9
1 Liewe Ouers/Voogde Die eerste maand van hierdie skooljaar is verby. Die eerste, deurmekaar skooldag ʼn vergete gedagte, die swem- en atletiekseisoen op hul laaste bene terwyl ons kultuuraktiwiteite volstoom aan die gang is. Die wintersport voorbereidings is in plek en vir die baie positiewes onder ons, is ons Maart vakansiereëlings ook getref, al is daar nog ʼn toetsreeks om deur te swoeg. So spoed vele besige dae by ons verby. Oosies herinner jouself daaraan dat elke dag ʼn spesiale geskenk is, dat jy dit moet omhels en elke oomblik voluit moet leef. DAGBOEK 24/2 Rocky Roadshow, Gr12’s, (skoolure) / Rugby: Ouervergadering, 18:30, skoolsaal 26/2 Afrikaanse Redenaars finaal: Juniors - (16:00) in personeelkamer en Seniors (18:30) personeelkamer 27/2 Atletiek: B-Bond Interhoër te TUKS (nie Pilditch). Sien reëlings. 28/2 Rugby: Junior proewe (direk na skool) 29/2 Rugby: Senior proewe (08:00), sportvelde / Netbal: Proewe vir 0/14 tot 0/17 en 0/18B- spanne, (08:00), te Laerskool Villieria / Hokkie: Proewe (seuns en dogters), 08:00, sportvelde 02/03 Hokkie: Ouervergadering, 18:00 tot 18:30, LO-saal / Buitengewone ouervergadering Astro goedkeuring (18:30), skoolsaal BEHEERLIGGAAMVERKIESING Kennis geskied hiermee dat daar nie ʼn kworum teenwoordig was tydens die vergadering van 19 Februarie 2020 nie. Die verkiesing vind plaas op 26 Februarie 2020. BUITENGEWONE OUERVERGADERING Agenda: Toestemming vir die bou van ʼn Astro-baan. Datum: 2 Maart om 18:30 in die skoolsaal. Alle ouers word uitgenooi. AKADEMIE ROCKY ROADSHOW Die Rocky Roadshow is ‘n loopbaanuitstalling vir ons graad 12-leerders. Verskeie buite- instansies is op 24 Februarie (skoolure) by die skool. GRAADRAADVERTEENWOORDIGER Marizelle Brits is die graad 8-graadraadverteenwoordiger vir 2020. 6/2020 24/02/2020

6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

1

Liewe Ouers/Voogde

Die eerste maand van hierdie skooljaar is verby. Die eerste, deurmekaar skooldag ʼn vergete gedagte, die swem- en atletiekseisoen op hul laaste bene terwyl ons kultuuraktiwiteite volstoom aan die gang is. Die wintersport voorbereidings is in plek en vir die baie positiewes onder ons, is ons Maart vakansiereëlings ook getref, al is daar nog ʼn toetsreeks om deur te swoeg. So spoed vele besige dae by ons verby. Oosies herinner jouself daaraan dat elke dag ʼn spesiale geskenk is, dat jy dit moet omhels en elke oomblik voluit moet leef.

DAGBOEK

24/2 Rocky Roadshow, Gr12’s, (skoolure) / Rugby: Ouervergadering, 18:30, skoolsaal

26/2 Afrikaanse Redenaars finaal: Juniors - (16:00) in personeelkamer en Seniors (18:30)

personeelkamer

27/2 Atletiek: B-Bond Interhoër te TUKS (nie Pilditch). Sien reëlings.

28/2 Rugby: Junior proewe (direk na skool)

29/2 Rugby: Senior proewe (08:00), sportvelde / Netbal: Proewe vir 0/14 tot 0/17 en 0/18B-

spanne, (08:00), te Laerskool Villieria / Hokkie: Proewe (seuns en dogters), 08:00, sportvelde

02/03 Hokkie: Ouervergadering, 18:00 tot 18:30, LO-saal / Buitengewone ouervergadering –

Astro goedkeuring (18:30), skoolsaal

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Kennis geskied hiermee dat daar nie ʼn kworum teenwoordig was tydens die vergadering van 19 Februarie 2020 nie. Die verkiesing vind plaas op 26 Februarie 2020.

