16
MATRIEKBLAD 28 November 2016 Uitgawe 9 2016

28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

  • Upload
    haphuc

  • View
    312

  • Download
    4

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

MATRIEKBLAD

28 November 2016 Uitgawe 9

2016

Page 2: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

André Conradie

My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is van die blye herinneringe.

Ek beplan om volgende jaar 'n B.Sc. in fisika en astrofisika of elektriese ingenieurswese in die Kaap te swot.

In die woorde van Venus Williams: "Just believe in yourself. Even if you don't, pretend that you do and, at some stage, you will."

Cuyler Janse van Vuuren

Ek sal die kuier saam die boys en al die sportwedstryde onthou, veral die Classic Clash en die wen teen Framesby. Sovêr gaan ek volgende jaar ingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch doen. Ek wil dankie sê vir my vriende, vir al die grappe en vir my ouers vir hulle ondersteuning. Dankie, aan Liané vir haar liefde en dankie aan al die onderwysers wat 'n invloed op my lewe gehad het. My boodskap: Jy gaan eendag doodgaan maar die res van die dae gaan jy nie, so maak soveel herinneringe as moontlik terwyl jy kan. Killer

Allistaire AbrahamsHerinneringe: Pouses saam met vriende; die snoepie; Skeinat-eksperimente; juf. Roux se stories; Wiskunde-huiswerk; af tyd in die RTT-klas na 'n kort les. Volgende jaar gaan ek B.Com. regte by NMMU studeer. Dankie, aan juf. Koekemoer wat my ondersteun het in donker tye; aan juf. Kriel vir wie se grappies ek altyd gelag het en saam met wie ek geskinder het; juf. Maritz wat my goeie lewenslesse geleer het; my vriende wat altyd daar was en gehelp het waar hulle kon. Boodskap:Deutr.20:4 "Die Here jou God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyand te veg, om julle die oorwinning te laat behaal."Ally

Cursten Adams

Herinneringe: Ek sal nooit die lekker pouses vergeet nie. Dit was altyd lekker om my vriende by die skool te sien. Die tye wat ons jokes gemaak het, was altyd on point.

Volgende jaar: Ek gaan universiteit toe maar ek is nog nie seker wat ek gaan studeer nie.Dankie: Ek wil dankie sê aan almal, my vriende, familie en onderwysers. Dit was baie lekker om in Brandwag te wees en ek sal die tye nooit vergeet nie.My boodskap: Push harder than yesterday if you want a better tomorrow.

Monré Allers

Ek sal my komediante (d.i. my vriende) vir altyd onthou. Dit was ook 'n voorreg om twee OP-rugbyspelers, Andries Strauss en Darron Nell, persoonlik by die skool te ontmoet.Volgende jaar gaan ek B.Com. (Rekeningkunde) by NMMU studeer.Ek wil vir mnr. Van Schalkwyk bedank vir alles wat ek op die rugbyveld geleer het. Oor die algemeen wil ek al my onderwysers bedank vir al die moeite en tyd wat hulle ingesit het.Boodskap: Glo in jouself.Joostie

Abigail Arries

Ek sal altyd die Brandwag-gees onthou, veral as ons teen DP speel dan kon jy duidelik die band van grys en groen sien. Volgende jaar wil ek onderwys by NMMU of UCT gaan studeer. In die toekoms wil ek 'n beter mens wees as wat ek reeds is en ek wil suksesvol wees in alles wat ek doen. Juf. Basson het die grootste indruk op my gemaak. Ek was van gr.8 af in haar registerklas en sy het nooit opgehou glo in my nie. Dit het my gedruk om beter te wees. Gryp elke geleentheid wat Brandwag jou bied en geniet elke oomblik. Soos Ghandi gesê het, jy moet die verskil wees, so maak die verskil.

Eliska Büchner

Wat my die meeste sal bybly, is hoe die skool altyd met trots en op hul hardste "Ons is die Skool" kon sing, definitief ook stoepoorneming, die matriekafskeid en POUSES.

Ek gaan volgende jaar tandheelkunde of medies studeer.

Dankie aan elke onderwyser en vriend wat so 'n groot invloed op my lewe gehad het, ek waardeer dit opreg. Spesiale dankie aan juf. Van der Walt, juf. Koekemoer en mnr. Baxter. Die Brandwagters wat agterbly, neem deel aan alles, doen alles met oorgawe en wees trots op ons skool.

Carol Drake

Elke dag van die 5 jaar hier in Brandwag is vir my kosbare herinneringe, oomblikke wat ek nooit sal vergeet nie. Ek gaan volgende jaar B.Com. logistieke bestuur by NMMU studeer.'n Spesiale dankie aan die volgende onderwysers; juf. Meyer, Currie, Roux, Duvenhage, Britz en Koekemoer en ook aan mnre. J. Meyer, M. Meyer en Baxter.

My boodskap aan julle wat agter bly: Moenie die tyd verby wens en kla oor skool nie, jy bereik niks. Leef eerder elke dag asof dit jou laaste is, want daar is nie tyd vir “ek wou nog” nie.

Abendego Adams

Ek sal vir my skooldae altyd onthou, veral die dae wat ek en my vriende touchies gespeel het in die bomskuiling.

Volgende jaar gaan baie hard wees vir my. Ek het alreeds werk gekry, maar tussenin gaan ek leer ook.

My boodskap aan die matrieks van volgende jaar is "never give up on your dreams".

Appel

Charisa Alberts

Ek sal altyd die Brandwag-gees onthou. Volgende jaar gaan ek deur Unisa onderwys vir gr. R. tot 3 studeer en by 'n skool werk. Ek sal graag wil dankie sê vir elke onderwyser en leerder wat my skooljare in Brandwag iets besonders gemaak het. Sonder goeie vriende en vriendinne sou skool nie dieselfde gewees het nie. Daar is 'n hele paar onderwysers wat 'n verskil in elkeen van ons se lewens gemaak het, almal het iets bygedra. As ek iemand moet uitsonder sal dit mnr. M. Meyer en mnr. Koekemoer wees wat iets groots in my skoolloopbaan beteken het. Waardeer elke oomblik van jou skoolloopbaan, jou ouers en onderwysers. As jy jou oë uitvee, is alles verby.

Gorban ArendsEk sal altyd my vriende onthou, asook die onderwysers en hulle inspirerende boodskappe wat my gemotiveer het en al die grapjasse wat ek oor die afgelope 5 jaar teëgekom het. Volgende jaar gaan ek by NMMU verder studeer. In die toekoms wat voorlê wil ek 'n indruk maak op ander se lewens en graag na my ouers omsien en vir hulle sorg. Die lekkerste oomblikke wat ek kan onthou, was by die matriekafskeid, die tye wat almal hulle kele droog geskree het en ons vorige hoof mnr. Meyer wat ons met elke vierkantopening met die snaaksste grappies verwelkom het. My boodskap aan almal is om nooit op te gee nie en te weet "patience is key". No pain, no gain. Gorbz

Logan Baartman

Die ding wat ek nooit sal vergeet nie, is die mal tye en die bankery saam met die guys.

Volgende jaar gaan ek verder studeer.

Ek gaan skool baie mis, want daar is niks soos skool nie.

Page 3: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Tamryn BaartmanEk sal altyd ek en my vriende se ongelooflike tye op die matriekstoep onthou - al ons grappies en stories wat ons elke dag vir mekaar verte hetl. Ons Toerisme D-klas, "Class of '16", sal ek ook nooit vergeet nie. Ons kon altyd met juf. Von Willigh gesels en grappies maak. Volgende jaar wil ek graag onderwys studeer by NMMU. Graag wil ek hierdie oomblik gebruik om dankie te sê vir juf. Roux wat ons altyd ondersteun en uitgehelp het as ons dalk probleme by die huis en selfs by die skool gehad het. Ek wil ook dankie sê vir juf. Von Willigh wat net daar was vir ons, ek sal nooit Juffrou se grappies vergeet nie. Wees altyd positief en maak matriek jou hoogtepunt. Jou matriekjaar is die belangrikste skooljaar, so leer hard. Tammy

Jason Banks

Ek sal nooit die onnies kan vergeet nie, veral dié wat ek so baie grys hare gegee het, jammer juf. Koekemoer.Ek gaan volgende jaar fokus op my potspel en vir Despatch rugby speel.

Dankie aan Joshua, Jeandré, Lompie en veral Veronique wat altyd daar was wanneer ek iemand nodig gehad het.My boodskap aan die gr. 11's is, gee jul als want, onthou, wat jy saai sal jy maai.

BANKZ

Renaicha BassonWat ek altyd sal onthou, is ons stoepoorneming, die grappies tydens pouses en elke oomblik wat ons as matrieks geniet het. Ek sal verskriklik baie na my vriendekring verlang en selfs na die onderwysers vir die fantastiese opleiding wat hulle my gegee het. Mnr. Morné Meyer het 'n groot indruk op my gemaak. Ek sal Meneer se grappies altyd onthou en asook die naam "Mama-China" wat al bekend is by almal. Volgende jaar wil ek graag verpleegkunde studeer om iets van my lewe te maak. My Boodskap aan al die leerders: "Remember, education is the key, so make the BEST of it!"Donsie

Christian Berry

Ek sal nooit die matriekafskeid vergeet nie. Dit was die beste geleentheid van my matriekjaar.

As dit nie vir Brandwag was nie, sou ek nooit my meisie Gillian ontmoet het nie. Ons pouses op die matriekstoep was onvergeetlik.

Laastens, die onderwyser na wie ek die meeste sal verlang, is mnr. M. Meyer en sy Geskiedenis.

Tilana BezuidenhoutDaar is soveel lekker herinneringe van my skoolloopbaan by Brandwag, maar die ding wat ek definitief sal onthou is toe ek as 'n gr. 8-leerder by die trappe gegly en af gehop het, toe kyk al die matrieks na my en begin lag. Ek gaan volgende jaar onderwys (intermediêre fase: natuurwetenskap en wiskunde) by NMMU studeer. Ek wil graag elke onderwyser in Brandwag bedank vir hulle hulpvaardigheid, omgee en vriendelikheid. Ek wil ook my vriendinne en vriende bedank wat my skoolloopbaan lekker gemaak het. My boodskap aan die res: Maak die beste van jou skooljare en geniet dit, want dit gaan ongelooflik vinnig verby! Tillie

Nidine Boshoff

Ek sal altyd juf. Roux se groet op 'n Vrydag onthou. Ek sal ook die weird gesprekke tydens pouses en die glans en glorie van ons matriekafskeid onthou.Ek gaan volgende jaar onderwys studeer en hopelik 'n sukses van dit maak.My vriende en onderwysers het definitief 'n groot indruk op my gehad en ek sal altyd dankbaar vir dit wees.Brandwagters: Sterkte met alles wat julle moet aanvat in die jare wat voorlê en onthou, soos juf. Roux sê, "As die emosie styg, daal die IK."

Lenicia Bagley

Herinneringe: Ek sal verewig elke oggend by Brandwag onthou, asook my naaste vriende, pouses, trane, lag, stryery, stoepoorneming en veral die matriekafskeid. Volgende jaar gaan ek kuns studeer by die Universiteit van Vrystaat. Dankie aan al die onderwysers, vriende en familielede wat my bygestaan het gedurende my hele hoërskoolloopbaan. Boodskap: Moet nooit dink jou harde werk, trane en onderwysers se straf is onnodig en verniet nie, dis juis dit wat ons stoot tot aan die einde van die tonneltjie.

