10
WOW WOORDE OPEN WÊRELDE

woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

226

wowwoorde open wÊrelde

WOORDE OPEN

WÊRELDE

Page 2: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

227

WOORDE OPEN

WÊRELDE wowWoorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur WOW in voorheen benadeelde gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed. WOW gee voornemende studente al die inligting oor tersiêre studie wat hulle nodig het, en WOW-studiebeurse van die Universiteit Stellenbosch word aan talentvolle kandidate toegeken.

Die Sanlam WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land, word in al nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die Universiteit Stellenbosch en die geleenthede wat dié instansie bied.

WOW bied ook jaarliks ’n program by die US Woordfees aan ter viering van die verruimende waarde van die geskrewe en gesproke woord in al sy gedaantes.

Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen lewens verryk en talle studente ondersteun om tersiêre kwalifi kasies te verwerf en uiteindelik hul kennis en kundigheid terug te ploeg in die gemeenskappe waarin hulle grootgeword het.

Met 26 projek-aksies binne vyf fokusareas, maak WOW van lees ’n fees en van onderwys pret. Só word gemeenskappe op onderhoudende wyse bewus gemaak van moontlikhede wat nie noodwendig andersins oor hul pad sou kom nie.

klUB wowKlub WOW is gerig op onderwysers, leerders en ouers. Sluit aan en ontvang ’n WOW-pakket met ’n sweetpakbaadjie ter waarde van R350, afslag van 50% op die Woordfees Karnaval op 2 Maart by Coetzenburg, sowel as ander spesiale afslagkaartjies. Klub WOW-lede ontvang ook woordelyste vir die Sanlam WOW Spelfees ’n week voor dit op ons webwerf gelaai word. Lees meer by woordfees.co.za en sluit aan by Klub WOW by die WOW-kantoor (Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch). Lidmaatskap kos R250 vir ’n jaar. Rig navrae na: [email protected]

Page 3: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

228

DAGPROGRAM

VRYDAG 1 FEBRUARIE

19:30 Langarm-snackdansLaerskool Weber Gedenksaal

SATERDAG 2 MAART08:00 WOW-dag vir Graad 12 - leerders Coetzenburg: Sentrum

09:00 Skryfskool Coetzenburg Sentrum

09:00 WOW-skoolmediakursusDie Neelsie: Vroueverenigingsaal

09:00 Verf-en-vers-slypskole St. Idas Primêr

09:30 Grondslagfase-geletterdheid RW Wilcocks-gebou 1001

10:00 Radiodrama-slypskool Coetzenburg: Die Stal

10:00 WOW-dag vir onderwysers Van der Stel Sportsaal

MAANDAG 4 MAART09:30 WOW Skrywersfees: Graad 3 US Biblioteek Ouditorium

14:30 Geletterdheid op skool, lees in alle leerareas Laerskool Cloetesville

DINSDAG 5 MAART09:30 WOW Skrywersfees: Graad 4 - 5 US Biblioteek Ouditorium

14:30Lees is ’n fees in die intermediêre fase vir WOW-leeskringe

Laerskool Cloetesville

20:00 Maties gesels oor… Bosch Restaurant

WOENSDAG 6 MAART09:30 WOW Skrywersfees: Graad 6 - 7 US Biblioteek Ouditorium

12:00 WOW se biblioteekdag US Biblioteek

14:30 Pret met taal in die senior fase Laerskool Cloetesville

DONDERDAG 7 MAART09:30 WOW Skrywersfees: Graad 8 - 10 US Biblioteek Ouditorium

14:30 WOW-voorleesslypskool Laerskool Cloetesville

20:00 Maties gesels oor… Bosch Restaurant

VRYDAG 8 MAART14:00 WOW-redenaars St. Idas Primêr

SATERDAG 9 MAART

08:00 WOW-debatfeesLettere en Sosiale Weten-skappe & Opvoedkunde

09:00 WOW-toneelslypskool St Idas Primêr

09:00 Slypskole vir skoolkore Laerskool Idasvallei

Page 4: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

229

wow

wow SkrywerSfeeSMoontlik gemaak deur LAPA Uitgewers

Hoe skryf jy ’n grappieboek? Die WOW-leeskringe betrek deur die jaar leerders van 25 hoër- en laerskole asook graad R-leerders. Hulle beoordeel onder meer kinder- en jeugboeke vir die ATKV-Woordveertjies en ontmoet hul gunstelingskrywers en leer die geheime van stories skryf by dié ervare skrywers.

