31
Direktoraat: Kurrikulum VOO REKENINGKUNDE Hersieningsoefeninge Kontantvloeistaat en Finansiële aanwysers

 · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

  • Upload
    vuongtu

  • View
    218

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

Direktoraat: Kurrikulum VOO

REKENINGKUNDE

Hersieningsoefeninge

Kontantvloeistaat enFinansiële aanwysers

Page 2:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

2

Aktiwiteit 1 (Geneem uit Maart 2015)

VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT, ONTLEDING EN VERTOLKING (75 punte; 45 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële jaar uitgereik.

GEVRA:

1.1 Wat is die hoofdoel van 'n Kontantvloeistaat?(2)

1.2 Verwys na die vastebate-nota onder Inligting C.

Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur a, b, c en d) in die Vaste/Tasbarebate-nota vir die jaar geëindig 31 Oktober 2014. (9)

1.3 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 31 Oktober 2014. Toon ALLE bewerkings tussen hakies. (24)

1.4 Die direkteure het meer aandele uitgereik en vaste bates verkoop om die kontantvloei te verbeter. 'n Aandeelhouer, John Meanwell, het hierdie besluite gekritiseer.In elke geval: Verskaf 'n rede om John se opinie te ondersteun. Behalwe om die kontantvloei te verbeter, verskaf 'n rede om die

direkteure se besluit te ondersteun. (8)

1.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Oktober 2014:

Vuurproefverhouding(4)

Verdienste per aandeel(3)

Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang(5)

Skuld-ekwiteit-verhouding(3)

1.6 Die direkteure stel voor dat die besigheidsbedrywighede in die nuwe finansiële jaar uitgebrei moet word. Een van die direkteure het voorgestel dat die uitbreidings deur 'n lening van R1 000 000 gefinansier word, in plaas van die uitreik van aandele aan die publiek. Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers om sy mening te staaf. (6)

Page 3:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

3

1.7 Bongani is 'n aandeelhouer in Classico Beperk. Hy besit 32 000 aandele wat hy twee jaar gelede teen R4,75 elk aangekoop het.

1.7.1 Bereken die bedrag dividende wat Bongani vir die finansiële jaar geëindig 31 Oktober 2014 sal verdien. (3)

1.7.2 Behoort Bongani met die dividendbeleid van Classico Beperk tevrede te wees? Haal aan en verduidelik toepaslike finansiële aanwysers om jou antwoord te staaf. (4)

1.7.3 Bongani wil sy aandele in Classico Bpk. verkoop en sy fondse in 'n alternatiewe belegging belê. Jy stem nie met hom saam nie. Haal aan en verduidelik EEN toepaslike finansiële aanwyser, behalwe dividende, om hom te ontmoedig om sy aandele te verkoop. Jou antwoord moet die werklike syfer/verhouding/persentasie insluit. (4)

INLIGTING:

A. Die volgende inligting is uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Oktober 2014 geneem:Rente op lening (alles gekapitaliseer) 175 500

Inkomstebelasting 375 000

Netto wins na belasting 975 000

B. Inligting uit die Balansstaat geneem:

31 Oktober 2014

31 Oktober 2013

Bedryfsbates 4 804 000 2 820 000

Voorrade 1 437 500 1 656 250

Handels- en ander ontvangbare bedrae (sien D) 1 075 000 956 250

Kontant en kontantekwivalente 2 291 500 207 500

Gewone aandeelhouersbelang 4 450 000 4 000 000

Gewone aandelekapitaal (sien F) 3 450 000 3 150 000

Behoue inkomste 1 000 000 850 000

Lening: Freeport Bank (12% p.j.) 2 000 000 1 375 000

Bedryfslaste 1 450 000 1 262 500

Page 4:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

4

Handels- en ander betaalbare bedrae (sien E) 1 450 000 1 262 500

C. Vaste/Tasbare bates:

Grond en geboue Voertuie Toerusting

Drawaarde aan die begin van die finansiële jaar 3 000 000 660 000 ?

Kosprys 3 000 000 900 000 ?Opgelope waardevermindering 0 (240 000) (52 500)

Bewegings

Toevoegings teen kosprys 0 0 48 000Verkope teen drawaarde (a) (c) 0Waardevermindering 0 (b) (55 500)

Drawaarde aan die einde van die finansiële jaar 2 500 000 446 000 (d)

Kosprys 2 500 000 750 000 258 000Opgelope waardevermindering 0 (304 000) ?

