16
DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU Word ingelig. Kom ons ontwikkel ons provinsie BETER TESAME.

DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU

Word ingelig. Kom ons ontwikkel ons provinsie

BETER TESAME.

Page 2: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

01

03

04

07

08

10

12

13

VOLHOUBARE HULPBRONBESTUUR.....................................................................

ONDERSTEUNING EN ONTWIKKELING VAN LANDBOUERS....................

LANDBOU-EKONOMIESE DIENSTE.........................................................................

VEEARTSENYKUNDIGE DIENSTE.............................................................................

NAVORSINGS- EN TEGNOLOGIE-ONTWIKKELINGSDIENSTE....................

GESTRUKTUREERDE LANDBOU ONDERRIG EN OPLEIDING.................

EKSTERNE MENSLIKE HULPBRONONTWIKKELINGSINISIATIEWE.........

LANDELIKE ONTWIKKELING.......................................................................................

Inhoud

Page 3: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

Volhoubare HulpbronbestuurDie doel van hierdie program is om volhoubare hulpbronbestuursoplossings en metodologieë te verskaf deur die voorsiening van landbou-ingenieurswese en LandCare, proaktiewe kommunikasie, fasilitering en implementering van projekte, asook tegnologie-oordrag aan kliënte en vennote.

Die program is ook verantwoordelik vir die implementering en bestuur van ramphulpskemas en om kommentaar op aansoeke vir onderverdeling en/of hersonering van landbougrond te voorsien.

Die program is verdeel in vier subprogramme:

• Ingenieursdienste

• LandCare

• Bestuur van Grondgebruik

• Ramprisikobestuur

INGENIEURSDIENSTEBesproeiingDie besproeiing-afdeling is verantwoordelik vir die verbetering van die effektiewe benutting van besproeiingswater. Die Fruitlook-projek gebruik satellietbeelde om die werklike gewaswatergebruik, enige watertekort, biomassa geproduseer en ses ander groei-parameters te bepaal. Hierdie inligting word aan boere verskaf om hulle te motiveer om op ‘n weeklikse basis hul waterdoeltreffendheid sowel as die produksie van gewasse te verhoog. Die diens verskaf ook die evaluering van besproeiingstelsels, beide die ontwerpe en in-veld evaluering, en tegnologie-oordrag met betrekking tot skedulering en die bedryf van stelsels. Die diens wat aan kleinboere verskaf word, sluit die evaluering van waterhulpbronne en die ontwerp van besproeiingstelsels in.

MeganisasieDie meganisasie-afdeling lewer ’n volle diens met betrekking tot die beplanning van meganisasie en die benutting van boerderyimplemente en -toerusting. Tegniese advies en ondersteuning word aan boere verleen wat wil omskakel van konvensionele na bewaringsboerderypraktyke.

Plaasstrukture’n Omvattende beplannings- en ontwerpdiens is beskikbaar vir dierebehuising- en hanterings-fasiliteite, asook die hantering van afval van hierdie fasiliteite en akkommodasie vir arbeiders. Planne vir waterreservoirs en plaaswerkerakkommodasie is ook beskikbaar. Bekostigbare diere-behuisingstrukture is ook ontwerp vir kleinboere.

Voedselverwerking en WaardetoevoegingTegniese advies word verskaf oor voedselverwerking en waardetoevoegingsfasiliteite van produkte wat op die plaas deur boere produseer word. Dit sluit die uitdroog, verkoeling, inmaak en ander waardetoevoegingsprosesse in.

GrondbewaringDie diens wat deur hierdie afdeling gelewer word, sluit die beplanning en ontwerp van ingewikkelde grondbewaring en erosiebeskermingstrukture in.

01

Page 4: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

LANDCAREDie bewaring van die natuurlike hulpbronne van die Wes-Kaap is noodsaaklik vir die landboubedryf en al die inwoners van die Wes-Kaap wat direk en indirek afhanklik is van hierdie hulpbronne.

Hier konsentreer die departement op die volgende gebiede om sy missie te verwesenlik en die natuurlike hulpbronne weer op te bou, in stand te hou en te verbeter deur die bevordering van doeltreffende bewaringspraktyke by al die grondgebruikers:

• Hulpbronbewaringsprojekte deur middel van plaasbeplanning, spesifisering van die ligging en ontwerp van beskerming, dreinering en veldbenuttingswerke.

