8
Tel. 051-404-7600 | Vrydag 6 Februarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS Aangestel Leer Sand du Plessis se nuwe hoof ken 3 Lobola App gives new take on culture 2 Atlete skitter Lewer puik prestasies op byeenkoms 8 Ruan Bruwer DIE gewese Cheetah- en huidige Springbok-losskakel Johan Goosen moes die geleentheid om in Desember op die Suid-Afrikaanse strande uit te span, opgee om Saterdag te kan trou en om ’n week met wittebrood te gaan. Sy Franse klub Racing Metro het ná Saterdag sy spelers tien dae afgegee, maar Goosen gaan ’n paar ekstra dae neem vir die verpligte week se verlof wat hy nie in Desember geneem het nie. Goosen haak Saterdag (07/02) by sy alma mater, Grey-kollege, met die Bloemfonteinse nooi Aletia Kleynhans af. Hulle het in November verloof geraak. Dié twee het in 2014 begin uitgaan en ken mekaar al van 2007 af. Sy was in Oranje op laer- en hoërskool. Hulle vlieg Maandag vir hul wittebrood na die Flamingo Bay Water Lodge (’n romantiese bestemming met ’n klomp huisies wat in die water staan) in Mosambiek. Hy moet hom ’n week later weer in Frankryk aanmeld. Volgens Goosen was dit nie doelbewus so beplan dat die troue dié naweek moes plaasvind voordat die Superrugbyreeks volgende naweek begin nie. “My vrou wil nie in die winter trou nie en hierdie was toe die enigste oop naweek. Dit het eintlik perfek uitgewerk, maar selfs al kon my rugbypêlle nie kom nie, sou dit nie eintlik saak gemaak het nie, daar gaan ander pêlle ook wees.” Hulle het ’n koördineerder vir die troue gekry, maar Kleynhans was ook baie by die reëlings betrokke. Toe Bloemnuus Goosen gebel het, het hy nog van sy ramparty- tjie van die vorige aand herstel. Hy erken hy is maar ’n emosionele ou – wie sal vergeet hoe die trane gerol het met die sing van die volkslied in sy eerste toets en hy was ook in trane ná sy laaste wedstryd vir die Cheetahs verlede jaar – en dat hy moontlik teen die trane gaan moet baklei as sy toekomstige vrou Saterdag by die paadjie afgestap kom. “Ons sal maar sien, ek glo seker so. Ek is maar ’n emosione- le mens. Ek huil sommer as ek my vrou net vir drie dae mis.” Gaste gaan Saterdag versoek word om foto’s van die troupaar- tjie vir hulleself te hou. Die tydskrif Huisgenoot het die regte op die troue gekoop. “Ja, ek hoor hulle kom hier ingalop. Ek weet nie wat is hul storie nie. Maar ja, hulle het ons baie met borge gehelp en ons mag dan nie tot en met die verskyning van die artikel in die tydskrif enige foto’s versprei of op sosialemedia-platforms deel nie,” het hy gesê. Johan Goosen en Aletia Kleynhans wat Saterdag trou. NO. 1 FABRIC STORE DAN PIENAAR 051 436 0491/2 SANLAM PLAZA 051 447 0458 CURRIE AVENUE 051 522 6507 BETHLEHEM 058 303 4495 DAN PIENAAR 051 436 0491/2 SANLAM PLAZA 051 447 0458 CURRIE AVENUE 051 522 6507 BETHLEHEM 058 303 4495 X1PPPKHW-BN060215 Goosen trou Saterdag in Bloemfontein Belofte oor hare laat trane rol in salon Jens Friis “ONS het ’n emosionele, maar tog gelukkige dag beleef,” het Elmarie Muller Woensdag (04/02) op Internasionale Kankerdag gesê oor ’n belofte wat in haar Fichardtparkse haarsalon nagekom is. Sewe jaar gelede het Nico van den Berg sy hare laat groei nadat hy ’n Harley Davidson aangeskaf het. Hiervan het sy stiefsuster Melanie Jonker glad nie gehou nie. “ ’n Man met lang hare lyk lelik, Nico. Wanneer gaan jy dit afsny?” “As ek en jy 40 word, Melanie.” Intussen is Nico een middag ná ’n rugbywedstryd dood, maar Melanie het hul gesprek onthou. “Kansa het Nico na aan die hart gelê. Daarom het ek besluit om ter nagedagtenis aan hom my hare op 40, soos ons ooreengekom het, te laat afsny en dit aan Kansa te skenk sodat hulle ’n pruik daarvan kan laat maak,” het Melanie verduidelik. “Só kan ’n mens ’n verskil in iemand se lewe maak.” Toe Melanie dít in die stoel van Heads Up Hairstylists vertel, was Elmarie aangedaan, “want ek het al ’n hele paar mense in die familie gehad met kanker”. “Dis nie ’n besluit wat jy ligtelik neem om jou gesonde, lang hare te laat afsny nie – veral nie as dit 40 cm lank is nie.” Melanie het haar hare van 2007 af laat groei, maar die punte gereeld laat sny. Volgens Elmarie groei die gemiddelde mens se hare met sowat 2 cm elke maand. Sy is al 21 jaar ’n haarkapper. “Dis my passie, want jy beleef saam met die kliënte hul wel en wee. Jy is dokter, sielkundige en dan ook haarkapper. Dikwels is jy die enigste een met wie hulle iets sal bespreek – veral in ’n kleiner salon.” Nog lekkertes van haar werk is dat sy gereeld nuwe mense ontmoet en, “dit die maklikste manier is om iemand mooier te laat lyk”. Elmarie het al met talle kankerpa- siënte ’n pad gestap. “Jy sien hoe baie se hare uitval as hulle behandeling kry, hoe die donsies terugkom . . . Jy luister en help hulle om positief te bly.” Sy sê daar is deesdae ’n middel op die mark wat help dat pasiënte se hare nie so beskadig nie en wat haarverlies verhinder. Enigeen kan sy hare vir ’n pruik aan Kansa in Melvillerylaan skenk, mits dit langer as 25 cm is. Die poniestert van 40 cm het 105 g geweeg nadat dit afgesny is. “Dit het soos 2 kg aan my kop gevoel,” sê Melanie. “Dit voel nou gans anders en is lekker koel in die somer.” Sommige mense herken haar nie. “Party mense sê ek lyk tien jaar jonger, wat ’n groot kompliment is. “Maar die lekkerste is dat my hare vir ’n goeie saak geskenk is en dat ek my belofte teenoor Nico nagekom het. Hy sou gehou het van wat gebeur het. “Dalk moet ek weer ’n ooreen- koms aangaan, my hare laat groei en dit dan eers oor 20 jaar – op 60 – weer laat sny.” S Leer meer oor kanker op www.bloemnuus.co.za. S Sien nog foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad. Elmarie Muller by Melanie Jonker (foto heel regs), wie se hare gesny is ná ’n belofte aan haar oorlede stiefbroer.

Bloemnuusbl 20150206

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20150206

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20150206

Tel. 051­404­7600 | Vrydag 6 Februarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS

AangestelLeer Sand du Plessis se nuwe hoof ken 3

LobolaApp gives new take on culture 2

Atlete skitterLewer puik prestasies op byeenkoms

8

Ruan Bruwer

DIE gewese Cheetah­ en huidige Springbok­losskakel Johan Goosen moes die geleentheid om in Desember op die Suid­Afrikaanse strande uit te span, opgee om Saterdag te kan trou en om ’n week met wittebrood te gaan.

Sy Franse klub Racing Metro het ná Saterdag sy spelers tien dae afgegee, maar Goosen gaan ’n paar ekstra dae neem vir die verpligte week se verlof wat hy nie in Desember geneem het nie.

Goosen haak Saterdag (07/02)by sy alma mater, Grey­kollege, met die Bloemfonteinse nooi

Aletia Kleynhans af. Hulle het in November verloof geraak.

Dié twee het in 2014 begin uitgaan en ken mekaar al van 2007 af. Sy was in Oranje op laer­ en hoërskool.

Hulle vlieg Maandag vir hul wittebrood na die Flamingo Bay Water Lodge (’n romantiese bestemming met ’n klomp huisies wat in die water staan) in Mosambiek. Hy moet hom ’n week later weer in Frankryk aanmeld.

