8
Tel. 051-404-7600 | Vrydag 16 Januarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS Nuwe bloed Oud-Kovsie nou nuwe hulp- afrigter van Proteas 8 Nuwe reeks Reis na waar Vlug na Egipte oor 3 maande verfilm is 4 Uitblinkers Bfn se slimste matrieks gesels oor hul sukses 6 Ruan Bruwer HAASBEKKIES se heel eerste dag op die skoolbanke is vir baie ’n vreugdevolle en uitbundige geleentheid, maar beslis nie vir almal nie. Skole in die Vrystaat het eergister vir 2015 geopen. ’n Paar van die Rosestad se bekendes onthou hul eerste skooldag met gemengde gevoelens om uiteenlopende redes. Vir Mardi Delport, dosent en omroeper, was dit ’n vreesaanjaen- de en senutergende somersoggend in Daniëlskuil in 1982. “My ma het my en my tweeling- sussie, Danri, by die skool gaan aflaai en toe bars sy in trane uit. Sy het meer as ons gehuil. “Ek en my sussie het mekaar se hande vasgehou en die onbekende ingestap. “Ons was bang en het nie geweet wat om te verwag nie. “Ek het vinnig maatjies gemaak en was die volgende dag gemaklik om weer terug skool toe te gaan.” Die skrywer Jaco Jacobs was bang hy sou deur ’n onderwyser doodgeslaan word. Sommer op sy tweede skooldag in Carnarvon in 1987 het Jacobs skoolsiek gespeel omdat hy nog nie kon lees nie. “Toe ek ná my eerste skooldag tuis kom, was ek verpletter om uit te vind ek kon steeds nie lees nie. Dit was die enigste rede waarom ek besluit het om tog maar wel skool aan te durf – sodat ek boeke kon leer lees. “Die ding wat ek die beste van my eerste skooldag onthou, is ongelukkig die absolute vrees daarvoor. “My pa-hulle het my voor die tyd goed ingelig presies hoeveel dinge daar is waarvoor jy op skool ’n pak slae kon kry, en ek was seker die onderwysers gaan hulle bes probeer om my dood te slaan,” het hy gesê. Die toneelskrywer en aktrise Ilne Fourie se eerste dag (Middelburg, Oos-Kaap) in 1992 het nie so vlot verloop soos sy sou wou hê nie. “Ek het groen koeldrank saam met my kos en ’n Melrose-kasie in my skooltas gekry. “Die koeldrank het egter gelek en teen pouse was die tassie deurdrenk en als grasgroen. Gelukkig het die kasie niks makeer nie omdat dit in foelie toegedraai was. “Ek was ook afgehaal omdat van die ander kinders geldjies saam gekry het vir die snoepie en nie ek nie. My ma was bang ek sou verdwaal op pad snoepie toe. “Die juffrou, haar van was De Kock, was hoogs higiënies en ons moes ná pouse ons tande borsel voordat ons weer die klas kon binnegaan.” S Nog onthou-oomblikke op bl. 2. My 1ste skooldag Plaaslike bekendes deel hul ervarings Mardi Delport Jaco Jacobs Ilne Fourie Toe ek ná my eer- ste skooldag tuis kom, was ek verpletter om uit te vind ek kon steeds nie lees nie. – Jaco Jacobs ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES PRODUCTS Monitor en beheer jou sekuriteit, enige tyd, vanaf enige plek. Monitor en beheer jou sekuriteit, enige tyd, vanaf enige plek. IMPORTERS, MANUFACTURERS & DISTRIBUTORS OF ELECTRIC FENCING PRODUCTS FOR: WIRELESS Outdoor Beams WIRELESS Outdoor Beams 110 20m 15m 10m UPINGTON Tel: 054 332 1458 KIMBERLEY Tel: 053 861 5631 BLOEMFONTEIN Tel: 051 448 6695 UPINGTON Tel: 054 332 1458 KIMBERLEY Tel: 053 861 5631 BLOEMFONTEIN Tel: 051 448 6695 X1PLTJA1-BN160115 Burgundy Access WHEELCHAIR SALES WHEELCHAIR SALES AND REP AND REP AIRS AIRS • POWER • POWER WHEELCHAIRS WHEELCHAIRS AND SCOOTERS AND SCOOTERS •W •W ALKING ALKING AIDS AIDS ADULT ADULT AND BABY AND BABY DIAPERS DIAPERS • RENT • RENT AL AL OF OF WHEELCHAIRS, WHEELCHAIRS, W W ALKING ALKING AIDS AIDS AND HOSPIT AND HOSPIT AL AL BEDS BEDS VAT NO: 4700196977 REG. NO: IT 112801 19 Van Heerden Rd., Willows, Bloemfontein Tel. 051 522 1874 • Tel/Fax: 051 522 2174 • Cell: 082 413 5873 Fax: 086 503 0938 • E-mail: [email protected] • Web: http://burgundyaccess.co.za • PRESSURE RELIEF • PRESSURE RELIEF CUSHIONS CUSHIONS AND AND MA MA TTRESSES TTRESSES • GRAB RAILS • GRAB RAILS • COMMODES, BA • COMMODES, BA TH TH AND SHOWER AND SHOWER AIDS AIDS • LIGASANO • LIGASANO WOUND PRODUCTS WOUND PRODUCTS • HOMECARE PRODUCTS • HOMECARE PRODUCTS X1PM0QX9-BN160115

Bloemnuusbl 20150116

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20150116

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20150116

Tel. 051­404­7600 | Vrydag 16 Januarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS

Nuwe bloedOud­Kovsie nounuwe hulp­afrigter vanProteas 8

Nuwe reeksReis na waarVlug na Egipteoor 3 maandeverfilm is 4

UitblinkersBfn se slimstematrieks geselsoor hul sukses

6

Ruan Bruwer

HAASBEKKIES se heel eerste dag opdie skoolbanke is vir baie ’nvreugdevolle en uitbundigegeleentheid, maar beslis nie viralmal nie.Skole in die Vrystaat het

eergister vir 2015 geopen.’n Paar van die Rosestad se

bekendes onthou hul eersteskooldag met gemengde gevoelensom uiteenlopende redes.Vir Mardi Delport, dosent en

omroeper, was dit ’n vreesaanjaen­de en senutergende somersoggendin Daniëlskuil in 1982.“My ma het my en my tweeling­

sussie, Danri, by die skool gaanaflaai en toe bars sy in trane uit.Sy het meer as ons gehuil.“Ek en my sussie het mekaar se

hande vasgehou en die onbekendeingestap.“Ons was bang en het nie

geweet wat om te verwag nie.“Ek het vinnig maatjies gemaak

en was die volgende dag gemaklikom weer terug skool toe te gaan.”Die skrywer Jaco Jacobs was

bang hy sou deur ’n onderwyserdoodgeslaan word.Sommer op sy tweede skooldag

in Carnarvon in 1987 het Jacobsskoolsiek gespeel omdat hy nognie kon lees nie.“Toe ek ná my eerste skooldag

tuis kom, was ek verpletter om uitte vind ek kon steeds nie lees nie.Dit was die enigste rede waarom

ek besluit het om tog maar welskool aan te durf – sodat ek boekekon leer lees.“Die ding wat ek die beste van

my eerste skooldag onthou, isongelukkig die absolute vreesdaarvoor.“My pa­hulle het my voor die

tyd goed ingelig presies hoeveeldinge daar is waarvoor jy op skool’n pak slae kon kry, en ek wasseker die onderwysers gaan hullebes probeer om my dood teslaan,” het hy gesê.Die toneelskrywer en aktrise Ilne