• LandCare projekte wat fokus op die ontwikkeling van die natuurlike hulpbronne van voorheen benadeelde gemeenskappe.

• Pro-aktiewe hulpbronbewaringsprojekte wat pro-aktiewe maniere behels om die uitgebreide agteruitgang van natuurlike hulpbronne te voorkom, byvoorbeeld deur gebied-wye beplanning.

BESTUUR VAN GRONDGEBRUIKBeskerming van ons beperkte landbouhulpbronne is ’n prioriteit van die departement en hierdie sub-program bied kommentaar op alle aansoeke om onderverdeling en/of hersonering van landbougrond.

Onderverdeling en hersonering van landbougrond-evaluerings word gebaseer op beginsels van volhoubare landbou, naamlik sosiaal aanvaarbaar, ekonomies lewensvatbaar, ekologies haalbaar, redelike produksie en langtermyn volhoubaarheid. ’n Gesonde balans tussen hierdie beginsels is nodig wanneer ’n voorstel evalueer word.

RAMPRISIKOBESTUURHierdie subprogram bied ondersteuningsdienste aan kliënte ten opsigte van ramprisikobestuur in die landbou. Die dienste wat verskaf word, sluit in die voorkoming van risiko’s, versagting en herstel na natuurrampe.

02

Page 5: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

03

Ondersteuning en Ontwikkeling van Landbouers

Die Ondersteuning en Ontwikkelingsprogram van Landbouers (OOL) sluit die breë ontwikkelingsagenda van die Wes-Kaapse Departement van Landbou in. Dit beteken die ontwerp en implementering is hoofsaaklik vir die ondersteuning van swart boere in die Wes-Kaap. Dit sluit egter nie die kommersiële sektor uit nie.

Hierdie program beoog om voorsiening te maak vir die verlenging, ondersteuning en fasilitering van opleiding aan boere, met spesiale klem op die ontwikkeling van kleinboere, implementering van grondhervormingsprogramme en landbou-ontwikkelingsprojekte.

Die volgende dienste en ondersteuning word verskaf:

• Verseker ’n volhoubare steunmeganisme vir nuwe sowel as gevestigde boere (insluitend grondhervormingsbegunstigdes);

• Meet die impak van die intervensies soos deur die program gelewer;

• Bekom investering van die privaat sektor en kommoditeitsgroeperings;

• Verseker gehalte van diensstandaarde en advies aan boere, en verseker bystand aan munisipaliteite en ander regeringsdepartemente wat betref die implementering van voedseltuine vir gemeenskappe en huishoudings.

DIE STRATEGIESE DOELWITTE

Boerevestiging- en OntwikkelingOm volhoubare grond- en landbouhervormingsprojekte te ondersteun deur die voorsiening van beplanning en vestigingsteundienste.

Voorligting- en AdviesdiensteOm boere te ondersteun om produksie vir markte te verhoog deur die voorsiening van voorligting en adviesdienste, die fasilitering van opleiding vir kommersiële, kleinboere en bestaansboere, die koördinering van landelike landbouprojekte en die fasilitering van organisasie-ontwikkeling en kapasiteitsbou van boeregroepe.

VoedselsekerheidOm toegang tot bekostigbare en diverse voedsel te fasiliteer deur die koördinering en implementering van huishoudelike en gemeenskapsvoedselsekerheidsprojekte as deel van die Voedselsekerheidsbeleid.

CasidraOm die departement te ondersteun met projekimplementering en staatplaasbestuur.

Die departement spog ook met sy eie populêre publikasie “Agriprobe” - ’n kwartaallikse publikasie met interessante navorsingsartikels en ander onderwerpe. Die bekende Elsenburg Joernaal vorm deel van hierdie publikasie.

Page 6: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

04

Landbou-ekonomiese DiensteDie ekonomiese sekerheid van die Wes-Kaapse landbousektor is iets wat nie vanselfsprekend aanvaar kan word nie, maar wat gekoester en gekweek moet word. In die uiters mededingende globale omgewing wat gekenmerk word deur vinnig veranderende verbruikersvoorkeure en die markomgewing, bied die dienste van hierdie program ’n steun vir hierdie sekerheid. Die dienste word verskaf deur sy vier afdelings, naamlik Bemarking en Landboubesigheid, Produksie-ekonomie, Statistiek en Makro- en Hulpbronekonomie.

