View
230
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
VERERWING MUTASIES
CURRICULUM VITAE Louis Bothma
Gebore 24/03/1947 – Coligny in die ou Wes–Transvaal.
Matriek 1964 Lichtenburg Hoërskool, Landboudiploma Potchefstroom Landboukollege.
Terwyl nog in die laerskool al vinkies gevang en in hokke aangehou.
Vestig homself in 1970 op die plaas Kleinbos naby Setlagoli waar hy vandag nog boer.
Begin ook hier met voëls boer in 30 Hokke. Hierdie voëlboerdery het stadig uitgebrei tot
die meer as 600 hokke wat daar nou is.
Toe die eerste mutasies in Lovebirds en Ringnekke beskikbaar geraak het, hy
belangstelling in mutasies begin en is tot vandag nog die hoofrede waarom hy in voëls is.
Louis is ʼn stigterslid van die destydse Voëlraad [26 November 1980] wat ons vandag as
die PVSA ken. Dien van 1984 op die UK en word in 1989 as voorsitter verkies.
___________________________________
VERERWING MUTASIES
1. Inleiding
1.1. Mutasies teenoor Basters
Om mee te begin wil ek die verskil tussen BASTERS en MUTASIES duidelik stel.
Basters [kruisings tussen spesies] sal nooit tot ʼn nuwe mutasie lei nie. Wanneer ʼn
mutasie van ʼn naverwante spesie gekruis word met die doel om die mutasie na hierdie
spesie oor te dra is die uitkoms gewoonlik katastrofies. Teoreties behoort die nageslag
suiwer te lyk wanneer hulle 31/32 suiwer is [5geslagte]. In die praktyk werk dit egter
selde so. Kyk maar na die pogings om Lutino Alexandrines van Ringnekke te teel, of die
sogenaamde transmutasies by die witoogring Lovebirds. Die probleem is dat ʼn mens
uiteindelik sit met ʼn klomp basters en dat daar ʼn kans is dat die suiwer spesies uit ons
hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer
voëls oor is nie.
1.2. Definisies
1.2.1. Wat is ʼn mutasie?
In die natuur is daar slegs een kleur [Met beperkte geografiese kleurverskille] vir elke
spesie, wat ek hierna sal verwys as die WILDKLEUR. Hierdie eienskappe is deur die
eeue vasgelê in die gene en word van generasie tot generasie oorgedra. Die kleurmutasies
wat vir ons van belang is, is in werklikheid genetiese foute of defekte. Wanneer sulke
defekte oorerflik is praat ons van ʼn mutasie. Mutasies oorleef baie moeilik in die natuur –
Eerstens omdat hulle gewoonlik uitstaan en deur predatore gevang word en tweedens
omdat hulle baiekeer swakker as die wildkleur is.
1.2.2. Chromosome
Alle lewende wesens het ʼn sekere aantal chromosome wat altyd in pare gerangskik is.
Die aantal pare verskil egter van spesie tot spesie. By die mens is daar 23 pare en so ook
by Roseicollis Lovebirds. By meeste ander papegaaie is die aantal nog nie bo alle twyfel
vasgestel nie. Die twee chromosome van ʼn betrokke paar is ook altyd ewe lank, behalwe
by die enkele paar wat die gesag van die voël bepaal. By hierdie paar chromosome het
die mannetjie twee X chromosome en die wyfie een X en een y chromosoom. Die X
chromosoom is die aktiewe een wanneer dit kom by die oordra van kleurmutasies. By
voëls is daar nog nooit gene op die onderontwikkelde y chromosoom gevind wat kleur
kan oordra nie.
1.2.3. Gene
Chromosome kan gesien word as ʼn ketting van gene. Die gene is dan ook die instrument
binne die chromosoom wat die kleur oordra.
1.2.4. Lokus
Lokus verwys na die plek op die chromosoom waar die betrokke geen voorkom.
1.2.5. Allele
Dit is wanneer meer as een mutasie op dieselfde lokus op dieselfde chromosoom
voorkom. Bv. Blou, Turkoois en Aqua, waar Turkoois en Aqua dan ook dominant oor
blou is. Die betrokke lokus kan egter net een geen op ‘n slag huisves.
2. MUTASIES
2.1. Maniere van vererwing
2.1.1. Autosomaal – resessief
Hier dra die mannetjie en wyfie ewe swaar aan die mutasie. Die mutasie moet op albei
chromosome van die betrokke paar teenwoordig wees om die kleur sigbaar te maak.
