23
FAMILIENUUS Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk IN HIERDIE UITGAWE Uitreike 2010 2 Gebedseminaar 8 Dissipelskap 9 Fotokompetisie 16 Trauma 17 Skuldberading 18 Regshulp 19 Algemeen 1 Familiewees 2 Geloofsgroei 9 Maandprogram 10 Nuwe Generasie 13 Menswees + Kuns 15 Inligting 19 Glimlag 20 Kontak 21 In hierdie uitgawe Op 20 Januarie 1961 word John F Kennedy ingehuldig as president van die VSA en in sy toespraak ge- bruik hy hierdie beroemde woorde: “And so my fellow Ameri- cans, ask not what your country can do for you - ask what you can do for your country" . Op ‘n manier het hierdie woorde ook deel geword van die kerk se storie oor die afgelope dekades. Vir ‘n lang tyd is volgelinge van Christus opgeroep tot “diensplig” in die kerk. Ons het beleef dat kerkwees die bou van geboue, bedieninge, invloed en statuur be- hels en dat Christenwees beteken om onsself te gee vir die saak van die kerk. Die vraag kan egter gevra word: “het ons dalk oor die jare kontak verloor met ons Verlosser en Stig- ter, Jesus Christus, se bedoeling en die beweging van Sy koninkryk hier op aarde”? Ons dink die afgelope tyd intens na oor hoe ons as Geloofsfamilie nader kan beweeg aan Christus se droom vir Sy Koninkryk en spesifiek ons, Sy volgelinge. Ons verstaan Sy roeping vir ons as “’n Gemeenskap saam op reis na Heelheid in Christus”. Dit het tyd geword vir ons as volge- linge van Jesus om seker te maak dat hierdie Sy droom vir ons is, dit dan op te neem en daarmee te begin beweeg sodat Christus se Koninkryk kan kom, hier in ons om- gewing en waar ons ook al beweeg. Dit is tyd vir elkeen van ons om te besef dat kerk wees soos suurdeeg moet wees wat nie net elke faset van ons eie lewe deurdrenk nie, maar ook inbeweeg in die ver- houdings in ons lewens, sodat ons daar waar ons aanraak, Christus kan laat gebeur. Dit is tyd dat die woorde van Kennedy omgekeer word. Dat ons nie sal vra wat ons vir die kerk moet beteken nie, maar sal vra hoe kerk- wees ons help om Christus te LEEF in ons verhoudings en gemeen- skap. Reik saam na die Droom! Gesels gerus saam by die groep “Kampvuurgesprek” op ons web- werf - www.pvr.co.za Ke Nako … Dit is tyd! Jan Venter Julie 2010 REDAKSIE [email protected] Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien! 1 Ons leraars sien uit daarna om in die volgende tyd saam met ons Geloofsfamilie te reis deur die Saligsprekinge in Matteus 5. Ons gaan saam ontdek op ‘n baie praktiese en eenvoudige manier hoe om te lewe as mense van Jesus se Nuwe Wêreld. Jesus roep ons om te LEEF met oorgawe en ons KAN as ons die sleutel verstaan. Kom beleef dit saam met ons! LEWE OP DIE VOETSPOOR

Familienuus Julie 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Familienuus

Citation preview

Page 1: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS

P ie r re van Ryneveld Gemeenskapskerk

IN HIERDIE UITGAWE

• Uitreike 2010 2

• Gebedseminaar 8

• Dissipelskap 9

• Fotokompetisie 16

• Trauma 17

• Skuldberading 18

• Regshulp 19

Algemeen 1

Familiewees 2

Geloofsgroei 9

Maandprogram 10

Nuwe Generasie 13

Menswees + Kuns 15

Inligting 19

Glimlag 20

Kontak 21

In hierdie uitgawe

Op 20 Januarie 1961 word John F Kennedy ingehuldig as president van die VSA en in sy toespraak ge-

bruik hy hierdie beroemde woorde: “And so my fellow Ameri-cans, ask not what your country can do for you - ask what you can do for your country" .

Op ‘n manier het hierdie woorde ook deel geword van die kerk se storie oor die afgelope dekades. Vir ‘n lang tyd is volgelinge van Christus opgeroep tot “diensplig”

in die kerk. Ons het beleef dat kerkwees die bou van geboue, bedieninge, invloed en statuur be-hels en dat Christenwees beteken om onsself te gee vir die saak van

die kerk. Die vraag kan egter gevra word: “het ons dalk oor die jare kontak verloor met ons Verlosser en Stig-ter, Jesus Christus, se bedoeling en

die beweging van Sy koninkryk hier op aarde”? Ons dink die afgelope tyd intens na oor hoe ons as Geloofsfamilie nader kan beweeg aan Christus

se droom vir Sy Koninkryk en spesifiek ons, Sy volgelinge.

Ons verstaan Sy roeping vir ons as “’n Gemeenskap saam op reis na Heelheid in Christus”.

Dit het tyd geword vir ons as volge-linge van Jesus om seker te maak dat hierdie Sy droom vir ons is, dit dan op te neem en daarmee te begin beweeg sodat Christus se

Koninkryk kan kom, hier in ons om-gewing en waar ons ook al beweeg. Dit is tyd vir elkeen van ons om te besef dat kerk wees soos suurdeeg

moet wees wat nie net elke faset van ons eie lewe deurdrenk nie, maar ook inbeweeg in die ver-houdings in ons lewens, sodat ons daar waar ons aanraak, Christus

kan laat gebeur. Dit is tyd dat die woorde van Kennedy omgekeer word. Dat ons nie sal vra wat ons vir die kerk moet beteken nie, maar sal vra hoe kerk-

wees ons help om Christus te LEEF in ons verhoudings en gemeen-skap. Reik saam na die Droom! Gesels gerus saam by die groep “Kampvuurgesprek” op ons web-

werf - www.pvr.co.za

Ke Nako … Dit is tyd! Jan Venter

Julie 2010

REDAKSIE

[email protected]

Gesels met ons oor wat

jy in ons blad wil sien!

1

Ons leraars sien uit daarna om in die volgende tyd saam met ons Geloofsfamilie te reis deur die Saligsprekinge in Matteus 5. Ons gaan

saam ontdek op ‘n baie praktiese en eenvoudige manier hoe om te lewe as mense van Jesus se Nuwe Wêreld. Jesus roep ons om te LEEF met oorgawe en ons KAN as ons die sleutel verstaan. Kom beleef dit

saam met ons!

