Tema vir Pinkster- & Nagmaalviering
1
VOTUM
Gees van die lewende God, werk in ons op hierdie
Pinksterfees.
Gemeente: Kom, Skeppergees, doen dit.
Kom en maak ons een, breek die mure van skeiding
tussen u kinders af.
Gemeente: Heilige Gees maak ons een.
2
Maak ons harte brandend om te getuig van u
oorwinning en u troos.
Gemeente: Kom doen dit Heilige Gees.
Vul ons met krag te midde van beproewings.
Gemeente: Gee ons krag Heilige Gees.
Bring u gemeente in beweging.
Gemeente: Bring ons in beweging Heilige Gees.
VOTUM
3
“God is Liefde!” juig ons harte,
en bedink wat liefde doen:
Dat Hy ons sy Seun gestuur het
om ons sonde te versoen.
4
Loflied: Liedboek 334
“God is Liefde!” juig ons harte
Hy wat eerste liefgehad het,
het in liefde ons vergeef –
nou kan ons, uit God gebore,
uit dié bron van liefde leef!
5
Loflied: Liedboek 334
“God is Liefde!” juig ons harte
Deur sy Gees, die wondergawe,
laat Hy wederliefde spruit;
en dié liefde – wat volmaak is –
dryf die vrees en selfsug uit.
6
Loflied: Liedboek 334
“God is Liefde!” juig ons harte
DIE TWEE DIMENSIES VAN DIE TIEN GEBOOIE
Horisontaal: Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself.
Geen ander gebod is groter
as dié twee nie” (Mark. 12:30-
31). In hierdie twee gebooie is
die hele wet en die profete
saamgevat (Mat. 22:40). Die
Va
de
r s
e l
iefd
e
v
ir o
ns
en
on
s l
iefd
e v
ir H
om
Ons liefde vir mekaar
Vertikaal: Jy moet die Here
jou God liefhê met jou hele
hart en met jou hele siel en
met jou hele verstand en
met al jou krag.
7
Heilig, heilig, heilig, Here,
U is heilig sonder perk;
Ons kom sing u Naam ter ere –
bid dat U in ons sal werk.
Ons onheiligheid, o Heer,
dwing ons op ons knieë neer.
Ons kom pleit om u genade:
Heer verlos ons van die kwade.
Liedboek 231 v 1 & 3: Heilig, heilig, heilig, Here
8
3. Heil’ge God, herskep ons lewe
en laat groei die goeie saad;
maak ons heilig in ons strewe,
in gedagte, woord en daad.
Ons wil U ons danklied bring
en u lof, o Jesus sing.
Laat u Gees ons lei, o Here,
om te lewe, U ter ere.
9
Liedboek 231 v 1 & 3: Heilig, heilig, heilig, Here
10
Ons bid saam as bloedfamilie van Jesus Christus
NAASTELIEFDE – Gal. 5:13-15
Julle, broers, julle is tot
vryheid geroep. Moet net nie
julle vryheid misbruik as ’n
verskoning om sonde te doen
nie, maar dien mekaar in
liefde. Die hele wet word in
hierdie een gebod saamgevat:
“Jy moet jou naaste liefhê
soos jouself.” Maar julle byt en
verskeur mekaar; pas op dat
julle mekaar nie later
heeltemal verslind nie. 11
STRYD TUSSEN GEES EN VLEES – Gal. 5:16-18
Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe
steeds deur die Gees van God beheers
word, dan sal julle nooit swig voor
begeertes van julle sondige natuur nie.
Wat ons sondige natuur begeer, is in
stryd met wat die Gees wil, en wat die
Gees wil, is in stryd met wat ons
sondige natuur begeer. Hierdie twee
staan lynreg teenoor mekaar, en
daarom kan julle nie doen wat julle
graag wil nie. Maar as julle julle deur die
Gees laat lei, staan julle nie meer onder
die wet nie. 12
DIE SONDIGE NATUUR – Gal. 5:19-21
Die praktyke van die sondige natuur is algemeen
bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid,
afgods-diens, towery, vyandskap, haat, naywer,
woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns,
dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge.
Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku
het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal
nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
13
DIE VRUG VAN DIE GEES – Gal. 5:22-26
Die vrug van die Gees, daarteenoor,
is liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedhartigheid,
getrouheid, nederigheid en self-
beheersing. Teen sulke dinge het die
wet niks nie. Dié wat aan Christus
Jesus behoort, het hulle sondige
natuur met al sy hartstogte en
begeertes gekruisig. Ons lewe deur
die Gees; laat die Gees nou ook ons
gedrag bepaal. Ons moenie
verwaand wees, mekaar uittart of op
mekaar afgunstig wees nie. 14
15
DIE TEKENS VAN DIE HEILIGE GEES IN MY
LEWE
16
AGAPE – DIE DIE PERFEKTE LIEFDE
VAN GOD VIR ONS
‘n Liefde waarvoor jy kan kies.
‘n Onselfsugtige liefde.
‘n Liefde om ander te bevoordeel.
‘n Liefde wat nie ophou nie.
‘n Liefde vir God en die naaste.
‘n Liefde wat van God kom.
Die perfekte liefde!
JESUS IS DIE PERFEKTYE VOORBEELD VAN
HIERDIE LIEFDE
… Hy het sy eie mense wat in
die wêreld is, liefgehad, Hy het
hulle tot die uiterste toe liefgehad (Joh. 13:1).
“Ek het u Naam aan hulle
bekend gemaak, en Ek sal dit
verder bekend maak, sodat die
liefde wat U aan My bewys het,
in hulle kan wees en Ek ook in
hulle.” (Joh. 17:26) 17
GOD SE KINDERS MOET SY VOORBEELD VOLG
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet,
moet julle sy voorbeeld volg (Ef. 5:1).
18
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie,
want God is liefde (1 Joh. 4:8).
19
PINKSTERFEES ONS IS VOL VREUGDE OOR DIE UITSTORTING VAN DIE
HEILIGE GEES EN GOD SE LIEFDE VIR ONS
“Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander
Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,
naamlik die Gees van die waarheid” (Johannes
14:16-17).
Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons
vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond
van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die
wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die
Heilige Gees wat nuwe lewe gee (Titus 3:5).
20
DIE VRUG VAN VRYSPRAAK IS VREUGDE
Om GELOOF in God te kan hê.
Om van sondestraf VRYGESPREEK te kan wees.
Om in God se TEENWOORDIGHEID te kan wees.
Om HOOP vir die toekoms te kan hê.
Om ten alle tye te kan VOLHARD.
Om in die HEERLIKHEID van God te kan deel.
Paulus skryf in Romeine 5 oor die ware vreugde as
‘n vrug van die vryspraak.
Onder leiding
van die
Heilige Gees
In gesprek
met God
In gehoor-
saamheid aan
God se Woord
21
VREUGDE OOR GOD SE LIEFDE VIR ONS
VEREIS GEESTELIKE OEFENINGE
Wees in alle omstandighede dankbaar, want
dit is wat God in Christus Jesus van julle
verwag (1 Tessalonisense 5:18).
Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het
self gesê: “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger
as om te ontvang.” (Hand. 20:35).
Elkeen moet gee
soos hy hom in sy
hart voorgeneem
het, nie met teensin
of uit dwang nie,
want God het die
blymoedige gewer
lief (2 Kor. 9:7). 22
KWEEK VREUGDE DEUR TE GEE
Geseënd is die
vredemakers,
want hulle sal
kinders van
God genoem
word (Mat. 5:9).
Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees
tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede
met mekaar te lewe (Ef. 4:3).
23
WARE VREUGDE EN VREDE KOM VAN DIE
VREDEMAKER
God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons
glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God
deur ons Here Jesus Christus (Romeine 5:1).
