7
Pretoria- Oos Voetslaanklub e-pos: [email protected] sel: 082 457 5824 2017.08.01 Stapklub Nuusbrief: Augustus 2017 Goeiedag aan al die vrolike stappers en belangstellendes! Vrolik – want as jy lief is vir vir die Here en jy is lief vir stap en die natuur, kan jy nie anders as vrolik wees nie! Vandag wil ek met ‘n dankbare hart saamstem met Dawid as hy in Psalm 16 (NV) skryf: V5: Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang het, kom alles van U af. V6: ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. V11: U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit U hand kom net wat mooi is. En dan V2: Ek het vir die Here gesê: Ek behoort aan U V8: Ek het die Here altyd by my V7: Ek sal die Here loof Die Here is goed vir ons, prys Hom met dankbare harte en loof Hom met lofgesange! Stapprogram: 1.Terugvoer 1.1 Dagstap - 1 Jul : HennopsPride Lizelle het vooraf gewaarsku dat die stappers redelik fiks moet wees vir hierdie dagstap! Nouja, dis ook net die fikses en dié met waagmoed wat die natuur en die ander uitdagings so kan ervaar en waardeer soos onse stappers. Lees Mariet se verslag wat hierby ingesluit is. Dankie Mariet! 1.2 Sosiale Uitstappie - 15 Jul : Besoek aan WODAC Troeteldiere Skou Julle onthou/ken seker nog die liedjie van Al Debbo: …‘daar’s ‘n hele lot brakke in turffontein…’ Hierdie was egter nie brakke nie! O nee, dis honde afkomstig van oral oor die wêreld met papiere en name wat skrik vir niks! Opgetof, goed geleerd en reg vir aksie. Lees gerus die verslag oor dié uitstappie, ook hierby ingesluit.

€¦  · Web viewBeyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng ... want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, ... Puli) As hy nie

  • Upload
    lamdat

  • View
    219

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: €¦  · Web viewBeyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng ... want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, ... Puli) As hy nie

Pretoria-Oos Voetslaanklub

e-pos: [email protected]: 082 457 5824

2017.08.01

Stapklub Nuusbrief: Augustus 2017

Goeiedag aan al die vrolike stappers en belangstellendes!

Vrolik – want as jy lief is vir vir die Here en jy is lief vir stap en die natuur, kan jy nie anders as vrolik wees nie!

Vandag wil ek met ‘n dankbare hart saamstem met Dawid as hy in Psalm 16 (NV) skryf:

V5: Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang het, kom alles van U af.V6: ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.V11: U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit U hand kom net wat mooi is.En danV2: Ek het vir die Here gesê: Ek behoort aan UV8: Ek het die Here altyd by myV7: Ek sal die Here loof

Die Here is goed vir ons, prys Hom met dankbare harte en loof Hom met lofgesange!

Stapprogram:

1.Terugvoer

1.1 Dagstap - 1 Jul: HennopsPride

Lizelle het vooraf gewaarsku dat die stappers redelik fiks moet wees vir hierdie dagstap! Nouja, dis ook net die fikses en dié met waagmoed wat die natuur en die ander uitdagings so kan ervaar en waardeer soos onse stappers. Lees Mariet se verslag wat hierby ingesluit is. Dankie Mariet!

1.2 Sosiale Uitstappie - 15 Jul: Besoek aan WODAC Troeteldiere Skou

Julle onthou/ken seker nog die liedjie van Al Debbo: …‘daar’s ‘n hele lot brakke in turffontein…’ Hierdie was egter nie brakke nie! O nee, dis honde afkomstig van oral oor die wêreld met papiere en name wat skrik vir niks! Opgetof, goed geleerd en reg vir aksie. Lees gerus die verslag oor dié uitstappie, ook hierby ingesluit.

2.Volgende op die program

2.1 Sosiale Uitstappie - 5 Aug: Besoek Garden World & Chelsea blomme-uitstalling

SA het hierdie jaar sy 35ste goue medalje in 42 jaar by die Chelsea blommeskou in Engeland gewen! Talle lande neem deel aan hierdie uitstalling waar hulle met hulle inheemse blomme en plante spog. Jaarliks na die blommeskou word ons uitstalling ook hier by Garden World uitgestal. Ek sien baie uit na hierdie uitstappie – dit is nou al ‘n paar jaar op my wenslysie.

