20
UITGAWE 2 OKTOBER 2014 UIT DIE PEN VAN DIE VOORSITTER SAP TIN VETERANE BOND Dagsê kollegas! Ons skop nou af met volume twee van die bulleTIN. Ons is nou gelukkig omdat ons n verskeidenheid vorms van kommunikasie het, soos ons maandblad, Facebook en ʼn webwerf. Ek verneem ons tesourier Sean Clayton was ongesteld met griep in die bed. Ek het vir hom gesê griep is soos ʼn sleg meisie. sy los jou nie voor jy met haar in die bed was nie. Hy weet toe vir my te vertel dat hy hou van meisies met twyfelagtige karakter wat met ordentlike getroude mans uitgaan. Gelukkig is hy darem nou gesond. •Ons het toe op Saterdag 30 Augustus 2014 ʼn vergadering by die Monument gehad om vir mekaar te sê waaroor alles gaan en wat ons bereik het. Die vergadering was suksesvol en die belangstelling was bemoedigend. Uit samesprekings het dit geblyk dat die bestaan van die Bond nog baie onbekend is en dat ons dus bemarking en werwing moet doen en Christo Giani is toe onbestrede verkies as koördineerder en ons sal hom moet hand gee sodat die Bond bemark kan word. Nou dat ek betrokke is by die Bond was dit baie aangenaam om weer ou vriende raak te loop soos onder andere Dave Pretorius wat die bevelvoerder was van PATU 1. Hy, Cliff Corbett en ek was saam in die stigting van SA PATU betrokke Geskryf deur: Willie Fouchè

Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane Bond

Citation preview

Page 1: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

UITGAWE 2 OKTOBER 2014

UIT DIE PEN VAN DIE VOORSITTER

SAP TIN VETERANE BOND

Dagsê kollegas!

Ons skop nou af met volume twee van die bulleTIN.

Ons is nou gelukkig omdat ons n verskeidenheid vorms

van kommunikasie het, soos ons maandblad, Facebook

en ʼn webwerf.

•Ek verneem ons tesourier Sean Clayton was ongesteld

met griep in die bed. Ek het vir hom gesê griep is soos ʼn

sleg meisie. sy los jou nie voor jy met haar in die bed

was nie. Hy weet toe vir my te vertel dat hy hou van

meisies met twyfelagtige karakter wat met ordentlike

getroude mans uitgaan. Gelukkig is hy darem nou

gesond.

•Ons het toe op Saterdag 30 Augustus 2014 ʼn

vergadering by die Monument gehad om vir mekaar te sê

waaroor alles gaan en wat ons bereik het. Die

vergadering was suksesvol en die belangstelling was

bemoedigend. Uit samesprekings het dit geblyk dat die

bestaan van die Bond nog baie onbekend is en dat ons

dus bemarking en werwing moet doen en Christo Giani

is toe onbestrede verkies as koördineerder en ons sal

hom moet hand gee sodat die Bond bemark kan word.

•Nou dat ek betrokke is by die Bond was dit baie

aangenaam om weer ou vriende raak te loop soos onder

andere Dave Pretorius wat die bevelvoerder was van

PATU 1. Hy, Cliff Corbett en ek was saam in die stigting

van SA PATU betrokke

Geskryf deur: Willie Fouchè

Page 2: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Ek loop toe sommer vir oom Jan Du

Preez raak wat die bevelvoerder van

PATU 4 was en soos julle seker nou al

verneem het ons hom reeds beroep na

die SAP TIN Bond toe in sy

hoedanigheid as predikant en

geestelike herder, hy is dan ook

erelidmaatskap van die Bond

toegeken.

Ek ook met Roelf du Plooy gepraat, hy

is een van die heel eerste instrukteurs

wat by TIN betrokke was en sover my

kennis strek was hy die eerste SAP lid

wat destyds in Rhodesië gewond was.

Hy stel ook baie belang om aan te sluit.

Ons het ons grondwet ook gewysig

sodat lede se naaste familie en

kennisse ook kan aansluit as

ondersteuners van die bond. Ilana

Loubser. die sekretaris se wederhelf en

die sekretaris het reeds die vorm

ontwerp en uitgestuur, dankie

daarvoor.

