11
1 DIE KETTIE GAZETTE UITGAWE # 4 (2) 21 April 2015 UIT DIE HOOF SE PEN 2015-04-21 Geagte Ouer / Voog Welkom terug by ‘n baie bedrywige tweede kwartaal. Ons spreek die hoop uit dat u en u gesin ‘n aangename vakansie gehad het en reg is vir al die uitdagings wat hierdie kwartaal vir ons almal mag inhou! ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan alle nuwe ouers wat hierdie kwartaal by ons aangesluit het. Ons spreek die hoop uit dat u gou sal deel voel van ons skool en gemeenskap. 1. ONDERHOUDE: OUERS / VOOGDE U word weer herinner aan die “Wacky Wednesday” gebruik by ons skool waartydens ekstra tyd ingeruim word vir ekstra klasse aan ons leerlinge sowel as geleentheid tot gesprekke tussen ons ouers en leerkragte. Die gedagte is dat die eerste 40 minute, ( 14:00 – 14:40 ) aangewend word vir ekstra klas en die laaste 20 minute tot en met 15:00 beskikbaar is vir u as ouer om in gesprek te tree met ‘n bepaalde onderwyser. Alhoewel die leerlinge waarmee ekstra gewerk word, geskied onder inisiatief van die vakonderwyser, is enige leerling welkom wat ekstra klas sou benodig. Maak asseblief gebruik van hierdie baie belangrike geleentheid om die akademiese vordering van u kind met sy / haar opvoeder te bespreek! 2. ONDERRIGGELDE: Baie dankie aan ‘n baie groot getal ouers wat tot op datum hul skoolfonds vereffen het. Ons wil asseblief ‘n beroep op u as ouer doen om nie agter te raak met hierdie verpligting nie. Onderriggelde is maandeliks vooruit betaalbaar en vier maandelikse paaiemente moes reeds betaal gewees het. NB! Meld asb. naam en van, asook rekeningnommer van u kind op internetbetalings. 3. KLEREBANK: Daar is tans ‘n behoefte aan winterskoolklere by ons klerebank. Ons

€¦  · Web viewDaar word egter ‘n dringende beroep op elke ouer gedoen om hom / haarself asseblief te weerhou van onsportiewe gedrag en / of, ... Zig Ziglar. LEERDERS WAT NA

  • Upload
    buithu

  • View
    215

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

DIE KETTIE GAZETTE

UITGAWE # 4 (2) 21 April 2015

UIT DIE HOOF SE PEN2015-04-21

Geagte Ouer / Voog

Welkom terug by ‘n baie bedrywige tweede kwartaal. Ons spreek die hoop uit dat u en u gesin ‘n aangename vakansie gehad het en reg is vir al die uitdagings wat hierdie kwartaal vir ons almal mag inhou! ‘n Spesiale woord van verwelkoming aan alle nuwe ouers wat hierdie kwartaal by ons aangesluit het. Ons spreek die hoop uit dat u gou sal deel voel van ons skool en gemeenskap.

1. ONDERHOUDE: OUERS / VOOGDEU word weer herinner aan die “Wacky Wednesday” gebruik by ons skool waartydens ekstra tyd ingeruim word vir ekstra klasse aan ons leerlinge sowel as geleentheid tot gesprekke tussen ons ouers en leerkragte. Die gedagte is dat die eerste 40 minute, ( 14:00 – 14:40 ) aangewend word vir ekstra klas en die laaste 20 minute tot en met 15:00 beskikbaar is vir u as ouer om in gesprek te tree met ‘n bepaalde onderwyser. Alhoewel die leerlinge waarmee ekstra gewerk word, geskied onder inisiatief van die vakonderwyser, is enige leerling welkom wat ekstra klas sou benodig. Maak asseblief gebruik van hierdie baie belangrike geleentheid om die akademiese vordering van u kind met sy / haar opvoeder te bespreek!

2. ONDERRIGGELDE:Baie dankie aan ‘n baie groot getal ouers wat tot op datum hul skoolfonds vereffen het. Ons wil asseblief ‘n beroep op u as ouer doen om nie agter te raak met hierdie verpligting nie. Onderriggelde is maandeliks vooruit betaalbaar en vier maandelikse paaiemente moes reeds betaal gewees het. NB! Meld asb. naam en van, asook rekeningnommer van u kind op internetbetalings.