Volgens Goosen was dit nie doelbewus so beplan dat die troue dié naweek moes plaasvind voordat die Superrugbyreeks volgende naweek begin nie.

“My vrou wil nie in die wintertrou nie en hierdie was toe die

enigste oop naweek. Dit het eintlik perfek uitgewerk, maar selfs al kon my rugbypêlle nie kom nie, sou dit nie eintlik saak gemaak het nie, daar gaan ander pêlle ook wees.”

Hulle het ’n koördineerder virdie troue gekry, maar Kleynhans was ook baie by die reëlings betrokke.

Toe Bloemnuus Goosen gebelhet, het hy nog van sy ramparty­tjie van die vorige aand herstel.

Hy erken hy is maar ’n emosionele ou – wie sal vergeet hoe die trane gerol het met die sing van die volkslied in sy eerste toets en hy was ook in trane ná sy laaste wedstryd vir die Cheetahs verlede jaar – en dat hymoontlik teen die trane gaan

moet baklei as sy toekomstige vrou Saterdag by die paadjie afgestap kom.

“Ons sal maar sien, ek glo seker so. Ek is maar ’n emosione­le mens. Ek huil sommer as ek my vrou net vir drie dae mis.”

Gaste gaan Saterdag versoek word om foto’s van die troupaar­tjie vir hulleself te hou.

Die tydskrif Huisgenoot het dieregte op die troue gekoop.

“Ja, ek hoor hulle kom hier ingalop. Ek weet nie wat is hul storie nie. Maar ja, hulle het ons baie met borge gehelp en ons mag dan nie tot en met die verskyning van die artikel in die tydskrif enige foto’s versprei of op sosialemedia­platforms deel nie,” het hy gesê.

Johan Goosen en Aletia Kleynhanswat Saterdag trou.

NO. 1 FABRIC STORE

DAN PIENAAR 051 436 0491/2 • SANLAM PLAZA 051 447 0458CURRIE AVENUE 051 522 6507 • BETHLEHEM 058 303 4495DAN PIENAAR 051 436 0491/2 • SANLAM PLAZA 051 447 0458CURRIE AVENUE 051 522 6507 • BETHLEHEM 058 303 4495

X1PPPKHW-BN060215

Goosen trou Saterdag in Bloemfontein

Belofte oor hare laat trane rol in salon

Jens Friis

“ONS het ’n emosionele, maar tog gelukkige dag beleef,” het Elmarie Muller Woensdag (04/02) op Internasionale Kankerdag gesê oor ’n belofte wat in haar Fichardtparkse haarsalon nagekom is.

Sewe jaar gelede het Nico van den Berg sy hare laat groei nadat hy ’n Harley Davidson aangeskaf het. Hiervan het sy stiefsuster Melanie Jonker glad nie gehou nie.

“ ’n Man met lang hare lyk lelik,Nico. Wanneer gaan jy dit afsny?”

“As ek en jy 40 word, Melanie.”Intussen is Nico een middag ná

’n rugbywedstryd dood, maar Melanie het hul gesprek onthou.

“Kansa het Nico na aan die hartgelê. Daarom het ek besluit om ter nagedagtenis aan hom my hare op 40, soos ons ooreengekom het, te laat afsny en dit aan Kansa te skenk sodat hulle ’n pruik daarvan kan laat maak,” het Melanie verduidelik.

“Só kan ’n mens ’n verskil in iemand se lewe maak.”

Toe Melanie dít in die stoel vanHeads Up Hairstylists vertel, was Elmarie aangedaan, “want ek het al ’n hele paar mense in die familie gehad met kanker”.

“Dis nie ’n besluit wat jy ligtelikneem om jou gesonde, lang hare te laat afsny nie – veral nie as dit 40 cm lank is nie.”

Melanie het haar hare van 2007af laat groei, maar die punte gereeld laat sny. Volgens Elmarie

groei die gemiddelde mens se hare met sowat 2 cm elke maand.

Sy is al 21 jaar ’n haarkapper. “Dis my passie, want jy beleef

saam met die kliënte hul wel en wee. Jy is dokter, sielkundige en dan ook haarkapper. Dikwels is jy die enigste een met wie hulle iets sal bespreek – veral in ’n kleiner salon.”

Nog lekkertes van haar werk is dat sy gereeld nuwe mense ontmoet en, “dit die maklikste manier is om iemand mooier te laat lyk”.

Elmarie het al met talle kankerpa­siënte ’n pad gestap.

“Jy sien hoe baie se hare uitval

as hulle behandeling kry, hoe die donsies terugkom . . . Jy luister en help hulle om positief te bly.”

Sy sê daar is deesdae ’n middelop die mark wat help dat pasiënte se hare nie so beskadig nie en wat haarverlies verhinder.

Enigeen kan sy hare vir ’n pruikaan Kansa in Melvillerylaan skenk, mits dit langer as 25 cm is.

Die poniestert van 40 cm het 105 g geweeg nadat dit afgesny is.

“Dit het soos 2 kg aan my kop gevoel,” sê Melanie.

“Dit voel nou gans anders en islekker koel in die somer.”

Sommige mense herken haar nie.“Party mense sê ek lyk tien jaar

jonger, wat ’n groot kompliment is. “Maar die lekkerste is dat my

hare vir ’n goeie saak geskenk is en dat ek my belofte teenoor Nico nagekom het. Hy sou gehou het van wat gebeur het.

“Dalk moet ek weer ’n ooreen­koms aangaan, my hare laat groei en dit dan eers oor 20 jaar – op 60 – weer laat sny.” S Leer meer oor kanker op www.bloemnuus.co.za.S Sien nog foto’s op Bloemnuus se Facebook­blad.

Elmarie Muller by Melanie Jonker (foto heel regs), wie se hare gesny is ná ’n belofte aan haar oorlede stiefbroer.

Page 2: Bloemnuusbl 20150206

2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 FEBRUARIE 2015

Holy cow! I am worth what?

Fanie Fourie’s Lobola was a movie that depicted love between a Zulu womanand an Afrikaans man and the woes that came with negotiating lobola. Photo: Channel24

Khulubuse Zuma, mining millionaire and former taxi boss, paid R600 000, which is a 100 cows worth, of lobolafor his Swati bride, Fikisiwe­Dlamini. Photo: SundaySun

Oteng Mpete

“MY Lobola was R1 200 in 1987. I was the most expensive bride your father’s village had ever seen, because I was beautiful with long flowing hair and red nails,” beams my mother with pride.

The women of Masaleng in Qwaqwa never stood a chance against my mother’s beauty and her Tswana heritage. Now, 28 years later, according to the controversial ”Lobola Calculator“ app for smartphones, my lobola would be a whopping R78 000.

A series of questions are used tocalculate one’s worth. What is your highest qualification? How much do you weigh? (Because your worth is closely determined by how many vetkoeks you had last week) and how attractive are you? – To which the apps’ creators crassly ask the quiz­taker to be “honest” on a scale that ranges from not at all, average and really hot.

Not for the faint­hearted

When Nxobile Khubeka, a stay­at­home mom, met her husband in 2012, she was only 17 years old. The following year he proposed and married her. Six months later, they were blessed with a baby girl.

“My lobola was R60 000. I wasbarely out of high school when my husband married me.

“I hear a lot of whispers aboutmy lobola; that it was too much money for an unaccomplished woman.

“But I have never really paid attention to gossip,” she says

“I am not hurt by the gossip, Ibelieve that people are just jealous, that my husband could afford to splurge on lobola and an extravagant wedding,” says Khubeka.

Lobola, which is loosely transla­ted to bride price, is meant to be a symbolic expression of gratitude from a man to a woman.

The groom shows his gratitudeto the bride’s family by paying them a “reasonable” amount of money. Lobola acts as the binding of the couple’s marriage because it joins two families.

“It is founded on two beliefs. First, that lobola is never finished nor paid in full. A man is forever

indebted to his wife’s family for raising a wife for him and the mother of his children,” says Lesley Mofokeng, City Press columnist and writer.

“Second, it is to say that this precious woman’s value cannot be put in monetary terms. A more romantic man would say: ‘This is how far my money can stretch. It’s not enough to afford you, for I’m the lucky one to have you agree to spend the rest of your life with me’.”

