8
Tel. 051-404-7600 | Vrydag 23 Januarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS Te veel skuld? Te veel skuld? ONS KONSULTEER LANDWYD Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289 ste Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1 Vloer • Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie. • Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie. • Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie. • Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie. H ELP DEBT COUNSELLORS cc • SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23 Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos. Skakel ons vandag nog vir vinnige skuldverligting – ons KAN help ! X1PMG5DM-BN230115 ‘Onderwyser’ Wat doen Igno as hy nie foto’s neem of skryf? 3 Blink uit Tennisspelers van Rosestad skitter 8 Op die spel Een leser kan vier CD’s wen 5 To Germany Learners share experience in country 7 Marietjie Gericke ’n BRUG tussen die Loch Logan- waterfront en die Westdene-arkade- winkelsentrum langs Sovereign BMW het tydens die Mangaung-metro se nuutste raadsvergadering die groen lig gekry. Dié brug sal die Loch Logan- waterfront oor Henrystraat met die Checkers-sentrum verbind. Dit sal vir voetgangers, asook ’n aantal winkels, voorsiening maak. Daar sal ook dakparkeerplek op die gebou van die Westdene-arkade- winkelsentrum geskep word. Die ruimte wat vir winkels op die brug voorsien word, is 2 819 m 2 per verdieping, terwyl daar ’n dubbelver- dieping sal wees. Uit raadsdokumente blyk dat marknavorsing gewys het dat die eenheidswaarde van R1 500 per vierkante meter vir die winkels as huurgeld op die brug gevra kan word. “Gegrond op die bogenoemde waarde en in ag genome dat die voorgestelde lugbrug ’n dubbelver- dieping is, kan die algehele waarde op R8 460 000 te staan kom. Dit is die berekende sakewaarde van die brug.” Verdere marknavorsing het getoon dat ’n jaarlikse huur van 9% van die markwaarde aanvaarbaar is. Die jaarlikse huur sal dus R761 400 wees. Die brug sal deur die Michael Family Trust ontwikkel word. Die DA, by monde van Hardie Viviers, die koukusleier, het op die vergadering gevra waarom nie gehoor gegee is ingevolge munisipa- le wetgewing dat die bou en bedryf van die brug op ’n algemene vergadering bespreek moet word waar die vergadering vooraf in nuusblaaie geadverteer is nie. Viviers het gesê ingevolge wetgewing moes die publiek in kennis gestel geword het van die vergadering waarop die bedryf van die brug bespreek en goedgekeur is. Viviers het dit ook gehad teen die baie lae huurgeld wat gevra word vir die lugruim waarin die beoogde brug bedryf sal word. Dit kom op sowat R63 000 per maand neer, terwyl ’n mens maklik uit een winkel op die brug sowat R60 000 huurgeld per maand sal kan verhaal, het hy gesê. Viviers het daarop gewys dat die eiendomme wat op die brug bedryf gaan word, nie almal op dieselfde eienaar se naam bedryf word nie. “Daar is eiendomme op die naam van die N. Georgiou Trust, die Michael Family Trust, ...Rossouw Botes, DA-raadslid, het gesê die party is nie teen ontwikke- ling nie, maar “ons sal graag net wil weet of die eienaars van die geboue op datum is met betalings van munisipale dienste aan die metro. Daar was ’n berig in die koerant dat ’n aantal gebou-eienaars in Bloemfontein aansienlike bedrae vir dienstegeld skuld”. Hy wou ook geweet het of ’n verkeerstudie oor die beoogde ontwikkeling gedoen is en of die punt oor die brug eers voor ’n artikel 79-komitee van die raad gedien het. Die Michael Family Trust wat die brug gaan ontwikkel, sal nou die R761 400 per jaar huurgeld vir die lugruimte wat die brug in beslag neem, betaal wat op sowat R63 000 per maand neerkom. Die hele besluit is deur die meerderheidstem van die regeren- de ANC-party in die raad goedge- keur. Brug sal Checkers, Waterfront verbind ’n Nuwe brug sal die Loch Logan-waterfront oor Henrystraat met die Checkers-sentrum verbind. Foto: Jens Friis

Bloemnuusbl 20150123

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20150123

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20150123

Tel. 051­404­7600 | Vrydag 23 Januarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS

Te veel skuld?Te veel skuld?ONS KONSULTEERLANDWYD

Kellnerstraat 41, Westdene BloemfonteinTel. 051 448 8462 • 072 544 8289

steBotshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1 Vloer

• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie.• Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie.• Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie.• Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie.• Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.

HELPDEBT COUNSELLORS cc

• SKULDBERADERS• ADMINISTRATEURS• REGSADVISEURS

DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23

Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop.

Ons konsulteer ookna-ure in die

privaatheid van ueie huis of perfaks/e-pos.

Skakel ons vandag nog vir vinnigeskuldverligting – ons KAN help !

X1PMG5DM-BN230115

‘Onderwyser’Wat doen Ignoas hy nie foto’sneem of skryf?

3

Blink uitTennisspelersvan Rosestadskitter 8

Op die spelEen leser kanvier CD’s wen 5To GermanyLearners shareexperience incountry 7

Marietjie Gericke

’n BRUG tussen die Loch Logan­waterfront en die Westdene­arkade­winkelsentrum langs Sovereign BMWhet tydens die Mangaung­metro senuutste raadsvergadering die groenlig gekry.Dié brug sal die Loch Logan­

waterfront oor Henrystraat met dieCheckers­sentrum verbind.Dit sal vir voetgangers, asook ’n

aantal winkels, voorsiening maak.Daar sal ook dakparkeerplek op

die gebou van die Westdene­arkade­winkelsentrum geskep word.Die ruimte wat vir winkels op die

brug voorsien word, is 2 819 m2 perverdieping, terwyl daar ’n dubbelver­dieping sal wees.Uit raadsdokumente blyk dat

marknavorsing gewys het dat dieeenheidswaarde van R1 500 pervierkante meter vir die winkels as

huurgeld op die brug gevra kanword.“Gegrond op die bogenoemde

waarde en in ag genome dat dievoorgestelde lugbrug ’n dubbelver­dieping is, kan die algehele waardeop R8 460 000 te staan kom. Dit isdie berekende sakewaarde van diebrug.”Verdere marknavorsing het getoon

dat ’n jaarlikse huur van 9% van diemarkwaarde aanvaarbaar is. Diejaarlikse huur sal dus R761 400wees.Die brug sal deur die Michael