Ek hou nie daarvan om mense in die

openbaar te bedank nie want ʼn mens

is geneig om andere wat ook goed

gedoen het te vergeet maar hier aan

die begin van die bestaan van die

Bond het ek geen ander keuse as om

dankie te se nie.

Page 3: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Baie dankies aan:

1. Gert Nel wat een van die vaandels asook

die 25 goue lapel wapens geborg het.

2. Piet Kierie Fourie wat ʼn vaandel, die

lidmaatskap kaartjies en ʼn briefhoof geborg

het. (My vriend wat hierdie brief tik sê dit lyk

BAIE goed).

3. In Sean Clayton het ons n yster van ʼn

tesourier. Hy het onswebwerf geborg wat ʼn

aansienlike bedrag is en verder, alhoewel

hy ʼn besige man is, staan hy baie tyd

af aan die finansies van die Bond.

4. Ilana en Martin Loubser. Ek noem

haar naam eerste want bedags

wanneer Martin probeer om

instrukteurs op te lei, slaan sy die

kitaar uiters goed. Baie dankie julle

twee.

5. Christo Giani het alreeds skouer in

die wiel gesit en ons het ʼn hele

Saterdag oor ʼn bottel ingelegde

druiwesap gesels en hy het beloof om

vir Tiny Nortje asook vir Gert Nel waar

dit moontlik is hulp te verleen sodat

ons net eers ons hande op die twee

standbeelde kan kry.

Laastens, ek was sestien jaar aktief

betrokke in die bosoorloë in Rhodesië

en Suid-Wes Afrika en ek kan julle

verseker dis baie lekker om ou gesigte

weer te sien en van oud-kollegas te

verneem.TIN Groete

Page 4: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

DEUR CHRISTO GIANI

ONTMOET ONS BESTUUR

Page 5: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

ONTMOET ONS BESTUURWILLIE FOUCHÉDeur Christo Giani

Ontmoet die Voorsitter van die TIN Veterane Bond, Kolonel Willie Fouchè of soos meeste hom ken, “Oom

Willie”.

Op 8 Augustus 1940 word Wilhelm Diederick Fouchè op die plaas Buffelshoek naby Thabazimbi gebore. Hy

begin sy skoolopleiding in Van Wykskraal in Thabazimbi Laërskool en daarna voltooi hy sy hoërskoolopleiding

in Brits Hoër Landbouskool.

Op 13 Januarie 1959 rapporteer die 18 jarige jongeling as Rekrute Konstabel by die Suid-Afrikaanse

Polisiekollege. In September 1959 word hy uitgeplaas na Johannesburg Sentraal en die bosveldknaap vind op

die harde manier uit wat die stad is. Op 1 Februarie 1960 word oom Willie verplaas na Rustenburg waar hy

dan ook sy vrou Hester Maria Fourie ontmoet. Hy word verplaas na Pilansberg, Groot Mariko en Thabazimbi.

In 1967 word hy Sersant en toe hy in 1970 bevorder word na Adjudant Offisier, word hy die Stasiebevelvoerder

van Wolmaransstad en later Lichtenburg.

In 1973 ontvang oom Willie grensopleiding. Hy word ook opgelei as TIN instrukteur. In daardie stadium het

lede van die Suid-Afrikaanse Polisie reeds diens gedoen in Rhodesië by die Rhodesian Light Infantry (RLI). In

1974 vra die British South African Police (BSAP) vir hulp van Suid Afrika en saam met Kaptein Dave Pretorius

word oom Willie ʼn stigterslid vir die SAP gedeelte van Police Anti-Terrorist Unit (PATU) en spesifiek PATU1.

Oom Willie onthou baie goed hoe hy gedurende Kersfees 1974 dringend opgeroep is om bevel te vat van

PATU 4 nadatA/Off Dippenaar gedood is.

Op 27 Januarie 1975 ry hulle om voorraad in Salisbury te gaan haal en sy voertuig trap ʼn dubbele kaasmyn

met die linker voorwiel naby Njakasoro dam. Sy lewe is gered deur die feit dat die Bedford gepak was met

sandsakke en “conveyor belt”. Wel, nou weet almal ook hoekom oom Willie soms moeilik en met ʼn kierie loop,

dit is die rug wat sedertdien net nooit wou herstel nie.

