21
FAMILIENUUS Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Algemeen 1 Familiewees 2 Maandprogram 10 Nuwe Generasie 12 Geloofsgroei 14 Familiewees 15 Menswees en kuns 16 Inligting 19 Glimlag 20 Kontak 21 In hierdie uitgawe September 2010 REDAKSIE [email protected] Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien! 1 IN HIERDIE UITGAWE Vir die Fliekvlooie Gemeenskapsprojekte Bybelreis Belydenisaflegging Selgroepe Boelies Fotografie Nuwe gesigte Ek was so ‘n jong voortvarende dominee, vol van my eie drome en ambisie oor die bediening, toe my eerste kollega met my ‘n beginsel deel wat tot vandag nog deel is van my bediening en my men- swees. Ons sit die dag en gesels by ons weeklikse nadenke en beplanning en ek pak uit oor die frustrasies van die bediening. Oor hoe mense nie wil groei nie, en nie verstaan nie en hulleself en hulle mense (en die Here) in die steek laat. Hy het my rustig laat voortgaan met my tirade en toe ek uit- gepraat is, eers gereageer. Sy antwoord het ek nooit vergeet nie. “Jan”, het hy rustig gesê, “jy moet jou gemeente liefhê, anders gaan jy dit nie maak nie.” Ek was eers omgek- rap oor die onnodige raad, maar hoe dieper ek daaroor nagedink het, hoe meer het die besef my beetgepak dat dit dalk die belangrikste stukkie inligting was wat ek in ‘n lang tyd ontvang het. Sien, het ek mettertyd ontdek, mense sal altyd mense wees. Vol foute, teleurstellings, vreugde, hoop, boosheid en al die ander dinge wat ons mens maak. En liefde is nie net daardie warm gevoel om die hart vir iemand anders nie. Liefde is “’n ferm verbintenis tot die welwese van iemand anders.” Ek het geleer dat predikantwees in die heel eerste plek daaroor gaan om lief te word vir die gemeenskap waarin jy dien. Dat jy jouself moet verbind tot daardie mense se wel- wese, en jouself daarvoor gee. Uit hierdie gesindheid vloei ‘n bedien- ing wat sin en betekenis vir mense bring. Die lekkerste deel van hierdie storie is dat ek die voorreg het om deel van ‘n span bedienaars te wees in ons Geloofsfamilie vir wie hierdie uiters belangrik is. Elkeen van hulle, het ek geleer, is hartgrondig en met oorgawe lief vir ons geloofsfamilie. Op die regte manier: Liefde wat die be- ste soek en soms die ongemak en frustrasie van die verbintenis laat skaaf, omdat dit is hoe dit is. Dankie vir die voorreg wat ons het om jou te bedien op hierdie plek en in hierdie tyd. Wees verseker dat ons groot wil droom saam met jou om ons Vader se Koninkryk te laat kom, sodat ons elkeen kan wees wat Hy vir ons droom. Droom saam met ons oor die manier wat God ons gaan verras en ons gaan lei tot nuwe oorgawe en bele- wenis van Hom. Liefde is … Jan Venter

Familienuus September 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Familienuus van September 2010

Citation preview

Page 1: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

P ie r re van Ryneveld Gemeenskapskerk

Algemeen 1

Familiewees 2

Maandprogram 10

Nuwe Generasie 12

Geloofsgroei 14

Familiewees 15

Menswees en kuns 16

Inligting 19

Glimlag 20

Kontak 21

In hierdie uitgawe

September 2010

REDAKSIE

[email protected]

Gesels met ons oor wat

jy in ons blad wil sien!

1

IN HIERDIE UITGAWE

• Vir die Fliekvlooie

• Gemeenskapsprojekte

• Bybelreis

• Belydenisaflegging

• Selgroepe

• Boelies

• Fotografie

• Nuwe gesigte

Ek was so ‘n jong voortvarende dominee, vol van my eie drome en ambisie oor die bediening, toe my eerste kollega met my ‘n beginsel deel wat tot vandag nog deel is van my bediening en my men-swees. Ons sit die dag en gesels by ons weeklikse nadenke en beplanning en ek pak uit oor die frustrasies van die bediening. Oor hoe mense nie wil groei nie, en nie verstaan nie en hulleself en hulle mense (en die Here) in die steek laat. Hy het my rustig laat voortgaan met my tirade en toe ek uit-gepraat is, eers gereageer. Sy antwoord het ek nooit vergeet nie. “Jan”, het hy rustig gesê, “jy moet jou gemeente liefhê, anders gaan jy dit nie maak nie.” Ek was eers omgek-rap oor die onnodige raad, maar hoe dieper ek daaroor nagedink het, hoe meer het die besef my beetgepak dat dit dalk die belangrikste stukkie inligting was wat ek in ‘n lang tyd ontvang het. Sien, het ek mettertyd ontdek, mense sal altyd mense wees. Vol foute, teleurstellings, vreugde, hoop, boosheid en al die ander dinge wat ons mens maak. En liefde is nie net daardie warm gevoel om die hart vir iemand anders nie. Liefde is “’n

ferm verbintenis tot die welwese van iemand anders.” Ek het geleer dat predikantwees in die heel eerste plek daaroor gaan om lief te word vir die gemeenskap waarin jy dien. Dat jy jouself moet verbind tot daardie mense se wel-wese, en jouself daarvoor gee. Uit hierdie gesindheid vloei ‘n bedien-ing wat sin en betekenis vir mense bring. Die lekkerste deel van hierdie storie is dat ek die voorreg het om deel van ‘n span bedienaars te wees in ons Geloofsfamilie vir wie hierdie uiters

belangrik is. Elkeen van hulle, het ek geleer, is hartgrondig en met oorgawe lief vir ons geloofsfamilie. Op die regte manier: Liefde wat die be-ste soek en soms die ongemak en

frustrasie van die verbintenis laat skaaf, omdat dit is hoe dit is. Dankie vir die voorreg wat ons het om jou te bedien op hierdie plek en in hierdie tyd. Wees verseker dat ons groot wil droom saam met jou om ons Vader se Koninkryk te laat kom, sodat ons elkeen kan wees wat Hy vir ons droom. Droom saam met ons oor die manier wat God ons gaan verras en ons gaan lei tot nuwe oorgawe en bele-wenis van Hom.

