3
Laerskool Bosveld Primary Werkkaart Week 10 Les 1 Kwartaal 2 Eenheid 6: Maniere om materiaal te versterk Instruksies: 1. Skryf die antwoorde op enige stuk papier neer. 2. Skryf slegs die antwoorde. 3. Bring papiere met antwoorde saam skooltoe wanneer ons weer begin. 4. Sterkte en geniet elke aktiwiteit. Lees deur: Maniere om materiaal te versterk Een manier om materiaal te versterk is om die vorm te verander. 'n Plat stuk papier of karton kan sterker gemaak word deur die vorm te verander. Wetenskaplikes en ingenieurs ontwerp maniere om materiale sterker te maak. Kartonbokse word gebruik om verskillende goed in te dra. Groente en vrugte, soos die kersies in Figuur 1, word in kartonbokse vervoer. Die bokse kom plat op die plaas aan. Die boer vou die bokse in 'n bruikbare houer en maak dit vol met voedsel.

4 N…  · Web viewKartonbokse word gebruik om verskillende goed in te dra. Groente en vrugte, soos die kersies in Figuur 1, word in kartonbokse vervoer. Die bokse kom plat op die

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 4 N…  · Web viewKartonbokse word gebruik om verskillende goed in te dra. Groente en vrugte, soos die kersies in Figuur 1, word in kartonbokse vervoer. Die bokse kom plat op die

Laerskool Bosveld Primary

WerkkaartWeek 10

Les 1

Kwartaal 2

Eenheid 6: Maniere om materiaal te versterk

Instruksies:

1. Skryf die antwoorde op enige stuk papier neer.2. Skryf slegs die antwoorde.3. Bring papiere met antwoorde saam skooltoe wanneer ons weer begin.4. Sterkte en geniet elke aktiwiteit.

Lees deur:

Maniere om materiaal te versterk

Een manier om materiaal te versterk is om die vorm te verander. 'n Plat stuk papier of karton kan sterker gemaak word deur die vorm te verander. Wetenskaplikes en ingenieurs ontwerp maniere om materiale sterker te maak. Kartonbokse word gebruik om verskillende goed in te dra. Groente en vrugte, soos die kersies in Figuur 1, word in kartonbokse vervoer. Die bokse kom plat op die plaas aan. Die boer vou die bokse in 'n bruikbare houer en maak dit vol met voedsel.

Flguur 1 Bokse word van 'n plat stuk karton gevou. Die boks voorkom dat die voedsel gedruk word.

Om pilare uit papier te vou

'n Plat stuk papier kan gerol word om 'n hol pilaar of buis te vorm. 'n Buis is rond of sirkelvormig en leeg soos 'n pyp. Die ronde vorm maak die papier sterker.

Page 2: 4 N…  · Web viewKartonbokse word gebruik om verskillende goed in te dra. Groente en vrugte, soos die kersies in Figuur 1, word in kartonbokse vervoer. Die bokse kom plat op die

'n Stuk papier sal byvoorbeeld omval as jy dit op sy kant neersit. As jy die stuk papier egter soos 'n buis oprol, sal dit 'n boek kan ondersteun. Daar is ander vorms wat ook baie sterk is, soos 'n driehoek of 'n vierkant.

Figuur 3 Deur papier te vou, word dit versterk.

Meer oor buise

Koerantpapier is nie baie sterk nie. As dit egter in 'n rol opgerol word, kan dit 'n baie sterk struktuur vorm. Die vorm van 'n buis maak van swak koerantpapier 'n sterk struktuur. Die buise in Figuur 4 kan as stutte gebruik word om ander strukture te bou. Stutte is lang, dun buise. Stutte word gebruik as raamstruktuur wanneer dakke gebou word.