7
183 Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 2.1.3 Yster 2.1.4 Silwer 2.1.5 Aluminium 2.1.1 Koper 2.1.2 Goud 2.2.3 Roes 2.2.1 Gelei hitte 2.2.2 Magneties 2.1 Algemene metale se gebruike 2.2 Eienskappe vir spesifieke gebruike Gebruike van metale Gebruike van metale Eenheid 2

Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

183Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

2.1.3 Yster

2.1.4 Silwer

2.1.5 Aluminium

2.1.1 Koper

2.1.2 Goud

2.2.3 Roes

2.2.1 Gelei hitte

2.2.2 Magneties

2.1 Algemene metale se gebruike

2.2 Eienskappe vir spesifieke gebruike

Gebruike van metale

Gebruikevan metale

Eenheid 2

Page 2: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

184

Materie en materiale

Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

Metale word baie wyd in die alledaagse lewe gebruik. ’n Metaal word gekies vir ’n spesifieke doel gebaseer op sy eienskappe.Metale word gebruik vir die maak van voorwerpe soos fietse, munte, draad, juwele, meubels, geboue, brûe, motors, kombuisgereedskap en dakke.

Oopsie’tjie!

Kan jy nie

kyk waar jy

gaan sit nie?

Dis omdat jy ook net alles laat rondle waar jy wil!^

Wat gaan ons vir Doc se?^

Page 3: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

185

Eenheid 2: Gebruike van metale

Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte stof te maak vir sekere voorwerpe. ’n Mengsel van metale word ’n allooi genoem. Voorbeelde van allooie is:

vlekvrye staal bronsstaal

Goedkoper metale word dikwels met ’n dun lagie van ’n ander, meer waardevolle metaal bedek. Dit word platering genoem. Voorbeelde waar platering gebruik word:

sinkplate medaljesmuntstukke

juwele verchroomde onderdele vir motors

silwer eetgerei

Page 4: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

186

Materie en materiale

Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

2.1 Algemene metale se gebruike

Ons gaan na ’n paar algemene metale se gebruike kyk:

2.1.1 Koper

• Koper word as geleidingsdrade gebruik omdat dit elektrisiteit so goed gelei.

• Koper word vir ornamente en juwele gebruik. Koper is duursaam en blink mooi wanneer dit gepoleer is.• Koper reageer maklik met suurstof en verander na ’n dowwe blou. Om dit te vermy, word geelkoper meer gereeld gebruik, wat ’n allooi van koper is.• Koper word gebruik

om potte, panne en kastrolle te maak omdat koper hitte gelei.

Ek gaan aan die gewigoptelkampioenskap

deelneem!

Wa

g ! E k h

e t

’n b l in k id e e !

T t z z z t t t !

Mens kan baie geld

Oeee! Jaaaa! En dan kan ons vir Doc ’n nuwe bril koop. Maar jy gaan moet hard oefen. Ek sal jou help.

H e he !

wen vir eerste plek!

T t z z z t t t !

Page 5: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

187

Eenheid 2: Gebruike van metale

Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

2.1.2 Goud

• Goud word vir juweliersware en goue munte gebruik omdat dit: - waardevol is as ’n belegging; - nie roes nie; - blink en dit lyk mooi.

• Dun draadjies van goud word in elektroniese toestelle gebruik. Dit is omdat goud elektrisiteit goed gelei.

• Word gebruik deur tandartse om tande te kroon omdat dit duursaam is.

2.1.3 Yster

Yster is sterk. Dit is ook relatief goedkoop. Daarom word dit gebruik vir:

• gereedskap;• spykers; • draad; • houers en trollies;• meubels.

Die nadeel van yster is datdit maklik roes, so dit word dikwels met ander metale, wat nie roes nie, gemeng.

Page 6: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

188

Materie en materiale

Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

2.1.4 Silwer

Silwer is redelik sterk en blink. Dit reageer egter redelik maklik met stowwe in die lug en word dangou dof en swart. Dit raak aangeslaan.Dit is nie so waardevol soos goud nie.

Dit word gebruik vir: • juweliersware en munte;• trofees en medaljes;• eetgerei;• ander huishoudelike ornamente, bv. kandelare, borde en glase.

Vinniger!

Vinniger!

Jy kan dit doen!

Jy’s ’n regte yster

!

zzzoenk!

zzzzzzzoenk!

zzzoenk!

Page 7: Eenheid 2 Gebruike - Doc Scientia...185 Eenheid 2: Gebruike van metale Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5 Metale kan ook gemeng word om ’n geskikte

189

Eenheid 2: Gebruike van metale

Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 5

Mo en ie o p h o u n ie ! ! ! ! ! !

Ons soek nie

silwer nie!

Tweede beste isnie ’n opsie nie!

2.1.5 Aluminium

Aluminium is sterk, duursaam en lig. Dit roes nie. Daarom word dit gebruik vir:

• bou van vliegtuie en motors;• motorhuisdeure, vensterrame en

skuifdeure;• verskeie huishoudelike produkte soos

aluminiumfoelie, bakkies en blikkies.