Upload
riana-janse-van-rensburg
View
271
Download
0
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Familienuus
Citation preview
Sê nou maar, ons sou Jesus
vertrou, met alles wat ons is
en het.
Sê nou maar, ons sou dink
oor die kerk as ’n netwerk
van mense wat Jesus volg,
eerder as ’n gebou of
denominasie.
Sê nou maar, ons sou dit reg-
kry om ons tradisie, ge-
skiedenis en gebruike te kon
waardeer, sonder om daarin
vas te val.
Sê nou maar, ons besef dat
ons die nuwe lewe in Christus
sou kon ervaar, deur net aan
Hom oor te gee en Hom te
volg.
Sê nou maar, dit wat die By-
bel leer oor ’n vervullende
lewe word ons waardes en
gedrag.
Sê nou maar, hierdie Pinkster
gaan nie net by ons verby nie,
maar God bring ons in beweging
om impak te maak in Sy konink-
ryk.
Dalk sal die woorde van St. Cath-
erine van Siena dan waar word:
“Be who God meant you to be
and you will set the world on fire.”
Ontdek en Leef Christus!
Ons navraag oor die musiekbediening het vir ons goeie terugvoer
en wysheid gebied oor waar ons is en die pad vorentoe.
Ons mense beleef ons musiek as uiters inspirerend(9+) asook die
eredienste self (9+). Ons is ook dankbaar dat ons drie (oggend)
sangleiers gemiddeld tussen 6.5 en 7.5 op die skaal uit 10 eva-
lueer is. Sommige vind meer aanklank by van ons jonger genera-
sie en ander weer by die oueres. ’n Goeie verspreiding vir die ver-
skillende behoeftes, soos ons dit graag wil sien! Dankie vir jou
deelname en konstruktiewe bydrae!
Gesels gerus met Karel of Jan as jy in meer inligting belangstel.
SÊ NOU M AA R . .O NS MA AK IM PAK !
MUS IEK BE DI ENI NG VR AE LY S
P I E R R E V A N R Y N E V E L D G E M E E N S K A P S K E R K
FAMILIENUUS Kwartaal 2 2011 Volume 2 Uitgawe 2
I N H O U D
Pinkster 2011 3
Vars! ‘n Nuwe
Ervaring
5
Manne Pel-
grims
6
Vrouebedien-
ing
8
Klerekas 9
“Awaken” 10
Mensehandel 11
Jeug -
Lugskou
13
Brul en Piep 14
Winterhoop 16
Bybelreis 19
Kontak/Tye 20
Ondersteuningsdienste se 9 personeellede werk saam met die Bedieningspan om uitvoer-
ing te gee aan die Gemeen-teraad se strategie om diens te lewer aan die Gemeente en die wyer gemeenskap van Pierre van Ryneveld. Onder-
steuningsdienste het ‘n bepaalde rol en verantwoorde-likhede wat nougeset uitgevoer moet word om te verseker dat al die werkinge van die Ge-
meente suksesvol verloop. DOEL Om ’n spesialis ondersteunings-diens aan die Gemeenteraad,
Kommissies van die Gemeen-teraad en die Bedieningspan van die Gemeente te lewer. VISIE
Ons streef daarna om die vol-gende te wees: ’n Eenheid wat deur middel van advisering,
hulpverlening en ondersteuning
die Gemeente in staat stel om
verantwoordbare besluite te
neem en sy verantwoordelik-
hede met die minste ontwrig-
ting uit te voer”.
MISSIE
Om deur die toepassing van die beginsels verbonde aan strategiese bestuur, finansiële bestuur, menslike hulpbronbes-tuur en eiendomsbestuur ’n
doelmatige ondersteunings-diens te lewer wat die Ge-meente in staat stel om sy werk te doen.
PRESTASIE-AREAS
Ons dienslewering is op die vol-
gende prestasie-areas gefokus: Korporatiewe beleid en –strategie Beleidsadvisering, instandhouding
en uitvoering Beskikbaarmaking van intydse besluitnemingsinligting
Finansiële Dienste
Begrotings en begrotingsverslae Begrotingsbeheer /kontantbestuur Administrering van inkomste en uitgawes Teboekstelling van finansiële tran-
saksies Finansiële rekords en verslag lewering Finale state Interne kontrole en beheer
Administratiewe Dienste Agendas en notules Argiefdienste Korrespondensie
Opgawes en statistiek Kommunikasiefasiliteite Reproduksiefasiliteite Personeeldienste
Personeelbeleid en strategie Personeelbegroting en –verslae Organisasie van personeel Personeelrekords Personeelevaluering en –beheer
Dissipline- en griewebestuur Eiendomsdienste Voorsiening en onderhoud van ge-boue, terreine en infrastruktuur Daarstel van veilige werks -
omgewing Voorbereiding van lokale Lewering van kosterdienste In die volgende uitgawe van die
Familienuus sal Peet die personeel bekendstel.
A G T E R D I E S K E R M S , V O O R I N D I E K O O R !
Bladsy 2 F A M I L I E N U U S
Peet Kilian is ons Bedryfshoof en
spanleier van die Ondersteunings
span
“The more
you lose
yourself in
something
bigger
than
yourself,
the more
energy
you will
have.”
Norman
Vincent
Peale
PIN KST ER 2 011 – VER ”P HI L” MET D IE GE ES !
Bladsy3 V O L U M E 2 / U I T G A W E 2
Wat ’n voorreg om die afgelope week saam met Phil Underwood te reis. Voor-
waar ’n Pinkster ervaring om te onthou!
’n Nuwe lanseerplatform, wat ons plaas op ’n nuwe trajek om ’n nuwe impak te maak
in Christus. ’n Nuwe begeerte om die soms verstrikkende kerkwees af te gooi en ’n nuwe, geesvervulde lewe te leef.
’n Nuwe perspektief op God. ’n God wat liefhet, genade skenk, lewe gee, nuwe moontlikhede open, moed gee .... Sodat ons lewens deurdrenk kan wees van Sy vol-heid en ons Hom kan uitleef.
Wat nou gedoen? Daar is nou geen terug-draai meer moontlik nie. Nie vir ons as vol-gelinge van Jesus nie en nie vir ons as Geloofsfamilie nie. Ons is geroep en ge-
stuur, om Jesus te volg na ongemaklike plekke waar Hy ’n verskil maak. Hy wil jou gebruik. Hy roep. Hier is ons, Here!
