16
Ervarings van water-voogdyskap in die Wes-Kaap © ANETTE KRISTENSEN ZA

Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

  • Upload
    lythuy

  • View
    252

  • Download
    12

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

b

Ervarings van water-voogdyskap in die Wes-Kaap

© A

ne

tte

Kr

iste

ns

en

ZA

• Ervarings van watEr-voogdyskap in diE wEs-kaapwwF.org.Za

Page 2: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

riglyne vir wes-kaapse vrugteboere oor behoorlike water-voogdyskap

© C

er

es

vAlle

i, WW

F

Hierdie brosjure is gerig op landbouprodusente wat aangewese is op watervoorsiening en wat daarin belang stel om meer te wete te kom van risiko’s wat met water verband hou asook hoe om dit te bekamp deur goeie praktyke, bewaring en rentmeesterskap.

Hiervoor word die ervarings van nege steenvrugteboere in die Breederivier-opvangsgebied van naderby bekyk. Hulle het in 2013 en 2014 deelgeneem aan ’n inisiatief oor water-voogdyskap. Hul ervarings sal na verwagting ander boere help om maniere te identifiseer om die gebruik en bestuur van waterbronne te verbeter, iets wat van kritieke belang is om hul sake aan die gang te hou.

Hierdie inisiatief vir rentmeesterskap, sowel as die brosjure, word gedryf deur die WWF Suid-Afrika, die WWF in Brittanje, die Alliansie vir water-voogdyskap (AWS), Marks & Spencer en Woolworths.

Page 3: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

1

Hierdie unieke reënvalpatroon maak die Wes-Kaap van kernbelang vir spesifiek landbougewasse wat met die uitvoermark verbind word. Dit sluit in steen- en kernvrugte (soos appels en pere) en sitrusvrugte, sowel as druiwe. Ander gewasse soos olywe, koring en groente word ook verbou.

Wat die Wes-Kaap met die res van Suid-Afrika gemeen het, is ’n hoogs veranderlike klimaat waarin droogtes en oorstromings oor die algemeen risiko’s meebring wat in gedagte gehou moet word. Dit word vererger deur voorspellings oor klimaatsverandering. Daarvolgens word die Wes-Kaap voortaan deur nog meer ekstreme weerstoestande in die gesig gestaar. Dit gaan na verwagting voortaan minder reën in die provinsie. Ander grondgebruike en die effek daarvan op waterbronne hou toenemend gevare vir watergehalte in. Hierdie fisiese risiko’s loop saam met die Suid-Afrikaanse regering se besluit om die toewys van water vir stedelike en dorpsgebiede asook nywerhedegebruike te prioritiseer¹. Dit laat die landbou-sektor

inlEidingDie Mediterreense klimaat van die Wes-Kaap bring warm en droë somers en nat, koue winters mee. Dit onderskei die streek van die res van die land wat deur somerreënval gekenmerk word.

met die ontnugterende werklikheid dat water noodsaaklik is vir sake, maar ook dat risiko’s in verband daarmee sake kan bemoeilik.

Risiko’s aangaande water word op talle vlakke erken. Dit sluit in kleinhandelaars wat risiko’s bykry deur middel van die voorraadketting. Die kleinhandelaar Marks & Spencer het die Water-risikofilter² wat deur die WWF ontwikkel is, toegepas om te bepaal of daar watergevaarpunte in sy eie voorraadlyn is.

In die Wes-Kaap is só ’n gevaarpunt vir steenvrugte geïdentifiseer. Gevolglik het Marks & Spencer ’n vennootskap met die AWS, die WWF-SA en Woolworths aangegaan. Hulle werk aan geleenthede vir water-voogdyskap met boere in die Breederivier se opvangsgebied om dié risiko te temper. In 2013 het nege boere vrywillig hierby betrokke geraak om moontlikhede vir water-voogdyskap op hul plase te identifiseer. Die projek word tans uitgebrei. In 2015 sal ondersoek ingestel word na water-voogdyskap in die boloop van die rivier.

1Pott, A., Hallowes, J., Backeberg, G. en Döckel, M. 2009. The challenges of water conservation and water demand management for irrigated agriculture in South Africa. Water International 34(3): 313-324.

2www.waterriskfilter.panda.org

Page 4: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

2

• Regstreekse fisiese risiko’s wat verband hou met – die beskikbaarheid van water

(droogte en oorstromings);– betroubaarheid (bergplek en

voorsiening-infrastruktuur); en– watergehalte (na en van plase).