Nunu

Yvonne Barnard

Die beste tye wat ek sal onthou, is die snaakse grappe en al die lewenslesse wat ek geleer het. My opsies is nog oop vir volgende jaar, maar ek weet dat ek 'n sjef wil word. Ek wil graag dankie sê aan die volgende onderwysers juf. Roux , juf. Hattingh, mnr. Von Willigh, juf. Duvenhage en juf. Huisamen. My boodskap aan 2017 se matrieks is: ''The best memories are caught with the human eye and human actions, so live life to the full."Vonnie

Veronique BellinganDie gesellige stoep-kuiertjies pouses was altyd lekker en daar was altyd drama betrokke. Die gees by hokkie-oefeninge en -wedstryde en die danse op toere sal altyd 'n goeie herinnering in my lewe bly. Al die onderwysers se geselsies, om enige periode verby te praat en nie te werk nie, was altyd 'n prioriteit in die matrieks se oë. Ek is nog nie seker oor wat ek volgende jaar gaan doen nie. Dankie aan al die onderwysers wat 'n groot bydra in my skoolloopbaan gemaak het, sonder julle sou skool nie 'n pret, plesierige herinnering gewees het nie. Mrs. Roux, we love you. Leef die lewe voluit en geniet elke oomblik daarvan. Nikki

Inge Bezuidenhoudt

Dis moeilik om 5 jaar se herinneringe op te som. Klas by mnr. Morné Meyer was altyd 'n hoogtepunt. Pouses se lag en gesels sal ek ook altyd koester. Volgende jaar wil ek eers begin werk en selfstandig word. Daarna gaan ek regte studeer. Baie dankie vir al my vriende en vriendinne wat daar was vir my deur die goeie en slegte tye. Dankie ook vir juf. Basson wat my baie gehelp het om my karakter te vorm. Vir die wat agterbly: Psalm 27:14 "Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!"

Ruben Blom

Ek sal nooit die lekker pouses saam met my vriende vergeet nie. Ek besluit nog of ek volgende jaar gaan studeer en of ek oorsee gaan werk.Ek wil dankie sê vir my suster, my meisie en al my vriende vir hul liefde en motivering deur die moeilike tye.

Those who put everything in God's hand will eventually see God's hand in everything.

Blommie

Yolandé Bosman

Ek sal altyd onthou watter wonderlike onderwysers daar by Brandwag is. Ek sal nooit die laaste dae van skool vergeet nie, want dit was die lekkerste deel van skool.

'n Mens kan nie vooruit beplan nie. God is in beheer, maar my droom is om te boer van die Kaap se jare af al.

Dankie aan almal wat my bygestaan en gehelp het.Moenie uit mis op dit wat oor is in jou skoolloopbaan nie.

Sterte aan almal.

Page 4: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Annika BothaDie plan is om my passie uit te leef en by die filmskool, AFDA, en 'n B.A. -graad in Motion Picture Medium te voltooi.Ek gaan my tweeling besties baie mis en sal altyd onthou hoe ons ACJ, ons YouTube channel probeer "promote" het. Ek wil net baie dankie sê aan juf. Koekemoer wat my skoolmamma was van gr. 8 tot matriek. Ek glo ons peanut gallery sal Juffrou baie mis. Juf. Smith het klas altyd eksoties en fantasmagories gemaak. Superslim juf. Van der Walt wat altyd kon verduidelik as 'n mens gesukkel het met iets en alhoewel ek net vir 2 jaar klas gehad het by mnr. Morné Meyer, sal ek nooit die 'die maan is van kaas gemaak' stories vergeet nie!

Luán Büchner

Ek sal nooit my pouses vergeet nie. Dit was wanneer ek kon ontspan en 'n broodjie saam met my vriende geniet. Ek gaan na skool Amerika toe vir 5 jaar om op 'n plaas te gaan werk. Ek wil net dankie sê vir al my vriende wat daar was vir my deur dik en dun. My boodskap aan die leerders is dat julle elke dag volheid moet leef en hard moet leer van die eerste dag af anders gaan jy die wenstreep nie haal nie.

Lallie

Jurie Claassens

Ek sal altyd die goeie tye gedurende pouses onthou en ek sal my vriende en onderwysers almal onthou.

Volgende jaar gaan ek werk en deeltyds studeer om 'n elektrisiën te word. In die toekoms wil ek 'n argitek word en my eie gesin hê. Wiskunde is die vak wat die grootste indruk op my gemaak het. Vir my medeskoliere: Wees net jouself en doen net die beste van jou vermoë.

JJ / Johan

Armand de Bod

Hoërskool is van die lekkerste tye van jou lewe, byt vas en druk deur.

Volgende jaar gaan ek sagteware ontwikkeling by NMMU studeer.

Elmé de Jager

Herinneringe: Sokkies, kleure-atletiek, pawiljoenoptrede, pouses op die matriekstoep, stoepoorneming, die SRvL-kamp, #Brandwagkanselleernooit, die Classic Clash, 40 Days, balle, my netbalspan, Oudtshoorn-toere, die Eike en die Anibrandfees. Ek wil graag volgende jaar aptekerswese by NMMU studeer. Ek wil ook net dankie aan al my onderwysers van my hoërskoolloopbaan sê wat dit so glad laat verloop het, met spesiale dank aan juf. Schonken wat vir my 'n mentor en rolmodel oor die afgelope 5 jaar was. Laastens, dankie aan my Despatchers, Elandré, my ouers en my broer. Julle het alles die moeite werd gemaak.

Angelique de Lange

Ek gaan altyd die lekker tye in die koshuis onthou.

Volgende jaar gaan ek argitektuur-tegnologie studeer.

Sous

Burton Botha

Wat ek nooit sal vergeet nie is hoe ek en my beste vriende van gr. 8 tot matriek elke pouse onder in die bomskuiling gesit het en hoe ons altyd lekker saam gelag het. Ons kunsklas van 2016 sal ek ook nooit vergeet nie - al die lekker goed wat ons saam gedoen het.Volgende jaar is my opsies oop om te gaan studeer in robotics of oorsee te gaan en by my broer se besigheid betrokke te raak.

"You never know how strong you are until being strong is the only choice you have."

Leané BuysElke oomblik saam my vriende en vriendinne sal ek vir altyd onthou, asook die goeie Patensie-naweke en die vakansies. Alles gaan gemis word volgende jaar. Ek gaan volgende jaar onderwys by NMMU studeer.

Dankie aan almal wat my 2 jaar by Brandwag onvergeetlik gemaak het. Juf. Duvenhage, dankie dat Juffrou so 'n goeie ma-rol gespeel het deur die week. Juf. Britz en juf. Meyer, dankie dat julle nooit vir my gesê het ek praat te veel in julle klasse nie, al het ek soms meer as julle gepraat.My boodskap vir almal wat hier bly, maak jou naweke lekker, want skool raak nooit beter nie.

Twané Clarke

My goeie herinneringe van my hoërskoolloopbaan gebruik ek om my lewe te verbeter en die ander om uit te leer. Volgende jaar vat ek 'n "gap" jaar en sal daarna besluite oor die toekoms neem. Dankie aan elke onnie wat my gehelp het tot waar ek is en help vorm het aan wie ek is. Spesiale dank aan juf. Basson, sy weet hoekom. Ek sal ons tydjies mis. Doen als wat jy doen asof jy dit vir Jesus doen. Love anchors the soul.Neitjie

Chrisanda de Jager

Ek gaan volgende jaar 'n ruskansie vat en my voete vind terwyl ek besluit wat ek regtig met my lewe wil doen.

Baie dankie aan my "Girl Squad" wat elke oomblik in Brandwag die moeite werd gemaak het. Ek sal ons pouses nooit vergeet nie.Aan my mede-Brandwagters: "Always remember, you are braver than you believe, stronger than you seem, smarter than you think and twice as beautiful as you've ever imagined. Your life is your message to the world. Make sure it's inspiring."

Jancké de Jager

Van al die dinge wat ek van Brandwag sal onthou, is dit die lawwe pouses, die kerkdienste en my besonderse matriekjaar wat die meeste uitstaan. Ek gaan volgende jaar toerismebestuur studeer. Dankie aan elke onderwyser wat van gr. 8 af 'n verskil in my toekoms gemaak het. 'n Spesiale dankie aan mev. Roux en mev. Basson, en dan aan my hartvriendinne wat susters geword het. Aan elke toekomstige of huidige Brandwagter onthou: Jesaja 40:31 "Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke."

Madelein de Vries

My vriendinne wat al die pouses opwindend gemaak het, sal my altyd bybly. Die herinnering wat ek koester is die gees by die kleure-atletiek en die matriekafskeid.

Ek gaan onderwys studeer deur UNISA en hoop om 'n suksesvolle en gelukkige lewe te hê.

Dankie, aan al die onderwysers wat altyd bereid was om die ekstra myl te stap, veral by die hokkie.

Page 5: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Darren de WitMy beste herinneringe van skool sal altyd my pelle wees wat my DEBA kon noem; die oomblik toe ek vir die eerste rugbyspan gekies is en die "GEES" van die tweedes! Ek is gekontrakteer om vir die volgende 3 jaar by die Kings Akademie rugby te speel en gaan by NMMU studeer.Dankie aan elkeen wat my lewe verryk en my karakter gevorm het, veral juf Goosen (wat al afgetree het) en my ouers - julle het altyd in my geglo!My boodskap: Mag jy elke geleentheid sien wat op jou pad kom en dit voluit benut. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk en onthou elke keuse wat jy maak, het gevolge. Glo altyd in jouself en werk baie, baie hard.

Amanda-Lisa Deyzel

Wat ek sal onthou is ons 40 Days en die pouses in juf. Basson se klas, wat onvergeetlik was.Dankie aan juf. Meyer met haar goeie hart, juf. Pienaar wat altyd verby my geloop het met boeke kyk omdat sy weet ek's bang vir haar, juf. Von Willigh wat altyd vriendelik was, mnr. M. Meyer met sy opgemaakte stories en, my gunsteling, juf. Basson met 'n hart van goud. Julle het matriek minder stresvol gemaak.Onthou, om vriendelik te wees kos jou niks. Jou persoonlikheid bepaal hoe mense jou behandel.Manda

Melissa Doubell

Wat ek altyd sal onthou, is: mnr. Morné Meyer se stories, my vriendinne en ons tye saam, juf. Marais se klas en meeste van alles om deel te kon wees van die Brandwag-familie. Dis regtig 'n omgee-skool.

Volgende jaar gaan ek gaan werk en 'n gap-jaar neem. My boodskap aan almal is: gee altyd jou beste, glimlag altyd en maak seker die mense rondom jou glimlag ook, want 'n gelukkige skool is 'n lekker skool.

Melkii

Lee-Ann du Piesanie

Wat ek die meeste sal onthou, is al die lekker tye saam met my vriendinne en die eerste dag van gr. 8 toe ek verby die matrieks loop en iemand gooi my met 'n appel teen my kop.

Ek wil graag volgende jaar sielkunde studeer.

Ek wil net dankie se aan mnr. M. Meyer en juf. Basson. Ek kon altyd baie by hulle leer.

