, gewoonlik wys jou optrede wat jy is. En, weereens, sy is gekies om God se profeet te onthaal. Onthou, sy was ’n Heiden, nie ’n Jood nie.31 En die land was aan die uitbrand. En geen twyfel dat hierdie vroutjie, synde van daardie kaliber, synde van die gelowige tipe…Want ons sien dat God nie na haar sou roep, as sy nie ’n waardige een was om God se profeet te onthaal nie. Want Hy sou nooit Sy profeet na ’n huis gestuur het wat onwaardig was nie.32 Dit was nie sy keuse nie. Dit was God se keuse. Dit was nie sy wat hom beveel het nie. Dit was God wat hom beveel het. Hy is by ’n spruit geplaas. Die kraaie het hom gevoer. Maar dit was God se bevel vir iets om plaas te vind. En God het beslis gegaan na ’n gelowige van dieselfde natuur van Elía.

Page 6: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

6 DIE GESPROKE WOORD

33 Sy was ’n weduvrou. En ons almal weet wat sy, ’n weduvrou, sou deurgaan, met haar man dood en ’n jong seun om groot te maak.34 En in die lande daar, het hulle staat gemaak op hulle oeste. Hulle het nie projekte gehad soos ons vandag het, en—en verdedigingsfabrieke nie. Hulle het staat gemaak op hulle oeste. En omdat die ongeregtigheid van die volk, en hulle morele verval, ’n droogte gebring het op die land, hier was hulle almal aan die verhonger en sterf.35 En dan vind ons dat sy sonder twyfel nag vir nag, heelnag, gebid het, soos sy daardie meelpot sien af, af, afgaan het. En dit moes ’n punt bereik het totdat daar nie eens nog ’n koppievol meel in die pot was nie. Al wat sy gehad het was net ’n handjievol. Die dood het reg by die hek ingekom, voor haar deur. Want daar was geen manier om enigiets meer te kry nie. Die hele volk het verhonger.36 En, die olie, was net ’n goeie lepelvol in die houertjie oor. Net soveel olie en soveel meel het gelê tussen haar en die dood. Sy moes baie opreg geword het oor haar gebede. Laat jy dit jou huis tref, dit sou ’n bietjie meer opreg wees as wat ons vanoggend is, as ons weet die dood lê voor die deur.37 En ek glo, miskien, dink ons dalk, dit, dat sy heelnag lank gebid het, want nog een dag het dit afgehandel. Sy kon na die bleek lippe van haar seuntjie kyk, van omtrent drie of vier jaar oud. En sy kon haar eie bene sien wegkwyn, soos die vlees van hulle afgegaan het. En dit moes ’n vreeslike ding gewees het, soos hierdie moeder, hierdie dinge sien aangaan. En, tog, met haar hande voor God, dag en nag aan die bid: “Nou is ons af na een handvol meel en ’n lepelvol olie.”38 Julle weet, dis ’n vreemde ding. Mag God dit in elkeen van julle laat insink, indien julle my nooit weer hoor preek nie. Laat hierdie ’n boodskap wees. Dis vreemd, baie vreemd, dat partymaal dat God dinge so doen.39 Julle weet, wanneer ons ons sonde bely het, en elke vereiste nagekom het wat God vereis…Ons het geglo aan God. Daar’s ’n omstandighede wat nagekom moet word, en dis volgens Sy wil. En ons het ons sondes bely, en ons het al die verkeerde wat ons gedoen het, reggemaak, alles gedoen wat ons weet hoe om te doen. Elke vereiste wat God gemaak, of gevra het, ons het daardie vereiste nagekom, en tog lê Hy stil. Hy wil ons net nie antwoord nie.40 Ek is seker ek praat met mense, vanmôre, wat daardie punt bereik het. Ek was baiekeer, self, daar. Wanneer ek teruggegaan het en my lewe nagespoor het en elke klip omgekeer het, en ek sou vind dat ek iets verkeerd gedoen het, sou ek dit gaan bely en sê: “Here God, ek sal dit regmaak,” en so gaan doen. Dan weer terugkom en sê: “Nou, Here, U is God;

Page 7: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 7

U sal my antwoord. Sekerlik het ek elke vereiste nagekom wat U van my vereis het om te doen. En elke vereiste, ek het dit nagekom.” En steeds wil Hy nie beweeg nie, blyk stil te sit, dis wanneer jy seker moet wees dat Hy God is. Moenie mismoedig word nie. Die enigste ding is, dat, in jou hart, om seker te wees van God.41 My teks. Wees eers seker, voordat jy enigiets doen. Wees seker, in jou hart, dat dit God is. En wanneer jy alles nagekom het wat Hy gesê het, dan is jy seker dat Hy God is, dis wanneer geloof begin werk, net daar. Geloof staan vas, want dit weet dat Hy is.42 En jy het elke vereiste nagekom. Jy glo dat Hy is, en geloof hou vas. O, geseënd sy Sy Naam! Geloof sal nie beweeg nie, want dit is seker dat God is, en ’n beloner van diegene wat Hom naarstig soek.43 Mag hierdie diep afgaan en nooit uit julle gaan nie, Branham Tabernakel. As julle God se vereistes nagekom het, en in julle hart glo julle dat Hy is, toets God net julle geloof, want Hy hou daarvan om dit te doen. Julle het julle sondes bely en julle het elke vereiste nagekom wat God vereis, en steeds lê Hy stil, onthou, geloof sê dat Hy is. Dan hou geloof vas daaraan, sonder om te weet waaroor dit alles gaan, maar dit weet dat Hy is, en dit is seker dat Hy is.44 Onthou, dan, as Hy is, moet Sy Woorde waar wees. En as Hy van jou vereis het om hierdie omstandighede na te kom, en jy het, is Hy verplig om te sorg vir Sy Woord. Moenie terugstaan en sê: “Wel, ek is nooit genees nie. Ek…” O, jou arme, swak geloof. Moet dit nie glo nie. As alles bely is, en alles is uit, en jy God se vereiste nagekom het, hou geloof net daar vas. Daar’s niks wat dit sal beweeg nie. Hy is, en jy’s seker. “Hulle wat wag op die Here sal hulle krag hernu; hulle sal opstyg met die vleuels van ’n arend. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie; as hulle loop, sal hulle nie flou word nie.”45 Wag, wanneer jy Sy vereistes nagekom het. Dit bring jou geloof na ’n konfrontasie. As jy nagekom het…God se vereistes is gemaak, of nagekom, en jy het dit ten volle oorweeg, en jy het alles gedoen wat God van jou vereis het om te doen, dan rus jou geloof net daar, dat Hy is. Wees seker van God.46 Julle weet, Hy hou daarvan om ons te toets. Hy hou daarvan om die reaksie van julle geloof te sien. Het julle dit geweet? God hou daarvan om te kyk hoe jy sal reageer. Wanneer jy sê: “O Here, ek glo U. U is my Verlosser. Ek glo dat U die Geneesheer is. Ek glo dat U die Een is Wie die Heilige Gees gee. En die dinge wat ek nodig het, U is die God Wie dit gee.” En dan wanneer jy jou sondes bely en God belowe wat jy sal doen as Hy jou laat gesond word, en dan, omdat dit nie gebeur nie, hardloop jy weg soos ’n lafaard