Everybody is doing it all wrong.The way lobola is practised nowadays is blatant exploitation of men.

“I wouldn’t mind if my partnerwould lobola me with just one cow. There should not be a monetary amount attached to lobola,” says Ntando Mbata, heritage specialist and writer.

“It isn’t about the amount of money or cows one can give, but rather about the blood shed that connects two families’ ancestors.”

With South Africa’s divorce rateincreasing drastically each year, most black couples need to bear in mind that lobola money is non­re­fundable.

Selloane Khalane, journalist andmother of two, is currently going through an amicable divorce with her husband.

She is grateful for the life theyspent together and the home she had built with him.

“My father didn’t want their lobola money; he didn’t believe that it was practical. He always emphasised that the best thing that must come out of the lobola process is that my husband treats me like a queen,” she says.

“My Lobola was just over R20 000, because I was indepen­dent, charismatic and hard­working.

I could drive a car and I was studying at a university.

“Although we’re not together anymore, my husband would never ask for his lobola back. It is an insult to do so.

“The money paid out during thelobola process is a small part of what lobola truly signifies.”

Why women do it

Today, more and more women in South Africa are accomplished

professionals. These women drive expensive cars, pay their own rent and buy property.

“I would never be able to affordto pay lobola, I am an artisan and my girlfriend is a dentist,” says Musa Mchunu (27).

“I want to marry her, but I know that I will never be able to afford to please her family.”

Nevertheless, women with the financial means to do so, are considering paying their own lobola.

Lobola is now a trending topic

The uproar caused by the ”Lobola Calculator” on Twitter and Face­book is proof that the algorithms used to measure the value of the woman are flawed.

“I knew this app would end upbeing a way of making fun of our tradition, but I’m probably being oversensitive,” tweeted Mayihlome Tshwete, spokesperson for the Department of Home Affairs and the son of ANC stalwart Steve Tshwete, who died in 2002.

Atlegang Moshugi thought it was ridiculous. “Relax, it’s not like your uncles are going to use the app during your negotiations,” tweeted Moshugi

Sihle Ntsaluba tweeted: “What isthe weighing based on? Does nobody feel that this app ridicules the true meaning behind what lobola stands for?”

People like to hide behind the name of culture and do things that are logically insensible and say “it’s my culture”.

All one can hope for, as a futureparticipant of the lobola process, is that sensibility be practised by both families.

Lobola, whichis looselytranslated tobride price, is

meant to be a sym­bolic expression of gratitude from a man to a woman.‘

Hulle het ons ontvalS Fransie Hendriks (1925) is vanuit die Bayswater Village­kapel begrawe van waar die stoet na die Bainsvlei­begraafplaas vertrek het.

S Elsabé Venter (1938) se troosdiens was in die NG kerk Hugenoot, Normandielaan, Bayswater.

S Desmund (Des) Krantz (1943) se gedenkdiens het in die NG kerk Universitas­Wes, op die hoek van De Bruyn­ en Van Schalkwyk­straat, Universitas, plaasgevind.

S Flip Kemp (1944) se troosdiens het in die kapel van Vanilla Sky, Speserylaan 87, Kwaggafontein, plaasgevind.

S Wally Matthews (1946) se gedenkdiens was in die St. John’s Presbyterian Church.

S Christoffel Johannes Kruger (1947) se troosdiens was in die CRC, Vereenigingrylaan.

S Dawid Hendrik le Roux (1948) se gedenkdiens het in die Avalon­kapel plaasgevind.

S Bennie Jewaskietwitz (1950) van Hospitaalpark is vanuit die Avbob­kapel begrawe en rus in die Bainsvlei­begraafplaas.

S Johannes Hendrik Jennings (1953) is vanuit die Emmanuel­ka­pel, Judith Pellisierstraat, begra­we. Van hier het die stoet na die Suidpark­begraafplaas beweeg waar hy ter ruste gelê is.

S Karin (Kay) Walle (1953) van Woodland Hills se afskeidsdiens was in die Sacred Heart Cathe­dral.

S Willem Wouter Viljoen (1953) se troosdiens het in die NG kerk Gardeniapark, Jasmynlaan, plaasgevind.

S Maatjé Maria Magdalena (Marlene) du Preez (1957) se jubeldiens het in die NG kerk Universitas­Wes (Rooikerk) plaasgevind.

S Christelle Fourie (Labuschagne) (1976) is oorlede.

S Leonora Elsabe Claasen (1976) is vanuit die Elim Pinkster­kerk op die hoek van Ryk Tulbach­ en Wardenstraat, begrawe. Van hier het die stoet na die Bainsvlei­be­graafplaas beweeg waar sy ter ruste gelê is.

S Veronica (Nossie) Smith (gebore Van der Linde) (1977) se gedenkdiens was in die Divine Revival Centre, Kiepersol, Andries Pretoriusstraat. Sy het in 1994 aan Oranje gematrikuleer. Sy was getroud met MJ Smith, bestuurder van die Vrystaat­Chee­tahs se akademie. Veronica was die kleindogter van Choet Visser wat onder andere bestuurder was van die Britse Leeus wat in 1974 die Springbokke laat les opsê het. MJ se broer is Franco Smith, oud­Springboksenter en agterlynaf­rigter van die Cheetahs vir die Curriebekerreeks.

S Michael Walters (1982) se afskeidsdiens was in die NG kerk Wilgehof, Johannes Rabiestraat.

Page 3: Bloemnuusbl 20150206

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 FEBRUARIE 2015 3

PROMOSIE: HAIR@BENNIES

BLOEMNAWEEK­LESERS WEN GESKENKBEWYSE: Hair@Bennie’s het nog ’n tak by die Spar­sentrumin Bankovs­boulevard, Langenhovenpark, oopgemaak. Die eerste tak is oorkant Mimosa Mallen die Brandwag­sentrum. Bennie Kock (eienaar), Jeandré Oosthuizen Kock (bestuurder) enhul span wil u graag daar verwelkom. Drie lesers kon R200­geskenkbewyse van Hair@Bennie’sop Bloemnuus se Facebook­blad wen. Die inskrywings het ingerol. Die wenners is: Jessicavan Zyl, Eugenie van der Merwe en Caroline Strydom van Biljon. Foto: Loreal Eloff

Tel. 051 421 0802/3Tel. 051 421 0802/3SLAGHUIS / BUTCHERYSLAGHUIS / BUTCHERY

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diensPensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)Pensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)

SAMBA en kredietkaarte welkomSAMBA en kredietkaarte welkom

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diens

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100gGeroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100gBeesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100gGeroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100gBeeskookvleis .........................................................R7,18/100gGeroosterde varknek ..............................................R8,58/100gGeroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g

X1PPMN15-BN060215

X1PPFG5W-BN060215

Nuwe hoof ’n oud­Sannies­manRuan Bruwer

WILLEM DU BUISSON, nuwe hoof van die Hoërskool Sand du Plessis, het homself ten doel gestel om die eerste kwartaal te luister.

“Ek wil verstaan en verstellings help maak. Ek wil graag my volle aandag aan die mense gee wat my kantoor binnestap,” sê die 42­jarige wat Maandag in sy nuwe pos begin het.

Hy is nes sy voorganger, Roy Doubell, ’n oudleerling van dié skool.

“As jou pa ’n skoolhoof is, is dieonderwys die laaste beroep wat jy oorweeg. Dit was werklik vir my ’n roeping.

“Ek het BSc (chemie en fisika) gestudeer toe die Here vir my ’n duidelike boodskap in my derde jaar gestuur het,” verduidelik hy hoe hy in die onderwys beland het.

Sy pa, Nico, was, benewens hoofvan die Laerskool Universitas, ook eens op ’n tyd by die Laerskool Sand du Plessis ’n onderwyser. So ook sy ouma, Christina du Buisson, wat in die vroeë 1960’s ’n onder­

wyser by die destydse gekombineer­de skool Sand du Plessis was.

Hy was tot nou adjunkhoof vandie HTS Louis Botha waar hy in 1997 begin het.

Sy onderwysloopbaan het in 1995 by die Hoërskool Parys begin waar hy natuur­ en skeikunde gegee het.