Phil Underwood reis saam met ons as Geloofsfamilie op die pad na
gemeentewees - soos Christus se bedoeling
vir ons is. Ons noem die proses “her-fokus” en ons is reeds met ons gemeenteleiers besig sedert die begin van die jaar. Bid asseblief saam met ons vir die proses. Meer nog, gooi jou
volle gewig daarby in!
Ek en Henk is 29 Februarie 1992 getroud, ja op skrik-keldag en in Maart 1992 ons
intrek geneem in Kirknesspark wat op daardie stadium ‘n bybelse woonbuurt was – Genesis beskryf dit as woes en leeg!
Ons paaie het vroeg gekruis met die Jeugbediening van Pierre van Ryneveld, en saam met Lynette Schultz sou ons, ons passie uitleef om saam
met kinders te “journey”!! In Julie 1995 is ons eie klein Wonderwerkie gebore, te vroeg, baie klein, rooi van al die lemoene wat mamma ge-
eet het, maar nie te min ons eie klein Henli. ‘n Klein mensie wat haar ouers vandag baie trots maak! Ons droom om ouers te wees
van baie kinders het in 2002 ten einde gekom toe ons ons tweeling verloor, terwyl ek swanger was. En ook in hier-die ongelooflike hartseer tyd
sien ons God se hand in ons lewens. Henk werk tans voltyds by McCarthy Toyota, en ek is be-trokke by Coram Deo Bera-
dingssentrum en dan natuurlik ons eie Young Adults. Ek was in die bevoorregte
posisie om in 2010 my bera-dingssertifikaat by Coram Deo te behaal en dit help met die tawwe gesprekke wat almal van tyd in hul lewens ervaar.
Om hierdie platform te mag betree, om dit te waag en saam te “journey” om deel te wees van ‘n jong mens se lewe, God saam te mag ervaar,
saam te kan leer – saam te lag, pret hê, is harde werk, maar ‘n onbeskryflike groot groot voor-reg, en daar is nie woorde wat dit kan beskryf nie – miskien net
baie groot genade! Ons passie vir die natuur, kamp, Henk se passie vir bergfiets en 4x4 ry, skep geleenthede vir kuier – en kuier ons nie graag,
dis so lekker as een van ons “Hart-kidz”, soos ons graag ver-wys na die jongmense in ons lewens, sommer inspring en ‘n dag saam met ons geniet.
Ons is so lief vir hierdie groep
jong mense, Wat ‘n voorreg –
“What a Way To Journey”!!
ONT MOE T: L IZE LL E E N HE NK FAB ER
Bladsy 4 F A M I L I E N U U S
Lizelle en
Henk is die
leiers by ons
bediening vir
jong
volwassenes
die “YA’s”
Om te ontdek is wonderlik, inspirerend en vars. Trouens, die vermoë om te ontdek sien
ek as ‘n gawe van God.
Die erediens is baie belangrik in ons lewens as volgelinge
van Jesus. Dit is die plek waar ons as familie saamkom om die evangelie te vier, die Woord oop te maak en mekaar aan te spoor tot
getrouheid aan God en goeie werke. Die erediens het baie dimensies en gestaltes. Trouens, ons hou al eredienste van die vroegste groeperinge
van God se mense.
Daarom glo ek dat daar baie is om te ontdek in die ere-
diens. Ek dink nie ons hoef “nuwe” maniere van erediens hou uit te dink nie. Ek dink alles wat nodig is om die ere-diens ‘n sinvolle belewenis
van God en gemeenskap te maak is reeds daar, ons moet dit net ontdek.
Maniere om God se teen-woordigheid te bevestig en te beleef, maniere om ons eie gebrokenheid na die God te bring wat heelmaak, maniere
om Hom te aanbid sodat dit ook in Gees en in Waarheid geskied.
Dit is ‘n vars erediens bele-wenis. Dit is waarna ons strewe in ons aanddiens genaamd VARS.
Ons is ‘n span musikante, kreatiewe geeste, dienaars en predikers wat wonder oor ontdekkings in die erediens
en wat dit die eerste mikpunt van elke erediens maak.
Ons is in ‘n proses van ontdek-king en ons nooi elkeen uit om saam met ons te ontdek.
Wat presies die toekoms inhou vir die VARS erediens is onsself nie seker oor nie, maar dit sal
vir ons duidelik word soos die tyd aangaan.
Die saad van ontdekking is reeds geplant en daarom nooi ons jou uit om dit saam met ons te doen en selfs saam met ons te praat oor maniere van ontdekking en belewing.
As jy ’n informele, lewendige
ervaring geniet met energieke
en intieme lofprysing en aan-
bidding, is dit die plek om te
wees.
VARS - elke Sondag om 18:30.
Ryno Meyer—[email protected]
VAR S! ’N N UWE E RVA RI NG
Bladsy 5 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
Ryno Meyer Gemeentejaar
Vars! (Aanddiens)
Die afgelope paar weke het so 50 manne saamgereis “tussen Pase en Pinkster”. Ons het elke dag op ons Geloofsfamilie se web-
werf in ons groep “Mannebediening” ’n ge-dagte vir daardie dag gekry wat gefokus het op die lewe van Jakob en watter insig dit vir ons as manne inhou. Hier is ’n paar manne se
vertellinge oor hulle belewenis:
“Die Here is vanoggend die liefste wat Hy ooit vir my gaan wees, sonder dat ek enigiets kon doen om dit te verdien. Dis hierdie verse
wat my bly oortuig dat Vader begeer om in 'n verhouding met my te wees, eerder as dat ek deur godsdienstige passies gaan en my eie wettiese reëltjies (natuurlik op my baie gesofistikeerde, Christelike manier) na-
kom.” "Julle offers soek ek nie, net julle harte."
“Van kleins af is ek ook 'n meester in blaam
skuif en erkenning vat. Dit is so maklik om
wanneer dit goed gaan die erkenning te vat
(gryp), want ek is mos in beheer, maar “oh
boy” wanneer dit sleg gaan dan is dit God
se skuld.”
“Sit aan jou sitplek gordel en ry die lewe soos 'n "big dipper", die Here weet waar-
natoe Hy ons wil vat en sal seker maak ons val nie uit die karretjie nie! “
“dan kom ek agter dat die Here elkeen
van ons gebruik op Sy eie manier, soms
weet ons nie eers dat Hy ons gebruik nie,
om Sy naam aan almal te verkondig, en
om ander van hulp te wees. Dan kan ek
vanaand se JA Here hier is ek gebruik my
met graagte, ek is reg om nou of net wan-
neer U my nodig het te doen wat U van
my vra.”