Family Trust ontwikkel word.Die DA, by monde van Hardie

Viviers, die koukusleier, het op dievergadering gevra waarom niegehoor gegee is ingevolge munisipa­le wetgewing dat die bou en bedryfvan die brug op ’n algemenevergadering bespreek moet wordwaar die vergadering vooraf in

nuusblaaie geadverteer is nie.Viviers het gesê ingevolge

wetgewing moes die publiek inkennis gestel geword het van dievergadering waarop die bedryf vandie brug bespreek en goedgekeur is.Viviers het dit ook gehad teen die

baie lae huurgeld wat gevra wordvir die lugruim waarin die beoogdebrug bedryf sal word.Dit kom op sowat R63 000 per

maand neer, terwyl ’n mens maklikuit een winkel op die brug sowatR60 000 huurgeld per maand salkan verhaal, het hy gesê.Viviers het daarop gewys dat die

eiendomme wat op die brug bedryfgaan word, nie almal op dieselfdeeienaar se naam bedryf word nie.“Daar is eiendomme op die naam

van die N. Georgiou Trust, dieMichael Family Trust, . . .”Rossouw Botes, DA­raadslid, het

gesê die party is nie teen ontwikke­

ling nie, maar “ons sal graag netwil weet of die eienaars van diegeboue op datum is met betalingsvan munisipale dienste aan diemetro. Daar was ’n berig in diekoerant dat ’n aantal gebou­eienaarsin Bloemfontein aansienlike bedraevir dienstegeld skuld”.Hy wou ook geweet het of ’n

verkeerstudie oor die beoogdeontwikkeling gedoen is en of diepunt oor die brug eers voor ’nartikel 79­komitee van die raadgedien het.Die Michael Family Trust wat die

brug gaan ontwikkel, sal nou dieR761 400 per jaar huurgeld vir dielugruimte wat die brug in beslagneem, betaal wat op sowatR63 000 per maand neerkom.Die hele besluit is deur die

meerderheidstem van die regeren­de ANC­party in die raad goedge­keur.

Brug sal Checkers,Waterfront verbind

’n Nuwe brug sal die Loch Logan­waterfront oor Henrystraat met die Checkers­sentrum verbind. Foto: Jens Friis

Page 2: Bloemnuusbl 20150123

2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 23 JANUARIE 2015

Dra jou huis by tot die spitsvraag tussen 5nm en 9nm?

Tydens spitstyd op weeksaande neem elektrisiteitsverbruik

in die residensiële sektor tot 37% toe, ’n reuse styging wat

beurtkrag kan veroorsaak… of Eskom kan verplig om duur

dieselkragopwekkers te gebruik om in dié vraag te voorsien.

Deur net energiedoeltreffend op te tree tussen 5nm en 9nm,

kan jy ’n deurslaggewende rol speel in die besparing van krag

en so help om die ligte aan te hou. Volg dié maklike stappe

om die spitsvraag in Suid-Afrika te help beheer.

Besoek www.eskom.co.za/idm vir meer inligting.

5nm en 9nm

Skakel dié

af tussen

Eskom Holdings SOC Ltd Reg Nr 2002/015527/30

Mohlaleng_2283_A

Swembadpomp

Lugversorging

Skakel nie-noodsaaklike toestelle af sowel as

die ligte in kamers wat nie gebruik word nie.

Ligte

Geiser

Hannes Haasbroek

MET die opening in 1989 van dieOliewenhuis­kunsmuseum onder dievaandel van die Nasionale Museumen die opening van die Reservoir­galery in 2002 op dieselfde terreinhet Bloemfontein se dekade langestrewe na ‘n eie volwaardigekunsmuseum en ­sentrum in dievolle omvang van die woordvoorwaar volwaardige verwesenli­king beleef.Met die verloop van jare was

daar gesamentlike en afsonderlikepogings deur individue en instansiesom die oprigting van ‘n eiekunsmuseum in Bloemfontein teverwesenlik. By verskeie geleenthedewas dit op die rand van sukses, netom weer deur die mat te val.Sodoende het die aanname deur

sommige dat Bloemfontein diemees kunsbewuste stad in die landis, onder verdenking gestaan.

‘n Ligpunt in dié verband wastoe ‘n voormalige burgemeester vandie stad, A.C. White, in 1959 gelden skilderye geskenk het om ‘nkunsgalery, na hom genoem, in diestadskouburg in te rig.Dié galery, wat in 1961 onder die

vaandel van die munisipaliteitgeopen het, het nooit werklik aandie behoeftes voldoen nie – “dieA.C. White­galery het ‘n beperktekunsversameling en die galery isafgesonder en het ‘n benouendeatmosfeer”.Die Nasionale Museum was een

van die groot betrokkenes in dieverkryging van ‘n kunsmuseum virBloemfontein. Tussendeur het diémuseum sy lokale vir die tentoon­stellings van die plaaslike kunsver­enigings beskikbaar gestel, terwyldie museumbestuur ook talleindividuele kunstenaars in dieverband tegemoetgekom het. DieNasionale Museum, tesame met

ander belanghebbende instansies,soos die stadsraad, provinsialeadministrasie, Universiteit van dieOranje­Vrystaat, kunsverenigings enindividue soos prof. F.P. Scott, hetvoortgegaan om die ideaal van ‘neie kunsmuseum na te streef.Eers was daar in die verband die

Oranje­Vrystaat se kunsmuseum­be­planningskomitee wat die lig in1966 gesien het en drie jaar laterop die amptelike kunsmuseumkomi­tee uitgeloop het wat die kwessieverder moes dryf. Die verkrygingvan ‘n geskikte terrein, geldinsame­ling en die uitbou van die bestaan­de kunsversameling was ondermeer op die agenda.Die Jubileumsaal op die hoek

van President Brand­ en St. An­drewstraat was in ‘n stadium ‘nsterk moontlikheid om as kunsmu­seum te oorweeg, terwyl die OuPresidensie ook geopper is. Teen­strydige standpunte hieroor, asookwat betref hoe so ‘n museumbedryf moes word, het die saak indie 1970’s en die eerste helfte vandie 1980’s laat voortsloer.‘n Onverwagse wending het

gekom toe Oliewenhuis, diestaatspresidentswoning in Bloemfon­tein, ná moeisame onderhandelingeaan die Nasionale Museum beskik­baar gestel is om as kunsmuseumingerig te word. Dit was in alleopsigte die ideale oplossing vir dielank gekoesterde ideaal van ‘n eiekunsmuseum vir die stad en hetgroot byval onder die publiek envanselfsprekend kunsliefhebbers enkunstenaars gevind.

