Upload
ng-puk-kandelaar
View
226
Download
4
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Â
Citation preview
1
FEBRUARIE 2014
Die Blaker nuusblad, blaker gemeentenuus uit aan enigeen wat belangstel in die doen en
late van die NG Studentegemeente PUK-Kandelaar op die Potch-kampus van die NWU
EERSTEJAARSKAMPE 2014
Wat ‘n reuse sukses was die kampe nie die jaar nie!!
Ons het weggespring en op Dinsdag 7 Januarie 2014 met 349 studente wat na
onderskeidelik Ruach en Lagayim vertrek het per bus. Ons het ‘n wonderlike geesvervulde
week beleef en kontak met die eerstejaars gemaak wat saam gaan kamp het.
2
WinC
Women in Christ is ons eie damesbediening op kampus. Ds Sanré Benade vergader elke
Woensdagoggend om 06:00 met die dames by Die Jonge Akker op kampus.
Die groep het geweldig gegroei van ongeveer 20 dames na oor die honderd in Februarie
2014. Ons dank die Here vir die wonderlike bediening. Tydens Februarie 2014 se massa
opkoms het dit net weereens bewys dat ons jeug en jong dames ‘n honger na God se Woord
en Liefde soek.
Ons nooi alle jong dames om in te skakel by ons.
Alumni studente en ouers kan finansiële bydraes maak aan die groep vir besoekende predikers,
sprekers en geleenthede @ NG PUK Kandelaar ABSA Tjek, 670590542.Potchefstroom.
VERWYSING: WinC
F I N A N S I E S
Die Sinode van Wes Transvaal het op hul Sinodale Sitting die besluit geneem om te sny aan
die subsidie wat aan Kandelaar Studentegemeente betaal word.
Dit beteken dus dat ons deur middel van bykomende en aanvullende debietorders,
donasies, dankoffers en projekte ons eie fondse sal moet genereer in die toekoms om die
verskil op te maak. Kandelaar het nie ‘n vaste gemeente tal en inkomste soos ander
gemeentes nie omdat ons slegs met studente werk en hulle nie noodwendig tiendes aan ons
afdra nie. ouers en skenkers speel hier ‘n baie groot en belangrike rol om
Studentebediening te dra.
U kan betrokke raak op enige van die bostaande keuses.
Elke debietorder of direkte bankinbetaling maak ‘n reuse verskil in ons begroting. Ons
bediening is so geseënd op kampus en ons dank die Here daarvoor.
Baie dankie vir die ondersteuning wat u bereid is om te gee aan u kind se gemeente..
Kandelaar Studente en gemeentelede is geborge en versorg omdat u omgee.
‘n Spesiale dank aan die ouers en studente wat dankoffers en donasies inbetaal het oor die
afgelope paar maande. Mag julle geseën word. Ons waardeer julle ondersteuning opreg.
3
BYBELSKOOL 2014
Kandelaar het ons eie
Bybelskool wat elke
Dinsdagaand in twee sessies
aangebied word
om 18:00 en 21:30
Ons ervaar ‘n wonderlike
honger onder die studente vir
kennis vir die Woord. Ons
bywoning het so gegroei dat
ons die aanbieding moes skuif
in Januarie 2014 vanaf ons
kerkkantoor se gebou na NG
Bult se fasiliteite om almal te
kan akkommodeer.
Die studente geniet die
Bybelskool aanbieding en kan
vrylik vrae stel oor kwessies
waaroor hul twyfel en
antwoorde op soek.
Om saam te verkeer om die
Woord van God in n
ontspanne “buite die Kerk”
verband gee die studente
vrymoedigheid om kwessies te
ondersoek wat hul moeilik op
hul eie sou antwoorde op kry.
Di. Benade en Burger wissel
die aanbiedinge af met
interessante materiaal en
onderwerpe
Hoe groot is die Here se Genade en Teenwoordigheid.
Kandelaar hou jaarliks vyf Amfidienste. Tydens ons diens
op 26 Januarie ontvang ons die eerstejaars vir hulle
eerste Amfi belewenis.
Die Amfi was tot vol kapasiteit toegepak onder studente.