Liefde is … Jan Venter

Page 2: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

2

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om een en almal te bedank wat reeds die afgelope dekade tyd opoffer om op ‘n weeklikse basis vir ons honger leerders van heerlike

toebroodjies te voorsien! Ek wil u verseker dat dit geweldig waardeer word, en beslis ons taak in die klaskamer vergemaklik omdat honger leerders net eenvoudig nie kan konsentreer nie.

Ons benodig egter wel 6 – 8 ekstra brode se toebroodjies vir Donderdae. Ons sal dit waardeer indien dit vir u moontlik is om Woensdagaande voor 19:00 die toebroodjies by Spar te kan besorg.

Aangeheg ‘n briefie wat van die leerders ontvang is. Ons plaas ook ‘n paar foto’s wat onlangs geneem is. Nogmaals baie dankie,

Kwaggasrandgroete,

Marthie Otto

Kwaggarandskool … ons sê dankie! Sampie Niemand

FAMILIEWEES

Page 3: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

3

Vir die mense wat gek is oor fliek is dit onver-staanbaar dat daar mense kan wees wat nie belangstel daarin nie. Vir fliekflooie is films die

verhale van ons tyd, ’n spieël van die tydsgees en denke, ‘n bron van inspirasie en vreugde, ‘n manier om meer van die lewe en verhoudings te leer en

nog vele meer.

‘n Goeie fliek help ons om op ‘n gesonde en ontspanne manier van ons sorge te vergeet, lek-ker te lag of huil en som-

mer net af te skakel. Goeie stories is nou maar

net eenmaal so.

Op ‘n manier is films ook die sosiale kommentaar

van die tyd waarin ons leef. Films hanteer temas en gedagtes wat leef in die harte en gedagtes van die mense van hier-

die tyd.

Films vorm mense se mening en opinies. Daar is selfs ‘n skool van denke wat dit wil hê dat

films een van die kragtigste invloede op ’n

gemeenskap of samelewing se waardes, houdings en modes is. Maar genoeg nou daar-

van!

As jy soos ek net ‘n goeie fliek wil geniet en na die tyd ‘n lekker gesprek saam met vriende daaroor wil deurwerk, is hierdie webwerf die een

vir jou -

www.hollywoodjesus.com

Amper elke film wat ooit ver-skyn het, asook die meeste van

die wat tans by ons vertoon word, word gelys en hanteer. Elke film het resensies en reflek-sie, sodat ‘n mens jou kan ver-gewis daarvan voor die tyd,

maar daar is meer.

Elke film word geëvalueer aan die hand van die beginsel “Christ in Culture”. Dit beteken

dat daar by elke film temas, waardes en vele meer is wat ons as gelowiges sinvol oor kan nadink. Dis ook lekker om dit met ander te deel, met ‘n

mens se kinders te gebruik as ‘n manier om oor Jesus te ge-

sels en in groepe te gebruik as materiaal vir

gesprekvoering.

Fliek met Oorgawe!!!

FAMILIEWEES

www.hollywoodjesus.com

September is tradisioneel die tyd wat die leiers van ons Geloofsfamilie ‘n paar dae spandeer by

Shayamanzi, Jannie en Issie Parsons se plaas in die Bosveld.

Dit is ‘n tyd waarin ons reflekteer oor ons reis saam met die Here, ons bediening en veral die pad

vorentoe. Dit is ons “balkontyd” waar ons probeer naderkom aan God se droom vir ons.

Hierdie jaar is ons daar van 15 - 19 September. Bid asseblief saam met ons dat die Here ons sal verras en verstom met Sy teenwoordigheid. Ons is so afhanklik van elkeen se gebed en verwag-

ting in die tyd wat ons daar is.

Jaarlikse Beplanningstyd … harte wat oop is vir Jesus

Page 4: Familienuus September 2010

Sang, musiek en nostalgie – dis mos dinge wat saamloop soos rugby en biltong, of wat praat

ek alles?!

Hoe dit ookal sy, einde Julie toe kuier Kevin by ons – in sy volle glorie, Elvis en Pavaroti en al. Min mense weet watter groot bydrae hierdie

kunstenaar lewer, veral ten opsigte van ons senior burgers. Hy tree gratis op en gee

homself.

Dit was ‘n heerlike oggend en sommige dames

het hulleself ook vir Kevin gegee! Die foto’s

spreek vir hulself.

Wie sê oues kan die lewe nie ook geniet nie?

Ons kon luister, terugdink en vêr vêr verlang na

daardie lekker ou dae. Dankie, Here, vir mooi

en lekker herinneringe!

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

4

Senior Burgers kuier saam met Kevin Leo Sampie

Page 5: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

5

FAMILIEWEES

Sopkombuis Sampie Niemand

Die sopkombuis is weer aan die gang en voorsien in groot behoeftes. Ons het net besef dat ons

diegene wat sonder kos en ‘n heenkome sit, nie kan verbygaan nie. Hierdie projek funksioneer

by ons kerk waar mense op ‘n Vrydag iets kan kom eet. Ons gemeente en die Potterhouse ge-

meente werk hier saam.

‘n Groep dames werk in spanne en voorsien die heerlikste sop en broodjies. Natuurlik benut ons

die geleentheid om nie net na mense se materiële nood om te sien nie, maar bring ons ook die

evangelie aan hulle. Buti Mahlangu speel hier ‘n groot rol. Ons uiteindelike doelwit is om hierdie

mense ook van ‘n werk te voorsien en hiervoor werk ons tans aan ‘n program waar hulle

bepaalde vaardighede kan aanleer soos tuinwerk, en die een of ander ambag. Indien daar

enige iemand is wat ons hier van raad of hulp kan bedien, vra ons dat jy met ons sal skakel.

1. Die lewe is onregverdig, raak gewoond

daaraan.

2. Die wêreld daar buite is nie gepla met jou

selfbeeld nie. Jy sal eers iets moet bereik voordat jy die reg gaan verdien om goed te voel oor jouself.

3. Jy gaan nie “groot geld” verdien net na skool nie. Jy sal dit met harde werk moet verdien.

4. As jy dink jou onderwyser is taai, wag tot jy

‘n baas kry.

5. Eenvoudige werk is nie benede jou waar-

digheid nie. Oupa en Ouma het ‘n naam daarvoor gehad, geleentheid.

6. As jy misluk met iets is dit nie jou ouers se

skuld nie. Moenie kla nie, leer uit jou foute.