BEMARKING EN AGRIBESIGHEIDToegang tot markte en inligting, regverdige deelname, behoud en herposisionering in volhoubare markte is van die kritieke bekommernisse wat hierdie afdeling wil aanspreek. Die fokus is hoofsaaklik op die identifisering van geleenthede in die mark en risiko’s deur middel van navorsing, verpakking en verspreiding van sulke inligting deur toepaslike kanale. Terwyl die navorsing gefokus word op tradisionele markte, word daar ook navorsing gedoen vir nis- en gedifferensieerde produkte en nywerhede wat ontwikkel en benut moet word.

Fasilitering van marktoegang, bv. smee bande met kopers, voorsiening van nakomingsondersteuning en opleiding wat verband hou met die mark en marktoegang om te verseker dat geïdentifiseerde geleenthede op beide plaaslike en internasionale markte verseker word, is van die dienste wat verskaf word. Hierdie komponent het ook ten doel om die bedingingsmag van boere te verbeter, kundigheid te deel en kollektiewe hulpbronne doeltreffend te benut deur fasilitering van koöperatiewe ontwikkeling. Die afdeling bevorder ook agribesigheidsondersteuning deur waardetoevoeging, voorsiening van adviesdienste om geleenthede wat deur die AgriSEB-handves verskaf word, te ontsluit, fasilitering van vennootskappe en verkryging van befondsing vir verhoogde belegging in die sektor.

PRODUKSIE-EKONOMIEMet die verandering van die aard van mededingendheid van grond, arbeid en kapitaal tot inligting en kennis, word die wortel van globale landbou mededingendheid beliggaam in boerderystelsels en plaasbestuurspraktyke. Hierdie afdeling ondersoek en analiseer die relatiewe mededingendheid van plaaslike boerderystelsels en bestuurspraktyke met betrekking tot internasionale beste praktyke. Die resultate van hierdie aksies manifisteer in adviespakkette en is versprei oor die hele spektrum van kliënte. Daar word ook klem gelê op advies in finansiële rekordhouding, begroting, ontwikkeling van sakeplanne en evaluering, en fasilitering van befondsingsalternatiewe.

STATISTIEKOm tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie en betroubare data of statistiek krities belangrik. Dit volg dat dit nodig is om ‘n omvattende databasis te ontwikkel om sekere werklike tendense in die landbousektor te monitor. Die Statistiek-afdeling handhaaf verskeie databasisse wat wissel van ondernemingspryse tot prysbewegings, wildspesiepryse en pluri-aktiwiteit data en inligting en ander. Saamgestelde data is oor die algemeen beskikbaar vir kliënte. Die kliënt-data behoeftes speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van nuwe databasisse op aanvraag en dit word geïdentifiseer deur aangetekende versoeke (navraag-databasis) wat die afdeling ook in stand hou. Die data word ook ontleed en verpak vir verspreiding deur middel van verskeie platforms.

Page 7: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

05

MAKRO-EKONOMIE EN HULPBRONLEERTendense en data is nie genoeg om goeie besluite te waarborg nie, maar is nodig om die werklik belangrike veranderlikes te identifiseer en die impak van hierdie veranderlikes op die landbou-ekonomie van die Wes-Kaap te evalueer. Aangesien wiskundige en/of gerekenariseerde modelle ’n voorstelling van die werklikheid is, kan die werklikheid “verander” word onder gekontroleerde omstandighede ten einde die impak van ‘n spesifieke veranderlike te evalueer. Maar modelle is net ’n verteenwoordiging en vereenvoudiging van realiteit. Daar moet verskillende benaderings ten opsigte van die oplossing van ’n spesifieke probleem ontwikkel word. Die doel van hierdie afdeling is om die nodige sektor- en multisektorvlakmodelle te ontwikkel en te gebruik om die impak van verskeie plaaslike en internasionale omgewings en beleidsmaatreëls op die landbou en agribesigheid-sektor, insluitend die ekonomie van die provinsie, te evalueer. Daar word ook klem gelê op hulpbron-ekonomie-navorsing om volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne in die konteks van klimaatsverandering te bevorder (waardasie en bestuur van die natuurlike hulpbronne, hernubare hulpbronne as alternatiewe, waterhulpbron-toekenning en -bestuur, landbou en die omgewing ens.).