LEWE OP DIE VOETSPOOR

Page 2: Familienuus Julie 2010

Manna vir honger magies Gerald en Anna Enslin / Elna Strauss

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

2

Ons was geweldig beindruk met die georganiseerde, menswaardige wyse waarop Freek en Hester tesame met hulle span bekwame helpers, “Manna vir Honger Magies” bedryf.

“Abba Vader, wie kan liefhê soos U” is een van verskeie liedere wat ons vandag gesing het. As mense, skiet ons ver tekort in vergelyking met Jesus se grootheid. Tog het ons Sy liefde ervaar in die wyse waarop ‘n span mense, self behoeftiges, saamwerk om in die behoeftes van ander te

voorsien.

Gelate, nederig, openlik, liefdevol, weerloos, behoeftig dog blymoedig en mededeelsaam, en hoopvol is van die woorde waarmee ek die paar mensies met wie ons gesels het, sou beskryf.

Dankie aan Nico, Vandi, Danny, Elize, Susan – by julle het ons gesien dat ‘n mens nie neerslagtig of ‘n klakous hoef te wees as dit met jou swaar gaan nie!

Daar was groot waardering vir die respek en erkenning wat ons Geloofsfamilie aan hulle betoon

het. Die skenkings maak min verskil aan hul omstandighede, maar ons vertrou dat ons op ‘n meer gereelde basis kan uitreik en uiteindelik ‘n verskil maak aan hulle groter behoeftes.

Dankie PvR dat ons deel van die uitreik kon wees!

Met hierdie uitreik kon ons aan Ps 37:3 vashou, “Vertrou op die Here en doen wat goed is.”

Ons het die Gees vertrou dat Hy in die harte van ge-meentelede sal werk om voedsel, klere en komberse te skenk en ons het in oorvloed ontvang. Dit was vir my ‘n geestelike verryking om met van die mense te gesels en

hulle spesiaal te laat voel, en hulle geleentheid te gee om hulle daaglikse lewe met my te deel. Ek glo ons het spesiale vriendskapsbande gesmee. Die komberse gaan nog lank die harte en lyfies warm hou.

www.pvr.co.za

Page 3: Familienuus Julie 2010

Uncle Ben’s Den Div Görgens

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

3

Hierdie skuiling is geleë te Bothastraat 887, Hermanstad en is 25 jaar gelede begin deur

Ben en Sharan de Lange. Oor die jare het dit uitgebrei na 6 huise en ʼn klomp wendy-huise en tans bied hulle huisvesting aan 120 mense met die jongste 2 jaar en die oudste 86 jaar. Daar is 15 bejaardes waarvan 5

permanent in die siekeboeg is en nie vir hulleself kan sorg nie. Hulle dogter Ronel van Wyk is in beheer van die plek en word bygestaan deur haar man, Ockert. Ben en

Sharan is ook nog aktief betrokke.

ʼn Klein groepie van ons het die ysige koue trotseer, by die kerk die geskenkte komberse, klere en kos wat geskenk is gaan oplaai en by Uncle Ben’s gaan

besorg. Ronel het ons toe kortliks die agtergrond, opset en probleme verduidelik en ons deur die huise en wendy’s geneem. Omtrent al hulle inwoners is op medikasie vir een of ander geestestoestand

en is vanaf Weskoppies hospitaal na hulle

uitgeplaas.

Die grootste deel van die maandelikse bedryfskoste word aan elektrisiteit en water

spandeer. Die inwoners kry 3 etes per dag asook koffie en tee tussenin. Hulle onmiddellike nood is vir Speed Queen wasmasjiene, oordoen van die kombi se enjin en “pre-fab” huisies. Ronel is besig om

ʼn fondsinsamelingsdag in Augustus te reël

om broodnodige fondse te bekom.

Elkeen van ons was diep onder die besef

van die onbaatsugtige taak wat Ben en sy familie daagliks verrig en ons kan net met dankbaarheid besef hoe bevoorreg ons is. Ons bid ons Here se seën op hulle af. Baie dankie aan elkeen wat op een of

ander wyse bygedra het om hierdie uitreik

moontlik te kon maak.

Hulle webadres is www.unclebensden.co.za waar

kontakbesonderhede verkry kan word.

Page 4: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

4

EBENHAESER Lena Jooste

Ons kan met verskillende oë na die woord 'WINTERHOOP' by hierdie hawe van volwassenes

en kinders kyk, want almal van hulle het KOUE vroeër in hulle lewens ondervind. Al die kinders wat hier gehuisves word, is deur een of ander trauma. Mamma's met tot vier klein kindertjies het by hierdie huis aangekom met geen heenkome

nie. Een ou dogtertjie was hier afgelaai en die mamma het nog nooit weer kom navraag doen

oor haar nie.

'n Mens sien die koue in hulle ogies, want soos die

Engelsman sal sê hulle voel 'unwanted.' Dit is hoe-kom die Here ons na hulle gestuur het want ons moet hulle die verskil wys,(HOOP) die liefde en

omgee wat Jesus gebring het.

Soekie en Johny Thomas versorg 50 mense elke dag in 9 Wendy's, 2 huise met buitegeboue wat in

slaaplokale omskep is.

Hulle benodig die volgende dringend en vra

voorbidding en hulp: 4 beddens, stoele, groen skoolbroeke (word verskaf deur Solomon's) Her-cules skole, waspoeier en sta-soft, vleis.

Hulle het ook suksesverhale met ons gedeel :

1. Een van die kinders wat by hulle gebly het, het

7 onderskeidings in matriek behaal.

2. Twee van die meisies wat by hulle gebly het, is

baie gelukkig getroud.

3. Een seun het 'n goue medalje vir stoei ontvang.

4.'n Dogtertjie wat gebore is met dwelm onttrek-kingsimptome omrede die mammie 'n verslaafde was, behaal net 4's en 3's op haar rapport nadat

sy medies gesproke nooit sou kon presteer nie.

5. Van die kinders presteer baie goed in sport.

Ons groep wat hulle gaan besoek het, is van voorneme om baie meer betrokke te raak bv een maal 'n kwartaal vir die kinders wat in daardie kwartaal verjaar het, te gaan vleis braai, en som-mer van ons tyd daar te gaan spandeer, om die

omgee te wys.

