12
7 EEN Ek word vergeet asof ek dood is, soos ’n ding wat vergaan. Psalm 31:13 Wanneer ek dink aan die wanhoop waarin my lewe ver- val het, die stadige vernietiging van my drome, die aftake- ling van elke liefde, keer ek telkens terug na die by. Daardie een klein stekie wat my die plek van guns in my pa se hart gekos en my lot in die lewe verander het. Hartseer het op ’n pragtige middag oor my gekom toe die son geskyn en net genoeg hitte na die dag gebring het om jou vel warm te bak sonder om dit te brand. Die veld- blomme was daardie jaar volop en die heuwel waarheen ek en Josef gegaan het om die ure om te kry was bedek onder ’n geel-en-pienk kombers. Ek onthou nog hoe die geur daarvan my neus gekielie en my longe gevul het. Dit het my laat lag bloot omdat die wêreld so mooi was. Josef het tussen die brose stammetjies deurgehardloop en met sy kamma-swaard na die blare gesteek terwyl hy gemaak het of hy ’n Romeinse soldaat is. Hy het van beter geweet as om dié speletjie te speel terwyl ons ouers in die omtrek is. Hulle is beginselvaste Jode wie se nageslag in Jerusalem tot sover as Esra teruggespeur kan word.

Ek word vergeet asof ek dood is, soos ’n ding wat vergaan. · val het, die stadige vernietiging van my drome, die aftake-ling van elke liefde, keer ek telkens terug na die by. Daardie

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

7

E E N

Ek word vergeet asof ek dood is, soos ’n ding wat vergaan.

Psalm 31:13

Wanneer ek dink aan die wanhoop waarin my lewe ver-

val het, die stadige vernietiging van my drome, die aftake-

ling van elke liefde, keer ek telkens terug na die by. Daardie

een klein stekie wat my die plek van guns in my pa se hart

ge kos en my lot in die lewe verander het.

Hartseer het op ’n pragtige middag oor my gekom toe

die son geskyn en net genoeg hitte na die dag gebring het

om jou vel warm te bak sonder om dit te brand. Die veld-

blomme was daardie jaar volop en die heuwel waar heen

ek en Josef gegaan het om die ure om te kry was bedek

onder ’n geel-en-pienk kombers. Ek onthou nog hoe die

geur daarvan my neus gekielie en my longe gevul het. Dit

het my laat lag bloot omdat die wêreld so mooi was.

Josef het tussen die brose stammetjies deurgehardloop

en met sy kamma-swaard na die blare gesteek terwyl hy

ge maak het of hy ’n Romeinse soldaat is. Hy het van beter

ge weet as om dié speletjie te speel terwyl ons ouers in

die om trek is. Hulle is beginselvaste Jode wie se nageslag

in Jerusalem tot sover as Esra teruggespeur kan word.

978-1-4316-1659-6.indd 7978-1-4316-1659-6.indd 7 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

’n Nuwe môre

8

Die Romeine was dalk vrygewige klante wat my pa se

produkte betref, maar hulle was steeds gevaarlike vyande.

My ouers het hulle beslis nie as ’n onderwerp vir pret en

jolyt beskou nie. Josef was egter net vier en hy was mal oor

die Romeine se perde, hulle uniforms en hulle vierkantige

geverfde skilde. Hy wou een van hulle wees. Ek het hom

maar laat begaan, want ek kon geen skade sien in ’n klein

seun tjie wat wild rondhardloop en speel hy is iets wat hy

nooit sal word nie.

“Elianna, kom speel saam,” het Josef oor sy skouer ge-

roep en met sy onsigbare swaard in my rigting gesteek.

“Wag net ’n bietjie,” het ek gesê. “Ek sal nou kom.”

Ek het ingedagte op die growwe viltkombers gesit wat

ek saamgebring het. Ek het ’n pienk blom tussen my vin-

gers gedraai en aan ’n manier probeer dink om die kleur

te onttrek en dit te gebruik om linne te kleur. ’n Groot be-

sending vlas is pas by ons werkswinkel afgelewer en ons

het baie materiaal gehad om mee te weef. My pa dryf han-

del met eksotiese materiale. Hy doen selfs op klein skaal

goeie besigheid in pers, daardie rojale kleursel wat sorg-

saam uit seeslakke gehaal word en een van die duurste van

alle kleure bly om te vervaardig. Die feit dat hy dié spe-

si fi eke materiaal kan vervaardig, is ’n aanduiding van sy

suk ses.

