25
Geloof Bybel Kollege Beleid Registrasie Nr: 2016/500857/07 Adres Blackwoodstraat 287 | Hennopspark Centurion | Suid-Afrika Posadres Posbus 54220, Wierdapark x2, 0149 084 583 3651 [email protected] www.geloofbybelkollege.co.za 2 Timótheüs 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

  • Upload
    lengoc

  • View
    212

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel KollegeBeleid

Registrasie Nr: 2016/500857/07

AdresBlackwoodstraat 287 | Hennopspark

Centurion | Suid-Afrika

PosadresPosbus 54220, Wierdapark x2, 0149

084 583 3651

[email protected]

2 Timótheüs 2:15Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker

wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Beleid dokument moet volledig gelees word deur studentevoordat die Student Registrasie vorm geteken word.

Page 2: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

GELOOF BYBEL KOLLEGE

AANGEWYS AS DIE

TOP KOLLEGE VIR 2017Faith Bible College word in 9 tale aangebied regoor die wêreld in 125 Kolleges.

Geloof Bybel Kollege is op 3 Desember 2017 aangewysas die Top Kollege

ONS GEE AAN DIE VADER AL DIE EER VIR HIERDIE TOEKENNING:

Prof Ronnie Moodley en Dr Radha Moodley oorhandig die erkenning as Top Kollege in Faith Bible Kollege toe aan Ps Willem en ps Elma Groenewald

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 2 / 17

Page 3: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

BEDIENINGSVLAK – ONDERRIG ALLEENLIK

Faith Bible College is in 1996 gestig en onderrig vind plaas deur middel vanHolistiese Kerk Programme op Bedieningsvlak. Hierdie kursusse is nie akademiese kursusse nie

en sal moontlik nie deur ander instansies erken word nie.

Faith Bible College is egter ’n geakkrediteerde lid van die Internasionale Akkrediterings Kommissie (ACI) in Sarasota, Florida, VSA. Dis die wêreld se grootste privaat Akkrediterings organisasie en is nie deel van die Staatsdepartement of Hoër Onderwys of die Onderwys Departement van die VSA nie. Alle krediete is oordraagbaar tot ander lede van ACI.

Geloof Bybel Kollege (GBK) kurrikulum is ’n Afrikaanse vertaling van:Faith Bible College (FBC):

www.faithbiblecollege.co.za

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 3 / 17

Page 4: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

GELOOF BYBEL KOLLEGE

KOLLEGE/STUDENTE BELEID DOKUMENT

Geloof Bybel Kollege (hierna genoem GBK) is nie geregistreer as ’n Hoër Onderrig Instituut nie, maar is wel geakrediteer deur ACI. By GBK word jy toegerus, bekragtig en onderrig vir bedieningsvlak.

Opleiding word toegespits op die volgende:

Kerk program vir Bedieningsvlak1ste Jaar Kerk Bediening Slegs 1 jaar2de Jaar Gevorderde Kerk en Praktiese Bediening Slegs 1 jaar3de Jaar Bediening in Teologie Slegs 1 jaar

4de Jaar Bedienings hoofkursus in Christelike Berading of Leierskap

Hierdie opleiding word aangebied in engels deur Faith Bible College.

Indien jy verder wil studeer na voltooiing van die 3 jaar program by GBK, kan verdere navrae gedoen word by Faith Bible College (www.faithbiblecollege.co.za).

Prof DK Moodley

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 4 / 17

Page 5: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

WELKOM BY DIE NUUTSTE PROGRAM IN SUID-AFRIKA VIR DIE WÊRELD

Die boodskap is dieselfde – Die metode het verander.

Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die dinge van die wêreld opgelei te word nie, maar ook in die Woord van God – vol van die Heilige Gees.

Hier by GBK is ons toegewy om die werkers en leiers toe te rus in ’n profetiese en apostoliese omgewing van geloof en in die bediening van die Heilige Gees. Jy sal vrygestel word in jou God-gegewe potensiaal om hierdie generasie te bereik met die krag van die evangelie op jou eie, besonderse wyse.

Hierdie nuwe program sal jou toelaat om ’n impak te maak op jouself en in jou gemeenskap. Die program is ontwikkel om jou kop– en hart–kennis te gee. Verder bied dit jou begrip van die oes, en medelye om die las van die kerk te dra. Om dit te kan doen, moet jy die Instituut deur wie jy studeer, ken.

