1
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH UNIVERSITY jou kennisvennoot your knowledge partner
Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe
Afdeling Fisioterapie
BSc Fisioterapie III
Studente Handleiding
2020
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
2
INHOUDSOPGAWE PROFIEL VAN DIE STELLENBOSCH
FISIOTERAPEUT…………………………………………………………………………ERROR! BOOKMARK NOT DEFINED. EIENSKAPPE VAN ʼn GRADUEERDE................................................................................................4 SKEMATIESE VOORSTELLING VAN DIE INTEGRASIE VAN MODULES...............................................5 Bronne/Verwysings:........................................................................................................... .........5 ASSESSERING ........................................................................................................................................... 6 BSc in FISIOTERAPIE ................................................................................................................................. 7 GIDS TOT PROMOSIEBEPALINGS…………………………………………………………………………………………………………7 TOEGEPASTE FISIOTERAPIE 373...............................................................................................................7 BEPALINGS VIR TOEGEPASTE FISIOTHERAPIE 373……………………………………………………………………………….9 VORDERINGSTABEL: TOEGEPASTE FISIOTERAPIE 373...........................................................................11 RIGLYNE VIR KLASBYWONING…………………………………………………………………………………………………………..11 NAVORSINGSMETODIEK 372 ................................................................................................................. 14 BEPALINGS VIR NAVORSINGSMETODIEK 372…………………………………………………………………………………...15 VORDERINGSTABEL VIR NAVORSINGS METODIEK 372..........................................................................15 KLINIESE FISIOTERAPIE 374 (KFT) .......................................................................................................... 16 VORDERINGSTABEL VIR KLINIESE FISIOTERAPIE 374…………………………………………………………………………17 DEPARTEMENTELE KOMMUNIKASIE BELEID…………………………………………………………………………….…18 DEPARTEMENTELE BELEID OOR SELFONE................................................................................... 18 Kontakbesonderhede van personeel: skakel 021 938, gevolg deur die uitbreiding hieronder...............19 KWARTAALDATUMS 2020……………………………………………………………………………………………………..…...19 TYGERBERG KAMPUS: STUDENTE ONDERSTEUNING………………………………………………………………………..20 VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSPROGRAM (VOP)……………………………………………………………………….…..21 BEPALINGS TEN OPSIGTE VAN VERLOF TOT AFWESIGHEID………………………………………………………………22 PUNTE ONDER 50%................................................................................................................... 26 DEPARTEMENTELE TOETSREËLINGS........................................................................................... 27 Riglyne vir bekendmaking van punte na assessering (slegs vir punte wat deur Fisioterapie Divisie geadministrateer word)…………………………………………………………………………………………………………………...27 Riglyne rakende aanvullende assesseringsgeleenthede waar buigsame assessering geimplimenteer word………………………………………………………………………………………………………………………………………………..28 Beleide, Riglyne, Reëls en Regulasies……………………………………………………………………………………………….29 STANDAARD BEDRYFPROSEDURES VIR INDIVIDUELE STUDENT VERWANTE GRIEWE EN KLAGTES…….30 PLAGIAAT…………………………………………………………………………………………………………………………………...33 UNIFORM...............................................................................................................................................35 VOORGESKREWE BOEKE 2020...............................................................................................................36 Aanbevole boeke 2020……………………………………………………………………………………………………………….…….37 Studente noodgevalle - kontaknommers..............................................................................................38
1. VEILIGHEID...............................................................................................................39
2. VOERTUIGVOORVAL ..............................................................................................40
3. MEDIESE, CHIRURGIESE, SIELKUNDIGE NOODGEVAL.............................................41
4. AANMELDING VAN ’N VOORVAL............................................................................41
5. VERSORGING NA SEKSUELE AANRANDING.............................................................41
6. BEROEPSBLOOTSTELLING AAN MIV........................................................................42 HANTERING VAN STUDENTE BY BEWEERDE MIDDELMISBRUIK...........................................................43
3
PROFIEL VAN DIE STELLENBOSCH FISIOTERAPEUT
Die pasafgestudeerde Stellenbosch Fisioterapeut sal die basiese vaardighede en kennis hê om binne
die SA gesondheidskonteks te kan funksioneer as ‘n reflektiewe praktisyn binne die filosofie en
waardes intrinsiek tot die fisioterapie professie.
Hierdie filosofie en waardes van die fisioterapie professie word in drie domeine saamgevat naamlik
professionele aanspreeklikheid; kliënt bestuur en die organisasie van dienste. Die eienskappe van die
pas-afgestudeerde fisioterapeut word as volg binne die drie domeine gereflekteer. Die student sal:
Professionele aanspreeklikheid
• Eties verantwoordbaar teenoor die professie, kliënt en gemeenskap kan funksioneer.
• ‘n Veilige, effektiewe en professionele praktyk kan voer.
• ‘n Positiewe gesindheid ten opsigte van voortgesette professionele ontwikkeling toon.
• Interpersoonlike verhoudings kan ontwikkel.
• Die belang van betrokkenheid by professionele organisasies begryp.
• Toepaslik en effektief kan kommunikeer met kliënte, familie lede asook ander lede van die
interdissiplinêre span.
Pasiënt Bestuur
• Kennis van die normale en abnormale funksionering van die menslike liggaam en psige openbaar.
• Begrip toon tov die impak van kulturele omgewing op die uitkoms van gesondheidsdienste.
• Die nodige vaardighede besit om ‘n kliënt se status (fisies, funksioneel en psigies) te kan evalueer,
sy behoeftes te kan analiseer en sodoende ‘n fisioterapeutiese diagnose en prognose daar te stel.
• Oor die vermoë beskik om ‘n uitkomsgebasseerde intervensie-plan te ontwikkel en te
implementeer gebasseer op bewysgesteunde praktyk.
• Oor die vermoë beskik om die effektiwiteit van hierdie intervensie te herevalueer en bevindinge te
inkorporeer in toekomstige praktyk.
Organisasie van dienste
• Oor die vermoë beskik om toepaslike, koste effektiewe fisioterapie dienste binne die Suid-
Afrikaanse gesondheidskonteks te beplan, implementeer en evalueer.
• Toepaslike tegnologie kan gebruik om huidige dienste te ondersteun, analiseer, en verbeter.
4
EIENSKAPPE VAN ʼn GRADUEERDE
Die afdeling Fisioterapie het die gekontekstualiseerde Eienskappe van die Gegradueerde
Bekwaamheids Raamwerk (kern vaardighede en domeine) geintegreer geintegreer in die Fisioterapie
Kurrikulum. Hierdie raamwerk is toepaslik aangesien dit meer behels as die tradisionele biomediese
aspek, om 'n biopsigososiale benadering tot gesondheid in te sluit. Die sewe kernrolle (figuur 1) binne
die raamwerk is die volgende:
• gesondheidsorgpraktisyn,
• medewerker,
• kommunieerder,
• advokaat vir gesondheid,
• bestuurder,
• professionele persoon en
• leerder.
Elkeen van hierdie rolle bevat sleutelbevoegdhede wat die kennis, vaardighede en houdings van 'n
gesondheidsorgpersoon behels
Figure 1: Eienskappe van die Gegradueerde Bekwaamheids Raamwerk; aangepas van CanMEDs
http://www.sun.ac.za/english/faculty/healthsciences/Documents/Eienskappe%20van%20die%20
Gegradueerde%20FGGW%20-%20AFRIKAANS%20-%201%20Julie%202013.pdf
5
SKEMATIESE VOORSTELLING VAN DIE INTEGRASIE VAN MODULES
Bronne/Verwysings:
Stellenbosch Universiteit Jaarboeke (2019)
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/Pages/Calendar.aspx
Stellenbosch Universiteit Jaarboek Deel 1 (2019). Algemeen: Beleide en reels.
http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/AlgemeenBeleideEnReels.pdf
Stellenbosch Universiteit Jaarboek Deel 12 (2019). Fakulteit Geneeskunde en
Gesonheidswetenskappe: Akademiese Programme en Fakuleitsinligting.
http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/GeneeskundeEnGesondheidsWetensk
appe.pdf
Toegepaste Fisioterapie
Fisioterapie Wetenskap
Basiese Wetenskappe (Chemie; Fisika; Biologie)
Mediese Wetenskappe (Anatomie; Fisiologie)
Sosiale wetenskappe (Silekunde; Sociologie) Patologie
Konteks (regte wereld)
Fisiosterapie Praktyk
Navorsingsmetodiek
GEREGISTREERDE FISIOTERAPEUT
Kliniese Fisioterapie
Farmakologie
Professionele en Self-
ontwikkeling
6
ASSESSERING
‘n Stelsel van buigsame assessering word in die Fisioterapie modules gevolg.
Buigsame assessering word as volg gedefinieer:
Buigsame assessering (met die oog op prestasiepuntbepaling) is ʼn proses waarvolgens ʼn student se
werk in ʼn semester- of jaarmodule sistematies tydens opeenvolgende geleenthede gedurende die
semester/jaar deur middel van ʼn verskeidenheid assesseringsmetodes, bv. werkstuk, toets,
portefeulje, mondeling, laboratoriumondersoek, seminaar, tutoriaal, projekverslag, ens.(afhangende
van die spesifieke vereistes van die module), geweeg en ʼn finale prestasiepunt toegeken word, sonder
dat die studie met die afneem van ʼn formele universiteitseksamen afgesluit word.
(SU Jaarboek Deel 1, afdeling 8.1.18, p129 en afdeling 8.4, p138). Verdere inligting en reels tov
buigsame assessering kan gevind word in die SU Jaarboek (Deel 1 en Deel 12)
In Fisioterapie modules, is alle summatiewe (vir punte) assesseringssgeleenthede soos gelys in
hierdie inligtingsboekie verpligtend en dra dit by tot die finale punt soos deur middel van gewigte
daaraan toegestaan word. Die student se algehele, finale prestasie in ʼn module word deur ʼn
prestasiepunt weergegee. (Sien asb die beskrywing van Prestasiepunt in Deel 1 van die SU Jaarboek
(p127, afdeling 8.1.10).
Assesserings inhoud:
Alle kursus inhoud wat in teorie en prakties gedek word en aan `n spesifieke tema uitkoms gekoppel
is, mag deur die loop van die akademiese jaar getoets word. GEEN tema/s word dus afgeskryf nie.
Toets inhoude (teorie en prakties) word gebasseer op al die werk wat afgehandel is tot en met die
toetsdatum wat in die program aangedui word. Alle Fisioterapie kennis dien as voorafkennis vir die
aanleer van nuwe tegnieke en teorie konsepte en kan nooit as losstaande eenhede geleer en
geëvalueer word nie. (Neem asb kennis tov die reëls mbt FTW 2 en TFT 3).
Reels tov assesseringsgeleenthede: (Sien asb SU Jaarboek Deel 12)
Die volgende reëls geld vir afwesigheid tydens assessering:
• As jy tydens die assesseringsgeleentheid in ʼn module siek word, moet jy die assesseringsessie voltooi. Studente
moet kennis neem dat, wanneer hulle die eksamenlokaal betree hulle ingeligte toestemming gee dat hulle in staat
is om die toets/eksamen af te lê. Dus is die punte verwerf in die assesseringsgeleentheid bindend.
• As jy vóór die assesseringsgeleentheid in ʼn module siek word, word jy sterk aangeraai om liewer die aanvullende
assesseringsgeleentheid (siek toets) te benut soos uiteengesit in die eksamen - sien riglyne tov afwesigheid by
assesseringsgeleenthede.
• As jy stawende bewyse voorlê dat jy die assessering weens siekte of enige ander geldige rede (Kategorie A en B
verlof) nie kon aflê nie, kan jy die aanvullende assesseringsgeleentheid (siek toets) as ʼn eerste en enigste
assesseringsgeleentheid in die betrokke module benut. (Daar sal net een aanvullende assesseringsgeleentheid
wees).
• As jy die aanvullende assesseringsgeleentheid weens enige rede ook nie kan benut nie, sal geen verdere
geleenthede toegestaan word nie en sal jy in die daaropvolgende jaar weer vir die module moet registreer.
7
BSc in FISIOTERAPIE
Die SU Jaarboek Deel 1 en Deel 12 verskaf informasie rakende algemene en spesifieke regulasie vir
alle verpligte modules tov BSc in Fisioterapie.
Studente word aangeraai om Afdeling 11.4 in die SU Jaarboek Deel 12 te lees, tov Regulasies vir
promovering tot die volgende akademiese jaar. Die afdeling bevat inligting oor bv “agterstallige
krediete” en “vooruitneem van vakke”. ‘n Student moet alle modules slaag om bevorder te word na
die volgende akademiese jaar.
Hierdie boekie verskaf inligting rakende Fisioterapie spesifieke modules vir 3de jaar:
FISIOTERAPIE MODULES IN IIIde JAAR
TOEGEPASTE FISIOTERAPIE (TFT)
NAVORSINGSMETODIEK (NVM)
KLINIESE FISIOTERAPIE (KFT)
Verwys asb na die kliniese boekie vir spesifieke inligting aangaande die KFT module.
