8
GOD IS SKEPPER 6 September 2009 TEMA God is die Pottebakker – Sy hande vorm die klei van ons lewe (Hy is in 'n intieme verhouding met ons) GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM Verwelkoming by die deure Video oor die Pottebakker speel met 'n CD – The John Michael Talbot Collection – A library of 35 favorite songs – Disk Two Verwelkoming in kerk o Kinders, verjaarsdae, nuwes o Dankie vir almal wat gehelp het – Ian, Albert, Susan, Ursula, Rethie, Lynette vir die klei, Louise vir die wiel, Brenda vir die potte uitstalling, voorsangers, musiekgroep, graad 7’s. Votum en Seëngroet GOD PRAAT MET ONS GOD IS SKEPPER Die Bybel is 'n biblioteek van beelde, 'n magdom daarvan, wat manlik én vroulik is, wat persoonlik én onpersoonlik is (Vader en 'n Rots), wat soms teenstrydig is (Vriend en Vyand), maar altyd dinamies en lewend teenwoordig. Al hierdie beelde vir God is metafore, uitdrukkings wat vir God gebruik word, omdat dit ons 'n konnotasie gee met iets wat vir ons bekend is. Hierdie Godsbeelde is aannames oor God se karakter of sy aard. Dit bepaal letterlik hoe ons Hom ervaar. Walter Brueggemann: “The God you speak, is the God you get.” Bladsy 1 van 8

God as Skepper.docx

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Gesinsdiens met die tema van God as Pottebakker en Skepper

Citation preview

Page 1: God as Skepper.docx

GOD IS SKEPPER6 September 2009

TEMA

God is die Pottebakker – Sy hande vorm die klei van ons lewe (Hy is in 'n intieme verhouding met ons)

GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM

Verwelkoming by die deure Video oor die Pottebakker speel met 'n CD – The John Michael Talbot Collection – A

library of 35 favorite songs – Disk Two Verwelkoming in kerk

o Kinders, verjaarsdae, nuweso Dankie vir almal wat gehelp het – Ian, Albert, Susan, Ursula, Rethie, Lynette

vir die klei, Louise vir die wiel, Brenda vir die potte uitstalling, voorsangers, musiekgroep, graad 7’s.

Votum en Seëngroet

GOD PRAAT MET ONS

GOD IS SKEPPER

Die Bybel is 'n biblioteek van beelde, 'n magdom daarvan, wat manlik én vroulik is, wat persoonlik én onpersoonlik is (Vader en 'n Rots), wat soms teenstrydig is (Vriend en Vyand), maar altyd dinamies en lewend teenwoordig.

Al hierdie beelde vir God is metafore, uitdrukkings wat vir God gebruik word, omdat dit ons 'n konnotasie gee met iets wat vir ons bekend is.

Hierdie Godsbeelde is aannames oor God se karakter of sy aard. Dit bepaal letterlik hoe ons Hom ervaar. Walter Brueggemann: “The God you speak, is the God you get.”

Vandag praat ons oor God as Skepper.

Ons gaan daaroor sing, ons gaan daaroor praat en nadink, en ons gaan dit ervaar met die klei wat elkeen van ons in die portaal gekry het.

472 Kom lofsing die Heer, loof Hom op sy troon – vers 1 en 3 staan

Tradisioneel word aan God as Skepper gedink in terme van sy Almag en verhewenheid – die God wat orde skep uit die chaos.

Bladsy 1 van 6

Page 2: God as Skepper.docx

Ons gaan nou na 'n PowerPoint kyk wat iets daarvan vir ons wys.

Terwyl die musiek speel (Psalm 91/Wedding Dance – John Michael Talbot – track 3), kyk na die PowerPoint en raak bewus van die grootsheid van God se Skepping. Ons wil ons verwonder oor God en sy werk.

509 Op berge en dale en oral is my God – vers 2 en 3 staan

GOD IS POTTEBAKKER

Die Bybel beskryf sy skeppingswerk egter ook in baie persoonlike terme. God as Skepper word op baie plekke in 'n intieme verhouding met mense en die wêreld en die hemel geteken.

Kom ons lees daaroor.

Gen 2:4b-7

Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ’n mens om die grond te bewerk nie. 6Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het.

Hier in Gen 2 sê die skrywer: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas”. Die woordjie “vorm” is die woord wat gebruik word vir ‘n pottebakker terwyl hy die klei in 'n voorwerp vorm.

Dit beteken dat Genesis aan God as die Pottebakker dink. Soos 'n Pottebakker die klei vorm, só vorm God die mens. God skep “hande in die klei” soos 'n pottebakker.

En hierdie Pottebakker stel belang in alles wat ons doen of dink of ervaar.

Elke uur van elke dag van elke week van elke jaar stel God belang in jou lewe, sorg Hy vir jou, is Hy lief vir jou.

