Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
DIE PIONIER
Jaargang 83, No 05
Volume 83, Nr 05
Datum 31/10/2015 Date
REDAKSIE
Rig asseblief alle korrespondensie aan:
Please direct all correspondence to:
Die Redakteur The Editor
Die Pionier Die Pionier
Posbus 994 P.O. Box 994
WORCESTER WORCESTER
6849 6849
Tel.: (023) 342 6313
Faks/Fax: (023) 342 0335
E-Pos/E-Mail: [email protected]
Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die
artikels en briewe in Die Pionier uitgespreek word nie, en
behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en
redaksioneel te versorg.
The editorial staff does not necessarily endorse the opinions
expressed in the articles and letters in Die Pionier, and
reserves the right to abbreviate and edit such articles.
Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur 'n ruim subsidie van
die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.
This publication is made possible by a generous subsidy of the
L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.
Inhoud/Contents
1. Redakteursbrief ..................................................................... 6
2. IJSVOGEL... CHRISTUS HOU SELF SY KERK IN STAND12
3. Geagte lesers ...................................................................... 14
4. Infokus September 2015 ..................................................... 15
5. WORCESTER BRAILLE CHESS NEWSLETTER .............. 31
6. TE KOOP/GESOEK ............................................................ 34
7. UK scientists start stem cell trial of potential blindness cure
....................................................................................... 35
8. Eerste keer dat baie vliegtuig sien ...................................... 37
9. Afgerig of onderrig? ............................................................. 39
10. EU se ‘waarheidsoomblik’ ................................................. 46
11. Waarom geweld praat? ..................................................... 49
12. Vrystaatse tenoor wen nog 'n groot kompetisie .................. 55
13. Zuma het dalk net 'n punt beet .......................................... 57
14. Facebook gee ‘Dislike’-knop ............................................. 61
15. Goeie leiers staan of val vir beginsels ............................... 63
16. Studie oor selfdood ontleed patrone ................................. 66
17. Roofvoël se maag van binne bekyk .................................. 69
18. SA se boereworskoning gekroon ...................................... 71
19. NGK ‘het meer ouer lidmate as jonges’ ............................ 73
20. ‘Kerk en die staat moet kan saamwerk’ ............................ 75
21. Koningin Elizabeth ry die trein, ‘SA se trein’ ..................... 77
22. Sanral soek nou nuwe tollenaars ...................................... 80
23. Vrou maak haar drome stap vir stap waar ........................ 83
24. Kwadrupleeg klop Kilimandjaro ......................................... 84
25. Wag ‘betower’ met klavierspel .......................................... 86
26. Net 674 232 skryf matriek nadat 13 000 ‘verwyder is’ ...... 88
27. Ál meer kinders word afgeskeep ....................................... 89
28. Aanleg bied oplossing vir kragtekort ................................. 91
29. Alzheimersiekte ook oorerflik ............................................ 95
30. Luister 'n bietjie, dan vorder ons ....................................... 97
31. Sakesentrum help met ontwikkeling ................................ 100
32. Albertinia tot in die rekordboeke gebrei ........................... 102
33. Dr ST Potgieter Nuusbrief ............................................... 103
34. Wes-Kapenaars rook meer as res van land .................... 111
35. Plant ná 75 jaar weer gesien ........................................... 113
36. Wat het dan van dié kinders se pa’s geword? ................ 115
37. Moederstad se erfenis kry nuwe tuiste ............................ 117
38. Groot bakke roomys laat mark koud ............................... 119
39. Statebondspele kom na Durban ...................................... 121
40. Navorsers hoop griep se dae is binnekort getel .............. 122
41. TRUE STORY... .............................................................. 123
42. Handsak? Nee, wat is in jou paneelkissie? ..................... 128
43. Nuwe leerplan vir tegniese skole .................................... 130
44. Woordeboek is ingrypend hersien ................................... 133
45 ‘Wonderwerkboom’ nie altyd veilig nie ............................. 136
46. Spanjaarde sal loko’s versien ......................................... 138
47 ‘Hoe hoog moet SA vir China spring?’ ............................. 141
48. Trein vol vrugte op pad Kaap toe .................................... 142
49. Bokke is nes broeke in die Boereoorlog .......................... 144
50. Nuwe voorsitter van US-studenteraad ‘kyk na karakter, nie
kleur’ ............................................................................ 147
51. ‘Om beter te kan ruik (eet, speel én slaap), my honne’ ... 148
52. Eindig al ons – vrot appels in Australië? ......................... 150
53. Dekades van Leserkring ................................................. 153
54. ‘Jou kat het jou nie eintlik nodig nie’ ................................ 156
55. WINTERGROENTE-KASSEROL .................................... 158
56. ROMERIGE RYSPOEDING ............................................ 159
1. Redakteursbrief
5 November 2015
Geagte lesers
Die einde van die jaar kom nou vinnig nader en as ‘n mens na
die algemene nuus in die media luister en lees moet ‘n mens
kersopsteek en ook vashou aan die Hollandse monargie se
leuse van “Rustig te midde van woedende golwe” en die
genade van ons Almagtige Vader met al die hartseer, lyding en
storms van ons wêreld.
Selfs binne die NG Kerk woed daar storms in die Algemene
Sinodale vergaderings en die kommerwekkende tendens van
dalende getalle lidmate wat ouer word. Hierdie neiging raak ook
die Instituut direk omdat dit ons donateursbasis verkein. Die
groot verskille in die NG Kerk se Sinode en gemeentes mag
dalk skeuring meebring wat ‘n baie hartseer dag in die
geskiedenis van die NG Kerk sal wees. Ons moet almal vir die
Kerk se voortbestaan bid.
Die menslike tragedie wat tans in Europa afspeel vanweë die
toestroming van vlugtelinge vanuit Sirië, Irak en Afganistan na
Europa is besig om die wêreldorde en vrede te bedreig weens
die groot moondhede se kortsigtige en ondeurdagte inmenging
in ander lande se interne sake en na die tyd die vakuum en
meegaande chaos nie kan hanteer nie.
Ons samelewing is al lankal besig om generasies van
disfunksionele kinders vir die toekoms groot te maak weens die
toenemende getalle van enkelouers. Die nuwe generasies van
kinders kan dan nie die tradisionele gesinswaardes aanleer en
oordra na die volgende geslagte nie. Dit word dan ‘n
toenemende bose kringloop wat al wyer uitkring. Die kinders
van die wêreld het elkeen die reg om soos ‘n kind in ‘n velige
familieverband te kan grootword en ons as samelewing moet
daarna streef om hierdie vloedgolf om te keer.
Te midde van al hierdie negatiwiteit is dit dan so wonderlik om
in die Infokus te lees en verneem van al die wonderlike dinge
wat hier by die Instituut gebeur. Lees oor die
naamsverandering van die Instituut vir Blindes na Kaleidoskoop
SA waaroor Mnr Botha so entoesiasties skryf.
Die kinders en jeug is die toekoms en ons moet soveel as
moontlik in hulle belê om hulle die beste kans in die lewe te
bied. Daarom is dit vir my so ‘n riem onder die hart om te sien
hoeveel die Pionierskool vir hul leerders bied op die gebied van
kultuur met hul deelname aan al die toneelfeeste en ander
feeste. Dit is wonderlik en BRAVO aan Pionierskool!!! Ek is
seker dat elkeen van ons kan onthou hoe een of meer
onderwysers in jou skooljare ‘n impak op jou jong gemoed
gehad het en sy/haar liefde vir die vak aan jou oorgedra het.
Hier onderskryf die Finse benadering tot hul onderwys waarom
hulle so suksesvol is omdat hulle fokus op die gehalte van hulle
onderwysers. Leerders kan net floreer en gemotiveer word tot
sukses deur die bemiddeling van goeie en gemotiveerde
onderwysers. Dit is bemoedigend dat die tegniese skole nou in
die proses is om nuwe en beter leerplanne te implimenteer,
want daár is so ‘n geweldige tekort aan tegniesgeskoolde
leerders en ambagsmense. Dit sal ons help om ons eie mense
op te lei en werksverskaffing te bevorder instede daarvan om
tegniese deskundiges van Spanje en Zimbabwe in te voer om
die nodige werk vir ons te doen.
Uiteindelik lyk dit of ons spoorweë weer gaan herleef om
sodoende die enorme druk op ons padnetwerke te verlig. Die
vrugte-boere van die Witzenberg-streek wat binnekort hul
vrugte per spoor na Kaapstad sal vervoer. Die instel van ‘n
lokomotiefrit Sondae tussen Kaapstad en Ceres wakker die
nostalgie van stoomlokomotiewe weer aan. En kan julle glo –
vir die eerste keer kan jy ook na die eiland, St Helena, in die
Atlantiese Oseaan toe vlieg! Nog te meer dat die Hugenote-
tonnel al 27 jaar oud is en alreeds 75 miljoen voertuie
deurgelaat het!
‘n Mens moet nooit ophou droom nie en daarom is dit altyd vir
my wonderlik om oor ander se drome te lees. Inspirerende
voorbeelde hiervan is die kwadrupleeg, Chaeli Mycroft (21) wat
met ander se hulp die kruin van Kilimandjaro bereik het. Die
motorwag, Pablo Muvunyi, wat steeds voortgegaan het om sy
musiektalent te beoefen en daardeur ander ook geïnspireer
het. Pragtige verhaal van Robby wat vir sy dowe moeder
klavier wou speel het my diep geroer asook die volgende
woorde van Mildred Honor – sy musiekonderwyser: “Live
simply, love generously, care deeply, speak kindly and leave
the rest to God”
Entrepreneurskap en luiheid loop beslis nie hand-aan-hand nie.
As jy iewers in die lewe wil kom moet jy hand uit die mou steek
en met passie en oortuiging jou doelwitte nastreef. Aanhouer
wen soos wat die nuwe Boereworskampioen vir 2015, George
Baloyi, so deeglik uitwys deur sukses te behaal na vyf
probeerslae.
Taal moet ‘n verenigende faktor in ‘n gemeenskap wees en nie
verdeling saai nie.
Ongelukkig kan dit deur verkeerde elemente aangegryp en
verpolitiseer word soos die onlangse studente opstande by die
Universiteit van Stellenbosch oor transformasie wat handuit
geruk het en ‘n raselement gekry het. Taal moet vry wees om
te groei en mense saam te bind. Daarom is die bekendstelling
van die 6de uitgawe van die HAT so ‘n wonderlike geleentheid.
Dit is 50 jaar jonk en het in totaal 2,1 miljoen woorde! Afrikaans
het uiteindelik sy borstrok uitgetrek en gemoderniseer. Nou
word die aigemene spreektaal en selfs Kaapse Afrikaans erken
en omarm. Dit is hoe ‘n taal kan groei en floreer! Die belangríke
rol wat boekklubs, soos die Leserskring, speel moet nooit
onderskat word nie in die bevordering van ‘n taal en
leeskultuur.
Ons land en wêreld het so ‘n groot behoefte aan goeie
leierskap dat ons weereens kan kyk na wat ‘n goeie leier van
ander onderskei. Die nuwe voorsitter van die US-studenteraad,
Axolile Qina, gee my hoop vir die toekoms. Hy glo in die regte
menslike waardes. Hy meet mense aan hul beginsels, etiese
waardes, integriteit en karakter – en nie hul velkleur nie. Verder
het hy die vermoë om mense rondom hom te motiveer,
geloofwaardig te wees, gemaklik met sy identiteit te wees en
doelgerig met visie te wees.
Op die gebied van die mediese wetenskap en tegnologie vind
daar daaglikse ontwikkeling en gebeure plaas. Die navorsing in
stamseltegnologie, ten einde Makulêre degenerasie te
behandel, in Brittanje is baie bemoedigend en tot voordeel vir
ons blinde en siggstremde gemeenskap. My voor die
handliggende raad aan rokers wat wil ophou rook – bereken
wat dit jaarliks kos om jou rookgewoonte te finansierte midde
van vandag se moeilike omstandighede. Jy sal geskok wees
om uit te vind dat die gemiddelde roker R6000 tot R12000 per
jaar oprook!!! Verder word daar ook gesels oor die voor- en
nadele van natuurlike kruiemiddels en dat die publiek dit
omsigtig moet gebruik saam met konvensionele medisyne wat
ten duurste ontwikkel en nagevors is.
Prof. Darlene Lubbe, bekende oor- neus en keelspesialis van
die Universiteit van Kaapstad is ‘n fenomenale medikus wat die
mees delikate operasies kan uitvoer en kankergewasse van die
brein en neus deur die kleinste gaaitjies en tonnels kan
verwyder. Ten spyte van haar wêreldbekendheid en
vaardigheid skroom sy nie om selfs diere soos honde en
kampioen renperde te opereer nie! Dit is vir my inderdaad ‘n
voorreg om haar persoonlik te ken.
Ten slotte is dit vir my baie amusant die ooreenkoms tussen die
vroulike geslag se handsak en die manlike geslag se
stofhokkies in hul voertuie se inhoud!!!
Op hierdie ligter noot wil ek afsluit deur al ons lesers alles van
die beste toe te wens en dat die meetsnoere op mooi plekke vir
elkeen sal val. Hartlike groete tot volgende keer.
Johan Pretorius
Die Redakteur
Back to top
2. IJSVOGEL... CHRISTUS HOU SELF SY KERK IN STAND
(eNuus, 13 Oktober 2015)
Terwyl ek Sondag in die motor ry luister ek oor die radio na die
program “Hoe verklaar jy dit?” Hulle praat onder ander oor die
Bosveld-visvanger.
Dit het my laat dink aan wat die Hollanders 'n ijsvogel (Alcedo
atthis) noem, Die Alcedo atthis is die enigste Visvanger
(Kingfisher) soort wat tot in noordelike Europa voorkom,
insluitende Nederland en België. In verskeie legendes, mites en
stories speel die ijsvogel 'n rol.
Volgens 'n legende (ek dink 'n Franse legende) het die diere in
die ark dag na dag na die hemel gestaar terwyl die reën maar
net nie wil bedaar nie. Blou was die kleur vir hoop. Op 'n dag
verskyn 'n strokie blou lug op die horison. Noag het 'n kraai
uitgestuur, maar hy het teruggekom na die ark. Hierna het
Noag 'n grys voëltjie uitgestuur. Na die lang verblyf in die
muwwe ark het die voël na buite gevlieg. Vrolik het hy in die
vars lug rondgevlieg. Die son het deur die wolke gebreek en die
lug het 'n blou kleur vertoon – die gunsteling kleur van die voël.
Soos deur 'n magneet is die voël deur die blou lug aangetrek
en het hy hoër en hoër gevlieg. Hy het só hoog gevlieg dat hy
net so blou soos die lug geword het. Sy grys “kleertjies” (vere)
wat hy gedra het, het verander in 'n pragtige blougroen. Hy het
nog hoër gevlieg, só hoog dat sy bors deur die son gebrand is.
Van pyn het die voël na benede gestort en is sy brandende
bors in die koel water geblus. Die voël het hierdeur 'n pragtige
blou verekleed met 'n rooibruin bors gekry.
In die Nederlandse kultuur is die ijsvogel 'n simbool van
volharding en vertroue – as alles goed afgeloop het ten spyte
van teenspoed. Volgens Griekse oorlewering maak die ijsvogel
sy nes op die water wanneer daar nie storms en golwe is nie.
Prins Willem van Oranje en Koningin Wilhelmina se leuse was:
"Saevis tranquillus in undis". Dit kan vertaal word: “Rustig
te midde van woedende golwe”. Die beeld van die ijsvogel is
saam met die leuse gebruik. Die ijsvogel wat volgens klassieke
oorlewering sy nes in 'n “korfje” (mandjie) sou hê wat op die
golwe dryf en teen die hewigste golwe bestand was. Die beeld
het aanklank gevind aangesien die kleure van die ijsvogel se
vere, oranje, wit en blou, ook die kleure van die prins van
Oranje en die provinsie van Nassau is.
Die ijsvogel in sy drywende nes tussen die woedende golwe
word dikwels deur 'n son verlig met 'n Christus-monogram.
My bede vir die NG Kerk in die dae en maande wat voorlê na
die pasafgelope Algemene Sinode: Rustig te midde van
woedende golwe. Christus hou Self Sy Kerk in stand.
Vriendelike groete
Mossie Mostert
Back to top
3. Geagte lesers
Ons het onlangs 'n opname gedoen om te bepaal hoeveel
lesers by Kaleidoskoop SA stel belang om Die Pionier te
lees.Die belangstelling het al ons verwagtinge oortref! Die
Pionier word jaarliks geborg deur die Hiemstra en Luttig trust
sodat ons lesers dit gratis kan lees. Asgevolg van die groot
aanvraag was ons genoodsaak om weer na die situasie te kyk
en uit te werk hoe ons almal kan akkomodeer binne die
jaarlikse begroting.
Derhalwe vanaf die volgende uitgawe gaan geen individu meer
sy/haar eie kopie ontvang nie, maar gaan daar volgens
behoefte by elke afdeling en al die tehuise 'n paar eksemplare
in Braille en grootdruk afgelewer word met die verstandhouding
dat die lesers dan die tydskrif onder mekaar moet deel en
aangee sodra hulle dit gelees het. Dit bly die eiendom van
Kaleidoskoop SA en nie meer die eiendom van 'n enkele
persoon nie omdat dit gratis versprei word.
Die finale koste gaan te groot wees om vir elkeen 'n
afsonderlike eksemplaar te stuur soos in die verlede. Lesers
buite die grense van Worcester en die res van die land sal
vanselfsprekend nog steeds hul eie kopie ontvang. Hierdie
nuwe reëling is slegs van toepassing op die inwoners en
werknemers van Kaleidoskoop SA.
Ons hoop hierdie nuwe reëling sal goed werk en ons sal die
situasie deurlopend monitor.
Groete
Johan Pretorius
Redakteur
Back to top
4. Infokus September 2015
KALEIDOSKOOP VAN KLEURE!!
Carolyn Hanes het op 'n tyd gesê: “Forest Gump het dit
verkeerd gehad – die lewe is nie 'n boksie sjokolade nie, dit is
'n kaleidoskoop”. Ons kan almal onthou hoe ons as kinders dit
geniet het om deur 'n kaleidoskoop te kyk, die pragtige
veranderende kleure en patrone, die gepaardgaande opwinding
en genot; vir daardie oomblik het die wêreld net na 'n beter plek
gevoel. Daar is 'n gesegde: “Die lewe is 'n kaleidoskoop van
kleure – ingewikkeld, onverwags, beeldskoon”. Ek wil daardie
woorde herhaal deur te sê: “Die Instituut vir Blindes is soos 'n
kaleidoskoop van kleure – ingewikkeld, onverwags,
beeldskoon!!”
Dit is hoekom ons so opgewonde is as ons besoekers hier kry
en jy die verwondering en verbasing op hulle gesigte sien as
hulle ons mense ervaar, hulle stories hoor, hulle ongelooflike
handewerk aanskou, die entoesiasme en vreugde beleef wat
hulle uitstraal, hulle positiwiteit en geluk wat spontaan navore
kom. Dan maak dit jou ook opgewonde en gelukkig soos
daardie dag toe jy as kind 'n kaleidoskoop in jou hande geneem
het, die verwondering en vreugde wat dit meegebring het, dit
was so ongelooflik, die kleure, die patrone, die verskeidenheid
en dit alles deur klein stukkies gebreekte glas!!! Die volgende
aanhaling stel dit so mooi: “The idea behind a kaleidoscope is
that it’s a structure that’s filled with broken bits and pieces, and
somehow if you can look through them, you still see something
beautiful, and I feel that we are all that way a little bit!!”
Een van ons blinde studente sê nou die dag: “I was a broken
person and without hope and then I came to the Institute for the
Blind”. Dit laat my dink aan die pragtige lied van Leonard
Cohen waar hy sing: “Ring the bells that still can ring, there is a
crack in everything, that’s how the light gets in”. Ons is almal
gekraakte mense, stukkies glas, maar by die Instituut vir
Blindes word ons saamgevoeg in 'n Kaleidoskoop van kleure
om geluk en vreugde te saai in Worcester, in Suid-Afrika en
selfs wyer.
Dit is in die lig hiervan dat die Beheerraad van die Instituut
besluit het dat ons dit wat hier gebeur ook in ons naam wil
weerspieël en dat daar na deeglike oorweging en besinning
besluit is om die naam van die Instituut te verander na
KALEIDOSKOOP SA. Ons glo dat hierdie naam u goedkeuring
en ondersteuning sal wegdra. Ons waardes bly egter
onveranderd en is vir ons ononderhandelbaar.
KALEIDOSKOOP se mense se boodskap word ook vasgevang
in die volgende gedig van Joan Hambidge: “GLO”
“Toe het Hy aan 'n oog geraak, glo sy spoeg met sand
gemeng en jy kon sien. Onsigbare laser se snydende
swaard priem deur my blindeoog tot U óópgaan:
kaleidoskoop van kleure; sandkorrels van genade”
Ons is inderdaad 'n KALEIDOSKOOP van kleure, maar dan
veral ook sandkorrels van genade!!
Vriendelike groete en beste wense
Freddie Botha
Uitvoerende Hoof
Vennote
FW De Klerk Stigting
Ons opregte dank aan die FW de Klerk Stigting vir hul
wonderlike ondersteuning oor die jare! Dit was 'n voorreg om
Mnr Dave Steward (Uitvoerende Hoof), Me Megan Dick
(Kommunikasiebeampte) en Me Sibani Karki (FW de Klerk
Stigting), onlangs hier by ons te verwelkom vir 'n besoek! Mnr
Dave Steward oorhandig 'n baie welkome skenking ten bate
van ons Afdeling Loopbaanontwikkeling vir siggestremde
studente aan Hein Wagner, die Instituut se Ambassadeur.
ABSA Besigheidsbank besoek
Ons was ook baie bevoorreg om ABSA hier by ons te
verwelkom, danksy Willie Zastron en sy span se besonderse
verhouding en ook geloof in die Instituut en sy werksaamhede.
Op die foto verskyn Beatrice Mashazhirwa CI Manager:
Community Investment/Marketing Corporate Relations, Andy
de la Mare: CSI Consultant, Bernie Berkowitz: Provincial
Manager: Enterprise Development en, Gawie Le Roux: Sales
Manager: Commercial Business/ABSA Retail & Business
Banking
KWV, Saatchi & Saatchi Brandsrock en TOPS @ SPAR
Bierfest and Winefest
Kosbare vennootskappe is gesluit met KWV, Saatchi &
Saatchi en Andrew Douglas van TOPS @ SPAR Bierfest
and Winefest wat op strategiese wyses die Instituut
behulpsaam is met die ontwikkeling van effektiewe
bewusmakingsaksies en om bestaande dienste en
bemarkingsinisiatiewe meer lewensvatbaar en effektief te
ontwikkel.
Ons is byvoorbeeld baie bevoorreg om in vennootskap met
“Associated Media Publishers” 'n bedrywige kalender vir 2015
te hê wat behels betrokkenheid by feeste en uitstallings in
samewerking met “Good Housekeeping”, “House & Leisure”,
“Marie Claire”, “Cosmopolitan” en “Women on Wheels”! Danksy
Andrew Douglas kry ons ook ongelooflike nasionale
blootstelling by die verskeie “Tops@Spar” wyn- en bierfeeste!
Rovos Rail-trein bederf
Swaksiende Jacques Loftus se wildste droom is bewaarheid
danksy die goedhartigheid van die luukse treinonderneming,
Rovos Rail!
Jacques het so 10 jaar terug vir die eerste keer die Rovos
Railtrein gesien en sedert April vanjaar het hy die trein met 14
waens begin teken – die eindproduk is toe sorgvuldig
aanmekaar vasgeheg soos 'n trein en beslaan 'n afstand van
meer as 13m!