Lees nog getuienisse en al die dagstukke
op die webwerf by “Mannebediening”
www.pvr.co.za/group/halftydmanne
MAN NE PE LG RIM S. .. ON S REI S D IE PE R!
Bladsy 6 F A M I L I E N U U S
DOR PSF EE S 201 1
Hierdie Gemeente se “DROOM” van Ontdek en leef Christus het ons aangespoor om in plaas van die tradisionele kerkbasaar, ’n Dorpsfees te hou. Ons wil die groter gemeenskap betrek en deel maak van ons feesvieringe en fondsinsamelingsaksie. ’n Reëlingspan is saamgestel wat reeds twee keer vergader het. Ons is bevoorreg om
Estelle Henderson van Lady Jane Events Management & Reservations as die Dorps-feeskoördineerder te hê. Alhoewel die Dorpsfeesprogram nog nie gefinaliseer is nie, kan ons alreeds die breë verloop van die geleentheid bekend maak:
Die volgende vergadering vind op 21 Junie 2011 (17:30) plaas en almal wat belangstel om betrokke te raak is welkom om dit by te woon. Registreer asseblief vooraf by Kerkkantoor
Riana 012 662-1708/([email protected])
28 Oktober 2011 (Vrydag)
Verskeidenheidsprogram met ligte etes.
29 Oktober 2011 (Saterdag)
’n Saterdagprogram wat, onder andere, vir die volgende voorsiening maak: Vermaaklikheid en ontspanning; Verkope van diverse items; ’n Veiling/wynveiling; Ligte etes (deur die dag); en ’n Kampvuurgeselligheid met ligte vermaak en ’n braaigesel-
ligheid met lapa’s (aand funksie).
30 Oktober 2011 (Sondag)
’n Feesdiensprogram Invordering van Tiendemaand bydraes
"Hierdie is 'n dag wat ek vir die res van my lewe in my hart sal dra. As mense my daaroor uitvra voel dit asof dit net gister was.
Soms voel dit baie onwerklik dat ek nou al amper twee volle jare saam met Christus die pad stap. Dit voel meer soos 'n paar maande, maar nogtans kan ek nie die per-soon wat aan die einde van hierdie
“journey” staan, vergelyk met die persoon wat ek aan die begin was nie. En dit alles het begin op daardie een dag 2 Desember 2008. By die winkelspruit seekamp." Hierdie is een van vele getuienisse van jong-
mense wie se lewens op seekampe verander het. Wat maak 'n seekamp so spesiaal?
Die see skep net doodeenvoudig so atmos-feer. Deur die geestelike aandprogram en oggend stiltetyd op die strand leer jy jou
Skepper op 'n baie besonderse manier beter ken. Jy kom weg van die gejaagde stadslewe, die televisie en “playstations” en leer jou vriende op 'n heel ander manier ken.
Dink aan 'n sonsopkoms oor die see, 'n sonsondergang agter die sandduine, swem in die lieflike see, sit langs 'n kampvuur onder
die sterrehemel en gesels saam oor ons BESTE VRIEND EN HERE, snorkel saam met die visse en dan natuurlik, slaap in tente. DIS MOS DIE LEWE OP SY BESTE!
SEE KAM P 20 11 - SOD WA NA !(2 -8 JU LI E)
maak dit nogal makliker.
Die feit dat ons enige tyd met God kan gesels maak dit
ook makliker.
Ons kry nog steeds uitdagings en daar is nog steeds dae wat dit voel asof alles net verkeerd loop en ons nie weet hoe om
die situasies te hanteer nie. Ons word dan stil voor God nadat die storm losgebars het (glo my dit is erg) en hanteer dit met God se hulp. Ons het werklik
geleer om op God te vertrou.
ONT MOE T VI R: LI ZET TE K LIN KHA ME R
’n Storie wat my geestelik uit-daag en veryk:
Ek en Freddy is gesëen met
twee woellige seuntjies, Fre-derick en Willem. Dit was baie moeilik vir ons albei die dag toe hulle vir Frederick met ADHD diagoniseer. (Dit staan
eintlik vir Attention Deficit and
Hyperactivity Disorder.)
Dit dui gewoonlik daarop dat die kind nie op ‘n gegewe taak kan fokus nie en dat hy
baie aktief is. Dit was regtig baie sleg vir ons albei. Willem is ook later gediagoniseer met
ADHD.
Dit was weereens vir ons albei
‘n groot uitdaging en deur die proses wat ons gegaan het, het ons nader aan God beweeg. God het ‘n werklikheid in ons lewens
geword. Ons het besef die probleem gaan nie weggaan nie, maar met die regte medikasie en die wete dat God elke dag aan ons sy is
Bladsy 7 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
Lizette is die Admin Beampte by die
Jeugbediening. Sy is Hanlie se regterhand
en steunpilaar
Die foto is geneem ty-dens ons vakansie
saam met vriende en familie in Botswana. Die foto is geneem by Mowana Lodge in Ka-sane gedurende son-
sondergang met die Chobe rivier in die ag-tergrond. Die vakansie was ‘n wonderlike er-varing en ondervinding
van Botswana deur Zim-babwe tot in Zambia.
Ons byeenkoms
op 28 Mei met
Susan Coetzer en
Philip Moolman
was ‘n groot
sukses.
Sowat 166 vrouens
het vasgenael
gesit en luister na
haar verhaal en hy
het ons harte
meegevoer met sy
musiek.
Dit was voorwaar
‘n treffer-oggend.
Ons Vrouekamp is vanjaar vanaf 21 – 23 Oktober by Bosveld Wegbreek by Nylstroom. Ds Jan gaan die kamp lei met die tema “Praktiese Riglyne om Naby aan God te Leef”. Kostes is R550 per
persoon wat verblyf en etes insluit. Indien jy belangstel om saam te gaan, moet jy asb so gou as moontlik jou plek bespreek by die Kerkkantoor. Jy het ook nou al die geleentheid om daaraan af te betaal. Moenie dat die kostes jou afskrik nie. Kontak gerus vir Heléne Richter, Tel 012 6621366 of 0823779385, dan gesels ons
daaroor, en maak saam ‘n plan.
“HI GH TE A” , W AT ’N F EE S!
VRO UEK AM P, BO SV ELD T OE !
ONS BY EE NK OMS I N A UG US TUS
Op 15 Augustus kom Leana Platt met ons gesels
oor “Maria”. Dit is ‘n uitbeelding van die Bybel-figuur wat sy dan deurtrek na die vrou van van-
dag. Dit gaan ‘n heerlike aand saam wees. Al-mal is welkom!!