My boodskap aan julle is: Hard work will get you to where good luck finds you .

Franco du ToitMy beste herinneringe is kuier saam die boys, die matriekafskeid, die krieket- en rugbytoere en my VCSV-kring.

Volgende jaar gaan ek argitektuur-tegnologie studeer.

Dankie aan al my vriende wat definitief my hoërskoolloopbaan die moeite werd gemaak het en dankie ook aan Miencke vir al die ondersteuning, hulp en liefde deur die twee laaste jaar. Dankie aan al die onderwysers vir al die moeite wat hulle gedoen het.

My boodskap: Dreams don't work unless you do.

Carl ErasmusMy herinneringe is die paar minute voor pouse as mnr. Koekemoer begin met afkondigings en ek uiteindelik my wiskundeboek kan toemaak. Ek hoop om volgende jaar net 'n sukses te maak van elke stryd wat ek gaan veg daar buite. Ek hoop om nog in kontak te bly met al my vriende.Dankie aan Minette vir jou bystand deur die jaar. Jy het definitief my skuif na Brandwag net soveel beter gemaak. Jy is die helderste ster in my lewe #14. Aan al my vriende, maak nie saak wat volgende jaar gebeur nie onthou net die volgende: "Shoot for the moon. Even if you miss you'll land among the stars". Ek sien uit na universiteit saam met julle.

Duncan Deysel

Herinneringe: Die tye in mnr. Morné Meyer se registerklas, waar hy altyd vir ons sy stories vertel en die dag vir ons lekker begin.

Volgende jaar gaan ek verder studeer vir 'n siviele ingenieur.

Ek wil net dankie sê aan elke onderwyser wat die beste in hul vermoëns doen om ons as Brandwagters op te bou.

Boodskap: Remember, hard work pays off in the future ... you won't regret it.

Tamaryn DiedericksEk sal altyd die gees van Brandwag onthou. Die gevoel van hier hoort en vriende wat familie geword het. Onderwysers wat altyd daai bietjie ekstra insit om seker te maak ons kry net die beste. Ek sal ook my matriek stoepoorneming onthou. Ek sal onthou hoe ons geskarrel het soos miere om van die warm netbalbaan af te kom. Ek sal ook mnr. Von Willigh onthou wat altyd 'n mens se dag kon ophelder met sy sê-goedjies en mnr. Morné Meyer se verregaande stories. Ek gaan volgende jaar Engeland toe om te gaan au pair. Ek wil aan al my onderwysers dankie sê dat hulle so geduldig was met my. Veral juf. Von Willigh met die PAT-take. Vir dié wat oorbly wil ek 'n aanhaling los: "The earth has music for those who listen."

Megan DouglasEk sal nooit my eerste dag in Brandwag, toe die son vir die eerste keer ooit daardie oggend deur my kamervenster skyn, vergeet nie. Skeinat-periodes, interlaer atletiek, sokkies, pouses, die Classic Clash, stoepoorneming, die leerderraad-kamp, my matriekjaar en die Brandwag-gees sal altyd by my bly. Volgende jaar beplan ek om tandheelkunde in die Kaap te studeer. Alternatiewe sluit in medies by Bloemfontein of aptekerswese by NMMU.'n Groot dankie aan al my onderwysers, asook my vriende en vriendinne wat my hoërskoolloopbaan onvergeetlik gemaak het.

Tanya du Preez

Ek sal altyd die nuwe gesiggies onthou wat ek ontmoet het. Ek gaan volgende jaar voltyds werk en studeer deur UNISA vir 'n B.Com. om 'n rekenmeester te word.

Ek wil juf. Koekemoer en juf. Schonken bedank wat 'n groot impak op my lewe gemaak het. Ek is vandag 'n sterker persoon danksy hulle.

Remember, enjoy life today, yesterday is gone and tomorrow may never come. No matter how much you think you hate school, you will miss it .

Cameron Elie

Ek sal altyd my vriende onthou en alles wat ons oor die jare gedoen het, die sportdae en die hoogtepunt van my skoolloopbaan, die matriekafskeid. Volgende jaar gaan ek verder studeer in onderwys. In die toekoms wil ek suksesvol wees en my doelwitte in die lewe bereik. My vriende het die grootste indruk op my gemaak omdat hulle my in alles ondersteun het. Leef voluit en doen alles in Brandwag voluit. Geniet julle skooljare. Camo

Dean ErasmusEk sal nooit die gevoel vergeet toe ek die Top 10 vir die eerste keer gehaal het nie.Ek gaan volgende jaar B.Sc. (rekenaarwetenskap) by NMMU studeer.'n Spesiale dankie aan juf. du Toit wat soos 'n tweede ma vir my was.Soos 'n mens die trappe van die lewe klim, kry jy al hoe meer vryheid. Maar saam met dié vryheid kom daar ook verantwoordelikhede. Geniet jou werklike vryheid terwyl jy nog kan!

Professor (In juf Koekemoer se wiskundeklas.)

Page 6: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Dyllin Esterhuizen

Ek gaan baie na my rugbydae verlang en die mal tye in die koshuis en ook my rol as 'n kringleier.Volgende jaar gaan ek leer by ETA College in PE om as 'n persoonlike fiksheidsinstrukteur te kwalifiseer oor drie jaar.Ek wil dankie sê vir ons Hemelse Vader vir als wat Hy vir my gedoen het deur my skoolloopbaan.My boodskap: People will forget what you said. People will forget what you did. But people will never forget how you made them feel.

Mojo

Sherwin Fischer

Ek sal altyd die mal tye by die skool onthou. My vriende wat ek by Brandwag gemaak het, sal ek nooit vergeet nie.

Ek beoog om volgende jaar verder te gaan studeer op universiteit en daarna by die weermag aan te sluit.

Ek wil ook elke onderwyser bedank wat my gehelp het om die persoon te word wat ek vandag is.

“If money isn't everything, go work at McDonalds." Jordan Belfort

Jeandré Fourie

Die pouses voor die kunsklas was 'n onvergeetlike tyd en so ook al die lekker tye saam met die 3des by rugbywedstryde.

Ek besluit nog tussen twee beroepe vir volgende jaar.

Ek wil dankie sê vir al my vriende wat saam my gestaan het van gr.8 af, Sherwin, Joshua, Banks, Ruan Smit en Reinhardt Slabbert. My boodskap: "Nothing lasts forever in life, so do something useful while it lasts."

Carli Gerber

Wat ek altyd sal onthou van Brandwag is die lekker gees, lekker pouses en lekker lagsessies saam met vriende.

Volgende jaar gaan ek B.Com. Rek. by Kovsies studeer.

Dankie aan my ouers en vriende vir hulle ondersteuning en liefde.

My boodskap aan die oorblywende Brandwag-leerders is moenie iemand oordeel tot jy in hulle skoene geloop het nie.

Monré GerberHerinneringe: Elke oggend se "vibes" saam met die beste vriende.Volgende jaar gaan ek NMMU toe om verder te studeer in inligtingstegnologie en programmatuur ontwikkeling. Ek bedank AL my onderwysers en my beste vriende wat my deur die jaar ondersteun het.Die beste dinge in die lewe is die mense wat jy lief het, die plekke waar jy was en die herinneringe wat jy op pad gemaak het.

Vettie

Ashton GertseWat ek altyd sal onthou, is hoe ons vriende mekaar oor die jare beter leer ken het en soos familie geword het.

Volgende jaar wil ek onderwys studeer. In die toekoms wil ek suksesvol wees en mense ondersteun met hulle drome en wat hulle eendag wil wees. My vriendekring en juf. Landman het die grootste indruk op my gemaak. Never stop doing your best just because someone doesn't give you credit.

Superman a.k.a. Ashy

Erin Ferreira

Ek sal altyd die lekker pouses op die matriekstoep, die senior raad-kamp en Geskiedenis-periodes onthou.Volgende jaar gaan ek onderwys studeer op Stellies of in Pretoria en deeltyds fotografie doen.Dankie aan my mnr. Meyer. Hy het altyd my dag gemaak met al sy grappies en wyse woorde. Ook aan juf Koekemoer wat soos 'n ma vir my was by die skool. Baie dankie aan al my vriende en vriendinne. Julle gaan definitief gemis word. Boodskap: Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Leef elke dag soos jou laaste en neem baie foto's.

Adriaan FourieEk sal nooit die paar wedstryde wat ek vir die tweede span gespeel het, vergeet nie. Die afrigter was awesome en het die perfekte resep gehad vir balans tussen speel om dit te geniet en speel om te wen. Hy het respek teenoor sy spelers getoon en ek sal dit nooit vergeet nie. Volgende jaar gaan ek siviele ingenieurswese in Kanada studeer. My grootste mikpunt is om sukses te behaal in al my doelwitte. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, is mnr. Erasmus. Hy is 'n afrigter wat omgee vir sy spelers, maar steeds uitstekende resultate lewer. My boodskap: Jy is in beheer van jou toekoms so moenie dat enige iemand jou "label" nie. Popsi

Hermann Geissler

Wat ek altyd sal onthou is die pouses op die stoep saam met my vriende Banks, Lou, oom Lampie, Batman en Du Randt.

Volgende jaar gaan ek in Amerika werk om geld te maak vir universiteit. In die toekoms wil ek 'n onderwyser in my tuisdorp, Patensie, wees. Mnr. M. Meyer het die grootste indruk op my gemaak. Hy was soos 'n tweede pa vir my en ek het Geskiedenis by hom baie geniet. My boodskap: It's going to be hard, but not impossible.Uzo

Janke GerberNa my 5 jaar in die skool sal ek terugdink en pouses saam my beste vriendinne, Annika en Marike, onthou. Daar het nie 'n pouse verbygegaan dat ons nie gehuil het van die lag nie. Julle het diep spore in my hart gelos. Ons formele byeenkomste soos die matriekafskeid en Valentynsballe sal ek altyd onthou - niemand kan dans soos 'n Brandwagter nie. Ek wil volgende jaar arbeidsterapie op Bloem studeer - as dit die Here se wil is. Dankie aan die onderwysers wat my ondersteun het en toegelaat het om te lag in hulle klasse. "Your speed doesn't matter, forward is forward." Werk hard om jou drome 'n werklikheid te maak.

Sonja Gericke

Ek sal nooit my eerste en laaste jaar in Hoërskool Brandwag vergeet nie. Van dag een af was almal bereid om die "nuwe meisie" te help.Ek gaan volgende jaar 'n graad in verpleging by NMMU swot.

Ek wil dankie sê aan almal wat die matriekjaar vir my spesiaal gemaak het en almal wat so diep in my hart ingekruip het en nooit vergete sal gaan nie.

Aan die nuwe generasie: Moet nooit opgee in wat jy glo nie!

Claire Gillson

Ek sal nooit al die lagsessies saam met my vriendinne en vriende vergeet nie. Ek sal ook nooit die interlaer-byeenkomste vergeet nie.

Volgende jaar gaan ek onderwys grondslagfase by NMMU studeer.

Baie dankie aan elke onderwyser, vriend en vriendin.