Page 8: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

06

Page 9: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

Veeartsenykundige DiensteDie program Veeartsenykundige Dienste is verantwoordelik vir die bestuur van dieresiektes, risiko’s en die veiligheid van voedsel van diere-oorsprong in ooreenstemming met nasionale en internasionale standaarde en konvensies. Die wetlike mandaat vir die uitvoering van hierdie funksies berus op die Dieresiekteswet, 1984 en die Vleisveiligheidswet, 2000. Die primêre fokus is op aktiewe en passiewe siektetoesig, siektebeheer en voorkomingsintervensies, die fasilitering van die uitvoer van diereprodukte en die lewering van ’n diagnostiese laboratoriumdiens.

DIEREGESONDHEIDDie algemene uitdaging vir die dieregesondheidskomponent van Veeartsenykundige Dienste is om die behoeftes van sy uitgebreide kliënte en die effektiewe bestuur van die risiko’s wat deur globalisering veroorsaak word vir die bekendstelling en verspreiding van dieresiektes en siektes wat deur voedsel oorgedra word ten volle te behandel.

Siektetoesig en die monitering van aktiwiteite word aangepas en daar word wegbeweeg van die handleiding en fisiese inspeksies om ’n meer geteikende en wetenskaplike benadering te ondersteun deur die effektiewe gebruik van vinnige en wetenskaplik verifieerbare tegnologieë en diagnostiese prosedures.

Hierdie komponent het die verantwoordelikheid om die Dieresiekteswet in die Wes-Kaap toe te pas. Amptelike veeartse en dieregesondheidstegnici wat gestasioneer is binne ag staatsveeartsenykundige-gebiede versprei binne die provinsie, verrig die funksies wat deur hierdie Wet vereis word.

Benewens bogenoemde regulatoriese verantwoordelikhede, is amptenare nou betrokke by die bediening van opkomende boere. Dit word vermag deur gereelde besoeke aan kleinhoewes om vee te inspekteer, hulp te verleen met die behandeling en inenting van diere, versameling van diagnostiese monsters en die verspreiding van inligting oor voorkomende en korrektiewe dieregesondheid.

VOEDSELVEILIGHEID EN UITVOEREDie afdelings vir voedselveiligheid en uitvoere is verantwoordelik vir die toepassing van die Vleisveiligheidswet. Staatsveeartse en vleisinspekteurs monitor en ouditeer die toepassing van higiëniese prosedures by abattoirs om voldoening aan die Vleisveiligheidswet te verseker. Higiëne bestuurspraktyke by abattoirs, vleis en suiwel uitvoerinstellings, die menslike hantering van diere wat vir slag beskikbaar gestel word, die stel van standaarde vir nuwe abattoirs en die gradering van bestaande fasiliteite, is belangrike funksies wat deur hierdie amptenare verrig word.

VEEARTSENYKUNDIGE LABORATORIUMSDie Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium (PVL) in Stellenbosch lewer ’n diagnostiese diens aan die program, die privaat veeartseny sektor, ander departemente, insluitend die Nasionale Departement van Gesondheid en die Departement van Natuurbewaring en besigheid wat met die landbousektor geassosieer word. ’n Diagnostiese diens word ook gelewer aan die suiwel-, bees-, skaap-, vark- en renperd bedrywe, sowel as die pluimvee-, volstruis- en akwakultuursektore. ’n Veeartsenykundige laboratorium is ook by die staatsveeartsenykundige kantoor in Beaufort-Wes opgerig.

07

Page 10: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

Navorsings- en Tegnologie Ontwikkelingsdienste

Om op hoogte te bly van tegnologiese ontwikkelings in die landbou en om te verseker dat al die landbou-rolspelers van die Wes-Kaap van die mees gevorderde wetenskaplike en tegniese advies voorsien word, verskaf die departement tydige en relevante navorsings- en tegnologie-ontwikkelingsdienste in die ses distrikte van die Wes-Kaap. Van die uiterste belang is om die navorsingsrand in ’n inligtingsrand te omskep. Dit beteken dat wetenskaplike inligting die kommersiële en kleinboer op plaasvlak moet bereik, sodat ons boere meer volhoubaar en mededingend kan wees op plaaslike, nasionale en internasionale markte.

