30
21 DAE GEBEDSGIDS

DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

21 DAE GEBEDSGIDS

Page 2: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Ons wil jou graag help in die volgende 21 dae soos wat ons as gemeente saam bid en vas vir die jaar,

en vir dit wat God in en deur ons gemeente wil kom doen. Ons het verskeie temas uiteengesit vir die

21 dae se gebed en jy is welkom om op enige manier betrokke te raak by een van ons

gebedsgeleenthede oor hierdie 21 dae.

Die doel van hierdie gids is om vir jou riglyne te gee oor elke dag se tema sodat jy ʼn sinvolle

gebedstyd sal beleef. Jesus se dissipels het vir Hom gevra om hulle te leer bid en Hy het vir hulle ʼn

wonderlike raamwerk gegee wat hulle kan gebruik om te bid soos Hy gebid het. Die Onse Vader is ʼn

raamwerk met verskeie elemente wat ons in ons gebedslewe kan gebruik en implementeer. Dag 1

verduidelik bietjie meer hoe ons dit gaan implementeer in hierdie gids.

By elkeen van die dae se tema het ons verskeie Bybelverse wat jy kan gaan lees en ʼn kort gedagte

oor die tema. Ons het dan verskillende vrae by elkeen van die elemente om jou gedagtes te stimuleer

waaroor om te bid. Jy hoef natuurlik nie net oor ons vrae te bid nie, maar dit is net ʼn manier om jou

te help indien jy nog geïntimideerd voel deur gebed of net meer gefokus wil bid vir elke dag.

Aan die einde van elke dag se tema wil ons jou aanraai om stil te raak en nie net met God te praat

nie, maar ook om na Hom te luister. Gebed is nie net ʼn eenrigting gesprek nie, maar dit is ook om na

God se Gees te luister en gehoorsaam te wees aan dit wat Hy ons vra. God belowe dat wanneer ons

tot Hom nader, Hy ook tot ons sal nader (Jakobus 4:8; Jeremia 29:12-13). Wanneer ons dan

gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei in ons

geestelike lewe en ook om deur God gebruik te word in ander mense se lewens. Op hierdie manier

word ons soms die antwoord op ander mense se gebede.

Mag jy geseën word in hierdie 21 Dae van Gebed en mag God nuwe dinge van Homself vir jou kom

openbaar. Mag jy die deurbraak beleef wat nodig is en mag Hy ons geestelike familie kom saambind

aan mekaar!

Page 3: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 1 – ’n Goeie manier om te begin

Lees die volgende gedeeltes: Lukas 11:1-3; Markus 11:24; Matteus 6:5-15

Baie mense voel geïntimideer deur gebed. Waar begin ʼn mens? Wat moet ek bid? Is daar ʼn regte

manier om te bid? En tog het ons die begeerte om met God te praat en ʼn dieper verhouding met

Hom te bou. Jesus se dissipels het ook iets in sy gebedslewe gesien en hulle het hom gevra: Leer ons

bid. Jesus het vir hulle ʼn raamwerk gegee wat hulle kan gebruik en daar is verskeie elemente in

hierdie gebed. Ons wil van hierdie elemente uitlig wat jy kan gebruik in die volgende 21 dae as ʼn

raamwerk om jou te help met hierdie reis om te bid en te groei in jou gebedslewe.

Loof God vir wie Hy is en wat Hy gedoen het. Bely jou sonde en draai weg van waar jy tekort skiet.

Vra die Here wat jy nodig het en bid vir ander mense. Luister ook wat God se Gees vir jou wys en

wees dan gehoorsaam aan wat Hy van jou verwag.

Lofprysing en Aanbidding: Op watter maniere is God goed vir jou en in beheer van sake?

Waaroor is jy dankbaar vandag?

Wat van God is wonderlik vir jou?

Belydenis en Bekering Is daar enige area van jou lewe waar jy vergifnis weerhou?

Is daar enige area van jou lewe waar jy vergewe moet word?

Is daar enige area van jou lewe waar jy twyfel of God regtig goed is, of waar jy tekort skiet in

jou geloof? Indien wel, neem ʼn oomblik en sê vir God hoe jy voel. Hy sal verstaan.

Vra en Voorbidding Wat het jy nodig vir hierdie dag?

Is daar ʼn area waar jy tekort skiet in liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,

goedhartigheid, getrouheid, nederigheid of selfbeheersing. Vra die Here wat jy nodig het.

Doen en Gehoorsaamheid Wat het jy nodig om vandag van God te hoor?

Raak vir ʼn oomblik stil. Wat ervaar jy sê die Heilige Gees vir jou in hierdie stilte?

Page 4: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 2 – Leiers en gesag oor ons

Lees die volgende gedeeltes: 1 Timoteus 2:1-2; 1 Petrus 2:17; Romeine 13:1; Psalm 2:10-11

God stel leiers en gesag oor ons aan vir ons voordeel, en hulle besluite kan ʼn groot invloed in ons

lewe hê. Dit is een van die redes hoekom die Bybel dit duidelik maak dat ons vir ons leiers moet bid –

van ons ouers en predikante tot ons werkgewers en staatsamptenare.

Selfs al hou jy nie van jou leiers nie of stem jy nie met hulle saam nie, jy kan nog steeds vir hulle bid.

Ons kan bid dat hulle wysheid sal hê, krag om God te gehoorsaam en dat hulle ons goed sal lei.

Wanneer dié in gesagsposisies gehoorsaam is aan God, is dit baie makliker vir ons om ʼn rustige en stil

lewe te kan lei.

Lofprysing en Aanbidding: Watter leiers het ʼn groot invloed in jou lewe gehad? Dank God vir hulle.

Wie is wyse leiers tans oor jou? Hoe sal jou lewe anders wees sonder hulle inspraak? Op

watter manier stel hulle van God se karaktereienskappe ten toon?

Belydenis en Bekering Weier jy soms om vir iemand in beheer te bid omdat jy nie van hulle persoonlikheid of

manier van doen hou nie? Hoe dink jy voel God oor jou gesindheid?

Hoe reageer jy teenoor jou leiers as dit moeilik gaan? Is daar enige iets wat jy moet verander

in hoe jy reageer teenoor onvolwasse, chaotiese of nuwe leierskap?

Ons kan almal goeie leiers as van selfsprekend aanvaar. Vergeet jy om te bid vir jou leiers as

dit goed gaan met jou?

Vra en Voorbidding Onder watter tipe leier wil jy werk en dien? Vra die Here om daardie eienskappe in die leiers

oor jou te ontwikkel.

Is daar groot besluite wat vir jou gemeente, skool, werk, regering voorlê? Vra die Here om

aan die leiers wysheid en onderskeidings vermoë te gee om die regte en wyse besluite te

neem. Vra dat die Here wyse raadgewers om hulle sal bring.

Die vyand hou daarvan om geestelike leiers aan te val as gevolg van hulle invloed en die

skade wat dit kan maak. Vra die Here om hulle geestelik, fisies en emosioneel te beskerm

asook hulle families en gesinne.

Doen en Gehoorsaamheid Wat het jou uitgedaag vandag soos jy vir jou leiers gebid het? Laat toe dat die Here met jou

praat oor jou gesindheid teenoor jou leiers en enige iets anders waarvoor jy moet bid sal

uitwys.

Wat kan jy vandag doen om ʼn leier in jou lewe te bemoedig of jou waardering teenoor

hom/haar uit te spreek? Vra die Here om jou te wys en doen dit dan.