BYBELSOns glo dat Christelike opleiding beheer moet word deur deeglike uiteensetting/ verklaring van die Bybel en meegaande beginsels.

CHARISMATIESOns glo dat Christelike opleiding mense moet vrystel in die gebruik van die gawes van die Gees met gepaardgaande tekens en wonders.

KERK-GEBASSEEROns glo dat Christelike opleiding moet plaasvind aan die voorfront van effektiewe en progressiewe kerk bediening.

PRAKTIESOns glo dat Christen opleiding prakties sowel as teoreties moet wees. Sleutel dissipelskap punte moet erken word en geestelike groei moet aangemoedig word.

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 5 / 17

Page 6: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

VERKLARING VAN GELOOF

GBK staan by die fundamentele waarhede van die Bybel.

DIE SKRIFOns glo dat die Skrif, beide Ou en Nuwe Testament, geïnspireer is deur God en die openbaring is van God aan die mens; en die gesaghebbende gedragslyn is waarop ons geloof gebasseer is (2 Tim 3:16,17; Rom 10:17).

DIE GODHEIDOns glo in die Drie-Enige God die Vader, die Seun (Jesus) en die Heilige Gees; met verskillende persoonlikhede, maar een God (Rom 1:7; Heb 1:8; Hand 5:3,4).

JESUS CHRISTUS ONS HEREOns glo in die Goddelikheid van ons Here Jesus Christus en dat Hy die Seun van God is. Ons glo in Sy maagdelike geboorte, in Sy sondelose lewe, in Sy wonderwerke, in die soenoffer wat Sy dood behels; aan Sy hemelvaart tot aan die regterhand van God, die Vader (Joh 1:1-3; Joh 1:18). Jesus het gesterf vir die ganse mensdom (Joh 1:29). Sy bloed is die enigste verlossing van sonde en deur Sy wonde is daar vir ons genesing (Tit 2:13; Mat 20:28; 1 Pet 1:18; Tim 1:15; 2 Kor 5:21; Gal 3:13,14; 1 Tim 2:6).

DIE HEILIGE GEESOns glo die Heilige Gees is ’n Goddelike persoon, onderskeidbaar van God die Vader en God die Seun (2 Kor 3:13,14; Hand 10:38). Die Heilige Gees is persoonlik en is God, die derde Persoon van die heilige Drie-eenheid (Joh 14:16, Joh 16:7; Hand 5:3,4). Ons glo in die doop van die Heilige Gees, wat gelowiges bekragtig en toerus vir bediening met die meegaande bonatuurlike gawes van die Heilige Gees (Mar 16:17; Hand 1:8; Hand 2:4, 38,39). Hierdie ondervinding is uitsluitlik van en daaropvolgende van die ondervinding van wedergeboorte (Hand 8:14-17; Hand 19:2). Die doop van gelowiges in die Heilige Gees is ’n getuie van die fisiese teken van spreek in ander tale soos die Gees van God uiting gee (Hand 10:44-46; Hand 19:1-6).

EWIGE LEWE EN WEDERGEBOORTEOns glo dat die Bybel sê dat ons uit genade gered is en dat dit ’n gawe van God is aan elkeen wat in Jesus glo en Hom ontvang as hul Heer en Verlosser. Niemand kan iets byvoeg of doen om hul verlossing te verdien nie; ons ontvang dit alleenlik deur geloof. Diegene wat Jesus deur geloof ontvang, se sondes is vergewe en hul word God se kinders, ’n nuwe skepping in Jesus Christus (Tit 3:4–7; Joh 1:1,12; Rom 10:9–10; 2 Kor 5:17; Gal 3:26; Efes 2:8,9).

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 6 / 17

Page 7: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

DIE GELOWIGE DOOPOns glo doop in water geskied deur onderdompeling en dat dit ’n direkte opdrag van die Here aan gelowiges is. Die kerklike gebruik is:

(a) Simbool van die Christen se identifikasie met Jesus in Sy dood, begrafnis en opstanding; en

(b) ’n Publieke erkentenis van die nuwe gelowige se geloof in Jesus Christus.

GODDELIKE GENESINGOns glo dat Goddelike genesing ’n integrale deel van die evangelie is. Bevryding word voorsien en is die voorreg van alle gelowiges (Jes 53:4–6).

