20
swartland en weskus die courant Uitgawe 165 tel 022 487 3221 21 Maart 2012 hugenotestraat 11, malmesbury gratis Nuwe oesjaar begin vloei Die eerste wyne van die 2012-oesjaar is vandeesweek in die Swartland gebottel. By Dar- ling Kelder is die splinternuwe Bertolaso Olimpia-vulmasjien ook in gebruik geneem. Die masjien het ‘n kapasiteit van 7000 bottels per uur en volgens hoof uitvoerende beampte, Ri- aan de Waal, is die masjien teen ‘n paar miljoen rand juis aange- koop vir sy “no-oxygen cycle” om te verseker dat die wyn sy goeie gehalte behou tot by die verbruiker. Hoofwynmaker Abé Beukes het gesê hy is baie tevre- de met die sauvignon blanc wat gebottel is, gegewe die laer op- brengste vanjaar. “Daar is goeie balans tussen alkohol en suur.” Die wyn is gemaak deur Welma Visser. Hoof uitvoerende beampte van Darling Kelder, Riaan de Waal, en produksiebestuurder, Marius Bo- tha, was by toe die eerste 2012 oesjaar Maandag gebottel is. Swartland bottel eerste 2012 Sauvignon Blanc vir buiteland By die Swartland Wynkelder buite Malmesbury is die eerste 2012 Sau- vignon Blanc ook vandeesweek gebottel vir die buiteland. Volgens produksiebestuurder An- dries Blake is die aanvraag vir nuwe wyne groot en word daar beoog om binnekort ook vir die plaaslike mark van die 2012-oes- jaar te bottel. “Ons sal dan waarskynlik beide Chenin (Blanc) en Sauvignon (Blanc) bottel. Saam met Blake (links) is Stiaan Swatton wat in die bottelerings- afdeling werk. Darling Cellars 165.indd 1 2012/03/20 09:57:52 PM

die courant 21 Maart 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

grootste gratis koerant in die swartland

Citation preview

Page 1: die courant 21 Maart 2012

swartland en weskus

die swartland en weskusswartland en weskuscourantU

itgaw

e 16

5

tel 022 487 3221 21 Maar t 2012 hugenotestraat 11, malmesbur y

gratis

Nuwe oesjaar begin vloeiDie eerste wyne van die 2012-oesjaar is vandeesweek in die Swartland gebottel. By Dar-ling Kelder is die splinternuwe Bertolaso Olimpia-vulmasjien ook in gebruik geneem. Die masjien het ‘n kapasiteit van 7000 bottels per uur en volgens hoof uitvoerende beampte, Ri-aan de Waal, is die masjien teen ‘n paar miljoen rand juis aange-koop vir sy “no-oxygen cycle” om te verseker dat die wyn sy goeie gehalte behou tot by die verbruiker. Hoofwynmaker Abé Beukes het gesê hy is baie tevre-de met die sauvignon blanc wat gebottel is, gegewe die laer op-brengste vanjaar. “Daar is goeie balans tussen alkohol en suur.” Die wyn is gemaak deur Welma Visser.

Hoof uitvoerende beampte van Darling Kelder, Riaan de Waal, en produksiebestuurder, Marius Bo-tha, was by toe die eerste 2012 oesjaar Maandag gebottel is.

Swartland bottel eerste 2012 Sauvignon Blanc vir buiteland

By die Swartland Wynkelder buite Malmesbury is die eerste 2012 Sau-

vignon Blanc ook vandeesweek gebottel vir die buiteland. Volgens produksiebestuurder An-dries Blake is die aanvraag vir nuwe wyne groot en word daar beoog om binnekort ook vir die plaaslike mark van die 2012-oes-jaar te bottel.“Ons sal dan waarskynlik beide Chenin (Blanc) en Sauvignon (Blanc) bottel.Saam met Blake (links) is Stiaan Swatton wat in die bottelerings-afdeling werk.

Darling Cellars

165.indd 1 2012/03/20 09:57:52 PM

Page 2: die courant 21 Maart 2012

2 21 Maart 2012courantmenings/nuus

En waarom het jul ons uit Egipte

laat optrek?Paulus skryf aan die Korintiërs dat hierdie dinge wat die volk Istrael oorgekom het, vir ons op wie die einde van die eeue gekom het as ‘n voorbeeld en ‘n waarskuwing moet dien. As ons lees in Numeri waar die volk Israel met Moses en Aaron stry: Waarom hulle uit Egipte-land weg is - daar was water en kos. Hulle moes liewer gesterf het, hulle moes liewer teruggegaan het. Hulle en hulle vee sal nou in die woestyn van dors moet sterf.

Die Here het ‘n plan, veral as die volk dit nie kan raak-sien, sien die Here dit.

Die volk is ongelukkig met die Here maar haal hulle frustrasie op Moses en Aaron uit, dan slaan Moses teen die rots en water vloei daaruit, so het hulle en hulle vee kon drink. Jesus sê self dié wat in Hom glo, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Jesus bied die Lewende water waarvan Hy in Johannes vier praat.

Is ons verhouding met die Here ook gebaseer op omstandighede?

dis goeiedeur: Dr. Andrew Bosman

nuus

diecourant

Kontak die courant by 022 487 3221;faks 086 699 6276; epos [email protected]

www.diecourant.co.za

Lisna Hugo, van KANSA sê oor die fondse van die Relay die volgende: Kanker raak meer as net die mense wat gediagnoseer is. Dit het ‘n impak op almal rondom hulle.

Dit is waarom die Kankervereniging van Suid-Afri-ka (KANSA) daarna streef om mense te help met die stryd teen die siekte deur navorsing, opvoeding, voor-spraak en diens. KANSA Relay For Life Malmesbury help om dit moontlik te maak.

‘N GEMEENSKAP VAN ONDERSTEUNING - om kanker te hê is swaar - om hulp te soek is nie.

Dit is hoekom KANSA gratis programme en diens-te aan gemeenskappe reg-oor die land bied, om te verseker dat kankerpasiënte en geliefdes nie kanker al-leen in die gesig hoef te staar nie.

Danksy ruim ondersteuning, bied KANSA aan kankerpasiënte en hul families verskeidenheid van hulp met die stryd teen kanker, insluitend die vol-gende:

• mosionele onderste ning aan n t gediagnoseerde kankerpasiënte en -oorlewendes (Survi-vors)

• n is vir diegene wat ver van die is is vir behandeling

• ors rostese ank en r ik estellings• l middels gratis eskik aar os itaal ed

dens/rolstoele/eierdop matrasse/kommodes/bed-panne)

• Re l klinieke vir vroeë opsporings

• o inligtingspraatjies en uitstallings

• ew smaking van kanker simptome aan pu-bliek.

Die afgelope jaar het KANSA Malmesbury (Wes-kus-kantoor) oor die 500 geregistreerde kanker-pasiënte bedien en ook 2500 vroeë opsporings-toetse gedoen met 45 000 mense is ingelig rondom die waarskuwingstekens

van kanker en hoe jy dit kan voorkom. Vier nuwe ondersteuningsgroepe is gestig en ‘n

nuwe Kanker-sorgsentrum is in Vredendal geopen. U ondersteuning bring ons nader aan die ver-

wesenliking van hierdie uitdagende doelwitte en maak ‘n verskil in die stryd teen kanker.

1 dag, 1 nag, 1 gemeenskap, 1 geveg, 1 hoop deur KANSA Malmesbury Relay For Life.

Hoe jou rande Kansa help

Baie geluk en Baie DankieDit gebeur só dikwels dat mense weghardloop met ‘n storie as dit nie eers ‘n storie is nie. Net so dikwels word persepsies gevestig op grond van ‘n storie wat soos die telefoontjie-speletjie verskriklik verdraai aan die ander kant uitkom.

Die uwe wil in die lig hiervan nie hase opjaag of ver-keerde a� eidings maak nie, maar dit voel so asof die groot “K” ál meer en ál nader aan ons kom kop uitsteek.