Page 8: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

8 DIE GESPROKE WOORD

iewers heen. God kan dit nie gebruik nie. Daar’s geen manier vir Hom om jou te gebruik nie. Daar’s geen manier vir Hom om jou te antwoord nie, want Hy antwoord net deur geloof. Dan, meteens, gaan jy weg, en Hy kan nie antwoord nie. Maar ware, egte geloof staan daar, in die sekerheid dat God is. Wees seker dat Hy is.47 En as God vra dat hierdie ding gedoen word, om jou sondes te bely, ensovoorts, en jy het dit gedoen, geloof sê dat Hy is, is dit seker dat dit gaan gebeur. Jou versoek moet toegestaan word. O, ek—ek hoop julle mis dit nie. As julle seker is van God, God is seker van Sy Woord. Hy wag net om jou te toets. Hy het dit baiekeer gedoen. Laat ons een of twee gevalle herhaal.48 Laat ons dink aan die Hebreeuse kinders. Hulle was nie veronderstel om te buig voor ’n afgod nie. God het vertroue in hulle gehad. En toe hulle gehoor het hulle moes na die vuuroond gaan, het hulle gesê: “Ons God is in staat om ons te verlos uit hierdie oond. Maar as Hy dit nie doen nie, gaan ons nie buig voor enige van julle afgode nie.” Sien, hulle was verseker en seker van God.49 Hulle het geweet dat Hy Jehova was. Hulle het geweet dat Hy gebed beantwoord. Maar of Hy dit gedoen het, in hulle geval, of nie, sou dit ten goede moes wees. So hulle het net hulle stelling gemaak, hulle sonde bely, en in die dood ingestap.50 Toe hulle na die vuuroond toe gegaan het, in die wete dat hulle seker was, dat, as God hulle laat verbrand het, Hy hulle weer in, die opstanding, sou oprig. Hulle was seker van God, omdat hulle geweet het God alles sou meewerk vir hulle beswil. En wanneer ons seker is van God, weet ons dat God alles meewerk tot ons beswil.51 So, hulle het een stelling gemaak. Hulle was seker, en hulle het reg in die vuuroond ingeloop. En God het hulle daarnatoe laat loop; gesit, en kyk na hulle. Hy wou hulle reaksie sien.52 Toe, die koning het gesê: “Het julle gebuig toe die trompet geblaas het?” Hulle het gesê: “Nee. Ons het nie gebuig nie.” Daar’s jou geloof, wat styf vashou. “Wel, dan as julle nie gebuig het nie, ken julle my uitvaardiging.” “Ja, ons ken u uitvaardiging.” “My uitvaardiging is dat die oond sewe keer warmer gemaak moes word as wat dit ooit was, en ek sal julle daar ingooi. Wil julle nou buig?” “Nee. Ons sal nie buig nie.” Daar’s hulle geloof.

Page 9: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 9

53 God sê: “Wel, Ek sal kyk wat hulle daaromtrent doen. Ek sal kyk watter reaksie hulle geloof het.”54 So hy het gesê: “Bind hulle hande vas, en bind hulle voete vas, en laat hulle na die vuuroond gaan.” En hulle het opgeloop na daardie oond, met die vuur in hulle gesigte. God wat steeds daarna gestaan en kyk het. Maar hulle was seker dat Hy God was. Hulle het hulle belydenis gedoen. Hulle het alles reggemaak, waarvan hulle geweet het. Hulle was seker dat Hy God was.55 So hulle het reguit opgeloop met daardie vuuroond. En reg op die laaste oomblik, daar het Hy uitgery gekom uit die hemele, op ’n windwa, die winde van hulle afgewaai, terwyl Hy hulle getroos het en met hulle gepraat het.56 God laat jou geloof kom na ’n punt tot waar dit sal reageer.57 Daar was Job, van die Ou Testament, toe Satan, ons aanklaer, hom aangekla het as ’n geheime sondaar. Maar Job het geweet dat hy nie gesondig het nie. Hy het geweet dat hy alles bely het wat hy gedoen het, en ’n brandoffer daarbuite geplaas het. Dit was God se vereiste. Dis al wat God vereis het, was daardie brandoffer en ’n belydenis. En Job het daardie dinge gedoen.58 En Satan het gesê: “Ek sal sy kamele neem, want hy’s ’n ryk man. Ek sal sy skape neem.” En uiteindelik het hy sy kinders geneem, die naaste aan sy hart.59 Steeds, het Job vasgestaan, want hy het daardie God geken. Wel, hy was seker dat Hy God was, want hy het met Hom gepraat, en hy het Sy vereistes nagekom. Hy het deurgesoek en uitgevind: “Ek het elke brandoffer gemaak. Ek het in my hart gesê: ‘Moontlik toe my seuns ’n—’n fees aangebied het en my dogters bygewoon het, het hulle dalk miskien in die geheim in hulle hart gesondig, so ek sal ’n brandoffer van hulle af offer en hulle foute bely.’”60 O God! Wanneer ’n man onderhou wat God gesê het om te doen, hy seker is dat Hy God is, moet Hy antwoord. Geloof roep Hom op die toneel, elke keer.61 Wanneer jy gedoen het wat jy weet reg is, wanneer jy Sy vereistes nagekom het, wanneer jy bely het en reggemaak het, en vergoed het, en dit voor God gelê het. Ek gee nie om hoe stil Hy is nie, Hy’s steeds God, wat wag om daardie geloof daar te sit. Jy’t jou werke gedoen, nou wil Hy jou geloof sien deur jou werke. Hy wil kyk wat jy sal doen.62 As jy gesalf is en voor gebid is, wag God om te kyk wat jy daarvan sal glo. Nie volgende Sondag ophardloop, en die volgende dag ophardloop, en die volgende geneesheer wat deur die stad kom nie. Hy wag om jou reaksie op jou geloof te sien. Nie terugloop die volgende dag, en sê: “Ek voel so sleg, ek