Bladsy 8 F A M I L I E N U U S
Vrouekamp 2010
Susan Coetzer
Dankie, vir almal wat deel was van ons
“High Tea”. BAIE dankie aan die span wat so hard
gewerk het om dit moontlik te maak
Heléne Richter
Voorsitter
Dis met verwonde-ring en dankbaar-heid dat ons byna
daagliks groot hoe-veelhede klere en ander huishoudelike artikels ontvang, ver-werk, netjies verpak
en selfs daarvan ver-koop ook.
Baie dankie aan el-
keen se bydrae, ons waardeer dit opreg! Elke Maandag-oggend is ekself en Ina van der Walt op
ons pos om die af-gelope week se voorraad te verwerk sodat dit aan be-hoeftiges besorg
kan word en onder andere ook daar-van te verkoop.
Die opbrengs word oorbetaal op die kerk se rekening waaruit ons kosvoor-raad dan aangevul
word.
Hier kan ons nooit voorbly nie, want die nood is baie
groot.
Verkope tot dusver hierdie jaar het die
mooi bedrag van R 9 888.50 opgele-wer! Gereelde kliënte wat werk-loos is, kom koop
van die klere om weer in hul woon-buurt te verkoop – in die kleine verskaf ons dus ook werk!
Verskeie instansies vind ook baat by hierdie bediening: “Honger Magies” in
Hermanstad waar behoeftiges en straatbewoners versorg word.
Doulos-projek :
Blanke plakkers.
Huis Ebenhaeser in Hermanstad: vol-wassenes en kinders.
Rusoord ouetehuis in
Lyttelton.
Jakaranda kinder-huis.
Thusanang ver-
sorgingsoord in
Soshanguwe.
Winterveld-gemeente van Evelina.
Eleos-tehuis vir onge-
hude moeders en
kinders in Danville.
Die Lighthouse Minis-tries in Winterveld:
kleuterskool en na-sorgsentrum. Hospitaalprojek wat
deur een van ons lid-
mate hanteer word:
klere en sagte speel-
goed.
Tshwane Haven – op-telbabas en peuters
Rina Niemand
Ina van der Walt
KLE REK AS B EDI EN ING
Bladsy 9 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
“Hier kan ons
nooit voorbly nie, want die
nood is baie groot”
Moet asb nie skoolklere, bv Hoërskool
Centurion, by ons inhandig nie. Neem
dit na die skool waar dit in hul klere-
bank opgeneem word.
Vir sekuriteitsdoeleindes ontvang ons
ook nie skooltasse met name of tele-
foonnommers op, of klere met bv ‘n
kleuterskool se naam en telefoonnom-
mers op nie. Dankie dat u ons hierin
help.
Weereens ons hartlike dank aan
elkeen wat so onbaatsugtig help met
hierdie projek!
Sedert die begin van die jaar is ons be-
dieningspan besig met 'n intense geeste-
like verdiepingsproses. Ontwaak!
(Awaken!) en Aktiveer! (Activate!) het die
proses afgeskop en ons is dit eens dat dit
een van die mees verrykende en vernu-
wende ervarings is wat ons ooit beleef het!
Luister wat die span beleef het:
Amanda
Het ek nie geleer en ontdek nie – dinge
wat ek geweet het en dinge wat net ewe
skielik “regop” gestaan het en aan my hart
kom klop het!
Hier besef ek net weer : “I am created in
God’s image; God loves me just as I
am” (watter bevryding is dit nie – ek kan
net myself wees voor God) en
dan natuurlik; “I am God’s
child and I belong to him”.
Ek besef ook weereens dat ek
mense wil dien - binne my ver-
moë en soos ek gelei word
deur my Hemelse Vader. Hier
kliek ek vir myself - ons as
mense het 3 basiese be-
hoeftes, maw “caring, loving
and belonging”. Dit is wat ek graag in my
menswees wil uitleef en wil wees vir ander
mense.
Ryno
Dit het my gehelp om te sien dat God se
teenwoordigheid 24 uur per dag die po-
tensiaal het om 24 uur per dag ‘n verskil in
my lewe en die van ander te kan maak.
Want God het my 100% uniek gemaak,
met ‘n 100% unieke roeping en ook vir my
100% vermoë gegee om my lewe daarvol-
gens te kan inrig.
Om te weet dat God my geroep het vir
diens in Sy Koninkryk, en te weet dat
daardie roeping in my “aangewakker” is,
maak die wêreld se verskil.
Elmarie
Die bevestiging dat God met my in Sy al-
mag besig is – dat , as ek agteruit voren-
toe loop, alles in my verlede sin maak. Ek
besef dat God nie pyn mors nie, ook nie
myne nie en ek jubel oor mense en ge-
beure op my reis. Ek ontdek dat my enig-
ste identiteit in God lê, dat alles wat ek
doen en weet, is om te ” word”... en nie vir
mag of ego nie.
Jan
Die "Awaken" ervaring het my weer skerp
gefokus op my lewensroeping, my iden-
titeit in Christus en
wat vir God be-
langrik is. Dit het my
lewe skielik in
perspektief geplaas
en my gehelp om
die verlede werklik
af te gooi en agter
te laat. "Awaken!" is
die regte ding op
presies die regte tyd
en ek kan nie wag om dit met ander te
deel nie!
Henk
Ek het ‘n klompie merkers ontdek wat my
gehelp het om ‘n volgende tree te gee.
Die tree was nader aan dit wat ek glo die
Here mee besig is in my eie lewe. Een ding
wat ek ontdek het, is dat die Here met my
werk op die manier wat ek dit nodig het.
Met iemand anders werk Hy anders.
Daarom is ek opgewonde oor dit wat die
Here mee besig is. Ek is in ‘n proses om my
Godgegewe roeping te ontdek en te ver-
fyn.
“AW AKE N” - ON TW AAK E N LEW E!
Bladsy 10 F A M I L I E N U U S
• Tydens ‘n onlangse misdaadkonferensie het afgevaardigdes verneem dat ‘n gemiddeld van 5 kinders per dag uit Suid-
Afrika ontvoer word. • ‘n Paar weke gelede is daar in die Skiereiland toegeslaan op ‘n aantal Ni-geriërs wat na bewering geboortesertifi-kate vervals het.
• Volgens ‘n TV-nuusberig op 2 Junie 2011, het die polisie in Aba, Nigerië, op ‘n huis toegeslaan waar dogters tussen die ouderdomme 15 en 17 jaar aangehou en gedwing is om babas te hê, om op die
mensehandel-mark verkoop te word. Al-tesaam 32 swanger dogters is hier bevry.