OPSTANDING VAN DIE REGVERDIGES EN TWEEDE KOMS VAN JESUS CHRISTUS

Ons glo aan die wegraping van die kerk, wat die Bybel die geseënde hoop van gelowiges noem (1 Thess 4:17).

HEL EN EWIGE VERGELDINGOns glo dat almal wat Jesus Christus verwerp en nie met Sy plan vir die mensdom instem nie, die ewige dood as straf vir hul sonde gaan ontvang, dat hul opgewek sal word uit die dood tot onsterflikheid en geoordeel gaan word by die groot Wit Troon, oordeel en gestraf sal word met ewige dood in die see van vuur (Joh 5:28,29; Rom 6:23; Mar 9: 43 – 5; Open 20:10–15).

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 7 / 17

Page 8: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

VISIE EN MISSIE

BIBLE: Best Information Before Leaving Earth

Ons doel is om die evangelie van die Here Jesus Christus te versprei, dat HY die gesalfde Een is met die salwing. Ons streef daarna om die waarheid oor geloof en die krag van die salwing uit te brei. Ons doen dit deur die toerusting van die Woord van God in ons en deur die inspirasie van die Heilige Gees in ons.

Ons visie en passie is vir God se kerk, waar mense geroep, waardeer, gerespekteer en toegerus word. By GBK lei ons soldate van Jesus Christus op om ’n verskil te maak in die wêreld. Dit is die gemeenskap van geloof waar toekomstige leiers luister, onderskei en uiteindelik ’n oorgawe maak tot die roeping van God. Ons passie is om kerke – plaaslik en wêreldwyd – by te staan deur die opleiding en toerusting van ’n geslag leiers wat vurig toegewy is om die wêreld te bereik met die evangelie van Jesus Christus.

Ons missie is om ’n medelydende en energieke leeromgewing te verskaf waarin leerders in Jesus Christus se gelykenis verander word. Ons glo in lewensverandering in ’n student om ’n voorbeeld te word van wat hy/sy studeer.

Ons fokus is om persoonlike, praktiese opleiding te verskaf om mense se denkwyse te verander en hul God-gegewe potensiaal te ontsluit. Die Christen se lewe moet gevul wees met ’n positiewe, gelowige houding. Dit begin met ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus. Ons het ’n passie en fokus om hierdie potensiaal in ons studente te ontsluit. Ons gebruik dinamiese onderrig materiaal, gekwalifiseerde dosente en maak staat op die genade en salwing van die Heilige Gees om dit te bewerkstellig (2 Petrus 1:2-3).

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 8 / 17

Page 9: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

WAAROM STUDEER?Drie jaar in Geloof Bybel Kollege sal jou ’n 10–15 jaar voorsprong gee bo iemand wat net een of twee kerk byeenkomste per week bywoon. Waarom 15 jaar spandeer om te groei as jy dit in 3 jaar kan doen – en dan is jy meer volkome toegerus en effektief vir Hom in daardie addisionele 12 of 13 jaar? By GBK gaan dit nie net oor teologie nie, maar ook oor openbaringskennis. Die mens sal nie slegs van brood alleen leef nie, maar van elke Woord wat uit die mond van God kom. Ons sal jou vul met feite en ’n apostoliese genade om jou te laat groei sodat jy kan uitgaan. Ons begeerte is om ons studente op so ’n wyse toe te rus dat dat hulle sal leef om dit uit te dra (preek).

Lewensverandering is ons fokus – Les jou dors met kennis.

Psalm 19: 7–117Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is

verborge vir sy hitte nie. 8Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. 9Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë. 10Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan

tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig. 11Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

Spreuke 23:23Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

WAAROM DIT VOORDELIG IS OM BY GBK TE STUDEER:GBK is ’n geakkrediteerde lid van die Internasionale Akkrediterings Kommissie, die wêreld se grootste private Akkrediterings organisasie; dit is nie deel van die Staatsdepartement of Hoër Onderwys of die Onderwys Departement van die VSA nie. Alle krediete is oordraagbaar na ander lede van ACI.

Verder:

Dit ontwikkel jou verhouding met God. Dit bou sterk Christelike karakter. Die student groei geestelik in die kennis van die Woord. Leer om verantwoordelikheid van jou lewe te neem met God se hulp. Leer om te vloei in die Heilige Gees in bediening. Ontdek jou plek en funksie in die liggaam van Christus. Strewe na uitmuntendheid in al jou ondernemings. Word ’n dinamiese kommunikeerder van die evangelie. Maak ’n positiewe indruk op jou gemeenskap. Vervul jou potensiaal en roeping in die Here.