7. Voor jy gebore is was jou ouers nie so

“boring” soos hulle nou is nie. Hulle het so geword van vir jou sorg. Doen so bietjie

jou deel eerder as om hulle altyd te kri-tiseer.

8. Deesdae is dit redelik maklik om matriek

te kry. Dis GLAD NIE hoe die lewe is nie.

9. Televisie is NIE die regte lewe nie. In die

regte lewe verlaat mense op ‘n stadium die koffiewinkel en gaan werk.

10. Wees gaaf met “nerds”. Die kans is goed

dat jy eendag vir een gaan werk!

Uit ‘n toespraak van Bill Gates (Microsoft)

tydens ‘n skool se matriek afskeidsdiens.

Laat ‘n mens dink!

Lewenslesse vir jongmense ...

Page 6: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

6

Ons Klerekas

Baie dankie aan elke lid van ons geloofsfami-lie wat met groot liefde en in oorvloed skenk.

Ons waardeer dit opreg en ek wil julle verse-ker dat dit in ‘n baie groot behoefte voorsien.

Ons ruimte by die kerk is egter baie beperk, en om te verhinder dat die klere by ons ophoop, wil ons dit graag so gou moontlik by die plek of plekke bring waar die nood so groot is. Daarom hou ons ons oë en ore oop

om die nood te identifiseer en verspreiding te bewerkstellig. Elke sak klere wat ons ont-vang, word uitgepak, gesorteer en weer net-jies opgevou en verpak. Hiervoor is daar ge-willige hande en ek wil graag baie dankie sê

aan Ina vd Walt, Annelize du Preez, Joan Vil-joen en Marie de Bruyn.

Van tyd tot tyd gaan ons ook ‘n verkoping hou en so geld insamel vir die koskas waar die nood ewe-so groot is.

Kan ons vriendelik vra: moet asb. nie die vol-gende bring nie: • Klere met telefoonnommers op • Skoolklere van ‘n spesifieke skool (jy kan

dit by daardie skool afgee vir hulle klerestoor)

• Vuil, stukkende en nat klere. Enige navrae kan gerig word aan Rina Niemand by 082 858 3409, of Amanda by die

kerkkantoor, 0126621708.

FAMILIEWEES

Lees en Skryf projek

Hierdie bediening is besig om meer momentum te kry en ons het tans 10 leerders wat op verskil-

lende vlakke opleiding ontvang van Maandag tot Donderdag, elke week om 19:00 by die jeug-saal. Lesmateriaal word verskaf deur die Gau-tengse Departement vir Volwasse Onderrig (ABET) en word tans waargeneem deur Buti,

Rosina, en Hermien Sauermann en haar moe-der, Christie van Wyk.

Wil jy nie jou huishulp of tuinwerker aanmoedig

om hierdie klasse by te woon nie? Dis ‘n won-

derlike stuk gemeenskapswerk wat hier gedoen

word.

Tannie Christie by haar leerders

Rosina geniet die klasse Buti by een van sy leerders

Page 7: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

7

Ons sien hom op die terrein, in ons eredienste en in ons gemeenskap – Buti Mahlangu, die man met ‘n hart vir siele vir Jesus. Baie mense sal vra: wat behels Buti se werk dan nou eintlik? Bereik

hy enigiets? Is sy bediening die moeite werd? Buti het die Nehemia-Bybelkursus suksesvol deurloop en is ‘n betaalde werknemer in ons geloofsfamilie. Hy woon in ons gemeenskap en het onlangs die trotse eienaar geword van ‘n Golfmotor wat ‘n barmhartige egpaar in ons gemeente aan hom geskenk het. Sy bediening is

gerig tot die Afrikatalige deel van ons gemeenskap en behels oorsigtelik die volgende:

• Lei van eredienste elke Sondag in die jeugsaal • Skakel in en neem ook leiding by hulle sangbediening • Lei van bidure

• Lei van Bybelstudies • Help met die aanbieding van lees- en skryfklasse • Dinsdae reik hy uit na hospitale en ondernemings waar hy boodskappe bring • Hy neem ook leiding by die sopkombuis • Neem talle begrafnisse waar

• Pastorale gesprekke • Betrokke by die versorging van slagoffers van misdaad • Skakeling met ander denominasies in ons gemeenskap

Tans is Buti ook betrokke by die organisering van ‘n groot evangelisasie veldtog wat van 15 tot 19 September in ons gemeenskap gehou sal word en wat vir ‘n groot deel fokus op die bereiking

van huishulpe, tuinwerkers en werkloses in ons omgewing. Ek is bevoorreg om elke Maandagoggend saam met Buti te sit en hom by te staan in sy bedien-ing. Wat ‘n voorreg om vir Buti te ken – die man met ‘n hart vir mense, ongeag hulle velkleur.

Volgende keer as jy hom raakloop – vat sy hand en bid ook vir hom! Buti : 082 624 2689

Afrikatalige Bediening Sampie Niemand

Buti Mahlangu Buti besig met ‘n biduur

Page 8: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

8

Naaldwerkgroep

Die doelwit van die naaldwerkgroep is om vir die vrouens te help om netjiese bruikbare artikels te maak. Dit verg sekere vaardighede wat hulle moet bemeester. ‘n Mooi handgemaakte artikel lei

tot verhoogde eiewaarde. Daar was baie lank niemand wat leiding geneem het nie, en Buti moes maar self die groep aan die gang hou. Die gevolg is dat die getalle baie afgeneem het. Tans is daar slegs vyf vroue wat gereeld die groep bywoon. Ons het 4 masjiene

en 2 omkapmasjiene in ‘n redelike goeie toestand. Daar is ook heelwat bruikbare oorskiet lap beskikbaar. As iemand dus ‘n praktiese idee het om dit te gebruik, laat asb. van julle hoor.

Tans is ons besig met afrondingswerk aan rompe wat hulle vir hulleself gemaak het, en op hulle ver-soek gaan ons daarna ‘n seunsbroek met rits en sakke maak.