Industriële en stedelike ontwikkeling plaas geweldige druk op ons natuurlike hulpbronne. Daarom speel die departement se hulpbronwetenskaplikes en geografiese inligtingsentrum ’n prominente rol om die optimale benutting van ons skaars hulpbronne, grond, water en natuurlike plantegroei te verseker. Die toegepaste landbou- en navorsingsagenda fokus op die optimale doeltreffendheid van hulpbronne en bevorder klimaat-slim landbou. Die identifisering en prioritisering van navorsingsbehoeftes is van uiterste belang, terwyl skakeling met nywerheidsorganisasies en ander vennote voortdurend versterk en uitgebrei word.

Die program is verdeel in subprogramme: Navorsing, Tegnologie-oordrag Dienste en Infrastruktuur Steundienste en word bedryf as die direktorate van Dierewetenskap, Plantwetenskap en Navorsingsondersteuningsdienste. Laasgenoemde direktoraat sluit die volgende subdirektorate in: GIS Dienste; Analitiese Dienste en Plaasdienste.

Die departement se navorsingsportefeulje word hoofsaaklik binne die direktorate van Veekunde en Plantkunde uitgevoer, met ’n kleiner navorsingsportefeulje in die Direktoraat Navorsingsondersteuningsdienste. Die program het ook sewe navorsingsplase wat as oopluglaboratoriums en sentrums van uitnemendheid dien om navorsingspogings in die distrikte van die Wes-Kaap te ondersteun. Die direktorate werk saam met verskeie tersiêre instellings in die Wes-Kaap en ander provinsies, die LNR en verskeie nywerheidsorganisasies.

08

Page 11: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

09

DIEREWETENSKAPPEDie direktoraat Dierewetenskappe bied dieregesondheidsdienste aan belanghebbendes en sluit die dissiplines van teling, voortplanting, voeding en bestuur in. Groot kundigheid lê in kleinvee-, suiwel- en volstruisnavorsing. Uitgebreide navorsingsfasiliteite sluit ook ‘n voedingslaboratorium in, terwyl die direktoraat die eienaar van elf kuddes en kleinvee van nasionale belang is, wat noodsaaklik is vir die navorsingspoging. Ons Oudtshoorn-navorsingsplaas is ook die tuiste van die wêreldbekende volstruisnavorsingspan en fasiliteite - die enigste een van sy soort ter wêreld.

PLANTWETENSKAPPEDie direktoraat Plantwetenskappe fokus op die gebiede van volhoubare landboukunde, groente, landerye en weidingproduksiestelsels, alternatiewe gewasse, gewasbeskerming op die gebied van onkruidwetenskap, plantpatologie en entomologie, sowel as grond-plant-interaksies.

Bewaringslandboupraktyke in graan-, aartappel- en weidingstelsels vir suiwelprodukte is een van die belangrikste praktyke wat bevorder word. Die direktoraat het die enigste melkkruidnavorsingsgroep in Suid-Afrika wat biologiese grondbestuur verbind met weidingbestuur en melkproduksie, gehalte en uiteindelik bruto wins vir produsente.

NAVORSINGSONDERSTEUNINGSDIENSTEDie direktoraat Navorsingsondersteuningsdienste lewer ’n steundiens aan die departement se navorsingspan en eksterne belanghebbendes. ’n Analitiese laboratorium vir grond-, water- en plantontledings bied ’n sentrale diens aan wetenskaplikes en produsente in die Wes-Kaap, terwyl ’n diagnostiese diens vir plantsiektes navrae in hierdie verband aanspreek.

Die direktoraat bied ook grondkunde, klimatologiese (risiko- en potensiële) bestuur, gewasberamings en ruimtelike ontledingsdienste (GIS) aan ’n verskeidenheid kliënte. Aanlynbesluitnemingsgereedskap en nuwe tegnologie-oordragtegnologie word ook ontwikkel.

Die direktoraat sluit ook infrastruktuurondersteuningsdienste (plaasdienste) in, met die navorsingsplase geleë in Nortier (naby Lambertsbaai), Langgewens (naby Moorreesburg), Elsenburg, Worcester (Veldreserwe), Tygerhoek (naby Riviersonderend), Outeniqua (naby George) en Oudtshoorn, en funksioneer as oopluglaboratoriums en sentrums van uitnemendheid waar navorsingsprojekte van besondere belang vir daardie streek uitgevoer word. Projekte en proewe word gereeld deur produsente en ander rolspelers van hierdie streke besoek. Die plase dien ook as navorsingshubs vir tersiêre instellings, plaaslik en in die buiteland, die instellings van die LNR en ander rolspelers in die landbou waardeketting.