Kom ons raak betrokke op ‘n deurlopende basis!

Page 5: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

5

Thusanang Jan Venter

“Vroeg, op ‘n yskoue, Woensdagoggend is die huis in rep en roer want ons moet 8 uur by die kerk wees. Ons groep is geseën met ‘n

bakkie van een van ons gemeentelede. Gou

is alles gelaai en ons vertrek.

Die kinders in die kar vra – is dit ver? Ja, sê ons

en die res van die rit is dit stil agter in die kar soos hul weer aan die slaap raak. Naby Soshanguve trek ons almal af. Petrus kom ons haal. Hy is ons kontak met “Thusanang Relief Association”. Terwyl ons wag vir hom dink ek

aan Jesus se woorde aan dissipel Petrus – “op hierdie rots sal ek my kerk bou”. Petrus arriveer en ons is vinnig oppad na ons be-

stemming.

Om nog ‘n draai en daar kom hulle aan “gemarch” met dromme en gesing en hand-jies wat waai. ‘n Begroeting van kinders, baie van hulle nog bitter klein. Die kleintjies is vir ‘n paar oomblikke ‘n klein bietjie sku maar later

is dit kinders dra in die arms, saam speel op die klimraam en danspassies uitruil in die stof strate. Hierdie kinders is minder bevoorreg

maar blymoedig.

Geen gekla, geen gekerm, die personeel staan vas want alhoewel hul die sentrum as ‘n kleuterskool en veilige hawe bestuur, is hul

eintlik besig om kerk in mense se harte te bou. Op die een perseel woon daar sowat 15 kinders met een badkamer, ‘n reuse bad en

een kraan, ‘n koue water kraan.

Met seer in my hart vra ek : “het jul nie warm water nie? Nee, sê Petrus, nie op die perseel nie, die kragtoevoer is te laag”. Ek het nie verder uitgevra nie want ek kon my eie pyn

nie beheer nie. Saam drink ons ‘n koppie tee en kry toe later die kans om komberse uit te

deel.

‘n Ou vrou (Gogo) staan ook in die ry en met

haar swaarkry lyf loof sy God en dank ons vir hierdie gebaar van liefde. Na ‘n lang kuier moet ons begin groet en dit is goor, want al-hoewel dit koud en stowwerig is, is dit ‘n vol ervaring, een waarna jy terugkyk na gesiggies

en handjies wat uitreik na jou in liefde.

Ons bid saam en spontaan vloei trane, want voor God se Almag swig jou beste intensie en al wat oorbly is die ontblote hart in die hand

van ons Vader, ons vriend Jesus en ons Trooster – die Heilige Gees. Terug in die kar is ons kinders dit eens, volgende jaar kom ons weer na hierdie plek toe, en diep in my hart

voel ek presies soos hulle.

Page 6: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

6

Ons was bevoorreg om saam met PvR Gemeenskapskerk te kon uitreik na Evelina se kerk in Winterveld, Jakkalsdans. Onder leiding van Buti,

die prediker van die Afrikabediening, het ons in snerpende koue die pad aangepak vroeg Woensdagoggend, 16 Junie 2010. Wow, dit was koud! Dit het my hart so bly gemaak om te sien hoeveel kos, klere en veral komberse die gemeenskap ingesamel het en ek was so opge-wonde dat ek deel kon wees van die span wat dit gaan uitgee

het. Om die insamelwerk te doen is lekker, maar om die dankbaarheid in die oë te sien as jy daardie kombers in hul hande sit, sjoe, dit bring

trane na jou oë.

Hierdie dag het my gevul met vreeslik baie gevoelens, goed en sleg! Ek

was aanvanklik so teleurgesteld om te sien hoe min mense opgedaag het om deel te neem aan die projek. Ek was selfs kwaad want ek het gevoel dat mense wat hulself kinders van die Here noem, nie eens die moeite doen om uit hul gemaklike, warm bed te klim om vir iemand daar buite iets te gaan beteken nie. Gelukkig het hierdie slegte gevoelens vinnig verdwyn want die atmosfeer by oplaaipunte was so

“amazing”. Almal het gebewe van die koue maar die glimlagte op hul gesigte en die opgewon-

denheid in hulle stemme was vol liefde en baie aansteeklik.

Met so ‘n uitreik bly daar altyd ‘n stukkie van jou hart by die mense agter. Hulle behoeftes is so

groot en so basies, ons kan nie eens begin om te dink hoe moeilik hulle lewens is nie. Verseker sal ons nie een nag oorleef in daardie omstandighede nie! Hierdie mense is so dankbaar vir die kleinste dingetjie wat hulle kry. Die kinders het baie lank in ‘n ry doodstil gestaan in afwagting op iets, ‘n kombers of enige iets wat hulle kon kry. Die helfte moes omdraai want daar was nie ge-noeg nie maar hulle het sonder om ‘n woord te sê, omgedraai en gaan speel. Die teleurstelling

was so opmerklik in daardie ogies maar hulle het dit met ‘dignity’ gedra. Dis hartverskeurend ….

Wat vir my opvallend was is die ongelooflike werk wat Evelina daar doen. Sy is waarlik ‘n groot kind van die Here en goud werd. Die kerkdiens wat ons saam met hulle bygewoon het was so diep … hulle dien God met soveel oorgawe deur middel van hulle sang! Dit was oorverdowend

maar wow! Prys God vir iemand soos sy, sy is waarlik ‘n “blessing” vir honderde mense in die ge-meenskap. Ek bid dat God haar ryklik sal seën vir die “awesome” werk wat sy doen en haar sal

krag gee want dit is verseker nie ‘n maklike werk nie.

Dit was een ongelooflike lekker dag.

Winterveld Dorette Kruger

Page 7: Familienuus Julie 2010

Nog gemeentekamp ...

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

7

Jakaranda Kinderhuis Sarel en Ina Pretorius

Vroegoggend is 3 waentjies, ‘n bakkie en 3 motors vol ge-

laai en is ons East Lynn toe.

Ons het net na 09:00 daar aangekom waar ons ingewag

is deur die huisma van Huis 15, Liza Harmse. Alles is by Huis 15 afgelaai waarvandaan dit na die ander huise versprei

sal word.

Elke sak en boks is met groot dankbaarheid ontvang. Gou-gou is daar sommer in die bokse gekrap vir ‘n lang-

broek of twee!