Du Buisson sê die mense se

goedhartigheid is wat van Sannies ’n spesiale skool maak.

“Die reaksie op die skool se Facebookblad was ongelooflik hoe hulle my ondersteun en welkom laat voel het.

“Sedert ek in 1990 hier gematri­kuleer het, was ek nog altyd ’n trotse oud­Sannie.”

As hy in die minister van onderwys se skoene kon staan, sou hy graag die finansieringsmodel wou verander.

“Skole moet sekere leerlinge watnie skoolgeld kan bekostig nie, daarvan vrystel. Maar die subsidie wat ons van die staat kry, is maar ’n minimale bedrag en plaas ’n skool onder geweldige druk.”

Hy meen baie dinge het veran­der sedert hy in 1995 begin skoolhou het.

“Daardie tyd was jou manier vanklasgee eenvoudig, nou moet jy dit meer visueel maak, anders verloor die kind belangstelling.”

Hy en sy vrou, Ansie, het ’n seun, Nicolas (gr. 8), en dogter, Ansua (gr. 2).

’n Kompliment, vriendelike

mense en gelukkige kinders is wat hom ’n huppel in die stap gee.

Dinge wat nie werk nie en mense wat sy tyd mors, gee hom grys hare.

Hy sê hy geniet intelligente geselskap en denkende mense wat kreatief is. Om in die tuin te werk en gras te sny is vir hom dinktyd en iets wat hy geniet.

Kitsvrae aan Willem

Watter talent of gawe sou jy graag oor wou beskik? Om ’n musiekinstrument te bespeel.Wat maak jou nostalgies? Om plekke te besoek wat aangename persoonlike herinneringe inhou soos waar ek my vrou ontmoet het en waar ek gehoor het sy is swanger.Wie of wat in die lewe was jou held toe jy ’n kind was? Gysie Pienaar was my sportheld en my pa by wie ek kon kers opsteek oor my loopbaan in die onderwys.Wat wou jy geword het toe jy klein was? ’n Boer. Toe trou ek maar met ’n boeremeisie.Wat van Bloemfontein hou jy die

meeste van? Alles is hier. Ons het die infrastruktuur van enige ander stad, maar nie dieselfde misdaad­vlak of afstande om te ry nie.Wat van Bloemfontein hou jy die minste van? Die koue winters.

Gunstelinge

Eetplek? Ocean Basket.Mall? Die een waar ek nie vir parkeerplek hoef te betaal nie.Afrikaanse kinderliedjie? Sarie Marais en Die Mannetjie.Vak op hoërskool? Skeinat en wiskunde.

Wat verkies jy?

Laat slaap of vroeg opstaan? Laat slaap.Facebook of Twitter? Facebook. Boeklees of televisie kyk? Televisie kyk.Uiteet of kosmaak? Uiteet.Opgaar of weggooi? Weggooi. Intellek of humor? Albei.Biltong of sjokolade? Sjokolade.Drama of komedie? Komedie.Sepie of dramareeks? Dramareeks.

Willem du Buisson Foto: Ruan Bruwer

Fynproewers smul én leerRuan Bruwer

IN 1980 het Frances Wessels en drie vriendinne nadat hulle bedags tennis gespeel het met kos geëkspe­rimenteer. Dít het twee jaar later tot ’n fynproewersklub aanleiding gegee.

Nou, 33 jaar later, is die Bloem­fontein­fynproewersklub, of die fynproewersgilde soos dit vroeër bekend was, 140 lede sterk en het van die land se voorste koskenners al demonstrasies hier kom doen.

Die klub het Dinsdag (03/02) syeerste byeenkoms vir die jaar in die kerksaal van die NG kerk Heuwel­kruin gehou, waar Bloemfontein se bekende sjef Suné Niemand demonstrasies oor braai­bykosse gedoen het.

Die lede kom ses keer ’n jaar byeen en elke keer word ’n bekende in die kosmaakkringe genooi om demonstrasies te doen.

Van die bekendes wat al by dieBloemfontein­fynproewers besoek afgelê het, is Nataniël, Reuben Riffel, Ina Paarman, Marlene van der Westhuizen, Francois Ferreira, Errieda du Toit en Nina Timm, Tiaan Langenegger en plaaslik, Niel van Niekerk en Niemand.

Almal by die klub deel ’n belangstelling, naamlik ’n liefde vir kos.

“Die lede hou daarvan om demonstrasies by te woon en só meer oor kosmaak te leer en nuwe tegnieke aan te leer, sowel as wat nou die nuwe neigings is.

“Die sprekers gee ook nuwe resepte en deel graag hul geheime,” verduidelik Retha Cronjé, die vorige voorsitter.

“Baie keer kan mense sit en wonder hoe die gereg smaak wat voorberei word. Dit word vooraf deur die lede voorberei en almal teenwoordig kry dan die geleentheid om te proe.”

Danksy ’n grootskerm kan almalmooi volg hoe die kos voorberei

word.Eureka Cilliers, een van die vier

stigterlede, is steeds ’n lid.Volgens Cronjé is heelwat van hul

lede spyseniers wat meer wil leer.“Kyk, almal eet, so maak die kos

dan maar netsowel nice. Ons het baie jong vrouens wat pasgetroud is.

“Ons het selfs in die verlede mans gehad wat lede was, maar nie op die oomblik nie.”

Timm en Van Niekerk is reeds virvanjaar bespreek. Van der Westhui­zen het juis nou ’n nuwe kookboek, Secrets of a French cooking class, uitgereik.

Die sjef Suné Niemand (links) verduidelik op die eerste byeenkoms van dieBloemfontein­fynproewers in die kerksaal van die NG kerk Heuwelkruin, hoeom lekker braai­bykosse te maak. By haar is Cynthia Kritzinger Erasmus.

Foto: Ruan Bruwer

Page 4: Bloemnuusbl 20150206

4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 FEBRUARIE 2015

Karin Muller

DIT is eersdaags Valentynsdag. Die skryfbehoeftewinkel is stampvol mense wat iets spesiaal vir iemand spesiaal koop. Ek is op soek na krammetjies.

Met die intrapslag in die winkelmerk ek uit die hoek van my oog ’n man op wat met ’n enorme teddiebeer in sy hande staan. Hy lyk baie ongemaklik. Hy staar na die prys en sit dit dan versigtig op die rak terug. Hy tel ’n klein teddiebeertjie op en kyk na die prys. Dit sit hy óók op die rak terug.

Ná ’n lang gesoek, kry ek uiteindelik die regte grootte krammetjies en gaan staan in die ry. Die man het uiteindelik op die reuse­teddiebeer besluit en staan ’n entjie voor my in die ry. Die kassiere glimlag breed toe sy die teddiebeer by die man vat. Hy betaal. “ ’n Sakkie, asseblief,” fluister hy. Sy glimlag weer. “Ons het ongelukkig nie so ’n groot sak nie, Meneer,” verduidelik sy gedul­dig. Sy gee vir hom die teddiebeer.

Die bloedrooi vlek van verleent­heid wat op sy wange verskyn, kies koers na sy kroontjie en toe af in sy nek. “Ek gaan nié met hierdie ding so deur die winkelgange loop nie.” Die verleentheid gaan oor in ontsteltenis. Hy gee die teddiebeer vasberade terug.

Sy begin in die kaste agter haarrondsnuffel en haal die grootste sak

uit waarop sy haar hande kan lê. Die reuse­teddiebeer se kop is te groot om in die sak te pas, maar sy forseer die dik bene en boepma­gie in die sak sover sy kan. Dan gee sy die sak vir die man terug. Hy sug swaar. Die teddiebeer se amusante gesig en groot ore steek by die sak uit.

Soms is dit soveel pret om die regte geskenk vir iemand te gaan koop, maar die oomblik wat jy dit vir die persoon gee, is dit amper asof dit vir een, of dalk vir albei, ’n soort teleurstelling is.

Soms is dit moeilik om vir iemand die regte geskenk uit te soek. ‘n Frustrasie. ‘n Omslommer­nis. Moeite. Maar die oomblik wat jy dit vir die persoon gee, maak dit alles die moeite werd.

Waarskynlik is die koop van hierdie reuse­teddiebeer die laasgenoemde geval en is die verleentheid en frustrasie van daardie oomblik met die gee daarvan vergete.

