Des 2014
pompom bangpompom bangpompom bang
KITSFEITE OOR DIÉ
BLAASPOOTJIES
Die pompomblaaspootjies
kom van Argentinië af.
Hulle is sedert 2005 in SA,
maar is eers in kwarantyn ge-
hou om seker te maak hulle
vreet nét pompoms.
Die eerste pompom –
blaaspootjies is in 2013 in
Suid-Afrika vrygelaat.
Gogga maak vir Gogga maak vir Gogga maak vir
elike ding met ’n nog le-
liker naam het vroeg in
November op Klein-
fontein sy kop uitgesteek. Ampte-
lik heet hy Liothrips Tractabalis.
Die foto hierbo is geneem toe Ona
Loots en Leoné Kruger dié gogga,
wat as die pompomblaaspootjie
bekend staan, op van Kleinfontein
se pompoms gaan loslaat het.
“Elke seisoen veg ons ’n verbete
stryd teen die pragtige, maar pes-
telike pompoms. Van dié jaar af
het ons ’n bondgenoot in die pom-
pomblaaspootjies, wat ons by die
Landbou Navorsingsraad (LNR)
gekry,” vertel Leoné.
“Dit kan
tot vyf
jaar neem
voordat
ons dra-
matiese re-
sultate met dié
biologiese beheer het
en intussen roei ons
op ander plekke steeds
pompoms meganies en
chemies uit,” sê Leoné.
Skakel asseblief vir Leoné as jy
so uur of wat per week met on-
kruidbeheer kan help. Haar nom-
mer is 012 802 0395 of 082 781
4224 .
Pompomblaaspootjies is piepklein;
die volwasse insek is maar 2mm
lank. Die insek het vier stadiums:
eier, larwe, nimf en volwassene,
wat kan vlieg. Al vier stadiums
kom gelyktydig voor.
Leoné-hulle het ’n 150mm stukkie
plant van die LNR met blaaspoot-
jies daarop gekry en dit aan ’n
sterkgroeiende plant op Kleinfon-
tein vasgemaak. Die gebied is goed
gemerk en word nou fyn dopge-
hou.
Dié blaaspootjies val die hele pom-
pomplant aan en veroorsaak dik-
wels dat die plant verswak en om-
val.
’n Verligte Verwoerd pryk by ingang Die Verwoerdbeeld by die ingang van Kleinfontein word nou weer in die nag
verlig nadat elektriese lig daarheen aangelê is. Dankie aan die Werkedeparte-
ment se manne, Daan Koekemoer en Ben Moolman. Die aanlê van krag na die
beeld was nodig nadat die sonligte die gees gegee het. Dankie ook aan Han-
nes Conradie, die eienaar van Uit en Tuis sentrum wat behulpsaam was hier-
mee.
Redaksioneel
Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579
RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton
Posbus 382, Rayton, 1001
Tel (012) 734-4161/2
Faks (012) 734-4741
Selfoon 084 018 5241
071 271 1332
Epos [email protected]
NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890
Wilgers Nood (012) 807-8285
NETCARE 082 911
ER NOOD 084-124
SPREEKURE Maandag – Donderdag 09:00 tot 17:30
Vrydae 09:00 tot 15:00
Saterdae 08:00 tot 11:00
Sondae en vakansiedae gesluit
(Gebruik noodnommers asb)
Redaksie REDAKTEUR: Marisa Haasbroek
MEDEWERKERS: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Ria
Pretorius
ADVERTENSIES: Elisabeth Malan
FOTO’S: Estelle Cronjé, Álet Erasmus, Ria Pretorius
Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan marisa@kleinfontein. net
Hier is jy nie alleen nie 2000 bevind Robert Putnam in sy
boek, Bowling Alone, mense
wat in multikulturele gemeen-
skappe woon, vertrou mekaar (on-
der andere) minder, doen minder
liefdadigsheidswerk en het minder
vriende. Ons wat hier op Kleinfon-
tein woon, stem saam dat multikul-
turele gemeenskappe samehorig-
heid kan laat lostorring. Daarom
dat almal wat hier bly dieselfde
kultuur, taal en godsdiens deel.
In hierdie uitgawe van Nuus vir
die Kleinfonteiner sal jy op talle
plekke lees hoe mense in ons
gemeenskap uitreik na mekaar se
nood en soos ’n refrein klink die
woorde op: “Ons het sulke lekker
vriende hier.” Jy sal ook lees hoe
talle mense hulle tyd en talent
gratis aan Kleinfontein gee.
Om dit in Afrikaner-idioom uit te
druk: Op Kleinfontein speel niemand alleen jukskei
nie. Hier is jy nie ’n vry-swewende enkeling
nie, maar is jy veranker
in ’n gemeenskap van
mense wat jou
waardes deel.
Wat ’n voorreg.
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 3
etty, haar dogter, Tricia,
en seun, Andrew, het
voorheen in die vierver-
trekplatdakhuisie gewoon
wat mens langs die pad na die
Nedersetting toe kon sien. Dié
huisie, wat nie lopende water of
elektrisiteit gehad het nie, is nou
gesloop.
Betty-hulle moes elke week ’n
500 liter watertenk vol maak en na
die huisie aanry. Om te kon bad,
het hulle ’n groot ketel water op
die koolstoof verhit en die hele
gesin, wat oor naweke Betty se ver-
loofde Jan Struweg ingesluit het,
het dan een na die ander almal in
dieselfde water gebad.
Dáár moes Andrew (16) in die
badkamer slaap; in die nuwe
tweeslaapkamer huis, wat Betty en
Tricia by Dannie de Beer huur, is
die sitkamer afgeskort sodat An-
drew amper sy eie kamer het.
“Ek kan klaar sien watter verskil
dié bietjie meer privaatheid vir
Andrew beteken,” sê Betty, ’n
huishoudster, wat by ’n nabygeleë
gastehuis werk. Andrew se gun-
stelingvak is Wiskunde en hy wil
eendag graag in die IT veld werk.
Tricia (20) is ’n enkelma met ’n
agtienmaande oue seuntjie, Kay-
den. Sy is die bestuurder van Die
Koöperasie Koffiewinkel.