Fourie se eerste dag (Middelburg,Oos­Kaap) in 1992 het nie so vlotverloop soos sy sou wou hê nie.

“Ek het groen koeldrank saammet my kos en ’n Melrose­kasie inmy skooltas gekry.

“Die koeldrank het egter geleken teen pouse was die tassiedeurdrenk en als grasgroen.Gelukkig het die kasie niks makeernie omdat dit in foelie toegedraaiwas.“Ek was ook afgehaal omdat

van die ander kinders geldjiessaam gekry het vir die snoepie ennie ek nie. My ma was bang eksou verdwaal op pad snoepie toe.“Die juffrou, haar van was De

Kock, was hoogs higiënies en onsmoes ná pouse ons tande borselvoordat ons weer die klas konbinnegaan.”S Nog onthou­oomblikke opbl. 2.

My 1ste skooldagPlaaslike bekendes deel hul ervarings

Mardi Delport Jaco Jacobs Ilne Fourie

“Toe ek ná my eer­ste skooldag tuis kom,was ek verpletter omuit te vind ek konsteeds nie lees nie.

– Jaco Jacobs

ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES

PRODUCTS

Monitor en beheer jou sekuriteit, enige tyd, vanaf enige plek.Monitor en beheer jou sekuriteit, enige tyd, vanaf enige plek.IMPORTERS, MANUFACTURERS & DISTRIBUTORS OF ELECTRIC FENCING PRODUCTS FOR:

WIRELESSOutdoor Beams

WIRELESSOutdoor Beams

11020m15m10m

UPINGTON Tel: 054 332 1458KIMBERLEY Tel: 053 861 5631BLOEMFONTEIN Tel: 051 448 6695

UPINGTON Tel: 054 332 1458KIMBERLEY Tel: 053 861 5631BLOEMFONTEIN Tel: 051 448 6695

X1PLTJA1-BN160115

BurgundyAccess

••WHEELCHAIR SALESWHEELCHAIR SALESAND REPAND REPAIRSAIRS• POWER• POWERWHEELCHAIRSWHEELCHAIRSAND SCOOTERSAND SCOOTERS• W• WALKINGALKINGAIDSAIDS••ADULTADULTAND BABYAND BABYDIAPERSDIAPERS• RENT• RENTALALOFOFWHEELCHAIRS,WHEELCHAIRS,WWALKINGALKINGAIDSAIDSAND HOSPITAND HOSPITALALBEDSBEDS

VAT NO: 4700196977 REG. NO: IT 112801

19 Van Heerden Rd., Willows, BloemfonteinTel. 051 522 1874 • Tel/Fax: 051 522 2174 • Cell: 082 413 5873

Fax: 086 503 0938 • E-mail: [email protected] • Web: http://burgundyaccess.co.za

• PRESSURE RELIEF• PRESSURE RELIEFCUSHIONSCUSHIONSANDANDMAMATTRESSESTTRESSES• GRAB RAILS• GRAB RAILS• COMMODES, BA• COMMODES, BATHTHAND SHOWERAND SHOWERAIDSAIDS• LIGASANO• LIGASANOWOUND PRODUCTSWOUND PRODUCTS• HOMECARE PRODUCTS• HOMECARE PRODUCTS

X1PM0QX9-BN160115

Page 2: Bloemnuusbl 20150116

2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 16 JANUARIE 2015

BESIN OOR JAAR WAT VOORLÊ: Personeel aan die Meisieskool St. Michael het Maandagaand ’n verwelkomingsgeleentheid op Naval Hill bygewoon. Die skool se tema vir die jaar is Keepinghope alive en personeellede kon bo-op Naval Hill oor die tema nadink en beplan hoe hulle dit in die klaskamer kan inspan. Die donderbuie op die agtergrond het ’n besonderse fotoverseker. Foto: Madri Groenewald

’n MENS se eerste skooldag is een vandaardie gebeurtenisse wat in ’n mens segeheue ingeëts word.Ruan Bruwer het by ’n paar Bloemfontei­

ners gehoor wat hul helderste herinneringevan daardie onvergeetlike dag is.Op Annette Kasselman, eiendomsagent en

voormalige Mev. Suid­Afrika, se eerste dag vangr. 1 in die Kaap, wou sy graag haar hare in’n poniestert dra. Maar haar hare was te kort.Dit was in 1975.Sy onthou ook die “cheese cutter”­hoed wat

haasbekkies na die skool moes dra. “Ons hetmaroen rokkies gehad en ek het swaar gedraaan my skoolkoffer. My ma het my voor dieskoolhek afgelaai van waar ek self moes sien

kom klaar. Toe ek my maatjies sien, wou eknet speel en was daar geen teken van tranenie.”Hannchen Mielmann, huidige Mej.

Vrystaat, onthou hoe opgewonde sy was omhaar splinternuwe uniform aan te trek en methaar tassie by die skool op te daag.“Ek was vreeslik opgewonde om my juffrou,

Queenie, te ontmoet. Skool was altyd vir mybaie lekker.”Mielman moes mooi dink wat sy nog van

die dag in 2000 by die Laer MeisieskoolOranje kon onthou. “Dit was ’n hoogtepuntom eerste pouse te gaan speel. Ek is nou nogmet van daardie maatjies van gr. 1 bevriend.”Die sanger en musiekpromotor Dewald

Louw (1993, Laerskool Jim Fouché) sê hy wasbly dat van sy maatjies van kleuterskool saammet hom in gr. 1 was. “My ma het my gaanaflaai en tot by die klas vergesel. Ons het ’nhokkie gehad waar ons skryfbehoeftes konbêre. Ek het daar ’n piesang wat my masaam skool toe gegee het, etlike weke laterontdek,” sê hy. “Ek het nooit my ma se kosgeëet wat sy vir my ingesit het nie, eerder diesnoepie se lekkergoed ondersteun. Ek onthoudaar was drie pare tweelinge in ons groep.”Die Protea­netbalspeler en onderwyser

Lauren­Lee Christians het haar skoolloopbaanin die Noord­Kaap (in Prieska, 1998) begin.Sy onthou dat sy baie gehuil het toe haar

ma haar by die skool afgelaai het.