Ek moes daardie middag na Josef kyk, want die res van

die huishouding was almal besig om die vlas te verwerk.

Selfs my ma, wat nie werklik ’n aandeel het in my pa se

besigheid nie, moes daardie middag gaan help.

Die vlas wat my pa koop, is gewoonlik reeds geweek en

gedroog, die sade is van die stamme geskei en weggegooi,

en die stingels is platgeslaan sodat die vesels uitgetrek kan

word. Dan moet sy werkers die vesels uitkam en dit gereed-

maak vir die spinwiel. Hierdie spesifi eke oes se stingels

was dik, en daarom sou hulle growwe linne daarvan spin.

978-1-4316-1659-6.indd 8978-1-4316-1659-6.indd 8 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

Tessa Afshar

9

Hulle sou dit gebruik om handdoeke mee te maak. Met

die Romeine en die nuwe Joodse adel wat so daarvan hou

om te bad, is daar in al die groot stede van Juda ’n groot

aanvraag vir handdoeke.

Ek is twaalf jaar ouer as Josef en heeltemal in staat om na

hom te kyk. My ma, agterdogtig oor my passie vir my pa

se ambag en op soek na maniere om my van my fassinasie

daarmee weg te lok, het Josef daardie middag in my sorg

gelaat. Haar plan het ’n tweeledige voordeel ingehou: dit

het my uitbundige broer onder die volwassenes se besige

voete uit gekry en my terselfdertyd van direkte kontak met

my pa se werk weerhou sodat dit nie my obsessie met sy

ambag se geheime kon aanblaas nie.

“Laat dit aan die mans oor,” sê sy altyd vir my en gooi dan

die een of ander vroulike werkie op my skoot voordat ek

te verdiep raak in die geheimenisse van hoe om gekleurde

materiaal van ’n hoër gehalte te maak.

“Elianna!” het Josef se stem van verder teen die heuwel

af tot my deurgedring. “Kom. Nou! Jy het belowe dat jy

met my sal speel wanneer ons hier is.”

Ek het geglimlag. My klein boetie kan baie gebiedend

wees. Niemand het verwag dat my ouers op hulle ou der-

dom nog ’n kind sou hê nie. Toe Josef gebore is, was ons

almal ’n bietjie oorbluf deur sy blote teenwoordigheid in

die wêreld en ons was onmiddellik slawe van sy sjarme.

Voeg daarby die realiteit dat hy ’n seun is – die seun van

my pa se drome – en, wel … selfs ’n engel sou verskoon

word as hy onder dié omstandighede ’n bietjie bederf was.

Indien hy baasspelerig voorgekom het, was dit ons eie

skuld. Josef was van nature so dierbaar dat die verwenning

van honderd volwassenes nie van hom ’n tiran sou maak

nie.

“Jy beter hoop ek vang jou nie,” het ek gesê toe ek op-

staan. “My swaard is baie skerper as joune.”

978-1-4316-1659-6.indd 9978-1-4316-1659-6.indd 9 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

’n Nuwe môre

10

“Nee, dit is nie. Ek sal jou wen.” Hy het vreesaan jaend

geskree en teen die heuwel op begin hardloop. Sy kort

beentjies het soos ’n pomp op en af onder sy opgetrekte

tuniek teen ’n spoed beweeg wat my twee keer laat kyk

het. Ek het al my krag nodig gehad om by dié seuntjie by

te hou.

“Staan stil,” het ek uitgeroep toe ek hom aan die bopunt

van die heuwel inhaal. Ek het met my pienk blom in sy

rigting gesteek asof dit ’n dodelike wapen was. Josef het

dubbel gevou van die lag.

“Dis nie ’n swaard nie. Dit kan nie eers ’n garingdraadjie

sny nie. Jy is ’n regte meisiekind, Elianna.”

“Hoe durf jy my beledig, jou Romeinse hond? Ek sal jou

laat onthoof hieroor.”

Josef het op my afgepeil met sy kamma-swaard wat na

my maag wys. “Nee, jy sal nie. My perd sal jou vir ontbyt

eet.” Hy het gemaak of hy ’n hou afweer en dit opgevolg

met ’n vinnige steek vorentoe sodat sy klein vuisie my teen

die ribbes getref het. Ek het my sy vasgegryp asof in pyn.

