4
You Are Not Alone Liewe ouers, familie en vriende, Hierdie jaar was vir YANA ‘n jaar van groei en ontwikkeling op baie gebiede. Ons het ‘n paar nuwe poste geskep, nuwe personeellede bygekry, afskeid geneem van ander en ook die inskakeling en betrokkenheid van die arbeidsterapeute in die PSRP (Psigo-sosiale rehabilitasie program) geïntegreer. Ons verwelkom graag die volgende nuwe personeellede: * Frans Viljoen, wat op 12 Junie 2012 by ons aangesluit het in ‘n gekombineerde pos as bestuurder van die bussie en ook as faktotum wat verantwoordelik is vir ons geboue en terrein. * Adele Krieg, wat op 9 Julie 2012 aangestel is as administratiewe assistent en ook om die ontvangs waar te neem en die telefoon te hanteer. * Veronique Jordaan, wat op 16 Julie 2012 deel van ons span geword het. Sy is aangestel in die plek van Annelene Oberholzer wat ons einde Junie verlaat het. Veronique het voorheen gewerk by ‘n rehabilitasie sentrum met ‘n program soortgelyk aan dìe van YANA. Uit dit wat ons reeds van die nuwe personeellede kon sien, is dit ons mening dat elkeen van hulle goed bekwaam is vir die poste waarin hulle aangestel is en ons vertrou dat hulle hulself goed van hul taak sal kwyt. ‘n Groot gebeurtenis in YANA se geskiedenis, was die aftrede van Annette Kotzè. Soos meeste van u weet, was Annette sedert Okt 1994 in YANA se diens. Sy het op 26 Julie haar 70 ste verjaardag gevier en dit het tyd geword om te gaan rus. Met ‘n traan in die oog het ons op Saterdag 25 Augustus 2012 by ’n heerlike kuiergeleentheid van haar afskeid geneem. “Annette, jy sal altyd deel van YANA wees en ons sien uit daarna om jou in die toekoms steeds te sien, al is dit in ‘n ander rol. Ons verwelkom jou ook graag as lid van ons Bestuurskomitee. Ons beste wense vergesel jou vir die nuwe fase in jou lewe. Mag jy jou afgetrede lewe ten volle geniet saam met jou familie en vriende en mag jy tyd kry om al daardie lekker dingetjies te doen waarvoor daar nie voorheen tyd was nie!” Hierdie nuusbrief word opgedra aan Annette. Groete, Estelle Verbeek In Memoriam: Dis met groot leedwese en ‘n leemte in die hart dat ons van ouderling Pepè van der Westhuizen moes afskeid neem nadat hy op 26 Mei 2012 na sy ewige tuiste verhuis het. Hy het ‘n baie lang pad met YANA en sy mense geloop. Ons sal hom, sy getroue besoeke en heerlike geselsies mis en ons bid vir Tannie Alida en hul kinders die sorg en vertroosting van ons Hemelse Vader toe. Van ons nuwe maatskaplike werker…. Ek is nou vir bietjie meer as drie maande deel van die YANA-familie. Dit is sover ‘n spesiale ervaring wat moeilik beskryf kan word. YANA is ‘n plek waar almal ewe belangrik en spesiaal is; dit sluit in- woners, personeel, vrywilligers, vriende en familie in. Ek wil graag dankie sê aan almal vir die ope arms en warm harte waarmee ek ontvang is. Ek is seker dat my vennootskap met YANA deel is van die Here se plan vir ons en ek sien uit na die toekoms saam! Groete en liefde, Veronique

You Are Not Alone

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: You Are Not Alone

You Are Not Alone

Liewe ouers, familie en vriende,

Hierdie jaar was vir YANA ‘n jaar van groei en

ontwikkeling op baie gebiede. Ons het ‘n paar nuwe poste

geskep, nuwe personeellede bygekry, afskeid geneem van

ander en ook die inskakeling en betrokkenheid van die

arbeidsterapeute in die PSRP (Psigo-sosiale rehabilitasie

program) geïntegreer.

Ons verwelkom graag die volgende nuwe personeellede:

* Frans Viljoen, wat op 12 Junie 2012 by ons aangesluit

het in ‘n gekombineerde pos as bestuurder van die bussie

en ook as faktotum wat verantwoordelik is vir ons geboue

en terrein.