GIDS TOT PROMOSIEBEPALINGS
TOEGEPASTE FISIOTERAPIE 373
Module Koördineerder: Dr A Lupton-Smith
Doelstelling: Hierdie module sal jou die geleentheid bied om die kennis, tegnieke en konsepte geleer
in Fisioterapie Wetenskap, binne die konteks van patologie, die persoonlike omstandighede van die
kliënt en die gesondheidsorgstrukture te integreer en uit te bou. Hierdie integrasie vorm ’n bousteen
in die kliniese beredeneringsproses wat die basis is van pasiënt hantering. Hierdie proses sal jou in
staat stel om ‘n kliënt se status (fisies, funksioneel en psigies) en behoeftes te kan evalueer,
interpreteer, analiseer en sodoende ‘n fisioterapeutiese diagnose en prognose daar te stel en om ‘n
uitkomsgebasseerde intervensieplan te ontwikkel.
Uitkomste:
Na afloop van hierdie module sal die student:
• Die teoretiese konsepte en beginsels van die biomediese wetenskappe (farmakologie, patologie),
sosiale wetenskappe (sielkunde, sosiologie) kan integreer binne die konteks van fisioterapie
praktyk (kliënt bestuur) (Vlak 6)
8
• ‘n Grondige kennis hê van die mediese en chirurgiese hantering van kliënte asook siekte verloop
toepaslik vir fisioterapie intervensie. (Vlak 6)
• Die rol van die ander spanlede in die totale hantering van die pasiënt, verstaan.
• Basiese kennis tov relevante diagnostiese toetse (CxR, MRI, Bloedgasse) hê en die impak hiervan
op pasiënt hantering verstaan (Vlak 7)
• Die nodige ondersoektegnieke, vaardig en met die nodige aanpassings, kan uitvoer op ’n model
(Vlak 7)
• Die bevindinge van ‘n ondersoek akuraat kan interpreteer, ‘n fisioterapie diagnose / hipotese kan
formuleer en probleme kan prioretiseer. (Vlak 7)
• Die keuse van geselekteerde fisioterapeutiese intervensies asook/of die verskillende benaderings
wat gevolg kan word in die hantering van pasiënte kan motiveer. (Vlak 8)
• Die geselekteerde fisioterapeutiese intervensies met die nodige aanpassings kan uitvoer op ’n
model (Vlak 7)
• Spesifieke, meetbare, realistiese doelwitte kan opstel wat gekoppel is aan ’n tydsinterval (Vlak 8)
• Toepaslike vak literatuur kan opspoor, analiseer / evalueer (Vlak 7)
Formaat van die module:
Toegepaste Fisioterapie (TFT) word aangebied op die basis van probleemgebaseerde leer. Daar is drie
sub-modules in die derde jaar naamlik pre klinies; basies en intermediêr wat in vier blokke aangebied
word. TFT Basies word in 2 blokke aangebied. Die hele klas sal die pre kliniese fase saam deurloop.
Hierna word die klas verdeel in twee groepe. Die een helfte van die klas sal gevalle hanteer in klein
tutoriale groepe terwyl die ander helfte Kliniese Fisioterapie volg. Studente wat op klinies werk sal
ook 2 fasilitasie sessies per week hê waarin daar spesifieke aktiwiteite ingerig sal word. Die detail van
die spesifieke prosesse is vervat in onderskeidelik die kliniese boekie en die PGL-handleiding.
’n Farmakologie kursus word as deel van TFT aangebied. Farmakologie sal ook as deel van die gevalle
bespreek word.
TFT word as volg geassesseer:
’n Farmakologie Teorie vraestel, in die SUNLearn formaat, sal geskryf word na afloop van die
farmakologie kursus. ʼn Student moet ten minste 50% in die toets behaal om die Toegepaste
Fisioterapie 373 module te slaag.
Die teoretiese komponent van TFT sal na afloop van elk van die vier blokke in ’n SUNLearn formaat
geassesseer word. Die groepe sal hierdie geleenthede apart afhandel.
Daar is twee geleenthede waar ‘n geïntegreerde teorievraestel skriftelik afgehandel sal word
(Julie/Nov). Die pasiëntbeeld kan gegrond wees op enige toestand reeds afgehandel.
9
Die praktiese komponent sal in die formaat van tegniektoetse op ’n pasiënte wees. Die prakties sal
gedoen word tydens elk van die drie kliniese rotasies (Neuro, Orto en M&SC). Enige tegniek wat
reeds afgehandel is in die kurrikulum kan getoets word tydens hierdie tegniek toets.
Daar word van studente verwag om geskandeerde kopieë van hul kliniese vaardigheidstoets saam met
hul kliniese boeke in te dien. Dit is die student se verantwoordelikheid om die harde kopie van hierdie
vorms te bewaar.
Om 'n punt vir die videoportefeulje te kry, moet die student sowel die indienings- en die
assesseringsgedeeltes van die taak voltooi. Studente wat nie die indienings- en assesseringsgedeeltes
voltooi nie, sal 'n punt van 0 vir die video ontvang.
Bepalings vir Toegepaste Fisioterapie 373
Die prestasiepunt word as volg bereken:
Die teorie en praktiese punte word apart bereken.
Teorie:
’n Gewigte gemiddelde punt van 50% of meer (volgens gewigte, verwys na gewig verspreidingstabel:
Vorderingstabel: Toegepaste Fisioterapie 373) vir al die teorie geleenthede moet behaal word om te
kwalifiseer vir ‘n prestasiepunt. Indien die teorie punt minder as 50% is, sal die TFT prestasiepunt
(ongeag die praktiese punt) as volg aangepas word:
45% - 49.4%: 45%
40% - 44.4%: 40%
35% - 39.4%: 35%
Onder 35%: 30%
Prakties:
‘n Gewigte gemiddelde punt van 50% of meer (volgens gewigte, verwys na gewig verspreidingstabel:
Vorderingstabel: Toegepaste Fisioterapie 373) moet vir die prakties toetsgeleenthede behaal word om
vir ’n prestasiepunt te kwalifiseer. Indien student nie aan bg. voldoen nie, sal die prestasiepunt vir TFT
(ongeag die teorie punt) soos volg aangepas word:
45% - 49.4%: 45%
40% - 44.4%: 40%
35% - 39.4%: 35%
Onder 35%: 30%
Farmakologie
Jaarboekwysiging in die 2014 jaarboek: Indien ’n student minder as 50% maar meer as 40% behaal vir
’n Farmakologie assesseringsgeleentheid wat as deel van die Toegepaste Fisioterapie module by
10
wyse van buigsame assessering geassesseer word, word die student ’n her-assesseringsgeleentheid
gebied direk na die toetsperiode (maar nie binne 48 uur na bekendmaking van die toetspunt nie).
’n Student moet minstens 50% behaal na die her-assessering om uiteindelik die TFT 373 module as
geheel te kan slaag, met dienverstaande dat die student se gemiddelde prestasiepunt vir die module
in geheel minstens 50% moet wees. Indien jy die toets slaag, sal ʼn punt van nie meer as 50% gebruik
word om jou prestasiepunt vir Toegepaste Fisioterapie 373 te bereken nie.
Studente wie nie toegang verkry tot die her-assesseringsgeleentheid nie kan nie TFT 373 module
slaag nie. In die geval dat die student nie die her-assesseringsgeleentheid slaag nie, kan hy/sy ook nie
die TFT 373 module slaag nie.
Studente sal skriftelik van hierdie reëling bewus gemaak word.
Die her-assesseringsgeleentheid kan of ʼn her-assessering wees (soos bo genoem) of ʼn siekte toets.
Indien die student hierdie her-assesseringsgeleentheid sak of mis, dan mag hy/sy moontlik
kwalifiseer vir ʼn spesiale eksamen (afhangend van die uitkoms van die ander modules van die
kursus) (sien Universiteit Jaardoek Deel 12)
“Indien jy aan die einde van die jaar Toegepaste Fisioterapie as gevolg van Farmakologie
agterstallig is, sal jy toegelaat word om in Januarie van die daaropvolgende jaar ʼn spesiale
toets oor die tema te skryf. Jy moet ʼn punt van minstens 50% in die vergunningstoets behaal
om te voldoen aan die promosiebepalings vir die module. Indien jy die toets slaag, sal ʼn
maksimum punt van 50% gebruik word om jou finale punt vir Toegepaste Fisioterapie 373 te
bereken.”
Indien Farmakologie en beide prakties- en teorie gemiddeld nie geslaag word nie, sal die
prestasiepunt vir Toegepaste Fisioterapie nie meer as 40% wees nie. Die laasgte punt behaal in die
teorie of prakties bepaal die prestasiepunt.
Indien Farmakologie of beide prakties- of teorie gemiddeld nie geslaag word nie, sal die
prestasiepunt vir Toegepaste Fisioterapie nie meer as 45% wees nie.
11
VORDERINGSTABEL: TOEGEPASTE FISIOTERAPIE 373
TOETSGELEENTHEID GEWIG PUNTE BEHAAL
Teorie Toets Pre Klinies 8%
Teorie Toets blok 1 7%
Tegniektoets 9%
Farmakologie 12%
Farmakologie Her-toets
Teorie Toets blok 2 7%
Tegniektoets 9%
Geïntegreerde Toets 10%
Teorie toets Intermediêr Blok 8%
Tegniektoets 9%
Geïntegreerde Teorie Toets 16%
Video Portefeulje 5%
TOTAAL 100
TFT 373: Riglyne vir klasbywoning
Agtergrond
In die hersiene Fisioterapie kurrikulum is daar besluit om die Toegepaste Fisioterapie module in die
derde studie jaar in ’n probleem-gebaseerde leer (PGL) formaat aan te bied. Die module is ontwikkel
om die gaping tussen die teorie van Fisioterapie Wetenskap en die Kliniese Fisioterapie beter te
oorbrug.
Die proses
Studente werk in groepe van sowat 12-15 aan die hand van geformuleerde probleemgevalle. Vir elke
geval is daar drie geskeduleerde leergeleenthede.
Tydens die eerste leergeleentheid word die probleem ontrafel en studente doen ‘n bestekopname van
huidige kennis en vaardighede. Tydens hierdie proses identifiseer hul as groep areas van onsekerheid
en formuleer sodoende hul eie leeruitkomste. Fasiliteerders (personeel) bestuur hierdie proses en
verseker dat studente wel uitkom by die kern uitkomste wat spesifiek vir die geval ontwerp is. Elke
student is verantwoordelik vir die invordering van inligting verwant aan elke uitkoms gestel.
Tydens die tweede leergeleentheid word daar gekonsentreer op spesifieke praktiese vaardighede en
watter moontlike veranderinge nodig sal wees om aan te bring aan bestaande tegnieke (reeds bekend
aan studente) wanneer so ’n geval hanteer word in die werkswêreld.
Tydens die derde leergeleentheid deel studente met mekaar nuwe kennis en leermateriaal wat
ingewin en ontwikkel is. In die lig van hierdie nuwe inligting los die groep dan die oorspronklike
probleem op. Die sessie behels ’n bespreking van die geïndentifiseerde uitkomste n.a.v. die probleem
en fokus van die geval.
12
Faktore wat die proses beïnvloed
Beide die effektiewe funksionering van die groep en die deelname van die student aan die proses is
geïdentifiseer as faktore wat die uitkoms beïnvloed (Schmidt 1993). Die effektiewe funksionering van
die tutoriale groep speel ’n belangrike rol in die PGL proses (van Berkel en Schmidt 2000; Hung et al
2003; Nieminen et al 2006). Daar is gevind dat kennis van groepsdinamika, die indeling van groepe en
die bywoning van tutoriaal sessies bydra tot die suksesvolle funksionering van tutoriale groepe.
Studente se deelname aan die proses fasiliteer die bereiking van uitkomste (Hung et al 2003).
Die bywoning van tutoriaal sessies en die kwaliteit van die inligting wat aangebied word by die
terugvoer sessie word beskryf as belangrike komponente vir die ontwikkeling van vertroue binne die
groep. Alhoewel meeste PGL programme bywoning verpligtend maak is daar min gestruktureerde
raamwerke geïdentifiseer vir die hantering van nie-inskiklikheid. ’n Ingenieursprogram by McMaster
beskryf die volgende sisteem (Woods et al 1996). Daar word ’n kontrak opgestel tussen studente in ’n
tutoriale groep. Hierin word dit duidelik gestel dat bywoning verpligtend is. Verbreking van hierdie
kontrak lei tot ’n brief waarin die lid gevra word om lidmaatskap van die tutoriale groep te termineer.
Hierdie student kan dan besluit om eerder onafhanklik te werk en kry gevolglik geen inligting van
klasmaats. Alternatiewelik kan hy aansoek doen om hertoelating tot die groep. Die hele groep
beoordeel dan die aansoek.
Die proses by Stellenbosch Universiteit
Aangesien groepwerk ook volgens SAKO gereken word as ‘n kritieke dwarssnydende uitkoms (Bitzer in
Geyser en Gravett, 2004:46) word daar reeds aan die einde van tweede jaar en die begin van derde
jaar werkswinkels gereël om die proses van groepwerk asook groepsdinamika met studente te
bespreek. Ter voorbereiding van die PGL word daar verder ook werkswinkels gereël aan die begin van
die derde jaar waartydens die proses van PGL, en die identifisering en ontwikkeling van leermateriaal
bespreek word.
In die lig van die verband wat daar bestaan tussen studente bywoning en deelname, die effektiewe
groepsfunksionering en die bereiking van uitkomste in PGL word die volgende maatreëls ingestel om
die kwaliteit van die voorgraadse program te verseker.