Page 6: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

In 1975 en op sy verjaarsdag begin oom Willie met offisierskursus. As Luitenant was hy Stasiebelvoerder op Gobabis,

Ventersdorp en in 1981 as Kaptein ook Stasiebevelvoerder op Rustenburg. In 1983 word die Fouchés verplaas na CR

Swart Plein in Durban. Die stasiebelvoerder aldaar was ʼn sieklike man en oom Willie was die grootste gedeelte van sy tyd

die waarnemende Stasiebevelvoerder.

In Maart 1985 kom die verplasing Ovamboland toe. Aanvanklik en as deel van blootstelling word hy gevegsbevelvoerder

van ZO (zulu oscar) met Baksteen Coetzee (RIV) van ZV (zulu victor) wat leiding gee. Hierna word hy die Ops Offisier waar

hy diep spore trap in die bestaan en aktiwiteite van Koevoet. In 1886 word oom Willie bevorder na die rang van Majoor en

in 1988 Luitenant-Kolonel. In 1992 is hy bevorder tot Kolonel.

Op ‘n dag spreek iemand hom aan as “oom” oor die twee rigting radio waarop Generaal Dreyer tussenbeide kom en vra

waar die rang van “oom” vandaan kom. Hier kry oom Willie toe sy rang as “oom”, die rang wat hy tot vandag toe dra. Hy

beskou sy tydperk by Koevoet as die kroon van sy polisieloopbaan. Hy vertel met ʼn grynslag dat gedurende September

1987, tydens ʼn operasie in die omgewings van Evali en Vintiset, min of meer ʼn 100km binne Angola, hulle in ʼn APLA basis

vasgery het en toe maar begin het met “role call” en inspeksie. Hulle teenwoordigheid vang ook die APLA soldate onkant en

hulle gee hulle samewerking. Op 10 Januarie 1990 is oom Willie een van vier koevoetlede wat heellaaste padgee uit

Ovamboland. Hy is betrokke met die vestiging van Koevoet lede in Suid Afrika. Hy werk ook onder andere by die Distrik

Kommandant Kantore in Krugersdorp en in ʼn stadium deel hy ‘n kantoor met Generaal Sterk Hans Dreyer by hoofkantoor.

Oom Willie se vrou, Tannie Hester, is die sleutel in sy lewe. Sy is ʼn gekwalifiseerde mediese suster en was intens betrokke

in oom Willie se loopbaan. So het sy tydens hulle koevoet tydperk lede gehelp het met mediese versorging. Uit hierdie

huwelik is vier dogters gebore, Soekie, Adrie, Debbie en Jackie. Drie van die vier dogters is met voormalige koevoetlede

getroud. Die Fouchè familie beleef dan ook tragedie toe een skoonseun, Herman du Plessis, sterf tydens ʼn Koevoet aksie.

Die weduwee dogter is later weer getroud met ʼn man ook uit koevoet geledere. Die jongste dogter het as laërskoolkind, agt

aanvalle in Oshakati en een in Eenhana beleef.

As ʼn mens van Generaal Sterk Hans Dreyer praat, dan sal oom Willie vir jou sê dat dit die beste bevelvoerder en mens is

vir wie hy ooit gewerk het. Daar is groot respek en agting by oom Willie vir hierdie man wat gebore is om ʼn leier te wees.

As voorsitter van die TIN Veterane Bond is dit Oom Willie se visie om:

die kamaderie wat geheers het onder lede van die SA Polisie toe hulle grensdiens gedoen het ʼn ereplek te gee sodat dit

behoue kan bly en voortbestaan,

seker te maak dat afgestorwe TIN lede nooit vergeet sal word nie.

te verseker dat die SA Polisie se TIN geskiedenis nie verlore gaan nie.