Page 7: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Jamie GoliathHerinneringe: Die dag toe ek 'n KFC Streetwise 2 gewen het as die beste Kardashian. Pouses saam met vriende en elke keer se bedel vir 'n stokkielekker. Ek gaan koor ook mis, na 5 jaar kan ek dit definitief my tweede huis noem. Volgende jaar gaan ek onderwys by NMMU studeer. Dankie: Juf. Kriel wie se deur letterlik altyd oop was vir ek en my altyd laat beter voel het. Asook mnr. Morné Meyer se algehele ondersteuning en juf. Meyer as my Kardashian Moeder.Boodskap: "Excellence is not being the best, it's doing your best."Kardashian

Lourens Gouws

Herinneringe: Ek sal nooit die pawiljoenoptrede in gr.8 vergeet nie en die lang warm sessies in die vierkant. Wat my altyd sal bybly is die gees van Brandwag wat my nekhare laat rys.

Volgende jaar gaan ek 'n bietjie deur die wêreld toer en nuwe plekke verken.

Boodskap: You are born to make mistakes, not to pretend perfection. Maak 'n verskil, al is dit net om een persoon te laat glimlag.

Verushka GreylingHerinneringe: Ek het my 5 beste vriendinne ontmoet wat altyd daar was vir my. Ek sal nooit ons 40 Days en ons matriekafskeid vergeet nie. 'n Klas wat ek altyd sal onthou, is mnr. Morné Meyer se register- en Geskiedenisklas, met Meneer se grappies en stories. Ek wil volgende jaar fotografie en troue- en funksie-beplanning kursusse doen. Dit was nog altyd my droom. Ek wil net graag dankie sê vir al my onderwysers, want sonder hulle sou ek nie volgende jaar my droomwerk kon begin doen nie. Dankie, ook aan my vriendinne op wie ek altyd kon staatmaak vir letterlik alles. Sonder julle ondersteuning, weet ek nie wat ek sou gedoen het nie.

Shevaan Hendricks

Dit was 'n voorreg en 'n eer om deel te kon wees van Brandwag. My rugby, krieket en die mense daarby betrokke het vir my die meeste beteken. Mnr.van Schalkwyk en oom Wikus het die grootste impak op my hele skoolloopbaan gemaak. Albei van hulle sal vir altyd my inspirasie bly. Daar is iets wat ek nooit sal vergeet nie, dit is die woord "GUTS" en die band van grys en groen. Trots!

Lindie HumanEk was my hele hoërskool loopbaan in mnr. Morné Meyer se registerklas en sal nooit sy flou grappies vergeet nie, hy was soos my hoërskool-pappa, ek was al soos "furniture" in sy klas, soos hy sou sê, hy't elke jaar gesug as hy my gesig weer heel voor, in die selfde bank sien. Juf. Roux was my inspirasie om net beter te doen, maak nie saak hoe baie die lewe jou onder kry nie. Ek gaan volgende jaar 'n B.A. doen in Engels en sielkunde, geïnspireer deur juf. Roux wat my liefde vir Engels aangevuur het in gr. 9. My boodskap aan al die leerders is om altyd jou lewe voluit te leef en elke gees-bou jou groen hart uit te skree, moet ook nie bang wees om jou hart uit te praat met ons dierbare hoof mnr. Zietsman nie. Hy is 'n legend.

Patrick Jacobs

Ek sal altyd my eerste dag in Brandwag onthou. Ek sal onthou hoe ek nuwe vriende ontmoet en beter leer ken het en ek sal die onderwysers ook altyd onthou. Volgende jaar gaan ek B.Com. Logistieke Bestuur swot. In die toekoms wil ek suksesvol wees, my doelwitte behaal en ander mense inspireer. Ek sal altyd die matriekafskeid onthou waar ons 'n laaste keer saam gekuier het as matrieks.

Geniet die jare wat julle op skool oor het ten volle.

Pato

Christiaan Gouws

Herinneringe: Die dag toe ek as eerste prins gekies is by die mnr. en mej. Sot-kompetisie, die kooroptrede wat ek as lid bygewoon het en die matriekafskeid.Volgende jaar beplan ek om te gaan werk en later dalk landbou te studeer. Dankie aan Johan en Eugene wat my vriende was en altyd sal wees en aan Judy in gr. 8 wat my lewe ophelder met haar persoonlikheid.Boodskap: Gr. 11's, wees net julleself en wees trots om 'n Brandwagter te wees. Poena

Suzette GreeffEk sal altyd onthou hoe ons die periodes om gewens het vir pouses. Ek sal ook al die vriendelike gesigte onthou, die helpende hande en al die vriende wat soos familie geword het. Volgende jaar gaan ek Visuele Kuns by NMMU studeer. In die toekoms wil ek 'n professionele kunstenaar word en oraloor die wêreld toer. Ek wil ook eendag 'n kunsonderwyser word. Die persoon wat die afgelope 5 jaar die grootste indruk op my gemaak het, is mnr. M. Meyer. Die jaar in sy registerklas en twee jaar Geskiedenis met baie grappe, liegstories en kosbare lewenslesse. Hy het ons matrieks gehelp vorm in die mense wat ons vandag is. Maak gebruik van elke oomblik. Tyd verloop vinnig sonder dat jy agterkom.

Adelia HendricksEk sal elke oggend se skinderstories onthou. Die "mal" groep sal weet waaroor dit gaan. Ek sal ook ons blok-dae buite onthou en mnr. Meyer se liegstories. Ek sal altyd Brandwag onthou en die band van grys en groen. Volgende jaar gaan ek in die polisiediens ingaan, nie net om geld te maak nie, maar om die wêreld 'n bietjie reg te ruk. Ek wil graag in die toekoms sukses behaal en vorder in die polisie. Mnr. M. Meyer het die grootste indruk op my gemaak. Die 12C's was die beste klas ooit. Ek sal nooit sy stories vergeet nie. My boodskap: Leer hard en maak die beste van jou skoolloopbaan. Al my vriende, ek sal julle nooit vergeet nie. Koekie

Joslynn Hendriks

Eerstens alle dank aan ons Heer en dankie aan ons onderwysers wat ons so getrou onderrig het.

Ek gaan die kuier op die matriekstoep saam met my maats mis en veral ook ons restaurant-aande. Ons het lekker sports gehad in die kombuis.

Ek gaan maatskaplike werk na skool studeer.

Voorspoed aan al die matrieks met die groot eksamen.

Cowan Isaacs

Ek sal altyd onthou hoe ek en my vriende elke oggend by die opslaanklasse gekuier het en grappies gemaak het, maar die herinnering wat altyd sal uitstaan vir my is die matriekafskeid.

Ek gaan volgende jaar regte studeer by NMMU vir 4 jaar. In die toekoms wil ek my eie prokureursfirma hê en ook 'n reuse sukses van myself maak. Die mense wat die grootse indruk op my gemaak het, is al my vriende en ek wil 'n spesiale dankie sê aan mnr. M. Meyer en sy blink bless wat ek nooit sal vergeet nie. "Live life to the full, you won't get out alive anyway."

Miencke Jonker

Herinneringe: Die stoepoorname, sokkies tydens pouses en onvergeetlike oomblikke saam met vriende. My droom is om tandheelkunde te swot.Dankie aan: My ouers vir geleentheid om beste skool te kon bywoon, my vriende vir saam lag en huil, Franco vir al die ondersteuning en liefde, die onderwysers vir die impak op my lewe, aan Brandwag dat julle my ontwikkel het tot die persoon wat ek is.Boodskap: "The difference between ordinary and extraordinary is that little extra!" Onthou laastens, op jou knieë sal jy wen.

Page 8: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Margo KappHerinneringe: Ek sal altyd juf. Van der Walt se raad onthou en juf. Maritz se ondersteuning en hoe ons altyd in die Wiskunde-klas juf. Britz se penne weggesteek het, want ons wou nie Wiskunde doen nie. Volgende jaar gaan ek by NMMU B.Com. (Besigheidstudies en Rekeningkunde) studeer. Ek wil dankie sê aan juf. Roux wat my matriekjaar so eenvoudig as moontlik gemaak, asook my ouers en vriende vir al hulle ondersteuning en aan juf. Schonken wat my netbaljare opwindend gemaak het. Geniet die o.14's volgende jaar, Juffrou. En sterkte aan hulle, want hulle gaan dit nodig hê. Wat wil ek sê vir die nuwe generasie: Luister altyd vir die onderwysers. Hulle is ALTYD reg. Geniet Brandwag en doen alles wat jy kan. Giffie / Gif

Thurston Kettledas

Ek sal al die dae in Brandwag onthou, veral die dae by die atletiek.

Volgende jaar gaan ek B.Com. by Tuks gaan studeer.

Dankie aan al die onderwysers vir wat hulle vir my gedoen het gedurende my tyd in Brandwag.

Stay classy.

Divan Knoetze

Herinneringe: Die goeie en onvergeetlike tye saam met goeie vriende. Die kuier by die koshuis.

Volgende jaar: ’n 'Gap year' om seker te wees oor wat ek wil doen vir die res van my lewe.

Dankie: Die guys, die koshuis-manne, rugby-manne en 'vettie'.

My boodskap: hoërskool is kort, geniet dit saam met goeie mense en onthou die goeie tye.

Lezani KrugerEk sal altyd die band van grys en groen onthou, ons gees by sport, atletiek, hoe ons inhaak met "My Pa is die Koning", elke pouse, die weirdste maar die beste vriende, my kring, en Blomme, elke sokkie, bal, die matriekafskeid, die stoepoor-name, die koshuis en my kamermaat, Nerisha. Ek sal onthou hoe ek by elke klas sommer net inwals. Ek wil graag volgende jaar grondslagfase onderwys gaan swot en so 'n verskil in mense se lewens maak. Dankie aan almal wat my die persoon gemaak het wat ek met trots kan sê ek vandag is. My raad is: Moenie spyt wees nie! Wees entoesiasties, laf, maak vriende met almal, moenie skaam wees nie, neem deel aan alles en vang elke oomblik vas in foto's. Onthou: Jeremia 29:11 Zani

Duné Landman

Ek sal altyd onthou hoe ek aan my PAT-take gaan werk het by juf. Von Willigh wanneer ek in ander klasse moes gewees het. Ons het die juffrou mal gemaak. Juffrou sal hopelik altyd die 12D's onthou. Volgende jaar wil ek onderwys gaan leer. Al Brandwag se onderwysers was 'n groot aanmoediging. In die toekoms wil ek harder werk en ander inspireer om ook sukses te behaal. Die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, is juf. Von Willigh, juf. Schonken en juf. Pienaar. Gebruik elke oomblik om te leef, tyd vlieg. Nytjie

Chantel Lemmer

Herinneringe: My ervarings in grys en groen is te veel om in woorde vas te lê. Dis steeds spesiaal en sal my, my lewe lank, bybly .Volgende jaar wil ek sielkunde studeer.

Dankie aan almal wat my geleer het, my bygestaan het of selfs net laat glimlag het. Dit was 'n voorreg om elke persoon te kon ken. My boodskap aan elke Brandwagter is om vas te hou aan die Here. Dan sal hy jou paaie gelyk maak .