Drie maande en 14 A4 bladsye later, het Freddie Botha dit aan
die treinonderneming gestuur met 'n pragtige briefie ter
verduideliking.
Minder as twee weke later is Jacques en sy siggestremde
vriendin, Lelanie van Niekerk, op die trein as spesiale gaste op
'n rit van Worcester na Kaapstad en getrakteer op 'n
driegangmaaltyd, versnaperings, drankies en 'n toer deur al die
kompartemente!
Fairy Glen Wildreservaat
Baie dankie aan Pieter de Jager en sy span by die Fairy Glen
Wildreservaat in Worcester, vir die uitnodiging om 'n
uitsonderlike safari-oggend saam met hulle te geniet. Wat 'n
wonderlike sensoriese ervaring om saam met siggestremdes
op safari te gaan ... 'n belewenis wat jou anders na die dinge
om jou laat kyk!
Feedem Pitseng
Die inwoners van Huis Ebenhaezer tehuis vir siggestremde
volwassenes met addisionele gestremdheide is deur FEEDEM
Pitseng heerlik bederf met 'n piekniek!
Daar is omtrent geëet en gekuier onder die sambrele! Dankie
aan elkeen wat betrokke was met die reëlings van die spesiale
dag en vir die spesiale omgee!
Kontak gerus vir Ledivia Hamman vir 'n besoek aan die
Instituut en beleef die leef- en werkomgewing van 'n
siggestremde, geniet 'n cappuccino voorberei deur Suid-Afrika
se eerste blinde barista en verken ons tasbare fossielroete en
geologiese uitstalling!
“Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, maar
dankbaarheid wat ons gelukkig maak” A Clark
Siggestremde studente bederf
Vision Trust
Die Instituut vir Blindes se studente van die Afdeling vir
Loopbaanontwikkeling het gedeel in die feestelike atmosfeer
van die 2015 ABSA Cape Epic. Hein Wagner, ons
ambassadeur, die Vision Trust en Edrich Fivaz en Steven
Dimond (die deelnemers aan die Cape Epic om fondse in te
samel vir die Vision Trust) het vier van die studente, Lucas
Meyer se harte omtrent bly gemaak.
Elke dag by die eindpunt van die Cape Epic is 'n skootrekenaar
met sagteware aan 'n siggestremde individu oorhandig om hul
taak in die werksmag te vergemaklik.
'n Groot dankie aan Hein Wagner, die Vision Trust, Edrich en
Steven!
Bybelgenootskap
Die siggestremde studente van ons Afdeling vir
Loopbaanontwikkeling was ook baie gelukkig om 'n GROOT
geskenk te ontvang van die Bybelgenootskap.
20 gelukkige studente het elk 'n oudio Bybel op 'n oudio speler
ontvang in die taal van hul keuse!
Baie dankie vir hierdie baie spesiale geskenk!
Live the Journey
Athenkosi Ngqongwa (Athi,) is 'n siggestremde student wat
tans besig is met 'n Bemarkingsbestuur kursus by ons Afdeling
Loopbaanontwikkeling.
As gevolg van Athi se lewendige belangstelling in toerisme het
ons hom stelselmatig begin betrek as begeleier van ons
besoekersgroepe en hy geniet dit verskriklik baie.
Live the Journey, 'n globaal bekende toermaatskappy, het te
hore gekom van Athi se entoesiasme en bied toe aan om vir
hom op 'n georganiseerde toer van ongeveer 10 dae saam te
nooi om so dan ook vir hom blootstelling te gee aan die
toerisme bedryf en die hantering van toeriste!
Baie dankie aan Live the Journey vir die inisiatief om Athi se
droom te laat realiseer en hom die geleentheid te bied om sy
reis te beleef!
“Die lewe is 'n reis gevul met aspirasie en inspirasie wat
deur die kompas van die hart in die regte rigting gelei
word.”
Buitemuurs
Jaarlikse Jagtogte
Elke jaar word 'n groep van ons siggestremde persone tesame
met begeleiers uitgenooi vir 'n heerlike bederf “jagnaweek” op
Gert en Lucrecia Barnard se jagplaas in Rietbron. Daar
word heerlik gesels, gebraai en sommer net lekker om
kampvure gekuier en natuurlik so 'n paar bokke geskiet.
Sedert 2013 reël Dr Neil Pretorius in samewerking met borge
en professionele jagters van Port Elizabeth se omgewing ook 'n
jaarlikse jagervaring uit die boonste rakke vir 12 siggestremde
inwoners van die Instituut op die wildplaas, Hoeksfontein,
naby Pearston in die Oos Kaap gedurende April.
Albei jagtogte bly 'n onvergeetlike en opwindende jaarlikse
ervaring wat gepaardgaan met die smee van pragtige
vriendskappe en blywende indrukke by die geharde jagters.
Namens al ons inwoners, wat alreeds die voorreg gehad het,
ons opregte dank en waardering!
Skyfskiet
Nadat daar vasgestel is dat daar 'n behoefte is vir die stig van
'n skyfskiet klub het ongeveer 22 siggestremde lede 'n
stigtingsvergadering gehou en tydens hierdie vergadering is die
eerste komitee verkies en ook die naam van die klub bekend
gemaak.
Die “Fiat Lux Skyfskietklub vir Blindes” is nou 'n gevestigde
instelling en kom twee keer weekliks bymekaar vir oefening.
Ons opregte dank en waardering aan SAARA (“South African
Air Rifle Association”) vir hulle begeleiding en spesiale
skenking van twee Anschu TS Laser gewere ter waarde van
R60 000.
Baie geluk aan siggestremde Chris Carstens wat 'n medalje
gewen het vir 62% laserskiet akkuraatheid.
Baie dankie aan Mnr Corrie Odendaal, entoesiastiese afrigter
en koördineerder van hierdie besonderse projek.
SA Blinde Gholftoernooi
Siggestremde Johan Steyn en Johan Henning het die SA
Gholfvereniging vir Blindes se tesourier, prof Garrett Slattery,
so beïndruk tydens 'n onlangse toernooi dat die vereniging
besluit het om hulle te nooi vir 'n SA Blinde Gholftoernooi wat
plaasvind by die Royal Johannesburg & Kensington Gholfklub
van 13-15 September! Wat 'n wonderlike eer en besonderse
geleentheid vir hierdie twee manne – ons is baie trots op julle!
“Daar is iets moois in elke dag – ons moet net kies om dit
raak te sien”
Pionierskool vir siggestremdes
“Detensie” – Fraserburg Logan Fees
Ses leerders en drie personeellede van die Pionierskool het die
Karoo ingevaar om aan die 40ste Fraserburg Logan Toneelfees
deel te neem. Pionierskool se verhoogstuk, “Detensie”, het die
gehoor en beoordelaars se asems weggeslaan.
Ricardo Gatyana, Siyamthanda Rafani en Christiaan Syfert het
silwer ontvang terwyl Tomley van Vuuren, Lise-Mari van Wyk
en Zandré Monzinger met goud bekroon is.
Derek Daly het ook goud as regisseur ontvang terwyl sy
verhoogstuk ook die prys vir Beste Ensemble ontvang het!
Verdere pryse is ingeryg by die Montagu Toneelfees en die
ATKV Toneelkompetisie.
Tomley van Vuuren het die toekenning vir Beste Akteur gewen
en het ook die wonderlike geleentheid om in 2016 deel te wees
van die Kunstekaap se produksie “Fiela se Kind”! Wat 'n
uitmuntende prestasie Pionierskool – baie geluk aan almal!
Stap vir Afrikaans
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het
Afrikaansdag met idiome gevier as 'n fondswerwingsinisiatief vir
Opvoedkundige Projekte.
“SBA” het 'n staptog van onderskeidelik 4km en 8km in die Bo-
Kaap gereël ten bate van hierdie projek en die Pionierskool se
personeel en leerlinge het ook trots hieraan deelgeneem.
Die Pionierdrukkery het die mooiste plakkate gemaak (en
geborg) met Afrikaanse idiome vir die stap. Onderaan elke
plakkaat was die idioom in “siende” braille aangebring. Kyk net
hoe mooi kleurvol is die plakkate so saam met die kleurvolle
huise in die Bo-Kaap.
Gedigtefees McGregor
Carleigh du Plessies en Sarel van der Westhuizen is albei
siggestremde leerlinge verbonde aan die Pionierskool. Hierdie
talentvolle leerlinge het die voorreg gehad om op te tree by die
onlangse McGregor Gedigtefees, danksy die befaamde digter
Floris Brown. Floris se jongste digbundel “Nagstil” is by die fees
bekendgestel en hy was so beïndruk met hierdie twee se
skryftalent dat hy aangebied het om hulle die geleentheid te
gee om hul werk tydens sy program voor te lees. Carleigh se
opstel en Sarel se gedig en musiek is met groot lof ontvang en
het dit vreeslik baie geniet om deel te wees van hierdie
besonderse geleentheid!
Maak 'n nota – Pioneer Rally: 14 November 2015
Gemeenskapsbetrokkenheid
De Tuinen Laerskool
Ons orientasie en mobiliteitsspesialiste het besoek gaan aflê by
Laerskool De Tuinen vir 'n bewusmakings- en
sensitiseringsprogram.
Die leerlinge was gefasineerd en totaal vasgevang tydens die
praktiese sessies waar hulle brilletjies van verskeie
oogkondisies moes dra om die leefwêreld van 'n blinde persoon
vir 'n paar oomblikke te beleef!
Neethlingshof en Durbanville Hills
Personeel van die Instituut het die voorreg gehad om hul
kennis te deel en praktiese opleiding te gee aan personeel van
Durbanville Hills en Neethlingshof.
Hierdie sessies het onder andere die korrekte manier van
hantering en begeleiding van siggestremde gaste behels.
Dankie aan die personeel van Neethlingshof en Durbanville
Hills dat ons hierdie baie belangrike bewusmakings- en
sensitiseringsprogram met julle kon deel.
Skenking van 67 komberse vir Mandela Dag
Stephné Botha (Versorging, Mediese en Terapeutiese Dienste),
Willancia Noble (Maatskaplike Dienste) en Liezl Visagie het die
inisiatief geneem om komberse in te samel ter ondersteuning
van 67 minute vir Madiba Dag op 18 Junie.
Daar is uiteindelik 70 komberse ingesamel wat toe aan minder
bevoorregtes in die gemeenskap uitgedeel is – wat 'n mooi
gebaar en heerlike geskenk om die triestige koue te verweer!
Skenking aan AGS Ouetehuis Touwsrivier
Huis Brevis tehuis vir siggestremde ouer persone het verskeie
items bymekaar gemaak om spesiaal af te gee by die AGS
Ouetehuis in Touwsrivier wat tans in nood verkeer.
Doofblind vir 67 minute
Meneer Freddie Botha loop vir 67 minute in die skoene van die
doofblinde “Pieter” en besoek (en vermaak!) die Instituut se
kreatiewe eenheid op Mandela Dag 18 Junie.
“Soms skuil skatte op nederige plekke”
Funksies
Instituut vir Blindes, Pionierdrukkery en Pionierskool
Gholfdag
Ons gholfdag was weer hierdie jaar 'n reuse sukses danksy die
oorweldigende en baie gewaardeerde ondersteuning van
vriende, borge en vennote!
Uit die 43 spanne wat deelgeneem het is die wenspan van die
dag toe uiteindelik KGA Lewens! (foto) Paul Greyling (Hoof:
Pionierskool), Hein Wagner (Ambassadeur IvB), Schalk Hugo
(Bestuurder: Pionierdrukkery), Louis Kriegler (KGA), Alex
Kuhnast (KGA) en Leroux Delport (KGA). Wynand Deyzel was
afwesig tydens die neem van die foto.
“Rally in the Valley”
Ons was weer baie bevoorreg om die dierbare dames van
“Lady Bikers” se begunstigdes te wees tydens hulle jaarlikse
“Rally in the Valley” geleentheid.
Die dag was omtrent 'n belewenis vir al ons inwoners en
natuurlik was daar weer heerlik agter op die ysterperde
rondgerits!
Dankie aan elkeen wat hierdie dag ekstra spesiaal gemaak het.
Doep is nie Dood nie
Na maande se afwagting en uitsien, het die tyd vir “Doep is nie
dood nie” toe uiteindelik aangebreek.
Wat 'n wonderlike aand was dit nie! Die musiek was van die
beste gehalte, die kos heerlik, die gehoor in vervoering en die
atmosfeer so knus dat selfs beurtkrag nie die vertoning se
spoed kon breek nie.
'n GROOT dankie aan Jannie du Toit, Susan Mouton (tjello),
Coenraad Rall (klavier) en Jopie Koen wat hierdie aand so
onvergeetlik kom maak het.
Decorex Kaapstad 2015
Die Instituut was bevoorreg om 'n uitstalruimte te beman tydens
die baie gewilde dekor en ontwerp geleentheid, Decorex
Kaapstad. 'n Nuwe reeks handgeweefde matte en meubels is
hier bekendgestel en die Instituut het die toekenning as beste
stalletjie in die “Craft & Create” afdeling gewen!
Daniele Pascal – a French Affair
28 Oktober * R120pp * 19:00 * The Blind Spot * Bespreek by
023 347 2745
Back to top
5. WORCESTER BRAILLE CHESS NEWSLETTER
Floris Brown & Ray Aukett – Institute for the Blind Worcester
Ceres Chess Club contacted us to have a game against our
Club members which took place on the 12th September 2015.
They turned up with 4 players against our 12 players.
We then decided that all our players will have a Ceres
opponent with the end score Ceres 10 & Worcester Braille 2
points. We treated them with coffee, rusks & lunch. Hope this is
the start of more friendly games. Thank you Ceres for visiting.
On the 24th & 25
th September 2015 SABCA is hosting the TOP
8 Braille Chess Championships Round Robin Tournament over
7 Rounds. On the 26th & 27
th we will be playing the SABCA
BRAILLE OPEN CHAMPIONSIPS SWISS Tournament over 5
Rounds at the Jan Kriel School in Kuilsrivier.
We hope that we will have a good turn out this year and good
luck to all participants.
In our Club Championships Frederick Liebenberg is leading the
A-Section and Daluthandu Mfengu the B-Section.
The last Thursday of each month we play friendly matches
against CAPABLANCA CHESS CLUB. It was really great that
we could have celebrated Marlene Rahn’s Birthday (Lady
Braille Player) with our visitors CAPABLANCA CHESS CLUB
on the 27 August 2015.
Keep on preparing yourselves for all Chess Tournaments!
A COLLECTION OF CHESS WISDOM:
How can I improve my position? The essential criterion for
every move, is whether it improves your position (or harms your
opponent’s), and promotes your own goals and objectives. If
defense isn’t required and no immediate tactical or attacking
opportunities exist, try to improve your position in some way.
Examine the list of ways to improve your position and
prophylactic measures and look for opportunities to:
1. Activate dormant pieces
2. Open lines for attack
3. Seize outposts
4. Contest and seize key lines
5. Double rooks on important files
6. Post rooks on the seventh rank
7. Shift pieces toward the major attacking sector
8. Increase the scope of your pieces, especially those that
are blocked or immobile
9. Increase your king's safety
10. Eliminate weaknesses from your position
11. Improve your pawn structure
DIE LEEG IN JOU WEGWEES (Op Litnet Gedigteblog) ©Floris Brown Die
verslaenheid in die leë vertrek
Die
ongeloof en seer skok
om te ontdek, jy's weg
Sak
en pak, soos in nooit terugkeer.
Om
skielik te besef jy's alleen
so hulpeloos, alleen
met
'n tiktak van 'n muurhorlosie
wat
die skokstilte verbreek,
is daar só baie vrae
'n
warboel gedagtes wat deur
my
brein flits oor ons laaste konflikwoord
My
hartstog geprop, in 'n goiingsak
Geen
Lipstifspieëlboodskap of 'n laaste wegloopstorie,
teen my vrieskas geplak.
Back to top
6. TE KOOP/GESOEK
Selfoon te koop
Ek het ‘n Alto Speaking phone wat ek graag wil verkoop. Dit werk met knoppies, het baie goeie spraak bbeskik oor die belangrikste funksies en is baie min gebruik.
Prys met koerierkoste ingesluit R2600.
U kan my kontak by 0766371232.
Baie dankie
Christine Coffee
Gesoek
Ek is op soek na die braille uitgawe van die resepteboek, Eenbak Etes deur Erina Bezuidenhout en sal dit waardeer
indien iemand, wat hierdie boek besit en dit dalk nie meer gebruik nie, dit aan my kan voorsien. U kan my skakel by 0794928512
Baie dankie
Cathy Robbertse
Back to top
7. UK scientists start stem cell trial of potential blindness cure
Londen
Kate Kelland
The first patient has been treated in Britain in a pioneering trial
of a new treatment co-developed by Pfizer and derived from
embryonic stem cells designed for patients with a condition that
can cause blindness.
Specialists at London's Moorfields Eye Hospital said the
operation, described as “successful”, was the first of 10
planned for participants in a trial of the treatment for a disease
called 'wet' age-related macular degeneration (AMD).
The trial will test the safety and efficacy of transplanting eye
cells known as retinal pigment epithelium, which have been
derived from embryonic stem cells.
Stem cells are the body’s master cells, the source of all other
cells. Scientists who support the use of embryonic stem cells
say they could transform medicine, providing treatments for
blindness, juvenile diabetes or severe injuries. But critics object
to them because they are harvested from human embryos.
This trial involves surgeons inserting a specially engineered
patch behind the retina to deliver the treatment cells to replace
diseased cells at the back of the eye.
The first surgery was successfully performed on a patient last
month, Moorfields said in a statement on Tuesday, and “there
have been no complications to date”.
“The patient wishes to remain anonymous, but the team hope
to determine her outcome in terms of initial visual recovery by
early December,” it added.
Retinal surgeon Lyndon Da Cruz, who is performing the
operations, said he hoped many patients “will benefit in the
future from transplantation of these cells.”
Macular degeneration accounts for almost 50 percent of all
cases of blindness or vision loss in the developed world. It
usually affects people over 50 and comes in two forms, wet and
dry. Wet AMD, which is less common than dry AMD, is
generally caused by abnormal blood vessels that leak fluid or
blood into a region in center of the retina.
This trial is part of The London Project to Cure Blindness – a
partnership between Moorfields, University College London’s
(UCL) Institute of Ophthalmology, and Britain’s National
Institute for Health Research. The U.S. pharmaceutical giant
Pfizer joined in 2009.
Chris Mason, a professor of regenerative medicine at UCL, said
the trial is important both as potential step towards curing a
major cause of blindness, and as a way of deepening
understanding of the use of embryonic stem cells in treatments.
“If the AMD trials are successful, then by using embryonic stem
cells as the starting material, the therapy can then be affordably
manufactured at large scale,” he said.
Back to top
8. Eerste keer dat baie vliegtuig sien
LUGVAARTGESKIEDENIS OP ST. HELENA
Aanloopbaan tussen vulkaanvalleie gebou
(Die Burger, 17 September 2015)
Erika Gibson
PRETORIA. – 'n Klein stukkie geskiedenis wat 'n reuseverskil
aan die eiland van St. Helena se inwoners gaan maak, het hom
Dinsdag omstreeks 15:52 (Suid- Afrikaanse tyd) afgespeel.
Die eerste vliegtuig ooit het te midde van 'n feestelike
atmosfeer en trane van ongeloof op die eiland geland.
Vir baie van die inwoners was dit ook die eerste keer in hul
lewe dat hulle 'n vliegtuig gesien het.
“Dit voel absoluut fantasties en ons is bevoorreg om met ons
eerste vlug deel te word van die groter lughaweprojek op St.
Helena,” het Grant Brighton, bevelhebber van die KingAir-
vliegtuig, gesê.
Dié Suid-Afrikaanse vliegtuig het Maandag van die Lanseria-
lughawe af opgestyg op 'n vlug van meer as sewe uur oor
Namibië, Angola en toe oor die see tot by die eiland.
Die reuseprojek om tussen die vulkaanvalleie op St. Helena 'n
aanloopbaan en internasionale lughawe te bou, het die
kontrakteurs Basil Read vier jaar geneem.
“Ek kan eerlikwaar nie vandag my gevoelens beskryf nie. Jare
se beplanning en duisende man-ure het hierdie gebeurtenis
voorafgegaan. My gemoed is vol,” het Janet Lawrence, die
lughaweprojekdirekteur, gesê.
Die Britse goewerneur van dié stukkie Britse grondgebied,
Mark Capes, het gesê die eerste landing is nog 'n stukkie in 'n
groter legkaart om dié eiland van 'n beter ekonomiese
lewensaar te voorsien.
In die verlede het daar net nou en dan skepe aangedoen en
enige vervaardigingsbedryf het dus geen vooruitsigte op
uitvoere gehad nie.
Volgens Brighton, wat vervolgens met vlugte die toets van die
lughawestelsels sal onderneem, was die vlug na die eiland
sonder enige voorvalle.
“Die landing op dié spesiale aanloopbaan was asemrowend.”
Kommersiële vlugte begin na verwagting einde Februarie
volgende jaar.
Back to top
9. Afgerig of onderrig?
(Die Burger, 17 September 2015)
Michael le Cordeur
Voortdurende toetsing is nie die oplossing vir Suid-Afrika se
onderwysprobleme nie, skryf Michael le Cordeur.
Daar heers 'n vurige debat oor die departement van ‘basiese
onderwys se jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA’s).
Vanjaar is alle leerders van gr. 1 tot gr. 9 veronderstel om die
toetse te skryf.
Volgens die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse
Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) gaan dit minstens
R200 miljoen kos. Sadou meen dat as in gedagte gehou word
dat sommige skole nog puttoilette het, is dit 'n vermorsing van
geld. Die toetse is uiteindelik uitgestel nadat dié vakbond
gedreig het om die.toetse te boikot.
Die ANA-toetse is in 2011 begin as 'n strategie van die
departement om teen 2014 minstens 60% van die land se
leerders se lees- en syfervaardighede op die regte peil vir hul
ouderdomsgroep te kry. Sadou (en ander vakbonde) meen dat
die toetse net elke drie jaar afgelê moet word. “Ons wil nie die
toetse heeltemal afskaf nie, maar dit is nie nodig om dit elke
jaar te skryf nie. Gebruik daardie geld om onderwysers op te
lei,” is Sadou se mening.
Ek het die laaste paar jaar oor hierdie onderwerp navorsing
gedoen en deel graag my bevindings.
Waarom assessering?
Voordat ons die debat oor oormatige assessering verder voer,
is dit raadsaam om te vra waarom dit hoegenaamd nodig is om
leerders gereeld te assesseer.
Assessering vorm 'n integrale deel van onderrig en leer. Dis nie
net 'n manier om leerders se prestasie te meet nie. Die
uiteindelike doel van assessering is die verbetering van
onderrig, die kurrikulum, en die omstandighede waaronder
leerders moet leer.
Assessering bied ook waardevolle data wat as basis dien vir
remediërende aksies, terwyl dit ook gebruik word om te besluit
of dit in leerders se belang is om hulle terug te hou of hulle na
die volgende graad te bevorder.
Die probleem
Assessering is dus sinoniem met doeltreffende onderrig. Maar
gebeur dit in Suid-Afrika? Minder as 11% van die gr. 9-leerders
het verlede jaar die wiskundevraestel van die ANA’s geslaag.
Op 'n onderwyskonferensie wat twee weke gelede by die
Universiteit Stellenbosch gehou is, het navorsers ruiterlik erken
dat die ANA-uitslae geen sin maak nie.