Die 31ste November 1993 was sy laaste werksdag in die Suid-Afrikaanse Polisie. Hy is gedekoreer met vyf medaljes. Oom

Willie is werklik ʼn “Biblioteek” wat die die Polisie- en grensdiensgeskiedenis aanbetref. Oor PATU, TIN en Koevoet is daar

min wat hy nie weet nie en dit maak die TIN Veterane Bond bevoorreg om oom Willie as voorsitter te kan hê

Page 7: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

ONDERSTEUNERS VAN DIE BOND

Deur: Martin Loubser

Die eerste twee amptelike ondersteuners van die

TIN Veterane Bond;

MC Loubser links, 12 jr oud wat van jongs af begin

belang stel het toe hy begin vrae vra het oor sy pa

se boshoed, medalje en ander aandenkings uit die

grensoorlog. Hy is een van min seuns wat

die geleentheid gehad het om met 'n R1, Bren,

LM 5 en AK47 te kon skiet as 'n 12de verjaardag

geskenk te danke aan die persoon regs van hom

op die Foto,

Neil Brand wat tydens die Grensoorlog verbonde

was aan die SAW se Inligtingskool in Kimberley.

Neil is ook 'n ondersteuner van die 61 Mech

Veterane Bond.

Welkom op die groep en in die Bond en dra julle

lapelwapens met trots.

Page 8: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

TIN BOND BRING HULDE AAN ‘N

ONTSLAPE KOEVOET KAMERAAD

Jan Smit @ Smittie of dan Jan Andries

Smit gebore 3 Mei 1960 word op 4

Oktober 2014 uit die NG Kerk Keimoes

begrawe nadat hy op 25 September

2014 aan die einde van sy lewe hier op

aarde gekom het. Op ‘n gepasde wyse

bring Koevoet asook TIN veterane

gesamentlik hulde aan ons ontslape

kameraad. Die geleentheid merk ook

die eerste optrede van die TIN Bond as

volwaardige Bond terwyl die TIN

vaandel vir die eerste keer in die

openbaar vertoon is saam met diè van

Koevoet.

Page 9: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Ons voorsitter, Willie Fouchè

in gesprek met die oorledene

se suster

Christo Giani dra die TIN vaandel

verteenwoordigend van die TIN Bond. Dit is

die eerste keer wat die TIN Veterane Bond

se vaandel in die openbaar vertoon word as

‘n huldeblyk aan ‘n ontslape kameraad.

Page 10: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Die kis word by die kerk ingedra

deur beide Koevoet- en TIN Bond

lede.

TIN Veterane Christo Giani en

Elnic Steenkamp gesels tydens die

begrafnis van Smittie.

Page 11: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

STORIES UIT DIE BOS SANDSAKKIESDeur Henry VisagieDaar was 'n voorstel dat ons 'n tent en 'n

uitkykpos moet bou met sandsakkies op die

dak van die gebou. Ons slaap ook binne-in

die sale.

Almal het baie idees maar niemand dink hoe

swaar sandsakkies word as hul nat word nie.

Eers het ons die 4x4 tent opgeslaan en dit

werk tog te mooi.

Ons sê toe vir die AO, die sandsakkie ding

gaan nie werk nie. Die sink gaan nie die

gewig kan dra nie want daar is nie genoeg

support balke in die binnekant van die gebou

nie.

NÉE, sê die slim AO, julle Maak die sakkies

net halfvol, dan is dit nie so swaar nie. Ons

sê vir hom, hallo!!!!!!! Ons gaan dan dubbel

die hoeveelheid sakkies gebruik en dit gaan

dieselfde gewig wees en die dak gaan nie

hou onder die gewig nie.

Hy, slim soos 'n boom vol uile, sê “ek sê julle

doen wat ek sê!” Nou ja, ons het toe net eers

2 rye halwe sakkies gepak. Na so ‘n week

het dit al gereën en so hoor ons een middag

een helse slag!

Die dak het ingeval, en soos die noodlot dit

wou hê ...... in die slim AO se saal waar hy

slaap.........! Ons het hom gespot oor daardie

halwe sakkies sand wat minder gaan weeg

en ek wonder of hy ooit die einde van die

voorval en sy slimmigheid sal hoor!

Page 12: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

STORIES UIT DIE BOSLuiperdDeur Koos Brits

Ou foto maar bring steeds herrineringe

mee. Generale besoek Verdrag. Brig Beyl

se ek moet n bussie gereed hou want

boer het slagysters uit gesit om luiperds te

vang wat maai onder sy vee, het

magtiging daarvoor gehad. Gebeur dit so

dat die oproep kom en vroeg oggend is

ons na die plaas met die Generale. Daar

gekom is ons na die spot, die boer was

gewapen met sy lang geweer net ingeval!