Addisionele inligting met betrekking tot vaste bates:

'n Voertuig is teen sy drawaarde op die LAASTE dag van die finansiële jaar verkoop. Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode afgeskryf.

Grond en geboue is teen kosprys gedurende die finansiële jaar verkoop.

Page 5:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

5

D. Handels- en ander ontvangbare bedrae sluit in:

31 Oktober 2014

31 Oktober 2013

SAID: Inkomstebelasting R22 500 0

E. Handels- en ander betaalbare bedrae sluit in:

31 Oktober2014

31 Oktober 2013

SAID: Inkomstebelasting 0 R27 500Aandeelhouers vir dividende R450 000 R385 000

F. Besonderhede van die gewone aandelekapitaal:

Gewone aandelekapitaal aan die begin van die 2014-finansiële jaar het uit 700 000 gewone aandele bestaan, met 'n totale waarde van R3 150 000.

Op 1 November 2013 is 50 000 addisionele gewone aandele uitgereik teen R6,00 elk.

Daar was geen ander veranderinge aan die aandelekapitaal nie.

G. Die dividende (tussentyds en finaal) vir die finansiële jaar geëindig 31 Oktober 2014 beloop R825 000.

H. Finansiële aanwysers vir die afgelope twee finansiële jare:31 Oktober

201431 Oktober

2013Bedryfsverhouding 3,10 : 1 2,23 : 1Vuurproefverhouding ? 0,92 : 1Verdienste per aandeel ? 94 sentDividende per aandeel 110 sent 75 sentOpbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang

? 15%

Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,34 : 1Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend

26% 18%

Netto batewaarde per aandeel 593 sent 571 sentPrys van Classico Bpk.-aandele op JEB

950 sent 725 sent

Rente op vaste deposito 5,5% 5,5%Rentekoers op lenings 12% 12%

75

Page 6:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

6

Aktiwiteit 2 (Geneem uit Junie 2015)

KONTANTVLOEISTAAT, VERTOLKING EN OUDITEURSVERSLAG (65 punte; 40 minute)

Jy word voorsien van inligting geneem uit die rekords van Maxie Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015. Wanneer finansiële aanwysers vereis word om antwoorde te staaf, moet jy die naam van die finansiële aanwyser en die werklike syfer, verhouding of presentasie verskaf.

GEVRA:

2.1 Voltooi die nota vir Kontant Gegenereer uit Bedrywighede vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015. (10)

2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.

Enkele syfers verskyn in die ANTWOORDEBOEK.Toon ALLE bewerkings waar notas nie gevra word nie. (21)

2.3 Bereken die volgende vir 2015 (rond berekeninge af tot EEN desimale punt):

2.3.1 Bedryfsverhouding (3)

2.3.2 Skuld-ekwiteit-verhouding (3)

2.3.3 Netto batewaarde per aandeel (3)

2.4 Op 1 Maart 2014 is addisionele aandele teen R5,00 elk uitgereik. Sal die bestaande aandeelhouers met hierdie prys tevrede wees? Verduidelik. Haal relevante finansiële aanwysers met syfers in jou verduideliking aan. (5)

2.5 Die direkteure het besluit om 'n groot deel van die lening terug te betaal. Dink jy dit was 'n wyse besluit? Haal TWEE relevante finansiële aanwysers en syfers aan om jou antwoord te staaf. (7)

2.6 Behalwe vir die terugbetaling van die lening het die direkteure ander groot besluite geneem wat die kontantsaldo's beïnvloed het. Noem TWEE ander groot besluite (van meer as R200 000) en haal die syfers uit die Kontantvloeistaat aan. Dui in ELKE geval aan hoe die besluit die toekoms van die maatskappy sal beïnvloed. (6)

2.7 Verwys na die uittreksel van die ouditeursverslag (Inligting G).

2.7.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf die woord neer en verduidelik jou keuse kortliks.