“Maar ná ’n tydjie het ek van die idee vanskool gehou. Ons skoolklere was nogal baielelik. So ’n donkergroen gestreepte rokkie enek het groen linte in my hare gehad.”Sy het klaarblyklik die koffer­en­tas­era

misgeloop en het met ’n pienk rugsak by dieskool opgedaag.Die predikant Wollie Grobler sê hy was

baie bang, maar het die voordeel gehad dathy saam met sy tweelingboetie skool toe is.Dit was 1962 in Cradock. “Ons het by mekaargestick en langs mekaar in die klas gesit. Diejuffrou onthou ek as baie vriendelik. Sy het ’nmoesie op haar lip gehad en haar brilraam selense was bitter groot. Sy het ons mooigekalmeer.”

Bfn-bekendes onthou eerste skooldag

Annette Kasselman in 1975.

Hannchen Mielmann en haar pa,Hein, die oggend op pad skool toe in2000.

Dewald Louw by die Laerskool JimFouché in 1993.

Lauren-Lee Christians het haar skoolloopbaan in 1998 inPrieska begin.

Wollie Grobler (regs) en sy broer Nico op pad skool toein 1962.X1PLN2XJ-BN160115

Page 3: Bloemnuusbl 20150116

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 16 JANUARIE 2015 3

DagboekSTUUR dagboekinskrywings vir plasing inBloemnaweek na [email protected] Maandae om 08:00.

VRYDAG 16 JANUARIES Jan Blohm tree om 19:30 in Innie Skuurop. Kaartjies kos R120. Skakel 079­387­3614.S Die amptelike verwelkoming van eerste­jaar­Kovsie­studente sal om 18:00 voor diehoofgebou plaasvind.S Krieket: Australië speel ’n eendagwed­stryd teen Engeland in Sydney.S Skenk bloed by:* Lugmagbasis (senior menasie) tussen09:00 en 15:00.* Quintiles (raadsaal) tussen 10:00 en13:00.

SATERDAG 17 JANUARIES kykNET se Afrikaanse fliekkanaal (198 opDStv) word nog vir die volgende tweeweke, tot 31 Januarie, uitgesaai.S Bergfietsry: Die Attakwas, Suid­Afrika segrootste eendagbergfietsren, begin inOudtshoorn en eindig in Groot­Brakrivier.S Sokker: Die Afrikabekertoernooi duur tot8 Februarie in Ekwatoriaal­Guinee.

SUNDAY, 18 JANUARYS The Bloemfontein Dog Training Club willresume training at 16:00 on the fields ofthe Sand du Plessis Primary School,Hippocrates Street, Hospital Park. They offerclasses in the socialising of dogs, homeobedience and advanced obedience. Forinformation contact Margaret Leighton [email protected].

MAANDAG 19 JANUARIES Tennis: Die Australiese Ope in Melbourneduur tot 1 Februarie.

DINSDAG 20 JANUARIES Die tweede episode van Paul C. Venterse nuwe reeks, Vlug na Egipte, wys om20:30 op KykNET. Sien berig op bl. 4.S Donkermaan.

WOENSDAG 21 JANUARIES Skole in provinsies wat aan die seegrens, open vandag vir die jaar.

VRYDAG 23 JANUARIES Die Ritsim­tydskrif, wat ten bate vanKovsies se jool verkoop word, is op straatbeskikbaar. Dit kos R25.

SATERDAG 24 JANUARIES Ampie, Leah en Willem Botha tree inInnie Skuur op. Kaartjies kos R100. Skakel079­387­3614.

SONDAG 25 JANUARIES Mej. Heelal word in Florida gekroon.Noudat Rolene Strauss as Mej. Wêreldgekroon is, sal haar eerste prinses in dieMej. Suid­Afrika­kompetisie, ZiphozakheZokufa, Suid­Afrika in die 63ste Mej.Heelal­kompetisie verteenwoordig. Ziphozak­he is ’n 22­jarige model en televisieproduk­sie­student van die Oos­Kaap. Suid­Afrikahet dié titel nog net een keer verower. Die18­jarige Margaret Gardiner het in 1978 inAcapulco, Mexiko, gewen.

Johan Goosen en Aletia Kleynhans van Bloemfontein het in Parys, Frankryk, verloof geraak.Kyk na nog foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad. Foto’s: Facebook

Sy sê ja vir BokVicus Bürger

DIE Springbok Johan Goosen (22) hetonlangs vir Aletia Kleynhans (22) in Parys,Frankryk, die ja­woord gevra.Aletia, ’n oudleerling van die Hoër

Meisieskool Oranje, het vir die Goose inEuropa gaan kuier nadat sy verlede jaarhaar graad in B.Com Regte aan dieUniversiteit van die Vrystaat met lofgeslaag het. Goosen, oorspronklik vanBurgersdorp en ‘n oud­leerling vanGrey­kollege, het ‘n kontrak van drie jaarmet die Franse rugbyklub Racing Metro.Hoewel Aletia se pa, Evert, ’n prokureur

in Bloemfontein is, staan sy dogter se kopsakewêreld toe. Sy beplan om in dietoekoms ‘n MBA te doen.

Hoewel Johan en Aletia eers in Aprilbegin uitgaan het, ken hulle mekaar alvan hul hoërskooldae af.Johan het in September ouers gevra en

hulle het op 23 November verloof geraak.Hulle het die aand ietsie gaan drink en

toe voor ’n straatkunstenaar gaan sit omgeteken te word.Johan het egter vooraf met die kunste­

naar gekonkel en toe hy dié skets vir diepaartjie wys, het die woorde “trou metmy” daarop gestaan. Johan wou haareintlik al vroeër gevra het, maar toe hy bydie Bokke se toergroep na Europa ingesluitis, is sy planne ’n bietjie in die wiele gery.Die paartjie trou op 7 Februarie by

Grey­kollege in Bloemfontein en gaan danin Frankryk woon.

