6
deur Dallas Phillips & Daleen Potgieter 1. SELEKSIE * Selekteer diere vir veiling 4 - 6 maande (waar moontlik 'n jaar) voor die tyd * Selekteer volgens geslag, want : - verse word makliker vet, wat vertoon in die bors- stuk, indien hulle te vroeg te veel kragvoer in hulle rantsoen kry - manlike diere kan reeds van die begin af baie kragvoer in hulle rantsoen kry - koeie met kalwers neem ook langer om 'n puik kondisie te verkry en kan dus vroeër kragvoer ontvang * Selekteer meer beeste as wat jy werklik beplan om te verkoop op die veiling, want : - beserings kan plaasvind - onvrugbaarheid kan intree - sommige diere kan beter presteer en vertoon op 'n ryper ouderdom as ander * Selekteer diere in kleiner groepe en volgens gewig, want : - groter diere kan kleineres makliker domineer by voerbakke - moontlike ernstige beserings te probeer voorkom * Weeg ongeveer elke 2de week diere en sorteer weer, want : - dit help dat diere gemakliker meng en vreedsaam wei - almal genoeg voer kan kry - probeer om beserings hierdeur te voorkom 2. SYFERS * Nadat diere geselekteer is kontroleer elke dier se rekenaardata Twee jaar oue bulle moet tussen 700 en 800kg weeg. * Verseker dat al die verpligte informasie (vlg ras- standaarde) wel op die databasis verskyn 3. VISUEEL * Kontroleer elke dier se tagg nr met sy tatoeëer nr (moet ooreenstem) - verseker dat die dier wel getatoeëer is

1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

deur Dallas Phillips & Daleen Potgieter

1. SELEKSIE* Selekteer diere vir veiling 4 - 6 maande (waar moontlik

'n jaar) voor die tyd* Selekteer volgens geslag, want :

- verse word makliker vet, wat vertoon in die bors -stuk, indien hulle te vroeg te veel kragvoer in hullerantsoen kry

- manlike diere kan reeds van die begin af baiekragvoer in hulle rantsoen kry

- koeie met kalwers neem ook langer om 'n puik kondisiete verkry en kan dus vroeër kragvoer ontvang

* Selekteer meer beeste as wat jy werklik beplan om teverkoop op die veiling, want :- beserings kan plaasvind- onvrugbaarheid kan intree- sommige diere kan beter presteer en vertoon op 'n

ryper ouderdom as ander* Selekteer diere in kleiner groepe en volgens gewig, want :

- groter diere kan kleineres makliker domineer byvoer bakke

- moontlike ernstige beserings te probeer voorkom* Weeg ongeveer elke 2de week diere en sorteer weer,

want :- dit help dat diere gemakliker meng en vreedsaam

wei- almal genoeg voer kan kry- probeer om beserings hierdeur te voorkom

2. SYFERS* Nadat diere geselekteer is kontroleer elke dier se

rekenaardataTwee jaar oue bulle moet tussen 700 en 800kg weeg.

* Verseker dat al die verpligte informasie (vlg ras -standaarde) wel op die databasis verskyn

3. VISUEEL* Kontroleer elke dier se tagg nr met sy tatoeëer nr

(moet ooreenstem)- verseker dat die dier wel getatoeëer is

Page 2: 1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

6. INSPEKSIE* Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou

veilingsdiere aan- verskaf die nodige nommers van veilingsdiere aan

die kantoor en vra "inspeksielys" aan- jyself is verantwoordelik dat alle veilingsdiere en hulle

informasie op die "inspeksielys" verskyn- die kantoor sal die verantwoordelike persoon kontak

met die versoek- die kantoor sal jouself en Inspekteur van Inspeksie -

lyste voorsien, sodra dit aangevra word- reëlings vir inspeksiedag / datum sal tussen jouself

en Inspekteur geskied- nadat diere geinspekteer is sal die Inspekteur die

"goedgekeurde" diere brand met die "$X" brandmerkop die dier se linkerblad

7. VEILING AANPASBAARHEID* Indien diere ver moet reis, verseker dat hulle 'n paar

dae voor die veiling reeds by die bestemmIngs is omaan te pas

* Vermeerder hulle rantsoen geleidelik na hulle aankomstot volle rantsoen, na ongeveer 24 uur

8. VERTOON VAN DIER* Aangesien voornemende kopers reeds vroeg die oggend

van die veiling opdaag is dit noodsaaklik dat die dier, kraalen touleier vroeg reeds netjies is, daarom sal dit help

* Dit moet vroeg genoeg gedoen word, sodat daarvoldoende tyd oor is vir die dier om is wanneer voor -nemende kopers opdaag

Wees trots op jouself en jou diere!

