16
swartland en weskus die courant Uitgawe 164 tel 022 487 3221 14 Maart 2012 hugenotestraat 11, malmesbury gratis SA Toutrek lok baie na MBury Onthou: Kansa se Relay for Life Saterdag op Malmesbury SM Burgemeester gesels Alle paaie lei hierdie naweek na Malmes- bury, waar ongeveer 40 skole van regoor die land saamtrek vir die Suid-Afrikaanse Junior Toutrek-kampioenskappe wat vir die eerste keer op Malmesbury gehou sal word. Ongeveer 221 spanne sal Vrydag en Sater- dag meeding op die Swartland skougronde, nadat al die spanne Donderdagaand in die verkoopslokaal van Malmesbury Toyota in- geweeg word. Terwyl al die slaapplekke op Malmesbury en die omgewing vol bespreek is vir die naweek, is die voorbereiding op elke ander vlak in rat om die geraamde 2 500 ekstra besoekers op Mal- mesbury te kan huisves. Bennie Geldenhuys is vir die afgelope twee jaar die afrigter van Hoërskool Swartland se spanne en is vol vertroue dat dié byeenkoms op eie bodem die saak van toutrek in die Swart- land sal bevorder. “Dié byeenkoms behoort baie belangstel- ling in toutrek uit te lok. Ek voorsien dat ons voortaan meer kinders sal kry wat ook by dié sport wil aansluit.” Geldenhuys is self ‘n bekende in toutrek- kringe, nadat hy 25 jaar gelede begin toutrek het. Hy het die Suid-Afrikaanse toutrekspan drie keer verteenwoordig en voorsien dat die sterkste spanne vanjaar uit die Boland sal kom (Drostdy), asook die Suid-Kaap (Oakdale en Van Kerwel op George). “Verder is Jan Kriel vanjaar lekker sterk. Ek verwag darem self goeie resul- tate uit minstens drie van my eie spanne,” het Geldenhuys voorspel. Waarna moet die leek kyk wanneer hy die eerste keer gaan kyk na die toutrek op Mal- mesbury? “Die groot geheim in toutrek lê in die spanwerk. Verder is die aanvoerder van elke span baie belangrik, want hy moet die oppo- nerende span kan lees, en die ritme en span- werk van sy eie mense bestuur,” het Gelden- huys aanbeveel. * By die skougronde sal die ouerkorps gerat wees met die verkoop van 600 kg warm aartap- pelskyfies, 800 warmbrakke, 1 000 hamburgers, 2 000 warm broodjies, 400 ontbyt ‘buns’ met spek en eiers, pasteie, samoesas en kerrie-vet- koeke, terwyl die Voortrekkers sal regstaan met ongeveer 2 000 pannekoeke. Terwyl die skool- spanne weerskante van die toue kom- peteer, kan die ouers ontspan in die tee- tuin, of dalk reeds Vrydagaand by die ondersteunersbraai bywoon, waar heerlike etes teen R40 per per- soon geniet kan word (skakel die skool om te bespreek). Toegang by die hekke is R10 per per- soon en kinders met skoolklere aan, kry gratis toegang. Donderdag is die inweeg en registrasie van 10:00 tot 17:00. Vrydag tree die spanne reeds om 07:30 aan terwyl hulle Saterdag van 07:45 gereed moet wees. Ná meer as 56 jaar agter die note van die NG Kerk op Riebeek-Wes se orrel, het Nic Mostert (Oom Mossie) Sondag die tuig neergelê. Saam met Mostert (links) is sy twee kinders Rouxdie (links agter) en Nicola (voor) asook Henri Warnich (regs agter) en ds. Andre Duvenhage. Oom Mossie bêre bladmusiek eers 164a.indd 1 2012/03/14 07:42:52 AM

die courant 14 maart 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

grootste goeie nuus koerant in die swartland

Citation preview

Page 1: die courant 14 maart 2012

swartland en weskus

die swartland en weskusswartland en weskuscourantU

itgaw

e 16

4

tel 022 487 3221 14 Maar t 2012 hugenotestraat 11, malmesbur y

gratis

SA Toutrek lok baie na MBury

Onthou: Kansa se Relay for Life Saterdag op Malmesbury SM Burgemeester gesels

Alle paaie lei hierdie naweek na Malmes-bury, waar ongeveer 40 skole van regoor die land saamtrek vir die Suid-Afrikaanse Junior Toutrek-kampioenskappe wat vir die eerste keer op Malmesbury gehou sal word.

Ongeveer 221 spanne sal Vrydag en Sater-dag meeding op die Swartland skougronde, nadat al die spanne Donderdagaand in die verkoopslokaal van Malmesbury Toyota in-geweeg word.

Terwyl al die slaapplekke op Malmesbury en die omgewing vol bespreek is vir die naweek, is die voorbereiding op elke ander vlak in rat om die geraamde 2 500 ekstra besoekers op Mal-mesbury te kan huisves.

Bennie Geldenhuys is vir die afgelope twee jaar die afrigter van Hoërskool Swartland se spanne en is vol vertroue dat dié byeenkoms op eie bodem die saak van toutrek in die Swart-land sal bevorder.

“Dié byeenkoms behoort baie belangstel-ling in toutrek uit te lok. Ek voorsien dat ons voortaan meer kinders sal kry wat ook by dié

sport wil aansluit.”Geldenhuys is self ‘n bekende in toutrek-

kringe, nadat hy 25 jaar gelede begin toutrek het. Hy het die Suid-Afrikaanse toutrekspan drie keer verteenwoordig en voorsien dat die sterkste spanne vanjaar uit die Boland sal kom (Drostdy), asook die Suid-Kaap (Oakdale en Van Kerwel op George). “Verder is Jan Kriel vanjaar lekker sterk. Ek verwag darem self goeie resul-tate uit minstens drie van my eie spanne,” het Geldenhuys voorspel.

Waarna moet die leek kyk wanneer hy die eerste keer gaan kyk na die toutrek op Mal-mesbury? “Die groot geheim in toutrek lê in die spanwerk. Verder is die aanvoerder van elke span baie belangrik, want hy moet die oppo-nerende span kan lees, en die ritme en span-werk van sy eie mense bestuur,” het Gelden-huys aanbeveel.

* By die skougronde sal die ouerkorps gerat wees met die verkoop van 600 kg warm aartap-pelsky� es, 800 warmbrakke, 1 000 hamburgers, 2 000 warm broodjies, 400 ontbyt ‘buns’ met

spek en eiers, pasteie, samoesas en kerrie-vet-koeke, terwyl die Voortrekkers sal regstaan met ongeveer 2 000 pannekoeke.

Terwyl die skool-spanne weerskante van die toue kom-peteer, kan die ouers ontspan in die tee-tuin, of dalk reeds Vrydagaand by die ondersteunersbraai bywoon, waar heerlike etes teen R40 per per-soon geniet kan word (skakel die skool om te bespreek).

Toegang by die hekke is R10 per per-soon en kinders met skoolklere aan, kry gratis toegang.

Donderdag is die inweeg en registrasie

van 10:00 tot 17:00. Vrydag tree die spanne reeds om 07:30 aan terwyl hulle Saterdag van 07:45 gereed moet wees.