3. KLEREBANK:Daar is tans ‘n behoefte aan winterskoolklere by ons klerebank. Ons neem weer die vrymoedigheidom u te nader vir hulp. Ons al dit hoog op prys stel indien u winterskoolklere wat nog in ‘n goeietoestand is en in onbruik geraak het, na die skool kan stuur vir hergebruik deur ons behoeftige leerlinge. Ons klerebank word deur ons ouers hanteer en is van Maandag tot Donderdag oop tussen13:00 en 14:00. Op Vrydae is die klerebank oop vanaf 13:30 tot 14:00. Die klerebank is ook in dieoggend oop op Woensdae vanaf 07:00 tot 07:45. Kledingstukke kan aangekoop word teen ‘n nominale prys en u kan ook klere wat te klein geword het, gratis omruil vir groter nommers. Ons vra weer dat u asseblief sal verseker dat al u kind se klere duidelik gemerk sal word. Amptelike wintersdrag sal eers vanaf ‘n aangekondigde datum in die tweede kwartaal verpligtend word. Indien u kind egter koud kry in die oggende, is hy / sy welkom om wintersdrag aan te trek.

4.WINTERSDRAG:Die amptelike datum vir die aanvang van wintersdrag vir die leerlinge is Maandag, 4 Mei 2014.Ons bevestig graag weer die winter skooldrag soos van toepassing:DOGTERS:• Skoollangbroek (voorgeskrewe)• Oopslaanhemp - das (opsioneel)• Roesbruin trui• Skoolbaadjie / Bruin windjakker• Bruin skoolskoene• Bruin skoolkouse• Geruite kort broekie met roomkleur hemp en das of oopslaanhemp• Bruin lang kouse • Bruin dik sykouse (“stockings”)• Canterbury SweetpakSEUNS:• Skoollangbroek (voorgeskrewe)• Roomkleur langmou hemp, skooldas (opsioneel)• Skoolbaadjie / Bruin windjakker• Roesbruin trui met roomkleur strepe om die hals en moue• Canterbury Sweetpak• Bruin toerygskoene (leer) en bruin skoolkouse

5. SUPER 12 RUGBY EN NETBAL:Die pas afgelope naweek het ons skool weer deelgeneem aan die jaarlikse Super 12-kompetisie. Ons spanne het werklik hul alles gegee en baie goed presteer teen sterk kompetisie. Ons spanne het soos volg presteer:RUGBY: 1ste span: 1ste algeheel vir die dag, 0/11A: 3de, 0/10A: 2de en die 0/9A: 3de. NETBAL: Al ons netbalspanne behalwe die 0/10A span het 3de algeheel vir die dag geëindig. Ons 0/10A span was tweede. Dit beteken dus dat, behalwe vir die 0/10A span, al die ander Netbalspanne sal uitspeel vir posisie 9 tot 12. Die 0/10A spannetjie speel uit vir posisie 5 tot 8. Ons 1ste rugbyspan speel uit vir posisie 1 tot 4, 0/11A vir posisie 9 tot 12, 0/10A vir posisie 5 tot 8 en ons 0/9A vir posisie 9 tot 12. Ons bedank graag elke ouer wat u seun/dogter kom ondersteun het. Wees verseker dat ons groot waardering het hiervoor. Ons hoop om u almal weer eerskomende Woensdag tydens die semi-finale te Pretoria, te sien.

6. OUER OPTREDE TYDENS SPORTGELEENTHEDE:Na afloop van die naweek se Super 12-wedstryde is dit noodsaaklik dat sekere riglyne in plek geplaas moet word by ons skool. Die skool is geweldig trots op ons ouerkorps se voortdurende ondersteuning en spog gereeld daaroor by ons mededingende skole. Daar word egter ‘n dringende beroep op elke ouer gedoen om hom / haarself asseblief te weerhou van onsportiewe gedrag en / of, neerhalende opmerkings langs die veld. Alhoewel dit male sonder tal gebeur dat toeskouers en skeidsregters nie dieselfde voel oor die vertolking van ‘n bepaalde reël nie, is dit totaal onaanvaarbaar dat ‘n ouer reg in eie hande sal neem en sy/haar afkeuring te kenne sal gee deurdat opmerkings geskree word langs die veld of dat daar met die skeidsregter in ‘n woordewisseling betrokke geraak word tydens of na afloop van ‘n wedstryd. Dit is ook waar dat swak optrede deur ‘n skeidsregter nie goedsmoeds aanvaar kan word nie en vir dié bepaalde doel is daar strukture in plek geplaas waarbinne navrae kan plaasvind en antwoorde verkry kan word. In baie ernstige gevalle kan dit selfs lei tot die afgradering van ‘n skeidsregter. Indien u as ouer voel dat daar ‘n onreëlmatigheid plaasgevind het tydens ‘n wedstryd, kan ons skool se organiseerder gekontak word vir optrede. Indien u nie tevrede is met die uitkoms van u navraag nie, is u welkom om die hoof te kontak. Dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