Die vraag is: wat sê hierdie gegewens vir ons? Moet ons paniekerig raak hieroor? Al-
lermins. Maar kom ons wees bedag en beskerm ons kinders teen hierdie gevaar. Laat ons tog nooit naïef wees en dink dat so-iets ons kinders nooit sal oorkom nie.
Die volgende wenke kan behulpsaam wees in hierdie opsig: • Indien jou kind vermis word, kontak on-middellik die naaste polisiekantoor en
meld dit daar aan. Vandaar sal beson-derhede landwyd versprei word.
• Lig jou kind gereeld in oor hierdie gevaar, maar moet tog nie dat hulle gedurig in vrees lewe nie!
• Luister na jou kind as hy/sy jou iets in hierdie verband wil vertel.
• Kinders wat alleen by die huis is, moet
NOOIT die voordeur antwoord indien ie-mand klop nie – selfs al is dit ‘n bekende persoon – statistiek bewys dat dit in 75% ge-valle bekende persone is wat kinders mo-lesteer/ontvoer.
• Indien jou kind alleen by die huis is en ie-mand skakel, moet hy/sy nooit sê dat die ouers nie tuis is nie – sê net hulle is besig en kan nie nou die telefoon beantwoord nie.
• Moet ook nooit persoonlike besonderhede,
adresse, telefoonnommers, ens. oor die telefoon aan onbekende persone verstrek nie.
• Gee jou kind die kontakbesonderhede van bure sodat hy/sy hulle kan skakel in geval
van nood. • Ouers moet seker maak dat hulle ALTYD GEKONTAK kan word indien hulle kind alleen by die huis is.
• Kinders moet hul eie adres en ouers se kon-
taknommers ken. • Spreek met jou kind af waar julle mekaar sal ontmoet indien een van julle mekaar weens onvoorsiene omstandighede nie kan opspoor nie.
• Wees asseblief ingelig waar jou kind hom/haar bevind!
Sampie Niemand
Kyk na die skakel hieronder vir nog wenke.
MENSEHANDEL
Bladsy 11 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
www.pvr.co.za/profiles/blogs/mensehandel-sampie-niemand
Ons geloofsfamilie is bevoorreg om ’n “op –en-top” span jeugleiers te
hê wat met groot toewyding, oorgawe en besondere liefde vir ons
kinders en jongmense hulle “ding” doen!
In die volgende paar bladsye is daar ’n paar van die stories wat die af-
gelope maande afgespeel het. Bid vir ons Jeugleier Hanlie en haar
span: Lizelle en Henk, Herman, Izette en Lizette!
“AN IBR AN D” JE UG BED IE NI NG!
So ons het regtig ‘n paar rand no-dig! Een dag uit die bloute uit bel iemand my (op daardie stadium
geen idée gehad wie dit is nie) en vra of ons nie belang stel om op die lugskou te werk nie. Ek skryf toe die persoon se inligting op ‘n papier iewers neer, en toe ek dit
‘n week of wat later soek, kry ek die inligting nêrens. Dog toe by myself dis nie die ergste nie, ons sal wel iets anders kry om geld mee in te samel.
‘n Maand of wat later, tydens ons eerste seekamp vergadering word Johan se naam genoem as
iemand wat ons dalk met ‘n paar dinge kan bystaan, en toe ons hom kontak is dit dieselfde per-soon wat my gekontak het. Heel “TOE-VAL-LIG”, maar dis nie hoe
ek dit sien nie.
Ek sien dit as God wat bemoeienis maak met my, Hanlie as Jeugleier
van PvR in my daaglikse lewe. Met my, Hanlie, wie se administrasie chaos is, met ons jeugbediening wat fondse nodig het om ons jongmense te help om op kampe
te gaan. Ek sien dit as God wat vir ons geleenthede gee ten spyte van ons menslike swakhede en wat met ons sal aanhou reis.
KIE KIE S VE RTE L NUW E ST ORI ES!
Ons het in die vorige familienuus uitgawe Herman se storie en kie-kies met julle gedeel en hoe hy
met ‘n baie “pynlike” storie sy reis by ons jeugbediening begin het. Die storie en kiekies wat ek in hier-die uitgawe met julle wil deel is
’n besonderse storie van ‘n God wat daagliks met ons en ons be-dieninge bemoeienis maak en so inspeel op ons stories, dat mens absoluut verstom staan. Dis ‘n sto-
rie van saam werk, saam “suffer”, saam koudkry en saamstaan as een groep, met God aan die stuur en die Heilige Gees as Raadgewer.
Die storie gaan oor die lugskou waar ons jeugbediening die koel-drankverkope gedoen het, en hoe ek God se hand hierin sien. 2011 is die eerste jaar wat ons ons
eie seekamp aanbied, en nie in ‘n netwerk van gemeentes be-trokke is nie.
Daar is ‘n hele klompie jong-mense wat so graag wil saam gaan kamp, maar wat dit net nie kan beskostig nie, of waar daar meer as 1 kind in die gesin is, en
die familie kan dit bekostig om net een te stuur.
Bladsy 12 F A M I L I E N U U S
JEUGBEDIENING
Dis ‘n storie van saam werk, saam “suffer”, saam koudkry en
saamstaan as een groep, met God aan die
stuur en die Heilige Gees as Raadgewer.
Hanlie Boshoff Die leier van ons
Jeugbediening
Ek het net weereens besef wat 'n voorreg dit is om saam met PvR te reis en Christus te Ont-dek en Leef. Hierdie keer het dit daaroor gegaan om Christus te leef!
Dit was bitter snaaks toe ons uiteindelik 7 uur agter op die bakkie klim wat ons na ons karre toe neem, en soos ons probeer afklim hoor jy net “OUCH”, EINA, EK KAN NIE MY BENE
REGUIT MAAK NIE, MY RUG IS SEER. Dit was verskrik-like harde werk!
Sondag was almal se lywe styf en seer, maar
dit was uit en uit die moeite werd! Wanneer doen ons dit weer?
Vir almal wat gehelp het, verskriklik dankie.
Dit was 'n voorreg! Vir almal wat kom inloer en groet het - dit was lekker om te weet julle stel belang.
Hopelik word ons volgende jaar weer genooi om die ongelooflike belewenis mee te maak.
Die 21ste Mei kwart oor vier die oggend, kry ons mekaar by die kerk. Die wat nie normaal-weg in die winter daardie tyd van die og-
gend wakker is nie, dit is vriesend.