Page 10: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

10 DIE GESPROKE WOORD

reken ek is nie genees nie.” Jy’s nie geskik vir die gebedslyn, die eerste plek nie. Jy’s nie. Jy’s nie. Jy’s nog nie gereed nie. Jy glo nie dat Hy God is nie. Ek nie…63 Jy mag sê: “Broer Branham, ek verskil van jou.” Jou eie optrede bewys wat jy is. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” As ’n man sê dat hy ’n Christen is; en hy drink, en rook, en dobbel steeds, en vertel vuil grappe, en sê: “’n Deel van die Bybel is reg, en ’n deel is nie.” Hy mag die Evangelie preek, en ’n deel van die Bybel ontken. Hy is steeds ’n sondaar. Hy’s nog nie reg nie.64 Maar wanneer jy openlik bely dat God dieselfde God is, en jou lewe gegee in Sy hande om te wees: “Here, ek is die klei; U is die Pottebakker,” vra dan wat jy wil. Geloof sal nooit beweeg nie. Dit sal net daar staan.65 Hoewel omstandighede sal lyk of dit van regs en links val, maar daardie geloof het nooit beweeg nie, want jy’s seker dat Hy God is. En as Hy God is, hou Hy Sy belofte. Hy kan nie ’n belofte maak en dit breek nie. As Hy God is, moet Hy Sy belofte hou. O, ek hou daarvan. Hy moet daarby bly.66 Job het sy offerande gemaak; hy het alles gedoen. Hy het geweet dat hy reg was. En hier kom die kerklidmate verby, party van die kerke van ander denominasies, het gesê: “Job, jy kan net sowel bely dat jy ’n sondaar is, want God sou jou nie so laat straf het as jy nie ’n sondaar was nie.”67 Maar Job het gesê: “Ek het my belydenis gedoen. Ek het die brandoffer daarbuite voor God gesit, en ek is nie ’n sondaar nie.” Hy het geweet waar hy gestaan het. Toe het alles aangegaan, net aan en aan en aan, net so hard as wat dit kon gaan, om Job te probeer verneder, en Job tot ’n punt te bring waar hy God sou verloën en daardie brandoffer sou verloën. Die oomblik wat jy tot aksie oorgaan op enigiets wat jy bely, wys dit jou swakheid, jou vertwyfeling van God. Jy enigiets vir God vra, en rondloop en daaraan twyfel, dan is jy ’n twyfelaar en nie ’n gelowige nie.68 Job het geweet waar hy gestaan het, en hy het vas gestaan op daardie fondament.69 Geen wonder Pruitt het in sy sterwensuur gesê nie:

Op Christus, die vaste Rots, staan ek;Alle ander gronde is sinkende sand.

70 Op daardie vaste rots van Job se belydenis, het selfs sy geliefde vrou uitgestap. Toe sy gesondheid weg was, en die sere oraloor hom was, en hy homself gekrap het en die dag vervloek het wat hy gebore was. Gesê: “Mag die son nie eens skyn nie! Mag die maan onder bly in die nag.” Sy vrou het gesê: “Job, jy’s so ellendig. Hoekom vloek jy nie God en sterf nie?”