* Beskou elke dier volgens die rasstandaard en versekerdat die dier daaraan voldoen- diere is onthoring- hare in ore is oopgesny vir sigbaarheid van tagg nr

en tatoeëer nr- hare op stertwortel is kort gesny- diere se hoewe groei nie in of is te lank nie- diere het die nodige kondisie- vroulike diere se uier en 4 spene is gebalansseerd- skrotum van manlike diere is korrekte grootte, nie

gedraai of enkel nie

4. VOEDING* Daar moet altyd voldoende, skoon drinkwater wees* Krippe moet minstens 3 keer per week gewas word* Dit is noodsaaklik dat ruvoer altyd ad lib beskikbaar kan

wees* Vars voer word ook makliker ingeneem as voer wat vir

ure / dae reeds staan, dus :- probeer om 2 keer per dag te voer

* Dit is baie belangrik dat alle bestanddele van die spesifiekerantsoen, akkuraat gemeet word, dit verseker dat :- rantsoen 'n goeie tekstuur het- smaakvol is- maksimum inname verseker

* Ongeveer 15% van 'n dier se voerinname per dag moet'n goeie gehalte hooi wees

* Verseker dat daar genoeg voerbakke en spasie is sodatal die diere gelyktydig kan vreet

* Moenie onnodig aan die rantsoen verander nie, dit kanhulle mae omkrap en lei tot moontlike gewigsverlies

* Neem dieselfde rantsoen saam na die veiling vir dietydperk wat dier daar sal vertoef

* Volgens Dr Hinner Köster se artikel in die Veeplaas vanApril 2014 word die volgende aanbeveel vir 'n voedings -program- diere voor 08:00 gevoer moet word, ongeveer 40 - 50%

van die dier se totale inname en weer om 13:00 die res- ruvoer moet verkieslik ten alle tye beskikbaar wees,

ad lib- gebruik 'n hamermeul-sifgrootte grootte tussen 6mm

- 8mm gebruik- Melasse teen 8% - 16% help om 'n goeie tekstuur en

smaak daagliks by rantsoen gevoeg kan word virsmaak en tekstuur

- hoë gehalte hooi per dag gevoer word - ten minste12% - 15% van dier se totale voerinname

- 'n aanpassingperiode van 14 dae met 15 - 20% hooiverskaf optimale rumen-gesondheid

5. PRAKTIESE RAAD* Vra 'n mede teler, buurman of vriend om objektief na jou

diere te kom kyk vir :- 'standaard korrektheid- 'kondisie- 'algemene voorkoms

Sussex Genootskap Strategiese SessieDie Sussex Genootskapslede het ‘n baie suksesvollestrategiese sessie gehou op 22 en 23 Januarie inBloemfontein, wat deur 27 lede bygewoon is. Na afloopvan die eerste dag se sessie, het die lede die aand heerliksaam gebraai en ontspan. Die fasiliteerder was die baiebekende Joep Joubert uit die Wes-Kaap, wat ‘n nuweperspektief vir die lede gegee het.Lesings is ook gegee deur dr Piet van Zyl, bekendeveearts van Heilbron en Charl Hunlun van SA Stamboek.

Page 3: 1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

Vryburg Skou Streekskampioenskap Drie telers met sowat 40 diere het deelgeneem. Die volgendediere is as kampioene aangewys:

Wenners: BulleRaskampioen bul – AJS 11-23, vertoon deur mnr NollieStofbergSnr kampioen bul – AJS 11-23, vertoon deur mnr NollieStofbergRes Snr kampioen bul – AJS 11-04, vertoon deur mnr NolliestofbergJnr Kampioen bul – AJS 12-40, vertoon deur mnr NollieStofbergRes Jnr Kampioen bul – AJS 12—30, vertoon deur mnrNollie StofbergBreedplan bul – JRE 13-173, vertoon deur HuntersvleiFase –D kampioen – PSS 12-2669, vertoon deur Pothou