Ons skatting is dat daar ongeveer 3500+ studente
teenwoordig was. Tydens ons tweede Amfidiens loots ons
ook ons nuwe preekreeks wat oor die volgende ses weke
loop.
Romeine 12 word oopgemaak en ontleed vir die studente
en ons laat maak spesiale sleutelhouers wat saam met
die reeks uitgedeel word.
Die sleutelhouers is funksioneel en studente kan elke dag
kyk daarna en hulself herinner waarvoor ons staan as
jong Christene op kampus.
Hulle word uitgedaag om die belewenis van egte
spirualiteit mee te maak.Die relevante preke is ook
beskikbaar op youtube indien u sou wou luister daarna.
http://www.youtube.com/user/PukkeKandelaar
4
MALAWI:
FRANKRYK:
GOOD DEEDS
5
HILLBROW UITREIK
Kandelaar Pukke +2718 299 2592
www.ngpukkandelaar.co.za
http://www.youtube.com/user/PukkeKandelaar
6
DEBIETORDER MAGTIGING
NG PUK KANDELAAR STUDENTEGEMEENTE
NAAM & VAN (OUER) _____________________________________________________
EPOSADRES ______________________________________________________________
TEL/SEL __________________________________ ____________ (baie belangrik asb)
NAAM VAN STUDENT ___________________________________________________
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geagte Kerkraad, PUK-Kandelaar:
Ontvang hiermee my ooreenkoms vir maandelikse bydraes aan NG Puk Kandelaar
Studentegemeente. Ek aanvaar dat die fondse beskikbaar gestel sal word die werk van die
Here
Die besonderhede van my bankrekening is soos volg:
BANK ______________________________TAK ______________________
REKENINGNR ___________________________(TJEK / SPAAR / KREDIETREK)
NAAM VAN REKENINGHOUER_____________________________________________
Debietorderinstruksie aan Bank:
Die bedrag wat as vrywillige bydrae aan NG PUK Kandelaar Studentegemeente uit my
rekening soos hierbo aangedui gedebiteer sal word, beloop maandeliks
R _________________________. Aktiveer asb die aftrekorder vanaf datum
______________. Hierdie debietorder sal slegs deur my gekanselleer word op voorwaarde
dat ek 30 dae skriftelik kennis sal gee aan bogenoemde kerk. Ek verstaan dat ek op geen
terugbetaling van enige bedrag geregtig sal wees nie. Debietorders gaan die 2de van elke
maand af op ons ABSA stelsel
___________________________ _________________
Handtekening van rekeninghouer Datum van magtiging
DONATEURE BYDRAES
Rek Naam NG PUK Kandelaar
Bank ABSA Tjekrekening
Rek nr 670590542
Takkode 335128
7
Frans Burger is gekoppel aan NG Bult gemeente as
leraar maar dien voltyds as studenteleraar by Kandelaar.
Hy het n besonderse aanvoeling vir die studente en het ‘n passie vir
studentebediening op kampus.
Hy is getroud met Riana en hulle het vier seuns. As gesin geniet hulle
ook die buitelewe, kamp, stap, braaivleis en rugby
Kontakbesonderhede:
018 299 2593 / 018 293 2145 / 079 524 3864
Ursula Wijnberg is Kandelaar se bekwame en vriendelike
Sekretaresse.. Sy is getroud met Harmen en hulle het twee
kinders (24 en 21). Ursula is op haar pos in die
gemeentekantoor op kampus (Gebou E10, naby die hoofingang
van die PUK) vanaf 8h00 tot 14h00.
Kontakbesonderhede:
[email protected] Tel:018 299 2592 / 079 494 7999
Sanré Benadé Sanre is Kandelaar se leraar wat n dinamiese
bediening op kampus het. Sy is ook die stigter van die WinC
(Women in Christ) bediening. Sanré reis graag en is lief vir die
bosveld
Kontakbesonderhede:
018 299 2593 / 082 555 3024
Izelle Claassen is Kandelaar se uiters bekwame musiek
aangeleentheid Bestuurder. Izelle is Kandelaar se hart se
punt en sy sorg vir al die musiek en opleiding by ons. Izelle is
ook kunstenaar in eie reg
0825571456