graad 3:

Met: Wendy Maartens

Die kinderboekskrywer Wendy Maartens gesels met die graad 3’s oor haar boeke: Helde van Suid-Afrika, Die leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories, Vertel vir my ’n storie en Siembamba – Immergroen rympies vir kinders.

Sy gaan saam met hulle: - die kloutjie by die oor kry met

stomstreke oor gepaste dieremaniere - haar lyf kokkedoor hou en idiome

opklits - uittelrympies ontrafel en

splinternuwes optower - die waarde van spesiale woorde

probeer weeg

4 maart 09:3090 min | US Biblioteek Ouditorium Gratis

graad 4-5:

Met: Maritha Snyman

Kom eet by die swakste restaurant in die heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Vind uit hoe ’n mens toonkonfyt maak. Of, ontdek hoe ’n bol kougom die wêreld kan red! Maritha Snyman, professor, samesteller

van grappieboeke en skrywer van jeugboeke, sal jou lagspiere oortyd laat werk met hierdie stories uit Jaco Jacobs se nuwe kortverhaalbundel, Die swakste restaurant in die heelal.

En dan gaan sy jou inspireer om ander te laat lag met ’n grappiewerksessie wat sy aanbied. Bring jou eie grap saam en skryf nog een by die werksessie. Die plan is dat leerders se grappies opgeneem word in ’n LAPA-WOW-grappieboek. (En jip, leerders sal betaal word vir hulle grappies wat in die boek verskyn.)

5 maart 09:3090 min | US Biblioteek Ouditorium Gratis

graad 6-7:

Met: Fanie Viljoen en Noreen Nolte

Die bekende kinderboekskrywer en illus-treerder van Bloemfontein Fanie Viljoen bring sy nuwe spookstories na WOW. Maak jou gereed om ’n bietjie bang te word ... Die groot boek van spoke en grille se dertig stories gaan jou nekhare laat rys. Fanie gaan jou vertel van die goed wat onder jou bed of dalk in jou klerekas skuil. As jy dan nog nie bang genoeg is nie, sal jy hoor van monsters, vampiere, zombies en veral van spoke! Wanneer jy genoeg gees gevang het, sal hy jou help om jou eie spookstorie te skryf en om dit te illustreer.

Die Paarlse skrywer Noreen Nolte gesels oor haar debuutjeugroman, Om te dans, en sy opvolger, Dans, Jenna. Dit is ’n storie oor eerste liefde en aanhou probeer – ten spyte van die lewe se kinkels. Sy deel ook ’n skryfgeheim of twee en help die leerders om self hand aan die pen te waag.

6 maart 09:3090 min | US Biblioteek Ouditorium Gratis

Page 5: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

230

graad 8-10:

Met: Zelda Bezuidenhout en Marita van der Vyver

Zelda Bezuidenhout, reklameskrywer en naaswenner van Lapa se 2017- jeugromanwedstryd, verduidelik hoe belangrik dit is om aan ’n mens se woordeskat te werk. Daar is kleurryke, beskrywende Afrikaanse woorde vir elke ding onder die son. Ja, selfs die awesome, cool en stunning goeters. Vra maar vir Lente van Zyl, een van die karakters in haar boek. Drie leerders kan elk ’n gratis eksemplaar van haar boek wen tydends die BAA (Beste Afrikaanse Alternatief)-sessie aan die einde van haar praatjie oor haar nuwe boek, As mens geluk kon proe.