Page 5: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 3 – Families en Huwelike

Lees die volgende gedeeltes: Kolossense 3:18-21; 1 Timoteus 3:5; Psalm 133; Filippense 2:1-11; Joshua 24:15

Geen familie is dieselfde nie en tog was God betrokke in hoe elke familie moet lyk. Families was sy

idee. As ons as gesinne en families oor die weg kom, voel dit soos ʼn seëning, maar soms kan daar dae

of weke wees wat ʼn groot uitdaging is in ons lewe – dieselfde vir ons huwelike. Vir sommige van ons

is ons gesinne en families ʼn veilige plek en vir ander is dit ons sendingveld.

Om ander lief te hê is nie altyd maklik nie, maar dit is altyd die moeite werd. Wanneer ons uit ons

pad gaan om ons gesinne en families lief te hê, begin ons al hoe meer lyk soos Jesus (Filippense 2:1-

11).

Lofprysing en Aanbidding: Vir watter dinge in jou gesin, huwelik en familie kan jy God voor dank?

Watter goeie dinge het jou familie in jou lewe ingebring?

Wat waardeer jy van God se ontwerp van gesinne en familie? Wat leer dit jou van sy karakter

en wat vir Hom belangrik is?

Wat is die grootste invloed wat jou man/vrou in jou lewe gehad het?

Belydenis en Bekering Geen mens is perfek nie en daarom is geen familie of huwelik perfek nie. Is daar enige

iemand in jou gesin of familie wie jy moet vergewe of vir wie jy om vergifnis moet vra? Moet

jy dalk jou vrou of man vergewe?

Soos jy vandag se versies gelees het, was daar enige iets wat jou uitgedaag het of ʼn

oortuiging van sonde gebring het?

In watter area van jou huwelik is jy selfsugtig? Wat moet verander?

Vra en Voorbidding Wat sou jy wou sien moet God in jou gesin, huwelik of familie kom doen? Is daar enige

iemand wat leiding, genesing of ʼn verhouding met Jesus benodig?

Ons kan raad gee, maar dit is net God wat harte kan verander. Waar sien jy ʼn geleentheid vir

jou gesin, huwelik of familie om geestelik of emosioneel te groei?

Watter uitdagende behoeftes het van jou familielede? Vra die Here vir wysheid en insig en

hulp.

Wat moet in jou verander sodat jy ʼn beter man of vrou kan wees in jou huwelik? Vra die

Here om jou te help.

Doen en Gehoorsaamheid Watter rol wil God hê moet jy in jou gesin of familie speel? Hoekom dink jy het God jou juis in

hierdie familie gesit?

Page 6: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Watter area in jou huwelik het jy verwaarloos? Hoe wil God hê moet jy dit verander?

Page 7: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 4 – Bekering van ongelowiges

Lees die volgende gedeeltes: 1 Timoteus 2:3-6; Handelinge 4:12; Kolossense 4:2-4; Romeine 10:9-13; 2 Korintiërs 5:17; Johannes

3:16-17; 2 Petrus 3:8-9

God het sy Seun na die wêreld toe gestuur om ons te red van sonde en dood. Hy wil ons vrymaak van

ons verlede, vir ons lewe ʼn doel gee, vir ons ʼn nuwe identiteit gee en ons deel maak van sy familie.

God wil hê dat jou vriende en familie ook gered moet word net soos jy! God wil nie hê dat enige

iemand verlore moet gaan nie, maar Hy forseer nie sy genade op mense nie.

Om vir die redding van mense te bid, is om ons harte in lyn met God se begeerte te kry. Ons kan nie

mense forseer om te reageer teenoor die Evangelie nie, maar ons kan hulle nooi om dit te hoor, hulle

dien sodat hulle dit kan sien, en vir hulle bid om dit te ontvang.

Lofprysing en Aanbidding: Wanneer laas het jy God gedank dat Hy jou gered het? Dink wat dit Hom gekos het en hoe dit

jou lewe verander het.

Waarvan het God jou vry gemaak?

Hoe het God se nuwe lewe in jou, vir jou lewe ʼn doel gegee en sin in jou lewe gebring?

Watter voorregte het jy nou omdat jy ʼn kind van God is en deel is van sy familie?

Belydenis en Bekering Is daar areas in jou lewe waar jy opgegee het om vryheid te vind en te beleef?

Is daar enige beloftes van God waaraan jy nie meer vashou nie?

Vra en Voorbidding Vra die Here wat is jou volgende stap in jou geestelike reis saam met Hom?

Watter familielid of vriend van jou ken nie die Here nie? Bid vir hom/haar en vra die Here om

hul geestelike oë oop te maak en dat hulle tot bekering sal kom?

Is daar iemand wat jy na jou kleingroep of na ʼn diens toe moet nooi? Vra dat die Here vir jou

die geloof en die geleentheid sal gee om dit te doen.

Doen en Gehoorsaamheid Wat ervaar jy druk die Here op jou hart om te doen of te sê vir die persoon vir wie jy bid?

Page 8: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 5 – Kinders, Kinderkerk,

Draaipunt en T.i.C.

Lees die volgende gedeeltes: Psalm 127:3-5; Psalm 78:3-7; Matteus 19:13-15; 3 Johannes 1:4; 1 Timoteus 4:12; Jeremia 1:4-8;

Deuteronomium 6:7

Dit wil soms voorkom asof een geslag altyd ʼn ander geslag blameer vir probleme. Ouer geslagte kyk

gewoonlik krities na jonger geslagte omdat hulle dinge anders doen en jonger geslagte is soms

gefrustreerd met ouer geslagte omdat hulle nie dinge wil verander nie. God hou van elke geslag en

het ons lief met dieselfde liefde op 6 of 60 en ons het net so ʼn groot doel in ons 80’s as in ons 20’s.

God maak dit egter duidelik dat die ouer geslag vir die jonger geslag moet vertel van sy getrouheid en

die magtige werke wat Hy gedoen het. Jesus wil net so graag met die kinders in ʼn verhouding wees

soos met ons. Daar is baie wat ons by kinders kan leer oor geloof wanneer ons hulle verwelkom soos

Jesus gedoen het.

Die Kinderkerk se doel is om kinders (van kleuters tot graad 5) van Jesus op ʼn relevante en genotvolle

manier van Jesus te leer. Draaipunt wil sien dat jong tieners (graad 6-7) dissipels van Jesus sal wees

en T.i.C. (Tieners in Christus) wil ʼn impak in tieners (hoërskool) se lewens maak om Jesus te volg.

Kinders is nie die kerk van die toekoms nie, hulle is nou reeds deel van die kerk en ons wil sien dat

hulle opgewonde is oor Jesus en die kerk. Hierdie is nie net ons gemeente nie, maar ook hulle

gemeente. Kom ons probeer die geloof van elke geslag wat na ons kom bou, deur met hulle te deel

wat God al vir ons kom doen het.

Lofprysing en Aanbidding: Hoe het God Homself aan jou geopenbaar in verskillende seisoene van jou lewe?

Wat was jou vrese en drome 5, 10 en 15 jaar gelede? Hoe het God jou daardeur gedra?

Elke Sondag is daar vrywilligers wat dans, sing, speel en kinders leer van Jesus op hulle vlak.

Wie is die mense wat in jou lewe as kind geïnvesteer het? Dank God vir hulle.

Op watter maniere kan jy dankbaar wees vir die kinderbedienings van ons gemeente?