Asof Kanker elke dag ‘n groter realiteit word.Daarom is dit baie verblydend as aksies om hierdie

siekte hok te slaan of slago� ers te ondersteun, met oor-gawe ondersteun word.

Só kan ons baie geluk sê aan Kansa met hul grootse poging om die afgelope naweek ‘n groot bedrag van oor die R164 000 in te samel met die Ralay for Life op Mal-mesbury.

Baie ure se baie harde werk, oop hande uit die ge-meenskap en “survivors” van 4 tot 95 jaar wat saamges-pan het om die baie liggies van hoop helder te laat skyn.

Namens die gemeenskap - en daar is bitter min wat nog nie persoonlik baie naby deur dié siekte geraak is nie - ‘n groot dank aan diegene wat soveel opgeo� er het om ‘n verskil te maak.

Relay for Life was weer presies dit - ‘n Tasbare aksie van hoop. ‘n A� os vir die Lewe - Nou én Hierna!

WENNERS: Baie geluk aan ons 5 gelukkige lesers wat elkeen ‘n kopie van die splinternuwe coun-try-cd van Dee-Dee, Ly aan die Liefde, wen. Hulle is S Rheeder van Malmesbury, Martha Smit van Por-terville, Pieter de Wet van Moorreesburg, D le Roux van Piketberg en Joey August van Malmesbury. U kan ons kantoor (022 487 3221) kontak tydens kantoorure om u CD af te haal. Baie geluk.

Sarah Theron: Die twee lesers wat elkeen ‘n dubbelkaartjie gewen het na vanaand se vertoning van Sarah Theron in die De Bron Kleinteater, is Yvette Rust van Moorreesburg en Johan Beukes van Malmesbury. Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar vir die vertoning van Theron, wat verlede weke ‘n Ghoema-toekenning ontvang het vir die beste country-album met haar CD, Storm in ‘n D-cup.

Biblioteekweek: As deel van Biblioteekweek het 120 kinders van pre-primêre klasse gister die Malmes-bury biblioteek besoek om na ‘n poppekasvertoning te gaan kyk.

165.indd 2 2012/03/20 09:58:15 PM

Page 3: die courant 21 Maart 2012

321 Maart 2012 courantnuusAksie vir Bemagtiging vandag op Malmesbury gehou

“Terwyl ekonomiese ontwikkeling en werkskepping kwessies is waaroor almal baie ernstig is, moet elkeen moeite doen om geleenthede soos vandag by te woon en te ondersteun,” só sê Chris Hunsinger, organiseerder van die bemagtigingsinisi-atief van die Swartland Munisipaliteit wat

vanoggend in die Malmesbury Stadsaal plaasvind.

Bekendes soos minister Alan Winde en René Whiteman sal ook as sprekers op-tree.

Ter ondersteuning aan diegene wat van ver kom, stel die Swartland Munisi-

paliteit vervoer beskikbaar van die vol-gende plekke (wat om 8:30 sal vertrek):

Riverlands & Chatsworth vanaf River-lands Laerskool & Chatsworth Kerk

Darling vanaf Darling Fokus; Moor-reesburg vanaf Rosenhof Gemeenska-psaal; Riebeek-Kasteel & -Wes vanaf die

POP-sentrums; Kalbaskraal & Abbotsdale vanaf Die Kraaltjie & gemeenskapsaal

Koringberg & Ruststasie vanaf die Primêre skool.

Al die busse vertrek om 8:30.Almal is baie welkom om te kom luister

na dié dag met die tema: ‘Werkskepping.’

09h00 Registrasie begin

10h00 Opening en verwelkoming

40min-Spreker: Dir. John Peters: “Red Tape to Red Carpet” Vrae [tot 11h00]

40min-Spreker: PB. Rene Whiteman: “Jobs Fund” Vrae [tot 11h40]

40min-Spreker: Min. Alan Winde: “LED, My Vision” Vrae [tot 12h20]

12h20 Afsluiting en opsomming: Rdl.

Hunsinger [tot 12h30]

12h30 tot16h00Publiek: Informele gesprek & Interaksie

met Uitstallers

Program vir vandag se bemagtigingsinisiatief

By die Swartland drankforumvergadering verlede week was agter Inus Viljoen (ver-teenwoordiger, vervaardigers en verspreiders), Morris Uberstein (voorsitter), Hen-fre Brand (ondervoorsitter), Sumyne du Preez (hotel/gastehuise) en Marius de Kock (drankwinkels). Voor staan a.o. Trompie Koegelenberg (dranko� sier, Malmesbury), Johan Kieser(sekretaris), a.o. Theresa Basson (skakelbeampte Malmesbury), John Smith (binneverbruik), Debbie Swart (kruidenierswinkels), Alwyn Zaayman (Swart-land Munisipaliteit) en Janno Viljoen (restaurante).

By die Swartland Drankforumverga-dering wat verlede week op Malmes-bury gehou is, het die voorsitter, Morris Uberstein, die volgende aspekte van die nuwe wet van die Wes-Kaapse Drankraad beklemtoon:

Dié wet tree op 1 April in werking, en die wetgewing het die mag na die plaaslike munisipale rade afgewentel om die om-standighede, bepalings en tye, en reëlings vir sonerings self te bepaal.

Hoewel dié wet baie strenger sal wees in terme van boetes en sonering en ure, is die voordeel daarvan dat die Swartlandse Drankforum en die plaaslike owerheid saam kan beding vir maatreëls wat die Swartland pas.

Só sal die ure vir Kaapstad baie anders lyk as dié van die Swartland.

“Sonerings gaan van nou af baie belang-rik wees,” het die sekretaris van die forum, Johan Kieser ná die vergadering beklem-toon. As iemand aansoek doen om die per-seel te laat hersoneer, sal die wyksraads-lid ‘n baie belangrike rol daarin speel om die bepalings en moontlike beperkings te evalueer voordat ‘n � nale besluit geneem kan word.

“Maar onthou, die wetgewing tree eers April in werking, en die ordonnansies en praktiese uitvoerbare reëlings soos byvoor-beeld ure oop, sal eers later vasgemaak kan word,” het Kieser gesê.

Daar was 71 lede teenwoordig by die vergadering, met 17 verskonings.

Die volgende vergadering is op Don-derdag 17 Mei om 14:00 by Allesverloren buite Riebeek-Wes.

Drankforum sit voor nuwe wetgewing van 1 April

Albie Coetzee en Des Moller, eienaars van Malmesbury Superspar die afgelo-pe 4 jaar het besluit om ‘n BESPARINGS-PROJEK weekliks (Maandag tot Donder-dag) van stapel te stuur om die KLANT te help veral in die huidige moeilike ekono-miese klimaat en pryse wat styg.

Elke dag van Maandag tot Donder-dag word daar iets spesiaal vir die klant (oud en jonk) aangebied. (Die Spesiale aanbiedinge van die Spar-groep is uit-gesluit.)

Malmesbury Superspar deel baie met die Gemeenskap en is by 25 instan-sies/organisasies plaaslik betrokke die afgelope 4 jaar en daarom het hul ver-der gegaan om meer betrokke te raak by die KLANT en HUISGESIN.

Volgens die eienaars is besigheid tans, soos almal weet, nie meer maklik soos ‘n paar jaar gelede nie, maar “ons wil tog d.m.v. hierdie GEBAAR dankie sê aan al ons getroue ondersteuners die afgelope 4 jaar.

“U ken ons en ons wil u nie teleurstel nie en net die beste bly bied, ongeag die ekonomie of aanslae. Ekonomiese ontwikkeling en groei is tans kommer-

wekkend, veral teen die uitgawes wat uit verhouding styg en waaroor ons nie werklik beheer het nie.

“Ons moet dus deurlopend planne maak, aanpas en aktiveer om sodoende te verseker standaarde en kwaliteit word gehandhaaf en bly in pas.”