Maxie Bpk. het 'n (ongekwalifiseerde/gekwalifiseerde/weerhouding van mening-) ouditeursverslag ontvang. (3)

2.7.2 Verduidelik die gevolge van hierdie ouditeursverslag vir die hoof uitvoerende beampte (HUB) en/of die maatskappy. Noem TWEE punte. (4)

Page 7:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

7

INLIGTING:

A. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015

RWaardevermindering 178 000Renteuitgawe 52 000Inkomstebelasting 93 520Netto wins na inkomstebelasting 240 480

B. Syfers verkry uit die Balansstaat en notas op 28 Februarie

2015R

2014R

Vaste bates (drawaarde) 2 568 730 2 174 390Finansiële bates (vaste deposito) 150 000 230 000Bedryfsbates 413 600 496 810Voorrade 194 600 262 000Handelsdebiteure 214 000 198 000SAID: Inkomstebelasting - 2 110Kontant en kontantekwivalente 5 000 34 700

Aandeelhouersbelang 2 392 480 1 848 000Gewone aandelekapitaal 2 016 000 1 520 000Behoue inkomste 376 480 328 000

Niebedryfslaste 500 000 800 000Bedryfslaste 239 850 253 200Handelskrediteure 124 800 165 200Aandeelhouers vir dividende 96 000 88 000SAID: Inkomstebelasting 6 300 -Oortrokke bank 12 750 -

C. Aandelekapitaal

Die onderneming het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 800 000 gewone aandele.

400 000 aandele is voor 28 Februarie 2014 uitgereik. Op 1 Maart 2014 is 'n addisionele 200 000 aandele teen R5,00 elk uitgereik. Op 1 September 2014 het die maatskappy 120 000 aandele by 'n ontevrede

aandeelhouer teen R4,50 elk teruggekoop. Na die transaksies hierbo was daar 480 000 uitgereikte aandele.

Page 8:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

8

D. Vaste bates

Aanbouings by die bestaande geboue het gedurende Julie 2014 plaasgevind.Daar was geen ander bewegings van vaste bates gedurende die finansiële jaar nie.

E. Dividende

'n Tussentydse dividend van R60 000 is op 30 September 2014 betaal.Die finale dividend is op 28 Februarie 2015 verklaar.

F. Die volgende finansiële aanwysers is vir die afgelope twee finansiële jare bereken:

2015 2014Solvabiliteitsverhouding 4,5 : 1 2,8 : 1Bedryfskapitaalverhouding ? 1,9 : 1Vuurproefverhouding 1 : 1 0,9 : 1Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,4 : 1Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 10,2% 13,2%Opbrengs op aandeelhouersbelang 11,3% 11,8%Netto batewaarde per aandeel ? 462 sentMarkprys van aandele (op die effektebeurs) 512 sent 490 sentHuidige rentekoers op lenings 12% 13%

G. Uittreksel uit die verslag van die onafhanklike ouditeurs

Basis vir MeningVolgens die maatskappybeleid oor reis vir besigheidsdoeleindes moet alle besigheidsreisreëlings buite die landsgrense (internasionale reise) deur die direksie goedgekeur word. Die aansoek moet ondersteun word met kwotasies en besonderhede van die organisasies wat tydens die reis besoek sal word.

Die HUB het gedurende die jaar drie oorsese besigheidsreise goedgekeur sonder dat dit na die direksie verwys is. Dokumentasie vir hierdie reise kon nie verskaf word nie.

OuditmeningNa ons mening, behalwe vir die item hierbo beskryf, verteenwoordig die jaarlikse finansiële state redelik, in alle wesenlike aspekte, die finansiële posisie van Maxie Bpk. soos op 28 Februarie 2015, en hul finansiële prestasie en kontantvloei vir die jaar dan geëindig in ooreenstemming met IFVS ('IFRS') en die Maatskappyewet (Wet 61 van 1973) van Suid-Afrika.

Snow en WhiteGeoktrooieerde Rekenmeesters (SA)Pretoria28 Mei 2015

65

Page 9:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

9

Page 10:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

10

Aktiwiteit 3 (Geneem uit November 2012)

VERTOLKING VAN MAATSKAPPYINLIGTING (70 punte; 40 minute)

3.1 Voltooi die volgende sinne deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

winsgewend; solvent; likied; opbrengs; risiko/hefboomverhouding

3.1.1 'n Maatskappy wie se totale bates meer as sy totale laste is, is ...

3.1.2 'n Maatskappy wat baie op lenings staatmaak, sal 'n hoë ... hê.

3.1.3 'n Maatskappy wat sy inkomste en uitgawes deeglik kontroleer, sal ... wees.

3.1.4 Die persentasie netto inkomste op ekwiteit toon die ... deur aandeelhouers verdien.

3.1.5 'n Maatskappy wat sy onmiddellike skulde kan vereffen, is ... (10)

Sien volgende bladsy vir Aktiwiteit 3.2

Page 11:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

11

3.2 JANKELO BEPERK

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Jankelo Bpk. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële jaar uitgereik.