BUITENGEWONE OUERVERGADERING

Agenda: Toestemming vir die bou van ʼn Astro-baan. Datum: 2 Maart om 18:30 in die skoolsaal. Alle ouers word uitgenooi.

AKADEMIE

ROCKY ROADSHOW Die Rocky Roadshow is ‘n loopbaanuitstalling vir ons graad 12-leerders. Verskeie buite-instansies is op 24 Februarie (skoolure) by die skool.

GRAADRAADVERTEENWOORDIGER Marizelle Brits is die graad 8-graadraadverteenwoordiger vir 2020.

6/2020 24/02/2020

Page 2: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

2

VELDSKOOL Die jaarlikse graad 10-veldskool is vanaf 25 tot 28 Augustus 2020, te Kwaggasrus (30km anderkant Brits). Die leerders vertrek op 25 Augustus om 08:00, per bus en sal op 28 Augustus terug wees by die skool. Leerders het reeds skrywes in die verband ontvang.

AFWESIGHEDE

Indien ‘n leerder AFWESIG is, moet die ouers op DIESELFDE DAG voor 08:00 die skool

daarvan in kennis stel. Kennisgewing kan soos volg geskied: per faks, per e-pos, per brief, per

telefoon of persoonlik. *Die leerder moet ‘n brief van die ouers bring, sodra hy/sy weer skool toe

kom. Briewe is noodsaaklik vir rekorddoeleindes. *’n MEDIESE SERTIFIKAAT moet ook

ingedien word, indien ‘n leerder vir MEER AS 3 (drie) DAE van die skool afwesig is (volgens die

Skolewet). *Met afwesigheid van 10 (tien) dae of meer, sonder toestemming of kennisgewing,

sal In leerder van die skoolregister verwyder word en sal hy/sy weer van vooraf aansoek moet

doen vir toelating. *Indien ‘n leerder AFWESIG is tydens TOETSE, EKSAMEN of

PORTEFEULJEWERK, moet die leerder ‘n MEDIESE SERTIFIKAAT inhandig (met duidelike

redes) wanneer hy/sy weer skool toe kom, anders kry die leerder ‘n nulpunt

Leerders wat afwesig is, is self verantwoordelik om hul werk in te haal. In geval van

toetse/eksamen moet ʼn doktersbrief by die vakonderwyser ingehandig word en ʼn reëling vir ʼn

sieketoets getref word.

Page 3: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

3

MEDIA VERKLARING

Page 4: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

4

KULTUUR

REDENAARS Ons gelukwense aan die volgende junior en senior redenaars wat deur is na die finaal op 26 Februarie. Juniors: Roelien Barnard, Marisa Collins, Abigail de Nysschen, Leoné de Vries, Zané du Toit, Zander Groenewald, Larouschelle Hattingh, Amber Haines, Esmarie Koelman, Raymond Labuschagne, Mianca Oosthuysen, Benjamin Roos, Elsje Styger, Mari-Lee van Deventer en Emma Webb. Seniors: Mienke Albertse, Mignon Burger, Juané Geldenhuys, Gera-Mari Kolbé, Andrea Labuschagne, Heinrich le Roux, Miandri Scholtz, Cameron Slement, Wian Styger, Lianke van Wyk, Lorize Welgemoed JUNIOR STADSRAAD Die Junior Stadsraad van Pretoria se visie is om ons veelsydige jeug te verenig en moedig samewerking tussen die leerders van die verskillende skole aan. Hul organiseer projekte en samel so fondse in vir liefdadigheid. Baie geluk aan die volgende Oos-Moot leerders wat tot die stadsraad verkies is: Wian Styger (gr10), Gera-Mari Kolbé en Juané Geldenhuys (gr12). Kreefdag – 28 Februarie 2020 Die jaarlikse Kreefdag (Kreef is anoniem met Klere, Rokkies En Enige Frokkies) fondsinsameling deur die Junior Stadsraad is op 28 Februarie. Leerders dra gewone klere met ʼn hooftooisel. Die fondse van die projek gaan na die Gracia Child and Youth Care Centre asook CHOC Childhood Cancer Foundation SA. Leerders ondersteun die fondsinsameling deur ʼn donasie van R5 te maak.