S Karin Muller is ’n Kimberleyse rekenmeester van beroep wat sewe jaar gelede haar hart op Bloemfontein verloor het.

Die regte geskenk

TJOK­EN­BLOK: Die Gariepdam, die grootste in Suid­Afrika, is lekker vol en die Oranje se water wil­wil aandie dam se uitloop raak. Foto: Jens Friis

Morné van Rooyen

S 9 Februarie: Die predikant, skrywer, Bybelvertaler en kultuurlei­er John Daniel Kestell is op dié dag in 1941 in Bloemfontein oorlede.

Ds. Kestell, gebore op 15 Februarie 1854, het in sy eerste gemeente, Dutoitspan in Kimber­ley, die Newton­kinderhuis vir hawelose kinders opgerig.

Nadat hy in Januarie 1894 in Harrismith bevestig is, het hy in 1899 saam met die plaaslike kommando as veldprediker uitgetrek en later die vertroude raadsman van pres. M.T. Steyn en genl. Christiaan de Wet geword.

Op kommando was hy onver­skrokke, manmoedig en blymoedig onder swaarkry.

Hy het onselfsugtige hulp aan siekes en gewondes verleen.

Ná die vredesluiting is Kestell inAugustus 1902 saam met drie Boeregeneraals na Europa om geldelike bystand vir die Boerewe­duwees en ­kinders te gaan soek.

In Februarie 1903 is hy na Ficksburg beroep waar hy as argitek van die dorp se klipkerk opgetree het.

Hiervandaan het hy in 1912 na die Bloemfonteinse moedergemeen­te vertrek.

Dit was hoofsaaklik aan sy taktvolle optrede te danke dat ‘n skeuring wat weens die 1914­Rebel­lie in die Vrystaatse NG Kerk gewoed het, afgeweer kon word.

Vir die versorging van weeskin­ders in die Vrystaat het hy die voortou met die insameling van £50 000 geneem waarmee Ons Kinderhuis in Bloemfontein opgerig is.

In 1916 het die Vrystaatse NG Kerk Afrikaans as amptelike taal aanvaar en ‘n Bybelvertalingskom­missie, met Kestell as voorsitter, benoem.

Aan die einde van 1923 is Kestell as een van die drie eindver­talers aangewys en die vertaling van die Nuwe Testament is sy opdrag.

Dit was ‘n vakkundige prestasiewat sy naam in verband met die Afrikaanse Bybelvertaling verewig het.

Op 13 Januarie 1919 het hy vansy gemeente afskeid geneem en vertrek na Kaapstad waar hy redakteur van die Kerkbode was.

Aan die einde van September 1920 het hy na Bloemfontein teruggekeer en rektor van die Grey­universiteitskollege geword.

Hy het hom sterk vir die verafrikaansing van die instelling, sowel as vir ‘n selfstandige universi­teit vir die Vrystaat beywer.

In September 1927 het hy as rektor afgetree omdat sy aandeel aan die vertaling van die Bybel in Afrikaans, waarmee hy sedert 1924 besig was, te veel van sy tyd in beslag geneem het.

Mettertyd het Kestell as “Vader Kestell” begin bekendstaan vanweë die hoë agting wat almal vir hom gehad het.

By sy afsterwe is sy oorskot aandie voet van die Vrouemonument

in Bloemfontein begrawe langs die twee lede van die groot Vrystaatse driemanskap wat voor hom oorlede is: Steyn en De Wet.

Historiese almanak van die Vrystaat

MENINGS EN RUBRIEKE/COMMENTS AND COLUMNS

Ds. J.D. Kestell se begrafnis uit die Tweetoringkerk in Bloemfontein. Hierbeweeg die stoet deur Kerkstraat. Dié deel van Kerkstraat tussen die Tweeto­ringkerk en Hoffmanplein is deesdae ’n wandelgang. Links is G.A. Fichardt,die algemene handelaar, se winkel.

Vader Kestell, een van die prominent­ste Vrystaters van sy tyd. BLOEMNAWEEK HIER TE KRY: Die personeel van Spar by Preller Sentrum

in Graaff­Reinetstraat, Dan Pienaar, lees graag Bloemnaweek. Van linksis Innocentia Mathibeli, Catherina Ntsabo en Emily Tshonti. Bloemna­week is op ’n Vrydag by die ingang van dié Spar langs die inkopie­mand­jies te kry. Foto: Loreal Eloff

Wie weet wat?Jens Friis

1. Watter Suid­Afrikaner is die enigste om te spog met ’n Mej. Heelal­titel?A. Rolene StraussB. Penny Coelen­ReyC. Margaret GardinerD. Anneline Kriel

2. Watter hoofstad van ’n Ameri­kaanse staat is die enigste waarvan die naam uit drie woorde bestaan?

3. Hoe het die mediaman Tim du Plessis aan sy voornaam gekom?A. Hy het die liedjie Timothy as sot op skool gesing.B. Hy is so gedoop.C. Sy doopnaam is Timothy.D. Hy het die bynaam gekies.

4. Watter land se derde grootste stad is Odense?A. PanamaB. DenemarkeC. MarokkoD. Estland

5. Wie is die voormalige leier van die ACDP in die Vrystaat en presi­dent van die Christelike Motorfiets­vereniging in Bloemfontein wat onlangs aan ’n hartaanval oorlede is?

ANTWOORDE1. C. Margaret Gardiner2. Salt Lake City3. A. Hy het die liedjie Timothy as sot op skool gesing.4. B. Denemarke5. Casper Nordier

Page 5: Bloemnuusbl 20150206

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 FEBRUARIE 2015 5

VERMAAK / KUNS

Junior orkes leerskool vir jonger strykersDIE enigste volwaardige strykor­kes vir leerlinge van beginners tot gr. 4 in musiek is in Bloem­fontein gestig met Anna van Niekerk as dirigent.

Dié orkes is ’n projek van dieBloemfontein­stadsorkes (BSO) en kry jong spelers vir sy jeugorkes gereed.

Van Niekerk, wat baie jare seondervinding van beginnerorkeste het, sê die orkes oefen Vrydae van 14:30 tot 16:30 in die Musicon­saal in Eerste Laan.

Enige leerling wat onderrig in’n strykinstrument kry, op minstens gr. 1­standaard is en verkieslik note kan lees, kan hom of haar aansluit, sê Van Niekerk.

Hendri Liebenberg, die dirigentvan die Bloemfontein­jeugstadsor­kes, en Van Niekerk sê skoolhoof­de en musiekonderwysers moet leerlinge aanmoedig om lede

van dié gestruktureerde orkeste te word.

“Ondervinding het geleer diemusiek wat skoolorkeste speel, is nie uitdagend genoeg om die kinders te laat vorder nie.

“Daarenteen het leerlinge watverlede jaar in die stadsjeugorkes gespeel het, ‘astronomies’ gevorder,” het Liebenberg gesê.

Van Niekerk se betrokkenheidby beginnerorkeste strek van die 1980’s en 1990’s toe sy die Trap der Jeugd­orkes aan die Musicon afgerig het.

Die nuwe junior orkes sal konserte hou en aan die kunswedstryd in Bloemfontein deelneem.

Deelname kos R100 per kwartaal per kind.S Belangstellendes kan Van Niekerk by 082­926­8867 bel.– Elretha Britz

Bloemnaweek dié plek om pryse te wenDIE volgende lesers het pryse gewen op Bloemnuus se Facebook­blad en www.bloem­nuus.co.za:S Jurene Henning (Onder ’n sterrehemel – ’n liefde so onbereikbaar soos die sterre deur Bets Smith);S Jan Augustyn van Zastron (Raai hoe lief is ek vir jou – 20ste verjaardaguitgawe deur Sam McBratney);S Stompie Atkinson van Bethulie (Bêrekos);S Leonel Visser en Jannette Smith (Diere­klankboek);S Christine Scholtz (Vuurprins deur Wilreza Smit­Theron);S Cynthia Gouws Brand (Nommerpasmeisie deur Dina Botha);S Anna Bothma (By u van Arjana);S Maryna Swanepoel (O, die wêreld lê oop vir jou!);S Frikkie Dippenaar (Tape Deck Heart van Frank Turner);S Alida Hattingh (My beste Jesus­liedjies 2 van Elizabeth Fourie);S Hester Ross (Lang pad na liefde deur Amelia Strydom);S Leone du Plessis (Eggo’s in die Skimberge deur Kobie Krüger).