• Maatskaplike risiko’s verwys tipies na ondernemings wat inbreuk gemaak het op lede van die gemeenskap se toegang tot water. In Suid-Afrika geld die teenoorgestelde egter ook, naamlik vandalisme en die diefstal van besproeiingstoerusting. Dit veroorsaak geldelike verliese, verlies aan water, gevaar vir oeste en om te moet belê in veiligheidsmonitering.

risiko vir watEr Om die waterrisiko’s te pak is dit belangrik om hulle eers te begryp. Ons het vier risikogebiede geïdentifiseer wat vir boere in die Breederiviervallei ter sake is.

• Regulatoriese risiko’s wat veroorsaak word deur veranderinge in die toewys van water en lisensies wat daarme verband hou, asook nuwe waterinstellings.

• Reputasie- en markrisiko’s wat verband hou met die wesenlike en waargenome ekologiese en maatskaplike uitwerking van watergebruik en -afvloei.

Neem ook die volgende in ag:

Watter van hierdie risiko’s is kwessies op jou plaas? Watter van hierdie risiko’s raak jou, asook ander boerderye in die omgewing? Dit sal jou help om risiko’s te identifiseer waaraan jy op plaasvlak aan aandag kan skenk asook watter risiko’s verder as jou plaasgrens strek en derhalwe ’n groep-poging gaan verg om dit te verminder.

© K

sC

hA

Ch

tsC

hn

eid

er

Page 5: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

3

Water-voogdyskap vir sake volg op toenemend verbeterde watergebruik asook ’n verminderde uitwerking van interne en waardekettingoperasies op water. Dit is veral ’n verbintenis tot die volhoubare bestuur van gedeelde waterbronne deur gesamentlike optrede saam met ander ondernemings, regerings, nieregeringsorganisasies en gemeenskappe.WWF-definisie

wat is watEr-voogdyskap?

Water, anders as die grond, word deurentyd verplaas. Rentmeesteskap daarvan verg dat jy kyk na waar dit vandaan kom, hoe jy dit gebruik en waarheen dit vloei.

Om ’n goeie rentmeester te word verg ’n langtermyn-verbintenis. Dit begin met klein treë, deur bewus te word van waterkwessies en dan om risiko’s die een ná die ander te verminder. ’n Goeie plek om te begin is om jou plaas se watergebruikpraktyke op te knap en dan stappe vir water-voogdyskap te verken wat die risiko’s in jou gebied kan verminder.

Redes om ’n goeie rentmeester te word is volop, soos ’n naderende of huidige waterkrisis. Ander redes is ’n moontlike toename in waterrisiko’s en dat jy ’n etiese markvoorsprong wil ontwikkel of word deur ’n sin vir verantwoordelikheid gedryf.

Waterrisiko’s word toenemend die werklikheid vir landbou. Toenemend maak dit goeie sakesin om te verseker die regte hoeveelheid water van die juiste gehalte is beskikbaar om te voorsien in wat ekostelsels, mense én ondernemings nodig het.

Word water­bewus

Begryp water­gebruik­op­jou­plaas­asook­die­risiko’s­daaraan­verbonde

Pas­beste­praktyke­toe

Raak­betrokke­by water­voogdyskap­anderkant­jou­plaasgrens

dra by tot waterbestuur­in­die­groter­opvangs­gebied

In Suid-Afrika word met die Nasionale Waterwet beoog dat die publiek en belanghebbendes (waaronder ondernemings) aan waterbestuur sal deelneem. Dit kan geskied deur middel van instellings soos die opvangsgebied se bestuursagentskappe en watergebruikverenigings of deur minder amptelike voogdyskapgroepe. Water is in almal se belang en daar is altyd werk wat gedoen moet word, of dit nou vir individuele watergebruikers is of kollektief.

Diagram 1:­Die­WWF­se­vyf­stappe­vir­water-voogdyskap­soos­geïnterpreteer­vir­’n­plaaskonteks.

5.4.3.

2.

1.

Page 6: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

4

Een wat van kernbelang is, is die AWS se voogdyskapstandaard wat deur die AWS ontwikkel is. Hierdie standaard is internasionaal, nuut en uniek omdat dit fokus op water-voogdyskap eerder as gesondheid en veiligheid of etiek. As sulks bied dit ’n duidelike aanduider oor vrae wat jy kan stel oor jou watergebruik en -risiko’s. Die AWS-standaard is nuttig op enige plek (hetsy ’n plaas of fabriek), om die hantering van water verbeter (soos uiteengesit in die WWF se stappe 1 tot 3 oor water-voogdyskap). Dit berei dan die weg vir kollektiewe optrede (stap 4). Verdere optredes is dan nodig om te verseker waterrisiko’s word bestuur deur met ander belanghebbendes in die opvangsgebied saam te werk (stap 5).