* Adele Krieg, wat op 9 Julie 2012 aangestel is as

administratiewe assistent en ook om die ontvangs waar te

neem en die telefoon te hanteer.

* Veronique Jordaan, wat op 16 Julie 2012 deel van ons

span geword het. Sy is aangestel in die plek van Annelene

Oberholzer wat ons einde Junie verlaat het. Veronique

het voorheen gewerk by ‘n rehabilitasie sentrum met ‘n

program soortgelyk aan dìe van YANA.

Uit dit wat ons reeds van die nuwe personeellede kon

sien, is dit ons mening dat elkeen van hulle goed bekwaam

is vir die poste waarin hulle aangestel is en ons vertrou

dat hulle hulself goed van hul taak sal kwyt.

‘n Groot gebeurtenis in YANA se geskiedenis, was die

aftrede van Annette Kotzè. Soos meeste van u weet, was

Annette sedert Okt 1994 in YANA se diens. Sy het op 26

Julie haar 70 ste verjaardag gevier en dit het tyd geword

om te gaan rus. Met ‘n traan in die oog het ons op

Saterdag 25 Augustus 2012 by ’n heerlike

kuiergeleentheid van haar afskeid geneem.

“Annette, jy sal altyd deel van YANA wees en ons sien uit

daarna om jou in die toekoms steeds te sien, al is dit in ‘n

ander rol. Ons verwelkom jou ook graag as lid van ons

Bestuurskomitee. Ons beste wense vergesel jou vir die

nuwe fase in jou lewe. Mag jy jou afgetrede lewe ten volle

geniet saam met jou familie en vriende en mag jy tyd kry

om al daardie lekker dingetjies te doen waarvoor daar nie

voorheen tyd was nie!”

Hierdie nuusbrief word opgedra aan Annette.

Groete,

Estelle Verbeek

In Memoriam:

Dis met groot leedwese en ‘n leemte in die hart dat ons van ouderling Pepè van der Westhuizen moes afskeid neem nadat hy op 26 Mei 2012 na sy ewige tuiste verhuis het. Hy het ‘n baie lang pad met YANA en sy mense geloop. Ons sal hom, sy getroue besoeke en heerlike geselsies mis en ons bid vir Tannie Alida en hul kinders die sorg en vertroosting van ons Hemelse Vader toe.

Van ons nuwe maatskaplike werker….

Ek is nou vir bietjie meer as drie maande deel van die YANA-familie. Dit is sover ‘n spesiale ervaring

wat moeilik beskryf kan word. YANA is ‘n plek waar almal ewe belangrik en spesiaal is; dit sluit in-

woners, personeel, vrywilligers, vriende en familie in. Ek wil graag dankie sê aan almal vir die ope

arms en warm harte waarmee ek ontvang is. Ek is seker dat my vennootskap met YANA deel is van die

Here se plan vir ons en ek sien uit na die toekoms saam!

Groete en liefde, Veronique

Page 2: You Are Not Alone

Page 2

By Amelda Swan

The therapeutic team is very excited about the ‘Recovery

Journey’ as introduced and described in the previous news-

letter. Just to recap:

“Rehabilitation’s central goal is enabling the individual to

develop to the fullest extent of his/her capacities despite the

existence of psychiatric illness. It facilitates the opportunity

for individuals to reach their optimal level of independent

functioning in the community” (WHO,1996).

At YANA the following interventions towards rehabilitation

are being developed and utilised:

Individual development plans (IDP):

One of the goals is the development of an Individual Devel-

opment Plan (IDP) for each resident. This entails a highly

individualized, measurable treatment plan according to each

resident’s potential. We are currently in the process of look-

ing into different strategies for developing such individual

plans. It is important to find a strategy that would suit

YANA’s complex environment and individual functioning.

This treatment plan is being developed by a multi-

disciplined treatment team including the case managers

(therapists) and the occupational therapists, together with the

resident. It would provide hope and motivation for the indi-

vidual to move forward.

Therapeutic Groups:

The focus of the therapeutic groups is on each person’s posi-

tive experiences. This is accomplished by learning to live ‘in

the moment’ and becoming aware of the things we often

take for granted. Groups will start in November.