1. Die bywoning EN teken van die register van elke leergeleentheid van ‘n geval (inleiding/ tutoriaal;
oefensessie; terugvoer sessie) is VERPLIGTEND aangesien die kennis en vaardigheid opgedoen
tydens hierdie leergeleenthede noodsaaklik is vir die effektiewe hantering van pasiënte in die
kliniese omgewing. Die teken van die register is die student se verantwoordelikheid en indien nie
gedoen nie, word aanvaar dat die student nie die sessie bygewoon het nie. Studente sal deur die
loop van die jaar slegs in drie leergeleenthede vrywaring kry (uitgesonder US Jaarboek Deel 1
kategorie A of B, bl 116-118 verlof) om een van hierdie sessies te mis of onvoorbereid na ’n sessie
13
te kom. Hierdie drie sessies sluit alle inleidingsessies, werkswinkels, toets terugvoersessies sowel
as Farmakologie lesings in.
Versuim om aan hierdie riglyne te voldoen sal ’n onvoltooid vir die TFT 3 blok tot gevolg hê en die
student sal nie toegang tot die SUNLearn bloktoets verkry nie (verwys asb na Afdeling: berekening
van die jaarpunt).
2. Remediërende optrede:
Om eienaarskap vir die groep funksionering deur studente te fasiliteer sal ’n student wat versuim
om voor te berei of ‘n sessie by te woon, verbaal verskoning moet vra aan groepslede voordat die
volgende sessie begin.
Die naam van hierdie student sal deur die fasiliteerder aan die module koördineerder gestuur word.
Die module koördineerder sal deur middel van ‘n gesprek met die student bepaal of daar spesifieke
redes vir die versuim bestaan. Hierdie gesprek sal met ‘n remediërende gesindheid plaasvind sodat
die student die nodige ondersteuning kan ontvang indien dit nodig mag blyk te wees.
3. Opdaag vir sessies:
Studente wie laat opdaag vir sessies veroorsaak ontwrigting aan die groepsprosesse en is
disrespekvol teenoor die res van die groep. Laat opdaag behels aankoms by die geval sessie nadat
die groepsaktiwiteite reeds begin het (ongeag of dit 5/ 10/ 30 minute is). Studente wie laat opdaag
vir ’n geval sessie moet op dieselfde dag ’n e-pos stuur aan die geval fasiliteerder waarin aangedui
word dat hy/sy laat was vir die sessie asook die rede hiervoor verskaf. Die Module koördineerder
sal by die e-pos ge-cc word. Indien die student drie keer binne een blok laat was vir geval sessies,
sal ’n komittee vergadering saamgeroep word om die saak te bespreek. Die vergadering sal bestaan
uit die student, module koördineerder, voorgraadse program koördineerder en afdelingshoof.
4. Studente deelname:
Studente moet deur die loop van ’n TFT blok geleentheid kry om ten minste een van die rolle in die
PGL proses te vervul. Die student moet self rekord hou van rolverdelings deur die jaar en bewys
lewer van ten minste 4 gevalle waar hy/sy gedien het as voorsitter of as skriba. Daar sal op
deurlopende wyse terugvoer gegee word aangaande die student se deelname in 3e en 4e jaar.
5. Leermateriaal: Elke student is verantwoordelik vir die samestelling van sy/haar eie leermateriaal
per geval. Uitkomste gestel tydens die tutoriaal sessie moet deur alle studente nageslaan, voorberei
en voltooi word. Elke student teken sy/haar samestelling van 'n oorsig van sleutelbegrippe en bring
die dokument na die terugvoer sessie. Die leermateriaal moet vergesel word van toepaslike
verwysingsbronne vir inligting vervat in die student se leermateriaal. Tydens die bespreking van die
terugvoer sessie is die skriba verantwoordelik vir die samestelling van die finale groep se oorsig van
sleutelbegrippe op die witbord/aanlyn dokumente wat die probleem stelling, analise en oplossing
14
grafies illustreer. Die geval fasiliteerder besluit of skriftelike terugvoer of verbale terugvoer
tydens die terugvoer sessie toepaslik is. Die finale kopie word deur die skriba aan die hele groep,
insluitend die geval fasiliteerder, gestuur aan die einde vd geval.
Berekening van jaarpunt
Die TFT 373 module word d.m.v. buigsame evaluering geassesseer. Die jaar is verdeel in vier PGL
blokke. In elke blok is daar ’n teoretiese (d.m.v. SUNLearn) en ’n praktiese (prakties op pasiënte en
video) assessering. Daar is ook twee geïntegreerde toetsgeleenthede wat gegrond is op ’n pasiënt
beeld n.a.v. ’n evalueringsvorm wat d.m.v. langvrae beantwoord word. Een geïntegreerde toets word
teen mid-jaar geskryf en die ander een teen die einde van die jaar.
Studente wat versuim om maatreëls een tot vyf na te kom sal toegang tot die daaropvolgende
SUNLearn toetsgeleentheid geweier word. Hierdie besluit sal deur die module koördineerder gemaak
word in konsultasie met die geval fasiliteerder/s. Indien ’n student toegang tot SUNLearn geweier word
sal die student 0 kry vir die teoretiese komponent van daardie blok. Die slaagsyfer vir die TFT III module
is steeds 50% in die teoretiese en die praktiese komponent.
NAVORSINGSMETODIEK 372
Doelstelling: Hierdie module is ontwikkel sodat jy die nodige kennis, vaardighede en gesindhede kan
ontwikkel om bewyse in die literatuur te kan identifiseer en analiseer om ’n kliniese relevante vraag te
kan antwoord.
Uitkomste:
Na afloop van hierdie module sal jy:
• Die beginsels van bewysgesteunde praktyk en die implikasie vir fisioterapie praktykvoering
verstaan. (Vlak 6)
• Die studiestrukture soos van toepassing op fisioterapie navorsing kan beskryf. (Vlak 6)
• ‘n Grondige kennis van navorsingsmetodiek asook basiese statistiese verwerkings hê.
(Vlak 6)
• ‘n Spesifieke soektog kan uitvoer in die mees algemene databasisse. (Vlak 6)
• Die basiese struktuur van ‘n navorsing publikasie verstaan en die vlakke van bewyse kan beskryf.
(Vlak 6)
• Vak literatuur kan analiseer en evalueer volgens instrumente vir kritiese beoordeling
(Vlak 6)
• ‘n Basiese statistiese analise op beskrywende data kan uitvoer. (Vlak 6)
• ’n Basiese navorsings protokol kan opstel. (Vlak 6)
• Die impak van kliniese navorsing op kliniese praktykvoering verstaan. (Vlak 6)
15
BEPALINGS VIR NAVORSINGSMETODIEK 372
Alle toets/assesseringsgeleenthede is verpligtend.
Prestasie punt:
’n Gemiddeld van 50% moet vir die Teorietoets behaal word as voorvereiste vir toelating tot NVM in
die 2de Semester.
Die teorietoets bestaan uit:
Afdeling A: Navorsingmetodiek
Afdeling B: Statistiek
Afdeling C: Kritiese Analise van ‘n ewekansige gekontroleerde proef
Indien ’n student ’n punt van <50% in die Teorietoets behaal, sal hy/sy aan een verbeteringstoets
onderwerp word waarin ten minste 50% behaal moet word, voordat hy/sy toegelaat sal word om
met NVM in die 2de semester voort te gaan.
NVM in die 2de semester bestaan uit Biblioteek opleiding en die ontwikkeling van die voorlopige
protokol.
VORDERINGSTABEL VIR NAVORSINGS METODIEK 372
Gewigte toegeken aan NVM 372:
Teorietoets 65%
Ontwikkeling van die voorlopige protokol: 35%
Totaal 100%
’n Totale gemiddelde punt van 50% of meer (volgens gewigte, verwys na bogenoemde gewig
verspreidingstabel: Vorderingstabel: Navorsingsmetodiek 372 word vereis om Navorsingsmetodiek
(Fisioterapie) 372 te slaag.
Indien die totale punt vir Navorsingsmetodiek minder as 50% is, sal die prestasiepunt vir
Navorsingsmetodiek 372 soos volg aangepas word:
45% - 49.4%: 45%
40% - 44.4%: 40%
35% - 39.4%: 35%
Onder 35%: 30%
Indien ‘n student meer as 10% van die teorielesings of biblioteek opleiding mis sonder ’n geldige
verskoning (Kategorie A of B verlof, bl 116-118) moet die student die protokol op sy/haar eie doen of
saam met mede studente wat hulself ook hieraan skuldig gemaak het. Die student verbeur die reg
om sy/haar eie navorsings groeplede te kies. Die rede vir hierdie besluit is: Mede-studente mag nie
benadeel word nie aangesien die protokol in groepsverband gedoen word.
16
KLINIESE FISIOTERAPIE 374
Hierdie module inkorporeer die wetenskaplike basis vir fisioterapie gelê in FTW, die integrasie binne
die konteks wat plaasgevind het in TFT, asook die professionele aangeleenthede geadresseer in FTP
en pas dit toe in die kliniese omgewing. Binne hierdie module sal jy die geleentheid gebied word om
op die mikro (kliënt) vlak asook op ’n makro (organisatoriese) vlak die kennis, vaardighede en
gesindhede reeds opgedoen, in die kliniese praktyk toe te pas.
Hierdie module sal jou dus in staat stel om:
• ‘n Kliënt se status en behoeftes te kan evalueer, interpreteer, analiseer en sodoende ‘n
fisioterapeutiese diagnose en prognose daar te stel.
• ‘n Uitkomsgebasseerde intervensie-plan te ontwikkel, implementeer en te monitor.
• Koste effektiewe fisioterapie dienste te organiseer, implementeer en evalueer.
Studente wat besig is met hul kliniese rotasie werk vier oggende in spesifieke kliniese areas. Daar is
ook 2 kliniese fasilitasie sessies per week wat in die middag plaasvind waarin daar spesifieke
aktiwiteite ingerig sal word. Die besonderhede van die spesifieke prosesse is vervat in die kliniese
boekie. Buigsame assessering van Kliniese Fisioterapie word deur middel van bloktoetse, blok verslae
(Assessment of Physiotherapy Practice reports) en pasiënt dokumentasie gedoen.
’n Gewigte gemiddeld van 50% moet vir die bloktoetse behaal word om die module te slaag
(verwys na Vorderingstabel: Kliniese Fisioterapie 374). Indien student nie aan bg. voldoen nie, sal
die prestasiepunt vir KFT soos volg aangepas word:
45% - 49.4%: 45%
40% - 44.4%: 40%
35% - 39.4%: 35%
Onder 35%: 30%
Indien 2 of meer bloktoetse nie geslaag word nie, kan die prestasiepunt nie meer as 45% wees nie,
ongeag die gemiddelde punt wat behaal is.
17
VORDERINGSTABEL VIR KLINIESE FISIOTERAPIE 374
BLOK AFDELING GEWIG PUNTE BEHAAL
1 Bloktoets 1
Dokumentasie
Blokverslae
18%
3%
10%
2 Bloktoets 2
Dokumentasie
Blokverslae
20%
3%
10%
3 Bloktoets 3
Dokumentasie
Blokverslae
23%
3%
10%
TOTAAL 100%
18
DEPARTEMENTELE KOMMUNIKASIE BELEID
Kommunikasie met studente
Studente moet gereeld hul e-pos/SUNLearn aankondigings boodskappe nagaan. Maak asb seker dat jy
blitsboodskappe vanaf SUNLearrn aankondigings kan ontvang. Belangrike inligting sal elektronies
gekommunikeer word met studente. Die Afdeling gebruik slegs SU e-pos addresse, geen infomasie wod
na ander e-pos addresse gesttur nie. Inligting sal ook op die algemene kennisgewingbord beskikbaar
wees. Dit bly die student se verantwoordelikheid om op hoogte te wees van inligting wat versprei
word in die afdeling.
Kommunikasie met personeel
Die opleiding van voorgraadse studente bly die kernfunksie van hierdie afdeling en gevolglik is
studente en hul behoeftes belangrik. Dit is egter ook so dat daar baie ander eise gestel word aan die
personeel, en dit is nie altyd moontlik om enige tyd vir die studente beskikbaar te wees nie. Die
volgende meganismes bestaan waarvolgens studente die personeel kan kontak, en studente word
aangemoedig om van hierdie meganismes gebruik te maak.
▪ Elektroniese kommunikasie per epos. Hierdie manier van kommunikeer is baie tydseffektief en
word verkies.
▪ Dosente sal hulle beskikbate afspraaktye/tydsgleuwe aandui op hul kantoordeure. Studente is
welkom om in hierdie tydsgleuf met of sonder afspraak die betrokke dosent te spreek. Studente
word aangemoeding om ʼn afspraak te maak deur hul naam in die spesifieke beslikbare tydsgleuf te
skryf.
▪ Studente se aandag word daarop gevestig dat sommige personeel deeltyds by die Afdeling werk,
en is dus sekere tye beskikbaar vir afsprake, soos aangedui op hul deure. Studente word dus versoek
om eerder hierdie dosente elektronies te kontak: Mee Statham, Schmutz, Solomon and Giljam-
Enright.
DEPARTEMENTELE BELEID OOR SELFONE
Alle selfone moet voor klas afgeskakel word en af bly! Geen sms’e/whatapps mag gestuur of ontvang
word tydens lesingsessies/prakties nie. Telefone mag nie in klas gebruik word om informasie te soek
nie, tensy dit deel is van ʼn klasaktiwiteit. Versuim om hieraan te voldoen kan lei tot die konfiskering
van fone.