Wanneer die mutasie slegs op een chromosoom voorkom is die betrokke voël ʼn draer
[split].
Voorbeelde:
Blou, Fallow, Dilute, ADM Pied en alle “par blue” mutasies [hulle is egter dominant oor
blou]
Wanneer Blou met Normaal [Groen] gepaar word – kry ons.
M F 1 2 3 4
1+3
2+3
1+4
2+4
Al die kuikens is Groen Split Blou
Wanneer hierdie Split Blou kuikens met mekaar gepaar word kry ons die volgende:
M F 1 2 3 4
1+3 Blou
2+3 Split Blou
1+4 Split Blou
2+4 Normaal
Uitkoms van: Blou x Groen/blou
M F 1 2 3 4
1+3 Blou
2+3 Blou
1+4 Groen/Blou
2+4 Groen/Blou
Turkooise x Gewoon
M F
1 2 3 4
1+3
2+3
1+4
2+4
Net soos in die geval met blou is al die kuikens groen split turkooise
VOORBEELDE VAN MUTASIES WAT ATOSOMAAL
RESSESIEF VERERF
Bronz Fallow Blou Moustache Turq. Pennant Dilute Pennant
Moustache
Blou African Grey Blou Splendid Akwa Quaker Turq. Green-cheeked
Swart Gouemantel Dilute plumhead
2.1.2. Autosomaal – dominant
Hierdie mutasie werk eintlik dieselfde as Autosomaal resessief behalwe dat die
sogenaamde split hier sigbaar is. Wat dan as enkelfaktoriges bekend staan. In volledige
Dominante voëls is daar visueel geen verskil tussen enkel en dubbelfaktorige voëls nie.
Voorbeelde:
Dominante grysgroen en dominante “edged”
Dominant
Dubbelfaktor Grysgroen X Normaal (Groen)
M F
1 2 3 4
1+3
2+3
1+4
2+4
Al die kuikens is enkelfaktor grysgroen - die vererwing is dieselfde as resessief
Wanneer hierdie enkelfaktorige kuikens met mekaar gepaar word kry ons die volgende:
M F 1 2 3 4
1+3 Dubbel faktor
2+3 Enkel faktor
1+4 Enkel faktor
2+4 Normaal groen
Weereens die selfde resultaat wanneer twee resessiewe splits gepaar word. Die splits is
net sigbaar. 25% dubbel faktor 50% enkelfaktor 25% normaal groen
Voëls wat Dominant vererf
Grysgroen Ringnek Dominant-bont Grysgroen Maxi ????
Grysgroen Plumhead
Ko-Dominant
By die ko–dominante mutasie is die enkelfaktoriges minder intens van kleur en kan altyd
uitgeken word.
Voorbeelde:
Donkergroen, Violetgroen en Oranjegesig by Roseicollis.
Turkoois en Aqua is slegs oor blou dominant
Voëls wat Ko-Dominant vererf
Violet-groen & donkergroen
2.1.3. Geslagsgebonde – resessief
Hier word die mutasie op die X of geslag chromosome gedra, waarvan die mannetjie
twee en die wyfie slegs een het. Die ander chromosoom van hierdie paar is
onderontwikkel by die wyfie en staan as die y chromosoom Daarom kan daar nooit ʼn
split wyfie wees nie. Wanneer sy die mutasie op haar enkele X chromosoom het wys sy
die kleur. Omdat die mannetjie twee X chromosome het sal hy net die kleur wys wanneer
die mutasie op albei voorkom en ‘n split wees split wanneer die mutasie slegs op een
voorkom.
Wanneer twee geslagsgebonde mutasies met mekaar gebroei word, moet oorkruising eers
plaasvind voor albei kleure in dieselfde voël kan vestig.
Hoe nader die loci waar die gene voorkom aan mekaar is hoe moeiliker vind oorkruising
plaas.
Bv. By Lutino en Cinnamon wat langs mekaar sit is die kans net 3%
By Lutino en Opaline wat heelwat verder van mekaar is, is die kans 17%
Lutino en Pallid is allele van mekaar wat beteken dat die betrokke gene op dieselfde
locus voorkom. Hulle kan egter nie gelyktydig daar wees nie wat beteken dat ‘n Pallid-
ino in werklikheid ‘n dubbel split mannetjie is en so ‘n wyfie nooit kan bestaan.