GEVRA:

Gebruik die inligting hieronder om die volgende syfers of finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2012 te bereken. Bereken tot EEN desimale plek, waar van toepassing.

3.2.1 Vuurproefverhouding (4)

3.2.2 Verdienste per aandeel (in sent) (4)

3.2.3 Netto batewaarde per aandeel (in sent) (3)

3.2.4 Persentasie opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit (5)

3.2.5 Die syfers wat in die Kontantvloeistaat sal verskyn vir: Terugbetaling van lenings Opbrengs uit die uitreik van gewone aandele (Let wel dat

26 000 aandele gedurende die 2012 finansiële jaar uitgereik is; daar is geen aandele teruggekoop nie)

Vaste bates aangekoop (Let wel dat vaste bates met 'n boekwaarde van R105 000 teen drawaarde verkoop is.)

(2)(3)

(6)

INLIGTING MET BETREKKING TOT JANKELO BPK.:

30 JUNIE 2012 30 JUNIE 2011Verkope R 1 500 000 R 1 300 000Waardevermindering 40 000 32 000Netto wins na belasting 330 000 374 000Gewone aandeelhouersekwiteit 1 445 000 1 133 000Gewone aandelekapitaal(2012: uitgereikte aandele 180 000)

1 080 000 872 000

Behoue inkomste 365 000 261 000Nie-bedryfslaste 500 000 630 000Vaste/Tasbare bates 1 667 000 1 620 000Bedryfsbates (voorrade ingesluit) 190 000 203 000Bedryfslaste 120 000 170 000Voorrade 110 000 135 000

Page 12:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

12

3.3 FINANSIËLE AANWYSERS VAN TWEE MAATSKAPPYE

Jou vriend, James, oorweeg dit om aandele in 'n maatskappy te koop wat hardloopskoene verkoop. Hy vra jou vir raad en gee jou die volgende finansiële aanwysers van twee maatskappye wat hy oorweeg. Albei maatskappye het dieselfde aantal aandele met dieselfde pariwaarde.

KWELA BPK. POMI BPK.Markprys per aandeel op die JEB 750 sent 885 sentNetto batewaarde per aandeel 609 sent 939 sentVerdienste per aandeel 410 sent 176 sentDividende per aandeel 240 sent 185 sent% opbrengs op aandeelhouersekwiteit 21,3% 11,2%% opbrengs op totale kapitaal aangewend 32,6% 13,6%

% rentekoers op lenings 15,0% 15,0%Skuld/Ekwiteit-verhouding 0,3 : 1 2,0 : 1Bedryfsverhouding 6,0 : 1 1,5 : 1Vuurproefverhouding 2,8 : 1 0,9 : 1Periode waarvoor voorraad voorhande is 150 dae 88 daeGemiddelde debiteure-invorderings-periode 53 dae 25 dae

GEVRA:

Verduidelik jou antwoorde op die volgende vrae. Vergelyk en haal in elke geval finansiële aanwysers van albei maatskappye aan (werklike syfers, verhoudings of persentasies) om jou antwoord te staaf.

3.3.1 James is van mening dat Pomi Bpk. sy bedryfskapitaal meer effektief hanteer en in 'n beter likiditeitsposisie as Kwela Bpk. is. Verduidelik en haal DRIE finansiële aanwysers aan om sy mening te staaf. (9)

3.3.2 Oorweeg die gebruik van lenings deur die twee maatskappye: Watter maatskappy maak meer gebruik van lenings? Haal 'n

finansiële aanwyser aan vir elke maatskappy. Verduidelik of dit 'n goeie idee was of nie vir daardie maatskappy

om van lenings gebruik te maak. Haal EEN finansiële aanwyser aan. (6)

3.3.3 Kwela Bpk. het 'n beter persentasie opbrengs, verdienste en dividende as Pomi Bpk. Verduidelik en haal DRIE finansiële aanwysers aan vir elke maatskappy. (9)

3.3.4 Die bestaande aandeelhouers van die twee maatskappye het verskillende menings oor die huidige markwaarde van hulle aandele. Verduidelik waarom die bestaande aandeelhouers van Kwela Bpk.

gelukkig hiermee is. Haal 'n finansiële aanwyser/syfers aan om jou antwoord te staaf.