My droom is om hulle op so ‘n vlak te kry dat hulle ‘n inkomste kan genereer deur nuwe artikels te maak of dalk herstel- en verstelwerk te doen. Maar naaldwerk is ‘n vaardigheid wat baie oefening kos en ek besef dat ‘n uur en ‘n half per week baie min is. Dit sou dus fantasties wees as

ons vir elkeen ‘n eie masjien kon kry om tuis op te werk. Dalk is daar iewers ‘n ou masjien in goeie werkende toestand in jou kas wat jy nie sal mis nie. Die twee vroue wat wel hul eie masjiene het se werk staan kop en skouers bo die van die an-

der uit. Die ander probleem is dat party nie mooi kan sien wat hulle doen nie. Ons is in die proses om te reël vir oogondersoeke teen slegs R50 maar die brille sal heelwat meer kos. ‘n Bril sal dan ‘n dubbele

bate wees omdat dit dan ook makliker sal wees om hul Bybel te lees. Baie dae vra ek myself af of dit die moeite werd is om aan te gaan wanneer daar dalk net twee opdaag. Maar die verwondering as hulle vir die eerste keer ‘n rits of knoopsgat regkry en die bly-dskap en dankbaarheid vir ‘n klein verstelling aan ‘n eie masjien wat dit weer goed laat werk, is

beloning meer as enige geld. My dank aan my Hemelse Vader wat aan my die liefde vir naald en garing gegee het, en hierdie geleentheid geskep het om my liefde sinvol uit te leef. Dankie ook vir Jackie Ras wat elke week vir my ‘n groot hulp is. Nou is die tyd om jou huishulp te laat inskakel indien sy sou belangstel omdat ons met ‘n nuwe pro-

jek begin. Kom op ‘n Donderdagmiddag vanaf 14:30. Jy is self ook welkom. Waar anders kry jy gratis lesse! Marietjie Jordaan 084 464 0972

Page 9: Familienuus September 2010

9

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

Boelies .. Sampie Niemand

‘Boelie-gedrag” kom voor oor ‘n wye spektrum van terreine in die gemeenskap - in die gesin, by die skool tussen skoolmaats

en selfs in werksverband onder volwassenes. Die verskynsel kom ook gereeld voor tussen gesinslede. Hoewel beide die slagoffer en die oortreder manlik, vroulik, kind, ouer of onder-wyser kan wees, fokus ons hier op die kind – hetsy as boelie of as teiken.

Die effek op die kind as slagoffer manifesteer op ‘n fisiese sowel as emosionele vlak [angs, depressie, eensaamheid, lae

selfbeeld, isolasie, selfs selfmoord in ernstige gevalle]. Uit die sogenaamde boelie se gedrag is dit egter duidelik dat hy/sy ook hulp nodig het. Navorsing dui daarop dat die boelie in baie gevalle moontlik self die slagoffer van boeliegedrag is/was.

Een van die probleme in die hantering van boeliegedrag is die feit dat die situasie dikwels deur ‘n subtiele aanslag en geheimhouding gekenmerk word – die slagoffer en sy gesin soek dikwels

nie hulp nie.

Wat is boeliegedrag?

• Herhalende aggressiewe optrede teenoor ‘n ander persoon [gewoonlik uit dieselfde portuurgroep] op ‘n fisiese, verbale of

emosionele vlak. • Optrede vanuit ‘n magsposisie vir eie gewin of selfbevrediging –

“dominance of the powerful over the powerless”. • Gedrag wat veral die kwesbare kind teiken wat homself nie kan verd-

edig nie.

• Gedrag wat kinders teiken wat vanweë hul bepaalde kenmerke by-voorbeeld gewig, voorkoms, ras en kultuur, maklike teikens is. Die bo-elie maak graag gebruik van etikettering of “labeling” en sal “name calling” gebruik word om ‘n kwesbare kind/persoon te boelie.

Wat is die effek van boeliegedrag op die slagoffer?

• Die angstige, stil en sensitiewe kind kan homself nie verdedig of handhaaf nie. Hy/sy ervaar gevoelens van minderwaardigheid en onsekerheid.

• Die kind onttrek eerder of reageer met emosionele en/of gedragsprobleme [bednatmaak,

nagmerries en woede uitbarstings]. • Die kind weier om skool of sekere byeenkomste by te woon en kla van maagpyn, of hoof-

pyn.

• Onderprestasie op skolastiese vlak kom voor en die kind se gedrag of persoonlikheid

verander.

Vervolg op bladsy 16

Page 10: Familienuus September 2010

10

Sondag Maandag Dinsdag

5

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens—DOOP

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

18:30 Vars

6

19:00 DVK

7

09:00 Bybelstudie

19:00 YA’s

19:00 Op Reis

12

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

18:30 Vars—BELYDENIS

13

14

BEPLANNINGSTYD

09:00 Bybelstudie

19:00 YA’s

19:00 OP Reis

19

BEPLANNINGSTYD

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

18:30 Vars

20

19:00 Polisieforum

Inwonersver-

gadering

21

09:00 Bybelstudie

19:00 YA’s

19:00 Op Reis

26

SKOOLVAKANSIE

09:00 Diens

GEEN Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

18:30 Vars

27

SKOOLVAKANSIE

28

SKOOLVAKANSIE

Page 11: Familienuus September 2010

11

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

1

05:30 Halftyd

19:00 Bybelreis

2

3

4

8

05:30 Halftyd

19:00 Bybelreis

9

10

11

08:00 YA’S

15

BEPLANNINGSTYD

05:30 Halftyd

10:00 Bybelreis

16

BEPLANNINGSTYD

17

BEPLANNINGSTYD

18

BEPLANNINGSTYD

22

05:30 Halftyd

23

SKOLE SLUIT

24

ERFENISDAG

SKOOLVAKANSIE

08:00 YA’S

25

29

SKOOLVAKANSIE

30

SKOOLVAKANSIE

10:00 Senioraksie

Page 12: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS NUWE GENERAIE

12

Belydenis …. Ryno Meyer

Die naweek van die 6de tot die 8ste Aug was ons jaarlikse Belydenis voorbereidingsnaweek

gewees. Soos in die vorige familienuus gesê, het ons dit dié jaar bietjie anders benader as vorige jare, nie noodwendig 'n “kamp” nie, maar eerder “ruimte” om te kan gesels en 'n paar

(relevante) sake rondom geloof deur te praat en se-ker te maak dat die jong-mense 'n greep daarop het. Dus het ons Vrydagaand

saam geëet en gekuier rondom die betekenis van belydenis en belydenisafleg-ging, en die aand om 21:30 afgesluit met die lees en oor-

denking van 2 Kor 5.

