6
LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 Geagte Ouers 4 Junie 2020 Groete aan al die Rynie huisgesinne. Ons hoop almal is veilig en gesond!! Verlede Sondagmiddag en -aand was daar ‘n Babelse verwarring oor die oopmaak van skole vir Gr 7 leerders op I Junie. Die minister van Onderwys het haar mediakonferensie uitgestel na Maandag wat almal in die duister gelaat het. Later die betrokke aand is ‘n mediaverklaring uitgereik wat aangedui het dat die Gr. 7 leerders eers Maandag, 8 Junie 2020, sal begin. Bogenoemde stel skole in ‘n swak lig en dit lyk asof skole onbevoeg is om besluite te neem. Dit was egter buite ons beheer en ons vra die Gr. 7 ouers weereens om verskoning oor die laat kennisgewing verlede Sondag. As alles goed gaan, meld die Gr 7 leerders eerskomende Maandag 8 Junie 2020 aan. Dieselfde reёlings soos verlede week gekommunikeer nl:

LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

LAERSKOOL RYNFIELD

INPERKINGSNUUSBRIEF 10

Geagte Ouers 4 Junie 2020

Groete aan al die Rynie huisgesinne. Ons hoop almal is veilig en gesond!!

Verlede Sondagmiddag en -aand was daar ‘n Babelse verwarring oor die

oopmaak van skole vir Gr 7 leerders op I Junie. Die minister van Onderwys het

haar mediakonferensie uitgestel na Maandag wat almal in die duister gelaat

het. Later die betrokke aand is ‘n mediaverklaring uitgereik wat aangedui het

dat die Gr. 7 leerders eers Maandag, 8 Junie 2020, sal begin.

Bogenoemde stel skole in ‘n swak lig en dit lyk asof skole onbevoeg is om

besluite te neem. Dit was egter buite ons beheer en ons vra die Gr. 7 ouers

weereens om verskoning oor die laat kennisgewing verlede Sondag.

As alles goed gaan, meld die Gr 7 leerders eerskomende Maandag 8 Junie

2020 aan. Dieselfde reёlings soos verlede week gekommunikeer nl:

Page 2: LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

EERSTE DAG REёLINGS VIR GR 7 LEERDERS:

Leerders meld vanaf 07:00-07:30 op die betrokke dag aan.

Skoolure 07:30- 13:00. Hek open 07:00 in oggende.

Slegs die hek by die snoepie is oop in Matherstraat(Netbalbane)

Leerders kom aanvanklik met eie masker. Sal skoolmasker ontvang by hek

sowel as ‘n lapmasker voorsien deur die Departement.

Temperatuur sal by hekke gemeet word. Leerders met ‘n koors van 38+ sal

huis toe gestuur word.

Leerders gaan die eerste dag na die pawiljoen waar personeel hulle sal

ontvang en seker maak dat hulle 2m uitmekaar sit.

‘n Inligtingsessie en opleiding rakende veiligheismaatreëls, dra van masker,

geen fisiese kontak, ens. sal gedoen word.

Die 4 graad 7 klasse word in 8 klasse verdeel en ‘n personeellid word aan

elke klas toegeken. Ongeveer 13 leerders in ‘n klas.

Leerders gaan na hulle onderskeie klasse. Kan ‘n ander klas wees as hulle

normale registerklas. Slegs een leerder by ‘n tafel 2m uitmekaar.

Leerders bly die hele skooldag in dieselfde klas en wissel nie.

Personeel wissel volgens ‘n rooster na die 8 klasse om les te gee.

Onderrig begin en sal op die wyse plaasvind tot verdere kennisgewing.

Geen handboeke en skryfbehoeftes mag gedeel word nie, maak seker u

kind bring sy eie.

Leerders met onderliggende siektetoestande skakel met Juf Liezel om

spesiale reëlings te tref. Let asb daarop dat ‘n doktersbrief ingehandig moet

word vir spesiale reëlings wat akademie betref.