Verduidelik waarom die bestaande aandeelhouers van Pomi Bpk. baie teleurgesteld hiermee is. Haal 'n finansiële aanwyser/syfers aan om jou antwoord te staaf. (4)

Page 13:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

13

3.4 OUDITVERSLAE

Jy word voorsien van uittreksels uit die onafhanklike ouditverslae van Kwela Bpk. en Pomi Bpk.

Uittreksel uit ouditverslag van Kwela Bpk.:

Na ons mening verstrek hierdie finansiële state 'n redelike weergawe, in alle wesenlike aspekte, van die finansiële posisie van hierdie maatskappy op 29 Februarie 2012 en die uitslae van hulle bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig volgens Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en op die manier soos vereis deur die Maatskappyewet van Suid-Afrika.

Uittreksel uit ouditverslag van Pomi Bpk.:

Na ons mening, behalwe vir die uitwerking van die maatskappy se oorvaluering van sy vaste bates, verstrek hierdie finansiële state 'n redelike weergawe van die finansiële posisie van die maatskappy op 29 Februarie 2012 en die uitslae van hulle bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig volgens Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde, en op die manier soos vereis deur die Maatskappyewet van Suid-Afrika.

GEVRA:

Bestudeer die ouditverslae van Kwela Bpk. en Pomi Bpk.

Hoe sal hierdie ouditverslae James se besluit oor in watter maatskappy hy aandele moet koop, beïnvloed? Verduidelik ten opsigte van elke maatskappy. (5)

70

Page 14:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

14

Aktiwiteit 4 (Geneem uit November 2013)

KONTANTVLOEI EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (60 punte; 35 minute)

Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2013 vir Jumbo Cellphones Bpk., 'n publieke maatskappy wat op die JSE genoteer is.

GEVRA:

4.1 Verwys na Inligting 8 hieronder met betrekking tot die spesiale programme wat saam met die finansiële state in die jaarverslag gepubliseer word.

4.1.1 Hoekom sou die direkteure geld aan hierdie programme wou spandeer? Verduidelik die hoofvoordeel van ELKE program vir die maatskappy. (4)

4.1.2 Behalwe die punte hierbo genoem, hoekom sal die direkteure die programme in die jaarverslag wil noem? Verduidelik. (2)

4.2 Verskaf die ontbrekende syfers aangedui deur A tot G in die Kontantvloeistaat. Toon bewerkings om deelpunte te verdien. (18)

4.3 Bereken die finansiële aanwysers hieronder vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2013. Toon alle bewerkings om deelpunte te verdien.

4.3.1 Persentasie netto wins na belasting op verkope (3)

4.3.2 Skuld-ekwiteit-verhouding (3)

4.3.3 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (5)

4.4 Die direkteure is van mening dat die bedryfsdoeltreffendheid van die maatskappy verbeter het. Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers (met syfers) om hulle mening te staaf. (4)

4.5 Die aandeelhouers is gelukkig met hulle opbrengs, verdienste en dividende. Haal DRIE finansiële aanwysers (met syfers) aan en verduidelik dit om hulle mening te staaf. (6)

4.6 Nuwe aandele is aan die begin van die finansiële jaar teen R10,00 elk uitgereik. As 'n bestaande aandeelhouer, sou jy tevrede wees met hierdie uitreikprys? Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou (5)

Page 15:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

15

mening te verduidelik.

4.7

4.8

'n Groot leningterugbetaling is gedoen. Lewer kommentaar daarop of dit 'n goeie idee was of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou kommentaar te staaf.

Behalwe die dividende en die lening, watter ander groot besluite deur die direkteure word in die Kontantvloeistaat gereflekteer? Noem TWEE groot besluite en haal die betrokke syfers aan. Verduidelik ook hoe ELK van hierdie besluite in die toekoms tot voordeel van die maatskappy kan wees.

(4)

(6)

Page 16:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

16

INLIGTING:

1. Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 4 000 000 gewone aandele. Op 28 Februarie 2012 was daar 600 000 aandele in uitreik.