Wie is die jong mense en kinders wat God in jou lewe geplaas het? Dank God vir hulle unieke

persoonlikhede en hoe Hy sy karakter aan die wêreld ten toon stel deur hulle.

Hoe voel dit om te weet dat God ʼn hart het vir kinders en hulle verwelkom? Wat vertel dit vir

ons van sy karakter?

Belydenis en Bekering Vind jy soms dat jy kla of ʼn negatiewe gesindheid teenoor jonger mense het?

Hoe dink jy oor jou eie kinders of ander mense se kinders? Voel jy geïrriteerd en angstig of

vind jy jouself glimlag en liefde ervaar?

Wat moet jy dalk verander in die manier hoe jy jonger of ouer mense in jou lewe hanteer?

Hoe stem jou gesindheid teenoor kinders ooreen met Jesus s’n? Wat moet jy dalk verander

om in lyn met Jesus se hart te kom?

Page 9: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Vra en Voorbidding Beide Jeremia en Timoteus het te jonk gevoel om te doen dit waarvoor God hulle geroep het.

Bid dat jong mense en kinders ʼn groot geloof sal hê en voluit vir God sal leef.

Dit neem honderde vrywilligers om te sorg dat ons kinderbedienings vlot verloop elke week.

Vra die Here om volwassenes en geestelike mentors op te rig en te stuur na ons verskillende

kinderbedienings. Vra God spesifiek of jy dalk een van hulle moet wees?

Hoe sal ons gemeenskap lyk as meer mense as kinders tot geloof in Jesus kom? Vra die Here

dat kinders tot geloof sal kom soos hulle die lesse hoor wat by Kinderkerk, Draaipunt en T.i.C.

aangebied word.

Doen en Gehoorsaamheid Watter jonger persoon kan jy vandag bemoedig om vas te staan in die geloof?

Wie is die kinders in jou lewe? Wanneer laas het jy vir die Here gevra wat jy vir hulle moet

bid? Wag dat die Here vir jou iets wys en bid dit.

Page 10: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 6 – Kleingroepe, Kursusse en

Dissipelskap in ons gemeente

Lees die volgende gedeeltes: Kolossense 1:28-29; Efesiërs 4:11-14; Hebreërs 5:12-14; 2 Timoteus 2:22; 2 Korintiërs 3:18; Romeine

8:29

Wie is die mense in jou lewe? Die mense wat saam met jou lag, huil, bid, deur die lewe gaan en jou

ondersteun? Soos verhoudings groei en ons ooreenkomste ontdek begin ons saam deur die lewe

gaan. God het dit bestem dat ons saam met ander mense in ons geestelike lewe groei. Jesus het ʼn

groep dissipels gehad en het hulle saam geleer.

Dit is God se doel dat ons meer en meer verander word om soos Jesus te word. Geestelike groei

gebeur egter nie vinnig nie en gebeur ook nie net deur meer kennis te bekom nie. Sekere dinge kan

ons ook nie leer as ons op ons eie is nie. Dit is binne God se familie dat ons groei en wanneer ons

verhoudings bou met ander mense wat op Jesus gegrond is, kan ons tree vir tree vorentoe beweeg in

ons geestelike reis.

Lofprysing en Aanbidding: Op watter manier het jy al geestelike gegroei in jou lewe en sien jy meer en meer die

karakter van God in jou lewe?

Wie is die mense in jou lewe wat jou nader aan God laat groei? Dank die Here vir hulle.

Belydenis en Bekering Op watter manier het jy ophou moeite doen om verhoudings te bou met mense wat jou help

groei in jou geestelike lewe?

Op watter manier het jy passief geraak oor jou geestelike groei en nie die nodige stappe

geneem om iewers in te skakel of meer te leer nie?

Vra en Voorbidding Ons kleingroepe is ons primêre manier om mense in die gemeente op ʼn sinvolle manier aan

mekaar te verbind. Bid dat meer en meer mense sal inskakel by ʼn kleingroep.

Vra die Here vir baie meer kleingroepleiers wat hierdie taak kan fasiliteer. Vra Hom spesifiek

of dit nie dalk ʼn manier is waar jy moet dien nie.

Bid dat mense se lewens sal verander in ons kleingroepe en kursusse en dat ons meer en

meer getuienisse hiervan sal hoor wat weer ander mense se geloof kan bou.

Doen en Gehoorsaamheid Wat kan jy doen om die mense wat jou help om geestelik te groei, te bemoedig? Vra die

Here om jou spesifiek te wys.

Page 11: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Wat wys die Here vir jou is jou volgende stap om geestelik te groei? Wees stil en luister wat

die Here vir jou wys.

Page 12: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 7 – Spesifieke behoeftes in jou

persoonlike lewe

Lees die volgende gedeeltes: Filippense 4:6; Matteus 6:11; 1 Kronieke 4:9-10; Joshua 1:9; Psalm 121; Efesiërs 3:20

Het jy al deur sekere omstandighede gegaan wat so uitdagend was dat jy net nie geweet het hoe jy

daardeur sou kom nie? Het jy dit probeer vermy om vir God vir die bonatuurlike te vra net omdat jy

bang was dat dit nie sou kon gebeur nie? Ons sukkel gewoonlik nie om vir ander mense te bid in

dieselfde omstandighede nie, maar as dit onsself is, twyfel ons soms of dit nie selfsugtig en verwaand

is nie.

Wanneer ons vir onsself bid wys dit ons afhanklikheid van God en dat ons Hom sien as Vader en die

Een wat voorsien in ons lewe. Hoe kan ons God ken as nie met Hom praat nie? God wil van sy kinders

hoor en wil nie hê dat ons angstig moet wees nie. Niks is vir God onmoontlik nie en Hy kan meer

doen as wat ons kan bid of dink of droom. Wanneer ons vir die uitdagende situasies in ons lewe bid,

nooi ons God om die bonatuurlike in ons lewens te kom doen en nader aan Hom te groei.

Lofprysing en Aanbidding: Wat sê die skrifgedeeltes oor God se karakter? Prys Hom daaroor.

Het God al sy getrouheid in die verlede aan jou bewys? Dank die Here daarvoor soos wat jy

dink aan die toekoms en jou huidige uitdagings.

Hoe voel dit dat jy met God oor enige iets kan praat?

Belydenis en Bekering Is daar enige area in jou lewe waar jy bang was om God se hulp te vra? Bely dit en begin

weer.

Is daar enige areas in jou lewe wat jy nie aan God oorgegee het nie?

Is daar iets wat jou terneer druk wat jy nog nie na God in gebed gebring het nie? Wat

weerhou jou daarvan om daaroor te bid?

Vra en Voorbidding Wat is die groot ding wat jy vandag vir God kan vra? Vra met ʼn groot geloof dat God by

magte is om dit te doen.

Watter behoeftes het jy vandag waar jy God se hulp benodig?

Is daar enige laste wat jy tans in verhoudings, finansieel, of emosioneel dra? Wat is jou

behoeftes in elkeen van daardie areas?

Page 13: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Doen en Gehoorsaamheid Een van die grootste geskenke wanneer ons dood eerlik en opreg met God is, is dat ons

intimiteit met Hom verdiep. Neem ʼn oomblik en bid Psalm 139:23-24 hardop. Wag op God

dat Hy reageer en vir jou wys.