“Hoewel die resultate van die toetse waardevolle data gee, is
daar baie slaggate in die stelsel wat ons bekommerd maak,”
het prof. Hamsa Venkatakrishnan van die Universiteit van die
Witwatersrand gesê.
Die ANA-toetse bied nie vir ons die insigte wat ons nodig het
om probleme in die onderwysstelsel op te los nie,” was prof.
Servaas van der Berg van die Universiteit Stellenbosch se
mening (DB, 18.08.15).
Die vernaamste probleem is die standaardisering van die
toetse. Toetse word jaarliks verskillend opgestel, en daarom is
dit onmoontlik om geldige afleidings tussen graadgroepe en oor
verskillende jare te maak.
Dit kan nie ontken word nie dat deur skole te dwing om hul
geletterdheidsyfer te verhoog, het baie meer leerders hoërskool
en selfs tersiêre onderwys bereik. Maar navorsing wêreldwyd
dui daarop dat die jaarlikse gestanddaardiseerde toetse tot 'n
afname in kreatiwiteit, innovasie en individualiteit by leerders
gelei het.
Dit beklemtoon slegs die vaardighede benodig vir toetse soos
meervoudige vrae, ten koste van navorsing, ontledings,
eksperimentering en skryf; vaardighede wat juis nodig is om
groot denkers, goeie leiers, briljante universiteitstudente en
gewaardeerde werknemers te kweek.
Die alomteenwoordige kultuur van toetse en punte in ons skole
het 'n obsessie geword. Statistiese toetse is maklik om te
begryp. Jy kan alles herlei tot syfers wat jou inlig oor die kind se
intelligensievlak of die doeltreffendheid van 'n kurrikulum. Maar
nie alles wat die moeite werd is om te onderrig, hoef altyd
gemeet te word nie. Hoe meet jy die vreugde van 'n kind wat in
'n veilige klaskamer onder leiding van 'n liefdevolle onderwyser
leer? Hoe meet jy die opoffering van 'n onderwyseres wat in 'n
diverse klaskamer kop bo water moet hou?
Druk van onderwysdepartement
Skole, distrikte en onderwysers is onder druk van die
onderwysdepartement om hul slaagsyfer in gestandaardiseerde
toetse te verhoog. 'n Mens kan hierdie druk begryp: Onlangse
verslae dui daarop dat Suid-Afrika se leerders byna heel laaste
in die ry staan as dit by lees en reken kom. As gevolg hiervan
word onderwysers gedwing om “die toets te onderrig”.
Vakinhoud wat nie in die toetse voorkom nie, word geïgnoreer.
So byvoorbeeld is die kreatiewe skryf van opstelle in baie skole
laat vaar ten einde meer tyd te gebruik vir werk wat in die
toetse gevra word.
Daar is bewyse van skoolhoofde wat hul skoolrooster verander
en spesiale periodes geskep het om leerders af te rig in die
beantwoording van toetsvrae.
Daar is tans breë konsensus in die wêreld dat die oormatige
klem op gestandaardiseerde toetse en syferkundigheid
diskrimineer teenoor die meeste skole wat daagliks worstel om
kop bo water te hou.
Boonop beperk dit en is dit die kurrikulum en dit is onbillik
teenoor skole wat goed presteer.
Wat maak ander lande?
In Australië is die stelsel juis aangepas sodat dit minder toetse
behels. Onder meer vereis die aangepaste beleid dat slegs
twee van die vyf toetse in graad 11 en 12 skriftelik afgelê moet
word. Ander assesseringstake kan waarnemings-, gespreks- en
mondelinge toetse insluit. Die stelsel steun op wat leerders in
staat is om te doen, eerder as die “punte” wat in toetse behaal
is.
In Brittanje het onderwysstandaarde met rasse skrede
agteruitgegaan weens die Britse regering se obsessie oor
toetsing. Die slaagsyfers vir wiskunde en geletterdheid het die
laaste paar jaar weliswaar gestabiliseer, maar dit is omdat
onderwysers baie gou geleer het hoe om leerders vir die toetse
af te rig, terwyl geen aandag aan hoëvlakvaardighede gegee
word nie. Leerders is dikwels net besig met uitgewerkte
memoranda wat hulle vir toetse voorberei.
Flink in Finland
Finland het vandag die suksesvolste onderwysstelsel in die
wêreld. Finse leerders is gereeld onder die toppresteerders in
internasonale toetse. Hoe doen hulle dit?
Die beginsel om skolasties maar ook persoonlik vir leerders te
sorg is sentraal in die Finse skool. Alle leerders ontvang
daagliks 'n gratis maaltyd, asook gratis gesondheidsorg,
vervoer, leermateriaal en berading by die skool om 'n
omgewing te skep wat bevorderlik vir leer is. 'n Kind kan nie
leer as hy/sy siek en honger is nie.
Die fokus is op wetenskap, tegnologie, innovasie en kreatiewe
denke, anders as in Suid-Afrika, waar leerders soos papegaaie
memoriseer en vir eksamens en toetse afgerig word.
Die kernbeginsel waarop die Finse stelsel berus, is om in die
kapasiteit van skole en hul onderwysers te belê. Die
onderwyser is die kern van die opvoeding. Daarom is die
bemagtiging van onderwysers en die erkenning van hul rol as
professionele opvoedkundiges die spil waarom alles draai - en
die vernaamste rede vir die Finse sukses.
Onderwyseropleiding is ontwerp om 'n denkende kurrikulum
daar te stel, sodat onderwysers op hul voete kan dink, self kan
kurrikuleer indien nodig, sonder om eers toestemming by 'n
distrikskantoor of regeringsamptenaar te kry.
Die oplossing?
Die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleem lê myns
insiens nie by meer toetse en eksamens nie. As ons aanvaar
onderwysers is die sleutel tot 'n suksesvolle onderwysstelsel,
moet ons alles in ons vermoëns doen om hul doeltreffendheid
te verhoog.
Ons behoort baie meer aandag, tyd en geld te bestee aan die
professionele ontwikkeling van onderwysers. Ons moet ons
onderwysers intensief oplei, en heroplei, en hulle die
geleentheid gee om hul vaardighede deur middel van
studieverlof en beurse te verbeter.
Die burokrasie moet verklein word. Daar sit te veel goeie
onderwysers in distrikskantore terwyl hul vaardighede in die
skole benodig word.
Ons behoort leerders slegs aan die einde van elke fase te
toets: in die grade 3, 6, en 9. Dit bied die departement en
distrikskantore twee jaar tussen elke fase om die uitslae te
ontleed en gepaste intervensieprogramme te ontwerp en in
werking te stel voordat die leerders weer getoets word.
Stein het gesê: “Just weighing a pig doesn’t fatten it."
Om voortdurend die varkie te weeg, laat hom nie groei nie. Hy
benodig ook gesonde voeding.
As ons leerders toets net ter wille van toetsing, gaan hulle nie
vorder nie – hulle benodig ook gebalanseerde onderrig.
Back to top
10. EU se ‘waarheidsoomblik’
VLUGTELINGE NOODSAAK NUWE DENKE
(Die Burger, 7 September 2015)
Erika Gibson
PRETORIA. – Dit was die foto van 'n Siriese kleuterlykie wat op
'n Turkse strand uitgespoel het in die laaste paar dae wat die
damwal in Europa laat bars het voor die grootste vloedgolf van
vlugtelinge sedert die Tweede Wêreldoorlog.
In München, Duitsland, is sowat 8 000 vlugtelinge teen
gistermiddag met plakkate en ope arms verwelkom, maar
elders in die Europese Unie (EU) het leiers 'n noodberaad van
die 28 lidlande gevra om die toestroming te temper.
Die menslike karavaan na Duitsland het gevolg nadat
dr. Angela Merkel, die bondskanselier, volgens AFP gesê het
dié land sal vanjaar 800 000 vlugtelinge teen R22 miljard
huisves.
Hongarye skop steeds vas, terwyl ander lande waarsku hulle
gaan slegs tydelik help.
Pous Franciscus het gevra dat elke Rooms-Katolieke
gemeente in Europa hom oor een vlugtelinggesin ontferm.
Terselfdertyd is EU-leiers uit noodlenigingskringe gemaan dat
hulle saam aan 'n mobilisasieplan moet werk eerder as elkeen
op sy eie.
Volgens António Guterres, hoof van die Verenigde Nasies se
vlugtelingagentskap (UNHCR), staar 'n oomblik van waarheid
die EU in die gesig.
Te midde van beskuldigings oor en weer oor watter lande
hoeveel vlugtelinge inneem, is ook Arabiese lande gekritiseer.
Van die rykste lande, soos Saoedi-Arabië, Koeweit en Katar,
het nog nie 'n enkele Siriese vlugteling aanvaar nie – teenoor
Turkye (1,8 miljoen), Irak (247 800) en Egipte (133 000).
Die meeste vlugtelinge is Moslems wat uit Sirië, Irak en
Afganistan vlug.
Daar is egter nie meer tyd om oor getalle te kibbel nie, het
Guterres gesê. Die lyding van ouers wat oor landsgrense heen
vir hul en hul kinders se lewe vlug, kan nie langer
weggeredeneer word nie.
EU-leiers baklei sedert begin vanjaar oor “aanvaarbare” kwotas
vlugtelinge per land. In Mei is 'n plan voorgelê, maar deur die
meeste leiers afgeskiet omdat die vlugtelinge volgens Paulo
Gentiloni, die Italiaanse minister van buitelandse sake, die “siel
van Europa” sou bedreig. Dit sou vir die hervestiging van
10 000 vlugtelinge voorsiening maak. Donderdag het EU-leiers
op 'n noodvergadering gehoor hulle moet 200 000 onder
mekaar verdeel.
Duitsland bly, gemeet aan die UNHCR se statistieke oor
asielaansoeke, die gewildste bestemming. Sedert begin
vanjaar het meer as 188 000 vlugtelinge dáár asiel gevra. In
Duitsland en Hongarye het tot nou vanjaar sowat 438 000
mense 'n heenkome gesoek vergeleke met 571 000 in die hele
2014.
Brittanje het gesê hy sal 15 000 vlugtelinge vat. Terselfdertyd
het David Cameron, die premier, lugaanvalle op die Siriese
weermag bepleit om 'n einde aan die kern van die probleem te
maak: die regime van pres. Basjar al-Assad.
Meer as 300 000 vlugtelinge het vanjaar met bootjies die
Middellandse See na Europa oorgesteek. Tot 2 800, onder wie
die klein Aylan Kurdi van Sirië, het in die proses verdrink.
Volgens Human Rights Watch (HRW) is die “vloedgolf” egter
relatief gesproke nie so dramaties nie. Kenneth Roth,
uitvoerende direkteur van HRW, sê die totale aantal vlugtelinge
verteenwoordig teenoor die EU se sowat 500 miljoen inwoners
'n skamele 0,068%.
Back to top
11. Waarom geweld praat?
(Die Burger, 8 September 2015)
Heleen Hofmeyr
Om die studentekultuur van Maties te wil verander, is een ding.
'n Burgeroorlog tussen wit en swart is egter 'n gans ander saak,
skryf Heleen Hofmeyr.
I haven’t voiced my opinions about Open Stellenbosch to date
mostly. I think, because of all the friends I thought I’d lose if I
aired how I really feel. Also because I take really long to form
an opinion about something. But today is the day. Time to
reveal what’s been building up inside me over the past few
months. To the friends I’m going to lose by posting this, thanks
for the great times together. I’m deeply sorry it had to come to
this, but here we are.
I was there today, supporting you guys. I heard your demands
and I am completely in agreement with every single one of
them.
But I left you outside Admin B this afternoon after a sequence
of related events. First, one of you stood up there on the steps
and shouted into a megaphone, “Good afternoon everyone!
Thank you for interrupting whiteness today!” That’s what I was
doing? What does that mean? Can you even interrupt
whiteness as a white person? What is “whiteness” and how are
we interrupting it by marching around Stellenbosch University
to promote inclusivity and equality in higher education? But
okay, if that’s what you need to call it, I guess I can roll with it.
A few minutes later I asked my two black friends standing next
to me to please translate the words of the song that was
currently being sung by the crowd, as I had been doing for
every song up until that point. A moment of silence. “Erm. This
is kind of awkward,” one of them said. They exchanged an
uncomfortable glance.
“What? Why? I wanna know what they’re singing. Please tell
me,” I insisted.
More silence and two-way glances which did not include me.
“This one’s on you, friend,” one said to the other.
Deep breath. “Okay. What this song means is that. . . Well,
okay. Hmmm.” This was clearly hard for her. “The first word
means ‘happiness’, and then it’s like . . . ‘when we hit the white
man’. I’m sorry, Heleen. It’s not about you. It doesn’t mean . . .
I’m sorry.”
Oh, okay.
That was almost breaking point for me. This was not what I
signed up for. Obviously I’m ignorant about the role of struggle
songs in fostering a national identity blah blah blah. And I’m not
gonna go into that here. This debate has been had and I don’t
even remember what we all decided as a politically correct
nation regarding which words are appropriate to sing and which
aren’t, so there really is no need to rehash it all. I just have one
thing to say on this point, and seeing as though you are such
fans of using personal emotions to get a point across, Open
Stellenbosch, let me tell you how it makes me feel to stand in a
crowd and hear that the people all around me want to
physically injure me because of the colour of my skin: it feels
like my close friend has just punched me in the stomach. It
feels like I am in a sea of people to whom I could never in a
million years relate. It feels like I am not welcome in
Stellenbosch, in South Africa, in Africa.
I didn’t leave at that point because I felt too bad for my friend
who had explained the words to the song to me. She was
possibly even more uncomfortable than I was and it really
wasn’t her fault they were singing this song. And it’s not like
she was singing along or anything. So I stayed.
“This is a purely emotional response,” I told myself. “Don’t let it
get to you. They don’t mean it like that.” I tried and tried to
reason my way out of my anger and discomfort.
But then someone who had been standing in front of me all
along turned his makeshift sign around. I had been trying to
figure out what the sign said since we got there. “One sett” was
all I would make out. What is that? One set of what? And then
he turned it around. It turns out “one sett” had been the
beginning of an attempt at a sign which had failed and had
been started over on the reverse side of the poster. The second
attempt was more successful. “One settler, one bullet.”
Oh.
“Well, guys, that’s just about enough for me for today.”
How did that happen? How did we go from “all classes must be
available in English” to “one settler, one bullet”? Can somebody
please explain that to me? What on god’s earth do equal rights
to university education have to do with murdering all white
South Africans? I know, I know. I’m taking it too literally again,
aren’t I? He didn’t mean that, did he? Well can somebody
please explain to me what he did mean? Because I cannot for
the life of me imagine what else “one settler, one bullet” means,
other than Africa for Africans, Kill The Boer, etc., etc. And that,
Open Stellenbosch, is where you lose me.
Make Stellenbosch’s language policy such that no student or
staff member is in any way disadvantaged by a lack of
proficiency in Afrikaans? Yes, by all means. Transform an
exclusive, traditional, white student culture at Stellenbosch?
Yes, sir. Fight all forms of institutionalised racism and sexism
on campus? By the power vested in me, yes, yes, yes!
But this? Singing violent, racist struggle songs? Waving around
a slogan which reminds all South Africans (or at least those;
who paid attention in their history lessons) of a violent, racist
movement that sought not the equality and freedom of all
persons that you supposedly stand for, Open Stellenbosch, but
a civil war between black and white? Different thing, bra.
The sad thing is that I know this is not your mission. I know you
don’t want a Boer genocide. And you’re probably pretty upset
that someone brought that sign to the march, too. But. I think
it’s important you consider why someone with such sentiments
felt it would be okay to voice them at this march. I know you're
against white people. But unfortunately, when you sing
“Happiness is hitting a white man”, people are going to think
you are. And unfortunately those people include those who
really are against white people, and they’re going to latch onto
your cause and give you a very bad reputation indeed.
And that’s really what I’m most upset about. That your decision
to sing these songs has resulted in this unwanted following of
yours, and that in turn is creating a real threat to the success of
the biggest movement for transformation that this university has
ever seen. I, too, have worked hard to promote transformation
here. That’s precisely why it saddens me to see my efforts as
well as those of many, many others be undermined by a
movement that sings outdated, irrelevant struggle songs to fight
a very necessary fight.
Yes, any cause is always susceptible to hijacking by fringe
groups who just want to promote their own agenda. But here’s
what you do when this happens: instead of getting up on those
steps and saying: “thank you for interrupting whiteness” (which
is going to egg on your “one settler, one bullet”-sign holders),
you say, “Excuse me, sir there is no space for racism or
violence in this movement, please take down your sign or
leave.”
One of you once told me your agenda is just to have all
subjects offered in English at Stellenbosch.
“Wow,” I said. “I didn’t realise that was all you guys are pushing
for.”
“Yeah, people are often surprised by how reasonable our
demands are,” you said.
You might want to ask yourselves why that is, Open
Stellenbosch.
And then you might want to think about whether it helps the
cause that you so tirelessly fight for to come across as a racist,
violent movement that wants to get back at whites for all the
times your feelings got hurt by a white person in this country.
I’m gonna go with “no”, but hey, what do I know, right? I’m just
a white girl who clearly doesn’t understand.
Back to top
12. Vrystaatse tenoor wen nog 'n groot kompetisie
(Die Burger, 17 September 2015)
Elretha Britz
BLOEMFONTEIN. – Die Suid-Arikaanse tenoor Levy
Sekgapane het binne twee maande 'n tweede internasionale
kompetisie gewen toe hy Saterdagaand in die Montserrat
Caballé-sangkompetisie in Spanje geseëvier het.
Sekgapane, 'n boorling van Kroonstad, was een van 13 finaliste
van agt lande wat om die eerste prys van €12 000 (sowat
R180 000) meegeding het.
Hierdie geld kan hy nou by die sowat R100 000 voeg wat hy in
Julie as wenner van die gesogte Hans Gabor Belvedere-
kompetisie in Amsterdam gekry het.
Hanna van Niekerk, Sekgapane se sangdosent aan die
Universiteit van Kaapstad se operaskool, sê die sanger bevind
hom nou op 'n ontstuitbare segetog.
Hy was in die Caballé-kompetisie een van 13 finaliste wat ná
oudisies uit 304 kandidate van 57 lande gekies is.
In 'n artikel wat in Spanje verskyn het, word Sekgapane se
stem beskryf as “vars met 'n mooi timbre en 'n aantreklike en
besonderse klankkleur”. “Die Suid-Afrikaner is 'n natuurlike
sanger wat ook goed met sy gehoor kommunikeer. Sy tegniek
is benydenswaardig en sy weergawe van die aria ‘Languir per
una bella’ uit Rossini se Italianer in Algiers vlekloos.”
In die artikel word ook gemeld dat Sekgapane uit dieselfde stal
as die gevierde Suid-Afrikaanse sopraan Pretty Yende kom.
Sekgapane is tans 'n lid van die Dresden-operahuis se jong
kunstenaarsprogram in Duitsland.
Die enigste bariton onder die 13 finaliste, Yuriy Yurchuk van die
Oekraïne, was die naaswenner. Die Griekse sopraan Nina
Koufochristou was derde.
Die Montserrat Caballé-kompetisie is vanjaar die 15de keer in
Zaragoza aangebied en is deur die Spaanse diva self
bygewoon.
Back to top
13. Zuma het dalk net 'n punt beet
(Die Burger, 20 September2015)
Sake van die dag
Leopold Scholtz
Af en toe – meer af as toe – praat pres. Jacob Zuma die
waarheid. Maar selfs dan doen hy dit ter ondersteuning van 'n
bedenklike saak.
Toe hy buitelandse ambassadeurs vandeesweek in Pretoria
toegespreek het, het Zuma tereg skerp kritiek op Navo en die
Weste uitgespreek en hulle verantwoordelik gehou vir die
vlugteling-tsoenami wat tans oor Europa spoel.
Hy het spesifiek na die Weste se steun vir die sogenaamde
Arabiese Lente en die lugbombardemente teen kol. Moeammar
Ghaddafi se Libië in 2011 verwys. Daarvóór was sake stabiel in
Noord-Afrika en was daar geen probleem met vlugtelinge nie;
daarna wel.
“Vandag is dit diegene wat betrokke was om daardie wêreld te
destabiliseer wat nie die vlugtelinge wil aanvaar nie. Dit is hul
verantwoordelikheid. Hulle het dit veroorsaak. Hulle moet dit
oplos. Dit is die pynlike waarheid.”
In dieselfde trant het hy steun vir pres. Basjar al-Assad se
diktatuur in Sirië uitgespreek en gesê alle oproepe om hom te
vervang moet verwerp word.
Zuma het inderdaad 'n punt beet. Die huidige gemors in die
Islamitiese wêreld het inderwaarheid reeds in die tagtigerjare
begin toe sowel Amerika as die Sowjetunie met hul inmenging
in Afganistan kragte losgemaak het wat hulle nie verstaan het
nie.
Pres. George Bush junior het dié fout in 2003 met oorgawe
herhaal toe hy, kop omlaag en met sy oë en verstand styf toe,
in Irak ingedons het. Daardeur is 'n wrede diktator, Saddam
Hoesein, inderdaad verwyder, maar dit het 'n burgeroorlog
tussen die Soenniete en die Sjiïete veroorsaak en die pad vir
die opgang van die terreurbeweging Islamitiese Staat (IS)
oopgemaak.
Die verwydering van Ghaddafi in 2011 was iets soortgelyks.
Ghaddafi het nie al sy varkies op hok gehad nie en het sy eie
mense buitengewoon wreed verdruk, veral toe die eise om
groter vryheid tydens die Arabiese Lente kragtig opgeklink het.
Maar die verwydering van Ghaddafi het ook dié land soos 'n
hoop sand inmekaar laat sak. Vandag word Libië deur 'n
uitsiglose burgeroorlog verskeur.
Sake is natuurlik ingewikkelder as wat Zuma dit voorgestel het,
want verreweg die meeste vlugtelinge wat Europa tans
oorstroom, kom uit Sirië. Daar het die Weste slegs minimaal
ingegryp – en dit volgende op die ontstaan van dié
burgeroorlog, nie voorafgaande daaraan nie.
Die Weste is inderdaad aan onbegrip en arrogansie in die
Midde-Ooste skuldig. Westerse politici is inderdaad geneig om
kragdadig te wil optree sonder behoorlike begrip van die
oneindige wikkeldheid van die samelewings waar hulle met 'n
voorhamer begin rondswaai. Dat die spaanders wat hulle laat
spat ook hulleself kan tref, dring eers later deur, wanneer dit te
laat is.
Maar eintlik moet Zuma liewer sy mond hou. Om realisties te
wees, beteken nie dat jy al wat 'n diktator is, aktief moet steun
nie.
Dis een ding om – volkome korrek – in Sirië nie kant te kies nie,
want daar is bitter min te kies tussen die diktatoriale Assad en
die nóg wreder Islamitiese Staat, Assad se vernaamste
teenstander. Dis heeltemal iets anders om jou steun aan Assad
– en ander diktature, soos Rusland en China – toe te sê.
Dit lyk of Zuma en die ANC steeds nie hul outomatiese, totaal
onkritiese verwerping van alles wat van voor 1990 uit die Weste
kom, afgeskud het nie.
'n Studie van die ANC/SAKP se internasionale politieke
houding in die struggletyd wys dat hulle enigiets wat die Weste
gedoen het, verwerp het, en álles wat uit Moskou kom,
entoesiasties gesteun het.
Mense, die Koue Oorlog is verby. Daar is geen rede waarom
julle die destydse outomatiese refleks moet voortsit nie.