* * *

Die omskepping van ‘n bestaandehistoriese ondergrondse reservoir bydie Oliewenhuis­kunsmuseum in ‘nuitstalruimte en meerdoelige saal,gepas bekend as die Reservoir­gale­ry of in die omgang as die Reser­voir, is ‘n unieke attraksie vir diémuseum. Dit het in der waarheidmeegebring dat Oliewenhuis nie netas bewaringsentiteit funksioneer nie,maar nou ook heelwat meergeleentheid het om aktiewekunsbevordering te onderneem.Die Reservoir is nie ‘n kunsbewa­

ringsruimte op sigself nie, maarinderdaad ‘n ruimte vir kunsaksies.Hierdie betrokke groot onder­

grondse reservoir waarin dieReservoir­galery sy beslag gekry het,is in 1905 vir watervoorsiening aanBloemfontein voltooi.Later het dit in onbruik geraak

en dekades onder die grondverdoesel gelê totdat dit toevallig in1994 ontdek is.Tydens die beplanningsfase van

die plasing en oprigting van die

Afrika­mallemeule by die Oliewen­huis­kunsmuseum in 1994 is ‘nterreinplan by die DOW aangevra.‘n Konstruksie noord van die gebouis op die terreinplan gesuggereer instippellyne waarvan niemand indaardie stadium kennis gedra hetnie. By nadere ondersoek het ‘nversteekte mangat in die tuintussen die plantegroei tot ‘n grootondergrondse struktuur gelei waarinwater ongeveer ‘n halwe meterdiep gestaan het – die historiesereservoir uit 1905.Daar is gesinspeel daarop dat dit

een kans in ‘n duisend was dat diereservoir ontdek is, want as diemallemeule­projek met sy uniekekunsskeppings uit die Afrika­ enEuropese mitologie waarop besoe­kers kan ry nie gerealiseer het nie,kon die massiewe reservoir­konstruk­sie steeds verdoesel gelê het terwyldie lewe sy daaglikse gang op diegrasperk bo­oor gegaan het.

Dit is waarskynlik die enigstegroot ondergrondse kunsgalery inSuid­Afrika wat sy beslag in ‘nreservoir gekry het. Ondergrondsekunsgalerye en museums is skaarsin die wêreld. So is daar dieMuseum van Water in St. Peters­burg in Rusland wat in ‘n ouwatertoring en ondergrondsereservoir gehuisves word. In Istanbulis daar die bekende ondergrondsereservoir, die Basilica Cistern, waarmusiekkonserte aangebied word. Ditis in die sesde eeu gebou enbeslaan die grootte van ‘n kate­draal. In Parys kom onder meerondergrondse graffiti­kuns in diekatakombes onder die stad voor.S Hannes Haasbroek, historikus vandie Nasionale Museum, se publika­sie Die ontstaan van die uniekeondergrondse Reservoir­galery (2002)by Oliewenhuis­kunsmuseum inBloemfontein, het pas by dieNasionale Museum verskyn.

Reservoir 110 j. gelede gebou

Bourekenaar Edmund Hattingh sak af in die mangat waardeur die reservoirin Oliewenhuis se tuin ontdek is. Stefan Hundt, destydse kurator, kyk toe.

Foto’s: Oliewenhuis-kunsmuseum

Bouwerk vorder aan die totstandkoming van die Reservoir­galery.

Só het die reservoir daar uitgesien nadat dit ontdek is. Water het ’n halwemeter diep in die struktuur gestaan.

Page 3: Bloemnuusbl 20150123

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 23 JANUARIE 2015 3

Igno ‘onderwyser’ by uitstekIGNO VAN NIEKERK is ’n bekendeonder lesers vir sy pragfoto’s en asrubriekskrywer. JENS FRIIS het methom gesels.

Igno, wat doen jy dan vir ’n lewe?Benewens fotografie is ek verant­woordelik vir opleiding by LibertyLife. Ek bied deeltyds klas by dieSakeskool van die Universiteit (BML­en MBA­kursusse) aan, ek doenmotiveringsaanbiedings, help dikwelsmet spanbou­ en strategiesewerksessies, skryf rubrieke (ook virdie Vrystaat­koerant in Bethlehem),is betrokke by die fotoskool.co.za­webwerf wat ek ‘n paar jaar geledebegin het, probeer ’n goeie pa virmy kinders en man vir my vrouwees. Daar ontbreek nie aanverskeidenheid nie en ek geniet elkeoomblik. Eindelik beskou ek myselfas ’n onderwyser. Ek is mal daaroorom te sien hoe mense meer bereikas wat hulle dink moontlik is en ekgeniet die vryheid om in klasseanders te dink, vernuwend te werken met passie te onderrig.

Op watter foto wat jy geneem het,is jy die trotsste? Ek het eenoggend op ons grootwordplaas inBethlehem foto’s staan en neem,toe van die arbeiders ‘n troppieskape deur die mis na my toeaanjaag. Die foto was doodeenvou­dig daar. Dit is een van die foto’swaarvoor mense my dikwels vra,omdat hulle dit graag wil skilder. Ekis bloot iemand wat dikwelsgelukkig is om te sien wat diegroter Skepper vir my bied om tegeniet. Die foto is ook al verskeiekere sonder my toestemming deurmense gebruik. Ek het geleer omook dit te geniet. Foto’s is gemaakom te deel. As iemand dan steelom te deel kan ek dit nie help nie.Hopelik waardeer hulle dit net.

Jy is ook bekend as skrywer – enlewer gereeld ‘n rubriek virBloemnuus se Dagsê-kolom. Waarkom jou liefde hiervoor vandaan?Ek is ongelooflik lief vir tale enstories. Seker die wonderlikstegelukskoot van my lewe was dat ekTale (Duits en Engels) en geskiede­

nis studeer het. Ek het ’n vakleer­ling van my eie passie geword. InEngels praat hulle van serendipity.My pa het van kleins af vir mystories gelees. In die geskiedenisklashet ons skitterende dosente hierdiestories laat leef. En mense soosprofessors Von Delft, Drennan(Duits), Tony Ulyatt en MargaretRaftery (Engels) het my in dieongelooflike wêreld van letterkunde,drama en digkuns ingelei.

As jy die burgemeester vanBloemfontein was, wat sou jygedoen het om die stad teverander? Ek sal dadelik vir almalvra om op ons stad trots te wees.Ek sal die visie van ’n skoon enmoderne stad daarstel, waar elkeenbydra om die stad skoon te hou,waar ons ’n reuse­Wi­Fi­toegangsonder koste vir die mense kondaarstel. ’n Visie waar ons almalsaamwerk om misdaad teen testaan (deur meer bedag te wees opwat om ons aangaan) en onskinders die beste moontlike opvoe­ding te gee, sodat daar ’n reuse­trots by kinders is om te sê dathulle in Bloemfontein geskool is. Ennatuurlik, ek sal verseker dat daarweer dissipline op die paaie kom.Te veel mense gaan dood en is inongelukke in Bloemfontein se stratebetrokke.

Waarvan hou jy in Bloemfontein?Dis platteland in die stad. Dit iswonderlik om nie ure in die verkeerte wees nie en steeds stadsvoordelete geniet. En ons het uitstekendeskole.