INLIGTINGVERSPREIDINGInligting wat afkomstig is uit navorsing word versprei aan produsente in effektiewe, probleemgerigte en gebruikersvriendelike tegnologiepakkette. Dit sluit in besoeke en konsultasies op die plaas, aanlyn via die webwerf, lesings, wetenskaplike en populêre referate, radiopraatjies, persverklarings en verskeie ander vorme van tegnologie-oordrag. Verskeie inligtingsdae vir boere, sowel as staptogte en praatjies, word ook jaarliks gehou en die nuutste tegnologie word na die distrikte en boere geneem.

Die departement spog ook met sy eie populêre publikasie “Agriprobe” – ’n kwartaallikse publikasie met interessante navorsingsartikels en ander onderwerpe. Die bekende Elsenburg Joernaal vorm deel van hierdie publikasie.

Page 12: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

Gestruktureerde Landbou-onderrig en -Opleiding

ELSENBURG LANDBOU-OPLEIDINGSINSTITUUTDie Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut (ook bekend as Elsenburg Kollege) is in 1898 gestig en was die eerste sentrum vir landbou-opleiding in Afrika. In Suid-Afrika het die kollege ’n uitstekende rekord in landbou en veral op die gebied van landbou-opleiding.

Daar word tans opleidingsprogramme op Hoër Onderwys en Opleiding (HOO) en Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO)-vlakke aangebied.

HOËR ONDERWYS EN OPLEIDINGDie volgende kwalifikasies kan verwerf word:

• B.Agric-graad (3 jaar)

• Hoër Sertifikaat in Landbou (2 jaar)

• Diploma in Landbou (1 jaar)

• Kortkursusse in Vaardigheidsontwikkeling

• Leerderskappe (1 jaar - NKR vlakke 1 tot 4)

Die bogenoemde is gebaseer op plaasondernemings en -vereistes, met die hooffokus op die agro-ekologiese streke van die Wes-Kaap.

Die hoofvakke vir die B.Agric-graad is: Agronomie en Weiding, Groot- en Kleinveeproduksie, Pomologie, Groenteproduksie, Wingerdkunde, Wynkunde, Agri-toerisme en Voorligtingskunde. Enige twee van hierdie vakke moet as hoofvakke voltooi word en aangevul word met voorgeskrewe verpligte vakke.

Die Hoër Sertifikaat in Landbou is ’n tweejaarkursus waardeur gespesialiseer kan word in een van twee programopsies: dieselfde as vir B.Agric, behalwe Wynkunde.

Een doelwit is om ’n gesonde balans tussen teorie en praktyk te handhaaf en die filosofie van “Opleiding deur doen” as ’n belangrike kenmerk tydens praktiese sessies toe te pas. Noue samewerking met navorsers van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kommersiële boere is ’n spesiale ondersteunende kenmerk wat die onderrigstandaard verhoog.

DIPLOMA IN LANDBOUOpleiding in Keldertegnologie is baie gewild, met 85% van die wynmakers in die Wes-Kaap wat hul kwalifikasies by Elsenburg verwerf het. Die praktiese opleiding wat voorsien word, is uniek en voormalige studente verlaat die instituut as professionele en bedrewe wynmakers met vakkundigheid op ’n kommersiële skaal. Dit is ’n een jaar modulêre program wat daarop gerig is om kandidate as wynmakers op te lei.

Toelatingsvereistes: Hoër Sertifikaat in Landbou of ’n gelykstaande kwalifikasie met ‘n 60% gemiddeld in Voorligting en ’n projek/plaas met ’n mentor vir die studietydperk wat deur die Fakulteitsbestuur goedgekeur is.

10

Page 13: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

11

’n Diploma in Voorligting is ’n een jaar modulêre ervaringsgeoriënteerde opleidingsprogram wat verskillende aspekte van Voorligting aanspreek.

’n Diploma in Groenteproduksie en Agronomie is ook ’n een jaar modulêre ervaringsgeoriënteerde opleidingsprogram wat fokus op Produksie, Landboubestuur en Natuurlike Hulpbron-bestuur.Die toelatingsvereiste vir bogenoemde diploma kwalifikasies is ’n Hoër Sertifikaat.