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 9 / 17

Page 10: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

KURRIKULUM

Spreuke 4:7Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

Sommige van die vakke wat aangebied word oor drie jaar sluit onder andere in: Totale Ou en Nuwe Testament , Leerstellings van Jesus, Die Evangelie en die Koninkryk, Om God te leer ken, Geloof, Gebed, Gawes en Vrug van die Heilige Gees, Die Heilige Gees, Kerk Leierskap, Kerkbestuur, Pastorale Berading, Preek en Onderrig, EE–3, Sel Dinamika, Sending, Kerkplanting, Christen karakter, Spreuke, Praktiese Bediening, Praktiese Teologie, Psalmgesang, Aanbidding, Bemarking, Besigheids Entrepreneurskap en Administrasie.

Die Kurrikulum van voltooi word deur klas by te woon of deur middel van korrespondensie:

KLASBYWONING Spreuke 2:10–11

Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees; oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak.

Klasaanbieding by Geloof Bybel Kollege word in Centurion aangebied deur hoofsaaklik voltydse- en gaslektore, wat in hul veld spesialiseer. ’n Paar programme word bygevoeg om by te dra tot die waarde en om dankbaarheid aan te moedig. Alle studente sal van ons oorspronklike handleidings gebruik maak. Die Internet, navorsing en Bybels word op eie onkoste toegelaat. Addisionele studiemateriaal kan verkry word vir werkstukke. Aangesien die materiaal gebruikersvriendelik is, mag jy deur middel van korrespondensie studeer.

Daar word van klaslopende studente verwag om alle klasse by te woon (Afwesigheid van 2 klasse per jaar word toegelaat). Afwesigheid vorm moet ingevul word vir alle klasse waar die student afwesig is.

KORRESPONDENSIE (AFSTAND STUDIE) Kourier dienste word gebruik vir die aflewering van Handleidings. Die betalingsplan dui die Handleiding Volumes aan. Die student is verantwoordelik vir die onkoste van die kourier van handleidings (Wees verseker dat die mees koste effektiewe kourier dienste gebruik word). Geloof Bybel Kollege sal die student verwittig wat die kourier onkoste is en sal die handleiding kourier sodra die student die kourier bewys van betaling stuur aan: [email protected].

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 10 / 17

Page 11: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

VLAKKE VAN SERTIFIKASIE EN ERKENNING

1STE JAAR: KERK BEDIENING IN BYBEL STUDIESHierdie is fundamenteel van aard en dek die hele Bybel van Génesis tot Openbaring, met sterk klem op toepassing van die lerings en nie net informasie nie. Aan die einde van die studie jaar ontvang die student ’n Sertifikaat in: Kerk Bediening in Bybel Studies.

2DE JAAR: GEVORDERDE KERK & PRAKTIESE BEDIENINGDie vakke op hierdie vlak gaan voort om karakter te bou deur middel van lerings wat jou sal toelaat om Jesus bekend te maak. Dit is noodsaaklik om jou toe te rus sodat jy jou roeping in die Bediening kan verstaan en sal ook jou lewe verbeter.Aan die einde van die studiejaar ontvang die student ’n Sertifikaat vir 2de Jaar: Gevorderde Kerk en Praktiese Bedienings.

Aansoek kan gedoen word vir Erkenning van vorige opleiding (EVO) om by hierdie vlak te kan begin studeer. Die EVO prosedure word bespreek op bladsy 12.

3DE JAAR: BEDIENING IN TEOLOGIEDie vakke op hierdie vlak dek intensiewe Bybelstudie. Addisioneel is intensiewe studie van die Ou en Nuwe Testament. Hierdie program stel die student vaardig vir bediening in die Teologie. Aan die einde van die studiejaar ontvang die student ’n Sertifikaat vir 3de Jaar: Bediening in Teologie.

Aansoek kan gedoen word vir Erkenning van vorige opleiding (EVO) om by hierdie vlak te kan begin studeer. Die EVO prosedure word bespreek op bladsy 12.