Wat is jou gunsteling-eetplek inBloemfontein? Ek eet die lekkersteby die huis, maar Caramello’s enWiesenhof het heerlike ontbyt­speci­als.Watter boeke lê op jou bedkas-

sie? My bedkassie is baie deurme­kaar. Gelukkig my vrou s’n ook, soek kry darem nie raas nie. Baieboeke, ek lees wyd. Tans lees ekDavid Whyte en Billy Connely segedigte op my kindle, Og Mandinose University of Success, CharlesHandy se Myself and Other more

important Matters, Robert Bly se TheSibling Society, Jerod Foster seStorytellers (oor hoe om stories metjou foto’s te vertel), Zelda le Grangese Good Morning Mr Mandela, ennog vele ander. Nee, ek jok regtignie, ek is verslaaf aan lees.

Watter CD het jy onlangs gekoopwat jou beïndruk het? ’n MP3 vanDavid Whyte oor What to rememberwhen waking. In terme van musiekbly elke nuwe CD van LeonardCohen en Laurika Rauch nogal altydgunstelinge en is hul nuutstes altydop die inkopielys.

Wat is jou gunsteling-liedjie vanalle tye? Stuur Groete aan Manne­tjies Roux. Ons het op die plaasgrootgeword en daardie liedjiebeskryf met soveel eenvoud diegroot drome en groot afwagtingvan plaasmense.Ek het jare gelede my pa en my

kleinniggie gebruik om ‘n “musiekvi­deo” daarvan te maak. Pa het

heerlik saamgespeel en kompleetmet sy een oog toe koffie uit sypiering geslurp vir die video. Hy isal jare oorlede, maar daardieprentjies gaan nooit weg nie.

Wat behels aardse geluk? Omtevrede te wees met wie jy is enwat jy het. Om te weet dat dit watjy nodig het om gelukkig te wees jyreeds het. Om dankbaar te wees.

Wat is jou grootste uitspattigheid?As ek nie soveel boeke gekoop hetnie, is ek seker my huis sou alafbetaal gewees het.

Wie of wat is of was die liefdevan jou lewe? Arne, my vrou. Systaan altyd by my, glo in my enondersteun my.Sy raas ook nie as ek boeke

koop nie. En my kinders, Benno enAnien.Hul grootste geskenk aan my is

dat hulle nie iemand anders ashulself wil wees nie.

Wat is jou gunsteling-versreël?We are the music makers, and weare the dreamers of dreams, yet weare the movers and shakers of theworld, forever it seems.Ek haal dit nie heeltemal reg aan

nie, maar dit is soos my pa dit virons geleer het.Die ware teks deur die digter

Arthur O’Shaughnessy lees egter asvolg:We are the music makers,And we are the dreamers of dreams,Wandering by lone sea­breakersAnd sitting by desolate streams; –World­losers and world­forsakers,On whom the pale moon gleams:Yet we are the movers and shakersOf the world for ever, it seems.

Oor watter gawe sou jy woubeskik?Die gawe om my gawes te waar­deer.

Wat dink jy gebeur ná die dood?Ons begin lewe.

Hulle is wennersDIE volgende lesers het pryse gewen opBloemnuus se Facebook­blad enwww.bloemnuus.co.za:S Samantha Botha: Sonja en Tjokker 2S Franteld Wessels: Liefdesoorlog vanGerhard Steyn en AnaïsS Gerda van der Knokk: MurgS Senda Edeling: AnaïsS Barend van der Merwe: Kronkelpad vanBeeskraalS Marina Gouws: Pappas sing Lalla LandLiedjiesS Amanda Burger en Leonél Visser: In onsfairytale van SharoneyS Liza Verwey: I am yours van HerculesS Letisia Griessel: In my oë van GlanzS Barend van der Merwe: Countrykeys vanRocco de Villiers

Amanda Burger is die wenner van NRG se CD,Roulette.

Tel. 051 421 0802/3Tel. 051 421 0802/3SLAGHUIS / BUTCHERYSLAGHUIS / BUTCHERY

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diensPensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)Pensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)

SAMBA en kredietkaarte welkomSAMBA en kredietkaarte welkom

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diens

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100gGeroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100gBeesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100gGeroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100gBeeskookvleis .........................................................R7,18/100gGeroosterde varknek ..............................................R8,58/100gGeroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g

X1PMJHCW-BN230115 X1PLN2XL-BN230115

Page 4: Bloemnuusbl 20150123

4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 23 JANUARIE 2015

ER24 het vir ouma Fransie van Zylvroegoggend in Julie kom haal.Sy was baie siek. Orgaanversa­

king.Dr. Elfrieda Kriel, ons huisdokter,

het inderhaas vir ’n noodopnameby die Universitas­hospitaal gereël.Daar het Dokter Wang (Jacky

Chan), so ’n kortetjie, ons ingewag.Sy het gesê, ons kyk na dievolgende 24­uur, laat weet maarhaar seun in Londen om te kom.’n Lang storie kort, Ouma was

twee maande lank in saal 6B.Dokter Wang, haar personeel en

die spesialiste het Ouma deur­gehaal.

Vandag kan Ouma weer loopmet ’n loopring danksy Emile, haarfisio, wat so moedig en geduldighaar van vooraf moes leer.Ek en Ouma en al haar familie

sê hierdeur ’n baie groot dankieaan almal by die UniversitasHospitaal (6de verdieping): dieverpleegsters, dr. Wang . . .Almal van julle, dit was ’n groot

verligting om te sien hoe julleOuma met respek, deernis en latermet grappe en soos ou vriendebygestaan het.Danksy almal van julle (en ons

Hemelse Vader wat so baie gebedevan kinders, familie en vriende

aangehoor het) kon Ouma Kersfeessaam met ons, haar familie, vier.Ons het werklik gedink ons hou

begrafnis in Julie!Namens Ouma, ons salueer julle

almal uit die diepte van ons hart.– André van Zyl

Dankie, ‘Jacky Chan’

WIE WEET WAAR? In watter Noord­Kaapse dorp waar Bloemnuus versprei word, is dié foto geneem? Die ant­woord is . . . Colesberg. Foto: Jens Friis

Maak vredemet jouself

en weer tussen die kinders seskoolaktiwiteite en hul loopbane.En een dag as die kinders uit

die huis is, of jy ’n slagoffer vanpersoneelvermindering word, of jyby aftrede kom X dán moet ’nmens jouself vierkantig in die oëkan kyk en vrede met daardiepersoon kan hê.As jy dan nie teen daardie tyd

al geleer het om met jouself vredete hê nie, of nie van daardiepersoon hou nie, is jy in diemoeilikheid. Jy moet sonder al dietitels en beskrywende woorde vandie self hou, met daardie self kansaamleef.“Vrede” beteken nie “tevrede”

nie, maar saam met vrede komook tevredenheid.’n Mens moet sonder die

beskrywende woorde kan bestaan.Jy moet genoeg vrede en tevreden­heid kan hê om die sonnetjie opjou vel in te drink, na die voëls teluister, die blomme in jou tuin tewaardeer, in die reën te gaanstap . . .Net wéés, net mens wees.Die tyd sonder die beskrywende

woorde, gestroop van die titels enposisies, kan lank wees. Jy moetleer om van daardie wese te hou.