Page 11: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 11

71 Hy het gesê: “Jy praat soos die dwase vroue.” Hy was seker daar was ’n God, en hy het die vereistes nagekom. O, ek voel godsdienstig. Hy’t geweet dat hy God se vereistes nagekom het, en dit handel dit af. God het sy geloof getoets. Hy sal joune toets. Hy sal myne toets.72 Maar wanneer ons Sy vereistes nagekom het: “Bekeer elkeen van julle en word gedoop in die Naam van Jesus Christus, vir die vergifnis van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang,” is dit Sy belofte. “Enige van julle siek, roep die ouderlinge van die kerk. Laat hulle hulle salf in olie, en bid oor. Die gebed van geloof sal die siekes red, en God sal hom oprig.” Dit handel dit af. “Bely julle foute, aan mekaar, en bid vir mekaar.” Julle het God se vereistes nagekom.73 “Vir hulle wat geglo het sal hierdie tekens volg. In My Naam sal hulle duiwels uitdryf; met nuwe tale sal hulle praat; as hulle slange opneem of dodelike goed drink, sal dit hulle nie skaad nie; as hulle hulle hande op die siekes lê, sal hulle gesond word.” Dit handel dit af.74 Wees seker van God. Wees seker, dat in jou hart, dat jy glo dat dit God se Woord is. Job was. Sy vrou het gesê: “Hoekom vloek jy Hom nie en sterf nie? Wel, jy raak die heeltyd erger.”75 Hoe Satan daarvan hom om dit na jou toe te gooi. “Wel, jy is glad nie beter as wat jy was toe jy gesalf is nie. Jy’s glad nie beter as wat jy was toe daardie predikers vir jou gebid het nie. Daardie predikers is nie reg, in die eerste plek, nie.” Dit maak nie saak oor die prediker nie. Dis jou geloof in die lewende God, wat oploop. Dis nie wat die prediker is nie; dis wat God is. Die prediker het nooit die belofte gemaak nie; God het die belofte gemaak. Dit hang nie van die prediker af nie; dit hang van God af, en jou geloof om te glo dat dit God is. So wees seker van God. Wees seker dat dit God is, en dis God se Woord. En God is in Sy Woord.76 En Job het gesê. “Jy praat soos ’n dwase vrou.” Gesê: “Die Here het gegee, en die Here het geneem; geseënd sy die Naam van die Here.” Hy was seker dat daar God was.77 En toe hy dit uit sy mond gekry het, het die donderslae begin raas en die weerligte het begin flits. God het op die toneel gekom. Dit roep Hom altyd op die toneel. Hy sit stil vir ’n lang tyd.78 Dis wat Hy doen. Kyk na hierdie klomp hel-gebonde Amerikaners, kerk-gaande huigelaars. Ek is nie kwaad nie. Maar sonde maak enigiemand kwaad wat reg is met God. Nie kwaad vir die volk nie, nie kwaad vir die mense nie, maar ek is kwaad vir die Duiwel wat hierdie dinge die mense laat verblind het.

Page 12: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

12 DIE GESPROKE WOORD

79 Hierdie blinde pastore en predikers laat hulle wegkom met een of ander soort klein mensgemaakte teologie. Jy moet wedergebore word. En God hou Sy Woord. Om hom te sien soos hy hulle gerus maak. Jy beter seker wees dat daar God is. “’n Vorm van godsaligheid besit, en die Krag daarvan ontken.”80 Hierdie arme, klein vroutjie, sy het geweet dat Hy God was. Soos daardie pot af, af, af, afgegaan het, omstandighede slegter en slegter geword het, die heeltyd. Maar God het dit so laat word. Hy hou net daarvan om dit te doen. Hy hou daarvan om jou geloof te toets, om te kyk hoe jy daarvolgens optree, laat jou gesalf word en voor gebid word, jou dan erger maak. Gesê: “Komaan, Satan, toets hom. Ek weet hy glo My.” Prys God vir altyd! O, goeiste! [Broer Branham klap sy hande twee keer—Red.] “Toets hom nou. Ek weet hy het My Woord daarvoor geneem.” Kon Hy dit van jou sê?81 Hy het dit gesê van Job. Gesê: “Doen enigiets aan hom wat jy wil, maar moet net nie sy lewe neem nie, want Ek weet hy het My lief. Hy het die brandoffer gemaak. Hy het die vereistes nagekom. Hy het gedoen wat Ek vir hom gesê het om te doen, en hy glo dit. Nou, rol hom oor die kole as jy wil.” Hy het alles van hom weggeneem. God het dit verdubbel toe Hy dit aan hom teruggegee het. Sekerlik, Hy sal.82 Hy toets ons geloof, om te kyk of ons regtig glo dat Hy God is.83 Daardie klein vroutjie het, ongetwyfeld, gesê: “Ek het gebid. Ek het gebid. Ek weet ek is ’n onwaardige Heiden.”84 Onthou, Jesus het van haar gepraat in die Bybel. Hy het gesê: “Was daar nie baie weduwees in die dae van Elía nie? Maar hy was net na een gestuur, en sy was ’n Heiden.”85 “O,” het hy gesê: “ek bid.” En miskien, toe sy haar laaste koekie gesien het, het die dood klaar by die hek ingekom en in die deur ingekom. Nog een happie, elkeen, en sy en haar seun het gesterf. Ek kan haar, heelnag, sien bid, daardie warm winde wat waai, en die aarde verdroog, en die mense wat huil en skree in die strate. Sy het rondgeloop deur die huis. Sy het na haar seuntjie gekyk. Gekyk na sy klein pajamas; hulle was alles uit, en sy voetjies wat uitsteek. Gekyk na haar eie hande, geplooi. Sy het op-en-af geloop, maar sy het gesê: “Ek weet dat Hy God is. Ek het al my belydenisse gedoen. Ek het alles gedoen wat Hy vereis het. Ek vra vir ons lewens, vir Sy glorie.” God het haar gesien.86 Res van hulle het uitgegaan en ’n groot dans iewers gehou, hulleself mooi gemaak, ’n moderne televisie opvoering gehou, of iets, aangegaan met die wêreld. Maar daardie vrou was alleen by God.87 Daglig het gebreek. Sy het gesê: “Die kêreltjie het heelnag gehuil, vir iets om te eet. Wat sal ek doen met een handjievol meel?”