Wonderlike aand gewees, en sonder dat ek enigsins daaraan gedink het, het die

Heilige Gees in die harte van ons jonges gewerk, en nogal met mening, moet ek sê. Die dinkwerk en refleksie wat gedoen is, was

ongelooflik.

Op dié noot kon ons toe Saterdag afskop om 10:00. Die groter tema van die dag was “Die Heilige Gees en my belydenis”. Ek en Herman Matthee het die Alpha kursus met die jonges voltooi deur breedvoerig oor die Heilige Gees

te praat en die rol wat hy in ons lewens speel. Ons het gepraat oor “vervulling met die Gees” en “Geesvervuld” lewe. Die gesprekke was “great” gewees en die algemene gevoel was dat hierdie gesprekke op die regte tyd

en die regte plek gebeur het. Dit was voor-waar “belydenisafronding”, en dit is wat die

doel van die naweek was.

Saterdagaand het ouer en kind saam met die mentors aan tafel gesit vir die “Belydenis Banquet 2010”. Dit was 'n fees, oftewel 'n lief-desmaal. Dit was ongelooflik om te sien hoe

mense “connect” en saam kuier.

Sondagoggend het ouers en kinders weer langs mekaar gesit in die erediens, en dit was 'n groot voorreg om almal aan die gemeente

voor te stel en seker te maak die “familie” weet wie is gereed om 'n volgende tree te

gee. Om te ondersteun, te bemoedig, te

mentor, dit is mos hoe families rol!

Ons eerste afleggingsgeleentheid is die 12de September. Dit beloof

om spesiaal te wees en ek is baie

opgewonde daaroor.

Dink net... Wat as die jongmense

van Pierre van Ryneveld begin om radikaal in Jesus se voetspore te stap? Wat as hulle sê hulle is bereid om die wêreld te verander deur lief te wees vir hulle naaste?

Wat as die jongmense van ons gemeenskap begin om op die waardes van die Bybel te staan en nie dit prys te gee nie? Wat as ons die koninkryk sigbaar in ons

gemeenskap en die lewens van

ons jongmense sien?

Hanlie aan die woord …..

As jeugwerker het ek nog altyd probeer om kinders, jongmense en jong volwassenes te

help om ‘n geloof te ontdek wat relevant,

opreg en goed deurdink is.

Die lieflikheid van jeugbediening is om met hierdie generasie te “journey” soos hulle deur

vrae, konsepte en teologie worstel en wonder hoe geloof in hulle hedendaagse lewens in-

pas.

‘n Pragtige aanhaling wat ek raakgelees

het.......

“Youth ministry … honestly is a crazy thing. We give our lives to young people, we're bur-

dened for them, we pray for them, invest in them; it's all consuming and it’s a roller coaster ride. It’s an extremely vulnerable

world, the world of youth ministry” .

.. maar dit bly steeds een van die grootste voorregte om saam in ‘n jeugbediening te

reis!!!!!

Page 13: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

13

NUWE GENERAIE

Neem kennis, die jeugmentors van ons geloofsfamilie is “next level”. Trouens, eintlik is

hulle “UPPER level”!! Elke Sondag as ons 16:45 bymekaarkom vir die “briefing” en saambid voor die Hoërskool groepe is ek dankbaar, in “awe”, geïnspireerd en baie positief. Ek voel ek moet dit met jou deel. Van ons mentors wat

met die hoërskoolkinders werk, stap al 'n pad saam met hulle van laerskool af. Ure en ure se saamgesels, ondersteun, bid en goeie nuus wat

met kinders gedeel is.

Wat 'n voorreg om sulke mentors vir ons jongmense te hê in 'n fase van hulle lewens wat veral uitdagend

is...

Wat 'n voorreg om mentors te hê wat son-

der voorwaarde en terughou konstant goeie nuus met ons jongmense deel, en altyd die Here vertrou dat die saad sal ontkiem, en dat ons jongmense bewus sal raak van die Een wat hulle gemaak het, van die Een wat vir hulle

oneindig lief is.

As jy 'n mentor ken of selfs die mentor van jou eie kind is, sê asb vir hulle dankie. Sonder hier-die diensbare mense, sal die Jeugbediening

nie kan funksioneer nie.

As jy belangstel om ‘n Mentor te wees, kontak

vir Lizette by die Jeugkantoor.

Mentor Ryno Meyer Nuwe gesig! Hanlie Boshoff

“Herman Matthee is die nuutste toevoeg-

ing tot die jeugspan. Hy werk saam met die hoërskool jeug. Herman, welkom. Dis ‘n voorreg om jou aan

boord te hê. Hier is wat Herman te sê het........”Ek glo ons wêreld vandag was

30 jaar terug, ons grootmense se wêreld deur kinderoë!! Daardie kinders is vandag ons leiers, ministers, pappas en mammas!Die feit maak my ongelooflik passievol oor die jeug, want dis die toekoms vir ons land!

Ek glo ook as ons nou ‘n genoegsame impak kan hê op die kinders, mag dit net die verandering wees wat die wêreld nodig het!! Ek is lief vir mense en die evangelie en ek leef daarvoor!”

Page 14: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

14

Doop

Die Ons Trou-kursus begin Dinsdagaand 12 Oktober om

19:00. Dit strek oor vier Dins-dagaande en sal jou verryk vir ‘n wonderlike huweliksreis

wat voorlê.

Registeer by die kerkkantoor teen R100 per egpaar. Vir navrae kontak Henk by

082 336 7555 of [email protected]

GELOOFSGROEI

Doopgesprekke word met die doopouers gehou voordat ’n kind gedoop word. Indien

jy graag in November of Desember wil doop, kan julle die volgende doop-gesprekke wat op Dinsdag 5 en 12 Oktober plaasvind, bywoon. Registreer asseblief by

die kerkkantoor vir meer inligting.

Bybelreis

Met ons Bybelreis hierdie kwartaal, staan ons stil by die boek Jakobus. Wat ’n verrykkende

ervaring was dit nou! Saam met Stephan Joubert lees ons deur die Bybelboek en probeer verstaan wat die Here vir ons sê aan die hand van Jakobus. Ons almal is weer uitgedaag om nuut te dink oor die implikasies

van ons geloof.

Een van die dinge wat my laat dink het, na aanleiding van Jakobus 1:26, is hoe ek my tong gebruik. Jakobus herinner ons dat as ons

nie ons tonge in toom hou nie, ons godsdiens waardeloos is. Hy brei dit in hoofstuk 3 uit en stel dit nog sterker – die tong is ’n klein liggaamsdeeltjie en tog het dit groot mag. Dit

kan ’n mens se hele lewe besmet.