2. Inligting geneem uit die 2013-Inkomstestaat:

Verkope 6 200 000Waardevermindering 120 000Rente op lening 168 000Netto wins voor belasting 1 200 000Netto wins na belasting 840 000

3. Inligting geneem uit die Balansstaat:

2013 2012Vaste Bates (drawaarde) 7 125 000 6 931 000Bedryfsbates 575 000 419 000

Voorrade 135 000 80 000Rekeninge ontvangbaar 362 000 328 000SAID (Inkomstebelasting) - 9 000Kontant en kontantekwivalente 78 000 2 000

TOTALE BATES 7 700 000 7 350 000

Aandeelhouersbelang 5 285 000 4 000 000Gewone aandelekapitaal 4 590 000 3 600 000Behoue inkomste 501 2500 400 000

Niebedryfslaste: Venus Bank (8% p.j.) 2 100 000 2 800 000Bedryfslaste 508 750 550 000

Rekeninge betaalbaar 244 500 158 000SAID (Inkomstebelasting) 28 000 -Aandeelhouers vir dividende 236 250 210 000Bankoortrekking - 182 000

TOTALE EKWITEIT EN LASTE 7 700 000 7 350 000

4. Nuwe aandele is op 1 Maart 2012 teen R10,00 elk uitgereik.

5. 'n Tussentydse dividend van 30 sent is op 30 Junie 2012 betaal.

6. Op 31 Desember 2012, het die direkteure besluit om 75 000 aandele teen 1 050 sent per aandeel terug te koop van ‘n ontevrede aandeelhouer. Hierdie aandeelhouer het sy aandele op die JEB op verskillende tye teen verskillende pryse oor die afgelope jaar gekoop.

Inligting 7 op volgende bladsy.

Page 17:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

17

7. Die volgende finansiële aanwysers is vir die afgelope twee jaar bereken:

8. KONTANTVLOEISTAAT VIR JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2013KONTANTGEVOLGE VAN BEDRYFSAKTIWITEITE

Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteiteRente betaal (168 000)Inkomstebelasting betaal ADividende betaal B

KONTANTGEVOLGE VAN BELEGGINGSAKTIWITEITE (314 000)Vaste bates aangekoop (400 000)Opbrengs uit verkoop van vaste bates 86 000

KONTANTGEVOLGE VAN FINANSIERINGSAKTIWITEITEOpbrengste van aandele uitgereik CTerugkoop van aandele DToename/Afname in lenings E

NETTO VERANDERING IN KONTANT EN -EKWIVALENTE FKontant en kontantekwivalente aan begin van jaar GKontant en kontantekwivalente aan einde van jaar 78 000

9. Die gepubliseerde jaarverslag het getoon dat die maatskappy geld aan die volgende spesiale programme gespandeer het.

Program A:Skenking van R200 000 aan die plaaslike buurtwagkomitee om misdaad te bekamp

Program B:Personeelopleiding ten bedrae van R200 000

2013 2012Netto wins na belasting op verkope ? 11,3%Bedryfsuitgawes op verkope 25% 32%Bedryfswins op verkope 22% 15,8%Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) ? 15,2%Verdienste per aandeel (VPA) 114 sent 90 sentDividende per aandeel (DPA) 63 sent 82 sentOpbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend (OOTKA) 19,6% 15,2%Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,7 : 1Rentekoers op geleende geld 8% 8%Netto batewaarde per aandeel (NBW) 755 sent 667 sentMarkwaarde per aandeel 840 sent 820 sent

60

Page 18:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

18

Aktiwiteit 5 (Geneem uit November 2014)

VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT: VERTOLKING EN KORPORATIEWE BESTUUR (75 punte; 45 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Meteoor Supermarkte Beperk, 'n publieke maatskappy. Die einde van die finansiële jaar is 28 Februarie 2014.

GEVRA:

5.1 Verwys na Inligting E:

Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur a, b en c) in die Vaste/Tasbarebate-nota vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014. (12)

5.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014. Sommige van die besonderhede en syfers is reeds in die ANTWOORDEBOEK aangebring. Toon bewerkings tussen hakies. (31)

5.3 By die AJV het 'n aandeelhouer gesê dat die Kontantvloeistaat swak besluite deur die direkteure toon.

Verduidelik TWEE punte, met relevante syfers, om sy mening te staaf. (4)

5.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2014:

5.4.1 Netto batewaarde per aandeel (3)5.4.2 Skuld-ekwiteit-verhouding (3)

5.5 Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal DRIE relevante finansiële aanwysers (werklike syfers/verhoudings/persentasies) en hulle neigings aan. (9)