S Alida du Plessis (Die Dinges­fabriek – Jannus en Kriek krimp deur Elizabeth Wasserman en Astrid Castle).

’n Leser staan die kans om DanieBotha se boek Die helder dae –outobiografiese verhale, rubriekeen essays te wen. Stuur net ’n SMSna 45527. Begin dit met die sleu­telwoord “Boek”, gevolg deur jounaam en van. Jy kan jou soveelkeer inskryf as wat jy wil. ’n SMSkos R1,50.

Skryf jou in vir TV­roemAS jy begeer om ’n TV­persoon­likheid te word en welsprekend, vol selfvertroue en tussen 22 en 28 jaar oud is, mag jy dalk as een van twee nuwe aanbieders vir kykNET & Kie gekies word.

Die geleentheid is vir mans envroue. Kandidate moet ’n vollengte­foto en ’n video instuur

om te wys wat in hom of haar steek. Die kompetisie sluit op 15 Februarie, oudisies word op 20 Februarie in Johannesburg gehou en die finaliste word op die webwerf bekend gemaak. Opnames begin op 1 Maart.

Kry meer inligting by http://ky­knet.dstv.com/.

Wat gebeur wanneer waar?STUUR dagboekinskrywings vir gratis plasing in Bloemnuus/Bloemnaweek na [email protected] voor Maandae om 08:00.

VRYDAG 6 FEBRUARIES Die fliek Mooirivier, wat in Potchefstroom verfilm is, begin wys. S Marion Holm bring HOL Marion! na die Wynand Mouton­teater om 19:30. Bespreek ’n kaartjie teen R120 by Computicket. S Rugby – Sesnasiesreeks begin (Wallis teen Engeland).S Rugby – Wêreld­sewesreeks in Wellington, Nieu­Seeland, vandag en môre. S Sheraaz om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies: R100.S Skenk bloed by Pick n Pay Hypermarket van 09:00 tot 16:45; Lettie Fouché van 11:00 tot 13:00; Woolworths (Loch Logan) van 11:00 tot 16:00; Preprimêre Skool Kontiki van 11:00 tot 14:00 en Car Track van 09:00 tot 11:00. Navrae: [email protected] Jacky Muller is by Friends Pub om 20:00.

SATERDAG 7 FEBRUARIES NG kerk Heuwelkruin hou ’n gholfdag op Schoemanpark. Be­spreek by 051­448­3122.S Westdene Park Market from 09:00 to 13:00. Marlene, 082­519­9030. S Boeremark in Langenhovenpark vanaf douvoordag.S Marion Holm bring HOL Marion! na die Hoërskool Philippolis se saal om 18:30. ’n Kaartjie teen R100 is te kry by Pulani Simes (051­773­0014, kerkkantoor) of Lulani Vermeu­len (083­677­0781). S Soul of the Orchestra met Sibongile Khumalo en die VS­simfo­nieorkes in die Sand. Opera­arias en Elgar se Enigma­variasie is te hoor. Alex Fokkens is die dirigent. Kaartjies van R100 en R130 is te kry by Pacofs, 051­447­7772.S Philippolis mark om 08:00 tot 10:30 langs die Jacobson­biblioteek, Voortrekkerstraat.

S Gratis bloedglukosetoetsing by die CityMed­daghospitaal in Prellerplein in samewerking met Van Rensburg­Patoloë tussen 09:00 en 14:00. Vivienne, 051­436­4320.

SONDAG 8 FEBRUARIES Sokker – Afrikabeker­eindstryd, Bata, Ekwatoriaal­Guinee.S The Bloemfontein Dog Training Club will resume training at 16:00 on the fields of the Sand du Plessis Primary School, Hippocrates Street, Hospital Park. They offer socialising of dogs, home obedience and advanced obedience. Margaret Leighton, [email protected] Free State Agility and Dog Training Club bied hondespring­klas­se, gehoorsaamheidsklasse en sosialiseringsklasse vir alle soorte honde aan. Dit begin om 15:00 by die Laerskool Sand du Plessis in Hospitaalpark. Maak gebruik van die ingang vanuit Listerstraat. Gawie Faul, 083­303­0222 of 051­522­8518.

MAANDAG 9 FEBRUARIES Tennis – Die Fedbeker­reeks begin.S Skaf ’n Volksblad én Huisgenoot aan teen R25 by koerantverkopers in Bloemfontein.S Die maandbyeenkoms van die Genealogiese Genootskap vind om 18:30 in die ouditorium van die Anglo­Boereoorlog­museum plaas. Chris Hendriks en Jo Botha gesels oor hul onderskeie familiefoto’s en die bestuur vir 2015 word gekies. Toegang per besoeker is R20. Bel Marietjie van Zyl by 082­406­5975 vir meer inligting.

DINSDAG 10 FEBRUARIES Management Solutions bied ’n gratis konferensiedag aan met 7 SAMA CPD­punte vir gesondheidswer­kers. Dit word gehou by Tuscan Rose. Skryf aan jeanine@alle­gra.co.za.S Food and wine pairing evening at De Oude Kraal Country Estate and Spa with J.C. le Roux, 19:00.WOENSDAG 11 FEBRUARIE

S Reik na Herstel se algemene vergadering om 18:00 by Kansa se kantoor, Melvillerylaan. Die jaarbe­planning word gedoen. Skryf aan [email protected] Christ@Work, ’n selgroep vir werkende en studerende jong mense kom Woensdae om 19:00 bymekaar by Lukas Steynweg 1, Heuwelsig. Elna van der Walt, 082­462­5507.S Divine Restoration Ministries recently moved to the Divine Revival Centre formerly known as the Kiepersolrant Wedding Venue. Services: Wednesday at 19:00 and Sunday at 09:00. Liza Crawley, 072­294­0965.

DONDERDAG 12 FEBRUARIES James Blunt tree by Grand West in Kaapstad op.

VRYDAG 13 FEBRUARIES Rugby – Die Superrugby­reeks begin.S Plattelandse Valentynsnaweek in Soutpan. Bel Truksvy­winkel/restau­rant by 076­768­8726. Sien ook hul advertensie in Vrydag (06/02) se Bloemnaweek.S Die rolprent 50 Shades of Grey open in Suid­Afrika.S Love Rosendal­fees. Besoek www.rosendalinfo.co.za of skakel 058­211­0902.S Internasionale Kinderkankerdag word in Bloemfontein gevier met ‘n pretgholfdag om 11:45 by Schoe­manpark. Linda Strydom, 082­378­3085.

SATERDAG, 14 FEBRUARIES Fine Dining Dinner on Valentine’s Day. Theme: The Great Gatsby. Phone 051­564­0636. S As deel van hul swangerskapbe­wusmakingsweek bied Life­Rosepark­hospitaal sy swangerskap­inligtingdag vandag aan. Toegang tot die dag is gratis en registrasie is vanaf 08:30 tot 09:00. Alle voornemende ouers is welkom om die Life­Rosepark­hos­pitaal se kraamafdeling by 051­505­5272 te bel en hul plek vir die inligtingsdag te bespreek.

Kaartjies na Sand vir Valentynsdag te wen“AS daar ’n applousmeter op die perseel was, sou dit deur die dak gegaan het,” het die gesaghebbende New York Times al oor die Condors geskryf.

Nou kan Bloemfonteiners na die humoristiese skouspel van dié Japanse dans­ en dramagroep uitsien.

Die groep tree op Valentynsdag indie Sand du Plessis­teater op. Dit is die Condors se debuut in Bloemfon­tein en die vertoning is deel van hul eerste toer in Suid­Afrika.

Die Condors het reeds wêreldwydbekendheid verwerf. Die groep toer al vir 15 jaar.

Die New York Times beskryf die groep se styl as ’n kombinasie van Monty Python met ’n Beatles­gevoel. Die groep is bekend vir sy satiriese uitbeelding van die hedendaagse pop­kultuur.

Die produksie breek weg van konvensionele choreografie en bied ligte vermaak wat die gehoor op die randjie van hul stoel sal hou.