Perdestudies is ’n twee jaar Nasionale Instrukteurskursus vir perderuiters (voltyds). Deeltydse opleiding in algemene hantering van perde asook ry-lesse vir perderuiters is beskikbaar. Die toelatingsvereiste is ’n Hoër Sertifikaat met Wiskunde.

VOORTGESETTE ONDERWYS EN OPLEIDING’n Leerderskap is ’n leerprogram wat die student met ’n beroepskwalifikasie bemagtig. Die leerderskapbenadering sluit klaskamergebaseerde teoretiese leer, praktiese- en werkplekervaring in. Verskeie leerderskappe, wat deur AgriSETA geregistreer is en deur SAKO geakkrediteer word, word aan beide geslagte op NKR vlak 1 tot 4 aangebied.

Toelatingsvereistes:• Leerders met verskillende vlakke van praktiese ondervinding in boerderyaktiwiteite, met basiese

gesyferdheid/geletterdheid en kommunikasievaardighede gelykstaande aan NKR vlak 3 (Graad 11);

• Skoolverlaters van landbouskole (Graad 12), en

• Jeug, vroue en werklose individue van voorheen benadeelde gemeenskappe betrokke by landbouprojekte.

VERPLIGTEND: Toegang tot grond of plaas vir praktiese doeleindes.

KORTKURSUSSEDie Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut bied kort vaardigheidskursusse aan plaaswerkers; kleinskaalse, kommersiële en hulpbron-arm boere; begunstigdes van die nasionale grondhervormingsprogram sowel as enige persoon wat in die landbou en verwante velde wil studeer.

Verskeie kortvaardigheidskursusse word aangebied op plase, in landelike gemeenskappe, op die hoofkampus van Elsenburg Kollege en by die VOO-gedesentraliseerde opleidingskampusse in George, Oudtshoorn, Bredasdorp en Clanwilliam.

Hierdie kortvaardigheidskursusse dek ’n wye reeks studierigtings, insluitend Besproeiing, Trekkeronderhoud, AVCASA (verantwoordelik vir die hantering van landbouchemikalieë), Bemarking, Finansiële Bestuur, Diereproduksie, Groenteproduksie, ens.

Die fokus van hierdie kortkursusse is op die praktiese toepassings, ondersteun deur relevante teoretiese beginsels. Sodra dit afgehandel is, sal studente oor die nodige vaardighede beskik om die eise van die werkplek te hanteer.

Page 14: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

Eksterne Menslike Hulpbronontwikkelingsinisiatiewe

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het ’n aantal eksterne menslike hulpbronontwikkelings-inisiatiewe waarby sy kliënte kan baat.

INTERNSKAPPROGRAMDie departement is verbind tot vaardigheidsontwikkeling deur geleenthede te bied vir werklose matrikulante, voorgraadse studente en gegradueerdes deur middel van ’n Internskapprogram.

Nagraadse InternskapDit verwys na individue wat reeds ’n kwalifikasie by ’n SAKO-geakkrediteerde Voortgesette Onderwys en Opleiding- of Hoër Onderwysinstelling verwerf het.

Student InternskapDit verwys na die studente wat vir ’n SAKO-geakkrediteerde kwalifikasie studeer, maar praktiese ervaring moet opdoen om hul kwalifikasie te verwerf.

Premier se Bevordering-van-die-Jeug (PAY) Internskapprojek vir Graad 12’sDie projek bied aan leerders wat matriek in die vorige jaar voltooi het, die geleentheid om ’n eenjaar-internskap die volgende jaar te bekom.

Aansoeke open elke jaar in Januarie en die projek word op die Wes-Kaapse regering se webwerf geadverteer. Die webwerf kan besoek word by www.westerncape.gov.za (Premier se Bevordering-van-die-Jeug [PAY])

BEURSPROGRAMDie departement ken beurse toe aan studente wat voltyds aan ’n hoëronderwysinstelling studeer, met die oog op die verkryging van ’n SAKO geregistreerde kwalifikasie in ’n landbouverwante veld. Beurse is ook beskikbaar vir hoërskoolleerders wat wiskunde en wetenskap as vakke het en as potensiële kandidate vir voortgesette studie in die landbouvelde geïdentifiseer is.