Marita van der Vyver is spesiaal hier uit Frankryk om die Woordfees by te woon. Sy kom praat met die WOW-leerders oor Al wat ek weet, ’n tienerboek wat al vele pryse gewen het, onder meer ’n SALA (South African Literature Award) vir jeugletterkunde.

7 maart 09:3090 min | US Biblioteek Ouditorium Gratis

SpeSiaal vir wow-StUdente

matieS geSelS oor…

Kom maak jou stem dik! Hier word al die brandende kwessies wat studente raak, bespreek. Bestuurslede van die Adam Tas-studentevereniging gesels met medestudente en ander genooides oor dinge wat saak maak vir studente.

Toegang sluit iets te ete en te drinke in.

5 & 7 maart 20:0060 min | Bosch Restaurant R25

SpeSiaal vir onS wow aSpirant- SkrywerS

SkryfSkool

In samewerking met PEN Afrikaans

’n Gulde geleentheid vir voornemende skrywers om hul kreatiewe potensiaal te ontsluit. Aspirant-skrywers begin die eerste stap van hul skryfproses en ondernemings word met gevestigde skrywers aangegaan om as mentors vir hierdie belowende skrywers op te tree. Die einddoel van hierdie projek is om ’n bundel met die werke van hierdie skrywers uit te gee.

2 maart 08:00 - 13:00180 min | Coetzenburg Sentrum Gratis, maar plek is beperk

Marita van der VyverFoto: Antonia Steyn

Page 6: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

231

wow

Woordfees Karnaval

SpeSiaal vir die Senior leerderS

wow-dag vir graad 12-leerderS

Ondersteun deur ATKV

Die toekoms wink. Bekende rolmodelle uit die mediawêreld gesels met voor-nemende studente en motiveer hulle om eendag hul drome aan die US te kom verwesenlik. Daarna gee Afrikaans-spesialiste van die WKOD wenke oor hoe om ’n NSS-vraestel vinnig en suksesvol te voltooi. Ná ’n sessie oor tersiêre studies aan die US deur die Sentrum vir Studentewerwing, ontmoet leerders bekende akteurs onder leiding van ’n WOW-gespreksleier wat die gehoor se vrae hanteer. Spesiale gaste gaan ook met almal gesels voordat daar op groot skaal musiek gemaak word. Ná afloop kuier almal saam by die Woordfees Karnaval by Coetzenburg.

2 maart 08:006 ure | Coetzenburg Sentrum Gratis | Besprekings vir WOW-skole sluit 31 Januarie 2019

wow-deBatfeeS

So ’n bek moet jêm kry! Dis ons tiende debatfees in die 19de Woordfees-jaar. Debatvoerders van skole uit die Wes- en Oos-Kaap kom slyp hul vaardighede. Verlede jaar het Bellville Hoër die Harde Koejawel-afdeling (ervare spanne) gewen, Bloemhof die Ou Hande-afdeling (spanne met taamlike ervaring) en Proteus Sekondêr die Nuwe Besems-kategorie (spanne met min ervaring). Onderwerpe sluit aan by vanjaar se Woordfeestema, “Jonk”. Ja-nee, by dié fees gaan leerders ongetwyfeld sommer lekker jonk wees met hul woorde.

9 maart 08:007 ure | Lettere en Sosiale Wetenskappe & Opvoedkunde | R400 per span (drie leer-ders en een opvoeder) | Inskrywings sluit 31 Januarie 2019

wow-Skoolmedia- kUrSUS

In samewerking met INK

Kom ontwikkel jou neus vir nuus. In dié voldagprogram met slypskole vir 200 leerders en hul onderwysers van deelnemende WOW-skole word die wêreld van gedrukte en digitale media op ’n prettige manier ontsluit. Verskillende aspekte van die joernalistiek word bespreek, met raad oor hoe om ’n skoolkoerant interessant, maar steeds prakties aan te pak. Deelnemers kry ’n voorsmaak van die fantastiese pryse en beursmoontlikhede wat aan die projek gekoppel is. Só begin ’n opwindende nuwe jaarprogram vir skoolkoerante.