Waar: Beyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng (GPS coordinates: S 26° 02.560’ E 027° 53.164’)Wanneer: Saterdag, 5 Augustus 2017 . Ons ontmoet mekaar by die hek om 09:00.Toegangsfooi: R30 pp

Page 2: €¦  · Web viewBeyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng ... want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, ... Puli) As hy nie

Restaurant: Daar is ‘n restaurant wat heeldag oop is, baie besig op Saterdae, dus sal ons by aankoms eers by die restaurant ‘n draai gaan maak vir ‘n ontbyt en/of iets te drinke voordat hulle te besig raak.Skakel my as jy nog wil saamgaan by 072 276 1261 of e-pos [email protected]

2.2 Basiskamp - 25-27 Aug: Makwekwe Hiking Trails (Nylstroom)

Hierdie kamp is geleë in die Waterberge naby Nylstroom. Kyk in die 2017 Stapprogram vir meer inligting.Koste: R320 vir volle lede; R350 vir nie-lede.Laat weet vir Neels vanaf 8 Julie as jy wil saamgaan per e-pos by [email protected] of per sel 082 457 5824 of WA.

2.3 Dagstap - 9 Sep: Riverside Paradise, Cullinan

Tyd vir ‘n lekker dagstap! Die ou Froggs – bietjie verander, ongeveer 45km van Kolonnade. Ons doen die Zebra roete, 4-5 km, mooi uitsigte met oa Sebras, Blesbokke, Koedoes te sien.Tyd: 08:00Prys: R50 pp, kontant met aankomsDie prys sluit toegang tot die braai/pieniek area vir die dag in. Bring ‘n vleisie vir braai of ‘n piekniekmandjie saam.Jy kan ook jou swemklere saambring en daar is canoes wat gratis gebruik kan word. Geen visvang word toegelaat.Die stap is troeteldier vriendelik, R20 per hond (op halsband, of tot gekalmeerd, geen aggressiewe honde, of groter as ‘n Labrador word toegelaat nie.)Laat weet vir Lizelle ([email protected]) indien jy wil saamstap

2.3 Basisvakansie en dagstappe – 30 Sep - 8 Okt: Nature’s Valley

Ontspan, swem, dagstappe en nog meer!! ‘n Heerlike vakansie-ervaring!!!

Waar:            Nature’s Valley Vakansiestap – Verblyf in die “Pondok” vakansiehuisWanneer:     30 September – 8 Oktober 2017Verblyfkoste vir 8 nagte: R1190 per persoonAnder kostes (nl. brandstof- en tolgelde) en etes, sal nader na die tyd bereken word.

Vertrek vanuit Pretoria op Saterdag 30 September, slaap oor op Colesberg. Vertrek weer na Colesberg op 7 Oktober, slaap oor en arriveer in Pretoria op 8 Oktober. .Meer besonderhede volg later.  Sien ook die 2017 Stapprogram vir meer inligting.Kontak asb vir Neels vir enige navrae en/of besprekings by [email protected] 3. Verjaarsdae

Kyk wie verjaar almal in Augustus:

Daleen du Plessis 16 Aug Magda Strydom 27 Aug

Francois Crous 16 Aug

Baie geluk julle! Mag julle ‘n wonderlike dag hê, en mag die Here julle elke dag van die jaar wat voorlê seën met Sy liefde en teenwoordigheid!

4. Nog Nuus

Wat ‘n verrassing toe ‘n vorige voorsitter en sy sekretaresse, Oscar en Alta Pretorius, met hulle kindertjies hier ‘n draai kom maak het! Hulle was met vakansie en het via Nelspruit op pad terug Kaap toe besluit hulle

Page 3: €¦  · Web viewBeyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng ... want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, ... Puli) As hy nie

sal graag weer van die ou bekendes wil sien. Sommer vining reël ons ‘n pizza-aand, Oscar wys van hulle vakansiefotos en ons kuier heel gesellig saam. Jammer vir die wat nie daar kon wees nie maar ons verstaan, dis vakansietyd en party is maar versigtig vir die donker.

Ons vertrou dat Augustus vir almal van ons ‘n heerlike maand gaan wees!Seënwense tot volgende keer

Lorraine le Roux (nms Bestuurskomitee)

Page 4: €¦  · Web viewBeyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng ... want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, ... Puli) As hy nie

Dagstap: HennopsPride, 1 Julie 2017

Die Hennops Trails is ongeveer 80 km vanaf Pretoria op

die R511 rigting Hartebeespoortdam. Die groep van 18

stappers en ‘n vriendin het mekaar 8h30 by die beginpunt

gekry, reg vir die 11km Krokodilberg roete. Ons het

weggespring en vir die eerste kilometer langs ‘n

galoppende Hennopsrivier geloop tot by die Hospitaalgrot wat ‘n lieflike uitkykpunt is.