Ná meer as 56 jaar agter die note van die NG Kerk op Riebeek-Wes se orrel, het Nic Mostert (Oom Mossie) Sondag die tuig neergelê. Saam met Mostert (links) is sy twee kinders Rouxdie (links agter) en Nicola (voor) asook Henri Warnich (regs agter) en ds. Andre Duvenhage.

Oom Mossie bêre bladmusiek eers

164a.indd 1 2012/03/14 07:42:52 AM

Page 2: die courant 14 maart 2012

2 14 Maart 2012courantmenings/nuus

dis goeiedeur: Dr. Andrew Bosman

nuus

diecourant

Kontak die courant by 022 487 3221;faks 086 699 6276; epos [email protected]

www.diecourant.co.za

Van Essen verjaar en gesels oor sy gunstelinge

Die kaartjie-wenners van die optrede van Onbeskaamd môreaand, is Mariska du Plessis, Zelda Esterhuizen, Lieb Liebenberg, Christa Conradie en Theresa Kellerman.Die kaartjies sal by die deure beskikbaar wees. Die konsert begin om 19:00.

Hoe het u oorspronklik in die poli-tiek beland? Deur die Malmesbury belasting betalersvereniging. Maar my belangstelling is meer in munisi-pale wese as in politiek a.g.van my jare in die publieke sektor. Met ons aankoms in Suid Afrika het ek vir 4 1/2 jaar by die destydse Malmes-bury Afdelingsraad gewerk en daar-na vir 4 jaar as assistent ingenieur vir Malmesbury Munisipaliteit.

Van waar het u oorspronklik ge-

kom? Is dit die plek waar u moeder steeds woon? Dorp: Ideard, Provin-sie Friesland, die Noordelikste Provinsie van Nederland. Maar emi-greer sit in die van Essens se bloed. My pa se broer is ge-emigreerds na Frankryk en sy suster (my tante) na Suid Afrika.

Watter werk het u vader gedoen?

Bestuurder van ‘n melkveeplaas met friesbeeste. Doedtie en ek is altwee opgegroeid in die landbou omge-wing want haar pa was mede-eie-naar van ‘n melkveeplaas.

Is daar nog naby familie wat

naby u moeder woon (soos broers/susters.) Ja my broer en twee susters woon ook in het Friese dorp Grou waar my moeder ook woond. My vrou, haar drie broers en ‘n suster woon ook in Nederland. Dus Doedtie en ek is die enigste kinders van ons twee se ouers wat emigreerden.

Praat julle steeds jul taal van oor-

sprong in die huis? Doedtie en ek praten normaalweg Fries maar as die res van die familie kom kuier is

dit Afrikaans. Hoe laat begin die burgemeester

se dag? Opstaantyd is ongeveer 06:00 en die werksdag begin mees-tal met die oopsluit van die Swart-land munisipaliteit se deure so tus-sen 07:00 en 07:10.

Wat doen u op u afdae (Bestaan

daar so iets??) Werk op die “lap-top” of lees ‘n boek. Of kuier by die kinders en kleinkinders.

Wat lees u graag (buiten al die no-

tules en noodsaaklike leesstof)? Fik-sie soos Deon Meyer, Clive Cussler en Dan Brown. Baie jare terug was dit Konsalik.

Wat irriteer u? Mense wat lui is en

laat op die werk kom. Wat maak u bly (buiten die SM se

skoon oudit!)? Om elke dag te kan diens lewer aan die Swartland in-woners.

Wat is u gusteling-kosse? Sop -

Varktjops met Aardappels en Blom-kool – Gebakte poeding met vla. En melkskommels.

Wat is u kosbaarste besitting -

daardie item wat ‘n mens gryp as alles begin brand? My “laptop” en my vrou.

Het u dalk ‘n kosbare versameling

van iets, soos daardie mense wat sout- en peperpotjies/knipmesse/kieries/teelepels versamel?

“Powerpoint”-voorleggings op

my “laptop”. En amper die volle reeks van Konsalik-boeke.

Glo u in nuwejaarsvoornemens?

Ja, maar dit hou normaalweg net een dag.

As u weer u lewe van voor af kon

beplan, wat sou u graag verander?? Niks

U word reeds geloof vir die SM se

nuwe rioolstelsel, asook die nuwe afvoerstelsel wat saam met die pad-werke na Riebeek se kant toe aange-bring word - watter mikpunte het u nog vir u termyn as burgemeester?? Om alle dorpe ‘n hart te gee (Eie identiteit te gee en uit te bou). Ar-moede te verminder. Om aan alle inwoners dieselfde basiese dienste op hoë standaard te kan gee. Om die N7 as ‘n dubbelpad te sien waar word.

Watter boodskap het u vir die

mense van die Swartland, veral in die lig van stygende kostes en die huidige ekonomiese klimaat? Kla minder, waardeer meer. Wees tevre-de met wat jy het. Meer as 70% van die wêreld se bevolking leef in baie grotere armoede as ons in die Swart-land. Met die min � nansiële bronne beskikbaar, maar met uitmuntende munisipale bestuurder, bestuur-span, personeel en raadslede lewer Swartland die bes moontlike diens aan sy inwoners. Indien die inwo-ners ‘n nog betere diens wil hê, sal hulle ongelukkig baie meer daar-voor moet betaal.

Die Swartland Munisipaliteit

se burgemeester, Tijmen van Essen, het gister verjaar.

Sy ma uit Nederland kuier op Malmesbury. die courant het gaan

inloer en toe was al die vroue in Van Essen se

lewe saam. Hy vertel bietjie meer

van die mens Tijmen van Essen.

Kom laat ons ons broer verkoop

Josef se verhaal in Genesis het baie ooreenkomste met Je-sus in die Nuwe Testament. Hy was sy vader se geliefde seun.

Die drome wat hy gedroom het van die gerwe wat voor sy gerf buig en die son en die maan wat voor hom kom buig, was vir sy vader en sy broers nie aanvaarbaar nie. Dit was vir Josef seker ook vreemd, maar baie duidelik en daarom het hy dit seker vertel.

Dit het sy broers nie goed gestem teenoor hom nie. Sy vader stuur hom om na sy broers se welstand te vra, die broers sien hom kom en besluit om hom dood te maak. Juda, een van sy broers, sê aan hulle dat daar geen voordeel in is om hulle broer dood te maak nie, kom ons verkoop hom liewer.

Ons is in die lydenstyd, Jesus word ook deur Judas verkoop. Josef se broers het vir mekaar gesê hulle sal graag wil sien wat nou van sy drome gaan word. Sy drome het waar geword.

Jesus se vyande het ook so gevoel toe Hy oorgelewer is en doodgemaak word. Maar Hy het opgestaan uit die dood. Ons aanbid ‘n Lewende God wat in alle omstan-dighede in staat is om vir ons te sorg.

Die Swartland-burgemeester het vandeesweek sy verjaarsdag gevier saam met die vroue in sy familie. Links agter is sy dogters, Sandra Cra� ord, Linda Cotter en Marijke Cra� ord. Voor is kleindogter Jana Cra� ord, sy ma Houkje van Essen uit Nederland, Bianca Cra� ord (kleindogter), sy vrou Doedtie en Mo-nique Cra� ord (kleindogter).

Aan die touAs daardie twee spanne die � uitjie hoor, is dit ‘n teken vir die eerste salvo’s in die magstryd.