Charlotte de Lange het sommer gou-gou die kinders by mekaar gekry. Daar is toe lekkergoedpakkies aan hulle

uitgedeel.

Na vele drukkies van die kinders is ons na 2 ure weer daar

weg!

Groot dankie aan die Solo bediening vir julle hulp!

Ter info : Huis no 15 waar ons besoek afgelê het, het so ‘n ruk-

kie terug afgebrand. Die kinders in die huis kon slegs hulle

kussing en duvets red. Die huis is baie mooi herbou en kon met ‘n skenking weer begin meubels koop. Op die huidige oomblik is gordyne vir 9 slaapkamers en 13 enkelbedmatrasse ‘n baie groot behoefte. Skakel asb vir Ina Pretorius by 0824590650, in-dien jy dalk met van hierdie items kan help.

Page 8: Familienuus Julie 2010

GEBEDSEMINAAR Sampie Niemand

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

8

Ds Peet Grobbelaar Ons het aandagtig geluister

Ons het diep gedink Phillip en Peet in gesprek

Wat ‘n FEES was ons gebedseminaar nie en wat ‘n voorreg om te kon luister na iemand vir wie

gebed sy passie is en wat uit rype ondervinding kon getuig oor hierdie groot saak!

Die geleentheid is bygewoon deur 34 lede van ons geloofsfamilie en elkeen kon getuig van die groot verdieping wat dit in hul gebedslewe meegebring het. Soos iemand dit daarna opgesom het: “My gebedslewe sal nooit weer dieselfde wees nie en ek het opnuut ontdek wat dit bete-

ken om tot God te bid en vir ander by Hom in te tree.”

Onder die tema “’n Biddende Gemeente”, het ds Peet 5 onderwerpe met ons behandel. Die

onderwerpe was:

• Wat is gebed en waarom moet ons bid?

• Intersessie.

• Struikelblokke in gebed.

• Gebed in die gesin.

• ‘n Biddende gemeente.

Ons sal die gedagtes wat hy rondom hierdie onderwerpe uitgespreek het, in die volgende uit-gawes van Familienuus in meer detail weergee en ons vertrou dat dit vir die res van ons

geloofsfamilie tot net so ‘n groot seën sal wees.

KOM BID SAAM ELKE SATERDAG OM 07:00

IN DIE KAPEL

Page 9: Familienuus Julie 2010

Dissipelskap

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI

9

Indien jy in die volgende

paar maande trou, moedig

ons jou aan om die Ons

Trou! Kursus te kom by-

woon. Die volgende kursus

begin Dinsdagaand 3 Augustus en strek

oor 4 Dinsdagaande.

Die koste beloop R100 per paartjie. Vir

navrae kontak Henk by 082 336 7555.

Het jy dalk al daaroor gewonder wat dit be-teken om in jou geloof te groei en ‘n dissipel

van Jesus te wees? Johannes 13:34-35 het my weer gehelp om daaroor te dink as Je-sus sê: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle

mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dis-

sipels van My is.”

Sjoe, is dit so eenvoudig en tog so moeilik. Jesus kom gee vir ons die opdrag dat ons

nie maar net vir Hom kan lief wees en dink dat ons nader aan Hom leef nie. Nee, ons geloof moet hande en voete kry om vir an-

der mense rondom ons lief te wees.

Verskeie van ons geloofsfamilie was die af-gelope tyd betrokke by projekte om na mense in nood uit te reik. Dit is een manier om Jesus se liefde te wys, maar ek dink

Jesus bedoel ook dat ons liefde aan die mense naby aan ons, ons eie familie, kol-legas en vriende sal wys. Soms is dit moeiliker om vir hulle lief te wees as mense

wat ons nie regtig ken nie.

Die voorbeeld van Jesus se liefde is om jouself op te offer. Dalk is dit nodig dat ons die mense naby aan ons begin dien met die opofferende liefde van Jesus. Want as

ons dit doen, sal almal rondom ons kan sien dat Jesus die belangrikste persoon in ons

lewe is.

Wil jy nie vandag vir iemand naby aan jou

wys dat jy Jesus se dissipel is nie? Wees vir

hom of haar net lief omdat Jesus jou lief het.

2 Korintiërs: 5:17

“Daarom, as iemand in

Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby-gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

Bybelreis

Ons begin Woensdagaand 14 Julie om 19:00 weer met ons volgende Bybelreis kwartaal. Ons gaan hierdie kwartaal stilstaan by die Al-gemene briewe soos Jakobus en Hebreërs. Dit beloof om voorwaar verrykkend te wees. En as jy nog nooit die Bybelreis kon bywoon nie, wil jy nie nou saam met ons begin reis om die

Woord van God beter te leer ken nie.

Die oggend Bybelreis vind weer 28 Julie om 10:00 plaas, waar ons dieselfde inhoud as die

aand Bybelreis hanteer.

Vir navrae kontak Amanda by die kerkkan-toor of Henk by 082 336 7555

Page 10: Familienuus Julie 2010

10

Sondag Maandag Dinsdag

27

GEEN KINDERKERK

09:00 Diens

18:30 VARS

28

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

MAMELODI UITREIK

29

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

MAMELODI UITREIK

4

GEEN KINDERKERK

09:00 Diens—DOOP

18:30 Vars

5

SKOOLVAKANSIE

6

SKOOLVAKANSIE

11

GEEN KINDERKERK

09:00 Diens

18:30 Vars

12

SKOOLVAKANSIE

19:00 FK

13

SKOLE OPEN

09:00 Bybelstudie

19: YA’s

18

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

18:30 Vars

19

19:00 Gemeenteraad

20

09:00 Bybelstudie

19:00 YA’s

19:00 Hulpverleners

(nuut)

25

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

18:30 Vars

26

19:00 Polisieforum

Inwoners verg

27

09;00 Bybelstudie

19:00 YA’s

19:00 Hulpverleners

(nuut)

Page 11: Familienuus Julie 2010

11

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

30

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

MAMELODI UITREIK

1

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

MAMELODI UITREIK

2

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

MAMELODI UITREIK

3

7

SKOOLVAKANSIE

8

SKOOLVAKANSIE

9

SKOOLVAKANSIE

10

14

05:30 Halftyd

19:00 Bybelreis

15

16 17

21

05:30 Halftyd

19:00 Bybelreis

22 23

Solo fliekaand

24

28

05:30 Halftyd

10:00 Bybelreis

29

10:00 Senioraksie

30

31

Page 12: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS

12

Dit was nou Ayoba gewees !!!!!!