5.6 Die direkteure het besluit om die lening gedurende die huidige finansiële jaar te verhoog. Haal TWEE finansiële aanwysers (werklike syfers/verhoudings/ persentasies) aan wat relevant is tot hul besluitneming. Verduidelik waarom dit 'n goeie besluit was, of nie. (8)

5.7 Die Bakker-familie besit 740 000 aandele in hierdie maatskappy. Verduidelik die uitwerking wat die terugkoop van aandele op 31 Desember 2013 op hul beheer oor die maatskappy gehad het. Gee 'n berekening(e) om jou antwoord te staaf. (5)

Page 19:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

19

INLIGTING:

A. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014:

Rente op lening (alles gekapitaliseer) 88 500

Netto wins voor belasting 1 575 000

Inkomstebelasting 441 000

B. Uittreksel uit die Balansstaat soos op:

28 Feb. 2014 28 Feb. 2013

Bedryfsbates 3 337 300 4 641 000

Voorrade 818 200 641 000

Handelsdebiteure 2 377 600 1 512 000

SAID: Inkomstebelasting 128 000 -

Kontant en kontantekwivalente 13 500 2 488 000

Aandeelhouersbelang 8 839 000 7 400 000

Gewone aandelekapitaal 8 700 000 6 600 000

Behoue inkomste 139 000 800 000

Verbandlening: Excel Bank(rentekoers: 12,5% p.j.) 908 000 508 000

Bedryfslaste 2 063 700 1 302 000

Handelskrediteure 678 700 700 000

Aandeelhouers vir dividende 870 000 480 000

Oortrokke bankrekening 515 000 -

Page 20:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

20

SAID: Inkomstebelasting - 122 000

C. Aandeelhouersregister:

DATUM BESONDERHEDE1 Maart 2013 1 200 000 uitgereikte aandele

31 Maart 2013 300 000 aandele uitgereik teen R8 elk

31 Desember 2013 Die maatskappy het 50 000 aandele, teen R9,50 elk, by 'n ontevrede aandeelhouer, S Smit, teruggekoop. Die gemiddelde prys van alle aandele tot op datum uitgereik, was R6 per aandeel.

28 Februarie 2014 1 450 000 uitgereikte aandele

D. Dividende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2014:

Tussentydse dividende op 31 Augustus 2013 betaal R750 000

Finale dividende op 28 Februarie 2014 verklaar R870 000

Page 21:  · Web viewJy word voorsien van inligting met betrekking tot Classico Beperk. Die finansiële jaareinde is op 31 Oktober 2014. Nuwe aandele is op die eerste dag van die finansiële

21

E. Vaste/Tasbare bates:GROND EN GEBOUE

VOERTUIE

Drawaarde aan die begin van die finansiële jaar

2 689 000 1 880 000

Kosprys 2 689 000 3 250 000Opgehoopte waardevermindering - (1 370 000)

BewegingsToevoegings teen kosprys a 330 000Bateverkope teen drawaarde - bWaardevermindering - c

Drawaarde aan die einde van die finansiële jaar

6 740 000

Kosprys 6 740 000 3 440 000Opgehoopte waardevermindering -

Addisionele inligting in terme van vaste/tasbare bates:

(i) 'n Voertuig is op 31 Mei 2013 teen drawaarde vir kontant verkoop. Die volgende uittreksel van die voertuig wat verkoop is, is uit die Vastebateregister geneem:Kosprys: R140 000 Datum aangekoop: 1 Maart 2012Waardeverminderingskoers: 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode

FINANSIËLE JAAREINDE

WAARDE-VERMINDERING

OPGEHOOPTE WAARDEVERMINDERING

28 Februarie 2013 28 000 28 00031 Mei 2013 5 600 33 600

(ii) 'n Nuwe voertuig, wat R330 000 gekos het, is op 1 Januarie 2014 aangekoop en per tjek betaal.

(iii) Waardevermindering op voertuie word afgeskryf teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.

(iv) Nuwe perseel (grond en geboue) is gedurende die finansiële jaar bekom.

F. Finansiële aanwysers:28 Feb. 2014 28 Feb. 2013

Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,1 : 1Netto batewaarde per aandeel (NBA) ? 617 sentBedryfsverhouding 1,6 : 1 3,6 : 1Vuurproefverhouding 1,2 : 1 3,1 : 1Voorraadomsetsnelheid 6,8 keer p.j. 5,1 keer p.j.Debiteure-invorderingstermyn 40 dae 35 dae% opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 18,8% 16,4%

75