2 maart 09:005 ure | Die Neelsie: Vroueverenigingsaal Gratis | Besprekings vir WOW-skole sluit 31 Januarie 2019

Page 7: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

232

WOW-toneelslypskool

wow-toneelSlypSkool

Planke toe! Aspirant-akteurs en -drama-turge van WOW-skole leef vanjaar weer hul kreatiewe drome in ons gewilde slypskole uit. Basiese teoretiese onder-werpe, soos spel, teks, regie en ontwerp, en tegniese aspekte word bespreek. Rooikappie is in 2018 by drie verskillende WOW-skole aangeleer en opgevoer. ’n Groep leerders, saamgestel uit hierdie drie skole, gaan Rooikappie opvoer en ná die vertoning sal waardevolle wenke gedeel word. Die aanbieding van spreek-kore sal bespreek en prakties uitgevoer word. WOW help ook opvoeders om woordkunsprogramme self saam te stel.

9 maart 09:00150 min | St. Idas Primêr Gratis, maar plek is beperk

rSg radiodrama- SlypSkool

Aangebied deur RSG

Leerders word touwys gemaak in die skryf van radiodramas deur kundiges van RSG. Alle noodsaaklike komponente van ’n radiodrama word bespreek en deeglik deurgewerk, veral die tegniek van ’n teks skep vir radio. Hulle word ook aangemoedig om deel te neem aan die RSG-kompetisie vir radiodramaskrywers.

Saterdag 2 maart09:00 180 min Coetzenburg: Die Stal

SpeSiaal vir die jUnior leerderS

verf-en-verS-SlypSkole

Jy’s ’n digter. Ontwikkel vinger- en versvaardighede. Dié gewilde slypskole wakker kreatiwiteit en ’n liefde vir lees by leerders in die grondslag- en intermediêre fase aan. Opvoeders word touwys gemaak in nuwe, prettige maniere om dit te doen, byvoorbeeld slypskole in kreatiewe skryf, visuele geletterdheid, teken- en verfwerk en selfs vingerverf. Aktiwiteite word aan lekker kreatiewe skryftegnieke en aan die Woordfeestema, “Jonk”, gekoppel. Deelnemers skryf kort gediggies en stel dit skeppend voor op A3-papier. Die eindproduk: ’n kleurryke plakkaat met elke leerder se gediggie daarop. Elke kunswerk kom in aanmerking vir WOW se jaarlikse Verf-en-vers-wedstryd met pryse vir die wenplakkate.

2 maart 09:004 ure | St. Idas Primêr Gratis, maar plek is beperk

wow-redenaarS

Met die sukses van die WOW-debatfees het dit tyd geword om ook die redenasievermoë van die laerskole op te skerp. Vir die eerste keer bied WOW ’n redenaarsfees aan vir graad 6- en 7-leerders van die omliggende en belangstellende skole.

8 maart 14:00180 min | St. Idas Primêr R50 per leerder | Inskrywings sluit 31 Januarie 2019

Page 8: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

233

wow

SpeSiaal vir onderwySerS

wow-dag vir onderwySerS

Sowat 200 onderwysers en finalejaarstu-dente van UWK volg ’n dagprogram wat begin met ’n skrywersgesprek tussen WOW-studente en Elizabeth Wasser-man (Elf dae op ’n eiland) en Rouxnette Meiring (Kraak en Snak) oor hul boeke wat omgewingsbewaringskwessies aanspreek. ’n Eko-vriendelike leefwyse is vir albei skrywers belangrik en hul na-vorsing daaroor word deur hul skryfwerk op so ’n wyse uitgebeeld dat die leser bewus raak van die belangrikheid van so ’n leefwyse. Nicol Faasen bespreek die nuutste Afrikaansgids met die gehoor. Ná hierdie spesiale geleentheid sorg ’n genooide kunstenaar vir vermaak voor ’n ligte ete met agtergrondmusiek volg.