Occupational Therapy and other Groups:

The Occupational Therapy groups were launched. Each resi-

dent have the opportunity to attend 7 groups during their

week presented by volunteers and therapists.

A lot of attention and thought

were put into this implementa-

tion phase to ensure that resi-

dents adjust positively to the

changes.

Rozanne Groenewald

(Occupational therapist) wrote:

“Joining the team at YANA has been a wonderful experience

for us as occupational therapists. We began our journey of

getting to know the residents and day visitors at YANA by

doing individual assessments, making use of an outcomes

measure to depict our assessment results, so that we can in

future track the progress of the clients’ functioning. After

assessment we divided the residents and day visitors into 4

groups, based on their level of functioning, in order to pro-

vide the clients with activity groups which were optimally

presented and structured for their abilities and needs. Alt-

hough it is always challenging to develop and implement a

new therapeutic programme at an established organisation,

we feel that the programme was implemented with minimal

difficulty. The residents and day visitors have responded pos-

itively to the programme and most attend the programme

regularly. An improvement in the functioning of many of the

residents has already been seen.

We feel part of the YANA family already and are excited and

driven to help YANA grow and develop further, as I am sure

working at YANA will also help us grow.”

Development of the Psychosocial rehabilitation pro-

gramme (PSRP):

The therapists are currently in the process of developing,

implementing and improving a multi-disciplinary, psycho-

social rehabilitation program for persons with schizophrenia

that would be the standard for the industry.

‘n Woord van ons voorsitter………..

Ek het my die afgelope jare verwonder oor die veranderinge aan die infrastruktuur wat by YANA plaasgevind het. Gedurende die afgelope jaar het ek weer ‘n verandering by YANA beleef.

Ons weet dat verandering van die omgewing of omstandighede, dikwels by die persone met skisofrenie angs kan veroorsaak. Hierdie verander-inge moet dus baie versigtig deur die persone met skisofrenie se ondersteuningsnetwerk bestuur word. Alhoewel daar die afgelope jaar heelwat veranderings ten opsigte die YANA personeel plaasgevind het, het ek as ouer met groot dankbaarheid gevind dat dit nie ‘n negatiewe effek op ons kinders gehad het nie.

Elke keer as ek YANA besoek aflê, word ek verwelkom deur inwoners wat rustig op bankies of tuinstoele sit en ontspan. Sommige is besig met groeps aktiwiteite terwyl ander ywerig in die kombuis of elders verskillende take verrig. Die vriendelike personeel wat besig is met hul onderskeie take, het altyd tyd vir ‘n geselsie. Wanneer ek vertrek, voel ek altyd dankbaar teenoor die mense by YANA wat omgee en daar is vir my kind.

Graag wil ek baie dankie sê vir Estelle (ons nuwe bestuurder) en haar personeel wat sorg dat ons kinders gelukkig en geborge by YANA is en voel.

Vriendelike groete, Mike Holtzhausen (Gerard se pa)

Page 3: You Are Not Alone

Page 3

NUUSNUUSNUUS YANAYANAYANA NEWSNEWSNEWS NUUSNUUSNUUS YANAYANAYANA NEWSNEWSNEWS

Orde van die KruikOrde van die KruikOrde van die Kruik

ToekenningToekenningToekenning

YANA was vir die tweede keer

die trotse ontvangers van hier-

die oorkonde wat deur Cordis

Trust gegee word aan organ-

isasies wat ’n besondere by-

drae tot deernis-aksies in die

gemeenskap maak.

Estelle het dit namens YANA

op 23 Sept 2012 van Dr Marais

van Cordis Trust ontvang.

Pierneef Performance:

23 October 2012

18:30

YANA had a very special

performance this year and we

want to thank each and eve-

ry person who came to watch

and support us. We hope that

you enjoyed it just as much

as we did!

We want to thank Annette,

Elsie, Frans, Frieda, Amelda,

Veronique and every YANA

performer for their hard

work in preparing for the

show -

You did a terrific job !

ALGEMENE VERGA-

DERING:

27 Oktober 2012, 09:00

Ds. Calvyn du Toit was ons

spreker by hierdie geleent-

heid oor die tema “ Logotera-

pie”. Baie dankie aan almal

wat dit bygeoon het—ons glo

dat u dit baie leersaam gevind

het.