Kos vir musiekse liefhebbers’n OPVOEDKUNDIGE musiekreeks oor simfo­nie­instrumente, hoe hulle werk en hoe hullein verskillende genres aangewend word, hetonlangs op RSG begin.So! Maak mens . . . musiek is ’n reeks van

13 episodes wat elke Sondag net ná die10:00­nuus uitgesaai word.Dit word deur Tharien Oosthuizen aange­

bied en saamgestel. Haar vorige reeks,Harmonie in die halfsirkel, het gehandel oordie ontwikkeling van die simfonie­orkes oordie eeue heen.In So! Maak mens . . . musiek kyk Oosthui­

zen na die oorsprong van musiekinstrumentesoos die strykers (viool en tjello), slaginstru­mente, koper­ én houtblasers en verduidelikdan aan die hand van haar deeglikenavorsing onder meer hoe die instrumentebespeel word.In elke episode sal daar toeligtingsmusiek

wees wat die instrumente en hul klanke salillustreer.Nes haar vorige reeks sal Oosthuizen in

So! Maak mens . . . musiek ’n onuitputlikebron van inligting en illustrasie vir musiek­studente, onderwysers en enige liefhebbervan musiek wees.So! Maak mens. . . musiek het op

4 Januarie net ná die 10:00­nuus op RSG(100 tot 104 FM) begin.

Mango Grooveeenmalig saamDIE immergewilde groep Mango Groovegaan op 7 Maart in die ikoniese Hammer­smith Eventim Apollo­teater in Londenoptree.Dié eenmalige konsert word deur Londen

Goes South Africa (LGSA) aangebied.Die solomusikant Matthew Mole, ook van

Suid­Afrika, sal as gaskunstenaar dieverhoog met Claire Johnston­hulle deel.Mango Groove – wat veral bekend is om

treffers soos Special Star, Hometalk enDance Some More – het jare gelede ook indie Apollo opgetree.Ná Johnston, voorsanger van die groep,

se solo­optrede in Londen vroeër vanjaar,het LGSA, in samewerking met die Sara­cens­rugbyklub as mede­borg, besluit omdie hele groep vir ’n eenmalige optrede indie ikoniese Apollo te nooi.

SÓ LYK HAAR RING: Jeannette Geldenhuys,Radio Rosestad-omroeper, is verloof. “Te dan-ke aan my droomman, Hendri Smit, eindig2014 toe vir my baie mooi. Binne maande isek Jeannette Geldenhuys-Smit.” Foto: Facebook

Tel. 051 421 0802/3Tel. 051 421 0802/3SLAGHUIS / BUTCHERYSLAGHUIS / BUTCHERY

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diensPensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)Pensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)

SAMBA en kredietkaarte welkomSAMBA en kredietkaarte welkom

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diens

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100gGeroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100gBeesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100gGeroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100gBeeskookvleis .........................................................R7,18/100gGeroosterde varknek ..............................................R8,58/100gGeroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g

X1PLPD4J-BN160115

GRATIS METSTIKSTOFELKE BANDAANKOOP.

WIELSPORINGVANAF R149

3D3D

www.stoneyswheelandtyre.co.za

Rhodeslaan 21, BloemfonteinTel. 051 448 7400

NUWE BANDENUWE BANDEPassasiersbande:155/80R13 vanaf R399165/80R13 vanaf R429175/70R13 vanaf R439175/65R14 vanaf R459185/65R14 vanaf R549195/50R15 vanaf R539195/60R15 vanaf R619195/65R15 vanaf R629205/55R16 vanaf R649205/40R17 vanaf R679

LDV:195R14C vanaf R759215R15C vanaf R1069245/70R16 vanaf R1349265/65R17 vanaf R1549

X1PM0J6M-BN160115

Page 4: Bloemnuusbl 20150116

4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 16 JANUARIE 2015

REIS

Trem veilig terug op die spoor in KbyCharné Kemp

DIE Diamantstad se gewilde tremwat toeriste om ’n gedeelte vandie Groot Gat vervoer, is weer opkoers nadat dit in Julie in sy sporegestuit is.Die trem is weer in diens

gestel nadat verskeie administratie­we en tegniese vereistes nagekomis.Die spoor­veiligheidsreguleerder

(SVR) het verlede jaar die verderegebruik daarvan belet totdat ’nveiligheidsbestuurstelsel in werkinggestel is.Sello Matsie, woordvoerder van

die Sol Plaatje­munisipaliteit, sêhulle moes sekere nuwe tegnieseen administratiewe vereistesnakom.

Die trem ry uit die terrein omdie Groot Gat in Tuckerstraatvoordat dit weer op die sypaadjielangs die Gat en terug ry.Die munisipaliteit het ’n byko­

mende baan met geel strepe in diemiddel en weerskante van dietremspore in Tuckerstraat geskep.Bykomende verkeerstekens met

waarskuwings oor die trem seteenwoordigheid is op verskeieplekke aangebring.Meer ligte is aan die trem

aangebring om dit sigbaarder temaak.Die trem moet ook gereeld

versien word.Die munisipaliteit kon ’n boete

opgelê word sou hy die opdragverontagsaam het.Die trem, wat op ’n roete tussen

die stadsaal en die Groot Gat­mu­seum ry, is een van Kimberley segewildste toeriste­attraksies en krybaie belangstelling by toeriste.Die SVR se voorgestelde

veiligheidsbestuurstelsel is ’nvereiste vir die veiligheidspermitwat aan die munisipaliteituitgereik is.Die ander kwellings was die

afwesigheid van ’n tremverwanteveiligheidsbeleid, geen verfrissings­opleiding vir die drywers nie engeen toetse vir die misbruik vanalkohol of dwelms nie.

Kimberley se trem loop weer nadatverskeie vereistes nagekom is.

Foto: Jens Friis

Jens Friis

VIR die komende weke gaanmenigeen op Dinsdae om 20:30naderskuif om na Paul C. Venter seVlug na Egipte te kyk. Dié nuweTV-reeks is oor drie maande heenin Hanover tussen Colesberg enRichmond verfilm.

DIS in dié einste dorp in die GrootKaroo waar Paul gewoon het nadathy uit Engeland teruggekeer het naSuid­Afrika.“Soos die inwoners kom kennis

maak het, het die een ná die anderstorie ingestap wat gewag het omneergeskryf te word.”Vlug na Egipte is deels hieruit

gebore.Dit het ook aanleiding gegee tot

sy Karooverhale: In die mond van diewolf, humoristiese lekkerleesverhaleoor Karoo­mense se hebbelikhede enlief en leed.Venter het meer as ’n kwarteeu

vir veral rolprente en televisiegeskryf.Kykers sal hom as die man agter

Onder engele, Konings en andergewilde dramareekse onthou.Oor sy verhuising na Hanover het

hy destyds gesê: “Ná Engeland wasons vasbeslote om nie in ’n stad tewoon nie. Ons wou ook nie met ’nhuisverband opgesaal wees nie enin die dorpie Hanover kon ons ’nredelike huis kontant koop . . . Ahome with a view, op die rand vandie dorp, feitlik in die veld en rante,jy kyk op die ewigheid uit.“Stedelinge ry deur die Karoo na

ander stede toe, hou by dorpies stilom petrol in te gooi, koop ’nhamburger, gaan piepie, ry weeraan . . . en mis die hárt van onsland heeltemal.“Wanneer iemand uit ’n stad my

vra wat de vloek maak ek hier, weetek klaar die persoon sal nie myantwoord verstaan nie.”