Daar gekom was almal nuuskierig om die

luiperd te sien maar die slagyster was

agter n bos gestel en jy moes om die bos

kyk, boeta daar bars chaos uit met die

luiperd se brul, weet nie wie die meeste

geskrik het nie, luiperd of die Generale,

toe die boer die luiperd skiet wou almal

aan hom vat. Goeie dae gewees.

Page 13: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

DITJIES EN DATJIES

Die Basisbevelvoerder se voertuig in

1988 by Jozini.

Johan Harmse Pine Pienaar

Krap so op die rekenaar toe kry ek

die een van Spoorsny Kursus.

Page 14: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Skeelpiet, hy was doof maar kon nog

steeds enige blink ding steel en in die

boom wegsteek. In die aand het hy in

jou hemp geklim en agter in jou

hemp geslaap, as hy hom sou

vasdruk, hy hy jou geknyp my sy

tande en jou nat ge pee

Tiny Nortjè Henry Visagie

Die geskryf op die muur het ek uit

polysterine (uit die mortier kaste)

gesit en gesny met 'n lemmetjie en

met tandepaste teen die muur

geplak...boer maak 'n plan as jy nie

gom het nie....

Page 15: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Hierdie telex het ek vasgelê uit die

ops kamer op Mt Darwin. Die foto is

op patrollie in die Zambezi Vallei.

Tiny Nortje

Page 16: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

PADKOS

Deur: Martin Loubser

Page 17: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Met watter wapenrusting gaan jy in die geveg in? Jou wapenrusting berei jou voor, en bepaal jou strategie. Dit

gee jou 'n voorsprong, óf 'n nadeel. Dit laat jou offensief of defensief veg. Die wapenrusting moet pas by die

gevegsplan, die terrein, die aanslag en die vermoëns waaroor jy beskik.

Ons is in 'n geveg. Ons almal! En … anders as wat jy dalk mag dink, praat ek nie vandag oor die Christen se

wapenrusting van Efesiërs 6 nie. Ek praat doodeenvoudig oor die moeilike tye van vandag. Hierdie geveg wat

jou in 'n drukgang vasgeknel hou. Die onsekerheid oor jou werk, te min geld (ja, en dit is deesdae omtrent almal

se probleem, né?), alles rondom jou wat jou dalk onderkry. Die geveg om oorlewing. Daarom vra ek weer: met

watter wapenrusting vat jy hierdie geveg aan? Verskillende mense gebruik verskillende strategieë: sommige

onttrek in 'n "bunker" onder die grond - die skote klap om hulle, maar soos 'n volstruis met die kop in die sand, sit

hulle en wag dat die geveg oorgaan. Sommige vlug, en hoop die geveg sal agterbly - iets wat selde gebeur.

Ander probeer om hulle uit die ding uit te onderhandel. Nóg ander steek die wit vlag op en gee oor. En dan kry jy

dié wat bereid is om terug te veg, om moeilike tye en swaarkry tromp-op aan te vat. Hoe lyk jou

lewensomstandighede vandag? Is jy op moedverloor se vlakte? Lyk môre stikdonker? En hoe lyk jou

wapenrusting …? Jou gevegsmondering?

'n Geveg is net die moeite werd as daar 'n kans is dat jy dit kan wen. Ek gee vandag vir jou net een enkele teks

wat jou kan laat wen: "Hou vas aan die geloof, en behou 'n goeie gewete" (1 Tim 1:19) Kragtige woorde - iets

waaraan elkeen van ons maar kan vashou in die huidige oorlewingstryd.

Wat jou geveg ook al mag wees, vra jy seker ook vrae soos: "Waar gaan hierdie geveg heen? Het hy 'n einde?

Het ek 'n kans om te oorleef? Gaan dit finansieël ooit beter gaan? Sal ek weer werk kry? Gaan ek my huwelik

deur hierdie stormwater kry?" Ek glo die antwoord is JA, as jou wapenrusting reg is. Niemand van ons het gevra

vir hierdie omstandighede nie, en dalk het jy nie veel daartoe bygedra dat jy hierin beland het nie. Die punt is

net, veg sal jy moet veg! Elke dag, elke oomblik, sal jy die storms moet miskyk en 'n stukkie lig sien deurbreek.