Die volleyball wedstryde was ‘n treffer en gaan beslis ‘n instelling word. Ons sien uit daarna om ons gaste ook in die spanne te kry!

Golf Day: 27 September‘12

YANA’s first Golf Day was

held at Bronkhorstspruit

Golf Course. Thanks to Lor-

raine Esterhuizen, Mark

Green, the staff of Esor-

frankie and all the sponsors

an amount of R 20 00,00 was

donated to YANA. To Jakes

and Rodney who played —you

guys were super-fantastic!

MUSIEKGROEP Elsie Lombard

Om iets te skryf oor ons Donderdae se musiekgroepe, is amper soos om iemand in ons spesiale musiek-heiligdom toe te laat. Aangesien u 'n integrale deel van ons YANA-familie is, deel ons 'n proeseltjie, met 'n lied in ons harte. Ons familie sing altyd lekker saam, ons wonder, ons ontleed, ons luister na musiek....weer en weer. Die insette van ons inwoners is van onskatbare waarde. Ons kry pitkos antwoorde en verrassende gevolgtrekkings. Om

mense se denke, gevoelens en emosies te kan deel, is 'n verrykende ervaring.

Om te leer hoe ons brein die klank ontvang, verwerk en bêre is, 'n openbaring. Al sou ons baie van ons daaglikse "onthou" vergeet het, is dit wetenskaplik bewys dat musiek die een aspek is wat ons die langste onthou. Een van die manne het dit so raak beskryf: ons brein is soos 'n rekenaar se hardeskyf. U kan verseker wees ons hardeskywe het reeds 'n ruim hoeveelheid musiek opgegaar deur die jare en daar's nog baie plek vir baie jare vorentoe. Soms kom bekommerde of beswaarde gesigte die musiekklas in - om na die tyd met 'n vonkel in die oog uit te stap. Van ons inwoners het baie prys gegee deur die jare en dalk baie verloor, MAAR om nog te kan hoor, om musiek te kan luister, om te kan sing tot eer van ons Skepper, dis genoeg vir ons.

Ek kan 'n kykie in ons weeklikse saamwees, so opsom:

“Music: is the medium through which we express our feelings of joy and sorrow, love and patriotism, penitence and praise. It is the charm of the soul, the instrument that lifts the mind to lighter regions, the gateway into the realms of imagination. It makes the eye to sparkle, the pulse to beat more quickly; it causes emotions to pass over our being like waves over the far reaching sea.”

Uit die kombuis.......

Groot veranderinge het reeds in die kombuise plaasgevind en is daagliks steeds besig om te gebeur. Die moeilikheidsgraad van maaltyd voorbereiding is reeds aansienlik uitgebrei, en inwoners

bly in pas.

Die aangepasde aand spyskaart het positiewe reaksie ontlok. Die mees positiewe gevolg was dat inwoners besef hulle kan self die geregte voorberei, indien resepte gevolg word. Nog ‘n positiewe gevolg is dat sommiges selfs die inisiatief neem om klein variasies te maak en sodoende die resep hulle eie indivuduele stempel gee. Inwoners meen dat hulle mede- inwoners se kookkuns baie verbeter het waarmee ek volmondig kan

saamstem.

Daar word deurentyd na metodes gekyk om die kombuise se bestuur meer ordelik en gebruikers-vriendelik te maak. Die samewerking van inwoners is meestal baie goed. Party inwoners werk baie selfstandig en sommige toon verstommende inisiatief.