Bo-Zeekoeirivier

As deel van die Graaff­Reinet­dis­trik vroeër jare moes die gebiedwaar Hanover vandag staan destydstevrede wees met die vae geografie­se naam Bo­Zeekoeirivier.Dié gebied is in die 1820’s deur

die Britte beset en soos die boere­gemeenskap gegroei het, het diebehoefte aan ’n eie dorp met ’n eieidentiteit toegeneem. In 1854 is diedorp op die plaas Petrusvallei gestig.Dit is na Hannover in Duitslandgenoem van waar die voorouers vanGert Gouws, die eertydse eienaarvan die plaas, gekom het.

Hanover vorm die middelpunt van’n boog bestaande uit Richmond,Middelburg en Colesberg (75 km).Maar dit lê ook halfpad tussenJohannesburg en Kaapstad, tussenKaapstad en Durban, en tussen PortElizabeth en Upington.Tot vandag toe is dit dus steeds

’n gewilde halfweghuis 720 kmnoordoos van Kaapstad op pad naJohannesburg.Vroeër jare het koetse met

passasiers onderweg na die dia­mantveld hierdeur gery en dieposkoets na Transvaal en dieOranje­Vrystaat het hier aangedoen.In 1884, met die koms van treine,

het dit gaandeweg stiller geraak inHanover – ’n seën in sekere opsigte,want Hanover het deels behouegebly soos in die 19de eeu.Stap deur die stofstrate en herleef

’n tipiese Karoodorp uit ’n vergangeera.Hier is ’n magdom huise uit die

pioniersera. Hieronder tel woningsmet boligte bokant die deure vir ligen lug, swaar kroonlyste en skuif­raamvensters met hortjiesluikealkant.Feitlik al die huise is op die straat

gebou met tuine agter – ’n vereistevan die kerkraad wat die dorp ná syontstaan bestuur het. Lae klipstoepeskei soms die huis van die straat.In 1859 het Thomas Francois

Burgers Hanover se eerste predikantgeword.In dieselfde jaar is die eerste NG

kerk gebou, wat in 1906 afgebreeken herbou is.Burgers sou in latere jare die

president van die Zuid­AfrikaanseRepubliek (Transvaal) word en op syoudag na die Karoo terugkeer.Op die plaas De Dammen buite

Hanover en later op Schanskraal hethy onder meer met volstruisegeboer.

Voëlblik

Klouter Trappieskoppie uit om diedorp van ’n ander hoek te sien.Dit was Charles Richard Beere,

Hanover se eerste magistraat, watdie trappies in die 1870’s teen diékoppie uit laat bou het. Beere, watlief was vir die Karoo en dié uitsigmet ander wou deel, het gereeldvan hier kom kyk hoe die son verrysen sak. Ná sy dood in 1881 is ’nklipstapel op die kop opgerig ter erevan sy rol in die ontwikkeling vandie dorp.Tussen 1900 en 1907 het Olive

Schreiner op die hoek van Grace­ enNuwestraat saam met haar proku­reursman, Samuel Cronwright­Schrei­

ner, gewoon. Dit was Anglo­Boere­oorlog en Schreiner was uitgesproketeen oorlogvoering. Daarom het dieBritse regering haar bewegingsvry­heid aan bande gelê, maar waar­skynlik omdat sy ’n bekende skrywerwas en met asma gesukkel het, konsy feitlik kom en gaan soos sy wouen sy is selfs toegelaat om saans ’nkers aan te steek.Die N1 sny die dorp en sy kerkhof

in twee. Hier lê drie jong mans, J.A.Nieuwoudt, J.P. Nienhaber en SarelNienhaber, wat tot die eindevolgehou het hulle is onskuldig,maar nietemin deur ’n Britse

vuurpeleton tydens die Anglo­Boere­oorlog tereggestel is.’n Trein het by Taaibosch, 20 km

uit die dorp, ontspoor en dié driehet die skuld daarvoor gekry. Dieteendeel blyk egter uit Die oorlogs­avonture van genl. Wynand Malandeur H.J.C. Pieterse.Hierin erken die generaal dat sy

kommando vir die ontsporingverantwoordelik was.Die drie jong mans was glad nie

betrokke nie. Die Britte het hullegestuur om voer vir hul perdebymekaar te maak toe die trein diespoor byster geraak het.

Goud werd

Hanover is geseën met ’n sterkfontein, Die Oog, langs die pad naMiddelburg. Leivoortjies wat in 1870gebou is, het die water vir jare nadie erwe gelei, maar dié leivoornet­werk het die laaste jare erg verval.Nietemin is die erwe steeds geregtigop twee leibeurte per week.Seekoeie is een van die laaste

goed wat jy hier te wagte is, maarop die plaas New Holme is selfs ’nseekoeikalfie gebore – die eerste inmeer as 230 jaar wat in die Karoodie lewenslig aanskou het.

Vlug na Egipte, die nuwe TV-reeks, is oor drie maande in Hanover, tussen Colesberg en Richmond, verfilm.

Hanover, waar jy volgens die skrywer Paul C. Venter op die “ewigheid uitkyk”. Foto: Jens Friis

‘Vlug na Egipte’ se Hanover

Page 5: Bloemnuusbl 20150116

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 16 JANUARIE 2015 5

Johan en Somari Van Niekerk. Foto: Emma Booysen

Karel de Klerk en Christelle Bouwer. Foto: Genesis Images

Estine en Duan Pienaar. Foto: Lumière Photography

Ryno en Anri van Heerden. Foto: Snap Photography

Carlien en Jacobus Coetzee. Foto: Marizel Dreyer

Monique en Willem Marais. Foto: Madelein de BruynAnton en Annebelle Smit. Foto: Genesis Images

Lynzelle en Eduard Pienaar. Foto: Sarel Greyling

Rose-Marie en Martin Janse van Rensburg. Connie en Eileen Hattingh. Foto: Silwer Fotografie

GetroudNEEM deel aan Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompe-tisie. Stuur ’n kleurfoto van jou onlangse troue na [email protected]. Die plasing hiervan is gratis. Onthou omte noem wie is op die foto (name en van) en deur wie ditgeneem is.