Nou, ek hoef jou nie te oortuig nie. Vertel vir mekaar daarvan:

Vertel vir mekaar van 'n keer wat julle God se liefde tasbaar ervaar het.

INSET OOR DIE POTTEBAKKERSKUNS

Om ons te help om oor God as Pottebakker na te dink, gaan ek julle ietsie meer vertel oor die hele proses van potte bak. Terwyl ek 'n bietjie meer vertel oor die pottebakkerskuns, maak solank julle houertjies oop en haal die klei daaruit.

Bladsy 2 van 6

Page 3: God as Skepper.docx

Klei is 'n heerlike medium om mee te werk. Dit is lekker elasties en plooibaar, sodat jy allerhande voorwerpe daarmee kan maak. Hierdie klei is van meel gemaak – julle kan die resep by Lynette kry.

Ek het kers opgesteek by 'n pottebakker, David Moss, en die volgende by hom geleer. En ek wil hê julle moet dit saam met my ervaar:

Klei moet goed gebrei word. Alle lugblasies moet uitgewerk word. Dit voorkom dat die pot bars as dit in die oond warm gemaak word.

Brei 'n bietjie julle klei. Voel julle hoe dit amper-amper kleef aan julle hande? Jy raak as’t ware deel van die

klei. Dan moet klei in die middel van die wiel geplaas word, anders kan 'n mens nie 'n

ronde amper perfekte simmetriese pot maak nie. Ons gaan egter nie met 'n wiel werk nie. Louise Eksteen sê my, dat sy in elk geval

verkies om sonder die wiel te werk. Besluit op iets wat jy graag wil maak. Ek gaan aan die einde vir die voorskoolse kinders vra om vir my te kom wys wat

hulle gemaak het. As jy wil, kan jy soos ek, net werk met die klei, en spontaan iets skep, net soos jou

hande en die klei jou begelei. Dit is hoe kreatiwiteit werk – die klei vra as’t ware dat iets spesifiek daarvan gemaak

word. Die kleur speel 'n rol. Die hoeveelheid speel 'n rol. Hoe plooibaar dit is, speel 'n rol. Hoe jy voel en waaraan jy nou dink, speel 'n rol.

Wys vir mekaar wat julle gemaak het.

DIE POTTEBAKKER EN JY

Nou 'n mens moet versigtig wees om alles hiervan op God en ons van toepassing te maak. Maar, kom ons dink 'n bietjie hieroor na en verwonder ons aan God as Skepper, as die Pottebakker.

God is net so intiem by jou lewe betrokke as wat jy nou met die klei gespeel en daarvan iets gemaak het. Hy werk nie van 'n afstand af met jou nie. Hy hou sy hand op jou. Hy is bewus van elke gedagte, van elke beweging, van elke besluit wat jy maak. Soos die Psamdigter sê, Hy omvou my van agter en van voor. En Hy gee om oor wat met jou gebeur. Niks wat met jou gebeur, is toevallig nie, en niks is onbelangrik vir God nie.

Daar is 'n spontane interaksie tussen jou en God, tussen jou gawes en vermoëns en wat God daarvan kan maak. Dit is iets wat my van verlede week se teksgedeelte die meeste getref het. Die eerlike interaksie tussen Moses en God in die woestyn (Numeri 11). Jy kan maar praat met God, jy kan selfs verskil van wat God doen, en dit eerlik vir Hom sê. En Hy sal daarna luister, en daarop reageer. Uiteraard is dit Hy

Bladsy 3 van 6

Page 4: God as Skepper.docx

wat jou vorm, so sy wil sal altyd die deurslag gee. Maar reg deur die Bybel is daar gedeeltes wat ons oortuig, God verander dinge in reaksie op jou, en jou gebede, en jou wense en behoeftes. Jy kan Hom daarvoor vertrou.

Soms is daar 'n groot stuk breiwerk nodig in jou lewe. Om jou voor te berei vir dié voorwerp wat God van jou wil maak. Niemand van ons hou van die druk van moeilike besluite of moeilike omstandighede nie. Dit sou masochisties wees! Maar, dit is nou eenmaal so, as die druk nie daar is nie, bereik ons minder. Van die groot leiers in die wêreld is dit waar, so sê navorsing by Harvard, dat hulle een of ander tyd in hulle lewe deur 'n tyd van stres en disoriëntasie gegaan het, waarna hulle gewoonlik meer kon bereik.

Daarom is dit so belangrik dat ek plooibaar in die hand van God se werk bly. Op die wiel, in sy hande, in gesprek met Hom, maar sonder om teë te stribbel, sonder om self te besluit wat ek wil word, maar in die interaksie met God te groei en te floreer. Dit is eintlik die heel belangrikste perspektief van alles. Sonder hierdie onmiddellike reaksie op God, kan 'n mens nie ontplooi in die instrument wat God van jou wil maak nie.