“Ek het in my matriekjaar
swanger geraak en kon nie my
skoolopleiding voltooi nie. Ek
probeer nie verskonings soek nie,
maar toe ek Kayden gehad het, was
die omstandighede in my lewe aak-
lig. Vir my seuntjie wil ek graag die
’n Plekkie van ons eie beste moontlike lewe gee. Ons trek
na die nuwe huis in die Woonwa-
park in Kleinfontein is vir my die
begin daarvan,” sê sy.
Dit gaan broekskeur om elke
maand die huur, heffings en voor-
afbetaalde krag, wat saam sowat
R2700 is, by te bring, maar Tricia
sê sy is trots daarop dat sy haar
ma help om die huis te kan be-
kostig.
“Ek bestuur Die Koöperasie nou
net langer as ’n jaar en moet die
klante, verskaffers en bestellings
alles op my eie hanteer. Dis vir my
baie lekker dat tannie Marietjie
Nell (die eienaar) my genoeg ver-
trou om my my eie ding te laat
doen,” vertel Tricia.
Tricia studeer ook deeltyds vir ’n
sertifikaat in geleentheidsbeplan-
ning. Sy hoop om metteryd ’n
loopbaan daarvan te maak.
“Aanvanklik was Kleinfonteiners
skepties omdat Tricia jonk en
skaam was, maar die afgelope jaar
het sy harte gewen, mense beïn-
druk en baie meer selfvertroue
gekry. Ek is só trots op haar,” sê
Marietjie.
So van huise gepraat, talle Kleinfonteiners
is in hul noppies met die swaeltjies
wat jaar na jaar by hul oorwinter. Willie
Nell van die Hoewes is een van hulle.
Kyk net hoe versterk hy sy swaeltjies se nes.
Chris Els het tot vir sy swaeltjies ’n huisie van
beton geprakseer!
BY ONS MÁÁK EEN SWAEL ’N SOMER
’n Maand nadat hulle in hul
splinternuwe huisie ingetrek het,
sit sy nog partykeer die ligte aan om te
kyk of sy nie droom nie, vertel Betty Holder.
“Waar ons eers gebly het, moes ons peper-
duur kragopwekkers gebruik en het elke
aand net vir ’n paar uur krag gehad. Hier hoef
ek net ’n skakelaar te druk,” lag sy. Betty
sit voor langs Jan en Andrew. Agter
staan Tricia met Kayden.
kan eintlik net deur Christene ge-
vier word, mense wat die ou son-
dige lewe afgelê het en ‘n nuwe
lewe in Hom, Jesus Christus, ge-
vind het, wat ons met God versoen.
Vir die instandhouding
van huisbedrading
Nuwe installasies en fout
-nasporing
Installasietoetsing vir die
uitreiking van sertifikate
BEN MOOLMAN
072 243 4297
012 802 1111
HO
OG
LAND
ELEK
TR
IES
Uitroepfooi: R100
Ons bou vir jou toekoms
Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie
DE WET CILLIERS
Tel (012) 940-0220
Sel 072-345-3086
Epos [email protected]
KLEINFONTEIN
BOUBESTUUR BK
Oordenking: Ds Nico Steenberg van die NG Kerk
innekort gedenk
die Christelike kerk
wêreldwyd die
grootste wonder
wat nog ooit op ons planeet plaas-
gevind het: die heilige en almagtige
God, wat oor die heelal regeer, het
uit die hoë hemel neergedaal na
ons sondige wêreld. In die persoon
van Jesus Christus het Hy gekom
om God en mens te versoen, om
ons lewe te genees en die konin-
kryk van God te herstel. Jesus is
die blink Môrester wat die duister-
nis van die wêreld verlig. In Jesaja
9:5 lees ons: Vir ons is ’n Seun ge-
bore, aan ons is ’n Seun gegee —
kernwoorde in die geskiedenis
van die mensdom. Alles het na dié
punt geloop, en weer daarvandaan
gevloei. Selfs die heidene praat van
voor en na Christus.
As ’n Christen bely: “Vir mý is ‘n
Seun gebore, vir mý is ’n Seun ge-
gee” ontvang hy verlossing, gena-
de, vryheid, vrede, vergiffenis en ...
die ewige lewe! Toe Jesus in Betle-
hem gebore is, het die Woord
mens geword, en “aanskou ons sy
heerlikheid, vol genade en waar-
heid ,” skryf Johannes. In sy ein-
delose liefde vir sondaars het Hy
die ewigheidsgrens deurbreek. Van
die hemel het Hy Hom verneder
tot in die krip. Hy het Immanuel
geword, God met ons vir altyd.
Ons is nie weeskinders nie. Aan
almal wat Hom aangeneem het,
wat in Hom glo, het Hy die reg
gegee om kinders van God te wees.
Kersfees beteken Christusfees en
ONDERSTEUN ONS EREDIENSTE
Kleinfontein se Bedieningskomitee
bestaan uit predikante, kerkraads-
lede en lidmate van die Gerefor-
meerde kerke, NG Kerk, Hervormde
Kerk en APK. Dié komitee reël Son-
dae om 17:00 eredienste in die
Gemeenskapsaal. Almal is welkom.
Die dankoffers wat hier ingesamel
word, word teruggeploeg in die ge-
meenskap. Soos die R4000 waar-
mee die Sorgsentrum stoompotte
en verwarmers kon koop. Ook CVO
Kleinfontein het al R3000 ontvang
om sy toilette op te knap. Die
saalkombuis het ook al gebaat.
WANT VIR ONS IS ’N
SEUN GEBORE ...
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 5
1. Twee nuwe beamptes, Mark Dittberner en Theuns Pelser kry hulle sertifikate van die Hoofbeampte Wikus
Cremer. 2. Agter is van links Raymond Herselman, Ernst Langenberg, Hendrik Hayward jr, Willie Manning en
Hendrik Hayward. In die middel staan Mark Dittberner, Theuns Pelser, Piet Pieterse en Jacques Groenewald.
Voor sit Wikus Cremer, Gerhard van Wyk en Sampie Manning . 3.Spoggerig met hul nuwe koeëlvaste baadjies
aan, staan Raymond Herselman, Jacques Groenewald en Hendrik Hayward jr. 4. Johan de Jager en 5. Willem
Barnard was aan diens toe die foto’s geneem is.