“Jy sal hiervoor betaal, jongman.” Ek het met ’n vinnige

beweging vorentoe beweeg en sy tuniek uit sy lyfband

uit getrek. Hy het afgekyk en ek het vinnig my blom in sy

gesig gedruk sodat daar ’n poeierige geel merk op sy neus

en voorkop was.

Ek het gelag. “Jy het nog ’n bietjie oefening nodig, Ro-

mein.”

’n Entjie agter hom kon ek ’n enkele skaap sien wat

staan en wei. Ek het rondgekyk op soek na die herder of

trop waaraan dit behoort. Dit het gelyk of die skaap heel-

te mal alleen is. Ek het nadergegaan om te kyk of die dier

seer gekry het. Iewers was daar ’n herder wat se ker dié dier

ge mis het.

“Elianna!” het Josef geroep. “Kom terug. Ek is nog nie

klaar nie … ” Toe begin hy skielik sy arm onverklaarbaar in

978-1-4316-1659-6.indd 10978-1-4316-1659-6.indd 10 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

Tessa Afshar

11

’n wye sirkel swaai. “Gaan weg. Gaan weg!” Sy stem was

hoog en geskok. Sy hande het met wilde bewegings in ’n

halfsirkel voor hom tekere gegaan.

My aandag was egter op die skaap gefokus en ek het

Josef se geskree geïgnoreer. Van naderby kon ek sien die

skaap is goed versorg, sy wol gesond en skoon. Ek het ge-

kniel en met my hand oor sy rug gevryf. “Waar kom jy

van daan, meneertjie?”

Uit die hoek van my oog kon ek sien hoe Josef steeds wild

met sy hande swaai. Toe roep hy uit: “Laat dit weggaan,

Elianna!”

Ek het eers gedink dit is ’n vlieg totdat ek die geel fl its

gesien en die kwaai gezoem gehoor het. “Moenie so wild

met jou arms waai nie. Bly kalm, dan sal dit weggaan.” Ek

wou nie die verlore skaap alleen los nie, ingeval dit aan be-

weeg en verder verdwaal. Josef was immers oud genoeg

om ’n zoemende by te hanteer. Ons het hom reg tig bederf.

Ek het my stem gerusstellend probeer hou. “Kal meer jou-

self, boetie.”

My woorde het geen invloed op Josef gehad nie. Die by

het woedend al om sy kop gezoem, en hy het paniekerig

geraak. Hy het al woester met sy hande begin swaai en toe

hardloop hy. “Nee! Nee!”

Ek het my hande moedeloos in die lug gegooi en teë sin-

nig orent gekom. “Josef, dis net ’n by.”

Ek het die rede vir sy onredelike vrees verstaan. ’n Jaar

tevore het ’n by hom op die enkel gesteek. Hy het ’n vrees-

like uitslag gekry en sy hele been het so dik soos ’n jong

boom se stam opgeswel. Hy het vreeslik pyn gehad, en

het nog nooit dié ervaring vergeet nie. Volgens my was dit

egter abnormaal. Ons almal moet tog met bye saamleef.

Dit is deel van die lewe. Ek het vir ’n oomblik gefrustreerd

ge staan en kyk hoe hy homself simpel hardloop.

Uiteindelik kon ek hom inhaal en ek het my hande uit-

978-1-4316-1659-6.indd 11978-1-4316-1659-6.indd 11 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

’n Nuwe môre

12

gesteek om die by weg te slaan, alhoewel ek dit nie langer

kon sien nie. Skielik het Josef so skril gegil dat my maag

daarvan gedraai het. Hy het die kant van sy kop gevryf en

toe sien ek die insek wat naby sy slaap in sy hare vassit. Ek

het die by met my palm vasgegryp en gedruk. Halfdronk

omdat hy sy gif vrygelaat het, was die insek ’n maklike

prooi vir my gewelddadige, saamgeklemde vuis. Ek het

dit op die grond laat val en voor Josef gekniel.

Groot trane het oor sy wange gerol. Hy het so hard ge-

huil dat sy keel begin fl uit het. Ek het hom teen my vasge-

druk. “Ek is so jammer, Josef. Alles sal regkom. Ek het ont-

slae geraak van die klein monster. Jy kan op hom trap as

jy wil.”

“Seer.” Hy het sy asem ingetrek en sy bors het daarvan

geruk.

“Waar, liefi eding? Waar is dit seer?”

Hy het na sy slaap gewys en ek kon sien dit het reeds

begin swel. Ek het dit liggies gesoen. “Is dit beter?”

Josef het skielik beskuldigend na my gekyk. “Nee.”