Albie en Des bly egter positief, trots en gefokus op hul besigheid met sy eiesoortige identiteit en hanteer elke situasie/geleentheid soos dit hom voordoen.

“Ons is steeds baie dank-baar en bevoorreg om deel te wees van die Malmes-bury Gemeenskap waarvan die klant ons belangrikste BATE is.

“En vir almal wat wonder se kennisname, die winkel is de� ni-tief nie verkoop of amptelik in die mark nie, alhoewel verskeie aanbied-inge ontvang is, waarvan verskeie baie vreemd en komies is,” aldus die eienaars.

Nogmaals baie dankie Malmesbury vir die ondersteuning en vertroue in Malmesbury Superspar die afgelope 4 jaar!

Só sê ons dankie!Met vandag se ekonomie verwag klante meer en meer gehalte vir hul aankope. Hulle wil top-ge-halte vleis koop in ‘n higiëniese omgewing met vriendelike personeel en goeie diens.

Die Cleaver-toekennings het in 2005 begin en vra die publiek vir nominasies elke jaar vir die beste slaghuis. Die verbruiker word meer kun-

dig oor wat om te verwag en gee krediet aan dié wat die kriteria nakom.

Vir 2012 moes daar van 22 000 nominasies ‘n kortlys gemaak word van 75 � naliste.

Die kontrolelys met 212 punte was gebruik om die 75 � naliste onafhanklik (sonder ken-nisgewing) te evalueer op die volgende: “In-store” higiëniese evaluering; Verska� ers volgens voorgeskrewe wetgewing; Goeie klantediens, advies ens en Goeie reeks (snitte).

Elke provinsie se slaghuise word beoordeel in drie kategorieë: Slaghuise met 4 of meer kas-registers; 3 of minder kasregisters en Supermark slaghuise of “Foodmarket butcheries”

Malmesbury Superspar is die Wes-Kaap se Wenner en gaan die Platinumtoekenning op 18 April in Johannesburg ontvang by die Suid Afri-kaanse Rooivleisvereniging.

Die slaghuisafdeling bevestig met die toe-kenning die aanbiedinge van uitstekende reeks en produkte wat beskikbaar is by Malmesbury Superspar. Die kwaliteit is deurgaans van baie hoë gehalte insluitend SPESIALE AANBIEDINGE! waartydens SLEGS die PRYS VERSKIL!

Malmesbury Superspar bedank weereens alle klante vir u getroue ondersteuning en wees altyd verseker van die BESTE DIENS! En ‘n slaghuisafde-ling op wie jy kan staatmaak en altyd kan vertrou!

Ons slaghuis wen PLATINUM

165.indd 3 2012/03/20 09:58:56 PM

Page 4: die courant 21 Maart 2012

4 21 Maart 2012courantnuus

Die bemagtigingsprojek ‘Ons Kan’ lei reeds vir sewe jaar studente op om hulle gereed te maak vir die ar-beidsmark.

‘Ons Kan’ het ontwikkel toe ‘n maatskaplike werker die behoef-te aan opleiding op Moorrees-burg raakgesien het. Dit behels ‘n basiese huisbestuurkursus en word aan voltydse studente aangebied oor ‘n tydperk van sewe weke. Die klasse vind plaas in ‘n huis van Huis van Heerde en sluit die volgende dienste in:

Lewensvaardighede/persoon-like gesondheid en welstand/skoonmaakvaardighede/was- en strykvaardighede/kombuisvaar-dighede en enterpreneurskap en

p e r s o o n l i k e geldbestuurs-vaardighede.

‘Ons Kan’ sluit die kur-sus af met ‘n formele serti� -kaat en help ook hul studente met raad en hulp vir verdere werk- of studiegeleenthede.

Volgens die kursusleier, Jean-nette Kotzé, is ‘Ons Kan’ nou in hul sewende jaar en bied vier kursusse per jaar aan.

Elke kursus kos R50 per kan-didaat, strek oor sewe weke en is beskikbaar vir mense van Moor-reesburg sowel as die omliggende dorpe. Elke groep akkommodeer

agt tot 12 lede.“Ons kombuis is pragtig ingerig,

ons studente doen ‘n baie prak-tiese kursus en ons enterpreneurs-vaardighede is baie opwindend,” vertel Jeannette. Die houers vol yskamagnete, oorgetrekte boekies, versierde penne en versierde blikke getuig van die studente se ywerig-heid.

Vir navrae, skakel Jeannette Kotzé by 022-433 4777.

Ons Kan steeds aktief op Moorreesburg

Op die foto spog twee kursusgangers van 2011 met hul tuisgebakte produkte.

Die nuwe bestuur van die Mal-mesbury Sakekamer is pas tydens die jaarvergadering verkies.

Daar is nog geen portefeuljes toe-geken nie en die voorsitter sal tydens die volgende vergadering aangewys word.

Die bestuur is: Erik Louw (Basson Louw), Patrys Bester (Bester & Ven-note), Tertius Viviers (Built It), Johan Coetzee (Battery Centre), Yolande Vorster (Yolande Vorster Films), Ru-dolf Knoetzen (Swartland Multime-dia), Jan van Wyk (JB’s Nissan), Mar-tin van der Merwe(MSM Kitchens), CJ Loubser (Cardelli’s), Attie Visagie (Raiel), Thys Cronje (RSA Agri Make-laars) en Lizl Coetzee (Blomgogga).

Malmesbury Sakekamer kies nuwe bestuur

Waak teen slenters‘n Inwoner van Malmesbury het die cou-rant daarop gewys dat jongmense wat au pair-werk in die buiteland wil gaan doen, baie versigtig moet wees om nie deur slen-ters gevang te word nie.

Nadat dié gesin reeds foto’s van die kinders wat sy moet oppas, gekry het, asook kontrakte met bevredigende sala-risvoordele, het ‘n vriendin haar gevra om beter te kyk na die kinders se foto’s.

Nadat hulle dit ondersoek het, het hulle duidelike waarskuwingstekens begin sien dat hierdie ‘n slenter was.

Op die webwerf www.scamwarners.com, het hulle baie duidelike waarsku-wings gesien dat dié mense vermy moet word.

“En op die foto’s lyk dié mense so or-dentlik, nes ek en jy!” het dié vrou, wie se identiteit aan die courant bekend is, gesê.

165.indd 4 2012/03/20 09:59:22 PM

Page 5: die courant 21 Maart 2012

521 Maart 2012 courantnuus

Hyundai se Elantra Elantra 1.8 GLS is verlede week by ‘n spoggeleentheid in Johannesburg as Motor van die Jaar aangewys deur die land se motorjoerna-liste.

Die Elantra ding mee teen motors soos die Toyota Corolla, VW Jetta, Honda Civic en sy niggie, die Kia Cerato.

Die Elantra se vloeiende lyne met die hoë skouers en kort voor- en agter-oorhange laat die motor vars en sportief vertoon.

Die nuwe Elantra is heelwat groter en

Hyundai Elantra 1.8 GLS oes louere as SA Motor van die Jaar breër as sy voorganger. Hy is eintlik net ‘n raps korter as die Sonata.

Van die 420-literbagasieruim tot die 842mm-beenruimte vir die agterste pas-sasiers, troef die Elantra die meeste van sy klasmaats.

Daar is oorgenoeg sitplek vir vyf vol-wassenes in die motor en dan kan al vyf nog ‘n groot reistas ook saamneem. Kop- en skouerruimte is verbasend vir ‘n motor met so lae daklyn.

Die Elantra is in sy geheel ‘n nuwe ontwerp, dit geld vir die binneruim ook.

Met vloeiende, swiepende lyne en ge-halte plastiekinsetsels herinner die bin-neruim jou aan dié van die Sonata.

Daar is gemaklike armleunings en bêreplekkies vir al die los goedjies wat altyd in die motor kan rondlê.