Back to top
14. Facebook gee ‘Dislike’-knop
(Die Burger, 17 September 2015)
Hanlie Stadler en Bloomberg
KAAPSTAD. – Elke keer as Mark Zuckerberg een van sy
Townhall-vergaderings by Facebook se hoofkantoor in
Kalifornië hou, word die vraag gevra: “Wanneer kom daar 'n
Dislike-knoppie?”
Tot dusver was sy standaard-antwoord dat Facebook nie 'n
Dislike-knoppie wil instel as teenvoeter vir die Like-knoppie nie
omdat dit negatief is. Hulle wil 'n “mag ten goede” wees en nie
“ten kwade” nie. Zuckerberg het vantevore gesê hy verstaan
dat mense nie “Like” wil klik as iemand hartseernuus deel nie.
Dinsdagaand het die hoof van die grootste sosiale netwerk
terwêreld gesê dit is 'n “spesiale dag” omdat hy kan aankondig
hulle werk wel aan so 'n knoppie.
Dit sal egter nie die doel hê om statusse “op” of “af” te stem nie
– soos 'n ander netwerk, Reddit, dit doen – maar 'n manier
waarop mense hul emosies kan deel.
“Wat mense regtig wil hê, is die vermoë om empatie uit te
spreek. Nie elke oomblik is 'n goeie oomblik nie.
“As jy iets deel wat hartseer is – soos die vlugtelinge-krisis of
iemand se geliefde wat gesterf het – wil mense dalk nie Like
klik nie, maar jou vriende en familie wil 'n manier hê om uit te
druk dat hulle verstaan en met jou kan identifiseer.”
Dit klink asof Facebook beoog om verskeie knoppies te skep,
waarvan Dislike slegs een sal wees. Zuckerberg sê hulle is baie
naby daaraan om die knoppie(s) te toets sodat dit “aan die
behoeftes van die groter gemeenskap voldoen”. Hy sê ook dis
“verrassend ingewikkeld” om iets te skep wat sal werk, al klink
dit na 'n eenvoudige konsep.
Die Like-knoppie bestaan sedert 2009 “as 'n maklike manier om
vir vriende te vertel jy hou van wat hulle deel met 'n enkele klik’.
In 2012 het Tom Whitnah gesê hulle is bang 'n Dislike-knoppie
word as kritiek gesien en ontmoedig mense om inligting of
menings te deel.
Facebook se huiwerigheid om Dislike in te stel kan dalk
toegeskryf word aan wat dit vir sy adverteerders en
maatskappye wat inligting op Facebook deel, kan meebring –
en nie net vir sy 1,49 miljard gebruikers nie. Dit sal nou
makliker wees om 'n nuusartikel of advertensie te “kritiseer”,
pleks van bloot “stil te bly” deur niks te klik nie.
Back to top
15. Goeie leiers staan of val vir beginsels
(Die Burger, 17 September 2015)
Hendrik Du Toit
Ons leef in 'n tyd met 'n groot tekort aan leiers van statuur in
die politieke sfeer – internasionaal en nasionaal.
Kom ons noem dit die “post-Mandela”-tyd.
Het dit dalk iets met sosiale media of die ruggraatlose politiek
van “meningspeilings” te doen?
Tuis het ons 'n oormaat van party-apparatchiks in
magsposisies, maar bitter min leiers wat inspireer. Europa het
baie burokrate en professionele politici, maar min leiers.
Die manier waarop die Griekse ekonomiese krisis, die situasie
in die Oekraïne, sowel as die migrasiechaos in die
Middellandse See gehanteer word, frustreer gewone mense
oor die hele Europa.
Pous Fransiskus, pres. Xi Jinping van China en premier
Narendra Modi van Indië gee hoop, maar is nog te kort in hul
rolle dat 'n mens 'n oorwoë mening oor hulle kan gee.
Ondanks al die belofte wat sy geskiedkundige verkiesing tot die
magtigste leierspos op aarde ingehou het, kon Barack Obama
nie daarin slaag om Amerika uit sy destruktiewe fase van klein
politiek te neem nie. Derhalwe kon hy nie die wêreld in 'n nuwe
tydvak van internasionale samewerking ná die Bush-jare inlei
nie. Hy wou te veel doen, maar hy het te min moeite gedoen
om die regte koalisies te bou.
Leierskap is baie meer as die vermoë om 'n inspirerende
toespraak te maak.
Wat kan ons leer by die leiers wat werklik oor die jare 'n verskil
gemaak het? Wat het Alexander die Grote, Admiraal Nelson,
Mohandas Gandhi, Winston Churchill, Deng Xiaoping en ons
eie Albert Luthuli, Nelson Mandela en FW de Klerk gemeen?
Leierskap is die vermoë om 'n daadwerklike verskil te maak
deur mense te motiveer, eerder as om hulle te dwing om saam
te span om 'n gemeenskaplike doelwit te bereik. Die Engelse
konsep “single-mindedness” verduidelik waarom hulle so
suksesvol kon lei.
Goeie leierskap het niks te doen met die nastreef van
gewildheid nie. Churchill was uiters ongewild toe hy teen 'n
kompromie met Hitler gekant was; Gandhi en Mandela is in die
tronk gegooi; De Klerk is as 'n verraaier uitgekryt.
Goeie leiers verander nie sommer van deuntjie nie. Solank
hulle oortuig is van hul saak, hou hulle koers en tree
konsekwent op. Hulle is bereid om te staan of te val vir hul
beginsels. Hulle is outentiek en nie skeppings van reklame-
agente nie. Hulle is bereid om verantwoordelikheid te neem as
die druk hoog is.
Krieketondersteuners wat Clive Rice op sy beste gesien het,
sal vele wedstryde onthou waarin hy die druk op hom geneem
het en nie net opdragte gegee het nie. Richie McCaw het dit op
Ellispark teen die Springbokke gedoen met sy onortdokse
lynstaanroep wat uiteindelik die wedstryd in die All Blacks se
guns geswaai het.
Geloofwaardigheid is 'n noodsaaklike deel van leierskap.
Waarom anders loop mense deur vuur vir groot leiers?
Die meeste suksesvolle leiers wat ek ken, is gemaklik met hul
eie identiteit en daarom ook geloofwaardig. Dis die deel van
leierskap wat nie maklik aangeleer kan word nie.
Ware leiers is geloofwaardig, of dit nou in die politiek,
sakewêreld of op die sportveld is. Dit spruit uit hul
doelgerigtheid en duidelike visie.
Hoewel die defenisie van leierskap taamlik eenvormig is, verskil
die styl van leiers hemelsbreed.
Ek moedig altyd mense aan om te lei op die manier waarmee
hulle gemaklik is. Die leierskapsliteratuur is vol ontledings van
verskillende leierskapstyle. Dis vir my minder belangrik. Wat
belangrik is, is dat geen beweging of onderneming die energie
en talente van hul mense effektief in die rigting van die
gemeenskaplike doelwitte kan kanaliseer sonder doeltreffende
leierskap op alle vlakke nie.
Moenie die impak van goeie leierskap en leierskaps-
ontwikkeling onderskat nie. Dit kan 'n duur fout wees.
Back to top
16. Studie oor selfdood ontleed patrone
NUWE NAVORSING
(Die Burger, 1 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD. – Van die gedragspatrone wat mense kan toon
voordat hulle hul eie lewe neem, is in 'n groot studie
geïdentifiseer. Die bevindings kan lei tot verandering in die
behandeling wat mense met erge depressie ontvang.
Dié internasionale studie is gedoen onder 2 800 mense wat erg
aan depressie ly en van wie 628 al probeer het om hul eie lewe
te neem.
Wêreldwyd neem meer as 800 000 mense jaarliks hul eie lewe.
Suid-Afrika het een van die hoogste selfdoodsyfers, met 8 000
mense per jaar wat hul eie lewe neem, volgens die SA
Federasie van Geestesgesondheid. Dit is tot 23 mense per
dag, en dan is daar ook tien keer soveel mense wat daagliks
poog om hul lewe te beëindig.
Die internasionale studie se bevinding is bekend gemaak op 'n
konferensie van die Europese Kollege van Neuro-psigofarma-
kologie.
Een van die grootste gevare is wanneer iemand 'n gemengde
depressiewe toestand beleef. Dit beteken iemand is gelyk
depressief en het simptome van manie, wat tipies voorkom by
mense met bipolêre gemoedstoornis. Soveel as 40% van die
mense wat gepoog het om hul eie lewe te neem, het dié
gemengde toestand ervaar eerder as om net depressief te
wees.
Die standaardbeskrywing wat psigiaters gebruik om mense te
identifïseer wat moontlik hul eie lewe sal neem, het net 12%
van dié mense geidentifiseer, terwyl die nuwe metode 40%
uitgewys het.
Dié ontleding toon dat indien iemand wat depressief is die
volgende simptome, meer as die buitengewone, toon, moet dit
nie geïgnoreer word nie:
Riskante gedrag – selfs om wild te bestuur of
onbeskermde seks te hê;
Agitasie, soos om op en af te loop in 'n vertrek, die hande
te wring, 'n aanhoudende getrek aan klere en soortgelyke
motoriese bewegings; en
Impulsiewe gedrag, soos om aan geen gevolge te dink nie
en op nukke te reageer.
Máár die simptome kom sáám met depressie voor. Die meeste
van die simptome sal nie deur die persoon self uitgewys word
nie en moet waargeneem word.
In nog 'n studie is gewys transkraniale magnetiese
stimulasie kan erge depressie verlig. Dit is om 'n
magnetiese puls deur die frontale area van die brein te
stuur. Dit word tans meer gebruik as elektro-konvulsiewe
skokterapie en daar word nie vereis dat die pasiënt
narkose moet kry nie. Dit het ook minder newe-effekte.
Back to top
17. Roofvoël se maag van binne bekyk
MUMMIE GESKANDEER
(Die Burger, 17 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD – 'n Mummie van 'n roofvoël uit antieke Egipte is
met moderne tegnologie bekyk en daar is twee muise en 'n
mossie in sy maag gevind.
Die werk is moontlik gemaak deur die gebruik van
driedimensionele digitale X-straalbeelding by die CT-
skandeergerief van die Universiteit Stellenbosch (US).
Dit kon gedoen word sonder om die mummie, wat in die Isiko
Nasionale Museum se versameling is, te ontbondel en enige
skade aan te rig.
Binne-in sy slukderm en krop was die stert van 'n jong huis-
muis (Mus musculus). Dit is heel moontlik dat die roofvoël
daaraan verstik het, want in sy maag was daar fragmente van
nóg 'n muis, ingesluit 27 tande, en 'n klein mossie (Passer
domesticus). Volgens die navorsers is die roofvoël waarskynlik
gedwing om soveel as moontlik te vreet, wat beteken dat die
voël dalk aangehou was.
Gegrond op die morfologie, lengte van die ledemate en
snawelvorm is die roofvoël waarskynlik 'n Europiese valk (Falco
tinnunculus).
Dr. Salima Ikram, professor in Egiptologie aan die Amerikaanse
Universiteit in Kaïro, Egipte, en hoofskrywer van die artikel, het
gesê tot op hede was die voorkoms van die groot getalle
roofvoëlmummies 'n raaisel.
“Ons resultate verduidelik waarom daar so baie van hierdie
mummies was: Ons dink nou dit was weens aktiewe
teelprogramme om in die aanvraag te voorsien.”
Die analise van die ander drie voëlmummies het getoon dat die
een 'n namaaksel is en dat die lappe net vere, plantmateriaal
en modder bevat. Nog 'n mummie bevat net 'n klou, en die
derde 'n volledige voëlgeraamte.
'n Vyfde mummie, wat soos 'n kat lyk, bevat slegs gedeeltes
van 'n kat se lyf en bene.
Vyf van die mummies behoort aan die Iziko Nasionale Museum
en twee aan die Ditsong-museum in Pretoria.
Dr. Ruhan Slabbert van die US se departement antieke studie
en dr. Anton du Plessis, bestuurder van die CT-skandeergerief,
het ook 'n gedetailleerde driedimensionele drukstuk van die
roofvoëlmummie se geraamte gemaak. Die huismuis se stert is
duidelik sigbaar. Die drukstuk sal aan Iziko geskenk word.
Prof. Sakkie Cornelius, 'n spesialis op die gebied van Ou
Nabye Oosterse kulture aan die US, het gesê die studie van die
oorblyfsels van antieke diere onthul fassinerende inligting oor
die antieke Egiptenare, soos hul begrafnisgebruike en
balsemtegnieke, siektes en veeartsenykunde, teelprogramme
en diere.
Die navorsing is in die vaktydskrif Journal of Archaeological
Science gepubliseer.
Back to top
18. SA se boereworskoning gekroon
(Die Burger, 17 September 2015)
George Germishuys
KAAPSTAD. – So lank soos die pad van die Kaap tot by
Moembai en terug. Dít is hoe lank al die kampioenskap-
boerewors wat Shoprite/Checkers in die afgelope boekjaar
verkoop het, sal wees as dit in een stuk uitgerol word.
En die man wat vanjaar die land se kampioen-boerewors maak,
is George Baloyi (52) van Soshanguve, noord van Pretoria.
Hy is Dinsdag in die Groenpunt-stadion as die kampioen vir
2015 gekroon ná die beoordeling deur die voormalige
Springbokke Naas Bótha en Corné Krige en die komediante
Tall Ass Mo en Marc Lottering.
Vanjaar se ander finaliste was Phinah Maimela (37) van
Lydenburg en Ayanda Dyanse (28) van Humansdorp – albei,
soos Baloyi, slaghuiswerkers.
“Alle Suid-Afrikaners is lief vir braai, maak nie saak wie hulle is
nie. En wat is die middelpunt van elke braai? Boerewors,
natuurlik,” het Neil Schreuder, Shoprite/Checkers se
bemarkingsdirekteur, gesê.
Botha het met Schreuder saamgestem.
“Alle Suid-Afrikaners is dol op boerewors. Dis nie net rugby wat
elke jaar verander nie, maar boerewors ook. Dis ongelooflik.”
Hy het Baloyi op kenmerkende wyse gelukgewens: “Jy’s mos
van Pretoria, George? G'n wonder jy is die kampioen nie.”
Baloyi was vol selfvertroue voor die aankondiging. “George is
hier en George gaan wen,” het hy gesê.
Baloyi, wat vir die vyfde keer ingeskryf het, was oorstelp toe hy
as wenner aangekondig is.
“Ek is heeltemal te bly! Waar is my sleutels?” wou hy dadelik
weet.
Kort nadat die sleutels oorhandig is, het hy op die bakkie se
enjinkap gespring. “Moenie worry nie, dis nou myne,” het hy
geskerts.
Krige het gesê boerewors is 'n produk wat uniek is aan die
land. “As jy eers oorsee gebly het, is dit iets wat jy regtig mis.”
Back to top
19. NGK ‘het meer ouer lidmate as jonges’
(Die Burger, 10 September 2015)
Claudi Mailovich
JOHANNESBURG. – In die NG Kerk is daar meer lidmate ouer
as 60 as jonger as 16.
Só sê prof. Kobus Schoeman, wat verbonde is aan die
departement praktiese teologie by die Universiteit van die
Vrystaat.
Schoeman het waarneembare tendense binne die NG Kerk,
soos gepubliseer in die sakelys vir vanjaar se algemene sinode
in Oktober in Pretoria, verduidelik. Daarin word onder meer
genoem dat al hoe meer gemeentes met 'n tekort afsluit, dat
gemeentes huiwerig is om leraars heeltyds aan te stel, dat die
gemiddelde ouderdom van lidmate styg, dat dorpsgemeentes
steeds verklein en dat kleiner gemeentes met groter
gemeentes saamsmelt.
Volgens Schoeman is daar binne die NG Kerk 'n dalende
tendens “soos in enige hoof-stroomkerk gesien kan word”.
Hy meen daar is 'n paar moontlike redes vir die dalende
lidmaatsyfers. Die een is 'n dalende geboortekoers en die
ander is emigrasie.
“Ons weet nie hoeveel dit is nie, maar daar is 'n klomp mense
van die NG Kerk wat geëmigreer het.”
Hy meen ook die veroudering van die kerk speel 'n rol. “Toe
ons begin het met die opnames in 1981, was twee-derdes van
die lidmate belydende lidmate en 'n derde was dooplidmate.
Vandag is 75% belydende lidmate en tussen 20% en 25% is
dooplidmate. Sedert die 2006-’07-tydperk tot by die 2013-’14-
tydperk het die lidmaatsyfer van 1,13 miljoen gesak tot 964 293
lidmate. Dit is 167 861 lidmate minder.”
Hy meen die gemeentes wat toemaak – 32 sedert die 2006-’07-
tydperk – het probleme met finansies beleef en dat daar net nie
genoeg geld was om 'n leraar permanent aan te stel nie.
“Jy kan die situasie na twee kante toe sien – die negatiewe
kant is dat dit net agteruitgaan. Die ander kant is dat daar
geleentheid vir verandering is.”
Hy meen daar moet gevra word hoe die bediening lyk en hoe
dit binne 'n moderne konteks werk. Hy meen dit kan tot 'n nuwe
bedieningspatroon lei.
“Ons is eintlik op 'n goeie, uitdagende plek. Jy kan net in die
syfers vaskyk – dis die een werklikheid. Maar aan die ander
kant is daar die vasberadenheid van jonger en ouer lidmate om
'n verskil te kan maak.”
Back to top
20. ‘Kerk en die staat moet kan saamwerk’
GODSDIENS IN SKOLE
Akroniem ‘Ogod’ pla hoof van Fedsas
(Die Burger, 10 September 2015)
Carryn-Ann Nel
CLARENS. – Die Grondwet skep 'n samewerkende model
tussen die kerk en die staat, wat albei terreine erken.
Dít is die groot verskil tussen Amerika en Suid-Afrika wanneer
dit by die Grondwet en godsdiens in skole kom, het Paul
Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheer-
liggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), gesê.
Hy het gepraat op die laaste dag van die Suid-Afrikaanse
Vereniging vir Onderwysreg (Savo) se konferensie hier en
verwys na die hofgeding deur die Organisasie vir
Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) wat ses skole oor
hul Christelike gebruike dagvaar.
Ogod wil hê die skole moet verbied word om hulself
Christeskole te noem en om Christelike waardes en norme voor
te staan.
Die minister van basiese onderwys het intussen aangedui dat
sy saam met Fedsas die hofsaak teenstaan. Sy moet nog haar
redes by die hof indien.
Colditz, wat nie van die akroniem “Ogod” hou nie omdat dit vir
hom 'n belediging is, het gesê in Amerika mag daar nie in die
openbaar uiting gegee word aan godsdiens nie.
“Ons denke is baie sterk beïnvloed deur die Amerikaanse
denke waar daar 'n grondwetlike muur tussen die kerk en die
staat geskep is,” het hy gesê.
“In Suid-Afrika is dit egter heeltemal anders. Ons Grondwet
skep nie daardie muur nie.
“Ons skep 'n samewerkende model tussen kerk en staat
waardeur die onderskeie terreine erken word en samewerking
eerder as verdeling bevorder word.”
Kragtens artikel 15 van die Grondwet het elkeen die reg om te
glo.
“Dit is die verskil tussen ons en die VSA. Jy mag nie daardie
reg in die openbaar uitoefen nie.”
Die reg om te glo of om nie te glo nie, en om daarvolgens op te
tree, is een van die sleutelelemente van persoonlike
waardigheid, het Colditz gesê.
Die vryheid van godsdiens gaan verder as bloot jou gewete –
dit omsluit jou hele menswees.
“Vir talle gelowiges is hul verhouding met God of die skepping
sentraal tot alles in hul lewe.”
Colditz het regspraak aangehaal waar beslis is dat kultuur en
godsdiens nie in openbare skole onderdruk mag word nie.
Hy het ook gepraat oor die beginsels in die Grondwet waarna
die gemeenskap meer kan streef.
“Daar word te min aandag hieraan gegee: Menswaardigheid,
gelykheid en eenheid in diversiteit.”
Back to top
21. Koningin Elizabeth ry die trein, ‘SA se trein’
(Die Burger, 10 September 2015)
Arlene Prinsloo
KAAPSTAD. – “Dit is nie 'n rekord wat ek nagestreef het nie.”
Dít was gister koningin Elizabeth se kort verwysing na die
jongste rekord wat sy agter haar naam kan skryf – Brittanje se
langsheersende monarg.
Die koningin, wat tans met vakansie in Balmoral in die Skotse
Hooglande is, het haar vakansie onderbreek om 'n nuwe
treinroete in Skotland te open – in 'n antieke stoomlokomotief
genaamd die Unie van Suid-Afrika.
Sy het met die onthulling van die tweede gedenkplaat op die
roete by die Tweedbank-stasie genoem dat enige lang lewe
vele mylpale kan hê.
“My eie is nie 'n uitsondering nie.”
Die koningin is op die spesiale treinrit vergesel van Nicola
Sturgeon, Skotse premier, en prins Philip.
Die koningin se afspraak op die Unie van Suid-Afrika, wat in
1937 gebou is – die jaar waarin die koningin se pa tot koning
George VI gekroon is – het ietwat laat begin weens digte mis
op Balmoral. Die koningin het per helikopter van Balmoral na
Edinburg gereis.
Die Nigel Gresley-ontwerpte trein is een van net ses wat
vandag nog behoue gebly het.
Die Unie van Suid-Afrika, nommer 60009 en 61994, is in 1937
gebou en is in 1966 as skroot aangekoop deur John Cameron.
Die trein het 'n interessante geskiedenis en is liefderyk herstel
om nog jare diens in Skotland te verrig.
Weens politieke sensitiwiteit is die naam in die jare negentig
met Osprey-naamplate bedek, maar gister het die Unie van
Suid-Afrika sy spesiale eregas op 'n treinrit van 55 minute tot by
die Tweedebank-stasie geneem.
Ná die openbare afspraak is die koningin en prins Philip terug
na Balmoral, waar hulle die res van die dag stil sou deurbring.
Prins William, Catherine en die jongste toevoegings tot die
koninklike familie, George en Charlotte, het gisteraand ook in
Balmorall gekuier.
In Londen het 'n klokkespel vanuit die kloktorings van die
Westminster-abdy gebeier ter ere van die koningin. Die enigste
ander teken van feesvierings was die koninklike barg, Gloriana,
wat 'n flottielje verby die paleise van Westminster gelei het.
Terwyl parlementslede in Westminster op die terras die flottielje
toegejuig het, is die Tower Bridge gelig en het een boot
triomfantelik water die lug ingespuit.
En op die BT-toring in Londen was die woorde “Long may she
reign” reeds van gisteroggend af sigbaar.
Hoewel die koningin nie veel erg aan die rekord gehad het nie
– 'n allemintige 63 jaar en sewe maande op die troon – het
Britte in die jongste meningspeiling oor die toekoms van die
monargie met 68% ten gunste van die monargie gestem.
Die koningin is ook die afgelope Sondag in 'n YouGov-
meningspeiling aangewys as die nommereen-monarg. Koningin
Elizabeth I was in die tweede plek en koningin Victoria in die
derde plek.
Back to top
22. Sanral soek nou nuwe tollenaars
HUGENOTE-TONNEL SE BOUKOSTE
Skuld neem toe tot R1,9 miljard
(Standard, 10 September 2015)
Marelize Barnard
KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap
(Sanral) is duidelik “desperaat vir geld” en wil sy “verliese met
die e-tolstelsel nou van Wes-Kaapse motoriste verhaal”.
Só het Janine Myburgh, president van die Kaapse Kamer van
Koophandel en Nywerheid, gereageer nadat Sanral eergister
aan die media gesê het die Hugenote-tonnel sal om
veiligheidsredes moet sluit indien die voorgestelde Wynland-
tolprojek langer uitgestel word.