Ek moet versigtig wees hoe ek my tong gebruik want dit kan mense rondom my help of vernietig. Ons kan so maklik met dieselfde

tong waarmee ons mooi praat en die Here loof, ander mense te na kom of vloek. Om praktiese Christen te wees, beteken om my tong te beheer. Ek moet kies om eerder stil te bly as ek nie iets goeds kan sê nie of ek moet opstaan en my sê sê as iemand te na gekom

word.

Kan mense rondom ons sien dat Jesus sentraal in ons lewens is, met die manier wat

ek my tong gebruik?

Die boek, Spreuke, in die Ou Testament, is vol waarhede oor die gebruik van woorde en ons tong. So byvoorbeeld sê Spreuke 15:1 –

“’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ’n

krenkende woord laat woede ontvlam.”

Kom ons probeer met ons woorde wys dat

God vir ons die belangrikste

is.

As jy die Bybelreis wil bywoon, kontak gerus vir

Amanda. Ons volgende aandsessie is Woensdagaand

1 September om 19:00.

Webblad Hulp

Is jy lief vir rekenaars? Gebruik jy Facebook?

Spandeer jy baie tyd op die internet?

Dan het ons net die plek vir jou. Ons wil graag ons webbladbediening uitbrei en is op soek na vrywilligers om ons te help met ons

webblad.

Indien jy belangstel, stuur asseblief vir my ’n epos na [email protected], sodat ons kan gesels om deel te word van hierdie

opwindende bediening.

Page 15: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

15

FAMILIELEWE

Soos julle weet kuier ds Jan en Louise reeds die afgelope amper 2 maande by die sel-

groepe. Hulle was nou reeds by 11 groepe - stadig maar seker sal hulle by almal uitkom. Hulle noem dit die "getting somewere slowly"-seltoer! En hulle kom wel "somewhere"...

Die een vraag wat hulle vir almal vra, is "hoekom werk julle groep"? Wat maak dat 'n groep in ons gemeente bly bestaan al was daar vir 'n lang ruk geen ondersteuning van

die gemeente se kant af nie. Die een ant-woord wat soos 'n refrein oor en oor homself herhaal, is dat die groep mekaar leer liefkry het, respekteer en ondersteun.

Dis natuurlik nie iets wat net oornag gebeur nie, maar almal ervaar dit op die een of an-der manier. Hulle hoor aanmerkings soos: " Persoonlike probleme word na geluister, dis

'n afpakplek, ons is altyd daar vir mekaar, ons ondersteun mekaar deur slegte tye, selfs meer as familie en daar is 'n sterk verbintenis om die sel te laat werk."

Die ander interessante waarneming is dat dit nie lyk asof materiaal om tydens selby-eenkomste te gebruik, 'n groot probleem is nie. Dikwels is die gesin by wie se huis die sel

bymekaarkom, verantwoordelik om iets aan te bied, soms word 'n boek deurgewerk of 'n aktuele tema bespreek, ander kere lees hulle net eenvoudig saam deur 'n Bybelboek en bespreek dit perikoop vir perikoop. Die be-nadering is oor die algemeen baie vloeibaar

en situasiegedrewe.

Nog 'n herhalende boodskap wat ons hoor, is dat dit vir 'n sel baie beteken om iets saam te

doen ('n uitreik), te kamp of saam te eet. Hoe meer tyd saam spandeer word, hoe meer word mense gemaklik om ook hulle diepste en soms seerste stories met mekaar te deel. So groei hulle al nader aan mekaar en aan

God en help mekaar dra aan hartseer.

Selgroep “toer”! Louise Jackson

Vir baie jare was ons nie in ‘n selgroep nie. Re-des was dat in die sel waaarin ons was, het ons

baie seer gekry. Na “inniebos” het ons groep besluit om ‘n sel te word. Ons het dit versigtig benader en elke tweede week bymekaar ge-kom. Daarna is dit verander na elke week. Sta-dig maar seker het ons agtergekom dat ons

evaring in die selgroep vir ons baie beteken.

In tye wat dit sleg gegaan het, het ons mekaar ondersteun, veral in gebed. In die sel het ons wel agtergekom wat die krag van gebed is. Dit

het nie alles oornag gebeur nie. Ons moes mekaar se vertroue wen. As daar ‘n wil is, kan so ‘n groep werk. Ek weet nie altyd of ons “selgroep” ’n “ sel “ is nie. Eerder Christus-vriende wat een keer ‘n week bymekaar kom

om ervarings te deel. Saam help ons mekaar om ons individuele verhouding met die Here te

versterk.

Ons kinders (6 en 8 jaar) sien ook uit na die sel- byeenkoms. Vir hulle het dit nog nie 100% die regte doel nie (ons werk daaraan), sien dit as ‘n speelgeleentheid, maar die regte boodskap word oorgedra: dat ons weekliks saamkom om

oor die Here te gesels.

Die selgroep word baie informeel gedoen, maar die geestelike betekenis word nooit oor die hoof gesien nie.

Wat 'n wonderlike ervaring is dit nie vir ons nie, om so te hoor hoe die groepe besig is, mekaar

liefhet en ondersteun!

So gaan die toer nog voort, rustig en kuier-kuier!

As jy lus het om self ’n groep te begin of in te skakel by ’n groep, kontak ons asb!

Ds Jan – [email protected] Louise Jackson – groepe @pvr.co.za

Amanda – [email protected]

Hou die datum van Vrydagaand 22 Okt oop -

ons gaan ‘n sel-”celebration” en piekniek hou!

‘n Getuienis ...

Page 16: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

16

Ek lees nou die dag in ‘n boek waar ‘n pa vir sy seun ‘n foto geneem het van die

maanlanding, oor die televisie. Die kwaliteit van die foto was natuurlik goor maar die rede was die groot ding. Sy pa wou hê sy seun moet besef om nooit op te hou droom nie. As iemand op die maan kan loop – is

“the sky the limit”. Nou maar wat het dit met ons Fotografie te doen? Byna elke keer as ons vir die mense vertel van die verskil-lende kategorieë, verander hulle gesigte in

groote vraagtekens.