Die standaard is beskikbaar vir enigiemand om te gebruik en ’n amptelike verifikasie-proses word tans ontwikkel. Soos wat die AWS-standaard ten volle operasioneel word, kan sommige handelsmerke en boere wat besluit het dat water-voogdyskap vir hulle van waarde is, kies om hul voorsieningkettings te sertifiseer of hul plaas by die standaard.

diE aws-standaard En voorsiEningskEtting Dit is alles goed en wel om belang te stel in waterrisiko’s en geleent-hede vir water-voogdyskap, maar waar begin ’n mens? Daar is verskeie keuses en bestaande instrumente tot mense se beskikking.

Die WWF, AWS, Marks & Spencer en Woolworths het gesamentlik die struktuur en inhoud van die AWS-standaard vir die landbousektor in die Breederiviervallei-opvangsgebied op die proef gestel. Nege plase het ingewillig om hieraan deel te neem. Hulle het die geleide proses deurgegaan om kernbelangrike risiko’s vir water en geleenthede vir die rentmeesterskap te identifiseer. Dit het tot ’n voogdyskap-waterplan op die lang termyn gelei. Geleenthede vir water-voogdyskap in die groter Ceres-gebied is ook geïdentifiseer.

Hierdie proses het getoon dat die standaard ’n mens help om meer oor waterkwessies te leer. Soms is dit egter gerade om hulp te hê om die resultate te interpreteer en om te weet hoe om dit om te sit in bruikbare moontlikhede vir voogdyskap. Die WWF ontwikkel tans ’n webgebaseerde instrument om aan AWS-inligting ’n meer Suid-Afrikaanse en landboukundige kleur te verleen. Dit het ten doel om boere te help vorder met water-voogdyskap.

Daar was wyd besorgdheid dat die skep van nóg ’n waterstandaard tot die werklas van boere gaan bydra wat reeds jaarliks aan ander kwalifikasiestandaarde moet voldoen. Die AWS wil egter die verskeie standaarde stroomlyn en integreer met die doel om samewerking te vergroot. Dit sal boere in staat te stel om meer holisties te wees wat hul benadering betref.

Figuur 1: Die­AWS-diagram­wys­volgehoue­verbeterings­deur­middel­van­’n­proses­van­ses­stapppe.

stap 2: vordEr data in En vErdiEp BEgrip

stap 3: BEplanstap 4: stEl dit in wErking

stap 5: EvaluEEr

stap 6: kommunikEEr En maak inligting BEkEnd

stap 1: vErBind tot diE prosEs

Page 7: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

5

opsomming van diE aws-stappE Die AWS-standaard kan voltooi word op verskeie vlakke en sal erken word deur sertifikasie as deel van die kernkriteria of, bykomend, gevorderde kriteria.

Figuur 2: ’n Opsommende diagram van kernvlak-kriteria vir die ses stappe

Figuur 3: Opsommende diagram van kriteria op’n gevorderde vlak vir die ses stappe

stap 1: vErBind tot prosEs•­Leiers­verbind­tot­proses•­Beleid­vir­water-voogdyskap

stap 2: vordEr data in En vErdiEp BEgrip•­Definieer­omvang•­Identifiseer­die­belanghebbendes•­Data­oor­die­opvangsgebied•­Data­oor­water­op­die­spesifieke­plek•­Nieregstreekse­watergebruik­•­Gedeelde­wateruitdagings­•­Verstaan­en­prioritiseer­waterrisiko’s,­asook­geleenthede

stap 2: vordEr data in En vErdiEp BEgrip•­Steun­gesamentlike­data-insameling•­Win­bykomende­data­in•­Hersien­’n­amptelik­studie­oor­toekomstige­waterscenario’s•­Doen­’n­gedetailleerde­evaluasie­van­nieregstreekse­watergebruik­•­Verstaan­grondwater/e-vloeie­en­die­plek­se­bydrae•­Voltooi­’n­vrywillige­SIA­(ontleding­van­maatskaplike­impak)

stap 3: BEplan•­Wetlike­stelsel­van­nakoming•­Plan­vir­water-voogdyskap•­Reaksieplan­vir­voorvalle•­Stel­owerhede­in­kennis­van­planne

stap 3: BEplan•­Verkry­konsensus­van­belanghebbendes­oor­die­plek­se­teikens­vir­water-voogdyskap­•­Ontwikkel­’n­amptelike­plan­vir­klimaatsverwante­aanpassings

stap 4: stEl in wErking•­Kom­wette­na•­Handhaaf/verbeter­waterbalans•­Handhaaf/verbeter­watergehalte•­Handhaaf/verbeter­die­stand­van­die­IWRA’s•­Neem­deel­aan­die­bestuur­van­die­opvangsgebied•­Handhaaf/verbeter­nieregstreekse­watergebruik­•­Voorsien­WASH­op­spesifieke­plek•­Spreek­bekommernis­uit­oor­gedeelde­infrastruktuur­vir­water