Wenners: Vroulike diereRaskampioen vroulike dier – JRE 06-71, vertoon deurHuntersvleiSnr Kampioen vroulike dier – JRE 06-71, vertoon deurHuntersvleiRes Snr Kampioen vroulike dier – PSS 09-9309, vertoondeur PothouJnr kampioen vroulike dier – JRE 13-100, vertoon deurHuntersvleiRes Jnr kampioen vroulike dier – JRE 13-24, vertoon deurHuntersvleiVrugbaarheids klas – JRE 06-71, vertoon deur Huntersvlei

Vryburg Skou Interras Wenners Daleen en George Potgieter, Pothou Sussex: Fase D InterrasWenner Kampioen Vryburg Skou Nollie Stofberg, Platdrif Sussex: Reserwe Grootkampioen Bul

Elite Sentrale BulgroeitoetskompetisieBaie geluk aan NicoBou wer die Sussex Rasver teenwoordig het bydie SA Stam boek Vleis -sen traal Elite Sen traleBul groei toets kom petisiete Bloem Skou op 28April 2015 met die bulMNJB120020.

SUSSEX LEDE PRESTEERSussex wen by die Reitz-Bielie Mielie Fees Op 20 Februarie 2015 het Chris Nel van die Eversar SussexStoet die Sussex Ras verteenwoordig by die Reitz Bielie MielieFees. Sewe rasse het uitgestal en deelgeneem aan dieInterras Kompetisie. Sussex het die eerste plek behaal in die uitstalling en in dieInterras Kompetisie met die bul Eversar Barbados (CN 11-61),'n koei en haar pragtige kalf.

Bloem Skou Sussex uitstallingDie Oos-Vrystaat Sussex klub het vanjaar 'nuitstalling gehou by die Bloem Skou.Kiewiet van Jaarsveld het die uitstalling beman.

Royal SkouThe Royal Show is one of the oldest and most well at tendedagricultural shows in SA. An added benefit is it retains its traditionalfarm-focussed atmosphere and the Sussex clubhouse occupies aprime position on the edge of the main cattle judging arena. Thenwhen one enters the clubhouse to see the honours boards of pastchampion breeders occupying two walls, you realise thelongstanding link between the Royal and the Sussex breed. Thisyear the KZN Club with the help of the Society undertook torenovate the clubhouse at a costof R12,000 so that by the time theshow came around, the club -house was spick and span. Thisyear in addition to normal entriesin the ring, we exhibited someanimals in a pen on the lawn infront of the clubhouse which drewa lot of attention.In addition to Bulls Run stud fromUnderberg and Vigorex fromVrede who both showed two animals, the prize for dedication andeffort must go to Gray Maclean Stud of East London! The 4 animalsshowed by Linden Hewson travelled an average of 15 hours eachway and coped well with such long distance travel. The variousclasses were judged on the 3rd June by Martin Seyferdt. TheJunior champion bull was won by Liege Lamb of Bulls Run, Juniorand Grand Champion female by James Stephen of Vigorex, whilethe Senior Champion bull was won by Linden Hewson of GrayMaclean. To round off an interesting morning, the Jnr championbull belonging to Liege Lamb was made the Grand Champion bullfor 2015. Congratulations to all breeders who attended the showand next year we hope to see an improved entry at what is one ofthe three classic agricultural shows in the country.

Linden Hewson’s lead bull

SSXMLAM1303 - Junior and GrandChampion (Liege Lamb Bull's RunSussex)

Page 4: 1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

Welkom nuwe ledeCarel J. C. van Tonder, Cana SussexPieter van der Byl Smuts, Delsma SussexWillem Bosch, Echodale SussexBush en Jacques Joubert, Olywenfontein SussexJackie Theron, Therizona SussexDaan Human, Dawieda Sussex

JULIEGWK Alle Ras Bulveiling 16AUGUSTUSRhys Evans Group en Pothou Produksieveiling 5Kuruman Bulveiling 7Stotterheim sussex Produksie Veiling - 18th Production Sale 25SEPTEMBERAvoca and Mountain Shadows 2d Production Sale at the “Toll Inn” In Aliwal North 1Elliott Bulveiling 4Eversar Sussex Veiling - 22ste Produksie veiling 8Vryburg September Stoetvee Veilng 10Stampriet veiling Namibië 11Swartland Veeboere Veiling te Bossiesvlei, Moorreesburg 17Faurzyl Sussex Veiling - 14de Produksie veiling 17Barkly Oos Veiling 18OKTOBERRouxville Bulveiling 8Namibie Paresis Vroulike diere Veiling 8Namibie Paresis Bul Veiling 9NOVEMBEROtterkuil Produksie Veiling 6Vryburg Stoetvee Veiling 19

