16
Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 41

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 41

Beefmaster Nuusbrief Junie 201042

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 43

1. Begin deur die dier van voor te bekykKop:

• Die kop dui eerstens aan of dit ‘n manlike of vroulike dier is.

• Die kroon dui aan of die dier poena gene dra al dan nie.

• Die plasing en grootte van die ore dui die % Bos Indicus bloed in die dier aan.

• Die breedte tussen die oë vertel hoe die lyf van die dier lyk, breed of smal.

• Die oë moet wakker wees met goeie oogbanke en pigment om die oë.

• Die bek sterk en breed en reguit en neusspieël met pigment.

• Die neusbeen moet reguit wees. Kyk vir gedraaide neusbeen of skewe bek.

• Kyk vir te kort of te lang onderkaak.

Voorbene:

• Breedte in die bors en plasing van die voorbene.• Kyk vir oormatige vet aanpakking in die bors van

vers.• Is die dier X benig of bakbenig.• Die lengte van die pypbeen.• Die kloue nie te lank uitgegroei of te regop op die

hoewe trap.• Draai die kloue na binne (duiftonig) of draai die

kloue na buite (splee voetig).

Agterbene:

• Die hoewe nie te lank uitgegroei wees nie of te re-gop op die hoewe (blokvoete)

• Die kootgewrigte nie te lank, te slap (deurtrap) of te regop nie.

• Die hake nie te regop of sekelhakkig nie.• Kyk vir koeihakkigheid (aankap hakke) en bakbenig-

heid van agter die dier.• Kyk of die dier nie op die buitekant van die kloue

loop nie.

Onderlyn en geslagsdele:

• Die naelvel nie te groot nie.• Goeie uierontwikkeling en wel gevormde spene.• Geen oormatige harigheid op die uier nie.• Goed ontwikkelde vulva kyk ook vir pigment.• Oorontwikkelde klitorus voorspel probleme.• Bulle se skede nie te groot en swaar naelvel speel

ook ‘n rol.• Skede opening nie te groot nie, met genoeg spier-

beheer.• Voorhuid wat permanent uithang (prolaps).• Testes van gewenste grootte (nie te klein, meet,

moenie skat nie).• Goeie beheer oor die skrotum (temperatuur beheer).• Skrotum moenie te laag hang nie (pendulum).• Teelballe moet dieselfde vorm en grootte hê (Hipo-

en hiperplasie).• Teelballe moet nie gedraai wees, byballe moet sig-

baar wees en nie gedraai wees.• Skrotum mag nie gesplete wees nie.• Skrotumnek nie dik en vlesig nie maar skoon met

geen vetaanpakking nie.

Stert en agterkwart:

• Kyk na stertwortelaanhegting.• Nie te hoog (kween of bobbejaanstert).• Skewe stert

Sistematieseevaluasie van ‘n dier

VISUELEDie funksionele eienskappe van ‘n bees sien mens eerstens in die

kop, die bene en die teelorgane (vreet, stap en teel). Die vleiseien-

skappe van die kant, van agter en oor die rug van die dier (lengte,

breedte en diepte). Die profiele, beweging, kondisie en hare dui op

die aangepastheid en funksie van die dier.

Opgestel deur: Hans Coetzee

Beefmaster Nuusbrief Junie 201044

Voorkwart en nek:

• Kyk na die hoek van die bladbeen, oppas vir regop skouers

• Vroulike diere moet ligter in die voorkwart en fyn in die nek wees met fyn velplooie

• ‘n Fyn goed gevormde keelvel by koei is gewens• Goeie gespierde voorarm van ‘n bul is ‘n aanduiding

bespiering oor die hele lyf• Bulle moet vors in die voorkwart wees met verdonkering

in nek• Die nek van bulle moet goed bespierde en robust

wees• ‘n Goed ontwikkelde skof is ‘n teken van manlikheid

in bulle

2. Kyk na die dier se profiel van die kant af:• Balans en wigvorm van albei geslagte.• Diere wat nie in harmonie met sy omgewing is nie

sal dit in sy kondisie wys.• Diere met swak konstitusie moet afgekeur word.• Begin eerder met minder diere maar die regte

diere.• ‘n Bul moet lyk en klink soos ‘n bul en ‘n koei moet lyk

en klink soos ‘n koei. • As jy twyfel, kyk gou weer en keur makliker af as

goed.