stap 4: stEl in wErking•­Behaal­resultate­met­beste­ praktyke­vir­waterbalans­op­ die­betrokke­plek•­Behaal­resultate­met­beste­praktyke­ vir­watergehalte­op­die­betrokke­plek•­Behaal­resultate­met­beste­praktyke­met­die­herstel­van­IWRA•­Behaal­resultate­met­beste­praktyke­vir­waterbestuur•­Bevorder­waterhoogtemerk­vir­nywerhede­se­watergebruik­•­Wys­water­wat­gespaar­is­toe­vir­maatskaplike­en­omgewingsbehoeftes•­Neem­deel­aan­kollektiewe­optrede­vir­gedeelde­wateruitdagings­•­Dryf­die­vermindering­van­nieregstreekse­watergebruik•­Voltooi­die­inwerkingstelling­van­inisiatiewe­wat­met­water­verband­hou•­Bied­toegang­tot­WASH­in­die­omgewing

stap 5: EvaluEEr•­Evalueer­werkverrigting,­risiko’s­en­voordele•­Evalueer­insidente•­Pleeg­oorleg­met­belanghebbendes•­Werk­planne­vir­rentmeesterskap­by­en­vir­reaksie­op­insidente

stap 5: EvaluEEr•­Hersien­pogings­met­rentmeesterskap­op­die­vlak­van­die­uitvoerende­of­bestuursliggaam•­Hou­’n­amptelike­evaluasie­van­belanghebbendes

stap 6: kommunikEEr En maak inligting BEkEnd•­Maak­interne­bestuursmetodes­bekend•­Maak­vertoning­van­water-voogdyskap­bekend•­Maak­bekend­die­pogings­om­aan­gedeelde­wateruitdagings­aandag­te­skenk•­Streef­deursigtigheid­na­in­die­ nakoming­van­die­standaard­

stap 6: kommunikEEr En maak BEkEnd•­Maak­waterrisiko’s­bekend­aan­eienaars­(in­ooreenstemming­met­erkende­raamwerke­vir­bekendmaking)•­Stel­’n­program­in­vir­opvoeding­oor­water•­Bespreek­rentmeesterskap­op­terreinvlak­in­organisasie­se­jaarverslag

diE aws-standaard (wEErgawE 1.0): kErnkritEria

diE aws-standaard (wEErgawE 1.0): gEvordErdE kritEria

stap 1: vErBind tot prosEs•­Bevorder­AWS-inisiatiewe•­Verbind­tot­ander­inisiatiewe•­Verseker­’n­verbintenis­tot­rentmeesterskap­van­die­organisasie­se­mees­senior­liggaam•­Prioritiseer­gemeenskappe­se­reg­op­water

Page 8: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

6

Hoeveelheid water – kry die tegnologie regDrie van die nege plase se bestuur en eienaars het tot die slotsom gekom dat die juiste tegnologie van kernbelang is om doeltreffende watervoorsieningsprosesse te behaal. Só ’n besluit kos egter baie en verg die sorgvuldige opweeg van keuses en prioritiserings. Vir sowel Esperanto as Welgemeen was dit ’n voorkeursaak om te skuif van ’n tydgebonde watervoorsieningsproses na een wat gegrond is op watervloei. Sodoende is daar groter beheer oor die werklike hoeveelheid water wat in leibeurte gebruik word. Waboomskraal het dit in die

besonder bruikbaar gevind om te kyk na die voggehalte van die grond bykomend tot die gewone put- en graaftoetse met die hand. Die inwerkingstelling van twee proefsteke oor voggehalte het belangrike insigte meegebring vir die optimalisering van watervoorsiening. Die uitbreiding van ondersoeke na voggehaltetoetse na die res van die plaas is deel van ’n vyfjaarplan.

watergehalte – wees in die kol hiermeeAs deel van pogings om hul plaas se watergebruik en risiko’s te verstaan het Romansrivier die watergehalte gemeet van hul inkomende en afvloeiwater by

GEVALLESTUDIES

Figuur 4: Kaart­van­die­gebied

Vrywilliger-steenvrugplase

Skaal

1: 500 000

Legendedorpe

Vervaardigers

RiviereKwaternêre­opvangsgebied

Lys van Plase

Nr Plaas1 Esperanto2 Lushof3 Romansrivier4 Trevor­se­plaas5 Welgemeen6 Ou­Stasie7 Denou8 Waboomskraal9 Sonskyn

Page 9: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

7

die laagste wegvloeiende afvloeipunt aan die plaasgrens. Hulle het bevind dat die voedingstofvlakke van hul afvloeiwater ruim aan watergehalteriglyne vir afvloeiwater voldoen en dus veilig vir boere stroomaf om te gebruik. Hulle het ook agtergekom dat daar ’n toename in voedingstofvlakke is tussen hul inkomende en afvoerwater. Hulle het tot die slotsom gekom dat hul gebruik van bemestingstowwe ruimte vir verbetering laat. ’n Gedeelte van hul gebruikte bemestingstowwe het letterlik “bergaf geloop”, iets wat geld mors en bydra tot eutrofikasie-risiko’s verder stroomaf.