19
Kontakbesonderhede van personeel: skakel 021 938, gevolg deur die uitbreiding hieronder
TELEFOON KAMERNR. E-MAIL TELEFOON
Dr Yolandi Brink 9301 4093 [email protected]
Ms Marlette Burger 9303 4098 [email protected]
Ms Sibulele Buthelezi 9037 4100 [email protected]
Ms Marli Enright 934 6315
9617
BL
4082
Ms Dawn Ernstzen 9304 4101 [email protected]
Mr D Fisher 9502 4095 [email protected]
Prof Susan Hanekom 9496 4096B [email protected]
Prof Quinette Louw 9861 / 9667 1008 [email protected]
Dr Alison Lupton-Smith 9084 4086 [email protected]
Mr Mongezi Mbebe 9037 4100 [email protected]
Ms San Schmutz 9084 4086 [email protected]
Ms Sue Statham 9617 4082 [email protected]
Reception 9637 reception [email protected]
Ms Petula Solomon 9502 4095 [email protected]
Mr Adnil Titus 9083 4102 [email protected]
Dr Marianne Unger 9302 4084 [email protected]
Ms Helene van der Walt 9300 4096C [email protected]
Ms Ursula van Wyk 9037 4100 [email protected]
Ms Leone Williams 9503 4097 [email protected]
Mr Cameron Reardon
Ms Noelene Fobian
Ms Rentia Maart
Mr Kamir Baldeo
9835 4090 [email protected]
KWARTAALDATUMS 2020
1ste Jaar 2de Jaar 3de Jaar 4de Jaar
1st kwartaal
Verwelkoming –
20 Maart*
13 Januarie – 20
Maart
14 Januarie – 13
Maart
14 Januarie – 22 Maart
Cape Epic = 15-22 Maart
Or Elective week
Reses
2nd kwartaal
30 Maart – 26
Junie
30 Maart – 26
Junie
23 Maart – 19
Junie
30 Maart – 26 Junie
Vakansie
3rd kwartaal
13 Julie – 4
September
20 Juie – 4
September
13 Julie – 18 Sept 13 Juie – 18 September
Reses
4th kwartaal
14 September –
einde van
Eksamens
14 September –
einde van
Eksamens
28 Sept – einde
van Eksamens
28 September – einde
van Eksamens
20
TYGERBERG KAMPUS: STUDENTE ONDERSTEUNING
Die afdeling skakel in by bestaande Stellenbosch Universiteits programme wat beskikbaar is vir die
ondersteuning van voorgraadse studente. Verwys na die Fakulteit Medies en
Gesondheidswetenskappe se Studente Ondersteuningshandleiding vir ondersteuning op Tygerberg
Kampus.
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/healthsciences/SupportServices
Kontakpersoon: Me M Burger
KLAS KOöRDINEERDERS
Elke jaar groep sal aan ‘n dosent geallokeer word wie sal dien as hul klas koördineerders.
Rol van die Koördineerder:
▪ Een ontmoeting met die klas verteenwoordiger moet gereël word op ‘n kwartaalikse basis om
akademiese en enige ander klas verwante probleme te bespreek en rekord word gehou waar van
toepassing. Die Studente Ondersteunings Dosent (MB) kan gevra word om hierdie ontmoetings by
te woon.
▪ Dien as ‘n kontak en verwysings persoon vir studente wat probleme ondervind met akademiese
en/of persoonlike sake [studente sal verwys word na die Sentrum vir Studentevoorligting en -
ontwikkelling (SSVO) of Kampusgesondheidsdienste (KGD)].
▪ Mag dien as ‘n verteenwoordiger (van die student) indien die student betrokke is by remediërende
optrede.
▪ Kan beskikbaar wees (of verwys na ander dosente) om motiverings te skryf vir beurs aansoeke
indien versoek word.
Verantwoordelikhede van die studente
▪ Dit sal die student se verantwoordelikheid wees om rekord te hou van hul akademiese vordering.
Studente wat onder presteer moet betyds ‘n afspraak maak met die verantwoordelike dosent (b.v.
3de jaars: TFT: Dr A Lupton-Smith, kliniese module: Me Solomon; of die Klas Koördineerders).
Let wel: studente moet self verantwoordelikheid neem vir hul akademiese loopbaan. Studente wat
swak vaar in toetse of wat, gebasseer op verslae van dosente, afwesig is in klasse sal nie gepolisieer
of gekontak word nie.
▪ Studente wat hulle akademiese jaar moet onderbreek of voel dat hulle ‘n risiko is om hul studies te
staak moet ‘n afspraak skeduleer met die Klas Koördineerder om die pad vorentoe te bespreek. Die
Voorgraadse Program Koördineerder (Dr D. Ernstzen), die Hoof van die Afdeling (Prof Hanekom) en
die Studente Ondersteunings Dosent (Mev Burger) mag gevra word om die vergadering(s) by te
woon.
Kontakbesonderhede van die 3de jaar klaskoordineerders Dr A Lupton-Smith E-mail: [email protected]
21
VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSPROGRAM (VOP)
Die Vaardigheidsontwikkelingsprogram in die Divisie van Fisioterpaie is ontwikkel om ondersteuning
te bied aan derde en vierde jaar studente om spesifieke vaardighede te ontwikkel wat in belyn is met
die profiel van die gegradueerde SU Fisioterapeut.
Die uitkomste van die vaardigheidsontwikkelingsprogram is dat die student die volgende aktiwiteite
kan toepas:
• Insameling en organisasie van die basiese informasie rakende die konsepte wat bespreek is in die
sessies
• Bespreking van konsepte soos gedek in die VOP en interpretasie van die kliniese toepassing daarvan
• Die beginsels wat in die kliniese area geleer is te kan toepas en met hulle eie leer geleenthede te
kan verbind
• Om die terugvoer wat hulle ontvang te kan analiseer en interpreteer sodat hulle nuwe strukture en
maatreëls kan implimenteer
• Effektiewe gebruik van tegnologie in die opstel van dokumente en portfolios om hulle persoonlike
en professionele ontwikkeling te kan toon
• Om hul eie behoefte aan hulp te kan identifiseer na aanleiding van hulle eie ontwikkeling
• Om te kan deelneem in groepverband
Kontakpersoon: Mrs AMS Schmutz email: [email protected]
22
FAKULTEIT GENEEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE BEPALINGS TEN OPSIGTE VAN VERLOF TOT AFWESIGHEID
Daar is bewyse dat daar 'n positiewe verwantskap is tussen klasbywoning en studentesukses. Vanweë
die impak wat studenteleer in die gesondheidswetenskappe op die hantering van pasiënte het, word
bywoning van alle kontaksessies as verpligtend beskou. Bywoning van alle sessies waar praktiese
vaardighede aangeleer word, mag toepaslik gemoniteer word.
Hierdie fakulteitspesifieke bepalings moet saam met die bepalings rakende “afwesigheid van klasse
en/of toetse” gelees word, soos gevind in die US Algemene Jaarboek, Deel 1.
Studente moet formeel aansoek doen om verlof tot afwesigheid (VTA) van alle sessies waar praktiese
vaardighede aangeleer word, insluitende
• Alle praktika tydens teorie-blokke
• Alle kliniese rotasies
• Alle assesseringsgeleenthede (bv. toetse en eksamens)
Aansoekvorms is beskikbaar by die kantoor van die Adjunkregistrateur (Tygerbergkampus), kamer
1038, Kliniesegebou of by die Eksamenkantoor (Tygerbergkampus), kamer 1050, Kliniesegebou. Dit
kan ook elektronies aangevra word by [email protected].
Stawende dokumentasie
ʼn Verlof tot Afwesigheid aansoek moet vergesel word van ʼn mediese sertifikaat wat aan die volgende
vereistes voldoen en die volgende inligting bevat:
• Naam van die pasiënt/student;
• Datum en tyd van mediese ondersoek;
• ʼn Aanduiding dat die sertifikaat uitgereik is na ʼn persoonlike observasie (uitgesluit telefoniese
konsultasie of mededeling) van die student deur ʼn toepaslik-geregistreerde mediese praktisyn;
• Bevestiging dat die student as gevolg van die siektetoestand nie klas/se sal kan of kon bywoon nie,
of die klastoets(e) aflê nie, of die klaswerk uitvoer nie, en
• Enige ander inligting wat na die oordeel van die praktisyn nodig of relevant sal wees.
Die Universiteit behou die reg voor om die prognose en verdere besonderhede van die praktisyn te
versoek en aanvaar te goeder trou dat die student nie onredelik toestemming daarvoor sal weerhou
nie.
Die volgende algemene reëls vir die inlewering/hantering van mediese sertifikate geld:
• Mediese sertifikate wat betrekking het op die afwesigheid van ʼn assessering (uitgesluit modules
wat ingevolge die eksamenbeleid geassesseer word) of laatinlewering van ʼn akademiese opdrag,
sal slegs oorweeg word indien dit uitgereik is binne 24 uur van die assesseringstyd of
23
inleweringsdatum van ʼn akademiese opdrag (tensy die mediese sertifikaat eksplisiet melding maak
van die rede waarom dit nie binne 24 uur gedoen kon word nie), en ingelewer word binne 48 uur
na die assesserings- of inleweringsdatum van die akademiese opdrag;
• Mediese sertifikate wat deur familielede uitgereik is, sal nie aanvaar word nie;
• Mediese sertifikate uitgereik deur Primêre Sorgverpleegkundiges kan aanvaar word; en
• In geval van geestesgesondheidstoestande, sal slegs mediese sertifikate uitgereik deur psigiaters,
mediese praktisyns en geregistreerde kliniese sielkundiges aanvaar word.
Sien SU Jaarboek Deel 1 bl 116
ʼn Aansoek om klasse te mis as gevolg van internasionale/nasionale sportdeelname, amptelike US-
erkende ko-kurrikulêre aktiwiteite en verpligte kulturele of godsdienstige geleenthede, moet vergesel
word van 'n amptelike uitnodiging of kennisgewing van die geleentheid.
Verlof tot afwesigheid (VTA) vir toetse en eksamens
Die verantwoordelikheid berus uitsluitlik by die student om die Universiteit betyds van sy/haar
siekte of ander omstandighede in kennis te stel. Die Eksamenkantoor (Tygerberg-kampus) moet
mondelings (byvoorbeeld deur middel van ’n telefoniese boodskap [ 021 938 9309/ 9142] /
persoonlike boodskap [kamer 1050, Kliniesegebou]) óf skriftelik (deur middel van elektroniese
boodskap aan [email protected]/ [email protected]) voor óf op die dag van die toets of
eksamen in kennis gestel word, indien ʼn student nie ʼn betrokke toets of eksamen kan aflê nie; toegang
tot die siekte-/uitsteltoets of -eksamen kan geweier word by versuim om aan hierdie bepaling
gehoor te gee.
'n Mediese sertifikaat of ander stawende dokumentasie, sowel as die VTA aansoekvorm vir die uitstel
van toetse of eksamens, moet so gou as moontlik (verkieslik binne 48 uur) by die betrokke dosent of
afdelings- / departementele administratiewe beampte ingedien word na die toets of eksamen. Die
administratiewe beampte of dosent moet die student(e) wat verlof vir 'n spesifieke toets of eksamen
verkry het, in kennis stel van die goedkeuring en reëlings vir die uitgestelde assessering. Afskrifte van
goedgekeurde VTA-aansoeke vir assesserings moet by die kantoor van die Adjunk-Registrateur
(Tygerbergkampus), kamer 1038, Kliniese gebou of by die Eksamenkantoor (Tygerbergkampus), kamer
1050, Kliniese gebou ingedien word.
Uitsteltoetse en -eksamens sal as ’n reël so spoedig moontlik nadat studente weer geskik is om
akademiese verpligtinge te hervat, afgeneem word (verkieslik binne 5-10 werksdae).
Let wel: Geen siekte- of uitsteltoetse of -eksamens sal toegestaan word aan studente wat reeds aan ʼn
assesseringsgeleentheid deelgeneem het en na afloop daarvan beweer dat hul ongesteld was of nie
optimaal kon funksioneer tydens die assessering nie.
VTA in die geval van verpligte klasse, praktika of kliniese rotasies
24
In die geval waar ander verpligte akademiese aktiwiteite, byvoorbeeld verpligte klasse, praktika of
kliniese rotasies, misgeloop word, geld dieselfde prosedure as hierbo genoem, behalwe dat die
voltooide VTA-vorm met stawende bewysstukke, hetsy ʼn siektesertifikaat of ander dokumentasie,
deur die betrokke dosent/modulevoorsitter aanbeveel moet word vir finale goedkeuring deur die
programkoördineerder en daarna aan die kantoor van die Adjunkregistrateur (Tygerberg-kampus)
besorg moet word vir finale goedkeuring deur die programkoördineerder.
Verwys ook na die eksamen- en promosiebepalings van die betrokke programjaargang vir inligting oor
die implikasies daarvan om verpligte akademiese aktiwiteite mis te loop sonder amptelike
toestemming.