Page 14: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 8 – Eredienste

Lees die volgende gedeeltes: Hebreërs 10:24-25; Johannes 4:24; Handelinge 2:42-47; Romeine 12:1-2; Jakobus 5:16

Ons kan baie dinge van God leer wanneer ons bid en ons Bybel lees. Ons kan bewus wees van sy

teenwoordigheid waar ons ook is, maar daar is sekere dinge wat ons net kan ervaar wanneer ons as

Christene bymekaar kom. Eredienste is ʼn tyd waar ons bemoedig kan word, waar ons geloof kan deel

en ontvang, waar ons vir mekaar kan bid, en waar ons herinner kan word wat werklik waar is.

Wanneer ons as ʼn geestelike familie bymekaar kom, verminder ons ons spoed en kan ons harte rustig

raak sodat daar plek gemaak kan word om genesing te ontvang en ʼn groter begrip van Jesus.

Lofprysing en Aanbidding: Wat geniet jy van die Sondag eredienste?

Hoe het jou begrip van God gegroei deur saam met ander gelowiges bymekaar te kom?

Belydenis en Bekering Wat moet jy neerlê sodat jy God hierdie Sondag beter kan hoor?

Kom jy Sondae gereed na die eredienste om te hoor wat God vir jou wil sê? Is jy oop teenoor

die mense rondom jou wat gebed, ʼn drukkie of ʼn glimlag nodig het?

Wat dink jy moet verander sodat jy al die voordele van ons bymekaarkom op Sondae kan

geniet?

Vra en Voorbidding Vra God om ons aanbiddingsleiers, predikante en spanleiers aan te hou te lei soos hulle vir

Sondae voorberei.

Wat is die atmosfeer by die eredienste op Sondae? Vra God om die geestelike temperatuur

van die diens wat jy bywoon te verhoog.

Doen en Gehoorsaamheid Wat wys God vir jou is jou volgende stap as dit kom by Sondae eredienste?

Page 15: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 9 – Persoonlike visie vir jou

lewe

Lees die volgende gedeeltes: Psalm 139; Matteus 10:29-31; Efesiërs 2:10; Psalm 51:12-14; Hebreërs 13:21

Besef jy dat God drome vir jou het? Besef jy dat God sekere dinge vir jou beplan het en dat Hy jou so

gevorm het met jou persoonlikheid, vermoëns en passie om ʼn sekere doel in sy koninkryk te vervul?

God het ook vir jou geestelike gawes deur sy Heilige Gees gegee om die doel wat Hy vir jou het te kan

uitleef. Daar is niks soos om te weet wat jou doel is en dit uit te leef nie. Dit bring sin vir jou lewe en

gee vir jou ʼn rigting waarheen jy op pad is. Dit maak besluite makliker omdat jy weet waarvoor om ja

te sê en waarvoor om nee te sê. Dit dien en help ander mense. Visie is ʼn anker vir ons in hierdie

deurmekaar lewe.

Lofprysing en Aanbidding: Op watter manier het God jou uniek gemaak en anders gemaak as ander mense?

Op watter manier het God jou al in ander mense se lewens gebruik? Watter sin het dit in jou

lewe gebring?

Watter invloed het dit dat God regdeur jou sien en jy nêrens kan wees sonder dat Hy daarvan

weet nie?

Belydenis en Bekering Is daar areas in jou lewe wat jy nie wil oorgee aan God nie omdat jy bang is dit sal jou planne

vir jou lewe beïnvloed?

Vra en Voorbidding Vra God om vir jou ʼn vars visie vir hierdie jaar te gee? Vra Hom dat jy sal weet wat dit is wat

jy hierdie jaar moet aanpak om jou doel te bereik.

Vra die Here dat jy weer die blydskap sal ervaar van iemand wat sopas gered is sodat jou

toewyding aan Hom sal toeneem.

Vra die Here dat Hy meer in jou dit sal intand bring wat vir Hom aanneemlik is.

Doen en Gehoorsaamheid Aan watter goeie dade (Ef. 2:10) moet jy jou toewy in hierdie week? Wie het nodig om deur

jou bedien te word?

Page 16: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 10 – Bloemfontein

Lees die volgende gedeeltes: Jeremia 29:7; Matteus 6:10; Matteus 5:14; Psalm 127:1; Spreuke 11:10-11; Jesaja 62:6-7;

Handelinge 13:44; Handelinge 8:8; Johannes 4:39

Elke stad en dorp is uniek en die mense van elke dorp en stad het in ʼn sekere mate hul eie

kultuur. Bloemfontein het unieke skole, ʼn universiteit en invloed op mense wat op die ou

end regoor die land en wêreld bly. Ons is geroep vir hierdie tyd, vir hierdie stad en ons moet

die Here vertrou dat Hy ook ʼn spesifieke plan vir hierdie stad en mense het. Wanneer ons

saam met Hom werk en waarmee Hy besig is kan ons ʼn groter invloed in mense en

generasies se lewens hê.

Lofprysing en Aanbidding: Wat waardeer en geniet jy van die stad waarin jy bly? Wat is uniek van

Bloemfontein?

Water goeie dinge en mense het jy al hier beleef vandat jy hier bly?

Belydenis en Bekering Op watter manier het jy al negatief en sleg gepraat van hierdie stad wat God vir ons

gegee het om in te bly?

Vra en Voorbidding Vir watter belange van die stad kan jy bid?

In watter plekke en areas van ons stad het ons nodig om meer die koninkryk van God

te sien sodat Goddelike verandering kan kom?

Bid dat Christene invloed sal hê om die evangelie te versprei.

Bid dat Bloemfontein groter invloed sal beleef sodat ons ʼn groter geestelike impak

kan maak in mense se lewens. Bid dat daar ʼn geestelike honger in ons stad sal wees.

Bid dat die Here die stad sal bewaar en laat vooruitgang geniet.

Bid dat ons stad wyse leiers en bestuurders sal hê.

Doen en Gehoorsaamheid Op watter manier kan jy die belange van die stad bevorder in jou wêreld?

Vra die Here wat kan jy doen om Bloemfontein ʼn beter stad te maak. Luister wat Hy

sê en wees gehoorsaam.

Page 17: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 11 – Ons gemeente en kerk

familie

Lees die volgende gedeeltes: Efesiërs 2:19-22; 1 Korintiërs 12:27; Romeine 12:5, 11, 13; Filippense 1:3-11; Johannes 17:6-26;

Johannes 13:34-35; Galasiërs 6:10

Die Bybel het verskeie metafore wat gebruik word om die kerk van God te beskryf: ons is ʼn liggaam,

ʼn familie, ʼn weermag, ʼn tempel, ensovoorts. Geen familie is dieselfde nie en net so verskil die mense

in die gemeente ook. Daar is verskillende geslagte, verskillende finansiële posisies en verskillende

skoling van mense in die gemeente, maar tog kan ons een wees in Jesus Christus in sy kerk. Net soos

ons nie kan kies wie in ons fisiese familie is nie, kan ons ook nie kies wie in ons geestelike familie is

nie. God bou dit en voeg mense bymekaar om ʼn spesifieke doel te bereik.

Ten spyte van ons verskille word ons geroep om die eenheid te bewaar. Wanneer een persoon swaar

kry, voel die res dit ook. Wanneer een blydskap ervaar, lig dit die ander mense ook op. Elke lid van

hierdie liggaam is aan mekaar verbind.

Lofprysing en Aanbidding: Is daar enige iemand in ons gemeente waarsonder jy net nie jou lewe kan indink nie? Dank

God vir hulle en die vreugde wat hulle in jou lewe bring.

Wie maak dit spesiaal om kerk toe te kom op ʼn Sondag? Dank God vir name en gesigte soos

jy daaraan dink.

