12
Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 1 Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 November Eksamen 2017 Tyd: 2½ ure Totaal: 150 Instruksies en Inligting 1. Beantwoord al vrae. 2. Skryf al die antwoorde op jou foliopapier neer wat aan jou voorsien is. 3. Trek ‘n lyn na elke vraag. 4. Nommer jou vrae korrek volgens die numeringstelsel van die vraestel. 5. Verskaf jou antwoorde volgens die instruksies wat elke vraag vereis. 6. Alle sketse moet in potlood geteken word en die byskrifte met ‘n blou pen geskryf word. 7. Teken slegs vloeidiagramme en skematiese voorstellings wanneer daarvoor gevra word. 8. Die sketse in hierdie vraestel is nie noodwendig volgens skaal geteken nie. 9. Moenie grafiekpapier gebruik nie. 10. Nie-geprogrameerde sakrekenaars mag gebruik word. 11. Skryf netjies en leesbaar, met ‘n blou pen. 12. Hierdie vraestel bestaan uit 4 vrae en 10 getikte bladsye. Kontroleer dit nou dadelik.

Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 1

Ekurhuleni Noord Distrik

Lewenswetenskap: Graad 10 P1

November Eksamen 2017

Tyd: 2½ ure

Totaal: 150

Instruksies en Inligting

1. Beantwoord al vrae.

2. Skryf al die antwoorde op jou foliopapier neer wat aan jou voorsien is.

3. Trek ‘n lyn na elke vraag.

4. Nommer jou vrae korrek volgens die numeringstelsel van die vraestel.

5. Verskaf jou antwoorde volgens die instruksies wat elke vraag vereis.

6. Alle sketse moet in potlood geteken word en die byskrifte met ‘n blou pen geskryf word.

7. Teken slegs vloeidiagramme en skematiese voorstellings wanneer daarvoor gevra word.

8. Die sketse in hierdie vraestel is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

9. Moenie grafiekpapier gebruik nie.

10. Nie-geprogrameerde sakrekenaars mag gebruik word.

11. Skryf netjies en leesbaar, met ‘n blou pen.

12. Hierdie vraestel bestaan uit 4 vrae en 10 getikte bladsye. Kontroleer dit nou dadelik.

Page 2: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 2

Afdeling A

Vraag 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies die

korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer op die

foliopapier neer. Bv 1.1.8 F

1.1.1 Die term weefsel verwys na ‘n groep van ...

A dieselfde tipe selle met ‘n gemeenskaplike funksie.

B dieselfde organe met ‘n gemeenskaplike funksie.

C verskillende selle met ‘n gemeenskaplike funksie.

D verskillende organe met ‘n gemeenskaplike funksie.

1.1.2 Alle ensieme en meeste proteïene is...

A koolhidrate

B lipiede

C proteïene

D vitamiene

1.1.3 Watter van die volgende funksies word beskou as die gebruike van water?

i) Word benodig vir hidrolise

ii) Ensieme vir chemiese reaksies.

iii) Vervoermedium van nutriënte.

A slegs i

B i en ii

C i en iii

D ii en iii

1.1.4 Watter van die volgende is NIE ‘n voorbeeld van bindweefsel nie?

A Bloed

B Been

C Hart

D Kraakbeen

Page 3: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 3

1.1.5 Die grootste bloedselle wat ‘n nukleus het, is ...

A Trombosiete

B Eritrosiete

C Leukosiete

D Bloedplasma

1.1.6 Die pelviese gordel (heupgordel) is stewig verbind aan ‘n deel van die vertebrale

kolom wat die ... genoem word.

A Sakrum

B Sternum

C Koksiks

D Pubis

1.1.7 Lae beendigtheidmassa en die afbreek van beenweefsel word genoem...

A Osteoartritis.

B Osteoporose.

C Ragitis.

D Rumatoïede artritis. 7 x 2 = (14)

1.2 Gee die korekte biologiese term vir elk van die volgende:

1.2.1 ‘n Pigment wat suurstof dra en in rooibloedselle gevind word.

1.2.2 Dierweefsel wat wrywing verminder tussen die bene van ‘n gewrig.

1.2.3 Die tipe gewrig wat vrye beweging toelaat in alle rigtings en gevind word in die

skouer.