Leatitia Pienaar

’n UITDRUKKING lui: “Be kind topeople on the way up – you’llmeet them again on your waydown.”Gewoonlik word dit in ’n baie

negatiewe sin gebruik vir mensewat op ander trap in die prosesom die hoogste posisie in die lewete bereik; of dit nou in diewerkplek of daar buite is.Ons elkeen kan dit ook op

onsself van toepassing maak.Ons werk soveel jare, dekades,

om ’n posisie te bereik . . .bestuurder, skoolhoof, direkteur.Noem maar op. Sommige se visieris nie so hoog gestel nie, maarons bestee wel baie tyd en energiein die werkplek. Ons werk vanligdag tot donkernag. Nawekemoet ons herstel om Maandagog­gend weer in te val – ás ons sogelukkig is om ’n tweedag­naweekte hê.Iewers deur die jare raak ’n

mens bietjie­bietjie van jouselfvervreem. Jy wórd daardie pos –die hoofbestuurder, die direkteur,die onderwyser X en die afstandtussen daardie pos en jyselfvergroot. Die posisies dwing respekaf. Ons besluit oor mense sevaardighede, hul werkywer,lojaliteit. Ons besluit of hulleverhogings of bevordering kry.Hierdie vervreemding geld nie

net die werkplek nie. Ma en Pamaak kinders groot. Hulle is heen

MENINGS EN RUBRIEKE

Onlangse sterfgevalleS Alidah Patronela Trudy vanWilliam Plaatjiesstraat 30,Opkoms, is uit die Nuwe Jerusa­lem­kerk begrawe. Daarna het diestoet na die Heather Heights­be­graafplaas beweeg.

S Barend Jacobus van den Berg(1938) van Langenhovenpark segedenkdiens het in die NG kerkLangenhovenpark plaasgevind.

S Anna Bosman (Pieterse, 1917),voorheen van Warrenton, setroosdiens was in die NG kerkAandbloem, Westerbloem. Sy isgister in Warrenton ter ruste gelê.

S Corrie Coetzee (1946) vanLangenhovenpark is gister uit dieNG kerk Bainsvlei begrawe.

S Edna Janse van Rensburg(1940) se gedenkdiens het in dieAvbob­kapel plaasgevind.

S Fred Loutfie (1929) se gedenk­diens was in die Sacred Heart­ka­tedraal.

S Dr. Johan George Muller (1922)is op 5 Januarie oorlede. Sy vrou,Joan, het hom vroeër ontval. Hyword deur sy drie seuns, Martin,Donald en Andrew, oorleef.

S Martha Hester PetronellaCombrinck (1930), voorheen vanModderrivier, se troosdiens was indie Aandbloem­kapel in VanHeerdenstraat.

S Ingrid Brenda Engelbrecht(1971) van Tom Swartsstraat 78,Opkoms, is oorlede. Sy is inHeather Heights begrawe.

S Annetjie Kruger (1931) seroudiens het in die NG kerkFichardtkruin plaasgevind.

S Dr. Elize Groenewald (1962)van Bayswater se gedenkdienswas in die CRC­kapel.

S Martha Magritha Labuschagne(1940) van Fichardtpark segedenkdiens was in die NG kerkOnze Rust.

S Anna Verwey (1914) is op100­jarige leeftyd oorlede.Haar gedenkdiens was in die

Doves­kapel. Sy rus in dieSuidpark­begraafplaas.

S Dries van Graan (1933) vanWesterbloem se gedenkdiens is uitdie NG kerk Bloemfontein­Wesgehou.

S Gerty van Zyl (1914) van dieFichardtpark­aftreeoord is op100­jarige leeftyd oorlede.Haar gedenkdiens het in die

Fichardtpark­gemeenskapsaalplaasgevind.

S Dina Maria Pretorius (1933) isuit die NG kerk Ooshoek begrawe.Sy is in die Bloemspruit­begraaf­plaas ter ruste gelê.

S June Nel (1932) van Wester­bloem se gedenkdiens was in dieAndrew Murray­kerk.

S Vicky Laas (1945) se troosdienshet in die Doves­kapel plaasge­vind.

S Johanna Hendrina (Makkie)Wiese (1934) is uit die Baptistekerk Langenhovenpark begrawe.Die stoet het daarna na die

Suidpark­begraafplaas beweeg.

S Aletta Maria (Lettie) Terblanché(1918) se begrafnisdiens was indie Fichardtpark­aftreeoord,Stollreitherstraat. Haar teraardebe­stelling het in die Memoriam­be­graafplaas plaasgevind.

S Sarah Hamlin (dr. HamlinLaubscher) van Tonder (1924)van Dewetsdorp en Tweespruit isop 90­jarige leeftyd in dieLife­Rosepark­hospitaal in Bloem­fontein oorlede. Haar man,Peet (93), is enkele weke vroeërdood.Sy word deur hul twee kinders,

Peet en Riane, en vier kleinkin­ders oorleef.

S Marlene de Klerk (1936) vanSign Centre is uit die Emmanuel­kapel in Judith Pellissiersingelbegrawe. Sy is in Bainsvleibegrawe.

S Petrus Jacobus Labuschagne(1959) se afskeidsdiens was in dieNG kerk Brandfort (Moederge­meente).

S Wilna Richter (1944) segedenkdiens was in die NG kerkDewetsdorp. Sy en haar man,Jan, was 50 jaar getroud.Sy word ook deur ’n seun,

Pieter, twee dogters, AntoinetteKoegelenberg en Susan Hayward,en ses kleinkinders oorleef.

S Jacob Johannes Badenhorst(1957) van Trompsburg setroosdiens was in die Emmanuel­kapel in Judith Pellissiersingel.

S Martha Maria HendrinaGrundow (1921) van Waverley isoorlede.

S Jimmy Ralph (1929) vanDanabaai, voorheen van Bloem­fontein, is uit die NG kerk

Bloemheuwel begrawe van waardie stoet na die Suidpark­begraaf­plaas vertrek het.

S Annette Meyburgh (1926) is uitdie Gereformeerde kerk Colesbergbegrawe.

S Ina Venter (1942) se afskeids­diens was in die Doves­kapel. Syis in die Bainsvlei­begraafplaas terruste gelê.

S Abraham Johannes van Wyk(1930) se verassingsdiens was indie Aandbloem­kapel, Haldonweg,Wilgehof.

S John Phillip Peense (1945) vanExtonweg 49, Hilton, is uit dieNuwe Apostoliese kerk in Heidedalbegrawe waarna die stoet na dieHeather Heights­begraafplaasbeweeg het.

S Bertie Kruger (1940) is uit dieNG kerk Reddersburg begrawe.