Belydenis en Bekering Is daar enige persone in die kerk wat jou aanstoot gegee het of wat jou irriteer? Miskien ʼn

leier waarmee jy nie saamstem nie of iemand wat iets gesê het wat jy nie waardeer het nie?

Dink aan een manier hoe jy eenheid met daardie persoon kan herbou.

Hoe kan jy om vergifnis vra vir die rol wat jy gespeel het?

Vra en Voorbidding Is daar sekere verhoudingsbehoeftes wat jy sal wil sien ontwikkel in die gemeente? Vra God

dat Hy daardie verhoudings sal bewerk. Vra God om jou moed te gee soos jy ʼn stap van

geloof neem om met ʼn geestelike familie te verbind of te verdiep.

Is daar enige iemand in jou kerk familie wat ʼn behoefte het? Bid vir hulle en vra vir God of

daar ʼn manier is hoe jy aan die behoefte kan voldoen.

Bid dat ons kerk soos familie sal voel en soos familie sal leef ten spyte van die hoeveelheid

mense. Bid vir Goddelike verhoudings tussen mense.

Wat wil jy sien moet God kom doen in ons gemeente in hierdie jaar? Vra Hom daarvoor.

Page 18: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Doen en Gehoorsaamheid As jy dink aan die idee van ʼn kerk familie, is daar iets wat jou pla of verwar? Vra die Here

waar daardie gevoelens vandaan kom sodat jy duidelikheid en vrede in jou hart kan kry.

Is daar ʼn wond as gevolg van ʼn vorige ervaring wat maak dat jy sukkel om met jou kerk

familie te verbind? Vra God om in te gryp en jou volgende stap vir jou te wys?

Page 19: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 12 – Werksplek en kollegas

Lees die volgende gedeeltes: Kolossense 3:22-24; Efesiërs 6:7; Kolossense 4:5-6; 1 Timoteus 6:1-2

God het werk geskep en Hy het ʼn spesifieke doel daarmee – of jy nou by die huis werk of in ʼn

kantoor, by die skool is of jou eie besigheid het.

Elke kollega van jou, kliënte, vennote of selfs onderwysers met wie jy te doen kry, kan iets van God

by jou leer omdat God se Gees in jou leef as Christen. Ons geloof moet elke deel van ons lewe

beïnvloed. Soos ons dit doen begin ons gesindheid teenoor ons kollegas en werk verander. Ons werk

nie meer net om voor te kom of naweek te hou nie, maar elke dag word eerder ʼn geleentheid om

God te dien en te sien dat sy Koninkryk kom.

Lofprysing en Aanbidding: Wanneer was die laaste keer wat jy God gedank het vir die geleentheid om skool, werk of

universiteit toe te gaan?

Hoe het God Homself al aan jou geopenbaar in jou klaskamer of werk hierdie jaar?

Belydenis en Bekering Watter waarde hou jou werk of rigting waarin jy studeer vir jou in? Vind jy meer van jou

identiteit in wat jy doen of wat God van jou sê?

Wat is jou gesindheid by die werk? Werk jy met jou hele hart? Sou ander wat saam met jou

werk dieselfde sê?

Dink aan jou interaksies met ander mense hierdie week by die werk, skool of universiteit.

Hoe vaar jy om vriendelik, wys en vol genade te wees met ander mense?

Vra en Voorbidding Is daar enige iemand by jou werk met wie jy sukkel om oor die weg te kom? Vra God om jou

te help met enige moeilikhede wat mag opduik.

Wat wil jy sien moet God kom doen in jou werksplek, skool of universiteit? Praat met Hom

daaroor.

Doen en Gehoorsaamheid Jy het dalk drome en begeertes vir jou werk, maar God het ook drome en begeertes vir jou.

Praat vir ʼn oomblik met God en laat Hy vir jou wys wie Hy jou geroep het om te wees in jou

werksplek, skool of universiteit.

Page 20: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 13 – Vriende

Lees die volgende gedeeltes: Prediker 4:9-12; Spreuke 17:17; 27:9, 17; 1 Korintiërs 15:33; Spreuke 12:26; 13:20

Dink vir ʼn oomblik wie sal jy wees sonder jou vriende. Wie is die vriende wat gevorm het hoe jy die

wêreld sien? Die wat jou help besluit het wat is reg en wat is verkeerd. Die mense wat jy kontak in ʼn

krisis of wanneer ʼn verhouding op gebreek het. Die mense wat na jou kinders sal kyk of jou help trek.

Prediker herinner ons daaraan dat twee beter vaar as een. Ons het vriende nodig wat ook vir God

ken om ons te help met ons eie geestelike reis. Nie net het ons daardie mense nodig nie, maar ons

moet ook daardie mense wees.

Lofprysing en Aanbidding: Op watter manier sien jy God se karakter in jou goeie vriende?

Hoe is jou lewe beter en ryker as gevolg van die mense wat God in jou lewe in gebring het?

Op watter manier was God ʼn goeie Vriend vir jou? Wat het sy vriendskap jou van vriendskap

geleer?

Belydenis en Bekering In watter area weet jy, jy was nie ʼn goeie vriend nie?

Is daar enige konflik tussen jou en jou vriende wat nog nie uitsorteer is nie?

Vra en Voorbidding Wat wil jy sien moet God in jou verander sodat jy ʼn beter vriend kan wees?

Wat wil jy sien moet God in jou vriende se lewe doen?

Wie is die laaste vriend wat jou werklik geken het? Vra God om daardie vriendskap dieper te

laat groei of om nuwe vriendskappe te bring indien daar nie meer so vriendskap is nie.

Doen en Gehoorsaamheid Wat maak ʼn mens as jou begeerte vir jou vriende nie God se begeerte vir hulle is nie? Vra

God wat Hy vir jou en jou vriende wil hê. Wag dat Hy met jou sal praat.

Op watter manier kan jy jou vriende hierdie week bemoedig? Vra God om jou iets spesifiek

vir iemand te wys.

Page 21: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 14 – Vrede in ons land

Lees die volgende gedeeltes: Romeine 12:12, 17-21; Psalm 29:11; 2 Kronieke 7:14; Johannes 14:27; 1 Tessalonisense 5:16-18;

Kolossense 4:2

Ons land is soos geen ander land nie, maar ons almal is bewus van die geweld en verkeerde dinge

wat aangaan in ons land. Ons word egter geroep om ʼn verskil te maak waar ons is, in die tyd wat ons

daar is, en dieselfde geld vir ons binne in Suid-Afrika. God se kinders is in hierdie wêreld, maar ons

burgerskap is eerstens in sy koninkryk. Alhoewel ons burgerskap hier is, is ons burgerskap in die

hemel van groter waarde en prioriteit.

Sy koninkryk se beginsels lyk anders as hierdie wêreld sin en een manier hoe sy koninkryk in ons

lewens sigbaar kan wees is as ons anders leef in hierdie land as ander mense. Ons moet lig wees en

ons moet sout wees. Ons moet lig in donker plekke bring en ons moet smaak in onsmaaklike situasies

bring. Ons woorde, denke, reaksies en dade moet anders lyk as die gewone. God het ʼn plan vir ons

land en vir ons binne hierdie land.

Lofprysing en Aanbidding: Wat waardeer jy van Suid-Afrika? Watter goeie dinge het jy in die laaste week gesien, ervaar

of gehoor. Dank God vir daardie dinge en mense.