EN AS DIE POT FLOP

'n Verdere interessante ding van die klei, veral as jy met regte klei werk, is dat dinge nie altyd so voorspoedig gaan nie:

As dit flop op 'n wiel, moet jy oor begin, maar jy kan nie dadelik nie. Jy moet eers wag tot die klei droër raak, voordat jy weer begin.

En as jou pot uiteindelik in die oond bars, eintlik ontplof, dan is dit nie klaar met die klei nie. Pottebakkers vat daardie stukkies, maal dit fyn, hulle noem dit “grog” en dan meng hulle dit met nuwe klei. Potte wat met grog gemaak word, is sterker potte. Nie dat dit sonder seerkry is nie. Die Pottebakker se hande gaan baie keer stukkend van die werk met die growwe, harde stukkies “grog”.

Kom ons lees twee gedeeltes wat hierdie aspek behandel. Die eerste is:

Jeremia 18:1-6

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Bladsy 4 van 6

Page 5: God as Skepper.docx

Jeremia leef in 'n tyd van groot afvalligheid. Polities het hulle verkeerde verbintenisse aangegaan. Ekonomies het die rykes die armes uitgebuit. In die regspraak was daar onreg en partydigheid. En geestelik het baie Jode die uiterlike tempel-toegaan en die gee van tiendes nog nagekom, maar hulle hart was ver van die Here af.

Daarom waarsku die Here die volk deur hulle te herinner daaraan, dat die Pottebakker die meester is van die klei. “Kan ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie?” En spel hy die gevolge uit as hulle hulle nie bekeer nie. “Wanneer jy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien ek af van die goeie wat Ek aan jou wou doen.”

Nou ons moet nie hieruit aflei dat die Here geen genade het vir die volk nie. Hoegenaamd nie. Hy sê immers, al het ek besluit om op te hou om die goeie aan julle te doen, en julle bekeer julle, sien Ek af van die straf wat Ek oor julle wou bring. Bekering is wat die Here wil hê.

Maar Jeremia wil hê dat ons onder geen illusies sal wees oor wie God is en wie ons is nie. En die geskiedenis het ons geleer dat die volk nie geluister het nie, en weggevoer is in ballingskap. Hulle moes wag vir sewentig jaar voordat hulle weer die land Israel kon binnekom.

En die wonder is, dat dit nie net die volk is wat iets hieruit geleer het nie. Die Here self het geweet, die tyd was ryp vir die koms van sy Seun, al sou dit hom 'n vreeslike prys kos, die prys van menswording, van lyding en uiteindelik die dood.

Maar, die Here het geweet, dat daardeur kan Hy seker maak dat die potte wat Hy maak sterker sal wees. Want Hy kon vir elkeen wat in Jesus glo, wat hulle lewens aan Hom verbind, die gawe van Sy Gees gee om binne ons harte die vermoë te kom gee om aan Hom gehoorsaam te kan lewe.

Dit is wat 2 Korintiërs. 4:7 ook sê. Kom ons lees dit.

7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Al bly ons dus kleipotte wat maklik breek, is die krag van God self in ons binneste, sodat ons kan staande bly al word ons verdruk, al is soms verleë, al word ons vervolg.

En dit is die wonder van hierdie Pottebakker, die Skeppergod. Hy gooi nooit tou op met ons nie. Hy hou aan en Hy sorg dat daar 'n uitkoms is. Daarop kan ons reken.

Kom ons wy ons toe aan dié God.

528 Leer my u wil, Heer, u doel met my – U, Pottebakker, met my, die klei – sit

Bladsy 5 van 6

Page 6: God as Skepper.docx

ONS PRAAT MET GOD

Gebed – voorbidding, danksegging, items op aankondigingso PE Afrikaanse Opvoedingsfonds – 1,2 miljoen Rando Kerkraad vir vergaderingo Egskeiding – Divorce Careo Leiers vir Koffiekroeg en graad 6 kategeseo Bloemendal – Seyesi gemeente uitreik – verfo Ramadan – bid vir insig dat U Moslems liefheto Siekes – bid vir onsekerheid, vir krag met slegte tyding – dank vir beterskap

Dankoffers – graad 7’s en PowerPoint met ander aankondigingso Bid en sê dankie vir die dankoffer en die wyse waarop die Here ons seën die

afgelope paar maande. Ons het 'n oorskot op begroting!

GOD STUUR ONS UIT

Onthou om julle voorwerpe vir my te kom wys.

Onthou om 'n joernaal te neem vir gesprek by die huis.

Slotsang - 488 Helder skyn u lig vir die nasies Seën Amen - 314

Bladsy 6 van 6