S Johan Fourie (1936) sebegrafnisdiens het in die NG kerkBrandfort (Moedergemeente)plaasgevind.Hy is in die dorpsbegraafplaas

ter ruste gelê.

S Freda Fourie (1930) van dieAliquando­aftreeoord in Heuwelsigis uit die NG kerk Heuwelsig,begrawe.Die teraardebestelling was in

die Suidpark­begraafplaas.

NUUS

Page 5: Bloemnuusbl 20150123

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 23 JANUARIE 2015 5

KUNS/VERMAAK

Een leser staan die kans om vier CD’s te wenEEN Bloemnuus­leser staan diekans om vier CD’s te wen.Op die spel is Adam Tas se

Want jy is boer, Vegas se Bestetyd van jou lewe, Ricky Faber seLeeu van jou hart en DesmondWells se Dans my verlief.Hoe skryf jy jou in?Gaan na Bloemnuus se

Facebook­blad en share dié postdaar.Die sluitingsdatum vir dié

kompetisie is eerskomendeMaandag om 08:00.

SAAM OP VERHOOG: Twee van Suid­Afrika se bekende sangers hetBloemfonteiners met hul topliedjies vermaak. Neil Nachtrein (links)en Jan Blohm het Donderdag­ en Vrydagaand saam in Innie Skuuropgetree. Foto: CONRAD BORNMAN Flieks om

na uit tesien in ‘15

Laetitia Pople

Dit lyk of die nuwe jaar grootbelofte inhou wat betref vermaakop die groot skerm.Daar is nie net die nuwe

James Bond­rolprent, Spectre,waarna ons kan uitsien nie,maar ook James Cameron selangverwagte Avatar 2.Dan is daar nog ’n Mission

Impossible op pad, asook ’nTerminator en die tweedeAvengers.Ander flieks waaroor mense al

lank praat wat vanjaar uitgereikword, is Steven Spielberg seJurassic World, Sam Taylor­Johnson se Fifty Shades of Grey,Paul Walker se laaste prent,Furious 7, die langverwagte StarWars: The Force Awakens, dieminlike Minions en die super­held­sage Ant­Man, om net ’npaar te noem.Hou gerus ’n oog op dié

rolprente wat binnekort insommige rolprentteaters beginwys:

S Birdman, met Michael Keatonin die hoofrol, is die nuutsterolprent van die Mexikaanseregisseur Alejandro GonzálezIñárritu. Die rolprent het seweGolden Globe­benoemingslosgeslaan. Keaton vertolk die rolvan ’n akteur wat sukkel om syrol as ’n superheld af te skud.

S Unbroken handel oor dieOlimpiese atleet en oorlogsheldLouis Zamperini. Hy het ondermeer die Tweede Wêreldoorlogoorleef en is gevange gehou in’n Japanse krygsgevangenekamp.

S Clint Eastwood se aksiedramaAmerican Sniper. Die rolprentspeel in Irak af met BradleyCooper as die Amerikaanseskerpskutter Chris Kyle, watdanksy sy fyn korrelvermoë tallelewens red. Die vyand plaasegter ’n prys op sy kop.

S Die drama The ImitationGame speel in 1952 af enhandel oor die Britse wiskundigeen kriptograaf Alan Turin, vertolkdeur Benedict Cumberbatch. Turinwas ’n geniale man wat gehelp

het om die Tweede Wêreldoorlogte verkort danksy sy vermoë omdie kodes van die Duitsers seEnigma­masjien te ontsyfer.

S ’n Splinternuwe Annie beginook wys.Quvenzhane Wallis, ster van

die rolprent Beasts of theSouthern Wild, is in die rol vandie weeskind Annie in diémusiekprent, wat in New Yorkafspeel. Haar lewe veranderwanneer sy die hardvogtigemiljoenêr Will Stacks – gespeeldeur Jamie Foxx – ontmoet.

S David Cronenberg se Maps tothe Stars speel af teen dieroemkultuur van Hollywood, metJulianne Moore en RobertPattison in die rolverdeling.Cronenberg bekyk dié leë,selfbehepte kultuur as buitestan­der.

S Selma is die verhaal van dieAmerikaanse burgerregte­leierMartin Luther King se deelnameaan die protesoptog van Selmana Montgomery in 1964.Dié film is nou in die spervuur

weens die vertolking van pres.Lyndon Johnson se rol in diegebeure.

S Die Kanadese regisseur XavierDolan se biografiese Mommy,met Anne Dorval, handel oor ’nenkelma wat ’n tienerseun alleengrootmaak.

S Die biografiese drama BigEyes van Tim Burton handel oordie Amerikaanse kunstenaarMargaret D.H. Keane, wat vroue,kinders en diere met reuse­oëgeskilder het. Amy Adams speelteenoor Christoph Waltz.

S Whiplash, van die regisseurDamien Chazelle, handel oor ’njong tromspeler aan ’n vooraan­staande musiekskool wie sedrome deur sy professor gefnuikword.

S Eddie Redmayne is in diehoofrol in die biografiese prentThe Theory of Everything oor dieBritse kosmoloog StephenHawking.

Dít gebeur dan daarSTUUR dagboekinskrywings virplasing in Bloemnuus/Bloemnaweekna [email protected] voorMaandae om 08:00. Daar is geenkoste hieraan verbonde nie.

VRYDAG 23 JANUARIES Die Ritsim­tydskrif, wat tydensdie Kovsies se jool verkoop word, isbeskikbaar op straat. Dit kos R25.S Skenk bloed in die HoërskoolSand du Plessis se skoolsaal om09:00 tot 14:00.S Inquisitive Minds: Science andImagination: Erfenisartikels enwerke deur kontemporêre kunste­naars in Oliewenhuis tot 1 Februa­rie.S Found Object Re­born: PennyGeorge verwerk gevonde objekte.Tot 8 Februarie in Oliewenhuis.

SATERDAG 24 JANUARIES Ampie, Leah en Willem Bothatree in Innie Skuur op. Kaartjies:R100. Bel 079­387­3614.S Sokker – FA Cup se vierde rondebegin.S A programme with the themeSeek Peace and Pursue it – I Peter3:11 will be presented by Jehovah’sWitnesses at Eunice High SchoolHall. All are welcome and nocollections will be taken. Theprogramme is divided in twosessions: 09:40 to 12:05 and13:20 to 15:55. It will be presentedin English and the same informati­on will be repeated in Afrikaans atthe same venue on Sunday, 25January. The Afrikaans programmealso starts at 09:40.For any enquiries, please call

Chris Grobler at 084­999­1592.

S CityMed Day Hospital will host ablood donation clinic in collaborati­on with the SANBS from 09:00 to14:00 at Preller Square, DanPienaar.