• Stert wat te diep aanheg• ‘n Lang stert met goeie kwas wat onder die hak

hang is ideaal. (insekdoder)• ‘n Te kort of krom stert is ongewens (dis ‘n verlengstuk

van die werwelkolom)

Agterkwart:

• Goed bevlees maar nie baie duidelike bespiering by vroulike diere nie

• Genoeg lengte tussen die heupbeen en sitbene• Kyk vir genoeg wydte tussen die sitbene• Baie goeie bespiering by die bulle• Baie duidelike ontwikkelde skilpadspier, binne en

buite dye by bulle• Bespiering moet so laag moontlik afgaan bokant

die hakke (pasop vir perdeboud)

Kruis en lende:

• Die kruis nie te plat of te dakkig wees nie, dit vernou die geboortekanaal

• Goeie breedte en plasing van die heupbene en draaibene

• Die lende moet sterk wees en gevul (nie duik maak tussen die kruis en rug nie)

Middelstuk:

• Kapasiteit en sprong van rib• Lengte en diepte van die lyf van die dier• Geen knyp agter die blaaie (duiwelsgreep)• Reguit rug (nie holrug of kromrug)• Stygende kambene by koeie is ‘n aanduiding van

laer vrugbaarheid• Goed ontwikkelde waaierspier by bulle• Bulle breë en plat rug wat tussen die skouerblaaie lê• Goed ontwikkelde oogspier wat deurloop tot onder

die bladbene

Nam

po2010

Ondanks die ekonomie wat knyp het daar steeds talle belangstellendes, nuuskieriges en doelgerigtes Nampo toe gestroom.

Die uitstalling is vanjaar weer deur Gideon Brits,Tony da Costa en Manny da Costa van die Beefmaster Alliance groep tesame met Helga Prinsloo van die Beefmaster kantoor behartig. Die navrae en belangstelling was uitstekend. Komplimente oor die stalletjie en diere wat uitstekend vertoon het.

Dit is duidelik met sulke geleenthede, hoe die belangstelling in ons ras groei. Die onus rus nou op ons om die beste kwaliteit diere op produksieveilings aan te bied en vriendelike raad vir nuwe telers en kommersiële boere te bied. Elke Beefmaster wat verkoop word verteenwoordig die kudde waaruit hy of sy geteel is en die teler, so hou ons ons naam hoog.

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 45

Beefmaster Nuusbrief Junie 201046

Ek het in Kroonstad-distrik grootgeword, gematrikuleer in Kroonstad, gestudeer aan die U.O.V.S, is getroud met Basjan en ons woon op die familieplaas Goliathskraal, wat sedert 1883 in die familie is. Ons het 4 kinders nl. Frieda, (eienaar van die Diadem stoet) Ronél en

Dries, die tweeling en die jongste is Tina. En dan nog kleinkinders wat ons baie na aan die hart lê.

Ons het in 1989 met Beefmasters begin op die plaas Agen in Thabazimbi distrik. Kort daarna met die stoet getrek na Bergville, Natal, waar ons langs Frieda en haar oorlede man, Tinus, geboer het. Tinus het ook in die tyd (1989) met die Diadem stoet begin. In 2003 het ons weereens met die stoet getrek na Leniesdeel, Vryburg.

Ons seun Dries het ongeveer in 1988 met die Raft Stoet begin, so ook sy skoonseun Willie de Jager met sy stoet Universal Ranch.

Omdat daar op daardie stadium feitlik geen suiwer bulle beskikbaar was nie, het ‘n paar boere in Amerika gaan soek vir bruikbare bulle. Dries, Paul Viannakis, Willem Odendaal, Herman Venter en nog ‘n paar ander het toe oorsee vertrek.

Dries het die bulle Duke (Ranger’s Pride seun) en Bush (King Cotton) inge-bring. Paul het o.a Lasater 7534 en ‘n Mountain Man seun, Mullins 115, ingevoer.