Sanral het ingestem om die reg om tolgeld by die Hugenote-
tonnel in te vorder teen R400 miljoen aan private maatskappye
te verkoop. Dit is sodat dié maatskappye vir nog 30 jaar tolgeld
by die tonnel kan hef, het Myburgh aangevoer.
“Dit lyk of Sanral nou die geld nodig het en nie kan wag vir die
beplande tol-inkomste uit die Wynland-tolprojek nie,” het sy
gesê.
Kobus van der Walt, streekbestuurder van Sanral in die Wes-
Kaap, het eergister verduidelik dat die R400 miljoen die bedrag
is wat Sanral nog geskuld het op 'n lening vir die tonnel toe die
Wynland-tolprojek verklaar is.
Sanral se uitstaande skuld op die Hugenote-tonnel het intussen
tot R1,9 miljard toegeneem. Die koste om die tonnel te
onderhou is groter as die inkomste daaruit.
“Wanneer die tonnel aan 'n tweede kontrakteur oorhandig
word, moet die uitstaande skuld daarop gedelg word. Sanral is
nie op wins ingestel nie. Ons is nie hier om geld te maak nie,
maar om die land te dien,” het Van der Walt gesê.
Myburgh meen egter dat dit in 1988 altesaam R202 miljoen
gekos het om die tonnel te voltooi. Die tolgeld het lank reeds vir
die bou van die tonnel betaal, maar intussen styg die tariewe
steeds jaarliks.
“Wat Sanral sê, maak nie sin nie. Met konserwatiewe somme
van die inkomste uit die tolgeld moet die maandelikse inkomste
sowat R11 miljoen wees.”
Daarmee word nie eens in ag geneem dat vragmotors se
tolkoste duurder is nie. Myburgh wil weet wat Sanral met die
geld maak, aangesien die boukoste lank reeds gedelg moes
gewees het.
In die 27 jaar sedert die tonnel oopgestel is, het 75 miljoen
voertuie dit gebruik, het Tiago Massingue, projekbestuurder
van Sanral, eergister op 'n mediabesoek aan die tonnel gesê.
Sowat 12 000 voertuie ry gemiddeld per dag deur die tonnel.
Van der Walt het gesê van die totale netwerk van 75 000 km
paaie dwarsoor die land bestuur Sanral 21 000 km.
Die agterstand met die onderhoud van dié paaie het van R149
miljard in 2010 tot R197 miljard in die boekjaar 2014-’15
toegeneem.
Toltariewe by die Hugenote-tonnel wissel van R32 vir 'n
ligte voertuig tot R225 vir 'n voertuig met vyf asse.
Back to top
23. Vrou maak haar drome stap vir stap waar
(Die Burger, 8 September 2015)
Shantel Moses
KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis-noodlugdiens
(AMS) spog met die land se heel eerste vroulike
buitevragoperateur in die private sektor.
Lindsey Cyster (25) van Kuilsrivier, 'n vlug-paramedikus van
AMS, het in April vanjaar as 'n buitevragoperateur
gekwalifiseer, maar het eers verlede maand erkenning van die
Wes-Kaapse departement van gesondheid gekry.
“Ek het in April my opleiding voltooi, maar moes eers deur
verskeie buitepartye getoets word.”
Cyster het vertel dat sy in 2012 as 'n vrywilliger by AMS reeds
haar doelwitte hoog gestel het.
“Ek het in 2014 as vlug-paramedikus by AMS begin werk. Ek
was voorheen 'n vrywillige werker. Ek het toe reeds my
loopbaan by AMS fyn beplan en dit stap vir stap 'n realiteit
gemaak. Om 'n opgeleide buitevragoperateur te wees, is dus
vir my 'n droom wat waar geword het.”
Volgens Vanessa Horn, woordvoerder van die AMS-
helikopterdiens, is 'n buitevragoperateur die oë van 'n vlieënier
tydens 'n reddingsproses.
“Hulle word opgelei om die vlieënier te help om gevaarlike
sones te vermy, asook om opdragte en belangrike inligting oor
te dra. Verder moet hulle ook die veiligheid van
reddingswerkers op die toneel en pasiënte aan boord monitor.”
Back to top
24. Kwadrupleeg klop Kilimandjaro
(Die Burger, 8 September 2015)
Romantha Botha
KAAPSTAD. – Dit voel nog soos 'n droom, sê sy, maar Chaeli
Mycroft het verlede week Donderdag – met behulp van sewe
stappers en 'n ondersteuningspan – die kruin van Kilimandjaro
bereik.
“Dit was moeiliker as wat ek verwag het en daar was tye dat ek
teen my emosies moes veg om gefokus te bly. Ek het gesien
hoe sterk ons span kan wees as dinge moeilik raak,” het
Mycroft (21), 'n kwadrupleeg en aktivis van Bergvliet, gesê.
Taylor Jackson (21), een van die stappers, het gesê dit was 'n
uitdagende staptog en moeiliker as wat hy verwag het.
“Ek is bly om terug te wees en dat ons die staptog kon voltooi.”
Die span, wat uit sewe lede bestaan, het Chaeli in 'n rolstoel
met handvatsels en vier wiele gedra en gestoot.
Twee stappers kon nie die staptog voltooi nie omdat hulle
bergsiekte gehad het.
Mycroft het ook haar mondigwording op die tweede dag van die
staptog gevier.
“Die span het vir my 'n koek gebak. Dit het vir my baie beteken,
want dit het gewys hoe belangrik dit vir my spanmaats is dat
almal gelukkig is. Dit was ongelooflik om my verjaardag op so
'n unieke manier te vier,” het sy gesê.
Sy is sover bekend die eerste vroulike kwadrupleeg wat al die
kruin van Kilimandjaro bereik het.
Sy het gesê sy gaan vir eers van berge af wegbly en eers weer
aandag aan haar studies skenk.
Sy is 'n finalejaarstudent in sosiale wetenskap aan die
Universiteit van Kaapstad.
Back to top
25. Wag ‘betower’ met klavierspel
(Die Burger, 17 September 2015)
Buks Viljoen
MBOMBELA. – Hy het motors by die Middelburg Mall opgepas
om aan die lewe te bly – totdat hy onlangs voor 'n klavier
ingeskuif en almal met sy talent verstom het.
'n Video van Pablo Muvunyi agter die vleuelklavier van die
winkelsentrum is op You-Tube geplaas en binne 'n japtrap het
dit meer as 100 000 trefslae gehad.
Sy kollegas het eers tóé besef dat Muvunyi al jare lank 'n
musikant is.
Muvunyi het vertel hy is in die Demokratiese Republiek van die
Kongo gebore en het op 15-jarige ouderdom geleer om klavier,
kitaar en tromme te speel.
In dié tyd het die burgeroorlog uitgebreek en hy is gedwing om
die wapen as soldaat op te neem.
Hy het later na Rwanda gevlug. Hier kon hy selfs klas gee in
musiek.
“My passie is musiek. En dit is baie beter as om 'n soldaat te
wees.
“Ek was langer as 20 jaar in die vermaakbedryf en het in lande
soos Uganda, Tanzanië, Mosambiek en Malawi gespeel.
“Einde 2014 het ek saam met 'n groep in Johannesburg
aangekom.
“Hier het my wêreld in duie gestort toe ons bestuurder ons net
daar, sonder geld of heenkome, agtergelaat het.”
Met net R1000 in sy sak moes hy en sy gesin 'n nuwe lewe
begin.
Hy het vroeër vanjaar van 'n pos as motorwag by die
Middelburg Mall te hore gekom.
Muvunyi het geswyg oor sy uitsonderlike musiektalent, totdat 'n
kollega ontdek het hy kan klavier speel.
“Ons het 'n paar maande gelede 'n klavier gekoop wat in die
sentrum se gang geplaas is,” het Anneliza Erwee,
bemarkingsbestuurder van die Middelburg Mall, gesê.
“Ek het Pablo aangemoedig om 'n bietjie te speel. Groot was
ons verbasing toe ons sy uitsonderlike talent hoor. Besoekers
het in die gange gestop om na hom te luister. Een van hulle het
'n video geneem en op sosiale media versprei.” Muvunyi is nou
so gewild dat hy naweke in die sentrum speel om ekstra geld te
verdien.
Hy het selfs 'n koor van motorwagte op die been gebring.
“Ons het elke oggend 'n parade as motorwagte.
“Ek het een oggend besluit dat ons ná die parade saam moet
sing.
“En net daar het ons besluit om ons eie Mall-motorwagkoor te
begin.”
Hulle gee hul eerste openbare optrede op 25 September met
die viering van Middelburg se aanwysing as die kykNET-
program Kwêla se Dorp van die Jaar.
Back to top
26. Net 674 232 skryf matriek nadat 13 000 ‘verwyder is’
(Die Burger, 7 September 2015)
Anika Marais
KAAPSTAD. – Byna 13 000 matriekleerders het deur die krake
geval nadat die departement van basiese onderwys die aantal
leerders wat vanjaar die eindeksamen gaan aflê, hersien het.
Die departement van basiese onderwys het verlede week in sy
portefeuljekomiteevergadering in die parlement aangekondig
dat 674 232 heeltydse leerders vanjaar die eksamen van die
Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) gaan skryf.
Twee weke gelede het 'n navorser van die departement,
Ntsizwa Vilakazi, egter by 'n onderwyskonferensie aan die
Universiteit Stellenbosch gesê 687 230 heeltydse leerders
gaan die eksamen aflê.
“Die aantal leerders is intussen geoudit,” het die woordvoerder
van die departement, Elijah Mhlanga, gister gesê. Die oudit het
presies 12 998 leerders verwyder.
Die matriekeindeksamen begin vanjaar op 19 Oktober met
rekenaartoepassingstegnologie, vraestel een, en eindig op 27
November met musiek, vraestel twee.
Dit is nog onseker wanneer die uitslae bekend gemaak sal
word.
Back to top
27. Ál meer kinders word afgeskeep
VERWAARLOSING
(Die Burger, 7 September 2015)
Samantha van den Berg
KAAPSTAD. – Beter navorsing en statistieke oor kinder-
verwaarlosing en -verlating kan maatskaplike werkers help om
dié krisis beter aan te pak.
“Daar is ongelukkig geen statistieke beskikbaar van hoeveel
kinders in die Wes-Kaap deur 'n ouer weggegooi of
verwaarloos word nie,” het Elzeth Conradie, woordvoerder van
Abba Adoptions in die provinsie, aan Die Burger gesê.
“Dit is baie sleg, want statistieke kan rolspelers help om deur
strategiese beplanning dié maatskaplike probleem beter te
hanteer,” het Conradie gesê en bygevoeg dat hulle en ander
organisasies die afgelope jaar 'n toename in
kinderverwaarlosing opmerk – veral wat betref die aantal babas
wat weggegooi word.
In die jongste voorval in die Moederstad verlede week is 'n ma
van Delft in hegtenis geneem nadat sy haar drie jong kinders
na bewering vir vier dae alleen in die huis gelaat het.
Die kinders – onderskeidelik een, drie en nege jaar oud – is na
bewering in hul huis in Tubelitsha in Delft toegesluit en sonder
toesig gelaat, terwyl die 35-jarige ma glo gaan drink het. Die
vrou is in hegtenis geneem en van kinderverwaarlosing
aangekla.
Sihle Ngobese, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister
van maatskaplike ontwikkeling, het gister gesê die kinders is in
'n plek van veiligheid geplaas.
As deel van die ondersoek word nabye familielede gesoek by
wie die kinders kan gaan woon, het Ngobese bygevoeg.
Die polisie sal ook ondersoek of ander volwassenes in die huis
woon. Ook húlle kan dan moontlik vervolg word.
“Ons sal die kinders aanhou ondersteun en versorg en die
polisie in hul ondersoek na die voorval help. Ons neem baie
sterk standpunt in teen gevalle van kinderverwaarlosing en sal
onmiddellik optree teen diegene wat hulle daaraan skuldig
maak,” het Ngobese vervolg.
Volgens Conradie kan armoede, 'n tekort aan ouervaardighede
en ondersteuning asook die vrees om veroordeel te word tot
kinderverwaarlosing bydra. Sy het egter gewaarsku dat die hof
streng sal optree wanneer dit by kinders en hul welstand kom.
“Die skuldige persoon kan, afhangend van die erns van die
oortreding, tronkstraf opgelê word. Indien 'n baba gelos word in
'n plek waar die kind kan doodgaan, bestaan die moontlikheid
dat die ouer van poging tot moord aangekla kan word,” het
Conradie gesê.
Back to top
28. Aanleg bied oplossing vir kragtekort
(Die Burger, 7 September 2015)
Alet Janse van Rensburg
STELLENBOSCH. – 'n Oplossing vir Suid-Afrika se tekort aan
elektrisiteit lê moontlik in die gebruik van gekonsentreerde
sonkrag, en dié tegnologie het pas 'n stewige plaaslike
hupstoot gekry.
Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) se
sontermiese energienavorsingsgroep, Sterg, berei tans voor
om die Helio100-loodsaanleg bekend te stel.
Dié aanleg bestaan uit 100 spieëls, oftewel heliostate, wat
elektrisiteit met gekonsentreerde sonenergie opwek. Wat dit
buitengewoon maak, is dat die Helio100-span dit op 'n
goedkoper, eenvoudiger manier as ooit tevore kon oprig.
“Die vaste kostes verbonde aan die bou van 'n tradisionele
helio-aanleg was nog altyd baie hoog,” het Sebastian-James
Bode, 'n projeknavorser en meganiese ingenieur, gister
verduidelik.
“Daar moet gate geboor word en fondamente van beton gelê
word waarop elke heliostaat kan staan. Boonop is die rekenaar
en sagteware wat onder elke heliostaat geïnstalleer was, duur.
Daarom was dit nooit kostedoeltreffend nie.”
Helio100 se heliostate staan egter op relatief goedkoop
strukture van vlekvrye staal en benodig geen duur bedrading,
vaardighede en mannekrag nie.
Die hele demonstrasie-aanleg het sowat $1 miljoen (R13,4
miljoen) gekos en wek 150 kW hitte op, genoeg om sowat 30
gemiddelde huishoudings van elektrisiteit te voorsien.
“Ons het die heliostate letterlik binne 'n dag opgerig. Die arbeid
is minimaal en die strukture kan maklik vervoer en opgeslaan
word,” het Bode gesê.
Die Helio100-aanleg se 100 spieëls staan in 'n
driehoekformasie sowat 2m hoog op die proefplaas Mariendahl
buite Stellenbosch.
Die spieëls van 2 m2 elk is geboë en volg die son daagliks
namate dit van oos na wes beweeg. Die spieëls weerkaats die
sonstrale na 'n toestel met 'n oppervlakte van 1 m2 bo-op 'n
toring van 12 m hoog.
Die toestel verhit lug wat dan gebruik word om 'n gasturbine,
soortgelyk aan dié wat in die enjin van 'n straler gebruik word,
aan te dryf.
Volgens Bode is dit nie die tipe tegnologie wat mense by hul
huis kan installeer nie.
Die hoop is eerder dat die regering en/of private instellings die
tegnologie koop en op groot skaal aanbou, vanwaar dit krag
aan Eskom se netwerk kan lewer.
Met dié doel voor oë werk die Helio-span van 16 ingenieurs,
wetenskaplikes en tegnici sedert April verlede jaar om die
demonstrasie-aanleg teen einde September gereed te kry.
“Suid-Afrika het nou elektrisiteit nodig, maar die groot probleem
gaan egter vyf tot tien jaar van nou af ontstaan, wanneer 'n
groot hoeveelheid opwekkings-vermoë verlore sal gaan
wanneer die ou steenkoolkragsentrales uit diens gestel word,”
het Paul Gauché, die projekleier, gesê.
“Gekonsentreerde sonkrag gaan waarskynlik dan 'n groot rol
speel en ons tegnologie het die potensiaal om 'n reuse
plaaslike waarde toe te voeg.
“Dit is bo en behalwe die rol wat ons kan speel om ekonomiese
verliese weens beurtkrag te vermy.”
Waarom Sterg geslaag het om heliostate goedkoper te
vervaardig terwyl maatskappye soos Google misluk het, kan
Gauché nie presies verduidelik nie.
“Ek dink die kern is dat ons 'n goeie span is wat die beste van
Suid-Afrikaanse kenmerke verteenwoordig,” het hy gesê.
Back to top
29. Alzheimersiekte ook oorerflik
(Die Burger, 7 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD. – 'n Mens se kans om alzheimersiekte te kry
indien 'n ouer, broer, suster of ander nabye familielid dié siekte
gekry het, is groter as dié van ander mense.
Vandeesmaand is alzheimer-bewustheidsmaand en volgens
die Amerikaanse kollege vir mediese genetika is die presiese
oorsake van alzheimersiekte nog nie duidelik nie, hoewel
genetika 'n rol speel.
Die gemiddelde persoon in die algemene bevolking wat tot 75
of 80 jaar leef, se kans is een uit tien om dié siekte te kry. Maar
die risiko is twee keer groter indien 'n nabye familielid dit het, of
gehad het.
Dit is egter al verbind tot spesifieke gene en daarom is daar wel
twee tipes van dié siekte – 'n familieverwante siekte (wat al op
so vroeg as 40 jaar kan voorkom) en 'n sporadiese een (wat
later voorkom).
Almal wat die oorerflike vorm het, kry dit vroeg in hul lewe. Dít
is sowat 5% van gevalle en indien 'n mens een of twee
geenmutasies van jou ma of pa erf, veroorsaak dit byna altyd
die siekte.
Dié gene is presenilin 1 en 2 en APP, maar daar word na meer
gene gesoek.
'n Ander geen wat jou kanse tot tien keer verhoog, maar dit nie
noodwendig veroorsaak nie is, APOE-E4 en variante daarvan.
Dit speel 'n rol in die sporadiese en meer algemene vorm van
die siekte.
Die siekte kan met 60 tot 65 jaar begin, maar raak toenemend
algemeen in ouer mense.
Die nasionale vereniging van genetiese beraders beveel nie
aan dat mense getoets word vir die APOE- mutasies nie, omdat
dit nog nie goed genoeg verstaan word nie. Mense word ook
afgeraai om aanlyntoetse te vertrou of te bestel. Enige
konsultasies oor alzheimersiekte moet in persoon gedoen
word.
Back to top
30. Luister 'n bietjie, dan vorder ons
(Die Burger, 8 September 2015)
Dinsdag Aktueel
Liezel de Lange
Daardie skoolbriewe wat elke ouer vrees – die soort wat jy die
aand voor die tyd raaksien (of onthou) oor iets wat die volgende
oggend moet klaar wees . . .
So moes ek een Donderdagaand kostuums uitgrawe om
Afrikaanse idiome uit te beeld. 'n Monster-partytjie se kostuums
is inderhaas ingespan – en gelukkig is daar genoeg
spreekwoorde oor geraamtes en spoke. Die doel was om
Afrikaans se 90ste verjaardag te vier.
Toe die krisis eers afgeweer is, kon ek my verlekker in my
wondersoete moedertaal.
Die taal waarin Adam Small, André P. Brink, Marlene van
Niekerk en Jan Rabie my van skooldae af aan die lees (en
dink) gesit het; die taal waarin Karin Zoid en Francois van Coke
se duet my aangedaan maak.
Dis die taal waarin ek op die maat van Johannes Kerkorrel en
Koos Kombuis op universiteit die stelsel kon uitdaag en ons
kon kappityt op Brasse Vannie Kaap (en deesdae op
Hemelbesem).
Dis die taal waarin ek op skool saam gewroeg het met die
triomf en (baie) tragedie van radio- en televisiedramas soos
Wolwedans in die Skemer, Verspeelde Lente en Het van
Verlangekraal.
Dis die taal van Antjie Krog se Fynbosfeetjies, Louis Leipoldt se
resepte vir skilpadsoep en vleesbredies, en Bo-Kaapse
lekkertes soos denningvleis en koesisters.
Dis die taal waarin Coenie de Villiers 'n mens laat verlang na
die Karoo en waarin Die Antwoord ons laat bloos.
Laat ons nie die taal laat verlam deur sensitiwiteite nie.
Dis die taal waarin ek en nog 6,8 miljoen Suid-Afrikaners tuis
snik, swets en skaterlag – die taal van my brood en botter.
Maar dit is ook die taal waarteen skoliere in Soweto bykans 40
jaar gelede in opstand gekom het. Die taal wat vereenselwig
word met die verdeling, vernedering en vervreemding van die
verlede.
Die taal wat pal in die nuus is weens aantygings dat dit
ingespan word om mense by onder meer skole en universiteite
uit te sluit.
Soos nou weer met die dokumentêr Luister, oor swart studente
se ervarings op die kampus van die Universiteit Stellenbosch.
Die woede wat op ons kampusse opkook, kan allermins net
aan taal toegeskryf word. Dr. Randall Carolissen, voorsitter van
Wits se raad, waarsku: “Studentepolitiek raak nou die
spieëlbeeld van diensleweringsprotes. Studente wys
toenemend hul ongelukkigheid oor marginalisering, honger en
diskriminasie.”
In Stellenbosch is die taalkwessie geopper, maar Afrikaans het
niks te make gehad met die dramas by die Universiteit van
Kaapstad nie.
Sowat 3,4 miljoen bruin, 2,7 miljoen wit en 660 000 swart en
Indiër-Suid-Afrikaners is Afrikaans – meer as die helfte van
Afrikaans-sprekendes is in die apartheidstyd gemarginaliseer.
Laat ons – die hele taalgemeenskap – in ons daaglikse handel
en wandel vir ons mede-Suid-Afrikaners wys Afrikaans kan nie
gereduseer word tot “die taal van die verdrukker” of
hedendaagse pogings tot uitsluiting nie.
Dan kan ons debatte voer sonder dat dit in 'n bekgeveg oor ras
ontaard. Laat ons die geraamtes in die kas vierkant in die oë
kyk en nie onnodige spoke opjaag nie. Laat ons ook nie die taal
laat verlam deur sensitiwiteite nie.
Veels geluk, liewe Afrikaans; mag jy nog baie jare gespaar bly.
Back to top
31. Sakesentrum help met ontwikkeling
PHILIPPI VILLAGE BIED GELEENTHEDE
Skeepshouers as kantore ingerig
(Die Burger, 8 September 2015)
Romantha Botha
KAAPSTAD. – 'n Sakesentrum waar entrepreneurs hul idees in
suksesvolle ondernemings kan omskep, is gister in Philippi
geopen.
“Vir baie inwoners van Philippi is entrepreneurskap die enigste
vorm van oorlewing omdat werk skaars is.
“Die behoefte aan 'n inkomste dryf entrepreneurs om hul
ondernemings sonder die nodige finansiering of infrastruktuur
te begin, en dit is iets wat hul kans op sukses belemmer,” het
Amor Strauss, bestuurder van Philippi Village, gesê.
Philippi Village, 'n ou sementfabriek in die nywerheidsgebied
van Philippi, is in 2005 begin.
Kleurryke skeepshouers op die perseel, die Container Walk,
gaan dien as kantore vir eienaars van klein ondernemings.
Die eerste 24 houers wat verlede week beskikbaar gestel is, is
binne 'n dag opgeraap.
'n Bykomende 70 houers word in September beskikbaar gestel.
Ander geriewe in die vierverdiepinggebou sluit in 'n
dagsorgsentrum vir werkende ouers, 'n biblioteek, raadsale en
'n eetplek.
Die projek beoog om in die toekoms 'n vierverdiepinghotel, 'n
nagklub en 'n privaat hospitaal, asook die grootse
winkelsentrum wat van skeepshouers gemaak is op die perseel
aan te bring.