4DE JAAR: BEDIENING HOOFKURSUS IN TEOLOGIEHierdie kursus is tans slegs in engels beskikbaar by Faith Bible College. Indien jy sou besluit om die roeping in Bediening voort te sit, moet jy onthou elke vlak is belangrik. Dit dra by tot jou Bediening se waarde in voorbereiding op hoe God jou in jou roeping sal gebruik. Jy sal toegerus en bekragtig wees om in jou kerk te begin wanneer die seisoen reg is, en sal alles wat jy gestudeer het kan toepas. Tesame met al die kwaliteite wat jy ontvang het, sal Administrasie en Bemarking ’n pluspunt wees.

HIERDIE IS EGTER BEDIENINGSVLAK – ONDERRIG ALLEENLIKOnderrig vind plaas deur middel van Holistiese Kerk Programme op Bedieningsvlak. Hierdie kursusse is nie akademiese kursusse nie en sal moontlik nie deur ander instansies erken word nie.

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 11 / 17

Page 12: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

ERKENNING VAN VOORMALIGE (EVO) OPLEIDINGS INSTITUUTEVO sal gehef word op alle studente wat vereis dat hul voormalige Opleidings Instituut erken moet word. Die student sal ’n Aansoekvorm moet voltooi met ’n Transkripsie (dokument wat elke jaar, vak en punt aandui) van vorige Opleidings Instituut.

Finale goedkeuring word deur GBK (of FBC) Hoofkantoor gegee.

Erkenning van voormalige Opleidings Instituut fooi is R1 500 en moet met Registrasie betaal word.

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 12 / 17

Page 13: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

ADMINISTRASIE

1. FAKULTEITPs Willem Groenewald Dekaan: Geloof Bybel Kollege 084 583 3651

Ps Elma Groenewald Prinsipaal: Geloof Bybel Kollege 084 583 3651

Louise Botha Administrasie 084 583 3651

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 13 / 17

Page 14: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

STUDENT REGISTRASIE

KWALIFIKASIE VIR REGISTRASIEEnige persoon 18 jaar en ouer kan registreer vir Bybel Kollege.

REGISTRASIEDie volgende dokumente word benodig vir Registrasie:

Voltooide Registrasievorm

Afskrif van ID dokument Bewys van EFT betaling

Erkenning van vorige opleiding (EVO) dokument (waar van toepassing)

Voltooi ’n Registrasie vorm met ID kopie

Alle studente moet ’n Registrasie vorm voltooi en ’n kopie van hul Identiteits dokument inhandig. Let wel dat studente sal nie toegelaat word om te registreer sonder bogenoemde dokumente nie.

Deponeer deposito Deponeer die fooie in die volgende rekening:First National Bank

Tjek Rek nr: 6265 969 4717Takkode: 250655

Die volgende verwysing moet gebruik word:Nuwe student by registrasie: Naam en Van

Maandelikse fooie: Studente nommer

Stuur alle dokumentasie soos bo genoem na [email protected]

Verwysingsnommer tydens Registrasie: Naam en VanNa Registrasie word ’n Studente nr toegeken. Die Studente nr moet deel vorm van alle kommunikasie.

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 14 / 17

Page 15: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

BETALINGSBELEID

Alle betalings moet elektronies geskied. ’n R50 fooi sal gehef word op elke kontant betaling.

Alle betalings moet op die eerste dag van die maand geskied. Registrasie betalings moet voor of op laaste dag van Januarie geskied.

Jaar 1: Kerk Bediening26 vakke

Januarie - Registrasie R5001 Februarie R500 Volume 11 Maart R6001 April R600 Volume 21 Mei R6001 Junie R6001 Julie R600 Volume 3Totaal R3 5001 November – Gradeplegtigheid R450

Jaar 2: Gevorderde Kerk & Praktiese Bediening

24 vakkeJanuarie - Registrasie R500 Volume 41 Februarie R5001 Maart R6001 April R600 Volume 51 Mei R6001 Junie R6001 Julie R600 Volume 6Totaal R3 5001 November – Gradeplegtigheid R450

Jaar 3: Bediening in Teologie13 vakke (Beskikbaar in 2019)

Januarie - Registrasie R500 Volume 71 Februarie R7501 Maart R7501 April R750 Volume 81 Mei R750

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 15 / 17

Page 16: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

1 Junie R7501 Julie R750 Volume 9Totaal R4 5001 November – Gradeplegtigheid R500

Betalingsbewyse moet gestuur word aan: [email protected] – Studentenommer moet duidelik op alle bewyse aangedui word.