Altyd paraat, sorg hulle vir jou veiligheid
1
2
3
ltyd vriendelik, behulp-
saam en op en wakker is ’n
goeie beskrywing van ons
toesigbeheerbeamptes.
Hulle is ook besoekers se eerste
indruk van Kleinfontein.
Dié manne word deurlopend op-
gelei en Jacques Groenewald,
Sampie Manning, Willie Manning,
Hendrik Hayward, Hendrik Hay-
ward jnr en Piet Pieterse het on-
langs hul graad E kursus geslaag.
Wikus Cremer, die hooftoegangs-
beheerbeampte het sy Graad A
eksamen (die hoogste vlak) met lof
geslaag. Baie geluk!
Die toegangbeheerbeamptes
samel kliphard geld in om vir hulle
koeëlvaste baadjies te koop. Drie
van die baadjies kon reeds aange-
koop word. As jy Saterdae by die
hoogingang sien worsbroodjies
word verkoop, hou stil en onder-
steun hulle asseblief.
Buiten vir die deurlaat van in-
woners en die inteken van be-
soekers, onderneem dié manne
ook patrollies om seker te maak
Kleinfonteiners kan snags veilig
slaap. Van Kleinfontein se bure
gebruik ook die KBK Poorte as
afleweringspunt vir pakkies—’n
diens wat die toegangsbeheer-
beamptes gratis aan die omgewing
lewer.
Gerhard van Wyk, die Sorgsentrum se jongste inwoner, is deesdae ’n vrywillige,
maar onontbeerlike deel van die sekuriteitspan. Gerhard het drie TV monitors in
sy kamer en help die toesigbeheerbeamptes deur aktiwiteit by die Poort, Wild-
parkhek en OTM dop te hou. As hy enigiets verdags opmerk, meld hy dit dadelik
per roepradio aan. Gerhard woon ook die gereelde Donderdagvergaderings van
Sekerheid by. “Gerhard maak ons beamptes se taak makliker en ons waardeer
sy hulp baie,” sê Wikus Cremer, die hooftoegangsbeheerbeampte.
Een van die span
4 5
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 7
krisistye help die Sorgsen-
trum se personeel enige
Kleinfonteiner waar hulle
kan. Soos die keer toe
suster Ria Prinsloo ’n inwoner van
Wag ’n Bietjie inderhaas Rayton
Apteek toe gejaag het na ’n
bysteek. Maar die Sorgsentrum se
prioriteit is om sy eie inwoners
behoorlik te versorg. Personeel
kan nie elders hulp verleen en in-
woners afskeep nie.
Met enige besering kan die per-
soneel ’n wond stabiliseer, maar
die Sorgsentrum is nie ingerig om
hegtings te doen nie en daarvoor
sal ’n pasiënt na ’n hospitaal, dok-
ter of apteek moet gaan. Ander
beserings kan ook gestabiliseer
word en kan dan deur toegeruste
instansies opgevolg word.
Die Sorgsentrum het suurstof
beskikbaar en kan mense met
asemhalingsnood bystaan voordat
die pasiënt weer eens na ’n hospi-
taal afgevoer word.
Vir die trek van bloed word
Kleinfonteiners verwys na Rayton
apteek. Suster Elsie Conradie of
Marinda Smit woon albei op Klein-
fontein en inwoners kan een van
hulle ook skakel. Hul telefoon-
nommers is beskikbaar by die
Sorgsentrum.
Die Sorgsentrum is nie gemagtig
om enige binneaarse toedienings
te doen nie. Aan die versorg van
Alzheimers pasiënte word verder
spesiale, gespesialiseerde sorg en
vereistes gestel, waaraan die Sorg-
sentrum nie huidig voldoen nie.
Die Sorgsentrum verskaf weg-
neem- en aansitetes vir nie-
inwoners. Kaartjies is by die KBK
Kliniekdienste
(weeksdae tussen 10:00 en 11:00)
Neem van bloeddruk R5.00
Toets vir bloedsuiker R25.00
Urinetoets R15.00
Inspuiting met Sentrumvoor-
raad R20.00
Inspuiting met eie voorraad
R10.00
Uithaal van steke R10.00
Toedien van noodsuurstof
R30.00
Noodbehandeling van kleiner
ongevalle R20.00 plus voor-
raad soos pleisters, verbande
en ekstras
Maandelikse tariewe
(Gaan DV in 2015 verhoog)
Intreefooi R5,500.00 (nie
terugbetaalbaar nie)
Enkelkamer R8,600.00
Deelkamer R5,650.00
Dagtarief vir rehabilitasie na operasie of siekte
Kleinfonteiners R376.25
Nie-Kleinfonteiners R408.50
kantoor te koop.
Reël asseblief
vroegtydig met die
kok.
Vir uitroepe na
huise in die ne-
dersetting en op
die hoewes is die
tarief R50.00. Die
personeel sal nood-
hulp toepas en indien
hospitalisering nodig
is reëlings hiervoor
tref. Paniekknoppies is
tot Wag ’n Bietjie en Bergakker
1-10 beperk, wat binne loopafstand
van die sentrum is, en dus word
geen tarief hier gehef nie.
Die Sorgsentrum onderneem
geen tuisverpleging nie. Na afloop
van ’n operasie kan pasiënte wel
opgeneem en in die Sentrum ver-
sorg word.
Dr Hennie Westerman van
Bronkhorstspruit besoek die
Sorgsentrum een maal ’n maand.
Skakel die Sorgsentrum of hou die
Gemeenskapnuus dop vir die da-
tums. Kleinfontein moet self hul
afsprake met die dokter se spreek-
kamer maak.
Die Sorgsentrum wil graag met-
tertyd ’n voltydse terreinsuster
aanstel. Nog planne is om weer ’n
kursus in Gesondheidsorg aan te
bied om versorgers op te lei om
tuisverpleging te kan doen. Die
Terreinsuster kan dan in same-
werking met dié versorgers omsien
na Kleinfonteiners wat tuisver-
pleging verlang.
Veels geluk aan die Sorgsentrum met sy lentetee in
Oktober. Die personeel het een en almal inspring om
daarvan ’n reuse sukses te maak.
Wat bied die Sorgsentrum Kleinfonteiners?
Petru Badenhorst, een
van die Sorgsentrum se
oudste inwoners word
DV op 6 Februarie
96. Petru,
haar kin-
ders, klein-
kinders
en agter-
kleinkinders
is almal in
die rokkie
wat sy hier
vashou,
gedoop.