1 Oktober 2019
FISIOTERAPIE SPESIFIEKE RELINGS:
Afwesigheid van klasse (teorie en prakties) en/of toetse
In gevalle waar die afwesigheid van ’n student deur siekte (Kategorie A-verlof, sien Universiteit
Jaarboek Deel 1 pg 116) meegebring word, moet die student voor óf op die dag van afwesigheid van
klas of die toets/eksamen Me S Buthelezi van die Afdeling Fisioterapie telefonies (021 9389037) of per
e-pos ([email protected]) sowel as die verantwoordelike dosent via epos, in kennis stel. ’n
Mediese sertifikaat ingedien word by die kantoor van Me S Buthelezi kamer 4100 of per e-pos
([email protected]) ingedien word. Verwys na die Universiteit se Jaarboek Deel 1 pg 116 (sowel
as bogendoemde inligting) vir die vereistes van die mediese sertifikaat.
In gevalle waar die afwesigheid van ’n student deur ander oorsake (Kategorie A-verlof: dood van ’n
nabye familielid/ getuie in hof) meegebring word, moet die student voor óf op die dag van afwesigheid
van klas of die toets/eksamen, Me S Buthelezi van die Afdeling Fisioterapie telefonies (021 9389037)
of per e-pos ([email protected]) sowel as die verantwoordelike dosent via epos, in kennis stel.
Die student moet die dokumentasie binne 48 uur van die dag van afwesigheid van klas of die
toets/eksamen indien. Die ondersteunende dokumentasie moet by die kantoor van Me S Buthelezi
kamer 4100 of per e-pos ([email protected]) ingedien word.
Indien die student nalaat om ’n siekte-sertifikaat/doodsertifikaat/stawende dokumente in te dien sal
die student geen klaspunt ontvang vir die betrokke toets/eksamen geleentheid nie en ook nie die
geleentheid hê om ’n siekte toets/eksamen af te lê nie. Indien die student weens siekte/ die dood van
‘n familielid/ getuie in hof nie ’n toets of eksamen kan aflê nie, sal ’n siekte of uitstel toets/ eksamen
so spoedig moontlik nadat studente weer geskik is om akademiese verpligtinge te hervat, afgeneem
word.
Dit is baie belangrik dat studente kennis neem van die kategoriee tov Verlof tot Afwesigheid soos per SU riglyne (sien SU Jaarboek Deel 1 pg 115-117).
25
Afwesigheid as gevolg van sport
In gevalle waar die afwesigheid van ’n student deur sport (Kategorie A- en Kategorie B-verlof, sien
Universiteit Jaarboek Deel 1 bl 116-118) meegebring word moet die student 3 weke vooraf ’n formele
aansoek indien by die Assistent Registrateur (Tygerbergkampus). Formele aansoek briewe is
beskikbaar by die kantoor van die Assistent Registrateur (Tygerbergkampus) kamer 1038, Kliniese
Gebou ([Symbol] 021-938 9487/ e-pos Me S. Hanekom: [email protected]).
Indien die versoek goedgekeur word, is dit die student se verantwoordelikheid om bevredigende
reëlings met die betrokke dosente te tref aangaande werk (klasse/ toetse/ eksamens) wat gedurende
die onderhawige tydperk agterstallig raak. Dosent sal sover prakties uitvoerbaar die student tegemoet
kom met reëlings in verband met agterstallige werk (klasse/ toetse/ eksamens), maar is onder geen
omstandighede verplig om teorie en of praktiese lesings oor aan te bied vir die student nie.
Afwesigheid van klasse sonder enige formele verskoning (Kategorie C-verlof)
Presensie lyste sal in praktiese en teorie klasse gesirkuleer word. Indien dosente gedurende die
akademiese jaar vasstel dat studente sonder amptelike verskoning (Kategorie A- en B-verlof) ’n
tendens toon van afwesigheid, sal:
• die student ingeroep word deur sy/haar klas koördineerder. Die kwessie van afwesigheid sal
bespreek en genotuleer word.
• Die student sal verwys word na die Sentrum vir Studente Voorligting en Ontwikkeling (SSVO) of
Kampus Gesondheid.
• Indien die student nog steeds afwesig is by klasse (teorie en/of prakties) sal daar van die die student
verwag word om met die hoof van Afdeling Fisioterapie en Me Burger (Studente Ondersteuning) te
ontmoet om die patroon van afwesigheid te bespreek. Die student sal ook ’n skriftelike
waarskuwing ontvang.
• Indien die patroon van afwesigheid voortduur sal die student verwys word na die hoof van
Gesondheids- en Rehabilitasie Wetenskappe wat na gelang van omstandighede die reg het om die
betrokke student aan die Registrateur te rapporteer.
Afdeling 12 van die Jaarboek Deel 1, bl 118:
Indien dosente gedurende die akademiese jaar vasstel dat ʼn student onbevredigende werk lewer of klasse nie bywoon nie, kan hulle, nadat die student ingeroep en gewaarsku is maar nie reageer nie, dit aan die oordeel van die betrokke Dekaan of sy gedelegeerdes oorlaat om te besluit of die ouers of voogde en/of beursgewers van die betrokke student daarvan in kennis gestel moet word (kyk ook by Universiteitseksamens: Algemeen). Gevolge: 1) Rapporteer aan dekaan en/of KVO; 2) Die student se ouers/voogde mag moontlik in kennis gestel word Addisioneel: 1) Die student mag nie enige klas punte toegeken word vir die spesifieke module(s), of
toegelaat word om enige verdere toetse/ eksamens te skryf vir daardie module nie; 2) Die student mag nie toegelaat word om voort te gaan met die module vir die spesifiek jaar nie.
26
Dit is die verantwoordelikheid van die student om die klasregister te teken tydens klasse en praktiese sessies en indien die register nie geteken is nie, sal dit aanvaar word dat die student nie die spesifieke klas/sessie bygewoon het nie.
Afwesigheid van kliniese blok / module
Studente bel Afdeling Fisioterapie (Me S Buthelezi 021 9389037) EN betrokke kliniese area op die
spesifieke oggend om melding te maak van afwesigheid. ʼn Bevestigende e-pos moet ook gestuur
word aan die afdeling (Me S Buthelezi; [email protected]), Kliniese koordineerder (P. Solomon
& S. Schmutz), die spesifieke kliniese area, en die kliniese supervisor. Me S Buthelezi teken
afwesigheid aan vir inwerk van verlore tyd gedurende die vakansie.
Voorsiening is gemaak dat ʼn student twee dae van kliniese werk gedurende die jaar kan mis weens
siekte (met of sonder siekte sertifikaat) wat nie teruggewerk hoef te word nie. Alle addisionele
verlore kliniese tyd moet ingewerk word en kan SLEGS deur die kliniese koördineerder (P. Solomon
& S. Schmutz) gereël word. Dit is die student se verantwoordelikheid om die kliniese koördineerder
te kontak. Die balans van verlore kliniese tyd moet ingewerk word om die kliniese module te slaag
(nl. Voor die afsny datum vir oplaai van finale punte op die SU punte sisteem). Sien asb die kliniese
handleiding vir verdere besonderhede.
Neem kennis: ʼn siekte sertifikaat word benodig indien 2 agtereenvolgende dae gemis word weens
siekte. Remedierende aksie sal toegepas word waar bg. riglyne nie gevolg word nie. Sien riglyne vir
remediërende optrede soos uiteengesit hierbo.
Neem asb kennis van die reëls en nagevolge rakende afwesigheid van Toegepaste Fisioterapie III.
PUNTE ONDER 50%
Reëlings
Studente wat enige toets/ werkstuk nie slaag nie, is verantwoordelik om die betrokke dosent te gaan
spreek om raad en ondersteuning te kry vir verbetering.
Optrede
Die student spreek sy/haar klas koördineerder / adviseur.
Indien die studente adviseur / klas koördineerder ‘n probleem identifiseer sal die student sterk
aanbeveel word om in te skakel by die Vaardigheidsontwikkelingsprogram (VOP).
27
DEPARTEMENTELE TOETSREËLINGS Toetsruilings: Let daarop dat gèèn toetsdatum- ruilings toegelaat sal word nie. Groot sorg is met die beplanning
daarvan geneem en ruilings is buite die kwessie.
Die toetsdatums vir elke afdeling sal in die program aangedui word.
Teorietoetse
• Toetse word geskryf oor al die werk wat afgehandel is tot en met die toetsdatum wat in die
program aangedui word. Alle Fisioterapie kennis dien as voorafkennis vir die aanleer van nuwe
tegnieke en teorie en kan nooit as losstaande eenhede geleer en geëvalueer word nie.
• Geen een van die temas word afgeskryf nie en dus kan enige tema in enige van die toets
geleenthede (teorie) gevra word.
• Dit bly die student se verantwoordelikheid om te registreer as rekenaarverbruiker by GERGA.
• Die lokaal sal aangedui word op die kennisgewingbord.
• Toets datums word op die rooster aangedui
Praktiese toetse
• Dieselfde reëlings soos vir teorie toetse geld sover as die werk waaroor prakties gedoen word
betref.
• TFT toetse word afgeneem tydens die kliniese rotasie.
• Dit sal die vorm aanneem van ’n kliniese vaardigheidstoets op ’n pasient.
• Kliniese vaardigheidstoetse vind plaas gedurende die blok en word met hul toesighouer gereël.
Riglyne vir bekendmaking van punte na assessering (slegs vir punte wat deur Fisioterapie Divisie
geadministrateer word)
1. Gedurende die akademiese jaar word punte dmv die kennisgewingsbord en/of SUNLearn
“gradeboek” bekend gemaak so gou as moontlik na afloop van die assesseringsgeleentheid vir
assesserings wat deel vorm van buigsame assessering. Die punte sal vir 2 weke op die
kennisgewingsbord vertoon word. Studente moet seker maak dat die punte, volgens die
ontvangde antwoord vraestel, korrek is.
2. Punte vir modules, wat dmv eksamens geassesseer word, sal die klaspunt so gou as moontlik op
die kennisgewingsbord en my.SUN beskikbaar wees. Die finale punt (prestasie punt) sal eers op
die kennisgewingsbord beskikbaar wees nadat die Divisie se eksamen kommitee die punte
bekragtig en gefinaliseer het, en die punte op die Universiteit se sentrale sisteem gelaai is. Teen
hierdie tyd, kan die finale punte ook op my.Sun besigtig kan word.
3. Vir die laaste assesseringsgeleentheid in ‘n module wat deel uitmaak van buigsame assessering
geld dieselfde reël as vir die finale punt tydens eksaminering (sien nommer 2 hierbo). Die finale
punt (prestasie punt) sal eers op die kennisgewingsbord beskikbaar wees nadat die Divisie se
eksamen kommitee die punte bekragtig het, en die punte op die Universiteit se sentrale sisteem
28
gelaai en gefinaliseer is. Teen hierdie tyd, kan die finale punte ook op my.Sun besigtig kan word.
Hierdie reël impliseer dat geen punt vir die laaste assessering beskikbaar sal wees nie – slegs die
finale punt (sien seksie in Assesseringsbeleid)
“Binne die buigsame assesseringstelsel word die verhouding tussen assessering deur die loop van die
module en eind-assessering op modulevlak vasgestel, onderhewig aan die bepalings in die Algemene
Jaarboek. Die onderskeid tussen ’n eindeksamen en eindtoets verval dus en daar is bloot ’n enkele
konsep van eindassessering.”
“Daar word ‘n onderskeid getref tussen “toetse” (of assesserings wat formatief van aard is en/of
bydra tot ‘n deurlopende assesseringspunt of ‘n klaspunt) en eksamens wat aan die einde van ‘n
semester/akademiese jaar plaasvind en druip/slaag implikasies het.”
4. Indien ‘n eksterne eksaminator ook die assesseringsgeleentheid merk, geld dieselfde reël soos vir
die laaste assesseringsgeleentheid en geen antwoordstelle sal aan studente beskikbaar gestel
word nie. (Sein SU Jaarboek deel 1 bl 122/123)
5. Studente kan met akademiese personeel reël vir ‘n terugvoersessie rakende hulle laaste
assesseringsgeleentheid antwoordstelle aan die begin van die volgende akademiese jaar – teorie
antwoordstelboeke sal aan studente gegee word. Alhoewel, geen eksaminator dokumentasie vir
kliniese bloktoetse sal aan studente beskikbaar gestel word nie (sien reël 4 rakende eksterne
eksaminators) – die Kliniese Module koördineerder sal mondelingse terugvoer verskaf.
Riglyne rakende aanvullende assesseringsgeleenthede waar buigsame assessering geimplimenteer
word.
1. Slegs een aanvullende assesseringsgeleentheid sal voorsien word.
2. Die aanvullende assesseringsgeleentheid (siektetoets) sal so gou moontlik plaasvind, verkieslik
binne 5-10 dae na die oorspronklike toetsdatum en voor die volgende toetsgeleentheid.
Sien SU Jaarboek Deel 2 bl 48
“Die volgende reëls geld vir afwesigheid tydens assessering:
• As jy tydens die assesseringsgeleentheid in ʼn module siek word, moet jy die assesseringsessie
voltooi. Studente moet kennis neem dat, wanneer hulle die eksamenlokaal betree hulle ingeligte
toestemming gee dat hulle in staat is om die toets/eksamen af te lê. Dus is die punte verwerf in die
assesseringsgeleentheid bindend.
• As jy vóór die assesseringsgeleentheid in ʼn module siek word, word jy sterk aangeraai om liewer die
aanvullende assesseringsgeleentheid (siek toets) te benut soos uiteengesit in die eksamen - sien
riglyne tov afwesigheid by assesseringsgeleenthede.