SONDAG 25 JANUARIES Mej. Heelal word gekroon inFlorida. Noudat Rolene Strauss asMej. Wêreld gekroon is, sal haareerste prinses in die Mej. Suid­Afri­ka­kompetisie, Ziphozakhe Zokufa,Suid­Afrika in die 63ste Mej.Heelal­kompetisie verteenwoordig.Ziphozakhe is ’n 22­jarige modelen televisieproduksie­student vandie Oos­Kaap. Die 18­jarigeMargaret Gardiner van Suid­Afrikahet in 1978 in Mexiko gewen.

S The Bloemfontein Dog TrainingClub will resume training at 16:00on the fields of Sand du PlessisPrimary School, Hippocrates Street,Hospital Park. They offer socialisingof dogs, home obedience andadvanced obedience. MargaretLeighton, phoenix21@voda­mail.co.za

SATERDAG 31 JANUARIES Die Vrystaattak van die Boere­musiekgilde hou om 19:00 ’nSomerdans in die RosenhofSkoolsaal agter die Rosepark­hospi­taal om die jaar te begin. CarelWessels, 072­358­0840.S J&B Met­perdewedren.S Tennis – vroue­eindstryd vanAustraliese Ope in Melbourne,Australië.S Spoegwolf om 19:30 in InnieSkuur. Kaartjies: R90.S Langarmdans om 19:00 in diePosduifsaal. ’n Kaartjie kos R70.Marissa, 083­637­8314.

SONDAG, 1 FEBRUARIES Tennis – manseindstryd vanAustraliese Ope in MelbourneS Barokkonsert in die Ou Presi­densie om 16:00 met Lance Phillip(tenoor), Kobus Malan (hobo),Petrus Krige (blokfluit), CézarreStrydom (virginaal), Piet vanRooyen (tjello) met werke vanMonteverdi, Bach, Vivaldi enTelemann. ’n Kaartjie kos R60.

DONDERDAG, 5 FEBRUARIES Marion Holm bring HOL Marion!na die Wynand Mouton­teater om19:30. Bespreek ’n kaartjie teenR120 by Computicket.

Marion Holm

Page 6: Bloemnuusbl 20150123

6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 23 JANUARIE 2015

GetroudNEEM deel aan Bloemnuus se Troufoto vandie Jaar-kompetisie. Stuur ’n kleurfoto vanjou onlangse troue na [email protected]. Die plasing hiervan is gratis. Onthouom te noem wie op die foto is (name envan) en deur wie dit geneem is.

Carien en Marco Pinheiro. Foto: Eloise Van Rensburg

Ryno en Anri van Heerden. Foto: Gerna van Wyk

Lodewyk en Adelé van der Merwe. Foto: Tanya van TM Photography.

Tiaan en Belinda Jansen van Rensburg. Foto: Gerhardus Bosch

Melliske en Willie Harbor. Foto: Juan-Marie Steyn Cindy en Thomas Ashkettle. Foto: Sumarie de Klerk

Mariska en Beau van Heerden. Foto: W Diamond Events Hugo en Anchane Conradie. Foto: Renie Raath

Nadine en Francois Carstens. Foto: Jackie Blackford Jody en Adri Burger. Foto: Charina Bartlett

Page 7: Bloemnuusbl 20150123

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 23 JANUARIE 2015 7

Ruan Bruwer

SIX learners of the TsoseletsoHigh School in Rocklands hadthe rare opportunity to expe­rience something completelydifferent.A month in Germany was

enough to open their minds andeven inspire one of them toreturn one day.This is the only black school

in the province that offersGerman as a subject.Rorisang Maselwa, Kelebogile

Maleho, Nomsa Qayiso, TshenoloMahoko, Katlego Mongale andTshiamo Kgoro all spent amonth in different parts ofGermany from 10 December to11 January.This is part of an exchange

programme between the twocountries, called the Friends ofSouth Africa Youth Exchange.Since 2006, the school has

already sent 25 learners toGermany.They attended school there

and were exposed to a wholedifferent culture.A white Christmas was also

something they had only everseen on television.According to them, some of

the Germans celebrate Christmason 24 December by attendingchurch the evening until aftermidnight.They freely admit that their

understanding of the languagewas not yet good enough tofollow all the conversations fully.They did, however, return with

a couple of new words in theirvocabulary.Yet they weren’t the only ones

who learnt something. Thegroup testified that their Germanhosts found the traditions ofSouth African black people veryinteresting, especially the Africanlanguages, food and traditionalhealers.The South Africans found it

rather strange that the Germansdon’t really use sugar and drinktheir coffee black, without sugarand milk.They were also quite shocked

to find dog meat on the menufor dinner.The German way of living,

with homes in open yardswithout walls and gates, wasalso odd to see.As to their opinions of

Germany’s history: they werewarned beforehand to avoid talkof the Nazis or Adolf Hitler, as itcould get them in trouble.

SEUN IN ’N PAMPOENROK? Daar was sport, en sports, op eergister se Grey­swemgala. ’n Gewilde deel is die optogte waarin baie beplanning gaan.Grey se koshuisseuns span saam met die Hoër Meisieskool Eunice terwyldie Hoër Meisieskool Oranje se meisies en die stadseuns ’n eenheid is. Vanlinks is Steph Brits, Johan Swanepoel en Johann Sonnekus. Foto: Ruan Bruwer

Schoolsends 6 toGermany

SLUIT HULLE BY PERSONEEL AAN: Daar is vanjaar vyf nuwe gesigte in die personeelkamer van die Laerskool Willem Postma.Hulle is van links Lisa le Roux, Marianne Brink (albei remediërende onderwys), Valmé du Plessis (kleinklassie vir outistieseleerlinge), Madeleine van Niekerk (gr. 3) en Alet le Riche (kleinklassie vir outistiese leerlinge).

Back from Germany with a new outlook on life. Six learners of the Tsose­letso High School spent a month overseas as part of an exchange pro­gramme between the countries. From the left are, front: KelebogileMale­ho and Nomsa Qayiso; back: Rorisang Maselwa, Tshiamo Kgoro, KatlegoMongale and Tshenolo Mahoko. Photos: Ruan Bruwer

KgomotsoMojahi of the TsoseletsoHigh School has been accepted toattend a German language courseinMunich, Germany, at the GoetheInstitute for three weeks in Juneand July. She is one of only fourSouth Africans to be selected andthe only one in the Free State. Shehad to maintain a certain standardin German. She was the school’sbest performer in gr. 10 last year.

LEKKER VERJAAR, OU MAAT. Vir kleinChanzelle Haddad was haar eerste dagop skool (Laerskool Pres. Brand) darem’n bietjie draagliker en meer vreugdevolaangesien sy haar sewende verjaardaggevier het. Hier steek die verjaardag­maatjie se gr. 1­juffrou, Lente van Rens­burg, vir haar ’n kersie aan om dood teblaas en ’n wens te maak. Foto: Verskaf

“Since 2006, theTsoseletso HighSchool in Rocklandshas already sent 25learners to Germany.