Maar nietemin laai ons so by die 30 mense op. 9 jariges, 50 jariges, ou en meisie, men-
tors, mans en vrouens , jongmense wat wil gaan kamp, Young Adults, noem dit en hulle het kom help. En wat 'n belewenis was dit nie!
Almal het ingespring en gehelp, koeldrank kratte rondgery en gedra, verkope gedoen en sommer net gehelp waar nodig was. Die atmosfeer was lieflik en natuurlik die verto-
ning onbeskryflik. Jip, ons kon darem deur die rondhol en harde werk tyd kry om na die on-gelooflike vliegtuie ensomeer te kyk.
Die spangees, die samewerking, die mooi manier waarop daar met die publiek gewerk is en die manier waarop almal ingespring en gehelp het, tot die laerskool kinders, was inspirerend en ongelooflik.
Bladsy 13 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
IS DIT ’ N VLI EG TUI G? N EE DIS P VR JE UG !
Vrydagaand 27 Mei slaap so 90 pa’s en dogters in Pretoria se Dieretuin. Party pa’s is al half vyf by die dieretuin. Raai wat was
byna al die pa’s se reaksie sodra hulle aangemeld het: ons het so baie goed – genoeg vir ‘n hele naweek se kamp!!! Die dieretuin se bakkie het seker 5 keer
heen-en-weer gery en party van ons bak-kies, ook ‘n paar keer.
Die plaaswerf in die dieretuin het baie vin-nig ontaard in ‘n tente dorp! Een dogter vra vir Nicole met verwondering: “Is dit julle groot tent? “Ja” antwoord Nicole, o
sug die kleintjie, ons sin is so klein ... dit is so klein, ons boks moet buite staan!”
Ons begin die aand met Psalm 144:12
Mag ons seuns(die brullers) wees soos plante wat hoog groei in hulle jeug, ons dogters (piepers) soos hoekpilare, uit-gebeitel soos vir ‘n paleis. Ons pa’s staan hoog vir ons dogters en ons dog-
ters is elkeen ‘n prinses vir haar pa! Na ‘n paar piesangs en lemoene, musse en serpe, het die drie gidse Willem, Riaan & Graham ons groep deur die dieretuin vir ‘n nagtoer gevat!
Elkeen kom terug met ‘n ander “favourite” dier – het julle daai groot uil gesien? Wat-ter bok was dit nou weer? Die renoster ken
sy naam en as die gids hom roep, kom hy na hom toe. Die hiëna het uit die water geklim toe ons daar aankom – dis erg koud! Die
kameelperd is die mooiste!
Ek dink nog steeds dat Onse Heer die skep van die diere die meeste geniet het!
Een van die pa’s kom vertel my, met baie trots in sy stem, dat sy graad vier dogtertjie alles gereël het vir die oorslaap – alles wat nodig is tot ‘n tent! (My hart het sommer warm geklop daaroor.)
Almal kuier te lekker oor ‘n worsbroodjie of twee en die warm sjokolade haal die brrrrrrr uit die brul!!! Een van die pa’s wou weet of
die onder-vloerse-verhitting in die “chalets” aan is? Party van die dogtertjies kuier so in die tent dat die pa’s maar om die vuur kom kuier. Weet julle wat is ‘n wenner om ‘n
kampvuur? Gebraaide marshmallow tussen ‘n oreo beskuitjie en dan doop jy dit in kon-densmelk – ai maar dis soet!!! (Gelukkig was daar nie mammas nie).
Vroeg oggend bou ons weer ‘n kampvuur en een vir een word die “plaas” wakker!
Party was vroeër wakker om koffie te maak vir die gevriesdes.
Dieselfde pa oor die onder-vloerse-verhitting, is terug om te bevestig dat dit wel aan was maar wie het daai haan bestel?
BRU L E N PI EP! K OUE V OE TE, WA RM H ART E!
Bladsy 14 F A M I L I E N U U S
Half ses is byna almal wak-ker en die tente sopnat van die dou en toe ... net
na ses is daar ‘n lagie ys op almal se tente!
Ons slaan kamp op, eet ‘n
ietsie en te vinnig is ‘n baie spesiale saam-kuier verby. Die algemene gevoel is dat ons dit weer kan doen! Dit was ook lekker
om te hoor hoeveel wil terugkom dieretuin toe, saam met hulle hele familie. Die pa’s het natuurlik baie oulike idees vir die ma en seun wegbreek ook ge-had (beeld materiaal ingesluit!)
Baie dankie vir almal wat gehelp het om hier-
die Brul en Piep aand ‘n reuse sukses te
maak! ‘n Baie groot dankie aan Mavis en
Piet by die dieretuin wat met baie vriendelik-
heid en hulpvaardigheid, ons behandel het.
“BR UL EN P IEP ! NOG M EE R.
Bladsy 15 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
Die 3 gidse wat met
graagte hulle kennis oor
die diere met ons
gedeel het en dat al, ja
al ons goed by die
plaaswerf uitgekom
het!
Die fotografie bedien-
ing wat saam kom kuier
het en sommer gehelp
het om kos te maak! Beslis die grootste
dankie aan Jesus ons Koning – al was dit
koud, het die wind nooit gewaai nie en was
Donderdagaand en Saterdagaand heelwat
kouer as Vrydagaand!
Dankie dat ons weer kon verhoudings bou,
verhoudings verdiep, nuwe verhoudings
maak! Dankie vir Sy wonderlike diereryk en
dat ons daarin ook kan lewe al is dit in ‘n
dieretuin!
Izette Malan, ons jeugwerker vir die Kinderbediening
Armoede. Een van ons grootste uitdagings in ons wêreld vandag. Materiële armoede sien ons dikwels en orals, en meer dikwels baie
naby aan waar ons elke dag bly en ry . Dit voel soms asof ons woonbuurte sulke eilande is in ‘n see van nood.
Wat materiële armoede betref is dit in die minderheid in ons buurt, maar die oomblik wat ons die eiland verlaat, “swem” ons in hierdie see van nood saam met der-duisende ander.
Ek lees tans ‘n boek met die naam “When helping hurts: how to alleviate poverty with-out hurting others, and yourself.” van Brian
Fikkert, Steve Corbett en John Perkins. Ek sal die boek vir enigeen aanbeveel. Hulle de-finieer armoede as die gebrek of die afwe-sigheid van verhoudings en dui daarop dat materiële armoede die gevolg is van die ge-
brek van verhoudings op al 4 die kritiese vlakke van verhoudings. Hierdie 4 vlakke van verhoudings is te wete:
jou verhouding met God, jou verhouding met jouself, jou verhouding met ander en jou verhouding met die natuur. God het ons ge-maak om deel te neem aan hierdie 4 vlakke van verhoudings. Of kortom, dit is wanneer
ons op al 4 hierdie vlakke van verhoudings deelneem wat ons die lewe vervullend, be-tekenisvol en in oorvloed ervaar. Wanneer ons nie op al hierdie vlakke sinvolle ver-houdings het en ervaar nie, tref ons ar-
moede aan.