• As jy stawende bewyse voorlê dat jy die assessering weens siekte of enige ander geldige rede
(Kategorie A en B verlof) nie kon aflê nie, kan jy die aanvullende assesseringsgeleentheid (siek toets)
as ʼn eerste en enigste assesseringsgeleentheid in die betrokke module benut. (Daar sal net een
aanvullende assesseringsgeleentheid wees).
• As jy die aanvullende assesseringsgeleentheid weens enige rede ook nie kan benut nie, sal geen
verdere geleenthede toegestaan word nie en sal jy in die daaropvolgende jaar weer vir die module
moet registreer.”
29
FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONHEIDSWETENSKAPPE
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/healthsciences/student-administration/policy-documents
Verwys asb na die volgende beleide en riglyne:
Beleide, Riglyne, Reëls en Regulasies
» Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Taalimplementeringsplan 2018
» Gedragskode vir Gemeenskapsgebaseerde Onderrig
» Protokol: Potensieel Belemmerde Studente (Standaard Operasionele Prosedure)
» Profilakse Fonds vir Voorgraadse Studente blootgestel aan Naaldprikbeserings en Infekteerde
Liggaamsvloeistowwe
» Protokol: Studente met beweerde substansmisbruik (Eng & Afr)
» Veiligheidsriglyne t.o.v. kliniese opleiding in die gemeenskap
» Rapportering van 'n Insident
» Studentediversiteit op die Platform vir Kliniese Opleiding
» Studentnoodgevalle-riglyne
» Riglyne vir Risikoverlaging van Tuberkulose by Studente (Praktiese Samevatting)
» Riglyne vir Risikoverlaging van Tuberkulose by Studente (Volledige Dokument) - Slegs in Engels
beskikbaar
Die volgende gids sal bygevoeg word (Afrikaanse weergawe afgewag):
Immunity-compromised students at risk of infectious diseases*
Students who may be at increased risk of acquiring infections in hospital or at decentralised
training platforms are encouraged to disclose this confidentially to their programme
coordinator in order to receive appropriate support. At the same time, students are urged to
minimise risk by adhering to the standard infection prevention and control measures as well
as the specific contact and respiratory precautionary measures applicable to all health care
workers.
*Examples of conditions may include hypogammaglobulinaemia, complement deficiencies, T
and B cell deficiencies, chronic corticosteroid use, organ transplant, cancer and chemotherapy,
HIV infection, poorly controlled diabetes mellitus, monoclonal antibody treatment and other
biological agents.
30
STANDAARD BEDRYFPROSEDURES VIR INDIVIDUELE STUDENT
VERWANTE GRIEWE EN KLAGTES
Definisies: * “Klagte: Student is ontevrede en voel dat die ooreenkoms om ‘n opvoedkundige diens te lewer
nie na gekom is nie. Student is nie opsoek na persoonlike remediëring nie, maar hoop dat
verbeteringe aangebring sal word aan ‘n spesifieke beleid, prosedure, of praktyk; student kyk na
toekomstige wins vir hulself en/of ander. Studente se klagtes is in die gees van program
ontwikkeling.’’
* Grief: Student maak ‘n formele aantuiging dat ‘n fout begaan is en is opsoek na optrede vanaf
die akademiese administrateurs. Die student is opsoek na ‘n form van remediëring.”
Verwysing: Gambescia, S.F. and Donnelly, G.F., 2015. Managing and Monitoring Student “Issues” in Higher Education: Introduction. Journal of allied health, 44(3), pp.183-187.
INLEIDING
Hierdie SBP bied ‘n riglyn vir voorgraadse studente om hul klagtes en griewe te rig teenoor die besluite
of optredes wat deur die akademiese personeel van die fisioterapie afdeling geneem is of situasies wat
plaasvind in die fisioterapie klaskamer of kliniese plasings. Hierdie prosedure sal help om
klagtes/griewe op te los in ‘n bevredigende manier. Studente moet klagtes/griewe as individue maak
en nie as ‘n groep/ ’n kollektiwe poging nie. Hoe vroeër die klag of grief gemaak word, hoe meer
waarskynlik sal die situasie na wense opgelos word.
1. Student-Verwante Klagtes sal soos volg hanteer word:
A. Informele Klagte en Oplossing (binne 2 weke na die insident)
Studente word aangemoedig om direk met die dosent te praat wat betrokke was of wat
verantwoordelik was vir die situasie wat die oorsaak van die klagte is. Indien hierdie kommunikasie nie
na ‘n oplossing lei, of indien so bespreking nie toepaslik geag word nie, mag die student ‘n formele
klagte verbaal teenoor die student se klas koördineerder / of enige lid van die personeel wat werk by
die fisioterapie afdeling maak. (Hierdie klagte kan deur middel van e-pos of van aangesig tot aangesig
hanteer word.) Die situasie sal konfidensieel en sensitief hanteer word.
Indien die student nie tevrede is met die besluit en/ of the poging tot ‘n oplossing nie, mag hy/ sy ‘n
formele klagte maak (sien ‘’roete B’’ onder).
Indien die student nie tevrede is met die informele oplossing nie, het die student die opsie om ‘n
formele geskrewe klagte te registreer binne 30 dae na die insident wat die klagte veroorsaak het.
Hierdie klagte moet aagestuur/ ingedien word by die spesifieke module koördineerder (Fisioterapie
Wetenskap, Navorsingsmetodiek, Kliniese Fisioterapie, Toegepaste Fisioterapie); die student se klas
koördineerder / of enige personeellid wat werk by die Fisioterapie Afdeling. Erkenning van die klagte
sal binne 2 werks dae bevestig word. Die module koördineerder/ student se klas koördineerder / of
personeel lede sal die saak wat deur die student voorgelê word beoordeel en besluit op die korrekte
optrede. Die student sal binne 10 werksdae in kennis gestel word van die formele klag en ‘n geskrewe
bepaling, insluitend enige voorgestelde oplossings, sal ingesluit word.
B. Formele Klagte
Indien ‘n student nie roete A oorweeg nie, moet die student ‘n formele geskrewe klagte registreer
binne 14 dae na die insident wat die klagte veroorsaak het. Hierdie klagte moet aagestuur/ ingedien
word by die spesifieke module koördineerder (Fisioterapie Wetenskap, Navorsingsmetodiek, Kliniese
Fisioterapie, Toegepaste Fisioterapie); die student se klas koördineerder / of enige personeel lid wat
werk by die Fisioterapie Afdeling. Erkenning van die klagte sal binne 2 werks dae bevestig word. Die
31
module koördineerder sal die saak wat deur die student voorgelê word beoordeel en besluit op die
korrekte optrede. Die student sal binne 20 dae in kennis gestel word van die formele klag en ‘n
geskrewe bepaling, insluitend enige voorgestelde oplossings, sal ingesluit word.
FORMELE EN GESKREWE KLAGTE:
Die geskrewe klagte moet (ten minste) die datum en tyd van die beweerde konflik of optrede/ insident
bevat; die aard (opsomming) van die klagte; die rede(s) vir die klagte; indien toepaslik ‘n lys van ander
persone wat inligting kan voorsien; en enige toepaslike dokumentasie. Die student moet ook ‘n
voorgestelde oplossing of die uitkomste wat hulle verwag insluit. Indien toepaslik, moet enige vorige
pogings om die probleem op te los moet ook beskryf word.
ADMINISTRASIE
‘n Volledige rekord van formele klagtes sal gehou word by die betrokke voorgraadse adminstrateur. ‘n
Rekord van die finale uitkomste van alle formle klagtes sal ook gestoor word in ‘n sentrale databasis
asook die student se lêer.
TIPES KLAGTES/ GRIEWE WAT MAG GELê WORD
Slegs student verwante klagtes/ griewe beperk tot die volgende mag gelê word:
1. klagtes/griewe wat die student in ‘n persoonlike en/of akademiese kapasiteit nadelig beinvloed
2. of wat ‘n verkeerdelike toepassing of interpretasie van die Universiteit se riglyne, regulasie of
reëls, of oortreding van ‘n landswet insluit.
BEKOMMERNIS RAKENDE DIENSMODULES
Klagtes/ griewe wat verband hou met diensmodules (b.v. Anatomie, Fisiologie, Patologie, en
Farmakologie ens.) moet direk verwys word na die koördineerder van daardie department
(Bekommernisse rakende patologie mag na Me Rina vd Merwe/ Fisioterapie administratiewe
personeel verwys word).
OPTREDE VAN DIE AFDELING OP ‘N FORMELE KLAGTE/ GRIEWE:
Die Module Koördineerder/ student se klas koördineerder / of enige lid van die personeel wat werk by
die Fisioterapie Afdeling sal die Voorgraadse Program Voorsitter in kennis stel en enige inligting of
dokumentasie wat benodig word van die betrokke dosente sal aangevra word om die klagte/griewe
op te los. Die Module Koördineerder/ student se klas koördineerder / of enige lid van die personeel
wat werk by die Fisioterapie Afdeling sal poog om die klagte/ griewe op te los deur besprekings tussen
die student en die betrokke personeellid/ of student(e) wat verantwoordelik is vir die klagte/ griewe
aan te moedig.
Indien dit toepaslik en voordelig vir die proses geag word, mag hierdie besprekings tussen die betrokke
partye gefasiliteer word deur die Voorgraadse Program Voorsitter en/ of die Hoof van die Afdeling.
Indien die student nie tevrede is met die uitkomste van die klagte nie, sal die Hoof van die Afdeling die
klagte na die Departmentshoof van Gesondheids- en Rehabiliasie Wetenskappe neem.
BRONNE 1. Thomas Edison State University’s
http://www.tesu.edu/academics/catalog/Student-Complaint-Policies-and-Procedures.cfm 2. NC STATE UNIVERSITY https://policies.ncsu.edu/regulation/reg-11-40-01
3. http://www.utc.edu/student-development/resources/complaint.php
The University of Tennessee Procedure
32
FISIOTERAPIE ROETE VIR KLAGTE KOMMUNIKASIE KLAGTE KOMMUNIKASIE ROETE
Tipe klagte Pad van kommunikasie Prosedure ter oplossing van klagte/
griewe
Informele roete (Roete A)
Die klaer (person met die klagte) word
aangemoedig om eerstens die problem
direk aan te spreek met die betrokke
person (gedaagte).
Baie probleme kan op hierdie manier
opgelos word.
Die pad van kommunikasie word in
kolom 2 aangedui.
Die prosedure om informele klagtes op
te los word in kolom 3 aangedui.
Betrokke dosent
Klas koördineerder (OF
enige personeellid wat
werk by die Fisioterapie
Afdeling)
Die student word aangemoedig om
die dosent/ betrokke person direk te
benader.
Indien hierdie kommunikasie nie lei
tot ‘n oplossing nie, word die klaer
aangeraai om die klas koördineerder
te benader.
Indien die student steeds nie tevrede
is met die uitkomste van die
informele proses nie, het die student
die opsie om ‘n formele klag te lê.
Ho
of van
Fisiote
rapie
Afd
elin
g
Pro
fesso
r Han
eko
m
De
partm
en
teme
ntsh
oo
f Geso
nd
he
ids- en
Re
hab
ilitasie W
ete
nskap
pe
Pro
fesso
r Lou
w
Formele klagte (Roete B)
Die formele klagte roete is om ‘n klagte
te staaf met bewyse of om te minste die
betrokke partye saam te bring om ‘n
bevredigende uitkomste te bereik.
Klagtes is beperk tot die volgende:
Dit wat die student in ‘n persoonlike
en/ of akadamiese kapasiteit nadelig
affekteer
of
Dit wat ‘n verkeerdelike toepassing of
interpretasie van die Universiteit se
riglyne, regulasie of reëls, of oortreding
van ‘n landswet insluit.
Geskrewe klagte
Relevante Module
Koördineerder
(OF klas koördineerder /
OF enige personeellid
wat werk by die
Fisioterapie Afdeling)
Student moet ‘n geskewe klagte
binne 14 dae van die insident indien.
Die klagte moet aangestuur word na
die relevante Module Koördineerder.
Die Module Koördineerder moet
ontvangs van die klagte erken binne 2
werks dae.
Indien dit toepaslik en voordelig vir
die proses geag word, mag hierdie
besprekings tussen die betrokke
partye gefasiliteer word deur die
Voorgraadse Program Voorsitter en/
of die Hoof van die Afdeling.
Indien die student nie tevrede is met
die uitkomste van die klagte nie, sal
die Hoof van die Afdeling die klagte na
die Departmentshoof van
Gesondheids- en Rehabiliasie
Wetenskappe neem.
33
PLAGIAAT Beleid en prosedure vir studente van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe Universiteit Stellenbosch.
Sien asb die SU Beleid rakende Plagiaat:
https://www.sun.ac.za/english/learning-
teaching/ctl/Documents/SU%20Plagiarism%20Policy_2016.pdf
DEFINISIE:
“[O]m (idees, dele van tekste, ens.) van iemand anders se werk te kopieer en dit te gebruik asof dit jou
eie is.” Chambers 21st Century Dictionary (Robinson en Davidson (reds). 1996, Edinburgh: Chambers,
p. 1 059)
“[O]m iemand se werk of idee te steel, om te kopieer wat iemand anders geskryf het of om iemand
anders se idees oor te neem en te probeer voorgee dat dit oorspronklike werk is.” Encarta’s World
English Dictionary (1999, Londen: Bloomsbury, p. 1 440)
“[O]m die gedagtes, geskrewe werk of uitvindings van iemand anders oor te neem en as jou eie te
gebruik.” Shorter Oxford English Dictionary (1980, Oxford: Clarendon Press, p. 1 596)
Dit sluit in die gebruik van materiaal vanaf webtuistes op die Internet sonder om die bron te erken.
