22
Mei 2016 Wat ‘n lekker kamp het ons nie gehad die maand nie. Van ons lede is al Woensdag deur Silwerstrand toe, ons het ‘n lekker “road trip” gemaak daarvan. Donderdagaand wou die wind ons wegwaai en twee aande het ons amper verkluim van die koue, maar nou ja die lekker van die kamp was baie meer as die ongure weer. Ons was 32 lede en 5 gaste altesaam gewees. Ons het lekker potjiekos kompetisie gehou en Esmé het op alle vlakke die be-oordeelaars probeer omkoop. Nodeloos om te se het haar of liewer Duane se potjie nie gewen nie. Jammer miskien volgende keer. Algemeen: Ons volgende kamp is by Yzerfontein. Die kostes beloop R440.00 vir die naweek 27 – 28 Mei. Daar is ook ‘n R100.00 sleutel deposito betaalbaar by die hek, vir die remote en amblusieblok sleutel. Laat weet asseblief vir Riana voor of op 25 Mei 2016 of julle saamgaan. As dit enigsins vir julle moontlik is verkies ons ‘n

5- DIE ALBATROS Mei 2016 - sawa.org.za

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Mei 2016

Wat ‘n lekker kamp het ons nie gehad die maand nie. Van ons lede is al Woensdag deur Silwerstrand toe, ons het ‘n lekker “road trip” gemaak daarvan. Donderdagaand wou die wind ons wegwaai en twee aande het ons amper verkluim van die koue, maar nou ja die lekker van die kamp was baie meer as die ongure weer. Ons was 32 lede en 5 gaste altesaam gewees.

Ons het lekker potjiekos kompetisie gehou en Esmé het op alle vlakke die be-oordeelaars probeer omkoop. Nodeloos om te se het haar of liewer Duane se potjie nie gewen nie. Jammer miskien volgende keer.

Algemeen:

Ons volgende kamp is by Yzerfontein. Die kostes beloop R440.00 vir die naweek 27 – 28 Mei. Daar is ook ‘n R100.00 sleutel deposito betaalbaar by die hek, vir die remote en amblusieblok sleutel. Laat weet asseblief vir Riana voor of op 25 Mei 2016 of julle saamgaan. As dit enigsins vir julle moontlik is verkies ons ‘n

internet betaling, dan kan julle sommer bevestig en bewys van betaling saam stuur. Ons sal egter nog kontant by die kamp ook ontvang. ([email protected] of [email protected])

Ons kampleiers vir die naweek is Kobus en Suzaan en bestuur verteenwoordiger is Esme Coetzee.

Ons sien uit na ‘n lekker kamp saam met julle.

Soos julle weet deel ons nog steeds elke kamp ‘n glas uit ter viering van ons 20ste bestaansjaar. Kom kamp elke maand saam en versamel ons unieke klub glas. Ons verjaarsdag kamp en kerskamp is saam. Die bestuur beplan ‘n lekker partytjie vir die einde van die jaar en ons hoop dat elke lid daar teenwoordig sal wees.

Ons Kerskamp verskuif van De Hollandsche Molen na Kuilsrivier. De Hollandsche Molen is baie duur vir die saal en benodigdhede en het te min staanplek vir ons. Kuilsrivier is ‘n beter opsie en baie goedkoper. Hulle het die hele terrein net vir ons gereserveer.

Ons dans in Julie se tema is Winter kersfees en ons beplan ‘n lekker samesyn. Morné gaan weer vir ons musiek maak en ons gaan lekker saam dans en kuier. Die kaartjies beloop R60 per persoon jy bring jou eie drink en eetgoed saam, die bestuur gaan kaartjies beskikbaar he by Yzerfontein. Bring jou geldjie saam en kom koop sommer nou al jou kaartjie. Die fondse wat ons hier bymekaar maak gaan vir ons verjaarsdag/kerskamp. Kom ondersteun ons asseblief.

Lys van kamp venues vir 2016:

Mei: 27-28 Yzerfontein

Junie: 17-19 Van Zylsrus

Julie: 30 Dans (Winter Kersfees)

Augustus: 19-20 AJV: Bergrivier

September: 9-10 100+ Mountain Breeze

September: 30/9-1/10 Voortrekkerpark

Oktober: 14-15 Kongres

28-29 Vloedbos

November: 25-26 Kerskamp Kuilsrivier / Verjaarsdag kamp

Nuwe lede:

Ons het geen nuwe lede die maand nie.

Lief en leed:

Lief:

Theo Roux en Hester de Klerk was in die hospitaal. Ons is bly om te se hulle sterk mooi aan. Belinda Oosthuizen het ook prosedures laat doen en dit gaan ook goed met haar.

Leed:

Innige simpatie aan Christo Snyman wat sy neef aan die dood afgestaan het. Esmé Coetzee gaan die 17de hospitaal toe, ons glo en vertrou alles sal goed gaan en dat jy gou

weer op die been sal wees. Ons dank ons Hemelse Vader elke dag vir gesondheid.

Verjaarsdae:

10 - Rademeyer Jannik

13 - Van der Merwe Corrie

15 - Oosthuizen Belinda

15 - Mulder Coenie

16 - Mennigke Alisha

20 - Fester Elizabeth

22 - Theart Kobus

22 – Stander Riaan

26 - Oosthuizen Vickey

28 - Staples Alma

Mag liefde en lag jou dag verwarm en mag vreugde joune wees oral waar jy gaan. Geniet jou dag voluit.