Page 13: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 13

88 Julle weet, daardie meel was Christus. Enige Bybelstudent weet dat Christus die Meel-offer was. En daardie meel-offer moes gemaal word met ’n spesiale meulsteen, ook, totdat dit elke stukkie koring dieselfde gemaal het; want Jesus Christus is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. En elke gelowige glo dit en rus daarop. Halleluja! Julle kan al julle ou, koue formele godsdiens hê wat julle wil. Vir my, ek glo Christus is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Ek neem my posisie in in die wêreld van ongelowiges. Ek glo steeds Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd.89 Daardie meulstene het elke stukkie daarvan net dieselfde gemaal, want Hy’s dieselfde. Hy’s dieselfde God wat Hy toe was, is Hy net nou, vanmôre. Hy sal altyd dieselfde wees. Dis wat die meel beteken het.90 En die olie beteken die Gees, soos ons weet volgens Eségiël 4, ensovoorts. Dis waarom ons salf met olie; dis die Gees. Wat is dit? Soos Johannes 4: “Die Vader soek hulle om Hom in Gees en in Waarheid te aanbid.” Jesus was die Waarheid. Hy was die Meel-offer, en hierdie olie was die Gees. En die Gees, gemeng met die Waarheid, moet iets bring. Sit dit bymekaar, dit maak ’n koek. O!91 Waar’s julle geloof? Wanneer God se Woord gepreek is in Sy eenvoud, deur Sy Krag, dat Jesus Christus dieselfde is gister, vandag, en vir altyd, en die Woord gaan uit vir die Meel, het jy die Olie om Daarmee te meng. Dit mag net ’n handjievol, op ’n lepelvol wees, maar wat dit ook al is, dis werklik.92 Nou, waarvoor is dit gereed? Dit is gereed vir die kruis. Dis gereed vir selfopoffering. Dis wat jy moet doen. As die Woord gepreek word, en jy het die Gees en Dit het met mekaar gemeng, is dit selfopoffering om elke pyn te ontken, om elke siekte te ontken, om alles teenstrydig met God se Woord te ontken, en daarop te staan.93 Die dokter se dit, dat of die ander; dit maak glad geen verskil nie. Jy staan Daarop, want God het so gesê. Die Meel kom. Jy het die Olie. Jy het Dit met mekaar gemeng.94 Nou, ek hoor ’n stem. Dis ’n rukkie na daglig. ’n Stem praat en het gesê: “Gaan uit in die erf en kry twee stokkies.” Het julle opgelet die Skrif het gesê “twee stokkies”? Die kruis. Sy het die meel en die olie gekry, maar sy gaan nou gevra word om op te tree; op te tree daarmee. Hoeveel jy ook al het, hoeveel Meel of Olie as wat jy nodig het, maar jy moet optree; selfopoffering.95 Twee stokkies. In die ou tye het hulle nooit ’n beter manier gevind om ’n vuur te maak nie. Wanneer jy ’n stok neem en dit oor ’n stok lê, dit in die middel aansteek, stoot jy albei kante. Die Indiane brand hulle vuur. Ek het baiekeer, heelnag lank, gebrand. Neem net ’n stomp, en dit so om, en een so om, en hou dit net aan stoot in die vuur in soos dit brand.

Page 14: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

14 DIE GESPROKE WOORD

96 Daardie stok was ’n kruis. “Twee stokkies,” het die Bybel gesê. Die stem het gesê: “Gaan deur die erf en kry twee stokkies.” Dieselfde tyd bo-op die berg, was daar ’n stem wat afgedonder het na die profeet en gesê het: “Gaan na die stad. Ek het bevel.” O, goeiste! Albei van hulle het gehoorsaam. Iets moet gebeur. Albei van hulle gehoorsaam.97 As die prediker die Woord preek, en die man wat Dit ontvang, glo Dit en tree Daarvolgens op, moet iets gebeur. As jy ’n sondaar is, moet jy gered word. As jy siek is, moet jy genees word, want God het dit belowe, as ons seker is van God.98 So seker as wat Hy God is, moet Hy Sy Woord hou. Sekerlik! Toe was die bevel: “Gaan na die stad, want Ek het ’n weduvrou bevel.” ’n Visioen het voor die profeet ontvou. Hier kom hy, aangestap. Hy weet nie waarnatoe hy gaan nie; dit maak nie enige verskil nie. Hy gehoorsaam net.99 Sy weet nie waar die stokkies gaan lê nie, maar daar is twee stokkies in die erf êrens. Sy begin gaan. Sy gaan uit in die erf. Sy kyk rond: “O, hoe warm!” Die krete in die stad, die nagrondsluipers wat inkom, wat rondskarrel en hulle wyne, ensovoorts, drink. Sy kyk in die straat af. Sy sien niks. Sy kry een stokkie; deel van die kruis, selfopoffering. Sy kry nog ’n stuk, ’n stokkie. En toe sy daardie tweede stokkie opgetel het…100 O, hoe somber moes dit gewees het, die dood wat voor die deur lê. Sy en haar seun moes een klein stukkie eet van ’n roosterkoek en sterf. Dit was al. En partymaal, reg te midde van somberheid, dat ons die stem hoor.101 Toe sy daardie tweede stokkie optel en begin teruggaan, was daar ’n stem wat oor die hek gekom het, gesê het: “Bring vir my ’n bietjie water in ’n kan.”102 Sy het omgedraai om te kyk, met hierdie twee stokkies in haar hand, met die meel en die olie gemeng en gereed. Sy het gesê sy het dit klaargemaak, en dit met mekaar gemeng. Dis wat, die Woord en die Gees, moet met mekaar meng. Lê dit oor die kruis van selfopoffering, om enigiets te ontken wat teenstrydig is met wat jy gevra het. Dis reg. “Ek het dit gemeng, nou gaan ek hierdie stokkies kry.” En daardie stem het gesê: “Bring vir my ’n bietjie water in ’n kan.”103 Sy kyk, en sy sien ’n man staan, wat oor die hek leun, dun wange, baard, kaalkop, wat oor die hek kyk, met ’n ou stuk skaapvel om hom gedraai. Gelyk asof hy soort van ’n saggeaarde ou heer was.104 Sy het gesê: “Ek sal my water deel met hom.” Waters van die Lewe, jy’s gewillig om dit aan enigiemand te gee, om enigiemand te vertel, enige plek te gaan. “Net ’n oomblik, Meneer.” Sy het begin teruggaan, met die stokkies in haar hand.