Jy hoef nie net mense af te neem om Fami-

liewees, Gesinswees, Geloofsgroei of die Nuwe Generasie uit te beeld nie. Komaan, laat julle “creative juice” vloei! ‘n Bos bome of ’n klomp klippe kan ook Familiewees uit-beeld! Gesinswees – wat van ‘n eend met

haar kleintjies? Fotos van “abseiling” of valskermspring is nogal ‘n goeie idee vir Geloofsgroei! Die somer is amper hier – daar is al ‘n hele paar bome wat in die bot staan,

so Nuwe Generasie hier kom ons.

Laat ons daai vingers op die kamera -knoppie hou! Neem deel aan die Fotokom-

petisie! Groot & klein.

Alle Fotos asb in “jpeg” formaat! R5 per

inskrywing (10 fotos per inskrywing)

Nog nuus: Ons kuier 21 September 2010 by

die kerk! Ons praat oor beweging. Sien julle

19:00 by die kerk!

Hoe kan ek my kind help om die“aanvalle” van boelies te hanteer?

• Aanvaar die kind en voorsien in sy emosionele behoeftes. ‘n Kind wat

emosioneel veilig voel, sal beter daartoe in staat wees om die aanslae van “boelie-gedrag” te weerstaan.

• Bevorder selfvertroue, eie waarde en ‘n positiewe selfbeeld by jou kind. Bied ge-

leenthede vir prestasie, die ontwikkeling van vaardighede en aanleer van ‘n stok-perdjie.

• Fokus op die kind se sterkpunte en vermy afbrekende kritiek en vernederende op-

merkings. • Die toepassing van dissipline moet ferm,

maar regverdig wees. • Beoordeel die konflik tussen broers/susters

objektief en let daarop om nie individuele

kinders as “swartskape” binne die gesin te brandmerk nie.

• Motiveer ‘n kind om nie konfliksituasies met aggressie of dwang op te los nie.

• Die ouers kan optree as rolmodelle in die

hantering van gesinskonflik en die vermy-ding van aggressie en gesinsgeweld.

• Help die kind om homself te handhaaf, standpunt in te neem, en met waardigheid weg te stap;.Reik uit en kry professionele hulp indien die kind die teiken van ‘n boelie

word;.Gee aan die kind emosionele onder-steuning indien die gesin ‘n traumatiese insi-dent beleef, bv. dood, egskeiding.

Boelies .. vervolg

Page 17: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

17

Waaraan dink jy as jy die woord bestuur hoor? Die beeld van ‘n persoon wat agter ‘n stuur-

wiel sit en besluite neem om by ‘n bestemming

uit te kom, sal nie ongewoon wees nie.

Ek was onlangs een van die aanbieders by ‘n narratiewe kursus in bestuur, wat oor drie dae

gestrek het. Wanneer mens na die verhale luis-ter van die wat daar was, dan blyk dit duidelik dat die storie van bestuur in baie organisasies en situasies vasgeloop het. Een ding wat uit die groep na vore kom, is duidelik. As ons bes-

tuur net wil verstaan vanuit die heersende diskoerse (die persoon/groep agter die stuur), dan is die boom wat in die pad spring, soos een versekeringsmaatskappy advertensie

toon, heelwat nader as wat ons dink.

Brian Robertson is een van die eienaars en uit-voerende hoof van ‘n sagteware maatskappy met die naam “Ternary Software”. Moet egter

nie dink hy het die mag en outoriteit wat ge-bruiklik aan top ‘execs’ gegee word nie. In onlangse strategiese beplanning het ‘n ge-wone werknemer openlik vir Robertson oor sy bonusvoorstelle gekritiseer. Die uiteinde van die gesprek was dat uitvoerende lede se ge-

dagtes onomwonde ter syde gestel is, en die

werknemer se voorstelle aanvaar is.

Narratiewe bestuur is egter meer as net deel-

nemende besluitneming. Daar word ‘n hoë premie geplaas op elke individu se stem en daardie stem se vermoë om ‘n alternatiewe storie te help skryf; meer nog, om te bepaal wat die impak van daardie stem op die uit-

koms sal wees. Dit skep nie net ruimte vir stemme nie, maar doen groot moeite om die

unieke stemme te ontgin.

Teen die agtergrond van die gebruiklike ma-

niere van bestuur, hoor ek die absolute frustra-sie van een van die kursusgangers wat ‘n senior werknemer is van ‘n bekende petroleum maatskappy. Hoewel hy suksesvol is in sy styl van bestuur, sien hy ook wat dit

rondom hom doen… wat dit aan homself

doen en hoe hy homself in die proses verloën.

In die proses word ek weereens herinner daaraan dat menswees soveel verder strek as

bloot ‘n belangrike waarde in ons gemeente. Menswees het nie net ons sosiale en familie- interaksie in die oog nie; juis oral waar ver-houdings tussen mense ter sprake is, selfs die

korporatiewe omgewing.

Ons menswees is ingebrand in al die fasette van ons lewens. Mens kan dit nie in die og-gend in die bed los en daarsonder die dag ingaan nie. Dit bepaal ook die manier wat

ons bestuur, selfs ook ons “bestuur” by die huis, ons tipe argumente, wie leiding neem,

besluitneming en kommunikasie.

Dit is nogal tragies dat die oorheersende bes-tuursverhaal soveel verhoudings (vernaam familieverhoudings) eis. Agter die goeie resul-tate van die maatskappy lê dikwels die slag-veld van resultate in ons verhoudings. Die

ergste is dat dit blyk daar soveel goeie teore-tiese modelle en praktiese voorbeelde is van hoe dit ook in die bestuurswêreld anders kan wees, hoe ons ook daar meer mens kan wees. Kom ons vier ons menswees in alle

fasette van ons lewens.

Die Bestuurskarretjie tref ‘n plat warrel … Elmo Pienaar

Page 18: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS

18

DIEPER DINK

Twee mans was albei ernstig siek, en hulle het saam in dieselfde hospitaalkamer

gelê. Die een man kon elke dag `n uur lank re-gop sit in sy bed om die vog uit sy longe te laat dreineer. Sy bed was langs die kamer se enigste venster. Die ander man moes die hele tyd plat

op sy rug lê.

Die mans het ure lank met mekaar gelê en gesels, en elke middag wanneer die man in die bed by die venster kon regop sit, het hy die tyd verwyl deur vir sy kamermaat al die dinge

wat hy buite die venster kon sien, te beskryf.

