10
BEEFMASTER | 2012 1

BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

B E E FMA S T E R | 2 0 1 2 1

Page 2: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

B E E FMA S T E R | 2 0 1 22

Page 3: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

3B E E FMA S T E R | 2 0 1 2

CONTENTSword laaste gedoen

Page 4: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

4 B E E FMA S T E R | 2 0 1 2

2012Voorwoord Ons as vleisbeesboere beleef tans ‘n periode van positiewe speenkalf en aanteelvee pryse, en dus kan ons goeie geld uit ons beeste maak. Nietemin, as ‘n boer se beeste hoogs vrugbaar en produktief is, sal hulle nog beter vaar en nog meer wins vir hom kan maak.

Tom Lasater se doelwit toe hy die Beefmaster ras ontwikkel het, was om beeste wat ‘n wins kan maak te teel, en ons Suid-Afrikaanse Beefmaster telers voel dat ons dit ook hier reggekry het. Ons vroulike diere is oor die hele land goed aangepas, en die groot aanvraag na Beefmasterbulle en die sukses van die veilings die afgelope seisoen is ‘n goeie maatstaf en bewys hiervan.

We like to stress that the Beefmaster is a cow / calf breed and that the goal of all breeders is to breed fertile and functional cows. During the past couple of years we have publicized the official performance testing statistics which show that Beefmaster females’ fertility, measured by the breed’s average intercalving period, compares very well against our competitors. The figures also show that we are the most productive breed in terms of kilo’s of weaner produced per kilogram of cow. Beefmaster females are therefore highly profitable.

Vleisbeesboere besef ook dat ons nie vir ‘fancy points’ selekteer nie, maar streng vir Lasater se ‘Six Essentials’, naamlik: vrugbaarheid, temperament, gehardheid, massa, bouvorm en melkproduksie. Aan alle telers wil ek my opregte dank uitspreek vir wat julle doen om ons besondere ras te bevorder. Die gees by ons algemene jaarvergadering en funksie was spesiaal, en die nasionale veiling het goed afgeloop. Ons is vasbeslote dat die 2012 veiling groter en nog meer suksesvol gaan wees.

The differences between Studbook and the ARC experienced over the past year or more have been a worry to the Board. After an unsuccessful mediation, which resulted in them splitting, Studbook went on their own to offer both registration and performance testing services from January 2012. As decided by the 2011 AGM, we entered into an agreement with Studbook and have been assured by them that from a breeder’s perspective, there will be no noticeable changes. We will monitor and keep breeders informed.

Baie dankie aan al die raadslede vir julle wonderlike ondersteuning en vir julle passie vir ons ras. Helga en Elaine het die kantoor uitstekend bestuur en ons wens Christo en Helga geluk met hulle klein Beefmastertjie, Wian, wat in Desember 2011 gebore is.

Because of the constant growth in both breeder and animal numbers, and the positive vibe in the Society, I feel sure that the next 25 years of Beefmaster breeding in Southern Africa will be even more successful than the first quarter century completed last year.

Arthur Gilbert

President

Page 5: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

5

2012Voorwoord

Page 6: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

B E E FMA S T E R | 2 0 1 26

BeefmasterRaad 2011/2012

Voor van lnr - P Hart (Vise President) H Prinsloo (kantoor) A Gilbert (President)E Nieuwoudt (kantoor) PMB Human, L Du ToitAgter van lnr – K Muller, J van Heerden, J Tait, N Badenhorst, GF Scheepers, G Hart,CA J v Rensburg, J Schoeman, JC Coetzee, F Odendaal, C J v Vuuren

Page 7: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

Raad 2011/2012

Page 8: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

DIE IMPAK VAN FAKTORE volhoubaarheidsoos bestuur, seleksie en optimalisering van omgewing op

1. INLEIDING:

1.1 Koördinering van ALLE aksies of faktore wat ’n impak het op die volhoubaarheid van ’n VLEISBEESBOERDERY, is van kardinale belang.

1.2 Die mite dat “as die bul en die windpomp werk, gaan dit voor die wind met beesboerdery”, is beslis ’n spyker in enige beesboer se doodskis.

1.3 Beesboerdery is beslis ook nie meer tegnologies agtergeblewe en/of oningelig nie.

1.4 BESTUUR per sé, is miskien dié aspek wat meer aandag behoort te verdien, aangesien dit te maklik “as vanselfsprekend of gegewe” beskou word.

Die praktyk bewys dat daar t.o.v. die siening ’n fenomenale verskil is tussen die ouer geslag en die nuwer generasie beesboere, voltydse en deeltydse boere, ekstensiewe en intensiewe bedryfstakke en veral tussen die bees- en gewasproduksiebedrywe!

1.5 Bestuur se impak is waarskynlik meer as 66% verantwoordelik vir die sukses en volhoubaarheid van u beesboerdery.

1.6 Bestuur het juis uitsluitlik te doen met die OPTIMALISERING van die OMGEWING.

1.7 OMGEWING per sé het in die meeste gevalle meer as 50% invloed op die vordering in ’n kudde. Byvoorbeeld, by vrugbaarheid met ‘n erfbaarheid van ±10%, is die omgewing se impak dus ±90%!