•Solarligte huishoudelik en kampering • Quads en Bikes • Hekmotors • Batterye vanaf R310 • Onderdele
• Ruitveërs • Spesiale aanbieding op olie
• GUD filters
24 h Insleepdiens
tot 5 ton • Roelf
082 374 5279 • Raymond 072 038 0603
Roelf Kruger Motor-
herstelwerk T: 012 734 5002 T: 012 734 4025 F: 012 734 5104 S: 082 374 7281
Koppelaar oordoen Suspensie Alle groot herstelwerk Diagnostiese Diens: Shaun Kruger
TROK- EN TREKKERBANDE TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE
“Towbars, Rollbars, Nudgebars, Sidesteps” Uitlaatstelsels, TJM, Ironman, Dobersons, Oldman, Monroe, Gabriel
Willard en Exide Batterye @ bekostigbare pryse
Bepalings en voorwaardes geld, pryse sluit BTW in Terwyl voorraad hou
Roelf Kruger Duik-
klop en spuitverf
T: 012 734 4091 F: 012 734 5104 S: 072 038 0603 rkpanelbeat@ roelfkrugergroep.co.za
Strukturele herstelwerk Voorruite Stamperherstelwerk Versekeringseise
Raymond Kruger
ROELF KRUGER GROEP RAYTON
Weeksdae van 07:00 tot 17:30 Saterdae van 07:00 tot 14:00
“ALL ROAD HAZARD” 155/80R13 R 510 165/80R13 R 560 175/70R13 R 590 175/65R14 R 630 185/60R14 R 750 185/65R14 R 700 185/65R15 R 890 195/65R15 R 870 205/55R16 R 950
4x4 BANDE 215R15 R 1200 245/75R15 R 1480 245/70R16 R 1480 265/65R17 R 2350
“STANDAARD WAARDE”
155/80R12 R600
165/65R13 R 540 165/60R14 R 620 195/70R14 R 830 195/50R15 R 650 195/60R15 R 700 205/45R16 R 890 205/40R17 R 740
LIGTE KOMMERSIEEL 195R14CV2000 R 950 205/75R14WSW R 1000 205/75R15WSW R 1240 195/70R15 R 950
Rayton BANDEKENNERS
Treurnichstraat 1026, Rayton, Tel: 012 734 5007 /34 082 922 2502
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 9
Nou kyk die Krugers vorentoe en boontoe
is George wat van die ma-hen
onthou. “Toe ons ná die brand
die hoenderhok gaan bekyk,
kry ons die hen doodgebrand
maar met haar vlerke nog uit-
gesprei oor haar twee kuikentjies,
wat bly leef het,” vertel hy.
“Aanvanklik was ons verslae na
die brand, maar toe begin hulp
instroom en ons besef hoe gee die
mense van Kleinfontein vir mekaar
om. Nou weet ek, dis my plek, dié,”
vertel Stephen, die oudste broer.
Claudia Beyers en Irene Groe-
newald het die skenkings gekoör-
dineer. Buiten vir klere, huisraad,
beddegoed en toebehore het talle
Kleinfonteiners ook geld vir die
hervestiging van die Krugers
gegee. Direkteur Johan Nel be-
stuur die hulpfonds wat in die lewe
geroep is met dié geld. George en
Sêrah se kerk in Pretoria het die
woonwa (op die foto bo) geskenk.
Sêrah, George se vrou, is die
blyste oor haar trouring wat sy na
die brand behoue teruggevind het.
Met Anneke, Stephen se vrou, se
trouring het dit nie so goed gegaan
nie — ’n deel is skoon weggesmelt.
Almal is die spytste oor Familieby-
bel wat tot niet is en dankbaar dat
Anna van der Walt vir hulle twee
nuwe Bybels geskenk het.
“Ons is net so dankbaar dat
Chaline (Sêrah en George se ag-
tienjarige dogter) en Anneke nie in
die brand beseer is nie. Hulle was
alleen by die huis toe hulle die
vlamme gewaar,” sê Sêrah.
Danksy drie geskenkte splinter-
nuwe wit hemde kon Karel, Lukas
en Frans, diakens by die APK
Kleinfontein, die Sondag na die
brand die Nagmaal help bedien.
Menige gemeentelid was aan-
gedaan toe hulle besef wat dit van
dié drie geverg het om daardie og-
gend getrou op hul poste te wees.
Die Krugers is bekendes in Klein-
fontein. Vier van die broers werk
vir De Wet Cilliers en het die
meeste huise op Kleinfontein help
bou.
George-hulle is klaar aan die
planne teken vir ’n nuwe huis op
hul hoewe. Hulle beplan om die
komende bouersvakansie aan die
huis te begin bou en hoop om teen
volgende winter te kan intrek.
Hulle woon tydelik in ’n skuur op
Arbeidslus.
’n Brand het op Vrydag 7 November al die besittings van die Krugerfa-
milie verwoes. Van links agter is Leroy Rodgers, Carel, Frans,
Stephen, Lukas en George Kruger. Voor sit Anneke, Chaline en Sêrah.
hou vir ’n kind skool teen
sy eie pas,” vertel Anne-
lien de Ronde, die nuwe
remediërende onderwyseres by
CVO Kleinfontein. Annelien het
meer as dertig jaar onderwyserva-
ring, 22 jaar daarvan in reme-
diërende onderwys.
“Kinders wat nie kon lees nie,
raak voorlopers as hulle remedië-
rende onderwys (RO) gekry het. Ek
het dit al oor en oor gesien,” sê sy.
Sy sê RO is die geslaagste as jy
voor graad vyf daarmee begin. “Jy
moet teruggaan en die fondasie
regmaak. Hoe verder ’n kind van
die fondasie weg is, hoe moeiliker
raak dit. Ek glo die Here het vir my
die gawe gegee om RO te gee en ek
weet ek maak ’n verskil in kinders
se lewens,” sê Annelien.