As deel van die proses waarvolgens hierdie besluit bereik is, was ’n sorgvuldige evaluasie om te keer dat vrugteproduksie ly deur die gebruik van te min bemesting. Van die 2013- tot 2014-groeiseisoen het die plaas sy gebruik van bemestingstowwe met 25kg/ha verminder.

Dit is ’n dapper stap wat ’n noukeurige ondersoek verg na nog watergehaltetoetse, vrugteproduksie en hul bankrekening om te sien of Romansrivier nou sy bemestingkoers optimaal benut.

die hantering van maatskaplike risiko’s oor water – die sorgvuldige uitleg van besproeiingstesels maak jou minder van ’n teikenDie Denouplaas is geleë aan die rand van Prince Alfred Hamlet – en kan ’n maklike teiken wees vir opportuniste en gefrustreerde gemeenskapslede. Alte gereeld is die plaas se besproeiing bemoeilik deur vandale en diefstal – dit het ’n uitwerking op die sproeiers, krane, kragdrade en die inhoud van pomphuise. Vanjaar het Denou begin met ’n proses om ’n deel van sy besproeiing-pypleiding te herontwerp en om al die krane na veilige plekke op die plaas te skuif. Dit beteken al die krane kan van een plek beheer word wat ver van die dorpsoom geleë is. As deel van die proses het Denou ook al die oorblywende asbes-besproeiingspype met ander vervang. Hierdie optrede verbeter die gesondheidvlak en veiligheidsvlak en verminder die koers van lekkasies, iets wat in die algemeen met verouderde asbespype in verband gebring word.

GEVALLESTUDIES

© s

dziK

iti

© s

dziK

iti

Page 10: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

8

risiko’s vir jou reputasie – die teenvoeter is om pro-aktief te weesDie plaas Lushof het die media in 2014 bereik – nie vanweë sy risiko’s vir reputasie nie maar eerder vir die pro-aktiewe bevordering van uitnemendheid. As deel van ’n mediareis van die WWF-SA en Woolworths vir Wêreldwaterdag in 2014 is ’n onderhoud met Lushof gevoer deur die landboutydskrif Landbou Weekblad oor sy tegnologies gevorderde besproeiingstelsel. Lushof se sewepuntplan is soos volg gedokumenteer:

1. Plant kultivars wat geskik is vir jou gebied.

2. Pas jou besproeiingstegnologie aan na gelang van jou gebied – Lushof gebruik mikrosproeiers met ’n klein straal wat vir hul plaasomgewing geskik is. Sodoende vergroot hulle die plantproduksie en minimaliseer watergebruik.

3. Ken jou grondsoort – en besproei dit dienooreenkomstig, gebruik afvloeimeters om die toepassing van die besproeiing te meet en ’n druksensitiewe stelsel om te verseker dat die juiste hoeveelheid water gebruik word.

4. Wend nuwe tegnologie aan, soos grondvogpeilers (IT-standaard) wat deurentyd data deur middel van radioseine na ’n gesentraliseerde stelsel stuur. Daar kan bestuurders die data interpreteer op rekenaars en selfone en vinnig optree. Sodoende word effektiewe besproeiing optimaal gemaak.

5. Instandhouding is noodsaaklik – altesame ses mense is verantwoordelik vir die monitering en instandhouwerk aan die stelsel.

6. Stel meetbare doelwitte – sorg vir ’n vloeimeter om watergebruik te help dokumenteer en weet wat is in jou dam.

7. Toets jou vrugte – vrugte met effense waterstres het meer suiker in as vrugte wat te veel water kry. Dit is dus nodig om jou besproeiingsbalans reg te kry om die gewenste suikerinhoud in al jou vrugte te verkry, of hulle op sand of in kleigrond is en of hulle besproei word met mikrospuite of met drupbesproeiing.

Vanweë die artikel het Lushof aansienlik aandag gekry en verskeie versoeke van ander boere om ’n toer van die plaas te kry en van Lushof te leer. Hierdie proses het Lushof se risiko’s vir sy reputasie merkbaar verminder, maar dit bly belangrik om aan die voorpunt te bly.