Die klankstelsel is ook puik en verder is die binneruim toegerus met alles wat ‘n mens in die klas verwag. Elektriese kant-ruite, outomatiese klimaatbeheer met aparte kontroles vir die bestuurder en die voorste passasier, die hoo� igte gons en gaan ook self af wanneer die motor afgeskakel word.

Die Elantra se binneruim is ‘n baie aan-gename plek, veral omdat die pad en windgeraas ook heel e� ektief gedemp word.

Hyundai Malmesbury het verlede sy splinternuwe 2012 SA Motor van die Jaar aan nuwe eienaar Daniël Lieben-berg van Yzerfontein oorhandig. Bo ontvang hy sy sleutels van Cobus Edas van Malmesbury Hyundai.

SA Motor van die Jaar

2012

Promosie

165.indd 5 2012/03/20 09:59:18 PM

Page 6: die courant 21 Maart 2012

6 21 Maart 2012courantfokus

Erina Myburgh (voorsitter van Malmesbury VLV), Carien van Zyl (spreker), Uys van der Westhuizen (Landbouvereniging), Jean Rosenstein (Sirkel-te-sourier), Annalize Loubser (Sirkel-sekretaris), Marinda Rall (Sirkel-president), Elna von Schlicht (Hoofspreker), Francina Marais (Vise-president) en Swart-land burgemeester, Tijmen van Essen.

Malmesbury VLV speel gasheer

Marina van der Merwe (middel) is die geluk-kige wenner van ‘n nuwe ysmaker wat geborg is deur Malmesbury Super-spar en QualiJuice. Hier oorhandig Justin van Reenen van QualiJuice en Magda Booyens van Malmesbury Superspar die prys.

Die Malmesbury Vroue Landbouvere-niging het verlede week in die Stad-saal op Malmesbury gasheer ge-speel vir die 60ste konferensie van die Paarl-sirkel, waaronder Malmes-bury val. Benewens plaaslike sprekers soos Tijmen van Essen (Swartland burge-

meester) en Uys van der Westhuijzen (voorsitter van die Malmesbury Land-bouvereniging), het die konferen-siegangers ook geluister na inligting oor diamante en na ‘n praatjie deur dr. Elna von Schlicht van die Hugenote Kollege op Wellington.

Dié vyf leerlinge van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs die moordende Argus-fietstoer kafgetrap. Van links is Surene Cotter, Deoné van Dyk, Corne Hanekom, Eaden May en Raymond Jennings.

Emma Louw (spiesgooi) en Kyle Gelden-huys (1200m) van Laerskool Swartland op Malmesbury neem hierdie naweek deel aan die SA-atletiekbyeenkoms in Durban.

165.indd 6 2012/03/20 10:00:43 PM

Page 7: die courant 21 Maart 2012

721 Maart 2012 courantarive alive

Dis weer vakansietyd en dan gaan talle mense die lang paaie van Suid-Afrika aan-durf. Mense is geneig om ‘n valse sin van veiligheid te ervaar in hulle motors, veral wanneer ’n langafstand reis afgelê word. Soms raak bestuurders te mak agter die stuur van hul motors, veral as’n gewilde liedjie in die motor speel en dit sekere

emosievlakke prikkel. Behalwe vir vakan-sietye, is almal daagliks baie afhanklik van vervoermiddels vir die alledaagse lewens-wyse en bestaan, terwyl niemand die risiko’s en gevare daaraan verbonde kan ontsnap nie. Motor-ongelukke is ‘n onaan-gename realiteit en sal altyd met ons wees. Dit beteken juis dat veiligheid ‘n prioriteit moet wees wanneer ons agter die stuur van ons motors is.

Volgens die Padverkeerskorporasie het fatale motor-ongelukke gedurende 2009 gestyg met ongeveer 52 (0,48%) van 10,805 gedurende 2008 tot 10,857 in 2009 en dit neem steeds toe. Volgens die Nasionale Verkeersinligting Stelsel (eNaTIS), was daar aan die einde van September 2011 ‘n totaal van 9 073 613 geregistreerde selfaange-drewe voertuie op Suid-Afrika se paaie, en hierdie getal word daagliks meer.

• anneer o die ad is, vergeet van bekommernisse by die werk of tuis en konsentreer op die pad – begin betyds, of wees eerder laat en kom veilig aan.

• e lan o reis voora en, indien nodig, ry vroeër om angstigheid en stres te ver-minder. Luister na verkeersverslae oor die radio voordat jy ‘n rit aanpak, sodat die rit beter beplan kan word.

• Kweek n ositiewe o ding aan• oenie ander est rders se o dings

probeer verander nie: jy kan nie! Jy kan net iets aan jou eie doen.

• ees o ik en ro eer kalm l as uitgelok word.

• est r met o karde re gesl it en moenie die veiligheid van jou voertuig ver-laat as jy probleme opmerk nie.

• Tel van tot as kwaad egin word (dit is stok-ou raad en dit werk!)

• oenie reageer de r o toeter te laas, ligte te ikker o ge are te maak nie,

dit sal net die situasie vererger.• s n slago er van aggressie is, teken

die motor se registrasienommer aan en meld die voorval so gou moontlik by die polisie aan.

• est r alt d o ik laat genoeg r imte wanneer jy by verkeer aansluit, gebruik altyd jou rigtingwysers, hou ‘n afstand van drie sekondes tussen jou voertuig en die een voor jou en moenie jou toeter en handtekens onnodig gebruik nie.

Dis die veiligste om vroegtydig vir jou vriende en familie te vra om eerlik met hulle te wees wanneer hulle waarneem dat jou bestuursvermoë afneem en ‘n risiko op die pad word.

Bejaarde persone wat steeds van eie vervoer gebruik maak, kan gerus die vol-gende raad volg:

• o die aaie wat goed ken• oenie na donker est r nie• o die motor se vensters toe en die

deure gesluit.• e lan roete voor it en verm e

sige kruisings.• ees iters versigtig wanneer ar

keer en van verkeersbaan verwissel.• anneer o n vreemde lek is, is dit

raadsaam om eers rondom die motor te loop en te vergewis van enige moontlike obstruksies.

• o ril sorgv ldig skoon, asook al die vensters van die motor.

• aak seker dat kontaknommers o jou selfoon het van familielede, vir ingeval van nood.

• aat motor gereeld versien sodat dit in ‘n goeie padwaardige toestand

bly. Moenie probeer bespaar op remme, bande en skokbrekers nie. Laat die ligte ook nagaan.

• oenie elangstelling toon in straatverkopers se produkte nie.

• Plaas alle akkies, andsakke en kosbaarhede in die motor se kat-tebak.

• o sel oon ite sig en moenie opsigtelike juwele dra nie.

• ees edag o wat om aangaan k k ook dikwels in die truspieëltjie.

• oenie groot edrae geld in kontant o nie o selfoon en sleutels buite sig.

• o n a skrikmiddel derhand soos ‘n sambreel, kierie of pepersproei.

• Ge r ik alt d n veiligheidsgordel en dring daarop aan dat al die passasiers die-selfde doen.

• R diesel de s oed as ander motoriste op dieselfde pad so-dat u nie die vloei van die ver-keer belemmer nie.

Padveiligheid vir ouer persone Maak staat op eerlike vriende, familie

Maak só om padwoede te vermy

Waak teen mak raak agter stuur

165.indd 7 2012/03/20 10:00:30 PM

Page 8: die courant 21 Maart 2012

8 21 Maart 2012courantcourant

die courant kalender

courantwat gebeurSudoku 165

Sudoku 164antwoord

MaartBiblioteekweek

19 - 24 Maart is Biblioteekweek en alle boeke kan boetevry terugbesorg word by

die biblioteek naaste aan jou.Skakel jou biblioteek vir inligting oor

die programme wat vandeesweek oral aangebied word om van biblioteekweek

‘n feesweek te maak.