Die parafrasering van sinne of paragrawe sonder om verwysings te gee, word ook as plagiaat beskou.
RIGLYNE VIR DIE BEKAMPING VAN PLAGIAAT:
Verklaring
Elke jaar tydens registrasie sal van alle studente verwag word om ’n verklaring te onderteken waarin
hulle te kenne gee dat hulle verstaan wat plagiaat is; dat hulle die beleid van die Fakulteit
Gesondheidswetenskappe ten opsigte van plagiaat verstaan; en dat alle werk wat gedurende die jaar
ingehandig word, hulle eie sal wees, tensy anders aangedui met die betrokke bron daarby.
Alle navorsing en/of werkopdragte wat voorgelê word met die oog op die ontvang van toekennings of
erekleure sal gereeld onderwerp word aan ’n aanlyn-soekenjin soos Google (http://www.google.co.za)
of Turnitin (http://www.turnitin.com) om plagiaat op te spoor.
In modules waar daar van studente verwag word om werkopdragte of opstelle in te handig, sal
werkstukke willekeurig aan bogenoemde proses onderwerp word.
DISSIPLINÊRE PROSEDURES
Indien plagiaat bevind word, sal die dissiplinêre prosedures soos bepaal in die Algemene Jaarboek
gevolg word.
34
’n Interdissiplinêre komitee sal vergader om die saak te ondersoek. Die komitee sal bestaan uit die
assessor/studieleier, een lid van óf die student se eie departement (by nagraads) óf die module-
programkomitee (by voorgraads), een lid van die Eenheid vir Bio-Etiek en twee lede van die Fakulteit.
Na die ondersoek sal hierdie komitee dissiplinêre optrede aanbeveel volgens die riglyne in die Jaarboek
en in ooreenstemming met hoe ernstig die oortreding is. Hierdie aanbeveling sal aan die Dissiplinêre
Komitee van die Universiteit Stellenbosch gestuur word.
STUDENTE SAL VIR ELKE GESKREWE TAAK WAT HULLE INHANDIG OOK DIE VERKLARING OOR
PLAGIAAT MOET VOLTOOI EN AANHEG AAN DIE TAAK.
Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Universiteit Stellenbosch
VERKLARING OOR PLAGIAAT
Hiermee verklaar ek dat ek weet wat plagiaat behels, naamlik om iemand anders se werk te gebruik
en dit as my eie aan te bied sonder om op die korrekte manier erkenning te gee aan die bron.
Ek verstaan die plagiaatbeleid van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit
Stellenbosch.
Ek weet wat die gevolge sal wees indien ek gedurende my kursus plagiaat pleeg in enige werk wat vir
graad- of toekenningsdoeleindes aangebied word.
Ek verklaar dat, tensy anders aangedui, alle werk wat vir elke aspek van my kursus aangebied word,
my eie werk sal wees en dat ek die bron op die korrekte manier sal erken wanneer ek iemand anders
se werk gebruik.
……………………………
Handtekening
…………………………….
Datum
Naam:
Studentenommer:
Kursus:
35
UNIFORM
REGULASIES
Die regulasies is van krag vanaf die eerste dag van u aankoms op die Tygerberg kampus in Januarie
2020.
Damesdrag
Yunisha Fashions Style No 010 Scrubs
Vlootblou langbroek
Vlootblou ooprits fleezi of vlootblou oopknoop trui
SLEGS vlootblou of swart toppies toelaatbaar onder scrubs. GEEN wit toppies nie.
Mansdrag
Wit katoen hemp met kraag
Vlootblou langbroek
Vlootblou ooprits fleezi of oopknoop trui
Kortbroeke moet aan die patella raak.
Swart/Vlootblou skoene met bande om die hak, met vlootblou kouse, geen sokkies by kortbroeke
nie. Skoene moet gerieflik met breë, lae hakke wees en geen sandale of drafskoene of crocks nie.
NAAMBORDJIES is verpligtend.
GEEN juweliersware behalwe trou/verloofring en klein oorbelletjies.
Slegs deurskynende (blink) naellak.
Slegs bogenoemde klere sal toegelaat word wanneer u in die Hospitaal of in die Gemeenskap
werksaam is. Studente wat nie by hierdie regulasies hou nie, sal nie vir opleidingsdoeleindes in die
Hospitaal of Gemeenskap toegelaat word nie.
Uniform beskikbaar by:
YUNISHA FASHIONS
Victoria Rd
Grassy Park
Tel: 021 706-2663 - Me Ismail
Fax: 021 706-7409
36
VOORGESKREWE BOEKE 2020 Module Outeurs
Authors Titel, Uitgawe en ISBN Title, Edition, ISBN
Jaar Year
Uitgewer en Plek Publisher and place
Fisioterapie Wetenskap/Physiotherapy Science II; Toegepaste Fisioterapie/Applied Physiotherapy III & IV
Editors: E Hengeveld & Banks
*Maitland's Peripheral Manipulation, 5th Edition ISBN : 9780702040672
2014 Churchill Livingstone, Elsevier
Fisioterapie Wetenskap/Physiotherapy Science II; Toegepaste Fisioterapie/ Applied Physiotherapy III & IV
Editors: E Hengeveld & Banks
*Maitland's Vertebral Manipulation, 8th Edition ISBN : 9780702040665
2014 Churchill Livingstone, Elsevier
Fisioterapie Wetenskap/ Physiotherapy Science II; Toegepaste Fisioterapie/ Applied Physiotherapy III & IV
Hing W; Hall T; Rivett D, Vincenzino B; Mulligan B
*The Mulligan Concept of Manual Therapy: Textbook of techniques , 1st Edition ISBN: 9780729541596
2015 Churchill Livingstone, Elsevier
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Brukner & Khan Clinical Sports Medicine (4th ed - revised) 0074711083 ISBN 9780070278998 ISBN 10: 0070998132 ISBN 13: 9780070998131
2012 McGraw Hill Book Company
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Atkinson, Coutts & Hassenkamp
Physiotherapy in Orthopaedics: A problemsolving approach (2nd ed) 0443074062
2005 Churchill Livingstone
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Norkin & Levangie
*Joint structure and function – A compre hensive analysis (5th ed) 13:978-0-8036-2362-0
2011 FA Davis Co
Neurologie (TFT & FTW) Neurology (PTS & APT)
Davies Steps to follow – a guide to the treatment of adult hemiplegia (revised ed) ISBN: 9783642570223
2000 SpringerVerlag, Berlin
Fisioterapie Wetenskap/ Physiotherapy Science 1 (Beweging & Postuur / Movement and Posture
Kendall and McCreary
Muscle Testing and Function (5th edition) 0781747805
2005 Lippincott
Fisioterapie Wetenskap/ Physiotherapy Science II (Elektroterapie/ Electrotherapy)
Kitchen S; Bazin, S.
Electrotherapy : evidence based practice 11th Ed
2002 Churchill Livingstone
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Pryor Hough Physiotherapy for Respiratory and Cardiac Problems (3rd ed) 044307075x or Physiotherapy in Respiratory Care (3rd ed) 0748740376
2001 & 2002
Churchill Livingstone
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy Hough, Alexander
Physiotherapy in Respiratory Care (5th edition) ISBN 9780702071843 2016 Elsevier
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy Main and Denehy
Cardiorespiratory Physiotherapy 5th Edition ISBN 9780702047312 2016 Elsevier
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Kenyon, J & Kenyon K
The Physiotherapists Pocket Book, 2nd edition ISBN: 978-0-08-044984-5
2009 Churchill Livingston Elsevier
Fisioterapie Wetenskap II Physiotherapy Science II
Brody L T & Hall CM
*Therapeutic Exercise – moving toward function 3rd edition ISBN 978-0-781799577 Available as e-book
2011 Lippencott Williams& Wilkins
Neurologie (TFT & FTW) Neurology (PTS & APT)
Maria Stokes & Emma Stack
Physical Management for Neurological conditions ISBN: 978-0-7020-5469-3
2011 Churchill Livingstone
*Ebook beskikbaar
37
Aanbevole boeke 2020 Module Outeurs
Authors Titel, Uitgawe en ISBN Title, Edition, ISBN
Jaar Year
Uitgewer en Plek Publisher and place
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Lederman E Fundamentals of Manual Therapy: Physiology; Neurology and Psych
1997 Churchill Livingstone Edinburgh
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Stuart B Porter Dictionary of Physiotherapy 0-7506-8833-5 2005 Butterworth Heinemann
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Petty N, Ryder D Neuromusculoskeletal examination and assessment: A handbook Churchill Livingstone for therapists (4rd ed) ISBN: 9780702029905 ISBN for 2017 version: 9780702067174
2017 Mosby
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Brody L T & Hall CM
Therapeutic Exercise – moving toward function 3rd edition ISBN 978-0-781799577 Also available as e-book 2011
Lippencott Williams& Wilkins
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Louis Solomon, D Warwick & S Nayagam
Apley’s Concise System of Orthopaedics and Fractures. 3rd Ed 034 0809841
2005 London: Hodder Arnold
Neurologie (FTW & TFT) Neurology (PTS & APT)
Lennon, Shiela & Stokes, Maria
Pocketbook of Neurological physiotherapy ISBN 9780443068546
2008 Churchill Livingstone
Neurologie (FTW & TFT) Neurology (PTS & APT)
Davies P Right in the middle ISBN 9783540512424 1996
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Petty N *Neuromusculoskeletal examination and assessment: A handbook Churchill Livingstone for therapists (4rd ed) ISBN: 9780702029905 ISBN for 2017 version: 9780702067174
2011 Or 2017
Mosby
Fisioterapie Wetenskap II (Oefening) Physiotherapy Science
McArdle, WD, Katch FI & Katch VI
Exercise physiology energy, nutrition, and human performance 7th Ed, ISBN: 9780781797818 e-book available
2010 Lippincott, Williams & Wilkins
Fisioterapie Wetenskap II Physiotherapy Science II
Hislop, Montgomery
Daniels & Worthington’s Muscle testing techniques and manual examination 7th Ed 0721692990
2002 Philadelphia, PA Saunders
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Bullock, Sapford R Womens Health. A textbook for physiotherapists. 1998 W B Saunders
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science
Corne J , Carrol M, Brown I, Delany D
Chest X-Ray Made Easy 2000 Churchill Livingstone
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Lumley, John SP Surface Anatomy - The anatomical basis of clinical examination
2002 Churchill Livingstone
Fisioterapie Wetenskap Physiotherapy Science II
John Fox Richard Day
*A Physiotherapists guide to clinical measurement : e book
2009 Churchill Livingstone
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Ida Bromley Tetraplegia and paraplegia – A guide for physiotherapists, 6th Ed ISBN 9780702055263
2006 Elsevier, Edinburgh
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
J Higgins, MA Jones, S Loftus, Christensen N
Clinical reasoning in the health professions, 3rd Ed 2008 Elsevier, Butterworth Heinermann, Arnst.
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy
Emsley RA & Pienaar WP
Textbook of Psychiatry (2nd Ed) ISBN 0-620-32887-8 2005 Dept of Psychiatry
Toegepaste Fisioterapie Applied Physiotherapy III
Division of Clinical Pharmacology
South African Medicines Formulary (SAMF) 2008 Health and Medical Publishing group
Algemeen Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe
Pharos ISBN 978-1-86890-113-5 2012
*Ebook beskikbaar
38
39
INHOUDSOPGAWE
1. VEILIGHEID................................................................................................................
2. VOERTUIGVOORVAL ................................................................................................. .
3. MEDIESE, CHIRURGIESE, SIELKUNDIGE NOODGEVAL ............................................... .
4. AANMELDING VAN ’N VOORVAL .............................................................................. .
5. VERSORGING NA SEKSUELE AANRANDING ............................................................. .
6. BEROEPSBLOOTSTELLING AAN MIV ........................................................................ .
Bekragtig: KVO, 1 Oktober 2019
NOODVEILIGHEIDSRIGLYNE
Noodnommers word hieronder voorsien. Dit is studente se verantwoordelikheid om die
toepaslike nommers op hulle selfone te stoor.
1. VEILIGHEID
Kampussekuriteit: 021 938 9507
• Worcesterkampussekuriteit: 023 346 7820
• Dit is belangrik dat studente na hulleself kyk en so ver moontlik hulle eie veiligheid verseker.
Studente het nogtans die reg om in enige stadium kwessies te opper met betrekking tot redelike
veiligheid- en voorkomingsmaatreëls by die plek waar hulle geplaas word.
• Ingeval studente se veiligheid in gedrang is, moet hulle die betrokke gebied so gou moontlik via die
veiligste beskikbare roete verlaat en die tersaaklike dosent of personeellid dadelik in kennis stel.
• Indien studente bewus word van tydelike gevaar vir persone of eiendom in ’n kliniese
opleidingsgebied (byvoorbeeld weens optogte, bendegeweld, ensovoorts), is dit hulle
verantwoordelikheid om die betrokke personeellede/dosente/modulekoördineerders van die US
te raadpleeg om alternatiewe reëlings vir die voltooiing van die tersaaklike kliniese opleiding te tref.