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEERvan alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van pla-fonne. Gratis kwotasie. Skakel079 581 6654.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Ruim 2-slaapkamer-woonstel te huur op hoewe.Toesluitmotorhuis met afdak.Eie tuin. Beskikbaar 1 Maart2015. R3 600 p.m. Water enkrag uitgesluit. Skakel Chris073 325 8320.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

EK VRA 2 of 3 DAE huis-werk: Kan alles mooi doen, kankinders oppas. Skakel079 664 2592.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 8: Bloemnuusbl 20150123

X1PM6FUD-BN230115

Ruan Bruwer

SAREL CILLIERS sal noudie geleentheid kry omsy drome en ideale virdie Knights­krieketspante probeer verwesenlik.Hy is eergister vir ’n

verdere twee jaar ashoofbreier aangestel.Sy huidige kontrak ver­stryk binnekort.Cilliers het verlede

jaar laat blyk sy planneen doelwitte met diespan is nog nie deurge­voer nie en dat hy ditgraag sou wou deur­sien.Dat die Knights ein­

de verlede jaar vir dieKampioeneliga gekwa­lifiseer het, sou seker­lik ’n groot rol in syheraanstelling gespeelhet. Onder Cilliers hetdie Knights ook al dieeendagreeks gewen en’n paar eindstryde indie kits­ en blitsreeksgehaal. Die span konegter in 2007­’08 laasdiemeerdagreekswen.Cilliers het met Ger­

hard Maree (Ooste­likes), Adri Swanepoel(hulpafrigter van dieKnights) en Monty Ja­cobs (Noordwes) omdie pos meegeding.Vir die eerste keer

was die kaptein, Wer­ner Coetsee, deel vandie paneel wat onder­houde met die kandi­date gevoer het. Cilliershet Corrie van Zyl in2009 opgevolg.

Ruan Bruwer

AL vier die plaaslike spanledevan die Suid­Afrikaanse tennis­span wat op die Suider­Afrika­junior tenniskampioenskappe inBotswana in aksie was, hethulle uitstekend van hul taakgekwyt.Vier van die 11 spanlede was

Bloemfonteiners.Linge Steenkamp van die

Hoër Meisieskool Oranje was diegroot uitblinker en het haarenkelspel­eindstryd vir o.14­mei­sies in drie stelle gewen, hoeweldit naelskou was. Sy het met6­2, 5­7 en 7­6 (6) gewen.Ook in die eindstryd van die

o.14­meisiesdubbelspel het dieOranje­kombinasie van Steen­kamp en Carmen Fichardt ’n

oorwinning verskaf.Christine Kruger van die Laer

Meisieskool Oranje het in dieeindstryd van die enkelspel virmeisies o.12 teen haar mede­Suid­Afrikaner Maria Mostertmet 4­6 en 1­6 verloor, maardarem met Mostert as spanmaat’n sege gesmaak in die eind­stryd van die dubbelspel deurkorte mette van hul teenstan­ders te maak.Hulle het met 6­0 en 6­0 aan

die wenkant geëindig.In die eindstryd van die

enkelspel vir seuns o.14 moesdie vierde lid van die Rosestad,Joubert Klopper (Grey­kollege),hom weens ’n maagvirusonttrek. Die virus het Joubertook uit die dubbelspel­eindstrydgehou.

Sarelbly nog2 jaar

Bfn­tennisspelers vaar puik

X1PMWYA9-BN230115

Things in my life wentfrom good to worse in avery short time. My lovelive, financial problemsjealousy, my husband’s

family were all against me.Luckily I came acrossSonia through a friend.She helped me and

showed me my enemiesthrough a mirror for only R200. She did miracles in my life.She told me all my problems without mentioning anythingto her. She showed me the people who worked hard tosee me suffering some of which were my friends and

relatives. She performed a special prayer, washed awaymy bad luck and cleansed my home. Gave me a lovepotion with a ring for my financial problems in less thanfive days, my husband was always by my side and my

enemies confessed and asked for forgiveness. Come andvisit me at Bayswater.

For appointments please callMama Janet and Prof. Kinthi

060 401 0649X1PMWYDD-BN230115

SOOS VISSE IN WATER. Vier van die Hoër Meisieskool Eunice se swemmers het met goue medaljes van die Suid­Afri­kaanse skoleswemkampioenskappe in Desember in Pretoria teruggekeer. Van links is Nicole Dooling (goud en viersilwer), Nienke Pretorius (twee goud, een silwer en een brons), Linda Groenewald (een goud, twee silwer en tweebrons) en Chantel Blignaut (twee goud, drie silwer en een brons). Nege ander swemmers van Eunice het óf silweróf brons verower. Foto: Ruan Bruwer

Ruan Bruwer

HEELPARTY Vrystaatse swemmershet op verlede naweek seinterprovinsiale gala bo die anderdeelnemers uitgetroon, ofskoonhulle as span met ’n tweede plektevrede moes wees.Die Oostelike Provinsie, een

van vier provinsies wat in dieStadion­swembad in aksie was,het eerste geëindig, gevolg deurdie Vrystaat, Grens en Suid­Weste­like Distrikte.Die nagenoeg 70 Vrystaatse

swemmers wat in aksie was, het34 goue medaljes tussen hulleversamel.Die lenige Zane Waddell van

Grey­kollege het ’n goeie dag indie water gehad deur vier keereerste die muur te raak.Hy het in die rugslag en

vryslag vir seuns 15 tot 16 jaar systempel afgedruk.’n Blink toekoms wag ook op

die 13­jarige Cullen Thomas, wat

soos Waddell vier goue medaljesontvang het. Hy het dit in die200 m­wisselslag, 100 m­vlinder­slag, 100 m­rugslag en 50 m­vry­slag behaal.Die staatmaker Reynard

Wessels, wat ná ’n skoueroperasiesteeds ongemak ervaar, het in die100 m­vryslag (54.17) en50 m­vryslag (23.05) vir seuns 17jaar en ouer koning gekraai. Hywas tweede in die 50 m­vlinder­slag.Die Wessels­gesin het ook

tussen hulle tien medaljes,waarvan vier goud, gebuit.Michelle het twee daarvan (50 m­en 100 m­borsslag) losgeswem.Kobus Groenewald (drie goud

en een silwer) en ouer sussieLinda (een goud en een silwer)het hul ouers ’n dubbele redegegee om trots te wees.Reynier Pretorius, Marné Frylick

en Guilma Lausberg is die anderswemmers wat vermelding vir hultwee eerste plekke verdien.

VS-swemmers wys hóéBeïndruk ondanks 2de plek

THE who’s who of schoolboy water polowill compete at the Grey College u.18water polo tournament running fromThursday to Saturday at Grey. The finalwill be played on Saturday at 18:20.Last year Clifton College from Durban

walked away with the spoils.

Action at Grey