MNR EN MEJ OOS-MOOT 2020

Die jaarlikse gala-aand beloof om weer ʼn glansgeleentheid te wees met ons gaskunstenaars Demi-Lee en Elandré. Datum: 12 Maart Tyd: 19:00 Plek: Skoolsaal Drag: Informeel Kaartjies: R100pp, R60pp (vleuels van saal), R50pp (staanplek in saal). Beskikbaar vanaf 3 Maart 2020. Die snoepie sal oop wees vir verversings en CD’s van die kunstenaars sal te koop wees.

Page 5: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

5

SPORT

ATLETIEK PUK Interhoër – 18 Februarie Geluk aan ons atletiekspan wat die byeenkoms gewen het. Atlete wat 850+ ABSA-punte aangeteken het, is: Suané Dekker (0/15 – 100m), Micayla Botha (0/15 – hoogspring), Febé Wessels (0/17 – gewigstoot en diskus), HJ van Staden (0/17 – spiesgooi), Chané van Zyl (0/19 – spiesgooi en gewigstoot). Volledige uitslae is op die skool se webblad beskikbaar. Distrikbyeenkoms – 22 Februarie Volledige uitslae is op die skool se webtuiste beskikbaar. B-Bond Interhoër reëlings – 27 Februarie 2020 Die byeenkoms is by TUKS (Universiteit van Pretoria) se sportgronde. Dit begin om 09:00 en eindig om 17:30 Die atlete moet om 06:00 by die skool wees en die Oosie-golf lede om 06:30. Busse vertrek vanaf die skool en sal na afloop van die byeenkoms om ongeveer 19:30 terug by die skool wees. Atlete moet geklee wees in die korrekte Oosie-drag en Oosie-golf lede in die korrekte skooldrag. Toegang is R20 per persoon en R10 vir ʼn program. Hekke vir parkering open om 07:00. Daar is geen skool vir die ander leerders nie. Toesig is wel by die skool beskikbaar.

SWEM Ons swemspan het die seisoen afgesluit met die C-Bond Interhoër op 19 Februarie. Ons was ook in die gelukkige posisie om hierdie jaar die interhoër aan te bied. . Ons het ‘n hele paar uitblinkers in die swembad gehad. Logan Truter was algeheel tweede op die senior seuns se Victor lys. Hy het ‘n tweede plek in die

die 200m individuele wisselslag vir senior seuns behaal en eerste plekke in die 50m rugslag en

50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17)

Page 6: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

6

Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy het tweede plekke behaal in die 200m individuele wisselslag vir junior seuns, 50m rugslag en ‘n eerste plek in die 50m vlinderslag. Zander Human was algeheel agtste op die senior seuns se Victor lys. Hy het ‘n eerste plek behaal in die 100m vryslag en ‘n derde plek vir 50m borsslag (0/16). Hanko Pretorius was algeheel sewende op die junior seuns se Victor lys. Hy het ‘n eerste plek behaal vir 50m vryslag en ‘n tweede plek vir 50m vlinderslag (0/14). Carlo Janse van Rensburg het ‘n tweede plek in die 50m rugslag en ‘n derde plek in die 50m vlinderslag (0/16) behaal. Die volgende leerders het ook goed presteer. Stefan Steyn (0/15) – tweede plek vir 50m vryslag. Rikus Bornman - derde plek in 100m vryslag vir Ope seuns. Benjamin Roos (0/14) - derde plek 50m borsslag. Ryan Nel (0/14) - 3de plek vir 50 rugslag. Noelanie Smit (0/15) - derde plek 50m vlinderslag. Aflosse wat posisies behaal het: 0/14 Seuns Wisselslag - 2de plek, 0/15 Seuns Wisselslag - 3de, 0/17 Seuns Wisselslag - 3de plek, 0/14 Seuns Vryslag - 3de plek, 0/15 Seuns Vryslag - 2de plek en 0/17 Seuns Vryslag - 1ste plek. Die skool eindig in die afdeling vir seuns in die tweede plek en die dogters in die sesde plek. Oos-Moot is algeheel in die 5de posisie.