Woorde kom nie maklik as dit kom by uitreike soos hierdie nie, waar jy so BAIE het en jy deel uit na mense wat so MIN het. Selfs miskien net die klere wat hulle vandag aangehad het!!!! Dit vat nogal aan 'n mens om dankbaarheid

weer en opreg te beleef. Die harte van PvR was oop en ons kon op-daag met vragte voorraad by JAL, wat die oë vol verwagting laat blink het. Hoe lekker was

dit nie om al die inwoners te trakteer met warm vetkoek, koffie en tee nie. Dit het som-mer die deur oopgemaak om een-tot-een met hulle te gesels om so 'n beter indruk van hulle behoeftes te vorm.

Daar is verseker groot behoefte vir geestelike kos sowel as die materiële items. Ons was baie geseënd om nie net die koue met die komberse weg te dryf nie, maar ook

die harte aan te raak met ons persoonlike kontak. As kleingroep is ons al 'n geruime tydperk betrokke by JAL. Wat 'n voorreg was dit nie om ander gemeentelede te kon be-trek: nuwe idees, insigte en entoesiasme .........

DANKIE JULLE !!!!! Dit was ook verblywend gewees om beves-tiging te ontvang dat ons kleingroep se by-drae werklik 'n verskil maak.

Alle eer aan HOM.

JAL (Jesus Alleen Liefdesdiens) Gys Lucas

FAMILIEWEES

Page 13: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS

13

Tshwane Haven Hanlie Boshoff

Passie vir

Jeugbediening!

Dis die tweede keer wat ons lewens aan

mekaar raak. Myne en joune

Jy met jou klein lyfie en groot blou ogies

Jy skaterlag vir my toe ek met jou gesels,

toegewikkel in jou warm groen kombersie.

Vandag kan ek jou optel, warm klere aantrek

en pap voer.

Ons gesels so deur elke hap, ek vrolik en jy met

handgebaar en glimlag so elke nou en dan.

Jou lewe het anders begin. Ek hoor weer jou

verhaal, seer, verwaarlosing en selfs geweld.

Ons kom uitreik vandag, bokse gevul met ba-bamelk en kos. Klere en komberse - dis baie

koud.

Dis tyd vir jou oggendslapie – jou ogies raak swaar. Ek voel hoe jou lyfie, lekker warm toegewikkel in my arms slap word terwyl die

slaap jou oorval. Dit bring vrede.

Dankie klein mannetjie dat ek vandag weer

deel kon wees van jou lewe.

Dankie dat jy sommer so vir my Liefde kom gee so op jou eie manier …. Jou glimlag, jou handjie om my vinger vou – sommer net my in

jou ruimte toelaat.

Dankie dat my uitreik na jou – vir my soveel be-teken het – my hart aangeraak is, ek Liefde

ontvang het.

Dankie klein mannetjie!

NUWE GENERASIE

Page 14: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS

14

NUWE GENERASIE

Mamelodi WB2010 Uitreike verander lewens; beide dié van jongmense wat daarby betrokke

raak, sowel as dié op wie die aksie gerig word. Vanaf 28 Junie tot 2 Julie reik ons hoërskool jongmense, saam met Fire Revival Church in Mamelodi, uit na die kinders in die gemeenskap

van Mamelodi. In die oggend doen ons “holiday club” saam met die laerskool kinders, en in die middag reik ons uit na die hoërskool jong-mense dmv die Ubabalo sokkerpro-

gram. Baie mense se eerste reaksie was........en wat beteken dit? Op 11 Junie, 7 uur die oggend, is 40 van ons

jongmense oppad Mamelodi toe, om by meer as 250 vrywilligers aan te sluit en om uit te vind waaroor hier-die uitreik presies gaan....en wat ‘n ondervinding.

Ons het die oggend begin met ‘n on-

gelooflike “praise en worship” waar swart en wit kulture oorgesteek, en waar selfs Duitsers saam gedans het, hande geklap het en die Here se goedheid geprys het. By die Here is

ras en kleur en kultuur nie ‘n “issue” nie. By Hom gaan dit oor die die tem-peratuur van jou hart, en hierdie groep mense se harte is inderdaad vuurwarm en bereid om te dien. Ons

het vennootskappe gebou, vriende gemaak en koppe bymekaar gesit en is opgelei om kulturele brûe te bou. Daar is saam sokker gespeel, geëet en gekuier........en natuurlik

SOKKER gekyk. YIP, ons was bevoor-reg om die middag BAFANA se openingswedstryd saam te beleef, en was dit ‘n belewenis. “I was there”, iets wat ek vir niks in die

wêreld sal verruil nie.

So word ons jeug brugbouers. Bid asseblief saam met ons vir die uitreik self vanaf 28 Junie tot 2 Julie!

Page 15: Familienuus Julie 2010

MENSWEES EN KUNS

15

Die Nuwelingbediening wil graag vir julle help om met die nodige kennis (soort van rustig) te

reis deur die swangerskap, geboorte (toemaar, ons sal nie saam met julle in die kraamkamer ingaan nie) en al die opwin-

dende mylpale van ons kinders.

Ons gesels graag saam oor verskeie temas rondom ‘n nuweling in die gesin en poog daarin om relevante temas op ‘n kwartaallikse basis te bespreek via die Nuwelingbediening

Blog Groep.

Toepaslike sprekers sal ook gebruik word om hierdie temas in meer diepte te bespreek ty-dens die kwartaalikse byeenkomste om ons

meer praktiese raad en antwoorde te gee op

ons soms kwellende vrae.

So, kom aan, klets saam op die web en laat weet ons watter temas jul sal help om jul nu-

weling beter te verstaan, of self gemakliker te

koester.

Nuwelingbediening

Ben & Mariana Botha

0832944800

Het julle reeds ‘n nuwe klein bon-

deltjie in julle huis of het julle dalk

onlangs goeie nuus ontvang van ‘n

swangerskap? Dan is hierdie uitno-

diging beslis vir julle!!!!

Dekor en uitbeelding

Sjoe, wat 'n opdrag en voorreg om die Here

se versoek te gehoorsaam.

“...en almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die Here beveel het." Eks. 35:10

Die eerste "dekor" was reeds verlede jaar langs die paaie sigbaar..." SA turn to God"...- het jy dit raakgesien en het dit jou laat dink aan wat jou verantwoordelikheid in jou

alledaagse lewe eintlik behels ?