Hoe verskil God se vrede teenoor dit wat die wêreld gee? Op watter manier het jy al sy vrede

in moeilike situasies ervaar?

Belydenis en Bekering Op watter manier het jou woorde en dade die afgelope week meer soos hierdie wêreld as

God se koninkryk gelyk?

Op watter manier het jou woorde negatiwiteit en angs in mense se lewens gebring, eerder as

vrede en bemoediging?

Kla jy eers of bid jy eers?

Vra en Voorbidding Wat wil jy sien moet God kom doen in ons land?

Watter spesifieke saak waaroor jy hierdie week gelees of gepraat het kan jy bid vir

verandering?

Vir watter leiers in ons land of groot besluite wat geneem moet word oor ons land kan jy bid?

Doen en Gehoorsaamheid Vra die Here wat jy kan doen om anders op te tree in moeilike situasies of om anders te

reageer?

Page 22: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 15 – Vryheid, Verlossing en

Genesing

Lees die volgende gedeeltes: Hebreërs 4:16; Jakobus 5:13-16; Johannes 8:31-32; Psalm 41:4; Johannes 10:10; Romeine 8:1, 1

Johannes 3:20-22

Dit is God se begeerte om ons te red van sonde, ons vry te maak van ons verlede, vir ons ʼn doel te

gee en ons deel te maak van sy familie. Ons sien selfs hierdie begeerte in die Ou Testament as God sy

mense uit Egipte wil bevry (Eksodus 6:6-8). God het nie verander nie en Jesus wil hê dat ons die lewe

in oorvloed sal beleef en geniet. Hy weet dat as gevolg van sonde is daar baie dinge in hierdie lewe

wat nie werk soos Hy dit aanvanklik beplan het nie en die duiwel het dit reggekry dat ons vasgevang

word in dinge wat ons vashou en terughou en ʼn wolk van skuldgevoel oor ons uitgooi. Baie keer

wanneer die lewe nie gaan soos ons beplan het nie, onttrek ons van God en glo die leuen dat Hy van

ons vergeet het.

Dit is egter nie die waarheid nie. God wil hê dat ons werklik vry sal wees en dat niks ons sal terughou

om alles ten volle te geniet en te beleef wat Hy vir ons beplan het – nie skuldgevoel, nie siekte, nie

leuens, en ook nie ons verlede nie. Jesus het belowe Hy sal ons nooit alleen los nie en Hy wil hê dat

ons met groot vrymoedigheid na Hom toe sal gaan.

Soos jy vandag bid, dink aan die beloftes en begeertes van vryheid wat God vir ons wil hê en wat dit

vir jou familie, skool, werksplek en buurt beteken. Onthou dat God die Wonderwerker is en niks vir

Hom onmoontlik is nie. Wat sal dit beteken as die mense naaste aan jou ook gered is, vry is, gesond

is, ʼn doel vir hulle lewe het en deel is van God se familie en ʼn lewe van oorvloed leef?

Lofprysing en Aanbidding: Wanneer was die laaste keer wat jy God gedank het vir jou verlossing?

Waarvan het God jou al bevry of genees (fisies en emosioneel) as jy terugkyk oor jou

geestelike reis? Dank God daarvoor.

Wat het jy van God in tye van swaarkry en lyding geleer?

Op watter maniere het God sy liefde aan jou bewys in hierdie moeilike seisoene? Selfs al is

ons omstandighede nie goed nie, kan ons God eer dat Hy nog steeds goed is.

Belydenis en Bekering Op watter manier het jy vergeet van die beloftes wat God gemaak het en begin vasgevang

word in leuens van die duiwel of jou eie emosies as waarheid?

Wat is jou eerste reaksie as iemand vir wie jy lief is, siek word? Hoe vergelyk dit met wat

Jakobus ons aanmoedig om te doen?

Hou jy aan bid as iemand se verlossing of siekte nie verbeter nie? Hoekom of hoekom nie?

Is daar ʼn area in jou lewe waar jy sukkel om God vir genesing te vertrou? Wees eerlik met

God daaroor.

Page 23: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Vra en Voorbidding Is daar mense wat jy ken wat siek is? Bid vir hulle genesing – fisies en emosioneel.

Watter van jou vriende of naby mense is vasgevang in een of ander verslawing of slegte

denkpatroon? Tree in vir hulle en bid dat die Here hulle sal vrymaak.

Met watter slegte gewoonte of verslawing sukkel jy al lank? Lê dit voor die Here neer en bid

vir vryheid en verlossing en genesing in daardie area.

Wat wil jy hê moet God in jou kom genees? Vra God vir sy totale genesing.

Sukkel jou geloof in tye van swaarkry, lyding en siekte? Is daar dinge wat jy in pyn gesê het

wat jy wens jy kan terugvat. Vra om vergifnis en dank Hom vir die voorreg om elke dag nuut

te begin.

Doen en Gehoorsaamheid Op watter manier kan jy die mense wat siek is, of hulle naaste familie, bemoedig? Vra die

Here om vir jou spesifieke dinge uit te wys en doen dit dan.

Page 24: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 16 – Reën en Droogte

Lees die volgende gedeeltes: Sagaria 10:1; Jeremia 14:21-22; Kolossense 4:2; Efesiërs 5:20; Handelinge 14:17; Matteus 5:45;

Jakobus 5:17-18; 1 Tessalonisense 5:18

Droogte en reën het nog altyd ʼn invloed op ons gesprekke en gemoed gehad, maar die laaste paar

jaar se droogte het dit heelwat meer intens gemaak. Daar is niks soos droogte wat ons laat besef dat

ons nie in beheer is nie en sekere dinge nie kan doen nie. Dit forseer ons om ons afhanklikheid van

God te verklaar wie die enigste Een is wat kan voorsien in hierdie area – Hy maak die reënwolke.

Maar soos wat ons tot die Here bid vir voorsiening, moet ons ook onthou om ons dankbaarheid uit te

spreek wanneer dit reën en moet ons nie vergeet om afhanklik van Hom te bly nie. Ons moet ook nie

net dankbaar wees indien God vir ons voorsien nie, maar moet ook dankbaar wees wanneer God vir

ander mense voorsien en ons kry niks nie. In sommige tye is dit moeilik om dankbaar te wees, maar

ons moet vra dat die Here ons sal herinner aan dinge waarvoor ons dankbaar kan wees.

Kom ons volhard in gebed vandag vir God se voorsiening in areas van ons land wat nog steeds gebuk

gaan onder die droogte, maar kom ons dank Hom ook vir waar Hy reeds voorsien het. Kom ons

onthou dat gewone mense se gebede deur God gehoor word en ʼn invloed op God se werke het.

Lofprysing en Aanbidding: Waarvoor kan jy die Here dank in sy voorsiening?

Op watter manier is God groter en meer in beheer as ons?

Waarvoor kan jy vandag dankbaar wees ten spyte van moeilike tye?

Belydenis en Bekering Op watter manier het jy al getwyfel in God se voorsiening?

Op watter manier was jy jaloers of het jy verwyte gehad omdat God vir ander mense of areas

voorsien het in reën, maar nog nie vir jou of jou area nie? Bely dit voor die Here, vra

vergifnis, dank God en vra weer.

Vra en Voorbidding Weet jy van spesifieke boere wat sukkel as gevolg van die droogte? Hoe kan jy vandag vir

hulle bid?

Is daar spesifieke areas wat nog met droogte sukkel waarvoor jy kan bid?