Daar is verskeie taktieke wat gebruik word. Som-mige meen dit moet toudruk genoem word. Diegene sê jy trek nie aan die tou nie. As dit goed gaan, trek jou arms ook nie. Jou arm is net daar om jou liggaam stewig aan die tou te anker. Eintlik druk jy met jou bene weg en tree vir tree na agter.

Van die sterk spanne, as hulle op die agtervoet is (eintlik op die voorvoet volgens die spreekwoord), gaan hang half staties en sluit in daardie posisie. Dit maak die opponente moeg en seer vir ‘n makliker doodskoot.

Die groot toutrek op Malmesbury, SA Junior Kampi-oenskap, vind die naweek plaas.

Toutrek is ‘n sport en die sport moet tog immers seëvier.

Net ironies hoe daar nou (soos seker maar altyd) ook ‘n paar ander magstryde (toutrekkery) afspeel.

Die betrokkenes moet net onthou, midde elke klein magstryd (teleurstellings ingesluit) moet elke skool bó sy beheerliggaam, rugby bó owerhede se skorsingbe-heptheid, kinders bó ouers se aansienhonger en die gemeenskap bó enkele sakelui se belange eerste kom.

164a.indd 2 2012/03/14 07:43:05 AM

Page 3: die courant 14 maart 2012

314 Maart 2012 courantnuus

Die sewende jaarlikse Christusfees is die naweek op Porterville gehou.

Elvis Blue en Riana Nel (bo) was onder die gewilde kunstenaars wat Vrydag en Saterdag opgetree het.

Saterdagoggend vroeg was daar weer ‘n pretdraf vir Bybels en daarna het Jan-nie de Beer, Springbok rugbyspeler, as spreker by die ontbyt gepraat oor hoe om jou huis te herstel.

Die fees se Facebook-blad was “nog nooit so besig na enige van ons vorige feeste nie”, het Danie Gous voorsitter van die fees gesê.

Volgende jaar se datum vir die fees is 8-10 Maart 2013.

Top sangers bekoor op Porterville

Die tagtigjarige meneer Mossie (Nic) Mos-tert het Sondag sy loopbaan as orrelis by die NG gemeente Riebeek-Wes afgesluit ná 56 jaar.

Meneer Mostert het hom 56 jaar gelede op Riebeek-Wes gevestig as musiek-onder-wyser by die destydse Middelbare Skool op Riebeek-Wes, waar hy skoolgegee het tot 1992. Daarna het vir nog 10 jaar lank privaat musieklesse gegee.

Intussen het hy aaneenlopend die orrel bespeel. “Ek het nooit getel vir hoeveel troues ek die troumars gespeel het nie!” gesels Oom Mossie, soos hy oral bekendstaan.

Hy het ook by geleenthede die orrel saam met sy blok� uit gespeel en ook een keer die trompet saam met die orrel.

Tydens die afskeidseremonie Sondag is hy geloof vir sy toewyding en entoesiasme vir die begeleiding en die kore, wat hy vir baie jare met groot sukses afgerig het.

“Mossie het oor die jare‘n integrale rol in die kultuurlewe van die gemeenskap gespeel. Hy sal altyd onthou word vir die baie kore wat hy afgerig het. Hierdie kore het menigmaal in die kerk opgetree en ook by kultuuraangeleenthede. Hy het in die skool ‘n liefde vir musiek en sang by die kinders gekweek.

“Mossie het saam met Elsa en sy gesin onmeetbare waarde toegevoeg tot Riebeek-Wes.”

Só het Henri Warnich, ‘n jarelange vriend, wat 10 jaar oud was toe Oom Mossie as jong man op Riebeek-Wes gekom het, Sondag tydens ‘n huldeblyk gesê.

Sondag het hy die trouwals vir die laaste

keer vir die gemeente gespeel, asook ‘Love changes everything’.

“Daar was maar ‘n gesuis en bietjie trane,” vertel hy aan die courant.

Maandagoggend was Oom Mossie vir ou-laas op sy pos, toe hy vir die courant se fo-tograaf weer sy gunsteling liedere gespeel het. “Prys Hom, die Hemelvors; Jesus, Joy of my desires; Voel jy ooit of die Here te ver is?”

Oor sy werk by die gemeente, vertel hy dat ‘n orrelis “later so ‘n spoed ontwikkel wat vir die gemeente kompenseer.”

Sondag het sy twee kinders Nicola en Rouxdie, ook die afskeid bygewoon. Sy vrou, Elsa, het hom in 2005 ontval.

Nadat Oom Mossie verlede jaar ‘n ligte beroerte-aanval gehad het, het hy aan uittree begin dink. Nou sien hy daarna uit om naweke nie so gebind te wees nie.

“Ek was vir 56 jaar elke naweek gebind, so-dat ek en my gesin nie veel kon weggaan nie. Dis of ek nou nuwe asem kry!” sê hy.

Die kerkorrel is in 1906 aan die kerk geskenk en in 2006 het Oom Mossie ook by die 100-jarige vieringe die orrel bespeel. Hy het later self begin hand bysit by die stem van die note.

“Dis ‘n vreeslik moeilike werk om hier te stem, omdat die pype so toegebou is!”

Oom Mossie is op Piketberg gebore. Na skool (Pionierskool op Worcester) het hy hom bekwaam aan Konservatorium by die Univer-siteit Stellenbosch. Hy speel die orrel, klavier, trekklavier, blok� uit, trompet en ghitaar en het sy soliste-lisensiaat geslaag.

“Om te dink ek wou aanvanklik eintlik net leer om klaviere te stem.”

Riebeek se ‘Meneer Orrel’ los die

note ná 56 jaar

164a.indd 3 2012/03/14 07:43:33 AM

Page 4: die courant 14 maart 2012

4 14 Maart 2012courantnuus

4de Relay for life dié naweek op

Malmesbury Spanne kan nog inskryf vir vierde Re-lay For Life:

Malmesbury is aan die gons oor Kansa se vlagskip-geleentheid, wat hierdie naweek by die Hoërskool Swartland se A veld plaasvind. Relay For Life is ‘n unieke deurnag gebeur-tenis, waar spanne om die baan stap vir fondse ten bate van Kansa. Span-inskrywings kan steeds gedoen word by die Kansa-kantoor teen R400 per span. Spanne moet bestaan uit tus-sen 10-15 lede. Die hek open 15:00

Die ondersteuning was groot vir verlede week se Kansa Shavathon. Hier is paar leerders van Chris-telike Privaatskool Malmesbury by Malmesbury Toyota met gekleurde hare. Die kleingoed by Kammaland Speelskool op

Malmesbury het hul eie Shavathon ten bate van Kansa gehou.

vir dagbesoekers; toegangsfooie beloop R20 per volwassene en R10 per skoolkind. Die publiek word ver-soek om slegs die boonste ingang te gebruik, vanuit die Dirkie Uysstraat grondpad (agter die OLOK saal). Die hek sluit 23:00 vir die dagbesoekers.

Luminaria sakkies is ook nog te koop teen R10 per sakkie. Vir verdere inligting oor Relay For Life, kontak Hester Smit by die Kansa-kantoor (022 482 1111/ 073 509 9221) of Herman Aucamp (083 915 9575).