Tydens die Wêreld sokkertoernooi, was daar nie 'n sokkerbal of vlag of pragtige lied, wat my nie aan God se genade en die wonder-

like voorreg om 2010 my Godgegewe roep-

ing te maak, herinner het nie.

Die feit dat ons land, Suid-Afrika, die verskil

kon maak, die geleentheid om met vreem-des bande te smee (ook mede Suid-Afrikaners wat ons normaalweg op 'n afstand sou hou) en as 'n groot familie saam te werk en te glimlag, bloot omdat ons die gevoel "united we stand" oor en oor beleef het en

omdat dit 'n voelgoed ervaring was. Ons het die voorreg gehad om voor te begin, God

het vir ons 'n kans gegee!

In ons gemeente, poog die Dekorspan ook om deur tema uitbeelding van preke, mense

te inspireer en inligting te kommunikeer.

Tydens spesiale geleenthede kry verbeeldings

vrye teuels en die "fun" faktor neem die oor-hand, deurgaans bied hierdie voorreg die geleenthied waarin jy jouself kreatief kan

inspan.

Op hierdie manier kan jy met vlae, blomme, lappe, verf, woorde of enige ander vorm, kommunikeer en dit waarvan jou hart vol is, sinvol probeer uitbeeld. Sou jy 'n natuurlike

passie hê vir uitbeelding of stelbou en graag "behind the scenes" werk, kan jy gerus be-

trokke raak.

Ek hoor graag van jou :

Ansie (0836565966)

FAMILIENUUS

Page 16: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

16

Op Reis

Ons kies nie ons Woestynreis nie …. plekke van alleenwees, van pyn, van worstel. Daar waar ons so broos is dat mense saggies om ons praat, fluister en woordeloos toekyk, want dis net te seer. Om Op Reis te wees, is om woestynpaaie te loop, om vas te val in warm sandduine. Om intens dors te wees na antwoorde. Kom ons as woestynreisigers begin toelaat dat medereisi - gers vir ons iets gee om te drink, vir ons klere gee, ons vertroos, ons in die woestyn kom be-

soek. – Net jy kan!

Die een reis wat herhaaldelik uit die beradershoekie saam gereis word, is die reis van die huwelik. Party huwelike het werklik verd-waal in al die afdraaipaaie van die lewe. Ander het net ‘n roetebord gemis en dan is daar dié wat die reis pas begin het en seker wil maak hulle lees die kaart reg. Hoe dit ook al sy en waar jy/julle met jul huwelik op pad is, daar is ‘n paar bakens waarvoor ons moet uitkyk op ons pad wat ek graag oor die vlg paar uitgawes

met julle wil deel.

Om mee weg te spring, net hierdie aanhaling om as padkos aan te kou: “ For one human be-ing to love another human being: That is per-haps the most difficult task, the final test and proof, the work for which all other work is merely preparation. Loving does not at first mean merging, surrendering and uniting with another person – it is high inducement for the individual to ripen, to become something in himself, to become world, to become world in himself for the sake of another person; it is a great de-manding claim, something that chooses him and calls him to vast distances.” Rainer Maria

Rilke

Uit die Beradershart Fotografiebediening

Wat beteken dit vir jou om te lewe? Dalk om daai grote uit te trek? Dalk om te sien hoe kinders ‘n verjaarsdagkoek opeet? Dalk die

comrades klaar te maak, dalk een van die hoogste pieke uit te klim? Wat is nou lekkerder om vroegoggend ‘n koppie warm koffie te drink in die winter – hmm, miskien, maar as jy “trigger-happy” is soos ek, verkies jy liewers ‘n

kamera. As jy voel jou vingers verkluim vas teen jou kamera en die son begin stadig sy

kop uitsteek deur die mis, dan lewe mens!

Kom ons maak ons oë oop vir ons Menswees, Familiewees, Geloofsgroei & natuurlik die NUWE GENERASIE! Elkeen van ons hou van iets rondom ons, ten minste een keer per dag. Dis jou kans – kliek, kliek vinnig al is dit met jou sel-foon! Kom neem deel aan ons Fotokompetisie

asb – daar’s geen ouderdomsbeperking nie!

Kom vertel ons die “stories” wat jy vasvang

deur jou lens.

Alle foto’s asb in jpeg format! R5 per inskry-

wing (10 foto’s per inskrywing)

Nog nuus: Ons kuier weer saam 29 Junie 2010

by die kerk! Kom maak jou stem dik oor “f-

stop”! As jy wonder wat dit is, of dink jy weet

wat dit is of ‘n lesing kan gee oor “f-stop” dan

kan jy gerus saam kom kuier! Sien julle 19:00

by die kerk! Skakel Izette by 0828237524 vir na-

vrae.

Page 17: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

17

Hoe reageer ons tydens trau-matiese ondervindings?

‘n Traumatiese ondervinding is wanneer iets met jou skielik en onverwags gebeur wat verlies van jou lewe en of ander en

ook tenakoming tot gevolg kan hê. Die reaksies betrokke is

vrees en/ of geweld.

Die 3 tipes reaksies wat getoon

word is:

• Veg – Die persoon veg

terug en klim in sy voertuig en

jaag agter sy aanvaller aan. Hul mag aggressief, kwaad, ongeduldig, kort van humeur, geïrriteerd wees en wys tekens van emosionele uitbarsting.

Die hoofeienskap is dat die person wil veg vir sy eie lewe

en doen dit aggresief.

• Veg/Vlug – Hierdie is soort-

gelyk soos VEG maar hier is die hoofeienskap dat die persoon wil vlug van die toneel van trauma so gou as moontlik—dit kan nooit vinnig genoeg ge-

beur nie. Soortgelyke reaksies soos kort van humeur, ongeduld (aangesien hul voel dat hul voorkom was om te vlug), emosionele uitbarsing en

irrasionele logika of aksies

• Vries – Tydens hierdie situa-

sie is die traumatiese onderv-

inding net te veel vir die person se natuurlike deursettingsver-moë. Die persoon se liggaam het letterlik “tot stilstand ge-kom”. Dit is soortgelyk om die

hoofskakelaar in ’n woning af te skakel. Hulle mag onwillig voorkom en weier om inligting op daardie stadium te verskaf

weens hul onvermoë om te kan redeneer en dus nie inlig-ting op ’n rasionele wyse kan

verskaf nie.