Page 6: Bloemnuusbl 20150116

6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 16 JANUARIE 2015

BLOEMFONTEIN het 11 matrieksopgelewer wat in 2014 in agten meer vakke onderskeidingsbehaal het. Ruan Bruwer het ingister se Bloemnuus tien vraeaan vyf van hulle gestel. Hiervolg die ander ses.

Berna Coetzee (Hoërskool Sentraal):

Was jy nog altyd ’n akademiese uitblin­ker? So van gr. 5 af was ek altyd in dietopvyf.Het jy ’n ouer broer(s) of suster(s) wat

ook akademies uitgeblink het? Nee.Wat beplan jy om vanjaar te doen en in

watter beroep wil jy graag eendag staan?Ek gaan bedryfsingenieurswese aan dieUniversiteit van Pretoria studeer.Was daar ’n beloning van iemand as

aanmoediging om goed te vaar? Nee, nieregtig nie. Ek het van jongs af myself gedrukom te presteer.Wat was die grootste motivering om

hard te werk en hierdie goeie uitslae tebehaal? Ek glo dat ’n mens altyd jou besmoet doen en jou talente gebruik om diebeste te wees wat jy kan.Watter onderwyser(s) het die grootste

rol in jou akademiese prestasies gespeel?Juffrouens Poedels du Plessis, Wilma Laux enEster Botha.Is hierdie goeie matriekpunte jou

grootste prestasie van jou skoolloopbaan?Ja, dít en my klavieruitslae waarin ek Unisase gr. 8­ praktiese eksamen in klavier voltooihet en op die ererol geplaas is.Watter raad het jy aan leerlinge wat

ook akademies wil uitblink? Stel vir jouselfrealistiese doelwitte en doen alles in jouvermoë om dit te bereik.Wat was jou gunsteling­vak? Wiskunde.Watter vak het jy die minste van gehou?

Beslis Engels.

Niel Bezuidenhout (Grey­kollege):

Was jy nog altyd ’n akademiese uitblin­ker? Ja, ek was nog altyd op daardie gebiedgeseënd.Het jy ’n ouer broer(s) of suster(s) wat

ook akademies uitgeblink het? Ja. Syinspireer my.Wat beplan jy om vanjaar te doen en in

watter beroep wil jy graag eendag staan?Ek beplan om chemiese ingenieurswese aandie Universiteit van Pretoria te studeer.Was daar ’n beloning van iemand as

aanmoediging om goed te vaar? Niks,absoluut niks.Wat was die grootste motivering om

hard te werk en hierdie goeie uitslae tebehaal? Doen alles wat jy doen vir ’ngehoor van een lid.Watter onderwyser(s) het die grootste

rol in jou akademiese prestasies gespeel?Die wonderlike bydrae wat mense gelewerhet, was so uiteenlopend dat ek geeneenkan uitsonder nie.Is hierdie goeie matriekpunte jou

grootste prestasie van jou skoolloopbaan?Ek sou sê hierdie punte is tot ’n mate mygrootste prestasie.Watter raad het jy aan leerlinge wat

ook akademies wil uitblink? Moenieakademie jou alles maak nie. As jy regtiguitsonderlik wil wees, moet jy vir ’n roepingwerk.Wat was jou gunsteling­vak? Fisiese

wetenskap.Watter vak het jy die minste van gehou?

Rekeningkunde.

Josiah Meyer (Hoërskool Jim Fouché):

Was jy nog altyd ’n akademiese uitblin­ker? Nee, eers sedert gr. 11 toe ek besluithet om my beste te doen.Het jy ’n ouer broer(s) of suster(s) wat

ook akademies uitgeblink het? Nee, ek hetnet ’n jonger suster.Wat beplan jy om vanjaar te doen en in

watter beroep wil jy graag eendag staan?Ek gaan BSc aktuariële wetenskap studeerom ’n aktuaris te word.

Was daar ’n beloning van iemand asaanmoediging om goed te vaar? Nee.Wat was die grootste motivering om

hard te werk en hierdie goeie uitslae tebehaal? Ek het gemik vir ’n beurs en ekwou die talente wat die Here my gegee het,ontwikkel deur altyd my bes te doen.Watter onderwyser(s) het die grootste

rol in jou akademiese prestasies gespeel?Dis moeilik om te sê. Elkeen het ’n besonde­re rol gespeel.Is hierdie goeie matriekpunte jou

grootste prestasie van jou skoolloopbaan?Nee, dit was eerder toe ek in 2011 internasi­onaal aan wiskunde gaan deelneem het.Watter raad het jy aan leerlinge wat

ook akademies wil uitblink? Besluit hoeveeltyd jy aan akademie wil bestee en fokus danvir daardie tyd. Doen net jou beste, dan salGod jou seën.

Wat was jou gunsteling­vak? Wiskundeen fisiese wetenskap.Watter vak het jy die minste van gehou?

Lewensoriëntering.

Brandon Daffue (Hoërskool Sentraal):

Was jy nog altyd ’n akademiese uitblin­ker? Ja.Het jy ’n ouer broer(s) of suster(s) wat

ook akademies uitgeblink het? My eenouer broer, Donovan, het ook erekleure virakademie ontvang.Wat beplan jy om vanjaar te doen en in

watter beroep wil jy graag eendag staan?Ek wil medies gaan studeer om as chirurg tepraktiseer.Was daar ’n beloning van iemand as

aanmoediging om goed te vaar? Nee.Wat was die grootste motivering om

hard te werk en hierdie goeie uitslae tebehaal? My mededingende persoonlikheidmet ander en myself.Watter onderwyser(s) het die grootste

rol in jou akademiese prestasies gespeel?My lewensoriëntering­onderwyser, Lizette vanden Berg, en fisiese wetenskap­onderwyser,Wilma Laux.Is hierdie goeie matriekpunte jou

grootste prestasie van jou skoolloopbaan?Ja, dit tesame met my aanwysing asdux­leerling by my skool is ’n groot prestasie.Watter raad het jy aan leerlinge wat

ook akademies wil uitblink? Stel hoërstandaarde vir jouself en moet nooit net jouhuidige punte aanvaar nie.Wat was jou gunsteling­vak? Geografie.Watter vak het jy die minste van gehou?

Afrikaans (huistaal).

