32
Anderkant Eerste beginsels ....van waar ek tans staan....

Anderkant Eerste beginsels

  • Upload
    deron

  • View
    84

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Anderkant Eerste beginsels. ....van waar ek tans staan. Om (minderjarige) kinders op te pas…. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Anderkant  Eerste beginsels

Anderkant Eerste beginsels....van waar ek tans staan....

Page 2: Anderkant  Eerste beginsels

Om (minderjarige) kinders op te pas…..

Gal 4:1 Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; Gal 4:2 maar hy staan onder voogde (epitropos “domestic manager”, opsigter) en bestuurders (oikonomos “overseer”) tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. Gal 4:3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet (opsigter), Gal 4:5 om die wat onder die wet (opsigter) was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. Gal 4:6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Gal 4:7 Daarom is jy nie meer dienskneg (doulos “slave”) nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. Gal 4:8 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; Gal 4:9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels (opsigter se woning of slawehuis) wat julle weer van voor af aan wil dien? Gal 4:10 Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Gal 4:11 Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het (jul wil net in die slawehuis bly).

Gal 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester (“boy leader”, school master) na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Gal 3:25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.

Page 3: Anderkant  Eerste beginsels

Let op:• Die geslag van JHWH was vir lank onder ‘n voog, met niks meer

regte as slawe nie. • Hul het onder ‘n “tugmeester / opsigter” in ‘n geestelike

slawehuis gestaan wat hul volgens reëls bestuur het wat hul moes beskerm, en ook familiêr sou maak met hul Vader se eie huis in die toekoms (kadette vs grensdiens).

• Op die volheid van tyd, is hul losgekoop van die opsigter deur dat sy prys betaal is, en hul is oorgebring na die huis van hul Vader om nou as kinders opgevoed te word tot gereedheid om hul erfdeel te ontvang.

• Hierdie aanvanklike opsigter, reëls en woning word na verwys as die “eerste beginsels”, of die “eerste (ou) verbond”.

• Soos ‘n roetekaart vs die staproete self – soos ‘n selfstandige naamwoord teenoor ‘n werkwoord.

Page 4: Anderkant  Eerste beginsels

Ou gewoontes sterf moeilik – gemaksone van die bekende voog

Kol 2:20 As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge Kol 2:21 soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — Kol 2:22 almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, Kol 2:23 wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

Page 5: Anderkant  Eerste beginsels

Let op:• Die kind is uit die slawehuis gebring, maar die slawehuis kom nie

maklik uit die kind (se kop) uit nie (dink aan die tipe-van Egipte, die wat wou teruggaan)

• Soos ‘n skrikgemaakte skaap neig die kind om terug te hardloop na die stal, al staan die vryheid en oop velde oop voor hom – bekendheid van die slawehuis bring ‘n vreemde sin van sekuriteit na die kind. Amper soos die gyselaar- sindroom.

• Omdat die kind sy slawe omgewing en reëls ken en verstaan, is hy onwillig om na die onbekende woning van sy Vader, en na die gesag van erfgenaam, aan te beweeg.

Page 6: Anderkant  Eerste beginsels

Die begin (eerste) van iets nuutsHeb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword Heb 5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; Heb 5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor. Heb 5:12 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Heb 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Page 7: Anderkant  Eerste beginsels

Let op:• Soos skape maak, maak die kinders.• Om hul te help, aan te moedig om na hul nuwe vryheid oor te

beweeg, stuur JHWH sy eie Seun, om self slaaf te word, die selfde reëls te lewe, en dan eerste die oop staldeur uit te stap sodat die res weet hoe om te volg.

• ‘n Nuwe huis, nuwe reëls, nuwe eise – maar die eerste was so gekies dat die nuwe nie vreemd is, nie – eerder bekend voorkom.

• Hul wat Hom begin volg, en begin traag raak, verloor moed en draai om terug na die slawehuis en sy bekende reëls – hul moet weer aangemoedig word, heropgelei word om moed en vaardigheid te kry om deur te beweeg na die Vader se woning.

• Om in vryheid te oorleef, moet die kinders geoefen raak in die bestuursvaardighede wat nodig is binne die (al)magtige administrasie van die Vader.