“Ons wil graag volgende jaar vir
Annelien voltyds aanstel, want ons
is opgewonde oor wat sy vir ons
kinders met leeruitvalle kan bete-
ken, maar CVO Kleinfontein suk-
kel finansieel. Daarom doen ons ’n
beroep op Kleinfonteiners om ons
hande te sterk en ’n maandelikse
debietorder ten gunste van die
skool te teken. Of reël met die KBK
kantoor om maandeliks ’n vrywil-
lige heffing aan die skool te laat
oorbetaal,” sê Johan Potgieter, een
van die direkteure van die skool.
Die debietordervorms is beskik-
baar by die skool. Skakel 012 802
1545 vir meer inligting.
SkoolSkool wil wil dié dié oulike oulike juffrou juffrou
behoubehou
Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in
volkleur lees by
www.issuu.com.
Tik Kleinfontein
in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg
ons ook op Facebook by Kleinfontein se
Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-
KBK.
A FLAIR FOR HAIR Heleen Lizell
Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743
Materiaalwinkel
Hannetjie en Bets
(012) 734-4751
Winkel 8
Rayton Park Plaza
Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u
Irene Groenewald EIENDOMME
083 228 8572
Mobiele salon beskikbaar
vir tuisbesoeke, ook op Saterdae
30 jaar ondervinding, ook van verswaktes
Baie bekostigbaar
Nuwe haarkapper
Anne Loggenberg
072 965
4133
Wie Wie ry ry saam?saam?
Op soek na ’n saamrygeleentheid na Rayton, Pretoria winkelsentrums, hospitale, Gautreinstasie, skool of OR Tambo lughawe? Skakel Dan by 076 137 3637 en tref ’n reëling. Pryse billik, diens puik, bestuurder opgelei en gelisensieer vir openbare vervoer.
nita Lynch vertel met haar
hart in haar oë van die
beertjieprojek wat sy vas
glo die Here op haar pad
gebring het. Sy het altyd
handskoene gebrei, maar wou
waarlik ’n verskil in mense se le-
wens maak en buitendien ...
handskoene is ’n winterding.
Tydens ’n besoek aan Die
Boskombuis gee Renee Thompson
vir haar wol present. Intussen be-
gin Ronelle Berrington van Klein-
fontein Kinderondersteuning weer
reël aan die jaarlikse Kerspartytjie
vir ’n groep minderbevoorregte
kinders.
Anita het ’n paar jaar gelede vir
’n liefdadigheidsprojek by Femina
Kliniek teddiebeertjies gebrei. Sy
gaan soek dadelik die patroon en
begin brei sodat elkeen van die
kinders by die Kerspartytjie sy of
haar eie beertjie kan kry. Anita se
mikpunt is minstens 55 sulke
Iewers
kraai ’n haan ...
ewers kraai ’n haan ... Nee, nie Petrus se haan nie! Iemand anders se
haan, hier iewers. ’n Plaashaan wat jou terugvoer na jou kindertyd en
jy raak ’n wyle stil en hoor die voëltjies om jou. Sien die skropvolkie op
die grasperk pik-pik-pik.
’n Kiewietpaar vlieg vervaard op en gaan sit met ’n harde geskree ’n ent-
jie verder weg. ‘n Gouelyf muishondjie woerts verby en glip by ’n afvoer-
slootjie in. Jy sien die duikerspoortjies in jou tuin, glimlag, maar wens
darem hy het nie so ’n voorliefde vir jou rose gehad nie.
Jy draai om en stap na ’n vriendin vir ’n geselsie oor ’n koppie tee. Hier
vind jy rus. Hier kry ‘lewe’ ’n ander dimensie. Dis immers Wag ’n Bietjie.
Marietjie Fourie
beertjies. Sy brei met
geskenkte wol en mense
gee ook vir haar stopsel,
ogies, neusies, mondjies
en lint. Op ’n goeie dag
kan Anita tot twee
beertjies klaarmaak.
Haar vriendin Marie
Jacobs help met die
vaswerk en afwerking
van die beertjies.
Ronelle se Kersparty-
tjie is op 20 Desember
op Piet van Loggeren-
berg se hoewe. Buiten
vir vir die geskenkpak-
kies met eetgoedjies in, hoop
Anita om elke kindergesiggie te
sien ophelder oor die beertjie wat
hy of sy die heeljaar kan vertroetel.
Skakel Ronelle by 071 108 4367
of stuur ’n epos na ronelle@klein-
fontein.net as jy haar wil help met
enige van haar projekte. Álet Erasmus
Met naald en wol
verbly sy harte
12 NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 13
Hier kan mens mos héérlik uitkamp
ir die Radio Pretoria
Fees was Willie Bou-
wer, die saalopsigter, een
van die wat ingeklim on-
der die wattelbos by die
saal. Nou bied Tarentaal-
woonwapark staanplek vir
minstens vyftig woon-
waens. Nooi gerus vriende
en familie om die Gelofte-
naweek op Kleinfontein te
kom kamp.
Skakel Leoné Kruger by 012 802
0395 of 082 781 4224 om plek te
bespreek. Van die staanplekke het
kragpunte en die ablusieblok is
netjies en gerieflik.
Is lekker hier Aan jou eie bas moet mens ervaar
wat dit doen aan elke liggaamsnaar
om te verhuis na sestig jaar.
Teer herinnering aan dié plek,
diep wortels mos om uit te trek.
Gelukkig nog saam – jy en ek.
Na al die rook en stadslawaai,
hoor ons weer ’n haan wat kraai.
Dit neem ons ver-ver terug
na kleintydse abba op Pa se rug.
Dat die Here ons nooit nie sal faal
en Hy die pad vir ons bepaal
Maak woon hier tien uit tien
’n blytyd om na uit te sien!
Vriendskappe wat ons hier geniet,
blink sterre, skoon lug – verniet!
Die grootste skok is nou verby
drie maande het verbygegly,
Dankie, Kleinfontein se mense,
Ons bly graag binne julle grense!