2

7. SCHOOL COMMUNICATOR:U word weer herinner aan die “SCHOOL COMMUNICATOR” program wat ons skool gebruik. Indien u internet toegang het, word u versoek om die program af te laai op u rekenaar. Dit is ‘n baie gebruikersvriendelike program en hou u op datum met alle aksies in ons skool. Op hierdie program sal u alle korrespondensie van die skool ontvang. Om af te laai: Besoek die webadres – www.schoolcommunicator.co.za, kies LAERSKOOL KENMARE by die skoolkeuses en laat die program dan eers “run”. Hierna moet u die program “save”. U sal dan persoonlike besonderhede moet verskaf aangaande u kind/ers se name by ons skool en ook u e-posadres.

8. SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 1 TOT 7:Ter wille van kennisname verduidelik ons graag weer aan u die slaagvereistes waaraan u kind/ers moet voldoen om hul kwartaal en gevolglik hul graad te slaag. Om te kan slaag in graad 4 tot 6 moet ‘n leerling ‘n vier simbool, ( 50% ) bereik vir Afrikaans ( Huistaal ), ‘n drie simbool, ( 40% ) vir Engels, ( Eerste addisionele taal. ), ‘n drie simbool, ( 40% ) vir Wiskunde en dan ‘n verdere twee, drie simbole, in enige van die drie oorblywende vakke. Vir ‘n graad 7 leerling om te slaag moet die volgende bereik word: ‘n vier simbool, ( 50% ) vir Afrikaans ( Huistaal ), ‘n drie simbool, ( 40% ) vir Engels, ( Eerste addisionele taal. ), ‘n drie simbool, ( 40% ) vir Wiskunde en dan ‘n verdere drie, drie simbole, ( 40% ) in enige van die ses oorblywende vakke en twee, twee simbole ( 30% ) in enige van die drie oorblywende vakke. Vir grade 1 tot 3 is die slaagvereistes, soos bepaal deur die CAPS dokument, as volg: Taal van onderrig, ( in ons geval – Afrikaans ) ‘n “vier simbool”. Eerste addisionele taal, ( in ons geval – Engels ) ‘n “drie simbool en vir Wiskunde – ‘n “drie simbool”. Lewensvaardigheid word nie in berekening gebring vir promosiedoeleindes nie. Indien daar onduidelikheid bestaan is u welkom om dit met die klasvoog op te neem.

9. SPORTPRESTASIES:Rugby: ( Mnr Morné Kruger )Ons sê baie geluk aan die 0/11A en Swart Masjien met puik uitslae op Grey die jaar.0/11A Kenmare vs Grey Kollege 10 – 5

Kenmare vs Rooihuiskraal 38 – 03.

Semi-finaal Kenmare vs Selbourne 40 – 0Finaal Kenmare vs Vastrap 7 – 10

Swart Masjien Kenmare vs Randhart 26 – 21Kenmare vs Kruissig 36 – 5

Semi-finaal Kenmare vs Paarl Gym 17 – 25

Die Swart Masjien eindig 4de algeheel.0/11A eindig 2de algeheel.

Fairland uitslae: Super 12 Uitslae (Orion, Wierdapark)0/8 A Kenmare wen 22 – 0 Swart Masjien eindig 1ste0/9 A Kenmare verloor 0 – 12 0/11A eindig 3de0/9 B Kenmare wen 12 – 0 0/10A eindig 2de0/10 A Kenmare wen 31 – 7 0/9 A eindig 3de0/10 B Kenmare wen 22 – 00/11 A Kenmare wen 22 – 120/11 B Kenmare wen 12 – 7

3

0/13 D Kenmare verloor 19 - 290/13 C Kenmare wen 15 – 00/13 B Kenmare verloor 7 – 197 spanne van Kenmare wen3 spanne van Fairland wen

Netbal: (Mej Tanya Pelscher )Oranje Meisies Primêre Skool toernooi en kliniek vir 0/12 en 0/13 spanne:0/12’s : Johanné Meyer is aangewys as die beste 0/12-verdediger en beste 0/12 speelster van die toernooi.Die span eindig 2de tydens die toernooi. Kenmare het in die finaal teen Fichardtpark verloor met 2 doele.