Die prentjiemooi uitsig is die perfekte agtergrond vir fotos.

Van hier stap ons ‘n paar tree verder en steek die Hennopsrivier oor met ‘n hangbrug. Dit was ‘n goeie

afwisseling van die stap en die waaghalse tussen ons

het die geleentheid gebruik vir ‘selfies’. Die res van ons

pad kyk ons uit vir bakens soos Hardekraal, Pruimpie

se Gat en Kees se uitkykpunt. Tot dusver het niemand

van die ontsnaproete gebruik gemaak nie en is almal se gees nog gemotiveerd. Van

hier loop ons verby Tierbos uitkykpunt, Klipstapels, Dolomietmyne tot by die Kalkoond waar ons (weer) ‘n

welverdiende blaaskans neem. Nou is 6.5 km van ons 10km afgehandel. Van hier is dit ‘n stap verby

Houtkappershoek en Kuduskloof terug na die Hennopsrivier waar ons met ‘n (handgedrewe) kabelkarretjie

weer oor die rivier gaan tot by die beginpunt.

Gelukkig was dit nie die einde van ons pretdag nie en het ons by die piekniekarea ‘n

heerlike vuur gemaak en worsbroodjies gebraai. Almal se bene (en boude) was lam na die 5 ure se stap en

het die gesellige kuier baie geniet. Ons het midmiddag teruggekeer na Pretoria.

Baie dankie Lizelle vir al jou reëlings om hierdie dag vir almal besonders te maak. (Mariet)

Sosiale Uitstappie: WODAC Troeteldiereskou, 15 Julie

Page 5: €¦  · Web viewBeyers Naudé Drive, Muldersdrift, Gauteng ... want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, ... Puli) As hy nie

14 Klublede saam met Denise se oulike kleinseun, Gubby se sussie, Leyda se pa en Deon Stoltz (wat vroeër jare ook al saam gestap het), maak dit 18 van ons wat die troeteldiereskou gaan bekyk het.

Ons was daar voordat die deur oopgemaak het, wat ‘n goeie ding was, want toe kon ons rustig deur die sale stap en na al die diere wat ten toon gestel word, kyk. Elkeen het maar sy eie paadjie geloop en gaan

kyk na wat te siene was. Hoe later hoe kwater! Die mense het ingestroom gekom en teen 12 uur se kant was daardie plek stampvol. Ons kon darem mekaar so van ‘n afstand van die pawiljoene se kant af sien.

(Kon toe net 10 van die 18 wat daar was op ‘n foto vaslê)

Daar was darem vir jou diere! Hase; Reptiele: Drakies en Slange; Voëls: Papegaaie en Budgies; Koi visse; Rotte; Katte (van die maerste, lelikste tot

die grootste wolhaarkatte)

Spinnekoppe – een amper so groot soos ‘n tennisbal, eet krieke en kokkerotte! Jou antwoord as jy met so iets gepla is in die huis – geen gif, laat net jou spinnekop uit die hok om die plaag te bestry!!! Dis blykbaar die grootste spinnekop in die wêreld: Tarantula, Goliath Birdeater! Vreeslike naam maar hulle sê my hy eet nie regtig voëls nie.

‘n Ander spesie, helfte die grote van die Tarantula, sit ewe rustig op die handpalm van ‘n tienermeisiekind. Sy laat wraggies toe dat die gogga op een van die toeskouers se arm klim! GRIL!!! Gee vining pad, netnou bespring hy mens!

Foto op internet gekry - ek moes dit net vir julle wys

Die dag en die program het egter aan die honde behoort. Daar was honde van die kleinste tot die grootste, min hare tot wolhare, tot ‘n ‘rasta’hond! (Hulle praat van ‘n ‘pastafarier’) Sowaar – hy lyk soos ‘n mop!!

(Ras: Puli) As hy nie sy kop oplig nie, sal jy nie weet waar voor of agter is nie!

Die Puli, (’pastafariër’!) Geduldig Hoelank nog? Gereed Modepop!

Groot Groter Grootste Rats Vinnig Trekdier

LlR

Lorraine

Daar was nog baie meer te sien maar na ongeveer 14:30 het ons stadigaan begin huistoe gaan.Dit was ‘n genotvolle dag met die beste van vriende saam!!!

…en net een pragtige perd! (snik!)- die ander het om een of ander rede nie opgedaag nie!