Magaritha van Zyl (Hoërskool JimFouché):

Was jy nog altyd ’n akademiese uitblin­ker? Nee, ek het eers van my hoërskool­loopbaan af begin uitblink.Het jy ’n ouer broer(s) of suster(s) wat

ook akademies uitgeblink het? Nee, ek isdie oudste.Wat beplan jy om vanjaar te doen en in

watter beroep wil jy graag eendag staan?Ek gaan dié jaar BRek aan die Universiteitvan die Vrystaat studeer. Ek wil my as ’ngeoktrooieerde rekenmeester kwalifiseer.Was daar ’n beloning van iemand as

aanmoediging om goed te vaar? Nee.Wat was die grootste motivering om

hard te werk en hierdie goeie uitslae tebehaal? Om te weet dat ek net my besdoen en my doelwit kon bereik.Watter onderwyser(s) het die grootste

rol in jou akademiese prestasies gespeel?My wiskunde­onderwyser, Henri Wilken, watons nie net wiskunde geleer het nie, maarook om die oplossing in die lewe te sien.Dan sal my rekenaartoepassingstegnologie­on­derwyser, Annemarie Malan, en my musiek­onderwyser, juffrou Maretha, altyd ’n plekkiein my hart hê.Is hierdie goeie matriekpunte jou

grootste prestasie van jou skoolloopbaan?Ja, vyf jaar se harde werk het bymekaargekom.Watter raad het jy aan leerlinge wat

ook akademies wil uitblink? Om te weet disgenade en om van die begin af hard tewerk.Wat was jou gunsteling­vak? Wiskunde,

dit was altyd ’n lekker uitdaging.Watter vak het jy die minste van gehou?

Lewensoriëntering.

Daisy Sempe (St. Michael):

Have you always been an academicachiever? Yes, since primary school.Do you have an older brother(s) or

sister(s) who also achieved excellentacademic results? No, I am an only child.What are you planning to do this year

and what career are you planning topursue? I am going to study BBusSc inActuarial Sciences at the University of CapeTown. I plan to become a fully­qualifiedactuary and then start my own business.Were there incentives from someone to

do well? No. Hard work is its own reward.What was the biggest motivation to

study and work hard to achieve theseresults? To be able to seize opportunitiesthat will allow me to get to a place whereI’m able to help others.What teacher(s) played the biggest role

in your academic achievements? MyAccounting teacher, Madri Groenewald mostly,but all my teachers played a big role.Are these excellent matric results the

biggest highlight of your school career?Yes, because it made all the years of hardwork worth it.What advice do you have for learners

also striving for excellence in academics?Every day counts. It is worth it in the end.You matter too.What was your favourite subject?

Accounting and Maths.What was your least­favourite subject?

Afrikaans.

Bfn se ander uitblinkers

Brandon Daffue

Magaritha van Zyl

Berna Coetzee Niel Bezuidenhout

Daisy Sempe

Josiah Meyer

Harde werk, deursettingsvermoë en passie het dié ses laat presteer

Page 7: Bloemnuusbl 20150116

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 16 JANUARIE 2015 7

S Cornelia Olivier (1967) vanParkwes se gedenkdiens wasin die CRC.

S Prof. Benito Khotseng, ’nvise­rektor aan die Universi­teit van die Vrystaat (UV),wat ’n groot rol in die vroeëjare van transformasie op diekampus gespeel het, isoorlede. Prof. Stef Coetzee,oud­rektor en visekanseliervan die UV wat deesdae inSuiderkruis by Groot­Brakrivierwoon, het in ’n huldeblykgesê “prof. Benito” was ’nvredemaker en versoener wat’n baie belangrike rol gespeelhet om samewerking aan ’nbreë front te bewerkstellig.

S Trix Erasmus (1949) is uitdie NG kerk Wilgehofbegrawe en ter ruste gelê indie Bainsvlei­begraafplaas.

S Josua Louw (1938) segrafdiens het in die Bainsvlei­begraafplaas (Emmanuel­blok) plaasgevind.

S Alet Nel (1941), stigter vandie Verpleegkunde­kollegevan die Vrystaat (VKOVS), isná ’n lang kankerstryd in dieWesterbloem­aftreeoordoorlede.

S Ralie de Beer (1936) vanUitsig se gedenkdiens was indie Avbob­kapel.

S Staffi Bester (1940) isoorlede. Sy gedenkdiens hetin Randfontein plaasgevind.

S Ras Smit (1932) seroudiens het in die NG kerkTrompsburg plaasgevind.

S Attie Singer (1997) vanBergman, buite Bloemfontein,het verdrink toe hy envriende in ’n oop gruisgroefagter die Twin City­winkelsen­trum in Heidedal geswemhet om van die hitte teontsnap.

S Marie Bender (1942) setroosdiens was in die NGkerk Fichardtpark.

S Dirk Johannes van Wyk(1946), vroeër van Venters­burg en Kroonstad, severassingsdiens was in dieNG kerk Hospitaalpark,Pasteurrylaan.

S Barend Jacobus (Ben)Loots (1958) se afskeidsdiens,gelei deur ds. Piet Smit, wasin die Brandfort­Oos­gemeen­te.

S Douw Coetzer (1958) vanRouxville het na sy doodgeval toe hy by die Sentinel­piek in die Drakensbergwaarskynlik te ver oorgeleunhet om na die Tugela­val tekyk. Hy word deur sy pa,Swarrie Coetzer (88), en driejonger susters, Carina Rivé,Annalise Olivier en Ronel deBeer oorleef.

S Rina Botha (1948) vanKiepersol se gedenkdiens hetplaasgevind in die NG kerkBerg­en­Dal.

S Reinet Nagtegaal (1956),die bekroonde skrywer, isoorlede ná ’n stryd teenkanker. Benewens skrywer,was sy ook bekend asuitgewer, regspraktisyn, koken teater­liefhebber. Methaar dood het sy dieDamhuis­restaurant inMelkbosstrand bestuur.

S Yvonne Alexander (geboreZiehl, 1984) is uit die NGkerk Heuwelsig begrawe.

S Cornelius JohannesPretorius (1953) se veras­singsdiens was in die OuApostoliese kerk, Hospitaal­park.

’n Grafsteen in die Fauresmith-begraafplaas.Foto: Jens Friis

Hulle is almal onlangs oorlede

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

OP SOEK NA

1485

I am looking for knitting machines:Empisals and Passaps, in any condi-tion. Will pay cash.Phone Cecilia: 082 482 4686.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Ruim 2-slaapkamer-woonstel te huur op hoewe.Toesluitmotorhuis met afdak.Eie tuin. Beskikbaar 1 Maart2015. R3 600 p.m. Water enkrag uitgesluit. Skakel Chris073 325 8320.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

EURO Café, Mimosa Mall:Vacancies for cooks andchefs available. Apply

in-store.