Studente moet kwitansie van elke betaling hou. Dit sal dien as bewys van betaling. Alle studente moet hul fooie nie later as vasgestelde datums betaal nie.

Studente sal hul eerste boeke ontvang slegs wanneer hul deposito en Januarie premie betaal is. Met die betaling van die uitstaande bedrag sal verdere studie materiaal ontvang word.

Rekeningstate sal uitgereik word vir die monitering van Kollege fooie wat betaalbaar moet wees op 1 Julie.

Gradeplegtigheid fooie moet jaarliks teen 1 November betaal word. Geen sertifikate sal oorhandig word aan student wat uitstaande fooie het nie.

Let wel dat Bestuur die reg voorbehou om op te tree teen student wat nie hul fooie getrou betaal nie. Dit mag ontslag beteken – in so ’n geval sal geen fooie terugbetaal word nie. Wees asseblief getrou met jou finansies (1Kor 4:1; Rom 13:8).

2. KANSELLASIE Geen fooie word terugbetaal aan student wat kanselleer 30 dae na

registrasie nie. Studente mag binne 30 dae na registrasie kanselleer (skriftelik), maar 10% van

die fooi sal terug gehou word as administrasie fooi.

3. TYDSDUUR VAN DIE KURSUSSEAlle studente sal vanaf Februarie tot einde Oktober werk. Geen oorvleueling sal toegelaat word nie. Gradeplegtigheid sal gedurende Desember van dieselfde jaar plaasvind of aan die einde van Januarie van die daaropvolgende jaar.

4. WERKSTUKKEAlle inligting in verband met werkstukke word uiteengesit in die Student Handleiding. Die Student Handleiding kan verkry word op die Geloof Bybel Kollege webwerf:www.geloofbybelkollege.co.za | Dokumente | Student Handleiding.

5. GRADERING STELSELGradering van kursusse geskied volgens persentasie. Alle werkstukke is die eiendom van GBK. Indien jy nie ’n opdrag sou deurkom nie en ’n hermerk verlang, sal R250,00 betaalbaar wees (die fooi sal aan die merker oorhandig word).

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 16 / 17

Page 17: geloofbybelkollege.co.za  · Web viewDie boodskap is dieselfde – Die metode het verander. Soos die wêreldwye oes groei, is daar ’n behoefte vir mans en vroue om nie net in die

Geloof Bybel Kollege Registrasie Nr: 2016/500857/07

GBK Punte stelsel is soos volg:Persentasi

eResultaat

85-100% Uitstekend75-84% Baie Goed65-74% Goed55-64% Bevredigend50-54% Lae Slaag0-49% Druip

6. GRADEPLEGTIGHEIDGradeplegtigheidsfooie is soos volg:

1ste Jaar Kerk Bediening in Bybel Studies R450.002de Jaar Gevorderde Kerk & Praktiese

BedieningR450.00

3de Jaar Bediening in Teologie R500.00

Dit sluit die huur van Gradeplegtigheidsdrag, administrasie en sertifikaat in. Fooie mag verander. Hierdie bedrag is betaalbaar, of jy die Gradeplegtigheid bywoon, al dan nie. Alle gradeplegtigheidsfooie moet teen 1 November in die toepaslike studiejaar betaal word voor die gradeplegtigheid. Studente se name moet volgens hul identiteit dokument wees.

Kleredrag riglyn vir Gradeplegtigheid: Verkieslik swart (rok of langbroek vir dames) met hofskoene.

7. STUDENTE WAT NIE HUL KURSUS VOLTOOI NIEAlle studente het 30 dae vanaf Registrasie om te kanselleer. 10% van die volle fooie sal teruggehou word vir administrasiefooi. Indien ’n student kanselleer na 30 dae, sal die volle fooie verskuldig wees. Alle studente sal deur die plaaslike Bybel Kollege aanspreeklik gehou word en nie deur Hoofkantoor nie. Fooie moet ten volle betaal word voor ’n student weggaan. Geen student mag ’n ander se plek oorneem nie.

8. PERSONEEL EN LESINGSAlle personeel en fasiliteerders is opgelei om studente professioneel te fasiliteer.

Ps Willem Groenewald Ps Elma GroenewaldDekaan Prinsipaal

Geloof Bybel Kollege Beleid (2018) Bl 17 / 17