Hy het my van hom af weggestoot. Dis toe dat ek die rooi

merk op sy pofferige handjie raakgesien het. “Het die by

jou twee keer gesteek?” Ek het gefrons en na die opgehewe

merk gekyk wat vinnig soos kleursel oor sy vel versprei

het. Josef het sy kop geskud. ’n Uitslag, het ek ontsteld be-

sef. Net soos verlede jaar.

Hy het nog ’n keer rukkend asemgehaal. Dit het geklink

of elke asemteug baie inspanning verg. Ek het gedink dit

is vrees wat hom so na asem laat snak, en het hom probeer

kalmeer. Tog het dit met elke verbygaande oomblik gelyk

of hy erger word. Die gefl uit in sy keel het harder en aan-

houdend geword. Ek was verward en het nie dadelik ge-

reageer nie. Die vorige keer toe ’n by hom gesteek het, het

hy glad nie gesukkel om asem te kry nie. Was dit dalk pa-

niek?

978-1-4316-1659-6.indd 12978-1-4316-1659-6.indd 12 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

Tessa Afshar

13

Ek moes hom gouer gehelp het, dadelik na hom toe ge-

gaan het toe die by hom net begin pla het. Toe besef ek dat

die by dalk deur die geur en stuifmeel aangetrek is van die

blom wat ek teen sy gesig gedruk het. Dit sou dalk glad nie

naby Josef gekom het as dit nie vir my simpel poets was

nie.

Ek kon sien dat sy toestand vererger en het hom in my

arms opgetel. “Ek is so jammer, Josef. Ek sal jou huis toe

vat. Jy kan ’n heuningkoek kry, en Mamma sal vir jou ’n

kruiemengsel maak om jou pyn weg te vat.” Ek kon voel

hoe sy klein borsie met elke asemteug stoei. Ek het begin

hardloop. Iewers teen die heuwel af het my sandaal aan ’n

klip vasgehaak en van my voet afgeval. Ek het gestruikel,

maar my balans herwin en aanhou hardloop sonder om

die skoen op te tel.

“Naar,” het Josef met ’n swak stem gesê. Voordat ek hom

kon omdraai, het hy oor my skouer en bors opgebring.

Gewoonlik sou ek vies gewees het, maar angs het my oor-

weldig. Ek het teen alle rede in aangevoel dat die by my

boetie se klein lyfi e onuitspreeklike skade aan ge doen het.

Dit was of die gif in daardie vervloekte by hom op ’n ma-

nier van sy asem beroof. Ek was desperaat om by die huis

te kom, om hom aan my ouers se sorg oor te gee, want

hulle sou tog weet wat om te doen.

Ek het skaars gestop om sy mond af te vee; hom net na

my ander skouer geskuif sodat ek verder kon hardloop.

Hy was swaar, te swaar vir my om hom die hele ent te

dra. My hart het soos ’n ystersmid se hamer in my bors

ge klop. Die inspanning daarvan om sy slap lyfi e te dra het

my arms laat bewe. “Josef! Josef, praat met my!”

Hy het gekreun. Ek het strompelend tot stilstand ge-

kom, nie in staat om een tree verder te hardloop nie, en

met hom steeds in my arms op my knieë neergeval. My

kop het skielik duiselig gevoel toe ek sy gesig sien. Sy oë

978-1-4316-1659-6.indd 13978-1-4316-1659-6.indd 13 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

’n Nuwe môre

14

was toe geswel en sy lippe was ’n onaardse blou. Sy hele

mond het in ’n teer, pers kneusplek verander. Ek het ’n gil

te rug gesluk en hom weer opgetel, my bene gedwing om

selfs vinniger as voorheen te hardloop.

Bid, het ek gedink, my siel rasend van angs oor wat ek

pas gesien het. Bid iets. Al waaraan ek egter kon dink, was

Eli, Eli, die eerste deel van my naam. My God! My God!Toe ek ons huis se groot houtdeur sien, het ek die gil

laat los wat ek die afgelope uur ingehou het. Maar daar het

skaars ’n geluid by my mond uitgekom, en niemand het

my gehoor nie. “Help my! Pappa, help my, asseblief.” Josef

het slap geword in my arms. Ek het geweet hy het ’n rukkie

tevore al fl ou geword omdat hy nie kon asem kry nie.