Ook het bogenoemde persone, sowel as Willie de Jager verskeie embrios ingevoer, sommige waarvan die voorgeslag van voortreflike diere is. Die grootste probleem was egter baie lang skedes, en dan was hul meestal ook groot bulle. Ons het baie geïnsemineer met die bulle se saad, sowel as ingevoerde semen. Ons het ook baie van die diere se nageslag uitge-gooi na die kommersiële kudde, waar daar dan soms verrasende goeie diere te voorskyn gekom het.

Willie het na ‘n paar jaar opgehou met Beefmasters aangesien hy en Tina reeds oor ‘n goeie Santa Gertrudis stoet beskik het en twee stoetery te veel vereis het.

Dries se saaiboerdery het hom ook genoop om die stoet te los. Tans is dit net ek en Frieda wat steeds ons stoeterye bedryf.

Agen LandgoedPROFIEL:

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 47

Beefmaster Nuusbrief Junie 201048

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 49

Saans na die dag se bus uittogte het die manne heer-lik gekuier en was die gesprekke die ene Beefmaster, maar na ete en versterkwater het die manne lustig in Amerikaans gesels. Die telers het heerlik gekuier en die besoekers altyd op hulle gemak laat voel en sover moontlik alles in Engels bespreek sodat ons gaste kon verstaan. Die telers wat die toer misgeloop het weens omstan-dighede is ons baie jammer oor, want julle het ‘n besonderse geleentheid gemis. Julle wat nie ‘n goeie verskoning gehad het nie sal later spyt wees as die sto-ries oorvertel word, van nog ‘n suksesvolle toer waarvan jy nie deel was nie. Die Noordwes telers wil net weer die Beefmaster Alli-ance bedank vir die bydrae wat hulle gemaak het om die Amerikaners hierheen te bring. Baie dankie aan al-mal wat die toer ook weer ‘n hoogtepunt gemaak het, ons waardeer dit dat jy hier was om ons diere te kom besigtig. Dankie aan die manne wat hulle foto’s elke aand vir my gebring het om op Tommy se rekenaar te laai sodat hy met byna 600 Beefmaster en toerfoto’s as herinneringe kon huistoe gaan. Ek het seker die mooiste herinnering aan die toer. Na ‘n gespot oor my hoed het Gary sy hoed aan my belowe en wou hy dit vir my gee die Vrydag toe ons uitmekaar gaan, maar ek het gesê dat hy dit nog sal nodig hê vir die res van sy toer. Tony da Costa stuur vir my ‘n pak-kie toegevou in plastiek saam met ‘n vragmotor wat by my kom kalwers laai. Groot was my verbasing, Gary het wragtig sy hoed vir my gelos en gevra dat hulle dit vir my aanstuur.Niemand het op hierdie toer verdwaal en tyd laat ver-lore gaan nie, die bus was ‘n wenner en die samewerk-ing van al die toerlede was uitstekend.Baie dankie aan al die klublede wat hard gewerk het om alles seepglad te laat loop en die telers wat hulle diere aangebied het om geprys en gekritiseer te word. Van die hekke se verf was nog nat so het ons julle be-soek waardeer.