Die man in die an-der bed het begin leef vir

hierdie een uur waarin sy wêreld verbreed is en hy nuwe krag kon kry deur al die aktiwiteite en kleur van die wêreld daar

buite.

Die venster het uit-gekyk oor `n park met `n pragtige meer. Eende en

swane het in die water gespeel terwyl kinders hulle bootjies laat seil het. Statige ou bome het die landskap verfraai, jong

verliefdes het hand aan hand tussen die blomme met hulle kleureprag deur gestap, en `n pragtige uitsig op die stad se kimlyn kon in

die verte gesien word.

Terwyl die man by die venster al hierdie dinge tot in die fynste besonderhede beskryf het, het die man aan die ander kant van die vertrek sy oë toegemaak en die toneel in sy verbeelding gesien. Een warm middag het die

man by die venster `n optog beskryf wat daar verbygekom het. Al kon die ander man nie die

Die Bed by die Venster

orkes hoor nie, kon hy alles in sy geestesoog sien terwyl die man by die venster alles met

woorde geskilder het. Dae en weke het só

verbygegaan.

Een oggend het een van die verpleeg-sters water gebring om hulle te was. Sy het af-

gekom op die lewenslose liggaam van die man by die venster. Hy het vredevol in sy

slaap gesterf.

Die oomblik toe dit gepas gelyk het, het die ander man gevra of hy na die bed by die venster geskuif kon word. Die verpleegster

het hom met graagte verskuif, en nadat sy

seker gemaak het dat hy gemaklik is, het sy hom alleen gelaat. Stadig, pynlik, het hy hom op sy een elm-

boog gestut om sy eerste kykie op die wêreld daar buite te kry. Uiteindelik sou hy die vreugde hê om

alles self te sien.

Hy het hom ingespan, stadig na die venster

gedraai en uitgekyk.

Al wat hy gesien het, was `n kaal muur. Die man het die verpleegster gevra hoekom sy oorlede kamermaat gedring gevoel het om aan hom al daardie wonderlike dinge buite te

beskryf, al het dit nie eens bestaan nie.

Die verpleegster het geantwoord dat daardie man blind was en nie eens die muur kon sien

nie. Toe het sy gesê: “Dalk wou hy jou be-moedig en aan jou hoop gee.”

Page 19: Familienuus September 2010

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleen-

thede en behoeftes bekend

te maak.

Daar is tans verskillende ma-

niere tot ons beskikking.

Gemeenskapsbord:

Maandelikse advertensies:

Familienuus:

Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die

maandblad te adverteer,

Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is

vir die adverteerder.

Skakel gerus met:

Riana: 012 6621708

[email protected]

Ons help mekaar

FAMILIENUUS INLIGTING

Sondae: Skoolvakansies

09:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Tye

Kerkkantoor:

Ma: 11:00 —16:00

Di - Do: 08:00 —16:00

Vr: 08:00 — 13:00

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

19

Ons “dinamiese dames” het ‘n heerlike kuieraand gehou

in Augustus en propvol pret

huistoe gegaan.

Sowat van lag, gesels, kuier

en “crafts” is lanklaas gesien.

Die volgende groot ge-beurtenis is ons vrouekamp

wat plaasvind in Oktober.

Die kamp, o.l.v. Emelia van Heerden en Adri Vermeulen, vind plaas vanaf 29-31 Oktober by Pure Joy op die

Moloto pad.

Dit beloof om weereens ‘n ongelooflike naweek te wees.

Bederf jouself, leer nuwe vriendinne ken en kom

geestelik verryk terug.

Bespreek nou-al jou plek. Jy

kan ook reeds begin afbetaal

aan die kamp.

Kontak Amanda vir reëlings

(012-6621708)

Ons vroue beweeg! Kom

beweeg saam!

Pierre van Ryneveld se vasvat mannebediening bied aan

elke man geleenthede om te groei om die manne te word wat God bedoel het ons

moet wees.

Elke Woensdag, so 05:30 is daar ‘n inspirerende by-eenkoms onder die dak. Ons

noem dit “Halftyd”.

Dis daardie plek in die middel van die week wat ons manne die geleentheid bied om asem te skep en die fokus

weer in te stel op Jesus vir die

week wat volg.

Ons kuier saam oor ‘n koppie koffie, dink, bid, gesels en lag

saam en beleef in die proses die lekker van “man van

God” wees.

So, skop jouself so bietjie

vroeër op ‘n Woensdag uit die bed. Dit mag dalk net jou

lewe verander!

Kom kuier saam!

Vroue Manne

Page 20: Familienuus September 2010

20

FAMILIENUUS

Blapse in kerkblaadjies

GLIMLAG

'n Boontjiesopaand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak. Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis. Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur. Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.

Want aan U behoort die koninkryk en die krag en

die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Verskoon my!! Ek is besig met ‘n diens en wil nou graag

voortgaan met die doop!!!

Page 21: Familienuus September 2010

FAMILIENUUS KONTAKBESONDERHEDE

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected]

Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected]

Elmo Pienaar - 082 410 7645 > [email protected]

Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected]

Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected]

Stephan Joubert - [email protected]

Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected]

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected])

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > [email protected]

Hanlie Boshoff (YA’s) - 082 331 1408 > [email protected]

NAVRAE EN INLIGTING

012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected]

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected]

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected]

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected]

Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected]

Alta Potgieter (Koster): 0828181622

Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901

Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns)

Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

21

‘n Sug om Stilte

In die stil dae van oorpeinsing en

gebed, dae van isolasie, het my

hart kalm begin word. Ek het nie

meer vrae gevra nie.

Alles—waar ek vandaan kom,

waar ek heen gaan, wat my doel

op aarde is—het skielik vir my in

gebed duidelik geword.

Dit was of my polsslag saam met

die goddelike ritme in alles

geklop het. Die aandgebed, die

liturgie en die sing van die

psalms, die son wat in die môre

opkom en in die aand onder-

gaan in gehoorsaamheid aan

ongeskrewe wette, het my inner-

like weerspieël.

En die wêreld, die mensdom, was

vir my soos ‘n groot popu-

lierboom. Ek? Wie was ek? Ek was

‘n blaar, ‘n groen blaar vasge-

heg aan die boom met ‘n dun

steel. En wanneer God se wind

waai, het ek gehuppel en ge-

dans saam met die hele boom….

Uit: Teen winter en ontnugtering

I.L. de Villiers