Soms sien ons ‘n ander tipe armoede as net materiële armoede; armoede van gemeen-skap of emosionele armoede. Dit sal die gevolg wees van een van die vlakke van ver-houdings wat ernstig onder druk is of vir ‘n persoon ‘n groter uitdaging as plesier is.
Een ding is ongelukkig seker: wanneer ie-mand materiële armoede beleef, op die
straat slaap en niks en niemand meer “het” nie, is al 4 vier van hierdie kritiese verhoudings stukkend en nie-bestaande. Daarom MOET armoede verligting gepaard gaan met die opbou en herontdekking van hierdie 4 vlakke van verhoudings. Om iets vir iemand te gee om die onmid-dellike nood van daardie persoon te verlig is die regte ding om te doen, maar sien die ge-
leentheid om hierdie persoon se verhouding met God, sy/haar verhouding met self, sy/haar verhouding met ander en sy/haar ver-houding met die natuur te herstel.
Dit is die enigste uitweg uit hierdie diep ar-moede waarin skepsels van die Here leef. Ons kan nie elke jaar aanhou “dump” en nie in verhouding tree met mense nie. Trouens, dit is
hoekom ons elke jaar kan aanhou “dump” en hierdie proses net eenvoudig homself her-haal. Het jy al ooit gedink wat het van laas-jaar se komberse en magdom klere geword wat na die “armes” toe is?
Ja dit het ‘n eienaar gekry, maar een wat nog diep in ‘n armoede van verhoudings is, en maar net in materiële armoede is as
gevolg daarvan.
Hierdie jaar se Winterhoop is persoonlik. Ons
bring nie ons “goed” na die gemeente toe en
gooi dit in ‘n boks vir “verspreiding” nie.
Daardie manier van help is uitgedien. Ons
kort ‘n vars aanslag. Verhoudings is die ant-
woord. Menswaardigheid is die antwoord. ‘n
Persoonlike verhouding is die antwoord.
Ryno Meyer—[email protected]
WIN TER HO OP , D IE KE ER I S D IT PE RS OON LI K!
Bladsy 16 F A M I L I E N U U S
Ek is 37 jaar oud en woon nog my hele lewe lank in Pretoria! Ek het na skool onderwys by Tukkies gaan
studeer met Sepedi (Noord-Sotho) en isiZulu as hoofvakke en daarna my nagraadse studies in Sepedi vol-tooi. Ek is in April 2001 getroud met Veronica (‘n Vrystater!) vir wie ek
baie lief is! Ons het twee pragtige kindertjies, Carmen (5) en Devan (2). My gesin dra en ondersteun my in alles wat ek doen en aanpak en ek waardeer hulle elkeen ontset-
tend baie!
Ek beleef God as ‘n liefdevolle Va-der wat my as Sy kind ontsettend liefhet en koester. Ek vertrou Hom in
en vir alles in my lewe! Ek het God as Drie-Eenheid innig lief en strewe daarna om meer en meer soos Je-sus te wees en te leef elke dag van my lewe!
Ek het vir 15 jaar (1993-2008) die skoolkoor van die Hoërskool Oos-
Moot afgerig en was ook vir 6 jaar sedert 1997 betrokke by Cor en Letitia Uys (Alias oom Karoolus en Lente) se kinderbediening as Francois Noot (Lente se persoonlike
pianis!)
Ek het vir ‘n klompie jare na my studies vryskut musiekverwerkings
gedoen en het ook verskeie CD’s se verwerkings en vervaardiging hanteer (insluitend onder andere die verwerkings van Jak de Priester se Sally Williams Nougat CD).
Ek het ook al vir verskeie Gospel en Sekulêre kunstenaars as klavierbe-geleier opgetree (o.a. Leon
Ferreira, Louis Brittz, Natasja ens). Musiek is vir my iets wat baie na aan my hart lê. Ek kan nie my lewe
voorstel sonder die mooi klanke wat elke dag deel vorm van my lewe nie.
Ek glo die Vader het ‘n spesiale liefde in my hart gesit vir lof en aanbiddingsmusiek. Alhoewel ek al vir baie jare gewoond is aan die
verhoog en ook daarvan hou om op te tree, het my fokus heeltemal verskuif na lof en aanbid-dingsmusiek. Ek glo die Vader het vir my ‘n spesiale gawe gegee om
mense in aanbidding deur middel van musiek te lei. Dis vir my heer-lik om hierdie passie in PvR Geloofsfamilie uit te leef!
Ek het in Maart 2001 by Radio-kansel begin werk as ‘n vryskut omroeper en in Februarie 2005 voltyds as Musiekbestuurder van
die stasie.
ONS AA NB ID DIN GS LEI ER S- FRA NCO IS B OTH A
Bladsy 17 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
Ek beleef God as ‘n
liefdevolle Vader wat my
as Sy kind ontsettend liefhet en
koester. Ek vertrou Hom
in en vir alles in my lewe!
Bladsy 18 F A M I L I E N U U S
Ek is 44 jaar oud en is getroud met Jonellda, al vir 14 jaar. Ons het 2 kinders, Jo-ane (10) en Karel jnr (8).
Ek is gebore in Pretoria, en het my lewe lank in Pretoria gewoon, be-halwe vir 3 jaar waar ek in die Kaap nagraads gestudeer het. Ek het no-gal lank gestudeer en ook in ‘n
paar verskillende velde, en is helaas steeds besig! Ek werk voltyds by Ra-diokansel al die afgelope 15jaar, waar ek verantwoordelik is vir die bedryf, nl al die radio, tv, en ander
media programme. My spesialiteits velde is media, bestuur en teologie. Voorheen het ek gewerk by NG Gemeente Kaapstad, SOS Kinder-dorpe, asook Pretoria Kinder-
sorgvereniging. Ek is al 15 jaar betrokke by ons ge-meente. Ek was eers die kinder jeugwerker, en was verantwoordelik
vir die musiek tydens die aand-dienste. Mettertyd het die behoefte aan eietydse musiek ook gegroei na die oggenddienste. Na vele jare van probeer en
eksperimenteer met bestaande, asook nuwe geestelike liedere,het ek die
gemeente begin verstaan, en kon ek ‘n rol speel in die vestiging van ‘n stewige musiek-bediening waarby
daar tans onge-veer 50 mense betrokke is.