Ekonomiese bemagtiging21 Maart (Menseregtedag)-Ekono-

miese bemagtigingsdag in die Malmes-bury Stadsaal waar almal wat ‘n besigheid

wil begin, toegerus word en inligting bekom oor beskikbare fondse. Besighede kan ook uitstallings aanbied om hul werk

bekend te stel. Die Wes-Kaapse minister van Finansies, Ekono-miese ontwikkeling en Toerisme, Alan

Winde, is een van sprekers. Skakel Michelle Morris by 022-482

79400 vir navrae en besprekings.

Sarah Theron @ De Bron Kleinteater21 Maart - Sarah Theron tree op in die De

Bron klein-teater op Malmesbury. Kaartjies by 022 487 2000 @ R100 per persoon.

Kaskarre @ HDU22 Maart - Die Hoërskool Dirkie Uys op

Moorreesburg hou ‘n fondsinsameling met kaskarre om 17:30 by die Gene Louw Sport-gronde. Stalletjies met eet- en drinkgoed sal

beskikbaar wees en kaskarre sal voorsien word. Spanne bestaan uit ‘n minimum van

nege lede. Kostes beloop R40 per lid en gelde is voor of op 14 Maart betaalbaar.

Kontak die skool by 022 433 2253 met navrae.

ACVV Speelkasteel Pretloop en Braai22 Maart 2012- Deelname aan die stap,

wat om 18:30 begin by die ACVV Crèche Speelkasteel Lowry Colestraat, is gratis.

Braaiete is beskikbaar @ R50 ‘n ete, nagereg @ R10 per porsie en boereworsrolle @ R10

Etes MOET vooraf bestel word. Etes kan vanaf 19:00 die aand afgehaal word.

Vir navrae en bestellings, kontak Suzanne van der Merwe by 022 482 3742.

ACVV-Dienssentrum22 Maart -Die ACVV-Dienssentrum op

Malmesbury hou hul jaarlikse pretloop en braai. Kaartjies vir braai-etes is beskikbaar by

Natalia Steyn (022 48 22245).

Polisiëringsforumvergadering22 Maart - Die polisiëringsforumvergade-

ring op Riebeek-Wes word om 19:00 in die stadsaal gehou.

Alle organisasies is welkom om ‘n verteen-woordiger te stuur en ‘n verskil teen misdaad

te maak.Die kontakpersoon is Anna Wilschut (072

023 0832).

Jeugkamp/-uitreik23 tot 25 Maart - Die Neria Mission Minis-

tries onder leiding van Pastoor van Harte reël ‘n jeugkamp/-uitreik by die Vooruitsig Primêre Skool op Darling teen R30 pp, alles ingesluit.

Skakel mev. van Harte (082 3061748) om te bespreek.

AGS Corpus Christi 25 Maart - AGS Corpus Christi op Malmes-

bury bied om 09:30 ‘n diens aan met die titel ‘Die Brandende Hart’.

Die prediker is past. Piet Smit.Die aanddiens is 18:30 deur Wayne Schuller.

Navrae: 073 447 2902.

Sporttoernooi 25 tot 28 Maart - Laerskool Riebeek-Kasteel se jaarlikse sporttoernooi vind weer plaas

vanaf die 25-28 Maart by die gronde van dié

skool.800 kinders van skole van so ver as Na-

mibië, Rustenburg en Bethlehem neem deel.Netbal en rugby uit die boonste rakke. Vir navrae, skakel die skool by 022-448

1228.

Bootsale/Markdag31 Maart - Moorreesburg/Koringberg-toe-

risme hou ‘n Bootsale/Markdag by die muse-um, elke laaste Saterdag van die maand.

Uitstallers en besoekers, tuisgebak en handgemaakte items is welkom by dié derde

agtereenvolgende Bootsale/Markdag.Ons nooi u uit om te kom koop en verkoop.

Skakel 022 433 1072 / 082 574 035vir navrae.

Musical1 April - ‘Jesus the musical - die kruisiging

van Jesus’ word aangebied deur die Church of Ablaze Ministries.

Skakel Adriaan Januarie by 073 025 7170 vir navrae.

AGS Corpus Christi Goeie Vrydagoggend 6 April 2012 om 09:30

Danie Botha, gospelsangerAGS Corpus Christi, Malmesbury

Navrae: 073 447 2902

Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury14 April - Lions Potjiekoskompetisie op

MalmesburyDie Lions bied hul jaarlikse potjiekoskom-

petisie by die skougronde aan met vermaak, saamkuier en ‘n lewendige orkes. Inskrywings @ R200 per pot; fondse gaan vir liefdadigheid.

Skakel Andy Johnston met navrae ( 083 256 8178)

Ghoema-wenner Sarah Theron op

Malmesbury

Die gewilde sangeres Sarah Theron tree op vanaand (21 Maart) in die De Bron Kleint-eater op Malmesbury op. Kaartjies @ R100 is beskikbaar by 022 487 2000. Theron se album Storm in a D-Cup is Sondag-aand by die eerste Ghoema-toekennings aangewys as die beste country-album.

165.indd 8 2012/03/20 10:01:23 PM

Page 9: die courant 21 Maart 2012

921 Maart 2012 courantcourantcourantkos en nuus

B� tanddele6 eiers, geposjeer3 paasbolletjies3 velle gerookte salm

Hollandaise-sous:4 - 5 eiergele250g botter gesmelt10ml witwyn-asynMet ‘n handklitser, meng alles saam tot dubbel in vo-lume en glad en romerig.

Hoe om ‘n eier te posjeer:Kook water en 5ml witwyn-asyn in ‘n potjie, genoeg om ‘n eier te laat dryf.

Breek die eier in ‘n klein es-presso koppie of houertjie en laat sak stadig in die bor-relende water totdat eier heeltemal uitgeloop het, maak eier bymekaar met ‘n lepel en kook tot gaar.

M� odeSny die paasbolletjie in die helfte en rooster. Sny ham of salm in die helfte deur en plaas op oop paasbolletjie. Sit een geposjeerde eier op elke helfte. Gooi warm hol-landaise-sous oor.

Bedien 3 - 4 personeCherry Lane Paasontbyt

Cherry Lane in Hugenotestraat op Malmesbury het hierdie week se heerlike somer-nagereg voorberei. Besoek hulle vir heerlike tuisgebak, ‘n unieke ervaring met ko� e en

vele meer.

Totsiens: Die Laerskool Swartland het gister afskeid geneem van Stephan Bos-man, wat vir 37 jaar ‘n musiek-onderwyser by dié skool was. Op die foto is Noeline Bezuidenhout, Stephan Bosman, Franzette Henn, Cobie Weideman en skoolhoof Hennie Weideman.

Die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg se atlete wat aan die Bo-land-byeenkoms deel-geneem het, is agter: Christiaan Hanekom en FG du Toit. Voor is Bere-nique Diedericks en Dar-ren Arendse.

165.indd 9 2012/03/20 10:00:23 PM

Page 10: die courant 21 Maart 2012

21 Maart 201210 courantcourantcourant nuus

‘Ek het met canola begin in 1995, toe ek en Michiel Smuts (senior) van Grasrug begin soek het na alternatiewe gewasse. Ek moes baie navraag doen, rondbel en lees. Elsenburg het ook vir my raad ge-gee.’ “Die eerste jaar het ek 16 hektaar canola

geplant en die volgende jaar 13 ha.“Ek leer elke jaar nog van canola – die

truuk is om aan te pas by die jaar.” Aan die woord is Dirk Lesch van die plaas Elim, buite Malmesbury.

Dirk het vir verlede jaar se oes ‘n eerbe-wys ontvang in die Swartlandse canola-kompetisie vir die beste opbrengs per mm reën (9,84 kg/mm).*

Hy het verlede jaar by dieselfde kom-petisie die tweede hoogste opbrengs per

hektaar gelewer nadat hy in 2010 die kom-petisie gewen het.