Bogenoemde optrede/reaksies teen traumatiese on-

dervindings is die liggaam se manier om homself te beskerm en nie beheerbaar by die persoon self nie (bv.

Onderbewussyn)

Dit is belangrik om te onthou dat so ‘n persoon “nie nor-maal funksioneer nie” en dat die persoon sy eie reaksies

ook dalk self, weens die trau-matiese ondervinding, nie

verstaan nie.

Trauma Brent George

Brent George

Trauma Berader

Byeenkomste

Die traumaspan bied hul dien-ste aan vir die PvR “Patrolliespan” en enige van

hul lede wat ‘n traumatiese on-

dervinding beleef.

Ons sal die nodige inligting en

bystand aan die persoon, om die traumatise ondervinding te verwerk, verskaf. Hierdie dien-ste/sessies sal by die Pierre van Ryneveld Gemeenskaps-kerk

plaasvind.

Die volgende sessies is soos

volg:

5 Aug: Slagoffers van trauma

12 Aug: Patroleerspan

14 Okt: Patroleerspan

4 Nov:: Slagoffers van trauma

Vir verdere inligting en be-sprekings vir bogenoemde ses-

sies kontak:

Lucille Zwemstra: 082 326 6020

of [email protected]

Just as the body goes into

shock after a physical

trauma, so does the human

psyche go into shock after

the impact of a major loss.

Anne Grant

Page 18: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS

18

Skuldberading Christa van Deventer In baie gevalle sien ons nou eers die effek van die resessie. Soveel mense weet nie wat hulle te doen staan in sulke tye nie. Een opsie wat baie wanop-

vattings het , is skuldberading.

Doodgewoon beteken dit dat mense begelei word wie se maandelikse uitgawes hulle besteebare inkomste oorskrei. Dit is dikwels mense wat nie eens kos kan koop en die maandelikse basiese behoeftes kan bekostig nie. Geleidelik raak mense agter met al die skuld en sak tot in ‘n diep donker put waaruit jare lange huweliksliefde dikwels nie eers kan uitkom nie. Daai donker put is ‘n plek waar net genade ons uitkry. Maar saam met die genade het ek as skuldberader en jy ‘n verantwoordelik-

heid. Die proses werk soos volg:

Die maandelikse inkomste minus salarisaftrekking word ge-bruik. Dan word daar voorsien-ing gemaak vir kos (afhangende van hoeveel per-sone daar in die huishouding is), petrol, telefoon, huur, water en ligte. Skoolgelde en belastings vorm deel van hierdie begrot-ing. Daar is dikwels ‘n wanop-vatting dat jy jou huis moet op-gee of dat jy dalk moet konsol-ideer op jou verband. Ek gesels

dit graag met jou deur.

Daar is wel luukses wat soms in die slag bly: Daar word aanbev-eel dat luukses afgeskaal word

(nie noodwendig gestaak word

nie).

Die proses is dan baie eenvou- dig. ‘n Maandelikse begroting word opgestel waarmee die kliënt gemaklik moet wees. Die beskikbare bedrag word dan aangewend tot die betaling van die skuld. Die ideaal is dat die maandelikse skulddelging so on-geveer 50% van die uitgawes is,

maar dit is nie ‘n vereiste nie.

Die krediteure word in kennis gestel van die kliënt se voorneme om onder Skuldberading te gaan. Verdere kommunikasie word ook dan deurgestuur na die krediteure en ‘n aanbod vir die terugbetaling van skuld word aan hulle gemaak. Die krediteur het dan ‘n keuse om die aanbod te aanvaar. Indien hulle dit nie wil aanvaar nie, sal daar voort-gegaan word om ‘n hofbevel te

kry.

Tydens die duur van die Skuld-

berading, op voorwaarde dat die klient wel maandeliks betaal,

mag daar geen beslagleggings

teen bates of salaris geneem word nie. Ook mag daar geen

dagvaardigings uitgereik word nie en mag die krediteure die

skuldenaar nie skakel nie.

Daar is fooie betaalbaar en ons sal later in die jaar saam met Elmo ‘n paar informele werkswinkels hou om alles mooi uiteen te sit. Die skuldberader self se kostes is neergelê deur die NCR en mag nie oorskrei word nie. Geen fooi mag ook aan die skuldberader direk betaal

word nie.

Kliënte word wel gelys op ‘ITC’, as onder Skuldberading, maar daar is geen regskostes om afge-haal te word nie en enige per-soon wat binne ‘n tydperk voel dat hy weer gereed is om self by alle betalings uit te kom se naam word binne 5 werksdae van ITC afgehaal. Geen addisionele kostes nie. Skuldberading is nie ‘n Administrasiebevel nie en alle skulde mag ingesluit word, huis, motors, kredietkaarte, klere-

rekenings, doktersrekenings, ens.

Inligting van banke ontvang is dat die kliënt na 6 maande, na Skuldberading tot ‘n einde ge-kom het , weer as kredietwaar-

dig beskou word.

Gee gerus jou naam deur aan Amanda indien jy wil hê ons jou moet nooi na informele

gesprekke hieroor. Daar is hulp!

MENSWEES EN KUNS

HALFTYD!! NEE, DIS NIE WANNEER JY LEMOENE SUIG EN JOU

WONDE LEK NIE. DIS ONS MANNE SE SAAMKUIER ELKE

WOENSDAGOGGEND OM 05:30. ONS BID SAAM, BELEEF DIE

HERE IN MEKAAR SE STORIES EN KUIER SOOS IN DIE OU DAE!

Page 19: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS

19

Ek en my vrou, Latel, het betrokke geraak by die gemeente in die vorm van die "regshulpkliniek" aangesien ons besef het wat se groot behoefte daar bestaan onder die gemeentelede vir regs-advies. Baie mense is gewoonlik te huiwerig en te bang om 'n prokureur/regsadviseur te sien wanneer hulle hulp nodig het. Ons wou graag tot diens wees vir die gemeente aangesien ons nie betrokke is by die res van die gemeente se bediening nie. Dit is maklik om jou geld beskikbaar te maak vir bediening, maar 'n persoon se tyd is kosbaar in die professionele wêreld, daarom het ons besluit om ons tyd beskikbaar te stel om die gemeenskap te

dien op ons manier.