BO: Jeanne Thomas skeer Wim Smit se hare by Malmesbury Toyota waar een van die shavathons gehou is.

Ook by Riebeek Kelders op Riebeek-Kasteel het die personeel hul ondersteuning aan Kansa toegesê met ‘n Shavathon wat deur die personeel gehou is.

Swartland ondersteun Kansa Shavathon

REGS: Theo en Carine Strydom van Moor-reesburg Spar het die shavathon onder-steun. By hulle staan Carla Sche� er

164a.indd 4 2012/03/14 07:44:09 AM

Page 5: die courant 14 maart 2012

514 Maart 2012 courantnuus

Wernich van der Walt het op 28 Januarie aan sy eerste nasionale wedren te Hu-mansdorp in die Oos-Kaap deelgeneem. Hy het die eerste ronde van die “O� -road” nasionale kampioenskappe vir seniors, 450cc voltooi, en ‘n uitmuntende sewende plek gehaal.

Nadat die Jong Dames Dinamiek onlangs op nasionale vlak ontbind het, is besluit dat elke tak sy oorblywende fondse na goeddunke kan aanwend. Malmesbury se tak het besluit om die balans in hul rekening aan Jo Dolphin, tehuis vir gestremdes, te skenk.

By die laaste af-sluitingsfunksie van dié tak wat Sater-dag op Wellington gehou is, was agter Beverley van Schalk-wyk, Yolande Naude, Karin Rabbets, Hele-na Jurgens, Annerie Beukes en Christel Versfeld.

Voor sit Mariata Malherbe, Liza-Mari Lategan en Lizl Coetzee.

JDD skenk bankbalans aan Jo Dolphin

Driaan Coetzee, eienaar van DC Scrap Metals op Malmesbury én Mooorreesburg, het reeds drie jaar ondervinding in die skroot-bedryf.

Sy doelstellings is duidelik: “Om die beste pryse vir my kliënte te waarborg en kwaliteit diens te lewer.”

DC Scrap Metals maak persele en plase in die Malmesbury en Moorreesburg-omgewing skoon van alle skroot-metaal en bied ook gratis kwotasies aan. Driaan nooi die publiek uit om die DC Scrap

Metals-kantoor in Albaniestraat 16 op Malmesbury te besoek, of Industriële Singel op Moorreesburg, vir ‘n kennismaak of ‘n kwotasie. Dié twee kantore word beman deur sewe goed opgeleide personeellede.

Driaan bedank sy getroue kliënte van die afgelope jare vir hul ondersteuning. Skakel DC Scrap Metals se kantoor op Malmesbury by 022 482664 of Moor-reesburg (022 433 4969) of Driaan op sy sel by 072 1109275.

DC Scrap Metals – ‘Jou skroot-metaal is my passie’

Promosie

164a.indd 5 2012/03/14 07:44:29 AM

Page 6: die courant 14 maart 2012

6 14 Maart 2012courantpromosie

Derik Swanepoel en Leon Louw van Hi Q op Malmesbury het op 5 Maart hul deure op Malmesbury oopgemaak en is van die begin af gefokus op uitstekende diens.

“Bande is ‘n noodsaaklikheid en nie iets wat jy aankoop as dit nie nodig is nie.

Daarom moet die koop-onder-vinding by Hi Q ten minste so aan-genaam as moontlik wees!” verk-laar hulle.

Die dienste wat Hi Q bied is bande, alle onderstel-werk, sowel as klein dienste op enjins.

Hi Q bemark alle plaaslike en ingevoerde produkte, maar is gea� lieer met Goodyear, die no 1

verska� er vir bande aan Hi Q.Derik en Leon het van die begin

af die gerief van die kliënt eerste gestel:

Daarom is die voorportaal en ontvangsarea met glaspanele van die werkswinkel afgeskort, sodat die stof en geraas grootliks wegbly van die kliënt wat daar wil wag.

“Ons bied ‘n gemaklikke ontvangs-area waar die kliënt ‘n beker ko� e kan geniet terwyl hy tv kyk en die kinders inkleur en speel in die kinderhoekie.

En omdat hulle pro-plaaslik is, is feitlik alle dienste en aankope vir die inrig van hulle werkswinkel en wagkamer plaaslik bekom. Ook die

Ons wil ‘n verskil maak

Die eerste klante van Hi-Q Malmesbury was Liese le Roux en Mariëtte le Roux.

Julian Adams en Shane Arendse hard aan die werk met akkurate en � ink diens.

Die aantreklike wagkamer van Hi-Q waar klante kan ontspan terwyl daar aan u mo-tor gewerk word.

164a.indd 6 2012/03/14 07:45:00 AM

Page 7: die courant 14 maart 2012

714 Maart 2012

Die Swartland-groep het verlede Woens-dag ‘n projek in samewerking met Crossraoads op Malmesbury bekendgestel waardeur die jeug opgebou en sosiale euwels verminder moet word.

“Crossroads is ‘n program wat konsentreer op karakterbou om jong mense te help om die regte besluite te neem en risiko-gedrag te vermy,” het Jurie Hanekom, hoof uitvoerende beampte van die Swartland-groep, gister gesê.

“Swartland Boudienste dra die koste van die projek vir die bekendstellingsfunksie aan skoolhoofde, asook die koste verbonde aan die vierdag-opleiding van die onderwysers.

“Ek reken dit is die maklike deel van die projek. Ons toets van sukses gaan wees hoe-veel vrywillige onderwysers ons kan oplei, want hulle moet dit wil doen en dit dan inkor-poreer in die bestaande kurrikulum van die skool.

“Dus maak ons grootliks staat op die onder-wysers se welwillendheid om die program ‘n sukses te maak en die opleiding deur te gee aan die jong mense,” het Hanekom gesê.

“Die Swartland-groep wil weer terugploeg

in die gemeenskap en hierdie is een van die gemeenskapsprojekte wat ons geïdenti� seer het,” het Johann Maritz, hoof van opleiding en veiligheid by die Swartland-groep, Maandag aan die courant gesê.

Dié projek behels dat twee tot drie onder-wysers uit elke skool in die groter Swartland-omgewing betrek en opgelei word in ‘n kur-rikulum wat in samewerking met Crossroads aangebied sal word.

Die Swartland-groep dra die koste vir die ongeveer 90 mense uit die 31 skole wat hier-by betrek word. Dit sluit skole in vanuit die Riebeek-Vallei, Moorreesburg, Malmesbury, Darling, Mamre en Atlantis.

“Die fokus van die opleiding bly karakter-bou onder die jongmense. Ná die opleiding sal die kursusgangers ‘n serti� kaat van be-voegdheid ontvang. Daarna sal ons weer ter-uggaan na die skole toe om te monitor en te evalueer hoé die opleiding deurgegee word na die jeug van die Swartland toe.”

Maritz het aangedui dat die skool- en de-partementshoofde baie opgewonde is oor die projek en wat dit vir die jeug kan beteken.

Swartland Groep stuur Crossroads-projek vir jeug

courantnuuscourantpromosieby Hi - Q Malmesburynuut aangestelde personeellede is almal van Malmesbury.

Besoek gerus die vriendelike, kundige personeel van Hi Q in

Voortrekkerweg, Malmesbury tus-sen 08:00 en 17:00 op weeksdae en 8:00 tot 11:00 op Saterdae, of skakel hulle by 022-482 1931.