Doen en Gehoorsaamheid Op watter manier kan jy iemand wat sukkel as gevolg van die droogte vandag bemoedig?

Page 25: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 17 – Uitreike van ons Gemeente

Lees die volgende gedeeltes: Romeine 10:13-15; Matteus 28:16-20; Markus 16:15; Johannes 20:21; Psalm 96:3; Handelinge 1:8

As ons eerlike moet wees voel Jesus se Groot Opdrag soms vir ons soos die Oorweldigende Opdrag.

In plaas daarvan om te fokus hoe kompleks ons wêreld is, kan ons eerder fokus om elke dag Christus

se ambassadeurs te wees. Maak nie saak hoe groot of klein ons wêreld is nie, ons kan die goeie nuus

van God se koninkryk met mense deel. In Hom is ons gered en vry!

As ons kyk na Jesus se opdrag en hoe ons getuies moet wees in Handelinge 1:8, is daar basies drie

areas waarheen ons moet uitreik met die goeie nuus van Jesus: 1) mense wat geografies en kultureel

naby aan ons is; 2) mense wat geografies naby is, maar kultureel ver is; 3) mense wat geografies en

kultureel ver is. Almal is nie geroep na al drie areas nie, maar ons is ten minste na een van die drie

geroep. Soos jy vandag bid, dink na watter area God jou geroep het op hierdie stadium van jou lewe,

maar dink ook wat keer jou om na een van die ander areas uit te reik.

Lofprysing en Aanbidding: Hoe het jy al gesien dat God ander mense gebruik om sy evangelie te versprei? Hoe het

daardie persoon se besluit om op missie te leef, jou lewe beïnvloed?

Hoe verander die evangelie jou lewe, jou familie, jou werksplek, jou skool of buurt? Waar

sien jy die bediening van versoening tans gebeur?

Belydenis en Bekering Kan jy dink aan ʼn geleentheid waar jy weg gedeins het van ʼn geleentheid om die evangelie

met iemand te deel of om op ʼn uitreik te gaan?

Wat het jou gekeer? Wat is die vrese, twyfel of faktore wat gekeer het dat jy die goeie nuus

van Jesus deel? Niks wat jy sê sal God verras of maak dat sy liefde vir jou minder is nie.

Op watter manier maak jy verskonings om na ander areas uit te reik wat moeiliker is?

Vra en Voorbidding Bid vir ons spanne wat gereeld na Lesotho uitreik. Bid dat die Here hulle sal seën en dank

Hom vir hulle getrouheid.

Vra die Here op watter een van die drie areas van uitreik Hy wil hê jy hierdie jaar moet fokus.

Vra die Here saam met wie en waar Hy jou op missie wil hê.

Vra dat die Here sal aanhou om sendelinge en kerkplanters op te rig. Vra die Here op watter

manier jy hierdie mense kan ondersteun.

Doen en Gehoorsaamheid Lees weer vandag se verse en wag dat die Here met jou sal praat. Watter rol wil Hy hê moet

jy speel om te help dat die evangelie tot die uithoeke van die aarde versprei?

Page 26: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 18 – Geestelike herlewing in

ons land

Lees die volgende gedeeltes: 1 Kronieke 16:23-31; Psalm 85:7-8; Markus 11:24; Esegiël 37:1-14; Psalm 51:12; Psalm 80:19-20

Ons hoef nie ver te kyk om wanhoop raak te sien nie. Skakel die nuus aan. Spandeer 5 minute op

sosiale media. Ons leef in ʼn land en wêreld wat ryp is vir herlewing.

Ons het al almal, net soos Esegiël, na situasies gekyk wat vir ons onmoontlik lyk – verwerping,

verraad, verslawing, verlore kinders of sukkel om kinders te kry. Esegiël het egter alle twyfel opsy

geskuif en begin profeteer. Wat gebeur het was nuwe lewe en ʼn groot weermag vir die Here.

Die Here het lewe in dooie, droë bene gebring. Wat sal gebeur as ons elke dag opstaan en vertrou

dat ons nog steeds dieselfde Here dien wat lewe en herlewing kan bewerk in ons land en in ons

wêreld?

Lofprysing en Aanbidding: Waar het jy gesien bring God lewe na iets wat dood was? Miskien was dit ʼn verhouding, ʼn

droom of ʼn loopbaan.

Wat het jy van God se getrouheid en liefde in daardie situasie geleer?

Belydenis en Bekering Is daar areas in jou lewe waar jy moed op gegee het omdat dit onmoontlik voel of voel dat

dit te ver al gegaan het? Waar het jy geloof verloor?

Hoe sag is jou hart teenoor God? Hoe hanteer jy teleurstellings en wanhoop?

Vra en Voorbidding Waar wil jy herlewing sien gebeur in jou wêreld? Vra die Here om vir jou te wys hoe jy kan

bydra om herlewing in jou huis, gemeenskap en werksplek te bring.

Waar wil jy herlewing in die kerk sien? Vra die Here dat Hy sy kerk met vreugde, eenheid,

vrymoedigheid, heiligheid, vrygewigheid, selfvertroue en gehoorsaam sal vul.

In watter area van ons land wil jy herlewing sien gebeur? Vra die Here vir leiers in daardie

areas wat Jesus Christus sentraal in hulle lewe het.

Doen en Gehoorsaamheid Lees deur Psalm 51 en maak hierdie woorde jou eie. Kyk watter reël of vers in hierdie Psalm

jou hart aanraak en wag dat die Here spreek. As jy aan die einde van die Psalm kom, dink na

oor wat God vir jou gesê het. Herlewing begin eers met onsself en om dit wat ons oor onsself

sê in lyn te kry met wat God van ons sê.

Page 27: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 19 – Finansies

Lees die volgende gedeeltes: Matteus 6:25-33; 2 Korintiërs 9:8; Filippense 4:19; Handelinge 20:35; 1 Timoteus 6:10, 17; Psalm

23:1; 1 Kronieke 29:10-14; Lukas 6:38

Finansies is seker een van die moeilikste areas in ons lewe waarin ons moet leer om God te vertrou.

Elke keer wat Jesus oor finansies geleer het, het Hy ʼn element van vrees in ons lewe aangespreek wat

ons moet opgee. Om God met ons finansies te vertrou is om beheer van ons materiële vangnet op te

gee. Maar wanneer ons beheer opgee en Hom toelaat om in beheer te wees, ervaar ons sy beloftes

om vir ons te voorsien.

God is die eienaar van alles. Hy versprei weelde volgens sy wysheid en genade. God sê nie dat geld

self goed of sleg is nie, maar dat die liefde vir geld – geldgierigheid – wel die wortel is van allerlei

kwaad. God is nie ʼn genie in ʼn bottel nie. Hy beloof nie om elke materiële droom van ons in

vervulling te bring nie, maar Hy beloof om aan ons te gee wat ons nodig het. Hy vereis ook dat ons

goeie bestuurders sal wees van dit wat ons reeds het, Hom te vra vir wat ons nodig het en Hom te

vertrou om te voorsien.

Om God met ons finansies te vertrou, gaan nie oor die geld nie, maar oor ons harte. Is ons bereid om

gehoorsaam te wees aan God en te vertrou dat Hy vir ons sal sorg?

Lofprysing en Aanbidding: Hoe het God al vir jou voorsien? Waarvoor kan jy Hom vandag dank?

Op watter manier was ander mense al vrygewing teenoor jou? Oor wie kan jy vandag die

Here dank?

Belydenis en Bekering As dit kom by jou finansies, in watter areas is jy bekommerd of streef jy?