Alhoewel ons alle beskermende materiaal/middels voorsien, beveel ons aan

dat leerders eie vloeibare seep en klein houers saniteerder saambring.

Eie klein handdoek word ook aanbeveel om hande af te droog na was.

Snoepie is gesluit tot verder kennisgewing. Pak asb voedsame kosblikke.

Kleredrag: Maandae en Woensdae – Skooluniform (Winters- of

Somersdrag)

Dinsdae en Donderdae - Vrydagdrag, skoolsweetpak

Vrydae - Gewone huisklere

Leerders moet asb daagliks ‘n skoon stel klere aantrek.

All leerders moet direk na skool, op die laatste 13:15, opgetel word, naskool

uitgesluit.

Page 3: LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

Die volgende is die nuutste datums wat deur die Minister van Onderwys in die

Staatskoerant gepubliseer is en wat ‘n goeie aanduiding is van die ander grade

se infassering. Let assbelief daarop dat mense nou kan kommentaar lewer en

dat dit nie finaal is nie:

NR GRADE DATUM 1 Gr 7 en 12 1 Junie

(8 Junie) 2 ECD (Gr RR en R) ,

Gr 1,2,3,6,10,11 6 July

3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus

Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van

Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag ‘n hartaanval gehad het. Dit gaan

tans goed met hom en hy sterk aan by die huis. Mnr Wright is ‘n goeie vriend

van die Rynies en namens Laerskool Rynfield wens ons hom ‘n spoedige herstel

toe. Ons het ook reeds vir hom ‘n lekker bederfpakkie vanaf die Rynies laat

aflaai. James, ons hoop jy is gou weer op die been!

Mnr Wright sterk aan by die huis

Page 4: LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

Epos-adresse

Ons huidige Telkom epos-adresse is tans buite werking en ons het reeds ’n

week terug die fout aangemeld. Ons vra om verskoning vir die ongerief en

besef dat daar eposse is wat nog nie beantwoord is nie.

Intussen het ons met die vernuwing van ons webtuiste ook nuwe epos-adresse

vir die skool wat binnekort ook op ons webtuiste sal verskyn:

Page 5: LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

KULTUUR

Ons Rynies hou aan presteer by die kunswedstryd !

Gr.2 Kayleigh Human Bybellees Forte rondte

Gr.4 Annabel Kleijnhans Bybellees Forte rondte

Gr.5 Cara Bieseman Voorbereid Itemwenner

Onvoorbereid Itemwenner

Bybellees Forte rondte

Prepared Itemwenner

Unprepared Forte rondte

Bible reading Itemwenner

Luze Human Onvoorbereid Forte rondte

Ralf Ewest Onvoorbereid Forte rondte

Gr.6 Shanante Bower Voorbereid Forte rondte

Jana Nelson Voorbereid Forte rondte

Anja Terblanche Prepared Forte rondte

Onthou dat inskrywings vir voordrag by ConSpirito 9 Junie sluit. Om te registreer :

www.conspirito.co.za

Gauteng Redenaars Nuusflits :

Hierdie kompetisie gaan aanlyn voort. Die kinders wat na die Interne Redenaars deurgedring

en ingeskryf het, sal eersdaags verdere inligting ontvang.

Indien daar graadgroepe is wat reeds spanredenaarsgroepe gereed het, kan julle gerus juf.

Barbara kontak vir hulp met afrigting en afronding (083 600 5554).

Hierdie Redenaarsliga gee ook hierdie jaar die geleentheid vir privaatinskrywings. Vir

verdere inligting kontak gerus: [email protected]

Sluitingsdatum : 26 Junie

Page 6: LAERSKOOL RYNFIELD INPERKINGSNUUSBRIEF 10 … · 3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag

TEN SLOTTE

W Janse van Rensburg

Laerskool Rynfield