6
WEEK 1 GROEPSBYEENKOMS WOESTYN 'n fluistering in die windstilte

WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

WEEK 1GROEPSBYEENKOMS

WOESTYN'n fluistering in die windstilte

Page 2: WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die Bybel en ryk aan betekenis. Dit is vandag nog ‘n metafoor vir die moeilike tye in jou lewe.

‘n Woestyn is ‘n uitdagende plek. Dis bedags bloedig warm en snags soms ysigkoud. Daar is die bloedige son, warm winde en hewige sandstorms. In die woestyn is oorlewing moeilik as gevolg van ʼn gebrek aan water en kos. Net die gehardste oorleef daar!

Verskillende dinge kan ‘n woestyngevoel in ons lewens laat wat ons by ons eie woestyne bring. In hierdie verstaan van woestyne dui

dit op ‘n plek van swaarkry; van alleenwees; ‘n plek van versoeking om ons eie planne te maak of om moed op te gee. Dit is ‘n plek van verlies, selfs ‘n plek waar ons twyfel oor God se teenwoordigheid. Dis ‘n plek waar ons heeltemal gestroop word van onsself, van al die geraas wat ons doof laat vir die sekerhede waarop ons voorheen staatgemaak het. Hierdie woestyn kan ook ‘n plek wees van refleksie, ontdekking en tyd saam met God en jouself. Dikwels lei woestyntye tot geestelike groei.

Huidige omstandighede te wyte aan die Corona-virus skep die ideale geleentheid om jouself en God opnuut te vind.

GROEPSBYEENKOMS 5 – 11 JULIE 2020ELIADR. ZANDER VAN DER WESTHUIZEN WEEK 1

GEBED

GESELSTYD

INLEIDING EN AGTERGROND OOR DIE REEKS

• ‘n Groeplid (wat aanbied) doen ‘n kort gebed.

Doen die digitale rondte waar elkeen in die groep op die volgende twee vrae antwoord: (Antwoord sommer albei vrae terwyl dit jou beurt is)

1. Stel jou-/julself aan die groep voor.2. Hoe gaan dit met jou/julle?

Die leier van die groep verduidelik die reeks en hoe die groepbyeenkomste gaan werk.

Page 3: WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

WIE WAS ELIA?

Laat iemand in die groep die volgende stuk voorlees:

Elia was ’n profeet wat in 870 - 850 voor Christus geleef het. Hy was geroep om ‘n profeet in Israel te wees gedurende die tyd toe die goddelose koning Agab die land regeer het. Volgens 1 Konings 17:1 was Elia ’n Tisbiet en op ʼn stadium net ’n bywoner in die land, Israel. Hy was afkomstig van Gilead.

Volgens die Bybel het koning Agab meer sonde gedoen as al sy voorgangers. (1 Kon. 16:33). Hy het met ’n heidense vrou (Isebel) getrou en ook die afgod Baäl aanbid (Baäl was die vrugbaarheidsgod). Aanbidding van die afgod het met tempelprostitusie gepaard gegaan. Agab het ’n tempel vir Baäl in Samaria laat bou en selfs ’n altaar vir die afgod daar opgerig. Hy het ook ’n gewyde paal laat plant.

Die Here se opdrag aan Elia was duidelik: solank Agab voortgaan om sy rug op die Here te draai en die afgod Baäl te dien, sal daar droogte in Israel wees. Nadat Elia hierdie boodskap aan Agab oorgedra het, moes hy vir sy lewe vlug. Hy het in Kritspruit weggekruip waar die kraaie vir hom kos gebring het.

Uiteindelik het die Here vir Elia gestuur om Agab te konfronteer. Op die berg Karmel het Elia vir die Baäl-profete gewys dat die Here almagtig is. Die droogte het geëindig en dit het weer begin reën.

Isebel was so kwaad oor die moord van al die profete daarna dat Elia weer vir sy lewe moes vlug. Hierdie keer het hy tot in die woestyn gevlug waar die Here vir hom gesorg het. Uiteindelik het hy na Horeb gereis. Daar het die Here met hom gepraat en vir hom ‘n nuwe opdrag gegee.

Daar was dus twee woestyntye in Elia se lewe.

Lees die hele verhaal van Elia se bediening onder moeilike omstandighede in 1 Konings 17 – 19.

Page 4: WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

SKRIFLESING

Laat iemand in die groep die eerste skrifgedeelte lees oor Elia se eerste woestyntyd – 1 Konings 17: 2-9

2 Die woord van die Here het tot Elia gekom en gesê: 3 “Gaan hiervandaan af ooswaarts en gaan versteek jou in Kritspruit, anderkant die Jordaan. 4 Jy kan water uit die spruit drink, en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te sorg.” 5 Hy het gedoen soos die Here aan hom opgedra het. Hy het daar in Kritspruit gaan bly, anderkant die Jordaan. 6 Die kraaie het vir hom soggens brood en vleis gebring en hulle het vir hom saans brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink. 7 Uiteindelik het die spruit opgedroog omdat die land nie reën gekry het nie. 8 Toe het die woord van die Here weer tot Elia gekom en gesê: 9 “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het ’n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.”

Laat iemand anders in die groep die tweede skrifgedeelte voorlees oor Elia se tweede woestyntyd – 1 Konings 19: 4-8; 11-13

4 Hy self het egter ’n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder ’n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” 5 Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud ’n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” 6 Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 7 Die engel het ’n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.” 8 Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.

11 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar ’n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ’n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. 12 Na die aardbewing was daar ’n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ’n fluistering in die windstilte. 13 Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy ’n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

Page 5: WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

TYD VIR REFLEKSIE

1. Wat kom in jou gedagtes op as jy aan die metafoor “woestyntyd” dink?

2. Hoe sou jy “woestyntyd” in iemand se lewe beskryf?

3. Dink jy ons bevind ons nou, in die lig van die pandemie, in ‘n “woestyntyd”?

4. Elia se eerste en tweede woestyntyd is as gevolg van vrees. In die eerste woestyntyd vlug hy van Agab. Die tweede keer vlug hy van Isebel af. Hoe het die tyd in die woestyn hom gehelp om sy vrees te oorkom?

5. Wat ontdek Elia van God se sorg in hierdie tye?

6. Dink jy God sorg vir ons in die moeilike tye van ons lewe?

7. Watter rol speel geloof in ‘n woestyntyd?

8. Elia het God by Horeb gesoek en Hom uiteindelik in die “fluistering in die windstilte” gevind. Wat dink jy is die les wat ‘n mens hieruit leer?

9. In albei woestyntye het Elia ‘n nuwe roeping ontdek. Dink jy die Here kan deur moeilike tye jou help om iets nuuts te ontdek? Wat kan hierdie ontdekking moontlik inhou?

AFSLUITINSGEBED• Sluit af deur te bid. Dra jou gedagtes en begeertes aan die Here op.

• Jy is ook welkom om die Ons Vader-gebed (of enige ander bekende gebed) te bid.

Die groepleier lei die bespreking aan die hand van die volgende vrae en help die groep sodat elkeen ‘n beurt kry om deel te neem.

Page 6: WEK 1GR - ngtyger.com · WEK 1GR WEK 1GROPSBREYKREKNRSKMRENOPR1PSK. Gedurende Julie gaan ons belangrike Bybelfigure tydens hul woestyntye bespreek. Woestyntye is belangrik in die

012 809 0107 . 012 809 0445 . [email protected] 51, Shere LH, Pretoria

www.facebook.com/ngtygerpoort

www.ngtyger.com

nie ter wille van onsself nie