Véronique KappEk sal nooit my vriendinne vergeet nie. Dis asof ons 'n span was wat saam besluite neem. Ek sal ook nooit vergeet hoe Rozanne se hare gelyk het vir skool nie #gan.kam.net.jou.hare! Die Brandwaggees was intens. Ons het die beste onderwysers wat altyd game is vir 'n challenge. Volgende jaar gaan ek studeer by NMMU. Ek besluit nog tussen opsies. Ek het te veel doelwitte, maar ek sal hopelik later weet wat ek regtig wil doen. Ek het regtig amazing vriendinne. Ek wil dankie sê dat hulle altyd daar was vir bystand, asook vir elke onderwyser wat skool vir ons moontlik maak. My boodskap: Print jou taak 2 dae voor jy dit ingee en wanneer jy in 'n moeilike situasie is, onthou oor 'n jaar of twee gaan dit nie meer saak maak nie. Nemo

Zann-Pierre KeyserMy herinneringe wat ek altyd sal onthou van Brandwag is die tye by die rugby, my tye saam met my vriende. Ek wil dankie sê vir juf. Huisamen vir al die goeie raad .Ek het nog nie 'n definitiewe plan vir volgende jaar nie, maar sovêr gaan ek deur die weermag sielkunde studeer of ek gaan dalk Amerika toe.My boodskap aan julle wat agterbly: Leer hard, neem deel aan alles en moet nooit in matriek agter raak met jou werk nie, want dit gaan lank vat om op datum te kom, veral in Besigheid-studies by juf. Duvenhage. Laastens los ek die vers vir julle. Filippense 4:13 "Jy is tot alles in staat deur Jesus wat jou krag gee." Sterkte. Zaan

Chanél Krantz

Herinneringe: Ek sal die kuier oor naweke saam met "my mense" onthou. Brandwag-hokkie sal natuurlik ook nooit vergeet word nie.Volgende jaar gaan ek sakebestuur en bemarking by NMMU studeer.Baie dankie aan al my vriende wat die jaar vir my onvergeetlik gemaak het. Hokkiespan van 2016 ... julle sal altyd my sussies bly. Ryan, jy was 'n ster.Boodskap: Word hard. Play hard(er).

Chanellie

Riegal Lamont

Ek sal altyd die goeie tye in die koshuis en lekker tye by die derde rugbyspan onthou. Volgende jaar gaan ek landbouproduksie by Grootfontein Landboukollege op in Middelburg studeer.

Ek wil dankie sê aan al my vriende by die skool en koshuis wat alles lekker gemaak het en mnr. Terblanche wat die koshuis so interessant en lekker gemaak het. Dankie, aan mnr. Anker vir Geografie-klas en aan mnr. Van der Merwe wat die derdes se oefening onvergeetlik gemaak het.

Liané le Roux

Ek sal nooit die netbal se opwarmingsessies vergeet nie (met Zoo en Shakira se sjebien-musiek ) en ook nie die Engelse klasse saam die swart baadjies nie (dis altyd ons).Volgende jaar gaan ek B.Com. bemarking by NMMU studeer .Aan my netbalspan, dankie vir al die interessante toere (bly nederig, 3375#). Dankie Patensie, Eliska, Twinnie en Despatchers vir die 5 jaar se vriendskap. Cuyler, dankie vir die onvergeetlike 2 jaar. Ek is lief vir jou. My boodskap aan die wat oorbly is, strewe na herinneringe nie na balkies nie.

Jandré Lessing

Ek sal altyd die ongelooflike gees in Brandwag onthou en al die lekker tye saam met vriende by die skool en op toere.

Ek gaan volgende jaar logistieke bestuur op Stellenbosch studeer of dalk oorgaan VSA toe vir tennis.

“Moenie dink nie doen net.”

Jans

Page 9: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Simoné Lewis

Wat ek altyd sal onthou, is hoe lekker my gr. 11-klasse by juf. Smith was. Daai is een mal juffrou!

Ek wil graag volgende jaar B.Com. studeer en as ek alles van die beste PROBEER, sal dit slaag!

Onthou: Moet nooit ophou "mal" wees nie, geniet elke dag van skool en slaag, moet nou nie tot jy 25 is daar op dieselfde banke sit nie. Dankie. Lewis

Casper Lötter

Ek sal altyd die gees in die koshuis, die interlaer-kompetisies, die Classic Clash en die politiek van die skool onthou. Terloops: Die meisies is ook mooi.Volgende jaar gaan ek B.Com. (rekenaarwetenskap & inligtingstelsels) by NMMU studeer en hopelik vir hulle atletiek hardloop en eindelik na die 2020 Olimpiese Spele toe gaan. Ek wil net dankie sê aan al my vriende en onderwysers wat my ondersteun het deur my skoolloopbaan.My boodskap vir die skoliere is om hul passie te volg.

Cassie

Nadia Mac DonaldDie Brandwag-gees, sosiale geleenthede, pouses, vriende, al die goeie tye en Jakaranda-koshuis sal ek nooit vergeet nie. Van my beste tye was saam met my Jakkies-sussies, ek sal hulle vir altyd koester.Volgende jaar wil ek graag bemarking op Stellies swot en suksesvol wees in wat ek doen.Dankie aan elkeen wat 'n positiewe invloed op my skoolloopbaan was, al my onderwysers oor die 5 jaar en my matriek onnies! Mnr. van der Westhuizen en Ma'am se klasse was hoogtepunte.Geniet elke oomblik en wees deel van Brandwag! Nana

Marike MaraisEk sal altyd die lekker lag saam met my vriende, pouses en die sosiale aktiwiteite onthou.Volgende jaar beplan ek om siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.Ek sal al die onderwysers se baie moeite, insig en lewenslesse onthou. Die toekoms van die wêreld is in die klaskamer vandag. As ek die manier waarop Brandwag sy leerlinge inspireer en bystaan sien, glo ek dat daar 'n blink toekoms vir elkeen van ons is.Ek los my mede-Brandwagters met die volgende Bybelversie. Proverbs 20:4 says: "If you are too lazy to plow, don't expect a harvest."

Chrisna Marx

Vaarwel Matriek 2016! 12 jaar is 'n lang tyd waaroor ek nooit berou sal hê nie. Daar was dae van wens dit wil verby gaan! Maar nou is dit hier.

Is dit waar? Is dit my laaste jaar van skool? Die jare het so verby gevlieg, ek onthou nog my eerste dag op skool. Ek was bang, bang vir die vreemdheid wat voorlê en nou is dit weer hier. Ek is bang vir wat voorlê na matriek. Ek neem wel nou die kennis, die vriendskappe en die leiding wat ek van die onderwysers gekry het saam met my die vreemde in.

Marco MeyHerinneringe: Ek sal altyd die laat aande in die koshuis en die storietyd periodes by mnr. Morné Meyer onthou.

Volgende jaar gaan ek netwerke en netwerk-sekuriteit by CTU College op Stellenbosch studeer en na my studies wil ek gaan werk in Engeland of Duitsland.

Ek wil dankie sê vir al my vriende en die volgende onderwysers vir die lekkerste 5 jaar van my lewe: juf. Pienaar, mev. Basson, mev. Roux, mev. Marais, mnr. Van Kampen, mev. Du Toit, mnr. M. Meyer en mnr. Anker."Silent people have the loudest minds."

Sous

Eugené Lotriet

Herinneringe: Ek sal altyd die pawiljoenoptrede onthou en al die dinge wat ek en my vriende aangevang het asook die matriekafskeid. Ek weet nog nie wat ek volgende jaar gaan doen nie. Dankie aan al my vriende en al die onderwysers wat 'n inset gemaak het tot waar ek vandag is.My boodskap: Maak nie saak wat mense sê nie, onthou Filippense 4 vers 13 "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."

Juno

Chamoné Maarman

Herinneringe: Pouses met goeie vriende en vriendinne, mnr. Morné Meyer se Geskiedenisklas, my blonde oomblikke in juf. Maritz se klas, mnr. Terblanche, my hokkie-afrigter, se rowwe grappe.Volgende jaar gaan ek B.Com. Regte by Varsity College studeer.Dankie aan juf. Meyer, Juffrou is my inspirasie en my steunpilaar. Ek sal nooit Juffrou se ondersteuning en raad vergeet nie. Dankie vir alles, Juffrou.Boodskap: Jeremia 29 vers 11 Vella

Cindy Mapoe

Ek gaan definitief my vriende, die Jakaranda-meisies, die funksies en kultuuraangeleenthede baie mis. Die band van grys en groen sal ek altyd onthou. Ek wil dankie sê aan juf. Roux wat my aangemoedig het deur die jaar en my klasmaats. Volgende jaar gaan ek joernalistiek by die Universiteit van die Vrystaat of NNMU studeer. Vermy negatiewe kommentaar en wees gelukkig. "There is no elevator to success, you have to take the stairs.”

Lepel

Bronwyn Marshall

Herinneringe: Koshuislewe, pouses en die lekker lagsessies in die gym saam met juf. Maritz. Volgende jaar gaan ek onderwys intermediêre fase met wiskunde en wetenskap studeer by NMMU of Pukke. Dankie aan al my onderwysers en veral juf. Maritz vir al haar moeite en tyd. Boodskap: Spore wat jy trap kannie weg gevee word nie, so trap spore waarop jy trots kan wees.

Hasie

Pumelela Mehlwana

Die tye saam met vriende op die matriekstoep sal ek vir altyd koester. Volgende jaar beplan ek om 'n B.Com. in bemarkingsbestuur by NMMU te doen. Ek wil graag AL die Brandwag-onderwysers vir hul 24/7 ondersteuning bedank. Gr. 8 - 11, geniet dit "because it's dangerous out there", maar met die band van grys en groen word jy met liefde omhels.

Pumie

Clarise Meyer

Ek sal altyd die goeie tye in juf. Hattingh se klas onthou en natuurlik al die ander geleenthede wat ek bygewoon het, maar meestal die herinneringe wat ek gebou het saam met my vriende.Volgende jaar wil ek as sjef op skepe gaan werk.

My boodskap: Life is a journey, you might as well enjoy it. #If it must be, it will be.

Page 10: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Wilhelm Meyer

Die gees, my skoolvriende en die uitstekende onderwysers is net 'n paar aspekte van Hoërskool Brandwag wat ek altyd sal onthou. Ek sal nooit hierdie baie belangrike 5 jaar van my lewe vergeet nie.Ek wil baie dankie sê aan die onderwysers wat my ondersteun het en met my geduldig gebly het. Juf. Koekemoer, juf. Du Toit, juf. Smith en mnr. Morné Meyer wil ek graag uitsonder vir hul hulp.'n Laaste woordjie vir die leerlinge wat agterbly: Weet wat jy wil hê en vat dit. Die enigste persoon wat jou kan keer, is jyself.

Vanessa Mnikina

Herinneringe: Die mees onvergeetlike tye was die skinderstories op die matriekstoep en die Maandagoggende as ons vertel oor die naweek se dinge.

Ek wil graag dankie sê aan al my vriendinne vir die afgelope 5 jaar saam en vir juf. Roux.

Boodskap: Always finish what you started, no one will fill your place.

Ryan MooreHerinneringe: Ek sal altyd die naweke se kuier en casino trips saam met die boys en my meisie onthou. Ons het great memories gemaak en ek sal dit vir altyd onthou. Maak nie saak wie weggaan volgende jaar nie, ons sien mekaar by die Wildsfees.Volgende jaar gaan ek Siviele Ingenieurswese by NMMU studeer.Bedankings: Dankie aan AL die eerste span boys en coaches vir 'n kwaliteit-jaar. 'n Groot dankie ook aan Chanellie vir AL jou ondersteuning en liefde deur die jaar. Boodskap: 'n Goeie storie het nog nooit met 'n bordjie slaai begin nie.Chop

Nicolene Nel

Ek gaan volgende jaar swot om 'n kleuterskool-onderwyseres te word.