Lushof het ook toekomstige planne om hul boorde te beperk met betrekking tot die Skaaprivier wat deur die plaas vloei. Hierdie skuif sal probleme met die boord uitskakel wat geneig is om swamme te kry weens baie water by die rivier. Gevolglik sal dit nie ’n aansienlike verlies aan produksie meebring nie. Dit sal ook die Skaaprivier se buffersone vergroot waar dit deur die

GEVALLESTUDIES

© s

dziK

iti

Page 11: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

9

plaas vloei. Die Skaaprivier is ’n syloop van die Breederivier, het water van ’n lae gehalte en verloor natuurlike habitat weens aanplantings onder die vloedlyn.

Deur ’n gedeelte van die natuurlike buffersone te laat herstel is ’n eerste tree om die rivier, wat tot op hede grootliks as afvoersloot dien, te rehabiliteer.

regulatoriese risiko’s – hou dit dopDie Waterwet van 1998 het die eienaarskap van water in Suid-Afrika grondig verander. Water wat voorheen in privaat besit was, is nou ’n nasionale bate onder bewaring van die regering, dit wil sê die departement van waterwese en sanitasie. Alle watergebruikers moet hul watergebruik registreer en die reg toegeken word om ’n toegewese hoeveelheid water te ontvang. Hierdie toegewese hoeveelheid is geverifieer en gevalideer in opvangsgebiede van die Breede-, Berg- en Olifantsdoorn-river. Watergebruik wat bo die toegewese hoeveelheid is, kan geïdentifiseer en reggestel word. Enigiemand wat nie voldoen aan die regulasies nie kan ’n wettige hertoewysing van water as ’n regulatoriese waterrisiko beskou, omdat dit ’n uitwerking op die produksiekoers en sake sal hê.

Dit berus by die regering om water opnuut toe te wys tussen sektore, volgens waargenome behoeftes en geldelike uitsette. Dié mag het by tye gesorg vir vuurwarm debatte tussen die departement van waterwese en die landbousektor. Mnr. Trevor Abrahams is ’n boer en lid van die raad van die bestuursagentskap van die Breede-Gouritz-opvangsgebied. Hy bevind hom in die seldsame posisie dat hy die proses van die rentmeesterskap bekyk as ’n boer én as verteenwoordiger van die watersektor. Hy vind dat die proses om water-voogdyskap, soos uiteengesit in die AWS-standaard, gegrond is op wetenskaplike bewyse, die goeie byhou van rekords en verantwoordelike praktyke. Dit is dus ’n instrument om goed gedokumenteerde gevallestudies te skep vir plase en ook maklik vir reguleerders om waardasies te doen. Hy beskou water-voogdyskap en spesifiek die AWS-standaard as ’n moontlik neutrale roete om te volg as daar besorgdheid oor regulatoriese risiko’s is.

opvangsgebied-inisiatiewe in die bo-BreederivierSoos wat die projek in die Breederiver-gebied gevorder het, het ons belanghebbendes genooi om waterrisiko’s en rentmeesterskap wat verder as plaasgrense strek te bekyk. ’n Produktiewe bespreking het tot die identifisering van drie risiko’s gelei, naamlik:

1. Die gehalte van water rondom snelgroeiende dorpsgebiede (risiko’s vir fisieke watergehalte)

2. Tekort aan toegang tot gedeelde inligting aangaande rentmeesterskap (dit verhinder verantwoordelike watergebruik)

GEVALLESTUDIES

diE watErwEt van 1998 HEt diE EiEnaarskap van watEr in suid-aFrika grondig vErandEr. watEr wat voorHEEn in privaat BEsit was, is nou ’n nasionalE BatE ondEr BEwaring van diE rEgEring

Page 12: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

10

3. Indringerplante en die verminderde beskikbaarheid van water in die boloop (risiko vir die hoeveelheid water beskikbaar)

Die identifikasie van hierdie risiko’s is omgesit in geleenthede vir water-voogdyskap wat die opvanggebied se bestuursagentskap sal betrek en ander boere, die munisipaliteit en dorpsinwoners sal nooi om daaraan deel te neem.