Dit is vir oud en jonk toegangkliken is besonders omdat daar deurlo­pend humor is.

Interessante feite:S Die Condors bestaan uit slegs manlike lede en is deur Ryohi Kondo gestig.

S Die groep het al in meer as 20 lande opgetree.S Grandslam, wat in Bloemfontein opgevoer word, is ’n versameling van hul beste werke.S ’n Konsert van die Condors het al in slegs 14 minute uitverkoop.

Sluit Valentynsdag op ’n humoris­tiese noot af met die Condors se Grandslam.

Die teaterproduksie is op 14 Februarie om 19:30 in die Sand du Plessis­teater en kaartjies is teen R80

tot R100 by Pacofs beskikbaar. Vir meer inligting bel Pacofs by 051­447­7772.

Daar is ook op 13 Februarie ’n werksessie vir dansers by Pacofs. Besprekings hiervoor is noodsaaklik en kan by [email protected] gedoen word.

Twee gelukkige paartjies kan elk twee kaartjies vir die vertoning op Valentynsdag wen deur dié foto voor Maandag (09/02) om 08:00 op Bloemnuus se Facebook­blad te share.

Die Condors, ’n Japanse dans­ en dramagroep, kom binnekort na die Sand.

Facebook: Truksvy B&B and Koffie SjopE-pos: [email protected] nommer: 076 7688 726

Truksvy B&B andKoffie Sjop

VALENTYNSAANDETE:Saterdag, 14 Februarie 2015.

R330 per paar.

13 – 15 Februarie 2015Valentynsnaweek in Soutpan.

Skakel vir meer besonderhedeen besprekings noodsaaklik.

X1PNH52W-BN060215

Page 6: Bloemnuusbl 20150206

6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 FEBRUARIE 2015

Laaste inskrywings van 2014

Gerrit en Salomie Viljoen. Foto: PixlPixi Jean en Veronica Smith. Foto: Kaleidoscope

Philip en Esteé Snyman. Foto: Maryke Venter Chris en Charlene Bornman. Foto: Maryke Venter

Karel de Klerk en Christelle Bouwer. Foto: Genesis Images Jack en Mariza Badenhorst. Foto: Mandie Niemann Willie en Marika Pieters. Foto: Mandie Niemann

HIERMEE die laaste foto’s wat in ag geneem sal word vir Bloemnuus se Troufoto van die Jaar­kompetisie (2014). Foto’s wat oor­staan weens ’n gebrek aan plek, sal in ag geneem word vir die 2015­kompetisie. Die finaliste word binnekort aangekondig.

Page 7: Bloemnuusbl 20150206

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 FEBRUARIE 2015 7

REIS

VANWAAR “EDENBURG”? Daar is twee moontlikhede vir die naam van die Suid­Vrystaatse dorp Edenburg, volgens The Dictionary of Southern African Place Names deur P.E. Raper. Ditkan van Bybelse oorsprong (“die Tuin van Eden”) wees óf ’n omvorming van Edinburg, die Skotse geboorteplek van ds. Andrew Murray. Edenburg se wortels strek terug na 1862 toedit uitgelê is op die plaas Rietfontein. Dié dorp is slegs 75 km suid van Bloemfontein langs die N1. Foto: Jens Friis

BESPREEK NOU: As jybeplan om van diekoue weg te kom deurin die Junie­vakansieweg te breek na dieKrugerwildtuin, is ditnou die tyd om te be­spreek. Stuur ’n e­posna reservations@san­parks.org of bel diesentrale besprekings­kantoor by 012­428­9111. Die Krugerwild­tuin is omtrent sogroot soos Israel endie totale afstand watdie wildtuin se pad­netwerk beslaan, issowat 8 700 km. VanBloemfontein oor Jo­hannesburg na Nel­spruit is dit nege uurse ry. Jy kan ook kort­pad kies oor Bethle­hem, maar die pad isdikwels maar goor. Foto: Jens Friis

Boeremarkte vul nou weermenige spens

Jens Friis

“AS jy nie ’n bobaas­restaurant kan bedryf met dié nie, sal jy nooit kan nie,” sê my reisgenoot terwyl ons deur die stalletjies vleg van die plaasmark in Santa Monica.

Hy’t reg. Daar lê hulle ingeryg: songeel Albertas tot bessierooi radyse . . . Die hele boksemdais. Eersteklas. Douvars. Algar was voordag nog op die verkoper se land – ‘n klipgooi ver.

“Die mens sloof hom af vir kos, maar sy honger woord nooit gestil nie,” sê die filosofiese Prediker.

Tog voel ek soos Riana Scheepers: “ ’n Mens moet bepaal wat vir jou ‘n luukse is en dan verseker dat dit deel van jou lewe is.” En as dit iets te ete is, waarom nie? Min bly so lekker as kos knap berei.

Skynbaar voel die Kaliforniërsdieselfde. Plaasmarkte gedy. Dit laat selfs Noord­Amerikaanse stadsharte herleef soos in San Luis Obispo, twee uur noord van Los Angeles.

Dié aandmark langs Higuera­straat is die kern van ‘n stedelike herlewingsverhaal. In die 1970’s het besighede verskuif vanaf die middestad na reuse­, voorstedeli­ke inkopiesentrums. Donderdag­aande was die middestad grafstil. Vlugbalaande het nie lewe gebring nie, maar ná ‘n vleisbraai in Higuerastraat gereël, het die middestad begint kook.

Sedert 1983 (dus reeds 20 jaar) speel vlamvlekke elke Donderdag oor boere se groente en vrugte.

Die reuk van gerookte vark hang in die lug. Daar word appelsap gedrink. Geproe aan ‘n tros kristalle. Orkeste probeer die kuierende kopers se aandag trek: “Vul jou spens by ons!” raai hulle aan. G’n wonder nie San Luis Obispo is deur die National Trust for Historic Preservation vereer vir een van die vyf beste hoofstrate in Amerika.

Die Woensdagmark in sonnigeSanta Monica is die grootste in Kalifornië. En gróót is dit. Jou bene is later tam gestap, maar wat verwag jy ook? Hulle sê as Kalifornië ‘n onafhanklike land was, sou dié staat kon spog met die vyfde sterkste ekonomie ter wêreld.

Plaasmarkte het ‘n manier geword vir kleinboere om te oorleef. Ongetwyfeld voorsien dit in ‘n aanvraag.

Boere doen flink sake met professionele sjefs en hul huishoudelike eweknieë wat net die beste, varsste produkte verwag.

Die tradisionele skakel tussenlandbouer en dorpenaar word herstel.

“Soms gaan dit selfs so ver dat ‘n koper vir my onbekende sade bring wat ek plant en die produk dan ‘n maand of wat later aan hulle verkoop.”

Terapie vir maag en siel

Die plaasmark word opelug­te­rapie vir die maag én siel. Dit gaan oor die vrugte, groente en blomme, ja, maar ook oor die sosiale kontak en vermaak.

Dié markte gee altoos vir my‘n indruk van tydelikheid, ‘n spartaanse bestaan in transito. Dis gedeeltelik reg, want oggende verrys die mark en saans word dit afgebreek asof daar niks was nie.

Tog is dit ook misleidend, want party van dié bewegende feeste bestaan reeds jare. Die piekseisoen is tussen April en Oktober, maar heelwat gaan voort selfs as dit ys­yskoud is soos Jack London Square in Oakland en Ferry Plaza in San Francisco.

Wat ek onthou van laasge­noemde is hoe ‘n vrou met vlymskerpe lemme wierts­warts woerts­warts die lobbe van bosse wortels laat waai het. Dit alleen was al genoeg rede vir ‘n besoek.S Wat Kalifornië se “Certified Farmers Markets” (CFM’s) onderskei van supermarkte is dat boere op plaasmarkte net goedere mag verkoop wat hulle self verbou of gemaak het.

Dit beteken nie dat alles organies verbou is nie, alhoewel baie markte soos dié by Berkeley hulle daarop roem dat hul oorgrote meerderheid goedere wel organies verbou is.

Gebruik van die term “orga­nies” word deur Kaliforniese reg beperk tot slegs daardie produkte wat verbou is op lande waar g’n sintetiese plaagdoders of kunsmis gebruik is in die afgelope drie jaar nie.