Sukkel jy om vrygewig te wees en te deel? Hoekom dink jy?

1 Timoteus 6:17 sê dat God alles aan ons ryklik gee om te geniet. Is daar iets wat jy as

vanselfsprekend aanvaar het of voel jy het dit verdien?

Is daar ʼn manier hoe jy nie God met jou finansies vertrou het nie? Bely dit aan Hom, vra om

vergifnis en vra Hom om jou te help om Hom te vertrou.

Vra en Voorbidding God het alles gemaak en alles behoort aan Hom wat beteken dat Hy kan voorsien in alles wat

ons nodig het. Wat wil jy vandag vir jou hemelse Vader vra? Spandeer tyd om met Hom te

praat.

Doen en Gehoorsaamheid In watter area van jou finansies wil jy God se hand sien? Is daar ʼn besluit wat jy uitstel of ʼn

offer wat jy oorweeg om te gee? Neem ʼn oomblik en wag dat die Here met jou praat oor jou

finansies.

Page 28: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 20 – Vrywilligers en bedienings

Lees die volgende gedeeltes: 2 Korintiërs 5:20; Matteus 9:35-38; Matteus 6:20-21; 1 Korintiërs 15:58; Galasiërs 5:13; Filippense

2:13

Die werk is altyd meer as wat daar mense is om die werk te doen. Jesus het aan sy dissipels gesê dat

hulle moet bid en die Here vra vir werkers. Daardie opdrag is nog steeds van toepassing vir sy

volgelinge. Ons is almal gered en geroep vir bediening – ons verteenwoordig Hom op aarde. God het

ons gevorm vir bediening en vir ons gegee wat ons nodig het om sy werk te doen. Dit is Hy wat ons

gewillig en bekwaam maak om sy wil te doen.

Ons moet oorvloedig wees in die werk van die Here omdat dit help bou aan sy koninkryk wat tot in

alle ewigheid gaan bestaan. Dit wat ons vir die Here doen wanneer ons ander mense dien, gaan vir

eeue nog punte tel. Daar is elke dag geleenthede om ander mense te dien en daar is ook talle areas

van bediening by ons gemeente. Ten einde alles te maak werk by ons gemeente is daar baie mense

nodig wat iets doen. Soos jy vandag bid, dank die Here vandag vir elke persoon wat dien by die kerk

en oorweeg op watter manier jy betrokke kan raak.

Lofprysing en Aanbidding: Vir watter persone wat by die kerk dien, is jy dankbaar voor?

Watter geleenthede het God al vir jou gegee om ander mense te dien? Hoe wonderlik is dit

nie dat die God van die heelal met ons hande wil vat om te help bou aan sy koninkryk hier op

aarde nie.

Belydenis en Bekering Gee jy van jou tyd en energie om God te dien en te help bou aan sy koninkryk of word alles

opgeneem in wat vir jou belangrik is?

Op watter manier gebruik jy jou Godgegewe gawes en talente om Gode te eer en ander

mense te help sodat sy koninkryk gebou kan word en mense Jesus Christus beter kan leer

ken?

Vra en Voorbidding Sukkel jy om ʼn geleentheid te kry om ander mense te dien? Vra die Here om vir jou

geleenthede te wys waar jy kan dien.

Is daar areas waar die geleenthede om God te dien groter is as die hoeveelheid mense? Vra

die Here om nog arbeiders te stuur.

Bid dat nog mense bereid sal wees om by een van ons diensareas in te skakel by die

gemeente?

Doen en Gehoorsaamheid Vra die Here waar wil Hy hê moet jy dien en watter persone moet jy dien. Raak stil voor Hom

en luister wat Hy sê. Doen dan wat nodig is om gehoorsaam te wees daaraan.

Page 29: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Dag 21 – Koninkryk en

Ewigheidsperspektief

Lees die volgende gedeeltes: Matteus 6:10; Lukas 11:2; 1 Korintiërs 3:12-14; 16:13-14; Matteus 6:20; Kolossense 3:1-3

Vir ʼn koninkryk om te bestaan moet daar ʼn koning wees en hoe wyer die koning regeer, hoe groter

word sy koninkryk. Wanneer ons dink aan God se koninkryk moet ons besef dit is nie van hierdie

wêreld nie en die beginsels wat geld in God se koninkryk lyk anders as beginsels in hierdie wêreld. Dit

is ook nie ʼn koninkryk wat kom en gaan soos mense nie, maar ʼn koninkryk wat in alle ewigheid gaan

bestaan.

Wanneer ons bid vir God se koninkryk moet ons dink in terme van wyer en dieper – sy heerskappy

moet wyer en dieper gaan. In ons wêreld is daar mense wat nie God ken nie en areas waar God se

beginsels en waarhede nie gevolg word nie. Wanneer ons bid dat God se koninkryk in daardie mense

se lewe kom of in daardie area of organisasie kom, bid ons vir ʼn wyer koninkryk. Wanneer ons egter

na ons eie lewe kyk, kan daar dalk areas wees wat nog nie ten volle oorgegee is aan God se

heerskappy nie en wanneer ons bid en dit oor gee, word God se koninkryk dieper in ons eie lewe.

Ons fokus moet nie net op hierdie wêreld en die dinge van hierdie wêreld wees nie. Ons as Christene

moet op Jesus gefokus wees en wat vir Hom belangrik is. Ons moet meer leef met ʼn wete dat ons ʼn

ewigheid saam met Hom gaan wees en dat hierdie wêreld nie al is wat daar is nie, en ook nie vir altyd

gaan bestaan soos God se koninkryk nie. Ons moet in hierdie korttermyn wêreld gefokus wees om

voor te berei vir ʼn wêreld wat vir ewig gaan bestaan.

Lofprysing en Aanbidding: Watter mense se lewens, families en wêrelde het verander as gevolg van God se koninkryk

wat ʼn verandering gebring het? Dank God daarvoor.

In watter areas van jou lewe is daar oorwinning en verandering as gevolg van God se

beginsels en waarhede wat jy aanvaar het en toegepas het?

Belydenis en Bekering Op watter manier is jy meer gefokus op jou werk, lewe en ideale as God se koninkryk?

As jy jou lewe moet evalueer, is jy besig om te bou aan dinge wat vir ewig gaan bestaan of

dinge wat nie die toets van God sal weerstaan nie?

Is jy besig om skatter in die hemel bymekaar te maak? Op watter manier het jy die afgelope

maand?

Vra en Voorbidding Watter mense ken jy wat nog nie vir Jesus aangeneem het as Verlosser en Leier van hulle

lewe? Hoe kan jy bid dat God se koninkryk daar kom?

Vir watter areas in jou wêreld kan jy bid dat God se waarheid en beginsels gevolg sal word?

Page 30: DAE GEBEDSGIDSkerk.co.za/wp-content/uploads/2020/02/21-Dae-Gebedsgids.pdf · 2020-02-16 · gehoorsaam is aan dit wat Hy vir ons sê in gebed, het ons die geleentheid om te groei

Watter areas van jou lewe is nie totaal oorgegee aan God nie? Vra die Here om vir jou te wys,

en reageer dan soos Hy dit vir jou uitwys.

Doen en Gehoorsaamheid Vra die Here in watter areas van jou lewe is jy besig om met “hout, gras of strooi” te bou. Vra

die Here hoe om dit te verander. Luister wat Hy vir jou sê en neem die volgende stap in

geloof en gehoorsaamheid.