Oor die algemeen het die landbouproduksie – en die noodsaaklikheid van arbeid – in die Ceresvallei skerp toegeneem nadat die herboude Koekedouwdam hom in 1998 bewys het as ’n betroubare waterbron. Vermeerderde landbouproduksie beteken ook ’n toename in die noodsaaklikheid van arbeiders. Prince Alfred Hamlet, geleé net noord van Ceres, het tussen 4 000 en 5 000 inwoners. Dié dorp, soos talle ander in die streek, bied huisvesting aan die seisoenale invloei van mense wat daarheen gaan vir werkgeleenthede in oestyd. Talle mense bly permanent aan in die vallei. Die vinnige toename in dorpsvestiging het uitdagings na vore gebring wat verband hou met sanitasie en die hoëdigtheid-aanhouding van lewende hawe in gebiede wat nie hiervoor ontwerp is nie. In Prince Alfred Hamlet hou baie van die kwessies oor sanitasie en die ruimte vir lewende hawe daarmee verband dat dit naby is aan die Waboomsrivier, ’n syloop vir die Breederivier. Oor die volgende jaar is die doel om relevante belanghebbendes by ’n inisiatief betrokke te kry wat sal help om inwoners op te voed en die sanitasiegeriewe se reëlings te verbeter om besoedeling te verminder. Dit het ook ten doel om waar moontlike munisipale steun te verkry en

om toe te laat dat die bestuursagentskap (CMA) sy plan in werking stel om die watergehalte naby Prince Alfred Hamlet noulettend te monitor.

Die plaas Romansrivier moet ingevolge ’n ooreenkoms met CapeNature jaarliks R100 000 belê om indringerspesies op plaasheuwels uit te roei. Dit verseker dat daar goeie afvloei is vir die bo-opvangsgebied van die Breederivier. In hul ervaring is dit ’n nimmereindigende taak as jy net op plaasskaal daaraan aandag skenk weens sade wat oorwaai van naburige gebiede. Die genoegsame skoonmaak van gebiede met indringerplante verseker goeie watervoorsiening stroomaf en is ’n groepsinisiatief wat ’n gekoördineerde benadering van hierdie skoonmaaktaak verg. Aanvanklike finansiering van Woolworths en Marks & Spencer sorg vir betrokkenheid en die beplanningsfase vir ’n skoonmaak-inisiatief in dié gebied.

Die laaste stap is om die webgebaseerde instrument te ontwikkel en beskikbaar te stel wat hopelik maklik toegang gee tot inligting oor water-voogdyskap wat relevant is vir die landbou in Suid-Afrika. Dié instrument sal vir eers fokus op die Wes-Kaap. Na beoog word, sal dit uitgebou word sodat dit ook vir boere landwyd relevant sal wees.

GEVALLESTUDIES

Indringerplante – dors indringers van die landskap

In­Suid-Afrika­het­indringerplante­reeds­groot­gebiede­oorgeneem,­wat­biodiversiteit­bedreig.­Dit­gebruik­ook­meer­water­as­wat­inheemse­plantegroei­benodig.­Indringerplante­slurp­jaarliks­na­beraming­sowat­3,3­biljoen­kubieke­meter­water­op.­Dit­is­gelykstaande­aan­bykans­7%­van­ons­riviervloei.­Regeringsprogramme­soos­Werk­vir­Water­en­NRO-programme­soos­die­WWF-SA­se­Water­Balance­het­ten­doel­om­indringerplante­uit­te­wis,­veral­in­ons­waterbron-gebiede.­

Page 13: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

11

landbou anderkant die Breederivier se opvangsgebiedWater-voogdyskap kan maklik toegepas word op alle landbousektore, waaronder gewasse wat natgelei word asook dié wat net reën kry, asook op plase met lewende hawe. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan landbou se afhanklikheid van water en die potensiaal om waterbronne te besoedel. ’n Instrument soos die AWS-standaard bied ’n uitgewerkte roete vir die landbousektor om met die vereistes van die watersektor te werk.

Die meeste boere ervaar egter reeds druk oor verskeie nasionale en internasionale gesondheids, veiligheids- of etiese standaarde. Sommige sektore het reeds inisiatiewe vir volhoubaarheid soos die vrugte- en wynbedryf (die biodiversiteit-en-wyninisiatief of BWI, met meer as 180 lede) en die suikerbedryf (die volhoubare suikerriet-plaasbestuurstelsel of SusFarMS), wat deur 47 000 lede onderskryf word). Vir watervoogdyskap om goed geïntegreer te word in die landbousektor is dit veral belangrik

watEr-voogdyskap andErkant diE BrEEdEriviErvallEi Die gedagte aan die rentmeesterskap van water kom internasionaal voor. As sulks is die AWS-standaard ook ontwerp om wêreldwyd gebruik te word deur verskeie sektore, soos byvoorbeeld die tekstielbedryf en mynwese. Soos wat die AWS-standaard ontwikkel groei, moet ’n mens jouself afvra hoe gaan water-voogdyskap in Suid-Afrika daaruit sien as ’n mens verder as die omvang van die Breederiviervallei daarna kyk. Hieronder is gedagtes in hierdie verband:

stEl BoErE in staat om Hul aandag tE wy aan kosproduksiE – op ’n wysE wat vErantwoordElik is tEEnoor vErBruikErs, diE omgEwing én toEkomstigE gEnErasiEs.

om die standaarde en inisiatiewe te stroomlyn. Ons hoop dit sal die eindelose herhaling uit sertifisering haal wat boere in staat sal stel om hul aandag te wy aan kosproduksie – op ’n wyse wat verantwoordelik teenoor verbruikers, die omgewing én toekomstige generasies is.