Tjaart en Mintjie Bosua
14 NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER
Bekostigbare gesondheidsorg vir almal
Kliniekdienste:
Immunisering
Bloeddruktoetse
Gesinsbeplanning
Cholesteroltoetse
Bloedsuikerlesings
Vitamiene-inspuitings
Baba- gesondheidskliniek
Uithaal van steke
Swangerskap-ondersteuning
Algemene ondersoeke
Vooraftoetse vir Discovery Vitality
Raymedsentrum, Treurnichstraat, Rayton
Tel: (012) 734 4800
Faks: (012) 734 5647
Weeksdae: 08:00 — 19:00
Saterdae: 08:00 — 13:00 en 17:30 —18:30
Sondae en vakansiedae: 10:00 —12:00 en 17:30 —18:30
Oaklaan 112, Cullinan
Tel: (012) 734 0557
Faks: (012) 734 1624
Weeksdae: 08:00 — 18:00
Saterdae: 08:00 — 13:00
Sondae en vakansiedae: 11:00 —12:00
RAYTON APTEEK CULLINAN APTEEK
Na-ure noodnommer: 083 302 5918
Ons wens al ons Ons wens al ons
kliënte ’n geseënde kliënte ’n geseënde
Kersfees en Kersfees en
’n voorspoedige ’n voorspoedige
2015 toe!2015 toe!
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 15
Marietjie Fourie het die Ameri-
kaanse skrywer John Grisham
bespreek. As prokureur skryf hy
graag boeke waar die juridiese
aspek die botoon voer. Hy is
uiters gewild en het reeds meer
as twintig boeke die lig laat
sien. Marietjie het veral oor The
Testament gepraat. Grisham se
boeke bevredig intellektueel en
daarby het hy ’n gemaklike, ver-
fynde skryfstyl.
Silja van der Merwe het Lan-
genhoven aangepak. Sy skry-
fvernuf, gevatheid en skerpsin-
nigheid maak dié gewilde Afri-
kaanse skrywer immergroen.
Oorweeg gerus om Langenho-
ven se werk weer van die rak te
haal.
ag ’n Bietjie se inwoners het
met hul jaffelverkope so
byna-byna R 5000 inge-
samel vir nuwe vinielvloere vir die
Sorgsentrum. Maar dit het nie
vanself gebeur nie, vertel Marietjie
Fourie, wykleier van Wag ’n Bietjie.
“Ons moes 28 brode in jaffels om-
skep en dit was ’n spanpoging.
Party het bestellings geneem, an-
der het brood gesmeer, René
Engelbrecht het die vulsel gemaak,
’n klompie het die warm werk van
jaffels bak gehad, nog ander het
verpak en jaffels gaan aflewer. Om
te sorg dat ons aan die gang bly,
het Winnie Potgieter en Susan van
den Berg gesorg dat die hele,
goedgeoliede werkspan tee en eet-
goed kry,” sê sy.
Marietjie sê die inwoners van
Wag ’n Bietjie lewer dié bydrae as
blyk van waardering vir die Sorg-
sentrum se onbaatsugtige hulpver-
lening aan Wag ’n Bietjie se mense.
Sy sê ook dankie aan almal wat
skenkings gemaak het en wat jaf-
fels gekoop het.
Olivia Steyn het Annelie Botes se
boek Broodsonde bespreek. Dis
’n aangrypende boek. Baie
dankie Olivia, jy het ons verryk
het met dié heerlike bespreking
en veral jou voorlesings wat die
boek vir ons oopgebreek het.
Poësietyd en elke gas het gun-
steling gedigte voorlees. Die ver-
skeidenheid was verbasend. Ons
kon luister na ’n klankopname
van Elizabeth Eybers se ‘Maria’
in haar eie stem. ID du Plessis,
JFE Celliers, Totius, Uys Krige,
Phillip Moolman, Marthie Bas-
son, Antjie Krogh, Louis Lei-
poldt, Jandrell, Marike Bosman
en Sheila Coussons se werk het
ook ’n beurt gekry. Marietjie Fourie
Wag ’n Bietjie maak ’n hele
R 5000 met jaffels
Leeskring Leeskring se keusesse keuses strek wydstrek wyd
Augustus
September
Oktober
November
EETBARE KUNS
Kyk hoe fraai is dié kolwyn-
tjies wat Ré Pretorius van
Wag ‘n Bietjie vir kankerlief-
dadigheid gebak en versier
het.
Die Kleinfontein Leeskring ver-
gader die laaste Woensdag van
elke maand om 15:00 by Houtkap-
perlaan 2. Almal is welkom.
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 17
Kleinfonteiners kán! ier is die storie van die lekker-
ste kerrie-en-rys wat ek nog
ooit geëet het. Dis tydens die
Radio Pretoria Fees deur die
Saalkomitee gemaak en verkoop.
Estelle Cronjé het
opdrag gekry om
pryse te gaan bekyk
vir vleis, rys en be-
vrore blokkies wor-
tels. Sy kom toe met
die ontstellende
nuus by my aan sy
kry nêrens in Preto-
ria blokkies wortels te koop nie,
maar sy is nie van stryk gebring
nie en sê: “Dan blok ons die wor-
tels self!” Een Dinsdag begin ek en
sy vol moed wortels skil en die
vindingryke Estelle druk die wor-
tels toe so ewe deur haar brood-
snyer! Die aartap-
pels het dieselfde
pad gegaan. Teen
halftien
daardie
aand haal
ek die
laaste pot
gaar aartap-
pels van die
stoof af.
Hoe nou ge-
maak om die rys
en vleis vooraf
gaar te maak en
te bêre? Ek
beraam vir ’n vale
plannetjies en
gaan steek toe
kers op by Hannes
Swanevelder.
Die redakteur behou die reg voor om briewe na goeddunke
te redigeer.
Hy vee my hele beplanning met sy
groot hand van die tafel en sê: “Ek
sal alles daar gaarmaak. Op een
voorwaarde: jy kom bodder nie
met my nie!”
Ek het my neus uit sy manier van
doen gehou en die uiteinde was
daardie lekkerste kerrie-en-rys nog
ooit. Ons het baie komplimente
gekry! My raad is: as jy moeilik-
heid het, práát, vra hulp en dit
kom van al die kante! Baie dankie
aan elkeen wat gehelp het om van
ons deel 'n sukses te maak.
Baie dankie ook aan die KBK
Werke-span wat so goed was vir
ons by die saal. Die terrein was vol
kort stompies en die werkers het
met groot geduld alles verwyder.
Ook die elektriese aansluitings wat
hulle spesiaal moes doen, was 'n
groot sukses.