“Mense met passie en gewilligheid om alles in te sit om van hul
onderneming 'n sukses te maak, is welkom om aan ons deure
te klop,” het Strauss gister gesê.
Die sentrum bied aan entrepreneurs verskeie werksessies en
kursusse om hul sake-idees of bestaande ondernemings
winsgewend te maak.
Die enigste vereiste is dat jy 'n Suid-Afrikaanse
identiteitsdokument, 'n geldige paspoort of 'n werkpermit moet
hê, het sy bygevoeg.
Back to top
32. Albertinia tot in die rekordboeke gebrei
(Die Burger, 8 September 2015)
Malherbe Nienaber
KAAPSTAD. – Sowat nege maande nadat hulle die wêreld se
grootste handgemaakte trui gemaak het, is 'n groep breiers van
Albertinia se rekord uiteindelik bevestig.
“Ons het amper moedeloos geraak van die wag,” het Nina
Mather, projekleier, gister gesê nadat Guinness World Records
die groep se rekord bevestig het.
Sy en 21 vroue van dié Suid-Kaapse dorp het die trui, wat 8,2
m lank van mouboordjie tot mouboordjie is, in Desember
voltooi. Die trui is in die kleure van die landsvlag en het net
langer as ses maande geneem om te brei.
“Die oomblik as ons Guinness se sertifikaat van Londen af in
die pos ontvang, gaan ons almal nooi om dit te vier,” het
Mather gesê.
Die vroue het verlede week 'n e-pos ontvang om hul rekord te
bevestig. “Almal was baie opgewonde toe ons die nuus gekry
het.”
Die Burger het hulle in Desember besoek nadat die groep vir
22 weke elke Woensdag in die dorpsaal vergader en gebrei
het. Die trui is van 24 kg breidraad gemaak en in lang repe
gebrei voor dit aan mekaar vasgewerk is.
Dit bevat 2 360 steke wat opgesit is.
Afmetings van die trui, foto’s, verslae, video’s en 'n kleiner
replika is na Guinness World Records se kantoor gepos om die
rekord te bevestig.
Die breiers het destyds gesê hulle hoop om Albertinia met dié
projek “op die kaart” te plaas.
“Mense ry hier verby en dink ons dorp is net twee vulstasies.
Dis nie waar nie,” het Fransie Geldenhuys, een van die breiers,
in Desember gesê.
Back to top
33. Dr ST Potgieter Nuusbrief
Bereik jou potensiaal: Oorwinning oor luiheid
Luiheid is 'n probleem in baie mense se lewens. Byvoorbeeld:
ouers word gefrustreer deur hul kinders wat te lui is om te
studeer en met huislike take te help. Vrouens is geïrriteerd met
hul mans wat niks wil doen nie en heeldag voor die televisie lê.
En so kan ons aangaan: daar is honderde voorbeelde.
Maar vandag se nuusbrief is geskryf wanneer jy persoonlik voel
dat jy iets aan jou luiheid wil doen. Met ander woorde dit is nie
iemand wat jou voorskryf of aanpraat nie, maar jyself wat jou
luiheid wil afskud en verbeter. Het jy al 'n hele dag net mooi
niks gedoen nie, hier en daar in die huis rondgepik, televisie
gekyk, ge-Facebook en teen die aand gevoel jy het jou hele
dag vermors.
Onthou net, jou luiheid gaan nie sommer vanself verdwyn nie.
Daar moet aksie van jou kant wees in die remediëring van jou
luiheid.
Hier is 'n paar voorstelle wat om te doen:
1. Erken jy is lui. Soos 'n alkoholis moet erken hy het 'n
probleem, so moet jy erken jy het 'n probleem.
2. Begin jou oggend met 'n lekker stort, borsel jou tande,
kam jou hare en trek vir jou gerieflike netjiese klere aan.
Jy gaan net soveel meer verfris voel en gereed wees om
die dag se aktiwiteite aan te pak.
3. Neem een taak wat jy wil voltooi. Stel 'n tydsbeperking
daarop en spring weg en doen dit.
4. Fokus en konsentreer op die een enkele taak en doen dit
net. Vergeet van ander dinge en stel jou visier in op die
voltooiing van die taak. Jy gaan so goed voel wanneer jy
dit voltooi en weet dit is afgehandel.
5. Moenie probeer om alles te wil doen nie. Doen een taak,
een projek, op 'n slag.
6. Kry perspektief op TYD. Kyk hoeveel ure, maande en jare
van jou lewe het reeds eenvoudig net verby gevlieg. Maak
'n draai by 'n ouetehuis en kyk hoe baie bejaardes sit daar
en kan nie meer fisies dinge doen nie. Moenie toelaat dat
jou luiheid jou lewe beroof nie.
7. Spring uit, koop die tyd uit, en leef jou potensiaal uit.
8. Moenie voor die televisie plak soos 'n stuk kougom aan 'n
wolkombers nie. Dit maak jou nog luier. Staan op en gaan
stap 'n ver ent. Kom uit na buite.
Kom tot die besef dat luiheid 'n persoonlike keuse is. Jy kan dit
probeer rasionaliseer, verskonings soek, wetenskaplike redes
daarvoor aanvoer, dit aan jou kinderjare toeskryf, maar aan die
einde van die dag is dit 'n keuse wat jy maak om lui te wees of
nie.
Mense raak lui omrede hulle dinge vir ander mense moet doen.
Die oplossing is om goed vir jouself te begin doen waarvan jy
hou. Kry jou eiewaarde terug as mens.
Wees trots op wie jy is. Wees 'n bietjie selfsugtig en doen dinge
wat jy graag wil doen. Doen dinge wat jou 'n bietjie “boost” in
die lewe gee. Moenie die huis skoonmaak net omdat jy
kuiermense kry nie. Maak die huis skoon omrede jy dit verdien
om in 'n skoon en sindelike huis te woon.
Die opneem van jou eiewaarde, die opneem van selfrespek, sal
maak dat jy dinge doen wat jou goed sal laat voel.
Beweeg, beweeg, beweeg. Het jy al agtergekom wanneer jy
lank lê en slaap gedurende die dag, dalk voor die televisie, en
jy ontwaak, voel jy lus om net verder te lê. Lus om niks te doen
nie. Nou-ja, dit is die reël van heeldag lê: hoe meer jy lê en
niksdoen, hoe meer wil jy lê en niksdoen. Dit is eers wanneer jy
besig raak, beweeg en aktiwiteite doen dat jy meer energie kry
en lus voel om dinge aan te pak. Breek die sirkel van niks doen
en begin beweeg.
Skryf een of twee doelwitte vir die dag neer. Plak die papier
teen 'n kas waar jy dit kan sien. Begin met een van die
doelwitte, konsentreer daarop en voltooi die een doelwit.
Daarna kan jy na die volgende doelwit oorgaan. Die punt is:
neem een doelwit op 'n slag, voltooi dit en voel goed daaroor.
Kyk vir jouself in die spieël. Druk jou gesig teen die spieël, waai
vir jouself, trek jou gesig, plooi jou neus. Die man / vrou wat jy
in die spieël sien, is alleen aanspreeklik vir jou suksesse en
mislukkings in hierdie lewe. Wat wil jy doen omtrent jou luiheid
en jou drome?
Hou op om verskonings te maak. “Just do it” – Nike.
Soms voel ons angstig, bang, ongemaklik of onseker om
sekere dinge te doen. Die gevolg is jy doen dan net die
minimum om deur die dag te kom.
Dit is 'n gevoel – ja, nie 'n lekker gevoel nie – maar steeds 'n
gevoel wat jou verhinder om aktief besig te raak. Jy kan toelaat
dat gevoel jou oorneem en jou passief maak. Jy kan egter ook
gedryf word deur rede. Jy kan dalk nie lekker voel nie, maar jy
kan 'n rede hê waarom jy opstaan en 'n taak aanpak. Wat
bepaal jou rigting in jou lewe: gevoel of rede?
Moenie wag totdat jy eendag goed voel nie om te begin nie. Dit
kan dalk nooit gebeur nie. Kry 'n rede hoekom dinge gedoen
moet word, en doen dit.
Bepaal die volgende:
1. Wat is die voordele wanneer ek 'n taak opneem en voltooi
versus die nadele wanneer ek lui is en nie die taak doen
nie.
2. Hoekom is dit belangrik om hierdie projek te doen? Hierin
lê dalk vir jou genoeg rede om luiheid af te skud en aktief
besig te raak.
Moenie wag vir motivering om 'n taak aan te pak nie. Verrig
eers die AKSIE en dan sal motivering vanself volg. Jy ervaar
deur aksie die voordele van jou aksie en dit motiveer jou vir die
volgende stappe. Byvoorbeeld: moenie wag vir motivering om
te studeer nie. Begin net om te studeer.
Die sukses wat behaal word deur jou studie sal aan jou
motivering gee vir jou verdere studies. Deur aksie ontwaak die
potensiaal wat binne jou versteek lê.
Stel vas wat die spesifieke ding is wat jou verhinder om aan te
gaan. Soms is dit slegs 'n stukkie detail wat jou weerhou om
met iets te begin. Vind 'n manier hoe om daarmee te of hoe om
dit op te los.
Wanneer jy aan die gang is, bly aan die gang. Neem 'n kort
breek en rus. Vier jou eerste sukses. Begin egter so gou as
moontlik weer. Te lang uitgerekte tussenposes maak jou lui en
traag om weer te begin.
Onthou die herstel van luiheid is 'n proses. Dit gaan tyd neem.
Maar moenie opgee nie, werk elke dag aan die helingsproses.
Jy sal uitkom by die punt waar jy luiheid oorwin en vreugdevol
en met oorgawe leef.
Hou op om ander te hiet en gebied. Staan 'n slag op en doen
die ding self. Te veel mense probeer hul luiheid verdoesel
onder die voorwendsel van delegering. Daar is 'n plek vir
delegering, maar die konsep van delegering is nie om as 'n
plaasvervanger vir jou luiheid te dien nie.
Luiheid kan natuurlik ook die gevolg wees van depressie of 'n
stresvolle lewensstyl. In so 'n geval is dit goed om 'n
sielkundige of dokter te gaan sien.
En natuurlik, met die krag van gebed en die genade van die
Here is dit altyd moontlik om ook die luiheid in jou lewe te
oorwin.
Ons almal beleef soms 'n dag wat ons lus het om niks te doen
nie. Dit is heeltemal normaal. Wanneer dit egter te lank
aanhou, is daar 'n probleem. Ek vertrou dat bostaande punte
jou sal help om luiheid – indien jy so 'n probleem het – te help
aanspreek. Onthou die lees van hierdie artikel is nie die
oplossing nie – jy moet opstaan en begin doen.
'n Sprankie Sielkunde vir die dag
“Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou
slaap? Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie
hande vou om uit te rus! So kom jou armoede soos 'n rondloper
en jou gebrek soos 'n gewapende man.” – Spreuke 6:9-11
Sien 'n terapeut wanneer jy moeg, bekommerd en angstig of
depressief voel.
Onthou Graad 11 en 12-leerlinge – dit is nou die tyd om jou
beroepstoetsing te doen en aan jou studie- en loopbaankeuses
aandag te gee. En waar jou kind dalk nou tekens toon van 'n
leerprobleem of jy is bekommerd oor jou kind se skoolwerk – 'n
evaluering is dalk net nodig om vas te stel wat die oorsaak
hiervan is.
Indien jy aan my wil skryf, moenie Reply druk op hierdie
nuusbrief nie – die epos sal nie by my uitkom nie. Jy moet my
korrekte eposadres gebruik: [email protected]. Ek hoor graag
van jou.
Indien jy wil inskryf op die nuusbrief, stuur jou naam en
eposadres na my. Jy hoef nie te betaal vir die nuusbrief nie –
ek seën jou graag hiermee.
Indien jy enige kommentaar het of terugvoering wil gee oor
vandag se onderwerp, en ook ander se kommentaar wil lees,
kan jy dit doen op my facebook bladsy: ST se Pitkos. Kliek net
op my fb-blad of “Like” om aan te sluit. Jy kan ook aan my skryf
Onthou my vyf boeke is nog landswyd beskikbaar:
1. Staan op vir Jouself
2. Staan op in Moeilike Tye
3. Pitkos – radiopraatjies
4. Jou laaste selfhelpboek ooit
5. Die Merkwaardige Wysheid van Salomo
Dalk is daar iemand wat deur swaarkry en onseker tye gaan.
Skenk 'n boek. Hierdie boeke mag dalk 'n groot verskil in so
iemand se lewe maak.
In moeilike tye, wanneer jy op jou knieë gedwing word, is knieë
dalk juis die beste plek om te wees.
ST Potgieter
Back to top
34. Wes-Kapenaars rook meer as res van land
(Die Burger, 2 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD. – Selfs al probeer die regering mense bang maak
oor die gevare van tabak, rook 18% van volwasse Suid-
Afrikaners, met Wes-Kapenaars wat die meeste stook.
Vier keer meer mans as vroue rook en 40% van bruin mense
rook. Dit is ook in die Wes-Kaap waar die hoogste voorkoms is
van swanger vroue wat rook.
Dié studie, om tabakverbruik te bepaal, is onder 15 400 mense
in al die provinsies en onder al die bevolkingsgroepe gedoen
en kan as verteenwoordigend van die bevolking beskou word.
Dit is in die Augustus-uitgawe van die South African Medical
Journal gepubliseer.
Minder as 'n derde van die mense wat rook, is binne die
tydperk van 'n jaar deur 'n dokter aanbeveel om op te hou. Die
dokters was egter meer geneig om vroue aan te raai om op te
hou rook as mans.
Sowat die helfte het al probeer om op te hou en die helfte het
aangedui dat die gesondheidswaarskuwings op sigaret-pakkies
hulle al daaraan laat dink het om op te hou.
In 'n kommentaarartikel skryf dr. Derek Yach van die Vitality-
instituut in New York dat die Suid-Afrikaanse beleid om
tabakgebruik te beheer, slaag. Vir elke R1 wat sigarette
duurder word, is die risiko dat iemand sal begin rook tussen 1%
en 2,8% minder.
Een van die teikens is juis kinders omdat 12,7% van die kinders
in gr. 8 tot gr. 11 in Suid-Afrika rook. “Dit beklemtoon die
realiteit dat tabakbeheer 'n kritieke voorkeur van die land bly,”
het hy geskryf
Hy het voorgestel dat die belasting wat jaarliks op tabak gehef
word, gebruik word om 'n nasionale gesondheidstigting op die
been te bring.
Mense het ook 'n wanbegrip van die verskil tussen tabak en
nikotien. Hy meen dat veldtogte nie genoeg daarop fokus dat
tabak doodmaak nie en dat daar bewyse is dat e-sigarette
openbare gesondheid kan verbeter en gevolglik die ses miljoen
sterftes weens tabak kan verminder. Volgens hom is e-sigarette
nie noodwendig die deur na tabak nie.
Back to top
35. Plant ná 75 jaar weer gesien
(Die Burger, 2 September 2015)
Alet Janse van Rensburg
KAAPSTAD. – 'n Fynbosspesie wat sowat 75 jaar gelede die
laaste keer in die Kaap gesien is, is sowat twee weke gelede
weer op Leeukop gevind.
Die Kaapse granietvlas, oftewel Polycarena silenoides, is in
1940 laas daar gesien en intussen deur die Internasionale
Wêreldbewaringsunie (IUCN) geklassifiseer as “kritiek bedreig
en moontlik uitgesterf”.
'n Groep vrywilligers wat hulle vir die beskerming van bedreigde
spesies beywer, het egter verlede Sondag geskiedenis gemaak
toe hulle dié plant herontdek het.
“Ons het spesifiek gegaan om na die plant te soek,” het Gigi
Laidler, 'n lid van die Custodians of Rare and Endangered
Wildflowers (Crew), gesê.
“Ons het laag teen Leeukop aan Kampsbaai se kant gesoek
toe ek die blom gewaar.”
Volgens Laidler is hul taak bemoeilik deur die feit dat daar geen
foto’s van die plant beskikbaar was nie.
“Ons het slegs beskrywings en sketse gehad om op staat te
maak. Ons het eintlik gestop om na 'n ander blom te kyk toe ek
besef dat die plantjie langsaan baie soos die beskrywings lyk.”
Laidler het toe 'n voorbeeld van die plant na 'n botanis geneem,
wat bevestig het dat dit wel die Kaap se granietvlas is.
Die plantjie groei slegs sowat 8 cm hoog en het roomkleurige
blomme.
“Ons vermoed dat die plant nou sigbaar is omdat die brande
van vroeër vanjaar groter plante wat dit weggesteek het,
vernietig het,” het Laidler gesê.
“Die Kaapse granietvlas kom slegs op Leeukop voor en hoewel
ons min van die spesie weet, weet ons nou beter waarna om te
soek. Dit sal dus interessant wees om te sien waar ons dit nog
kan kry.”
Stappe sal nou gedoen word om seker te maak dat die sowat
20 plantjies wat Crew gevind het, beskerm word en hul status
by die IUCN aangepas word.
Back to top
36. Wat het dan van dié kinders se pa’s geword?
(Die Burger, 8 September 2015)
Te veel Suid-Afrikaanse kinders word in 'n vaderlose omgewing
groot.
Dit word deur die jongste geboortesyfers bevestig:
Verlede jaar is meer as 886 202 babas gebore. Van hulle
bevat 'n ontstellende 61% se geboorte-registrasie geen
besonderhede van die pa nie.
Die gemiddelde ouderdom van ma’s was verlede jaar 27.
Van dié ma’s het net 34% matriek geslaag en was tot 50%
werkloos.
Dié droewige prentjie laat dié babas se toekoms net so droewig
lyk. Hulle word nie net in grootliks wanfunksionele gesinne
groot nie, maar ook bes moontlik in uiterste armoede.
Wat het van die pa’s geword? Wat het gebeur dat soveel
duisende mans kinders verwek van wie hulle dalk nooit weet
nie en/of vir wie hulle niks omgee nie en die
verantwoordelikheid vir dié kinders se toekoms aan die ma
oorlaat?
Dié omstandighede plaas groot druk op die primêre versorger –
gewoonlik die ma of 'n ouma – veral weens uitdagings soos die
ekonomie, werkloosheid en 'n gebrek aan hulpbronne.
As 'n ma geen hulpbronne het om haar kind groot te maak nie,
haar elke dag moet kwel oor waar die kos vandaan gaan kom,
alleen verantwoordelik is vir haar kind se versorging en geen
ondersteuningstruktuur het nie, het sy bes moontlik ook nie die
energie, kennis of wil om haar kind na behore te stimuleer en 'n
gesonde verhouding met hom of haar te bou nie.
As 'n ma nie vir haarself 'n toekoms kan visualiseer nie, hoe sal
sy dit vir haar kind doen? Die kind word sonder die regte
rolmodelle groot, sonder gesonde gesinsverhoudinge in 'n
wrede wêreld waar te veel van baie jongs af vir hulself moet
veg – bloot om oorlewing, hetsy liggaamlik of emosioneel.
Omdat dié kinders niks anders ken nie, sit hulle die bose
kringloop as volwassenes voort – met die noodwendige
maatskaplike probleme wat in 'n toenemend wanfunksionele
samelewing wéér 'n rimpeleffek in die volgende geslag het.
Back to top
37. Moederstad se erfenis kry nuwe tuiste
(Die Burger, 2 September 2015)
Meryl Davidson
KAAPSTAD. – Die “koningin van Adderleystraat”, oftewel die
Ou Standard Bank-gebou, gaan binnekort die nuwe tuiste van
die Moederstad se erfenis wees.
Die Wes-Kaapse departemente van kultuursake en sport,
asook van vervoer en openbare werke, het gister die nuwe
Kaapstad-museum – 'n eerste in sy soort – bekend gestel. Dit
sal in die ou Standard Bank-gebou in Adderleystraat ingerig
word.
Volgens Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursake
en sport, is dit die eerste keer sedert 1988 dat 'n splinternuwe
museum deur die Wes-Kaapse regering ingerig word.
“Die oprigting van die Kaapstad-museum is betekenisvol,” het
sy gister gesê. “Hoewel daar meer as 60 bestaande museums
in die Kaapse metropool is, is daar nie een enkele museum wat
'n oorsig van die erfenis van die Moederstad bied nie.”
Marais het gesê dit is daarom gepas dat die “koningin van
Adderleystraat” die nuwe tuiste van Kaapstad se erfenis sal
wees.
“Dit is ons mandaat om die diverse erfenis van die provinsie te
bewaar, te ontwikkel en te bevorder,” het sy gesê. “Die
bekendstelling van hierdie museum is een van die maniere
waarop hierdie mandaat vervul word.”
Die idee om die museum in te rig, spruit uit die behoefte aan 'n
oorsig van die geskiedenis van die Moederstad wat aan
besoekers gebied kan word.
Met die bekendstelling aan die begin van Erfenismaand is die
museum daarop gerig om die diverse erfenis van die mense
van Kaapstad te weerspieël.
Dit is die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport,
tesame met die provinsiale departement van vervoer en
openbare werke, se hoofdoel om dié museum aan die voet van
Afrika iets besonders te maak.
Die museum sal permanente uitstallings bevat oor die
geskiedenis en ontwikkeling van Kaapstad, asook 'n galery met
historiese foto’s en artefakte.
“Museums is instellings wat die verlede bewaar en
kommunikeer, maar tog lê hul fondamente in die hede,” het
Marais gesê. “Dit dien as 'n historiese 'nuusuitsending’ tussen
geslagte omdat dit aan huidige en toekomstige geslagte insig
bied oor hul oorsprong en geskiedenis.”
Besoekers aan die museum en die publiek word aangemoedig
om voor te stel wat hulle in die museum wil sien.
Daar word gehoop dat die museum aanstaande jaar, of vroeg
in 2017, vir die publiek oop sal wees.
Back to top
38. Groot bakke roomys laat mark koud
(Die Burger, 2 September 2015)
Reuters
JOHANESSBURG. – Veranderende smake en
verspreidingsprobleme in ontluikende markte maak die
roomysbedryf, wat lank oorheers is deur internasionale
voedselmaatskappye soos Unilever en Nestlé, oop vir
mededinging.
Hoewel klassieke vanielje, sjokolade en aarbei die wêreld se
gewildste roomysgeure bly, beweeg gesondheidsbewuste
verbruikers weg van die groot roomysbakke van die verlede na
kleiner happies.
En eerder as gewilde hoofstroomprodukte, verkies hulle
toenemend nis- of bomarkhandelsname met ongewone of
gesonder bestanddele.
“Mense wil óf onverwerkte roomys hê met gesondheids-
voordele óf mense dink: As ek wel roomys gaan eet, moet dit
die beste gehalte wees,” sê Alex Beckett, 'n voedsel- en drank-
ontleder van Mintel.
Dit is 'n uitdaging vir Unilever en Nestlé, wat saam sowat 'n
derde van die internasionale mark vir roomys beheer. Mintel
verwag dat dié mark van $67 miljard in 2014 tot $71 miljard in
2015 gaan groei.
Hulle het gereageer met verskeie strategieë, soos om
beginnerondernemings te koop, nuwe produkte bekend te stel
en nuwe markte te betree, maar die mededinging van kleiner
roomysmakers raak net groter.
Die uitbreiding na ontluikende lande – 'n groot bron van groei
vir ander verbruikersgoedere – is moeilik, deels weens die
koste en kompleksiteit om bevrore goedere te versprei in groot
lande met onbetroubare elektrisiteit. Die verkoop van roomys in
groot houers het lae marges, en pryse in die markte soos die
VSA kom onder toenemende druk van supermarkte se eie
handelsname.