Komende veilings

VEILINGSLet asseblief daarop dat twee weke voordat u afslaer dieveilingskatalogus wil begin druk, moet u reeds u diere seinligting aanvra van die Sussex Kantoor.Is u weeglyste ingevul? Volgens rasstandaarde moet u dieregeboortegewig, speen en 12 of 18 maande gewigte ingestuurwees en moet u speenindekse ‘n gemiddeld van 90 hê.Kontak Daleen Swanepoel by SA Stamboek vir meer inligtingen u lyste 0514100906/ [email protected] Inspeksie wenke

deur Raadslid Dallas Phillips

Het jy ‘n drukgang? Het jy ’n werker om te help die diere aante keer/ weg te keer? Is jou beeste by ‘’n kraal vir dieInspeksie; indien nie; sodat hul geïdentifiseer kan word. Is joudiere se syfers volledig en korrek/ voldoen dit aan dieRasstandaarde? Inspeksie word met syfers en die ooggedoen. Kry ‘n gratis kraalboekie by Stamboek vir maklike rekord -houding. (Elsa van den Berg: [email protected]/0514100970)

Semen Skenkers benodig: Ons het 'n mark vir Sussex semen strooitjiesSussex stoettelers word gevra om bulle beskikbaar te stel assemenskenkersKontak: 0514100967/ [email protected]

Nampo 2015Hierdie jaar se Sussex uit stalling by Nampo was weer eens ‘ngroot sukses, en het goeie aftrek gekry. Daar is wyd navrae

ontvang, vernaam oor Sussex inkruisteel stelsels. Baie dan kie aan mev DaleenPotgieter virhaar uit ste -ken de werk,en ook al dielede van dieS e n t r a l eSus sex klubwat ge helphet met dier e ë l i n g s .Dankie ookaan Hun -tersvlei wat

die diere ver skaf het, en al die Sussexlede wat diens gedoen het by dieuitstalling.

Sussex komende Media ArtikelsLBW : SX - Afrikaner kruisteelt by Skietlaagte

: Simenthaler x SX: Avoca

Veeplaas & Stockfarm Augustus: SX x inheemse rasse

Het u nuus vir 'n moontlike artikel?Skakel James Stephen 0824940015

Ouerskapsverifikasie 2014Baie geluk aan die volgende lede wat hul SA Stamboekouerskapsverifikasie suksesvol afgehandel het: Rohan Meintjies - Sterkfontein Sussex, Nico Bouwer -Witkwas Sussex, Anthony Evans - Rhys Evans Group

Upington SkouInterras Upington Expo 29 April - 2 Mei 2015Sussex was goed verteen woordigdeur: Kyknousussex met dievertoning van 4 bulle.Die interras skou is verteen woordigdeur: Sussex, Santa Ger truides,Simbras, Brangus, Limou sines,Brahmane, Borans en Cianinas.Kyknousussex het weggeloop met die junior kampioen bul,senior kampioen bul, groep kampioen asook reserwe grootkampioen bul.

Page 5: 1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

Dankie aan ons borge:FNB, Molatek, Du Toitskloof Wyne, Sky country, André Pretorius Fotografie, Veeplaas

Ons dank aan Plaas Publishingvir die 2015 Sussex Veeplaasen Stockfarm Bylaag wat opdie rak sal verskyn op 29 Junie2015Ekstra kopieë kan by dieSussex Kantoor aangevraword.

Tel: 053-832 5227/8 Posbus 3570 Faks 053-832 6245/6 DIAMOND 8305

KLUBS

Kopersvraelys Baie dankie aan ons kopers en ons lede wat ons vraelysingevul het.

Kommentaar van ons kopers:

“Het verander vanaf Hereford na Sussex. Sê baie. ”

“Maklike kalwing. Goeie bouvorm. Vroeg markgereed. Makbulle”

“Temperament wonderlik! Kalfgewig op 8 maande puik!”