Page 8: Anderkant  Eerste beginsels

....gaan nou verder.Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie (eerste beginsels), maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, Heb 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. Heb 6:3 En dit sal ons doen as God dit toelaat. Heb 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, Heb 6:5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, Heb 6:6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak. Heb 6:7 Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Heb 6:8 Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding. Heb 6:9 Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so. Heb 6:10 Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien. Heb 6:11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; Heb 6:12 sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.

Page 9: Anderkant  Eerste beginsels

Die Eerste beginsels, fondamente van die nuwe huis:1. Bekering uit dooie werke – sondige lewe aflê, werke van die wet, uit die slawehuis2. Geloof in God – weet dat Hy is, en beloner is van die wat Hom soek, wedergeboorte3. Leer van die doop – nuwe begin, reiniging en belydenis van keuse4. Leer van Handoplegging – doping in die Gees5. Leer van opstanding van die dode – die nuwe/herstelde aarde, ewigheid6. Leer van ewige oordeel – straf, die einde van ‘n verkeerde keuse

....waarvandaan ons moet aanbeweeg, verder na die volmaakte, wat insluit...

1. Die wet op my hart geskrywe, en geoefen in die gebruik daarvan (Geestesvermoëns geoefen om goed van kwaad te onderskei)

2. Verheldering en vernuwing van die manier hoe ons dink oor alles (Verlig in hul denke)3. Nabyheid aan Vader, en die bevestiging in ons gees dat Hy ons Abba is (Hemelse gawe

gesmaak)4. Die werking van die Heilige Gees in jou lewe ervaar, en ook deel met ander (Heilige Gees

deelagtig)5. Die verandering van die Logos na Rema voor jou oë, die opspring van lewe uit dooie

woorde (Goeie woord van God gesmaak)6. Bonatuurlike ervaring van dinge wat ons dimensie nie kan verklaar nie (Kragte van die

toekomstige wêreld)

Page 10: Anderkant  Eerste beginsels

Daar is risiko’s aan gekoppel

Heb 6:3 En dit sal ons doen as God dit toelaat.

Heb 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal ..... , Heb 6:6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

A point of no return......

Page 11: Anderkant  Eerste beginsels

Kan u ‘n klemverskuiwing waarneem?

Van wegdraai van die dood, aanroep uit die nood, doop in die

dood van Jahshua, opstanding uit die dode, ewige oordeel Na

Geestesvermoëns, verligting van die denke, hemelse gawes, Heilige Gees deelagtig, goeie Woord gesmaak en die

toekomstige wêreld.

Page 12: Anderkant  Eerste beginsels

Let op:• Maar die einddoel is heerskappy saam met hul Vader, en dit eis

volwassenheid, balans, wysheid en bo alles toegang tot die Vader.

• Heerskappy is gekoppel aan groot risiko vir die geslag van JHWH – om dit te betree sonder die nodige “heiligheid”, is seker dood – net soos vir die hoëpriester van ouds.

• Daar is vroeë toetse, riglyne wat, indien die aspirant heerser dit volbring, sy oorlewing verseker.

• ‘n Presiese voorbeeld en demonstrasie hiervan is gelewer deur die Seun, as riglyn vir almal wat “saam met Elohim sal heers” – Israel.

Page 13: Anderkant  Eerste beginsels

Kom ons maak dit maklik om te verstaan…

Ons “eerste reëls” was reeds ‘n padkaart (afbeelding) van ons “nuwe lewe” – as jy

jou self wil vind en jou pad vorentoe verstaan, kyk na die mooi kaart geteken in

die woestynsand…..

Page 14: Anderkant  Eerste beginsels

‘n “Prentjie” sê ‘n duisend woorde

Page 15: Anderkant  Eerste beginsels

Tabernakel

Page 16: Anderkant  Eerste beginsels

Skematiese roetekaart

“Die Deur, / Ingang of Weg”

Eerste voorhangsel “Die Waarheid”

Altaar vir sonde offer

Die waskom vir reiniging

Tafel met toonbrode

Kandelaar wat verlig

Reukoffer altaar

Vyf pilare by ingang na HeiligdomTweede voorhangsel “die Lewe”

Ark vd Verbond (met verborge manna ens)

Page 17: Anderkant  Eerste beginsels

Van buite gekom

Joh 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Joh 14:6 Jahshua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Page 18: Anderkant  Eerste beginsels

Reeds oortuigLev 4:22 As ‘n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat JAHWEH sy God verbied het, en hy skuldig word; Lev 4:23 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ram; Lev 4:24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van JAHWEH slag; dit is ‘n sondoffer.