“Maar moenie dink ek weet alles nie – ek bel ook nog om raad te vra!”

Dirk beskou canola eerder as ‘n alterna-tiewe gewas as ‘n wisselbou gewas omdat canola nie die grond verbeter soos ‘n peul-plant (medics, klawers en lupiene) nie.

“Uit die oogpunt van bio-beroking kan dit ook as ‘n wisselbou-gewas beskou word,” sê hy.

Sy wen-opbrengs was uit bastersaad, waarvan hy 3kg per hektaar geplant het, op 27 ha.

By die hek van Elim hang Dirk Lesch se kenteken: ‘n perdeploegie, maar omgekeer. “Ek het dié ploegie in 1996 verkeerd-om by my plaashek opgehang. Die rede hiervoor

is dat ek in 1989 ‘n bewaringsbewerkings-proef saam met Pierre Matthee, op daar-die stadium van Landbou Ingeneurswese, S t e l l e n b o s c h gedoen het – daarna het ek vir my my eie planter gebou wat ‘direct drill-ing’ doen. Dit maak die grond nét op die ry los waar ek saad plant, dan ver-nietig dit nie die grond tus-sen die rye nie en die erosie is

baie minder. Sedertdien raak my grond net beter! Die omgekeerde ploeg sê dus wat is my oortuiging oor grondbewaring.”

• ierdie is n s linternuwe afdeling van die kompetisie en Dirk is die eerste wenner hiervan in die Swartland. Dié prys is ingestel nadat die Rûens-veldse canola-boere aan-gedui het dat hulle reën-val drasties verskil van die Swartlandse reënsyfers en dus nie ‘n ewekansige uitslag kan lewer nie. Die opbrengs per mm reën is dus ‘n beter, ewekansige maatstaf.)

Ek leer steeds, aldus boer met beste opbrengs/mm reën

Dirk Lesch van die plaas Elim naby Malmesbury

165.indd 10 2012/03/20 10:01:21 PM

Page 11: die courant 21 Maart 2012

1121 Maart 2012 courantnuus

“In die landbou het jy één kans per sei-soen – as jy vanjaar uit jou fout uit leer, kan jy eers volgende jaar die fout reg-maak,” só sê AJ Louw, die wenner van die Swartlandse canola-kompetisie. Hy het daarmee die trofeë vir die hoogste opbrengs (2,55 ton per hektaar) én die hoogste bruto marge van R6 058/ha vir verlede jaar se oes ontvang.

AJ van die plaas Tweekuil Plase buite Malmesbury en Dirk Hanekom van Agricol het die geheime van ‘n wen-oes met die courant gedeel:

Beplanning, bestuur en ‘n ‘hands on’- benadering is die basiese beginsels waarin AJ glo.

“Die regte plantdatum is baie belangrik. Hierdie oes is baie vroeg geplant, in die droogte. Dit bly ‘n risiko, want as die reën verkeerd val, kan jy jou oes verloor.

“Hierdie oes het ‘n goeie wegspring ge-had, met genoeg reën kort na plant.

“Jy moet altyd die jaar se reënval, tem-perature en onkruid in ag neem. My pa het

altyd gesê jy moet die golf leer ry – mis-kien is dit wat ek reggekry het met hierdie kamp se canola!

“Eerstens neem ons so vroeg as moont-lik grondmonsters sodat behoeftes wat in die grond is, vroeg reggestel kan word. Grondmonsters word geneem op ‘n diepte van tussen 150-200mm. Tweedens is die plantdatum baie belangrik - ek glo daarin om vroeg in April reeds te saai. Die ver-digtingslaag moet opgebreek wees voor-dat jy plant (daar is boere wat eerder hul canola saai, maar ek plant).

Bestel jou saad baie vroeg - ek het die

2011-saad al in 2010 bestel. Koop goeie saad – my wenkamp was

‘n baster-canola (TT jarjee). En as ek nuwe variëteite wil uittoets, doen ek dit vir eers net op ‘n paar hektaar – nooit ‘n baie groot klomp vir ‘n toets nie.

“Oestyd gebeur snags en soggens vroeg, as dit koeler is. Canola kan plat-gesny of doodgespuit word met ‘n trek-ker of vliegtug. Ek het geleer om nie al my canola op een slag te laat ‘dood’spuit nie. Die ideaal is om net soveel te spuit wat jy in twee dae kan hanteer, anders verloor ‘n mens te veel van die ryp oes.”

AJ sien dat die ligging en die helling van die gewasse en vogbewaring ‘n belang-rike rol speel. Hy skryf die hoeveelhede van voeding en gifstowwe getrou neer en hou in gedagte dat die jaarlikse reën-val afwaarts neig. “Ek voer al my resultate in op die rekenaar sodat ek tendense kan raaksien en dit kan evalueer.

“Die lewe is ‘n leerskool, as jy nie wil leer nie, sal jy agterbly!”

Daarom benut AJ die voordele van studie- en skog-dae, sodat hy ingelig kan bly.

Planttyd loop die planter by tye 24 uur per dag.

“Jy as individu doen wat jy kan tot die saad in die grond is. Daarna moet jy ver-der glo en vertrou!” verklaar AJ.

“Die beste advertensie vir die land-boukundige is sy kliënt,” verklaar Dirk Hanekom van Agricol. “Ek glo vas in die heilsaamheid van canola as wisselbou-gewas op die grond. Met canola lê die grootste verlies in jou oestyd, behalwe as jy dit reg kan bestuur.”

En oor AJ se top-prestasie, sê Dirk tereg: “As ‘n boer twee ton per hektaar kan oes, dan doen hy beslis dinge reg!”

“Canola is beslis nie ‘n minderwaar-dige landbou-produk nie, dit hét beslis sy plek in die landbou. Die wisselbou-sisteem help die landbouer baie – as jy goeie canola geplant het vanjaar, is jou koring daarna net soveel beter – ‘n hal-we tot een ton per hektaar koring meer

as sonder die canola.”

* ‘n Canola-paspoort is die nuutste ver-eiste wat die Suid-Afrikaanse verwerker van canola (Southern Soil) pas ingestel het. Dit het noodsaaklik geraak dat landbouers alle detail van chemiese stowwe wat toe-gedien word, op die ‘paspoort’ aandui, met lot- en bin-nommer ingesluit. Hierdie kontrole-maatreël het nodig geraak nadat ongeregistreerde gifstowwe, wat nie ge-toets is vir moontlik negatiewe e� ekte vir die menslike liggaam nie, die mark begin binnekom het.

Net een kans elke jaar, sê Swartland se Top-CanolaboerVroeg plant, ligging, helling en vogbewaring van die belangrikste faktore

AJ Louw van Tweekuil Plase naby Malmesbury

165.indd 11 2012/03/20 10:02:03 PM

Page 12: die courant 21 Maart 2012

21 Maart 201212 courant nuus

‘n Hele tros blomme versier vanjaar die “Oupa se Pyp” by Malmesbury kwekery.

George Retief, eienaar, ver-tel dat die plant, ook bekend as die pelikaanblom of aris-tolochia ristolochiaceae van-jaar besonder baie blomme dra.

Regs is nog ‘n besonderse plant, of eintlik die vrug van een. Retief wys die vrug van ‘n worsboom (Kigelia africana)wat in sy tuin groei by een van die klein worsbome in sy kwe-kery. Hierdie wors is sowat 35 cm lank en 8cm in deursnee. Die worsboom kom veral baie in die noorde van ons land en die Kruger Wildtuin voor.

Oupa se pyp en worsboom vanjaar swaar in drag

165.indd 12 2012/03/20 10:01:51 PM

Page 13: die courant 21 Maart 2012

1321 Maart 2012 courantnuus

Bennie Lambrechts van Nassau buite Malmesbury is deur Agri Wes-Kaap aangewys as een van die vyf 5 � naliste waaruit hul Jongboer van die Jaar vir 2012 aangewys sal word.