Ek het met my laaste bietjie krag teen die deur geskop

en daarteen geval. Een van die diensmeisies het die deur

oop gemaak en ek het agteroor geval met Josef steeds styf

in my arms. Die vrou het uitgeroep, en kort voor lank is ons

saam die huis binnegetrek. Ek het hom steeds vasgehou,

sy gesig styf teen my skouer. My ouers het aangehardloop

gekom.

Ek het my pa se gesig gesien toe hy sy seun by my vat.

Hy het spierwit geword. My ma het begin skree. Ek het

toe nie gedink ek kan erger vrees ervaar nie, maar haar ge-

skree – skril, onnatuurlike geluide wat deur die binnehof

gesny het – het my met ’n onuitspreeklike vrees gelaat wat

gemaak het dat ek nie ’n woord kon uitkry nie. Hoekom

het sy nie my boetie gehelp nie? Hoekom het sy net daar

gestaan, geskree, aan haar sluier en haar hare getrek?

My pa het neergesak, Josef styf teen hom vasgedruk. Sy

kop het oor die lewelose kind gehang. “My seun,” het hy

ge kreun terwyl hy vorentoe en agtertoe gewieg het. “My

seun.”

Ek het geskok omgedraai en gesien my jonger suster,

Jo hanna, sit teen die muur terwyl sy sag in haar hande

978-1-4316-1659-6.indd 14978-1-4316-1659-6.indd 14 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

Tessa Afshar

15

huil. Die diensknegte het gehuil. My pa, wie se lyf liggies

geskud het, het om my boetie se beweginglose lyfi e gevou

terwyl Mamma se gille steeds elke hoek van die binnehof

gevul en soos stukke gebreekte glas deur my gesny het.

Dis toe dat ek geweet het. My boetie was dood. Die by

het hom doodgemaak.

Ek het in ongeloof, vol verskrikking, desperaat my han-

de na my pa toe uitgesteek om aan hom vas te klou; gehoop

vir ’n wonderwerk, troos gesoek. Hy het opgekyk en die

intense wanhoop in sy oë het vir ’n oomblik gelig om deur

’n kilheid vervang te word wat ek nog nooit tevore daar

ge sien het nie. “Wat het gebeur? Wat het dít aan my kind

ge doen?”

Ek het van hom af weggetree. “’n By … Dit het Josef ge-

steek. Op sy slaap.” Sweet het langs my sye afgeloop en ek

het my voorkop met ’n bewende hand afgevee. “Dit was my

skuld. Ons het gespeel … en ek … ek het ’n blom in sy ge sig

gedruk. Ek dink die reuk daarvan het die by gelok. Ek moes

hom gouer gaan help het, maar ’n verlore skaap het my

aandag afgetrek.” Ek kon onthou hoe ek bloot woor de na

hom geslinger het, asof my instruksies genoeg was. Ek was

Josef die waarheid verskuldig, maak nie saak wat ter straf ek

sou moes dra nie. Ek het hom ten minste dit ge skuld.

My pa het met ’n teer beweging die hare van Josef se ge-

swelde vel afgevee. Ek het teruggedeins toe ek sien hoe die

liederlike hand van die dood sy pragtige gesiggie verwring

het, en ek het duiselig op my voete gewieg.

“Jy weet tog hoe siek hy verlede jaar geword het nadat

’n by hom gesteek het. Jy weet hoe bang hy was. Hoekom

het jy dit nie net weggejaag nie? Hy is ’n klein seuntjie. Hy

is hulpeloos.” My pa het gekreun. “My klein seuntjie!”

“Ek moes … ek moes … ”

Sy woorde was skielik hard en skerp. “Jy was veron-

der stel om na hom te kyk. Wat het jy gedoen? Net daar

978-1-4316-1659-6.indd 15978-1-4316-1659-6.indd 15 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

’n Nuwe môre

16

ge staan en kyk hoe dit gebeur?”

“Nee! Dis nie wat gebeur het nie, Pappa. Ek het gehelp,

maar ek was te laat. Ek was te laat!”

“Dit sou nie gebeur het as jy mooier na hom gekyk het

nie.”

Ek was oorweldig deur skuldgevoelens. Hy het my mis-

lukking raak opgesom. Ek het nie van die begin af van die

by probeer ontslae raak nie. “Pappa, asseblief … ”

“Bly stil!”

Ek het my mond toegemaak. My verskonings gesluk. Hy

was reg. Ek het Josef in die steek gelaat. Ek moes mooier

na hom gekyk het. Ek moes die stuifmeel van sy gesig af

ge vee het, die by gouer doodgeslaan het, vinniger huis toe

gekom het. Ek moes hom gered het.