Ek was bevoorreg om die gemeente
se verandering na ‘n dinamiese, eie tydse makrogemeente te beleef!
Ek het my hele lewe musiek ge-maak, en klavier en viool is my hoof instrumente. Ek het my hele lewe in verskeie kore gesing, en in verskeie
orkeste gespeel. Ek was selfs in my jong dae ‘n kabaret pianis saam met Eugenie Grobler en verskeie be-kende kunstenaars o.a. Pedro Kruger, Trix Pienaar,en Margiet Ro-
denbeck (tans Dowwe Dolla).
Ek is uitverkoop aan alle vorme van kerk/geestelike musiek. Ek noem dit
graag dat ek God by uitstek deur musiek ontmoet.
My Ouma en Oupa grootjie het
mekaar in die kerkkoor in Nederland ontmoet. So het my Pa dan ook ‘n leeftyd in die kerkkoor gesing, en vandaar my kerkmusiek bloedlyn.
Dis vir my heerlik om te weet dat Vivaldi, Hayden en Mozart ook kerk-musikante was...
ONS AA NB ID DIN GS LEI ER S— KAR EL VE RH OEF
Ek is uitverkoop aan alle
vorme van kerk en
geestelike musiek.
Ek noem dit
graag dat ek God by
uitstek deur musiek ontmoet.
Bladsy 19 V O L U M E 2 , U I T G A W E 2
Die afgelope kwartaal het Stephan Joubert ons Bybelreis gelei oor die tema van gebed.
Daar was omtrent 130 mense wat dit bygewoon het en elkeen vertel dat dit hulle verseker anders laat bid. Stephan Joubert het met ons tekste in die Bybel gelees om
ons te wys wat eintlik in gebed belangrik is. Hier is twee getuienisse van mense wat dit bygewoon het:
Om na Stephan Joubert te kon luister oor die loop van drie weke (stemdag ook), asook sy notas, het ons met so baie gelos om te
absorbeer. Ek het sy “real life” ervarings en vertellings geniet, asook die humor wat hy gebruik het om ons te laat verstaan wat hy wil oordra. Hy het my
aangemoedig om meer te leer oor gebed en daaroor na te dink. Matteus 6 en Lukas 11 moet ons anker wees as ons oor gebed dink. Ons maak dit te maklik te
gekompliseerd. As ek reflekteer oor wat die Bybelreis vir my beteken het, kan ek net onderstreep wat Stephan gesê het: “un-learn to re-learn.” Ons
moet tyd in die Woord spandeer en meer bid. - Sue Gun my die geleentheid om vir jou baie dankie te sê vir al die reëlings, energie en
deursettingsvermoë om die Bybelskool aan te bied. Dit is voorwaar 'n voorreg om daaraan deel te neem. Die afgelope onderwerp oor gebed het my
wéér nuwe perspektief gegee op
my gebedslewe en sal ek weer opnuut moet leer bid. Gebed is seker dié belangrikste aspek van
ons geloofslewe - maar seer sekerlik dié aspek wat eerste afgeskeep word. Gebed gaan oor God en nie oor ons eie behoeftes nie, het ek weer
besef. Ek neem so baie keer my behoeftelysie na die Here, maar laat na om Hom lof en eer te bring en Sy grootheid te erken. Ek het weer so baie geleer. Ek vind
aanklank by die nuwe inslag van die Bybelskool, nl. om verkeie onderwerpe te hanteer. Dit word baie prakties en Bybels aangebied deur Stephan. Baie
dankie ook aan hom! Nogmaals baie dankie - Willem Hou die spasie dop vir ons volgende Bybelreis in Augustus!
BYB ELR EI S- GEB ED , S IE LS ASE M.
Stephan Joubert
Die Bybelreis is
volledig op CD
beskikbaar.
Kontak vir Amanda
by die kerkkantoor
vir navrae en
bestellings.
Henk Janse van Renburg
11 Aan u beloftes
hou ek vas, dit
weerhou my van
sonde teen U.
Psalm 119v11
Bladsy 20 F A M I L I E N U U S
Bedieningspan:
Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected] Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected] Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected] Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected] Stephan Joubert - [email protected] Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected] Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected]) Elmarie van Wyk - 072 238 0549 > [email protected] Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected] Ryno Meyer (Gemeentejaar - 082 460 2103 > [email protected]
Henk/Lizelle Faber (YA’s) - 082 375 2033 > [email protected]
NAVRAE EN INLIGTING 012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]
www.pvr .co.za
KONTAK
Ondersteuningsdienste:
Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected] Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected] Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected] Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected] Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected] Alta Potgieter (Koster): 0828181622 Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923 Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901 Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns) Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658 SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630
Sondae: Skoolvakansies
en langnaweke
09:00 - Erediens
13:00 - Erediens (Afrikatale)
18:30 - Vars!
Sondae: Skoolkwartale
08:00 - Erediens (Ouditorium)
08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)
09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)
10:00 - Erediens (Ouditorium)
10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)
13:00 - Erediens (Afrikatale)
17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)
18:30 - Vars!
TYE
Kerkkantoor: Ma: 11:00—16:00 Di - Do: 08:00—16:00
Vr: 08:00 - 13:00
B A N K B E S O N D E R H E D E
NGK Pierre van Ryneveld
ABSA Lyttelton
Rek no.: 600 591 355
Takkode: 335 045
Stuur betalingsbewys na:
(012) 662 0104
P.E.G Boekhouer dienste in Pierre van Ryneveld
Besit jy ’n klein of privaat besigheid?
Gekwalifiseerde boekhouer met baie ondervinding bied die vol-gende dienste aan teen be-
kostigbare pryse.
• Boekhouding + maandverslae • BTW, PAYE, UIF, ens. • Sekretariële dienste.
Epos vir verdere inligting!
Rekenkundige Dienste Finansiële State - Boekhouding
Belasting - Salarisse
Opstel en Afteken van Finansiële State.
Voorbereiding van jaarlikse ouditlêers.
Maandelikse rekonsiliasies van
bankrekeninge, debiteure, krediteure en bestuursrekeninge.
Maandelikse prosessering van
salarisse / lone.
Begrotings.
Sekretariële dienste (CIPRO).
BTW, Inkomste belasting, LBS & UIF.
Kontakbesonderhede: Yvette du Plessis - CA (SA)
Selfoonnommer 084 512 4141; E-pos : [email protected]