Lewe elke dag volheid en gebruik elke geleentheid wat jy kry.

“Nothing lasts forever, nothing stays the same."

Rahida Nysschens

Wat ek altyd sal onthou is die onderwysers wat 'n groot verskil in my hele skoolloopbaan gemaak het en veral my vriende wat Brandwag onvergeetlik gemaak het. Volgende jaar wil ek sakebestuur studeer. In die toekoms wil ek 'n suksesvolle sakevrou wees wat haar eie sakeonderneming besit. Juf. Von Willigh het die grootste indruk op my gemaak. Toerisme was een van die beste vakke wat my meer kon leer oor wat in die wêreld gebeur. My boodskap is dat geleerdheid die sleutel tot sukses is. Daarsonder kan 'n mens niks bereik nie.

Noedels

Mark Oliver

Ek besef dat ek nou die grootmenswêreld betree.

Ek wil my gedagtes skoonmaak en volgende jaar nuut begin.

Eendag wil ek 'n polisieman word.

Ek sal die mense onthou wat vir my respek gehad het.

Totsiens, almal.

Ruan Minne

Herinneringe: Daar is so baie goed wat ek gaan mis van Brandwag. Die gees, die onderwysers en my vriende. Die hoogtepunte vir my was die pawiljoenoptrede, die Classic Clashes en die atletiekbyeenkomste. Daar is groot en klein herinneringe wat altyd by my sal bly.Volgende jaar gaan ek B.Com. Rek. by NMMU studeer, waarna ek baie uitsien.Ek wil dankie sê aan al my onderwysers en sportafrigters wat my deur die jare opgevoed en ondersteun het om van my toekoms 'n sukses te maak.

James MoolmanMy vriende - julle het my skoolloopbaan gemaak. Die Sater-dagaand se beloning vir die harde week saam met julle is tye wat ek nooit sal vergeet nie. Aan my vriende wat weggaan: Geniet dit en sterkte, onthou net ons sien mekaar by die Wildsfees. Aan dié wat saam met my bly, ons gaan nog lank saam kuier. Ek beplan om volgende jaar B.Com Rekenaar-wetenskap by NMMU te studeer.Mnr. M. Meyer en mnr. Erasmus, dankie vir julle interessante geselskap. Mnr. Van Schalkwyk, dankie vir al Meneer se moeite.My boodskap aan die wat agterbly: Jy kan altyd 'n graad oor doen, maar jy kan nooit 'n kuier oorbeleef nie.

Minette NelWoorde wat ek sal onthou: "Dames en here, kan ek net aan-dag kry vir die volgende afkondiginge" en "Kry maar vir julle ander werk uit." Skindertyd. Ek sal pouses saam met spesiale mense definitief die meeste mis. Elke onderwyser het 'n groot indruk om my lewe gemaak, elkeen het my iets geleer wat ek vir altyd saamneem. Ek wil volgende jaar skoonheidskunde studeer. Mooimaak is een van my passies. Moenie jou tyd om wens nie, voor jy weet, skryf jy hier. Mede-matrieks, "Don't say goodbye, because goodbye means going away and going away means forgetting." Carl, ek's bly jy het besluit om Brand-wag toe te kom. Ek’t geweet jy sal nie spyt wees nie. Jy’t die jaar só spesiaal gemaak. Ek sal die oomblikke vir altyd onthou.

Bianca NellEk onthou die pouses saam met my vriende. Dit was definitief die hoogtepunt van my hoërskoolloopbaan.

Volgende jaar gaan ek by NMMU onderwys studeer.

Die persoon wat 'n groot indruk op my gemaak het, is mnr. Anker. Hy het 'n manier gehad om 'n mens altyd te laat glimlag selfs oor die simpelste klein goedjies.

My boodskap aan almal, geniet skool terwyl julle kan, want dit gaan in 'n oogwink verby.Bee

Jané Oliphant

Dié Big Five van mnr. Terblanche en sy sagte hart is iets wat ek verewig sal onthou. Die liefde en omgee van juf. Roux is sekerlik iets wat ek tot die dood toe in my hart sal dra. Ek gaan volgende jaar maatskaplik by NMMU studeer.

My boodskap aan julle: Onthou dat die Here (en juf. Roux) altyd daar is vir jou en jou sal help om die lig aan die einde van die tonnel raak te sien.

Malan Olivier

Herinneringe: Elke jaar het sy eie uitdagings gehad, maar daar was baie goeie tye ook. Ek het ware vriende ontdek en 'n meisie wat my lief het vir wie ek is.

Volgende jaar gaan ek B.Com. Rekeningkunde by NMMU studeer. Ek is baie opgewonde vir hierdie nuwe fase van my lewe en ek kannie wag vir dit om te begin nie.

My boodskap vir julle is, wees positief en geniet elke oomblik van elke dag. Tyd gaan vinniger verby as wat jy dink.

Page 11: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Minette OlivierHerinneringe wat ek nooit sal vergeet nie is al die spesiale oomblikke wat ons by die skool gehad het en al my vriendinne wat dit vir my awesome gemaak het.Volgende jaar gaan ek deur UNISA onderwys studeer asook voluit gholf speel. Dankie vir alles wat Brandwag vir ons gedoen het - hoe sal ons ooit kan dankie sê? Mnr. Von Willigh, ek sal Meneer nooit vergeet nie. As ons iets nie weet nie of nie verstaan nie, was mnr. Von Willigh altyd daar. Juf. Roux, vir al Juffrou se raad, ek waardeer dit baie, Juffrou. My boodskap vir die res van julle in Brandwag, veral die huidige gr. 11's. As julle jul oë uitvee is dit verby. Die jaar vlieg voor jou oë verby, so gee jou alles en doen alles tot die beste van jou vermoë.

Zandrii Olivier

My groepie vriendinne was by vêr die beste deel van my skoolloopbaan. Ek sal julle vir altyd in my hart koester.Ek wil my koshuis-sussie bedank vir gesellige tye en my sot, Prop, wat so oulik was. Ons sal vir altyd bande hê wat 'n ewigheid sal hou en ook dankie aan my onderwysers juf. Roux ("ma'am") en juf. Maritz.

Boodskap: Dit mag dalk moeilik wees om "goodbye" te sê, maar die "good" in dit is 'n belofte van iets beter.

Dankie Brandwag.

Janu Oosthuizen

Herinneringe: Krieket-toere en al die kuier saam met die boys.Volgende jaar gaan ek logistiek studeer. Dankie aan al die boys wat my hoërskoolloopbaan lekker gemaak het, asook aan al die onderwysers wat dit vir my moontlik gemaak het om my hoërskoolloopbaan suksesvol te voltooi

Joos

Gayroneesha Peters

Herinneringe: Die wakker gees toe ek in gr.8 vir die eerste keer by Brandwag se hekke binne stap met my groen romp en wit sokkies. Mnr. M. Meyer met sy blink bless wat op 'n onweersdag sonskyn bring met 'n grap. Juf. von Willigh wat uitgehou het, al het sy gevoel daar is geen hoop nie. Ek sal elke dag in Brandwag onthou.Volgende jaar wil ek medies swot. Dankie aan Jillian Potgieter en Miqalin Phillips vir hul ondersteuning, my vriendekring en al Brandwag se onderwysers.

Angel

Miqalin Phillips

Ek sal nooit vergeet die dag toe ons as gr. 8's by die skool gekom het en ons was so bang, maar net 'n week na die tyd word ons hele klas na die hoof se kantoor geneem. Dit is maar een van die vele stories wat ek kan vertel, maar dan sal ek moet 'n boek skryf. Dit voel nog asof dit als gister gebeur het. Sterkte aan almal.

Kay-Kay

Keenan PlaatjiesHerinneringe: Pouses, sokkies, interlaer-byeenkomste, Valentynsballe, Mnr. en Mej. Brandwag en tuis rugbywedstryde as gees-bouer was alles onvergeetlike tye saam met onvergeetlike mense. Al die funksie gaan definitief gemis word.Juf. Kriel, dankie vir Juffrou se liefde. Ek sal dit nooit vergeet nie. Dankie vir al die onderwysers wat deel was van my lewe in Brandwag. Mnr. von Willigh, Meneer se grappies kon my altyd lekker laat lag. Dankie, Meneer.My Boodskap: Aan die Brandwagters wat agterbly, neem deel aan alles want 'n mens se lewe in Brandwag gaan in 'n oogwink se tyd verby.Keenie

Shaun-Douglas Olivier

Herinneringe: Die musiek wat ons so voor juf. Maritz se klas in die oggende geluister het.

Volgende jaar gaan ek Kaap toe om underwater welding te studeer.

Dankie aan juf. Koekemoer vir al die onverwagse hare-inspeksies.

Charlene O'NeillHerinneringe: Ek gaan definitief my stout registerklas onthou, pouses saam met my vriendinne en al ons praatjies en dan sal ek ook die Rekeningkunde-klas onthou waar ek en my vriendinne mekaar altyd aangemoedig het. Dan sal ek ook altyd my hokkiespan saam met mnr. Terblanche onthou, daar was beslis nooit 'n dooie oomblik nie.Volgende jaar gaan ek B.Ed. grondslagfase onderwys deur UNISA studeer.Ek wil dankie sê aan al my onderwysers wat ek deur die jare gehad het en vir al hulle bystand en hulp deur die jare.Boodskap: Aan al die matrieks van volgende jaar wil ek die volgende Bybelvers opdra, Jeremia 29:11.

Suné OosthuizenWat ek sal onthou is, die pawiljoenoptrede, VCSV-kringe en die restaurantaande. Ek sal juf. Van der Walt se klastoetse en aanmoediging, mnr. J. Meyer se "môre mense" en juf. Hattingh se geselsies onthou.Ek gaan volgende jaar 'n B.Ed. graad vir intermediêre fase onderwys by NMMU studeer.Dankie aan al die onderwysers wat 'n bydra gemaak het om my hoërskooljare onvergeetlik te maak.My boodskap aan julle is: Geniet elke dag, doen altyd jou beste sodat jy al jou drome kan waar maak.

Adely Phillips

Herinneringe: Biologie-lewe.

Volgende jaar gaan ek onderwys studeer by NMMU.

Dankie vir al die koffie-sessies, Ma'am.

Henco PieterseHerinneringe: Naweke kuier en missions saam met al die boys. Eerste span rugbywedstryde en tweede krieketspan probeerslae.

Volgende jaar wil ek rugby speel vir die Vrystaat en bemarking op Bloemfontein studeer.

Dankie aan die #ragineers wat my hoërskoolloopbaan die moeite werd gemaak het. Dankie aan mnr. Van Schalkwyk en oom Wikus vir al die rugbyadvies en laataand oefeninge.

My Boodskap: "Change the game, never let the game change you". Doen jou bes en lag vir die res.