Page 15: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 15

105 En die stem het weer gedonder: “Nie net deel jy jou water nie, maar bring vir my ’n stukkie brood in jou hand.” Brood van lewe; water van lewe! Was dit van die Lewe? Sy sou sterf so gou as wat dit vergaan het. “Bring vir my jou water en bring vir my jou brood.”106 Wat vind jy hier? Watter les kan ons vind? “Soek eers die Koninkryk van God, en al Sy geregtigheid; ander dinge sal bygevoeg word.” “Bring vir my ’n bietjie water en ’n stukkie brood.”107 Dan draai sy om, in haar somberheid. Ek kan haar hoor sê: “Meneer,” iets soos hierdie: “jy’s anders as die mans wat ek gesien het, en mans wat ek hoor praat. Jy blyk so positief te wees van wat jy sê. Maar ek het net genoeg meel, net ’n handvol, en net ’n lepelvol olie. Ek het dit klaargemaak, en ek gaan dit gaarmaak met hierdie twee stokkies. En ek gaan dit eet, ek en my seun, en sterf. Dis al wat ek het.”108 Wat hoor ons, dan, volgende? “Maar, gaan haal, eers, vir my die koekie.” God, eerste. Maak nie saak wat enigiemand anders sê, wat enigiets anders, wat enige bewys, hoe somber dit lyk, wat ook al dit mag wees nie, neem God eerste. Sy Woord, eerste.109 “Dokter het gesê ek kan nie gesond word nie.” Maar, Sy Woord. Eerste. “Ek’s te veel van ’n sondaar. Ek’s ’n prostituut. Ek’s ’n dobbelaar. Ek’s ’n dronkaard.” God se Woord, eerste. “Al was jou sonde soos skarlaken, hulle sal so wit wees soos sneeu; rooi soos karmosyn, hulle sal so wit wees soos wol.” Eerste, God.110 “Gaan, bring, eers, vir my ’n koekie. Alles wat jy het, bring dit vir my.” Is jy gewillig om dit in Sy hande te gee?111 My lewe, alles wat ek is. Ek is vyftig jaar oud. “Is jy gewillig, William Branham, om dit vir My af te lê? Is julle gewillig, kindertjies, om julle lewe vir My af te lê? Is julle gewillig? Kan julle dit doen, siek mense? Kan julle My vertrou? Plaas My eerste.”112 “Bring ’n stukkie brood in jou hand, en bring vir my ’n bietjie water.” Sy het na hom gekyk. Daar was iets wat vir haar gesê het dat daardie man geweet het waarvan hy praat. God ken Sy Eie skape. “My skape ken My Stem. Hulle weet of dit Skrif is of nie, of dit reg is of nie.”113 Sy draai om, in gehoorsaamheid. Dis wat jy moet doen. En toe sy omgedraai het, om te gehoorsaam wat die profeet gesê het om te doen, toe het die donder uit die Hemel gekom, waarna elke man soek om te hoor. Want, daar het ’n donder uit die stem van die profeet gekom, wat elke sondaar en elke siek persoon verlang om te hoor: “SO SPREEK DIE HERE.”

Page 16: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

16 DIE GESPROKE WOORD

114 Hoe ons verlang om Dit te hoor! Hoedat mense in my oprit sit, en sê: “Kom na hierdie deur. My dogter is in so-iets. My baba, goeiste, so laag. Sê net die woord.” Hoe kan jy dit sê voordat dit in jou mond is? Jy sou dit self sê. Maar hulle verlang om daardie te hoor: “SO SPREEK DIE HERE.”115 Daar kom dit, oor die heining, omdat sy gehoorsaam het. En die somberheid het gebreek. “SO SPREEK DIE HERE. Die pot sal nie leeg raak, of die kruik droog raak, tot die dag wat die Here God reën op die aarde stuur nie.” O, wat ’n vertroosting!116 Sy het die koek gemaak. Sy’t dit aan die profeet gegee. Sy’t teruggegaan en ’n paar vir haar seun en haarself gemaak. En hulle het geëet en gedrink, met oorvloed, op die aarde.117 Waar het dit vandaan gekom? Hoe het dit daar gekom? Sê my wetenskaplik waar daardie meel vandaan gekom het. Waar het daardie olie vandaan gekom? Hoe het dit in daardie kruik beland? Sy het dit drooggegooi, elke oggend. Sy’t die meelpot, elke oggend, leeggemaak, en dit was droog. Maar wanneer sy teruggegaan het vir nog, was dit daar. Waar het dit vandaan gekom? Neem God op Sy Woord. Wees seker van God. Hy’s die Skepper.118 Jy mag jou gesondheid verloor het. Jy mag jou gemeenskap verloor het. Neem Hom op Sy Woord. Wees seker dat Hy God is. Die somber tye wat nou lyk, mag nie so somber lyk, as jy net Sy Woord neem en seker is dat Hy God is nie.119 In Duitsland het ek, eenkeer, ’n skildery gesien, en dit het altyd by my gebly. ’n Duitse skilder het geskilder die…’n skildery wat—wat genoem word: “Die Wolkland.” En wanneer jy dit, van ’n afstand af, sien, is dit die verskriklikste somberheid wat jy ooit gesien het. Net wolke bymekaar gekoek, wanneer jy daarna kyk van ’n ver afstand. Maar wanneer jy baie naby daaraan kom, verander dit. Dis Engelevlerke wat saamklap, wat halleluja’s sing aan die Here. So dis wat somberheid partymaal is. As jy daarna kyk van ’n ver afstand, lyk dit somber en donker. Maar neem God op Sy Woord, en wees seker dat Hy God is, en beweeg naby daaraan, jy sal uitvind dis net Engelevlerke wat saamklap.120 Sy was ietwat soos Abraham was, gevra om alles te gee wat sy gehad het, dit te lê op die altaar van offerande. Miskien word jy so geroep, vanmôre. Gee jou weë op. Gee op jou ongeloof. Gee alles op wat jy het. En neem dan die Olie en die Woord, en meng Dit met mekaar, en plaas Dit op ’n altaar van selfopoffering. Jy sal uitvind, Dit sal God op die toneel roep, so seker as wat ek in hierdie preekstoel staan. Dink daaraan terwyl ons bid.121 Het jy ’n behoefte vandag? Het jy ’n behoefte groter as wat jy fisies in staat is om te verkry? Is die geld so laag dat jy nie jou