Daar is ‘n groot verskeidenheid produkte om aan elke behoefte te voldoen.

Personeel van Hi-Q Malmesbury: Julian Adams, Derik Swanepoel, Leon Louw en Shane Arendse.

Onder die rolspelers by die loodsvergadering van die Swartland Groep en Cross-roads verlede Woensdag, was Johann Maritz van die Swartland Groep (links), die nasionale koördineerder van Crossroads, Piet de Beer (naaslinks), Jurie Hanekom, hoof uitvoerende beampte van die Swartland Groep (derde van regs) en twee van die hoofaanbieders Ruth en Hans Stormbroek (naasregs en regs).

164a.indd 7 2012/03/14 07:45:22 AM

Page 8: die courant 14 maart 2012

8 14 Maart 2012courantcourant

die courant kalender

courantwat gebeurSudoku 164

Sudoku 163antwoord

Maart

Onbeskaamd @ De Bron Teater15 Maart - “Onbeskaamd” tree om 19:00 in

die De Bron Teater op Malmesbury op. Kaartjies beloop R50.

Kontak 022 487 2000.

VLV Sirkel14 Maart - Die Malmesbury VLV is die gasheer

vir die Paarl-sirkel se 60ste verjaardag-konferensie in die Malmesbury stadsaal. Die agt takke wat die

Paarl-sirkel vorm, bied dit aan. Rig navrae aan Erina Myburgh (022-482 3560).

NG Kerk Moorreesburg Familiefees 16-18 Maart - Vrydag 16de 17:30 Basaar en

Sang-aand; Saterdag 17de Wyksbraaie; Sondag 18de 9:30 Jubeldiens aangebied deur Gwendoline

Kriek en 12:00 Gemeente-ete. Skakel die Kerkkantoor by 022 433 1105.

Kansa se Relay for Life op Malmesbury17 Maart - Die vierde Relay for Life op Malmes-

bury vind deurnag plaas op die velde van die Hoër-skool Swartland. Skryf ‘n span in (15 lede @ R400) om te stap om die baan op ‘n a� osstyl, terwyl die musiek en kermis-atmosfeer deur die nag duur.

Skakel Hester Smit by Kansa: 022-4821111 of Herman Aucamp (RFL-voorsitter) by 083 519 957

Richard Jon Smit18 Maart - Die House of Prayer op Malmesbury

bied die gospelsinger en evangelis, Richard Jon Smit aan 15:00 in die Wesbank-gemeenskapsaal.

Gratis toegang, maar donasies sal waardeer word. Sy CD word ook daar verkoop.

Pastoor Ken Pattison (083 498 2990) vir navrae.

AGS Corpus Christi Malmesbury 18 Maart- Die oggenddiens om 9:30 is ‘n lof- en

dankseggingsdiens vir die kerkgebou wat afbetaal is. Die aanddiens is ‘n gesinsdiens om 18:30Skakel pastoor Smit (073 447 2902) vir navrae.

Kaas en Wyn vir Addele Jonker20 Maart - ‘n Kaas en Wyn met ‘n modeparade in die

NG Kerksaal op Moorreesburg, gereël deur vriende van Addele Jonker, ‘n 18-maande dogtertjie met kanker.

R100 per persoon. Colleen Martin: Tel 022 433 1880

Biblioteekweek20 Maart - Die Malmesbury Biblioteek bied ‘n pop-

pekas om 08:30 aan.

Neulfontein Staproete 20 Maart - Die Moorreesburg Koringberg Toerisme-

buro nooi amateurfotograwe om mee te doen tydens die bekendstelling van Neulfontein Staproete om 17:00 by

Neulfontein.Trek koel en gemaklik aan. RSVP 16 Maart @ 12:00 -

Annelize by 022 433 1072/082 574 0357.

Beheerraadvergadering20 Maart - Badisa op Malmesbury se nominasies vir

beheerraadslede vir die tydperk tot Maart 2015, sluit. Die Beheerraadvergadering word op 22 Maart gehou.

Skakel JD van Wyk (022 486 6240) vir navrae.

Ethembeni ‘Place of Hope’ 20 Maart - Ethembeni ‘Place of Hope’ se jeug kom elke

Dinsagaand byeen vir gesonde vermaak en lesings by Jakarandastraat 9.

Skakel Adriaan Januarie by 073 025 7170 vir navrae

Ekonomiese bemagtiging21 Maart (Menseregtedag)-Ekonomiese bemagtig-

ingsdag in die Malmesbury Stadsaal waar almal wat ‘n besigheid wil begin, toegerus word en inligting bekom oor beskikbare fondse. Besighede kan ook uitstallings

aanbied om hul werk bekend te stel. Die Wes-Kaapse minister van Finansies, Ekonomiese ontwikkeling

en Toerisme, Alan Winde, is een van sprekers. Skakel Michelle Morris by 022-482 79400 vir navrae en

besprekings.

Sarah Theron @ De Bron Kleinteater21 Maart - Sarah Theron tree op in die De Bron klein-

teater op Malmesbury. Kaartjies by 022 487 2000 @ R100 per persoon.

Kaskarre @ HDU22 Maart - Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorrees-

burg hou ‘n fondsinsameling met kaskarre om 17:30 by die Gene Louw Sportgronde. Stalletjies met eet- en

drinkgoed sal beskikbaar wees en kaskarre sal voorsien word. Spanne bestaan uit ‘n minimum van nege lede.

Kostes beloop R40 per lid en gelde is voor of op 14 Maart betaalbaar.

Kontak die skool by 022 433 2253 met navrae.

ACVV Speelkasteel Pretloop en Braai22 Maart 2012- Deelname aan die stap, wat om 18:30

begin by die ACVV Crèche Speelkasteel Lowry Colestraat, is gratis.

Braaiete is beskikbaar @ R50 ‘n ete, nagereg @ R10 per porsie en boereworsrolle @ R10

Etes MOET vooraf bestel word. Etes kan vanaf 19:00 die aand afgehaal word.

Vir navrae en bestellings, kontak Suzanne van der Merwe by 022 482 3742.

ACVV-Dienssentrum22 Maart -Die ACVV-Dienssentrum op Malmesbury

hou hul jaarlikse pretloop en braai. Kaartjies vir braai-etes is beskikbaar by Natalia Steyn (022 48 22245).

Polisiëringsforumvergadering22 Maart - Die polisiëringsforumvergadering op

Riebeek-Wes word om 19:00 in die stadsaal gehou.Alle organisasies is welkom om ‘n verteenwoordiger te

stuur en ‘n verskil teen misdaad te maak.Die kontakpersoon is Anna Wilschut (072 023 0832).

Jeugkamp/-uitreik23 tot 25 Maart - Die Maria Mission Ministries onder

leiding van Pastoor van Harte reël ‘n jeugkamp/-uitreik by die Vooruitsig Primêre Skool op Darling teen R30 pp,

alles ingesluit.Skakel mev. van Harte (082 3061748) om te bespreek.

Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury14 April - Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury

Die Lions bied hul jaarlikse potjiekoskompetisie by die skougronde aan met vermaak, saamkuier en ‘n lewendige orkes. Inskrywings @ R200 per pot; fondse

gaan vir liefdadigheid. Skakel Andy Johnston met navrae ( 083 256 8178)

Ghoema-wenner Sarah Theron op

Malmesbury

Die gewilde sangeres Sarah Theron tree op 21 Maart in die De Bron Kleinteater op Mal-mesbury op. Kaartjies @ R100 is beskikbaar by 022 487 2000. Theron se album Storm in a D-Cup is Sondag-aand by die eerste Ghoema-toekennings aangewys as die beste country-album.

164a.indd 8 2012/03/14 07:45:45 AM

Page 9: die courant 14 maart 2012

914 Maart 2012 courantcourantcourantkos en nuus

Promosie

“Ek is al vir 27 jaar afgetree, maar gelukkig het ek die ACVV,” verklaar meneer SP de Gree� (81) van Moorreesburg.

De Gree� het net na sy aftrede dié werk op hom geneem om die gekookte middag-etes van die Moorreesburg-ACVV uit te ry - na die Kleuterland Dagsorgsentrum; na Immanuel-tehuis vir bejaardes op die dorp; na verswakte bejaardes wat wag op outehuis-opname; elke weeksdag. Soms ry hy ook met mense na die Kaapse dokters toe en vir baie jare het hy ook die ACVV Dienssentrum se lede vir uitstappies uit-geneem.

“Ons het heerlike uitstappies gehad,” vertel De Gree� . “Na Tafelberg, winkelsen-trums, Kunstekaap ...”

De Gree� vertel heerlike stories oor die dae toe hy nog die uitstappies hanteer het: “Dit bly ‘n groot verantwoordelikheid om na al die mense om te sien! Een keer, toe ons ná ‘n kabelkarrit teen Tafelberg uit, terug kom by die bussie, was daar twee mense ‘missing’.

“Ek is toe weer teen die berg uit, baie ontsteld oor dié twee se welstand. En wat sal ek sien toe ek daar bo kom? Dié twee sit heerlik en kuier rondom ‘n koppie tee!”

Hy het egter ses jaar gelede besluit om die verantwoordelikheid van die uitstap-pies af te gee, juis oor die groot verant-woordelikheid wat dit meebring.

De Gree� is gebore en getoë op Moor-reesburg, waar sy pa die destydse be-grafnisondernemer was. Hy het vir ‘n klompie jare saam met sy pa dié besigheid

bedryf, maar het dit aan Goodall & Williams verkoop ná sy pa se afsterwe.

“Toe het ek as bestuurder vir dié maat-skappy gewerk, maar omdat ek grootge-raak het in Moorreesburg, was dit elke keer vir my moeilik om bekendes te begrawe. Ek het dus 27 jaar gelede afgetree, want die spanning van dié werk het my gesond-heid begin aantas.”

De Gree� beskou sy jarelange diens-werk nie as iets merkwaardigs nie, want hy besef die waarde daarvan om besig te bly en in kontak te bly met tydgenote.

Hy is ook baie trots op sy susterskind (Ruan van Heerden) wat ook op jong oud-erdom aktief betrokke is by die ACVV - ver-al omdat dit ‘n tradisioneel vroue-gebied is.

Stil sit, dié wil Oom SP de Gree� nie

Dee-Dee, ‘n jong kunstenaar van Durbanville het pas haar splinternuwe Country Album, “Ly aan die Liefde” vrygestel.

Hierdie CD bevat 21 snitte waarvan 15 oor-spronklike snitte is en deel ook ‘n duet met Rob-bie Klay.

Dis lekker Country Musiek wat deur oud en jonk geniet sal word. Die CD sluit ook 7 gospel snitte in. Dee-Dee tree gereeld by feeste en fondsinsamelings op en is die ideale keuse vir u vol-gende fondsinsameling of fees.

Sy het pas terug gekom van die Little Nashville Country Fes-tival in Vanderbijlpark en ge-durende Maart strek haar pro-gram verder deur Hermanus, Stellenbosch en die KKNK.

Dee-Dee word deur EXTREME Promosies bestuur en is beskik-baar vir sangoptredes by enige

fondsinsameling- of feesgeleentheid. Alhoewel haar nuutste CD ‘n Country album

is, is sy ‘n veelsydige kunstenaar en sing sy enige iets van Afrikaans tot Pop tot Country!

Kontak Lance vir enige verdere navrae of be-sprekings by 021-559 2299 of 079 039 8863 of besoek haar webwerf by www.dee-dee.co.za vir meer inligting.

Hierdie Country CD, “Ly aan die Liefde”, is beskikbaar by Extreme Promosies – Lance 0790398863.

Vyf gelukkige lesers kan el-keen ‘n splinternuwe CD van Dee-Dee wen. Stuur die ant-woord op die vraag asook jou naam en dorp voor 20 Maart na 084 8333813.

Watter gewilde musiekgen-re verteenwoordig Dee-Dee se CD “Ly aan die Liefde”?

Wen ‘n CD van Dee-Dee!

Piesang Mu� ns vir die gesin

Karen Rabbets van die Deli in die Checkerssentrum op Malmesbury het hierdie week se resep voorberei. Besoek hulle vir enige tuisgebak, soetigheid of Chinese disse.

B tanddele400g oorryp piesangs fynge druk1 lemmetjie se sap en skil fyn gerasper200g semelryke bruismeel1/2 t fyn kaneel75g margarien110g bruin suiker2 eiers liggies met ‘n vurk geklitsHeuning

M� odeMeng die piesang en die lemmetjiesap en skil en hou eenkant.

Meng die meel en speserye en vryf die margarien in.

Roer die suiker by.Roer die piesangmengsel en eiers by en skep in gespuite mu� n pannetjies. Bak by 180 grade tot die toetspen skoon uitkom.

Bedruip liggies met heu-ning wanneer dit uit die oond kom en laat afkoel in die pannetjies.

Maak 6 ekstra groot of 9 standaard mu� ns.

Heerlik!

Glinsterogies Kleuterskool op Malmesbury het verlede week ‘n skenking van speel-goed ontvang deur Ilse Loock en Chris Hunsinger van die Swartland Munisipaliteit. Die skenking spruit uit die jarelange vennootskap met verskeie internasionale pro-jekte soos die MySwartland/Eurokamp, Sondeza AFRIyouth Camp & Studente Uitruil Projekte. Die speelgoed is ingesamel en geskenk deur Frau Christiane Brandenburg, hoof van KIES, Gunthersberge en die besoekende Duitse afvaardiging van 2011. Glin-sterogies is die vierdie kleuterskool wat gebaat het uit hierdie inisiatief.

164a.indd 9 2012/03/14 07:46:09 AM

Page 10: die courant 14 maart 2012

14 Maart 201210 courantcourantcourant nuus

Boland-atlete in die Swartland

Die atlete van Hoërskool Swartland is in die Boland-atletiekspan opgeneem en neem die naweek aan die Wes-Kaapbyeenkoms op Oudtshoorn deel: vlnr: Tiaan Nell (S.17 2000m hindernis), Annereen Malan (D.17 2000m hindernis), Ezra Geldenhuys (S.15 800m), Thando Magingxa (S.15 stap, Ester van der Merwe (D.15 stap), Hamzah Ismail (S.17 2000m hindernis), Allison de Wet (800m), Doné du Randt (D.19 hamergooi)en Lorenzo Adams.