Nestlé het reeds van sy roomysbedrywighede vir die
massamark verkoop en daar is bespiegeling dat hy meer van
die bedrywighede – wat sowat $4 miljard van sy $95 miljard in
jaarlikse inkomste bydra – gaan verkoop.
Wat ontleders wel weet, is dat Nestlé nie sommer enige nuwe
handelsname by sy roomys sal voeg nie. Nestlé beskou
homself toenemend as 'n maatskappy wat fokus op
gesondheid.
Back to top
39. Statebondspele kom na Durban
(Die Burger, 2 September 2015)
KAAPSTAD. – Durban sal na verwagting kort voor 07:00
vanoggend as die gasheer van die Statebondspele in 2022
aangewys word.
In die 85-jarige bestaan van dié sportskouspel het geen
Afrikaland dit al aangebied nie.
Die Statebondspelefederasie het die afgelope paar dae in
Auckland, Nieu-Seeland, sy algemene jaarvergadering gehou
waartydens 'n besluit oor die Spele van 2022 geneem is.
Edmonton en Durban was die enigste stede wat gebie het,
maar die Kanadese stad het hom aan die wedloop onttrek ná
die olieprys dramaties geval het.
Back to top
40. Navorsers hoop griep se dae is binnekort getel
(Die Burger, 2 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD. – Griep, wat jaarliks derduisende lewens eis, kan
in die toekoms iets van die verlede wees indien 'n universele
entstof ontwikkel kan word.
Die eerste stap is reeds gedoen nadat 'n eksperimentele
entstof suksesvol op muise en frette getoets is.
Elke jaar word 'n nuwe seisoenale griepentstof gemaak. Dit
stimuleer die vervaardiging van teenliggaampies wat die virus
se “kop”, die hemagglutinien-gliko-proteien (HA), teiken. Maar
dit muteer maklik en die virusse verander deurentyd.
Volgens die nuwe navorsing wat in Nature Medicine
gepubliseer is, is die ideaal om 'n entstof te ontwerp wat 'n
ander deel van die virus teiken, soos die steel, omdat dit nie so
maklik muteer nie.
Indien so 'n entstof ontwikkel kan word, sal 'n mens nie net teen
die heersende seisoenale griep beskerm kan wees nie, maar
ook teen toekomstige stamme en gedeeltelik teen pandemiese
stamme.
Twee afsonderlike navorsings-groepe het daarin geslaag om
die steel suksesvol te teiken. Die volgende stap is om die
entstof op mense te toets.
Back to top
41. TRUE STORY...
At the prodding of my friends I am writing this story. My name is
Mildred Honor.
I am a former elementary school Music Teacher from Des
Moines, Iowa.
I have always supplemented my income by teaching piano
lessons...
Something I have done for over 30 years.
During those years I found that children have many levels of
musical ability, and even though I have never had the prodigy, I
have taught some very talented students.
However, I have also had my share of what I call 'musically
challenged’ pupils.
One such pupil being Robby. Robby was 11 years old when his
mother (a single mom) dropped him off for his first piano
lesson.
I prefer that students (especially boys) begin at an earlier age,
which I explained to Robby. But Robby said that it had always
been his Mother's dream to hear him play the Piano, so I took
him as a student.
At the end of each weekly lesson he would always say 'My
Mom's going to hear me play someday'. But to me, it seemed
hopeless, he just did not have any inborn ability. I only knew his
mother from a distance as she dropped Robby off or waited in
her aged car to pick him up. She always waved and smiled, but
never dropped in.
Then one day Robby stopped coming for his Lessons. I thought
about calling him, but assumed that because of his lack of
ability he had decided to pursue something else. I was also
glad that he had stopped coming. He was a bad advertisement
for my teaching!
Several Weeks later I mailed a flyer recital to the students'
homes. To my surprise, Robby (who had received a flyer)
asked if he could be in the recital. I told him that the recital was
for current pupils and that because he had dropped
out, he really did not qualify.
He told me that his Mother had been sick and unable to take
him to his piano lessons, but that he had been practicing.
'Please Miss Honor, I've just got to play' he insisted.
I don't know what led me to allow him to play in the recital –
perhaps it was his insistence or maybe something inside of me
saying that it would be all right.
The night of the Recital came and the high school gymnasium
was packed with parents, relatives and friends. I put Robby last
in the Program, just before I was to come up and thank all the
Students and Play a finishing piece. I thought that any damage
he might do would come at the end of the program and I could
always salvage his poor performance through my ‘curtain
closer.’
Well, the Recital went off without a Hitch, the Students had
been practicing and it showed. Then Robby came up on the
stage. His Clothes were wrinkled and his hair looked as though
he had run an egg beater through it. 'Why wasn't he dressed up
like the other Students?'
I thought. 'Why didn't his Mother at least make him Comb his
Hair for this Special Night?'
Robby pulled out the Piano bench, and I was Surprised when
he announced that he had chosen to play Mozart's Concerto
No.21 in C Major. I was not prepared for what I heard next. His
fingers were light on the keys, they even danced nimbly on the
Ivories. He went from Pianissimo to Fortissimo, from Allegro to
Virtuoso; his Suspended Chords that Mozart demands were
Magnificent! Never had I heard Mozart played so well by
anyone his age. After six and a half minutes he ended in a
Grand Crescendo, and everyone was on their feet in Wild
Applause!
Overcome and in Tears, I ran up on stage and put my arms
around Robby in Joy. 'I have never heard you play like that
Robby, how did you do it?' through the microphone Robby
explained: 'Well, Miss Honor, Remember I told you that my
Mom was sick? Well, she actually had Cancer and Passed
Away this Morning.
And well... she was Born Deaf, so tonight was the first time she
had ever heard me Play, and I wanted to make it Special.'
There wasn’t a Dry Eye in the house that evening. As People
from Social Services led Robby from the stage to be placed in
to Foster Care, I noticed that even their eyes were red and
Puffy. I thought to myself then how much Richer my Life had
been for taking Robby as my Pupil.
No, I have never had a Prodigy, but that night I became a
Prodigy... of Robby.
He was the Teacher and I was the Pupil, for he had taught me
the meaning of Perseverance and Love and Believing in
Yourself, and may be even taking a chance on someone and
you didn't know why.
Robby was Killed years later in the Senseless Bombing of the
Alfred P. Murray Federal Building in Oklahoma City in April,
1995.
So many seemingly Trivial Interactions between two People
present us with a choice. Do we Act with Compassion or do we
pass up that Opportunity.
If God didn't have a Purpose for us, we wouldn't be here!
Live Simply.
Love Generously.
Care Deeply.
Speak Kindly.
Leave The Rest To God.
Back to top
42. Handsak? Nee, wat is in jou paneelkissie?
(Die Burger, 1 September 2015)
Keina Swart
Goed, die manne het hiervoor gevra. Jare lank het hulle dit oor
vroue se handsakke. Ons word beskinder en bespot oor alles
wat ons kastig so onnodig saampiekel. Oë rol oor die verband
tussen wat in 'n vrou se handsak en haar kop aangaan. Hoe
deurmekaarder die een, hoe deurmekaarder die ander, word
subtiel geskimp. Wat my toe laat wonder oor die toestand van
die gemiddelde man se paneelkissie. Stofhokkie is 'n mooi
woord, het ek agtergekom. Pandora se boks nog beter.
En raai? Hulle is glad nie so netjies nie.
Die absolute gemene deler blyk 'n rol toiletpapier te wees. My
eerste slagoffer weier vyf keer agtereenvolgens volstrek dat ek
in sy paneelkissie kyk – hy word by tye sommer erg humeurig.
Toe hy uiteindelik toegee, het hy 'n skare nuuskieriges op die
sypaadjie gelok, want met dié houding vermoed 'n mens hy
versteek bewyse van vurige liefdesverhoudings of moordsake.
Agterna erken hy verleë dat hy die uitpakkery nie wou toelaat
nie, want: “Hoe gaan ek nou alles terugkry?”
Inderdaad. Kyk wat ek alles uitkrap (en bygesê, dit is 'n klein
paneelkissie – omtrent so groot soos 'n klein piesangbroodjie):
'n Rol toiletpapier, 'n pakkie Grand-pa, die notule van 'n
vergadering van maande gelede, 'n padkaart wat hy vir sy vrou
geteken het om in Johannesburg te kom, onoopgemaakte pos,
rekeninge van tot twee jaar gelede en kwotasies vir werk wat
hy drie maande gelede gelewer het. Daar is 'n sleutelhouer
(sonder sleutel) van 'n insleep-onderneming. Hy reken dit gaan
oor die nommer – “vir 'n noodgeval”. Daar is ook 'n telefoon-
nommer maar hy “weet nie meer wie s'n nie”, petrolstrokies, 'n
CD sonder houer of titel, 'n visitekaartjie van 'n troeteldierwinkel
(“ek weet nie wat de dinges maak dit hier nie”), 'n sakdoek,
vuurhoutjies, 'n haarrekkie (hy sê dis sy dogter s'n), ou Telkom-
rekeninge, twee advertensieblaadjies, sy voertuig se boekie, 'n
leë sigaretdosie met 'n “baie belangrike nommer” op, penne en
twee haarknippies (ook sy dogter s'n, sê hy).
In nog 'n ou se panneelkissie kry ek: twee deurhandvatsels,
penne, 'n pak koöperasie-strokies, 'n knipmes, 'n dosie met
“windskerm-medisyne”, 'n leë brilhouer, motorverf, 'n Willard-
battery-strokie, 'n Firestone-skokbrekerstrokie, petrolstrokies, 'n
hele klomp los sleutels, 'n Pink Floyd-CD, 'n skroewedraaier en
'n skroef.
Ook 'n boer wys my sy stofhokkie. Behalwe die gewone
boekies en dinge is daar . . . 'n rol toiletpapier, 'n pakkie Prestik,
'n flits, pepermente, 'n botteltjie Bioplus en 'n botteltjie Rescue
Remedy (hy sê dis vir wanneer hy Eskom, bank of stad toe
moet gaan).
“Wys my jou paneelkissie, dan wys ek jou my handsak,” vra ek
my laaste kandidaat – 'n normaalweg besadigde heer. “Man,
nee!” vererg hy hom en keer my met albei hande van sy
voertuig weg. “Los my goed!”
Back to top
43. Nuwe leerplan vir tegniese skole
(Die Burger, 1 September 2015)
Anika Marais
PORT ELIZABETH. – Tegniese skole maak gereed om
volgende jaar 'n nuwe kurrikulum aan te bied.
“Die departement van basiese onderwys het uiteindelik besef
hoe ongelooflik belangrik tegniese opleiding in skole is. Suid-
Afrianers het tans Zimbabwiërs wat ons TV-stelle kom regmaak
en aan ons voertuie werk omdat ons eie land se kinders dit nie
kan doen nie,” het Wimpie Lodewyk, nasionale sekretaris van
die Nasionale Vereniging van Tegniese Skole (NAST), gister
gesê.
Hoofde van tegniese skole dwarsoor die land het hom
gistermiddag by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se
simposium met vrae oor die nuwe kurrikulum gepeper.
Die nuwe kurrikulum sal van 2016 af vir gr.10-leerders
aangebied word, waarna die eerste groep in 2018 oor die nuwe
kurrikulum die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat sal
aflê.
Die huidige kurrikulum bied tans net vier tegniese vakke aan,
naamlik siviele, elektroniese en meganiese tegnologie, asook
ingenieursgrafika-en-ontwerp (IGO). Die nuwe kurrikulum sal
egter voortaan altesaam nege vakke binne drie tegniese
dissiplines bied. As die leerder elektroniese tegnologie kies,
kan hy/sy uit die volgende vakke kies: elektronika, elektriese
werk en digitale dienste. So kan 'n leerder ook binne siviele
tegnologie tussen siviele dienste, konstruksie en houtwerk kies.
As die leerder meganiese tegnologie as fokusgebied kies, kan
hy/sy kies tussen sweis- en metaalwerk, werktuigkunde en pas-
en-draaiwerk.
Leerders wat een van dié dissiplines kies, sal ook die
geleentheid hê om die nuwe vakke tegniese wiskunde en
tegniese wetenskap te neem.
“Tegniese wiskunde en wetenskap is soos die ou
standaardgraad-wiskunde en -wetenskap. Dis minder werk en
dit lê tussen wiskunde en wiskundige geletterdheid,” het
Lodewyk verduidelik. “Tegniese wetenskap het ook 'n groter
praktiese komponent wat meer punte tel.”
Wiskundige geletterdheid sal ook nie meer in die tegniese
stroom toegelaat word nie en IGO sal voortaan verpligtend
wees vir alle leerders binne die tegniese stroom.
'n Leerder binne die tegniese stroom se vakkeuses sal dus die
volgende kan insluit: Afrikaans, Engels, lewensoriëntering,
tegniese wiskunde, tegniese wetenskap, IGO en siviele
tegnologie (met houtwerk as fokusgebied).
Skole wat dié kurrikulum wil volg, moet teen 30 September by
hul provinsiale onderwysdepartmente aansoek doen.
Handboeke vir die nuwe vakke sal gratis aan die skole gegee
word.
Back to top
44. Woordeboek is ingrypend hersien
6 DE UITGAWE VAN ‘HAT’ OP RAKKE
Bestaan vanjaar 50 jaar en nou aanlyn beskikbaar
(Die Burger, 1 September 2015)
Willem de Vries
KAAPSTAD – Vir die eerste keer tot nog toe het twee
woordeboekredakteurs heeltyds aan die Handwoordeboek van
die Afrikaanse Taal gewerk. Dit het 'n “ingrypende hersiening
van die woordeboek” tot gevolg gehad. Die HAT bestaan
vanjaar 50 jaar.
Jana Luther en Fred Pheiffer is bygestaan deur prof. Rufus
Gouws, wat ook, saam met prof. Francois Odendal, aan die
vierde en vyfde uitgawe gewerk het. Die sesde uitgawe is nou
op die rakke.
“Pearson, die uitgewer, het ons sewe jaar vir die werk aan die
sesde uitgawe gegun, wat ons in staat gestel het om – saam
met 'n handjievol medewerkers – 'n ingrypende hersiening van
die hele woordeboek aan te pak,” het Luther gesê.
En vir die eerste keer is die HAT nou ook aanlyn, waar hulle dit
intyds kan bywerk, sê sy.
Tussen die eerste uitgawe en die pas uitgereikte sesde uitgawe
het die totale woordtelling bykans verdriedubbel tot 2,1 miljoen
woorde.
Altesame 3 000 ouer woorde en uitdrukkings is uit die papier-
weergawe weggelaat (maar is aanlyn behou). Sou ouer woorde
egter die plek van neologismes kon inneem? “Ons kom dikwels
woorde teë wat in die vergetelheid verdwyn het, mooi woorde
wat ons wens ons kon afstof om weer te gebruik,” sê Luther.
“Maar dit is nie ons taak en opdrag nie. In 'n standaard- sin-
chroniese woordeboek soos die HAT moet ons na ons beste
vermoë die standaardvariëteit van Afrikaans weerspieël soos
wat dit vandag deur werklike gebruikers van die taal gebruik
word. “In die verlede is dikwels melding gemaak van
kunsmatige sensuur wat woordeboeke toepas, veral sover dit
Engelse beïnvloeding betref, terwyl daar in taalkundekringe al
van die 1980’s af gevra word dat woordeboeke gebruiks-
realiteite beter moet weerspieël en onnodige sensuur moet
verslap.
“So, ja, in HAT 6 sal jy naas woorde soos vleiskoekie, gladde-
jantjie, voupakkie en toep ook woorde soos pattie, smoothie,
wrap en app vind.
“'n Ander belangrike aspek is dat ons hoop dat HAT 6 ook die
groter gesindheid van verdraagsaamheid weerspieël wat in die
breë gemeenskap teenoor mense posgevat het. Dat die HAT,
net soos die media al lank, beter daarin slaag om negatiewe
stereotipering te vermy. Die nuwe HAT is minder eksklusief,
etnosentries, seksisties . . . Meer inklusief, geslagsneutraal,
gender- vriendelik, ekovriendelik...”
Die opname van 'n woord in die HAT kan die frekwensie
daarvan beïnvloed. Watter onus plaas dit op
woordeboekmakers?
Pheiffer verduidelik: “As 'n nuwe woord of uitdrukking in 'n
woordeboek opgeneem word, verleen dit bepaald
aanvaarbaarheid, selfs status, aan só 'n woord of uitdrukking.
Maar nie noodwendig nie. 'n Disjunk tussen taalgebruik in die
gemeenskap en die stand van daardie gemeenskap se taal
soos dit in woordeboeke weerspieël word, is dus nie ongewoon
nie.
“Woordeboeke het ook nie deesdae noodwendig dieselfde
voorskriftelike status as wat hulle voorheen gehad het nie.
Taal het dikwels 'n eie wil en spontaneïteit wat
woordeboekmakers nie sommer kan verontagsaam nie.
In hoe 'n mate weerspieël dié HAT die groter Afrikaanse
gemeenskap? Daar is veral een variëteit van Afrikaans wat in
die nuwe uitgawe van die HAT veel groter aandag as voorheen
gekry het, sê Pheiffer. “Dit is die oudste en mees gevestigde
variëteit van Afrikaans, dié een wat die grootste van die
sogenaamde standaardvorm van Afrikaans verskil, en wat die
grootste aanspraak daarop kan maak dat dit inderdaad 'n
variëteit van Afrikaans is. Ons praat hier van Kaapse
vernakulêre Afrikaans.
“Prof. Frank Hendriks en sy kollegas by die Universiteit van
Wes-Kaapland, Anastasia de Vries in die besonder, het 'n baie
belangrike bydrae daartoe gelewer dat die HAT vir die eerste
keer 'n stewige lys eg Kaapse woorde en uitdrukkings bevat.
Binne die Kaapse Afrikaanse taalgemeenskap neem die
Mosliemgemeenskap 'n besonderse posisie in, en verskeie
Arabiese geloofswoorde en Maleise Kulinêre terme het hulle in
die Afrikaans van hierdie gemeenskap tuisgemaak.”
Back to top
45 ‘Wonderwerkboom’ nie altyd veilig nie
(Die Burger, 1 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD – ‘n Plant wat wyd as “die redder van die armes”
en ‘n “wonderwerkboom” beskryf word, kan toksies wees indien
dit saam met voorskrifmedikasie geneem word.
Die plant, Moringa oleifera, met sy kenmerkende lang peule, is
gewild onder tradisionele genesers en as ‘n voedingsaanvuller.
Dit word geprys omdat dit glo ryk aan proteïene, yster, kalsium
en vitamien C is. Dit staan ook bekend as “die boom van die
lewe”.
Dr. Charles Aworte, ‘n navorser in kliniese farmakologie aan die
Universiteit Stellenbosch, het gesê tot 80% van alle mense met
MlV/vigs gebruik in ’n stadium tradisionele medikasie.
Dié betrokke plant word vir tot 300 toestande voorgeskryf – van
kanker, MIV/vigs, asma en artritis tot hoë cholesterol en hoë
bloedsuiker. Dit word ook gebruik om swangerskap te voorkom.
“Maar nie een van dié word deur goeie wetenskaplike bewyse
gesteun nie.”
Dit is bekend dat kruieprodukte kan inmeng met konvensionele
medikasie. Dit kan óf die effektiwiteit aantas óf dit toksies
maak.
Aworte se navorsing, wat twee jaar geduur het, het getoon dat
Moringa oleifera veroorsaak dat antiretrovirale middels,
kardiovaskulêre en middels wat vir angs en malaria voorgeskryf
word, afgebreek en toksies word.
Nog ‘n voorbeeld van kruie wat met konvensionele medikasie
bots, is St. John’s Wort. Indien dít saam met
voorbehoedmiddels gebruik word, werk die pil nie meer nie. Dit
is ook gevaarlik om dit saam met antidepressante te neem.
“Die gebruik van kruiemiddels is aan die toeneem dwarsoor die
wêreld en baie mense dink omdat die produkte kruie, of
natuurlik is, is dit heeltemal veilig om te gebruik. Dit is nie waar
nie,” het hy gesê. Hy stel voor dat mense Moringa glad nie
saam met konvensionele medikasie gebruik nie.
Back to top
46. Spanjaarde sal loko’s versien
(Die Burger, 1 September 2015)
Leanne George
PRETORIA. – Die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika
(Prasa) gaan Spaanse kundiges laat kom om sy Afro 4000-
diesellokomotiewe te versien.
Prasa wou dié peperduur lokomotiewe, wat vir R600 miljoen in
Spanje gekoop is, ten volle teen einde Augustus in gebruik
neem, maar minstens ses is buite werking.
Nóg ‘n lokomotief het in die Kimberley-werf ontspoor kort nadát
‘n passasierstrein wat deur een van dié lokomotiewe getrek is
verlede maand in die Noord-Kaap ontspoor het terwyl dit
passasierswaens gesleep het.
Prasa het nie die spoorwegowerheid se toestemming om
passasiers wat vir hul ritte betaal met die Afro 4000 te sleep
nie, maar dit word skynbaar reeds gereeld op stampvol
betaalde ritte ingespan.
Voorts is twee van die lokomotiewe buite werking weens
meganiese probleme en nóg twee kort dringend standaard-
instanshoudingswerk omdat hulle 12 000 km elk afgelê het.
Eersgenoemde twee het glo lekplekke in hul kompressorseëls.
Sipho Sithole, Prasa se strategie-groephoof, het by navraag
gesê dié probleem kan enige masjien oorkom.
“Die lokomotiewe het roterende komponente soos enige ander
masjien en daarom kry hulle die nodige aandag om die
geïdentifiseerde probleme op te los.”
Hy het verder gesê dit was van meet af aan deel van die
ooreenkoms met die Spaanse vervaardiger, Vossloh España,
om Spaanse tegnici na die land te bring om die versiening te
hanteer.
“Soos in die geval van enige nuwe voertuig word daar van die
vervaardiger verwag om die versiening tot by ‘n sekere perk te
hanteer.”
By navraag oor wat dit sal kos om Spanjaarde in te vlieg om die
lokomotiewe te versien, het Sithole gesê dié koste is “deel van
die kontrakpakket waarop ooreengekom is voor die projek van
stapel gestuur is”.
Slegs Spaanse tegnici sal die lokomotiewe kan versien omdat
die data op die lokomotiewe se aanboordrekenaars in Spaans
is.
Dié rekenaars word ook in standaard-instandhoudingswerk
ingespan om meganiese probleme uit te wys.
Dít het egter eers aan die lig gekom nadat ‘n Afro 4000
lokomotief verlede maand naby Modderrivier in die Noord-Kaap
ontspoor het. Die Sondagkoerant Rapport het berig die
Spoorwegveiligheidsreguleerder sukkel om dié voorval te
ondersoek omdat hy weens die kommunikasieprobleem nog
nie die data van die lokomotief se dataopnemer kon ontleed
nie.
Die reguleerder was skynbaar ook in die duister oor die
“taalprobleem”.
Sithole het verlede week aan Die Burger gesê enige lokomotief
sou onder dieselfde omstandighede ontspoor het. Hy het die
skuld op die toestand van die spoorlyne gepak.
“Die betrokkenheid van die Afro 4000 was toevallig.”
Sithole het bevestig ‘n ander lokomotief het kort ná di
derriviervoorval in die berley-werf ontspoor. Niemand is beseer
nie.
Ook dié voorval is te wyte aan die toestand van die spoorlyn,
het hy gesê.
Back to top
47 ‘Hoe hoog moet SA vir China spring?’
(Die Burger, 1 September 2015)
Jan Gerber
KAAPSTAD. – Wanneer China sê “spring!”, vra Suid-Afrika “hoe hoog”.