“Gee pad voor my.” My pa se stem was sag en so bitter

soos gal.

Ek het na my asem gesnak. Met stywe bewegings het ek

myself gedwing om op te staan, te loop. Ek het by die huis

ingegaan en agter my ’n bloedspoor gelaat van die plek

waar ek my voet in my haas op pad huis toe op die skerp

klippe gesny het. Ek het in ’n hopie in die hoek van die

kamer gaan sit wat ek met my suster en Josef gedeel het.

Daar het ek my uiteindelik oorgegee aan die trane wat ek

vroeër onderdruk het. Josef se kombers het netjies opgevou

in die hoek gelê. Ek het dit gegryp, my gesig styf daarteen

gedruk, sy reuk ingeasem en geweet ek sal nooit weer my

kosbare boetie vashou nie.

En dit was my skuld.

Toe ek gebore is, het my pa my naam uitgedink deur twee

Hebreeuse name aanmekaar te sit: Eli, wat “my God” be-

te ken, en Anna, wat in ons taal “guns” is. Toe hy my die

978-1-4316-1659-6.indd 16978-1-4316-1659-6.indd 16 1/30/2017 12:32:37 PM1/30/2017 12:32:37 PM

Tessa Afshar

17

eerste keer gesien het, het my pa gesê: “My God het aan my guns bewys,” en dit het my naam geword, want my geboorte

was ’n teken van God se guns en genade teenoor my ouers.

Vir agt jaar nadat hulle getroud is, was hy en my ma

kinderloos. Ek het gekom nadat hulle hoop opgegee het

met die geneeshere en hulle nuttelose mengsels. Ek het

ge kom, maar ek was ’n dogtertjie. Tog was my ouers so

ge lukkig om uiteindelik ’n kind te hê dat hulle nie oor

my geslag gekla het nie. Drie jaar ná my geboorte het my

suster gekom. Sy het reeds by geboorte lang arms en bene

gehad met groot oë wat byna die helfte van haar gesig be-

dek het. Toe niemand meer gedink het dit is moontlik nie

het Josef ons lewe binnegekom met sy lustige gehuil en

onweerstaanbare glimlag.

Dit was nie of my pa my minder liefgehad het nadat sy

seun gebore is nie. Dit was net dat hy baie liewer vir Josef

was. Liewer as vir my ma of my suster of my of sy be sig-

heid. Liewer as die lewe self. Josef was die lig van sy hart.

Tot op hierdie oomblik. Totdat ek sy dood veroorsaak

het. Dit voel of ek die wonderlikste skat vernietig het wat

die aarde ooit kon bied.

Ure gaan verby terwyl ek onbeweeglik in ’n waan van

ongeloof daar bly sit. Die dood het my saam met Josef in-

gesluk. Toe dit hom kom haal het, het dit my saam ge neem.

Alhoewel ek asemhaal en my hart sterk en reëlmatig klop,

is my wond ongeneeslik. Die gedagte aan wat my ou ers

moet voel, laat my wens dat ek eerder in Josef se plek ge-

sterf het.

Die geluid van huilende rouklaers dring deur my ge-

dag tes. Ek raak bewus daarvan dat ’n groot ska re onder

by me kaargekom het. Hulle maak seker reeds Josef se lig-

gaam gereed vir sy begrafnis. Ek kan dit skaars verduur

om daaraan te dink.

Die uitbundige seuntjie wat ek vir vier jaar liefgehad

978-1-4316-1659-6.indd 17978-1-4316-1659-6.indd 17 1/30/2017 12:32:38 PM1/30/2017 12:32:38 PM

’n Nuwe môre

18

het, die kind wat my laat lag en laat hoop en vol vreugde

ge maak het, is weg en ek sal hom nooit terugkry nie. Ek

druk my hande teen my ore en probeer die geweeklaag

uitdoof. Hulle smart tref my soos sweepslae, en skuld ge-

voelens knaag aan my met ’n gulsige honger.

“Elianna.” Teer hande vat my gewrigte vas en trek my

hande van my ore af. “Elianna,” sê hy weer.

Etan.

My verloofde. Die man vir wie ek al lief was nog voordat

ek ’n vrou geword het.

978-1-4316-1659-6.indd 18978-1-4316-1659-6.indd 18 1/30/2017 12:32:38 PM1/30/2017 12:32:38 PM