Page 17: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 17

huur kan betaal nie? Het die kinders nuwe skoene nodig, en jy het nie geld om hulle te koop nie? Is die pot leeg by jou huis, en die kruik omtrent leeggeloop? Jy kan nie voer koop vir jou vee nie? En, daar, iets verkeerd? Onthou, Hy het ’n belofte gemaak.122 Is jy siek, en die dokter sê jy het ’n operasie nodig? Jy het nie geld om dit te doen nie? Jy het behoefte.123 Is jy ’n sondaar? Is jou nood groot, in die wete dat as God vandag sou roep, jy verlore sou wees? Is jy ’n afvallige wat weghardloop van God? En jy weet jy behoort aan een of ander kerk, maar jy weet jy’s nie reg nie? Jou eie gewete sê vir jou, volgens die Woord, dat jy nie reg is nie. En jy het ’n behoefte. Moenie dat hierdie woorde in doringgrond, of op rotse, klipperige harte val nie. Mag hulle in goeie, vrugbare grond val.124 As jy siek is en jy…die dokter sê jy kan nie gesond word nie, en jy belowe God dat jy Hom sal dien al die dae van jou lewe, en jy seker is dat Hy God is, kom kom Sy vereistes na. As jy ’n behoefte het, sal jy eers soveel doen as om jou hand op te steek na God, dat jy ’n behoefte aan iets het? God seën julle. Laat ons bid.125 O Here, net so seker as wat ek in hierdie preekstoel is vanmôre, weet ek daar kan nie een van daardie hande opgaan sonder dat U dit weet nie, want U is God. U het gesê: “Word daar nie soveel mossies verkoop vir twee oortjies nie? Hoeveel meer is julle as ’n mossie!” Hoeveel te meer het U die hande van daardie sterflinge gesien, waarin U Seun Jesus Christus voor gesterf het! Hoeveel te meer het U hulle hande gesien as wat U ’n mossie sou sien, as dit vanmôre geval het! Ek veronderstel, vir ’n dosyn mossies, sou nie vir ’n pennie verkoop vanmôre nie, want niemand wil hulle hê nie. En daar sou die probleem wees om hulle te begrawe. Maar U ken elkeen van hulle; U ken elke veer wat in hulle liggaam is. U ken elke haar wat op ons hoof is.126 O Here, antwoord gebed. Laat hulle seker wees, vanmôre, dat U God is, en Dis U Gees. Mag die dofheid en betowering van hierdie moderne-dag godsdiens wegval van hulle, wat sê: “O, ek behoort aan sekere so’n kerk.” God, mag dit uit hulle gedagtes vervaag, op hierdie oomblik. In hierdie een oomblik, mag hulle ’n vlugtige blik kry van die Ewige Lewe. En dan sal hulle soek en honger Daarna, om te weet wat God is, en hulle is seker dat Hy is. Hy hou Sy Woord.127 Aan die sondaar, mag hulle vinnig bely, gereed maak vir die doop in die Naam van Jesus Christus. En U het belowe U sal vir hulle die Heilige Gees gee. U het dit gesê, Here. U hou U belofte.128 Daar is ’n afvallige wat seker is dat U God is, en hulle het weggedwaal. Mag hulle vandag kom, want U het gesê: “Al is jou sonde soos skarlaken, hulle sal wit wees soos sneeu. Rooi soos karmosyn, hulle sal wit wees soos wol.”

Page 18: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

18 DIE GESPROKE WOORD

129 En as daar diegene is wat siek is, mag hulle besef dat U God is. U hou U Woord. U moet U Woord hou. En soos hulle hulself neerlê, met hulle Olie, die Gees wat in hulle is wat bely dat hulle glo. En dan, ook, met die Woord, die Brood van die Lewe wat uitgegaan het, Christus; opgemaal vir hulle, in die Ou Testament; en in die Nuwe Testament, om te wys Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Mag hulle daardie Woord meng met die Olie, Gees, wat hulle het, dan op hulle voete staan by die altaar, sê: “Dis al wat ek het, Here. Ek bring dit.”

O, hoe U sal vermenigvuldig! Hoe dit die God van die geskiedenis op daardie toneel sal roep! Hoe dit Jehova sal opstaan, met ’n hart wat swel, dat: “Ek het ’n kind wat My sal gehoorsaam. Ek het hom deur die toets gesit, en hy bewys dat hy My liefhet en hy My glo. Hy is seker dat Ek is.” Want dit het gesê: “Hy wat na God toe kom moet glo dat Hy is, en ’n beloner is van hulle wat naarstig na Hom soek.” Skenk dit, hierdie uur, soos ons dit aan U toevertrou.130 En, nou, terwyl ons ons hoofde gebuig het. En diegene wat ’n behoefte aan enigiets het, sal julle op julle voete staan, wat wil plaas…Nou, as julle nie seker is dat Hy God is nie…As julle seker is Hy is God, en gaan Sy belofte, verlossing, genesing, wat ook al dit is, hou, as julle seker is Hy is God, staan op julle voete. As julle iemand anders het waarvoor julle wil bid, staan op julle voete. As julle—as julle seker is Hy is God, maak jou versoek bekend in die gemeentes van die heiliges. Julle doen dit soos julle staan op julle…[Leë kol op band—Red.]