Al lyk dit hoé donker. Baie hang af van jou gevegsplan .. daarom is die "bunker" nie 'n opsie nie, ook nie die wit

vlag nie, ook nie onderhandelings nie. Net vasbyt, hakke inkap, swaard in die hand, geloof in plek, reg vir die

stryd. Veg of gaan lê - wat kies jy?

Met watter wapenrusting kan jy veg teen swaar tye? Hier is 'n paar praktiese punte:

Prys die Vader as iets sleg met jou gebeur … want, jy ken nie die uiteinde nie. Dalk sal jy soos miljoene ander

kan sê "Die swaarkry was die moeite werd". 'n Moeilike een! Begin vandag om die Here te prys vir jou moeilike

situasie, al klink dit onlogies. Prys die Here, en wag geduldig vir die uitkoms.

Page 18: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

• Hou vas aan die geloof (en 'n goeie gewete) Glo, vertrou roekeloos op die Here. Glo en wéét dat die Here

enige slegte situasie reg kan draai. Jesus kan enige storm laat bedaar. Onthou jy toe Jesus en die

dissipels op 'n skuit in die storm beland het? Hy het geslaap totdat die dissipels Hom paniekerig wakker

gemaak het. Eers toé het Hy die storm laat bedaar. Op 'n ander keer het Hy sommer op die water geloop,

in die storm. Jy sien, hierdie twee gedeeltes is net vir my die bewys dat Jesus altyd bokant die storm

verhewe is. Al is die storm hoé groot, Hy sal nie verswelg word nie, en as Hy in jou bootjie is, sal jy ook

nie ondergaan in die storm nie.

• Behou 'n goeie gewete. 'n Goeie gewete impliseer integriteit. Moet dus nooit jou integriteit prysgee in

moeilike tye nie. Wees altyd eerlik, eerbaar en opreg, maak nie saak hoe moeilik dit gaan nie.

Moenie jou selfrespek verloor nie, al is dit ook hoe moeilik om jou ken hoog te hou. As jy selfrespek

verloor, breek dit dalk ook jou selfbeeld af.

Besef dat die moeilike tye bykans altyd net tydelik van aard is. Dit gaan weer oor! Jy het seker ook gesien

op die nuus dat mense gister uit 'n brandende gebou gespring en hulle lewens verloor het. Hulle sou heel

waarskynlik oorleef het as hulle net nog 'n bietjie langer kon uithou, en kon wag vir hulp om op te daag, of

vir die brand om hom uit te woed. Moeilike tye gaan oor, al kan jy nie bereken hoe dinge gaan uitwerk nie.

Kyk terug na vorige "gevegte", en onthou hoe die Here jou gedra het. Kyk terug na Sy "track record" …

ook hierdie keer sal Hy jou beslis nie teleurstel nie.

Praat positief. Negatiewe woorde bring jou nêrens nie, dit breek net jouself en almal om jou tot in die

grond in af. Nogal vreemd dat positiewe mense gewoonlik as oorwinnaars uit die stryd tree. Moenie

deelneem aan negatiewe gesprekke nie.

Behou jou trots, al is omstandighede sleg. Ruggie reguit, ken omhoog! Moet nooit opgee nie. Behou jou

trots, maar oppas dat trots nie jou ondergang beteken nie - moenie te trots wees om hulp te vra nie,

moenie te trots wees om jou probleme met iemand te deel nie.

Probeer weer iets nuuts aanpak … en weer, en weer. Nie alles sal misluk nie.

Doen steeds klein, goedkoop, lekker dingetjies saam met jou geliefdes. Moenie toelaat dat ál jou pret

bederf word deur jou probleme nie

Moet nooit ophou vertrou en glo nie.

Page 19: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE

OKTOBER

21 Johan Smit

27 Phil Carpanter

083 777 3929

Page 20: Bulle-TIN uitgawe 2 2014

Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings

na [email protected].

Redaktrise – Ilana Loubser

Regisseur – Martin Loubser