DIE JONG PROFESSIONELE PERSONE (JPP) PROGRAMHierdie program is ‘n regstellende aksieprogram om voorheen benadeelde individue spesifiek te bemagtig uit die volgende aangewese groepe: Swart, Kleurling, Indiër, Vroue (Wit vroue ingesluit) en Gestremdes, wat deur ‘n erkende Hoër Onderwysinstelling vir Honneurs- en Meestersgrade aanvaar is deur die opdoen van ondervinding en blootstelling aan mentorskap om hul kwalifikasie in die skaars en kritiese vaardighede van die landbousektor te behaal.

LANDBOU VENNOOTSKAP VIR JEUGONTWIKKELINGS-PROJEK (APFYD)Hierdie projek fokus spesifiek op plattelandse jeug en kinders van landbouwerkers. Dit bied beurse, internskappe, leerderskappe, ‘n oorbruggingskursus vir wiskunde- en wetenskapleerders en ‘n somerskool/winterskool by Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut.

12

Page 15: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

INTERNSKAPPROGRAMDie interns wat in hierdie projek aangestel word, sal by eksterne gasheerwerkgewers geplaas word wat ’n Memorandum van Verstandhouding met die Wes-Kaapse Departement van Landbou onderteken het.

BEURSPROGRAMDie beursprogram vir die APFYD-projek is dieselfde as vir die Eksterne Ontwikkelingsinisiatiewe hierbo genoem en het dieselfde vereistes vir oorweging.

LEERDERSKAPPROGRAMTien leerders sal as deel van die APFYD Projek jaarliks finansiering ontvang om ’n leerderskap wat deur Elsenburg Kollege aangebied word, by te woon.

Landelike Ontwikkeling

In ’n dinamiese wêreld waar migrasie na stedelike lewe die norm is en volhoubare landelike lewensbestaan onder groot druk verkeer, het hierdie program ten doel om ontwikkelingsprogramme tussen belanghebbendes in landelike gebiede te koördineer.

Die program se doel is drievoudig en word gefasiliteer deur drie subprogramme:

1. Koördinering van Landelike Ontwikkeling: fokus op die inisiëring, beplanning en monitering van ontwikkelingspogings onder die drie sfere van regering in spesifieke landelike gebiede om te verseker dat daar gereageer word op geïdentifiseerde behoeftes deur ’n geïntegreerde benadering te volg.

2. Maatskaplike Fasilitering: verbintenis daartoe om gemeenskappe te betrek by landelike prioriteite en verskaf institusionalisering en organisatoriese ondersteuning om hul deelname aan ontwikkelingsinisiatiewe vir groter maatskaplike samehorigheid te verseker.

3. Plaaswerkerontwikkeling: gerig op die verbetering van die beeld en sosio-ekonomiese toestande van landbouwerkers en hul familielede deur middel van opleidings- en ontwikkelingsinisiatiewe.

13

Page 16: DIE WES-KAAPSE REGERING ONDERSTEUN LANDBOU · Om tendense te monitor en goeie besluite te neem op alle vlakke van verantwoordelikheid (beide binne en buite die departement) is goeie

DIE WAARDES:

Kontak ons: Tel +27 021 808 5111 • Faks +27 21 808 5000 • [email protected] www.elsenburg.com • www.westerncape.gov.za Privaatsak X1, Elsenburg, 7607 • GPS: 18° 50’05.00”0 33° 50’42.93”S

AanspreeklikheidOns aanvaar verantwoordelikheid.

IntegriteitOm eerlik te wees en die regte ding te doen.

SorgsaamOm te gee vir diegene in wie se diens ons is en met wie ons werk.

ReageerOm aan die behoeftes van ons burgers en werknemers te voldoen.

BevoegdheidDie vermoë en bevoegdheid om die werk te doen waarvoor ons aangestel is.

DIE VISIE:

Eksterne visieOop geleenthede vir almal.

Interne visieOm die beste streeksregering in die wêreld te wees.

Beter TesameDie Wes-Kaapse Regering het ’n verantwoordelikheid om geleenthede te skep. Dit is die burgers se verantwoordelikheid om hierdie geleenthede te benut.

Kom ons benut die geleenthede wat aan ons gebied word en maak die Wes-Kaap BETER TESAME.

VernuwingOm ontvanklik te wees vir nuwe idees en op vindingryke wyse kreatiewe oplossings vir probleme te vind.