BosbouTalle in die plaaslike bosbousektor onderskryf die Forest Stewardship Council™ (FSC™). Vir die afgelope 15 jaar is die FSC ’n voorstander vir ’n vrywillige proses om watergebruik te verbeter – naamlik om bome uit te haal by water en om ’n buffersone van 30 m om vleilande en riviere te skep. Dié praktyk is goed gevestig in die bosbousektor, maar in wese is dit maar een aspek om in ag te neem binne die

Page 14: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

12

veel groter proses van water-voogdyskap. ’n Bekendstelling aan rentmeesterskap van water sal ’n aansporing wees vir dié sektor om na die groter spektrum van waterkwessies te kyk, ook in meer tegniese detail. Bosbouers sal moet wys dat hul impak buite plantasie-grense goed bestuur word, veral wat betref indringerplante wat versprei en verwoestende gevolge op ganse opvangsgebiede kan hê.

mynbouMynbou word in die algemeen beskou as ’n sektor wat ’n ernstige negatiewe uitwerking op die landskap en opvangsgebied het. Dit is moeilik om jou in te dink dat ’n myn ’n sertifikaat vir water-voogdyskap kan hê. Goud- en steenkoolmyne het

volop negatiewe publisiteit ontvang wat verband hou met die swak bestuur van suurmynwater.

Binne elke sektor is egter die potensiaal vir beter produksie, die vermindering van die uitwerking daarvan, die internalisering van koste wat met die omgewing verband hou en samewerking met bure om beter watersekerheid vir almal te verseker. Wat as praktyke insluit die herwinning van ou mynhope in plaas daarvan om nuwe gate in die grond te grawe? Wat as ’n myn daartoe verbind was om sy vlakke van afvloeiwater te suiwer (tot vlakke volgens nasionale riglyne) vir ’n tydvak van dekades, ver anderkant die aktiewe leeftyd van ’n myn? Sou sulke vlakke van verantwoordelikheid die myn se rentmeesterskap inhou?

© K

sC

hA

Ch

tsC

hn

eid

er

Koekedouwdam,­Ceres

Page 15: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

WATERRISIKO:

waterriskfilter.panda.org

WATER-VOOGDYSKAP:

AWS www.allianceforwaterstewardship.org

WWF panda.org/ws

WATER EN LANDBOU:

www.wrc.org.za

BykomEndE inligting Hier kry jy bykomende inligting:

VIR VERDERE INLIGTING OOR POGINGS MET RENTMEESTERSKAP IN DIE BREEDERIVIERVALLEI:

http://corporate.marksandspencer.com/blog/stories/marks-and-spencer-water-stewardship

REGSTREEKSE KONTAKBESONDERHEDE:

Klaudia Schachtschneider, Program vir rentmeesterskap van water, WWF-SA: [email protected]

Claire Bramley, Program vir rentmeesterskap van water, WWF-UK: [email protected]

Page 16: Ervarings van water-voogdyskap -...In die Wes-Kaap is só 'n

FaCEBook

wEBwErF

twittEr trEE nou op

Volg ons op facebook.com/WWFSA.

Volg ons op twitter.com/wwfsouthafrica. Vind uit by

wwf.org.za/actnow wat jy kan doen.

Besoek wwf.org.za vir verdere inligtin.

WWF­is­’n­geregistreerde­organisasie­sonder­winsbejag,­nommer­003-226­NPO.­©­1986­Panda-simbool­en­®­WWF”­Geregistreerde­handelsmerk­van­die­WWF-World­Wildlife­Fund­For­Nature­(tevore­die­World­Wildlife­Fund),­Eerste­verdieping,­Bridge­House,­Boundary-terrasse,­Mariendahllaan,­Nuweland,­Kaapstad.­Posbus­23273,­Claremont,­7735,­t:­+27­21­657­6600,­e:­[email protected],­www.wwf.org.za

wwF suid-afrika

www.wwf.org.za

©­DAV

ID­W

OODFA

LL­/­WWF-U

K

• Ervarings van watEr-voogdyskap in diE wEs-kaapwwF.org.Za

ZAHoekom ons hier isOm­die­agteruitgang­van­die­planeet­se­natuurlike­omgewing­te­keer­en­om­’n­toekoms­te­bou­waarin­die­mens­in­harmonie­met­die­natuur­leef.