Twee top Amerikaasnse Beefmaster beeskenners be-soek Suid-Afrika by name Dr Tommy Perkens die uitvoer-ende Vise-President van die Beefmaster Breeders Uni-versal en Gary Frenzel, ‘n vooraanstaande Beefmaster teler en die Teler van die jaar in 2009 in die VSA.Die twee manne onderneem ‘n toer saam met die ander brawe Beefmastertelers van SA in die woeste weste, Wes-Transvaal, Noordwes Provinsie. Die telers is duidelik uitgesproke en verbaas oor wat hulle gesien en ervaar het. Groot was die verbasing oor die kwaliteit en eenvormigheid van die diere binne kuddes en oor meeste van die kuddes. Die onderlinge samewerking en gees van die telers is duidelik sigbaar en die uitruil van genetika het ‘n groot uitwerking op die eenvormig-heid van die diere. Die samewerking onder die telers en die samehorigheid was sigbaar.Ek haal aan uit Dr Tommy Perkens se toespraak by die opedag van die Beefmaster Alliance as hy sê “Suid-Afrika beskik oor uitstekende kuddes Beefmasterbeeste en hy is beïndruk met die kwaliteit Beefmasterbeeste wat hy gesien het.” Hy sê voorts dat daar drie kenmerke van die Suid-Afrikaanse Beefmasters is wat hy graag sou wou saamneem Amerika toe, die matige liggamsbou, swaar bespiering en buitengewone mak geaardheid. Ander eienskappe wat hom beïndruk het, is die goeie melkproduksie van die koeie, uitstaande vrugbaarheid en ingeteelde langslewendheid. Gary Frenzel is ‘n “Beef on grass” boer en daarom was die vermoë van die Suid-Afrikaanse Beefmaster om uitstekend onder ons veldtoestande te produseer, een van die uitstaande eienskappe van die ras. Die diere se breedte, diepte en algemene voorkoms het die Ameri-kaners ook opgeval, geen wonder dat Gary op die BA opedag klem gelê het op vrugbaarheid en produksie van die veld af sonder pamperlang en gesê het “sy moet dit alleen kan doen.” Hy het ook gesê dat melk-produksie van koeie die speengewigte van die kalwers bepaal en dat die inkomste per speenkalf direk daar-van afhang. Die ras se speenmassa verhouding wat op 47,6% steeds die ander rasse stof in die oë skop, het hulle ook as ‘n uitstaande eienskap geïmponeer.

NoordwesBEEFMASTERS

d o e n d i t w e e r

Beefmaster Nuusbrief Junie 201050

newsThe Eastern Cape for the most part is still experiencing one of the worst droughts ever. The Queenstown / Somerset East areas were blessed with good rains from January onwards but southwards toward the coast very little rain if any has fallen over the past year causing devastation to food and water supplies. As a result of this, conceptions and weaning weights for the most part have taken a hammering. Despite the adverse weather conditions, the Beefmaster is alive and well and gaining momentum. There have been enquiries for both bulls and females in the area and the advertising in the Farmer’s Weekly has defi nitely played a role.

Three breeders attended the Bathurst show in March and there was a lot of interest in the quality stock on show. This area was traditionally a Bonsmara stronghold but we seem to be making good inroads into the settler frontier. Preparations for the bull sales are going well and the quality of bulls on offer is outstanding. There is a renewed passion for the breed amongst members and it is good to see some of the younger farmers getting motivated and enthusiastic about our magnifi cent breed.

EAST CAPECLUB

Ken Brown

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 51

Ken was born on 14 November 1951 in Somerset East and became the 6th generation of the family to farm on The Orchards.

He attended junior school at Gill in Somerset East and later matriculated from Kingswood College in Graham-stown in 1969. A stint in the army followed and then on to Natal University, Pietermaritzburg where he gained a B.Comm degree.

Barclays Bank then trained Ken in different fields of bank-ing for some years. Some of this time was spent “tour-ing” the Eastern Cape, Natal, Free State and Eastern Transvaal with the bank’s internal auditing team. It was during this period that he met and married Lynne Con-radie of Ladysmith, Natal. They now have three sons, Graeme, Bruce and David. Ken and Lynne moved to the farm in 1982, started breeding with Beefmasters in 1987 and established the Brown Beefmaster Stud in 1988.

Bulls were bought from the Creative and Boschveld Studs to use on their commercial herd which was

placed on the upgrading register. Later certain blood lines were introduced from Mr. Tony Brink where select-ed bulls and heifers were purchased. Imported semen and an embryo program followed to widen the ge-netic pool.

Ken and his “partner in crime”, Stephen van Niekerk sold bulls on the South East Roundup Sale for three years and then established the East Cape Midlands Beefmaster Bull and Heifer Sale which celebrated its 13th Anniversary this year.

All in all, Beefmaster breeding has been a very enjoy-able and rewarding part of Ken’s life. To relax he dab-bles in politics and, for his sins, is serving a second five year sentence as a Local Councillor!

Ken BrownPROFILE:

Beefmaster Nuusbrief Junie 201052

LE

DE

lys

| M

EM

BE

RS

list

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 53

Beefmaster Nuusbrief Junie 201054

Beefmaster Nuusbrief Junie 2010 55

Beefmaster Nuusbrief Junie 201056