Frieda Louw

Van Frans Viljoen: As nuwe werknemer van Huis YANA, kan ek met ‘n oop gemoed erken dat ek met die instapslag reeds tuis gevoel het by my nuwe werk. Ek is spontaan en vriendelik welkom geheet. Dis vir my ‘n plesier om saam met so ‘n groep mense te werk. Die inwoners het my dadelik aanvaar en laat tuis voel. Wat my die meeste opgeval het, is dat almal spontaan deelneem aan die Godsdiens verrigtinge. Die manier waarop hulle so opreg bid is vir my ‘n ware riem onder die hart, ‘n mens kan aanvoel dat hulle beslis glo in wat hulle bid. Ek het vinnig geleer dat ek die inwoners meer as een keer per dag moet groet. Ek het dadelik begin aandag skenk aan die tuine. Ons het nuwe beddings gemaak en blomme geplant en gesellige hoekies geskep, sodat die inwoners hulle kuiergaste in gemak en privaatheid kan onthaal. Ons het ook groente en kruie geplant vir gebruik in die kombuis en sal binnekort die eerste groente kan oes vir gebruik. Daar is gereeld items in die wonings wat herstel moet word, en 90% van die items word deur my herstel. Die minibus is in ‘n goeie toestand en word daagliks gebruik om die inwoners na die klinieke en hul groepe te neem. Ons ry gemiddeld 1600 km per maand in die stad. Die diesel verbruik vir die kort ritte in die stadsverkeer wissel tussen 9 en 10 km/liter, wat baie goed is.

Hierdie span mense werk in absolute harmonie en dis ‘n heerlike ervaring om deel te wees van so ‘n dinamiese span en om in sulke aangename omstandighede te werk.

Page 4: You Are Not Alone

DANKIE

Graag wil ons die volgende persone bedank

vir hulle hulp en betrokkenheid by YANA

gedurende 2012

- Antoinette’s bible study group and the SANParks (Biodiversity Social Projects) for your visits and donations of groceries, Hennie and Hendrik from Waverley Butchery and everybody else who donated furniture, appliances, linen and clothes—We appreciate it very much!

General:

- Prof Louw Roos and all the personnel at Weskoppies Hospital, the personnel at North Gauteng Mental Health, and Eersterust Clinic as well as Hanna Jacobus, Rochelle Gordon and Darren Thumbran of the Department of Health and Social Development, Gauteng.

- All parents and family members, friends and members of the Association for support, encouragement and involvement.

- YANA Management Committee and personnel.

Vrywilligers - program:

Elsie Lombard, Prof Piet Delarey, Estie Wepener, Marien Jor-daan, Martina Opperman en Ian Masterson.

Vrywilligers - kerkdienste en verjaarsdae:

- Bybelstudiegroepe van Sophie von Brandis asook Annette Holtzhausen en Joey Ollewage vir die spesiale ver-jaarsdaggeskenkies, kaartjies en verversings wat maandeliks vir die inwoners se verjaarsdae voorsien word.

- Ds. Tait en sy bybelstudiegroep vir die besoeke, eetgoed en bemoeienis met YANA.

- Dss. Olivier, Du Toit en vir die betrokkenheid by ons in-woners en vir die eredienste wat hulle kom hou het en vir ds. Scheepers wat ook betrokke is by die inwoners van die dameshuis.

Donators:

- Lorraine Esterhuizen, Mark Green and the personnel of Esor-frankie for making the golf day possible and for the funds that were raised.

- Antoinette Reyenecke and the members of the Dutch Re-formed Church, Rietfontein South for the frequent donations that we received from you during the year.

- The third year students of TUT’s Radiology Department for your visit, the way you spoiled us and for your cash donation, -- Cordis Trust for the award that YANA received from you and for the cash donation that came with it.

Watch out for our new, updated website that will be on display soon:

www.youarenotalone.co.za

YANA residents and day visitors :

you are our inspiration and you

make us proud !

PO Box 23783 Gezina 0031

You Are Not Alone

Management&Administration (012) 330-1917 (Estelle Verbeek & Adèle Krieg) Therapy - Men’s Houses (012) 330-1797 Ladies House (012) 333-2391 (Amelda Swan & Veronique Jordaan) Fax: (012) 330-1797

Praat met ons by Praat met ons by Praat met ons by

[email protected]@[email protected]

Our banking details:

YANA, ABSA, Brooklyn

1500980350, Chq acc

Please add a reference.

Namens al die personeel, wens

ons graag aan elkeen van u ‘n

Geseënde Kersfees en

Voorspoedige Nuwejaar toe.

OUERONDERSTEUNINGSGROEP

U word hartlik uitgenooi om hierdie groep se vergaderings by te woon.

Dit geskied elke eerste Woensdag van die maand by YANA. Annette

Holtzhausen is die koordineerder. Sy is ook beskikbaar om telefonies met

persone te gesels wat ondersteuning nodig het. Kontak ons gerus vir

haar nommer.