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle
gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie,
en julle moet nie bang wees nie.” (Johannes 14:27)
En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens
die deurslag gee. God het julle immers geroep om
as lede van een liggaam in vrede met mekaar te
lewe (Kol. 3:15).
OV: En laat die vrede van God, waartoe julle ook in
een liggaam geroep is, in julle harte heers…
24
GOD VERLANG SIGBARE VREDE VAN ONS
Laat die vrede van
God in julle harte
Heers!
25
LIEFDE, VREDE EN VREUGDE lei tot: geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,
getrouheid, nederigheid en selfbeheersing!
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
26
27
Die Here wil hê ons moet seker weet: Ons is syne!
Daarom sê Hy dit in sy Woord vir ons oor en oor.
En elke keer mag ons dit glo. Maar dis nie altyd vir
ons so maklik om dit te glo nie.
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
28
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
Soms kan ons voel dit is
waar. Dan is dit asof die Gees
wat die Woord geskryf het
ook in ons harte roep:
“Abba,” dit is: “Vader!” Maar
dikwels voel ons net niks nie.
Dan sê ons vir onsself: “Jy is
nie God se kind nie. As jy
was, sou dit anders gevoel
het.”
29
Soms as ons na ons lewe kyk,
ontdek ons dat ons lewe
inderdaad anders geword het
deur ons omgang met die
Woord. Dan skep ons moed en
dink: “Ek is tóg God se kind –
kyk, Hy gee die oorwinning!”
Maar dikwels val of faal ons ten
spyte van ons beste
voornemens. Dan sê ons vir
onsself: “Jy is nie ‘n kind van
God nie; kyk maar net na jou
lewe!”
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
30
Soms versterk die
getuienis van mede-
gelowiges ons, en dan
weet ons: “Ek behoort
aan die Here. Ek is syne.”
Ander kere vertel hulle
egter van ervarings wat
ons laat dink: “So iets het
nie met my gebeur nie” en
die stemmetjie hier binne
vra: “Is ek dan gered?”
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
31
Soms verloop die lewe vir
ons voorspoedig. Dan is
glo ook maklik. Maar
skielik kan alles omswaai
en dan val die stortreën,
die vloedwaters kom af en
die winde waai teen ons
lewenshuis net soos teen
dié van die ongelowige.
Dan huil ons harte: “Waar
is God?”
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
32
Die Here wil deur die
nagmaal al die twyfel-
stemme stilmaak sodat
ons sy stem kan hoor
en die goeie nuus van
ons verslossing kan
glo! Daarom kom Hy
self na ons toe en wys
vir ons die prys wat Hy
betaal het om ons as
syne te koop:
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
33
“Kyk, hierdie brood en wyn is
my liggaan en bloed. Dit is vir
jou om te eet, want dit is vir jou
wat Ek daarmee gekoop het. Jy
is myne; jy hoef nie, nee, jy
mag nie daaroor twyfel nie.
Moenie langer ongelowig wees
nie, maar wees gelowig!” En
dan word die enigste ander
stemme wat saak maak dié van
ander gelowiges wat saam met
my lofsange sing omdat ons
gered is.
DIE NAGMAAL AS WAARBORG
DAT EK GOD SE KIND IS
34
GEBED VOOR ONS DIE TEKENS GEBRUIK
Gees van God, o Gees van lewe,
ware God van ewigheid,
laat ons nooit u wil weerstrewe,
lei ons tot gehoorsaamheid.
Stel ons in u diens al meer
wil U self u kerk regeer.
LIEDBOEK 438:1-2
35
Lei U self u kerk se lede
om vrymoedig te getuig.
Luister na u volk se bede
as ons smekend voor U buig.
Al ons woorde is te min
tree U self tog vir ons in.
36
LIEDBOEK 438:1-2
SEËNBEDE & AMEN
37
God die VADER sal jou altyd liefhê.
God die SEUN sal jou altyd genadig wees.
God die HEILIGE GEES sal jou altyd vertroos
en jou in sy waarheid lei.
Liedboek 313: AMEN