Die � naliste doen vandag voorleggings aan ‘n paneel van beoordelaars waarna daar ook ‘n reeks plaasbesoeke sal plaas-vind voor die wenner op 23 Mei by ‘n spog-geleentheid aangewys sal word.

Lambrechts het aan die courant vertel dat hy en sy broer Gawie die derde geslag Lambrechts op Nassau is nadat sy oupa die plaas gekoop het.

Naas graan - spesi� ek hawer, lupiene en medics - spekuleer hy ook met skaap en bees en hulle het 120 ha onder wyn-druiwe.

Die wynkelder op die plaas verwerk sowat 10 ton parsdruiwe - 7 000 liter, wat onder die handelsmerk Black Ridge be-mark word.

Sy opbrengs per hektaar is ongeveer 10 ton waarvan die balans aan Windmeul Kelder gelewer word.

Hulle was vandeesweek nog kliphard aan die pars en hoop om vandag die laaste druiwe van die seisoen te oes.

Bennie Lambrechts een van Top-5 Jongboere in

die Wes-Kaap

Bennie Lambrechts en sy broer Gawie het vandeesweek met Gregoire-parsmasjiene Cabernet geoes.

165.indd 13 2012/03/20 10:02:55 PM

Page 14: die courant 21 Maart 2012

21 Maart 201214 courant nuus

“Een mens kan nie ‘n Relay maak nie,” sê Hester Smit, projekkoördineerder van Kansa oor die Malmesbury Relay wat die naweek gehou is.

Die statistiek van hierdie vierde Relay ondersteun Smit se stelling: ‘n Allemin-tige R164 000 is ingesamel, 63 oorwinnaars het dit bygewoon en 54 spanne (met elk ongeveer 15 lede) het op die veld oornag en heeltyd gesorg dat iemand in elke span deurentyd om die veld stap op ‘n a� osbasis.

Smit loof die publiek vir hul deelname en ondersteuning. “Ek is baie dankbaar vir die skitterende ondersteuning van die omgewing se mense. Baie dankie vir elke persoon se bydrae, elke sakkie wat verkoop is, elke komiteelid wat hard gewerk het en elke rand wat bygedra is.”

Die Marais Support Team van Dolly Marais was vir die derde agtereenvol-gende jaar die span wat die meeste geld ingesamel het vir die Relay (R30 500), met

die Cancer Busters wat gevolg het met R18 200, Caring Parents (R7 905) en Wees ‘n Wenner met R6 010. Met die eerste Relay-geleentheid in 2090 was die wen-span dié van Millie Petersen.

Ander pryswenners was Cancer Busters (die span met die beste naam om die doel van die Relay te versterk en beste klere-drag) , die Landmark Ninjas (beste span-gees), Marais Support Team (tent met die beste Kansa-gerigte uitstalling).

Relay 4 Life, onthou, gedenk, vier

Die Marais Support Team van Dolly Marais het vir die derde jaar die meeste geld ingesamel - R30 500.

Die Landmark Ninjas was die span met die beste gees.

Die Cancer Bust-ers het die tweede meeste geld geïn (R18 200) en hul kleredrag het die KANSA-tema die beste ondersteun.

165.indd 14 2012/03/20 10:10:19 PM

Page 15: die courant 21 Maart 2012

1521 Maart 2012 courantnuusdie lewe en ín rekord-bedrag

Almal het saamgestaan dié naweek teen kanker. Die meeste kunstenaars het gratis opgetree om hul deel te doen.

ONDER: Die chemradjestry-span se naam is saamgestel uit: With chemo- and radiotherapy and Jesus cancer can be cured.

165.indd 15 2012/03/20 10:07:36 PM

Page 16: die courant 21 Maart 2012

21 Maart 201216 courant nuus

DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE

VERHURING VAN PROVINSIALE EIENDOM PIKETBERG: ERF 690: TUINSTRAAT 7

OPM 004/12Aanbiedinge word hierby gevra vir die verhuring van eiendom vir Residensiële doeleindes vir ’n 12 maande periode “Voetstoots” teen markverwante huur. Die Huurder mag skriftelik aansoek doen vir die verlenging van die huurtydperk vir ’n verdere periode van een (1) jaar.

Tendervorms is verkrygbaar by me M van Zyl, Bergrivier Munisipaliteit, Churchstraat 13, Piketberg.

Aanbiedinge moet voorgelê word op die voorgeskrewe Tendervorms. Die sluitingsdatum vir die indiening van aanbiedinge is om 11:00 op 19 April 2012. Aanbiedinge moet in die tenderbus wat te Bergrivier Munisipaliteit, Churchstraat 13, Piketberg geleë is, gedeponeer word.

Algemene Navrae: Me S Africa: 021 483-4814, faks: 021 483-5353 of per e-pos: [email protected]

Die Departement behou die reg voor om na grondige oorweging geen aanbiedinge te aanvaar.

Neem asseblief kennis dat geen laat aanbiedinge oorweeg sal word nie.

Human Communications C94249A

Uitslae en bepalings

Volop pret by LSS se kermis

MALMESBURY GHOLF4BALL BETTER BALL STABLEFORD1. S. McLean & C. Rieder 48; 2. E. Lingefeldt & D. Coetzee 44;3. D. Erasmus & G. Gianatale 44;4. M. de Goede & E. Key 43;5. I. Visser & W. van Niekerk 43.

MALMESBURY RUGBY BLOUESBloues vs Voorberg:Bloues 1 wen 32-31Bloues 2 wen 10-8Bloues 3 wen 20-0

Die Laerskool Swartland het die af-gelope naweek sy jaarlikse kermis gehou. Die waterkaskenades, vroeg-oggend-pretstap, kampering op die sportterrein, Courant-Idols asook die mnr. en mej. Kermis en “Tal-ent under the Stars” van Saterdag-aand was soos gebruiklik weer die hoogtepunte. Die naweek is Sondag afgesluit met ‘n kerkdiens.

Mare Louise Koegelenberg van Laerskool Riebeek-Kasteel het by die Wes-Kaap atletiekbyeekoms op Oudtshoorn die 1500m gewen en ‘n 2de plek in die 800m behaal. Sy neem die naweek in Durban deel aan die SA atletiekbyeenkoms.

165.indd 16 2012/03/20 10:06:51 PM

Page 17: die courant 21 Maart 2012

1721 Maart 2012 courantnuusSA Junior

Toutrek lok baie besoekers na Malmesbury

Die Suid-Afrikaanse junior toutrek-kam-pioenskap het die naweek groot getalle mense na Malmesbury gelok, waar on-geveer 40 skole en minstens 200 spanne teen mekaar gekompeteer het.

Behalwe vir die deelnemers, het on-geveer 3 0000 mense die twee dae byge-woon.

Die � nale wenners was die 560 kg-seuns van Oakdale Landbouskool buite Riversdal en die 480-dogterspan van die Paarl-klub, wat in die volgende kompetisie in Switser-land sal gaan deelneem.

“Die belangstelling van die Laerskool Swartland-leerders dui op ‘n toename in belangstelling in toutrek, wat tot voor-deel van dié sport sal dien. Dit is ‘n direkte uitvloeisel van die SA-byeenkoms wat op eie bodem aangebied is,” het Zuna Koen, organiseerder van die byeenkoms en leer-krag van Hoërskool Swartland, gister gesê.

Die Hoërskool Swartland was die gasheer vir die geleentheid en Koen het gister aangedui dat die sukses daarvan aan die uitstekende samewerking van die

hele Swartland te danke is.“Die pluimpie moet aan die ouers, die

sakemanne, die Swartland Munisipaliteit onder leiding van Joggie Scholtz, baie van die nie-winsgewende organisasies en aan baie indiwidue gaan - en hier praat ek van die wyer Swartlandstreek, nie net Malmes-bury nie,” het sy gister gesê.