1.8 SELEKSIE is die instrument om genetiese vordering te bewerkstellig.

Hennie Snyman Pr.Sci.Nat.Paradigm Landboukundige Adviseurs

8 B E E FMA S T E R | 2 0 1 2

Page 9: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

B E E FMA S T E R | 2 0 1 2 9

volhoubaarheidDie rigtingwysers vir die SELEKSIEPROSES is teeldoelwitte en korrelasies (hetsy positief of negatief ), tussen verskillende eienskappe.

2. BESTUUR:

Om effektiewe BESTUUR te kan toepas, moet ons ingelig en oor die vermoë beskik om innoverend en dinamies te kan wees.

Tegnologiesehulpmiddels in die seleksieproses het reuse vordering die afgelope 10 jaar gemaak. Vir hierdie rede moet die BESTUURDER beslis rekenaargeletterd wees, want daarsonder is sy hande letterlik afgekap.

Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe die ouer garde selfs hul staal in die verband wys!

2.1 Tegnologiesehulpmiddels is onder andere.:

• Beraamde teelwaardes, waarna soms verkeerdelik as Blup verwys word (BLUP is die model om beraamde teelwaardes te bereken), is rasspesifiek en stel die teler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale grense diere binne dieselfde ras te vergelyk.

• Beraamde teelwaardes is die resultaat waar prestasiedata en stambome gekombineer word, terwyl die omgewingsinvloed deur die teler geïdentifiseer en gekodifiseer word, sodat BLUP daarvoor kan korrigeer.

Die resultaat is beraamde teelwaardes (genetiese potensiaal) wat ’n aanduiding is hoe ’n spesifieke dier se nageslag behoort te presteer.

Die mates waarin beraamde teelwaardes weergegee word is dieselfde waarin dit gemeet word nl. kilogram, gram, millimeter en selfs in rand en sent. Die waardes word as positief of negatief aangegee, nie dat positief altyd reg is en negatief altyd verkeerd is nie. Die waardes dui die vordering aan vanaf ’n sogenaamde basisjaar (nie rasgemiddeld nie!), wat rasspesifiek is.

• DNS-tipering is veral handig met vaderskapbepaling, veediefstal, identifisering van verdagtes, en selfs die identifisering van organismes soos Trichomoniase, Brucella, ens.

• Genetiesemerkers is weer baie handig met die identifisering van sekere eienskappe en selfs die graad daarvan, byvoorbeeld waar vleissagtheid geïdentifiseer word en waar die graad in aantal sterre aangedui word.

• Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is van al die eienskappe wat reeds oor merkers beskik.

• Genome wat ’n totale DNS-pakket van ’n dier is.

2.2 Basiese beginsels t.o.v. Bestuur moet egter nooit uit die oog verloor word nie, en vorm inteendeel die spil waarom alles draai, soos:

• Weiding vorm die basis van teling. Daarsonder is teling en genetika gedoem. Die volle genetiese potensiaal van ’n dier kan alleenlik geopenbaar word namate die hoeveelheid kos wat beskikbaar is, of andersins, tot watter mate die omgewing geoptimaliseer word.

• Drakragnorme vir spesifieke gebiede moet as riglyn gebruik word.

• Weidingsdruk verskil dramaties van drakrag en word aangewend om sekere resultate te verkry en verskil drasties t.o.v. verskillende weidingstelsels.

• Daar is sekere basiese beginsels vir beweiding, alhoewel daar verskillende en uiteenlopende weidingstelsels bestaan.

• 70% van die gras op ’n plaas word benodig slegs vir onderhoud.

• Drie keer meer energie word benodig om ’n kilogram vet te produseer, as een kilogram spier.

• Weiding in verskillende stadia van ontwikkeling verskil in samestelling, veral t.o.v. proteïen en energie.

• Weiding in verskillende gebiede verskil hoofsaaklik i.t.v. mineraalsamestelling.

• Grondverskille binne dieselfde gebied veroorsaak smaaklikheidsverskille binne dieselfde spesies.

• Suurveld vs. soetveld verskil drasties in die voorsiening van die verskillende produksiestadia se onderhoudsbehoeftes

• Diere se onderhoudsbehoeftes in verskillende produksiestadia verskil dramaties (in prioriteitsvolgorde), nl.:

- Eerstekalfkoeie (veral namate ouderdom met eerste kalwing vervroeg word)

- Koei met kalf

- Dragtigevers

- Dragtigekoei

- Oopvers

• Aanvullings vs. byvoedings verskil dramaties van mekaar.

• Proteïen, energie en minerale (makro en mikro) is die belangrikste komponente wat d.m.v. lekke aangevul moet word.

• Tipe lekke is spesifiek t.o.v. die produksiestadia, seisoen en doelwit.

• Lekbakbestuur is van groter belang as tipe lekke i.t.v. die doeltreffendheid van aanvullings.

• Daar is ’n besliste interaksie tussen verskillende minerale (spoorelemente), daarom is gebalanseerde lekke van kardinale belang.

Page 10: BEEFMASTER | 2012 - · PDF fileteler in staat om oor geslagte, behandelingsgroepe (bestuursgroepe), jare, plase en selfs internasionale ... • Merkerpakket (kit) wat ’n bondel is

B E E FMA S T E R | 2 0 1 210