WINTERSPORTPROEWE Spelers word versoek om stiptelik op te daag vir die onderskeie wintersportsoorte se proewe (rugby, hokkie, netbal) en die volgende saam te bring: elkeen se volledige (unabridged) geboortesertifikaat asook 'n ID-foto, genoeg water en sonbrandroom.

Netbal Die skool se netbalbane word huidiglik opgegradeer. Laerskool Villieria het hul netbalbane tot ons beskikking gestel vir die proewe en oefeninge. Oefentye (Laerskool Villieria) vanaf 24 Februarie tot 20 Maart Maandae en Woensdae vanaf 14:30 tot 17:30 Dinsdae en Donderdae vanaf 16:00 tot 17:30

KLEREBANK

Die skool het met die hulp van ons ouers en oudleerlinge se skenking van skoolklere tot stand gekom. Fondse wat geïn word, word teruggeploeg in die klerebank. Klere word sover moontlik herstel en gewas voordat dit in die klerebank opgeneem word. Hierdie diens bied die volgende vir ons leerders:

Skoolklere (soos beskikbaar) vir ons mindergegoede leerders. Skoolklere (soos beskikbaar) kan ook teen billike pryse aangekoop word.

KLEREBANKTYE Woensdagmiddae vanaf 14:00 tot 14:25 Spesiale tye tydens eksamens (sal op die webblad en aan die leerders gekommunikeer

word)

Page 7: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

7

SPESIALE KLEREBANKTYE Wintersdrag 2020 Leerders begin op 4 Mei die skool se amptelike wintersdrag dra. Die klerebank sal in April op 22/23 April en 29/30 April vanaf 14:00 tot 14:25 oop wees.

SKENKING VAN KLERE Ouers of leerders wat klere wil skenk, kan dit vanaf 07:00 tot 13:00 afgee by die Ontvangs/Administratiewe Kantoor.

PRYSLYSTE (sien skakels)

Let wel: Klere word nie geruil of geleen uit die klerebank nie. Leerders moet verkieslik teenwoordig

wees met die aankoop van klere. Geen klere word gedurende skoolure verkoop of uitgegee nie. Leerders sal tydens skoolure, per afkondiging in kennis gestel word indien die klerebank nie

oop sal wees nie. Indien u 'n navraag wil rig of 'n reëling vir buite die gewone klerebanktye wil tref, kontak die

klerebank by [email protected].

KOSPROJEK

Ons jaarlikse kosprojek-insameling is vanaf 17 Februarie tot 6 Maart 2020. Die voedsel en huishoudelike items wat ingesamel word, bemagtig die skool om maandeliks kospakkies aan 20 behoeftige gesinne (80 persone) in ons skool te voorsien. Hierdie projek groei elke jaar en ons is ewig dankbaar vir die ouers se onbaatsugtige ondersteuning en goedhartigheid.

Graad 8/9 Blikkies kos Graad 10 Koffie, tee, langlewe melk, suiker, kondensmelk, aanmaakkoeldrank, skeermesse,

Stasoft en toiletpapier. Graad 11 Koekmeel, mieliemeel, kookolie, bakpoeier, ontbytpap, sjampoe, tandeborsels en

tandepasta. Graad 12 Pasta, rys, pastasouse, droë lensies, droë sopmengsels, gedroogde vrugte, smeer

vir brood (konfyt, grondboontjiebotter, ens.), Jik Die projek het op 17 Februarie begin en eindig op 6 Maart.

TER NAGEDAGTENIS AAN

Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van Dianté Kasselman (oud-Oosie 2015).

Ons medelye met haar gesin en familie.

Page 8: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

8

ADVERTEER IN DIE NUUSBRIEF Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by [email protected].

Page 9: 6/2020 24/02/2020 - Hoërskool Oos-Moot€¦ · 50m vlinderslag (beide met ‘n nuwe rekord vir seuns 0/17) 6 Martin Smit was algeheel tweede op die junior seuns se Victor lys. Hy

9