Die minister van ---, Ivan Meyer asook die persoon wat die sportfederasies in Suid-Afrika beheer, Glen Williams, was van die besoekers.

“Die gedrag van die Swartlandse leerders asook die besoekende leerders, was volgens gastehuis-eienaars baie goed.

Skoolhoofde bel ook steeds om die or-ganiseerders lof toe te swaai vir die groot werk (sedert Augustus verlede jaar) om dié byeenkoms te reël.

Die Volkswagen Kewer wat tydens die byeenkoms uitgeloot is, is gewen deur ‘n toeskouer uit die Noorde. Hy het gesê hy koop net ‘n enkelkaartjie Malmesbury toe, dat hy met die Kewer wil terugry - en dis toe presies wat gebeur het!

By die opening van die SA Juniortoutrekkmpioenskap verlede week op Malmesbury was Springbok Anton Botha, Dirk Marais (skoolhoof van die gasheerskool, Hoërskool Swartland), dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister Sport en kultuursake), Zuna Koen (hooforganiseerder) en Paul van der Merwe (President van SAJTU).

165.indd 17 2012/03/20 10:04:45 PM

Page 18: die courant 21 Maart 2012

21 Maart 201218 courantcourantcourantnuusdienstedie courant

Martin en Elba Ritter, eienaars van Rit-ter Paving, het in 2004 hul deure geo-pen en woon nog net twee maande op Malmesbury.

Ritter Paving vier dus vanjaar hul agtste verjaardag.

Met 20 personeellede lê Ritter Pav-ing klem op kliëntediens en tevreden-heid, en roem hulle hulself op goeie na-verkoopdiens.

“90% van ons werk volg op verwy-sings, so ons doen de� nitief iets reg!” sê Martin.

“Ons is al groot kontrakte toe-gestaan en is onder andere kontrak-teurs vir SASOL, Easigas en ook vir die Stad Kaapstad.

Ons doen plaveisel (residensieel en industrieel), kitsmure (nuut, ver-hogings en ook herstelwerk), keer-muurstelsels, staalwerk (hekke, heinings en diefwering), asook outo-

matisering van hekke en motorhuis-deure.

Verder doen ons ook gas-installasies (gas ‘geysers’ ingesluit) en die verskaf-� ng van LPG gas.

“As jy gas benodig, lewer ons dit vir jou af en doen dan ook ‘n lektoets gra-tis,” sê Martin.

“Verder doen ons ook inspeksies om te verseker dat jou installasie aan die nodige standaarde voldoen en ons kan jou van ‘n Serti� kaat van Wetlik-heid voorsien.

Ons werk regoor die Skiereiland en geen werk is te klein of groot vir ons nie! Ons kantore in Fordstraat 62 is oop vanaf Maandag tot Vrydag 08:00 to 17:00. Ons kontaknommer is 0860 55 66 66 of e-pos: [email protected].

Ons leuse: “For us excellence is a habit - not an art!”

By Ritter Paving kom die kliënt se tevredenheid eerste

165.indd 18 2012/03/20 10:07:07 PM

Page 19: die courant 21 Maart 2012

1921 Maart 2012

mini gigs & dienstedie courantR1800 - Bachelor w/stel, k & w ingesluit. Besigheids persele vanaf R2450 tot R6000 in Hugenote-straat. Skakel 022 487 1264--------------------------• KANTOORRUIMTE - Ruim huis, sentraal geleë in Malmes-bury - onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 482 1131

• DIENSTE GELEW-ER - Vervoer van meubels, verwyder-ing van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336--------------------------• NEGOSIKAS - KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601--------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwota-sies. Skakel 083 227 5937-------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapar-tytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersui-ker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, [email protected] of www.abcpartytjies.wee-bly.com

• MALNOPLATE MALMESBURY - benodig die dienste van ‘n betroubare, hardwerkende per-soon wat sou gou

en breekgoed. Kon-tak 022 487 1547 / 084 794 7528

• NUWE LUGVERKOELERS - Baie verskillende fabrikate. Skakel 084 575 4707--------------------------• CRAZY FIT MAS-SAGE MASJIEN - So te sê nuut - R4500. Nuwe masjien kos R8500. Skakel 083 287 5941--------------------------• EGTE LEER MANS-SKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kon-tak Max 083 275 8266

• GAS SPIT BRAAI - Skakel 083 287 5941--------------------------• MALMESBURY - Middedorp kantoor / winkel met klein komb & badk te huur @ R2000pm, Rainierstr. Bel 083 991 7350--------------------------• TOP EIENDOMME, MALMESBURY - R3 300 - W/S 2slpk, 1badk, teëls;R3000 - W/S 2slpk, 1badk;R2900 - W/S 2slpk, 1badk,R2500 - W/S 2slpk, 1badk. Skakel Kantoor by 022 487 3818--------------------------• PROPERTY SELL-ERS, MALMESBURY - R3100 - 2Slaapk woonstel + afdak; R4250 - 3Slaapk + motorhuis (kom-pleks);R4500 - 4Slaapk + motorhuis;

• TOTSIENS MAAR NIE VAARWEL 1957 - 12 - 182012 - 03 - 13

Mnr. Brain September

Ons Hemelse Vader het jou kom verlos

van jou aardse lyding. Met diepe

hartseer neem ons afskeid, maar die mooi herriner-inge sal ons altyd

bybly. Van jou vrou, Oliver, Gayla, Johan,

Guovanni, klein-kinder asook die res van die September

& Croy famielies. Roudiens:

21 / 03 / 2012 AME Wesbank.Begrafnisdiens: 24 / 03 / 2012,

09h00 Abelialaan 23, 10h00 AME

Wesbank--------------------------• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosia-atberader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80--------------------------• NERIA MISSION MINISTRIES - Onder pastoor van Harte reël ‘n jeugkamp / -uitreik 23 - 25 Maart by Vooruitsig Primêr (Darling) @ R30pp. Skakel 082 306 1748

• GOEDERE GESOEK - 2de handse meu-bels, yskaste, vries-kaste, asook linne, skoene, handsakke

Dienste Services 12

GesoekWanted 2

Te Huur To Let 7

Te koopFor sake 4

Betrekking beskikbaar17

Alge-meen 1 moontlik diens kan

aanvaar: Vereistes: • Rekenaarvaardig,• Goeie mensever-houdinge,• Tweetalig,• Kode 8,• Praktiesvaardig,• Vorige ondervind-ing en kennis van nommerplate, sleutels en “signs” sal in jou guns tel. Stuur jou CV na [email protected] of faks: 022 482 2497. Indien ons nie binne 7dae vanaf sluitingsdatum met u in verbind-ing getree het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsukses-vol was. Sluitingsda-tum: 31 Maart 2012.--------------------------• KASSIER DRIN-GEND BENODIG - Vir besige kafee in Malmesbury. Rekenaarvaardig, Rybewys sal in jou guns tel. Verkorte CV met kontakbare verwysings word benodig. Skakel 082 774 3691 vir afspraak.-------------------------• WAITERS / KEL-NERS - Benodig by Malmesbury Sabino Canyon Spur. Skakel 022 487 1511

165.indd 19 2012/03/20 10:07:28 PM

Page 20: die courant 21 Maart 2012

diecourantag

terb

lad

21 Maar t 2012

swartland en weskus

Knortjorre brul op Malmesbury

Nege laerskole het Donderdag aan die Minimark Mal-mesbury-uitnodigingsgala deelgeneem. Die gala is ge-organiseer deur die Christelike Privaatskool op Malmes-bury. Hier is Hanri Lesch (bo) en Mia Malherbe van CPM hard aan die swem vir hulle skool.

Water spat by CPM-swemgala

Die knortjorre het Saterdag op Mal-mesbury weer volop aksie opgelewer. Die klippe het gespat en daar was ook ‘n ongeluk toe een van die deelnemers die voet te swaar ingelê het.

165.indd 20 2012/03/20 10:08:28 PM