Baie geluk aan koper Brenda Davidson, die wenner vanons Sussex pet en hemp.

Sentrale Sussex klub keurders kursusDie jaarlikse Sussex keurders kursus is op 2-3 Julie 2015 deurdie Sentrale Sussex klub te Huntersvlei aangebied. Die kursusis gelei deur mnr Dallas Phillips, bygestaan deur mnr ChrisNel, en interras beoor de laar Heinrich Bruwer. Die teorie isafgeskop met voorleggings deur dr Helena Theron en Siebert

Vermeulen wat die16 kursus gangerstouwys ge maak hetoor die nuutste ver -anderinge met BLUPwaardes, en dievoorstelling daarvan.Hierna het mnrHeinrich Bruwer dieraseienskap pe en

inspeksie standaarde bespreek, waarna mnr chris Nel diepraktiese gedeelte hanteer het. Na die heerlike braaivan die vorige aand,het eers die teorieeksamen en daarnadie praktiese eksa -men plaasgevind opVrydag oggend.Baie geluk aan al diedeelnemers, envoorspoed met dieuitslae!

Bemarking: Sosiale MediaVolg ons op: Facebook; Pininterest; Twitter; Linked In

Stuur nuus en foto's vir plasing na [email protected]

Komende Aktiwiteite

SUSSEX SÊ DANKIE/ SUSSEX SAYS THANK YOU

LNR Spesiale Prestasie Toetsklas 2015Baie geluk aan JuniorKeyser van Blema baKan Sussex Stoet watdie Sussex Ras salverteenwoordig by dieLNR Spesiale Pre -stasietoetsklas 2015op 28 Augustus Jaka -ran da Skou in Pretoriamet Blema ba KanIRFAAN GBK 13012.

Agri Mega 16 - 19 Sep Bredasdorp

Agri Cape Week Worcester 28-31 Okt

Page 6: 1. SELEKSIEsussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2015-01.pdf · * Kontak die kantoor en versoek 'n "INSPEKSIE" van jou veilingsdiere aan - verskaf die nodige nommers van veilingsdiere

Congratulations to our winners: 1. Overall Winning Photo for 2015:

Rohan and Dylan Meintjes Sterkfontein Sussex Stud (photo -grapher: André Preto rius Fotografie) Prize: R2 000.00 credit on the Society Account.

2. Sussex Bulls: Rohan and Dylan Meintjes Sterk -fontein Sussex Stud (photographer:André Pretorius Fotografie) Prize: R500.00 crediet on the SocietyAccount and a free breeders’ profileon the webpage to the value ofR750.00.

Second: Rohan en Dylan MeintjesSterkfontein Sussex Stoet (photo -grapher: André Pretorius Foto grafie)

Third: Liege Lamb, Bull's RunSussex Stud

2. Sussex Female Animals: First: Rohan and Dylan MeintjesSterkfontein Sussex Stud (photo -grapher: André Pretorius Fotografie) Prize: R500.00 crediet on the SocietyAccount and a free breeders’ profileon the webpage to the value ofR850.00.

Second: James Stephen, VigorexSussex Stud (photographer: WayneSouthwood)

The Society wishes to thank the Veeplaas editorial staff member Chris Jooste who chose thewinning photo’s anonymously:

Third: James Stephen, VigorexSussex Stud (photographer: WayneSouth wood)

3. Open Section: First: Albert Kotze, Almaija SussexStud (photographer: André PretoriusFotografie) Prize: R500.00 crediet on the SocietyAccount and a free breeders’ profile onthe webpage to the value of R850.00.

Second: Second: David Human, DawiedaSussex (photographer: André PretoriusFotografie) Pretorius Fotografie)

Third: De Villiers Lamprecht, SantoriSussex Stoet (photographer: AndréPretorius Fotografie)

4. Sussex Animals Interactive:

First: David Evans, Rhys Evans GroupPrize: R500.00 crediet on the SocietyAccount and a free breeders’ profile onthe webpage to the value of R850.00.

Second: photo 49: Rohan and DylanMeintjes Sterkfontein Sussex Stud(photographer: André PretoriusFotografie) Pretorius Fotografie)

Third: Albert Kotze, Almaija SussexStud (photographer: André PretoriusFotografie)