BEKENDE GESIGTE: By die LaerskoolWillem Postma het drie oud-rugbyspelers, wat in die vorige dekade vir die Cheetahsgespeel het, hul spruite, wat hul skoolloopbaan vanjaar by Possies begin het, afgesien. Van links is pa Jimmy enJaedan Powell, Chris en Sulize Kruger en Phillip en Rumé Burger. Foto: Ruan Bruwer

MET ’n suigstokkie is skool lekker. Die sewejarige Ryan O'Çonnor het ’n suig-stokkie van pa, Frank, en ma, Loumarie, gekry om sy eerste skooldag byGrey-kollege (primêr) aangenamer te maak. Foto: Conrad Bornman

SO, wat is jóú naam? Eunice Fourie (links) en Kaila Augousti knoop eergisteroggend ’n geselsieby die Laer Meisieskool Eunice aan. Foto: Conrad Bornman

DIE Vrystaatse onderwysdepartement het die skole vereer waarvan 2014 se matrieks goedin wiskunde, fisiese wetenskap en rekeningkunde gepresteer het. Daar moes minstens 50matrieks elk van die vakke geneem het om in aanmerking te kom. Die Hoërskool Sentraalwas een van die skole wat vereer is. Van links is Wilma Laux (fisiese wetenskap), JorrieGrobler (rekeningkunde) en Margretha Rodgers (fisiese wetenskap), wat hierdie vakke virmatrieks gee. Foto: Ruan Bruwer

Eerste skooldag toe glad nie so sleg nie

Page 8: Bloemnuusbl 20150116

KRAAI KONING OP TENNISBAAN: FrancoJanse van Rensburg (14, regs) van Grey-kollege het die afgelope naweek dieo.16-seunsenkelstitel in die Kloppers-ten-nistoernooi verower. Hy het in die eind-stryd teen Henco Human (14) van die Ho-erskool Sentraal te staan gekom. Dietwee was ook die naaswenners in dieo.18-seunsdubbelspel. Foto: Verskaf

DIE vernaamste wenners op die prysuitdeling van die Bloemfontein-gimnastiekklub is van links Tarien Venter (artisties),Lynelle Venter (artisties), Daniela da Costa (artisties), Janie Wiese (ritmies: victrix ludorum), Charissa Worthman (ritmies:senior victrix ludorum), Jenny Schiefling (artisties en afrigterswisseltrofee), Corlé van der Walt (artisties: victrix ludorum)en Carmen Vorster (tuimel en artisties).

Ruan Bruwer

DIE leemte wat Elize Kotzé as breier van dieProtea­netbalspan laat, is groot, maar ditbied aan ’n oud­Vrystater die geleentheid omdie nasionale span te help brei.Kotzé het verras deur verlede week weens

persoonlike redes te bedank. Sy word deurBennie Saayman vervang, met Elsje Jordaanen Martha Mosoahle­Samm as hulpafrigters.Mosoahle­Samm is ’n oud­Kovsie en

­kaptein van die Proteas.Die ervare Adéle Niemand van die Vrystaat

en die Proteas sê die spelers is onkant betrapdeur Kotzé se bedanking.“Ons het ’n lang pad met haar gestap en

net mooi aan haar afrigtingstyl gewoondgeraak – die eerste keer het ek gevoel onskan ons man teen die wêreld se bestenetbalspanne staan,” sê Niemand.“Dis ’n groot terugslag en slegte tydsbere­

kening so naby aan die Wêreldbekertoernooi.”Niemand sê sy het nog nie onder Saayman

gespeel nie en is nie vertroud met haarmanier van afrigting nie. Saayman was totonlangs die voorsitter van Netbal Suid­Afrikase afrigterskomitee. Niemand hoop net daarsal vernuwing wees (Saayman is 67 jaar

oud).Mosoahle­Samm het verlede jaar die

Golden Fireballs (Sentraal­Gauteng) tot ’nderde plek in die Brutal Fruit­netballiga gebreien haar span het so byna die uiteindelikekampioen, die Vrystaat­Crinums, in diehalfeindronde geklop, maar met drie doelevasgeval. Sy het verlede jaar ook as hulpafrig­ter van die Suid­Afrikaanse Fast5­span gedien.Niemand en Mosoahle­Samm, ’n aanvallen­

de vleuel en senter, was in 2006 twee vanvier Vrystaatspelers wat in die Suid­Afrikaansespan na die Statebondspele was.“Onder Elize het ek en Karla (Mostert) tot

’n solid verdedigingskombinasie ontwikkel,want sy het ons die hele tyd uitgedaag. Dalkhet ons aanval so iets onder Martha en Elsjenodig.”Die 35­jarige Mosoahle­Samm was vroeër

’n ontwikkelingsbeampte by die VrystaatseSportinstituut. Sy het die Proteas oor ’ntydperk van ses jaar in 56 toetse verteen­woordig, maar is in 2005 van die kaptein­skap gestroop nadat sy in ’n koerantberigaangehaal is waar sy negatiewe aanmerkingsoor skeidsregter­beslissings gemaak het. Syhet in 2006 haar uittrede uit internasionalenetbal aangekondig. Saayman het eergister in

’n telekonferensie gesê daar sal ’n grootgroep spelers na die eerste oefenkampgenooi word waarna daar hoofsaaklik met ’ngroep van 15 spelers deur die jaar volstaansal word.Vrystaatse spelers soos Lauren­Lee Christi­

ans en Ané Botha, wat verlede jaar deur­gaans puik was en op die rand van insluitingmoes wees, sal duim vashou hulle ontvang ’nuitnodiging.

Oud-Vrystaternou hulpbreier

Martha Mosoahle-Samm, wat vroeër vir dieVrystaat gespeel het, is ’n nuwe hulpafrigtervan die nasionale netbalspan.

X1PK2P09-BN160115

MORNÉ VAN WYK, jare langestaatmaker van die Knights, se100­tal Woensdagaand vir dieProteas was net die derde deur ’nSuid­Afrikaner en 14de algeheel ininternasionale T20­krieket. Sybeurt van 114 n.u.n. plaas homagtste op die lys van hoogste indi­viduele tellings in internasionaleT20.

Pine FurnitureBloemfontein

[email protected]

[email protected]

E-pos u adres na [email protected] ’n volledige katalogus.

E-pos u adres na [email protected] ’n volledige katalogus.

Fleurdal WinkelsentrumWinkel 41.

Tel. 051 522 9095

Waarde vir geld in elke vertrek

Verkrygbaar

in verskeiekleure

Allegewilde eenhedebeskikbaar!

U kan ookbêrekoop

X1PM0GHH-BN160115

www.bloemnuus.co.zaX1PM31D1-BN160115