Die regshulpkliniek bied dan vir die gemeente(lede) die geleentheid om (gratis) regsadvies te ont-vang op 'n informele basis om sodoende die persoon(e) op hulle gemak te maak. Ons verskaf dan bloot ons opinie/advies oor die geval/situasie voor ons, en stuur die persoon dan op die regte pad. Meeste van die kere wil mense net weet of hulle 'n saak het en/of hoe sekere prosesse werk. Een van ons hooffunksies is dus om gemoedsrus te verskaf deur sekere onsekerhede oor die aangeleen-theid te verwyder. Indien die persoon dan wil verder gaan, sal ons 'n geskikte verwysing aanbeveel

(indien nie in ons verwysingsraamwerk) of die persoon kan dan ons klient word.

Skakel vir Amanda by 0126621708 vir ‘n afspraak.

Regshulpkliniek Marius Kruger

MENSWEES EN KUNS

Vrouekamp … Dit raak tyd om jou plek te boek!

Die tyd raak min om seker te maak dat jy deel in hierdie fantastiese

belewenis!

Ons Vrouekamp, o.l.v. Emelia van Heerden en Adri Vermeulen, vind plaas vanaf 29 – 31 Oktober by

Pure Joy op die Molotopad.

Dit beloof om weereens ‘n on-gelooflike naweek te wees. Bederf jouself, leer nuwe vriendinne ken en

kom geestelik verryk terug en dit

alles vir net R750pp.

Bespreek solank nou-al jou plek. Jy

kan ook reeds begin afbetaal aan die kamp – kontak Amanda vir

reëlings by 012-6621708.

UITDAGING VIR ONS MANNE:

VERRAS JOU VROU MET ‘N PLEK

OP DIE KAMP EN ORGANISEER

DAARDIE NAWEEK SODAT JY OP

JOU EIE (SAAM MET DIE KINDERS)

KAN OORLEEF!

Page 20: Familienuus Julie 2010

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleen-

thede en behoeftes bekend

te maak.

Daar is tans verskillende ma-

niere tot ons beskikking.

Gemeenskapsbord:

Maandelikse advertensies:

Familienuus:

Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die

maandblad te adverteer,

Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is

vir die adverteerder.

Skakel gerus met:

Riana: 012 6621708

[email protected]

Ons help mekaar

FAMILIENUUS INLIGTING

Sondae: Skoolvakansies

09:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Tye

Kerkkantoor:

Ma: 11:00 — 16:00

Di - Do: 08:00 — 16:00

Vr: 08:00 — 13:00

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

20

Dankie Jesus,

dat U my dra. Selfs wanneer ek U seermaak

met my onge-hoorsaamheid en gebroken-

heid.

Dankie dat U verstaan. Dat U

my ken tot in my diepste

wese. Dat u my

liefhet ten spyte van myself en ten koste van U

self.

Lei my om U hande, voete,

ore en oë te wees in my lewe. Lei my

om diegene in my lewe aan te raak, soos U my aanraak. Ek wil

nie langer wag nie. Hier is ek,

stuur my!

Page 21: Familienuus Julie 2010

21

FAMILIENUUS

SMS

NOAG SE TOP 10

10. Vreemd!? Ons het vir

weke nog nie ‘n ander

boot gesien nie.

9. As ek net meer Renos-

ter toiletsand ingepak

het!

8. Ek wonder hoeveel

golwe is ‘n kilometer?

7. Ek wil nooit weer op ‘n

waterbed slaap nie.

6. Ek wonder wat maak daardie vriende van my

nou.

5. ‘n Buiteboordmotor sou hierdie baie meer

opwindend gemaak het!

4. Vis vir aandete. Al-

weer?

3. Het iemand my slaap-

pille gesien?

2. Wat!? Jy het jou kam-

era vergeet? Hoe gaan

ons die reënboog af-

neem?

1. Ek moes daai muskiete agtergelaat het toe ek

die kans gehad het!

SPEEL SAAM EN GLIMLAG

13 en laat ons nie in versoeking kom nie

maar verlos ons van die Bose.

Johannes die Doper in sy jong dae … besig om ‘n bietjie sak-

geld te verdien

Page 22: Familienuus Julie 2010

FAMILIENUUS KONTAKBESONDERHEDE

Vertrou op God se wonderlike

genade

Ek weet nie waarom God se won-

derlike genade aan my bekend

gemaak is nie, nog waarom ek, on-

waardig, in liefde deur Christus

gered is as sy eie.

Ek weet nie hoe die reddende

geloof in my hart geplant is nie, nog

hoe geloof in Sy Woord vrede ge-

bring het in my hart.

Ek weet nie hoe die Gees beweeg,

mense oortuig van sonde, Jesus

openbaar deur die Woord, geloof

skep in Hom, die Heer.

Ek weet nie wanneer my Heer

weer kom, in die nag of helder

oordag, nog of ek Hom in die

vallei sal raakloop of iewers in

die lug.

Maar: “Ek weet in wie ek glo,

en glo vas dat Hy in staat is om

die beloftes waar te maak wat

ek sedert daardie dag van

Hom glo.”

Daniel Webster Whittle (vry ver-

taal) Uit: Wanneer ek bid deur

Anita C Donihue

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected]

Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected]

Elmo Pienaar - 082 410 7645 > [email protected]

Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected]

Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected]

Stephan Joubert - [email protected]

Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected]

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected]

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > [email protected]

Werner/Ronel du Toit (YA’s) - 082 339 8925/082 374 4146

NAVRAE EN INLIGTING

012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected]

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected]

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected]

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected]

Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected]

Alta Potgieter (Koster): 0828181622

Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901

Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns)

Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

22

Page 23: Familienuus Julie 2010

Dan mag jy nie die praatjie deur ‘n bekende dieëtkundige op

Donderdagaand die 22ste Julie om 19:00 in die Kapel misloop nie.

Onderwerp:

*Gesonde leefstyl voor en tydens infertiliteitsbehandelings.

* Die invloed wat infertiliteitsbehandelings op jou liggaam het.

ALMAL IS WELKOM!

Vir enige ondersteuning of navrae kontak gerus vir

Liza (082 990 6468) of Wardi (082 990 6453)

Het jy al ooit gewonder of jou eetgewoontes kan help met jou probleem ten opsigte van

Infertiliteit?

BYEENKOMS

INFERTILITEITSBEDIENING