2 maart 10:00180 min | Van der Stel Sportsaal Gratis

grondSlagfaSe- geletterdHeid

In samewerking met NB-Uitgewers

WOW-onderwysers woon ’n slypskool in grondslagfase-geletterdheid by met die oog op deelname aan 2019 se Sanlam WOW Spelfees. Kenners deel

waardevolle inligting oor hoe om die jongklomp speel-speel geletterd te kry. Mart Meij deel haar waardevolle wenke oor Spelling aan die hand van haar nuutste boeke vir graad 1, 2, 3: Pret met spel. Sy gebruik die Grootboeke om gedeelde leesonderrig aan te spreek. Om alles af te sluit wys Elana Bredell saam met Mart hoe ’n poppekas aangewend kan word om lees te bevorder en ter vaslegging van kennis. Nuwe storieboeke en handboeke vir die grondslagfase word uitgestal met spesiale aanbiedings vir WOW-skole.

2 maart 09:30-12:00150 min | RW Wilcocks-gebou 1001 Gratis

geletterdHeid op Skool – leeS in alle leerareaS

Raak kreatief met lees. Opvoeders en skoolhoofde word uitgenooi na die WOW-projek se aanbieding oor die rol van ’n leeskoördineerder op skool. Met hierdie aanbieding word waardevolle wenke gegee oor hoe om die geletterdheidsvlakke in ons skole kreatief en strategies aan te spreek. Wenke en bruikbare notas oor die leeskoördinering en die onderrig van lees in alle leerareas word verskaf. Alles word aan die hand van die KABV (CAPS)-dokumente gedoen.

4 maart 14:30150 min | Laerskool Cloetesville Gratis

leeS iS ’n feeS in die intermediÊre faSe vir wow-leeSkringe

In samewerking met NB-Uitgewers

Ons glo lees moet vir elke kind ’n fees wees en die WOW-projek maak opvoeders touwys oor hoe om leerders besig te hou met lekkerleesstories en

WOW-dag vir onderwysers

Page 9: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

234

aktiwiteite. Tydens hierdie interaktiewe sessie tussen die aanbieders, opvoeders en WOW-leeskringe word waardevolle wenke vir lees- en skryftegnieke deurgegee. NB-Uitgewers deel hul jeugboeke met die leeskringe en opvoeders. Fanie Viljoen gesels oor sy jongste, uiters relevante boeke: Veldiep (oor kinders se beheptheid met die uiterlike) en Die dag toe die draak kom (oor molestering). Kenners vertel ook hoe die Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek, vir graad 4-7, kan help met skryfwerk. NB en WOW deel ook met WOW-leeskringe waardevolle wenke oor hoe om boekuitstallings by hul skole te doen sodat menige leerder ’n boek kan besit.

5 maart 14:30150 min | Laerskool Cloetesville Gratis

wow Se BiBlioteekdag

In samewerking met LAPA Uitgewers en Vriende van Afrikaans

Vir die eerste keer word ’n spesiale geleentheid vir biblioteekpersoneel van laerskole, hoërskole en openbare biblioteke aangebied. Bring ’n dag of middag deur in die geselskap van boeke en skrywers; kom leer van biblioteek-deskundiges; verken die US Biblioteek saam met ’n toergids en geniet daarna ’n skemerkelkie saam met boekvriende.

Navrae en besprekings by: [email protected]

6 maart 12:00 en 14:00 US Biblioteek | R80

wow kUier met onderwySleierS

In samewerking met NB-Uitgewers

As deel van WOW se 50-skole-student-projek-aksie, word onderwysleiers genooi om saam te gesels oor kwessies wat belangrik is vir sekondêre en hoër onderwys. Fiona van Kerwel lei hierdie waardevolle gesprekke en WOW se ondersteuning aan voornemende en huidige studente word ook gedeel. NB Uitgewers skenk aan elke skoolhoof ’n nuttige geskenkpakkie en vertel aan hoofde hoe hul leerders se woorde vir hulle wêrelde kan open.