Voorbeelde:
Lutino, Pallid, Cinnamon, Opaline.
2.1.4 Geslagsgebonde – Resessief `
Byvoorbeeld Lutino M (XX) X Normale F(XY) -- (X en Y= chromosome)
M F 1 2 3 4
x x x y
1+3 x x Groen/Lut. M
2+3 x x Groen/Lut. M
1+4 x y Lut.F
2+4 x y Lut.F
50% groen split Lutino M 50% Lutino F
Split lutino M X Lutino F
M F
1 2 3 4
x x x y
1+3 x x Lut M
2+3 x x Groen/Lut M
1+4 x y Lut. F
2+4 x y Normaal F
MUTASIES WAT GESLAGSGEBONDE VERERF
Opaline Ringnek Opaline Green- cheeked Opaline G.Mantel
Lutino G. Mantel Lutino Pennant
Lutino Roseicollis
SAAMGESTELDE MUTASIES
Baie verskillende kombinasiekleure kan geteel word wanneer ons hierdie basis of
primêre kleure met mekaar broei.
ENKELE VOORBEELDE
Violet cleartail RN Turkoois Pied Pennant Blou Cinnamon Pennant
Turk.Violet Pied Blou Turk. RN Opaline Lutino Redrump
Turk.Marble Violet SW Akwa Opaline SW Cinnamon Opaline
MUTASIE BENAMINGS ʼn POGING TOT ENVORMIGHEID Df = Double factor Sf = Single factor SL = Sex linked NSL = Non sex linked
VOORGESTELDE BENAMING ANDER VERWARRENDE NAME
LUTINO – SL YELLOW
ALBINO – SL WHITE
TURQ-INO – SL CREAM-INO
PALLID-INO - SL YELLOW – HEAD CINNAMON
CINNAMON-INO [LACEWING]
LUTINO – NSL YELLOW
BLACK EYED CLEAR – PIED ? YELLOW, BLACK EYE LUTINO BLACK EYE YELLOW
GREY GREEN OLIVE
BLUE
TURQUOISE BLUE, PASTEL, PASTELBLUE, WHITEFACE,
CREAMFACE
AQUA SEAGREEN, DUTCH BLUE, ORANGE [PENNANT]
CINNAMON GREEN AMERICAN CINNAMON, CINNAMONWING , ISABEL
CINNAMON BLUE SKYBLUE, IVORY
CINNAMON GREYGREEN GOLDEN CHERRY, GOLD OLIVE, MUSTARD
CINNAMON TURQUOISE PASTEL SKYBLUE, PASTEL CINNAMON
CINNAMON GREY SILWER, PLATINUM
CINNAMON LUTINO LACEWING, YELLOWHEAD CINNAMON
PALLID GREEN [SL Parino] LIME, LACEWING, ISABEL, DILUTE, AUSTALIAN
CINNAMON CINNAMON-YELLOW, YELLOW, U.K.
CINNAMON, Suffused
PALLID BLUE BLUE LACEWING, PASTEL BLUE, BLUE DILUTE
PALLIDINO GREEN YELLOW-HEAD CINNAMON, LIME-INO [Ringneck]
PALLID GREY-GREEN OLIVE LACEWING, GREY-GREN LIME
PALLID BLUE BLUE LIME, BLUE LACEWING
PALLID TURQUOISE TURQUOISE LIME, PASELBLUE LACEWING
PALLID D BLUE COBALT LIME
PALLID DD DARK BLUE MAUVE LIME
PASTEL NSL DILUTE, RECESSIVE PALLID, RECESSIVE
LIME,PALLID GREEN
PASTEL-INO NSL PALLID INO
DARK GREEN JADE
D-DARK GREEN[Olive ]
DARK BLUE [Cobalt]
D-DARK BLUE [Mauve]
VIOLET GREEN VIOLET, EMERALD
Df VIOLET GREEN VIOLET
VIOLET BLUE VIOLET
Df VIOLET BLUE VISUAL VIOLET
VIOLET DARK BLUE VISUAL VIOLET
Df VIOLET DARK BLUE VISUAL VIOLET
BRONZE FALLOW GREEN GREENCINNAMON, RECESSIVE CINNAMON, GERMAN
FALLOW, WEST GERMAN FALLOW [Roseicollis],
CREAM, GOLDEN FALLOW, RECESSIVE SILVER.
Recommended