1.2.4 Die weefsel wat glukose in die blaar vervoer .

1.2.5 Die groei van ‘n kwaadaardige gewas as gevolg van onbeheersde selverdeling.

5 x 2 = (10)

Page 4: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 4

1.3 Bestudeer die onderstaande tabel. Voltooi die tabel deur slegs die vraagnommers

(1.3.1 tot 1.3.6) en die korekte antwoorde op die foliopapier neer te skryf.

Selorganelle Funksie Word gevind in plantselle/ Word gevind in dierselle/ Word gevind in plant- en dierselle

Ribosome 1.3.1 1.3.2

1.3.3 Sellulêre respirasie 1.3.4

Chloroplast 1.3.5 1.3.6

(6)

1.4 Dui aan of elkeen van die stellings in kolom I op toepassing is op SLEGS A, SLEGS B,

BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in kolom II. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B

of geeneen langs die vraagnommer (1.4.1 tot 1.4.7) op jou foliopapier neer. Bv. 1.4.8

Geeneen

Kolom I Kolom II

1.4.1 Boustene of monomere van koolhidrate

A. Gliserol B. Vette

1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese

1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige hoeveelheid water. B. Kom voor op warm, droë dae

1.4.4 ‘n Vitamien-gebreksiekte wat skeurbuik veroorsaak

A. Vitamien A B. Vitamien C

1.4.5 Nukleïensure A. RNA B. DNA

1.4.6 Vervoer opgeloste organiese voedsel A. Xileem B. Floeëm

1.4.7 Ronde, graanagtige strukture waar proteïensintese plaasvind

A. Ribosome B. Leukosome

7 x 2= (14)

Page 5: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 5

1.5 Bestudeer die onderstaande voorstelling van die osmose proses en beantwoord die vrae

wat volg.

1.5.1 Watter kompartement het die hoogste waterpotensiaal?

1.5.2 In watter rigting AB of BA sal die watermolekules beweeg?

1.5.3 Definieer die term selektiefdeurlaatbare membraan. 3 x 2 = (6)

Totaal Afdeling A: 50

Page 6: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 6

Afdeling B

Vraag 2

2.1 Bestudeer die diagram van ‘n sel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

2.1.1. Is die diagram dié van ‘n plantsel of ‘n diersel? (1)

2.1.2. Gee drie redes vir jou antwoord in 2.1.1. (3)

2.1.3. Identifiseer byskrif nommer 9. (1)

2.1.4. Van watter dubbele heliks struktuur is dit afkomstig? (1)

2.1.5. Noem een funksie van hierdie dubbele heliks struktuur. (1)

2.1.6. Noem die organel wat 2 genommer is. (1)

2.1.7. Wat is die funksie van die organel wat 2 genommer is? (1)

2.1.8. Watter sel in die menslike liggaam sal die meeste van die organel wat 2 genommer

is, besit? ( 2)

2.1.9. Skryf die nommer en name neer van drie organelle wat deur ‘n enkelmembraan

omring word. (3)

Page 7: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 7

[13]

2.2 Die vrae wat volg is gebaseer op die onderstaande mikrograaf van ‘n sel wat besig is om

te verdeel.

2.2.1. Identifiseer die fase wat in die mikrograaf getoon word. (1)

2.2.2. Gee ‘n toepaslike rede vir jou antwoord in 2.2.1 (1)

2.2.3. Gee twee redes hoekom mitose ‘n biologies belangrike proses is. (2)

2.3. Hoe verskil ‘n akson en ‘n dendrite van mekaar? (2)

2.4. Wat gee los, bindweefsel sy elastisiteit en sterkte? (2)

2.5. Tabuleer die verskille in funksies tussen rooibloed- en witbloedselle in die menslike

liggaam. (4)

[12]

Page 8: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 8

2.6. Die onderstaande diagram toon verskillende epiteelweefsel.

2.6.1. Identifiseer die verskillende tipe weefsels A tot D en verduidelik hoe elkeen

aangepas is om sy funksie te verrig. (8)

2.6.2. Waar in die liggaam kom weefsel C en D voor? (2)

10]

Vraag 3

3.1 ‘n Eksperiment is uitgevoer soos hieronder geïllustreer. Die dialise buis wat dien as

‘n semi-deurlaatbare membraan was gevul met ‘n 2% suikeroplossing en

verteenwoordig ‘n “model sel”. Die “model sel”was geplaas in ‘n beker met suiwer water

soos aangedui in (a). Die resultaat word getoon in (b).