Henks

Keith Plaatjies

Dié 5 jaar was 'n fees. Die rugbytoere saam met die boys en die stoutgat ouens wat die koshuis lekker gemaak het, gaan ek die meeste mis. Ek gaan volgende jaar studeer en verder rugby speel, as dit God se wil is. Ek wil ook baie dankie sê vir mnr. Van Schalkwyk en oom Wikus wat my baie geleer het en altyd uit hul pad vir my gegaan het. Baie dankie vir al die onderwysers wat 'n rol in my skoolloopbaan gespeel het.Werk hard, speel hard en kuier die hardste.Piston

Page 12: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Jillian PotgieterEk sal altyd die kuier op die matriekstoep, elke oggend se geselskap tussen ons vriende, die matriekafskeid en die atletiek onthou. Volgende jaar gaan ek verpleging studeer. In die toekoms wil ek suksesvol wees en wanneer ek klaar studeer het, wil ek my familie ondersteun en gelukkig wees. Die mense wat die grootste indruk op my gemaak het, is my vriendekring wat my toegelaat het om myself te wees en veral my vriendin Gayroneesha.

Wees jouself en maak die beste van jou tyd. Jillz

Gillian Rayners

My beste herinneringe sal altyd wees my tye op die matriek-stoep saam met my wonderlike vriende wat ek nooit sal vergeet nie. Die pouses wanneer almal mekaar se brood gedeel het. Ek sal ook nooit die Geskiedenisklas vergeet nie. Dit was van ons beste tye. Ek sal mnr. Meyer altyd mis vir sy stories en grappe. 2016 sal altyd die beste jaar vir my wees.

As dit nie vir Brandwag was nie, het ek nooit vir Christian ontmoet nie. Ek is so dankbaar daarvoor.

Marshall Rudman

Ek sal nooit al die sportdae vergeet nie en die herinneringe van kerk en al my vriende wat my ondersteun het, sal my bybly.

Ek wil net dankie sê vir al die onderwysers wat my ondersteun het regdeur die jare.

My boodskap vir die wat agterbly is om elke jaar en elke geleenthede wat julle hier by Brandwag kry te waardeer.

MAKEZ

Geavan RuitersDie vriendelikheid van die leerders en die onderwysers sal ek altyd onthou. Ek sal die gees wat daar Saterdae by die rugby was ook onthou en die pawiljoenoptrede in my gr. 8-jaar. Volgende jaar wil ek gaan studeer, maar as dit nie uitwerk nie sal ek gaan werk om geld te spaar. Ek weet nog nie wat in die toekoms op my wag nie, maar ek wil graag 'n sakeman wees en in my eie kantoor sit. Mnr. Anker was my rugbyafrigter vir drie jaar en hy het altyd in my geglo. Die ander onderwysers wat 'n groot indruk op my gemaak het, is juf. Britz, mnr. Von Willigh en juf. Goosen. Aan die gr. 11's: Volgende jaar gaan die beste jaar van julle skoolloopbaan wees. Skool is 'n vreugde by Brandwag.

Bianca Scheepers

Ek sal al die goed onthou wat ek saam met my vriendinne gedoen het, die tye saam gedurende pouses en geselsies in die eksamen voor ons gaan skryf.

Ek gaan volgende jaar in Amerika au pair vir 'n jaar en dan wil ek terugkom en by NMMU gaan studeer.

Ek wil graag dankie sê aan juf. Roux vir al die hulp op nommer 99 en die manier wat sy jou groet op 'n Vrydagmiddag. Dit laat ons baie spesiaal voel.

Reinhardt Slabbert

Herinneringe: Ek sal altyd onthou hoe ons pouses gelag het en almal wat my gevra het om in my Skotse aksent te praat.Volgende jaar gaan ek as my pa se assistent werk by sy prokureursfirma.Aan al my vriende wat daar was van die begin af wil ek dankie sê vir alles. Ek waardeer dat julle altyd saam met my gestaan het in tye van nood.My boodskap: Anything worth doing is worth overdoing, moderation is for cowards.

Slabbie

Geraldine Prowse

Daar is so baie herinneringe wat ek en my vriendinne deur die jare gemaak het. Ek sal dit nooit vergeet nie en ook nie vir hulle nie.Ek weet nog nie wat ek volgende jaar gaan doen nie.

Ek wil net dankie sê vir al die onderwysers wat my gehelp het deur al die jare.

Aan my vriende en vriendinne, ons is klaar met skool!

Soné RossleeEk sal beslis die matriekafskeid onthou wat spesiaal gemaak is deur my kêrel, Michael Venter. Ek sal die onderwysers nooit kan vergeet nie. Hulle het my ondersteun deur hierdie 5 jaar. Ek gaan toerismebestuur by NMMU studeer. Ek wil net dankie sê vir juf. en mnr. Von Willigh wat my so baie geleer het en vir mnr. Von Willigh se goeie raad deur die jare wat ek altyd sal koester. Dankie aan juf. Smith wat vir my soos 'n tweede ma gevoel het. Sy’t my geleer om nederig te bly en die wêreld 'n beter plek te maak. Vir die nuwe generasie: Die lewe is kort, so lewe voluit. Vergeet van vriende. Fokus op akade-mie. Vriende kom en gaan, maar hoërskool kom net een keer, so doen dit reg. Vertrou op die Here, Hy sal altyd vir jou sorg. lala

Darron Ruiters

Herinneringe: Ek sal nooit die vriendelikheid en respek van Brandwagters vergeet nie. Die rugby en die matriekafskeid was hoogtepunte. Ek weet nog nie wat ek volgende jaar gaan doen nie. Dankie aan mnr. Erasmus, mnr. W. Meyer en mnr. Van Schalkwyk vir die geleentheid wat hulle my gegee het om my gr. 12 by Brandwag te kon doen. My boodskap: Dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie, maar waarheen jy op pad is. Brandwag bied jou die geleentheid om jou drome te laat waar word.Klip

Geraldine Saunders

My beste herinnering by Brandwag is my matriek jaar en volgende jaar wil ek graag onderwys studeer.

My boodskap aan almal sal wees om in jouself te glo en nooit in kompetisie met enige iemand behalwe jouself te wees nie.

Chanél SenekalHerinneringe: Pouses saam met my vriendinne wanneer ons almal bymekaar kom en gesels oor die naweek en om almal uit te kyk. As alles goed verloop wil ek volgende jaar onderwys studeer.

Dankie: Die lys is vol. Waar begin 'n mens? Ek wil vir die onderwysers baie dankie sê wat die pad saam met my gestap het. Julle het regtig 'n groot verskil gemaak in my skoollewe, veral juf. Kriel en juf. Maritz.

My boodskap: My krag en my sterkte kom van die Here. Hy gee my die oorwinning. Hy is my God. Ek wil hom loof. Ek wil sy Naam verhoog. Eksodus 15:2

Ruan Smit

Ek sal altyd pouses in die bomskuiling onthou saam met my vriende en veral die 3de span.

Ek weet nog nie wat ek volgende jaar gaan doen nie.

Ek wil dankie sê aan my vriende wat my hoërskoolloopbaan so lekker gemaak het.

My boodskap aan almal, is om nooit op te gee nie.

Lompie

Page 13: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Retha-Mari SteenkampWat ek die meeste van Brandwag sal onthou, is die goeie gees. My beste tyd was my matriekjaar. Die besondere manier hoe ju. Roux ons as matrieks behandel en gegroet het, sal my altyd bybly. Mnr. Morné Meyer het my oortuig dat ek met harde werk beslis 'n A-kandidaat in Geskiedenis kan wees. Ek beplan om volgende jaar Amerika toe te gaan en my graad daar te verwerf. Ek sien beslis uit na hierdie nuwe hoofstuk in my lewe. Karakterbou, trots en die wil om bo uit te kom, is boustene van Brandwag wat gebruik word om ons te slyp en gereed te maak vir die toekoms. Glo in jouself en jou drome. Doen alles tot die eer van God en gee net jou beste.

Kristen Strydom

Wat ek altyd van Brandwag sal onthou, is die goeie vriende wat ek oor die jare gemaak het, die gees en die lekker lagsessies tydens pouses.

Volgende jaar gaan ek B.Sc. (Wiskunde en Fisiese Wetenskappe) by NMMU studeer.Dankie aan al my vriende wat die lang skooldae soveel lekkerder gemaak het.

Vir die Brandwag-leerders van 2017, onthou: "A diamond is a chunk of coal that did well under pressure."

Laricha Taljaard

Brandwag laat my met baie herinneringe wat ek vir altyd sal bewaar insluitend die pawiljoenoptrede, die stoepoorneming asook die gees wat die Brandwagters het. Ek gaan volgende jaar Regte (LLB) aan NMMU studeer.

Ek wil dankie sê vir al die onderwysers en my vriende wat so 'n groot impak op my gemaak het gedurende my tyd in Brandwag.

My boodskap aan die van julle wat agterbly is, onthou altyd: Winners never quit and quitters never win.

Angelique ThirionEk sal die Kunsklas en my kring mis.

Volgende jaar gaan ek argitektuur studeer.

Dit was vir my 'n voorreg om op die Senior Raad van Leerders te kon dien.

'n Spesiale dank aan juf. Basson, mnr. Erasmus en mnr. Hurter (my beste) wat 'n impak op my lewe gemaak het.

My boodskap aan julle wat agterbly: Werk hard, want jou toekoms is belangrik.

Nicole Thirion

Herinneringe: Ek sal altyd die gees wat in Brandwag heers, onthou.

Ek gaan volgende jaar by Saasveld landbou studeer.

Ek wil graag dankie sê aan die matrieks van 2016 vir al die goeie herinneringe deur die afgelope 5 jaar.

My boodskap: "Faith can move mountains" Mat. 17:20

Anelisa TwaniDie band van grys en groen sal ek altyd in my hart dra. My gr. 8 - 12 onderwysers het elkeen hul eie rol gespeel en 'n groot indruk op my gemaak. Pouses saam met my vriende sal ek altyd koester, die adrenalien van hokkiewedstryde sal ek definitief mis, asook Brandwag se gees tydens sportnaweke en by ander geleenthede. Volgende jaar beplan ek om B.Psych. by NMMU te studeer, maar ek oorweeg ook ander keuses. Dankie aan my onderwysers oor die jare. Vandag is ek 'n beter leerder a.g.v. elkeen se onderwys en die Liewe Vader wat alles moontlik gemaak het. My boodskap vir die nuwe generasie is, droom buite die lyne. Jou agtergrond bepaal nie jou toekoms en waarheen jy gaan nie. Ana

Mondré Steffens

Herinneringe: Ek gaan die flou grappe saam met my vriende, die rugby-gesprekke en die rugbyseisoene mis.

Volgende jaar gaan ek by NMMU studeer.

My boodskap: “It matters not how strait the gate, how charged with punishments the scroll. I am the master of my fate: I am the captain of my soul.”

Monnaz

Rozanne Strydom

Wat ek altyd sal onthou, is ons groepie vriende en ons pouses saam. Volgende jaar gaan ek sielkunde by NMMU studeer. In die toekoms wil ek suksesvol wees en al my vriende wat ek op skool gemaak het, behou. Al my onderwysers en vriende het 'n groot indruk op my gemaak. My boodskap: Geniet die jare, want dit vlieg verby.