0/13’s Die span eindig 3de in die toernooi. Kenmare het in die semi-finaal verloor teen Fichardtpark ook met 2 doele.Belinda Klopper is aangewys as die beste 0/13-verdediger tydens die toernooi.

Laerskool Kenmare ontvang ook die toekenning vir besgeklede (die mooiste gelyk) spanne én afrigters by die toernooi.Baie dankie aan Juff. Hermine, Anne-Marie en Chani wat die toernooi saam met juf Tanya bygewoon het.

Super 12 Uitslae (Orion, Wierdapark) - Uitdunrondte:0/9A - eindig 3de vir die dag. 0/12A – eindig 3de vir die dag.0/10A – eindig 2de vir die dag. 0/13A – eindig 3de vir die dag. 0/11A – eindig 3de vir die dag.

10. KULTUUR: ( Mev Maryna Kriel )Revue:Sterkte vir die oefen-kamp wat die naweek hier by die skool aangebied word.Koor:Sterkte vir die Juniorkoor se ekstra oefenmiddae, Vrydag 24 April en 15 Mei 2015 en die Seniorkoor se ekstra oefenmiddae, Vrydag 8 Mei en 15 Mei 2015. Ekstra oefeninge word ook beplan vir 6, 7, 13 en 14 Mei 2015 vir die Seniorkoor vanaf 07:30 – 08:30. Super 12 kompetisie vind Saterdag, 16 Mei 2015 plaas en daarom kan ons leerders nie by die oefeninge verskoon nie. Kom sit alles in sodat ons die teiken kan tref met die kore! Sterkte en baie dankie vir die samewerking, begrip, harde werk, tyd en moeite!Redenaars: Sterkte aan Reuben Coetzer en Neill Krynauw wat voorberei vir die ATKV-Kompetisie wat 23 Mei 2015 plaasvind.

Algemene Kennis: Wêreldkennis-Olimpiade vind 21 Mei 2015 plaas – 10 leerders gaan deelneem - sterkte met die voorbereiding.Skaak: Sterkte aan al die skaakspelers wat 9 Mei 2015 aan die Super 12 kompetisie gaan deelneem.

11. BREEKSKADE BY ONS SKOOL:Dit gebeur ongelukkig toenemend dat daar vensters by die skool gebreek word deur van ons leerlinge. Alhoewel ons dit sien as per ongeluk en nog altyd van die skool se kant ingestaan het vir die vervanging daarvan, kom ons tot die besef dat die uitgawes daaraan verbonde astronomies toegeneem het. In Februarie is R2600.00 bestee om alle gebreekte ruite te vervang. Dit was ongelukkig hierdie maand nodig om weer R830.00 te bestee. Dit raak dus ‘n probleem wat daadwerklik aangespreek moet word. Indien daar in die

4

toekoms ruite gebreek word deur ons leerlinge en dit is as gevolg van bv. iemand wat met ‘n bal op die verkeerde plek gespeel het, sal hierdie seun / dogter se ouers ongelukkig aanspreeklik gehou word vir die vervangingskoste. Indien ‘n ruit per ongeluk gebreek het sal die skool, soos in die verlede, steeds instaan vir die kostes. Ons glo dat u die nodigheid van hierdie reëling insien en die skool sal ondersteun in die verband.

12. VAKANSIEDAE:Soos reeds aan u bekend, is daar heelwat vakansiedae in hierdie kwartaal. Ons doen ‘n ernstige beroep op u om asseblief toe te sien dat u kind/ers nie vroeër van die skool gehaal sal word voor die aanvang van ‘n langnaweek nie en dat u nie onnodig, ekstra vakansiedae sal neem en in die proses veroorsaak dat u kind nie in sy/haar klas is nie. Die onderwysers gaan aangaan met werk soos beplan en u kind sal dus agter raak met baie belangrike werk. Ons maak staat op u samewerking.