3.1.1.Identifiseer en definieer die proses wat voorgestel word in hierdie eksperiment.(2)

3.1.2.Kyk na diagram (a), en dui aan waar die waterpotensiaal i) die hoogste en

ii) die laagste is. (2)

3.1.3.Verduidelik die gevolgtrekking van die eksperiment deur na diagram (b) te verwys

wat ‘n uur later waargeneem is. (2)

Page 9: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 9

3.1.4.Hoe verskillend sou die resultate in diagram (b) gewees het as die “modelsel”in ‘n

15% suikeroplossing geplaas was in plaas van suiwer water? (2)

3.2. Gee drie redes hoekom die menslike skelet so belangrik is. [3]

3.3. Verwys na die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat daarop volg.

3.3.1. Verduidelik wat sal gebeur met die arm wanneer spier X saamtrek? (2)

3.3.2. Spier Y kanselleer die effek wat deur spier X geproduseer word. Hoekom is ‘n tweede

spier nodig? (2)

3.3.3. Benoem die bene wat A tot E genommer is in die diagram. (5)

3.3.4. Wat bind spier X met die been? (1)

3.3.5. Identifiseer twee tipes gewrigte in die diagram en verduidelik die tipe beweging wat

elke gewrig toelaat. (4)

[24]

3.4 Bestudeer die onderstaande inligting in die tabel en beantwoord die vrae wat daarop

volg.

Ouderdomsgroep (in jare) Persentasie vroue wat frakture van die femur gerapporteer het.

20-29 0,0

30-39 0,0

40-49 0,4

Page 10: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 10

50-59 1,1

60-69 2,6

70-79 7,4

3.4.1. Gee twee moontlike antwoorde vir die tendens wat deur die data in die tabel

voorgestel word. (2)

3.4.2. Watter ouderdomsgroep toon die hoogste persentasie vroue met gekraakte femurs?)

3.4.3. Wat stel jy voor kan gedoen word om hierdie kondisie te verhoed? (2)

[5]

3.5. Wat is die verskil tussen bloedplasma, weefselvloeistof en limf? [3]

3.6. Die onderstaande tabel dui die hoeveelheid proteïene en kalsiumsoute wat in been

aangetref word. Die hoeveelheid dentien en emalje waaruit tande bestaan word ook

aangedui in die tabel.

Materiaal Samestelling (% droë massa)

Kalsium Proteïen

Been 65 35

Dentien 78 22

Emalje 98 20

3.6.1. Teken ‘n staafgrafiek om die droë massasamestelling van klasiumsoute en proteïene

in been, asook dentine en emalje te toon. (8)

3.6.2. Watter materiaal is die hardste van die drie? (2)

[10]

Totaal Afdeling B: 80

Page 11: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 11

Afdeling C

Vraag 4

Anorganiese en organiese verbindings vorm ‘n belangrike deel van ons lewens elke dag.

Lewe sou onmoontlik gewees het as ons nie hierdie stowwe op ‘n daaglikse basis inneem

nie.

Bespreek die stelling daarbo in die vorm van ‘n opstel deur na die volgende punte te verwys:

Die belangrikheid van die makro-nutrïente kalsium en fosfor tydens menslike

ontwikkeling

(4)

Die biologiese belangrikheid van proteïene. (4)

Page 12: Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 ... · A. Gliserol B. Vette 1.4.2 Verdeling van sitoplasma A. Sitokinese B. Kariokinese 1.4.3 Verwelking A. Blare verloor oortollige

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 November 2017 Page 12

Die belangrikheid van vitamiene A en C in ons daaglikse dieët.

(3)

Die sensitiwiteit van ensieme teenoor temperatuurveranderinge en pH waardes in

die menslike liggaam. (6)

Feite: 17

Neem kennis: ANTWOORDE IN DIE VORM VAN VLOEIDIAGRAMME SAL NIE GEMERK WORD

NIE.

Punte Bespreking

1 Inhoud (I). Alle feite is korrek.

1 Relevansie van inligting (R). Alle inligting aangaande die onderwerp is relevant.

1 Logiese vloei (L). Die opstel is beantwoord in logiese wyse.

Sintese: 3

Totaal Afdeling C: 20