Hulle het ook agterna help
opruim en dromme wegry en teen
Maandagmiddag het dit nie gelyk
asof daar ooit etlike duisende
mense was nie en elke ding was
netjies op sy plek. Dankie Johan
van der Merwe vir die wegry van al
die sakke vullis! Leoné Kruger
Dankie vir sulke vriende aie dankie aan al my bure en
vriende van Kleinfontein wat
my onlangs bygestaan het toe
ek in my kombuis geval en van my
bene gebreek het. Weer het ek
besef dat waar mense hul Chris-
tenskap uitleef, dit met ons goed
gaan. Wat ’n voorreg om een van
Kleinfontein se inwoners te wees!
Graag wil ek die volgende per-
sone
uitsonder:
Doppie en
Erika Nel,
Linda Ma-
lan, Ma-
rissa van
der
Merwe,
Irene
Groene-
wald, Maggy
Eveleigh, Lucia van den Berg en
verder almal wat kom besoek aflê
het. Dina de Jager
Julle was goed vir my ma amens ons gesin wil ek vir
KBK, die gemeenskap van
Kleinfontein, die APK Klein-
fontein en die inwoners van die
Sorgsentrum bedank vir die
opregte vriendskap, hulp en
ondersteuning aan my ma, Mara
Prinsloo, die afgelope tien jaar.
Die Personeel van die Sorgsen-
trum verdien ’n spesiale dankie
omdat hulle haar almal altyd so
gehelp het, selfs toe sy nog in haar
woonstel gebly het, maar ook die
laaste vyftien maande as inwoner
van die Sorgsentrum.
Op Kleinfontein kon sy haar
laaste dae in vrede tussen haar eie
mense deurbring. Dankie dat sy
ook hier nog ’n paar jaar in diens
van die Here in die kerk die orrel
kon speel. Dit was vir haar so
belangrik om steeds, tot eer van
die Here, ’n bydrae te maak. Frans
Prinsloo
BRIEWEBRIEWE
Estelle Cronjé
Dina de Jager
Leoné
Kruger
ngeveer agt jaar gelede
het Mara Prinsloo in
Wag ’n Bietjie kom woon.
Ons het haar leer ken as ’n
stil ingetoë mens, wat altyd
so netjies aangetrek was,
maar sy was ook ’n staat-
maker. As sy gesê het sy
sou iets doen, het sy dit
gedoen.
Mara het so graag brood
vir die voëltjies gevoer en
die voëlvolkie het haar later
by haar agterstoep inge-
wag . Later het Jan Boer
besluit die broodetery is nie
goed vir die voëltjies nie en
het hy elke maand ’n pak
voëltjiesaad vir Mara se
voëltjies gekoop.
Sy was lief vir klassieke
musiek en blokkiesraaisels.
Haar seun Frans het
gereeld vir haar kom kuier,
haar op die hande gedra en
selfs vir haar Kersgesken-
kies uitgesoek om vir haar
vriende uit te deel. Toe sy
in die Sorgsentrum was,
was hy die getroue be-
soeker wat aan elke wens
van haar voldoen het.
Frans, ons salueer jou. Mag
die brood wat jy so onbaat-
sugtig en getrou op die wa-
ter gewerp het, ryklik na
jou terugkeer op die Here
se eie goeie tyd. Marietjie
Fourie
08h00— 17h00
08h00— 14h00
Veeartsenykundige Spreekkamers
Veterinary Consulting Rooms
Donkerhoek Konsultasies alleenlik op afspraak Consultations by appointment only
072 974 4914 Prof C.M.E. McCrindle BVSc (Hons) PhD (Vet Eth) (Pret)
Veeartswinkel Vetshop
Besigheidsure / Business Hours
Maandag — Vrydag Monday — Friday
Saterdag Saturday
Jan Ellis Winkelsentrum
Ons groet jou, Marie ns innige simpatie aan Corneels
Snyman, wie se vrou, Marie op 23
September oorlede is. Corneels en
Marie het ’n rukkie in Wag ’n Bietjie gebly tot
hul huis in Kareepark klaar gebou is. Van
daar het hulle na die Sorgsentrum verhuis.
Ek onthou hoe graag Marie oor haar kinders
en kleinkinders gepraat het. Corneels, jy het
haar 56 jaar lank getrou bygestaan en liefge-
had en mis haar seker vreeslik. Mag die Here
jou toevou in Sy liefde. Marietjie Fourie
In memoriam
Mara was so
lief vir musiek
en vir voëls
Á la carte etes
Ontbyt
Toebroodjies
Hamburgers
Pasta
Steak
Seekos
Beskikbaar vir Funksies
Alles elke dag vars voorberei op die perseel Ons is agter Pick ’n Pay in Rayton
Sewe dae ’n week oop Woensdag-, Donderdag- en Vrydagaande oop tot 20:00
082 450 5918 of 082 694 4873
A lmal is gaande oor die heer-like, maar bekostigbare koue
vleis wat nou by ons te koop is. Die spek-en-kaas-worsies is ge-wild, maar die ham, salami en bockwurst verkoop ook goed. Jy kan ook spesiale bestellings plaas vir varktjops, kasslertjops en nog
baie meer.
Al jou ou gunstelinge is steeds vars op ons
rakke. Kom maak ’n draai vir ’n vin-nige koffie. Of kom eet ontbyt of middagete. Ont-hou, as dit reën is
daar ALTYD pan-nekoek by Die
Koöperasie!
KLEINFONTEIN VERHURING
Skakel ons as u eiendom wil huur of verhuur.
Ons telefoonnommer is
082 815 7382 of 012 940 4220.
Vonkpos: [email protected]
Faks 086 693 1380
Marius en Miempie Bosch
is tot u diens hier op
Kleinfontein
Kom kuier op
19 Desember by ons
as ons ons nuwe deli
bekendstel. Kaartjies kos
R25 per persoon en sluit
snoephappies en sap in. Plek
is beperk, bespreek dus
voor 10 Desember.
KLEINFONTEIN SE MISSIE
Om die eiendom in
sy besit in ’n leef-
ruimte vir vry-
heidsliewende
lede van die Boere-
Afrikanervolk te
ontwikkel, waar
hulle alle fasette
van hulle eiesoor-
tige volksbestaan,
waarvan hulle
Christelike geloof,
taal en kultuur die
belangrikste is,
vrylik, onbedreig
en onverhinderd
kan uitleef in ’n
plaaslike wel-
varende ekonomie
wat op volkseie
arbeid gevestig is.