5 maart 14:30 - 17:00150 min | Plek sal bevestig word

pret met taal in die Senior faSe

Skud die stof van taalhandboeke en woordeboeke af! Vanjaar word opvoeders in die senior fase gewys hoe om dié hulpmiddels vir heerlike taalspeletjies in die klaskamer in te span. Dit is kreatief, kundig en korrek, maar ook propvol pret sodat almal maklik die taal onder die knie kan kry. Die WOW-projek se Toer met taal, met wenke om taalleer prettiger aan te bied, word aan almal bekend gestel.

6 maart 14:30150 min | Laerskool Cloetesville Gratis

Verf-en-vers-slypskool

Coetzenburg-konserte: Woordfees Karnaval

Page 10: woorde open w Êrelde - LitNet · 2018. 11. 16. · Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die US Woordfees. ... Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen

235

wow

wow-voorleeS-SlypSkool

In samewerking met Vriende van Afrikaans

Word ’n boekfluisteraar. Deur vir kinders voor te lees, kan jy hulle lewenslange lesers maak en ook verseker dat hulle optimaal sal kan leer. Kom sit om ’n tafel saam met Amanda de Stadler en Charel-dine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans om saam te gesels oor maklike, kreatiewe maniere om ons kinders so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde en stories bloot te stel. Ons gaan lekker saamwerk, saam lag en saam plan-ne maak om nog beter te kan voorlees.

7 maart 14:30150 min | Laerskool Cloetesville | Gratis

SlypSkole vir Skoolkore

In samewerking met die US Koor

Warm jou stem op. Dit is die derde keer dat die wêreldberoemde Stellenbosch Universiteitskoor ons bystaan met ’n slypskool vir skoolkore. Onderwerpe soos die noodsaaklikheid van skoolkore word aangeroer, terwyl belangrike dinge, soos hoe om ’n skoolkoor te dirigeer en die fynere kunsies van verhoogoptrede, deurtrap word. Moontlikhede vir jaar- programme en kooroptredes word uitgewys en besonderhede oor deel- name aan WOW-koorfeeste verskaf.

8 maart 09:00120 | Laerskool Idasvallei Gratis, maar plek is beperk

SpeSiaal vir woordfeeS- gangerS

langarm-SnaCkdanS

Ten bate van gemeenskapsontwikkeling

Oud en jonk kappityt op die Woordfees-dansbaan. Ná al die lees en notas maak en lag, is dit tyd vir dié feesinstelling. Die Elgineers sal sorg dat niemand te lank gaan stilsit nie.

1 februarie 19:304 ure | Laerskool Weber Gedenksaal R80

woordfeeS karnavalSaterdag hou ons Karnaval en jy en jou hele gesin word genooi om ’n dag van heerlike musiek en die lekkerste kos en kuier op Coetzenburg te kom geniet. Daar gaan stalletjies en mallemeulens vir die kleinspan wees; ’n bier- en wyntent vir die grootmense en warm musiek vir almal vanaf 16:30 wanneer Jarrad Ricketts begin speel. Daarna gaan die legendariese The Rockets die pas volhou, gevolg deur die sensasionele Boogie Show – ’n verskeidenheidskonsert met ’n talentvolle groep musikante, dansers en komediante onder leiding van Gary Naidoo, wat die gehoor terugvoer na die era van Motown, disco en daardie lekker groot ou power ballads van die 70’s en 80’s. Daarna neem Jimmy Nevis en Paxton die partytjie balke toe.

jarrad riCkettS - 16:30-17:00

tHe roCketS - 17:30-18:30

Boogie SHow - 19:30-21:00

jimmy neviS & paXton - 21:30-23:30

2 maart 15:00 - 23:30Coetzenburg Atletiekstadion R60 vir kinders vanaf 6 jaar oud; R130 vir volwassenes; R180 vir familiepakket (een ouer en twee kinders)

Coetzenburg-konserte: Woordfees Karnaval