“Ek is seker Hy is God. Ek glo dat Hy Sy Woord hou. En ek is seker dat my versoek…Ek sal dit lê onder die Bloed, net nou.” As julle dit doen, lê elke sonde. Elke sonde is ongeloof. Julle mag ’n kerklidmaat wees, maar ek bedoel sonde, julle “ongeloof.” Jy lê dit neer as ’n offerande. Jy gaan dit opoffer. Jy kom na die kruis. Jy gaan, nou, al jou ongeloof opoffer. En gee dit oor aan Hom, en weet dat Hy is, en jy is seker Hy gaan antwoord. As jy dit is, steek jou hand op. Bly so.131 Here, U is God. Hier is hulle Olie en hulle Koring, met mekaar gemeng. Hulle bring Dit na die kruis, waar die Vuur van God in hulle harte sal val (as hulle dit regtig bedoel) en daardie offerande verteer. U sal op die toneel kom, opstaan en die waters verberg. Uit die Hemel kom, in ’n Vuurwa. U sal die hele hemel en aarde skud, om hulle te beloon.132 Soos hulle staan met hulle hande op in die lug, om te wys dat hulle glo, en het hulleself, en elke versoek wat hulle het, reg op U altaar gelê. O God van Hemel en aarde, die Regter van die Hemele en aarde, sekerlik sal die Regter van die Hemel en aarde regverdigheid laat geskied. Sekerlik sal Hy Sy Woord hou, U wat die harte van mans, die harte van vroue, die harte van hierdie mense ken.

Page 19: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

WEES SEKER VAN GOD 19

133 Here God, ek steek my eie hande op, want ek weet ek het nou ’n verandering van bediening. En ek glo dat U is. Ek het U oorkant sien staan in ’n Vuurkolom. [Broer Branham klop drie keer op die preekstoel—Red.] Ek het U die geheime van mense se harte sien deursoek. Nie een keer het U gefaal nie. U het dit belowe toe U dit gemaak het daar, oorkant die straat hier, toe U die eerste keer begin deel het om hierdie dinge te doen. En U het my om die wêreld beskerm, en om en om. Ek is seker U is God. Ek is seker daarvan.134 Ek offer myself op saam met hierdie mense, en die offerande van alles wat ek het, Here, aan U, vir diens. Ek begin weer, Here, om om die wêreld te beweeg. Help my, O God. As ek U nie geglo het nie op enige tydstip, vergewe my van my sonde. Vergewe my van my ongeloof. Ek weet dat U is en ’n beloner is van diegene wat U soek.135 Net so, bely ek die sondes van my mense, vanmôre, hulle swakhede en hulle vertwyfelings, soos hulle met hulle arms in die lug staan. Ek bely hulle sondes, Here, en al ons swakhede. Stuur die Heilige Gees op ons, met die seël van U goedkeuring, dat U God is. En U nou hier is om ons te ontvang, en ons in U arms te neem, en ons te verlos van alles wat ons verloor het. As dit ons gesondheid is, mag dit ’n honderdvoudig herstel word. As dit ons siel is, mag dit na ons kom as ’n blommende, skynende artikel, gevul met die Heilige Gees, om voor God voorgelê te word. As dit ongeloof is, mag dit weer na ons kom, Here, met geloof om berge te versit. Skenk dit, Here.136 Ons glo dat U beweeg, die Heilige Gees, deur die gebou versadig, oor hierdie mense, en in hulle harte, hulle beweeg om die lewende God te aanvaar. Dit doen ons in die Naam van Jesus Christus.

My geloof kyk op na U,U Lam van Golgóta,Goddelike Redder;Hoor my nou wyl ek bid,Neem al my sonde weg,Of laat my ooit af dwaalVan U af weg.

137 Bedoel julle dit? Ontvang julle dit? Steek julle hande op, sê: “Ek ontvang dit nou. Ek glo.”

Terwyl lewens donker doolhof ek bewandel,En droefheid om my heen versprei,Wees U my Gids;Laat duisternis verander in dag,Vee droefheidstrane weg,Of laat my ooit afdwaalVan U af weg.

Laat ons ons hoofde buig.

Page 20: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

20 DIE GESPROKE WOORD

138 Na hierdie ernstige, hard-snydende Boodskap; kru, en op ’n rowwe manier uitgebring, maar dis die Waarheid. En as julle nederig sal glo waarvoor julle gevra het, julle dit ontvang, moenie julle dat niks julle ooit van daardie reguit pad laat stoot nie. Staan net daar. Maak nie saak hoeveel ek sou preek, wat ek ook al sou doen, of wat ook al enige mens sou doen nie, dit sal nooit ’n effek hê totdat jy dit as jou eie persoonlike eiendom aanvaar nie.139 As julle dit met julle hele hart glo, alles wat jy begeer het. As jy jou sondes bely het, het God jou vergewe. Moet jy dit nooit meer betwyfel nie. As jy ’n afvallige was, is jy teruggeneem, vanmôre. As jy die Heilige Gees nodig het, word dan gedoop in die Naam van Jesus Christus vir die vergifnis van jou sondes. Dis God se Woord. Hy sal Dit nie verander vir geen kerk, geen denominasie, of niemand anders nie. Dit moet so wees. Ons moet Sy vereistes nakom, nie die kerk se vereistes nie, Sy vereistes. Dis wat ons moet doen.140 Hy het gesê: “Die gebed van geloof sal die sieke red.” As jy siek is, ek het die gebed van geloof vir jou gebid. Jy het dit gebid in jou eie hart. En glo dit, aanvaar dit, staan vas daarop. Dit sal so moet wees. Niks kan dit neem nie, maak nie saak hoe somber dit lyk nie.141 Jy sê: “Wel, dit mag lyk asof ek steeds siek is.” Dit doen nie…Dis net Engelevlerke wat versamel. Dis al. Dis God in die vorm van ’n seëning. Dit lyk somber vir jou. Gaan ’n bietjie nader daaraan en kyk weer daarna, kyk of dit nie God is wat daar staan, Sy Woord hou nie.142 Nou, terwyl ons ons hoofde gebuig het, gaan ek die diens oorgee aan Broer Neville, ons pastoor.

WEES SEKER VA N GOD AFR59-0125(Be Certain Of God)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Sondagoggend, 25 Januarie 1959, by die Branham Tabernakel in Jeffersonville, Indiana, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2015 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 21: WEES SEKER V G - download.branham.orgdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR59-0125 Be Certain Of God VGR.pdf · te wees, is ’n persoon wat hulleself sal verneder voor God, as hulle nie

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org