Tot siens, Poppie, maar nie
vaarwel
Poppie Roets daardie dag die uitnodiging na Wag ’n Bietjie se
Kersete aanneem, was haar geliefde Danie pas drie weke
vantevore oorlede en was dit boonop hul troudag-herdenking. Enigiets anders
as om dié dag alleen deur te bring, het sy gedink, en haar by die kring in die
skaduwee van die groot papierbasboom kom voeg.
Sy het haar onmiddellik tuis gevoel tussen dié groepie mense, die meeste
van hulle ook alleen. Baie moes nog deur die drif van pyn en hartseer worstel
en by Wag ’n Bietjie vir haar- of homself ’n stukkie heil in eie huisie uitwerk.
So tussen die etery en kuier en geskerts het Poppie tot berusting gekom en
geweet ook sy sou hier vrede en vreugde vind.
Poppie het met oorgawe haar deel gedoen: Bybelstudie, die Kultuurkomitee,
Aksievrouekrag, Leserskring, elke kuiertee, jaffels-maak, kerkaktiwiteite en sy
het ook getrou huisgodsdiens by die Sorgsentrum gaan hou.
Maar nou staan no 18 leeg. Poppie is weg na die Paarl, waar haar kinders
bly. ’n Stuk van haar hart bly egter op Kleinfontein agter en nie net in die be-
graafplaas waar Danie rus nie, ook in ons inwoners van Wag ’n Bietjie se
harte. Ons weet dit was vir haar nie ’n maklike keuse nie, maar ons gun haar
die nabysyn van haar kinders en weet hulle gaan haar op die hande dra. Maar
ons mis haar ... Marietjie Fourie
Oop Maandae tot Vrydae
07:00 tot 19:00
Saterdae
08:00 tot 18:00
Melk, kaas, brood, koerante,
tydskrifte, koeldrank, vrugtesap,
roomys, pasteie, vleis, biltong,
droëwors, ys, lekkergoed,
koekies, beskuit, batterye,
kruideniersware, elektriese ware
en benodigdhede, sigarette,
medisinale middels,
skoonmaakmiddels,
braaibenodigdhede en nog baie
meer.
“Baie dankie aan almal wat ons so
getrou ondersteun. Hoe meer u by
ons koop hoe meer kan ons u bied.
Mandjie vir mandjie vergelyk ons
goed met groter winkels. En onthou ons spaar u brandstof en tyd.” Deon van der Westhuizen
KLEINFONTEIN MINIMARK
Van ons
mense,
vir ons
mense
Uit en Tuis Winkelsentrum Tel 012 940 0059
Onder nuwe bestuur
KIA’sKIA’s skater op skater op
pretaandpretaand
ir sy jaarafsluiting
het Kleinfontein
Inwonersvereniging
(KIA) ’n pretaand
gereël. ’n Paar eienaar-
dige karakters is uitge-
beeld deur onder an-
dere Shirley Harmse (in
die middel voor) en Ria
Pretorius (heel regs).
Die gehoor moes raai
wie hulle was. Die Klein-
fontein Orkes se Johny
en Martin McClintock,
Annetjie Coetzee en
Daan Kruger het so lek-
ker gespeel Jeanette en
Abé Beneke was van dié
wat spontaan begin
dans het. Dankie aan
Joey McClintock wat die
klank behartig het.
Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: Koekvla (koekstruif of ‘trifle’)
BESTANDDELE: 1 pakkie groen jelliepoeier
aangemaak met 100 ml kook-
water en 100 ml koue water.
1 pakkie rooi jelliepoeier
aangemaak met 100 ml kook
en 100ml kouewater.
1 rolkoek met appelkooskonfyt
vulsel. (Uitkyk het die lekker-
ste rolkoeke)
500ml baie stywe vla, (koud
en gestol)
1 blikkie ingelegde vrugteslaai-
mengsel/fyn gesnipperde
‘cocktail’ vrugte (groot blik as
jy van baie vrugte hou)
2 – 3 eetl soet sjerrie of soet
wyn
Versiering:
1 houer van 500 ml room
(Styfgeklop en gegeur met
vanielje geursel en ’n knippie
suiker)
Gesnipperde, geroosterde
klappermalvalekkers, groen en
rooi glanskersies en ’n takkie
kruisement
SÓ MAAK JY:
1. Stol die twee kleure jellies
apart in plat bakkies om
later in blokkies te kan sny.
(roomys-houertjies werk lekker!)
2. Sny die rolkoek in dun
skywe en elke skyfie weer
in die helfde.
3. Dreineer die blikkie vrug-
teslaai en voeg 1 – 2 eetl
van die vrugtesous by die sjerrie
of soetwyn.
4. Plaas van die rolkoek-
skyfies op die bodem van
’n diep glasbak. Pak hier
en daar ’n rolkoekhelfte
teen die kant van die bak.
5. Sprinkel die
helfte van die
sjerriemengsel oor asook
die helfte van die vrugte-
slaaimengsel.
6. Volg dit op met
lepels van die
koue gestolde vla in
hopies gevolg deur groen
en rooi jellieblokkies.
7. Herhaal die
proses totdat alles
gebruik is.
8. Versier die koekvla met
styfgeklopte room,
gesnipperde geroosterde
malvalekkers en ‘n paar rooi en
groen glanskersies vir kleur.
9. Plaas in die yskas sodat
die nagereg goed stol en
die geure kan meng.
10. Bedien met roomys en
vla. Vir die wat nog ’n
soetigheidjie wil byvoeg, wees
kreatief met gekookte
kondensmelk en skuimpies.
so is nog ’n jaar amper onder ons voete uit! ’n Nuwe jaar met nuwe uitdagings lê
voor die deur, maar eers gaan ons Nuwejaarsdag vier en wat is meer van pas as
’n vrolike bak koekstruif om die ete
mee af te sluit?
Mens tref koekstruif die eerste keer
al in 1755 in ’n Britse resepteboek
aan. Koekstruif het nou nie juis ster-
status geniet by deftige restaurante
nie, maar was nog altyd ’n treffer op
enige basaarpoedingtafel. Met die her-
lewing van nostalgiese geregte, beleef
koekstruif egter nou ’n oplewing.
Geniet die vakansietyd
met familie en vriende.