Kamp resep: (Benita)

Warm sjokolade nagereg

1k Meel 5 e Botter

3tl Bp 187g Suiker

7,5ml Kakao 166ml Melk

1 Eier Sout

Stroop:

2k Kookwater 1k Suiker

2e Kakao

Kook saam tot suiker gesmelt het.

Metode:

1. Room botter, suiker en eier 2. Voeg droe bestandele by 3. Voeg melk by 4. Gooi mengsel in warm kakaostroop in bakskottel of potjie

5. Bak vir 45 min.

Bedien met room of roomys.

Bemarking (kontak persoon Esmé)

Doreen Nepgen maak ingelegde slaaie op bestelling. 084 327 3626

Tossie Roux verkoop ingelegde konfyte, vrugte ens. 082 559 8446

Belinda Oosthuizen brei en hekel. 078 080 1136

Louise Viljoen bak beskuit en doen ook Houtsnee werk. 083 700 3508

Ons wil graag dat julle insette lewer, as julle enige foto’s het of nuus wat julle met ons wil deel kontak my asseblief. Erna Venter 074 1108 992 of email [email protected]

Dit is ons almal se nuusbrief en ek kan ongelukkig nie orals wees nie.

Foto’s

Ons stop vir ontbyt by Du Toitskloof Lodge

Birds Paradise is ook op ons lysie om te besoek.

Ons kampleier is baie paraat en patrolleer die kamp gronde gedurig. Dankie Joos ons het so veilig gevoel.

Bietjie sports Ons gaan proe wyn by Robertson Kelder met sjokolade

pairing

Nuwe lede kry hulle pakkette

Van agter: Coenie Mulder, Esmé Coetzee (voorsitster) Johan Kotze en Cobus Viljoen

Voor: Juliana de Jongh, Beverly Kotze, Roline van Greunen en Marike Viljoen.

Baie geluk aan ons nuwe lede ons weet julle gaan baie gelukkige kampe saam ons geniet.

Ons pryse vir die potjiekos kompetisie Dit was regtig baie koud gewees

Die manne bak brood

En so begin die voorbereiding vir die kompetisie

En toe begin die be-oordeling:

En die wenners is:

Eerste prys gaan aan Cor en Hermien Stofberg Tweede prys: Devan Oosthuizen

en Schalk en Marieta Bosman

Derde prys: Nicholl en Alfred Hollis

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die kompetisie. Dit was voorwaar groot pret. Ons maak binnekort weer so.

Hallo Albatros,

Dit voel omtrent soos ‘n ewigheid sedert my laaste brief. Die rek tussen ons kamp in Maart tot die kamp einde April was darem net te lank. Ons weet darem nou dat die Gebiedskamp volgende jaar weer vroeg in Maart gaan wees, en ons kan mooi beplan om nie weer so lank te wag vir ‘n kamp nie. Die van julle wat saam met ons gekamp het in Silwerstrand sal met my saamstem dat Joos Knipe opgemaak het vir die lang wag periode. Wat ‘n "AWESOME" kamp was dit nie! Baie dankie Joos Knipe en Christel Sadler! Vir al ons Albatrossers wat in soveel gees deelgeneem het die naweek, ‘n groot DANKIE! Dit was heerlik en die Albatros gees was groot!

Ek wil graag ook net vir Riana en Andre Potgieter dankie sệ vir hulle harde werk en skenkings, Erna, Andre Kotze en Duane Coetzee vir die brood bak, Alex Stramrood vir die skenking van wyn vir ons kompetisie, Cor Stoffberg vir die DSTV vir die rugby en natuurlik Luan wat gehelp het met die instel van die TV.

Daar was 32 Albatros lede en 5 Gaste, Totaal van 37.

Ons volgende kamp is 27 – 29 Mei by Yzerfontein. Yzerfontein se bestuur is maar moeilik! Met die betaling vereis hulle nou dat ALLE kampgelde teen Vrydag 12 uur in hul rekening moet wees. Ons vra asseblief indien jul gaan kamp om seker te maak dat Riana jul name op die lys het sodat ons die betaling kan doen.

Ek het vir diegene wat gekamp het genoem dat ons die Kerskamp en 20ste verjaarsdag vieringe moes skuif. Die oorspronklik kamp sou by De Hollandsche Molen gewees het. Ongelukkig kon hulle nie vir ons die saal gee nie en indien wel sou dit ons R107 per kop gekos het net om die tafels en stoele te gebruik. Hulle het ook net vir ons 30 staanplekke voorsiening gemaak en ons verwag meer as 60 vir die naweek. Nadat alle uitgawes, spasie, spyseniering en ander operasionele sake oorweeg is, het Kuilsrivier die beste oplossing gebied. Hulle het vir ons die hele kamp terrein gereserveer vir die naweek. Ons kry groot afslag en sodoende kan ons ‘n groot funksie wat ekonomies sal wees aanbied. Ons het al die vorige Albatros voorsitters genooi om die naweek saam met ons te kom vier. Daar is onder ons aandag gebring dat die badkamers ‘n probleem mag wees en ons kyk na alternatiewe om dit vir almal gerieflik te maak.

Laaste maar nie die minste, ons dans die 30ste Julie. Kom kuier lekker saam met ons. Onthou die beste manier om warm te word in die middel van die winter sal wees om te kom dans!

Seënwense en Albatros Groete aan almal.

Esme Coetzee

Financial Manager, South Africa