Die jaarlikse FNB Classic Clash tussen die spanne van Hoërskool Piketberg en Schoon-spruit Sekondêr vind op Saterdag 12 Mei op die terrein van Hoërskool Piketberg plaas. By die beplanningsvergadering wat verlede week op Piketberg gehou is, was van links Raynard (Vos) de Jager van Schoonspruit, Frikkie Osborne takbestuurder van FNB Piketberg en Chris van der Merwe, Iza Schreuder en Marius Scholtz (skool-hoof) van Hoërskool Piketberg.

Anushka Odendaal en Eddie Jones van Hoër-skool Dirkie Uys op Moorreesburg het Bo-land-kleure verwerf en neem die naweek deel aan die Wes-Kaapbyeenkoms op Oudtshoorn.

BO: Hierdie leerders van Laerskool Darling het verlede naweek op Oudtshoorn aan die Wes-Kaap Laerskole Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hulle is Lucrisa Barends (Hoog-spring Dogters 12 jaar) en Jay-Cee Kotze (Ver-spring Seuns 11 jaar) saam met die organi-seerder, Johan Hattingh.

Ughen Lewis van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury gaan die naweek verspring by die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms op Oudts-hoorn.

By Wesbank Sekondêr op Malmesbury het Brandou Skippers (links) en Siphosetu Thobi-gunya uitstekend gevaar tydens die Boland-kampioenskappe. Brandou neem die naweek deel aan die Wes-Kaapbyeenkoms op Oudts-hoorn: driesprong Seuns o/19. Siphosetu ver-ower bronsmedalje in 200m seuns o/14. By hulle is afrigter Hennie Klaase.

Kontak ons gerus met enige skolenuus of enige ander goeie nuus.

022 487 3221 of [email protected]

164a.indd 10 2012/03/14 07:46:54 AM

Page 11: die courant 14 maart 2012

As deel van die Woordfees het Jana Eks-teen, Ernst van Zyl en Niel van Zyl, graad 10-leerders van Hoërskool Swartland Sa-terdag saam met 32 ander skole van die Wes- en die Oos-Kaap aan die WOW De-batfees op Stellenbosch deelgeneem.

Die jong span van Swartland het in die Ou Hande kategorie vir senior spanne (graad 10 tot 12) meegeding teen top-skole soos Tygerberg, Bloemhof, Oakdale,

Monumentpark en Hugenote. Spanne kry die onderwerp van elke

debat slegs 10 minute voor die aanvang daarvan.

Swartland het gerekende skole soos Hoërskool Pearson, Somerset College en Outeniqua uitgeskakel en deurgedring tot die halfeindronde waar hulle naelskraap vasgeval het teen die wenners van die af-gelope twee jaar, DF Malan.

1114 Maart 2012 courantnuus

Die Hoërskool se senior debatspan is Niel van Zyl, Jana Eksteen, mev Betsie Jordaan (afrigter) en Ernst van Zyl.

Schoonspruit se debatleerders het uitstekend gevaar by die US Woordfees se WOW-debat Saterdag. Hulle het in die afdeling ‘Nuwe Besems’ deelgeneem en skoonskip gemaak deur daar te wen. Op die foto is N. Larey (afrigter), Charmoné Jacobs, Dealon Fredericks en Nikite Swartz.

Streek vaar goed by Debatfees

Promosie

Met die viering van hul eerste verjaarsdag verlede week het daar ‘n feestelike atmos-feer geheers by BI Worx Construction in Bokomoweg op Malmesbury. Daar was groot belangstelling en heelparty uitstallers het van die geleentheid gebruik gemaak om hul produkte uit te stal.

Konstabel Glen van der Merwe is aangewys as die Moorreesburg polisie se polisiebeampte wat die beste presteer het vir die maand Februarie. Van der Merwe (middel) is hier saam met Kaptein van Zyl - vispol hoof (regs) en stasiebevelvoerder Kolonel Williams (links).

164a.indd 11 2012/03/14 07:47:25 AM

Page 12: die courant 14 maart 2012

14 Maart 201212 courant nuusUitslae en bepalings Hoërskool Swartland

seëvier in oefenstrydeMALMESBURY TENNISMALMESBURY A TEEN DURBANVILLEMalmesbury wen 8 wedstryde teenoor nulBraam Isaacs k N.Stadler 6-1, 6-4David Isaacs k F.van der Merwe 6-0, 6-2Demi Rose k E.Swanepoel 6-0, 6-0Kim Titus k T.du Toit 6-4, 6-3Dmitri Marais & Emci Dippenaar k T.Prinsloo & V.Wessels 6-4, 6-2Braam Isaacs & Demi Rose k N.Stadler & E.Swanepoel 6-1, 6-1David Isaacs & Kim Titus k T.Prinsloo & V.Wessels 6-4, 6-4 Dmitri Marais & Emci Dippenaar k F.van der Merwe & T.du Toit 6-1, 6-2

MALMESBURY B TEEN BRACKENFELLMalmesbury wen 8 wedstryde teenoor nulKristo� Isaacs & Divan Robertson k M.Ehlers & F.Basson 6-0, 6-2Irwin Turner & Daryl Blom k G. Rheeder & I. Janse van Rensburg 6-4, 6-1Annette de Wet & Marietjie de Kock k K.James & A.Myburgh 6-1, 6-3

Melanie Stemmet & Nicolette Brand k C.Geldenhuys & M.Wentzel 6-7, 6-2, 7-6Kristo� Isaacs & Annette de Wet k M.Ehlers & M.Wentzel 6-0, 6-0Divan Robertson & Marietjie de Kock k F.Basson & K.James 3-6, 6-2, 7-6Irwin Turner & Melanie Stemmet k G.Rheeder & A.Myburgh 7-6, 6-3Daryl Blom & Nicolette Brand k I.Janse van Rensburg & C.Geldenhuys 6-2, 6-2

MALMESBURY GHOLF KLUB-KAMPIOENSKAPPEINDIVIDUELE STABLEFORDC - Afdeling - 1. R. Liedeman 86; 2. G. Immelman 89; 3. W. van Niekerk 89.Dames - 1. N. Lawrance 89; 2. I. Visser 94.

MALMESBURY RUGBY BLOUESBloues vs Voorberg:Bloues 1 wen 32-31Bloues 2 wen 10-8Bloues 3 wen 20-0

LINKS: Estevan Janse van Rensburg steek die doellyn oor vir Hoërskool Swartland met ‘n opponent op sy rug en spanmaat Josef Burger by om te ondersteun. Regs is Dewald Sto� berg wat die bal dra en Jacques Welman wat hand bysit. HSS se eerste span het gewen 47-12 en die tweede span het met 48-5 teen Ro-bertson geseëvier.

Swartland se Junior Stadsraad byeenDie nuwe junior stadsraad van die Swartland Munisipaliteit het Maandag vir die eer-ste keer vergader. Hulle woon binnekort ‘n skolingskamp by, waar hulle toegerus sal word vir die jaar se werksaamhede.