PERSOONLIKE DIENSTE

FUNKSIES & KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

Herbalist Doctor forcourt cases, lost lover,financial problems. AlsoMagic rings and enlarge-ment cream. PROFFPRICE MBUGA 071 9663495.

LENINGS

1445

ALGEMENE & HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEERvan alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van pla-fonne. Gratis kwotasie. Skakel079 581 6654.

SAKEGELEENTHEDE

2415

Earn extra MONEY withTupperware. Start today!Send an SMS with yourname, surname, addressand contact number to078 715 4901.

HOU OP om ander teverryk en jouself te ver-arm! Vir sukses bel Dina082 565 7628 k/ure.

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR

3250

Ruim 2-slaapkamer-woonstel te huur op hoewe.Toesluitmotorhuis met afdak.Eie tuin. Beskikbaar 1 Maart2015. R3 600 p.m. Water enkrag uitgesluit. Skakel 051433 2355 NA 17:00 SAANS.

STUDENTE-AKKOMMODASIE

3323

Akkommodasie virdamestudente met sobergewoontes. Stil, rustig,baie veilig. R1 800 p.m.Onm. besk. 0832651569.

Things in my life went from good toworse in a very short time. My lovelive, financial problems jealousy, myhusband’s family were all againstme. Luckily I came across Soniathrough a friend. She helped meand showed me my enemies

through a mirror for only R200. Shedid miracles in my life. She told me all my problems

without mentioning anything to her. She showed me thepeople who worked hard to see me suffering some ofwhich were my friends and relatives. She performed aspecial prayer, washed away my bad luck and cleansed

my home. Gave me a love potion with a ring for myfinancial problems in less than five days, my husbandwas always by my side and my enemies confessed andasked for forgiveness. Come and visit me at Bayswater.

For appointments please call Mama Marria 072 417 4249.Visit –www.specialspells.co.za

X1PPTWA9-BN060215

My husband is back after 15 years ofdivorce. Mama Asiha showed me myenemies in a mirror. But now we aretogether again andveryhappy.I almost lost hope when my husbandasked for a divorce. Living without myhusband for 15 years was not easy. I hadto support myself financially andconsulted top healers, who didn't help. Iheard of mama Asiha on the radio and on

television, my workmate he had helped with my financial problems.She told me everything that was happening in my life before I saidanything to her. She took out all thewitchcraft, showedme the 'mirrorin a dish of water'. I saw my husband's girlfriend . She prayed for mewith her special powers . My enemies confessed now and I'm alsonow promoted at work . I don't know how to thankmamaAsiha, but tomake it public. With her magic ring she can protect homes from badevils.

Contact Mama Asiha for anappointment on 081 095 9948.

X1PPTXYD-BN060215

Page 8: Bloemnuusbl 20150206

X1PPFCF5-BN060215

Dra jou huis by tot die spitsvraag tussen 5nm en 9nm?

Tydens spitstyd op weeksaande neem elektrisiteitsverbruik

in die residensiële sektor tot 37% toe, ’n reuse styging wat

beurtkrag kan veroorsaak… of Eskom kan verplig om duur

dieselkragopwekkers te gebruik om in dié vraag te voorsien.

Deur net energiedoeltreffend op te tree tussen 5nm en 9nm,

kan jy ’n deurslaggewende rol speel in die besparing van krag

en so help om die ligte aan te hou. Volg dié maklike stappe

om die spitsvraag in Suid-Afrika te help beheer.

Besoek www.eskom.co.za/idm vir meer inligting.

5nm en 9nm

Skakel dié

af tussen

Eskom Holdings SOC Ltd Reg Nr 2002/015527/30

Mohlaleng_2283_A

Swembadpomp

Lugversorging

Skakel nie-noodsaaklike toestelle af sowel as

die ligte in kamers wat nie gebruik word nie.

Ligte

Geiser

Things in my life went fromgood to worse in a veryshort time. My love live,

financial problems jealousy,my husband’s family were allagainst me. Luckily I cameacross Anne through a

friend. She helped me andshowed me my enemiesthrough a mirror. She did

miracles in my life. She toldme all my problems without mentioning anything to her. Sheshowed me the people who worked hard to see me sufferingsome of which were my friends and relatives. She performeda special prayer, washed away my bad luck and cleansed my

home. Gave me a love potion with a ring for my financialproblems in less than five days, my husband was always by

my side and my enemies confessed and asked forforgiveness. Come and visit me at Bloemfontein.

For appointments please callMama Janet and Prof. Kinthi 060 401 0649

X1PPTWRW-BN060215

BLOEMNAWEEK het verlede week berig die eer­ste krieketspan van Grey­kollege het met sewepaaltjies teen die Hoërskool Jim Fouché verloor.Dit was egter die uitslag tussen Grey se vierdespan en JF se eerstes. In die kragmeting tussendie skole se eerste spanne het Grey met 158 lo­pies geseëvier. Ons stel graag die feite reg.

Grey het wél gewen

Ruan Bruwer

THARINA VAN DER WALT, ’n atleet aan die Hoërskool Jim Fouché (JF), het op die naweek se Motheo/Xhariep se Sone 1­byeenkoms in die Vrystaat­stadion haar stempel behoorlik afgedruk.

Sy het drie van die voorste ses vertonings volgens die puntestelsel gelewer.

Tharina het geen gelyke in die gewigstoot,diskus­ en hamergooi vir meisies o.15 gehad nie. Haar gooi van 55,18 m in die hamergooi het haar 949 punte besorg, slegs vier minder as die nasionale junior hamergooier Nadia Meiring (o.19) se 953 punte.

Nog ’n JF­leerling, Chandré Erasmus, se twee goue medaljes in die 400 m en 800 m vir meisies o.14 tel onder die voorste 11 prestasies.

In Bronwyn Leonard het JF nog ’n puik diskusgooier. Sy het 923 punte vir haar pogingvan 37,66 m verower.

Elmeré van der Berg (JF) het haar veelsy­digheid ten toon gestel deur in die hoogspring en verspring (meisies o.14) eerste plekke te behaal, asook ’n tweede posisie in die 200 m.

Herman Agenbag van Grey­kollege het ookin die seuns o.15­diskusgooi en ­hamergooi gepresteer.

Sy skoolmaat, Janco van Heyningen, was ewe gedrewe deur drie goue medaljes te verower. Hy het dit in die 100 m en 200 m vermag en ook eerste in die 110 m­hekkies oor die eindstreep gehardloop.

JF se atlete kook

Jardel Franca (o.14) van die Hoërskool Jim Fouché was die naweek opdie Motheo/Xhariep se Sone 1­byeenkoms eerste in die verspring in syouderdomsgroep en ook derde in die 100 m en tweede in die 200 m.Hy is een van verskeie atlete wat in verskillende nommers goed gepres­teer het. Foto: Rozelle Laubscher Photography

STILL LOOKING FOR FIRST WIN: After three matches the cricketteam of the University of the Free State are still searching for theirfirst win in the inaugural Varsity Cricket Tournament in Potchef­stroom. All three losses were by big margins. Maties won by 120runs, Pukke by 60 runs and Ikeys by seven wickets. The team facedthe Nelson Mandela University of Technology on Thursday. HereAndries Gous walks off after managing only four runs against Ma­ties on Wednesday (04/02). Foto: Saspa

MARK LAWRENCE, een van Suid­Afrika se voorste rugbyskeidsregters, gaan Saterdag (07/02) by die Vrystaatse Rugbyunie in Bloemfontein Vrystaatse blasers op ’n nasionale kursus oor vanjaar se rugbyreëls op hoogte bring.

Schubel O’Reilly, bestuurder van Vrystaatseskeidsregters, het bevestig dat Lawrence Saterdag by die Vrystaat­stadion sal wees en dat alle belangstellendes welkom is om die kursus by te woon, nie net fluitjieblasers nie. Lawrence was een van die land se voorste blasers voordat hy die rol van afrigter van breiers by die Suid­Afrikaanse Rugbyunie begin vertolk het.

Die kursus vind van 09:00 tot 12:00 in die AK Volsteedt­gebou by die Vrystaat­sta­dion plaas.

Kursus gehou vir skeidsregters