Dit is David Maynier, DA-LP en woordvoerder oor finansies, se
indruk oor die betrekkinge tussen Suid-Afrika en China.
Maynier het onlangs aan al die ministers parlementêre vrae
gestuur om te bepaal hoeveel reise hulle en hul amptenare na
China onderneem het en hoeveel dit gekos het. Met slegs 23
van die antwoorde aan die 35 ministers reeds ontvang, blyk dit
die regering en staat het in 2014-‘15 reeds meer as R7 miljoen
aan reise na China bestee – met tien ministers, vier
adjunkministers en 115 staatsamptenare wat dié land besoek
het.
Twee van die ministers wat reeds geantwoord het, Tina
Joemat-Pettersson, minister van energie, en Mildred Oliphant,
minister van arbeid, het nie aangedui hoeveel hul reise die
belastingbetaler gekos het nie.
“Ek wil die invloed bepaal wat China op beleid, veral die
ekonomiese beleid, in Suid-Afrika het,” het Maynier gesê.
“Dit is veral belangrik gegewe die noue bande tussen die
Chinese Kommunistiese Party en die ANC. Ek sê gereeld, tong
in die kies, dat die beste boek oor Suid-Afrika Richard
McGregor se The Party: The Secret World of China’s
Communist Rulers is.
Dit is omdat 'n mens die indruk kry dat wanneer China sê
‘spring’, vra Suid-Afrika ‘hoe hoog”
Maynier het die SAL, wat glo nagenoeg R300 miljoen per jaar
op sy roete tussen Johannesburg en Beijing uitgee, as 'n
voorbeeld hiervan voorgehou.
Back to top
48. Trein vol vrugte op pad Kaap toe
(Die Burger, 1 September 2015)
Michelé O’Connor
KAAPSTAD. – Boere van die Witzenberg-omgewing sal
eersdaags hul produkte per spoor na die Moederstad kan
vervoer.
Die spoorlyn tussen Kaapstad en Ceres gaan weer in werking
gestel word, en syspore tussen Ceres en Wolseley en Prince
Alfred Hamlet gaan sake vir vrugteprodusente in dié gebied
verder vergemaklik.
Volgens James Vos, DA-LP en kiesafdelingshoof van dié
gebied, gaan daar eersdaags op Sondae ook 'n stoomtrein van
die Kaapstad-stasie af pretritte na Ceres en terug bied.
Die belangrikste is egter die vragspoorlyne in dié gebied wat
nou weer oop is. Die spoorlyne in die gebied is in die
negentigerjare deur Transnet gesluit omdat dit toe nie meer
lewensvatbaar of winsgewend was nie. Die prentjie het
intussen verander, het hy gister aan Die Burger gesê.
Vos het gesê die nuwe diens word gelewer deur die Ceres-
spoorwegmaatskappy, Transnet en die Witzenberg-
munisipaliteit. “Ek glo dié nuwe ontwikkeling sal ekonomiese
groei en werkskepping in die gebied bewerkstellig. Treine kan
'n groot hoeveelheid vrag – in dié geval vrugte – op een slag
vervoer wat op sy beurt die druk van die omgewing se paaie sal
verlig,” het hy bygevoeg.
Die diens gaan in Oktober met 'n paar toetsritte ingestel word.
Die stoomtrein vir toeriste sal later volg. Die Ceres-
spoorwegmaatskappy het die voorloper van die Bloutrein – die
destydse Union Limited – saam met drie stoomlokomotiewe
gekoop. Dié treine – met sewe waens wat tans herstel word –
sal gebruik word om toeriste Sondae na Ceres te vervoer, het
Vos verduidelik.
“Daar is reeds etlike jare onderhandel om dié diens weer in te
stel en nou is dié droom bewaarheid.”
Back to top
49. Bokke is nes broeke in die Boereoorlog
Blou Wille Maandag
op 'n Dinsdag
(Die Burger, 1 September 2015)
Liewe ouboet Tom, Nou ja, of ons nou met dié Bokspan
tevrede is of nie, is nie meer ter sake nie. Soós met ons
regering of skoonma, is dit nou deur dik en dun met hulle.
Dikker of dunner, oud of jonk, siek of gesond, dis ons span en
ons moet hulle ondersteun.
Ek was net baie senuagtig toe die span aangekondig is. Nie oor
wie gekies gaan word nie, maar dat die manne met hul nuwe
kispakke omtrent 15 trappe moes af nadat hul name afgelees
is. Met dié dat ons kaptein met klem-in-die-kaak sukkel en goed
'n derde van die span beseer is of was, kon ons met 'n struikel
of twee nóg 'n Springkrok of drie verloor het nog voordat die
eerste fluitjie geblaas het.
Dan sou die keurders verder moes lap. Soos Jan Celliers in die
Anglo-Boereoorlog geskryf het oor die arme burgers se
voddeklere: “Teen Oktober 1901 was ál die broeke wat mens in
die laer gesien het, gelap, en moes ons die gelapte lappe van
ons broeke met gelapte lappe lap.”
Oor Frans Steyn, wat tuis moet bly, voel ek baie beswaard.
Ouboet, ek sien al hoe ons in die Wêreldbekereindronde teen
Ierland twee punte agter is met 'n minuut speeltyd oor. Ons kry
dan 'n strafskop net duskant ons eie tientreëlyn en coach
Heymnukke laat weet per waterdraer: “Gee vir Fransie!” En dan
sis kaptein Kakebeen deur sy draadjies: “Maar Coachhh,
Franshie ish dan op die plaash by Bethlehem!”
Kan jy jou dit indink? Dit sal wees soos 'n grootwildjagter wat,
wanneer die leeu aangestorm kom, vir sy spoorsnyer sê om die
.375 aan te gee en dan te moet hoor dat hulle net die .22
ingepak het.
Dik Daan sê die een goeie ding is dat ons met al ons
beseerdes 'n lekker uitgeruste span gaan hê. En as ons nóg
beserings aan ons beseerde spelers moet kry, sal ons hulle
gelukkig kan vervang deur 'n hele span ander beseerdes tuis.
Van beserings gepraat: Dit lyk asof ons arme ekonomie taamlik
ernstig gekwes is terwyl my eie betalingsbalansposisie ook glad
nie gunstig lyk nie.
Die bankbestuurder sê lankal vir my die tekort op my lopende
rekening is nie lekker nie. Nou sal ek seker nog die regering
moet help om sy belastingteikens te haal.
My ou broer, jy moet weet as jou rand sommer sonder dat jy
oorsee gaan 43% minder werd is, is dit lelike tye. Die dag is
naby dat die eerste drie letters van ons alfabet, soos in die
Grieke s'n, IOU sal wees.
Maar ons hou maar moed en sê soos die ander ou
Boerekryger: “Ja, Neef, my vrou en kinders is almal in die
konsentrasiekamp, my huis is afgebrand, my ou veetjies het
van die droogte gevrek, en die sprinkane het al die
gesaaidetjies opgevreet, maar verder gaan dit baie goed,
dankie!”
Back to top
50. Nuwe voorsitter van US-studenteraad ‘kyk na karakter, nie kleur’
(Die Burger, 31 August 2015)
Marelize Barnard
KAAPSTAD. – Maties se nuwe studenteraadsvoorsitter, Axolile
Qina (24), weet daar wag 'n groot taak op hom om
transformasie op die kampus te bespoedig.
En hy en die nuwe studenteraad van die Universiteit
Stellenbosch (US) is reg daarvoor, het hy gesê.
Qina, 'n meestersgraadstudent in teologie, het gister gesê die
nuwe studenteraad van die US, wat Donderdag verkies is, werk
reeds aan 'n aksieplan vir die transformasieproses.
Maar totdat die nuutverkose studenteraad op 18 September
amptelik aangestel word, wil Qina, onder studente beter
bekend as Diamond, nie die planne vooruitloop nie.
Die onlangse gebeure op die kampus, soos die dokumentêr
Luister oor beweerde rassisme op die kampus, is vir die nuwe
studenteraad 'n uitdaging, “maar dis 'n geleentheid om die
proses van transformasie te bespoedig”, het Qina gesê.
Hy het bygevoeg dat hy nie namens elkeen van die duisende
US-studente kan praat nie, maar dat dit wel duidelik is dat 'n
mens jou nie kan blind hou en sê daar is nie voorvalle van
rassisme nie.
Qina, oorspronklik van Parktown in Johannesburg, is nie die
eerste swart SR-voorsitter van die US nie. Hy dink nie aan
mense in kleur nie en hou nie daarvan dat daar juis na hom as
swart SR-voorsitter verwys word nie.
“Dit hang af of 'n mens rasbewus is. Ek is eerstens 'n mens.
Die maatstaf waarmee ek mense meet, is op hul beginsels,
etiese waardes, integriteit en karakter,” het Qina gesê.
Hy dien reeds vir drie jaar in die manskoshuis Helderberg se
huiskomitee en is vanjaar die primarius.
Back to top
51. ‘Om beter te kan ruik (eet, speel én slaap), my honne’
(Die Burger, 17 September 2015)
Elsabé Brits
KAAPSTAD. – 'n Franse bulhond wat só asemnood gehad het
dat haar eienaar al raadop was, huppel nou op die strand rond
nadat 'n span dokters haar geopereer het.
Indie (11 maande) het obstruktiewe slaapapnee gehad en sy
kon glad nie saans slaap nie, tensy sy met haar kop agteroor
van die bed af gelê het. Sy het selfs gesukkel om te eet weens
'n obstruksie in haar neus.
Haar eienaar, Steffi Waidmann van Bantrybaai, vertel dat
verskeie veeartse gesê het hulle kan haar nie help nie, want
sulke operasies kon nog nie in Suid-Afrika gedoen word nie.
As laaste uitweg het sy dr. Reena Cotton van Vetpoint in
Seepunt genader, wat bekend is daarvoor dát hy haweloses
help wat met hul siek honde daar aankom.
Cotton het dadelik een van die voorste oor-neus-en-keel-
spesialiste in die land, prof. Darlene Lubbe van die Universiteit
van Kaapstad, gekontak. Lubbe is bekend daatvoor dat sy
mense se breingewasse deur hul neus verwyder.
Lubbe het maatskappye gekontak om instrumente te borg. Sy
het van endoskopiese lasersnykunde gebruik gemaak om Indie
se neusgate wyer te maak. Binne-in die neus het sy gesorg dat
meer lug deurvloei deur die obstruksie in die neus te krimp
(endoskopiese laserturbinektomie).
“Dit was absoluut ongelooflik om sien dat sy soos 'n normale
hond asemhaal en speel. Net om te dink dat almal
saamgespan het om 'n klein hondjie te help op 'n Vrydagaand
(4 September) wanneer almal af wil wees”, het sy gesê.
Waidman het gesê Indie is 'n ander hond – sy speel, eet,
hardloop rond en haal wonderlik asem, en dít in minder as twee
weke ná die operasie.
Back to top
52. Eindig al ons – vrot appels in Australië?
(Die Burger, 31 Augustus 2015)
Ivor Price
As daar nog iewers in Suid-Afrika 'n stukkie grond is wat nie vir
die oprigting van 'n inkopiesentrum, parkeergarage, Toskaanse
villas of laekostebehuising bestem is nie, moet ons dalk nog 'n
provinsie oorweeg.
Niks te fensie nie – en die regering kan dit noem nét wat hy wil,
mits dit 'n plek is waar al ons skandemakers en vernaamste
misdadigers (in vrede, as húlle sou wou) kan saamleef.
Kies gerus 'n heerser uit die bestaande regering om sy kabinet
dáár saam te stel.
Dalk moet ook padvarke en dwelmbase soontoe gepos word en
veral die rassistiese expats wat Doer Onder so oor ons sit en
gal braak. Toegegee, hulle sal gewis nie sonder 'n geweldige
bohaai terugkeer na 'n land waar Zuma regeer nie, maar ek
reken hulle behoort nie eintlik seggenskap in die saak te hê nie.
Mense in die uitvoerbedryf sal jou tog enige dag vertel hulle
voer nie slegte wyn of, sê nou maar, vrot grannysmiths na die
buiteland uit nie. Ek glo ons moet dit volgens daardie definisie
ook nie met mense doen nie. Of liewer, juis nié met mense nie.
Verál nie mense nie. Die skade wat hulle aan ons buitelandse
beeld aanrig, is immers erger as 'n slegte uitvoerproduk. Die
rasisiste hoort hiér, al is dit in 'n eie, nuwe provinsie ver weg
van die beskawing.
Dit is so dat baie goeie mense (sommige hoogs gekwalifiseerd)
Suid-Afrika verlaat het oor hulle nie hier werk kon kry nie of
eenvoudig hul horison wou verbreed, en daar is niks mee
verkeerd nie. Maar wanneer bitterheid jou begin dwing om
nasionale afgevaardigdes in 'n land ses tydsones van hier
verbaal te begin teister, is dit 'n ander storie.
Op 'n webwerf waarop die kwessie onlangs bespreek is, stel
iemand voor dat Suid-Afrikaanse expats wat hulle aan rassisme
skuldig maak, deur byvoorbeeld die Australiese regering uit die
land gesit moet word, sodat hulle hier vir hul dade
verantwoording kan doen. Dié voorstel maak vir my sin, want
dit is nie 'n geheim dat die Aussies tans genoeg eie
rasseprobleme het nie.
Interessant genoeg hoor ek nie van soortgelyke voorvalle in
Brittanje nie. Die Suid-Afrikaners daar gaan op die oog af
sonder te veel moeite met mense van verskillende agtergronde
om. Hulle vertel dat hulle meestal net tydelik daar werk en die
kans aangryp om mense van verskillende wêrelddele te leer
ken.
Is dit dus so dat die meeste vrot appels in Australië beland?
Terug by die nuwe provinsie: In my geestes-oog sien ek hoe
die nuwe provinsie so na moontlik aan die Zimbabwiese grens
lê en hoe mense (heel gelukkig, hopelik) met die minimum
infrastruktuur oorleef: op die meeste 'n treinspoor, sodat hulle
darem by mekaar kan uitkom; teerpaaie, sodat hulle nie almal
verongeluk nie; 'n hospitaal vir ernstige operasies. O ja, en 'n
kliniek vir gesinsbeplanning, want die skandemakers moet tog
nie meer word nie.
Back to top
53. Dekades van Leserkring
TOPVERKOPERS DEUR DIE JARE
Bring nuwe en debuutwerke onder lesers se aandag
(Die Burger, 31 Augustus 2015)
Willem de Vries
KAAPSTAD. – 'n Wenresep wat homself voortskryf.
Só kan Leserskring tot vandag toe beskryf word. Dit is in 1980
as die posbemarking van Afrikaanse boeke begin om lesers en
boeke makliker by mekaar uit te bring. Dit het vandag sowat
120 000 lede en benewens boeke, verskaf dit DVD’s, CD’s en
opvoedkundige speelgoed.
Van die lede wat hulle in die eerste bestaansjaar van
Leserskring daarby aangesluit het, ontvang steeds 300
kwartaalliks hul katalogus, volgens Lana Barnett, uitvoerende
hoof van Leserskring.
Hulle doen deesdae ook sake aanlyn en in verskeie formate.
Sy sê e-boek-verkope bestaan hoofsaaklik uit erotika,
godsdiens en ligte liefdesverhale. “Of die e-boek ooit die
gravitas gaan hê van 'n gedrukte boek, wonder 'n mens. Dit is
nog klein by ons, minder as 10%, maar dit groei beslis. Ons
help ons lede om die oorgang na die digitale era te maak.
Verlede week het een lid e-boeke van R8 000 gekoop.”
Om nuwe en veral debuutwerke onder lesers se aandag te
bring is 'n baie belangrike rol vir Leserskring, sê sy. “Hier dink
ek aan onlangse topverkopers soos Bloedvreemd deur Juliana
Coetzer en Valsrivier deur Dominique Botha. Kyk uit in die
nuwe katalogus vir 'n opwindende, opkomende skrywer soos
Debbie Loots se Split”
Die kwartaallikse katalogus “is die ideale plek” om nuwe
skrywers se werk bekend te stel, sê sy. “Dít is Leserskring se
belegging in nuwe skrywers.”
Daar was heelparty topverkopers deur die jare, maar wat
uitstaan, is Huisgenoot se Wenresepte, sê sy.
“In 1988 is in een enkele kwartaal 80 000 eksemplare van
Huisgenoot se Wenresepte 3 verkoop en in 1991 [die jaar wat
Barnett by Leserskring begin werk het], is 'n bestelling van
100 000 vir Wenresepte 4 geplaas.
“Teen daardie tyd het die boekklubs al meer as 'n half miljoen
eksemplare van die eerste drië Huisgenoot-resepteboeke
verkoop. Weliswaar 'n vroeë voorbeeld van crowd- sourcing in
Suid-Afrika. Daar was 'n tyd wat Leserskring 20 000 boeke oor
Langenhoven, Langenhoven in Kleur, kon verkoop en 30 000
eksemplare van Die Mooiste Afrikaanse Sprokies. En dié boeke
in volkleur is deur die reuse-ondersteuning van Leserskring
moontlik gemaak.
“Van die bekende Kringe in 'n Bos deur Dalene Matthee is ook
'n stewige 30 000 eksemplare verkoop. Dan het Tafelberg-
Uitgewers die Afrikaans/Engelse Tweetalige Woordeboek
spesiaal in twee bande vir die klubs uitgegee en die
aanvanklike bestelling was 50 000. Meer onlangs het 'n boek
soos Dis Ek, Anna deur Anchien Troskie meer as 15 000
eksemplare verkoop.” Die gewildste Afrikaanse skrywer oor die
jare, gemeet aan verkope, is stellig Ena Murray, sê sy. “Deur
die jare is 40 omnibusse met 3 verhale in elk, in verskillende
uitgawes gepubliseer. Dit is moeilik om presies te kan sê
hoeveel... maar dis baie!”
Benewens romanses is algemene fiksie, rillers, asook
kookboeke, godsdiens-, handwerkboeke en kinderboeke
steeds gewild. “Leserskring is een van die grootste verkopers
van handwerkboeke in Suid-Afrika en volkeur-handwerkboeke,
asook huis-en-tuin-titels bly pal onder die toptien elke kwartaal.
“Voor die ontstaan van die boekklubs is weinig handwerkboeke
in Afrikaans uitgegee, maar in antwoord op die behoefte van
klublede is handwerktitels in Afrikaans ontwikkel.
“Van Skeppende Naaldwerk is in 1990 meer as 50 000 boeke
verkoop.”
Leisure Hour, vandag Leisure Books, is die Engelse weergawe
van Leserskring. Dit is in 1982 begin.
“Die lede van Leserskring was nog altyd 'n meer homogene
groep as dié van Leisure Books, wat 'n veel wyer verspreiding
van lede uit verskillende kultuur- en taalgroepe het. Nelson
Mandela se The Long Walk to Freedom, toe dit aanvanklik
verskyn het, was 'n uitsondering hierop en het oornag 'n
blitsverkoper geword.”
Hoe vaar gewilde Afrikaanse boeke teenoor gewilde Engelse
titels?
“Ek dink dis veilig om te sê twee-derdes daarvan is Afrikaans,
hoewel verkope van die erotiese Fifty Shades of Grey ewe flink
deur Afrikaanse as Engelse lede gekoop is.”
Back to top
54. ‘Jou kat het jou nie eintlik nodig nie’
(Die Burger, 7 September 2015)
Anika Marais
KAAPSTAD. – Die waarheid maak seer, maar jou kat het jou
eintlik glad nie nodig nie.
Volgens 'n onlangse studie deur die Universiteit van Lincoln in
Engeland bind 'n kat nie emosioneel met sy eienaar nie, omdat
hulle die persoon eenvoudig nie nodig het om te oorleef nie.
Anders as 'n baba of 'n hond, kan 'n kat maklik sonder sy
eienaar klaarkom.
Twintig katte en hul eienaars is vir die eksperimente gebruik,
waarin navorsers katte in verskillende situasies verfilm het.
Die katte is aanvanklik in 'n kamer saam met hul eienaar en 'n
vreemdeling waargeneem, waarna hulle later alleen saam met
die vreemdeling waargeneem is.
Die katte blyk egter geen skeidingsangs te ervaar as hul
eienaar die kamer verlaat nie.
Die kat se gedrag verander ook nie as hulle alleen saam met 'n
vreemdeling in die kamer is nie.
“Hoewel sommige katte 'n bietjie gemiaau het as hul eienaar
weer in die kamer gekom het, is daar verder geen bewyse van
'n werklike band tussen 'n kat en sy eienaar nie,” verduidelik 'n
navorser, Daniel Mills, 'n professor in veeartsenykunde aan die
Universiteit van Lincoln se skool van lewenswetenskappe.
“As 'n hond se eienaar die kamer verlaat, sal 'n mens tipies
waarneem dat die hond by die deur wag en selfs blaf tot die
eienaar terugkom,” het Mills bygevoeg. “Ons het dit glad nie by
katte waargeneem nie.”
Die navorsers erken tog dat daar soms uitsonderings op die
reël kan wees. “Ons sê nie dat katte geen sosiale voorkeure
het nie, maar wel dat 'n kat nie bind met sy eienaar met die
primêre doel om te oorleef nie.”
Back to top
55. WINTERGROENTE-KASSEROL
Braai repies spek of hoender saam met die uie as jy 'n vleisigheidjie by dié kasserol wil voeg.
Genoeg vir 4 mense. Bereiding: 15 minute. Gaarmaaktyd: 15 minute
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
bietjie olie
30 ml (2 e) geroosterde matige kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
2 ml(1
2 t) borrie
80 ml (1
3 k) groente-aftreksel
300 g blomkool en broccoli, in kleiner blommetjies gebreek
125 g groenboontjies, grof opgesny
250 ml (1 k) ertjies
sout en peper na smaak
50 g amandelvlokkies, gerooster
1 Meng die ui en knoffei met 'n bietjie olie. Verhit 3 minute in
die mikrogolf.
2 Roer die speserye by. Voeg die aftreksel by en meng.
3 Voeg die groente by en geur met sout en peper.
4 Mikrogolf sowat 10 minute tot die groente net gaar en nog
krakerig is en nie te sag nie. Meng twee keer tydens die
gaarmaaktyd.
5 Sprinkel die amandelvlokkies oor. Sit net so voor of saam
met rys.
Back to top
56. ROMERIGE RYSPOEDING
Geroosterde amandels gee aan die nagereg ‘n besonderse smaak.
Genoeg vir 4 mense. Bereiding: 8 minute. Gaarmaaktyd: 18 minute
1L (4 k) volroommelk
1-2 groot kaneelstokke
gerasperde skil van 1 suurlemoen
knippie sout
125 g kortkorrelrys
100 g strooisuiker
30 g botter
hand vol gevlokte amandeis ekstra strooisuiker
1 Plaas alles behalwe die strooisuiker, botter en amandels in
'n mikrogolfvaste bak. Mikrbgolf 6 minute tot die mengsel
net kook. Roer elke 2 minute.
2 Mikrogolf verder tot die rys gaar en die mengsel dik en
romerig is, sowat 10 minute. Roer elke 2 minute.
3 Verwyder die kaneel, roer die 100 g suiker by en Saat net
kook, 1-2 minute.
4 Roer die botter by en skep in oondvaste bakkies. Laat in die
koelkas afkoel.
5 Sprinkel die amandels en ekstra strooisuiker ruimskoots oor
en karamelliseer met 'n blaasvlam of onder die
roosterelement van die oond,
WENK
Jy kan die amandels saam met suiker in 'n pan roerbraai tot die suiker gesmelt het.