164a.indd 12 2012/03/14 07:47:55 AM

Page 13: die courant 14 maart 2012

1314 Maart 2012 courantnuus

Bo: Cheslyn Korasie (SS) rank hoog bo sy teenstanders. Links Bo: JP de Villiers (PHS) dra bal. Links: Darryn Cleophas (SS) dra die bal. Werner Lourens (PHS) probeer keer.

Die proefwedstryd vir hul toer na die St Stithians-toernooi tussen Schoonspruit en Piketberg was ‘n tipiese vroeg in die seisoen-a� êre. Schoonspruit se agterlyn het beïndruk. Hier het veral Chemandre van Schalkwyk en Anzo Stubbs die oog-gevang. Ludio Williams no. 8 het sy span ook goed oor die voordeellyn gebring met sy stormlopies. Piketberg se voorspelers het gesorg dat hulle genoeg balbesit het

om mee te speel. Hier het Werner Lourens JP de Villiers en Dewald Gree� met voor-beeld gelei. ‘n Lastige wind, vroegseisoen verroestheid en hanteerfoute het verhin-der dat dit ‘n skouspel is. Die afrigters is egter positief dat met genoeg oefening en ‘n oefenwedstryd of twee die span weer vanjaar, soos in die verlede, goed sal vaar op die Saints Toernooi in Johannesburg vanaf 4 - 9 April.

Schoonspruit & Piketberg hou St Stithians proewe

164a.indd 13 2012/03/14 07:48:35 AM

Page 14: die courant 14 maart 2012

14 Maart 201214 courantcourantcourantnuusdienstedie courant

Om hier te adverteer, skakel ons gerus by 022 487 3221

Jody the Dog Groomer has been involved with dogs as long as she can remember. Her mother used to sell Schnauzers and was also a dog groomer.

Jody says: I started out in die North Western province with a big parlour and six sta� members. I quickly realized that I did not like the way things were done – it was like a production line with no personal attention and rows of dogs in cages.

I sold the parlour and moved to Knysna, where I did it in my way, doing everything myself with lots of personal care for the dogs – and I loved it! The dogs enjoyed coming to the parlour and a happy dog is a happy owner!

Due to my husband’s work, we moved to Cape Town nine years ago, so I started

all over again with the same personal at-tention and a shop with a garden area for the dogs to enjoy! Soon business was booming and I even started grooming black russian terriers, huskies and golden retrievers for the K.U.S.A. championship shows.

But I missed the quiet of a small town, so we moved to Malmesbury – I love it here! I am looking forward to meeting your lovely dogs, for grooming and lots of personal attention!!

A collection/delivery service is available in Malmesbury, but bookings are essensial.

The Dog Groomer is open Monday to Friday 8:00 – 16:00 and Saturdays 8:00 – 12:00.

Call Jody on 022 4822749/082 519 4769.

Jody brings years of expe-rience to The Dog Groomer

164a.indd 14 2012/03/14 07:49:42 AM

Page 15: die courant 14 maart 2012

1514 Maart 2012

mini gigs & dienstedie couranttuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336--------------------------• VERWYDERING VAN BYE - Uithaal en verwydering. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787 of 022 482 2767--------------------------• NEGOSIKAS - KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601--------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwota-sies. Skakel 083 227 5937-------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapar-tytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersui-ker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, [email protected] of www.abcpartytjies.wee-bly.com

• LABRADOR HOND-JIES - Goudkleurig, 7weke oud. Ingeent en Ontwurm, R2000elk. Skakel 082 852 2552

• KELNERS & KOM-BUISPERSONEEL GESOEK - Skakel 082 563 2161 of 072 186 6996--------------------------• PERSONEEL BE-NODIG VIR KROEG (BAR) - Kontak 082 898 9757 of 078 263 7344--------------------------• ALGEMENE PLAAS-WERKER BENODIG - 3maande proeftyd-perk. Kode 10 sal in u guns tel en moet ook kan trekker bestuur. Hardwerk-end en ook eie inisi-atief kan neem met moontlike toekom-stige bevordering. Geen kansvatters. Rapporteer aan eienaar. Skakel 082 698 1181--------------------------• OHNP FOR MALMESBURY FAC-TORY - Temporary contract - month to month. 15 hours

• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosia-atberader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80--------------------------• NERIA MISSION MINISTRIES - Onder pastoor van Harte reël ‘n jeugkamp / -uitreik 23 - 25 Maart by Vooruitsig Primêr (Darling) @ R30pp. Skakel 082 306 1748

• GOEDERE GESOEK - 2de handse meu-bels, yskaste, vries-kaste, asook linne, skoene, handsakke en breekgoed. Kon-tak 022 487 1547 / 084 794 7528--------------------------• JOLLY JUMPER - Vir baba gesoek. Kon-tak 078 502 7405

• EGTE LEER MANS-SKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• KANTOORSPASIE, MALMESBURY - Middedorp kan-toor/winkel met klein komb & badk te huur @ R2000pm. Rainierstr. Skakel 083 991 7350--------------------------• PORTERVILLE - 4 Slaapkamer huis te huur. Twee badka- mers, met motor-huis. Sentraal geleë. Huur R3000pm. Skakel Pieter by 082 838 3766--------------------------• KANTOORRUIMTE - Ruim huis, sentraal geleë in Malmes-bury - onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 482 1131--------------------------• DU TOIT TRAILERS - Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggy back”. Kon-tak 022 482 1767 / 072 237 2349

• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meu-bels, verwydering van bourommel en

Dienste Services 12

GesoekWanted 2

Te Huur To Let 7

* LET OP *Die be-taling vir alle

geklassi�-seerde

adverten-sies

(smalls) is Dinsdae-middae

om 14h00.

Te koopFor sake 3

Betrekking beskikbaar17

Om hier te adverteer, skakel ons

gerus by 022 487

3221 of stuur ‘n e-pos na

accounts@diecourant.

co.za

Alge-meen 1

Diere Animals15

per week. (3 x 5 hour sessions) Start soonest. Send CV to Lani [email protected] of fax to 086 613 1872

164a.indd 15 2012/03/14 07:50:04 AM

Page 16: die courant 14 maart 2012

diecourantswartland en weskus

agte

rbla

d

14 Maar t 2012

Bloues skop seisoen goed af

Die Boland-liga het begin. Malmesbury Bloues het in die hitte van Malmesbury hulle teenstander, Voorberg, geklop. Die eerstespan- wedstryd was naelbyt, maar Bloues het hom deurgehak met 32-31. Hier soek Christo Kotze (links) van Malmesbury Rugby Bloues ‘n ga-ping en bo druk Xander van Heerden een van Bloues se drieë in die hoofwedstryd.

Riebeek se Ashleigh

Moolman-Passio wen Cape Argus

Die laaste been van Malmesbury Gholfklub se Klub-kampioenskappe - afdelings C en D - is Saterdag beslis.Regs is Marlon Bocks besig om sy bal op die 18de putjie dop te hou. Kippie Immelman (links) het tweede geëndig in sy afde-ling. Volledige tel-lings op bladsy 12.

Riebeek-Kasteel se na-sionale � etsry-kampi-oen, Ashleigh Moolman-Passio, het Sondag haar opmars na die Olim-piese Spele voortgesit toe sy die Argus-� ets-toer gewen het in ‘n tyd van 2:52:24 oor ‘n af-stand van 110km.

164a.indd 16 2012/03/14 07:50:31 AM