40
2. VOORVAL MET VLOOTVOERTUIG
Kampussekuriteit: 021 938 9507
• In geval van diefstal of ’n ongeluk, bel Kampussekuriteit dadelik by 021 938 9507. Jy kan ook die
Voertuigvloot bel by 021 938 9349/50/51 (08:00 – 16:30).
• US-vlootvoertuie word vir amptelike gebruik, d.w.s. kliniese rotasies, akademiese aktiwiteite,
navorsing, sportaktiwiteite en kultuurgeleenthede, aan personeellede en studente beskikbaar
gestel. Dit behoort nie vir privaat ritte gebruik te word nie.
• Voertuigbestuurders moet oor ’n geldige rybewys beskik (wat ten minste ’n jaar vantevore bekom
is). Bestuurders moet hulle rybewys toon wanneer hulle die voertuigsleutels afhaal. Diegene wat
hulle rybewys minder as ’n jaar vantevore bekom het, sal onderworpe wees aan ’n
vaardigheidstoets.
• Bestuurders ontvang ’n ritkaart wat volledig ingevul moet word elke keer as hulle ’n vlootvoertuig
gebruik. Saam met die kaart ontvang bestuurders ook ’n sleutel wat hulle by die besprekingskantoor
moet indien wanneer hulle die voertuig terugbesorg. Indien dít na-uurs geskied, moet die sleutel
deur die muurgleuf links buite die uitgangshek geplaas word.
• Enige skade aan ’n voertuig moet voor die bestuurder se vertrek by die besprekingskantoor
aangemeld word en onder “Klagtes/foute” op die ritkaart aangeteken word. Indien die voertuig
nauurs afgehaal word, word skade op die ritkaart aangeteken en dan by die besprekingskantoor
aangemeld wanneer die bestuurder die voertuig terugbesorg. Sowel die voertuig as die ratslot,
waar een geïnstalleer is, moet gesluit word.
• Indien studente met ’n US-voertuig in ’n ongeluk betrokke is en die skuldige party blyk te wees,
sal die student vir die versekeringsbybetaling van R3 000 aanspreeklik gehou word.
• Lees asseblief alle US-voertuigbeleide in die paneelkassie voor die passasiersitplek. Voltooi die
logboek en gaan die voertuig na voordat die rit begin. Die student sal ook aanspreeklik wees vir
enige skade aan die voertuig of eiendom weens nalatigheid.
• Voertuigdeure moet altyd gesluit wees en waardevolle items soos handsakke, skootrekenaars,
beursies, selfone en selfs studiemateriaal moet buite sig gebêre word. Waar dit ook al moontlik is,
moet die kliniek of ander instelling wegsluitgeriewe voorsien. Indien nie, sorg dat alle
waardevolle/belangrike items buite sig is en verkieslik in die bagasiebak toegesluit word. Studente
moet waaksaam wees vir die gevaar van gryproof deur voertuigvensters, sowel as
voertuigkaping.
• Voertuie moet op die terrein van die kliniek of ander instelling geparkeer word, of so na as
moontlik aan die betrokke werkplek of bestemming, en in goed verligte areas in geval van nauurse
werk.
• Studente mag onder geen omstandighede pasiënte in privaat of amptelike voertuie vervoer nie.
41
3. MEDIESE, CHIRURGIESE, SIELKUNDIGE NOODGEVAL MATIES ER24: 010 205 3032
• Die ER24-diens sluit ’n mediese assessering vir mediese noodgevalle sowel as die dienste van ’n
traumaberader in – alles gratis.
• Berading kan persoonlik of telefonies voorsien word, na gelang van wat die student wil hê. Die
mediese assessering van ’n student op die toneel is gratis.
• Indien ’n ambulans die student hospitaal toe moet vervoer, sal ’n fooi gehef word. Indien die
student nie vir daardie diens kan betaal nie, kan die direkteur van die Sentrum vir
Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) vir moontlike finansiële bystand deur die Universiteit
genader word.
4. AANMELDING VAN ’N VOORVAL Strafregtelike oortredings moet dadelik by die plaaslike polisiekantoor ook aangemeld word (SAPD: 10111).
Meld asseblief enige voorval aan wat gedurende jou opleiding plaasvind sodat die Fakulteit
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) die veiligheid van studenteplasings op
satellietopleidingsplatforms kan moniteer.
Voltooi die vorm hieronder binne 24 tot 72 uur na ’n voorval.
Die vorm vir die aanmelding van voorvalle is beskikbaar op die FGGW-webtuiste onder “SUNLOC”.
Klik op “Safety”, dan “Safety Guidelines”, gevolg deur “Reporting of an incident”.
Klik hier vir die voorvalaanmeldingsvorm
’n Voorval is enige gebeurtenis wat volgens ’n student/personeellid sy of haar veiligheid in gevaar
stel, soos:
- persoonlike besering/skade;
- ’n poging tot besering/skade;
- diefstal van, skade aan of ’n gepeuter met besittings; of
- ’n poging om besittings te steel, te beskadig of daarmee te peuter.
5. VERSORGING NA SEKSUELE AANRANDING
MATIES ER24: 010 205 3032
Die volgende kontaknommer kan ook gebruik word:
Thuthuzela-sorgsentrum (in geval van seksuele aanranding) by Karl Bremer-hospitaal: 021 948
0861
42
6. BEROEPSBLOOTSTELLING AAN MIV
Afdeling Infeksiesiektes, Tygerberghospitaal: Skakel 021 938 4487 (nommer vir
roepradiokantoor, Tygerberghospitaal) en vra vir die Infeksiesiekte-dokter aan diens.
Universele voorsorgmaatreëls moet te alle tye getref word. In geval van blootstelling aan
liggaamsvloeistowwe, soos ’n naaldprik- of ander MIV-blootstellingsvoorval, raadpleeg asseblief die
FGGW se noodsteunopsies wat spesifiek vir alle FGGW-studente beskikbaar is.
4. Maak gebruik van stelsel vir nablootstellingsteun in
volgende omstandighede:
- Vrae oor blootstellingsrisiko en nablootstellingsprofilakse
- Negatiewe reaksie op nablootstellingsprofilakse
- Bron: Op tweede- of derdelinie-ARV’s
- Bron: HBsAg-uitslag positief
- Blootgestelde persoon: HBsAb-titer <10
Bel Tygerberghospitaal (Afdeling Infeksiesiektes), wat voltyds
beskikbaar is: Skakel 021 938 4487 (nommer vir
roepradiokantoor, Tygerberghospitaal) en vra vir die
Infeksiesiekte-dokter aan diens.
3.2 Trek bloed van
blootgestelde persoon (student): MIV (ELISA) Hepatitis B (sAg + sAb) Hepatitis C (IgG) Stuur bloed na NHLS lab
Nablootstellingsprofilakse:
TRUVADA en ALUVIA is beskikbaar op alle satellietopleidingsplatforms (gaan na by SUNLOC).
Kampusgesondheidsdiens (suster Adams)
ENIGSTE kontra-indikasie is nierversaking
Blootgestelde student is MIV-positief:
Staak ARV’s en kontak jou gesondheidsorgpraktisyn/ Kampusgesondheidsdiens
Staak ARV’s
Gaan voort met ARV’s vir 28 dae
Bron is MIV-negatief
Bron is MIV-positief
EN
3.1 Trek bloed van bron:
MIV (ELISA)
Hepatitis B (sAg)
Hepatitis C (IgG)
Send bloods to NHLS laboratory
Ingeval student aan MIV blootgestel word
1. Was vel met seep en
water, of spoel slymvliese met water
3. Nablootstellingsprofilakse:
Drink onmiddellik TRUVADA en ALUVIA (moenie uitstel tot na bloed getrek of uitslae beskikbaar is nie)
2. Bel die Afdeling
Infeksiesiektes: Skakel 021 938 4487 (nommer vir roepradiokantoor, Tygerberghospitaal) en vra vir die Infeksiesiekte-dokter
43
DIE DRYFKRAG AGTER HIERDIE RIGLYNE IS OM JOU TE ONDERSTEUN:
1. As student in die gesondheidswetenskappe word jy reeds deur die reëls van jou bepaalde
professionele beroepsraad gebind: http://www.hpcsa.co.za/Professionals/FitnessToPractice.
2. Jou beroep is onversoenbaar met middelmisbruik, want as jy ’n middel misbruik, is jy onbevoeg
om te praktiseer.
3. In die lig hiervan is dit dus jou plig om voorvalle van vermeende middelmisbruik aan te meld,
ongeag of jy self of (’n) medestudent(e) dit misbruik het.
4. Professionele gedrag word nie net in werksituasies vereis nie. Jy moet deurlopend getrou aan jou
beroep optree, ook tuis en in alle sosiale situasies.
5. Pasiënte moet beskerm word teen gesondheidswerkers wie se bevoegdheid moontlik belemmer
is.
6. Dit word as middelmisbruik beskou wanneer iemand ’n onwettige middel gebruik, of alkohol of
medikasie – hetsy op voorskrif of oor die toonbank bekom – misbruik.
7. Vergewis jou van die bepalings in die US se Dissiplinêre Kode vir Studente oor die besit van alkohol
en onwettige middels:
(http://www.sun.ac.za/afrikaans/policy/_layouts/15/WopiFrame.aspx?sourcedoc={94 FFE026-
55C6-432A-811F-8265E9BB65D9}&file=C4_US_Dissiplinere_kode_Afrikaans_2016-09-
26.pdf&action=default).
Wat word van jou verwag? Dit is jou plig om jouself of enige medestudent(e) by die kantoor van
die betrokke programkoördineerder aan te meld.
WAT IS DIE VOLGENDE STAP?
1. Die programkoördineerder sal jou kontak, met jou gesels, en dan vir jou ’n afspraak by
Kampusgesondheidsdiens (KGD) reël. Die verwysing na die KGD is vir evaluering met behulp van
toetse vir, byvoorbeeld, urientoksikologie en – in die geval van alkoholmisbruik – ’n
asemklikkertoets of ’n volbloedtelling en lewerfunksietoets.
2. As die KGD bevind dat jy nie ’n probleem met middelmisbruik het nie, word die saak as afgehandel
beskou en word daar niks op jou persoonlike lêer vermeld nie.
3. As jy wel positief vir ’n verbode middel toets, of daar is getuienis dat jy alkohol of medikasie –
hetsy op voorskrif óf oor die toonbank bekom – misbruik, sal jy geleentheid kry om die
bewysgebaseerde behandeling van jou keuse te ondergaan. Dit behels dat jy vir ’n tydperk van
minstens ses maande tot onaangekondigde urientoksologietoetse instem. As die Universiteit dit
nodig ag en reken dit sal tot jou voordeel wees, kan die toetse vir die res van jou studietydperk
HANTERING VAN STUDENTE BY BEWEERDE MIDDELMISBRUIK
44
uitgevoer word.
4. As jy kan bewys dat jy jou in die ses maande na die voorval van middelmisbruik weerhou het, sal
die saak ook as afgehandel beskou en niks op jou persoonlike lêer aangeteken word nie. Die US is
wel geregtig om onaangekondigde toetse op jou uit te voer solank jy nog ’n ingeskrewe student
is.
5. Enige afwesigheid of versuim van jou kliniese verpligtinge tydens rotasies sal beskou word as
getuienis dat jy teruggeval het, tensy jy jou programkoördineerder kan voorsien van ’n geldige
siektesertifikaat of ’n geldige skriftelike bewys van redes wat jou pligsversuim verklaar.
6. As jy nie kan toon dat jy jou gedurende die ses maande van middelmisbruik weerhou het nie, word
jy na die Fakulteit se Interne Gesondheidskomitee (IGK) verwys. (Sien die Fakulteit se riglyne vir
die hantering van moontlik belemmerde studente.) Die IGK sal elke geval individueel evalueer en
verdere behandeling voorstel. Indien nodig, mag die IGK ook aanbeveel dat jy jou studies tydelik
opskort. Op hierdie punt in die proses is die IGK verplig om jou status ook aan jou bepaalde
professionele beroepsliggaam bekend te maak. Hierdie inligting sal altyd vertroulik hanteer word,
maar dit word in jou persoonlike lêer aangeteken.
7. Die professionele raad aanvaar gewoonlik die IGK se aanbeveling
http://www.hpcsa.co.za/uploads/editor/UserFiles/2014%20Guidelines%20for%20the%20manag
ement%20of%20impaired%20students.pdf
JOU VERANTWOORDELIKHEID AS STUDENT
1. Aanvaar eienaarskap van die siekte sowel as die herstelproses.
2. Besluit op iemand teenoor wie jy tydens die proses verantwoordbaar gaan wees.
3. Aanvaar eienaarskap van jou toekoms.
4. Handhaaf en respekteer die waardes en norme van jou beroep.
AAN ENIGIEMAND WAT ’N KOLLEGA AANMELD:
1. Dit lê sekere verpligtings op jou:
• Jy moet ’n skriftelike verslag inlewer.
• Jy moet soveel moontlik bewyse lewer.
• Indien moontlik, moet jy skriftelike bevestiging deur ’n derde party verskaf.
2. Ons sal jou anonimiteit beskerm.
Goedgekeur: KVO, 1 Oktober 2019