Page 19: Anderkant  Eerste beginsels

As die vuil verby is

Eks 40:7 En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.

Esg 36:25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. Esg 36:26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. Esg 36:27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Page 20: Anderkant  Eerste beginsels

Vyf pilare voor die Waarheid

Efs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, Efs 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Efs 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Efs 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, Efs 4:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Page 21: Anderkant  Eerste beginsels

Uit die sonlig uit, na sagte lig toe

Page 22: Anderkant  Eerste beginsels

Anderkant die LEWE, om te heers soos die Koning se geslag

Page 23: Anderkant  Eerste beginsels

3-D Beginsel

Allerheiligste geloof (volwassene) – 100%

HeiligeGeloof (tiener) – 60%

Voorhof geloof (baba) – 30%

SielLiggaam

Gees

Offer-Lam(Jahshua)

Reiniging(Jahshua)

Weg(Jahshua)

Bekering, berou,

vergifnis

Doop

Sond

e /

oord

eel /

stra

fLewe(Jahshua)

Verborge manna – Rhema Woord

Toekomstige, verligte denke, JHWH se weë

Waarheid(Jahshua)

Logos - Woord(Jahshua)

Handoplegging & HG doping

Lofprysing & aanbidding

Bedienings – Ef 4

PasgaTabernakels Pinkster

Feeste

Page 24: Anderkant  Eerste beginsels

Een spesifieke saak belig……

Soos geboorte ‘n voorvereiste is vir lewe, en voedsel vir groei, is ewewig die eis vir beweging, balans die eienskap wat elke tree vorentoe in bewaring hou….

Page 25: Anderkant  Eerste beginsels

Om aan te beweeg die heiligdom in....moet daar iets gebeurHeb 9:6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, Heb 9:7 maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan— Heb 9:8 waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie. Heb 9:9 Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, Heb 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.

1Pe 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 1Pe 3:19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 1Pe 3:20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 1Pe 3:21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jahshua Christus 1Pe 3:22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

Page 26: Anderkant  Eerste beginsels

Wat is dan belangrik aan ‘n “herstelde” gewete?

Hnd 24:16 Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.

Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, Rom 2:16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jahshua Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

Tit 1:15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. Tit 1:16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

1Ti 3:8 Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie, 1Ti 3:9 manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.

Page 27: Anderkant  Eerste beginsels

Gewete....1Ti 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen. 1Ti 1:18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry 1Ti 1:19 en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely, 1Ti 1:20 onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

1Ti 1:5 Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof 1Ti 1:6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; 1Ti 1:7 hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.

1Ko 8:11 En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? 1Ko 8:12 Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus. 1Ko 8:13 Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.

Page 28: Anderkant  Eerste beginsels

Oor heerskappy.... Om oorwinnaar te wees, regeerder met Elohim

Page 29: Anderkant  Eerste beginsels

Amen

Page 30: Anderkant  Eerste beginsels

“Bekering uit dooie werke”

Heb 9:11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, Heb 9:12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. Heb 9:13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. Rom 7:5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. Rom 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. Rom 7:7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. Rom 7:8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood. Rom 7:9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe. Rom 7:10 En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees. Rom 7:11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.

Page 31: Anderkant  Eerste beginsels

“bekering uit dooie werke”

2Ko 3:5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 2Ko 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

Gal 3:9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham. Gal 3:10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. Gal 3:11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.

Page 32: Anderkant  Eerste beginsels

“geloof in Elohim”

Hnd 14:21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë, Hnd 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. Hnd 14:23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

Efs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; Efs 2:9 nie uit die (dooie) werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Rom 4:6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder (dooie) werke: Rom 4:7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Rom 4:8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. Rom 4:9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. Rom 4:10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.