13. GHOLFDAG: ( Mev Bridget Ferreira )Ons jaarlikse gholfdag is op DONDERDAG 4 JUNIE 2015  - Krugersdorp gholfbaan.Kontak Charmaine by die skool om 'n 4- bal te bespreek. Die formaat is ‘n 4 Ball Alliance 2 scores to count.'  R2000-00 'n 4- bal.Ons gholfdag is elke jaar 'n hoogtepunt en 'n reuse sukses omdat ons ouersentoesiasties saamwerk....2015 beloof om geen uitsondering te wees nie!!!!!Ondersteun ons weer vanjaar asseblief!

14. WISKUNDE OLIMPIADE: ( Mev Bridget Ferreira )Tydens Mei vind die jaarlikse Wiskunde Olimpiade vir Gr 00 – 7 weer plaas. Leerders ontvang op Maandag 11 MEI 2015 hul briewe en borgvorms.Ons skryf op Vrydag 29 Mei en sal poog om alle inbetalings die 1ste week in Junie af te handel.Dankie weereens dat ons op u en die leerders kan staatmaak vir ‘n REKORD - bedrag!!!!!

Vriendelike groete

J.W.ImmelmanHoof2015-04-21

You cannot tailor-make the situations in life but you can tailor-make the attitudes to fit those situations.Zig Ziglar

5

6

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE.

NB!!LAAT KOM REëLINGS:

Skakel asb dadelik vir Charmaine as u kind laat gaan wees. Afwesigheid

getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word

nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien

ons nie betyds in kennis gestel word nie.

D6 Kommunikeerder:

Ons “school communicator” Skakel vir aflaai op u slimfoon: http:www.school-communicator.com/mobile.php. Indien u die school communicator op u rekenaar wil aflaai is die skakel: http://www.school-communicator.com/download.php.

PHOTOONDERRIGGELDE

Met hierdie skrywe wil ons baie dankie sê aan ons staatmaker-ouers, wat die skoolgelde so gereeld betaal. U maak dit vir ons moontlik om ons vele verpligtinge n ate kom. Nogmaals baie

dankie!Daar is egter enkele ouers wat nog nie betaal het nie, ons vra u

samewerking ook in hierdie verband. Kontak mev Magda Senekal by die Kantoor indien u problem ondervind met betaling van

skoolgelde.te betaal.

In terme van Afdeling 39 van die SASA is ouers aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal.

Bankbesonderhede:ABSA – KRUGERSDORP; TJEKREK.NO. 01099240152;

TAKKODE: 632 005; Naam: LAERSKOOL KENMARE, meld asseblief die verwysingsnommer: ( bv 3CRON04)

Dit is baie belangrik sodat die gelde na die regte rekening geallokeer kan word. Faks asb. bewys van betaling na 011-955-1075 of e-pos na [email protected] of [email protected] Dankie dat ons hier

ook op u samewerking kan staatmaak.

7

KAMPIOEN-NUUS D6 Kommunikeerder:

Ons “school communicator” Skakel vir aflaai op u slimfoon: http:www.school-communicator.com/mobile.php. Indien u die school communicator op u rekenaar wil aflaai is die skakel: http://www.school-communicator.com/download.php.

Jodi Hougaard in Graad 2L het hierdie skool vakansie deelgeneem aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe  -  Talent Africa.

Sy het aan 3 solo sang items deelgeneem en die volgende prestasies behaal :

3 Goue MedaljesSertifikaat vir "Overall Vocal Winner Age 6-8"Sertifikaat vir "Best Vocal Upcoming Artist Overall"Gekies vir die Suid Afrikaanse Span om Suid Afrika te verteenwoording in Talen America  -  New York City.

Baie geluk!

8

ADVERTEER IN DIE

KETTIE GAZETTE:

¼ BLAD = R150½ BLAD = R300

VOL BLAD = R600PAMFLET VERSPREIDING = R250

(u voorsien pamflette)

D6 = R100 VIR 4 WEKE

BANK BESONDERHEDE:

LAERSKOOL KENMAREABSA

REK NR 1099 2401 52KEY WEST TAK

E-POS BEWYS VAN BETALING EN ELEKTRONIESE ADVERTENSIE NA

[email protected]

In die winkels…. WOONSTEL:

Woonstel maat gesoek:

Opsoek na ‘n netjiese, jong dame met goeie gewoontes; nie-roker om ‘n ruim drieslaapkamer woonstel in Kenmare te deel. Woonstel is ongeveer 1.8km vanaf Laerskool Kenmare.Huur R2500 water en ligte ingesluit asook DSTV.Geen diere. Kontak Jo-ann 072 367 9261