Zaan

Caitlin TamboerEk sal altyd my ervaring in Brandwag koester. Die merk-waardige pawiljoenoptrede, opwindende top-10-uitstappies, die meisies-koffiekroeg en entrepreneursdag sal ek nooit vergeet nie! Dit was wonderlik om deel te wees van die VCSV-kringe, Junior en Senior Raad van Leerders, o.16D netbalspan, debatspan, Alpha Leo Klub en Dinamika. By elke geleentheid het ek myself geniet en iets geleer.Volgende jaar gaan ek B.Com. Rekeningkunde by NMMU studeer.Ek is opreg dankbaar vir elke onderwyser en vriend wat 'n rol gespeel het in my hoërskoolloopbaan.Now is the present; enjoy your gift.

Danielle Thirion

Herinneringe: Die gevoel van tuis wees by Brandwag, die trots van die Brandwagters en die band van grys en groen sal ek nooit vergeet nie. Volgende jaar wil ek graag arbeidsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer waar ek ook verder wil netbal speel.Dankie: Ek bedank graag almal by Brandwag wat gedurende my hoërskoolloopbaan 'n invloed op my lewe gehad het. Dankie vir al die geleenthede en aanmoediging. Dit word opreg waardeer.Jer. 29:11 "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: Voorspoed en nie teenspoed nie."

Roxzann ThomasEk sal altyd onthou hoe ek as 'n sot geskok was oor hoeveel afkondigings elke liewe pouse gemaak is. Dit was nie op laer-skool so nie. Pouses in die bomskuiling en op die matriekstoep sal onthou word. Juf. Pienaar het altyd vir ons "gumption songs" gespeel vir motivering. Mnr. von Willigh se skreeu-snaakse stories en waardevolle lewenslesse sal my by-bly. Ek sal nooit die band van grys en groen vergeet nie. Volgende jaar gaan ek by NMMU studeer. Ek het groot drome en sal streef om elkeen te verwesenlik. Dankie aan al die onnies. Van mnr. Erasmus se onvoltooide grappies tot juf. Maritz se vreemde geluide, was klasse nooit vervelig nie. "You don't have to be great to start, but you have to start to be great." Roxy

Durandt van der BergHerinneringe: Ek sal altyd my vriende onthou en al die snaakse goed wat hulle aangevang het en ek het nooit gedink dat my vriendekring uit so 'n klomp snaakse, maar wél baie goeie mense en vriende sal bestaan nie.Ek weet nie wat ek volgende jaar gaan doen nie, behalwe my beste gee in alles.Ek sê baie dankie aan die onderwysers wat ek nooit sal vergeet nie en wat my nie net iets in die skool geleer het nie, maar ook dinge van die lewe.Aan die nuwe generasie, julle moet altyd probeer vriendelik wees met almal. Al hou jy nie van hulle nie, wys altyd vir almal 'n glimlag.

Page 14: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Anel van der MerweEk sal altyd onthou hoe juf. Koekemoer my altyd oor my hare uitgehaal het. Juf. Hattingh wou altyd net die beste vir ons hê. Mnr. Von Willigh was 'n pa vir almal.

Volgende jaar gaan ek oorsee op 'n skip werk. In die toekoms wil ek harder werk.

Die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, is mnre. Von Willigh en Erasmus, juf. Roux en juf. Hattingh.

Gebruik elke oomblik voor dit te laat is.Nella

Tuané van der Merwe

My beste herinneringe is die pawiljoenoptrede, Brandwag se gees en die Classic Clash.Volgende jaar gaan ek by Images 1 Hair Academy studeer.

Dankie aan die onderwysers, C. van der Westhuizen, K. Basson, K. Pienaar en E. Roux, wat vir my 'n passie vir Engels laat ontwikkel het.

"We only regret the chances we didn't take." Vat kanse en neem deel aan alles, want spyt kom altyd te laat.

Chantelle van VuurenBrandwag was die een plek waar ek altyd tuis gevoel het. Die gees van die skool tydens sportbyeenkomste sal ek onthou. Die stoepoorneming was die hoogtepunt van my skoolloopbaan en ek sal dit definitief nooit kan vergeet nie. Volgende jaar gaan ek by Stenden studeer om 'n te word en byeenkomste te leer beplan. Ek wil dankie sê aan al die onderwysers wat my ondersteun en elke dag gehelp het, asook aan al die matrieks saam met wie ek al vir die afgelope 5 jaar 'n wonderlike pad gestap het. My boodskap aan die res van die skool is, geniet elke oomblik en neem soveel foto's as moontlik. Probeer om elke oomblik te onthou.

sjef

Thea van Vuuren

Herinneringe: Ek sal altyd juf. Koekemoer onthou wat op 'n Maandag inspeksie doen en as jy nie reg was nie, het jy hard probeer wegkruip. Ek sal ook al ons optogte en die singsongs onthou.Volgende jaar gaan ek onderwys studeer. Ek wil dankie sê vir juf. Kriel en juf. Roux wat soos my mammas by die skool was en my altyd gehelp het met enige iets.My boodskap: As jy by 'n onderwyser in die moeilikheid beland, maak dit nie saak wat jy sê nie, jy maak dit net erger vir jouself.

Jana Vermaak

Al Leané en Liané se grappies tydens pouses, Elmé en Jamie se skindersessies in Afrikaanse periodes en die lekker tye in die koshuis is my beste herinneringe. Volgende jaar wil ek verpleegkunde by NMMU gaan studeer en my tweede keuse is grondslagfase onderwys. Dankie aan al my vriende, vriendinne en onderwysers wat my skoolloopbaan onvergeetlik gemaak het en ook in my geglo het. Dankie aan tannie Carmen dat ek altyd net kon kom afpak het by haar. Cubanna / Bobbejaantjie

Carla Visage

Die herinnering wat ek altyd sal koester, is die familie-gevoel in Brandwag. Die vreemde gesprekke tydens pouses, stres oor Bio-langvrae, Mc D's met elke Skeinat-uitstappie en die nuwe doughnut-tradisie is dinge wat my altyd sal bybly. Volgende jaar studeer vir 'n B.-graad in mediese noodgeval-versorging by NMMU.Dankie aan ... juf. Smith. Juffrou was vir my "ray of sunshine" wanneer ek dit nodig gehad het. Aan die leerders: Waardeer die moeite wat onderwysers vir julle doen en straal elke dag positiwiteit uit, want dit is aansteeklik.

Jamie van der Merwe

Ek sal altyd die pousetye saam met my vriendinne onthou en sal ook nooit die dag in gr. 9 vergeet toe ek my skoolliefde, Righardt, ontmoet het nie. Hulle is die mense wat skool vir my lekker gemaak het.

Ek wil graag volgende jaar bemarking deur UNISA swot en verder in my modelwerk gaan.

Wil ook net baie dankie sê aan al die onderwysers wat vir my klas gegee het. Dankie.

Johlene van EykHerinneringe: Ek sal van die sporttoere koester, veral hierdie jaar se Oudtshoorn-toer saam met die 2de hokkiespan en mnr. Von Willigh. Ek sal altyd die prettige tye in die Skeinatklas saam met my "stoutmakers" onthou. Volgende jaar: Ek is nog nie heeltemal seker waar ek gaan op eindig nie, maar wees verseker my rigting sal iets met perde te doen hê, waar ek hopelik ''n verskil in ander se lewens kan maak.Dankies: Ek wil graag vir elke onderwyser in Brandwag dankie sê. Ek wil ook net bowenal dankie sê vir mnr. Von Willigh wat my PAPPA by die skool was.Aan die jonger gene: WORK HARD AND DREAM BIG.

Desmonrico van VuurenNa 5 jaar as 'n trotse Brandwagter sal ek altyd onthou hoe trots ek gevoel het wanneer ek soggens my uniform aangetrek het. Ek gaan volgende jaar my studies by NMMU voortsit waar ek logistieke en sakebestuur gaan studeer. Ek bedank my meisie Jean-Maré Mostert, my onderwysers en vriende vir al my onvergeetlike herinneringe, maar ek rig my grootste bedanking aan my gewese skoolhoof mnr. Wilhelm Meyer. Hy het met sy aksies vir my geleer het dat respek nie afgedwing kan word nie, maar verdien word. Ek laat my mede-Brandwagters agter met die volgende: Leef elke oomblik van hoërskool voluit, want as jy, soos ek, aan die einde staan, wens jy jy kon alles oorhê. Dessi

Zilcke van Zyl

Ek sal nooit vergeet hoe juf. Duvenhage so 'n wonderlike afrigter was nie en ek sal ook nie die bidklas saam met mnr. Von Willigh vergeet nie.Ek wil graag volgende jaar in Patensie gaan bly en netbal verder afrig en my SA-kwalifikasie bereik.Baie dankie aan juf. Pienaar vir al haar ondersteuning en mnr. Von Willigh vir die bystaan en die ore.

Bly altyd getrou aan die Here. Hy sal jou op die regte pad lei en altyd by jou staan deur dik en dun.

Nicole Viljoen

Wat ek die meeste sal onthou, is mnr. M. Meyer se ongelooflike stories en flou grappies tydens Geskiedenisklasse.

Ek gaan volgende jaar au pair vir twee jaar voordat ek kuns of grafiese ontwerp gaan studeer.

"Everything you do now is for your future, think about that."

Coco

Braam Weyers

Ek sal altyd die gees van Brandwag onthou en die trots wat ek gevoel het wanneer ek Saterdagmiddae deur die tonneltjie kon draf. Dankie aan al die onderwysers by wie ek al by klas gehad het. 'n Spesiale dankie aan mnr. Van Schalkwyk vir drie jaar van insig wat vir die res van my lewe by my sal bly. My boodskap vir die wat agterbly: Leef asof dit jou laaste dag is. Geniet elke oomblik en maak herinneringe waar jy ook al gaan. Leave a legacy.Billa

Page 15: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

El-Jade WilliamsHerinneringe: Die vriendskap wat gevorm is die afgelope 5 jaar, die paviljoen-optrede, die rugby, veral die Classic Clash en dan drama gedurende pouses. Ek sal ook my gunsteling onderwysers mnr. M. Meyer en juf. Kriel onthou en laastens, die hoogtepunt van my skoolloopbaan, die matriekafskeid. Volgende jaar gaan ek my toewy aan my studies as maat-skaplike werkster. Ek wil suksesvol wees en ander help in nood.Dankie, aan 'n ieder en elk wat 'n bydrae gelewer het om my die persoon te maak wat ek vandag is, die liefde en onder-steuning, asook die begrip wat aan my getoon is van gr. 8 tot 12. Alles van die beste. Wees trots om 'n Brandwagter te wees. Dra die grys en groen met trots en respek. Jade

Sharezaan Zeelie

Herinneringe: Die onvergeetlike Biologie-periodes. Juf. Roux. Daar is geen woorde om haar te beskryf nie. VCSV-koffiekroeë en die lofsang. Die gees by interskole-wedstryde, soos by die Classic Clash.

Tans beoog ek om Oogkunde te studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, maar ek het ook nog verskeie opsies om te oorweeg.

Boodskap: The giant in front of you is never bigger than the God who lives in you.

Page 16: 28 November 2016 Uitgawe 9 - Brandwag© Conradie My 5 jaar in Brandwag het in 'n oogwink verbygegaan. Baie dankie aan almal wat 'n rol in hierdie vormingsjare gespeel het en deel is

Matriek 2016